Upload
7john-cloete
View
322
Download
8
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Issue no 06
Citation preview
WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM
EMAIL: [email protected]
AA NASIONALE WENNER 2011
MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE!
RIVIEROEWER
EMAIL: [email protected] http://diehorisonnews.wozaonline.co.za FREE /GRATIS/MAHALA
2009 Audi A4 1.8T Amb Multitronic (B8) SilwerVolhuis ABS Airbags 85 000km R229,995
2010 Audi A4 1.8TAmbition Man(B8) Silwer Volhuis ABS Airbags Mags O/Plan 86 000km R239,995
2007 BMW X3 2.0DA/T Silwer Volhuis Mags Leer 99 000km R229,995
2007 BMW 335i (E90) A/T Arctic Volhuis Mags Leer O/Plan 86 000km R224,995
2010 BMW 320i Start (E90) Man Met blou Volhuis Mags O/Plan 98 000km R199,995
2009 BMW 320i (E90) Man Silwer Volhuis Mags ABS Airbags Sondak 119 000km R189,995
2011 Chev Cruze 1600L Wit Volhuis ABS Airbags Mags 43 000km R159,995
2010 Chev Cruze 1800LS Wit Volhuis Mags Diensplan 46 000km R179,995
2011 Chev Spark 1.2L Wit Volhuis 38 000km R89,995
2010 Ford Everest 3.0TDCi XLT 4 x4 Goud Volhuis 65 000km R269,995
2007 Hyundai Accent 1600GLS HS Silwer Volhuis 135 000km R79,995
2009 Mazda Active 3 1.6 Wit Volhuis ABS Airbags Mags 100 000km R149,995
2009 Mazda Active 3 1.6 Wit Volhuis ABS Airbags Mags 94 000km R199,995
2011 MercedesC180CGI BEAvantgarde A/T SilwerVolhuisABS AirbagsMagsO/Plan56000km R299,995
2009 Nissan X - Trail 2.0XE Man Silwer Volhuis ABS Airbags 90 000km R199,995
2011 Micra 1.2 Visia 5dr Goud Volhuis 30 000km R109,995
2005 Opel Corsa Classic 1400i Wit 100 000km R55,995
2005 Opel Corsa Classic 1400i MetGroen Volhuis Mags 78 000km R59,995
2010 Toyota Corolaa 1600i Prof 6 spd Wit Volhuis 182 000km R149,995
2011 Toyota Corolla 1300i Prof Silwer Volhuis Diensplan 39 000km R159,995
2010 Toyota Corolla 1300i lmp Goud Volhuis Diensplan 59 000km R139,995
2009 Toyota Corolla 1600i Prof 6 spd Wit Volhuis 200 000km R139,995
2009 Toyota Corolla 1600i Prof 6 spd Wit Volhuis 200 000km R139,995
2011 Toyota Fortuner 3.0D-4D 4x4 Man Wit Volhuis Diensplan Leer 4x4 43 000km R379,995
2008 Toyota Prado VX 4.0 V6 A/T Silwer Volhuis Mags Leer 190 000km R299,995
2009 Toyota Corolla 1300i Prof 6 spd Wit Volhuis 100 000km R129,995
2006 Toyota Avensis 2.0 ADV Silwer Volhuis Mags Leer 97 000km R109,995
2009 Toyota Corolla 1600i Prof 6 spd Silwer Volhuis ABS Airbags 91 000km R149,995
2009 Toyota Corolla 1300i Prof 6 spd Wit Volhuis ABS Airbags Diensplan 81 000km R129,995
2009 Toyota Corolla 1600i Prof 6 spd Wit Volhuis 199 000km R 139,995
2012 Toyota Corolla 1300i Prof Wit Volhuis Diensplan 33 000km R169,995
2005 Toyota Run –X 1600 RS Swart Volhuis Mags 182 000km R89,995
2012 VW Polo Vivo 1400i Trend 5dr Wit Volhuis ABS Airbags 36 000km R134,995
2010 VW Polo Vivo 1600i Trend Sedan Wit Volhuis 60 000km R129,995
2012 VW Polo 1.6 Comfortline 5dr Silwer Volhuis ABS Airbags Mags 30 000km R179,995
2012 VW Polo 1.4 Trend 5dr NewShape Silwer Volhuis ABS Airbags 42 000km R154,995
2012 VW Polo Vivo 1400i Trend 5dr Burnt Orange Volhuis 33 000km R134,995
2012 Polo Vivo 1400i Trend 5dr Silwer Volhuis 35 000km R134,995
BAKKIES2008 Ford Bantam 1.3i P/U Wit P/S CD 160 000 km R69,995
2010 Ford Ranger 3.0 TDCi XLT Supercab Wit Volhuis Mags 73 000km R219,995
2010 Ford Bantam 1.3i P/U Wit CD Kappie PS Immob 30 000km R99, 995
2008 Isuzu KB300D-TeqLX E/CAB 4X2 Wit Volhuis Tralies 203 000km R159,995
2008 Isuzu KB300D-TeqLX E/CAB 4X2 Silwer Volhuis Tralies 146 000km R159,995
2008 Isuzu KB300D-Teq LX E/CAB 4X4 Silwer Volhuis Tralies 95 000km R179,995
2009 Mazda BT50 2.5TD SLE D/C Maroon Volhuis 87 000km R189,995
2009 Mitsubishi Triton2.4MPi D/C Wit Volhuis Mags Kappie 240 000km R159,995
2013 Nissan Navara 2.5DCi D/C 4X4 Wit Volhuis 1000km R399,995
2011 Nissan NP200 1/6 Safetypack Wit Volhuis 75 000km R114,995
2012 Toyota Hilux 3.0D-4D D/C 4X4 Silwer Volhuis Kappie 16 000km R425,995
2011 Toyota Hilux 2.7VVTi Raider D/C Wit Voluihs MagsDiensplan 30 000km R279,995
2010 Toyota Hilux 3.0 D-4D D/C 4X4 A/T Wit Volhuis Mags Diensplan 81 000km R329,995
2011 Toyota Hilux 2.0VVTi S/C Wit Volhuis 90 000km R179,995
2011 Toyota Hilux 2.0VVTi S/C Wit Volhuis 100 000km R179,995
2011 VW Amarok 2.0 TDi Trendline 90KW D/C Charcoal Volhuis Kappie 39 000km R279,995
Springbok: Inwoners op Springbok
gons en skinder oor die dorp se
enigste balju wat onlangs op Port Nol-
loth vir ondermaat kreef gevang is.
Hy is een van vyf persone wat die af-
gelope tyd deur inspekteurs betrap is met
onwettige kreef in hul besit.
Volgens die polisie op Port Nolloth is die
balju, sy seun, en nog een persoon on-
langs betrap met 25 krewe. Hiervan was
11 ondermaat, 11 kreefsterte sonder die
koppe en 3 was volwasse krewe. Op al 25
krewe en die balju se boot is beslag gelê,
volgens die polisie.
Die drie was vir ‗n tyd lank by die Port
Nolloth polisiestasie aangehou, maar
nadat elkeen R500 borg betaal het, was
hulle vrygelaat..
―Almal moet weer op 5 Februarie in die
landdoshof op Port Nolloth verskyn ,‖
volgens adjudant Pietman Pieters, kom-
munikasie-beampte van die SAPD op
Port Nolloth.
Hy het aan Die Horison vertel dat die
gebied ‗n baie lang kuslyn het, wat net
deur een inspekteur patrolleer word weens
te min mannekrag. Dit was die eerste keer
dat persone vir ondermaat kreef deur
senior marine-inspekteurs van bewaring
gevang is,volgens hom. Die inspekteurs
werk vir die dep. van Landbou, bosbou en
vissery en is die afgelope twee maande in
die gebied ontplooi..
―As gevolg van hierdie stelery word baie
plaaslike vissermanne van hul brood
b e r o o f , ‖ h e t P i e t e r s
Lees verder op Bl..8
Khâi-Ma:Uiteindelik het die Khâi-
Ma munisipaliteit op Pofadder ‘n
nuwe munisipale bestuurder na baie
onstabiliteit binne die munisipal-
iteit en onsekerheid binne die ge-
meenskap.
Die nuwe aanstelling is Edward Cloete,
wat op kontraktermyn aangestel is tot
een jaar(12 maande) na die volgende
plaaslike verkiesing, volgens die burge-
meester, raadslid, Aurelia Josop
Volgens ‗n persverklaring het die mu-
nisipaliteit sedert 2009 gebukkend ge-
gaan onder swak dienslewering, asook
gemeenskap en personeelongeluk-
kigheid. Die pos was sedertdien vakant
en deur middel van ‗n waarnemende
bestuurder met ‗n jaar kontrak
aanstelling geadministreer.
―Die tyd het aangebreek vir verander-
ing en wil ons die kiesers opreg
verseker dat dienslewering, gemeen-
skaplike aangeleenthede en die admin-
istrasie van hierdie munisipaliteit gaan
verbeter.‖
Volgens die munisipale bestuurder wil
hy die raad, personeel en gemeenskap
bedank vir die
vertroue wat hulle
in hom gestel het.
Hy sê egter:
―Ek het almal se
hulp nodig sodat
ons saam die mu-
nisipaliteit tot
voordeel van
almal in die Khâi-
Ma munisipaliteit
kan verander.
Die nuut aangestelde munisipale bestu-
urder se visie is om ‗n volhoubare
ekonomiese toekoms vir die omgewing
se mense te verseker by wyse van ‗n
skoon administrasie.
Isaac Cloete
―Die Rooibostee–aanleg op
Nieuwoudtwille is glo vinnig
besig om in ‗n wit olifant te
verander as daar nie gou in-
gespring word en die projek in
‗n ander rigting gestuur word
nie.‖
Dis die mening van raadslid
Hannelie Wilschut op die
dorpie in die Hantam-
distrik. Volgens haar moes
die projek ongeveer 100
werkslgeleenthede geskep
het, maar werk daar tans net
30 persone.Sy sê:
―In Mei, 2010 het die na-
sionale minister van Land-
bou, Tina Joemat-Petterson,
aangedui dat 100 persone,
veral vrouens, hier werk sou
kry.Ons as gemeenskap voel
dat daar teen vroue gedis-
krimineer word, want verlde
jaar(2012) is 20% vroue en
80% mans vir tydelike poste in
dien geneem.‖
Wilschut beweer verder dat
poste nie meer geadverteer
word soos in die verlede nie en
dat slegs mans die jaar aangstel
is as tydelike werkers. Ander
sake wat dié raadslid pla, is te
mi n landbou grond v i r
opkomende boere en ‗n gebrek
aan gemeenskapsdeelname by
die rooibostee projek.
Blykbaar is die gemeenskap se
griewe al aan die premier, LUR
vir landbou en die depart-
mentsjoog van Landbou gestu-
ur, maar nog geen terugvoering
was ontvang nie.
Intussen word die waarne-
mende bestuurder van die
aanleg en amptenaar van die
dep. van Landbou daarvan
beskuldig dat hy die gemeen-
skap toegang weier tot die
fabriek.
Volgens die waarnemende
bestuurder Gert Steenkamp, is
die gerugte nie alles waar
nie.Hy het genoem dat die
minister nie bedoel het dat 100
mense by die fabriek aangestel
sou word nie, maar dat die
oprigting van die aanleg sou
veroorsaak dat ongeveer 100
mense in die wye
gebied werk sou hê.
Oor die tydelike
aanstellings was sy
kommentaar dat die
munisipaliteit hom
van name voorsien en
dat vroue nie altyd die
swaarder soorte werk
in die fabriek mag
doen nie.
Ten slotte het vertel
dat die publiek nie
sommer net by die
fabriek kan instap nie,
want dit gaan oor voed-
selveiligheid en higïene, wat
deur wette voorgeskryf word.
Isaac Cloete
Dit lyk asof die gereg nou aan die ver-
keerde kant van die voet is vir ‗n balju op
Springbok weens onwettige kreef.
Die balju, Jacob (Boetie) Rossouw, sy
seun, Gareth Rossouw en Debon Ruiters
het Dinsdag(05.02.13) vlugtig in die land-
droshof op Port Nolloth verskyn weens
onwettige kreef wat in hulle besit gevind
was, volgens luit. Olebogeng Tawana, van
die SAPD se koorporatiewe kom-
muniskasie-afdeling in Kimberley.
Die drie mans staan tereg op aanklagte
wat verband hou met die vangs van kreef
buite die seisoen en die besit van onder-
maat kreef.
Die vermeende kreefdiewe was op
Vrydag, 18 Januarie betrap met 25 krewe
by die strand op McDougalsbaai, bui-
tekant Port Nolloth, waar die balju ook ‗n
stranghuis besit. Hiervan was 11 onder-
maat, 11 kreefsterte sonder die koppe en
3 was volwasse krewe. Op al 25 krewe en
die balju se boot is beslag gelê, volgens
die polisie.
Al drie het op die Vrydag voorlopig borg
van R 500 gekry en was op waarskuwing
vrygelaat.
Senior marine-inspekteurs van die dep.
van landbou, bosbou en vissery wat die
afgelope twee maande in die gebied
ontplooi is, het die drie betrap.
*Yskaste,vrieskaste,koelkamers,stowe & wasmasjiene*Alle tipe lugversorging*Industrieël & Huishoudelik*Verkoeling:Gas en Elektrie
Kontak Willem Sel: 082 667 4664
Tel: 054 332 3555 * Faks: 054 332 3553
Isaac Cloete
Die Hoërskooltjie, Protea(HP) op Niewoudtville, het
die week belangrike besoekers , met belangriker
boodskappe, as gaste op die drumpel van hul voor-
stoep gehad.
Eerstens het die uitvoerende
burgemeester van die Namakwa
Distriks Munisipaliteit(NDM) op
Springbok, Frank van den Heever,
die warm lange tog aangedurf om
die skool geluk te wens met hul
100% matriek-slaagsyfer van 2012.
En soos gewoonlik het die burge-
meester nie leë hande gegaan nie,
maar sommer aan die skool die
aardige bedrag van R25 000
bewillig.Dit sal aangewend word
vir algemene verbeterings en
tekortkomings by die skool.
Die burgemeester het die leerders op vaderlike wyse
vermaan en hulle versoek om nie ageruit te boer nie.
Soos aan ander leerders het hy hulle ook versoek om
waardes soos, respek vir die omgewing, skool en hul
uniforms aan te leer.
―Ek kom sê geluk met jul goeie uitslae van verlede
jaar.Maar die klas van 2013 moet baie hard werk en
baie vroeg daarmee begin.As jy jouself help, dan sal jy
gehelp word.‖
Die burgemeester het ook belowe om met die departe-
mente onderwys en openbare werke te skakel sodat die
skool se vooraansig verbeter kan word.Hy het egter
die leerders berispe om nie hul skool so af te breek
nie, ―want dis nou ‗n spogskool, wat die uitslae be-
tref.‖
Vir die 19 matrieks het hy ‗n ekstra geel wortel voor
hul neuse geswaai en verwys na Die Burger se winter-
skool. Een leerder uit die groepie sal deel uitmaak van
vyf uitgesoektes in die NMD wat die winterskool sal
bywoon op grond van die Junie-uitslae.
Die LUR vir Sport, Kuns en Kultuur Pauline Williams
was die geleentheidsspreker, Sy het op stel en sprong
die aanwesiges daaraan herinner dat HP 10 jaar gelede
al geskiedenis gemaak het, omdat dit deel was van die
transformasie-proses in onderwys.
Sy het ook belowe dat die beste presteerder in matriek
aan die einde van die jaar‘ n bedrag van R5 000
sal ontvang. Vir die grootliks werklose gemeen-
skap was daar ook goeie nuus van die LUR. En
dit is dat daar ‗n groep mense uit die omgewing
betrek gaan word by ‗n 2-maande lange projek
waartydens aan 200 mense in die provinsie werk
verskaf gaan word.
Die hoogtepunt van die samekoms was toe die
skoolbestuurder, Francois Bantam, ‗n sertifikaat
van erkenning van die ANC-Jeugliga(ANC-JL)
ontvang het.Volgens André Jacobs(ANC-JL )was
dit ‗n welwillenheidsgebaar aan die skool vir die
100% matriekslaagsyfer van verlede jaar.
Bantam was oorstelp van opgewondenheid en het
almal bedank vir die wonderlike ―geskenke‖ wat
binnekort op die skool wag.
*HP het dié jaar 170 leerders van af gr.8-12. ‗n Aansi-
enlike styging vanaf die 143leerders van verlede
jaar.Tans is daar ses leerkragte en kort die skool nog
een opvoeder.
Een van die gedeeltes in die Bybel
waaroor jy nooit klaar kan praat nie is 1
Kron 4:10
1 Kron 4 : 10 Jabes het die God van
Israel aangeroep met die woorde: Stort
u seën oor my uit, vergroot my
grondgebied, neem my onder u bes-
kerming en weerhou onheil van my
sodat geen smart my tref nie.God het
laat gebeur wat hy gevra het.
Wat vir my baie interessant is van die
gebed van Jabes, is dat die meeste
mense vandag dit ken en bid, maar tot
enkele jare gelede was dit totaal
onbekend aan die meeste mense. Maar
wat 'n kragtige gebed, en hoe bemoedi-
gend dat daar staan "God het laat
gebeur wat hy gevra het". Hierdie een-
voudige gebed kom op 'n vreemde plek
voor, 1 Kronieke, waar die eerste 9
hoofstukke net hordes name is van die
geslagsregisters van Israel. En Jabes
kom voor in die geslagsregisters van
die stam van Juda.
In vers 8 staan "Jabes het voorrang
geniet bo sy broers", en dan "Toe sy
ma hom die naam Jabes gegee het, het
sy gesê "Ek het hom met smart in die
wêreld gebring". Nou, ek hoop nie jou
ma noem jou agteraf Jabes nie!
Ek glo dat die bedoeling van Jabes se
gebed fisies was, in die sin dat hy gevra
het vir meer grond (vergroot my
grondgebied), en dan bid hy vir bes-
kerming en God se hand oor hom. Dr
Bruce Wilkinson het pragtige boeke
geskryf waar hierdie deel vergeestelik
word en ons dit vandag bid in die
konteks van die vergroting van ons
Geestelike grondgebied. Dus, Here,
maak vir my deure oop, meer as wat ek
kan bid of dink. Ek wil by hierdie ge-
deelte stilstaan en sê, "Here, aan die
hand van die gebed van Jabes, vergroot
die werf waar ek geestelik 'n verskil kan
maak". Ek vermoed dat, as jy al hierdie
gebed gebid het, was dit heel waarskyn-
lik ook jou bedoeling.
Jes 54 : 2 - 3 Maak groter die plek vir
jou tent, maak breër jou tentdoeke,
moenie suinig daarmee werk nie. Maak
langer die tentlyne en slaan die
tentpenne dieper in, 3 want jy sal na
alle kante toe uitbrei; jou nageslag sal
nasies verdryf en in die stede wat nou
verwoes is, gaan woon.
Ek dink dit is wat die Here van my en
jou verwag, om die gebied waarin ons
geestelike gesag het, te vergroot.
Daar is soveel aanvalle, en aanslae, dat
ons moet besef dat daar geweldige
druk op ons Christenskap is. Paulus sê,
"ons stryd is nie teen vlees en bloed
nie, maar die bose geeste in die lug".
Die vraag kan wees, hoekom het ek 'n
verantwoordelikheid om 'n groter
grondgebied te proklameer? Dan is die
antwoord seker, wie s‘n dan anders? 'n
Weermag veg met sy eie soldate, hy
huur mos nie 'n ander weermag se
troepe nie. So het ons 'n verant-
woordelikheid. "Here, vergroot my
grondgebied", beteken "Here, ek wil
deelneem aan hierdie geestelike stryd".
Anders moet ek bid, "Here, vergroot U
grondgebied". Dan word ek passief in
hierdie oefening. Wat bid jy?
Hoekom moet ons dit bid? En wan-
neer is ons gereed daarvoor? Die
hoekom is maklik: Matt 28 : 19 "Gaan
dan na al die nasies toe en maak die
mense my dissipels, doop hulle in die
Naam van die Vader en die Seun en die
Heilige Gees". Dis 'n opdrag. Nou
wanneer gee jy vir iemand 'n opdrag?
Wanneer daardie persoon die regte
vermoëns het, en wanneer jy hom gen-
oeg kan vertrou om die werk reg te
doen. So vertrou Jesus ons as Sy
kinders om hierdie opdrag te gaan
uitvoer. Dis die hoekom gedeelte, maar
die vraag is "Wanneer is ons gereed
daarvoor?"
Hebr 5 : 12 - 14 Hoewel julle teen
hierdie tyd self reeds onderrig behoort
te gee, het julle weer nodig dat iemand
julle in die grondwaarhede van die
woord van God moet onderrig. 'n
Mens moet julle met melk voed en nie
met vaste kos nie. 13 Iemand wat nog
van melk lewe, kan nie saampraat oor
wat reg of verkeerd is nie, want hy is
nog 'n kind. 14 Vaste kos is vir groot-
mense, vir mense wat oor insig beskik
en wat deur ervaring geoefen is om
tussen goed en kwaad te onderskei.
Hier lees ons van 'n toets. Leef ons
nog soos Geestelike babatjies? Of het
ons al begin vaste kos eet? Jy sien, ons
gaan kerk toe, jaar vir jaar. Ons doen
kursusse en word toegerus, maar kom
nie van die bottel af nie. Soos 'n baba
wat nog in die ―pram‖ lê, sy hande en
voete pas nie meer in nie, en hy huil
met so 'n growwe stem wat al lankal
gebreek het. Hy drink ook nie meer uit
'n tietie bottel nie, maar sommer so uit
die glas- melkbottel. Die skrywer van
Hebr sê, "nee, jong jy behoort teen
hierdie tyd al self onderrig te gee!" As
jy al ooit Jabes se gebed gebid het, het
jy as‘t ware gesê "Here, ek is nou uit
my kinderskoene, ek dink ek kan nou
ook op die water loop, ek glo ek kan
diensbaar wees om 'n verskil te gaan
maak. U het my nou al lank opgebou
en toegerus en ek glo U kan my ver-
trou, en daarom wil ek nou tot U
beskikking wees". Besef ons regtig dat
hierdie maar net 'n modegier kan wees
as ons hierdie gebed bid? Hierdie is 'n
ernstige gebed - nie vir die "faint heart-
ed" nie. As ons hierdie gebed bid, moet
ons besef dat die Here kan dit dalk net
beantwoord. Ons moet baie versigtig
wees vir geestelike speletjies. Die Jabes-
gebed kan gevaarlik wees.
Hoe antwoord die Here as ons vra vir
'n groter grondgebied? Geestelike deur-
brake gebeur onverwags. Deure gaan
oop en bedienings geleenthede kom op
ons pad. Mense vra vir ons raad, of vir
'n opinie. Ons word dikwels gekon-
fronteer met geleenthede wat ons dink
ons nie kan hanteer nie. Die probleem
is net, ons bid dikwels hierdie gebed
sonder om te dink aan die konsekwen-
sies. Daar kom 'n oop deur, dan kyk
ons dikwels met watter verskonings
ons weer die deur kan toekry. Dan dink
ons aan alle redes denkbaar om dit nie
te doen nie. Jy sien, die Here se werk
vra opofferings. Miskien moet ons so
bietjie uit die gemaksone kom. Dalk
moet sommige van ons ou wêreld ple-
siertjies plek maak daarvoor om die
Here se koninkryk uit te brei. Dalk
word ons gesinne, of ons werk, ons
verskoning. Onthou die spreekwoord?
Moenie jou talente onder 'n maatem-
mer bêre nie? Hoe weet ons wanneer
daar ‘n geestelike deur vir ons oop is?
Wanneer daar bevestiging is. Wanneer
dit binne ons gawe profiel pas. Wan-
neer dit fisies moontlik is (nie verskon-
ings nie). Wanneer dit tot eer van die
Here is.
Laat ons nie hierdie gebed bid, as die
werk van die Here nie regtig prioriteit
is nie, of as ons gemaklike lewe bel-
angriker is nie. Maar wat 'n vreugde as
ons dit bid, en ons sien hoe die Here
ons daarmee vertrou.
1) As ek sê: "Ek is 'n Christen", sê ek nie ek
is sondeloos nie. Rom 3:23 sê, "Almal het
gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid
van God nie". Ek is een van die "almal". Ek
kry dit elke dag reg om te sondig, en ek is
verseker nie trots daarop nie. Daar staan
"almal", maar Goddank, daar is ook 'n vers
24: "Maar hulle word, sonder dat hulle dit
verdien, op grond van Sy genade vry-
gespreek, vanweë die verlossing deur Jesus
C h r i s t u s "
2) As ek sê: "Ek is 'n Christen", sê ek nie
dat ek nie soos Petrus vir Jesus sal verloën
nie, Ek het al, en ek is nie trots daarop nie.
Ek het al talle kere stilgebly toe ek moes
praat. Maar … ek lees in Handelinge hoe
hierdie selfde Petrus deur God gebruik is
om 3000 en 5000 mense na Jesus toe te lei.
Dis net Satan wat gedink het Petrus is
daarmee heen toe hy vir Jesus verloën het.
Vandag is daar talle ongelowiges wat ook so
dink as ons vir Jesus verloën, maar ons, ons
k e n G o d s e g e n a d e .
3) As ek sê: "Ek is 'n Christen", sê ek nie
dat ek nie soms twyfel nie. Ek sê verseker
nie dat elke oomblik gekenmerk word deur
'n rotsvaste geloof nie. Goddank daar was
iemand soos Thomas. Hy het ook getwyfel,
maar Jesus het vir hom Sy hande en Sy sy
gewys … en omdat dit opgeteken is, kan ek
en jy glo. Maar meer as dit - die Here se
"track record" is onfeilbaar. Heb 11:1 "Om
te glo, is om seker te wees van die dinge
wat ons hoop, om oortuig te wees van die
dinge wat ons nie sien nie". Ek dank God
dat daar meer geloofsmomente is as tye
w a n n e e r e k t w y f e l .
4) As ek sê: "Ek is 'n Christen", sê ek nie
dat ek nie dikwels skynheilig is nie, want ek
kry dit gereeld reg. Dalk is ek skynheilig,
maar dalk is dit juis die tye wat ek poog om
te doen wat goed is in die oë van die Here,
en die wêreld wil dit dan afspeel teen die
tye wat ek faal. Jy sien, as die kriteria vir
diensbaarheid heiligheid is, sal daar dalk
baie min Christene op aarde wees. Almal
wat 'n invloed op my geestelike lewe het, is
sondaars, maar in my oë is hulle nie skyn-
heilig nie. Skynheilig beteken om iets voor
te gee wat jy nie is nie. As jy 'n feilbare
mens is, maar steeds diensbaar is in God se
koninkryk, is jy gehoorsaam, en nie skyn-
h e i l i g n i e .
5) As ek sê: "Ek is 'n Christen", dan sê ek
nie dat ek nooit kommer beleef nie, ek sê
nie dat ek nie soms voete van klei het nie.
Ek sê ook nie dat ek soms 'n huigelaar is
nie, ook nie dat my lewe totaal sonder pyn
is nie. Nog minder dat my verhouding met
God volmaak is.
Nou wat sê ek dan?
1) Ek sê: "Ek is 'n Christen", juis omdat ek
te swak is, en Jesus in my lewe nodig het.
2) Ek sê: "Ek is 'n Christen", omdat ek
besef dat ek nie die wet kan onderhou nie,
en daarom bitter afhanklik is van Jesus se
v e r l o s s i n g s w e r k .
3) Ek sê: "Ek is 'n Christen", omdat Jesus
my anker is in tye van benoudheid, kommer
en angs, en Hy my dan vertroos deur my te
herinner aan soveel tye wat Hy my deur
moeilike tye gebring het.
4) As ek sê: "Ek is 'n Christen", dan bely ek
dat Jesus my Saligmaker is, en dat Hy my
enigste weg to t sa l ighe id i s .
5) As ek sê: "Ek is 'n Christen", dan besef
ek my saligheid hang nie af van hoe goed
ander Christene presteer nie. Ek moet self
kies. Mnr. Ghandi het probeer om sy
saligheid deur ander mense se verdienste te
verkry. Ek is so jammer vir hom.
6) As ek sê: "Ek is 'n Christen", dan sê ek:
"Dit is ongelooflik lekker en aangenaam om
aan Jesus verbind te wees, en aan talle van
Sy feilbare kinders". Ook om te weet dat ek
'n plek in Sy Koninkryk het, ja, selfs ten
spyte van die negatiewe goed wat ek aan-
v a n g .
7) As ek sê: "Ek is 'n Christen", dan sê ek:
"Dankie Jesus, dat ek in U oë volmaak is"
9 2 1 7
7 6
2 4 9
5 6 6
9 3 1
3 6 5
3 7 5
7 3 4 1
9 8
Voltooi die Sudoku en staan ‘n kans om die
gelukkige wenner te wees van die prysgeld ter
waarde van R150 geborg deur D&J Café
Vul jou besonderhede in en e-mail of faks na
Faksnommer; 054 331 1993
Of kom lewer dit af by ons kantore, Kantoor
nommer 6 bokant Vispa meubels. Ons sal u dan
kontak.
NAAM:……………………………………...
ID :…………………………………………..
KONTAKNOMMER:
……………………………………………….
*Koos is besig om
liefde te maak toe sy bokkie 'n epileptiese aanval kry. Koos jaag met haar na dok-ter wat vra wat's fout?
*Koos: Ek dinkhaar orgasme haak vas.
*Mans is soos rooiwyn. Hoe ouer, hoe beter. Vroue is soos melk, eers word hulle suur en dan word hulle dik!
*Van 20-30 is 'nvrou se borste soos perskes, mooi rond en sag, van 30-40 soos vye, te sag en bietjie mis-vorm.
*Van 40-50 soos
uie, as jy daarna kyk wil jy huil!
*Wat het jy as jouskoonma tot by haar skouers in sement staan?
*Te min fokkensement.
*Blonde verplee-gtertjie sê vir ou
*Oom: Af met diebroekie, dat ons gou kan skeer.
Oom: Maar ek gaan vir 'n oog operasie! Verpleegstertjie: Snert! Oom hier staan verwyder Horingvlies!
*Parkinsons is
beter as Alzeimers. Ek bewe hom liewer in as om te vergeet hoekom hy styf is!
*Het wonderlike dieet vir ons! Val verskriklik af! Brandewyn dieet. Val van bed af! Val van stoel af en val van trap af!
*Koos tel 'n en-gelse stukkie in 'n kroeg op en vra? Jou plek of myne? Sy sê: "I'm sorry, I'm on my men-strual cycle" Hy sê: Dis fokkol, ons laai hom som-
mer op my bakkie.
*Blond bel die
brandweer en sê haar huis is aan die brand. Die man vra: Ok hoe kom ons by jou uit?
*Sy sê: Hellooo!!Met die fokken groot rooi lorrie!
*Gedagte vir diedag: Julle mense wat dink julle weet
alles, maak ons mense wat alles weet die bliksem in!
*Snaakse ding gebeur.....Sit Son-dag innie kerk toe die ou langs my skielik 'n sigaret aansteek. Ek skrik so groot ek laat val amper my
bier!!
Jannie is al vir 90 dae lank besig om „n duisendpoot te martel. Hy is nou op sy
laaste bene.
♦♦♦
Jannie het sy En-gelse huiswerk geëet, want die onderwyser het gesê “it‟s a piece
of cake”.
♦♦♦
Griekeland gaan agteruit, dinge is deurmekaar in Rome en daar is „n klomp ag-gressiewe mense in die Midde-Ooste. Welkom in
500 v.C.
♦♦♦
Drie slakke sit op „n skilpad. Die voorste een sê: “Vashou ouens!
Die een fokkof!”
Veiligheid in die straat en winkels
Hou jou handsak stewig teen jou vas.
Dra jou beursie op ʼn plek waar dit nie
sigbaar is nie– nie in jou agtersak nie.
Moenie jou handsak of beursie op ʼn
toonbank neersit en wegbeweeg nie.
Moenie handsakke of ander besittings in
ʼn supermarktrollie los nie.
Bly weg van verlate donker gebiede.
Los waardevolle besittings sover moont-
lik by die huis.
As jy aangeval of beroof word, moenie
weerstand bied of na die persoon kyk nie,
want jou lewe is meer werd as geld.
Selfoon veiligheid
Verander die voorafgestelde PIN–
nommer op die selfoon.
Moenie op ʼn selfoon praat terwyl jy
in die straat stap nie. Dit maak jou ʼn
maklike teiken vir diefstal.
Moenie jou selfoon op ʼn toonbank,
ʼn restaurant se tafel of jou motor se
sitplek neersit nie.
Hou ʼn rekord van jou selfoon se
handelsnaam en model, die IMEI–
nommer van die selfoon en jou
SIM– kaart se nommer, en bewaar
dit op ʼn veilige plek.
Die IMEI– nommer kan verkry
word deur jou diensverskaffer op
jou selfoon te skakel.
Identiteitsdokumente, paspoorte
en bestuurslisensie veiligheid
Maak twee afdrukke van elkeen van
hierdie dokumente (alle bladsye wat
informasie bevat) en laat dit ser-
tifiseer.
Hou sover moontlik hierdie geser-
tifiseerde afdrukke van die doku-
mente by jou, en bêre die oor-
spronklikes op ʼn veilige plek. Daar
is gevalle wanneer jy die oorspronk-
likes moet wys.
Indien die oorspronklikes verlore
raak, sal die afdrukke die vervanging
daarvan makliker maak en dit kan
ook gebruik word vir identifikasie
totdat die oorspronklike dokumente
vevang is.
Spot a Sport coat- Invest in a sport coat and if you al-ready have one add a few patterned ones so you can change up your look. Do NOT wear your suit coat jacket with jeans. It‘s realy important to build out a casual wardrobe for flexibil-ity on where you can wear it.
Don’t underestimate what a puffy vest can do
Puffy vests are great for a daytime casual look. Look for a vest
with a more tailored look to add versatility.
If the shoe fits...make sure it’s paired with the right belt
Dressy belts and sneakers do not mix. Make sure the belt fits the shoe.
Dark denim does it well
Look for jeans with four way stretch and a dark wash for
a wardrobe staple that can take you from business casual
to date night.
Suit up
Even if you aren‘t a suit-guy, some occasions is bound to
call for it. Be orepared. The building blocks for starting a
suiting wardrobe are investing a solid grey suit and a
solid navy suit. Solid grey will look nice wth just about
anything.
By:- Samantha Cloete
LIEWE TANT EMMA
Dis ʼn nuwe jaar en ons is veronderstel
om nuwejaarsvoorneme te het. Ons is
veronderstel om uit te sien na dit wat
voorlê en ek wens ek kon. Ongelukkig
is dit nie maklik vir my nie. Dinge het
bietjie rof oor die feestyd gegaan ons
het amper elke dag feesgevier en
gedrink. Nou sit ek met die groot prob-
leem. Ek verwag ʼn ander ou se kind na
een aand van loskop wees. Hy wil nou
niks met my te doen wees nie en ig-
noreer my soos die pes. Ek weet nie
wat om te doen nie . Hoe vertel mens
die ou wat vir 6 jaar deel van jou lewe
is,jy verwag ʼn ander ou se kind? Dus
een groot gemors en ek weet nie hoe
om uit dit te kom nie. Help asseblief.
DEURMEKAAR KAKAMAS
Ai ai dame jys omtrent in die bollie, om
van iemand anders swanger te word so
vinnig dis ‘n gemors, maar een ding wat
verseker is ‘n kind is ‘n seëning uit God se
hand, moenie dat daardie onskuldige klein
mensie vir jou sondes betaal nie. Daai jong
is sommer lekker ongeleerd om klaar die
vuur aan die brand te maak en nou wil hy
nie die vlamme blus nie. Vergeet van hom
hy is duidelik nie ʼn pa se naam werd nie,
en praat met die ou in jou lewe hy het die
volste reg om te weet van dit wat gebeur
het. Saam kan julle dan besluit wat om te
doen en onthou respekteer sy besluit want
onthou jy is die een wat hom verneuk het.
Val net in jou skuld en tel die stukke op en
beweeg aan maak nie saak hoe moeilik dit
gaan wees nie. Sterkte en ek hoop maar die
ander loskop meisies leer uit jou foute uit.
Laat dit ʼn les wees.
LIEWE TANT EMMA
Ek het verlede jaar my skoolloopbaan
voltooi en het geen rigting nie. Ek het
goed geslaag en almal is trots op my en
sien uit na die blinktoekoms wat vir my
voorlê behalwe ek. Ek kan enige plek
gaan studeer maar die probleem is ek
weet nie watter beroep geskik is vir my
nie. Ek het altyd daardie drang gehad
om ʼn dokter te word maar nou gril ek
daarvoor. Dit voel asof daar niks is wat
my aandag trek of wat vir my bestem is
nie. Ek wil baie graag ʼn sukses van my
lewe maak want nie almal in die lewe
kry daardie geleentheid nie. Hoe kies
mens die regte beroepskeuse?
ANONIEM
Liewe anoniem ek dink meeste van ons
kom by daardie kruispad waar ons nie weet
watter kant toe nie, maar dis normaal die
belangrikste is om koelkop te bly. doen
bietjie navorsing oor verskillende kursusse,
praat met mense en besoek verskillende
instansies. Dan sal jy hopenlik ʼn beter idée
kry van wat geskik sal wees vir jou. Die
beste manier om ʼn suksesvolle loopbaan te
hê is om iets te doen wat jou gelukkig maak
en wat jy geniet. Stel ook bietjie selfonder-
soek in dit help altyd om te weet watter
sort persoon jy is en wat die geskikste
beroep vir jou sal wees. Onthou mens kan
nie ʼn loopbaan suksesvol aanpak as jy nie
passievol daaroor is nie. Ek is seker jy het
hope talente gebruik dit as riglyne om jou
op die regte pad te hou.
LIEWE TANT EMMA
Ek het die wonderlikste meisie in my
lewe en ons is al ʼn paar jaar saam. Ek
voel ek is gereed om haar my vrou te
maak, want ek wil die res van my lewe
met haar deel. Sy is baie onafhanklik,sy
het ʼn goeie werk, eie kar en ʼn groot
huis wat sy uit verhuur. Op die oomblik
bly sy by my en ons is baie gelukkig
saam. Sy is alles wat ek in ʼn vrou wil
hê maar, sy bly sê sy glo nie veel aan
trou nie. Sy is te onafhanklik en dit
maak dat sy nie besef dat die huwelik
iets mooi is nie. Ek weet nie hoe om
haar te vra om met my te trou nie, want
ek is bang sy sê nee, of sy kry koue
voete en los my. Hoe kan ek haar
verseker dat ek haar my vrou wil maak
sonder dat sy afsin sal raak?
TROUKOORS UPINGTON
Liewe Troukoors jy het duidelik die skoot
hoog deur ,klink my jy het omtrent n gawe
meisie beet. Wel daar is maar baie vrouens
daar buite wat altyd vir hulself sê hulle wil
nie trou nie en daar is daar die tipe wat nie
kan wag om te trou nie. Miskien besef jou
meisie nie dat jy rerig ernstig is nie en sy‘s
boonop bang trou sal haar onafhankliheid
van haar ontneem. Jy moet haar verseker
dat jy regtig ernstig is praat weer met haar
maar op n ernstige sin ek glo nie sy wil vir
die res van haar lewe saam bly sonder om
getroud te wees nie. Vra haar net om te
trou en kry dit agter jou rug dalk wag sy net
dat jy haar moet vra onthou geen
vroumens hou van n stadige man nie.
Vroue hou van mans wat dinge gedoen kan
kry sonder dat hulle gesê moet word. Doen
dit ek is seker sy sal ja sê die liefde blom
immers tussen julle. Mooi bly
Ram (21/3 –
20/4): Fokus daarop om
jou brein, eerder as jou
tong, te laat oefen. Jy praat
soms te veel.
Bul (21/4 – 20/5): Bly koel en kalm wanneer
dit lyk of almal iets van jou
af wil hê.
Tweeling (21/5 –
20/6): Moenie toelaat
dat jou nuwe kreatiewe golf
te gou breek nie. Jy het dit
nog lank nodig.
Kreef (21/6 – 22/7):
Jou irritasie- en stresvlakke
styg gevaarlik hoog.
Probeer dit onder beheer
kry.
Leeu (23/7 – 22/8): Selfs al is jy baie goed as dit
kom by oorreding, sal jy nie
almal aan jou kant kry nie.
Maagd (23/8 –
22/9): Moenie vir nou
jouself verbind tot enigiets
nie.
Weegskaal (23/9 –
22/10): Verwag die on-
verwagse en jy kan
aangenaam verras word.
Skerpioen (23/10 –
22/11): Jy is vergeetagtig
en dit kan lei tot groot ver-
liese by die werk.
Boogskutter (23/11
– 21/12): Jou dade is
omstrede en jy moet ver-
wag dat ander daarteen
gaan kapsie maak.
Steenbok (22/12 –
20/1): Jou innerlike kon-
flikte maak jou onseker.
Die gevolg is dat jy sukkel
om besluite te neem.
Waterdraer (21/1 –
19/2): Jy is vol energie en
nuwe idees, die ideale kom-
binasie om sukses te
behaal.
Visse (20/2 – 20/3):Behalwe as jy jou geldsake
baie fyn bestuur, is nou die
tyd om jou uitgawes dras-
ties te verminder.
Grootdrink: Dit is mar net nie vir
my reg dat van ons mense hier ook
besig is om ons eens stil woonge-
bied ook te verkoop aan die uitland-
ers vir ‗n paar rand. Ek kan een-
voudig nie verstaan wat ons bruin-
mense dink om die tipe dinge te
doen om net geld in die hande te
kry. As mens reg kyk sal jy sien dat
geeneen van hierdie mense enigsins
vir ons mense omgee nie. Die rede
vir die optrede is juis omdat hulle
sien ons mense is dom en weet nie
hoe om geld te maak nie.. Nou is
my vraag is ons mense werklik so
onnosel of dom dat die uitlanders
vir ons moet kom wys hoe word
geld gemaak. Nee dankie vir my as
ek moet verraad pleeg om aan die
lewe te kan bly nogmaals nee dankie
vir my. Skuif vir Xenofobia eenkant
en kyk die werklikheid in die oë, die
mense is besig om die nasie uit te
roei. Hoekom ek so sê is dat hierdie
mense is die mense wat op ons
mense hulle dwelms kom verkoop
ons ons mense seerte maak
Anoniem van Grootdrink
Steinkopf: Waarom verkrag en ver-
moor Steinkopf se manne so die
vrouens. Is daar ook dwelms be-
trokke of is daar dalk ‘n ander
motief agter dit alles. Die polisie kan
net asseblief vir ons laat weet hoe
die mense vermoor is en hoekom is
hulle vermoor.
Ongelukkige vrou
Enige iets wat jou pla op jou lewenspad vra maar vir tante.RIG JOU
BRIEWE AAN :TANT EMMA,Kantoor no06,Bokant Vispa
UPINGTON,8801 of epos dit na:- [email protected]
SY SAL ALTYD ‘N ANTWOORD HET
Mense kla gewoontlik oor die
kleinste dinge in die lewe,maar dink
nie aan die gevolge daaarvan
……………
Mense kla en praat nes hulle wil
maar dink nie aan die wat stom is.
Dit word dikwels gekla oor die
slegte smaak van kos,maar word
nooit gekla oor diegene wat niks
het om te eet.
Die mens is ook geneig om te kla
oor hoe sleg die lewe hul behan-
del,maar wat van ʼn kind wat op
sterf bed lê om te veg veg vir
hom/haar lewe. Vandag kla ouers
oor hul kinders se doen en
late,maar dink nie aan die wat be-
geer om ―Mamma‖ of ―Pappa‖ te
hoor,maar nooit die voorreg sal hê.
Dit word gekla en baklei wi die bed
moet op maak in sommige
huishoudings,maar dink nie aan die
mense wat op die straat bly of
onder rommel skuiling moet soek.
Dit word gekla oor hoe warm is dit
by die werk en ―hoe ek is so moeg‖
maar dink nie aan die wat weerk-
loos is of gestremdes wat ʼn werk
begeer. Voordat jy vandag dink om
te kla of om vinger te wys onthou
dat nie een van ons sonder
tekortkominge is nie………..
Die lewe is ʼn geskenk leef voluit
en hou op om ander te te kritiseer
WAT hierbo na ‘n aanmoedi-
ging klink vir ‘n Suid-
Afrikaanse voorspeler in ‘n
lynstaan tydens ‘n belangrike
rugbytoets wat in die
laatmiddag gespeel word, kan
net sowel ‘n loflied wees vir
die bekendste en beslis een
van die mees grasieuse
wildboksoorte van ons eie
wêrelddeel!
Die springbok verteen-
woordig mos al langer as ‘n
eeu ons rugbytrots. Dis
boonop nie verniet dat hy tot
Suid-Afrika se nasionale dier
verkies is nie, soos elders op
die Mieliestronk-werf vertel
word. Tipies van hierdie
spesie is die ―pronk‖
(springerige vertoon) waar-
van hy ook sy naam gekry
het.
Die pronk is eintlik ‘n
beweging waarin daar met
vier reguit pote omhoog
gespring word—enersyds ‘n
manier om van agtervol-
gende roofdiere weg te kom
en andersyds ‘n teken om die
ander lede van sy trop teen
die gevaar te waarsku.
Springbokke kan tot drie en
‘n halwe meter hoog en
vyftien meter ver spring. En
praat van blitsig nael... hulle
kan ‘n verbasende snelheid
van tot tagtig, negentig kilo-
meter per uur haal.
ROOIBOK of IMPALA
(Aepyceros melampus)
DIE rooibok of impala,
ook pa r ty maa l d i e
―Laeveldse springbok‖
genoem, is die grootste van
ons kleinboksoorte en het
‘n skouerhoogte van sowat
90 cm. Die horings, wat
net by die ram voorkom, is
lank en liervormig gebuig
en kan dalk net so lank
wees as wat die bok hoog
i s . D i e s w a a r s t e
uitgegroeide ram kan die
skaal tot op nagenoeg 75
kg trek. ‘n Ooi met ‘n
―voller figuur‖ kan ‘n mas-
sa van tot 50 kg hê.
Die naam impala kom van
die Zoeloe-woord vir
hierdie bok; die rooibok-
naam het hy natuurlik
gekry vanweë sy helder
rooibruin kleur. Daar is
ook kenmerkende skuins
swart strepe op sy boude
en een op sy rug. Die
strepe by die stert het so ‘n
opmerklike M-vorm dat
party mense glo grap-
penderwys na die rooibok
as die ―McDonald‘s van
die Afrika-vlakte‖ ver-
wys—ook omdat hy so ‘n
gesogte prooi van verskil-
lende roofdiere is, word in
die Afrikaanse weergawe
van die Wik ipedia -
ensiklopedie op die wêreld-
wye web vertel.
Rooibokke is inderdaad
bokke van die grasvlakte,
maar ook van die digte
bosveld. Hulle hou naby
water en vreet gras, blare,
peule en bessies. Hulle
kom in die noordooste van
Suid-Afrika voor en word
wyd verspreid elders in
Suidelike Afrika en in Oos-
Afrika aangetref, te wete in
die suide van Angola,
noorde van Namibië, Bot-
swana, Zambië, Zimba-
b w e , S w a z i l a n d ,
Mosambiek, Kenia, Tanza-
nië en Uganda.
KLIPSPRINGERS is
ligvoetige diertjies van die
eerste water. Trouens, geen
ballerina wat daarop roem
dat sy lank op die punte van
haar tone kan dans, sal ooit
kan vermag wat hierdie bok-
kies kan doen nie. Hulle
trippel naamlik hul hele lewe
lank op die punte van hul
kloutjies. En asof dit nog nie
genoeg is nie, spring die
vlugtendes boonop rats en
gemaklik daarmee van rot-
slys tot rotslys op die klip-
koppies of in die bergagtige
s t r e ke waa r i n hu l l e
voorkom.
En watter kranige ver-
springers is hulle nie—hulle
kan tot vyftien keer hul eie
hoogte spring, word vertel.
Só gaan dit dan hoppetie-
kloppetie en met reuse-
spronge op die rûe van die
kranse boontoe... totdat die
vlugteling doer bo in die
hoogte op ‘n rotspunt staan.
Hier sal hy nou die
omgewing met gespitste ore
bespied.
As een van ons bekendste
kleinboksoorte kom die
klipspringer nie net van die
Kaap af noordwaarts in
Suidelike Afrika voor nie,
maar ook verder op ons
vasteland regdeur Oos-
Afrika tot in Ethiopië.
Hierdie soort kleiner an-
tiloop het ‘n ―sout-en-
peper‖-pels en ‘n wit pens—
lang en growwe hare wat
vroeër baiemaal gebruik is
om die kussings van die
saals van perde op te stop.
HOOR bietjie, die oorbiet-
jie het beskerming nodig!
Vanweë menslike bedry-
wighede word hy vandag as
een van ons skaarsste wilds-
bokke beskou en oor groot
dele van hul vroeëre ver-
spreidingsgebied is die
oorb i e t j i e s hee l te ma l
uitgeroei.
Met sy bruingeel lyfkleur
maak hy dikwels glad nie
spore voordat ‘n indringer
eers taamlik naby aan hom is
nie, maar lê hy doodstil in
die gras. Dan maak hy op sy
kamoeflering staat om nie
raakgesien te word nie. Maar
dit werk duidelik nie meer
altyd vir hom in ‘n wêreld
met soveel vernuftiger
vyande nie, want hy is ‘n
maklike prooi vir wilddiewe.
Hy verskyn ook op die
wêreldliggaam vir natuurbe-
waring die International
Union for Conservation of
Nature (IUCN) se rooi lys
van bedreigde spesies.
Die bruingeel oorbietjie (of
oribi) het verder ‘n wit buik
en ken en ‘n kort, byna
swart, harige stert. Die
klossie lang hare op die
knieë van die dun voor-
beentjies en ‘n kaal kol net
onder die oor is opmerklik.
Horings, wat net by die
ramme aangetref word, is
sowat 10 tot 12 cm lank.
Met ‘n skouerhoogte van
ongeveer 50 tot 65 cm en ‘n
massa van so tussen 12 en
22 kg is die oorbietjie ‘n
bewoner van die grasvlaktes,
met plaaslike verspreiding in
die Oos-Kaap, Kwazulu-
Natal, Oos-Vrystaat en
Mpumalanga. Hy kom ook
elders in Afrika suid van die
Sahara voor.
Markstraat 61A
(Langs JAM Office)
Vervolg vanaf Bl 1
verder vertel
Inwoners van die gebied het vertel dat per-sone soos die balju al jare onwettig kreef op die dorp uit die see steel, maar nooit gevang word nie.
―Dis reg, so,‖ volgens baie skuldeisers van wie die balju, oor die jare glo baie karre, meu-bels, ens. afgevat weens skuld.
Die balju woon op Springbok, maar het ook ‗n peperduur vakansiehuis by McDougalsbaai, buitekant Port Nolloth.
*Intussen is nog twee persone van Port Nol-
loth laas Saterdag ook vir onwettige kreef gevang en gearresteer, volgens die Port Nol-loth polisie. Altesame 49 kreefsterte en 17 ondermaat krewe is by Leswin Daniels en Pieter Olivier gevind.
Beide is gister(28.01.13) vrygelaat en gewaarsku om weer op die 25 Februarie hier in die hof te verskyn. Sersant Arrie Cloete is die ondersoek-beampte in beide sake.
Louisvale : Die Lena
Mouers Dienssentrum wat
nou a l reeds 14 j aa r
bestaan,bied nog steeds vir
meer as 50 ou mense in Lou-
isvale n plek waar hulle rustig
hul naaldwerk kan doen en
selfs ‘n bietjie rek en strek
oefeninge kry vanaf Dinsdae
tot Donderdae.
Die toestand waarin plek die
huidiglik is, is onaanvaarbaar
vir ou mense. wat veronerstel
is om elke dag by die sentrum
te wees,maar loop eintlik n
gevaar as ge- volg
van in-
brake wat
al die afgelope 14jaar
plaasvind.Tydens die inbrake
word die sentrum besteel .
Die stoof met gas
bottel en al is ook
gesteel. Huidiglik is
die plek sonder el-
ektisiteit omdat die
kinders die krag
drade af gesteel en
verkoop het.
Die sentrum sukkel
ook met borge vanaf
die gemeenskap,al
inkomste wat hulle
ontvang is subsidie
geld vanaf die
welsyn wat ook net
gegee word volgens
die bywoning van n
persoon.In die jaar
2011 het die MEC
n passesiers busie
aan die diens
s e n t r u m
geskenk om
hulle te vervoer na
waar die sentrum is
,en om uitstappies te
geniet. Die voor-
sitter van die sen-
trum Lientjie van
Staden het gesê dat
hulle baie sukkel om
befondsing te kry
om die plek reg te
maak, want huidiglik
is die vensters ge-
breek en dit gee die
skelms nog meer
toegang om verder
in te breek.Die slote
van die hekke moet
amper elke dag ve-
rander word want
die skelms wend nog
elke dag pogings
aan om die paar
goed wat daar is weg
te dra. Enige do-
nasie is welkom,dit
gaan glimlagte op
die gesigte van die
ou mense bring,
Port Nolloth; As ‗n mens so rond
kyk, dan sien jy baie min van ons
vroulike geslag wat werklik iets wil
bereik in die lewe. Hulle is meer
afhanklik van die manne se inkom-
ste. Hierdie vrou hier op die foto
vertel ‗n hele ander storie met die
manier hoe sy lewe. Sr Emma Sias,
wat op die foto langs haar man
staan is ‗n bekeerde christen vrou in
Port Nolloth as sy jou vertel wat
GOD alles in haar lewe vir haar ge-
doen het, dan kan jy maar net oop-
mond staan want alles is onmoont-
lik.
Die feit is dat alles moontlik is vir
onse Hemelse Vader. Sy staan sog-
gens vroeg op en gaan na die
―plein‖ in Port Nolloth en steek
haar vure aan om die mense met
haar heerlike rooster brood te voed.
Dit is nie om ‗n
miljoener te word nie,
dit is maar net om die
pot aan die kook te hou
en om aan haar gesin se
behoeftes te voorsien. Sy
het aan die koerant gen-
oem dat sy graag nog
beter wil vaar ,maar as
gevolg van die geld
waaraan sy te kort skied
kan sy nie by alles
uitkom nie. Sy sê sy
hoop en bid dat sy net ‗n
vervoer kan kry, sodat sy
ook kan uitgaan en
sodoende ook in ander
plekke haar rooster
brood kan gaan maak en
verkoop. Sy het genoem
dat sy baie graag Up-
ington toe wil kom na die Kuierfees
en ook die ander feeste, maar die
transport is ‗n probleem. Sy is nou
al jare besig met hierdie stalletjie van
haar. Tant Emma maak selfs
somtyds ook heerlike potjiekos kos
op spesiale dae waarmee sy die
werkers in die omgewing voed en
ook verstout soveel dat party van
die mense soms kwaad raak as
tante uit kos of brood raak. Die
worsbroodjie wat uit rooster brood
en ‗n heerlike boerwors en ook ‘n
heerlike sous bestaan is een van
haar top verkopers. Gaan soek vir
tant Emma as jy in Port Nolloth
kom jy sal nie spyt wees nie.
Upington: Die mense van Rainbow in Upington het weereens met hul ongeluk-kigheid die koerant genader. Volgens inligting word die huis soos hier op die foto van die jongvolk misbruik, daar word getik, verkrag en enige lelike ding word in daardie huis aangevang. Die mense wat daar naby woon het al tot sover gegaan om ons Wetstoepassers se hulp in te roep .
Die buurvrou wat langs die half geboude huis bly lei die meeste onder hierdie lelike dinge wat daar plaasvind, selfs haar kinders word aan hierdie euwel blootgestel. Sy het al met die eienaar van die huis gepraat, maar die eienaar wil blykbaar niks weet van die huis wat nou ‗n probleem word nie. Sy het blykbaar aan die buurvrou genoem dat sy die buurvrou niks te doen het met wat op haar erf gebeur en as sy gepla word van hierdie probleem kan sy maar seku-riteit aanstel en vir haar ‗n hoë muur bou.
Hierdie probleem raak nie net
daardie buurvrou nie, maar almal wat in hierdie omgewing bly of in dieselfde laan bly.
Volgens inligting van ‗n be-troubare bron het daar laaste jaar ‗n tipe van verkragting plaasgevind. ‗n Paar jongmans, ongeveer ses of agt het ‗n jong dogter tussen twaalf en vyftien jaar herhaaldelik verkrag soveel dat die klein kinders in die omgewing dit aanskou het.
As ‗n mens kyk wat die dwelms aan ons kinders maak dan staan ons skuldig voor die aangesig van die HERE. Ons bruin mense is besig om ons nasie te verkoop vir ‗n paar rand wat eintlik niks beteken nie. Dit blyk ons word nou verander van die gierigheid na geld soveel dat ons ons eie kinders en ook die van ander verkoop vir die Buitelanders se geld.
Passop mense soos wat julle voor die aardse hof gaan staan vir jul oortredings so sal ons almal voor die Hemelse regter gaan staan. Daardie dag sal daar nie meer kans wees om te pleit vir versagting u en ek sal in die ewige HELSE vuur gaan
brand maar nie uitbrand. Passop suster of broer jy grawe ‘n gat vir my en my kinders God is nie onregverdig nie.
Die loon van die sonde is die dood en dan beteken die geld waarna jou oë so groot word niks absoluut niks. Dink goed na voor jy jou nasie uitverk-oop vir ‘n paar stuuke silwer.
As gemeenskap wil ons deur hierdie berig die wetstoepass-ers vra asseblief moenie die Rainbow area tussen 13de laan en 16de laan so los nie patroleer gedurig.
Samantha Cloete:
Job Olyn (37) is ʼn plaaslike
Gospel sanger oorspronklik
van Askham in die Kalahari.
Hy woon tans in Upington
waar hy sy talent beoefen.
Hy sing al vanaf 8jarige oud-
erdom en sing ook in verskil-
lende tale, Afrikaans, Engels
en Xhosa. Die talentvolle sang-
er het duidelik ʼn passie om die
werk van die Here te doen, en
stam van ʼn familie af wat dit in
hul gene het om te sing.
Hy het al drie cd‘s uitgegee en
sy vierde meesterstuk is opad
en sal later van jaar vrygestel
word.
Die man wat dit moontlik
maak vir Job om sy cd‘s op die
rake te kry is, Neville Zealand
van Upington wat in besit is
van sy eie studio.
J o b w o o n e l k e j a a r
geleenthede by en toer ook
gereeld tussen plekke om die
woord van die Here te ver-
kondig.
Job werk ook huidiglik by
Fidelity Sekuriteit in Upington
as ʼn sekuriteits-
beampte en in
sy vrye tyd
vat hy dinge
rustig by
die huis.
Hy beplan
ook ʼn op-
windende
H e r v o r m i n g s
‗Gospel Show‘‘
tesame met Bella
e n D o n o v a n
Isaacs vir die
nuwejaar en
dit sal
plaasvind 24 November 2013.
Hy word ook deur Tebogo van
Radio Riverside gehelp om dié
Show van die jaar te reël. Dit is
verseker iets om na uit te sien
Hy voel hy wil vir die res van
sy lewe die werke van die Here
doen. ʼn
Helpende hande van die ge-
meenskap sal waardeer word.
Kontak gerus vir Job vir enige
navrae of optredes:
071 4761 683
GEKLASIFISEERDE ADVERTENSIES
GIDS/GUIDE A. PERSOONLIK / PERSONEL
B.VAKANTE BETREKINGS/ AVAILA-BLE JOBS
C. BETREKINGS GEVRA/ JOBS NEEDED
D. GELD EN LENINGS / MONEY & LOANS
E. TE HUUR HUISE / HOUSES TO LET F.WOONSTELLE TE HUUR / FLATS TO LET
G.PLOTTE EN PLASE TE HUUR/ PLOTS AND FARMS TO HIRE
H.ENIGIETS TE HUUR / ANYTHING TO HIRE
I.TE HUUR GESOEK / WANTED TO HIRE
J. HUISE TE KOOP /HOUSES FOR SALE
K.WOONSTELLE TE KOOP / FLATS FOR SALE
L.ERWE TE KOOP / STANDS FOR SALE
M.ALGEMEEN TE KOOP / GENERAL TO BUY
N.TE KOOP GESOEK / WANTED TO BUY
O.VOERTUIE TE KOOP / VEHICLES FOR SALE
P.PLAAS IMPLEMENTE TE KOOP/ FARM IMPLEMENTS FOR SALE
Q. WOONWAENS TE KOOP/ CARAVANS FOR SALE
R.DIERE / ANIMALS
S.TE RUIL / TO SWOP
T.BESIHEDE TE KOOP / BUSINESSES FOR SALE
U. SPESIALE DIENSTE / SPECIAL SER-VICES
V.VAKANSIEOORDE / HOLIDAY RESORTS
W.KENNISGEWINGS / NOTICES
X.TE LAAT KLASSIFIKASIES /LATE CLASSI-FICATIONS
K I T SA DV ERT EN -
SIES
@ R32.50c
Die KITS ADVERTENSIES in ons geklassi fiseerde afdeling kos R22.50c vir die eerste 35 woorde en sal daarna teen 51c per woord gehef word.Indien u per direkte bank deposito betaal faks of e-pos asseblief u advertensie tesame met u bankbetaalstrokie voor Afsny Datum om 16h00nm na die volgende nommer: 054 331 1993
ADVERTENSIES SAL TELE-
FONIES GENEEM WORD
Advertensies sal nie geplaas word alvorens betalings ontvang is nie
D i e H o r i s o n s oe k “Vryskut Joernaliste”:-Bring u ID en bewys van ADRES asook die inligting na die Kantoor no.06 bokant Vispa Meubels en vra vir die.As jy in ‘n ander plek bly epos of faks jou informasie na die koerant
Redakteur
Soek “Bemarkers” deeltyds en verdien Kommisie
Bring advertensies en verdien Kommisie op elke advertensie tot soveel as R10 000 per maand
Kom na Die Horison kantore
Gratis Koerante:
Kom na Die Horison kantore en kry jou gratis koerant as jy nie een in die winkels gekry het nie.
Vir enige Sport nuus
kontak asseblief vir
Prudence de Klerk
Tel:- 054 331 1993
DATE TO PRINT the NEWSPAPER
DATE&TIME OF DISTRIBUTION IN UPINGTON
November 05,2012 08 November 2012 12 November 2012
Desember 01,2012 06 Desember 2012 10 Desember 2012
Januarie 07,2013 10 January 2013 14 January 2013
Februarie 04,2013 07 February 2013 11February 2013
March 04,2013 07 March 2013 11 March 2013
April 08,2013 11 April 2013 15 April 2013
FRIENDS COFFEESHOP:
Nuwe eienaar….Nuwe menu…..Nuwe pryse...Nuwe geselskap. Kom probeer. Friends Build a breakfast R20.00.2 Bacon 2 Toast Bou dan teen xtra koste. Cheese Griller, Baked Beans, Chips, Boerewors, ens‘.Kom besoek ons gerus: Besigheidsure:10 Januarie 2013 07:00 Maandae—Vrydae Sa-terdae 07:00– 13:00 054332 3331
___________________________
TE KOOP
Hi Fi en ‗n Hisence DVD te koop vir parte tee ‗n bilikke prys.
Kom besigtig by die adres: An-gelierweg 103,Progress, Upington
________________________
TE HUUR GESOEK
Soek dringend ‗n huis om te huur teen ‘n sakpas prys of om op te pas. Ons is baie Godsdienstig en netjies U huis sal nie verniel word nie.
Sel; 083 416 4539
_____________________
W
N
I
Upington:- Suid Afrikaanse
polisie diens op Upington is op
soek na Fransina Smith(49jr)
wie vermis geraak het op
Vrydag,25 Januarie 2013,vanaf
haar woning in Louisvale Weg
en is oorspronklik van Ritchie.
Sy is ‗n psigiatriese pasiënt en
die vermoede bestaan dat sy
dalk terug is Ritchie toe.
Tydens haar verdwyning was sy
geklee in ‗n swartbont kleurige
kortmou rok met blou tekkies.
Enige person met inligting
word versoek om die SAPD op
Upington te kontak by Tel:
(054)337 3400 of die onder-
soek beampte,Sers.Koopman
by Sel: 076 8577 338
Isaac Cloete
Die aanranding-, opstelike saak-
beskadig ing- en openbare
geweldsverhoor teen Aubrey
Baartman en 12 mede- beskuldi-
ges gaan weer binnekort voort in
die streekshof op Springbok.
Baartman is tans die munisipale
bestuurder by die Nama Khoi-
munisipaliteit op Springbok, maar
moes blykbaar gister(31.01.12) sy
pos ontruim het omdat hy nie aan
die vereistes hiervoor voldoen nie.
Die dertien het al vyf maal sedert
15 Februarie, 2010, voor die of
verskyn nadat die klagtes al in
2008 teen hulle ingebring
is.Luidens die klagstaat het
Baartman en die res op 16 Augus-
t u s , 2 0 0 8 , ‗ n A N C –
streekskonferensie op Concordia
geweldadig ontwrig. As gevolg van
die chaos, wanorde en geweld kon
die konferensie nie begin nie en
moes die verrigtinge onder bome
buitekant die saal afgehandel
word.
Volgens ooggetuies was Baartman
een van die voorbokke wat die
saal bestorm het sodat die konfer-
ensie nie ‗n aanvang kon neem
nie.
Hiertydens het hulle tafels en stoe-
le om asook bo mense gegooi en
die goedere binne die Concordia
gemeenskaps saal rondgegooi.
Verder het hulle die klanktoerust-
ing, ter waarde van R35 710-00,
van ‗n orkeseienaar, Johannes
(Boetiebas) Cloete, stukkend
gegooi en skade van R20 000 aan
‗n spysenier, Frans Frazenburg, se
breekgoed, eetgerei en unrs aan
gerig.
Luidens die vierde klag het hulle
‗n kongresganger, Maria Louw,
om haar keel gegryp, gewurg en
met messe gedreig. Voots het
hulle vir David Molusi(LUR)
aangerand deur hom te stoot en
op die bors en wang te slaan.
Klagtes ses en sewe hou verband
met aanranding om ernstig te be-
seer om dat hulle vir Desire Swart-
booi(delegaat) vasgegryp, op die
saal se vloer neergegooi, op haar
bors gestaan en geslaan het.‘n
Ander delegaat, Katrina Boois,
was ook deur die beskuldigdes
ernstig in die gesig aangerand.
Die aaangeklaagdes is, 1.Riaan
Cloete, 2.Chris Julie, 3.Hillary
Basson, 4.Anita Jaar, 5.Aubrey
Baartman 6.George Nutt, 7.Lacus
van Rooi, 8.Bonafatius Simboya,
9.Ellen Dellie, 10.Ronald(Ronnie
Haas)Claasen, 11.Esme Nel,
12.Paulus Kangoeti en 13.Lizel
Losper.
Hul vorige en vyfde verskyning
was op 2 Julie, 2012 en toe het die
hof hulle weer uitstel gegee sodat
beskuldigde 2-13 regsverteen-
woordigeing kon kry. Cloete word
deur Willie Bouwer en Kie. ver-
teenwoordig en dis nie seker wie
die ander 12 gaan verteenwoordig
nie, nadat hulle vorige regsper-
soon hom tydens die vorige
verskynings onttrek het.
UPINGTON: Die Transnet Phelo-
phepa is ʼn gesondheidstrein wat al
vir meer as 19jaar bestaan, en van
provinsie tot provinsie reis om men-
se die beste gesonheidsorg ooit te
bied. Die Transnet Phelophepa is in
Kaapstad gebou en bestaan uit twee
treine naamlik, Phelophepa 1 en
Phelophepa 2. Die Phelophepa 2 is
op die oomblik alleen in werking en
die Phelophepa 1 word tans op-
gradeer en sal in Januarie 2014 weer
volstoom in werking tree.
Die treine besoek elke jaar 4 verskil-
lende provinsies en verskillende
plekke eenkeer per jaar om hul uit-
muntende diens aan verskillende
gemeenskappe te lewer. Gauteng is
een van die provinsies wat nie be-
soek word nie a.g.v hul besige trein-
stasies Die treine beskik ook oor
verskillende afdelings o.a algemene
g e s o n d h e i d s o r g , o o g s o r g ,
tandheelkunde en berading. Elke
afdeling beskik oor die beste fasilite-
ite met vriendelike personeel om
seker te maak mense kry die gesond-
heidsorg wat hulle verdien. Mense
op die trein werk en reis regdeur die
jaar en kry dan eers verlof vanaf
November tot Desember elke jaar.
Die trein beskik oor 20 permanente
werkers en 15 sekuriteitsbeamptes.
. Hulle stel ook in elke plek
tydelike werkers aan om
werk te skep, en elke jaar
word ʼn sekere aantal stu-
dente van verskillende uni-
versiteite van praktiese
opleiding op die trein voor-
s i e n .
Die studente doen dan alle
mediese werke van verskil-
lende afdelings self om beter
ondervinding op te doen.
Mediese hulp en sorg is elke
dag vir pasiënte beskikbaar
en die trein se deure sluit
elke dag nadat die laaste
pasiënt gehelp is. Die Phelo-
phepa besoek Upington ook
net eenkeer per jaar.
Hul teiken is om ʼn verskil in
plaaslike en agtergeblewende
gemeenskappe se lewens te
maak.
DIE HORISON
FAX :- 086 718 6077
054 339 3343
CELL:- 072 551 1997
Rietfontein – GCIS in samew-
erking met Mier Munisipaliteit
en Mier Plaaslike Sokkerunie
het as deel van die bewusma-
kingsveldtog van die Afrika
Nasies Beker 2013 ‘n 5 ‘n kant
sokkertoernooi aangebied. Met
die afskop
v a n d i e
A F C O N
2013 is daar
besef dat
g e m e e n -
s k a p p e
oningelig is
o o r d i e
wedstryde en
speeltye en
GCIS het
met die hulp van Mier Munisipal-
iteit en die plaaslike sokkerunie ‗n
deur tot deur veldtog aangepak en
op die vooraand van die wedstryd
tussen Bafana Bafana en die Kaap
Verdiese Eilande ‗n mini-sokker
toernooi aangebied waaraan vier
plaaslike spanne naamlik Lover
Boy‘s, Fire Balls, Drems en Green
Leaves van Philandersbron
deelgeneem het.
Daar was ook ‗n kompetise
geloods vir die beste ondersteuner
van Bafana Bafana en ‗n groot
skerm is ook opgesit in die plaas-
like gemeenskapsaal om mense
bymekaar te bring en hulle Vuvu-
zela‘s te laat weerklank.
Die uitslae was as volg: Lover
Boy'z F.C. (2) teen Green Leaves
F.C. (1); Fire Balls F.C. (4) teen
Dreams F.C. (2). In die uitspeel vir
die derde plek het Dreams F.C vir
Green Leaves met 1-0 verslaan. In
die finaal het Lover Boy‘z vir Fire
Balls F.C met 2-1 verslaan en
sodoende met die GCIS AFCON
2013 trofee en goue medaljes
weggestap met Fire Balls wat
tweede
g e e -
i n d i g
het.
D i e
wen-
sp an
L o v -
er Boy’z met hulle trofee
en medaljes:
Agter V.l.nr: Deolin Olivier, Mi-
cheal Vaalbooi, Lucius Claasen,
Jan Mienies(Span bestuurder)
Brixton Erasmus.
Middel: V.l.n.r: Garry Vilander,
Wessie van Staden, David Titus,
Austin van der Byl.
Voor: V.l.n.r: Earl Afrikaner en
Cassius Hendricks Beste Bafana
Bafana Ondersteuners Tino en
Aden Mienies met hul Bafana
Bafana truie en die SA vlae. An-
dries Tities van Mier Munisipaliteit
oorhandig die wen trofee aan
Ronald De Klerk van Lover Boy‘z
F.C
UPINGTON: Oppad
vanaf Grobelaarshoop
die 15de Januarie 2013
het ons Die Horison
koerante uit gedeel by
winkels en soos almal
weet is die koerant
nuut. Ons het oral
koerante uit gedeel tus-
sen Groblershoop en
Upington.
Net so ongeveer
5minute se ry buite
Leerkrans het ons op ‘n
ongeluk afgekom. Vol-
gens die registrasie van
die betrokke voertuig
was die trok van Gaut-
eng afkomstig.
Dit het soos ‘n geld
vervoer wa gelyk want
dit was ‗n gepantserde
voertuig. Ek het uit die
bakkie geklim om ‗n
paar foto‘s te gaan
neem. Met my aankoms op die toneel wou
ek ‗n foto neem toe een van die polisie
beamptes en die drywer van die insleep
diens Kallies Paneelklopers en die drywer
van die pantser voertuig my stop en sê hy
gaan my kamera af neem dit breek dan
gaan hy my in my ―moer‖ skop en my ook
nog gaan toe sluit. Ek het toe maar
omgedraai en kom loop , ek het sleg gevoel
en baie verneederd.
Dit is baie swak maniere om as ‗n ger-
egsdienaar so onbeskof op te tree met jou
mede Suid Afrikaanse burger. Dit wys net
as jy swak opvoeding gekry het in jou huis,
dan sal jy nooit weet om ander mense te
respekteer nie. Ek as Redakteur van die
koerant was teenwoordig tydens die voor-
val en was baie geskok vir die swak ma-
niere wat ons polisie beamptes teenoor my
bemarker uitgehaal het.
Ek was op daardie tydstip net bly dit was
nie ek wat so nie, maar een verneeder is
maar een van my werkers. Ek wil ‘n beroep
op ons beamptes doen asseblief doen julle
werk reg en met eerbaarheid ons is almal
Suid Afrikaanse Burgers dit is net jy geagte
beampte wat nie ‘n Suid AFRIKANER IS
NIE, ONS WEET VAN JOU.
Ons sal nie altyd net xenofobie kan sien as
daar teen die buitelanders gekritiseer word
of daar word gepraat van die goed wat
hulle doen nie. Ons sal die realiteit van die
lewe ‘n slag in die oë moet kyk.
Die Pantserwa hier op die foto was op die
dag op hierdie spesifieke pad. Soos wat ek
waargeneem het moes die wa van diepad
afgeloop het en half op sy sy beland het.
Kallies paneelkloppers se insleep voertuig
het die wa daar uitgetrek.
Dit is tans nie aan die koerant bekend of
daar moontlik geld in was of nie. As
redakteur van hierdie koerant wil ek die
polisie net vra om asseblief meer goedheids
gesind teenoor die koerant te wees en weet
dat ons is en bly in Suid Afrika en word ten
volle geondersteun deur die land se
regering.
Lynton van Wyk
Samantha Cloete
UPINGTON: Op Maandag 28
Januarie 2013 het die gemeenskap
van Upington besluit om voet
neer te sit, en op te tree teen
dwelmhandel en seksuele misdry-
we veral onder die jong kinders.
Die Khoi-San hoofman Barry
Bosman tesame met mede Khoi-
San-leiers,
was deel van
die optog.
Die lede wat
deel van die
optog was
voel dat
hulle nie
xenofobie
wil aanhits
nie , tog
voel hulle
daar opge-
tree moet
word ron-
dom die
probleme
wat mens
regtig in die
gesig staar.
Dwelmhandel deur somige van
die buitelanders onder ons jong-
mense is stadig maar seker besig
om hand uit te ruk. Onskuldige
kinders se lewens word vewoes en
daar word geen ag geslaan ron-
dom die probleem nie.
As gevolg van al die verwikkelinge
is drie Khoi-San-leiers inhegtenis
geneem,o.a Hoofman Johannes
May van die Korannas, Hoofman
Lawrence Maasdorp van die
Khoi-san en Hamilton Pretorius ʼn
Khoi-san gememeenskapleier.
Hulle het op aanklagte van brand-
stigting, intimidasie, openbare
geweld, aanhitsing van xenofobie
en oorlaspleging in die hof
verskyn. Khoisan-inwoners het
voor die hof betoog om hul onte-
vredenheid met die inhegtenis
nemings te wys.
Na verskeie brandstigtings van
winkels van die somaliërs, word
Khoi-san leiers valslik beskuldig
deur Somaliese winkel eienaars.
ʼn Ontevredenheid en spanning
heers al ʼn geruime tyd tussen in-
woners en buitelandse winkeliers
wat ongeveer R10 000 per week
maak uit hul winkeltjies
Alles wys na die buitelanders en
word beskuldig dat hulle dwelms
aan jong kinders verkoop en jong
kinders seksueel misbruik.
Hoe lank gaan die ontevredenheid
weens buitelanders nog heers?
Wanneer gaan reg en geregtigheid
geskied? Dit is vrae wat oor die
gemeenskap se lippe hang. Die
dwelmhandel en seksuele misdry-
we onder ons gemeenskappe moet
eenvoudig
stop.
Leiers van
die khoisan
het na al die
dag se
gedruis met
Limikatso
Koloi,
burger-
meester van
die //Khara
Hais-
munisipal-
iteit, mnr
Basson
speaker van
die muni-
sipaliteit,
kol. Ger-
hard Smit,hoof van die Rosedale-
polisie kantoor en brig. Paul Ce-
gane gebiedsbevelvoerder van die
polisie vergader om saam ʼn
oplossing te vind.
Op 22 Februarie 2013 sal die drie
leiers weer in die hof verskyn.
Upington – GCIS, SAFA Si-
yanda en //Khara Hais Muni-
s i p a l i t e i t h e t k r a g t e
saamgesnoer om bewusmaking
te kweek onder gemeenskappe
rondom die oewer van die
Oranjerivier in die vorm van ‗n
motorstoet en ‗n pretdag.
Regeringsdepartemente,Radio
Riverside, die privaatsektor,
NGO‘s en die plaaslike muni-
sipaliteit het deur middel van
‗n motorstoet en straatkar-
nivaal bewusmaking onder
gemeenskapslede gekweek om
die huidige AFCON (Afrika
Nasies Beker 2013) te bemark
en ondersteuning vir Bafana
Bafana te werf. Besighede en
inkopiegangers is verras met
klanke van die Upington
Blaasorkes en die Diski
Dansers en vlae is geswaai en
vuvuzela‘s het weerklank in die
sakekern. Na afloop is die ver-
rigtinge afgesluit met vyf ‗n
kant sokker, vrae- rondom
AFCON 2013 en danskompet-
sies asook die uitsending van
die wedstryd die daaropvol-
gende dag tussen Bafana
Bafana en Kaap Verdiese Ei-
lande wat 0-0 gelykop was.
GCIS en //Khara Hais Muni-
sipaliteit het ‗n grootskerm by
die grasperk voor die openbare
bibioteek opgerig vir die hele
duur van die kompetisie en
gemeenskaplede kan gratis
kom kyk en ontspan met fami-
lie en vriende en sodoende ook
hu l l e gu ns te l i ng span
aanmoedig en ondersteun.
Daar is egter ‗n bekommernis
omdat te min mense van die
gemeenskap die grootskerm
uitsending bywoon en ge-
meenskappe word aange-
moedig om in getalle te kom,
nie net vir Bafana Bafana se
wedstryde.
‗n Mobile Trok het Upington
op Donderdag, 24 Januarie
2013 besoek en Keimoes op
Vrydag, 25 Januarie 2013 om
die Afrika Nasies Beker te
bemark en om bewusmaking te
kweek asook ondersteuning te
werf vir Bafana Bafana. Dit
word onder die tema ―The
Beat at Africa‘s Feet‖ bemark.
Foto Bo – Die Diski Dansers besig om die gemeenskap in voeling te bring met die Afrika Nasies Beker 2013.
Foto Bo – Die Upington Blaasorkes vermaak besighede
en inkopiegangers in die sentrale sakekern van Upington.
Foto Bo - Radio Riverside personeel Moeketsi Moeketsi, Blanche Claasen en Andries Morkel wat deelgevorm het van die motorstoet en pretpark.
WEBSITE: WWW.BELURANAUPINGTON.COM
EMAIL: [email protected]
AA AWARDS WENNER 2011
MUNISIPALITEITE SKAKEL GERUS VIR SPESIALE TARIEWE!
PICK & PAY SENTRUM
LE ROUX STR
WINKEL 14
TEL: 054 331 1331
SKAPE
te
KOOP
VIR ENIGE NUUS
OF ADVETENSIES
SKAKEL: 054 331 1993
VRA VIR KWOTASIES