4
EERSTE EREDIENS–(9h00 ) Skriflesing: Mattheus 2:1-12 Teks: Mattheus 2:1,2,5,11 Sing: Ps. 68:2,14; Ps. 19:5; Ps. 19:1,2; Ps. 72:6,11 DIÉ GOD WAT MENSE MEEVOER, HULLE LOK EN LEI Die wyse manne uit die Ooste laat ons in 2015 van oos en wes net op een waarheid saamkom. KATKISASIE– Katkisasie begin DV weer op 18 Jan 2015. TWEEDE EREDIENS (10h30) Skriflesing: Mattheus 4:1-11; Lukas 22:31-34; Jakobus 1:1-18 Kategismus: Sondag 52 V/A 127 Sing: Ps. 142:1,2,6; Ps. 138:4; Ps. 86:1,6 DIE STRYD WAT NOOIT OPHOU NIE Hoe nodig is dit dat die Here ons ook in hierdie jaar sal bewaar. Kerkkantoor Sr. Amanda Tromp 0123262290 (8h00-13h00 Weeksdae) E-pos: [email protected] Faks:0123265287 Skriba:Oudl. Jan Fanoy 0836419742 Epos: [email protected] Koster en attes-skriba: Oudl. Flip Minnaar 012- 3233194 Kassier: Oudl. Frik Eloff: 0825790745 Kerk bankbesonderhede: ABSA- 040340106 Voorsitter diakonie-Diak Henry Foster 0823772108 Orrelis (aflos): Br Jaco Viljoen (0765546527) 04 Januarie 2015 (1) Predikant: Diensbeurt: (sluit in susters se skink beurte) Ds. Petrus Venter Vandag-Wyke 1 en 2 0123356130 Ouderlinge: Deon Vosloo en Koos v/d Merwe 0847042348 (P) 0845119620(C) Diakens: Pieter Wolmarans en André Koen [email protected] 9 de Laan 880 Volgende Sondag (11/01/2015)) – Wyke 3 en 4 Wonderboom-Suid Ouderlinge: Steve Joubert en Frik Eloff www.gk-pretoria.weebly.com Diakens: Johan Wolmarans en Wynand Du Venage Preke vanuit verskillende Bybelboeke kan elektronies afgelaai word by http://bit.ly/XmtQM2 Eredienste in klank kan geluister word http://bit.ly/TettoI Ds. Petrus is betrokke by n Psalm projek, om soveel as moontlik preke oor die Psalms uit te gee. Bekend as Bruilofsliedere vir die Messias. Die preke oor die Psalms wat reeds beskikbaar is, kan gelees word by http://bit.ly/12P9mzH Was in die jare 1929– bekend as Kerkstem 40 jaar later het dit geword Onder die herderstaf Die Krugertjie (Weeklikse gemeenteblad ) Die Krugertjie www.gk-pretoria.weebly.com

Die Krugertjie - Gereformeerde Kerk Pretoriagk-pretoria.weebly.com/uploads/2/7/7/1/2771236/krugertjie_2015010… · Leuenagtige tong – vs 12 en 13 praat hieroor. Elke leuen is sonde

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Krugertjie - Gereformeerde Kerk Pretoriagk-pretoria.weebly.com/uploads/2/7/7/1/2771236/krugertjie_2015010… · Leuenagtige tong – vs 12 en 13 praat hieroor. Elke leuen is sonde

EERSTE EREDIENS–(9h00 ) Skriflesing: Mattheus 2:1-12

Teks: Mattheus 2:1,2,5,11

Sing: Ps. 68:2,14; Ps. 19:5; Ps. 19:1,2; Ps. 72:6,11

DIÉ GOD WAT MENSE MEEVOER, HULLE LOK EN LEI

Die wyse manne uit die Ooste laat ons in 2015 van oos en wes net op een waarheid saamkom. KATKISASIE– Katkisasie begin DV weer op 18 Jan 2015.

TWEEDE EREDIENS (10h30)

Skriflesing: Mattheus 4:1-11;

Lukas 22:31-34; Jakobus 1:1-18 Kategismus: Sondag 52 V/A 127

Sing: Ps. 142:1,2,6; Ps. 138:4; Ps. 86:1,6

DIE STRYD WAT NOOIT OPHOU NIE

Hoe nodig is dit dat die Here ons ook in hierdie jaar sal bewaar.

Kerkkantoor Sr. Amanda Tromp 0123262290 (8h00-13h00 Weeksdae)

E-pos: [email protected] Faks:0123265287

Skriba:Oudl. Jan Fanoy 0836419742 Epos: [email protected]

Koster en attes-skriba: Oudl. Flip Minnaar 012- 3233194

Kassier: Oudl. Frik Eloff: 0825790745 Kerk bankbesonderhede: ABSA- 040340106

Voorsitter diakonie-Diak Henry Foster 0823772108

Orrelis (aflos): Br Jaco Viljoen (0765546527)

04 Januarie 2015 (1)

Predikant: Diensbeurt: (sluit in susters se skink beurte) Ds. Petrus Venter Vandag-Wyke 1 en 2 012– 3356130 Ouderlinge: Deon Vosloo en Koos v/d Merwe 0847042348 (P) 0845119620(C) Diakens: Pieter Wolmarans en André Koen [email protected] 9 de Laan 880 Volgende Sondag (11/01/2015)) – Wyke 3 en 4 Wonderboom-Suid Ouderlinge: Steve Joubert en Frik Eloff www.gk-pretoria.weebly.com Diakens: Johan Wolmarans en Wynand Du Venage

Preke vanuit verskillende Bybelboeke kan elektronies afgelaai word by http://bit.ly/XmtQM2 Eredienste in klank kan geluister word http://bit.ly/TettoI Ds. Petrus is betrokke by ‘n Psalm projek, om soveel as moontlik preke oor die Psalms uit te gee. Bekend as Bruilofsliedere vir die Messias. Die preke oor die Psalms wat reeds beskikbaar is, kan gelees word by http://bit.ly/12P9mzH

Was in die jare 1929– bekend as Kerkstem

40 jaar later het dit geword Onder die herderstaf

Die Krugertjie (Weeklikse gemeenteblad )

Die K

rug

ertjie w

ww

.gk

-preto

ria.weeb

ly.co

m

Page 2: Die Krugertjie - Gereformeerde Kerk Pretoriagk-pretoria.weebly.com/uploads/2/7/7/1/2771236/krugertjie_2015010… · Leuenagtige tong – vs 12 en 13 praat hieroor. Elke leuen is sonde

KOLLEKTE

DAGBOEK

DRA MEKAAR SE LASTE EN DEEL MEKAAR SE VREUGDES... . Br Martin Tredoux wat baie groot hart-operasie moes ondergaan is ons gebed dat hy spoedig volkome mag herstel. Ons is saam met sr Elsa dankbaar vir die goeie vordering wat daar reeds is. Br Johan Schalekamp se susterskind is baie ern-stig siek in Milpark hospitaal in Johannes-burg. Sy het reeds hartoorplanting moes ontvang waar haar toestand steeds kritiek is. Mag ons as gemeente ook aan haar en hulle as familie in ons gebede aan die Here opdra. Sr Marietjie Laubscher wie se gesondheid die laaste tyd haar swaar laat kry bid ons die Here dat daar spoedig ook vir haar beterskap mag wees. Op die stadium sukkel die medici nog om presies die oorsaak vas te stel. Sr Winnie Lourens wat met tye las van haar gesondheid het word aan die genadetroon van die Here opgedra. Br Dawie de Bruin bid ons volkome herstel toe na die operasie in sy skouer. Br Dries de Ridder word aan die genadetroon van die Here opgedra. Sy liggaamskragte is nie baie nie. Ons dink ook aan br Willie Buys wie se gesondheid hom swaar dae laat beleef. So bly ook ds. Andries Mulder in ons gebede. Medege-lowiges wat lank reeds met hulle gesond-heid worstel word nie vergeet nie. Susters Cora Kruger, Anna Eloff en Rina Aucamp.

GEHOORHULP Dit is moontlik om in en rondom die kerkgebou deur middel van u radio of radio op u selfoon op die eredienste in te skakel. Dit kan met groot vrug gebruik word sou u gehoor ook nie meer is wat dit moet wees nie. Die frekwensie waarop u u toerust-ing moet stel is FM 101.8. JAARKALENDERS IS GEREED Ons kalenders met ons jaarbeplanning vir 2015 is gereed. Ons vra dat u sovêr moontlik u kalenders in konsistorie kom afhaal. Skryf asseblief net u naam op as u een neem. U moet ook daarop let dat ons die wyke se nommers numeries herstel het. Ons gee ook ‘’n lys met ouderlinge en diakens van die wyke dan kan u daar-volgens bepaal wat is die wyknr. waarbinne u dan is. Die Almanak boek met al die kerke se gegewens en dagstukkies is alreeds alles versprei. As u graag ook een wil bestel kan u u naam in konsistorie by skriba opgee. Ons sal weer vanaf Potchefstroom kan bring. SUSTERSAAMTREK 2015 Alle susters is reeds uitgenooi na vanjaar se sustersaamtrek by die Gereformeerde kerk Meyerspark. Dit vind plaas DV Sa-terdag 7 Maart 2015. Die tema is Julle is Sout en Lig. Spreker is Stephan Joubert. Koste is R125. Almal wat graag wil gaan moet solank hulle name by sr Christine opgee.

Vandag: 1ste diens 2de diens

Paul Kruger kinderhuis DVB

Instand-houding Intand-houding

04/01/2015 1ste diens 2de diens

DVB DVB

Intand-houding Intand-houding

DATUM GEBEURTENIS

06/01-15/01 Algemene Sinode Potchefstroom

14/01/2015 Skole heropen

20/01 Finans-Adviesvergd

22/01 Kerkraadsvergd

Page 3: Die Krugertjie - Gereformeerde Kerk Pretoriagk-pretoria.weebly.com/uploads/2/7/7/1/2771236/krugertjie_2015010… · Leuenagtige tong – vs 12 en 13 praat hieroor. Elke leuen is sonde

SPREUKE Vervolg van verlede week SPREUKE 6:5 Gemsbok ... voël – Die onvermoeide spartel van `n wilde dier wat in `n wip gevang is, om los te kom, word as `n voorbeeld vir die mens geteken. Oor luiheid. Vanuit die aanmoediging van die vorige verse om ywerig te stry en te werk, kom die volgende vermanings. 6:6. Mier – Fluksheid en voorsorg word nou as voorbeeld voorgehou teenoor die gebrek aan oorleg van die persoon van die vorige verse. Die mier word slegs tweemaal in die Woord genoem: hier, en in Spr 30:25, waar dit as een van vier klein “diertjies” genoem word, oor hulle wysheid. Sy weë – Sien hoe `n mier sy voorsorg met die grootste ywer nakom. Oor luiheid lees ook: Spr 18:9; 20:4,13; 21:17; 22:13; 24:29-34. Veral 26:15 tipeer die luiaard. Bedagsaamheid en oorleg moet nagejaag word. 6:7. Geen aanvoerder – Miere is anders as bye, waar daar tog meer verskil is tussen die tipes wat werk in `n korf. Hierdie woord is ook gebruik vir `n militêre leier. Daar is tog tussen die miere `n samewerking, al werk elkeen individueel. 6:8. Bêre sy voedsel weg – As `n nietige insek soveel wysheid aan die dag lê, moet die mens wat deur God so ryk met verstand bedeel is, nie by hom leer nie ? Die mier het niemand wat hom aanpor of sy werk kontrolleer nie, daarom is hy `n les wat vir die luiaard `n aanmoediging moet wees. 6:9-11. Slaap – asof daar niks is om te doen nie ! Luiheid in die algemeen word ook bedoel, asof mense slaapwandelaars is wat nie hulle pligte kan nakom nie, selfs deur die dag. BVA: “Luiheid en láát slaap is maats.” Handevou – Ons het die spreuk dat iemand sy hande die saligheid belowe het. Dit beteken dat niks gedoen word nie. Daar is ook die wat dit te nederig ag om met die hande te werk. Apatie word genoem, wat die gevolg kan wees van verskillende oorsake. Oorsake soos gewone uitstel, vermorsing van jou goed of doodgewone luiheid kan aan gedink word. Die weerstand wat in v 3 genoem word, bestaan nie by die luiaard nie: “bestorm jou naaste,” pak die bul by die horings. Jou armoede – Onvermydelik is die gevolge vir die luiaard. Die ondergang is verseker en dit is onweerstaanbaar, soms met groot spoed. Gewapende man – Iets soos `n struikrower word hiermee bedoel. Die luiaard het geen verweer as die armoede oor hom kom nie. Die deugniet/niksnuts 6:12. Valse mond – Hiermee word alles ingesluit

wat deur die sonde van die tong kom: valse getuienis, leë vleitaal, verdagmakery, hatigheid, beplanning van allerlei kwaad. `n regtige goed-vir-niks persoon word bedoel. `n Misdadiger, verdrukker, onwettige winsmaker, verleier. 6:13. Tekens gee – Nie net met die mond nie, maar met ander tekens word seine gegee aan medewerkers in die kwaad, waarmee die doen van kwaad aangewakker word. Liggaamstaal word gebruik daarvoor. Kom ons stel dit ook in eie taal: agterbaksheid (BVA) word veroordeel. 6:14. Hart – Die hart - wat die uitgange van die lewe is - van so `n persoon is vol sonde. Sy hele wese is vol daarvan. Hy sweer saam en hy saai tweedrag. 6:15. Ondergang – Soos in voorgaande hoofstukke word gewaarsku teen die uiteinde van die kwaaddoeners. Dit kan in hierdie lewe reeds gebeur op allerhande wyses. So nie, sal dit `n toekomstige ondergand wees in die buitenste duisternis. Ses dinge wat deur die HERE gehaat word ... sewe Die skrywer brei verder uit op die dade van die deugniet. In aansluiting by die vorige word ook die oë, tong, hande en voete genoem (BVA). 6:16. Ses ... sewe – Hierdie is een van die numeriese spreuke (getalspreuke). Dit is in die vorm van raaisels, soos ons dit dikwels het. Die numering is om dit beter te kan onthou. God se Openbaring, Sy Woord, moet ons rigsnoer wees. 6:17. Die eerste drie dinge wat God haat: trotse oë – Die selftrots van die mens (humanisme) kom van die Paradys af, waar Satan gesê het dat die mens soos God sal word. Dit is selfverheffing teen God, soos in Ps 73:6 genoem: “Daarom is die trots om hulle soos `n halssieraad.” Dit is die mense wat die hooghartige dinge bedink wat nietig is voor God (Ps 2). Job 21:22 sê van hulle: “Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel ?” Dit is hulle vir wie die kruis van Christus dwaasheid is (1 Kor 1:18). Dit is hulle wat verlore gaan. Leuenagtige tong – vs 12 en 13 praat hieroor. Elke leuen is sonde. Met die doodstraf van Ananias en Saffira word in Hand 5 vir ons `n voorbeeld gemaak van hoe groot God hierdie sonde ag. Onskuldige bloed vergiet – God haat `n moorddadige en wrede houding. Hierdie vergote bloed roep tot God van die aarde af, soos die bloed van Abel (Gen 4:10). Kain word uitgeban, dat die aarde wat sy broer se bloed ontvang het, sy vrug nie aan Kain sal gee nie (v 11). God veroordeel doodslag in die Sesde Gebod. Word vervolg

HIERDIE MAAND/E IN DIE GESKIEDENIS- 2 Jan 1896– Oorgawe van Jameson; 3 Jan 1955– Mev. Tibbie Steyn laaste presidentsvrou van Republiek van Oranje-Vrystaat oorlede; 4 Jan 1996– Jan Spies oorlede; 5 Jan 1857– M.W. Pretorius as president gekies; 6 Jan 1498- Vasco de Gama sit by die Limpopo rivier eerste keer voet aan wal; 6 Jan 1857– Eerste hysing van Vierkleur op Potchefstroom; 8 Jan 1806– Tweede anneksasie van die Kaap; 9 Jan 1814– Invoering van Evan-geliese gesange Kerkraad Kaapstad; 9 Jan 1871– Digter Eugene Marais gebore; 10 Jan 1818– Prof Dirk Postma in Dokkum Friesland gebore; 11 Jan 1696– ‘n Ligte aardbewing vind aan die Kaap die Goeie Hoop plaas; 11 Jan 1859– Uittrede van 15 Gereformeerdes uit Herv. Kerk ZAR; 13 Jan 1815– Kaap word vir goed n Engelse ko-lonie; 14 Jan 1840– Pretorius proklameer Natal as Boeregebied; 13 Jan 1849– Kerkbode verskyn 1ste keer

SPREUKE– AAN DIE HAND VAN TOTIUS– verwerk deur ds. H.T. de Villiers

Page 4: Die Krugertjie - Gereformeerde Kerk Pretoriagk-pretoria.weebly.com/uploads/2/7/7/1/2771236/krugertjie_2015010… · Leuenagtige tong – vs 12 en 13 praat hieroor. Elke leuen is sonde

04/01– Susan Boersma 0834527571

04/01– Richard Venter 0732109257

04/01– Ulbe de Ronde 0828996173

07/01– Alet Pratt 0823193269

04/01– Edrich Malan 0798802468

07/01– Koos van der Merwe 0836357453

Mag u ryklik geseënd wees met goeie gesondheid, liefde en vreugde die hele jaar deur * 80 jaar en ouer

Ba

ie g

elu

k m

et

u v

erja

ars

da

g

BEROEPENUUS en KERKE NUUS— Kerke in die verband van die GKSA vergader DV vanaf Dinsdag 6 Jan 2015—tot 15 Jan 2015 vir die 52ste Nasionale Sinode wat nou bekend staan as Algemene Sinode. Mag daar in hierdie kerklike vergadering waarlik om leiding en gehoorsaamheid aan God se Woord gevra word. Ds. Petrus is as secundi vir die vergadering opgeroep en sal ook in die tyd in Potchefstroom moet wees.

Here, red my van die sondes wat hulle self klein noem – CH Spurgeon

Wat maak ons gereformeerd? (3) (Dr. Chris Saayman– 2007) (vervolg van verlede week) Kerk van die Woord ...Nie die liturgie, sakramente, godsdienstige seremonies en religieuse praktyk nie, ook nie die gesellige saamwees van gelowiges nie, maar die gepreekte Woord wat die verlorenheid van die mens onthul en die vrye genade van God aan sondaars toesê, vorm die hart van die erediens en die ganse bediening van die kerk. Wanneer die gepredikte Woord in welke opsig en om welke rede ook al uit sy sentrale posisie in die erediens en die kerklike lewe verdring word, kom die gereformeerde karakter van die kerk onder druk. Gereformeerdes beskou die Bybel as die on-feilbare Woord van God en verwerp alle vorme van hoër Skrif kritiek wat die Bybel degradeer tot ‘n menslike religieuse geskrif. Ook hierdie oortuiging maak ons gereformeerd. Die wet van God Dat die eer van God op alle terreine van die lewe gedien moet word, hang vir gereformeerdes saam met hulle oortuiging dat ‘n mens wat uit genade gered is, ook persoonlik deur die Gees geheilig en in die wêreld uitgestuur word om dáár die wil van God te doen. Daarom neem gereformeerde gelowiges ook die héle Woord van God ernstig op as Ou en Nuwe Testament en as Wet en Evangelie. Hulle verstaan die Bybel nie net as die blye boodskap van vergifnis nie, maar ook as die blye boodskap dat Christus die mag van die sonde oorwin het en dat gelowiges geroep word om in hulle hele lewe uit hierdie oorwinning van Christus te lewe en Gods gebod in alles te gehoorsaam. Gereformeerdes is mense wat nie net hulle persoonlike lewe nie, maar ook hulle gesins- en gemeenskapslewe, hulle arbeid en ekonomie, ja, ook hulle politieke lewe vol-gens die eise van Gods wet wil inrig. Daar is geen duimbreedte van die aardse werklikheid waar-van Christus nie sê: “Dit is Myne” nie. Dit is tipies gereformeerd om die Wet van God op alle lewensterreine te wil gehoorsaam uit dankbaarheid vir Sy vrye genade én dit binne die erediens te laat funksioneer. Die verbond In die tyd van die Reformasie moes die Reformatore deurentyd vanuit die Woord keerwalle opwerp na twee fronte toe. Enersyds die kerk van Rome en andersyds die Wederdopers. Oor die algemeen het die Dopers radikaal met die reformatoriese kerk gebreek, die kinderdoop verwerp en die buitengewone gawes van die Gees nagejaag. Volgens die Dopers het die Reformatore nie vêr genoeg gegaan met die kerkhervorming nie. Word vervolg