Upload
others
View
5
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Die Name van
God
Raymond D. Lombard
DANKBETUIGINGS
Aan my vrou, Amanda, vir die inspirasie, aanmoediging en ondersteuning
om hierdie werk neer te pen – my innigste dank.
Aan my Bybelskoolstudente die afgelope vyftien jaar – dankie vir die
uitdagings wat julle voortdurend aan my stel.
Aan my dogter, Clarissa – groot waardering vir die buitebladontwerp.
Aan Adri en Uschi Theron, vir julle harde werk en hulp met betrekking tot
die tik en uitleg van die boek – dankie vir uitstekende werk gedoen.
Hierdie boek word met die hoogste dank en erkenning opgedra aan my
hemelse Vader, sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees.
Die Name van God Outeursreg © 2012 Raymond D Lombard Herdruk 2015 Alle aanhalings uit die Skrif, tensy anders vermeld, is geneem vanuit Die Bybel (1933-vertaling, hersiene uitgawe 1953 en 1957) Outeursreg © 1957, 1996 deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming van Die Bybelgenootskap. Alle regte voorbehou. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n ontsluitingstelsel bewaar, of weergegee word in enige vorm of op enige manier – hetsy elektronies, meganies, deur fotokopiëring, deur opnames of enige ander vorm – sonder die skriftelike verlof van die uitgewer nie. Buitebladontwerp: Clarissa Kat Taalversorging: Faan Pistor
Gedruk deur RSA Litho Printers in Kaapstad, Suid-Afrika
i
Inhoud Voorwoord
Hoofstuk 1: Inleiding tot die name van God 3
Hoofstuk 2: Die Here Jesus Christus 15
Hoofstuk 3: Die Seun van die Mens 31
Hoofstuk 4: Die Name van Jesus Christus 45
Hoofstuk 5: God se persoonlike naam 59
Hoofstuk 6: Die Almagtige God 73
Hoofstuk 7: Ek is wat Ek is: Yahweh 83
Bronnelys 125
VOORWOORD
In ons moderne wêreld van vandag word daar selde waarde
geheg aan die betekenis van ’n naam. Baie maal word
eenvoudig net familiename gegee, of ’n naam wat “goed
klink”.
In die Bybel vind ons dat die Here soms ouers beveel het wat
hulle hul kind moet noem (Gén 16: 11; 17;19; Matt 1: 21).
Soms verander die Here iemand se bestaande naam met
rede (Gén 17:5; 35:9-11).
God se Name is sy selfontsluiting in sy Woord en hoort tot
die brandpunt van sy openbaring. Daarom openbaar die eie
naamgewing sowel as die bekendmaking daarvan
fundamentele waarhede ten opsigte van God en sy
verhouding met die mens. God se Name is in wese God self.
Paulus verklaar in Rom 10: As jy met jou mond die Here Jesus
bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek
het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot
geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die
Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered
word (Rom 10:9-10, 13). Om gered te kan word, moet ons die
Naam van ons Here en Saligmaker tog sekerlik ken. Niemand
kan tog gered word as jy nie die Naam van die Here ken om
Hom aan te roep nie, en sy Naam is Jesus, die enigste Naam
gegee onder die hemel waardeur ’n mens gered kan word
(Hand 4: 10-12).
Hierdie boek is hoofsaaklik geskrywe vir Christene wat die
Name van God beter wil verstaan. Ons behoort oor die Name
van God na te dink. Die psalmis sê: En hulle wat U naam ken,
sal op U vertrou (Ps 9:11).
Jesus word in hierdie boek bekendgestel deur die veelheid
van sy Name. Die naam “Jesus” is die Naam bo elke naam. Hy
is ook die Here, dus is Hy die Here Jesus. Hy is ook Christus,
dus is Hy die Here Jesus Christus. Elke naam, titel of eienskap
vertel ons net meer van die wonder van sy Naam.
Raymond D. Lombard
3
Hoofstuk 1
INLEIDING TOT DIE NAME VAN GOD
DIE GODHEID
ie Name van God is openbarings of beskrywings van Hom wat
die onderskeidende attribute (toeskrywings) en eienskappe van
sy Persoon weergee, of wat die aard van sy attribute, of die
verwantskap van die Godheid met sy skepsele, aandui.
Reeds vroeg in die Bybel lees ons: Toe het hulle die Naam van die HERE
begin aanroep (Gén 4:26). Waar Abraham se kleinseun Jakob droom van
die leer waarvan die spits tot aan die hemel reik, lees ons: En kyk die HERE
het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader
Abraham en die God van Isak . . . (Gén 28:11-13). Abraham was Jakob se
D
4
oupa en Isak was Jakob se vader. Abraham en Isak se God spreek nou tot
Jakob!
Name in die Bybel dien as die uitdrukking van die aard, karakter en
kwalifisering van die bepaalde persoon op wie dit van toepassing is, of dit
verwys na een of ander gebeurtenis in die geskiedenis van daardie
persoon (Gén 49:3-27; Deut 33:6-29; 1 Sam 4:19-22; Op 2:17).
God se Name is sy selfontsluiting in sy Woord en hoort tot die brandpunt
van sy openbaring. Daarom openbaar die eie naamgewing sowel as die
bekendmaking daarvan fundamentele waarhede ten opsigte van God en
sy verhouding met die mens. God se Name is in wese God self. Daarom
kon die psalmis sê: En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou . . . (Ps
9:11).
God stel Homself bekend nie net in soverre Hy bestaan of wie Hy is nie,
maar ook hoe Hy is en geken wil word. Daarom leer ons op grond van sy
selfopenbaring om insig te kry in die aard (hoedanigheid, karaktertrekke,
natuur) van God.
Dus, as uitdrukking van sy wese, is die Naam van God nie ’n tydelike rol
wat Hy vir ’n beperkte tyd speel nie. Aan sy Name sal God hom hou, en
5
daarom is sy Name die teken van Gods trou; teenoor Homself en teenoor
hulle aan wie Hy sy Naam gee.
God is nie ’n geskape Wese nie, maar die Een uit Wie en deur Wie en tot
Wie alle dinge is (Rom 11:36). Alle dinge het deur Hom ontstaan, sê
Johannes, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie
(Joh 1:3). Wat ons van God weet en ken, is nie deur eie toedoen, mag of
kennis nie, maar is wat God Self in sy Alwyse Raad besluit het om aan ons
te openbaar.
Tereg skryf prof Adrio König: “Nie wat ons oor Hom dink is waar nie, maar
wat Hy van Homself bekend maak. Omdat Hy God is . . . is (Hy)
alomteenwoordig en almagtig soos Hý dit wil wees, en nie soos ons ons
die begrippe voorstel nie.”
Wanneer die Woord sê: want in Hom is alle dinge geskape wat in die
hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, . . . En Hy is voor alle
dinge, en in Hom hou alle dinge stand (Kol 1:16-17), is dit vanselfsprekend
dat God die grond van sy eie bestaan in Homself het. Met dié uitsprake
wil God ons duidelik laat verstaan dat Hy los en ver bo en buite die
tydruimtelike bestaan en as sodanig ook volkome onafhanklik van eindige
dinge is.
6
In die leerstuk Kerkdogmatiek maak dr A.H. Verster dit duidelik dat die
Bybel ons leer dat daar net één ware God is (Deut 6:4; 1 Kon 8:60; 2 Kon
19:15; Mark 12:29). Terselfdertyd praat die Bybel ook van die één God in
die meervoud: In die begin het God die hemel en die aarde geskape (Gén
1:1). Die woord “God” hier is die Hebreeuse woord Elohim, wat ’n
meervoudsnaam is. In die Hebreeuse taal, anders as in Afrikaans of
Engels, het ons ’n enkelvoud as een; ’n tweevoud (Eng.: dual) as twee; en
’n meervoud as drie of meer. As God (Elohim) ’n meervoudsnaamwoord
is, moet God drie of meer wees. Génesis 1:1 sal dan letterlik so lees: In
die begin het God (Elohim – die drie) die hemel en die aarde geskape. Die
stelling rym ook met Génesis 1:26: En God (Elohim – die Drie) het gesê:
Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis . . . Hier het ons ’n
meerderheid van Persone en ’n eenheid van werk. Die Vader en die Seun
en die Heilige Gees werk tesame en nie afsonderlik van mekaar nie.
Die feit dat onse God . . . ’n enige HERE (is) (Deut 6:4), beteken nie dat een
nie drie kan wees nie. Die woord “enige” is die Hebreeuse word echad,
wat ook ’n eenheid beteken. Die feit kom duidelik in Génesis 2:24 na
vore: Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef.
En hulle sal een (echad) vlees wees. Ons weet dat ’n man en vrou nie
integreer om een liggaam en een persoon te word nie, maar dat hulle as
twee persone ’n eenheid vorm. As ’n eenheid, as “een vlees”, is hulle
7
steeds twee afsonderlike persoonlikhede, maar in ’n harmoniese
verhouding met mekaar.
In die Nuwe Testament gaan die volle lig op. By al die hoofmomente van
die Seun van God se lewe op aarde openbaar God Hom as die Drie-enige:
by sy geboorte (Luk 1:35); by sy doop (Luk 3:21-22), voor sy dood (Joh
14:16-17) en by Jesus se hemelvaart (Matt 28:19). Ook toe Stéfanus
gestenig is (Hand 7:55). Voorts verklaar die apostel Johannes: Want daar
is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees,
en hierdie drie is een (1 Joh 5:7). Die ander apostels (Paulus en Petrus)
maak ook ’n onderskeid tussen die persone in die Godheid (2 Kor 13:13; 1
Pet 1:2).
Die spesifieke gelykwaardigheid van die Vader en die Seun en die Heilige
Gees word ook vir ons in die Nuwe Testament gestel: Die Vader is God
(Joh 6:27; Ef 4:6); die Seun is God (Joh 20:28; Heb 1:8); die Gees is God
(Hand 5:3-4).
Ons sien die Drie-eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees – is essensieel
Een, d.w.s een in wese (Deut 6:4; Joh 1:18; Heb 9:14), maar vind
uitdrukking in drie persone. Prof König stel dit “dat ons in die Vader, die
Seun en in die Heilige Gees nie drie persone het wat mekaar kan
8
opponeer en bestry nie, maar drie maal dieselfde God, d.w.s drie maal op
’n ander manier dieselfde persoonlike God”.
Daarom gee ons aan die Vader, die Seun en die Gees gelyke eer as
dieselfde persoonlike God. Ons kom tot die Vader, deur Christus, in die
Gees (Joh 14:6; 4:24).
DIE MENS GESKAPE NA DIE BEELD VAN GOD
Die besluit van God om mense na sy gelykende beeld te maak (Gén 1:26)
was allereers ’n besluit oor Homself. Hy het uit sy innerlike lewe getree
en bedink om nooit weer sonder ons te wees nie, om tot in ewigheid slegs
op een wyse te leef: as onse God. God het die mens geskape na sy beeld
en na sy gelykenis sodat die mens ’n gelykende beeld van God is. ’n Vrye
vertaling van Génesis 1:26 sal dan so lees: “Laat Ons mense maak na ons
beeld om ons gelykenis te wees.”
God se skepping van die mens spreek van ’n besliste verhouding wat daar
moet bestaan tussen Skepper en skepsel. Die mens is dus geskape as
verhoudingswese. Die mens is ook ’n rasionele wese. Christus Jesus is die
ware Beeld van God:
9
Die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is . . . (2 Kor
4:4).
Hy (Christus) is die Beeld van die onsienlike God . . . (Kol 1:15).
Hy (Christus) wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die
afdruksel van sy wese . . . (Heb 1:3).
Deur die geloof in Hom (Christus) en ons versoening met Hom en die
gepaardgaande wedergeboorte word die gelowige herskep na die beeld
van God: en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot
die kennis na die beeld van sy Skepper (Kol 3:10). In hierdie sin bestaan
die beeld van God in ware kennis. Die apostel Paulus stel dit voorts dat
die beeld van God ook bestaan in heiligheid en geregtigheid, “en julle met
die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid
en heiligheid” (Ef 4:24). Hierdie morele gelykenis aan God kan alleen
herstel word deur die wedergeboorte:
“Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie
aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle
het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy
Naam glo” (Joh 1:11-12).
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou
dinge het verbygegaan, kyk dit het alles nuut geword” (2 Kor 5:17).
10
“waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het,
sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur
. . .” (2 Pet 1:4).
God is God. Hy spreek tot sy skepsele. Hy kom en sê en wys ons wie Hy
is. Dít het Hy gedoen in Christus.
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het .
. . het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun” (Heb
1:1).
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die
boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar (Joh 1:18).
Hy wat My gesien het, het die Vader gesien (Joh 14:9).
Die mens wat as verhoudings- en rasionele wese geskape is, is dus
geskape met ’n selfbewustheid, anders as die dier, wat met net ’n
bewustheid geskape is. Die Bybelse rekord van die eerste mens se
skepping vind ons in Génesis 2:7: En die HERE God het die mens geformeer
uit die stof van die aarde en in sy neus die asem (gees) van die lewe
geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. Die gevolglike
samestelling van die gees en die stoflike liggaam word ’n siel genoem of ’n
funksionerende persoon. Derhalwe lees ons byvoorbeeld in Exodus 1:5
dat Moses verklaar: En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het,
11
was sewentig siele . . . sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte
afgetrek . . . (Deut 10:22). In die Nuwe Testament word dit gestel: Want
soos die liggaam sonder gees dood is . . . (Jak 2:26). Jesus stel dit so in
Johannes 4:23-24: Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware
aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid . . . God is Gees; en
die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Wanneer die
gelowige ontslaap, keer sy gees terug na God, en die stof na die aarde
terugkeer, soos dit gewees het. In die Bybelboek Prediker word dit só
gestel: en die gees na God terugkeer wat dit gegee het (Pred 12:7). Dit is
dan ook duidelik uit Hebreërs 12:23 dat die geeste van die volmaakte
regverdiges in die hemel by God is.
God het Hom nie onbetuig in die mens gelaat nie. Die mens is ook
geskape met ’n ingebore Godbewustheid. Die mens is dus geformeer met
’n inherente getuienis van die bestaan van God. Paulus stel dit so in
Romeine 1:19: omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is,
want God het dit aan hulle geopenbaar . . . omdat hulle toon dat die werk
van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam
getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook
verontskuldig (Rom 2:15). God vul hierdie Godbewustheid aan deur die
openbaring van Homself in die Skrif, dit bring die mens tot ’n definitiewe
kennis en Godsbegrip. Also kan ons dus God ook as ons Vader leer ken in
12
Christus omdat ons Christus Jesus ken: En dit is die ewige lewe, dat hulle U
ken, die ewige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het (Joh
17:3).
Deur die bekendmaking van sy Naam, of Name, maak God Homself aan
die mens bekend. Terwyl die heidense gode glad nie werklik bestaan nie,
is God van ewigheid tot ewigheid, as die lewende God. Dit is dan ook
hierdie God wat Paulus aan die Atheners (Grieke) wou bekendstel soos
ons in Handeling 17:22-31 lees:
Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê:
Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. Want
terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek
ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ’n onbekende God.
Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan
julle. Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy
wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande
gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy
aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem
en alles gee. En Hy het uit een bloed al die nasies van die
mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy
vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel
het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon
13
aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in
Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle
digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. As ons dan die
geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of
silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding,
gelyk is nie. God het dan die tye van onkunde oorgesien en
verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid
sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan
aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
Wat die Naam van die Here God betref, sê Petrus op Pinksterdag: En
elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Hand
2:21). Drieduisend het dit daardie dag gedoen en is gered (Hand 2:37-
47). Paulus verklaar dan ook in Romeine: As jy met jou mond die Here
Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het,
sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met
die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom
glo, sal nie beskaam word nie . . . Want: Elkeen wat die Naam van die
Here aanroep, sal gered word (Rom 10:9-13).
14
Ons moet dus die Naam van die Here ken om Hom te kan aanroep
sodat ons gered kan word. Jesus Christus is die openbaring van God,
as die Seun van God is daar verskillende benaminge vir Hom in die Ou
en Nuwe Testament. Die Ou sowel as die Nuwe Testament openbaar
ook aan ons God se Name: Maar laat húlle almal bly wees wat by U
skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die
wat u Naam liefhet (Ps 5:12).
Ons as gelowiges wat die aanneming tot kindskap ontvang het, weet:
En omdat julle (ons) kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle
(ons) harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! (Gal 4:6)
15
Hoofstuk 2
DIE HERE JESUS CHRISTUS
ESUS Christus is uniek ten opsigte van sy Naam en persoon. Sy
Naam verskyn ten minste 700 keer in die Nuwe Testament. Jesus
Christus het nooit op ’n bepaalde dag die Seun van God geword nie.
Hy is van ewigheid af die Seun van God. Hy het wel op ’n bepaalde dag
die Seun van die mens geword. Die naam “Jesus” beskryf en omvou Hom
in die kleed van menslikheid – Hy het mens geword.
Die engel wat in ’n droom aan Josef verskyn het, het aan hom gesê: Josef,
seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie,
want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ’n seun baar,
en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal
verlos (Matt 1:20-21). Jesus beteken dan ook: JAHWEH is saligheid.
J
16
Handelinge 5:30-31: Die God van ons vaders het Jesus opgewek,
wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hang. Hom
het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om
aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
Handelinge 13:23: Uit die nageslag van hierdie man het God vir
Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek.
Dit is die enigste naam gegee in die hemel en op die aarde wat lewenskrag
in homself het.
Handelinge 4:12: En die saligheid is in niemand anders nie, want
daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense
gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Die naam “Jesus” is die persoonlike Naam van die Saligmaker en
Verlosser. Tereg het die engel gesê: Jy moet Hom Jesus noem, want dit is
Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
DIE CHRISTUS
Die naam “Christus” verskyn ongeveer 300 keer in die Nuwe Testament.
“Jesus” en “Christus” word as kombinasie gebruik in die Nuwe Testament
17
(Jesus Christus), meer as 100 keer. Wanneer die twee in kombinasie
gebruik word, impliseer dit die mistiese eenheid wat bestaan in Hom as
GOD–MENS.
Andreas die broer van Simon Petrus en Petrus self verklaar:
Johannes 1:42: Ons het die Messias gevind – dit is, as dit vertaal
word, die Christus.
Matthéüs 16:16: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
Die naam “Christus” is sy definitiewe Naam wat “Die Gesalfde Een”
beteken. Die profete van ouds het voorspel die Messias (Christus) kom,
dié een met koninklike gesag en waardigheid. “Messias” is ’n Hebreeuse
woord wat “Gesalfde” beteken. Die Griekse ekwivalent daarvan is
“Christus”. Vir die Jode beteken die “Gesalfde” of “Christus” dieselfde as
“Seun van God” (Matt 26:63-64; Mark 14:61-62; Luk 22:67-70). As
Messias is Hy uitdruklik Seun van God (Ps 2:2-9; 45:6-7; Heb 1:8-9).
Vir Andreas en Petrus om Jesus as (Messias) Christus te verklaar is
dieselfde as om te sê “ons het die Seun van God gevind”!
18
Vir Natánael om te sê: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van
Israel (Joh 1:50), is dieselfde as om te sê: U is die Christus, die Gesalfde
Een! Konings is as God se gesalfdes beskou (Ps 2:2-7; 1 Sam 9:15-16; 10:1;
16:1-13; Hand 10:38; Joh 12:12-15; 18:33-37; 19:19-22). Jesus Christus se
Koninklike gesag word beklemtoon deur die gebruik van die titel
CHRISTUS.
DIE HERE
Dit is opmerklik en merkwaardig om waar te neem in die Bybel hoe die
woord HERE in prominensie na vore tree ná die opstanding van Jesus
Christus uit die dode. Die Seun van God het sy heerskappy geopenbaar
deur sy opstanding. “Here” is die naam wat uitdrukking gee aan sy
soewereiniteit en majesteit.
Jesus self verklaar in Matthéüs 22:42-45 (Ps 110:1) Hy is ADONAI van die
Ou Testament.
Die woord “Here”, wat van die woord KURIOS afkomstig is, beteken: Die
Sterke, Meerdere, eienaarskap en gesag. Hy is Here, dit het so deel
19
geword van sy Naam dat die skrywers van die Nuwe Testament na Hom
verwys as “die Here Jesus Christus”. Voorts lees ons:
Handelinge 2:36: Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat
God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle
gekruisig het.
Romeine 1:3-4: Aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit
die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag
verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode,
Jesus Christus, onse Here.
2 Korinthiërs 4:5: Want ons verkondig nie onsself nie, maar
Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
In die Nuwe-Testamentiese geskrifte sien ons die volgende Name en
kombinasies van die Name van die Here Jesus Christus:
Jesus (700 keer)
Christus (300 keer)
Onse Here Jesus Christus (28 keer)
Ons Here Jesus (9 keer)
20
Jesus onse Here (2 keer)
My Here (3 keer)
Iemand het eendag geskrywe: “Sy (Jesus se) Naam bloei op die bladsye
van die geskiedenis soos die blomme van duisend lentes saamgevat in een
groot ruiker. Sy Naam klink deur die wandelgange van die eeue soos al
die kore in die heelal wat in een lied uitgestort word.” Paulus deur die
Gees skrywe: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n
naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig
elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat
onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot
heerlikheid van God die Vader (Fil 2:9-11).
DIE SEUN VAN GOD
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was
God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons
het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat
van die Vader kom – vol van genade en waarheid (Joh 1:1,14). Dié twee
Skrifgedeeltes het betrekking op die “Voorafbestaande Ewige Woord” (die
Seun van God), en die “Vleesgeworde Woord” (die Seun van die Mens).
21
Wat die Voorafbestaande Ewige Woord betref, is Jesus Christus die Seun
van God van alle ewigheid af en tot in alle ewigheid. Jesus Christus is die
Seun vanuit die ewigheid, Seun van God in sy voor’bestaan. As mens
nader ons tot God die Vader deur Jesus Christus die Seun. In ’n sekere sin
kan ons sê: God die Vader, en nie Christus nie, is die hoofsaak en
eindbestemming van die gelowige. Christus is die weg tot die Vader (Joh
14:6; 16:23-24; Heb 7:25; 10:19-21).
Het Jesus Christus ooit self gesê dat Hy die Seun van God is? Baie beslis,
en ook vele male, om maar net ’n paar te noem:
Johannes 3:16-18
Johannes 5:22-25
Johannes 9:35-38
Johannes 10:33-36
Johannes 11:4
Johannes 11:27
Johannes 19:7
Openbaring 2:18
22
Die een, enkel belangrikste, allesoorheersende aspek in die ganse Bybel is
om te glo dat Jesus Christus die Seun van God is:
Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in
hierdie boek nie beskrywe is nie; maar hierdie is beskrywe, dat julle
kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle
deur te glo die lewe kan hê in sy Naam (Joh 20:30-31).
Goddelike name word aan Jesus Christus toegesê:
. . . die Woord van God (Joh 1:1).
Maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid . . . (Heb
1:8).
Christus . . . Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid!
Amen (Rom 9:5).
En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand
gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige,
in sy Seun Jesus Christus (1 Joh 5:20).
23
Goddelike ampte word ook aan Hom toegeskryf:
Hy is SKEPPER (Alle dinge het deur Hom ontstaan – Johannes 1:3).
Hy is ONDERHOUER (. . . in Hom hou alle dinge stand – Kolossense
1:17).
Hy is REGTER (Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het
die hele oordeel aan die Seun gegee – Johannes 5:22: sien ook
Handelinge 10:39-43).
Jesus Christus is Almagtig, Alwetend en Alomteenwoordig:
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde (Matt
28:18; Op 1:8).
Nou weet ons dat U alles weet . . . (Joh 16:30).
Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle
midde (Matt 18:20).
Die Here Jesus Christus het ook die mag om sondes te vergewe en om die
dode op te wek:
En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou
sondes is jou vergewe! . . . Maar dat julle kan weet dat die Seun
24
van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe – sê Hy
vir die verlamde man: Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en
gaan na jou huis toe. En dadelik staan hy op en neem sy bed op . . .
(Mark 2:5; 10-12).
Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy
ook gesterwe (Joh 11:25).
Daarom word aanbidding van God ook aan Jesus toegesê. God die Vader
self het mense aangesê om die Seun te eer, soos wat hulle die Vader eer
(Matt 3:17; Joh 5:23-24). God die Vader beveel ook die engele om die
Seun te aanbid (Heb 1:5-6). Voor die Seun van God sal elke knie buig en
elke tong bely, van dié wat in die hemel en dié wat op die aarde is (Fil 2:9-
11).
Jesus Christus as die Seun van God word geëer as gelyk saam met
die Vader in lewe, oordeel en eer (Joh 5:21-23).
Jesus Christus as die Seun van God het lewe in Homself (Joh 5:26;
10:17-18).
Jesus Christus as die Seun van God het verskyn om die werke van
die duiwel te verbreek (1 Joh 3:8).
25
Jesus Christus as die Seun van God gee die ewige lewe aan wie Hy
wil (Joh 5:21; 6:47, 68-69; 10:28; 1 Joh 5:10-12).
JESUS CHRISTUS SE HUIDIGE BEDIENING IN EN VANUIT DIE
HEMEL
As antwoord op die vraag: Waarmee hou Jesus Hom besig terwyl Hy aan
die regterhand van die Vader is?
Jesus se werksaamhede raak verskeie aspekte. Opsommenderwys stel dr
Lemmer du Plessis dit soos volg:
TEN OPSIGTE VAN DIE VADER
Middelaar – Jesus dien as Middelaar tussen God die Vader en die
mense.
Advokaat – Jesus tree in die hemel by die Vader as die Advokaat vir
die gelowiges op.
Intersessor – Jesus is ons Intersessor by die Vader.
TEN OPSIGTE VAN DIE HEILIGE GEES
Doper – Jesus is die Doper met die Heilige Gees se Krag.
26
Kommunikeerder – Jesus se woorde word deur die Heilige Gees
aan ons oorgedra.
TEN OPSIGTE VAN DIE ONGELOWIGES
Apostel – Jesus is die Apostel, die een wat gestuur is en self ook
stuur.
Saligmaker – Jesus is die Saligmaker van sondaars.
TEN OPSIGTE VAN DIE KERK
Here – Jesus is die HERE oor sy Kerk, d.i. Kurios, wat “die Sterke”
beteken (ook Eienaar).
Hoeksteen – Jesus is die hoeksteen van sy Kerk. In Hom verrys die
hele gebou van gelowiges.
Hoëpriester – Jesus is Hoëpriester van die hemelse tabernakel en
sy Kerk.
Hoof – Jesus is die Hoof van sy liggaam, die gemeente.
Opperherder – Jesus is die Opperherder van die kudde.
27
Seun van die Mens – Jesus is en bly ná sy hemelvaart steeds Seun
van die Mens.
Testateur – Jesus tree in die ware sin van die woord as
Testamentmaker van die Nuwe Testament op.
TEN OPSIGTE VAN DIE WEDERKOMS
Bouer – Jesus is die Bouer van die nuwe Jerusalem.
Regter – Jesus is deur die Vader aangestel as Regter van lewende
en dode.
Bruidegom – Jesus self is die Bruidegom van sy Kerk (gemeente).
Koning – Jesus is Koning van alle konings.
DIE WOORD
Jesus Christus word “die Woord” genoem (Joh 1:1-3,14; 1 Joh 1:1; 5:7; Op
19:13). Net soos ons woorde aan ander ons harte en gedagtes openbaar,
so is Jesus Christus God se Woord om sy hart en gedagte aan ons te
openbaar.
28
’n Woord is saamgestel uit letters, en Jesus Christus is die Alfa en Oméga,
(Op 1:11), die eerste en laaste letter van die Griekse alfabet. Johannes
gebruik “die Woord van God” as ’n naam vir die Here Jesus Christus.
Volgens Hebreërs 1:1-3 is “Jesus Christus” God se laaste woord tot die
mensdom, want Hy is die klimaks van die Goddelike openbaring. Daarom
sien ons:
Jesus Christus is die ewige Woord (Op 19:13). Hy bestaan van die
begin af, nie omdat Hy ’n begin gehad het as ’n skepping of skepsel
nie, maar omdat Hy ewig is. Jesus is die LOGOS van God – Hy is die
totale konsep van God. Hy is God en Hy was by God (Voordat
Abraham was, is Ek [Joh 8:58]).
Jesus Christus is die skeppende Woord (Joh 1:3). God die Vader
het alle dinge geskape deur Jesus Christus die skeppende Woord
(Kol 1:16), dit beteken Jesus is nie ’n geskape wese nie. Hy is ewig
God.
Jesus Christus is die vleesgeworde Woord (Joh 1:14). Daaroor kon
al die dissipels ronduit getuig (1 Joh 1:1-2).
Hoewel Johannes die godheid van Christus beklemtoon, maak hy dit
duidelik dat die Seun van God in die vlees gekom het of vlees geword het,
29
en dat Hy onderworpe was aan die sondelose beperkinge van die
menslike natuur.
In sy evangelie toon Johannes dat Jesus mens was in die volste sin van die
woord:
Jesus kon moeg word (Joh 4:6)
Jesus het dors geword (Joh 4:7)
Jesus het bewoë (hartseer) geword (Joh 11:33)
Jesus het openlik geween (Joh 11:35)
Jesus het gebloei (Joh 19:34)
Jesus het gesterwe (Joh 19:30)
Jesus het opgestaan met ’n liggaam (Joh 20:24-28)
Hoe het die Woord vlees geword? Deur die wonderwerk van die
maagdelike geboorte (Matthéüs 1).In sy vleeswording het Christus gekom
vol van genade en waarheid (Joh 1:14; Joh 1:16-17). Ook vol van
heerlikheid (Joh 1:14). Dit sien ons pragtig in 2 Korinthiërs 3:7-18.
31
Hoofstuk 3
DIE SEUN VAN DIE MENS
ie profeet Daniël beskrywe die Menseseun en sy ryk wanneer
Daniël in sy gesig wat hy gehad het, skrywe van die Oue van
dae, die hemelse sitting en die oordeel.
En ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ’n Oue van dae gaan sit
het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon
wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ’n brandende
vuur; ’n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan;
duisend maal duisende het Hom gedien, en tienduisend maal
tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit en die
boeke is geopen. Ek het toe bly kyk vanweë die stem van die groot
woorde wat die horing gespreek het; ek het bly kyk totdat die dier
D
32
gedood en sy liggaam vernietig en aan die verbranding deur vuur
oorgegee is. Ook aan die ander diere is hulle heerskappy ontneem,
en verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur. Ek
het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel
het Een gekom soos die Seun van ’n mens, en Hy het gekom tot by
die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En
aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke
en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ’n ewige
heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie
vernietig sal word nie (Dan 7:9-14).
Hierdie Seun van die mens is Jesus Christus (Matt 8:20; 26:64; Luk 21:27).
Jesus het hierdie benaming dan ook deurgaans as selfaanduiding in die
Evangelie gebruik. Ten minste tagtig keer lees ons dat Jesus na Homself
verwys as die “Seun van die mens”. In die evangelie van Matthéüs word
dié selfaanduiding dertig maal gebruik. Jesus het die benaming ontleen
aan Daniël 7:13, en Hy gebruik dit as ’n bedekte aanduiding van sy
Messiasskap. Dit druk ook uit dat Hy mens geword het ter wille van die
mense (Mark 2:10-12).
Hierdie titel spreek van Jesus se Godheid sowel as sy mensheid. Ons sien
duidelik in die gesig van Daniël 7:9-14 dat die Seun van die mens in ’n
33
besliste Messiaanse konteks gebruik word. Die benaming “Seun van die
mens” het Jesus ook gebruik wanneer Hy van sy lyding gespreek het. As
die Seun van die mens het Hy dus gekom as die Één wat dien en wat ly.
Hy sal ook as die Seun van die mens aan die regterhand van God verskyn
van waar Hy in heerlikheid sal terugkom om sy koninkryk op aarde te kom
vestig:
Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van
nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van
die krag van God en kom op die wolke van die hemel (Matt 26:64).
En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met
groot krag en heerlikheid (Luk 21:27).
Op die vraag waarom Jesus Christus as die Seun van die mens moes
verskyn het, moet die volgende in gedagte gehou word. Jesus Christus
het as Seun van die mens verskyn sodat Hy wettig versoening vir die
sondes van die mens kon bewerkstellig. Dit kon Hy alleen gedoen het
deur mensheid ten volle aan te neem. Hy het nie die natuur van engele
aangeneem nie, wel dié van mense, van sy broers.
Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat
Hy ’n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge
34
wat met betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te
versoen (Heb 2:17).
Hierdie Skrifgedeelte in Hebreërs 2:17 moet saamgelees word met Psalm
8:5-7. As Seun van die mens het Jesus ten volle mensheid aangeneem en
kon Hy deur sy lyde ons saligheid bewerkstellig en volmaak.
Maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan
hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? U het hom ’n
weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U
hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. Alle
dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van
alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie
onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan
hom onderwerp is nie; maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir
’n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van
die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade
van God vir elkeen die dood sou smaak. Want dit het Hom
betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy
baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van
hulle saligheid deur lyde te volmaak. Want Hy wat heilig maak,
sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede
skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, wanneer Hy sê:
35
Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die
gemeente sal Ek U prys; en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel;
en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.
Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit
ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood
hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel
– en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood
aan slawerny onderworpe was (Heb 2:6-15).
Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely
het; en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom
gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword (Heb 5:8-
9).
Die Ewige Woord van God het vlees geword, dus vlees en bloed deelagtig
geword. Jesus Christus het ’n werklike, menslike liggaam aangeneem.
Om die werklikheid van Christus se menslike fisieke liggaam te ontken is
die teken van die gees van die Antichris (1 Joh 4:2-3).
Ons let eerstens op die voorbestaan van Christus, tweedens die aard van
Christus se voorbestaan en, derdens, die aard van Christus se
vleeswording.
36
DIE VOORBESTAAN VAN CHRISTUS
Jesus self het dit geleer, in onder meer:
Johannes 8:24, 58
Johannes 17: 5, 24
Die apostels het dit geleer in onder meer:
Johannes 1:1-3, 14
Filippense 2:6
Kolossense 1:16-17
Hebreërs 1:2
DIE AARD VAN CHRISTUS SE VOORBESTAAN
Ons sien die aard van Christus se voorbestaan is tweërlei:
In verhouding tot God is Christus die Eniggeborene.
37
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons
het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die
Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en
waarheid. Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun
wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar (Joh 1:14,
18).
In hierdie sin is Jesus Christus die enigste Seun en beklee Hy ’n unieke
plek in die Vaderhart.
In verhouding tot die skepping is Christus die Eersgeborene uit die
dode.
Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore
verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun,
sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; Hy is die
Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele
skepping; En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die
gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode,
sodat Hy in alles die eerste kan wees (Rom 8:29; Kol 1:15, 18).
38
Let wel: Jesus is die Eersgeborene en nie die eersgeskapene nie! Hy is
eerste in familie, rang, eer, gesag en uit die dode. Hy is in alles die
eerste (Op 1:17).
DIE AARD VAN CHRISTUS SE VLEESWORDING
Christus se Godheid weerspieël die gestalte van God (Fil 2:6). Christus se
mensheid weerspieël die gestalte van ’n dienskneg (mens) (Fil 2:7). Jesus
het Homself nie ontledig van sy goddelike natuur of sy attribute nie,
alleenlik maar die uiterlike en visuele manifestasie van die Godheid. Hy
het mensheid aangeneem, ingesluit die menslike natuur, daarom het die
maagdelike geboorte ook plaasgevind (Luk 1:30-35). Jesus het dus ’n
werklike, menslike liggaam, en Hy het ook menslike name. Toe Jesus die
menslike natuur aangeneem het, het Hy die moontlikheid om te kan
sterwe terselfdertyd gewillig op Homself geneem. Dit is tog duidelik uit
die Skrifte dat Christus op Homself die mensheid aangeneem het met al
die beperkinge en lyding wat daarmeer gepaardgaan. Uit Hebreërs 2 en 5
sien ons dat Hy ten volle mens geword het en so direk, en persoonlik, in
die arena van ons lyding, angs en smart ingestap het.
Toe Jesus die Seun van die mens geword het, het Hy soos een van ons
geword. Dit beteken Hy was blootgestel aan al die gevare en
39
onsekerhede van lewe en dood. Hy was nie teen moeilikhede en
terugslae gevrywaar nie (vgl. Joh 6:60-71; Joh 11:33-36).
Die dood is tog die allerwerklike probleem van die mensdom en as Jesus
in alle opsigte soos ons wou wees, moes Hy die onverbiddelike ervaring
van die dood hê. Engele kan nie die emosies van menslike verlatenheid
ervaar soos mense nie. Die dood is vir hulle onbekend.
Jesus het as Seun van die mens self die dood gesmaak, Hy het deur die
fisieke sensasies van die dood gegaan . . . en dít onder verskriklike
omstandighede (Heb 2:9).
As die Seun van die mens het Jesus Christus nie net die ervaring van die
dood beleef nie, Hy het dit ook oorwin (Heb 2:14-15).
DIE SEUN VAN DIE MENS NÁ SY OPSTANDING
Ná sy opstanding verskyn Die Here Jesus Christus met ’n werklike
menslike liggaam aan die dissipels. Hoewel dit ’n verheerlikte liggaam
was, was dit steeds ’n menslike liggaam van vlees en bloed.
Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ’n
gees sien. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom
40
kom daar twyfel in julle hart op? Kyk na my hande en my voete,
want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees
en bene soos julle sien dat Ek het nie. En terwyl Hy dit sê, wys Hy
hulle sy hande en sy voete. En toe hulle van blydskap nog nie kon
glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te
eet? Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n stuk
heuningkoek. En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet (Luk
24:37-43).
Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my
hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie
ongelowig wees nie, maar gelowig (Joh 20:27).
Jesus word ná sy hemelvaart ’n mens genoem. Want dit is goed en
aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered
word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een
Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself
gegee het as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd (1 Tim
2:3-6).
41
Selfs toe Stéfanus die Here Jesus ná sy opstanding in die hemel sien,
verklaar hy: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan
die regterhand van God staan (Hand 7:56).
Wat die verheerlikte liggaam van ons Here Jesus Christus betref, merk ons
die volgende ná sy opstanding uit die dood:
Jesus het sy identiteit behou.
Jesus se verheerlikte liggaam was nie van gees gemaak nie.
Jesus se verheerlikte liggaam, hoewel ’n liggaam van vlees en
bene, is nie meer stoflik gebonde nie.
Jesus kon deur geslote deure beweeg.
Jesus kon aardse voedsel in sy verheerlikte liggaam inneem.
Jesus was nie meer tydruimtelik gebonde nie.
Jesus het met dieselfde liggaam uit die dood opgestaan.
Jesus het met dieselfde liggaam na die hemel opgevaar.
Watter verandering ook al in sy opstandingsliggaam plaasgevind het, dit
was steeds sy aardse liggaam wat Hy voorheen gehad het, maar met ’n
42
verskil – sy verheerlikte liggaam het nuwe eienskappe aangeneem (Op
1:13-15).
Jesus Christus die Seun van die mens sal toesien dat by sy wederkoms ons
menslike liggame verander om gelykvormig aan syne te wees (Fil 3:21;
Rom 8:18-23; 29-30; 1 Kor 15: 51-54; 1 Joh 3:1-3).
Die Skrifte is duidelik oor die aangeleentheid; Jesus het ’n verheerlikte
liggaam terwyl Hy ’n menslike natuur het, ons kan nou deelgenote aan sy
goddelike natuur word (2 Pet 1:4).
OPSOMMENDERWYS SIEN ONS DIE SEUN VAN DIE MENS WORD VIR ONS
SOOS VOLG VOORGEHOU IN DIE SKRIFTE
Hy het ’n menslike geboorte gehad. Jesus is gebore uit ’n vrou (Gal
4:4), na die vlees uit die geslag van Dawid (Rom 1:3).
Hy het ’n menslike ontwikkeling gehad (Luk 2:40, 52).
Hy het al die essensiële elemente gehad van die menslike liggaam
en natuur (Matt 26:12; Joh 2:21; Heb 2:14; 10:10; Luk 24:39). Wat
die menslike natuur betref, gee die Bybel ook vir ons verskeie
bewyse (Matt 26:38; Mark 8:12; Joh 12:27; 13:21; Mark 2:8; Luk
23:46).
43
Hy het menslike name gehad (Matt 1:1; 1:21; 9:27; 12:23).
Hy is herhaaldelik “ ’n man” en “mens” genoem (Joh 1:30; Hand
2:22; 1 Kor 15:21; Fil 2:8), asook “Jood” (Joh 4:9).
Christus se heerlikheid word ook geopenbaar in sy rol as die
tweede mens en die laaste Adam (1 Kor 15:45, 47-48).
SKRIFPLASE IN DIE EVANGELIES MET BETREKKING TOT DIE SEUN VAN DIE
MENS
Die evangelie volgens Mattheüs: 8:20; 9:6; 10:23; 11:19; 12:8,
32,40; 13:37, 41; 16:13, 27, 28; 17:9, 12, 22; 18:11; 19:28; 20:18,
28; 24:27, 30, 37, 39, 44; 25:13, 31; 26:2, 24, 45, 64.
Die evangelie volgens Markus: 2:10, 28; 8:31, 38; 9:9, 12, 31;
10:33, 45; 13:26; 14:21, 41, 62.
Die evangelie volgens Lukas: 5:24; 6:5, 22; 7:34; 9:22, 26, 44, 56,
58; 11:30; 12:8, 10, 40; 17:22, 24, 26, 30; 18:8, 31; 19:10; 21:27,
36; 22:22, 48, 69; 24:7.
Die evangelie volgens Johannes: 1:52; 3:13, 14; 5:27; 6:27, 53, 62;
8:28; 12:23, 34; 13:31.
44
Die benaming “Seun van die mens” verskyn ook in die volgende
Bybelboeke:
Handelinge 7:56
Openbaring 1:13, 14
45
Hoofstuk 4
DIE NAME VAN JESUS CHRISTUS TITELS, SELFBENAMINGE, BESKRYWINGS EN EIENSKAPPE
VAN DIE NAME VAN JESUS CHRISTUS
ns lees in die Woord van God: en jy moet Hom Jesus noem,
want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos (Mat
1:21).
Die Name van God en Christus is die selfontsluiting van Homself aan die
mens en hoort tot die brandpunt van God se openbaring aan die mens.
Hoe sal ons anders weet met Wie ons te doen het tensy Hy Homself aan
ons openbaar? Die Name van Jesus in die Skrifte gee vir ons ’n wonderlike
kaleidoskoop van ons Verlosser en wat Hy vir ons beteken.
O
46
Die tradisionele groep titels wat welbekend is, is die ampte van Profeet,
Priester en Koning. Hierdie drie is die belangrikste in die Ou Testament en
dit is merkwaardig dat al drie op Jesus van toepassing is. Dit is
buitengewoon dat so iets wel moontlik is, aangesien om priester te wees
beteken die persoon moes gebore word uit die stam van Levi, en om
koning te wees beteken die persoon moes gebore word uit die stam van
Juda. Geen ander persoon kon ooit al drie ampte tegelyk beklee nie, tog
sien ons Jesus is Profeet, Priester en Koning!
Jesus, die Profeet: En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle
antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat ’n
profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk
(Luk 24:19).
Jesus die Hoëpriester: Maar Christus, wat opgetree het as
Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en
volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê,
wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met bloed van
bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed . . . maar Hy, omdat
Hy vir ewig bly, besit ’n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie
(Heb 9:11-12; 7:24).
Jesus die Koning: Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ’n koning?
Jesus antwoord: U sê dat Ek ’n koning is. Hiervoor is Ek gebore en
47
hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig.
Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem (Joh 18:37).
’n Tweede groep benaminge is Lig, Woord en Beeld van God.
Hierdie benaminge verwys almal na die Génesis-verhaal. Daarin sien ons
dat God lig gemaak het, deur ’n woord geskep het, en die kroon van sy
skepping die mens is wat Hy geskape het na sy beeld en gelykenis.
Jesus is die Lig: En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê:
Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die
duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê (Joh
8:12).
Jesus is die Woord: In die begin was die Woord en die Woord
was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees
geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid
aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die
Vader kom – vol van genade en waarheid (Joh 1:1, 14).
Jesus is die Beeld van God: Hy is die Beeld van die onsienlike
God, die Eersgeborene van die hele skepping (Kol 1:15).
48
Daar is ook ’n ander groep in die Ou Testament wat van groot belang
is: Die Lam, Brood, Water en Rots. Al dié name verwys na die Exodus-
verhaal van Israel uit Egipteland. Hierdie benaminge verwys op ’n
buitengewone wyse na die verhaal van Israel in sy uittog uit Egipte.
Die Israeliete moes die pasgalam slag die aand voordat hulle Egipte
verlaat het; die Here het vir hulle water uit ’n rots voorsien in die
woestyn, en vir hulle brood gegee in die vorm van manna.
In die Nuwe Testament word na Jesus verwys deur al hierdie beelde.
Jesus, die Pasgalam: Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n
nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want
ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Dáár is die
Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (1 Kor 5:7;
Joh 1:29).
Jesus is die Water van die Lewe, die Rots van waar die water
kom: en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle
het gedrink uit ’n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was
Christus. . . . Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal
gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom
sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in
die ewige lewe (1 Kor 10:4; Joh 4:14).
49
Jesus is die Brood van die Lewe: En Jesus sê vir hulle: Ek is die
brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie;
en wie in My glo, sal nooit dors kry nie (Joh 6:35).
Betreffende die werk van saligheid word vier besondere benaminge vir
Jesus Christus in die Nuwe Testament gebruik. Die vier welbekende
beskrywende titels wat die Bybel gebruik, is Saligmaker, Verlosser,
Middelaar en Voorspraak.
Jesus is Saligmaker: dat vir julle vandag in die stad van Dawid
gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here is. . . . Maar julle
moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en
Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou
sowel as in die dag van die ewigheid. Amen (Luk 2:11; 2 Pet 3:18).
Jesus is die Verlosser: Uit die geslag van hierdie man het God vir
Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek (Hand 13:23).
Jesus is Middelaar: Want daar is een God en een Middelaar tussen
God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het
as ’n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd (1 Tim 2:5-
6).
50
Jesus is Voorspraak: My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle,
dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ’n
Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is ’n
versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir
dié van die hele wêreld (1 Joh 2:1-2).
JESUS IN PROFESIE
Die Ou Testament is duidelik met betrekking tot die feit dat Christus
sekere rolle sal vervul wanneer Hy verskyn, dit sal dan juis die vervulling
wees van profesieë wat alleenlik die Messias kan vervul. Jesus het dan
ook verskyn as die Dienskneg, Seun van Dawid, Emmánuel, Seun van die
mens en Seun van God (Messias – Christus).
Jesus, die Dienskneg (Kneg): Daar is my Kneg wat Ek ondersteun,
my Uitverkorene in wie my siel ’n welbehae het. Ek het my Gees op
Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. . . . Hy het gesê: Dit
is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van
Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak
tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van
die aarde. . . . sodat vervul sou word die woord wat gespreek is
deur Jesaja die profeet: Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, . . .
maar het Homself ontledig deur die gestalte van ’n dienskneg aan
51
te neem en aan die mense gelyk geword (Jes 42:1; Jes 49:6; Matt
12:17-18; Fil 2:7).
Jesus, die Seun van Dawid: En toe die Fariseërs saamgekom het,
vra Jesus hulle en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is
Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n. Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan
dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê: Die Here het tot
my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande
gemaak het ’n voetbank van u voete? As Dawid Hom dan Here
noem, hoe is Hy sy seun? (Matt 22:41-45). Die geslagsregister van
Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham (Matt
1:1). En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle
hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons
barmhartig, Here, Seun van Dawid! (Matt 20:30). (As mens is
Jesus Christus uit die geslag van, ’n nakomeling van, ’n
afstammeling van koning Dawid [Hand 2:29-30].)
Jesus is Emmánuel: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun
baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word:
God met ons (Matt 1:23). Dit is ’n vervulling van Jesaja 7:14.
Jesus is die Seun van die mens: Maar dat julle kan weet dat die
Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe –
52
sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed
op en gaan na jou huis toe (Mark 2:10-11). Jesus het hierdie
benaming ontleen aan Daniël 7:13, en het Hy dit ook graag gebruik
as selfaanduiding in die Evangelies. Hy het die benaming ten
minste tagtig keer gebuik.
Jesus is die Seun van God: Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie
oor ’n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en
omdat U wat ’n mens is, Uself God maak. Jesus antwoord hulle: Is
daar nie in julle wet geskrywe: Ek het gesê, julle is gode nie? As dit
húlle gode noem tot wie die woord van God gekom het, en die Skrif
nie gebreek kan word nie, sê julle vir Hom wat die Vader geheilig
en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik – omdat Ek
gesê het: Ek is die Seun van God? (Joh 10:33-36). Die Jode het
verstaan deur die gebruik van die woord “Christus”, “Messias”,
word Seun van God bedoel (Matt 26:63).
In die boek Openbaring, die laaste Bybelboek, lees ons van die volgende
Name en titels wat aan Jesus Christus gegee word:
Jesus is die Alfa en die Oméga: Ek is die Alfa en die Oméga, die
begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die
Almagtige (Op 1:8).
53
Jesus is die Almagtige: Ek is die Alfa en die Oméga ... die
Almagtige (Op 1:8).
Jesus is die Eerste en die Laaste: En toe ek Hom sien, val ek soos ’n
dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my
gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste (Op 1:17).
Jesus is die Lewende: en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek
leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die
doderyk en van die dood (Op 1:18).
Jesus is die Seun van God: En skryf aan die engel van die
gemeente in Thiatíre: Dít sê die Seun van God wat oë het soos ’n
vuurvlam, en sy voete is soos blink koper (Op 2:18).
Jesus is die Amen, die getroue en waaragtige Getuie: En skryf aan
die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen,
die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van
God (Op 3:14).
Jesus is die Leeu van Juda: Toe sê een van die ouderlinge vir my:
Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die
wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe
seëls te breek (Op 5:5).
54
Jesus die wortel van Dawid: (Op 5:5). As die wortel van Dawid het
die Here self aan Dawid sy lewe, roeping en troon gegee. In
hierdie sin is God die wortel of oorsprong van Dawid (Jes 11:1-2,
10), die wortel van Isai, die vader van Dawid.
Jesus is die Lam: En ek het gesien, en kyk, in die middel van die
troon en die vier lewende wesens en in die midde van die
ouderlinge staan daar ’n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings
en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor
die hele aarde (Op 5:6).
Jesus is die Christus: Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê:
Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van
onse God geword, en die mag van sy Christus (Op 12:10).
Jesus is die Woord van God: En Hy was bekleed met ’n kleed wat
in bloed gedoop was en sy Naam is: Die Woord van God (Op 19:13)
Jesus is die Koning van die konings en die Here van die here: En
Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die
Koning van die konings en die Here van die here (Op 19:16).
Jesus is die Blink Môrester: Ek, Jesus, het my engel gestuur om
hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die
55
wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester (Op 22:16). In
vergange se dae is reeds van Hom gesê: ’n Ster kom te voorskyn uit
Jakob, en ’n septer kom uit Israel op (Num 24:17). In ’n sekere sin
het die môrester reeds verskyn, Hy het opgegaan en skyn in die
gelowiges se harte (2 Pet 1:19-20). Vir sy bruid, die gemeente,
kom Hy as die blink môrester op die dag van sy wederkoms.
Die Naam van Jesus Christus is soos ’n diamant wat skitter in al sy kleure
en heerlikheid wanneer die lig daarop val. In die Skrif vind ons talryke
Name vir Jesus wat wonderlike eienskappe van Hom beskryf, om sommige
op te noem. Jesus Christus is:
Die Apostel (Heb 3:1)
Bewerker van ewige saligheid (Heb 5:9)
Leidsman en Voleinder van die geloof (Heb 12:2)
Voorloper (Heb 6:20)
Bruidegom (Joh 3:29; Matt 25:10)
Die Timmerman (Mark 6:3)
Die Opperherder (1 Pet 5:4)
56
Die Koringkorrel (Joh 12:24)
Die Hoeksteen (Ef 2:20)
Die Deur (Joh 10:7)
Eersgeborene uit die dode (Op 1:5)
Die Geliefde Seun (Matt 17:5)
Goeie Meester (Luk 18:18)
Hoof van die liggaam (Kol 1:18)
Ek IS (Joh 8:58)
Jood (Joh 4:9)
Koning van die Jode (Joh 19:19)
Die Nasaréner (Joh 19:19)
Laaste Adam (1 Kor 15:45)
Tweede Mens (1 Kor 15:47)
Eersteling (1 Kor 15:20)
57
Die Lewende Steen (1 Pet 2:4)
Steen van aanstoot en rots van struikeling (1 Pet 2:7)
Here van die oes (Matt 9:38)
Vriend van sondaars (Matt 11:19)
Middelaar van die nuwe testament (Heb 12:24)
Ons Versoening (Rom 3:25)
Geneesheer (Luk 4:23)
Ons Vrede (Ef 2:14)
Die Opstanding en die Lewe (Joh 11:25)
Regverdige Regter (2 Tim 4:8)
Testateur (Matt 26:28; Heb 9:15-17)
Ware Wynstok (Joh 15:1)
Die Waarheid, die Weg en die Lewe (Joh 14:6)
Die Woord van die lewe (1 Joh 1:1)
58
Ons het in hierdie hoofstuk drie en vyftig van die titels, selfbenaminge,
beskrywings en eienskappe van die Name van Jesus Christus uitgelig.
Dawid, die man na God se hart, verklaar in Psalm 20: Sommige roem op
strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die
HERE onse God (Psalm 20:8).
59
Hoofstuk 5
GOD SE PERSOONLIKE NAAM
oordat ons die persoonlike Naam van God bespreek, het ons net
eers nodig om na te dink oor die naam of titel “GOD”.
In die begin het God die hemel en die aarde geskape (Gen 1:1). “GOD –
Elohim” is ’n Hebreeuse meervoudige naam wat hoofsaaklik gebruik word
om die één ware God mee te beskryf en aan te dui. “GOD – Elohim” is die
verbondsnaam van God. Aanvanklik kom hierdie naam in Génesis 1:1-31
ten minste 30 keer voor en daarna ongeveer 2 500 keer in die Ou
Testament.
Die samestelling van hierdie naam, “God – Elohim”, is afgelei van twee
begrippe: die sterk Een, om te sweer of om ’n eed af te lê! Dit is om ’n
V
60
bindende verbondsverhouding aan te gaan wat met eedswering bevestig
word. Gevolglik is Elohim vanaf die aanvang van die skepping aanduidend
van ’n verbondsverhouding. Die beskrywende betiteling van die
meervoudsnaam van God is ook “Skepper” en “Maker”, die
“Formeerder”:
Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in
die nag (Job 35:10).
Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig
oor hulle Koning! (Ps 149:2).
En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die
ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het
daar geen behae in nie (Pred 12:1).
So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot
af, wat jou help . . . (Jes 44:2).
Die verbondsverhouding wat deur die Naam “Elohim” uitgedruk word,
kan nie verbreek word nie, aangesien dit ’n verhouding in die Godheid self
is:
Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:
Maar Ek, kyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle nageslag
61
ná julle en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die
vee en al die wilde diere van die aarde by julle – al wat uit die ark
uitgegaan het, naamlik al die diere van die aarde. En Ek rig my
verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van
die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal
wees om die aarde te verwoes nie. En God het gesê: Dit is die
teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die
lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte: my boog gee Ek
in die wolke; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die
aarde. As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog
verskyn in die wolke, dan sal Ek dink aan my verbond wat daar
bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees.
En die waters sal nie meer ’n vloed word om alle vlees te verdelg
nie. As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om
gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die
lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is. En God het vir
Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het
tussen My en alle vlees wat op die aarde is (Gen 9:8-17).
Dus, as uitdrukking van sy wese is die Naam van God nie ’n tydelike rol
wat Hy vir ’n beperkte tyd speel nie. Aan sy Name sal God Hom hou, en
daarom is sy Name die teken van God se trou. Van belang is dat God voor
62
die skepping, van ewigheid tot ewigheid God is (Ps 90:2), én dat dit Hy is
wat hemel en aarde in aansyn geroep het. Skepping is ’n magsdaad van
God (Job 38:4; Ps 33:6; Jes 40:26).
Terwyl die heidense gode glad nie bestaan nie, is God van ewigheid tot
ewigheid. Wat sy verhouding ten opsigte van sy skepsele betref, was Hy
altyd God (Elohim). God is God vir al die ongereddes. Wat die Here se
verhouding tot sy verbondsvolk betref, is Hy Verlosser – YAHWEH. Hy is
Yahweh (Verlosser) vir die ware gelowiges.
GOD SE PERSOONLIKE NAAM
God se persoonlike Naam is HERE. Let wel, “HERE” is in hoofletters
gespel. Dit is God se persoonlike Naam.
Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van
Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle
gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? – wat moet ek hulle
antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So
moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle
gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders
van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God
van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na
63
julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam
van geslag tot geslag (Ex 3:13-15).
Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die
HERE. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as
God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan
hulle bekend gemaak nie. Ook het Ek my verbond met hulle
opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle
vreemdelingskap waarin hulle vertoef het (Ex 6:1-3).
Die HERE is ’n krygsman; HERE is sy naam (Ex 15:3).
Wanneer GOD Homself bekendstel as EK IS WAT EK IS, maak God Homself
bekend deur ’n werkwoord (IS), en daarmee wil Hy sê dat Hy die Een is
wat iets doen en wat in en deur sy dade geken kan word. Sy volk sal Hom
leer ken uit wat Hy nog gaan doen. Aan sy dade sal die volk weet wie die
God is met wie hulle te doen het. As God sê: EK IS WAT EK IS, dan verklaar
Hy ook dat Hy nie verander nie, dat Hy altyd dieselfde bly, onwrikbaar in
sy trou.
EK IS WAT EK IS, oorspronklik YHWH (die sogenaamde tetragrammaton),
HERE: in Hebreeus staan slegs die vier medeklinkers YHWH vas en dit het
ooreengekom met wat as EK IS vertaal is in Exodus 3:14. Die uitspraak is
64
YAHWEH. In Afrikaans word dit met “HERE” vertaal, wat onderskei moet
word van “HERE” en “Heer” (Vgl. Ex 4:10). “HERE” is die verbondsnaam:
Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel
meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die
God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my
Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag (Ex 3:15).
“Yahweh” is nie net God se Verbondsnaam nie, maar in die besonder is dit
sy Verlossingsnaam. “HERE”, geskrywe in hoofletters (soos sommige
vertalings steeds doen), is gebruik as die Naam van God (Yahweh). Die
woord “God” vertel ons watter wese Hy is – God, nie ’n menslike wese
nie. Maar sy Naam is “Yahweh”. Sommige moderne vertalings gebruik
nie meer die hoofletters om die Naam van God te spel nie, dit is jammer
omdat dit maak dat die leser vergeet dat God in werklikheid ’n naam het!
Die gebruik van “Jehova” is ’n verkeerde spelling van “Yahweh”. In
werklikheid is dit ’n kunsmatig gefabriseerde naam.
Die grondgedagte wat in hierdie Naam (Yahweh) uitgedruk word, is dat ’n
diep begeerte van God se kant af uitgespreek word om vanuit Homself
alles wat nodig is te word en te wees om die geluk van sy skepsele te
verseker. Daarom is die formele bekendstelling van God teenoor Moses
toe Hy hom geroep het om Israel uit die slawerny van Egipte te verlos: EK
65
IS WAT EK IS (Ex 3:14). God se bestaan is in Homself gesetel en Hy kan
alles wees wat Hy wil om te wees. Hierdie Naam is dan ook die
gedenknaam van God:
Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die
HERE. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as
God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan
hulle bekend gemaak nie. Ook het Ek my verbond met hulle
opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle
vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; en Ek het ook gehoor
die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in
slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. Daarom,
sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder
die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle
slawerny, en Ek sal julle verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur
groot strafgerigte; en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ’n
God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle
uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. En Ek sal julle
bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan
Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n
besitting gee, Ek, die HERE (Ex 6:1-7).
66
Hoewel God Homself vir die eerste keer met die naam Yahweh ten tyde
van Israel se bevryding uit Egiptiese slawerny geopenbaar het, kom
hierdie naam wel voor in Génesis 2:4, waar ons met ’n aanvullende
skeppingsverhaal te make het. Die rede waarom Moses (skrywer van
Génesis) in die aanvullende skeppingsverhaal die Yahweh – Naam van
God openbaar, is in sy verhouding tot die mens en sy hele skepping.
Die Here se verhouding ten opsigte van sy skepsele was altyd een as God
(Elohim), maar die Here se verhouding tot sy verbondsvolk was altyd in
die sin van Yahweh, d.i. HERE (Verlosser). God is God vir al die
ongereddes; maar Yahweh (Verlosser HERE ) vir al die gelowiges.
Ons spreek “YHWH” uit as “Yahweh”. Die Y word uitgespreek as j soos in
“Jasper”. Die W word uitgespreek as wh soos in die Engelse where. Die
klemtoon in die uitspraak lê in die laaste deel van die woord, dit het ’n ê
klank soos in “lê”. Die korrekte uitspraak van YHWH is “Yah-Weh”, in
Afrikaans HERE, God se persoonlike Naam.
Die Naam impliseer in sy interpretasie die onveranderlikheid van God. Die
eksklusiewe karakter van die Naam word gesien in die feit dat dit nooit in
die meervoud gebruik word of as agtervoegsel nie.
67
Toe die Here met Moses spreek uit die brandende bos was dit ’n realiteit.
Hy sê sy Naam is EK IS WAT EK IS. Die Here het nie nodig om oordrewe
bewerings vir Homself te maak nie. Hy het nie nodig dat iemand Hom
aanbeveel of kunsmatige glans aan Hom koppel nie. Hy sal aanbid word
vir wie HY IS – YAHWEH, die HERE.
DIE NUWE-TESTAMENTIESE TITEL – HERE
In die Nuwe Testament word die titel “Here” gebruik vir God die Vader
sowel as vir Jesus Christus. Dié feit alleen toon ’n merkwaardige
verhouding tussen Jesus en die Vader.
Die Griekse woord kurios (Here) is op meer as een wyse gebruik. In die
normale aanspreekvorm kon dit gebruik word as “Meneer” (Eng: Sir). Dit
is so gebruik om respek oor te dra. ’n Goeie voorbeeld was wanneer ’n
student sy instrukteur (rabbi) as kurios aangespreek het. In die Romeinse
en Griekse wêreld is die term andersyds gebruik vir gode; Paulus skrywe
dat daar baie gode en baie here was (1 Kor 8:4-6). In die konteks beteken
“here” “eienaar” - die een met gesag oor ’n ander. Dan is kurios ook later
gebruik om die keiser as die hoogste gesag in die Romeinse Ryk aan te
spreek. Dit het die betekenis gedra dat die keiser die mense besit en
gesag oor hulle gehad het. Mense was later oortuig dat die keiser van die
68
gode kom en het hulle hom in dié sin as kurios aangespreek. Dit was vir
vroeë Christene onmoontlik om die Romeinse keiser as kurios aan te
spreek omdat die Bybel uitdruklik leer dat Jesus Christus ná sy opstanding
uit die dood Kurios, die Here is (Hand 2:36; Rom 1: 3-4; 2 Kor 4:5; 1 Kor
12:3; Fil 2:9-11). Die Bybel as Woord van God bring die gedagte na ons;
die vraag is nie of alle mense Christus as Here sal bely nie, dit is eerder ’n
vraag oor wanneer hulle dit gaan doen (Fil 2:9-11; Op 17:14; 19:16; 1 Kor
8:6; 1 Tim 6:15). Wanneer die einde van alle dinge aanbreek, sal almal
bely dat Christus Jesus die Here is!
DIE OU-TESTAMENTIESE GEBRUIK VIR “HERE”
Ons het reeds gesien dat God volgens die Ou Testament ’n naam het ―
Yahweh. Daar het ’n tyd aangebreek dat die Jode nie meer die Naam van
God gebruik het nie. Dit was as gevolg van ’n heilige vrees en respek vir
God na aanleiding van die derde gebod: Jy mag die Naam van die HERE
(Yahweh) jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy
Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie (Ex 20:7). Daarom sou die
naam van God, Yahweh, wanneer dit in die Ou Testament verskyn, deur
die Jode gelees word in die Hebreeuse woord Adonai, wat “Here” is (my
eienaar). Later is die Ou Testament in Grieks vertaal. In daardie vertaling,
bekend as die “Septuagint”, is die Griekse woord kurios (“Here”), gebruik
69
waar die oorspronklike Hebreeuse woord Yahweh, God se Naam, verskyn
het. Die Septuagint was die Ou-Testamentiese Bybel van die vroeë
Christene. Daar moet in gedagte gehou word, Here is ’n titel en nie ’n
naam nie. Byna alle Bybel-vertalings het hierdie gebruik gevolg en so is
God se Naam, Yahweh, bykans nie meer in gebruik nie.
JESUS CHRISTUS IS YAHWEH
Die titel “die Here” het meer as een betekenis in die Bybel. In die Ou
Testament word twee verskillende name gebruik – Adonai “my eienaar”,
en Yahweh, die persoonlike Naam van God. Wanneer God se Naam,
Yahweh, in die Ou Testament verskyn, het die Jode die gewone
Hebreeuse woord “Adonai”, die Here, gelees. In die Griekse vertaling van
die Ou Testament is die Griekse woord kurios (Here) gebruik waar die
oorspronklike Hebreeuse woord “Yahweh”, HERE, verskyn.
Jesus Christus gebruik die openbaring van die persoonlike Naam van God
aan Moses, EK IS WAT EK IS, as op Homself van toepassing wanneer Hy in
Johannes 8:58 sê:
Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat
Abraham was, is Ek.
70
Die Jode het onmiddellik presies verstaan wat Jesus gesê het, daarom het
hulle klippe opgetel om Hom te stenig (Joh 8:59), want hulle het begryp
dat Hy na Homself verwys as Yahweh. Ons aanvaar ook dat God se Naam
Yahweh aan Jesus gegee is aangesien dit die Naam bó elke naam is (Fil
2:9).
In Filippense 2:9-11 word die naam “Here” vir Jesus gebruik. Die HERE
(Yahweh) sê:
Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit
van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die
HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: ’n regverdige
en reddened God is daar buiten My nie. Wend julle tot My en laat
julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen
ander nie. Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit my mond, ’n
woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal
neerbuig, by My elke tong sal sweer (Jes 45:21-23).
In dié Ou-Testamentiese Skrifgedeelte verwys dié verklaring na God die
Vader. Tog sien ons in die Nuwe Testament word dit op Jesus van
toepassing (Fil 2:10).
71
Ons sien ’n soortgelyke situasie in Psalm 102:25-28 en Hebreërs 1: 8-12,
asook in Eségiël 34 en Johannes 10; Hebreërs 13:20,1 Pet 2:25. God se
Woord is duidelik dat Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in
ewigheid (Heb 13:8); dus behoort die Naam “Yahweh” ook aan Christus.
Die Engel van die HERE weet ons is Jesus Christus in sy voorvleeswording
(pre-eksistensie) (Ex 3:2-6; 12-15). Die EK IS is die Engel van die HERE, dit
is wonderlik dat Hy verklaar Ek is die God van jou vader, die God van
Abraham, die God van Isak en die God van Jakob (Ex 3:6).
Yahweh is Verlosser, want Hy sou Israel verlos uit die mag van koning
Farao en uit Egipteland. In die Nuwe Testament sien ons Jesus Christus is
ons Verlosser (Tit 2:13; 3:6).
Daarom kon Paulus in Romeine 10:9,13 verklaar: As jy met jou mond die
Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek
het, sal jy gered word. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep,
sal gered word.
DIE Here HERE, DIE HERE GOD
God het die Israeliete meegedeel dat Hy die ware God (Elohim) is, die
Enigste wat aanbid moet word. Baiekeer het Hy na Homself verwys as die
72
HERE jou God, Yahweh – Elohim (Gen 2:4, 3:21-23; Ex 9:30). Die
betekenis kom duidelik na vore by die berg Sinai wanneer God aan Moses
die Tien Gebooie gee (Exodus 20). Letterlik beteken die Naam “HERE
God” die HERE is God.
Later lees ons al hoe meer van die Here HERE (Eségiël 14). Die betekenis
is “so sê die mens se Eienaar (Here – Adonai), wie se Naam Yahweh (HERE
– Yahweh) is”. Dit is hoe God tot sy verbondsvolk Israel gespreek het. Hy
(God) is hul Eienaar en sy Naam is Yahweh (hulle Verlosser – sy
Verlossingsnaam). Hy is Adonai – Yahweh!
Moses het die eerste vyf boeke van die Ou Testament (Pentateug)
gedurende die veertig jaar van Israel se omswerwinge in die woestyn
geskrywe. God het sy persoonlike Naam HERE (EK IS WAT EK IS) Yahweh
aan Moses geopenbaar net voordat Moses die volk uit Egipteland uitgelei
het. Moses, wat die HERE goed leer ken het gedurende die jare van hul
omswerwinge, het die Naam van die HERE vroeg in die geskiedenis van
die mensdom ingeskrywe in die Génesis-verhaal. Ons lees die heel eerste
keer van die Naam “HERE” (Yahweh) in Génesis 2:4.
73
Hoofstuk 6
DIE ALMAGTIGE GOD
n Génesis 17 lees ons van die verskyning van die HERE aan Abram toe
hy nege-en-negentig jaar oud was. Wat daar gebeur het, is soos volg
opgeteken: Toe Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE
aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor
my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My
en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Toe val Abram op sy aangesig,
en God het met hom gespreek en gesê: Wat my aangaan, kyk, my verbond
is met jou, en jy sal die vader van ’n menigte van nasies word. Daarom sal
hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham,
want Ek maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies (Gén 17:1-5).
I
74
GOD ALMAGTIG (EL SHADDAI)
Hierdie selfbenaming van God soos opgeteken in Génesis 17:1, God, die
Almagtige, of die Algenoegsame God, is die sogenaamde Moedernaam
van God.
God leer vir Abram meer en meer van Homself deur die verskillende name
van God. Elke naam het sy eie, besondere betekenis, en openbaar elke
keer iets méér van die natuur van God.
Die betekenis van die Naam “God, die Almagtige”: Die woord EL, wat
gewoonlik met “God” vertaal word, beteken “mag” of “sterkte”of ”krag”.
SHADDAI sluit ook die gedagte van mag of krag in, maar behels die mag
om te seën, te verkwik, om uit die dood op te wek. Die naam “Almagtige”
beteken dus dat die HERE al die middele in Homself het om in Abram
(Abraham) se behoeftes te voorsien en dat, soos ’n moeder wat haar baba
versorg, diegene wat voor Hom wandel en opreg is (Gén 17:1), Hy sal
versorg. God is dus die Algenoegsame God.
“Shaddai” verskyn agt-en-veertig keer in die Ou Testament en word
vertaal met “Almagtig/e”. Verbind met die woord “bors” (breast),
beteken die titel “Shaddai” een wat versorg, voorsien, tevrede stel. “El
75
Shaddai” beteken dan die Een Magtig om te versorg, te voorsien en te
seën. In hierdie sin, dan, is God die Algenoegsame, Alvoorsiener.
Isak, die seun van Abraham, die seun van die belofte, stuur Jakob sy eie
seun na die dogters van Laban om vir hom ’n vrou te gaan haal met die
woorde: En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en
jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word (Gén 28:3). Jakob
die kleinseun van Abraham het dieselfde ervaring as sy oupa Abraham
gehad:
Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-
Aram, en Hy seën hom; en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal
verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees.
En Hy het hom Israel genoem. Verder sê God vir hom: Ek is God,
die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n
menigte van nasies, sal van jou afstam en konings sal uit jou
lendene voortkom (Gén 35:9-11).
Isak sowel as Jakob het die God van hul vader en oupa Abraham leer ken
as die Almagtige, die Algenoegsame God. Aan die einde van sy lewe seën
Jakob dan ook Josef met die woorde:
Josef is ’n jong vrugteboom, ’n jong vrugteboom by ’n fontein; sy
takke klim oor die muur. Die boogskutters het hom wel geprikkel
76
en hom beskiet en hom bestry, maar sy boog het sterk gebly, en die
arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige
van Jakob – daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,
van die God van jou vader, wat jou help, en met die hulp van die
Almagtige wat jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met
seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van
borste en moederskoot. Die seëninge wat jou vader ontvang het,
oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van
die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die
hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers (Gén 49:22-26).
Toe God hierdie Naam van Homself die eerste keer geopenbaar het, was
dit m.b.t. Abraham en Sara, wat as ou mense die doodsheid in hulself
gehad het. Hulle het geen mag of vermoë om kinders op hul hoë
ouderdom te verwek nie. God verskyn aan hom as die Almagtige, El
Shaddai! Die geboorte van Isak ’n jaar later het dit dan ook bevestig.
In die lig van die Nuwe Testament vind ons dat Jesus Christus die
Almagtige (EL Shaddai) is. Openbaring 1:8: Ek is die Alfa en die Oméga,
die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die
Almagtige.
77
Dieselfde El Shaddai van die Ou Testament is die Algenoegsame een in die
Nuwe Testament wat sê:
Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger
kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie (Joh 6:35).
En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan
en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom
en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende
water sal uit sy binneste vloei (Joh 7:37-38).
Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra
veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Julle het my nie
uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om
vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader
ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee (Joh 15:5,16).
“El Shaddai” beteken vir die gelowige dat Jesus Christus sy bloed gestort
het as voorsiening vir die vergifnis van ons sondes. El Shaddai is magtig
(in staat om te doen) – ver bo alles wat ons bid of dink (Ef 3:20). El
Shaddai in die boek Openbaring is magtig om ook te oordeel (Op 1:8;
16:7,14; 19:15).
78
Behalwe dat “Shaddai” vertaal word met “bors” (breast), is daar ook die
betekenis “berg” (mountain). Die naam impliseer dat God soos ’n berg is.
Hy is Almagtig en in staat om in al ons behoeftes te voorsien.
Wanneer dit in volle kombinasie gebruik word, lees die Naam “El Shaddai”
(God Almagtig). Die naam verwys dan na die mag en voorsiening van God
in die lewe van sy mense. Die God van die berge is ook die onderhouer
van lewe. God is alles wat ons nodig het om van te lewe. Alles wat ’n
pasgebore baba nodig het om van te lewe, is in die moedersmelk – van
die moederbors kry die baba versorging en krag; so die gelowige van
Shaddai. Nogtans vind ons die volle mag van God se Naam in El Shaddai:
Toe Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan
Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel
voor my aangesig, dan sal jy opreg wees (Gén 17:1).
Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar
en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou
afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom (Gén 35:11).
En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die
man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan
laat trek! En ek ― as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof (Gen
43:14).
79
En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my
verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën (Gén 48:3).
DIE ALLERHOOGSTE GOD (EL ELYON)
Hierdie Naam van God verskyn die eerste keer in Génesis 14, waar ons
lees dat Melgisédek vir Abram seën.
Ná sy (Abram se) terugkoms van die oorwinning op Kedor-Laómer
en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom
uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die
Koningslaagte. En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n
priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die
Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God,
die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy
hom die tiende van alles. En die koning van Sodom sê vir Abram:
Gee my die mense, maar neem die goed vir uself. Toe antwoord
Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE,
God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde (Gén 14:17-
22).
80
Hier vind ons die Naam “God, die Allerhoogste” – El Elyon. Daar is al gesê
dat dit die internasionale Naam van God is. Die Naam “Elyon” beteken
letterlik “die Hoogste”. “Elyon” beteken dan “oppermagtig”, dit is om die
hoogste in rangorde te wees (Ps 82:1; 136:2-3; Joh 10:34-36). “El”
beteken “mag” of “krag”. Wanneer van toepassing op God, beteken dit
dat Hy die sterke en almagtige God is. Hy styg uit bó alle ander. Onse God
is die God van die gode. Hy is die Hoogste God; geen ander god kan voor
Hom staan nie.
Die fundamentele gedagte is dat die Here God Almagtig die HERE van die
here en die God van die gode is; dat Hy die Hoogste en die Meerdere
onder die Elohim (alle gode) is – Hy is inderdaad die Allerhoogste God.
Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van
die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie
aansien en geen geskenk aanneem nie (Deut 10:17).
Om hierdie rede is hierdie naam ‘n uitdrukking van die feit dat in die
geledere van die afgode El Elyon die Regter is, en in der waarheid die
enigste ware God, Opperheer en Heerser (Ps 82:1-3; Heb 1:6; 7:21-22).
Die Naam “El Elyon” (of “Elyon”) verwys in die besonder na die Seun van
God as synde die Seun van die Allerhoogste God.
81
En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus
noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem
word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid
gee (Luk 1:31-32).
In byna elke geval waar die Naam “Allerhoogste” of “Hoogste” voorkom,
is dit ’n direkte verwysing na die Here God Almagtig as die opperste
Heerser en Regter in die geledere van die aardse en hemelse heersers. El
Elyon word beskou as die internasionale Naam van God in die geledere
van die heidense nasies, waarvan Nebukadnésar gesien word as die hoof
van die magte wat deur God ingestel is (Dan 3:26; 4:2,17,24,25,32;
5:18,21, 23-30; Rom 13:1-4).
Deur Jesus Christus (Luk 1:31-32; Kol 1:15-18; Ef 1:7-10) staan ons as
gelowige in ’n besonderse verhouding met El Elyon.
Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om
iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal
kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor
die ondankbares en slegtes (Luk 6:35).
82
DIE EWIGE GOD (EL OLAM)
Ons lees dat toe Abraham en Abiméleg ’n verbond gesluit het, het
Abraham ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die Here
aangeroep.
En hy het ’n tamarisk (’n altydgroenboom) in Berséba geplant en
daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep (Gén
21:33).
Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld
voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God (Ps 90:2).
El Olam – die Ewige God. Dit is die beskrywende Naam van God, wat die
God van die eeue of dispensasies (tydsbedelinge) is. Die omstandighede
van die bekendstelling van El Olam was toe Abram se naam na “Abraham”
verander is (Génesis 17-21). Abraham het in daardie omstandighede ’n
lap bome aangeplant en die plek “Berséba” genoem, waar hy toe die
HERE die ewige God aangeroep het.
“El Olam” is die Naam van God wat die eeue-oue proses van die
verskillende opeenvolgende fases van sy doelstelling met die mens
deursien, voltooi en tot heerlikheid bring (Dan 2:19-23; Matt 11:25; Ef 3:4-
6). Die verborge waarhede van die ewigheid word slegs aan diegene
geopenbaar wat glo in El Olam – die ewige God.
83
Hoofstuk 7
EK IS WAT EK IS ― YAHWEH
at God Homself ’n naam of name gegee het, hoort by die feit
dat Hy ’n persoon is. Dat Hy nie net één naam nie maar
verskillende name het, is ’n aanduiding van die volheid en
rykdom van sy persoon. Die Name van God is ’n wonderlike openbaring
van Homself aan die mens.
Dit is eintlik ’n skrikwekkende feit dat ’n naam ’n persoon, sy karakter of
een of ander spesifieke eienskap of aspek van hom beskryf. Hoe kan ’n
naam dus voldoende wees om God te beskrywe? As die hoogste hemele
self God nie kan bevat nie, hoe kan ’n naam Hom voldoende beskrywe?
Wat ’n vraag dus om vir die oneindige God te vra om sy Naam te
openbaar, en dit aan ’n verganklike mens!
D
84
In die Ou Testament is daar nie spesifieke verwysings (behalwe in
verskuilde vorms) na Jesus Christus as die ewige Seun van God nie, ook
nie na Christus as die Woord van God nie. Die rede hiervoor is dat die Ou-
Testamentiese skrywers nie aan God gedink het nie in terme van Vader,
Seun en Heilige Gees, soos duidelik geopenbaar in die Nuwe Testament.
Hulle het verklaar dat God Een is. Hoor, Israel, die HERE onse God is ’n
enige HERE (Deut 6:4). Wat Deuteronómium 6:4 inderwaarheid leer, is:
Daar is net een God en sy Naam is HERE (Yahweh), EK IS WAT EK IS.
Sy eie persoonsnaam het God aan Moses geopenbaar by die brandende
doringbos:
Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van
Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle
gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? --wat moet ek hulle
antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So
moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle
gestuur. Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders
van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van
Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle
gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van
geslag tot geslag (Ex 3:13-15).
85
Die volheid van die betekenis van die Naam HERE (YAHWEH) is nie in
daardie dag aan Moses geopenbaar nie. Maar wel sien ons duidelik in die
Ou Testament dat die HERE sy Naam voluit skryf, daarby bedoel ons dat
Hy volle betekenis aan sy Naam, sy persoonlike naam, progressief
openbaar in die Ou Testament deur die Naam EK IS te gebruik.
Die braambos-episode toe die Engel van die HERE in ’n vuurvlam aan
Moses verskyn het (Exodus 3:2-4:17), is ’n groot waterskeidingsoomblik in
die openbaring van die Naam van die HERE aan die mens. Tereg sê die
HERE vir Moses: Ek is die HERE. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan
Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My
nie aan hulle bekend gemaak nie (Ex 6:1-2).
’n Merkwaardige ding wat gebeur, is dat die brandende doringbos nie
verteer word nie (Ex 3:2-3).
Die vuur openbaar aan ons die heiligheid van die karakter van God
(Ex 3:5). Vergelyk Jesaja 6:2-6 (“Seraf” beteken letterlik “om te
brand”, “vuur”, “dié wat brand”); 33:14; Exodus 24:15-18;
Hebreërs 12:29.
Die brandende braambos openbaar die genade van God, want die
HERE het neergedaal om aan Moses bekend te maak dat Hy hulle
uit Egipteland gaan uitred (Ex 3:8).
86
Die brandende braambos is die plek waar die HERE aan Moses
openbaar Hy ken Moses se naam (Ex 3:4).
By hierdie selfde brandende braambos sou die HERE ook aan
Moses bekend maak dat Hy bewus is van die ellende, smarte en
jammerklagte van die volk Israel (Ex 3:9).
By dieselfde brandende doringbos het die HERE sy eie
persoonsnaam aan Moses bekend gemaak (Ex 3:13-15), EK IS WAT
EK IS (HERE – YAHWEH).
Laat ons van naderby in die Ou Testament gaan kyk waar die HERE sy
Naam voltooi het. Wanneer ons na die sinsnede EK IS kyk, val dit ons
dadelik op dat dit nie ’n voltooide sin is nie. Nou mag ons vra: EK IS wat?
EK IS . . . YAHWEH – RAPHA
En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ’n stuk hout
gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet
geword. Daar het Hy vir hulle ’n insetting en verordening vasgestel
en hulle daar beproef en gesê: As jy getrou na die stem van die
HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy
gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes
87
op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE
wat jou gesond maak (Ex 15:25-26).
Rapha – om te herstel = te heg (soos aan mekaar stik, vaswerk), om te
genees: Yahweh ons Geneesheer.
Hierdie eie naamgewing van die HERE by die bitter water van Mara waar
die volk dit bitter en swaar gehad het in die woestyn, bring ’n nuwe
karaktertrek of eienskap van die HERE na vore wat groot vertroosting
bring: EK IS, die HERE wat jou gesond maak!
En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou
water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder (Ex 23:25).
Die HERE God doen wonderwerke en kan deur (of sonder) ’n stuk hout
gesond maak (Ex 15:25). Die HERE openbaar Homself as die een wat wil
en kan gesond maak. Hy is Geneesheer (Núm 12:13; Ps 103:2-3; Jer 3:22).
In die Nuwe Testament is Jesus Christus, Yahweh Rapha.
Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het . . . met
betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die
Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed
gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was,
omdat God met Hom was (Hand 10:37-38).
88
Wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat
ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie
se wonde julle genees is (1 Pet 2:24).
Die Here het herhaadelik sy gesag en mag oor siekte en die dood
gedemonstreer.
Johannes 2:1-11 – Jesus verander water in wyn.
Johannes 4:46-54 – Jesus genees die seun van die koninklike
beampte.
Johannes 5:1-15 – Jesus genees die siek man in Betésda.
Johannes 9:1-38 – Jesus genees die man wat blind gebore was.
Johannes 11:1-44 – Jesus wek Lasarus op uit die dood.
Jesus Christus se wonderwerke van genesing, tekens en wonders het
gedien om aan te toon dat Hy die verwagte Messias was (Jes 35:5-6; 61:1-
2; Luk 4:16-21).
Sekerlik sou die mense later sê: Geneesheer, genees uself! (Luk 4:23).
Jesus Christus volbring sy bediening deurdat Hy die stuk hout (kruis) op
89
Homself geneem het, om die bitter water van die mensdom se sonde, die
beker in Getsémané en aan die kruis te ledig (Matt 26:39; 27:31-40, 46-
50). Dit was alles ’n vervulling van Jesaja 53:4-6.
In die finale instansie sal Hy ons genesing wees tot in alle ewigheid (Op
21:4; 22:1-3, 14,17).
EK IS . . . YAHWEH-NISSI
En Josua het Ámalek en sy volk met die skerpte van die swaard ’n
neerlaag toegebring. Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as ’n
aandenking in ’n boek en prent dit Josua in dat Ek die gedagtenis
van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg. En Moses het
’n altaar gebou en dit genoem; Die HERE is my banier. En hy het
gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die
HERE teen Ámalek van geslag tot geslag (Ex 17:13-16).
Nissi – om van ver te sien, om duidelik sigbaar te wees, soos ’n teken of
simbool: Yahweh is ons banier (of vlag of kenteken as banier) bokant ons.
Moses het ’n altaar gebou ná die oorwinning oor Ámalek (die vyand) om
die oorwinning tot eer van die Here te vier, en die eer van die oorwinning
aan die Here te gee. Dit was Aäron en Hur wat Moses se arms omhoog
gehou het tydens die geveg (Ex 17:8-13). Solank die staf in die lug was,
90
was Israel aan die wenkant. Moses se staf was van ver af duidelik sigbaar
terwyl dit in die lug gehou is. Ná die oorwinning was daar die verklaring
nadat die altaar tot eer van die Here gebou is: Yahweh-Nissi, die HERE is
my banier.
’n Banier in die ou tyd was nie net ’n vlag nie. Soms was dit ’n paal met ’n
blink skynende ornament wat in die son glinster. “Banier” kan met “paal”,
“standaard”, “vaandel” of “vlag” vertaal word.
Die betekenis is: Solank as die HERE verhoog en omhoog gehou word, is
die oorwinning vas en seker. Moses en Israel moes leer by Ráfidim, die
HERE is my banier! Oorwinning! Die oorlog teen Ámalek was die eerste
waarin Israel hulle begeef het ná hul uittog uit Egipteland, uit die plek van
slawerny. Daardie geveg is in die Naam van die HERE geveg en in die
Naam van die HERE oorwin. Moses, deur die bou van die altaar en deur
dit te noem “Die HERE is my banier”, sê inderwaarheid: Die stryd wat ek
stry, is in die Naam van en onder die banier van die HERE. Die
oorwinnings wat behaal word, is die HERE se oorwinnings! Die HERE is die
magtige oorwinnaar van Israel se vyand Ámalek.
In die Nuwe Testament sien ons ons is meer as oorwinnaars deur Hom
wat ons liefgehad het (Rom 8:37), en ons is tot alles in staat deur Christus
91
wat ons (my) krag gee (Fil 4:13). Die apostel Johannes skrywe want alles
wat uit God gebore is, oorwin . . . (1 Joh 5:4-5). In die boek Openbaring
verneem ons En hulle het hom (Satan) oorwin . . . (Op 12:11).
Onder die banier van Jesus Christus, wat die Satan en sy magte oorwin en
in die openbaar ten toon gestel en daardeur oor hulle getriomfeer het
(Kol 2:14-15), onder Christus se toegesegde krag en in die gesag van sy
Naam staan ons vas in die oorwinning (Ef 6:10-18). Die HERE is my banier.
EK IS . . . YAHWEH-M’KADDESH
Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle
God. En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat
julle heilig (Lev 20:7-8). Sien ook Exodus 31:13.
Yahweh-M’Kaddesh. Die betekenis is: Die HERE is my Heiligmaker. “I am
the LORD who makes you holy.” Geen ander woord kan sekerlik meer die
karakter van die HERE en sy vereistes aan sy volk meer uitbeeld nie as juis
die Naam Yahweh- M’Kaddesh, die HERE jou Heiligmaker! Die term
“heilig” verskyn voortdurend in die Ou Testament, en dié Hebreeuse
woord word vertaal deur verskillende woorde soos “toewyding”,
“heiligdom”, “afsonder”, “heilig”. In sy verskillende vorms verskyn die
woord ongeveer 700 maal.
92
Die woord word gebruik om mense (persone) en plekke of geleenthede
wat afgesonder of geheilig is mee te beskryf. Die woorde “heiligmaking”,
“heilig” en ‘heiliges” stam van dieselfde wortelwoord af en beteken om af
te sonder (to set apart or to separate) vir ’n spesifieke doel, albei in die
geval van dae, dinge en gelowiges en selfs sondaars (Ex 20:8; 3:5; Lev
27:30; 1 Kor 1:2; Jes 66:17).
DIE SABBATDAG – AFGESONDER (GEHEILIG)
Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Want in ses dae het die
HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin
is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die
sabbatdag geseën en dit geheilig (Ex 20:8, 11).
Die bedoeling is dat die sabbatdag ’n rusdag moet wees. Dat die mens dit
moet heilig, beteken: afsondering van gewone werk, toewyding aan die
diens van die HERE. Die dag is dus afgesonder, apart van ander dae. Dit
moet anders wees, want dit is geheilig – dus afgesonder.
DIE FEESDAE – AFGESONDER (GEHEILIG)
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die
HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my
93
feestye. Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat
julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd (Lev 23:2, 4).
Die feeste en heilige dae het ’n diep geestelike betekenis vir die volk Israel
gehad – afgesonderde tye vir geestelike ontmoetings met God. Letterlik
was dit: heilige samekomste, dit is uitroepinge of sameroepinge van
heiligheid op hul bepaalde tyd.
DIE PLEKKE – AFGESONDER (GEHEILIG)
En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af,
want die plek waar jy op staan, is heilige grond (Ex 3:5).
Maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die
HERE heilig wees soos ’n stuk land onder die ban; die besit daarvan
kom aan die priester toe (Lev 27:21).
En die HERE sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor
wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy
gebou het, geheilig (1 Kon 9:3).
Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar
wat die gawe heilig? (Matt 23:19).
94
So sien ons in die Woord die berg Sion, die stad Jerusalem, die tabernakel,
altaar, stuk land en tempel is heilig. Die bedoeling is afgesonder vir die
doel waarvoor God dit geheilig het – daar is dus ’n goddelike bedoeling
daaraan verbonde.
PERSONE – AFGESONDER (GEHEILIG)
Verder moet jy ’n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer,
soos op ’n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE (Ex
28:36).
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken;
en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig;
Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak (Jer 1:5).
Aäron, die hoëpriester wat hierdie plaat op sy tulband op sy voorhoof
moes dra, is afgesonder (geheilig) vir die HERE. So het die HERE ook vir
Jeremia geroep as profeet, die HERE het hom geken, en voordat Jeremia
gebore was, het die HERE hom geheilig, d.w.s. eenkant geplaas,
afgesonder vir die taak waarvoor die HERE hom bestem het.
95
DINGE – AFGESONDER (GEHEILIG)
Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die
vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die
HERE (Lev 27:30).
Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen
ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van
die HERE weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as
dit weggeneem word (1 Sam 21:6).
Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf (Ps
89:21).
Tiendes is heilig aan die Here, en mag nie vir ’n ander doel gebruik word
nie, dit is afgesonder vir God se werk. So die toonbrood en heilige
salfolie. Hierdie dinge is heilig aan die HERE. In al die gevalle genoem,
verwys die gebruik van die woord na kontak met God. Daarom is die berg
Sion heilig, want daar staan die tempel van die HERE. Die tempel is heilig,
want daar woon God onder sy volk.
DIE HERE (YAHWEH) IS HEILIG
Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U,
en daar is geen rots soos onse God nie (1 Sam 2:2).
96
Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee
het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en
met twee het hy gevlieg. En die een het die ander toegeroep en
gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele
aarde is van sy heerlikheid vol! (Jes 6:2, 3)
Omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig (1 Pet
1:16).
Die HERE God is heilig. Krag sonder heiligheid sou beteken God is wreed.
Regverdigheid sonder heiligheid sou beteken God soek wraak.
Alwetendheid sonder heiligheid sou beteken God is arglistig of slu. Die
HERE is HEILIG. Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is
en wees heilig, want Ek is heilig (Lev 11:44).
Die Vader is heilig (Jes 6:3)
Die Here Jesus Christus is heilig (Luk 1:35)
Die Gees van God is heilig (Rom 1:4)
DIE GELOWIGES IN CHRISTUS IS HEILIG
Jesus Christus is ons heiligmaking. Maar deur Hom is julle in Christus Jesus,
wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking
97
en verlossing (1 Kor 1:30). In Jesus se hoëpriesterlike gebed het hy dan
ook gebid: Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid (Joh 17:17).
Paulus skrywe in Efésiërs 1:4: Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die
grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in
liefde te wees.
Paulus herinner ons daaraan dat ook ons liggame heilig vir die Here is: Ek
vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul
liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is
julle redelike godsdiens (Rom 12:1).
Petrus skrywe in sy eerste sendbrief: Maar soos Hy wat julle geroep het,
heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar
geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig (1 Pet 1:15-16). Die gemeente
van God is heilig, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, . . . (1 Kor
1:2). Jesus Christus, Homself, heilig die gemeente (Ef 5:25, 26).
Daarom moet die gelowige nie verbaas of vervaard wees as hy/sy deur die
Vader getugtig word nie:
Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons
het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader
van die geeste onderworpe wees en lewe nie? Want húlle het ons
98
wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons
beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word (Heb 12:9-10).
Die Vader van die heerlikheid, roep die gelowige om hom af te sonder:
Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here;
en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal
vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,
spreek die Here, die Almagtige. Terwyl ons dan hierdie beloftes
het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en
die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God
volbring (2 Kor 6:17 – 7:1).
Kyk wat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons
kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die
wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, nou is
ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees
nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal
wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie
hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is (1 Joh 3:1-3).
Wat die gelowiges (Christene) in hierdie verband betref, is die uitspraak in
die Skrif baie duidelik: Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in
99
Christus Jesus is nie, (regverdigmaking) vir die wat nie na die vlees wandel
nie, maar na die Gees (heiligmaking) (Rom 8:1).
Heiligmaking is dus die werk van Christus, wat die gelowige van sonde tot
God afsonder (1 Kor 1:30; Heb 10:10; 13:12). Die HERE is my Heiligmaker.
EK IS . . . YAHWEH – SHALOM
Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy
hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe
gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die
ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit
sy oë. Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê
Gídeon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien
van aangesig tot aangesig! Maar die HERE sê vir hom: Vrede vir
jou! Vrees nie! Jy sal nie sterwe nie. Toe bou Gídeon daar 'n altaar
vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog
daar by Ofra van die Abiësriete. (Rig 6:21-24).
Shalom – die HERE is vrede. Om veilig en gelukkig te wees. Yahweh, ons
veiligheid en vrede. Nadat die Engel van die HERE Gídeon ’n opdrag gegee
het om die leërmag van Israel teen die Midianiete te lei en vir Gídeon gesê
100
het: Vrede vir jou, het Gídeon daar ’n altaar vir die HERE gebou en dit
genoem: Die HERE is vrede!
Tekenend van die boek Rigters sien ons dat die volk bitter weinig vrede
ervaar het. Elkeen het gedoen wat reg in sy eie oë is. Dit was voordat
hulle ’n koning gehad het (Rig 17:6; 18:1; 21:25).
Die Midianiete het die oorhand oor Israel gehad (Rig 6:2). Die volk Israel
het gewoon in slote op die berge, en in gate en bergvestings. Hulle het in
loopgrawe gewoon, want daar was nie vrede nie. Die vyand het hulle
berowe. Maar nadat Gídeon vrede met God gemaak het, kon hy reageer
op die bevel van die Engel van die Here. Hy wat aan Gídeon verskyn het,
is vrede!
Die profeet Jesaja sou jare later deur die Gees verklaar:
Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die
heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar,
Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors – tot
vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op
die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit
te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in
101
ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen (Jes
9:5-6).
U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle
vertrou op U. Vertrou op die HERE vir ewig, want in die HERE HERE
is ’n ewige rots (Jes 26:3-4).
En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die
voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in
ewigheid. En my volk sal woon in ’n plek van vrede en in veilige
wonings en in plekke van ongestoorde rus (Jes 32:17-18).
YAHWEH – SHALOM, DIE BRON VAN VREDE
Die HERE in sy eie persoon is volmaakte vrede. Hy bedink vir ons die
vrede. Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek
die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle
toekoms te gee (Jer 29:11).
In die hoëpriesterlike seën van die driemaalheilige God, seën Hy sy volk
met sy vrede. Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy
aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig
102
oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan my Naam op die
kinders van Israel lê; en Ek sal hulle seën (Num 6:24-27).
YAHWEH – SHALOM SE TEENWOORDIGHEID IS VREDE
Hy wat aan Gídeon verskyn het, is vrede (Rig 6:23-24). Hy is die Prins van
vrede (Jes 9:5). Hy is ook die Koning van vrede (Heb 7:1-3, 21-28).
YAHWEH – IS ONS VREDE
Toe Jesus Christus gebore is, het ’n menigte van die hemelse leërskare
God geprys en gesê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op
aarde, in die mense ’n welbehae! (Luk 2:14). Christus het dan ook aan sy
dissipels verklaar: Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie
soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word
en bang wees nie. Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In
die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die
wêreld oorwin (Joh 14:27; 16:33). Ons as gelowiges weet, omdat ons dan
uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus
Christus (Rom 5:1). Daarom kan ons saam met Paulus verklaar: Wees oor
niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking
met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle
103
verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus
Jesus (Fil 4:6-7).
In watter sin is die Here ons vrede? God se liefde gee wat sy geregtigheid
en heiligheid vereis. Liefde voorsien die offer in Christus se
soenverdienstelike dood. God se geregtigheid is nou versoen of tevrede
gestel dat die sonde gestraf is (Gal 3:13), en nou kan ons vrede by God
deur onse Here Jesus Christus (Rom 5:1) kry en hê.
EK IS . . . YAHWEH SABBAOTH
HERE van die leërskare – dit is die militêre Naam van God. En dié man het
van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die HERE van
die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas,
priesters van die HERE was (1 Sam 1:3).
Geen leërmag bo die aarde, op die aarde of onder die aarde kan met onse
God die stryd voer nie. Die HERE van die leërskare is met ons; die God van
Jakob is ’n rotsvesting vir ons (Ps 46:8). Die Sabbaoth (gedeeltelik stam dit
vanaf die Hebreeuse kern wat beteken: “om saam te roep”) verwys na om
’n leërmag te mobiliseer. Dit is gevolglik die militêre byvoegsel of titel van
God.
104
“Yahweh – Sabbaoth” beteken en word vertaal met “die HERE van die
leërskare”, God is die Leier en Voorganger van die hemelse sowel as die
aardse leërskare en menigtes. Dit is die militêre titel van God wat in die
Bybel aangewend word wanneer Israel, God se volk, onderdruk is. Die
fundamentele betekenis is “God bevry die verdrukte”. God is die
Opperbevelhebber van die leërmagte van die hemel.
’n Noukeurige studie van die gevalle en omstandighede waarin hierdie
naam gebruik is, wys daarop dat dit in baie gevalle gebruik is waar
hulpeloosheid by die volk Israel te bespeur was (1 Sam 1:6,14,16; 17:24-
25; 2 Kron 26:16; 28:15; Jes 6:1-3; 7:2; 8:11-14).
Die profeet Jeremia het hierdie naam in verband met die verwoesting van
Jerusalem 80 keer gebruik. Die profeet Haggai het die naam gebruik om
’n klein groepie mense met hulle terugkeer in verband met die heropbou
van die tempel te bemoedig. Die profeet Sagaría, wat die Joodse ballinge
bemoedig, gebruik die naam nie minder nie as 52 keer. Die profeet
Maleági, wat sy profesie op die teruggevalle toestand van Israel rig,
gebruik die naam 24 keer.
Die HERE se dienaar Dawid het geweet die God van Israel is die HERE van
die leërskare (Sabbaoth):
105
Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ’n swaard en met
’n spies en met ’n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die
HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy
uitgedaag het. Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat
ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van
die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die
wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet
dat Israel ’n God het. Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat
die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd
behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee (1 Sam
17:45-47).
In die boek van die Psalms verwys Dawid na die HERE van die leërskare
nie minder nie as 15 keer. Hy het geweet die HERE veg sy oorloë vir hom.
In die verhaal van 2 Konings 6:13-17 lees ons van die profeet Elísa en sy
dienaar, hoe op versoek van Elísa die HERE die oë van die dienaar geopen
het sodat hy die HERE se leërmag kon aanskou. En die HERE het die oë
van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde
en waens van vuur rondom Elísa (2 Kon 6:17). Sien ook Sagaría 6:1-13.
Josua het op die vooraand van Israel se inval van Jérigo die leërowerste
van die HERE gesien.
106
En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar
staan ’n man teenoor hom met ’n ontblote swaard in sy hand; en
Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by
ons vyande? En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die
HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die
grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy
dienskneg sê? Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek
jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is
heilig. En Josua het so gedoen (Jos 5:13-15).
Die HERE van die leërskare oordeel die nasies van hierdie wêreld (Jes 2:12;
Jer 11:20; 50:34; Mal 3:5). Die HERE van die leërskare sal sy hemelse
magte oproep onder die aanvoering van Mígael die aartsengel om
teenoor die draak (Satan) en sy gevalle engele te staan te kom in die
middel van die groot verdrukking (Op 12:7-9).
Die engele van die HERE van die leërskare, die hemelse leërskare, word
gestuur om die erfgename van saligheid te beskerm (Heb 1:13-14; Luk
2:13). Ons weet dat die Here Jesus Christus met die dag van sy sigbare
wederkoms aan die einde van die groot verdrukking met sy leërmag uit
die hemel kom om die goddelose nasies onder die bewind van die
Antichris te verdelg:
107
Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ’n wit perd, en
Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig en Hy
oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ’n
vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat
geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was
bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die
Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit
perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En uit sy mond gaan daar
’n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle
met ’n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die
grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. En Hy dra
op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning
van die konings en die Here van die here (Op 19:11-16).
Jakobus gebruik die Naam van die Here van die leërskare met verwysing
na diegene wat swaar kry, om hulle te bemoedig in hulle toestand van
verdrukking (Jak 5:1, 4,8).
EK IS . . . YAHWEH RA-AH
“Ra-ah” beteken om aandag te gee, om te versorg, soos ’n skaapwagter
op te pas. Hierdie Naam verskyn vir die eerste keer in Psalm 23, die
herderspsalm.
108
Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie (Ps 23:1).Die
kerngedagte is: Die HERE beskerm, voorsien, lei en gee om vir sy
mense. Die HERE versorg met teerheid, dog sterk en geduldig.
Geen ander Naam van die HERE gryp ’n mens se hart so aan en
bring soveel vertroosting as hierdie Naam nie: Die HERE is my
herder (Ra-ah). Alles wat ’n herder vir sy skape is, is die HERE vir
sy mense. Hy is nie net herder van sy volk of mense nie, maar Hy
is my herder. Hy is die herder van elkeen van sy skape, intens en
persoonlik.
Alles in Dawid se lewe dui op so ’n verhouding tussen hom en die HERE.
By een belangrike geleentheid in Dawid se lewe het die HERE vir hom
gesê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die
weiveld agter die skape weg, om ’n vors te wees oor my volk, oor Israel (2
Sam 7:8). In Psalm 23 kyk Dawid terug op sy stormagtige lewensjare, hoe
hy gedurig vir Saul moes vlug. Deur die jare van oorlog en rebellie van
sonde en berou; in dít alles het hy die goedheid van die HERE ervaar. As
hy verder terugdink aan sy jeugjare, toe hy sy vader se skape opgepas het,
dan kom die beeld van die skape en die herder sterk na vore. Dawid
beskryf hoe hy God ervaar het: Die HERE is my herder, Hy het my gelei,
beskerm, versorg in groen weivelde, net soos ’n herder met sy skape
doen.
109
JESUS CHRISTUS IS ONS HERDER
Die eerste aankondiging waarin Christus se geboorte bekend gemaak is,
was aan skaapherders, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle
skape wag gehou het (Luk 2:8-20).
Jesus Christus sê van Homself: Ek is die goeie herder (Joh 10:11). Sekerlik
is dit ’n vervulling van Jesaja 40:11. As die goeie herder lê Hy ook sy lewe
af vir die skape (Joh 10:11).
Die skape ken sy stem (Joh 10:4).
Jesus is die deur van die skape (Joh 10:7).
Jesus lei die skape (Joh 10:3).
Jesus voorsien weiding vir sy skape (Joh 10:9).
Jesus gee sy lewe vir die skape (Joh 10:11).
Volgens die skrywer van die boek Hebreërs is Jesus die groot Herder van
die skape (Heb 13:20). Die apostel Petrus noem Jesus die Opperherder (1
Pet 5:4).
110
Die groot Herder van die skape, die gelowiges, lei ons uiteindelik na net
een plek . . . tot voor die troon van God, waar ons sal wei en Hy ons lei na
lewende waterfonteine.
Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in
sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.
Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die
son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel
van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende
waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee (Op
7:15-17).
En God sal al die trane van hulle oë afvee, en . . . (Op 21:4).
EK IS . . . YAHWEH TSIDKENU
Tsidkenu – om reg te laat geskied: Die HERE ons geregtigheid.
KYK, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ’n regverdige
Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel
en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos
word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem
sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID (Jer 23:5-6).
111
In en by die HERE is daar geen ongeregtigheid nie. Al sy weë is reg en
geregtig. Ons weet die Spruit van Dawid is niemand anders nie as Jesus
Christus onse Here.
In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ’n Spruit van geregtigheid
laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land. In dié
dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die
naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID (Jer 33: 15-
16).
Maar daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ’n loot
uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE
rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en
sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. En Hy
het ’n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie
regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor
nie; maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die
sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die
aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy
lippe die goddelose doodmaak. En geregtigheid sal die gordel van
sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees (Jes 11:1-5).
112
Uit die stomp van Isai, die koningshuis van Dawid. Uit die nageslag van
Isai en Dawid spruit ’n takkie. Dit dui op die nederige verskyning van die
Messias, Hy verskyn soos ’n loot. Die takkie of loot sal uitspruit en vrugte
dra en dit hou die belofte van ’n nuwe boom. Die ware Spruit of
nakomeling van Dawid sal Koning wees. Hy is die regverdige Spruit, reg en
geregtigheid sal Hy doen in die land. Sy naam word hier aan die stad
Jerusalem toegeken. Sy Naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE
ONS GEREGTIGHEID.
In die profesie van die apostel Johannes word Christus aangehaal: Ek,
Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes
te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester (Op
22:16). As die wortel van Dawid het God self aan Dawid sy lewe, roeping
en troon gegee. In hierdie sin is God die wortel of oorsprong van Dawid
(Jes 11:1-2, 10), die wortel van Isai. As die geslag van Dawid is Christus uit
die geslag van of ’n nakomeling van Dawid (Hand 2:29-36). As mens is
Jesus Christus ’n afstammeling van Dawid, uit sy geslag (Matt 1:1).
Daarom word voortdurend na Christus in die Nuwe Testament verwys as
die Seun van Dawid (Matt 1:1; 20:30-31; 22:42-45; Lukas 1:32,69; 18:38-
39; Joh 7:42; Hand 2:30; 13:23).
113
Jesus Christus beklee die gelowige met sy geregtigheid. Maar deur Hom is
julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en
geregtigheid en heiligmaking en verlossing (1 Kor 1:30).
Sou die sondaarmens nou in die geloof Christus as Verlosser aanneem,
word hy kind van God deur die geloof in Christus, want julle almal wat in
Christus gedoop is, het julle met Christus beklee (Gal 3:27). Ons is dus
beklee met Christus en sy geregtigheid, want Hy is ons geregtigheid (Jer
23:6; 1 Kor 1:30). Christus se geregtigheid of sy regte verhouding met die
Vader is nou ook ons s’n (2 Kor 5:21).
Die grond vir God se reg om die sondaar te regverdig, berus op die
soenverdienste van Christus se dood. Christus het die vereiste dood van
’n gebroke wet vir ons gesterf en God se heilige toorn tevrede gestel, dat
ons sonde in Hom gestraf is. Daarom kan God die mens wat in Christus is,
regverdig verklaar.
Die apostel Paulus beskrywe dit dan so in sy brief aan die Romeinse
gelowiges:
Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet,
terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid
naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor
114
almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het
gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en
hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die
verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy
bloed as ’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te
bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore
gedoen is onder die verdraagsaamheid van God – om sy
geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self
regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.
Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die
werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. Ons neem dus aan
dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder werke van
die wet. Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede
by God deur onse Here Jesus Christus (Rom 3:21-28; 5:1).
Ons kan dus nou sê dat regverdigmaking ’n genadige handeling van God is
(Rom 3:24), waardeur Hy ons al ons sondes vergewe en ons as reg in sy oë
aanvaar, en op grond van Christus se toegerekende geregtigheid verklaar
Hy ons vry van ons sonde. Ons kan dus, soos Paulus, die geregtigheid wat
in Christus Jesus is, verklaar.
115
Jesus Christus die Regverdige leer ons nou ook met betrekking tot
geregtigheid in die volgende Skrifverwysings (Matt 5:6, 10, 20; 6:33; 7:20-
23; 21:32; Luk 1:75; Joh 16:8, 10). Die apostel Paulus spreek met
betrekking tot geregtigheid en die gelowige (Rom 6:13,16, 18-19; 10:4; 2
Kor 6:7; 9:10; Ef 6:14; Fil 1:11; 1 Tim 6:11). Die apostel Petrus leer
gelowiges dat hulle moet lewe vir die geregtigheid en as dit nodig is, ook
daarvoor ly (1 Pet 2:24; 3:14).
Die mens het geen geregtigheid van sy eie, om te pleit nie (Jes 64:6).
Naak moet hy na die HERE kom wat ons geregtigheid is, dat Hy ons met sy
geregtigheid kan beklee (Gal 3:27; Rom 4:1-25) sodat ons in die regte
verhouding met God die Vader, in Christus, kan staan as sy kinders.
Alleenlik deur Christus se toedoen en werk in die gelowige sal hulle
eendag op ’n besondere wyse beklee word. Nie net is ons met Christus
beklee nie, maar dit is aan haar (bruid van Christus) gegee om bekleed te
wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade
van die heiliges (Op 19:8). Openbaring 22:11 vermaan en bemoedig ons
dan ook met die woorde: Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen;
en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog
regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
116
EK IS . . . YAHWEH SHAMMAH
Shammah – die stamvorm is “om in posisie te plaas”, “om dáár te wees”,
“om teenwoordig en beskikbaar te wees”, “om in sy plek te wees”.
En die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!
(Eségiël 48:35).
DIE GELEENTHEID VAN DIE NAAM
Israel het ’n laagtepunt bereik – geskiedkundig, geestelik en nasionaal.
Die volk is weggevoer in ballingskap, die tempel is verwoes en al wat in
die land oorgebly het, was die arme en treurige. Dit lyk of die volk bevry
is uit die slawerny van Egipte net om slawe te wees in Babilon. Israel se
gees is gebreek; Efraim se kroon van trots lê in die stof. Daar is geen lied
meer in hulle mond nie; hulle siters is opgehang in wilgerbome by die
riviere van Babel (Psalm 137).
Die HERE het sy teenwoordigheid in die tempel onttrek weens die
afgodery en goddeloosheid van die priesters (Eségiël 8 en 22), die
heerlikheid van die HERE het sy tempel verlaat (Eségiël 10).
117
Ten spyte van al die dinge gee die HERE aan die profeet Eségiël nou ’n
visioen van die nuwe tempel, vol van geregtigheid en heiligheid. Die
heerlikheid van die HERE en sy teenwoordigheid sal daar woon.
Toe het hy my gelei na die poort, die poort wat na die ooste kyk. En
kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oorstekant
af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie
waters, en die aarde het geglans van sy heerlikheid. En die gesig
wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my
koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat
ek gesien het by die Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.
En die heerlikheid van die HERE het in die huis ingetrek deur die
poort waarvan die voorkant na die ooste lê. En die Gees het my
opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die
heerlikheid van die HERE het die huis vervul. En ek het Een gehoor
wat met my spreek uit die huis, terwyl die man by my staan. En Hy
het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van my troon en die plek
van my voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van
Israel; en die huis van Israel sal my heilige Naam nie meer
verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met
die lyke van hulle konings, by hulle dood . . . Dit is die wet van die
huis: Op die top van die berg sal sy hele gebied al rondom
118
hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis (Eségiël 43:1-7,
12).
Toe het hy my teruggebring na die buitenste poort van die
heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit. En die HERE het
vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie
oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie,
omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het;
daarom moet dit gesluit bly. Wat betref die vors, hy moet as vors
daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; van die
voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg
daar uitgaan. Daarop het hy my gebring na die noordpoort, aan
die voorkant van die huis; ek kyk toe en sien dat die heerlikheid van
die HERE die huis van die HERE vervul; toe het ek op my aangesig
geval (Eségiël 44:1-4).
Die HERE in sy groot genade en barmhartigheid gee aan Eségiël die visioen
van ’n nuwe tempel in die toekoms (Eségiël 40-48). Die visioen eindig met
die woorde: en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is
daar! Yahweh – Shammah (Eségiël 48:35).
119
DIE BETEKENIS VAN DIE NAAM
Die uniekheid en heerlikheid van Israel se godsdiens in kontras met die
godsdienste van nasies romdom hulle was altyd die feit dat die HERE se
teenwoordigheid in hulle midde was. Dit was in skerp teenstelling
teenoor die volke om hulle, wie se aanbidding afgodediens was, wreed,
vleeslik en goddeloos.
Eers die tabernakel en later die tempel was die plek waar die HERE sy
sigbare manifestasie en teenwoordigheid ten toon gestel het. By die
tabernakel was dit die vuurkolom snags en wolkkolom bedags (Núm
14:14). By die tempel het die heerlikheid van die HERE ingetrek tydens
die inwyding in die tyd van koning Salomo:
En net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die
hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en
die heerlikheid van die HERE het die huis vervul; en die priesters
kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid
van die HERE het die huis van die HERE vervul. En toe al die kinders
van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die
huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe,
op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat
sy goedertierenheid tot in ewigheid is (2 Kron 7:1-3).
120
Deur die gesig van Eségiël hoor die volk van die HERE daar kom weer ’n
dag wanneer die heerlikheid en teenwoordigheid van die HERE weer
opnuut in Jerusalem en die tempel sal wees.
Wanneer Israel gedurende die millennium (duisendjarige vrederyk) in sy
land herstel is (Rom 11) en die aarde vol van die kennis van die HERE is
(Hab 2:14), sal Jerusalem se naam wees: Die HERE is daar! In dié dae sal
die Messias in Jerusalem woon. God se blywende teenwoordigheid sal by
sy volk wees.
DIE VERVULLING VAN DIE NAAM
In die Nuwe Testament word die betekenis van die Naam (Yahweh –
Shammah) in dieper betekenis onthul – geestelik sowel as persoonlik.
En sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy
wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dit het alles gebeur,
sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet
gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en
hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met
ons (Matt 1:21-23).
121
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons
het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die
Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en
waarheid (Joh 1:14).
En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat
die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die
eerste kan wees. Want dit het die Vader behaag dat in Hom die
ganse volheid sou woon (Kol 1:18-19).
Van die gemeente in die Nuwe Testament sê Yahweh – Shammah:
So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar
medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die
fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self
die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys
tot ’n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou
word tot ’n woning van God in die Gees (Ef 2:19-22).
Van die gelowige in die Nuwe Testament sê Yahweh – Shammah:
Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in
julle woon nie? (1 Kor 3:16).
122
Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?
Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek
het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God
wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. (2 Kor 6:16).
Die belofte wat Jesus Christus aan sy dissipels gegee het nadat Hy uit die
dood opgestaan het, is dat Hy altyd daar vir sy dissipels sal wees. En kyk,
Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen (Matt
28:19).
Die hoogste vervulling van God se teenwoordigheid by die mens is
opgeteken in Openbaring 21:3 en 22: 4, 5: En ek het ’n groot stem uit die
hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by
hulle woon en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle
God. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde
wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig
nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in
alle ewigheid.
EK IS ...YAHWEH JIREH
En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom
niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou
123
enigste, van My nie teruggehou het nie. En toe Abraham sy oë
opslaan, sien hy meteens 'n ram wat agter in die bos met sy
horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram
geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer. En
Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat
vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien
word (Gen 22:12-14).
Jireh – die stamvorm, is om te sien of te kyk. Die betekenis is om agter
iemand te kyk met die oog daarop om in behoeftes te voorsien. Abraham
het die naam gegee aan die altaar wat hy opgerig het op die berg Moria,
nadat die Here ’n ram voorsien het as plaasvervanger vir sy seun Isak.
Yahweh-Jireh is een van die name wat ’n saamgestelde naam is. Daar is ’n
koppeling in die Hebreeuse taal met die woord, Yahweh-Jireh. Die HERE
openbaar Homself aan Abraham as ‘’n God wat sien”. Toe die Engel van
die Here van die hemel af na Abraham roep en hom verhinder om sy seun
Isak te offer, en aan Abraham ’n ram toon wat met sy horings in ’n bos
vasgeraak het, het die besef tot Abraham deurgedring – die HERE SIEN en
het nou VOORSIEN. Sekerlik kan die HERE wat sien ook voorsien! By
implikasie verklaar Abraham dan ook: Die HERE sal voorsien! Daarom
word vandag nog gesê: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
124
Die feit dat God tussenbeide getree het in die offer van Isak en ’n ram
voorsien het as plaasvervanger, noop Abraham om die plek te noem:
”Jireh”. ’n Transliterasie van die woord beteken “om te sien”, of om te
”voorsien”. God sien die behoeftes van die wat Hom aanbid en
gehoorsaam. Hy sien ook na hulle om en voorsien wat hulle nodig het. Die
gebeurtenis het vir Abraham nuwe lig gewerp op die woord wat hy in
Génesis 22:8 gebruik het: En Abraham antwoord: God sal vir Homself die
lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam
geloop.
God het voorsien! Daarom sou die plek se naam voortaan Yahweh-Jireh
wees. Dit het die Naam vir God geword. Op daardie moment het Abraham
en Isak geweet dat die Here ook die voorsiener is. Hy voorsien die offer.
Dit herinner aan die groot verlossing wat die Here vir ons bewerkstellig
het, asook die groot voorsiening wat Hy vir ons gemaak het. Hy is ’n God
wat SIEN.
Yahweh-Jireh, die Een wat in al ons behoeftes voorsien (Joh. 6:5-14).
Yahweh-Jireh, die Een wat in ons saligheid voorsien (Heb 10:5-7,10).
125
BRONNELYS
Daar dien vermeld te word dat die vernaamste bron van
inligting by die op skrif stel van hierdie boek, NAME VAN
GOD, die Heilige Skrif, die Woord van God was, Die Bybel in
Afrikaans, 1957. Hierdie is ‘n lys van die vernaamste werke
wat geraadpleeg is.
Canter, A. David
Knowing Him
Pathway Press Cleveland Tennessee 37320 2000
Frautenbaum, Arnold
In the footsteps of the Messiah
Furguson and Wright
The Dictionary of Theology
Inter-Varsity Press Leicester, England 1988
Geldenhuys, J.N.
Die Bybel met verklarende aantekeninge
Nasionale Boekdrukkery Zelda Str Elsiesrivier, K.P 1976
Howard-Browne, F.C.K.
Algemene Basiese Teologie
VEK van God Posbus 40 Irene 2007
König, Adrio
Jesus, Name above all names
Paarl Pruit Oosterland straat Paarl, S.A. 2004
126
Motyer, J.A.
The prophecy of Isaiah
Inter-Varsity Press 38 De Montfort Street Leicester, LEI 7GP United Kingdom 1993
Scofield, C.I.
New Scofield Reference Bible
Oxford University Press New York 1967
Stern, H. David
Complete Jewish Bible
Jewish New Testament Publications Clarksville, Maryland 21029 U.S.A 1998
Stone, Nathan
The Names of God Moody Bible Institute of Chicago Moody Press 1944
Sumrall, Lester
The Names of God Whitaker House 30 Hunt Valley Circle New Kensington PA 15068 1993
The Companion Bible
Kregel Publications, Grand Rapids Michigan 49501 1990
The Septuagint Version of the Old Testament
Bagster and Sons Ltd. New York James Patt & co.
Thiessen, H.C.
Lectures in Systematic Theology
William B. Eerdmans Pub. Company Grand Rapids Michigan 1949
127
Van Eijk, Ruben K.
HERE EK GLO Soteria (R KVE) Posbus 7306 Centurion 0046 2010
Verster, A.H.
Die mens en God se openbaringsplan
VEK van God Fakulteit Afstand Studie Posbus 40 Irene, 1675 1986
Vine, W.E.
An Expository Dictionary of New Testament Words
Riverside Book and Bible House Iowa Falls Iowa 50126
Wiersbe, W. Warren
Commentary Exodus
David C. Cook 4050 Lee Vance View Colorado Springs CP 80918 U.S.A 1998
Boeke geskryf deur Raymond D. Lombard
Afrikaans:
Die Openbaring (Ook vertaal in Chinees en Frans)
Daniël
Die Geesteswêreld (Ook vertaal in Chinees en Mongools)
Jesus Christus in die Ou Testament
Die Name van God
Die Getuienis
Koninkryk Teologie
Sinopsis van die Nuwe Testament
English:
The Book of Revelation (Also translated into Chinese and French)
Daniel
The Spirit World (Also translated into Chinese and Mongolian)
The Names of God
The Testimony
Audio en lesings ook beskikbaar. Kontak kantoor vir katalogus.
Vir pos-bestellings, skryf of e-pos asseblief aan:
Raymond Lombard Ministries
Posbus 6
Parow
7499
E-pos: [email protected]
Tellefoon: (Kantoor): +27 (0)21 939 1898