4
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com ABSA Claremont, Rek 2870141125 Tak 632005 Maandblad van die NG Kerk Rondebosch September 2019 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community 1 Sep Jeremia 2:4-13 Psalm 81:1, 10-16 Lukas 14:1, 7-14 Hebreërs 13:1-8, 15-16 Ondanks die Here se goedheid en sorg, het die volk weggedraai van Hom af. Die volk het voorgegee dat hulle die Here dien, maar hul dade getuig dat hulle Hom vergeet het. Jesus daag die geloofsgemeenskap uit om goed te doen sonder om iets terug te verwag. Wees ’n gemeenskap van gasvryheid en liefde, doen goed aan jou medemens. 8 Sep Jeremia 18:1-11 Psalm 139:1-6, 13-18 Lukas 14:25-33 Filemon 1-21 Die Here is net goed vir sy volk, maar hulle lewe net soos hulle wil. Die feit dat die Here ons sit en opstaan ken is vertroostend en gerusstellend. Navolgers van Jesus moet bereid wees om alles op die spel te plaas ter wille van gehoorsaamheid aan Hom. Ontvang, beskou en behandel jou ondergeskiktes as medegelowiges. 15 Sep Jeremia 4:11-12, 22-28 Psalm 14 Lukas 15:1-10 1 Timoteus 1:12-17 Die volk tree dwaas op, hulle luister nie. Hulle sal die effek van hul ongehoorsaamheid in die natuur sien. Wees tog gehoorsaam, moenie so goddeloos optree nie. Dis dwaas! Wie sy lewe verander en doen wat die Here wil, is belangriker as baie ander wat dink dis nie nodig nie. Lewe in toewyding en gehoorsaamheid aan die Here. 22 Sep Jeremia 8:18-9:1 Psalm 79:1-9 Lukas 16:1-13 1 Timoteus 2:1-7 Die Here is bedroef oor sy volk en ly saam met hulle. Die volk beroep hulle op God se onerming, want hulle is in die moeilikheid. Werk so met jou besings dat ander ook daaruit voordeel kan put. God sluit niemand uit nie, moet dus niemand behandel asof hul uitgesluit is nie. 29 Sep Jeremia 32:1-3a, 6-15 Psalm 91:1-6, 14-16 Lukas 16:19-31 1 Timoteus 6:6-19 Daar sal weer ’n tyd kom dat dit beter sal gaan. Die Here beskerm ons van gevare omdat Hy ons lief het. Moenie dink dat – indien jy swaar kry op aarde – dit noodwendig ook so sal wees in die lewe hier- na nie. Wees tevrede met wat jy het en volg Jesus getrou na.

Die Rondebossie September 2019 · 2019. 8. 28. · Jeremia 32:1-3a, 6-15 Psalm 91:1-6, 14-16 Lukas 16:19-31 1 Timoteus 6:6-19 Daar sal weer ’n tyd kom dat dit beter sal gaan. Die

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • DIE RONDEBOSSIE

    Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

    ABSA Claremont, Rek 2870141125 Tak 632005

    Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch September 2019

    Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

    We are an inclusive family which reaches out to our community

    1 Sep

    Jeremia 2:4-13

    Psalm 81:1, 10-16

    Lukas 14:1, 7-14

    Hebreërs 13:1-8, 15-16

    Ondanks die Here se goedheid en sorg, het die volk weggedraai van Hom af.

    Die volk het voorgegee dat hulle die Here dien, maar hul dade getuig dat hulle Hom vergeet het.

    Jesus daag die geloofsgemeenskap uit om goed te doen sonder om iets terug te verwag.

    Wees ’n gemeenskap van gasvryheid en liefde, doen goed aan jou medemens.

    8 Sep

    Jeremia 18:1-11

    Psalm 139:1-6, 13-18

    Lukas 14:25-33

    Filemon 1-21

    Die Here is net goed vir sy volk, maar hulle lewe net soos hulle wil.

    Die feit dat die Here ons sit en opstaan ken is vertroostend en gerusstellend.

    Navolgers van Jesus moet bereid wees om alles op die spel te plaas ter wille van gehoorsaamheid aan Hom.

    Ontvang, beskou en behandel jou ondergeskiktes as medegelowiges.

    15 Sep

    Jeremia 4:11-12, 22-28

    Psalm 14

    Lukas 15:1-10

    1 Timoteus 1:12-17

    Die volk tree dwaas op, hulle luister nie. Hulle sal die effek van hul ongehoorsaamheid in die natuur sien.

    Wees tog gehoorsaam, moenie so goddeloos optree nie. Dis dwaas!

    Wie sy lewe verander en doen wat die Here wil, is belangriker as baie ander wat dink dis nie nodig nie.

    Lewe in toewyding en gehoorsaamheid aan die Here.

    22 Sep

    Jeremia 8:18-9:1

    Psalm 79:1-9

    Lukas 16:1-13

    1 Timoteus 2:1-7

    Die Here is bedroef oor sy volk en ly saam met hulle.

    Die volk beroep hulle op God se on5erming, want hulle is in die moeilikheid.

    Werk so met jou besi6ngs dat ander ook daaruit voordeel kan put.

    God sluit niemand uit nie, moet dus niemand behandel asof hul uitgesluit is nie.

    29 Sep

    Jeremia 32:1-3a, 6-15

    Psalm 91:1-6, 14-16

    Lukas 16:19-31

    1 Timoteus 6:6-19

    Daar sal weer ’n tyd kom dat dit beter sal gaan.

    Die Here beskerm ons van gevare omdat Hy ons lief het.

    Moenie dink dat – indien jy swaar kry op aarde – dit noodwendig ook so sal wees in die lewe hier-na nie.

    Wees tevrede met wat jy het en volg Jesus getrou na.

  • HARTSAFDRUKKE

    Voor die era van fotostaatmasjiene en ander modern tegniese hulpmid-

    dels, was daar ‘n onmisbare hulpmiddel wat allerdaags gebruik was, nl.

    DEURSLAGPAPIER. Dit word tans steeds in sekere gevalle, soos in

    kwitansieboeke, gebruik.

    Maar dit bly steeds iets wat onaangenaam is om mee te werk:

    * dit smeer maklik af aan jou;

    * dit kreukel, dit kleef vas;

    * dit is selfs moeilik om mee te werk,

    * maar die afdrukke is onuitwisbaar!

    Sit dit tussen twee velle wit papier en skryf bo-op, dan kom alles in

    duplikaat uit. Mooiste van alles is, niks kom deur op die onderste vel

    behalwe dit wat jy self bo-op skryf nie.

    Wat deurkom is JOU skrif, JOU tekens.

    So skryf ek en jy ook elke dag in die boek van ons lewe.

    Ons lewe kreukel maklik en is soms moeilik om te hanteer.

    Maar steeds bly ons afdrukke onuitwisbaar.

    Wat ons skrywe, net wat ons SELF skrywe-niks meer en niks minder

    nie, word geregistreer op die onderste vel: DIE HIERNAMAALS by

    GOD.

    Ek skrywe, jy skrywe, die lewe registreer … God lees hierdie skrif.

    Mag ons lewe so geskryf word dat ons eendag onbeskaamd voor die Reg-

    terstoel van God kan staan.

    “Help my, Here, om vandag waar ek ook al gaan , HARTSAFDRUKKE

    te laat, afdrukke van regverdigheid en deernis, van begrip en liefde, van

    barmhartigheid en vriendelikheid”

    Mag dit wat ek skryf, ‘n hart aanraak en ‘n afdruk van U liefde laat.

    Geskryf deur: James Horne

    Bo is drie van die “groot

    kanonne” wat teen

    duwelspiek uitgestap het vanaf

    Rhodes Gedenkteken.

    Regs: (Vlnr)

    Pieter Janse van Rensburg,

    Gerrit van der Merwe,

    Grant Duddy en

    ds Jan Momsen..sommer nog

    heel aan die begin van die

    roete.

    Op 3 Augustus gaan stap

    vier manne Duiwelspiek uit

    via Rhodes Gedenkteken se

    roete. Hulle beleef mooi

    uitsigte en stuur vir ons ‘n

    paar baie mooi foto’s van

    wat hulle gesien en beleef

    het. Ek wou hierdie keer

    meer foto’s plaas as

    skryf...so stap ons wat nie op

    die berg was nie...saam!

  • Links: Bertus en Betsie

    Brand het onlangs by Huis

    Lückhoff ingetrek en

    hulle lidmaatskap oor-

    gedra na ons gemeente.

    Hulle het verhuis vanaf

    Strand en is familie van

    Ansie van den Heever.

    Baie welkom julle!

    Links: Stella de Kock is nie ‘n nuwe

    gesig onder ons Huis Lückhoff -lidmate

    nie. Sy is eintlik lankal deel van ons ge-

    meente, maar sy het hierdie maand lid-

    maat geword van ons gemeente, toe ons

    haar lidmaatskap van Bellville-Uitsig

    gemeente af oorgeplaas het.

    Welkom Stella!

    Regs: Driekie en Jan Linde is ook

    nuwe gesigte by Huis Piet du Toit.

    Hulle verhuis vanaf Vishoek na

    Rosebank en plaas hulle lidmaatskap

    oor na ons gemeente.

    Baie welkom julle!

    Indien jy ‘n nuwe intrekker is of van

    iemand weet wat graag deel wil word van

    ons gemeente, skakel gerus die kerkkan-

    toor. Dit is baie lekker om nuwe gesigte

    welkom te heet.

    AUGUSTUS IS ROSEDON HUIS-MAAND

    Ons wil graag elkeen bedank wat bygedra het vir Rosedon Huis. Ons het die volgende ontvang:

    Seep 12 Roll-on 9 Waslappe 12

    Sop 1 Sout 1 Rys 1

    Blikkies 29 Tee 2 Melk 1

    T/Borsels 2 Ingelegde vrugte 2

    Sopmengsel, lensies en kekerertjies 7

    Bo: sluit ons die Rosedon Huis-maand af met NAGMAAL en nooi dr Johan ons Rosedon-lidmate om by die tafel aan te sit. Ons neem ook ‘n deuroffer van R505.40 op.

    Baie dankie vir julle omgee en bydra vir hierdie lidmate.

  • Ons neem afskeid

    Ek weet ons het reeds

    ‘n gedeelte geplaas

    oor die afsterwe van

    Petro Johanna Swart,

    maar ons wou graag die

    kinders van tannie

    Corrie Shrönen (tannie

    Petro se enigste oorbly-

    wende suster) bedank

    dat hulle haar na tannie

    Petro se roudiens

    gebring het. Dit was ‘n

    mooi nagedagtenis.

    Nagmaal by

    Grosvenor Square

    Van ons gemeentelede besoek een keer ’n maand die lidmate van Grosvenor Square. Van tyd tot tyd bedien dr Johan nagmaal aan almal wat die geleentheid bywoon.

    Skakel gerus die kerkkantoor indien jy hierdie geleentheid wil bywoon. Dit neem slegs ‘n uur van jou tyd, een keer ‘n maand om ‘n verskil te maak.

    Anna Van Wyk 09/04

    Vic Proctor 09/05

    Betsie Rabbolini 09/08

    Paula Marais 09/10

    Karen Bagnall 09/11

    Marie Coetzee 09/11

    Irine Wucherpfennig 09/11

    Thelma Raath 09/12

    Rosemary Steenkamp 09/12

    Stefan Weitz 09/12

    Doreen Kalamdien 09/13

    Charlotte Janse V Rensburg 09/16

    Eden Russell 09/16

    Juanita Du Plessis 09/17

    Maatjie Greeff 09/19

    Philip Geldenhuys 09/20

    André Swart 09/20

    Babette Van der Linde 09/22

    Elizabeth Kluge 09/23

    Ena Regenstein 09/23

    Coert Snyman 09/23

    Stella De Kock 09/24

    Adrian Richter 09/27

    Maria Opperman 09/28

    Leeza Theron 09/28

    Maggie Swart 09/29

    Brink Nelson 09/30

    Dit is amper tyd vir Taizé

    2019. Help ons om dit ‘n

    wonderlike ondervinding

    te maak vir dié wat van

    ver af kom. Daar is nog ‘n

    laaste kans om jou huis

    oop te maak...