4
Verjaardae hierdie week Saterdag 9/2 Mark Du Piesanie, 8G Juandré Gilbert, 12B Saskia Van Rooyen, 11E Sondag 10/2 Tristan De Vos, 12F Jade Francois, 8F Maandag 11/2 Andrea Hanekom, 11A Josie-Lee Strauss, 9A Dinsdag 12/2 Ivania Fourie, 8G Tristin Kearns, 9B Joléne Nel, 8G Thriscka Stapelberg, 9A Woensdag 13/2 Geen Donderdag 14/2 Geen Vrydag 15/2 Dylan Norton, 12F Divan Stapelberg, 11G Christopher Turner, 10F Elke skool staan jaarliks voor unieke uitdagings. Uitdagings wat in die meeste gevalle spruit uit die doelwitte wat daar gestel word, en die gemeenskaplike wil om hierdie doelwitte te bereik. Net so staan Framesby telkens maar voor groot uitdagings, en dis in groot nederigheid en erkentlikheid dat ons kan getuig dat die meeste uitdagings jaarliks grootliks oorkom word, grootliks weens ‘n “onverklaarbare” ysere wil om dit wel te doen. “Onverklaarbaar”, omdat in ons samelewing individue toenemend net hul eie belange najaag. Hier by Framesby is dit nie noodwendig anders nie, maar tog staan mens soms verstom voor die gees van samehorigheid en omgee wat na vore tree wanneer dinge bietjie taai begin raak. Dit is ook opvallend dat die algemene gees binne ons skoolgemeenskap die laaste jaar of wat baie meer positief geraak het. Juis daarom kan ons optimisties kyk na die uitdagings op ons skool se pad. Die grootste hiervan is sekerlik die welstand van elke leerder in die skool, in watter mate elkeen die skool as ‘n tweede tuiste ervaar en elkeen die geleenthede gebied word om werklik sy of haar volle potensiaal te verwesenlik. Hierdie uitdaging word deur elke lid van ons personeel as persoonlik ervaar en benader. Mag elke leerder en ouer in 2019 ervaar dat Framesby meer as net ‘n skool sal wees, en dat elkeen hier tuis en gelukkig sal wees. Die tweede groot uitdaging is om net die beste aan al ons leerders te bied. Om te handhaaf en bou is ons leuse, maar finansieël kan die skool beswaarlik handhaaf. Van bou is daar min sprake. Dit wil voorkom asof daar ‘n persepsie onder sommige ouers is dat skoolfonds ‘n arbitrêre aangeleentheid is en dat die betaling daarvan nie die hoogste prioriteit behoort te geniet nie, want die Skolewet maak voorsiening vir vermindering. Elke ouer wat die beste vir sy of haar kind wil hê, behoort alles in sy of haar vemoë te doen om die maksimum skoolgeld moontlik te betaal. As elkeen eerlik is oor wat hy of sy werklik kan bekostig, en dit getrou betaal, sal hierdie skool ongekende hoogtes kan bereik. Die geheim lê daarin dat elke ouer en elke onderwyser mekaar ten volle moet kan vertrou dat net een ding belangrik is, en dit is die beste belange van elke kind. Baie dankie aan die groot getalle ouers wat reeds hul volle skoolgelde betaal het, en aan elkeen wat absoluut getrou hul verpligtinge nakom. Saam kan ons ‘n ongelooflike toekoms bou! Beheerliggaam- tussenverkiesing 25, 26 of 27 Februarie 2 vakatures Wees beskikbaar! Valentynsdans 22 Februarie “Save the date!” Baie dankie aan al ons leerders wat die afgelope naweek Framesby se naam so positief uitgedra het. Ons atlete het GROOT indruk gemaak by die PE- hoërskole, ons tennisspan het uitstekend gevaar in Bredasdorp, ons krieketspanne het skoonskip gemaak en ons VCSV takkamp was baie geseënd! Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie! Uitgawe 170: 11 Februarie 2019 Kontakbesonderhede: [email protected] Die uitdagings op ons pad

Die uitdagings op ons pad tussenverkiesing...Wehan Smith en Jason Crous. Atlete gaan groot by pe-skole!! Tennisspan hou ons naam hoog! Ons tennisspan het die afgelope naweek na Bredasdorp

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die uitdagings op ons pad tussenverkiesing...Wehan Smith en Jason Crous. Atlete gaan groot by pe-skole!! Tennisspan hou ons naam hoog! Ons tennisspan het die afgelope naweek na Bredasdorp

Verjaardae hierdie week

Saterdag 9/2

Mark Du Piesanie, 8G Juandré Gilbert, 12B

Saskia Van Rooyen, 11E

Sondag 10/2 Tristan De Vos, 12F Jade Francois, 8F

Maandag 11/2

Andrea Hanekom, 11A Josie-Lee Strauss, 9A

Dinsdag 12/2

Ivania Fourie, 8G Tristin Kearns, 9B

Joléne Nel, 8G Thriscka Stapelberg, 9A

Woensdag 13/2

Geen

Donderdag 14/2 Geen

Vrydag 15/2

Dylan Norton, 12F Divan Stapelberg, 11G

Christopher Turner, 10F

Elke skool staan jaarliks voor unieke uitdagings. Uitdagings wat in die meeste gevalle spruit uit die doelwitte wat daar gestel word, en die gemeenskaplike wil om hierdie doelwitte te bereik. Net so staan Framesby telkens maar voor groot uitdagings, en dis in groot nederigheid en erkentlikheid dat ons kan getuig dat die meeste uitdagings jaarliks grootliks oorkom word, grootliks weens ‘n “onverklaarbare” ysere wil om dit wel te doen. “Onverklaarbaar”, omdat in ons samelewing individue toenemend net hul eie belange najaag. Hier by Framesby is dit nie noodwendig anders nie, maar tog staan mens soms verstom voor die gees van samehorigheid en omgee wat na vore tree wanneer dinge bietjie taai begin raak. Dit is ook opvallend dat die algemene gees binne ons skoolgemeenskap die laaste jaar of wat baie meer positief geraak het.

Juis daarom kan ons optimisties kyk na die uitdagings op ons skool se pad. Die grootste hiervan is sekerlik die welstand van elke leerder in die skool, in watter mate elkeen die skool as ‘n tweede tuiste ervaar en elkeen die geleenthede gebied word om werklik sy of haar volle potensiaal te verwesenlik. Hierdie uitdaging word deur elke lid van ons personeel as persoonlik ervaar en benader. Mag elke leerder en ouer in 2019 ervaar dat Framesby meer as net ‘n skool sal wees, en dat elkeen hier tuis en gelukkig sal wees.

Die tweede groot uitdaging is om net die beste aan al ons leerders te bied. Om te handhaaf en bou is ons leuse, maar finansieël kan die skool beswaarlik handhaaf. Van bou is daar min sprake. Dit wil voorkom asof daar ‘n persepsie onder sommige ouers is dat skoolfonds ‘n arbitrêre aangeleentheid is en dat die betaling daarvan nie die hoogste prioriteit behoort te geniet nie, want die Skolewet maak voorsiening vir vermindering. Elke ouer wat die beste vir sy of haar kind wil hê, behoort alles in sy of haar vemoë te doen om die maksimum skoolgeld moontlik te betaal. As elkeen eerlik is oor wat hy of sy werklik kan bekostig, en dit getrou betaal, sal hierdie skool ongekende hoogtes kan bereik. Die geheim lê daarin dat elke ouer en elke onderwyser mekaar ten volle moet kan vertrou dat net een ding belangrik is, en dit is die beste belange van elke kind. Baie dankie aan die groot getalle ouers wat reeds hul volle skoolgelde betaal het, en aan elkeen wat absoluut getrou hul verpligtinge nakom. Saam kan ons ‘n ongelooflike toekoms bou!

Beheerliggaam-

tussenverkiesing

25, 26 of 27 Februarie

2 vakatures

Wees beskikbaar!

Valentynsdans

22 Februarie “Save the date!”

Baie dankie aan al ons leerders wat die afgelope naweek Framesby se naam so positief uitgedra het.

Ons atlete het GROOT indruk gemaak by die PE-hoërskole, ons tennisspan het uitstekend gevaar in

Bredasdorp, ons krieketspanne het skoonskip

gemaak en ons VCSV takkamp was baie geseënd!

Weeklikse nuusflitse vir ‘n ingeligte Framesby-familie!

U i t g a w e 1 7 0 : 1 1 F e b r u a r i e 2 0 1 9 Kontakbesonderhede: [email protected]

Die uitdagings op ons pad

Page 2: Die uitdagings op ons pad tussenverkiesing...Wehan Smith en Jason Crous. Atlete gaan groot by pe-skole!! Tennisspan hou ons naam hoog! Ons tennisspan het die afgelope naweek na Bredasdorp

Framesby is trots op ....

Saterdag 9 Februarie

Sondag 10 Februarie

Maandag 11 Februarie

Dinsdag 12 Februarie

Woensdag 13 Februarie

Donderdag 14 Februarie

Vrydag 15 Februarie

Atletiek: PE

Hoërskole Tennis:

Bredasdorp Top5

Dag 1 Toetsdag MB-saal

Dag 2 Dag 3 Dag 4 Valentynsdag Toetsdag

Dag 5

Program vir hierdie week

Krieketspanne van gaan van krag tot krag Ons krieketspanne vaar die laaste tyd oor ‘n breë

front uitstekend. Ons is in die bevoorregte posisie om vier senior spanne en vier junior spanne in die veld te kan stoot, en die manne maak ons baie trots!

Ons het verlede week berig oor die toer na Mossel-baai. Die eerstespan het uitstekend gevaar om beide wedstryde op die toer te wen. Intussen het die tweedes (die “Guns”) met ‘n span van Grey afgereken, terwyl die derdes en vierdes elke week uitstekend vaar. Die derdes het teen die Global Leadership Academy op Jeffreysbaai gespeel en die vierdes teen Westview. Ons het beide die wedstryde gewen.

Die afgelope naweek het ons teen Nico Malan gespeel en die eerstes het uitstekend gevaar. Nadat ons 255 vir 5 aangeteken het, is Nico Malan vir ‘n skamele 80 lopies uitgehaal. Ons O/15’s het met 75 lopies gewen, en in die week het die derdes afgereken met die Global Leadership Academy en die 4des met Westview. Baie geluk manne! Doen so voort!

Gholfspan slaggereed vir glorie! Oor die jare het Framesby homself gevestig as een van die sterkste gholfskole in die Oos-Kaap, en alles dui daarop dat die 2019-seisoen groot belofte inhou. Ons eerstespan speel tans uitstekend en ná 4 rondtes in die plaaslike skole-liga lê ons in die tweede plek. Hoërskool Kirkwood beklee die eerste plek.

Omdat die eerste twee spanne in die liga die provinsie by die SA Skoletoernooi gaan verteenwoordig, is daar meer as genoeg motivering om ons beste te gee hierdie seisoen

Gedurende die seisoen gaan ons aan verskeie toernooie deelneem, waarvan die eerste reeds van 15 tot 17 Februarie by Eersterivier plaasvind. Baie sterkte met die voorbereiding.

Spesiale melding moet gemaak word van Zahn Scholtz, wat reeds verlede jaar die OP-Vrouespan gehaal het. Sy is tans die No. 1-vrouespeler in die provinsie. Baie geluk, Zahn! Ons is baie trots op jou en al ons gholspelers. Ons sien uit na wonderlike uitslae!

Ons eerste gholfspan: Michael Randall (Kapt.), Ferdi Röth, Zahn Scholtz en Hughie Moffat.

Page 3: Die uitdagings op ons pad tussenverkiesing...Wehan Smith en Jason Crous. Atlete gaan groot by pe-skole!! Tennisspan hou ons naam hoog! Ons tennisspan het die afgelope naweek na Bredasdorp

Tydens die PE-Hoërskole-atletiekbyeenkoms, wat die afgelope naweek by NMU plaasgevind het, het die Framesby-atlete behoorlik uit hul velle deelgeneem en presteer. Nie net het altesaam 94 atlete deurgedring na die Metro-byeenkoms nie, maar het ons atlete ‘n ongelooflike 51 eerste plekke behaal. Die aantal atlete wat deurgedring het is 20 meer as die gemiddelde vir die afgelope 5 jaar! Ons het verder 6 van die 10 aflosse gewen, en in die ander 4 was ons tweede! Om alles te kroon het 7 van ons atlete die byeenkomsrekord in hul item verbeter. Hulle is Zanri Black, met ‘n 48,20 sek in die 300m hekkies, dogters O/14, Hugo Notnagel, met ‘n pragtige 10,14m in die S/14-driesprong, Gerhard Venter met ‘n tyd van 5:04,79 in die S/15 1500m hindernis, Conrad Dames, met 11,53m in die driesprong S/15, Monique van Rooyen, met 33,40m in die D O/16-spiesgooi, De-leon Strydom, met 6:35,79 in die 2000m hindernis S O/17, en Johan van Biljon met 14,93m in die S O/17-gewigstoot. Baie geluk!

Na afloop van die byeenkoms is die top 30 prestasies aangekondig, en vier van ons seuns en sewe dogters pryk op hierdie ranglyste. By die seuns is hulle Tiaan Erskine (Hamergooi SO/17) 2de, De-leon Strydom (2000m hindernis en 1500m) 8ste en 28ste, Freddie Steffens (3000m hindernis) 11de, en Gerhard Venter (1500m) 15de. By die dogters het Charnleigh Kotze die 2de plek ingeneem (gewigstoot), Zanri Black die 6de en 13de plekke (300m hekkies en 400m), Monique van Rooyen die 7de plek (gewigstoot), Anneke de Ridder in die 14de plek (90m hekkies), Karla Scheffer in die 18de plek (400m), Lara de Bloe in die 28ste plek (5000m) en Semon van der Westhuizen in die 30ste plek (gewigstoot). Baie geluk aan julle almal!

Ons GROOT uitblinker by die byeenskoms was Monique van Rooyen. Sy het ‘n ongelooflike VYF eerste plekke behaal, naamlik in die gewigstoot, diskus, spiesgooi, verspring en driesprong. Dis ‘n wonderlike prestasie, Monique! Baie geluk ook aan die volgende atlete wat een of meer eerste plekke behaal het: Zanri Black (3), Keigh-Lee van Tonder (2), Karla Scheffer (2), Marike Louw (2), Anja Webber (2), Michael Spinks (2), Conrad Dames (2) en Johan van Biljon (2), Anika de Ridder, Mienke Deyzel, Milla Otto, Karla Strydom, Jana Terblanche, Charn-Leigh Kotze, Charne Smit, Leigh Snyman, Trischke Stapelberg, Shani van Heerden, Melissa Hamilton, Kelly Schmidt, Lara de Bloe, Melissa Els, Claire Strydom, Kara van Heerden, John-Niklas Antonio, Aiden Gericke, Hugo Nothnagel, Travis van Tonder, Francois Vosloo, Gerhard Venter, Juan Baard, Corne Scheepers, Tiaan Erskine, De-leon Strydom, Wehan Smith en Jason Crous.

Atlete gaan groot by pe-skole!!

Tennisspan hou ons naam hoog! Ons tennisspan het die afgelope naweek na Bredasdorp gereis om daar aan T4J-toernooi vir skole deel te neem. Van die beste skole was teenwoordig, en ons span het uitstekend gevaar om vierde te eindig uit die 12 spanne. Ons het aansienlik verbeter op verlede jaar se vertoning en gekwalifiseer vir die bekergroep. Baie geluk aan al ons spelers! Intussen het ons verneem dat ons twee top-dogters gekies is om die OP binnekort te verteenwoordig. Carli van Onselen en Leila Nel sal van 15 tot 19 Maart deelneem aan ‘n interprovinsiale toernooi in Pretoria. Baie geluk en sterkte met die voorbereiding! Baie geluk aan al ons tennisspelers met die pragtige vertoning in Bredasdorp. Ons is trots op julle!

Page 4: Die uitdagings op ons pad tussenverkiesing...Wehan Smith en Jason Crous. Atlete gaan groot by pe-skole!! Tennisspan hou ons naam hoog! Ons tennisspan het die afgelope naweek na Bredasdorp

Egte meegevoel Egte meegevoel is ’n vrug van die liefde. Daarom is dit spontaan by ons aanwesig as iemand wat baie naby aan ons is, deur een of ander vorm van leed getref word. ’n 0uer kry seer as sy kind seerkry, net soos ’n kind op sy beurt weer meely in die smart van sy ouer. ’n Man en vrou wat mekaar liefhet, deel al hul smart. Rondom die gesin kring die groep mense met wie ons meegevoel het, vanself verder uit om familie en vriende in te sluit, asook diegene by wie ons betrokke is. Dit is egter duidelik dat hierdie spontane soort medelye dikwels net beperk bly tot ons eie klein kringetjie. Daarin is dit feitlik maar net die verlengstuk van ons liefde vir onsself en vir almal wat aan ons behoort of by wie ons direk belang het. Dit is op sigself goed dat ons hierdie soort spontane simpatie ken, maar dit is natuurlik nie genoeg nie. Die spontane simpatie met my eie mense en vriende is iets algemeen mensliks. Dit is deur Gods algemene genade nog oral in die wêreld aanwesig. Maar juis daarom is dit ook nog nie spesifiek-Christelik nie en, tensy dit deur die Christelike liefde verdiep en geheilig word, selfs benede-Christelik. Dit val dan in dieselfde kategorie as die soort wellewendheid waarvan Jesus in die Bergrede praat: dat mense net hul broers groet, of net diegene liefhet wat vir hulle liefhet (Matteus 5:46–47). So maak wêreldse mense ook maar, sê Jesus; dit vertoon nog geen ooreenkoms met hoe God self maak en wat Hy dus van ons as sy kinders ook verwag nie. Kinders van God moet alle mense liefhê, selfs hul vyande. Die egte kwaliteit van die Christelike liefde bestaan juis daarin dat dit nie halt hou by diegene vir wie ons van nature en spontaan liefhet, omdat ons daarby belang het nie. Net so is ook die egte medelye met ander mense eers Christelik as dit die vrug van die Heilige Gees in ons lewe is en uitgaan tot alle mense wat leed moet verduur. Aan hierdie soort medelye het ons in ons land ’n groot behoefte. Daar is soveel naamlose lyding en ellende in baie gemeenskappe in ons land. Armoede en honger, vrees en smart stempel die lewe van baie mense. Daar sterwe daagliks mense wat ook iemand se kinders of eggenote of ouers of dierbares is. Dikwels neem ons nie eens kennis daarvan nie, en as ons daarvan in die media iets verneem, trek·ons ons daarvan nie soveel aan nie, omdat dit buite ons leefwêreld om gebeur. Die Christelike liefde eis egter van ons dat ons wel van hierdie dinge kennis moet neem. Ons mag nie onsself gerieflik afgrens van andere se pyn nie. 0ns mag nie dink dat hulle tog maar nie soos ons is nie, en dus ook seker nie soveel pyn as ons· ervaar as ’n dierbare doodgemaak word of ander ellende hulle tref nie. Eers as ons daarin slaag om oor en weer vir mekaar jammer te wees, sal dit moontlik wees om egte vrede in ons land te vind. UIt Die Burger, 2 Mei 1996

toetsreeksrooster Soos verlede week berig, sal daar in die volgende paar weke heel\wat SGA-aktiwiteite afgehandel word, en in die proses ook ‘n klompie kontroletoetse geskryf word. Aan die einde van die kwartaal word daar 4 dae opsygesit om voorsiening te maak vir ‘n mini-toetsreeks. Op hierdie dae word voorsiening gemaak vir 2 toetse per dag. Daarmee saam sal daar op Donderdag 7 en Vrydag 8 Maart ‘n toetsgleuf aan die begin van die dag ingeruim word om alle toetse te kan akkommodeer. Die voorlopige rooster hiervoor is as volg:

Gr 8 Gr 9 Gr 10 Gr 11 Gr 12 7 Mrt

EBW Teg Wis/WG

8 Mrt

FW Geo Geo

11 Mrt

1 Eng Eng Eng

2 Eng Eng

12 Mrt

1 Wisk FW Rek Wis/Wg LW

2 LO CAT BS

13 Mrt

1 Gesk Wisk FW Geo Rek

2 Geo CAT Geo

14 Mrt

1 Teg EBW BS FW Wis/WG

2 LO Gesk

Finale reëlings volg binnekort.

Ons Innige meegevoel met hoërskool driehoek

Die tragedie verlede week by die Hoërskool Driehoek het die hele land geruk. Mag almal wat direk geraak is die onbeskryflike Liefde en Genade van Bo ervaar in hierdie swaar tyd.