4

Dinamiet

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dinamiet

Citation preview

Page 1: Dinamiet
Page 2: Dinamiet

Dinamiet 2de Uitgawe - 2014

Bladsy 2

Karakters in die skoolstorie

Ons kry te doen met verskillende karakters in die skool. Party is moeiliker om te verdra as ander. Eerder bang Jan as dooie Jan? Einstein se agterkleinkind Hierdie persoon weet ALLES en daar is niks wat hulle nie kan doen nie. Dit is sy hand wat altyd in die lug is, sodat hy kan bewys dat hy ‘gravity’ kan ‘defy’. Die ‘Player’ Almal ken so ‘n iemand. Hy is ongelooflik ‘sexy’ en laat elke meisie na haar asem snak. Hy behoort uitgereik te word met ‘n ‘warning sign’: “hartebreker”. Red: Pat/Faf (wink-wink) Sannie Vertraag Hierdie meisie huil altyd, want 1) óf haar ou het haar gelos óf 2) haar skoothondjie is dood. (Tragies…) Red: Sarkasties??? Die Warrelwinde Dit is die groep mense wat jy versigtig moet hanteer. Hulle is die ‘coolste’ onder die son. Hulle het een plek waar hulle sit en mag jou siel bewaar word as jy daar gaan sit. Die ‘Trust Fund Baby’ Hulle is geneig om hulle neuse in die lug te hou en hulle dra net die beste klere. Hoekom? Want Pappa is ryk. “Daardie kinders” Die kinders pas nêrens in nie en saam vorm hulle ‘n eie ding. Hulle is gewoonlik die mense wat die meeste glimlag. Melandré van Lill

Almanak

Julie 2014 6-11: Kriekettoer na Ben Vorster 21: Skole open en UJ Road Show

23: Bloedbank 24: Gr 9: Vakkeuse Oueraand Landloop: Liga 1 Meyerplaas 26: Rugby – Goue Leeus Finaal

Augustus 2014 01: Wetenskap Klub 02: Redenaars: Suid-Gauteng 08-15: Eisteddfod 09: Vrouedag 12: Landloop: Liga 4 – Alberton Dam 14: UK & Finansiële Kom. – 18:00 15: Eisteddfod 18-20: Revue 20: Landloop: Kampioenskappe: Alberton / Germiston 21: Rendezvous Gala-aand 28: Beheerliggaamvergadering – 18:00 29: Wetenskap Klub Landloop: Distrikkampioenskappe

September 2014 3: Gr 12 Rekordeksamen begin

9-10: Gr 11: English Festival – Wits 13: Landloop: Gauteng Kampioenskappe 16-18: Gr 8 & 9 ANA

18: UK & Finansiële Kom – 18:00 19: Wetenskap Klub 24: Erfenisdag

Oktober 2014 2: Matriekdans 3: Skole Sluit 3-4 Landloop: SA Kampioenskappe: Richardsbaai /Durban

Akademiese Boffins

Ons is baie trots op Nico wat soos elke jaar voet in die hoek sit en vir ons wys hoe hard hy werk. Dis nie enige tipe persoon wat met Chappies papier-tjies in Mev. Tomes se klas kan sit en speel nie; dit vereis toewyding, deursettings-vermoë en baie “guts”. Moet nooit jou toewyding verloor nie en wys ons hoe hard jy regtig kan werk. Nog iemand waarop ons trots is, is Dietrich. Na ‘n goeie poging om stiller te wees in die Biologie klas, het hy dit steeds nie reggekry nie, maar ons is seker dat jy goeie uitslae sal behaal die jaar. Aan al die ander matrieks, baie sterkte met julle honderde eksamens. Red Bull, chocolate en koffie: dit sal die ding doen. Aan al die ander grade, baie sterkte vir julle jaar ook. Red: Live happily ever intelligent. Clarissa en Gerrie

.

In die Wiskundeklas

Ek kwadreer en halveer – hoe hard ek ook al konsentreer, ek kry nie my werk begin nie. Niks maak meer sin (of cos of tan) nie! Hoe moet ek aan die dink bly met jou hier reg voor my? Ek het gedink jy verstaan. Jy was my hele bestaan Maar voordat ek kon keer het jy my tot ‘n negatief geminimaliseer Martie Kruger

Nuwe taal

jfrou k stuur vi jou n gedig sonder jou ree:ls wat se^ kom lees my jfro op Fbook kom leer by ons jfrou dat vriend ni meer net n snw is ni Izak de Vries

Red: Angesien os afr fier

ENERGIE

Die geheim van die lewe is om nie jou energie

te mors op slegte dinge nie, maar te gebruik

om te verbeter, te groei.

Laat geloof – ook in jouself – jou brandstof

wees. Wees ‘n lig in ander se lewens en

gloei elke dag! Marelise van Jaarsveld

P.S. Arnu van Wyk en Jennie de Jager het deurgedring na die semi-finaal

van die ATKV redenaars. Met hierdie twee sal ek beslis nie redeneer of

argumenteer nie. (So ‘n mond kort jêm, sê Ouma mos.)

Kultuuraand

Op die 27ste Mei 2014 het die kultuurkomitee hulle jaarlikse talentaand

gehou. Daar was baie talent. In die derde plek is Jessica Venter vir sang.

Tweede was Kayla Vorster vir haar monoloog. Die wenners: die boetie-

sussie dans-kombinasie, Genique en Nathan Hammond. Nog uitblinkers

was Pink Floyd in Nico Walker en Mark Knopfler as David Francis. Die

video’s van hierdie puik optredes is op facebook beskikbaar.

Die Kultuurkomitee ‘rock’!

Energie loop hoog in die kultuurkomitee: Ons is kultuur-mal en ons

weet van dans en van ‘jive’. Tydens videoproduksies en by die

kultuuraand het ons baie gelag en hard gewerk. Die tema was Rock and

Roll en het ons ge-‘rock’! Dankie vir elke lid se harde werk en baie geluk

aan die wenners!

Die 2013/14 kultuurkomitee is beter as die beste!

Page 3: Dinamiet

Dinamiet 2de Uitgawe - 2014

Bladsy 3

Spiere…

Netbal Soos altyd vaar die netbal baie goed. Ons is baie trots op al ons netbal spanne wat so goed gedoen het in die Super Reeks. Dinamika was die algehele wenners van die hele reeks. Drie spanne gaan deelneem aan die Gauteng kampioenskappe, wat die naweek van 13/06/2014 plaasvind. Baie geluk aan Amorie de Ru, Clarissa Bellingan, Clarrisa Chalken en Cozmo Nel wat die Gauteng netbalspan gehaal het. Hokkie Hokkie gaan ook altyd goed, soos die Super Reeks, die liga en die Spur projek duidelik spreek. Stienie Moloi het die Oos-Gauteng span gehaal. Julle het baie mooi gespeel hierdie jaar. Red: die eerste span rokkies was vuurwarm.

Ons is baie trots op ons seuns hokkie span wat vir EG Jansen met die telling 4-3 geklop het, julle is ‘awesome’!

Rugby Net soos al ons ander sportspanne is ons rugby energiegedrewe en tackle al wat ‘n mens is. Dankie dat julle vir ons sulke puik wedstryde gee om na te kyk. Julle laaste tuis wedstryde van die jaar was... absoluut great. Die eerstespan ontgroening was seker die hoogtepunt van die rugbyseisoen. Die haarlose monsters het die ander spanne laat huil. Ons gaan julle mis en ons is bly julle hare het teruggegroei.

Noodhulp Sonder die noodhulp kon ons sport nie bestaan het nie, want hulle fix ons wanneer ons gebreek is. Dankie daarvoor, julle is ‘super’. Sterkte met julle verdere eksamens!

“GLOBAL WARMING”

Wetenskaplikes sê vir ons dat een van “Global Warming” se eienskappe is dat die weerpatrone meer en meer “extreme” gaan word. Warm tye gaan warmer word, koue tye kouer, meer storms met vloede, hael en swaar sneeuneerslae. Ek dink dit het duidelik geword vir ons dat hierdie voorspellings redelik akkuraat is en hier is om te bly. Storms maak ons redelik bang want ons verloor beheer oor ons lewe en sit met rukke net in skuilings terwyl ons bid en wag dat dit verby moet gaan. In ons lewens ervaar ons ook ander tipe storms. Ons het verhoudings wat sleg word, ons verloor ons werk, ons druip ‘n jaar of ‘n vak of ‘n kursus, ons staan langs kiste van ons geliefdes wat oorlede is, ons sit langs hospitaalbeddens van geliefdes wat dodelik siek is, ons maak die koskaste oop en sien absoluut niks daar nie.

Dinamika se helpende hande

Dinamika het twee groot plaaslike welsynsprojekte geloots. Die kinders was gretig om te help en het ‘n groot sukses gemaak van die Hondjieprojek (waar daar vir hondjies kos ingesamel is) en die Skryfbehoefteprojek (waar ons vir +- 200 kinders skryfbehoeftes ingesamel het). Dit was ‘n goeie inisiatief en baie lekker om ander mense te help. Met die Rustenburg-projek wys Namiete dat hulle harte wyd klop. Dankie almal!

Vra vir Vaatjie

Liewe Vaatjie Ek het uiteindelik die moed opgebou om die mooiste meisie in my graad op ‘n ‘date’ te vra en sy het JA gesê! Maar die probleem is ek het nog nooit vantevore ‘n meisie gehad nie en ek weet nie waar om haar te vat op die date nie?? Asseblief help! Vrolike Faan

Liewe Vrolike Faan Meisies van alle ouderdomme is beslis drama. Ek dink die perfekte plek waar julle mekaar kan leer ken is waar melk-skommels gedrink kan word. En dan kan jy haar ‘movies’ toe vat. Laat sy kies wat julle kyk! Al is dit ‘n ‘chick’ fliek, byt maar vas, sy sal dit waardeer! Sterkte my vriend! Vaatjie

Dagbestuurbal

Vanjaar se dagbestuurbal, met die tema 'James Bond', was soos ‘n Martini nadat ‘n hoogs geheime misie suksesvol afgehandel is. ‘Shaken, not stirred’ met ‘n dinamitiese aanslag: James en sy skoonhede sou nie kon kers vashou by ons eie nie: rokke wat asems wegslaan, en ouens (en hul pakke) wat hakskoene laat swik tydens die pragtige aand, goeie kos en beter geselskap! (En wie het geweet Dagbestuur kan sokkie?!)

Baie sterkte met die 2015 Dagbestuurverkiesing!

Meeste mense op aarde stem saam dat dit nie God is wat

hierdie storms in hulle lewe veroorsaak nie. Hulle raak

egter baie gou mismoedig oor hoekom die Almagtige God

nie hierdie storms wegneem uit hul lewens nie. Ons moet

egter onthou dat die Vader ‘n ander prentjie as ons sien. Hy

sien hoe Hy jou krag gee om deur hierdie storm te kom. Hy

sien hoe hierdie storms jou vorm. Hy sien hoe jy oor ‘n jaar

of tien vir jouself en vir ander ‘n groot “blessing” kan wees

as gevolg van die lesse wat jy in die storm geleer het.

Hierdie is maklike woorde om te sê vir iemand wat

buitekant ‘n storm staan . Maar dit help nie juis vir hulle

wat aand na aand hulleself aan die slaap huil as gevolg van

‘n storm in hul lewe nie. Vir hierdie mense wil God ons ‘n

Woord leer wat ons aan onsself en aan ons geliefdes moet

vasmaak. ‘n Woord wat jy moet glo!!!!

1 Korintiërs 10:13: God is getrou, Hy sal nie toelaat dat julle bo

julle kragte versoek word nie.

C. Van der Schyff

Page 4: Dinamiet

Dinamiet 2de Uitgawe - 2014

Bladsy 4

Kopkrapper

Rendezvous 2014 18 tot 21 Augustus in die skoolsaal, by Hoërskool Dinamika. Ja-nee, maak vas die sitplekgordels vir een van Dinamika se legendariese revues. Soos die Franse woord, ‘rendezvous’ (spreek uit, rondewoe) sê: Kom ons vergader by die afgespreekte plek vir n verbysterende belewenis. By Dinamika is die kultuurseisoen jaarliks nog ‘n hoogtepunt. Die kultuurdiere kruip uit en selfs die spiertiere sit vir ‘n wyle rugbytoks, hokkiestokke, tennis- rakette, krieketkolwe en netbalballe in moeksie of poeksie se hande om op die verhoog te zirts vir die vooordrag, sangitem of dansnommertjie, wat ondersteuners en skeptici ewe oopmond laat. Sterkte aan almal wat gaan deelneem aan die Eisteddfod! Mag ons Hemelse Vader julle ryklik seën sodat julle harde werk soet vrugte oplewer. Henlo Oosthuizen

Vaarwel

Dis byna Julie, wat beteken dat die jaar al verby halfpad klaar is. Daarom is dit tyd om nuwelinge op te lei as volgende redaktrise van die Dinamiet en daarmee saam ‘bye’ te sê. Dit was ‘n lekker ervaring, en ‘n great geleentheid om my namie-wereld te verken. ‘Memories’ wat nooit kan verlore gaan nie, is gedokumenteer! Dankie aan Mev. de Kock: Juff het vir ons baie leiding gebied wat dié sukses-storie maak! Gerrie: jys net absoluut ‘great’! Ek gaan jou ‘partnership’ mis! Hiermee saam wil ek ook vir al die Matrieks sê: Wakker skrik, ons is amper klaar! Vir die gr 11's: kies goeie leiers wat die Namie-baadjie waardig is. Vir die onderwysers en Mnr Vollaard wil ek die laaste geleentheid aangryp om namens al die matrieks dankie te se vir die liefde, leiding, lojaliteit en voorbeeld van formaat wat julle vir Dinamika se leerlinge bied. En laastens vir al my mede-namies sê ek: gaan groot en reik na die lig! Ek hoop en vertrou dat ons nuwe redaktrises (meervoud) Lindie Janse- v Rensburg en Liori Louw hulle goed van hul taak sal kwyt en die ‘legacy’ sal uitbrei! Trotse Namie verewig. -RED (Clarissa Bellingan) “A teacher affects eternity; he can never tell where his influence stops.” Henry Adams

Microwaves aren’t just for cooking…

I woke up in a haze of confusion. Everything

seemed blurry, even after I had wiped the sleep

from heavy lids.

Suddenly, from the corner of my eye, I saw a

movement. I rolled my eyes slowly, holding my

breath. Then I saw it: standing next to my bed, was a creature unknown to this

planet. He stared at me with blank, wide eyes. I gasped and started screaming.

He joined in on the screaming. I was confused and looked at him, tilting my

head.

He copied my every move. “Maybe he’s lost… or I’m dinner?” I thought. I

forced a smile and said, “Hi.” He echoed me again. His voice was different, as if

the sound was travelling from his throat, to his nose and back to his mouth. “Are

you lost?” My voice was shaking with every vowel. He looked at me blankly, as if

he was processing what I had just said. I held my breath when he opened his

mouth.

“I am lost,” he said. “Help me.”

I held on to my purple, fluffy blanket, so as to protect myself. I asked him

where he came from and he said, “From your microwave.” I wanted to laugh but

swallowed instead. He probably saw the confusion on my face, because he went

on: “I come in peace. I am from a planet many light years away. We experiment

with micro waves. You use microwaves for warming your food, while we use

them for transportation. When I arrived last night, something went “poof!” and

now I can’t go back. Please help me?” While I was trying to process the

information, he held out his hand as if to say, “Come”.

I realised that he meant no harm, so I went. In the kitchen I saw that the globe

had blown. I quickly fetched a new one from the electronics drawer while he

closely watched my every move. “I bet you’ll have a story to tell when you get

back,” I said, trying to crack a joke but he just kept staring.

The globe was replaced. “When I’m inside, select Power, switch it on 70

percent and the combination 17352, then push ‘start’,” he said. He climbed into

my microwave. With shaking hands I did as I was told and when I pressed ‘start’,

he disappeared.

I went to my bed, trying to wrap my head around what had just happened. I

told myself to play it off as only a dream, because no one in her right mind would

believe me anyway. Deidré Greyling, grade 11 June exams