86
Jy word genooi op ‘n 40 DAE Geestelike Reis na ‘n meer VRYGEWIGE LEWE - o O o – Ingesluit: Skrifgedeeltes Inspirerende Artikels Weeklikse Werkblaaie Onderwerpe vir Bespreking - o O o - 1

Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Jy word genooi op ‘n 40 DAE

Geestelike Reis

na ‘n meer

VRYGEWIGE LEWE

- o O o – Ingesluit:

SkrifgedeeltesInspirerende Artikels

Weeklikse WerkblaaieOnderwerpe vir Bespreking

- o O o -

1

Page 2: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Oor die skrywer

Brian Kluth se lewe is herskep deur Jesus Christus terwyl hy geleer het om volgens die waarhede van God se Woord, soos uiteengesit in hierdie boekie, oorvloedig te lewe en te gee. Vandag word sy Vrygewigheidsmateriaal versprei in meer as 100 lande onder predikante, leiers en mense in duisende gemeentes. Sy prediking oor vrygewigheid en leierskapopleiding het hom na stede, kerke en konferensies regoor Amerika en die wêreld geneem. Sy webwerf, www.MAXIMUMgenerosity.org word hoog aangeslaan op baie soekenjins en daar is duisende wat sy elektroniese nuusbrief oor vrygewigheid ontvang. Hy is ook ‘n senior leraar in Colorado Springs waar hy en sy vrou, Sandi en hul drie kinders woon. Sy e-posadres is: [email protected]

“Brian Kluth het ‘n passie om mense te onderrig om ruim te gee. Dit is gebaseer op God se Woord en hoogs doeltreffend om vrygewige harte en uitsonderlike gawes in mense te kweek.” Howard Dayton, mede-stigter by Larry Burkett van Crown Financial Ministries.

“Brian se boekie belig die gawe van vrygewigheid en maak dit prakties en uitvoerbaar. Ek beveel dit sonder voorbehoud aan.”Ron Blue, finansiële outeur en president van die Christian Financial Professionals Network.

“Hierdie is ‘n skatkis van informasie en ook hoogs doeltreffend om die weg te baan na geestelike groei deur middel van ‘n groter begrip van Bybelse vrygewigheid”.Dick Towner, uitvoerende direkteur van die Good Sense Movement by die Willow Creek Association.

“Kerke, klein en groot, kan die vrygewigheidsvlak van hul gemeentes verhoog deur hierdie boekie deur te werk”. Ted Haggard, senior leraar van die New Life Church en president van NAE [verteenwoordiger van 52 geloofsgenootskappe].

“40 Day Spiritual Journey to a More Generous Life” deur Brian KluthISBN10: 1-59971-855-3 ISBN13: 978-1-59971-855-22006 Brian Kluth [E-pos:[email protected]]Vir bykomende materiaal oor vrygewigheid deur Brian Kluth, gaan na www.MAXIMUMgenerosity.orgAlle regte voorbehou. Die inhoud van hierdie boek mag nie gedeeltelik of in geheel gekopieër word sonder die skriftelike toestemming van die skrywer nie.Ontwerp: Leana Daza

Om hierdie boekie te bestel:E-pos: [email protected]: (021) 957-7104

Met toestemming van die skrywer in Afrikaans vertaal deur Jeanne Cillié en Annalina Smith

2

Page 3: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Reisgids vir jou 40 dae-reis na ‘n meer vrygewige lewe

Week 1Dag 1 Alles behoort aan GodDag 2 God is die Voorsiener van elke goeie ding in jou lewe

Artikel: Praktiese raad oor vrygewigheidDag 3 Jou rol is om die trustee, bestuurder en rentmeester te wees van

100% van wat God aan jou toevertrou gedurende jou leweDag 4 God sien as jy geeDag 5 Moenie roem oor enigiets wat God aan jou toevertrou nieDag 6 Selfs die arme moet aan God gee van wat hy hetDag 7 Stel ’n begroting op om getrou 10% of meer van jou finansiële

bronne vir die Here se werk te geeArtikel: Daar is sewe groot verrassings vir die getroue skenker

Week 1 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou INKOMSTEPersoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 2Dag 8 Moenie op jou skatte vertrou nie, vertrou op GodDag 9 Besef dat rykdom jou kan mislei

Artikel: Tel jou seëningeDag 10 Leer jou kinders om getroue en vrygewige skenkers te weesDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se daaglikse

voorsieningDag 12 Jy kan nie God en Mammon dien nie, maar jy moet leer om God

mét Mammon te dien Dag 13 Dit hou gevaarlike konsekwensies in as jy vir plesier leefDag 14 Moenie vir hierdie lewe leef nie, maar vir jou hemelse tuiste

Artikel: Praktiese wenke vir leefstylveranderinge wat God sal verheerlik

Week 2 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou LEEFSTYLPersoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 3Dag 15 Die begeerte na meer kan ‘n afbrekende krag in jou lewe en

geloof weesDag 16 By bouprojekte kan ‘n groot openbare skenking en die gawes

van prominente leiers, God verheerlik en uitloop op groot vrygewigheid en lofprysing.Artikel: 10 Bybelse redes om 10% of meer van jou inkomste vir die werk van die Here te gee

Dag 17 Die lewe bestaan nie uit die oorvloed van jou besittings nieDag 18 Gee in verhouding met hoe God jou materieel geseën hetDag 19 Vroue speel ‘n beduidende rol in skenkings aan GodDag 20 Wees op jou hoede vir hebsug, opgaar of selfsug in jou leweDag 21 Dink versigtig na oor jou finansiële gewoontes en moet nooit

God se huis of diensknegte vergeet nie

3

Page 4: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Artikel: Die verstommende verhaal van ‘n miljoenêrskenkerWeek 3 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou

BATESPersoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 4Dag 22 God slaan op ‘n besondere manier ag op ‘n Christen in

eenvoudige finansiële omstandighedeDag 23 God het goeie dade beplan wat jy gedurende jou lewe moet

uitvoerArtikel: God se kreatiewe voorsiening

Dag 24 Sommige mense word geroep om oorvloedig te geeDag 25 God kan groot dinge doen deur ‘n persoon of groep wat aan

Hom toegewy leefDag 26 God seën jou finansieel sodat jy vir andere tot seën kan weesDag 27 Dit is beter om mense te vra hoé jy hulle kan helpDag 28 God sal jou beloon vir jou getroue vrygewigheid en ywerige werk

Artikel: Nés in Monopoly, gaan alles op die ou end terug na die Eienaar

Week 4 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou SKENKINGS in die verledePersoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 5Dag 29 Die gewer en die front linie-werker is gelyke vennote in God se

werkDag 30 Jou skenking sal ‘n groot hulp en bemoediging vir andere wees

Artikel: Wees oorvloedig in die gawe van geeDag 31 Jou navolging van God en ‘n ruimhartige lewe sal jou ‘n voller en

oorvloediger lewe besorgDag 32 Besef dat God spesifieke mense oor jou pad sal bring wat jy

werklik kan helpDag 33 Enige rykdom wat op die verkeerde manier verwerf is, het

ernstige gevolgeDag 34 Besef dat God enigeen en enigiets kan gebruik om vir Sy werk te

voorsien Dag 35 Jou skenking in hierdie lewe sal jou lewe in die ewigheid

beïnvloedArtikel: Benut die geleentheid

Week 5 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou REAKSIEPersoonlike, gesins- of groepsvrae

Week 6Dag 36 Moenie die arme en behoeftige help ten einde erkenning te kry nie. Dag 37 Selfs die kleinste bietjie hulpverlening sal onthou en beloon word Dag 38 ‘n Groot fokus van jou skenking behoort jou plaaslike gemeente

en predikante te weesDag 39 Dit is die moeite werd om bouprojekte te ondersteun.

4

Page 5: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Dag 40 God sal vir jou projekte wys wat die moeite werd is om te ondersteunArtikel: God se begeerte vir Christene is om te leer om …

Week 6 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou DANKBAARHEIDKry jou huis in ordeHoe om te bestelNuttige finansiële hulpbronne

Liewe mede-reisiger

Welkom aan boord!

Jy staan op die punt om op reis te gaan na ‘n uitdagende nuwe wêreld – ‘n wêreld waarin jy God op lewensveranderende maniere gaan ervaar. Dit is nie ‘n wêreld van koop en opgaar nie, maar van ontvang en deel; ‘n wêreld nie gefokus op vlietende genot of tydelike geluk nie, maar die ontdekking van ware bevrediging en voortdurende vreugde.

Om hierdie reis meer betekenisvol en onvergeetlik te maak, nooi ek jou om dit met andere mee te maak. Dit is beplan om ‘n “all-hands-on-deck”-ervaring te wees. Maak seker dat jy jou hele gesin, vriende, jou Bybelstudiegroep, of mense van die gemeente met jou op hierdie reis saamneem, want dit wat julle gaan ontdek, gaan jul lewens vir altyd verander.

Toe ons gesin deur hierdie boekie gegaan het, het ons saam die daaglikse Skrifgedeeltes en -aanhalings oor finansies gelees. Ons het elke dag gebid oor dit wat God ons geleer het. Ons het gepraat oor die gevolge van die weeklikse projekte. Ons het in ons gesin, asook met ‘n groep by die kerk, sommige van die weeklikse vrae bespreek. Ons almal was op positiewe maniere geraak op hierdie lewensveranderende reis.

Dus, op uitnodiging van die Koning van die Konings, heet ek jou welkom aan boord van een van die mees avontuurlike en aangrypende reise wat jy ooit sal ervaar – ‘n reis na ‘n meer oorvloedige lewe.

Ek wag vir jou op die oorkantste oewer!Brian KluthPredikant en stigter van www.MAXIMUMgenerosity.org

Week 1Dag 1 Alles behoort aan GodDag 2 God is die Voorsiener van elke goeie ding in jou lewe

Artikel: Praktiese raad oor vrygewigheidDag 3 Jou rol is om die trustee, bestuurder en rentmeester te wees van

100% van wat God aan jou toevertrou gedurende jou leweDag 4 God sien as jy geeDag 5 Moenie roem oor enigiets wat God aan jou toevertrou nieDag 6 Selfs die arme moet aan God gee van wat hy hetDag 7 Stel ’n begroting op om getrou 10% of meer van jou finansiële

bronne vir die Here se werk te gee

5

Page 6: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Artikel: Daar is sewe groot verrassings vir die getroue skenker …Week 1 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou

INKOMSTEPersoonlike, gesins- of groepsvrae

Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou.

Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.

Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugdePsalm 119:33-35

Dag 1Alles behoort aan God

[insluitend alles wat jy nou besit of ooit sal besit]

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Psalm 50:10-12 [God sê] “...want al die wilde diere in die bos is Myne, die vee op duisende berge ... al wat roer op die veld, is Myne ... want die aarde en alles wat daarop is, behoort aan My”.

Haggai 2:8 “Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige.”

1 Kronieke 29:11-12 “Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe”.

Levitikus 25:23 [God sê] "... die land behoort aan My. Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My”.

1 Kronieke 29:14-16 [Dawid se gebed nadat die mense oorvloedig gegee het vir 'n bouprojek] "Want wie is ek, en wie is my volk, dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. Net soos al ons voorvaders is ons by U sonder reg of aanspraak. Ons tyd op aarde is soos 'n skaduwee, dit gaan verby. Here ons God, al hierdie goed wat ons bymekaargemaak het om ’n huis vir u heilige Naam te bou, het ons van U gekry, en dit behoort aan U."

Psalm 24:1 Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here.

As ons aan Christus behoort, is dit logies dat alles wat ons besit, in der waarheid aan Hom behoort. As ons aan Hom gee, haal ons maar net ons

hande af van dit wat alrééds Syne is.

Dag 2God is die Voorsiener van elke goeie ding in jou lewe

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

6

Page 7: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Jakobus 1:17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

Efesiërs 1:3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Matteus 7:11,12 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra? Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.

2 Kronieke 1:11,12 “Omdat jy [Salomo] dìt besluit het en jy nie rykdom, besittings, aansien of jou vyande se lewens gevra het nie, en ook nie ’n langer leeftyd nie, maar wysheid en kennis waarmee jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, daarom word die wysheid en kennis aan jou geskenk. Maar Ek gee jou bowendien rykdom, besittings en aansien soos die konings voor jou nie gehad het nie en dié nà jou ook nie sal hê nie.”

Spreuke 8:18-21 [God sê] "Wie my het, het rykdom en eer, het duursame en blywende besittings. Wat ek vir jou lewer, is beter as goud, selfs fyn goud; wat ek inbring, is meer werd as die suiwerste silwer. Waar ek gaan, is daar geregtigheid, my pad is dié van die reg. Ek maak dié wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol”.

Dankoffer is ons eerste voorreg, nie ons laaste verpligting nie.

Jesaja 26:12 Ons is ryk, Here, maar alles wat ons bereik het, is as gevolg van wat U vir ons gedoen het. [Die Boodskap]

Soos donderweer op weerlig volg, so volg ons vrygewigheid Sy genade.Wanneer God se genade jou aanraak, kan jy nie anders nie as om te reageer

met dankbare gawes. Randy Alcorn.

Gee aan God wat Hom toekom, nie die bietjie wat oor is nie.

Praktiese raad oor VrygewigheidDeur Brian Kluth, predikant en stigter van www.MAXIMUMgenerosity.org

Hier volg praktiese raad vir mense wat vrae, twyfel of vrese het oor die gee van 'n dankoffer vir die Here se werk.

As jy NIE ’n Christen is nie: Moet jou nie bekommer oor gawes aan God nie. In plaas daarvan moet jy besef en aanvaar wat God vir jou wil gee - algehele vergifnis; 'n splinternuwe begin; die krag om reg te lewe en goed te doen aan andere; hulp vir jou probleme; die vermoë om te vergewe, en 'n tuiste in die hemel. As jy 'n tekort aan hierdie dinge in jou lewe ervaar, bid en nooi die Here Jesus in jou lewe en vra Hom om jou te red en Sy doel in jou lewe te bereik.

7

Page 8: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Vir alle Christene: Maak dit ‘n prioriteit om altyd eers jou eie gemeente te ondersteun. Gee eers daarná, soos God jou lei, spesiale gawes of bydraes aan ander Christelike instansies, projekte, die sending of aan die armes.

As jy bang is om 10% of meer van jou inkomste aan die Here te gee, probeer die 90-dae toets: In Maleagi 3:10 nooi God ons om Hom te “toets" in die gee van ons tiendes [deur die eerste 10% van ons inkomste vir Sy werk te gee]. Daarom moedig ek mense aan om dit te probeer. Begin 10% van jou inkomste gee vir die Here se werk en kyk of Hy nie in jou lewe begin werk op maniere wat jy nooit voorheen ervaar het nie. As jy daardie besluit berou of voel dat jy glad nie God se goddelike hulp met jou finansies gedurende hierdie tydperk ervaar het nie, hou daarmee op. As jy aan die ander kant wél God se hulp ervaar, gaan met blydskap voort om 10% of meer vir Sy werk te gee.

As jy daadwerklik wil begin om eerste vir God te gee: Hier is drie verskillende idees om uit te kies:

1] Wanneer jy ookal geld kry, sit 10% of meer daarvan eenkant om te gee soos die Here jou lei.

2] Sodra jy ’n deposito in jou tjekboek aanteken, skryf die eerste tjek vir 10% of meer daarvan uit vir God se werk.

3] As jy jou finansies met behulp van ’n rekenaar of boekhoudingstelsel hanteer, voeg 'n kategorie by vir dankoffer aan jou gemeente, asook een vir ander Christelike instansies. Begin dan om getrou 10% of meer van jou inkomste hierin te plaas.

As jy met 'n Christen getroud is, maar julle twee nie saamstem oor hoeveel julle vir die Here se werk moet gee nie: Kyk of jou maat nie deur hierdie gids wil lees nie. Kom dan ooreen en bid oor 'n 'toetsperiode' waaroor julle albei saamstem, en kyk of julle die 90-dae toets kan aanpak.

As jy getroud is en jou maat is nie 'n Christen nie: Identifiseer enige geld wat jy vryelik kan gebruik [lees Luk 8:3] en sit 10% hiervan eenkant vir die werk van die Here, en/of wys hom/haar hierdie gids en kyk of julle dalk die 90-dae toets kan probeer.

As jy dalk moet besluit of jy ’n deel van jou bruto of netto inkomste gaan gee: Bid en vra die Here wat Hy wil hê jy moet doen. As Hy dit duidelik maak om van die brutobedrag te gee, maak so en vertrou hom met die resultate. As jy nie hiermee vrede het nie, begin om 10% van die nettobedrag te gee vir 'n paar maande en kyk wat gebeur. As jy na 'n paar maande Sy kreatiewe sorg in jou lewe ervaar, begin dan om 10% of meer van die brutobedrag te gee.

As jy wonder hoeveel jy vir jou gemeente moet gee en hoeveel aan ander instansies: 'n Goeie metode is om 10% van jou hoofinkomste vir jou eie gemeente te gee, en dan 10% te gebruik van alle ander inkomstebronne, onverwagte seëninge/geskenke, om ander Christelike nood en geleenthede wat die Here oor jou pad bring, te help finansier.

8

Page 9: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

As jy 'n ouer is: Help jou kinders om 'n spesiale plekkie in te rig waar hulle "God se deel" opsy kan sit van enige geld wat hulle kry [soos bv sakgeld, werkies, geskenkgeld, ens]. Laat hulle daarvan gee vir die gemeente, vir sending of vir die armes.

As jy "agtergeraak het" met die gee van geld vir God se werk: As jy bewustelik of per ongeluk agtergeraak het met die gee van jou bydrae, sal jy nooit spyt wees as jy dit regstel nie. Gaan jou finansiële state van die afgelope paar maande na en bid vir leiding om in te haal op die “agterstallige” bedrag. Ek het gehoor van ’n ou dame in haar neëntigs wat ’n tiendetjek na die kerkkantoor gestuur het met die nota: “Ek wil getrou wees met voorbidding en my tiende, en gereed om te gaan!” [prayed up, paid up and ready to go!]

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

Dag 3Jou rol is om die rentmeester, bestuurder en trustee te wees van

100% van wat God aan jou toevertrou gedurende jou lewe

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Kolossense 3:17,23,24 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan.

Romeine 14:7,8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Matteus 25:19-21,24-26 “Na ‘n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het’. Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u ‘n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’ Toe sê sy eienaar vir hom: Jy is ‘n slegte en ‘n lui slaaf!”.

I Korintiërs 4:2 Van ‘n bestuurder word veral vereis dat hy betroubaar moet wees.

Martin Luther het gesê: “Mense gaan deur drie bekerings: die bekering in hul kop, hul hart en hul beursie. Ongelukkig nie elke keer op dieselfde tyd

nie.”Het jy al deur drie bekerings gegaan?

9

Page 10: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Dag 4God sien as jy gee

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Markus 12:41-44 Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en gekyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar het toe ‘n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe”.

Lukas 21:1 Jesus het rondgekyk en die rykes hulle gawes in die offergawekis sien gooi.

2 Korintiërs 8:12 As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.

Eksodus 35:22,27,29 Manne en vroue het gekom en vrywillig borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goue voorwerpe gebring. Almal wat tevore goud as spesiale bydrae aan die Here belowe het, het dit gebring. Al die leiers het oniks en ander edelstene gebring om dit op die skouerkleed en op die borssak te monteer. Elke Israelitiese man en vrou wat vrywillig iets wou bring vir die werk wat die Here vir Moses beveel het om te doen, het dit vir die Here gebring.

2 Kronieke 24:10 Al die leiers en die hele volk het die geld met blymoedigheid gebring en in die kis gegooi. So het al die bydraes ingekom.

Jou bank- en kredietkaartstate is teologiese dokumente. Hulle vertel wie en wat jy aanbid.

Met al die prysverhogings deesdae, is jy bly God het nie Sy tiende na 15% verhoog nie?

Dag 5Moenie roem oor enigiets wat God aan jou toevertrou nie

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Deuteronomium 8:17-18: Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou krag gee om die rykdom te verwerf.

Psalm 62:11: As jou rykdom vermeerder, moenie dat jou lewe daarom draai nie. [NLV]

Deuteronomium 8:11-14: Sorg dat jy nie die Here jou God vergeet deurdat jy nie gehoorsaam is aan sy gebooie en bepalings en voorskrifte wat ek jou vandag gee nie. As jy nie gehoorsaam is nie, kan dit gebeur dat jy genoeg

10

Page 11: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

eet en mooi huise bou en rustig woon, dat jou grootvee en jou kleinvee baie word, dat jou silwer en goud vermeerder en jou besittings al hoe meer word, en dat jy dan hoogmoedig word en die Here jou God vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

Jeremia 9:23-24: So sê die Here: " ... die ryk man moet nie in sy rykdom roem nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken."

Markus 8:36: Wat help dit ’n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?

Spreuke 16:19: Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges van roof te lewe.

Obadja 1:3-4: Jy is hooghartig omdat jy in ’n klipvesting woon en jou blyplek hoog in die berge is. Vol hoogmoed vra jy: “Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?” Maar moenie jouself bedrieg nie! Ek, die Here sê: “Al sweef jy so hoog soos arende en bou jy neste tussen sterre, Ek sal jou met ’n slag aarde toe bring.” [NLV]

Wanneer iemand ryk word, kry God òf ‘n vennoot, òf die mens verloor sy lewe..

Dag 6Selfs die arme moet aan God gee van wat hy het

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Deuteronomium 16:16: Die volk mag nie sonder offers in die teenwoordigheid van die Here verskyn nie.

1 Konings 17:10-15: Hy [Elia] gaan toe na Sarfat toe, en toe hy by die poort van die stad kom, was daar 'n weduwee net besig om houtjies op te tel. Hy vra haar toe: "Gee my asseblief 'n bekertjie water om te drink." Terwyl sy dit gaan haal, roep hy agter haar aan: "Bring vir my asseblief 'n stukkie brood saam." Toe sê sy: "So seker as die Here u God leef, ek het nie meer brood nie, net 'n handvol meel in die kruik en 'n bietjie olie in die erdekan. Ek maak nou maar 'n paar houtjies bymekaar en dan gaan ek vir my en my seuntjie iets klaarmaak om te eet. Daarna moet ons maar doodgaan." Elia sê toe vir haar: "Moenie bekommerd wees nie. Gaan maak dit klaar net soos jy gesê het, maar maak eers vir my 'n roosterkoek en bring dit hier, daarna kan jy vir jou en jou seuntjie sorg. So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land." Sy gaan maak toe soos Elia gevra het. Van toe af het hulle genoeg gehad om te eet, hy en sy en haar gesin.

Genesis 28:20-22: Jakob [toe 'n enkellopende jongman met geen werk of inkomste] het toe 'n gelofte afgelê en gesê: "As U, o God, by my is en my beskerm ... sal U, Here, my God wees ... en van alles wat U my gee, sal ek vir U 'n tiende gee."

11

Page 12: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

2 Korintiërs 8:2-4: Al was hulle [die Masedoniese Christene] swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea.

Wanneer ‘n arme aan God gee, sal hy soos ‘n prins voel.‘n Prins sal soos ‘n arme voel wanneer hy nié aan God gee nie.

Dag 7Stel ’n begroting op om getrou 10% of meer van jou finansiële

bronne vir die Here se werk te gee

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Lukas 11:42: [Jesus het gesê] "Maar ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie." (ook Matteus 23:23)

Matteus 23:23: [Jesus het gesê] "Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ’n mens doen en die ander nie nalaat nie."

Deuteronomium 14:22, 23: Jy moet elke jaar 'n tiende van die opbrengs van jou gesaaides, van wat op jou land groei, opsy sit, ... sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer.

Levitikus 27:30, 32: Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy. Een tiende van die beeste en kleinvee behoort aan die Here. Die diere moet getel word, en al om die tiende dier wat verbykom, moet vir die Here afgekeer word.

Genesis 14:20 : Abram ... het 'n tiende van alles gegee.

Maleagi 3:8-11: “Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: ’Waarvan beroof ons U?’ “Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof ... Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin”, sê die Here die Almagtige. “Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie”, sê die Here die Almagtige.

2 Kronieke 31:5,12: Namate die bevel bekend geword het, het die Israeliete die eerste opbrengste aan koring, wyn, olie, heuning en alles wat die land opgelewer het, ingebring, en ook die tiendes van alles, in groot hoeveelhede. Die offergawes, die tiendes en die gewyde gawes het getrou ingekom.

12

Page 13: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Om 10% te gee is nie die mikpunt nie; dis maar net die begin.Dit is nie die wenstreep nie, net maar die wegspringblokke.

Daar is sewe groot verrassings vir die getroue skenker …

Wanneer jy begin om aktief en getrou 10% of meer van al jou inkomste vir die Here se saak te gee, sal jy verbaas wees oor …

1. Die ruim bedrag geld wat jy in staat is om vir Sy saak te gee.

2. Die verdieping in jou geestelike lewe deurdat jy God vertrou om in al jou behoeftes te voorsien.

3. Die groeiende gemak waarmee jy jou finansiële verpligtinge sal kan nakom met die oorblywende nege-tiendes van jou inkomste.

4. Jy sal verbaas wees oor die feit dat om 10% te gee, tot meer oorvloedige bydraes sal lei as wat jy ooit oor sou droom.

5. Die uitwerking wat die gee van jou dankoffer het om van jou ‘n wyser bestuurder te maak oor die res van jou geld en besittings.

6. God se onverwagse voorsiening in jou lewe.

7. Die verrassing wat op jou wag as jy wens jy het vroeër begin om 10% of meer te gee.

“Ek glo absoluut in die gee van tiendes. My eie ondervinding is dathoe meer ek gee, hoe meer kry ek terug”.

Ken Blanchard, skrywer van die “One minute manager”

Eerste weekprojekFokus op jou dankoffer in die lig van jou INKOMSTE

Identifiseer/stel vas: “Waar kom die geld vandaan?"

“Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes”. Spreuke 3:9

“Jy moet die tiende opsysit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee sodat jy kan leer om die

Here jou God altyddeur te eer”.Deuteronomium 14:23

Stap 1 - Merk alle items wat bronne kan wees van Godgegewe kontantvloei of inkomste wat jy verwag gedurende die volgende 12 maande.

Stap 2 - Bepaal ’n voorlopige "finansiële waarde" [R-bedrag] vir elkeen van hierdie items. Dui aan hoe dikwels jy hierdie bedrae ontvang. [W = weekliks; 2 = tweekeer per week of per maand; M = maandeliks; K = kwartaalliks; J = jaarliks; S = sporadies of E = eenmalig].

13

Page 14: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Stap 3 – Dui die bedrag [10% van die waarde] aan waarmee jy God sou kon eer met die eerste 10% van hierdie Godgegewe bron.

Stap 4 - Gaan biddend deur die lys en omkring enige afdeling waar jy voel dat jy ten minste getrou 10% vir God se werk behoort te gee.

Stap 5 - Identifiseer biddend en merk enige items op jou lys waar jy voel dat God jou aanmoedig om 'n groter persentasie [selfs tot 100%] te gee vir 'n spesifieke saak. Dit is dalk inkomste waarop jy nie reken nie, nie regtig nodig het nie of wat as ’n opoffering beskou kan word.

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

14

Page 15: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Kontant + inkomste oor volgende 12 maande

R-waardeHoe gereeld

10%=

Inkomste, loon of salaris van ........................... Inkomste, loon of salaris van ........................... Inkomste, loon of salaris van ........................... Oortydbetaling Bonusse Belastingterugbetaling Kommissie Sake-inkomste Skeidingspakket Deeltydse werk Konsultasiefooie Verkoop van produkte of bates Tuisbedryf of -diens Verkoop van besittings Maatskaplike pensioen Pensioen/aftreefonds Militêre of vakuniebetalings Annuïteite Ongeskiktheidstoelaag Werkloosheidsversekering Onderhoud- of kindertoelae Trustfonds Erfgeld Polisuitbetaling Regskikking Huurinkomste uit eiendom Rente en/of dividende Terugbetaling van persoonlike lening Tantieme uit kopiereg/patente Vergoeding, koepons, terugbetalings Regeringstoelaag Ander Ander Ander Kinders Werkprojekte Sakgeld Kontantgeskenke [verjaardag, Kersfees] Deeltydse werkies of tuisbesigheid Babas oppas, grassny, ens Ander:

15

Page 16: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Week 1Deel jou skatte

Moontlike vrae om oor na te dink of te bespreek

1. Wat is van jou vroegste of helderste herinnerings oor gawes aan God uit jou kinderjare of wat onthou jy van jou ouers se gewoontes en benadering daaroor?

2. Wat het jou verras of getref toe jy die werkblad vir die eerste week se projek by “Inkomste” ingevul het?

3. Watter waarheid of Skrifgedeelte van die afgelope sewe dae se leesstof het die meeste vir jou uitgestaan?

4. Wie is die vrygewigste persoon op finansiële gebied wat jy ken?

5. Hoe oud was jy toe jy bewus geword het van die gee van tiendes [10% van jou inkomste]?

6. Wat sou die werklike redes wees wat jou weerhou daarvan om nié getrou 10% of meer van jou inkomste vir die saak van die Here gee nie?

7. Indien jy getrou 10% of meer van jou inkomste vir die saak van die Here gee, hoe oud was jy en wat was jou finansiële omstandighede toe jy daarmee begin het?

8. Indien jy getrou 10% of meer van jou inkomste vir die saak van die Here gee, watter betekenis en voordele het jy ervaar deur dit getrou te doen?

9. Wat dink jy is die verskil tussen die gee van tiendes en kollektes?

10. Wat doen jy om te verseker dat jou plaaslike gemeente jou eerste prioriteit is in jou dankoffer aan God?

Week 2

Dag 8 Moenie op jou skatte vertrou nie, vertrou op GodDag 9 Besef dat rykdom jou kan mislei

Artikel: Tel jou seëningeDag 10 Leer jou kinders om getroue en vrygewige skenkers te

weesDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se daaglikse

voorsieningDag 12 Jy kan nie God en Mammon dien nie, maar jy moet leer om God

mét Mammon te dienDag 13 Dit hou gevaarlike konsekwensies in as jy vir plesier leefDag 14 Moenie vir hierdie lewe leef nie, maar vir jou hemelse

tuisteArtikel: Praktiese wenke vir leefstylveranderinge wat God sal verheerlik

16

Page 17: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Week 2 Werksbladprojek – Fokus op jou skenking in die lig van jou leefstylPersoonlike, gesins- of groepvrae

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my padPsalm 119:105

Dag 8Moenie op jou skatte vertrou nie, vertrou op God

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Spreuke 11:28: Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot 'n val; wie reg doen, floreer soos groen blare aan 'n boom.

1 Timoteus 6:17: Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.

Johannes 14:1: Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.

Job 31:24-28: Het ek op goud my vertroue geplaas, het ek gedink fyn goud sal my sekerheid gee? Het ek al my vreugde gevind in my groot rykdom, in die besittings wat ek bymekaargemaak het ... en my laat verlei om hulle te vereer met ‘n soen op my hand? Dit sou ‘n sonde wees wat gestraf moes word, want dan sou ek God daarbo verloën het.

Psalm 49:7-10: Hoekom sal ek omgekrap wees as geldgierige mense my probeer te kort doen? Geld kan niemand red nie. God kan nie daarmee omgekoop word nie. ’n Mens se lewe is baie meer werd as geld. Geld kan jou nie uit die kloue van die dood red nie. [Die Boodskap]

Is jy ryk? Besef jy dat as jy persoonlik meer as R10 500 per jaar verdienjy ryker is as 75% van die wêreld se meer as 6 biljoen mense!

Om uit te vind hoe jou inkomste vergelyk met dié van ander mense in die wêreld, gaan na www.globalrichlist.com

Dag 9Besef dat rykdom jou kan mislei

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Openbaring 3:17: Julle sê: "Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie," en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal.

Markus 8:36: Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?

17

Page 18: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Markus 4:18-19: Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle wat die woord hoor, maar die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug.

Lukas 12:15: Toe sê Jesus vir hulle: "Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie”.

Spreuke 23:4-5: Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie. Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos 'n arend.

Prediker 5:9-10: Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. Ook hier kom dit tot niks. As die goeie dinge van die lewe baie word, word die eters ook baie; al wat die eienaar daaraan het, is om dit te aanskou.

1 Timoteus 6:10: Die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor. [NLV]

Galasiërs 6:8: Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.

Die armste persoon in die wêreld is dié een wat niks anders as geld het nie.

Tel jou seëninge

‘n Wegwyser na ‘n meer vreugdevolle en vrygewige manier van lewe

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n wonderlike teks in 1 Korintiërs 16:2 ontdek: “Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie”.

Ek het aanvanklik nie verstaan hoe hierdie gedeelte op my lewe van toepassing kan wees nie. Maar ek en my vrou het ‘n gewoonte begin om elke Sondagaand terug te kyk en neer te skryf hoé God in ons behoeftes voorsien het die afgelope sewe dae. Ons het elke week ontdek dat daar baie maniere was waarop God vir ons voorsien het buiten ons normale inkomste. Ons het begin om 10% van my hoofinkomste vir ons plaaslike gemeente te gee en ook ‘n “Seënfonds “ te begin wat verteenwoordigend was van 10% of meer van die talryke seëninge wat God week na week op ons uitgestort het.

Aan die einde van die eerste jaar, al het my hoofinkomste net R105 000 ingebring, het ek ontdek dat ons R10 500 vir ons plaaslike gemeente gegee het, asook ‘n addisionele R17 500 uit ons “Seënfonds” vir ander Christelike

18

Page 19: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

bedieninge. Dit beteken dat God ons geseën het met R175 000 gedurende daardie jaar bo en behalwe my R105 000 salaris!

Ons het dit vir verskeie jare aanhou doen en het ontdek dat God elke jaar dìt wat ons uit dankbaarheid in staat en bereid was om vir Sy werk te gee, verdubbel en verdriedubbel het. Hier is die lesse wat ons geleer en beoefen het en wat ons gehelp het om ‘n lewe van blydskap en oorvloedigheid te lei:

1. Sit elke week ‘n tyd opsy om in ‘n “Seëningeboekie” God se voorsieningheid in die vorige week aan te teken.

2. Wanneer julle bymekaar kom, dink na en skryf alles neer wat in julle gedagtes opkom:

Hoofbron van inkomste: As jy weekliks betaal word, skryf daardie bedrag neer. Ons het 10% van daardie bedrag aan ons plaaslike gemeente gegee.

Addisionele inkomste of onverwagse kontant: Skryf alle kontantgeskenke, oortydbetalings, bonusse, ‘n tweede salaris, deeltydse werk, beleggingsinkomste, inkomste uit die verkoop van besittings, terugbetalings, erfporsies, ens, neer.

Gasvryheid van mense: Maaltye, losies of vermaak wat ander mense aan jou gegee of namens jou betaal het.Spesiale hulp of bystand: Hulp met ‘n motor, huis, herstel van toerusting, gratis kinderoppassers, ens.

Afslag- of uitverkopingartikels: Enige geld wat gespaar is op afslag-klerasie of huishoudelike items, garageverkopings/tweedehandse winkels, korting op ontspanningaktiwiteite, ens.

Die aankoop van nuwe artikels: As ek en my vrou ‘n groot of luukse item aangekoop het, het ons soms die koste daarvan by ons Seënfonds ingesluit om sodoende ‘n ekstra 10% of meer vir die Here se saak te gee.

3. Skryf die waarde neer van elke item of [baie belangrik] die bedrag wat jy bereid sou wees om te spandeer. Byvoorbeeld: ‘n familielid het my ‘n saag gee ter waarde van R7 000. Ek sou nooit in staat wees of kans gesien het om daardie bedrag op soiets uit te gee nie, maar ek sou bereid wees om R1 400 te spandeer vir so ‘n tweedehandse saag. Dus, in hierdie geval het ek die waarde van die seëning neergeskryf teen R1 400, en nie R7 000. Op dié manier het ek uiteindelik R140 ekstra vir die werk van die Here gegee, en nie ‘n ekstra R700 nie.

4. Bereken die waarde van die genade-items vir die week. Neem 10% of meer van die totaal en besluit dan waar om dit te gee of sit die week se bedrag apart in jou Seëningeboek of sit die geld in ‘n spesiale plek of rekening en beskou dit as jou “Seënfonds”.

19

Page 20: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

5. Gee getrou 10% of meer van jou inkomste aan jou gemeente. Gebruik dan blymoedig en ruim van jou Seënfonds om uitreike, sendelinge, spesiale projekte en behoeftes, bouprojekte, behoeftiges, geestelike werkers en organisasies te help.

Vierde week-uitdaging

Ek is oortuig daarvan dat die Here die meeste mense se lewens week na week seën. Maar baie mense “sien” nie sulke seëninge raak nie omdat hulle

nie tyd neem om terug te kyk oor die laaste sewe dae om te sien wat God gedoen het om vir hulle te voorsien nie. Daarom daag ek jou uit om te

probeer om dit vir ten minste vier weke te doen om te sien wat God vir jou doen! Ek glo dat dit jou waarlik sal lei na ‘n meer vreugdevolle en vrygewige

lewe.

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

Dag 10Leer jou kinders om getroue en vrygewige skenkers te wees

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Spreuke 22:6: Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Genesis 18:19: Ek het hom gekies dat hy sy kinders en sy nageslag kan beveel om op my pad te bly deur te doen wat goed en reg is.

Deuteronomium 6:6-7: Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

Psalm 78:3-7: Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons vaders ons vertel het, sal ons vir ons kinders nie verswyg nie. Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het. Hy het aan Jakob sy voorskrifte gegee, aan Israel sy onderwysing. Hy het ons voorvaders beveel om dit aan hulle kinders bekend te maak, sodat die volgende geslag dit kan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan hulle kinders kan vertel. So sal hulle dan op God vertrou en nie vergeet wat Hy gedoen het nie, maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het.

Efesiërs 6:4 : .... maar maak julle kinders groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

John D Rockefeller het gesê: “Ek sou nooit in staat gewees het om ‘n tiende van die eerste miljoen dollars wat ek ooit gemaak het te gee, as ek nie ‘n

tiende gegee het van my heel eerste salaris nie, wat R10.50 per week was”.

Deur vir ‘n kind kollektegeld te gee, gaan nie ‘n vrygewige gelowige oplewer nie.

20

Page 21: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

As jy dìt wil bereik, moet jy die kind leer om ‘n tiende van alle geld wat hy of sy van familie, vriende of deur werkies kry, te gee. So ‘n kind sal grootword

en God eer.

Dag 11Fokus daarop om tevrede te wees met God se daaglikse voorsiening

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Timoteus 6:6-8: Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.

Prediker 5:9: Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.

Spreuke 30:8-9: ... moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: "Wie is die Here?" nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.

Matteus 6:9-11: So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood ...”

Filippense 4:11-13: ... want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Jy is net arm as jy meer wil hê as wat jy reeds het.

Die probleem met die meeste mense is dat hul verdienste nie tred hou met hul begeerte nie.

Die duurste voertuig per kilometer is die winkeltrollie.

Dag 12Jy kan nie God en Mammon dien nie, maar jy moet leer om God mét

Mammon te dien

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Lukas 16:10-13: [Jesus het gesê] "Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? As julle met ’n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit? Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal òf die een minder ag en die ander een hoër, òf

21

Page 22: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie."

Spreuke 10:16: ’n Gelowige sal sy salaris gebruik om sy gesin te onderhou. ’n Slegte mens verspil dit op verkeerde dinge. [Die Boodskap]

Matteus 6:19-21: [Jesus het gesê] "Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees."

Spreuke 16:16: Om reg te leef is baie meer werd as goud. Wie weet om elke dag gelukkig te lewe, is ryker as die rykste mense. [Die Boodskap]

Spreuke 17:16: Wysheid kan ’n mens nêrens koop nie. Net mense wat nie die lewe ken nie, dink hulle kan groot somme geld daarvoor betaal. [Die Boodskap]

1 Korintiërs 4:2: Van 'n bestuurder word veral vereis dat hy betroubaar moet wees.

Die wêreld vra: “Wat besit ‘n persoon?” God vra: “Hoe gebruik ‘n persoon dit wat hy besit?”

‘n Christen is iemand wat nie nodig het om sy bankstaat te raadpleeg om te sien hoe welvarend hy werklik is nie.

Dag 13Dit is gevaarlik om plesier na te jaag

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Spreuke 22:9: Iemand wat mense se nood raak sien, ervaar blydskap. Hy wat vir armes gee, is ’n gelukkige mens. [Die Boodskap]

Spreuke 21:17: Wie niks doen en net partytjie hou, sal nooit geld hê nie. Wie net lekker wil eet en drink, verwaarloos sy werk. Hy sal nooit ryk wees nie. [Die Boodskap]

Galasiërs 6:7,8: Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes.

Prediker 2:10-11: Alles wat ek begeer het, het ek my veroorloof; ek het my geen plesier ontsê nie .... Maar toe ek goed nadink oor alles wat ek gedoen het en oor alles waarmee ek my met soveel sorg besig gehou het, het ek gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie.

2 Timoteus 3:1-5: Dit moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, ... Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie.

22

Page 23: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Spreuke 23:20, 21: Moenie jou tyd verspil op suiplappe en vrate nie. Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat jou in vodde loop. [NLV]

Lukas 15:13: Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.

Die manier waarop jy met geld omgaan, wys wat jy van God dink.

Dag 14Moenie vir hierdie lewe leef nie, maar vir jou hemelse tuiste

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Lukas 16:9: Toe sê Jesus: “Weet julle, so gaan dit dikwels in die sakewêreld. Baie sakemense wat hulle nie aan die Here steur nie, is partymaal besig met skelmstreke. Hulle help mekaar om ander mense te verkul sodat hulle gou ryk kan word. Natuurlik kan julle by sakemense leer hoe om op te tree. Maar moet egter nie saam met skelms agter geld aanhardloop nie.” [Die Boodskap]

Hebreërs 11:13, 15,16: Terwyl hulle steeds geglo het ... en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is, [dat] hulle op soek is na 'n vaderland. As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan. Maar hulle het na 'n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.

Hebreërs 13:14,16: ... want ons het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige. Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

Hebreërs 11:10: [Abraham] het uitgesien na die stad wat vaste fondamente het en waarvan God self die ontwerper en bouer is.

1 Korintiërs 3:12-15: Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word. Die dag kom met vuur, en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets. As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word; as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.

2 Korintiërs 5:10: Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad.

Ons werklike waarde is dìt wat ons s’n sal wees in die ewigheid

Praktiese wenke vir leefstylveranderinge wat God sal verheerlik

23

Page 24: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Merk dit wat vir jou van besondere waarde is:

□ Leef eenvoudig en binne jou vermoë [1 Timoteus 6:6-8].□ Moenie andere se besittings begeer nie [Efesiërs 5:30].□ Volg dié wyse raad: “Gebruik dit op, dra dit op, maak dit werk, of gaan

daarsonder”.□ As jy iets wil koop, vra jouself eers af: “Het ek dit regtig nodig?” Leer

om tussen jou behoeftes en jou begeertes te onderskei [1 Timoteus 6:8-10, Hebreërs 13:5].

□ Ondersoek jou huis vir tekens van opgaar [Lukas 12:18].□ Gee alles weg wat jóú besit [Matteus 19:21].□ Moenie jou laat verlei deur advertensies nie – koop verstandig en met

oorleg [Spreuke 11:14].□ Vermy grille en giere; hou by die klassieke wat altyd tydloos sal bly

[Kolossense 2:8; Romeine 12:1-2].□ Bereken die koste van klein uitgawes soos uiteet, klere koop met ‘n

spesifieke handelsmerk, ens. Dit kan tot baie oploop. [Spreuke 27:23-24].

□ Kyk eers goed rond voor jy finaal besluit oor die aankoop van groot artikels: vergelyk pryse; win inligting in; kry ten minste drie kwotasies [Spreuke 24:4,5].

□ Raak effektief ontslae van dit wat onnodig is in jou kaste, laaie, stoorplekke, garage, kelders, ens [Matteus 6:19,20].

□ Wees bereid om te bid voor spesiale aankope. Gee God die geleentheid om jou te lei of om te voorsien op ‘n onverwagse, maar meer bekostigbare manier [1 Petrus 5:7].

□ Wees bereid om tweedehandse of gebruikte artikels te koop. Jy kan soms groot bedrae spaar deur iets te koop waarvoor iemand anders die volle bedrag betaal het [Job 27:16, Spreuke 13:22].

Oorgeneem met toestemming van die Harvest Bible Chapel in Rolling Meadows, Illinois.

Tweede week-projekFokus op jou skenking in die lig van jou leefstyl

Identifiseer: “Waar gaan jou geld heen”?

“Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos ‘n arend …” Spreuke 23:5

Geld praat. Dit sê: “Totsiens!” Waar praat jou geld so?

Stap 1 Bereken so goed as wat jy kan hoeveel geld jy op ‘n maandelikse basis bestee op elke gebied aangedui op die lys

24

Page 25: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

wat volg [wenk: Neem enige kwartaallikse, jaarlikse, ongereelde en eenmalige uitgawes en bereken hierdie bedrag pro rata op ‘n maandelikse basis].

Stap 2 Gaan biddend deur die lys. Is daar enige items waar die Here jou dalk wys dat:

Jy dit nie regtig nodig het nie en dat jy dit nie hoef te koop nie sodat jy meer vrygewig kan wees?

Jy dit makliker sal kan bekostig deur na goedkoper artikels te soek of deur jou standaarde te verlaag sodat jy meer vrygewig kan lewe?

Jy jou lewenspatroon verander of dinge uit te skakel omdat jy besef hierdie uitgawe is nadelig vir jou gesondheid of vir jou geestelike groei en diens?

Jy hierdie behoefte kan uitstel of God vertrou om dit op ‘n ander manier te voorsien sodat jy meer vrygewig kan lewe?

Stap 3 Bepaal ‘n groter bedrag wat jy maandeliks vir die saak van die Here kan gee vir ‘n spesifieke behoefte, gebaseer op items wat jy in stap 2 geïdentifiseer het: R ……………..

Nuttige nota: As jy graag wil vasstel hoe jou uitgawes vergelyk met aanbevole internasionale begrotingsstandaarde, gaan na www.crown.org, kliek op Tools en dan op die begrotingsgids-rekenaar [budget guide calculator].

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

WAARHEEN GAAN JOU GELD?

SKENKINGS: Kerk: R ................ Bouprojek: R ................ Armes: R ................Sending: R ............. Ander: .................................................................................... R ..............BEHUISING: Huur/verband: R ............... Elektrisiteit & water: R ................Vullisverwydering: R ............. Huishulp: R .............. Tuindienste: R ..............Onderhoud/herstelwerk: R .................. Spesiale projekte/aankope: R ................. Meublement: R ........... Ander: ................................................................................. R ...........TELEKOMMUNIKASIE: Telefoonhuur: R ............. Oproepe: R ................Selfoonoproepe: R ............ Internet: R ............. Ander: ................................ R ..............

25

Page 26: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

VOERTUIE: Paaiemente: R............... Brandstof: R......................... Versekering: R.............. Onderhoud: R ........... Lisensie: R ............. Ander: .................... R................... HUISHOUDING: Kruideniersware: R .............. Voorrade: R ............. Allerlei: R ............ Ander: .................................................................................... R..................VERMAAK & ONTSPANNING: Gimnasium: R .............. Sport: R ............. Video’s/Fliek: R ............. Ekstra klasse: R .............. Stokperdjies: R ............. Vakansies: R ............ Konserte/opvoerings: R ............. Musiek: R ............. TV: Lisensie en DSTV: R ................... Toere: R ............. Vakansiehuise: R ................ Kampeer: R ............... Jag/visvang: R ............. Skoolverenigings: R .............. Ander: R ................ *Alkohol: R ............... *Tabak: R ................. *Dobbel: R .....................*Hierdie gebruike word nie aanbeveel nie, maar word sleg gelys om iemand te help om vas te stel hoeveel geld onwys op sulke items bestee wordVERSEKERING:. Medies: .R ..................... Lewens: R ...................... Korttermyn: R ....................... Ander: ....................................................................................... R ...................KLERASIE: Man: R ..................... Vrou: R ...................... Kind[ers]: R.....................ALLERLEI: Etes by werk: R ............ Dagmoeder/nasorg: R ................ Toiletware: R ............ Haarkappers: R .............. Troeteldiere: R ............. Veearts: R ............... Intekengelde: R .............. Ander: ........................................................................ R ................GESKENKE EN VIERINGS: Kersfees: R .............. Herdenkings: R .............. Verjaarsdae: R .............. Troues/Babas/Grade/Diplomas: R ................ Vakansies: R ..................... Ander: ............................................................................................ R ................. MEDIES: Dokters: R .............. Hospitale: R .............. Tandarts: R .............. Voorskrifte: R ............ Fisioterapeut, ens: R ............. Ander: .......................... R ...........SPAAR/BELEGGINGS: Spaar: R ............ Pensioen: R............. Kollege/universiteit: R .......... Beleggings: R .......... Ander: ................................................................. R ..............OPLEIDING: Skoolgeld: R ............ Boeke: R ............. Klasgelde: R .......... Losies: R .......... Ekstra klasse: R .............. Ander: .......................................................... R..............SKULD: Kredietkaart: R ................ Persoonlike lenings: R ...................... Studieskuld: R .......... Mediese rekeninge: R ............... Ander: ............................................. R................

26

Page 27: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Week 2Deel jou skatte

Moontlike vrae om oor te dink of te bespreek

1. In watter finansiële omgewing het jy grootgeword [bv nie genoeg geld nie; net genoeg vir noodsaaklikhede; meer as genoeg; wisselvallig; ens]?

2. Wat het jou ouers gedoen, indien enigiets, om jou te leer om jou finansies te bestuur?

3. Wat het jy gedink oor die “Tel jou seëninge”-artikel? Sou hierdie praktyk enige bydrae op jou lewe en skenkings hê?

4. Toe jy hierdie week se werkblad oor “Fokus op jou leefstyl” ingevul het, wat het jou verras of jou aandag getrek terwyl jy daarmee besig was?

5. Wat was die pynlikste of moeilikste ervaring op finansiële gebied wat jy ooit deurgemaak het?

6. Het jy ooit doelbewus jou normale bestedingspatroon ingekort om ruimer bydraes vir die saak van die Here te maak? Indien wel, wanneer?

7. Watter waarheid of Skrifgedeelte het jou die meeste getref die afgelope sewe dae?

8. Wat was die beste finansiële raad of onderrig wat jy ooit gekry het [deur te lees; seminare/konferensies; voorbeelde of advies van iemand]?

9. Noem een ding waarop jy geld bestee wat ongesond vir jou is, of ‘n verkwisting van geld?

10. Wat het jy al impulsief gekoop, net om later te besef dat dit onnodig was?

11. As jy op finansiële gebied noustrop sou trek, sou jy eerstens aan jou eie behoeftes aandag gee, of sou jy eers aan God gee uit die beperkte bronne waaroor jy beskik? Hoekom?

Week 3Dag 15 Die begeerte na meer kan ‘n afbrekende krag in jou lewe en

geloof weesDag 16 In bouprojekte ‘n groot openbare skenking en die gawes van

prominente leiers, God verheerlik en uitloop op groot vrygewigheid en lofprysing.Artikel: 10 Bybelse redes om 10% of meer van jou inkomste vir die werk van die Here te gee

Dag 17 Die lewe bestaan nie uit die oorvloed van jou besittings nieDag 18 Gee in verhouding met hoe God jou materieel geseën het

27

Page 28: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Dag 19 Vroue speel ‘n beduidende rol in skenkings aan GodDag 20 Wees op jou hoede vir hebsug, opgaar of selfsug in jou leweDag 21 Dink versigtig na oor jou finansiële gewoontes en moet nooit

God se kerk of diensknegte vergeet nieArtikel: Die verstommende verhaal van ‘n miljoenêrskenker

Week 3 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou BATESPersoonlike, gesins- of groepsvrae

U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie.

Weerhou my van ‘n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.Vervul ook aan my die belofte wat U gegee het aan dié wat U dien.

Psalm 119:36-38

Dag 15Die begeerte na meer kan ‘n afbrekende krag in jou lewe en geloof

wees

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Timoteus 6:9-10: Maar die wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.

Hebreërs 13:5: Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."

Prediker 5:9, 11: Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie. ... die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap.

Spreuke 20:17: Geld wat oneerlik verkry is, bring nie geluk nie. Dit is soos brood wat in jou mond grond word. Dit vernietig jou tande en veroorsaak pyn. [Die Boodskap]

Spreuke 20:21: Besittings wat oneerlik verkry is, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.

Habakuk 2:9: Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het, hy wat vir hom 'n hoë nes wou bou juis om 'n ramp vry te spring.Spreuke 11:24: Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word.

Dis nie die hoë lewenskoste wat die meeste mense in die moeilikheid laat beland nie,

maar die koste daarvan om te hoog te lewe.

Jou pogings om by te bly

28

Page 29: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

as jou uitgawes jou inkomste oorskrysal tot jou val lei.

Dag 16By bouprojekte kan ‘n groot openbare skenking en die gawes van

prominente leiers, God verheerlik en uitloop op groot vrygewigheid en lofprysing

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Kronieke 29:1-3,5-9: Koning Dawid het die hele vergadering soos volg toegespreek: "... maar die werk is groot. Hierdie paleis is nie vir 'n mens bedoel nie, maar vir God die Here. Met alles in my vermoë het ek vir die huis van my God materiaal gereed gebring: goud ... silwer ... brons ... yster ... hout ... oniks ... steentjies ... edelstene ... marmer. Omdat die huis van my God my na aan die hart lê, skenk ek ook nog my besit aan goud en silwer bo en behalwe alles wat ek reeds vir die heiligdom gereedgebring het ... Wie is nog gewillig om vandag sy hand oop te maak met 'n gawe aan die Here?" Die familiehoofde, die stamhoofde, ... die aanvoerders, ... die amptenare ... was almal gewillig. Hulle het vir die tempeldiens ... goud ... silwer ... brons ... yster bygedra. Wie edelstene by hom gehad het, het dit aan die Gersoniet Jegiël gegee vir die tempelskat. Die volk was bly oor hulle gewilligheid, want hulle het die vrywillige gawes aan die Here met hulle hele hart gegee. Koning Dawid was ook baie bly.

Waar God lei, voorsien Hy.Wat God eis, betaal Hy.

God se werk, op Sy manier gedoen,sal nooit gebrek hê aan Sy voorsiening nie.

Suksesvolle, Godverheerlikende bouprojektevra ’n paar buitensporig vrygewige geskenke.

Gekombineer met toegewyde voorgangers se bydraes, sal dit die projek omskep in een groot lofprysing.

10 Bybelse redes om 10% of meer van jou inkomste vir die Here se werk te gee:

Soos materialisme en ’n verbruikersmentaliteit die afgelope jare voortdurend ons lewens infiltreer het, het baie mense weggedryf van Bybelse riglyne oor hul dankoffers. Hier is 10 Bybelgebaseerde redes om die gee van 10% of meer van jou inkomste jou hoogste finansiële strewe te maak:

1. Dis 'n beproefde patroon van gee deur volgelinge van Christus deur baie geslagte heen. Daar is in 1899 ’n bibliografie saamgestel van boeke wat oor sistematiese Bybelse Dankoffers handel. Daar is meer as honderd jaar gelede meer as vyfhonderd boeke in hierdie bibliografie opgeneem, en tòg is daar steeds vandag so baie Christene wat nog nie die belangrikheid van getroue dankoffer besef nie.Genesis 14:17-20; 28:16-22; Levitikus 27:30; Spreuke 3:9-10; Maleagi 3:7-15; Matteus 23:23

29

Page 30: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

2. Dit sal jou help om God meer eer in jou lewe te gee. As jy my jou tjekboek-teenbladjies (of kredietkaartstaat) sou wys, sou ek gou vir jou kon sê wie of wat vir jou belangrik is. Deur jou beste vir die Here te gee, betoon jy jou getrouheid teenoor Hom en sal jy groei in jou eerbied vir Hom en vir Sy werking in jou lewe.Deuteronomium 14:23; Maleagi 1:6-8

3. Dit sal jou finansies onder God se wysheid en beheer plaas. As ek soggens aantrek en die eerste knoop verkeerd vasmaak, is al die ander knope skeef en uit hul plek. Ook wat finansies betref, is die éérste knoop wat in plek moet kom, my gawes aan God. As dáárdie aspek van my lewe reg is, sal die res volg en in plek val. Dit is ook die enigste bekende kuur teen die begeerte na oordaad wat ons samelewing vandag besoedel.Matteus 6:19-21,24-34; Lukas 12:16-21; 1 Timoteus 6:6-10; 17-19; Prediker 5:10

4. Dit sal as 'n praktiese herinnering dien dat God die Hoof van alles in jou lewe is. Deur getrou 10% of meer van àlles wat jy ontvang aan God te gee, gee jy erkenning aan Sy Eienaarskap in jou lewe. Soos iemand eenkeer vir my gesê het: “God besit alles en Hy leen alles”. Òns is nie die eienaars nie, maar slegs tydelike bestuurders van dìt wat God aan ons toevertrou tydens ons lewe hier op aarde.1 Kronieke 29:11-18; Psalm 24:1-2; Psalm 50:10-12; Haggai 2:8

5. Dit sal jou toelaat om God se skeppende versorging en voorsiening in jou lewe te ervaar. Een van die verstommende dinge wat voortvloei uit die getroue gee aan God, is die vreugde van onverwagte seëninge wat so baie mense in hul lewens ervaar. Wanneer jy aan God se Eienaarskap in jou lewe erkenning gee deur jou vrygewige gawes, sal jy Sy kreatiewe voorsiening op verstommende maniere beleef.1 Konings 17; Spreuke 3:9-10; Maleagi 3:7-15; Haggai 1:4-11; 2:15-19; Lukas 6:38; Deuteronomium 28; Filippense 4:15-19; Markus 12:41-44

6. Dit sal jou geestelike groei en vertroue in God versterk. Daar sal tye wees wanneer jy sal besluit om getrou te gee van wat jy het, al weet jy nie hòe jy deur die volgende dag, of week, of maand gaan kom nie. Maar deur voort te gaan en vir die saak van God te gee, sal jou vertroue in Hom groei , asook jou vermoë om in Sy voorsiening te glo.Deuteronomium 14:23; Spreuke 3:5-6; Maleagi 3:8-10; Haggai 1:4-11; 2:15-19; 2 Korintiërs 8:5

7. Dit sal vir jou 'n skat in die Hemel verseker. Jesus moedig jou aan om skatte in die hemel bymekaar te maak. Die enigste manier om dit te doen, is om nóú vrygewig te lewe. Iemand het eenkeer gesê: “Ons kan niks met ons saamneem nie, maar ons kan dit solank vooruit stuur”.1 Timoteus 6:18-19; Matteus 6:19-21; Hebreërs 6:10; 3 Johannes 8; 1 Samuel 30:22

8. Jou plaaslike gemeente sal daarby baat. Baie kerke sukkel weens ’n gebrek aan finansies. Maar wanneer lidmate begin om getrou dankoffers in hul plaaslike gemeente te gee, verander die energie en

30

Page 31: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

atmosfeer van so ’n gemeente: daar word in behoeftes voorsien; mense word versorg; meer uitreike word geloods; en herstelwerk wat al lank agterweë is, kan begin. Godgegewe momentum kom in beweging wanneer mense God eer deur dankoffers aan God in hul gemeente.Handelinge 2:42-47; 4:32; 2 Korintiërs 9:12,13

9. Dit sal help met fondse om jou predikant[e] en sendeling[e] in voltydse Christelike diens te hou. Dit was nog altyd God se plan dat Sy mense moet omsien na Sy dienaars. Regoor Suid-Afrika en die hele wêreld is daar predikante en sendelinge wat finansieel swaarkry en soms selfs die bediening moet verlaat as gevolg van ’n tekort aan fondse. Jou getroue dankoffers kan verseker dat dit nie gebeur met predikante en sendelinge wat jy ken nie.1 Korintiërs 9:9-11, 14; 1 Timoteus 5:17-18; 3 Joh 5-8; Filippense 4:15-19; Galasiërs 6:6; Lukas 8:3; 2 Konings 4:8-10

10. Dit sal help om noodsaaklike bouprojekte en verbeteringe moontlik te maak. Van die opwindendste tye in ’n gemeente of kerk vind plaas wanneer geriewe verbeter of uitgebrei word. Maar vir sulke veranderings word gewoonlik groot bedrae benodig. Bouprojekte kan net plaasvind en suksesvol wees met buitengewone skenkings bò en behalwe mense se normale gawes.2 Kronieke 24:4-14; Eksodus 35, 36; 2 Konings 12:2-16; Esra 1:4-6; 1 Kronieke 29:2-19

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

Dag 17Die lewe bestaan nie uit die oorvloed van jou besittings nie

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Lukas 12:15: Toe sê Jesus vir hulle: "Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie”.

Josua 7:20-25: Toe sê Akan vir Josua: "ek het onder die buit pragtige klere uit Sinar gesien en ook sowat twee kilogram silwer en 'n staaf goud van meer as 'n halwe kilogram; ek wou dit baie graag hê en ek het dit gevat. Dit is in die grond in my tent begrawe. Die silwer is heel onder." Die hele Israel het toe vir Akan met klippe doodgegooi en hom en sy mense en sy besittings verbrand en met klippe toegegooi.

1 Timoteus 6:6-8: Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.

Psalm 62:11: As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

Psalm 119:36-37: U verordeninge, laat dié my na aan die hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie. Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys.

31

Page 32: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Psalm 37:16: Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses.

Spreuke 15:16: Dit is baie beter om die Here lief te hê en eenvoudig te lewe as om baie geld te besit, maar tog diep ongelukkig te wees. [Die Boodskap]

As jy graag ryk wil voel, tel dan alles wat jy het

wat nie deur geld gekoop kan word nie.

Die belangrikste in die lewe is nie dinge nie.Die beste dinge in die lewe is altyd verniet.

Dag 18Gee in verhouding met hoe die Here jou materieel geseën het

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Esra 2:69: Hulle het volgens hulle vermoë vir die boufonds gegee, iets meer as 'n halwe ton goud, byna drie ton silwer en honderd stelle priesterklere.

Deuteronomium 16:10: In die mate waarin die Here jou God jou met voorspoed geseën het, moet jy 'n vrywillige offer vir Hom bring.

Markus 12:44: Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi.

Handelinge 11:29: Die gelowiges het toe besluit dat elkeen na sy vermoë sou bydra tot ’n hulpfonds.

2 Korintiërs 8:12: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.

1 Korintiërs 16:2: Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie.

Matteus 2:11: Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.

Jy moet gee volgens jou inkomstesodat God nie jou inkomste volgens jou offer maak nie.

Dag 19Vroue speel ‘n beduidende rol in skenkings aan God

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

32

Page 33: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Lukas 8:3: ... en Johanna die vrou van Gusa, 'n hoë amptenaar van Herodes, en Susanna en baie ander. Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg.

Markus 14:3: Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar 'n vrou gekom met 'n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy [Jesus se] kop uitgegiet.

Eksodus 35:21, 22, 25, 26: ... en elkeen wat daarna gevoel het, het vrywillig 'n offergawe vir die Here gebring vir die werk. Manne en vroue het gekom en vrywillig borsspelde, oorbelle en ringe, halssnoere en allerhande goue voorwerpe gebring. Almal wat tevore goud as spesiale bydrae aan die Here belowe het, het dit gebring. Elke vrou wat netjies kon weef, het gebring wat sy geweef het: blou, pers en bloedrooi wolstof en linne. Elke begaafde vrou wat graag wou, het die bokhaar gespin.

Handelinge 9:36: In Joppe was daar 'n gelowige vrou met die naam Tabita, in Grieks Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help.

Nehemia 2:4-6,8: Toe sê die koning vir my: “Is daar iets wat jy my wil vra?” Ek het ’n skietgebed opgestuur na die God van die hemel en toe vir die koning gesê: “As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou”. Die koningin het langs die koning gesit. Hy het vir my gevra: "Hoe lank sal jou reis duur en wanneer sal jy terug wees?" Hy was die saak dus goedgesind, hy het my die opdrag gegee. Ek het vir hom 'n tyd aangedui ... My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan.

1 Timoteus 5:9-10: 'n Weduwee kan op die lys van dienende weduwees kom as sy minstens sestig jaar oud is en aan haar man getrou was. Sy moet bekend wees om haar goeie dade, naamlik dat sy haar kinders goed opgevoed het, vreemdelinge gehuisves het, die voete van die gelowiges gewas het, die verdruktes gehelp het en goed gedoen het waar sy kon.

God kyk na die hart en nie die hand;na die gewer en nie die gawe.

Dag 20Wees op jou hoede vir hebsug, opgaar of selfsug in jou lewe

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Lukas 12:15-21: Toe sê Hy [Jesus] vir hulle: "Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie." Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: "n Ryk man se grond het goed gedra. Hy het toe by homself gedink: wat moet ek doen? Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen: Ek sal my skure afbreek en groter bou. Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar. Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.' Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis

33

Page 34: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie."

Jakobus 5:1-3: Staan ’n bietjie nader en luister hierna, julle wat dink geld maak julle so belangrik. Vreeslike dinge wat julle baie seer gaan maak, wag vir julle. Julle sal net met julle kop in julle hande kan sit en huil. Die baie geld en status wat julle so belangrik laat voel, is besig om voor julle oë te vergaan. Die motte vreet julle klere op en julle geld verloor waarde. Dinge wat vir julle soveel werd is, word oud en gaan stukkend. Soos al die dinge wat julle so belangrik laat voel, stukkend gaan en opgeëet word, so word die sin van julle lewe weggevreet. Dit is soos ’n veldbrand wat julle lewe stukkie vir stukkie wegbrand. Geld is al waarmee julle julle besig hou en waaroor julle gesels; intussen is die wederkoms van die Here naby. [Die Boodskap]

2 Korintiërs 9:6,7: Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

‘n Doodskleed het nie sakke nieen daar is nie in ‘n sleepwa agteraan ‘n lykswa nie.

God sal verplig wees om sommige mense voete eerste die hemel in te draomdat hulle probeer vashou aan alles wat hulle op aarde besit.

Dag 21Dink versigtig na oor jou finansiële gewoontes en moet nooit God se

kerk of diensknegte vergeet nie

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Haggai 1:4-12: “Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?” Daarom, so sê die Here die Almagtige: “Neem ter harte wat met julle gebeur. Julle het baie gesaai, maar min geoes; julle het geëet, maar nie genoeg gekry nie; julle het gedrink, maar dors gebly; julle het klere aangetrek, maar nie warm geword nie; julle is soos 'n dagloner wat sy loon in 'n stukkende beursie steek.” So sê die Here die Almagtige: “Neem ter harte wat met julle gebeur. Gaan haal hout in die berg en herbou my huis sodat Ek my eer kan ontvang en tevrede kan wees,” sê die Here. “Julle het 'n groot oes verwag, maar min gekry, en wat julle nog huis toe gebring het, het Ek laat verdwyn. Waarom?” vra die Here die Almagtige. “Omdat my huis in puin lê, terwyl elkeen van julle hard besig is om aan sy eie huis te werk. Dit is oor julle dat die hemel sy reën en die aarde sy opbrengs teruggehou het. Toe het Serubbabel seun van Sealtiël, en die hoëpriester Jesua seun van Josadak, en almal wat van die volk oorgebly het, ter harte geneem wat die Here hulle God gesê het, wat die profeet Haggai in opdrag van die Here hulle God gesê het. Die volk was vervul met ontsag vir die Here.

Nehemia 10:39: Ons sal die huis van ons God nie verwaarloos nie.

Eksodus 22:29: Bring alles van jou graan- en druiweoes in berekening wanneer jy my deel bereken. Onthou dat jou oudste seun aan my behoort. [Die Boodskap]

34

Page 35: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Deuteronomium 12:19: So lank as julle in julle land woon, mag julle nie die Leviet [dominee] afskeep nie.

Materialisme hou dieselfde gevaar in vir vrygewigheidas kriptoniet* vir Superman.

As almal in die gemeente jou voorbeeld van offervaardigheid gevolg het,wat sou die kerk gekry het: ‘n muntstuk, ‘n noot of ‘n tiende?

*Kriptoniet is 'n denkbeeldige materiaal vanaf die denkbeeldige planeet Krypton. Dit sou Superman van sy kragte beroof/ontneem as hy direk daarna sou kyk.

Die verstommende verhaal van ‘n miljoenêrskenker

Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n man, Steve van Kalifornië, by ‘n Christelike konferensie hoor praat. Hy het vertel hoe hy en sy vrou miljoenêrskenkers geword het

Steve het ‘n klein besigheid gehad wat ongeveer R350 000 per jaar opgelewer het. Hy het ‘n Campus Crusade for Christ-konferensie bygewoon waar hy dr Bill Bright se uitdaging aan almal gehoor het om R7 000 000 vir die saak van die Here te gee. Na die tyd het hy na dr Bright gegaan en gevra: “Jy het tog seker nie my en my vrou ingesluit by hierdie uitdaging nie?” Dr Bright het gevra: “Hoeveel het jy verlede jaar gemaak?” Steve het geantwoord: “R350 000”. Toe vra dr Bright hoeveel geld Steve die vórige jaar vir die saak van die Here gegee het. Steve het gesê dat dit R105 000 was. Hy het verwag dat dr Bright beïndruk sou wees omdat hy meer as 25% van sy geld vir die saak van die Here gegee het. Dr Bright het egter gesê: “Wel, volgende jaar moet jy God vertrou om jou in staat te stel om R350 000 te gee”. Steve het geantwoord: “Maar dis my totale salaris!” Dr Bright se reaksie was: “Vertrou God en as Hy jou die bronne voorsien, gee R350 000!”

Steve is huistoe en verbasend genoeg het sy klein besigheid baie goed gevaar sodat hy en sy jong gesin op sy R350 000-salaris geleef én R350 000 vir die saak van die Here kon gee! Die volgende jaar het hulle in die geloof aan God en hulself beloof dat hulle sou voortgaan om met R350 000 te leef, maar dat hulle sou probeer om R700 000 vir die Here se werk te gee as Hy dit voorsien. Verstommend genoeg, deur soms ongelooflike omstandighede en ‘n groot toets vir hulle geloof, kon hulle daardie jaar R700 000 gee.

Hulle het elke jaar volgehou om op hul basiese salaris te leef en hul ekstra inkomste vir die Here se werk te gee. En glo dit of nie, binne vyf jaar het hulle oor ‘n miljoen rand vir die Here gegee!

Soms vergroot God ons inkomste nie om ons lewensstandaard te verhoog nie,

maar om ons standaard van géé te verhoog.

Derde week-projekFokus op jou skenking in die lig van jou bates

Identifiseer: “Wat besit jy?”

35

Page 36: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Dit is die opdrag van die Here: julle moet uit julle besittings ‘n offergawe vir die Here gee. Eksodus 35:5

Stap 1 Merk alle items op jou lys van bates met ‘n regmerkie.

Stap 2 Doen ‘n skatting om die finansiële waarde van jou bates te bereken.

Stap 3 Omkring moontlike items of bronne wat jy nie langer nodig het nie of wat vir die saak van die Here gegee/verkoop/gebruik kan word.

Stap 4 Bepaal die “skenkings”–waarde van enige van die items wat jy omkring het [indien dit gedeeltelik of ten volle vir die saak van die Here gegee is].

Stap 5 Begin dan te dink hoe om die geïdentifiseerde items te skenk:

Sal ek die artikel fisies gee of oordra vir die werk van die Here [of vir die bediening wat self kan besluit wat om daarmee te doen]?

Sal ek dit dalk self verkoop [persoonlik verkoop, deur middel van ‘n advertensie, op die internet, ens] en dan ‘n gedeelte van die opbrengs of alles vir die saak van die Here gee?

Belangrike nota: By die oordra van bates is dit raadsaam om met die bediening[s] wat dit gaan ontvang, oorleg te pleeg oor die beste manier om die bydrae te maak.

Afhangende van die grootte en tipe artikel, kan dit wys wees om by die predikant[e] raad te vra om die hulp van ‘n ervare boedelbeplanner in te roep om vas te stel hoe om op die mees effektiewe en kostebesparende manier die bate oor te dra.

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

36

Page 37: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Lys van Godgegewe bates Waarde Skenking?

Voertuig/voertuieTjekrekening[e] en kontantSpaarrekening[e]Motorfiets[e], sportvoertuieWoonwa/sleepwa/mobiele huisBote/watertoerusting en bykomstighedeWaarde van huisTyddeel/vakansiehuisSport-, oefen- of jagtoerustingWerkswinkel- of motorhuistoerusting en gereedskapStokperdjie of fotografietoerusting en -voorraadMusiekinstrumenteMeubels/versieringsJuweliersware, edelstene of pelseAntiekware, erfstukkeKunswerkeBoeke, video’s, albumsPorselein/kristal/glas/silwer, ensAandeleEffektetrustsKommoditeite [goud, koper, ens]PensioenfondsMilitêre pensioenfondsAnnuïteit en UitkeerpolisseStudiepolisVersamelings [munte, seëls, ens]Trust- of erffondsLewende hawe, diereHuureiendomBesigheid/plaas/geboueBesigheidsvoertuie/toerustingOnontwikkelde grondSakevennootskappeAnder:

37

Page 38: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Week 3Deel jou skatte

Moontlike vrae om oor te dink of te bespreek:

1. Terwyl jy opgegroei het, was daar iets wat jy regtig baie graag wou hê en uiteindelik gekry het? Het dit soveel bevrediging en betekenis gebring as wat jy verwag het? Waar is daardie artikel vandag?

2. Is jy ‘n opgaarder of ‘n “uitgooi”-persoon? Hoekom? Het die Skrifgedeeltes wat jy gelees het jou gelei om jou gewoontes en optrede te versterk of te verander? Hoekom?

3. Toe jy die “Bates”-afdeling op die werkblad vir vandeesweek ingevul het, wat het jou verras of jou aandag getrek terwyl jy met hierdie oefening besig was?

4. As jy terugdink aan een van die grootste finansiële gawes wat jy vir die saak van die Here gegee het, kan jy onthou wat dit was?

5. Was jy ooit spyt vir iets wat jy vir die werk van die Here gegee het?

6. Watter waarheid of Skrifgedeelte tydens die laaste sewe dae het jou die meeste getref?

7. Wat is jou drie grootste finansiële bates?

8. Wat dink jy van die miljoenêrskenker se verhaal? As jy een miljoen rand vir die saak van die Here kon gee oor vyf jaar, waar sou jy dit gee?

9. Het jy al ooit iets verkoop ten einde ruimer by te dra vir ‘n spesiale behoefte vir die Here se werk?

10.Het jy ooit ‘n besitting weggegee om in die Here se werk te voorsien of vir ‘n persoon in nood? Wat was dit? Hoe het jy daarna gevoel?

Week 4Dag 22 God slaan op ‘n besondere manier ag op ‘n Christen in

eenvoudige finansiële omstandighede. Dag 23 God het goeie dade beplan wat jy gedurende jou lewe moet uitvoer.

Artikel: God se kreatiewe voorsieningDag 24 Sommige mense word geroep om oorvloedig te gee.Dag 25 God kan groot dinge doen deur ‘n persoon of groep wat aan

Hom toegewy leefDag 26 God seën jou finansieel sodat jy vir andere tot seën kan wees.Dag 27 Dit is beter om mense te vra hoé jy hulle kan help.Dag 28 God sal jou beloon vir jou getroue vrygewigheid en ywerige werk.

Artikel: Nés in Monopoly, gaan alles op die ou end terug na die Eienaar

38

Page 39: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Week 4 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou skenkings in die verlede.Persoonlike, gesins- of groepvrae

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n

regte lewenswyse te kweek. 2 Timoteus 3:16

Dag 22God slaan op ‘n besondere manier ag op ‘n Christen in eenvoudige

finansiële omstandighede

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Jakobus 1:9-11: God werk anders as ons met mense. Vir Hom is daardie arm man of vrou wat in nederige omstandighede bly, baie belangrik. Vir julle met wie dit so gaan, moet dit baie moed gee. Die rykes in die groot huise moet weet dat die status wat geld gee, nie by God tel nie. Sulke mense moet liewer laag by God se voete gaan sit soos iemand wat besef hoe klein hy eintlik voor God is. En weet julle hoekom? Laat ek ’n voorbeeld gebruik. Rykdom of status hou nie lank nie, net soos ’n wilde blommetjie in die veld. In die oggend lyk die blommetjie te pragtig. Maar dan begin die son bak. Teen die middag hang daardie mooi blommetjie verlep en teen die aand is daar niks van hom oor nie. Die blaartjies lê saam met die mooiheid van die blommetjie verskroei op die grond. So is die pad van rykdom. Die ryk man sal tussen al sy status en geld ook maar soos die blommetjie verlep en sterf. En wat help dit alles hom dan? [Die Boodskap]

2 Korintiërs 8:2-4: Al was hulle [Masedoniese Christene] swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea.

2 Korintiërs 8:12: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.

Ek is net een,maar tog ìs ek een.

Ek kan nie alles doen nie,maar ek kan iéts doen.

En omdat ek nie alles kan doen nie,sal ek nie weier om dit te doen wat ek wél kan doen nie.

Edward Hale 1822

Dag 23God het goeie dade beplan wat jy gedurende jou lewe moet uitvoer

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

39

Page 40: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Efesiërs 2:10: Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Ester 4:14: [Mordegai het vir Ester gesê] "As jy nòù swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!"

Matteus 5:16: Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

2 Korintiërs 9:8,11: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word.

1 Timoteus 6:18-19: Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle 'n skat as 'n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

Hebreërs 10:24: Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.

Baie mense gaan na die graf met God se onvoltooide musiek nog in hul lewens.

Moenie jou Godgegewe lewe verkwis met ‘n minderwaardige lewe, beperkte beplanning, wêreldse praatjies, voortdurende gemor of derderangse

offers nie.Wéés wat God wil hê jy moet wees en waarvoor Hy jou toegerus het.

God se kreatiewe voorsiening

Ervaar God as die Een wat voorsien

Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daarop woon, alles behoort aan die Here Psalm 24:1.

Een van die mees verstommende ontdekkings wat jy sal maak as jy begin om meer getrou en vrygewig vir die saak van die Here by jou plaaslike gemeente en verderaan te gee, is dat God Homself sal openbaar as jou Voorsiener op unieke en skeppende maniere.

Ek is geensins ‘n voorspraak vir die voorspoeds- of “health and wealth”-godsdiens wat deur sommige predikers gepropageer word nie, maar ek het al gesien dat mense wat God eer in die gee van hul gawes, God se seën op ‘n verskeidenheid van maniere ervaar. Die Bybel leer ons dat alles aan God behoort, en Hy kan baie vindingryk wees in die maniere waarop Hy voorsien in ons behoeftes!

40

Page 41: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Die volgende Skrifgedeeltes het my gehelp om God se skeppende voorsiening te verstaan en te ervaar:

Spreuke 13:22 : ‘n Goeie mens laat ‘n erfenis na ook vir sy kleinkinders, die besittings van die sondaar kom in die hande van die regverdige.

Prediker 2:26: Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is.

Job 27:16, 17: Al hoop hulle hulle geld op soos stof, en al is hulle klere so volop soos klei, wat hulle bymekaargemaak het, sal deur die regverdiges gedra word, en onskuldiges sal die goddeloses se geld onder mekaar verdeel.

Jesaja 45:3: Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is.

In hierdie gedeeltes en in my wandel met die Here het ek gesien dat Hy dikwels eienaarskap van spesifieke noodsaaklike artikels sonder koste of met aansienlike besparings oordra aan betroubare skenkers.

Baie mense dink dat hulle uitgawes gedek word deur hul salaristjek en nie noodwendig deur God nie. God sàl daarvan gebruik maak om in baie behoeftes te voorsien, maar Hy is soveel méér as ‘n salaristjek! ‘n Maatskappy mag jou werkgewer wees, maar God is die Voorsiener.

Ek wil jou aanmoedig om God biddend te vra om jou na Sy bronne te lei om in jou behoeftes te voorsien. Hy mag kies om jou huidige bronne te gebruik, spaargeld, ‘n verhoogde inkomste, of Hy mag jou lei na die presiese artikel wat jy nodig het sonder enige ekstra koste of teen aansienlike besparings.

Ek het God al op die volgende maniere skeppend sien voorsien ongeag ‘n gereelde salaristjek:

Noodsaaklike items verskaf deur vriende, familie, bure of ander Christene: Soos mense deur die verskillende stadiums van die lewe beweeg, het hulle dikwels oortollige artikels wat nie langer benodig word nie. Hulle is dan baie keer bereid om dit af te staan of te verkoop teen aansienlike besparings aan iemand wat hulle weet dit wel kan gebruik.

Erfporsies, bonusse of beurse: Ek het mense geken wat verras is deur bedrae geld wat hulle onverwags by familie, werkgewers of opvoedkundige instansies gekry het.

Kleinhandelwinkels en vervaardigers: In vandag se stram kleinhandel-ekonomie is daar dikwels geleenthede waar jy 40-90% minder kan betaal deur uitverkopings, opruimings, teruggebringde en/of demonstrasie-artikels.

Bankrotskappe, teruggeneemde artikels en veilings: Alhoewel jy gewoonlik markpryse vooraf moet ken, kan jy deur hierdie kanale goedere, voertuie, huise, ens, baie billik bekom deur God se voorsiening.

41

Page 42: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Die regering: Daar is baie maniere waarop God die regering kan gebruik om iemand direk te bevoordeel.

Afslag- en liefdadigheidswinkels [hospice], garageverkopings: Jy kan hier dikwels nuttige of kwaliteit artikels vir tot 50-95% goedkoper kry as die gewone prys.

Namate jy ‘n meer getroue en vrygewige skenker word, mag jy ook vir jou eie behoeftes bid, en moenie verbaas wees oor die vindingryke maniere waarop

God vir jou voorsien nie!© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

Dag 24Sommige mense word geroep om oorvloedig te gee

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Markus 10:21-25: Jesus het na hom gekyk ['n jong ryk man] en hom liefgekry en vir hom gesê: "Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!" Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: "Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom." Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: "Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.”

1 Konings 19:19-21: Nadat hy [Elia] daarvandaan af weggegaan het, kry hy vir Elisa seun van Safat besig om te ploeg met twaalf spanne van twee, terwyl hy self by die agterste span geloop het. Toe Elia by hom verbyloop, gooi Elia sy mantel op hom. Hy het sy osse net so gelos en agter Elia aangehardloop en gesê: "Laat ek tog net my pa en ma gaan groet. Dan sal ek saam met u gaan. ... Toe draai Elisa om en gaan slag twee osse, en met die juk het hy die vleis gebraai en vir sy werksmense gegee om te eet. Daarna het hy saam met Elia gegaan en sy volgeling geword.

Markus 14:3: Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar 'n vrou gekom met 'n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet.

Handelinge 4:34-37: Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Josef 'n Leviet wat op Siprus gebore is en wat deur die apostels Barnabas genoem is - dit beteken iemand wat mense moed inpraat - het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.

Wat is die kosbaarste en finansieel waardevolste item[s] in jou lewe? Sal jy dit ooit oorweeg om dit weg te gee sodat jy God kan eer deur oorvloedige

offers?

42

Page 43: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Dag 25God kan groot dinge doen deur ‘n persoon of groep wat aan Hom

toegewy leef

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Samuel 14:6,7,13: Jonatan het vir sy wapendraer gesê: "Kom ons gaan oor na die patrollie van hierdie heidene toe. Miskien sal die Here ons help. Hy kan red, deur baie of deur min." En sy wapendraer sê vir hom: "Net soos u wil. Ek is tot u diens." Jonatan het hande-viervoet opgeklouter met sy wapendraer op sy hakke. Die vyand het voor Jonatan geval, en agter hom het sy wapendraer hulle doodgemaak.

Rigters 7:7: Toe sê die Here vir Gideon: "Ek sal julle red met die drie honderd man wat die water opgeskep het. Ek sal vir Midian [120,000] in jou mag oorgee. Die ander moet almal huis toe gaan.”

2 Kronieke 14:9,11,12: Die Kussiet Serag het Juda binnegeval met 'n leër van 'n miljoen man en met drie honderd strydwaens. Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: "Here, net U kan die swakke teen 'n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat 'n mens teen U seëvier nie." Die Here het die Kussiete die onderspit laat delf teen Asa en Juda.

Sagaria 4:6: “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees”, sê die Here die Almagtige.

1 Samuel 17:45-47: Maar Dawid sê vir die Filistyn: "Jy kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het. Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee.”

Efesiërs 3:20: Aan God wat deur Sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe.

Verwag groot dinge van God.Pak groot dinge aan vir God.

Dag 26God seën jou finansieel sodat jy vir andere tot seën kan wees.

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Spreuke 10:16: Die regverdige ontvang die lewe as beloning; die goddelose oes net straf.

43

Page 44: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Psalm 67:8: God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer.

Spreuke 11:24,25: Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.

Deuteronomium 15:7,8,10,11: As daar in een van die dorpe in die land wat die Here jou God aan jou gee, 'n arme is, 'n mede-Israeliet, moet jy nie hard en suinig wees teenoor so 'n broer van jou wat arm is nie. Wees vrygewig teenoor hom en leen hom wat hy nodig het. Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak.

Hebreërs 6:10: God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.

2 Korintiërs 9:8: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.

Gee jou gawes terwyl jy nog lewe.Dan sal jy weet waarheen dit gaan.

Dag 27Dit is beter om mense te vra hoé jy hulle kan help.

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Nehemia 2:2-5,8: [Nehemia het gesê] ... "maar dié dag sê die koning vir my: "Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan?" Ek was baie bang, maar ek het vir die koning gesê: "Mag die koning baie lank lewe! Hoe sal ek dan nie bedruk lyk as die stad waar my voorvaders begrawe is, in puin lê en sy poorte verbrand is nie?" Toe sê die koning vir my: "Is daar iets wat jy my wil vra?" Ek het 'n skietgebed opgestuur na die God van die hemel en toe vir die koning gesê: "As die koning dit goedvind, as u dienaar op u goedgesindheid mag reken, stuur my na Juda toe, na die stad waar my voorvaders begrawe is, sodat ek die stad kan herbou." ... My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan."

Matteus 20:30,32-34: Twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbykom. Toe roep hulle uit: "Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor ons!" .Jesus het gaan staan, hulle geroep en gevra: "Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?" Hulle sê toe vir Hom: "Here, dat ons oë oopgaan." Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.

Markus 10:51-52: Jesus vra vir hom: "Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?" "Rabboeni," sê die blinde man vir Hom, "dat ek kan sien." Jesus sê daarop vir

44

Page 45: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

hom: "Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered." Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.

Doen al die goeie wat jy kan, met alles wat jy kan,

op al die maniere wat jy kan,in al die plekke waar jy kan,

al die kere wat jy kan,aan al die mense wat jy kan,

so lank as wat jy kan.John Wesley

Dag 28God sal jou beloon vir jou getroue vrygewigheid en ywerige werk

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Korintiërs 15:58: Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

Galasiërs 6:9-10: Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Hebreërs 6:10-12: God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie. Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is. Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.

Filippense 4:17: Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker.

’n Skenking is soos ’n reuse hefboom, gekoppel aan die draaipunt van hierdie wêreld. Dit laat ons toe om berge te versit vir die lewe hierna. Omdat ons

gee, sal die ewigheid anders daar uitsien - vir ons, én vir andere.Randy Alcorn.

Ek het meer as 100 000 gesinne dopgehou in my jare as beleggingsadviseur. Ek het altyd gròter voorspoed en geluk raakgesien by dié gesinne wat ’n

tiende gegee het as by dié wat dit nie gegee het nie.Sir John Templeton

Nés in Monopoly, gaan alles op die ou end terug na die Eienaar

“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit” Job 1:21.

45

Page 46: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Toe Charles B Darrow ‘n nuwe bordspel, Monopoly, in 1934 aan die Parker Broers voorgelê het, het die beterweterige sakemanne dit verwerp oor “52 ontwerpfoute”. Maar Darrow, ‘n ware gelowige, het begin om die spel self te druk en te verkoop. Die res van die verhaal is geskiedenis.

John Ortberg skryf hoe hy grootgeword met ‘n ouma wat ‘n ywerige Monopolyspeler was. Sy het teen haar kleinkinders gespeel en byna altyd gewen.

Maar een goeie dag het die jong John dit reggekry om te wen. Soos die meeste kinders het hy ‘n groot ophef gemaak van sy seldsame oorwinning: hy het al die speelgeld, hotelle en huise na hom toe gehark en hom triomfantelik in sy oorwinning verlustig.

Die ouma het geglimlag en gesê: “Onthou net, John, dit gaan alles terug in die kis. Al die geld, al die hotelle, huise en spelstukke … aan die einde van die spel gaan dit alles terug kis toe!”.

Bron: Men of Integrity Magazine.

Besef dat alles wat jy het, moet teruggaan na die Eienaar. Jy moet alles aan iemand nalaat. Is dit nie dalk wys om dit gedurende jou leeftyd aan die

Iemand wat dit aan jou gegee het, terug te gee nie?

En onthou: ‘n doodskleed het nie sakke nie. Al kan jy niks saamneem nie, kan jy dit solank vooruit stuur!

Vierde week-projekFokus op jou bydraes in die lig van jou skenkings in die verlede

Identifiseer: “Vir watter bedieninge en projekte gee jy om en wil jy graag ondersteun?”

“ … omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys. My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met

ons het, jou ‘n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen” Filemon 5,6.

“Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God

gedank word” 2 Korintiërs 9:11.

Stap 1: Maak ‘n lys van kerk- en Christelike bedieninge, sendelinge en organisasies wat jy tans ondersteun.

Stap 2: Nadat jy hieroor gebid het, omkring enige bestaande bediening wat jy ondersteun of ‘n nuwe bediening wat die meeste baat sal vind by jou verhoogde dankoffer.

Stap 3: Stel toekomstige prioriteite en bedrae vas op grond van hoe jy glo God jou lei.

Voorstel: As jy ‘n tiende vir die werk van die Here gee, oorweeg om dit uit jou hoofbron van inkomste te doen vir jou plaaslike gemeente. Oorweeg dan

46

Page 47: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

om 10% of meer van al jou ander inkomstebronne aan te wend om ànder bedieninge en projekte wat die Here op jou hart lê, te ondersteun.

Bedieninge wat jy ondersteun

Finansiële ondersteuning in

verlede (R)

Toekomstige ondersteuning

(R)Jou plaaslike gemeenteLiefdadigheid/hulp aan armesGeloofsbelofte offer vir sending

Kerklike bedieninge: Pastorale personeel, sending, liefdadigheid, jeug, kinders, volwassenes, vroue, mans, geriewe, media, ander kerke, ens.

Geboue en toerusting: Nuwe fasiliteite, vervanging, uitbreiding, opknapping, voertuie, rekenaars, programtoerusting, ens.

Behoeftiges: Weduwees, dakloses, stedelike bediening, ongewenste swangerskappe, gevangenes, vlugtelinge, noodleniging, straatkinders, weeskinders, reddingsoperasies, gestremdes, armoedeverligting, VIGS gevolge.

Opvoeding: Christenskole, Bybelskole, kolleges, kweekskole, ens.

Sending: Buitelandse sendelinge, internasionale sendingorganisasies, kerkplanting, teologiese opleiding, leierskapsopleiding en –ontwikkeling, ekonomiese ontwikkeling, fasiliteite, sendelinge in ander kerke, ens.

Uitreike/Dissipelskap: Evangelisasie, evangelisasie-uitreike, media, tydskrite, TV, radio, finansieel, kampus, professionele groepe, sport, mans, vroue, kinders, tieners, kampe, konferensiesentrums, ens.

Week 4Deel jou skatte

Moontlike vrae om oor na te dink en te bespreek:

1. Is jy ‘n sistematiese gewer, ‘n spontane gewer of ‘n bietjie van albei?

2. As jy kinders het, wat het jy gedoen om hulle te help om getroue en vrygewige gewers te wees?

3. Het jy al enige van God se kreatiewe voorsieningsmetodes, soos op bl .... genoem, ervaar?

4. Toe jy die “gawe”-vraelys in hierdie week se projek voltooi het, wat het jou verras of jou aandag getrek terwyl jy daarmee besig was?

47

Page 48: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

5. Het jy besluit hoeveel jy vir jou plaaslike gemeente gaan gee? Hoe gee jy [kontant, weekliks, tweeweekliks, maandeliks, jaarliks, sporadies, los kontant wat jy by jou het, ens]?

6. Watter bedieninge of behoeftes ondersteun jy graag?

7. Neem jy belastingimplikasies in ag as jy gee? Hoekom/hoekom nie?

8. Watter waarheid of Bybelvers oor die afgelope sewe dae het jou die meeste geraak?

9. Hoe maak jy seker dat jy getrou vir die Here gee [bv uitskryf van maandelikse tjeks, byhou van ‘n boekhouprogram, die Here se geld op ‘n spesiale plek bêre, elektroniese oorbetaling, ens]?

10. As jy getroud is, besluit julle saam waarvoor julle gaan gee, of het elkeen die vryheid om te gee, of is een van julle die hoof-besluitnemer van waar en hoeveel julle gaan gee?

11. As jy kinders het, weet hulle hoeveel jy gee, waarvoor en hoekom jy gee? Hoekom/hoekom nie?

Week 5

Dag 29 Die gewer en die voorste frontlinie-werker is gelyke vennote in God se werk

Dag 30 Jou skenking sal ‘n groot hulp en bemoediging vir andere weesArtikel: Wees oorvloedig in die gawe van gee

Dag 31 Jou navolging van God en ‘n ruimhartige lewe sal jou ‘n voller en oorvloediger lewe besorg

Dag 32 Besef dat God spesifieke mense oor jou pad sal bring wat jy waarlik kan help

Dag 33 Enige rykdom wat op die verkeerde manier verwerf is, het ernstige gevolge

Dag 34 Besef dat God enigeen en enigiets kan gebruik om vir Sy werk te voorsien

Dag 35 Jou bydraes in hierdie lewe sal jou lewe in die ewigheid beïnvloed

Artikel: Benut die geleentheidWeek 5 Werkbladprojek – fokus op jou skenking in die lig van jou reaksie

Persoonlike, gesins- of groepsvrae

“Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van

gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart”. Heb 4:12.

Dag 29

48

Page 49: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Die gewer en die voorste linie-werker is gelyke vennote in God se werk

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Samuel 30:24: Nee, soos die aandeel van dié wat gaan veg, is die aandeel van dié wat by die goed agterbly; hulle deel gelykop.

3 Johannes 1:5-8: Jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie. Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op ‘n wyse soos God dit verwag, want hulle is op reis om Christus te verkondig en hulle ontvang niks van die heidene nie. Dit is dus òns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.

1 Korintiërs 3:7-9: Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God.

Filippense 4:18,19: Julle gawe (hulp aan Paulus as sendeling) is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En My God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.

Matteus 10:41-42: [Jesus het gesê] “Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal ‘n profeet se beloning ontvang; en wie ‘n goeie mens ontvang omdat hy goed is, sal ‘n goeie mens se beloning ontvang. Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sàl sy beloning kry”.

Ek weeg alle dinge slegs volgens die waarde wat dit in die ewigheid sal hê. John Wesley

Jy het nét een lewe, wat gou verby sal wees;nét dit wat vir Christus gedoen is, sal standhou. Eerw CT Studd

Dag 30Jou gawes sal ‘n groot hulp en bemoediging vir andere wees

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

2 Korintiërs 9:12-13: … want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander.

Handelinge 4:34-37: Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring

49

Page 50: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Josef … wat deur die apostels Barnabas genoem is – dit beteken iemand wat mense moed inpraat – het ook die grond wat hy gehad het, verkoop en die geld gebring en dit vir die apostels gegee.

Matteus 5:14-16: Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Dit het geen waarde om die rykste persoon in die begraafplaas te wees nie.

‘n Welgestelde Christensakeman het alles verloor in ‘n ekonomiese resessie. Toe hy gevra is of hy spyt is oor dit wat hy weggegee het vir die saak van die Here, het hy geantwoord: “Dit wat ek gegee het, is steeds myne. Alles wat

ek gehou het, het ek verloor”.

Wees oorvloedig in die gawe van gee

Doelwitte om meer oorvloedig te kan geeWaar jy ookal nòu is op jou reis na ‘n meer oorvloedige lewe, God wil jou nòg

verder neem.

Die Bybel sê in 2 Korintiërs 8:7 “Aangesien julle alles in oorvloed het … wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig”. Ek het ontdek dat die Here, soos strepe in die sand, altyd ‘n nuwe doelwit vir elkeen van ons daarstel sodat ons meer oorvloedig kan lewe en Hom in groter volheid ervaar. Met elke tree wat ons gee, roep God ons om die bronne in gedagte te hou wat Hy in ons hande geplaas het. Dan nooi Hy ons om dit te laat gaan vir Sy werk en Hom te vertrou as ons Voorsiener. Ons mag dalk bang raak en vashou aan wat ons het, in plaas van om te laat los en God te vertrou vir ons behoeftes. In my lewe het doelwitte om meer oorvloedig te kan gee, al die volgende ingesluit:

Om meer te gee as wat ek gedink het ek kan bekostig. As ‘n jong man wat pas sy lewe aan Jesus Christus gegee het, het ek tydens ‘n diens die behoefte in my hart gevoel om ‘n R200-noot in die kollektebord te plaas. Voorheen het ek nooit meer as ‘n paar rand gegee nie. Terwyl ek met hierdie drang geworstel het, het ek besluit om die R200 in te sit en dan kleingeld te neem!

Uiteindelik het ek, met ‘n bewende hand, die noot ingesit [sonder om kleingeld te neem] en die volgende paar dae God se voorsiening en vrede in so ‘n mate ervaar, dat ek nooit spyt gekry het dat ek dit gedoen het nie.

Om te gee al was ek in die skuld. Daar was ‘n tyd in my lewe toe my rekeninge so hoog opgestapel was dat ek meer maand as geld gehad het! Dit was gedurende hierdie tyd dat ek begin voel het dat ek 10% van my inkomste vir die Here moet gee. Dit het glad nie vir my enige sin gemaak nie, aangesien ek nie eens genoeg geld gehad het om my rekeninge te betaal

50

Page 51: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

of in al my behoeftes te voorsien nie. Maar ek het besluit om die Here te vertrou en die nuwe doelwit te behaal om sodoende meer oorvloedig te lewe en te gee. Toe ek my volgende salaristjek ontvang, was die eerste tjek wat ek [met huiwering] uitgeskryf het, die 10% vir die Here se werk. Soos ek dit aanhou doen het, het ek agtergekom dat ek glad nie so onverstandig met my geld was nie. Ek het God meer vertrou vir my behoeftes en goeie vordering gemaak met die afbetaal van my skuld. Ek het ook aangesluit by Crown Financial Ministries Bible Study [www.crown.org] en geleer hoe om biddend ‘n begroting op te stel om my te help om binne ‘n paar jaar al my skuld te kan delg.

Om ‘n groot geskenk te gee wat gelykstaande is aan ‘n halfjaar se salaris. As jong getroudes was ek en en my vrou aangespoor om ‘n groot opoffering te maak en ‘n deel van ons spaargeld op te offer vir die werk van ‘n Christelike bediening. In daardie tyd was dit meer as ses maande se salaris, ‘n vyfsyferbedrag! Terwyl ons hieroor gebid en die saak bespreek het, het ons besluit om ‘n lys te maak van alles wat ons sou moes prysgee as ons die skenking sou maak. Ons het gebid en besef dat dit ‘n nuwe doelwit was wat God wou hê ons moes behaal.

Weer eens, met ‘n bewende hand, het ek die tjek uitgeskryf. ‘n Paar jaar later het ons weer daardie lys gekry van die dinge wat ons moes prysgee om die skenking te maak. Ons was verbaas om te ontdek dat God onverwags en op wonderlike maniere voorsien het vir elke item op die lys wat ons gedink het ons sou moes prysgee. Deur hierdie ondervinding het ons geleer dat ‘n mens God nooit moet onderskat nie. ‘n Ander keer het die Here ons gelei om ‘n ander skenking te maak gelykstaande aan ‘n jaar se salaris.

Om groter dankoffers te gee deur ons “seëninge te tel”. Ons het jare lank op ‘n Sondagaand met ‘n potlood en ‘n notaboek gesit en neergeskryf hoe God die afgelope sewe dae vir ons voorsien het [bv my hoofinkomstebron, my vrou se inkomste as plaasvervanger-onderwyseres, onverwagte finansiële inkomste/ geskenke, afslag op aankope, gasvryheid/hulp wat ons gekry het, en baie meer]. Afhangende van wat ons aangeteken het, het ons 10% van my verwagte salaris aan ons gemeente gegee en 10% of meer van die ander seëninge vir ander Christelike behoeftes.

Om meer te gee deur ons leefstyl bietjie aan te pas. Daar was ‘n tyd in ons lewe toe ons meer geld gemaak het as wat ons ooit oor kon droom. Gedurende hierdie tyd het ons gevoel dat die nuwe doelwit vir ons was dat ons ons leefstyluitgawes so ‘n bietjie moes inkort sodat ons meer kon gee. Ons het toe besluit om ons jaarlikse huishoudelike uitgawes te beperk tot ‘n spesifieke bedrag en om alle geld wat ons méér as hierdie bedrag ontvang, net so vir die werk van die Here te gee. Om dit te laat gebeur, het ons twee tjekrekeninge geopen. Die eerste tjekboek was vir ons huishoudelike uitgawes [‘n vaste maandelikse bedrag] en die ander tjekboek vir ons gawes. God het uiteindelik hierdie besluit gebruik en ons toegelaat om nie alleen ons bydraes te vergroot nie, maar ook dat ek ‘n senior leraarspos kon aanvaar teen ‘n salaris van 65% minder as wat ons voorheen verdien het.

Om meer te gee deur ‘n hoër persentasie van ons inkomste te gee. Uit hierdie boekie kan jy agterkom dat ek glo om 10% vir die Here se werk te gee, die wégspringblokke is en nie die eindstreep van getroue Bybelse

51

Page 52: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

dankoffer nie. In my eie lewe en in die lewens van vrygewige mense wat ek ken, het ek geleer dat deur 10% te gee, dit baie makliker is om God se aansporing te gehoorsaam en om te leer om voortaan ‘n groter persentasie van my inkomste en bates vir die werk van die Here te gee.

Wat van jou? Watter “strepe in die sand” daag God jou uit om te oorskry sodat jy ‘n meer vrygewige lewe kan lei en in die vreugde van gee kan groei?

[© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

Dag 31Jou navolging van God en ‘n ruimhartige lewe sal jou ‘n voller en

oorvloediger lewe besorg

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

1 Timoteus 6:18,19: Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ‘n skat as ‘n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.

Filemon 6,7: My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou ‘n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen. Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.

Johannes 10:10: [Jesus het gesê] “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed”.

3 Joh 2,3: Geliefde, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan. Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe.

Matteus 6:33: Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Eerste dinge behoort aan God … Die eerste dag van die week behoort aan Hom.Die eerste uur van die dag behoort aan Hom.

Die eerste deel van jou inkomste behoort aan Hom.Wanneer jy God eerste stel, kan Hy jou help.

James MacDonald

Dag 32Besef dat God spesifieke mense oor jou pad sal bring wat jy werklik

kan help

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Jakobus 2:15,16: Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg”, maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?

52

Page 53: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Spreuke 14:31: Wie die arme se nood miskyk, beledig die Here. Wie lief en goed is vir ander, eer Hom. [Die Boodskap]

Lukas 14:13,14: Nee, as jy ‘n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupels, verlamdes en blindes. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.

Deuteronomium 15:7-11: As daar in een van die dorpe in die land wat die Here jou God aan jou gee, ‘n arme is, ‘n mede-Israeliet, moet jy nie hard en suinig wees teenoor so ‘n broer van jou wat arm is nie. Wees vrygewig teenoor hom en leen hom wat hy nodig het. Moenie sondige gedagtes herberg en dink dit is nie goed om jou broer wat arm is te help nie omdat die sewende jaar, die jaar van afskrywing, ophande is nie. Hy mag hom teen jou op die Here beroep, en jy sal skuldig staan. Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak. Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood en arm is.

Jy het al gehoor van voorbidders.Wat van “voor-skenkers”?

God het soveel aan ons toevertrou.Dalk is Hy besig om ‘n groot leër van skenkers saam te roep,

en roep Hy ons om aan te sluit.Randy Alcorn

Dag 33Enige rykdom wat op die verkeerde manier verwerf is, het ernstige

gevolge

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Job 20:17-23: [Die goddelose] sal nie die strome water geniet nie, nie die strome heuning en dikmelk nie. Wat hy met moeite verwerf het, moet hy teruggee, hy kan dit nie geniet nie, hy sal hom nie verlustig aan die weelde wat hy deur sy besigheid verkry het nie. Hy verdruk mos die armes en los hulle net so, hy vat sommer vir hom ‘n huis, hy bou dit nie self nie. Daar is geen einde aan sy gulsigheid nie, hy kom nie vry van sy hebsug nie. Niks ontsnap sy vraatsug nie, daarom hou sy voorspoed nie stand nie. Met sy oorvloed en al tref ‘n ramp hom, kom die swaarkry met volle krag op hom af. Terwyl hy hom nog so vol eet, laat God die woede van sy toorn oor hom losbreek, oorval God hom met oorlog, Hy vlug nog vir ‘n ysterwapen, dan deurboor ‘n bronspyl hom.

Spreuke 11:1-5: Die Here het ‘n afsku van ‘n skaal wat nie reg weeg nie; net die regte gewig dra sy goedkeuring weg. Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid. Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang. Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie; om te lewe volgens sy wil, red van die dood. Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk; wie verkeerd doen, kom daardeur tot ‘n val.

53

Page 54: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Spreuke 13:11: Kitsrykdom sonder harde werk hou nie lank nie. Wie bietjie vir bietjie spaar, word ryk. [Die Boodskap]

Jeremia 17:11: ’n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van ‘n dwaas.

Hosea 12:8: Efraim is ‘n skelm handelaar: hy buit graag mense uit. En dan sê hy: “Ek is ryk, ek het myself ryk gemaak. Terwyl ek my besittings bymekaargemaak het, het ek niks gedoen wat verkeerd is nie”.

Hoeveel beter is dit om eerbaar arm te wees, in plaas van twyfelagtig ryk.

Dag 34Besef dat God enigeen en enigiets kan gebruik om vir Sy werk te

voorsien

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Prediker 2:26: Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. Maar die een met wie Hy nie tevrede is nie, kry die taak om op te gaar en bymekaar te maak en dit dan te gee aan een met wie God tevrede is.

Jesaja 45:3: Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het ….

Job 27:13,16,17: Dit is die lot wat God uitmeet vir die goddeloses, dit is wat die geweldenaars ontvang van die Almagtige. Al hoop hulle hulle geld op soos stof, en al is hulle klere so volop soos klei, wat hulle bymekaargemaak het, sal deur die regverdiges gedra word, en onskuldiges sal die goddeloses se geld onder mekaar verdeel.

Spreuke 28:8: Wie ryk word deur onbillike rente en onregverdige wins sal dit moet oorgee aan iemand wat hom oor armes ontferm. [NLV]

Lukas 18:4,5: [Die Regter] het vir homself gesê: “Al eer ek God nie en respekteer ek ook nie my medemens nie – omdat hierdie weduwee my so onophoudelik teister, sal ek haar saak behartig, anders sal sy my nog heeltemal gedaan maak.” [NLV]

Die wêreld moet nog sien wat God kan doen deur iemandwat volkome aan Hom toegewy is.

Dwight L Moody

Dag 35Jou bydraes in hierdie lewe sal jou lewe in die ewigheid beïnvloed

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

54

Page 55: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Lukas 14:13,14: Nee, as jy ‘n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.

Matteus 6:19-21: [Jesus het gesê] “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees”.

Lukas 12:33,34 : [Jesus het gesê] “Skaf vir julle ‘n beurs aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees”.

1 Timoteus 6:18-19: Praat mooi met die ryk mense. Vra hulle om hulle geld te gebruik om arm mense mee te help. Hulle moet nie suinig wees nie en moet graag met ander deel wat hulle het. So sal hulle soveel goeie dinge doen dat hulle in die oë van God en die mense baie ryk sal wees, nie omdat hulle baie geld het nie, maar omdat hulle soveel goeie dinge gedoen het. So belê hulle eintlik in die bank van God. Dit is die beste belegging waaraan ‘n mens kan dink, veral vir die toekoms. So sal die ryk gelowige ook die ware lewe by God hê. [Die Boodskap]

As jy mense sou vra wat hulle kan “bekostig” om vir die saak van die Here te gee, sal hulle gewoonlik ‘n klein bedraggienoem wat hulle voel hulle kan hanteer. Maar as jy mense vra

wat Gòd op hul harte lê om te gee, is daar geen twyfeloor hoe God hulle sal lei én voorsien om te gee nie.

God lê dikwels ‘n bedrag op ‘n mens se hart wat baie groter is as wat hy op daardie oomblik met sy verstand kan begryp.

Die verstand het gewoonlik tyd nodig om in ooreenstemming te kom met dit wat God op die hart gelê het.

Benut die geleentheid

Honderde jare gelede, toe mense hoofsaaklik naby die see gewoon het, is die woord geleentheid geskep.

Dit kom uit die tyd toe skepe moes wag totdat die gety klaar ingestoot het voordat hulle kon uitgaan see toe, anders sou die skip strand. In Latyn beskryf die woord “ob portu” die volmaakte oomblik wanneer tyd en gety saamvloei om ‘n skip te laat uitvaar.

In elke persoon se lewe kom geleenthede deur God bepaal.

55

Page 56: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Jy sal weet dat dit die regte tyd is wanneer ‘n dringende, lewensveranderende drang – met ewige en prominente waarde – ooreenstem met jou vermoëns. Nét op die regte oomblik kom dringendheid en vermoëns bymekaar. En op daardie presiese oomblik sal jy die geleentheid kry om God se goddelike doel vir jou lewe te ervaar.

Het die tyd vir jou en jou gemeente gekom om op ‘n besondere manier voort te beweeg?

As jy nadink oor die afgelope 35 dae-reis waarmee jy besig was, kan jy sien hoe God in jou hart en andere se lewens gewerk het sodat julle vooruit kan gaan na nuwe waters van geloof en diens tot Sy eer?

Aangepas met toestemming van die Harvest Bible Chapel in Rolling Meadows, IL.

Vyfde week-projekFokus op jou skenking in die lig van jou reaksie

Identifiseer: “Wat dink jy God wil hê jy moet doen sodat jy meer vrugbaar in Sy werk kan wees?”

Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen

in die behoeftes van die gelowiges nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee.

2 Korintiërs 9:11,12.

56

Page 57: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Kyk asseblief weer na jou weeklikse projekte en bepaal maniere hoe God jou lei om meer ruimhartig te lewe.

Sleutel-items/-bedrae geïdentifiseer in Week 1-projek [jou inkomste]

1-1

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

1-2

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

1-3

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

1-4

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

Sleutel-items/-bedrae geïdentifiseer in Week 2-projek [jou lewensstyl]

2-1

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

2-2

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

2-3

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

2-4

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

Sleutel-items/-bedrae geïdentifiseer in Week 3-projek [jou bates]

3-1

57

Page 58: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

3-2

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

3-3

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

3-4

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

Sleutel-items/-bedrae geïdentifiseer in Week 4-projek [jou bydraes]

4-1

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

4-2

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

4-3

……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

4-4 ……………………………………………………………………………………………….. R ………………………..

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.orgWaarheen sal jou verhoogde bydrae gaan?

Watter gemeente, spesiale projek[te], en/of bedieningsbehoefte[s] glo jy wil God hê moet jy meer ruim ondersteun met jou gawes, soos op die vorige bladsy aangedui?

Groter bydrae aan:

Bron[ne] van vorige bl Bedrag/hoe gereeld* DoelR / R /R /R /R /

58

Page 59: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

R /R /

* Hoe gereeld: E: eenmalig, M: maandeliks, K: kwartaalliks, J: jaarliks [gewoonlik oor 1, 2, of 3 jaar]

Wat is die redes waarom jy voel dis belangrik om jou bydrae vir bogenoemde instansies te verhoog?

………………………………………………………………………………………………………………………………………......

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

Hoe sal hierdie ondersteuning mense bevoordeel tot God se eer?

………………………………………………………………………………………………………………………………………......

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………………………………………

Week 5Deel jou skatte

Moontlike vrae om oor te dink en te bespreek

1. Hoe het jy gevoel toe jy hierdie 40 dae-reis begin het – was jy opgewonde, skepties, of was dit vir jou ‘n las? Hoe voel jy nou daaroor?

2. Wat is een van die grootste dinge wat jy in verband met rykdom en vrygewigheid geleer het terwyl jy op hierdie reis was?

59

Page 60: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

3. Oor watter “strepe in die sand” [bl ] het jy in die verlede beweeg? Watter doelwit wil God hê dat jy nou moet bereik?

4. Toe jy die “reaksie”-werkblad van hierdie week se projek ingevul het, wat het jou verras of jou aandag getref terwyl jy daarmee besig was?

5. Hoe dink jy gaan hierdie reis jou gawe aan die gemeente beïnvloed? Aan ander bedieninge? Vir spesiale behoeftes?

6. Watter waarheid of Bybelgedeelte wat jy die afgelope week gelees het, staan bo die ander uit?

7. Het jy al begin agterkom dat God op vars maniere in jou lewe werk omdat jy begin het om op ‘n ander manier na jou finansies en gawes te kyk?

8. Het jy al enige ervaring van ongewone of onverwagte finansiële voorsiening of seëninge ervaar sedert jy met die reis begin het? Indien wel, wat was dit?

9. Op watter wyse dink jy roep God jou om iets te doen met die geleenthede wat aan die begin van hierdie werkboek bekend gestel is?

10. Kan jy aan enige ander persoon dink wat daarby sal baat om hierdie werkboek deur te werk?

Week 6Dag 36 Moenie die arme en behoeftige help ten einde erkenning te kry nie. Dag 37 Selfs die kleinste bietjie hulpverlening sal onthou en beloon word Dag 38 ‘n Groot fokus van jou skenking behoort jou plaaslike gemeente

en predikante te weesDag 39 Dit is die moeite werd om bouprojekte te ondersteun.Dag 40 God sal vir jou projekte wys wat die moeite werd is om te

ondersteunArtikel: God se begeerte vir Christene is om te leer om …

Week 6 Werkbladprojek: Fokus op jou skenking in die lig van jou dankbaarheidKry jou huis in ordeHoe om te bestelNuttige finansiële hulpbronne

Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Jakobus 1:22

Dag 36Moenie die arme en behoeftige help ten einde erkenning te kry nie

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Matteus 6:2-4: [Jesus het gesê] “As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat

60

Page 61: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon”.

Matteus 23:5,6: [Jesus het gesê] “Alles wat hulle (skrifgeleerdes en Fariseërs)doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges”.

Lukas 16:15: [Jesus het gesê] “Julle (die Fariseërs wat baie lief vir geld was) is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is ‘n gruwel voor God”.

Johannes 5:44: Hoe kan julle (die Jode) in My glo terwyl julle onder mekaar eer ontvang, en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie. [Die Boodskap]

Johannes 12:43: … want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God. Hulle (die Joodse leiers) se probleem was dat hulle harder probeer het om mense te beïndruk as vir God. [Die Boodskap]

Hy wat sy goed uitdeel aan die armes, sal net soveel terugkry,en boonop tien maal meer - John Bunyan

Voorspoed bedwelm mense, sodat hulle behae hetin hul eie waarde – Johannes Calvyn

Dag 37Selfs die kleinste bietjie hulpverlening sal onthou en waardeer word

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Matteus 10:42: Jesus het gesê ”Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sàl sy beloning kry. Dit verseker Ek julle”.

Spreuke 19:17: Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.

Matteus 25:37-40: Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: “Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?” En die Koning sal hulle antwoord: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen”.

Markus 12:41-44: Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar

61

Page 62: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

het toe ‘n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe”.

Ek skep geld uit, en God skep dit weer terug …maar Hy het ‘n groter graaf! Nyweraar RG Le Tourneau

Hy is geen dwaas wat weggee wat hy nie kan behou nie,om sodoende te baat by dìt wat hy nie kan verloor nie.

Sending-martelaar Jim Elliot

Dag 38‘n Groot fokus van jou skenking behoort jou plaaslike gemeente en

predikante te wees

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

I Korintiërs 9:13-14: Julle weet mos self dat die mense wat in die tempels werk genoeg kry om van te lewe by die mense wie se tempel dit is. Die Here het ook duidelik vir on as Christene gesê wat ons moet doen. As ons vir mense van Jesus vertel, moet gelowiges ook sorg dat ons genoeg het om van te lewe. [Die Boodskap]

1 Timoteus 5:17,18 : Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee, want die Skrif sê: ”Jy mag nie ‘n bees waarmee jy gaan dors, se bek toebind nie”, en ook: “Die arbeider is geregtig op sy loon”.

Galasiërs 6:6: Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.

2 Kronieke 31:9,10,12: Hiskia het by die priesters en die Leviete navraag gedoen oor die hope goed, en Asarja die hoëpriester uit die huis van Sadok het vir hom gesê: “Vandat die offergawes by die huis van die Here begin inkom het, is hier meer as genoeg om te eet en daar bly baie oor. Die Here het sy volk geseën, daarom is daar so ‘n massa goed oor”. Die offergawes, die tiendes en die gewyde gawes het getrou ingekom.

Deuteronomium 12:19: So lank as julle in julle land woon, mag julle nie die Leviet afskeep nie.

Geen kerk het ooit ‘n geldprobleem nie,slegs ‘n getrouheidsprobleem.

Brian Kluth

Dag 39Dit is die moeite werd om bouprojekte te ondersteun

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

62

Page 63: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Eksodus 35:29: Elke Israelitiese man en vrou wat vrywillig iets wou bring vir die werk wat die Here vir Moses beveel het om te doen (bou van die Tabernakel), het dit vir die Here gebring.

1 Kronieke 29:14-16: [Dawid se gebed nadat die volk ruimhartig bygedra het vir ‘n bouprojek] “ … want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan u wat ons van U gekry het. Net soos al ons voorvaders is ons by U sonder reg of aanspraak. Ons tyd op aarde is soos ‘n skaduwee, dit gaan verby. Here ons God, al hierdie goed wat ons bymekaargemaak het om ‘n huis vir u heilige Naam te bou, het ons van U gekry en dit behoort aan U”.

11 Konings 12:7-12: Toe het koning Joas vir Jojada en die ander priesters ingeroep en vir hulle gevra: ‘Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke in die tempel nie? Julle moenie geld aanvaar van dié wat dit bring, as julle nie daarmee vir die herstel van die bouvallige plekke betaal nie”. Die priesters het toe onderneem om nie langer geld van die volk te aanvaar solank hulle nie die bouvallige plekke herstel nie. Die priester Jojada het ‘n kis gevat, ‘n gat in die deksel geboor en dit langs die altaar neergesit, regs van waar ‘n mens die huis van die Here binnekom. Die priesters wat by die drumpel wag gestaan het, het al die geld wat na die huis van die Here toe gebring is, daarin gegooi. Toe hulle sien dat daar baie geld is die kis is, het die sekretaris van die koning saam met die hoëpriesters na die tempel toe gegaan en die geld wat in die huis van die Here was, in ‘n sak gesit en gaan tel. Hulle het die afgetelde geld oorbetaal aan die werksvoormanne wat vir die huis van die Here aangestel is. Dié het dit oorbetaal aan die skrynwerkers en bouers wat die werk aan die huis van die Here moes uitvoer, so ook aan die messelaars en die klipkappers, om hout en gekapte klip te koop om die herstelwerk aan die huis van die Here te doen, kortom, om alle uitgawes aan die herstel van die tempel te dek.

Die enigste belegging wat ek ooit gemaak hetwat voortdurend groeiende dividende opgelewer het,

was die geld wat ek vir die Here gegee het.James Kraft, Stigter van Kraft Foods

Dag 40God sal jou projekte wys wat die moeite werd is om te ondersteun

Dink na, bespreek en bid oor die gedeelte wat jou die meeste aanspreek:

Jakobus 1:27: Laat ek vir julle sê watse soort godsdiens God ons Vader as eg en eerlik sien: as jy bereid is om dié mense te help wat nie vir hulleself kan sorg nie, maar in die nood is, is jy besig met die regte godsdiens. Maar dan moet jy ook sorg dat jou lewe skoon bly van al die verkeerde dinge wat ‘n mens in hierdie wêreld kan doen. [Die Boodskap]

Job 29:12,13: … omdat ek die armes gered het wat om hulp roep, die weeskind en dié wat geen helper het nie. Die man wat met ondergang bedreig was, het my vir sy redding gedank, en ek het die hart van die weduwee bly gemaak.

63

Page 64: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Matteus 10:42: [Jesus het gesê] “Wie aan een van hierdie geringstes net ‘n beker koue water gee omdat hy my dissipels is, sàl sy beloning kry. Dit verseker Ek julle”.

Hebreërs 13:2,3: Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.

2 Korinthiërs 9:6-7: Dus staan die saak só: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy in sy hart besluit, nie uit spyt of dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. [NLV]

Lukas 14:13,14: Nee, as jy ‘n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.

Jy het nog nie regtig gelewe tensy jy iets vir iemand gedoen het wat jou nooit kan terugbetaal nie.

John Bunyan 1688

God se begeerte vir Christene is om te leer om …

Blymoedig te gee 2 Korintiërs 9:7Oorvloedig te gee 2 Kronieke 31:5; 1 Kronieke 29:14-17; 1 Timoteus

6:17-19; 2 Korintiërs 9:6-8Sistematies te gee Deuteronomium 14:22; Genesis 28:16-22;

Spreuke 3:9-10; 1 Korintiërs 16:2Met eerbied te gee Matteus 2:11; Deuteronomium 14:23; Levitikus

22:20; Maleagi 1:6-9Volgens vermoë te gee 1 Korintiërs 16:2; Deuteronomium 16:17; Eksodus

35:5; Esra 2:69Blymoedig te gee 2 Kronieke 24:10; 2 Korintiërs 8:2; 2 Korintiërs 9:7Gewillig te gee 2 Korintiërs 8:12-13; Eksodus 35:21,22; 1

Kronieke 29:9Gereeld te gee Deuteronomium 16:16-17; 1 Korintiërs 16:2;

Nehemia 10:35-39Getrou te gee Deuteronomium 14:27; 2 Kronieke 31:4-8Met verwagting te gee Maleagi 3:8-10; Genesis 28:20-22; Lukas 6:38; 2

Korintiërs 9:6-11Voortdurend te gee Matteus 6:19-20; 1 Timoteus 6:19; Markus 10:21;

Hebreërs 11:13-16Oordadig te gee Johannes 12:1-8; Markus 12:41-44; 1 Kronieke

29:2-9; Eksodus 35:4-29Bedagsaam te gee Haggai 1:3-11

64

Page 65: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Sesde week-projekFokus op jou skenking in die lig van jou dankbaarheid

‘n Persoonlike brief aan die Here

Dierbare Almagtige Here, Voorsiener en Eienaar van alles wat ek het of ooit sal hê, ek wil vir U dankie sê vir hierdie 40 dae-reis en die volgende dinge wat U op my hart en lewe gelê het sodat ek met meer blydskap en vrygewigheid as voorheen kan lewe en gee:

………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

65

Page 66: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………

Handtekening: ………………………………………………………….. Datum: …………………………………

As jy hierdie toewydingsboekie met jou lewensmaat, gesin, groep of klas gelees en bespreek het, gee tyd om hoogtepunte te deel van dit wat jy in hierdie brief geskryf het, of lees jou brief hardop voor. Bid saam nadat almal ‘n beurt gehad het.

NS As jy graag ‘n nota wil stuur van hoe God hierdie boekie in jou lewe gebruik het, stuur asb ‘n e-pos aan Brian Kluth by [email protected]. BAIE DANKIE!

© Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.orgIs jou huis in orde?

Beantwoord hierdie tien vrae om dit vas te stel:

Het jou man/vrou, makelaar en/of belangrike familielede …

‘n Dokument wat al jou finansiële rekeningnommers, polisse, pensioen, balanse op rekeninge, beleggings, mediese fondsvoordele, en belangrike toegangs- en wagwoord-inligting bevat?

Ja ………….. Nee ….………

‘n Dokument wat aandui waar jou belangrikste persoonlike dokumente gebêre is [in die meeste huishoudings is daar meer as 30 sulke dokumente]

Ja ………….. Nee ….………

‘n Dokument met jou laaste wense en begeertes op mediese gebied wat jou gesin aan dokters of hospitale kan gee indien jy onbevoeg of ongeskik raak?

Ja ………….. Nee ….………

‘n Dokument met jou begrafnisreëlings duidelik uiteengesit? Ja ………….. Nee ….………

‘n Dokument wat aandui wie spesifieke kosbaarhede of persoonlike besittings moet kry na jou heengaan? Ja ………….. Nee ….

………‘n Onlangs opgestelde testament en/of boedelbeplanning wat God eer deur ‘n gedeelte van jou finansiële bronne vir jou kerk en gunstelingbedieninge en liefdadigheidsorganisasies te gee?

Ja ………….. Nee ….………

‘n Dokument wat hoogtepunte gedurende jou lewe uitlig [inligting oor jou kinderjare, huwelik, belangrike gebeure, geestelike erfenis en lewenslesse]?

Ja ………….. Nee ….………

Al hierdie inligting in een lêer en op een plek? Ja ………….. Nee ….………

‘n “40 dinge-om-te-doen”-inligtingstuk in geval ‘n geliefde sterf? Ja ………….. Nee ….

………Die Bybelse insigte wat jou gehelp het om tot hierdie finale besluite te kom? Ja ………….. Nee ….

………

Indien jy “Nee” op enige van hierdie vrae geantwoord het …Besoek Brian Kluth se webwerf, of luister na sy boodskap oor hierdie onderwerp, en/of oorweeg

dit om die “Personal Christian Planning Guide for Getting your House in Order” te bestel vir jouself en/of vir andere.

66

Page 67: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Hier sal jy nuttige vorms kry om in te vul oor Bybelse insigte wat nêrens anders beskikbaar is nie. Jy kan hierdie waardevolle handleiding per pos bestel of jy kan dit aankoop as ‘n

Microsoft Word-dokument wat jy kan aflaai by www.kluth.org/houseinorder.htm

Addisonele hulpmiddels deur Brian Kluth:

* Gratis klank- en videopreke, boodskappe en radiokommentare [beskikbaar in deurlopende uitsendings, MP3, “pod”-opnames, en in gedrukte formaat].

* Hulpbronne oor vrygewigheid vir predikante en kerkleiers.

* Handige skakels na nuttige webwerwe oor finansies en vrygewigheid

* Inskrywingsaanbod vir ‘n gratis kwar-taallikse elektroniese nuusbrief oor vrygewigheid en finansiële onderwerpe uit ‘n Bybelse oogpunt.

* Webartikels oor finansies, vrygewigheid, en bydraes vir God se werk in kerke en bedieninge

Vir al hierdie artikels en meer, gaan na www.MAXIMUMgenerosity.org

67

Page 68: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Hoe om te bestel

Hierdie boekie in Afrikaans kan bestel word by [email protected] / Tel: (021) 957-7104.

As hierdie Geestelike Reis vir jou tot seën was, bestel kopieë vir ander.

Verhoog die waarde van nou vrygewigheid deur hierdie boekie te subsidieer en sodoende makliker beskikbaar te maak vir andere. Meer besonderhede is verkrygbaar by bg. kontakpunte.

Teen die einde van 2007 was reeds 350 000 eksemplare van hierdie boekie in Engels gedruk. Benewens die Afrikaanse weergawe word vertalings in die volgende tale onderneem: Spaans, Frans, Braziliaanse Portugees, Kroaties, Serwies, Hini en Mongolies.

Met waardering

Spreuke 27:17 sê: “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar“.

Spesiale dank aan Hugh O Mclellan van die Mclellan Foundation wat my aanvanklik geskakel het met die versoek om ‘n lys van Skrifgedeeltes saam te stel wat oor rykdom en vrygewigheid handel. Hierdie boekie is die uitvloeisel van daardie versoek. Ek wil ook graag my mede-werkers in Christus bedank wat my lewe en vrygewigheidsbediening geslyp en gevorm het: Larry Burkett van Crown Financial Ministries, Wes Willmer van die Biola Universiteit, Howard Dayton van Crown Financial Ministries, Ron Blue van die Christian Financial Professionals Network, Greg Ring van PhilanthroCorp, Dick Towner van die Willow Creek Association Good Sense Ministry, Daryl Heald van die Generous Giving, Gary Foster, Scott Preissler van die Internasional Center for Steward Leadership, Fred Smith jr van The Gathering, Randy Alcorn van Eternal Perspective Ministries, Dick Edic van Vision Resourcing, George Mueller, Christian Stewardship Association board members, Jerry Schriver van die Perimeter Church en die Christian Stewardship Network, Ted Haggard van die New Life Church and the National Association of Evangelicals, Bill Hamel en Aaron Uran van die Evangelical Free Church of America, Dave Travis van Leadership Network, Dave Worland van die National Christian Foundation, Ken Williams van die Ecumenical Center for Stewardship Studies, Fred Hofheinz van Lilly Endowment, Chris Dailey van American Church, Graham Wood van Suid-Afrika, Dwight Gibson van Geneva Global, Mark Kordic van Advocace, Shane Houle van die New Day Church, Chris Thomas van die Torchbearer Bible Schools, William Eisner sr, Tim Howard, Ted Beckett, John Hedlund sr, Truman Robertson van Fort Wilderness, Waldo Werning, Brad Hayes en Tudor Petan van Roemenië, Ephraim Gensi van Uganda, George Kovoor van Indië en Engeland, Nik Nedelchev van Bulgarye, Jonathan Singh van Indië, Peter Mayberry, Enrique Daza van Columbië, asook die gemeentes waar ek gedien het by die Harvest Community Church in Oak Creek, WI en die 1st Evangelical Free Church van Colorado Springs. Ek is ook dankbaar teenoor my wonderlike vrou en vrygewigheidsvennoot, Sandi. Leana Daza het ook wonderlike werk gedoen met die ontwerp van hierdie boekie.

Brian Kluth www.MAXIMUMgenerosity.org

“40 Day Spiritual Journey to a More Generous Life” deur Brian KluthISBN10:1-59971-855-3 ISBN13:978-1-59971-855-2

© 2006 Brian Kluth [e-pos: [email protected]]Om hierdie boekie in Engels te bestel of vir bykomende materiaal oor vrygewigheid deur Brian

Kluth, gaan na www.MAXIMUMgenerosity.org

Brian Kluth. Alle regte voorbehou. Die inhoud van hierdie boek mag nie gedeeltelik of in geheel gekopieër word sonder die skriftelike toestemming van die skrywer nie.

Ontwerp: Leana DazaAanhalings uit die Bybel in Afrikaans [1983-vertaling] met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Materiaal op bls 16 en 36 is aangepas met toestemming van Living Life on Purpose – Growing in Christ: Harvest Bible Chapel Adult Small Group Stewardship Curriculum, Volume 2:1, Kopiereg 2003, Harvest Bible Chapel, Rohlwingweg 800, Rolling Meadows, IL 60008. Die meeste foto’s kom van www.istockphotos.com.

Die Skoenerfoto op bl 72 is gebruik met toestemming van Dimetrious Athas.

Page 69: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

Nuttige finansiële hulpbronne

Hoe om meer vrygewig te word* www.MAXIMUMgenerosity.org deur Brian Kluth. Om te kontak, stuur ‘n e-pos

na [email protected]* www.generousgiving.org * www.gatheringweb.com [vir diegene wat meer as R1.4m per jaar gee]

Hulpbronne vir jou persoonlike finansies* www.crown.org * www.goodsenseministry.com * www.daveramsey.com

Hulpbronne om te ondersoek* www.soundmindinvesting.com * www.stewardshippartners.com [indien jy meer as R700 000.00 wil belê]

Hulpbronne vir finansiële en boedelbeplanning* www.cfpn.org [inligting oor geregistreerde Christelike finansiële raadgewers* www.ronblue.com * www.deni.net [webbladartikels oor boedel- of begrafnisbeplanning,

gesondheidsorg vir ouer persone, en meer]

Hulp vir Christelike bestuurders en eienaars van besighede* Christ@Work [ook bekend as Fellowship of Companies for Christ International]

www.fcci.org

“Hierdie boekie is vol Bybelse en praktiese insigte, en sal jou neem op ‘n opwindende reis na ‘n meer blymoedige en vrygewige lewe”. Dr Wesley Willmer, skrywer van “God and Your Stuff”

“Hierdie boekie maak die deur oop vir Christene om vrygewige en blymoedige skenkers vir God te wees”. Stephen W Johnson, besturende direkteur van die Ecumenical Center for Stewardship Studies. Hy bedien 21 kerkgenootskappe, onder andere Lutherse, Metodiste, Baptiste, Presbiteriaanse, Gereformeerdes, ens.

“Hierdie boekie sal mense inspireer om hul toewyding aan God te vergroot en sal hulle lei na hoër vlakke van vrygewigheid”. Dr William Hamel, president van die Evangelical Free Church of America.

“Hierdie boekie het verstommende verhale en positiewe insigte. Dit is ‘n fantastiese bron om van God se kinders blymoedige skenkers te maak”. Dr Kregg Hood, skrywer van “Take God at His Word – Experience the Power of Giving” en AG senior visepresident.

Optredes deur Brian Kluth

Brian is bereid om oorweging te skenk aan ‘n beperkte aantal versoeke om naweke op te tree by “Opleiding in Vrygewigheid”-kursusse by groot gemeentes oor:

“Waarom ‘n Vrygewige Christen?” – Dit is ‘n inleidingspreek wat ‘n gemeente help wat op hierdie 40 dae-reis wil gaan.

“Kry jou sake in orde” – Hierdie Sondagaandseminare gee mense Bybelse insigte en praktiese raad oor hoe om hul geloof, finansies, mediese wense, familie-nalatings, begrafnisplanne en die verdeling van hul rykdom te hanteer.

Page 70: Dit gaan alles weer terug in die boks, net soos in Monopolybybelsevrygewigheid.co.za/wp-content/uploads/2012/11/4…  · Web viewDag 11 Fokus daarop om tevrede te wees met God se

“Maksimum Vrygewigheid-leiersseminaar” – Dis ‘n halfdag Saterdagseminaar vir predikante en pastors van 15 of meer kerke in ‘n dorp, gebied of provinsie.

Om te kyk of te luister na hierdie boodskappe, gaan na: www.KLUTH.ORG/VIDEO.HTM Om navraag te doen oor Brian se beskikbaarheid vir ‘n besoek vir ‘n “Opleiding in Vrygewigheid”-

naweek”, e-pos jou versoek aan hom 4 – 18 maande vooruit na [email protected]