7
Omsendbrief 02/15 2015 01 26 “Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.” Spreuke 16:24 Geagte ouers 1. SPORT 1.1 Atletiek 1.1.1 Graad RR/R en 1 uitdunne Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan die ouers vir u belangstelling en ondersteuning. Dankie aan die graad 7 ouers wat gehelp het met verkope. 1.1.2 Oefening Dankie aan al die atlete wat so fluks kom oefen. Daar sal slegs Maandag en Dinsdag atletiekoefening wees as gevolg van die byeenkomste wat plaasvind. Alle rugby- en netbalspelers (seniors) moet asseblief die oefeninge bywoon om fiksheid te verseker! Ons begin reeds Maandag 9 Februarie met rugby- en netbaloefening. 1.1.3 Belangrike datums van byeenkomste Woensdag 28 Januarie – vs Dr Havinga (Tuis) Vrydag 30 Januarie - vs Louw Geldenhuys en Muldersdrif (Tuis) 1.2 Skaak Skaakoefening begin Woensdag 28 Januarie vanaf 14:00 tot 15:00 in die Mediasentrum. Mee Marissa Kotzee en Ronelle Grobler beloof dat dit ’n opwindende skaakseisoen gaan wees die jaar. Skaakspelers gaan ook geleentheid kry om aan kompetisies deel te neem. 1.3 Netbal 7's - AANDAG ALLE MAMMAS!! Die Netbal 7’s (soos op die jaarprogram aangedui) vind op 14 Februarie 2015 plaas. Die mammas is welkom om spanne in te skryf en dit deur te gee aan Desiré Beukes per e-pos ([email protected]). Sluitingsdatum is Dinsdag, 10 Februarie 2015. (T Breet en E Ferreira) 2/... Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

Dit

Omsendbrief 02/15

2015 01 26

“Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig

vir die mens.”

Spreuke 16:24

Geagte ouers

1. SPORT

1.1 Atletiek

1.1.1 Graad RR/R en 1 uitdunne

Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees.

Dankie ook aan die ouers vir u belangstelling en ondersteuning. Dankie aan die

graad 7 ouers wat gehelp het met verkope.

1.1.2 Oefening

Dankie aan al die atlete wat so fluks kom oefen. Daar sal slegs Maandag en

Dinsdag atletiekoefening wees as gevolg van die byeenkomste wat plaasvind.

Alle rugby- en netbalspelers (seniors) moet asseblief die oefeninge bywoon om

fiksheid te verseker! Ons begin reeds Maandag 9 Februarie met rugby- en

netbaloefening.

1.1.3 Belangrike datums van byeenkomste

Woensdag 28 Januarie – vs Dr Havinga (Tuis)

Vrydag 30 Januarie - vs Louw Geldenhuys en Muldersdrif (Tuis)

1.2 Skaak

Skaakoefening begin Woensdag 28 Januarie vanaf 14:00 tot 15:00 in die Mediasentrum.

Mee Marissa Kotzee en Ronelle Grobler beloof dat dit ’n opwindende skaakseisoen gaan

wees die jaar. Skaakspelers gaan ook geleentheid kry om aan kompetisies deel te neem.

1.3 Netbal 7's - AANDAG ALLE MAMMAS!!

Die Netbal 7’s (soos op die jaarprogram aangedui) vind op 14 Februarie 2015 plaas. Die

mammas is welkom om spanne in te skryf en dit deur te gee aan Desiré Beukes per e-pos

([email protected]).

Sluitingsdatum is Dinsdag, 10 Februarie 2015.

(T Breet en E Ferreira)

2/...

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Page 2: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

2

2. KULTUUR

2.1 Redenaars

Dis weer redenaarstyd! Alle graad 4 tot 7 leerders het verlede week ʼn brief ontvang

aangaande hulle Afrikaanse mondelingopdrag vir die eerste kwartaal.

Hierdie mondelinge toesprake is gebasseer op die ATKV redenaarstemas. Die top 15

leerders in elke graad sal dan deelneem aan die Aikônafees wat plaasvind op 24 en 25

Februarie.

Temas vir 2015 is as volg:

Graad 1 – 3

1. Lekker is net ‘n vinger lank

2. Een vrot appel steek al die ander aan

3. Kinders moet gesien word, maar nie gehoor word nie

4. Oos, Wes, Tuis, Bes

5. Met grysheid kom wysheid

Graad 4 – 5

1. Liewer bang Jan as dooie Jan

2. Een swaeltjie maak nog nie ‘n somer nie

3. Blaffende honde byt nie

4. Buig die boompie solank hy jonk is

5. Die een hand was die ander

Graad 6 - 7

1. Te veel hooi op jou vurk hê

2. As dit pap reën, moet jy skep

3. Elke dassie prys sy eie kwassie

4. Geld wat stom is, maak reg wat krom is

5. ‘n Boom gooi altyd ‘n skaduwee

2.2 Revue

Hierdie jaar gaan ons groot! Ons hou revue. Die tema van die revue is Animasie flieks

gebasseer op die Lego fliek. Die revue vind plaas vanaf 31 Augustus tot 11 September.

Hou asseblief hierdie datums oop. Ons vra dat u enige kartondose vir ons sal bymekaar

maak.

(K Lourens)

3. SKOOLKALENDER 2015

TERMYN SKOOL OPEN SKOOL SLUIT

1 14 JANUARIE 25 MAART

2 13 APRIL 26 JUNIE

3 20 JULIE 2 OKTOBER

4 12 OKTOBER 9 DESEMBER

(Bestuur)

4. TAAKRAADKAMP

Baie dankie aan mnre Du Plessis, Breet en mee Mitchley en Barnard wat hulle weg oopgesien het

om die kamp by te woon. Die kamp was goed gereël en alles het glad verloop. Baie

dankie aan al die graad 7-leerders, wat die kamp bygewoon het. Soos altyd

was hulle gedrag puik! Hulle het dit ook baie leersaam gevind. Dit is lekker

om te weet dat ons altyd op ons personeel en kinders kan staatmaak!

(Bestuur)

3/...

Page 3: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

3

5. HULPFONDS Baie dankie vir die ouers wat reeds ’n bydrae gelewer het.

Ons ondervind van tyd tot tyd dat finansiële krisisse by gesinne ontstaan. Somtyds verander

van ons ouers se situasie tuis, byvoorbeeld verloor van werk/inkomste en die ouers ervaar dan

finansiële uitdagings.

Ons wil graag probeer om ouers in hulle finansiële nood tegemoet te kom.

Om die uitsonderings te bestuur, het die beheerliggaam, in samewerking met die finansiële

komitee en die bestuur van die skool reeds ‘n hulpfonds gestig. Hierdie fonds word uitsluitlik

aangewend vir behoeftige gesinne. Hierdie subsidiëring word streng gekeur en vind slegs vir ‘n

kort tydperk plaas. Dit word gemonitor deur die finansiële komitee en die beheerliggaam.

Ouers wat in die posisie is om bydraes tot hierdie fonds te maak, word versoek om

onderstaande skeurstrokie A te voltooi. Bydraes kan ook anoniem gemaak word. Alle bydraes

sal slegs vir die bogenoemde doel gebruik word en enige restant sal oorgedra word na ‘n

volgende jaar. Alle tjeks moet uitgemaak word aan LAERSKOOL HELDERKRUIN.

Ons dank u by voorbaat vir u hulp en ondersteuning.

Enige navrae in hierdie verband kan aan die voorsitter van die beheerliggaam, Pierre Rossouw,

of mnr Schutte, gerig word.

(C Schutte)

6. D6 SCHOOL COMMUNICATOR

Ouers word herinner om te registreer op die D6 School Communicator om die nuutste inligting

vanaf die skool te ontvang. Laai dit af op u selfoon of rekenaar en bly op hoogte van

aktiwiteite.

(I Mitchley)

7. AFVALPAPIER

Dit sal waardeer word indien u alle afvalpapier soos ou tydskrifte, koerante

ensovoorts saam met u kind skool toe sal stuur. Die skool ondersteun ‘n herwin-

ningsprojek waarby ons finansieël baat. (R van der Watt)

8. SKOOLTYE VIR GRAAD RR/R EN 1

Neem kennis dat graad RR, R en 1 leerders van vandag af Maandag, 26 Januarie saam met al die

ander Grondslagfase leerders om 13:15 verdaag.

(L Kapp)

9. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Al die graad RR/R dames is vanaf 06:45 in hulle klasse beskikbaar.

(L Kapp)

10. INLIGTINGSAAND GRAAD RR TOT 7

Baie dankie aan al die ouers wat die inligtingsaand bygewoon het. ’n Notule vir elke

Intersenfase graad is op die communicator onder bronne beskikbaar vir u kennisname.

(L Kapp en I Mitchley)

4/...

Page 4: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

4

11. GRAAD 7: BIDGROEPIE: DONDERDAGOGGENDE

Liewe graad 7 leerder - ons nooi jou uit om saam met ons te kom klets,

knibbel, bid en sommer net deel hê aan boodskappe van Jesus vir ons.

Elke Donderdagoggend in die saal vanaf 07:00 tot 07:30. Kom val sommer

net in wanneer jy by die skool aanland.

Liefde in Jesus Christus

(Bidgroep – organiseerders)

12. OUERS WAT OMGEE

Ons nooi ouers wat graag deel wil word van die mammas wat omgee gebedsgroep op

Maandagoggende vanaf 7:10 tot 7:40 om by ons aan te sluit in die Terapeute lokaal in ontvangs.

Kontak Antoinette Cloete by 072 199 7668 vir verdere inligting.

(Antoinette Cloete)

13. ATLETIEK: INTERLAER

Neem asseblief kennis dat die Interlaer op 5 Februarie plaasvind. Daar sal nie formele skool-

onderrig wees op dié dag nie. Daar sal toesig by die skool wees vir leerders wat nie tuis

geakkommodeer kan word nie. Naskool funksioneer soos gewoonlik. Vir enige navrae kan u mnr

Van der Watt skakel by (011) 764-2506. U sal spoedig meer inligting in die verband ontvang.

Baie dankie vir u ondersteuning.

(R van der Watt)

14. INTERSEN – AKADEMIE

Die toetsrooster is aangeheg. Bewaar vir latere verwysing.

(I Mitchley)

15. NASIONALE KANKERDAG: 5 FEBRUARIE

Ons wil graag die bewusmakingsveldtog onder ons jeug ten opsigte van kanker bekendstel.

Siende dat ons Interlaer op Donderdag, 5 Februarie plaasvind, wil ons die leerders geleentheid

gee op Vrydag 6 Februarie hul plakkers te dra. Plakkers kan vanaf môre, Dinsdag 27 Januarie

teen R5 by sy/haar registeronderwyser gekoop word. Neem kennis dat dit ’n vrywillige

deelname is.

(Bestuur)

16. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie

aktiwiteite betrokke is!

27 Januarie 2015 - Foendieklub begin

28 Januarie 2015 - Atletiek vs Dr Havinga (Tuis)

- Skaakoefening begin

29 Januarie 2015 - Geen atletiekoefening

30 Januarie 2015 - Atletiek vs Louw Geldenhuys en Muldersdrif (Tuis)

5 Februarie 2015 - Interlaer

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF

-----------------------------------------------------------------------------

Page 5: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

SKEURSTROKIE A: BYDRAES VIR HULPFONDS (KANTOOR)

Ek die ondergetekende,..................................... ouer/voog van ............................

in graad ............, het kennis geneem van die bestaan van die hulpfonds en meld as volg:

Ek wil graag ‘n eenmalige bydrae tot die hulpfonds maak en sluit die bedrag van R………………..

hierby in.

Ek wil graag ‘n eenmalige bydrae ten bedrae van R……………………….. tot die hulpfonds maak

en sal die bedrag op …………………………………………………….. stuur.

Ek wil graag ‘n maandelikse bydrae tot die hulpfonds maak en sal poog om maandeliks die

bedrag van R………………………… by te dra.

HANDTEKENING OUER/VOOG: ………………………………………………………..................

KONTAKNOMMER: …………………………………………………………………………………..

Toetsrooster:

Datum Gr.4 tot 6 - Vak Gr. 7 - Vak

10/02/15 Afrikaans Afrikaans

17/02/15 Engels Engels

24/02/15 Wiskunde Wiskunde

03/03/15 NW en Teg. NW

24/03/15 Tegnologie

Page 6: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

Kunsklasse vir oud en jonk

Leerders: Maandae 15:00 tot 16:30

(Gr RR tot Gr 3)

Woensdae 15:00 tot 16:30 (Gr 4 tot 7)

Hoërskoolleerders: Dinsdae 18:00 tot 21:00

Volwassenes: Woensdae 9:00 tot 12:00

Donderdae 18:00 tot 21:00

Saterdae werkswinkels op aanvraag.

Skilder self en het baie ervaring in aanbieding

en onderrig van kuns.

Beginners welkom. Baie ontspanne atmosfeer,

geen vorige ervaring nodig nie, net ‘n liefde vir

kuns

Leerders: Bevorder kreatiwiteit, konsentrasie,

fyn motories, waarneming, probleemoplossings

en sommer baie pret. Alle mediums.

Volwassenes: Teken en skilder

Kontak: Sannie Slabbert 082 938 7490 of

011 768 2956

Studio: Titaanlaan 29 Wilropark

ALISON MONTAGU STUDIO

Dancers trained in the style of modern dance,

contemporary, jazz and acrobatic flexibility. Pilates

and Biokinetics offered.

Dancers entered into AIDT exams, local and

international competitions.

Small groups and individual classes offered.

Cell: 082 789 6690

Email: [email protected]

HUISHULP

Georgina Gaanname benodig huiswerk vir 2 dae ‘n

week. Ongelooflik betroubaar en baie

hardwerkend.

Skakel gerus Marise Jacobs by 073 818 7642 vir ‘n

verwysing.

RHYTHM `n FITNESS STUDIO

www.rnfstudio.co.za

39 Sonderend Street, Helderkruin Magz 083 451 9287 Zelda 071 263 5059

M & E Modelskool Modelwerk vir voor- en laerskooldogters (3 tot

13 jaar)

Nuwe seisoenkursusse begin week van

26 Januarie 2015.

GRATIS OPEDAG vir alle belangstellendes op

Saterdag 24 Januarie om 09:00 in Laerskool

Helderkruin se skoolsaal.

Vir meer inligting skakel Estelle Laubscher by

0843109908.

KUNSKLASSE

Klein groepies met individuele aandag vir kinders en

volwassenes.

Kom ontdek en ontwikkel jou talent in ‘n ontspanne,

gesellige atmosfeer. Uitstekende terapie vir ADD,

ADHD, Bipolêr, depressie, ens.

Maandae 15:00

Dinsdae 09:00 en 17:00

Woensdae 17:00 (volwassenes)

Saterdae 10:00

Kinders: Klasse 1½ uur teen R60 elk

Volwassenes: Klasse 2 ½ ure teen R60 elk

Kontakpersoon: Corry Larsen (Professionele

Kunstenares)

Kontaknommer: 073 656 2179

http://art.kondor.co.za

Page 7: Dit - Laerskool Helderkruin Amptelikkruiners.co.za/wp-content/uploads/2013/05/Kruiner-Klets...Baie dankie vir al die leerders se pragtige gedrag en goeie sportmangees. Dankie ook aan

DRAMATIX DRAMA BY HELDERKRUIN GR 1 en Gr 2: R330 P KWARTAAL +

R80 REGISTRASIE

WOENSDAE 15H00 TOT 15H30

Gr 3 en 4: R400 p KWARTAAL- WOENSDAE

15h30-16h15

Gr 5 tot 7 : R400 p KWARTAAL- WOENSDAE

16h16-17h00

Eerste Klas: Woensdag 28 Januarie

ATELJEE DIENSTE:

SELFBEELDONTWIKKELING,

KREATIWITEITSONTWIKKELING,

KUNSWEDSTRYD GROEPWERK

INDIVIDUELE KUNSWEDSTRYD-

AFRIGTING

REDENAARSHULP

KONTAK MARIKI MET NAVRAE:

082 92 99 286

OF EPOS NA [email protected]

Wen fliekkaartjies en bederf jou

Valentyn

Skryf ‘n gedig van 8 strofes en gebruik die volgende woorde:

Lees, leer, presteer, liefde Epos jou inskrywing met volledige

kontakbesonderhede, naam, graad en skool na [email protected] Sluitingsdatum 11 Februarie 2015

Wenner sal telefonies gekontak word. www.edublox.com