23
Inhoudsopgawe Hoe om hierdie studiegids te gebruik ............................................................. 7 Wenke vir die groepfasiliteerder ........................................................................... 11 DEEL 1 | DINK – WAT GLO EK? 1. Ek glo in God ................................................................................................................. 15 2. Ek glo in die persoonlike God ....................................................................... 29 3. Ek glo in verlossing ................................................................................................... 44 4. Ek glo in die Bybel .................................................................................................... 58 5. Ek glo my identiteit is in Christus ............................................................... 72 6. Ek glo in die kerk ........................................................................................................ 86 7. Ek glo in die mensdom ......................................................................................... 100 8. Ek glo in barmhartigheid .................................................................................... 114 9. Ek glo ek is ’n bestuurder .................................................................................. 128 10. Ek glo in die ewigheid ........................................................................................... 141 DEEL 2 | DOEN – WAT DOEN EK? 11. Ek aanbid ............................................................................................................................ 155 12. Ek bid ..................................................................................................................................... 169 13. Ek doen Bybelstudie ............................................................................................... 183 14. Ek leef doelgerig ........................................................................................................ 197 15. Ek gee my volkome oor ....................................................................................... 211 16. Ek bou ’n Bybelse gemeenskap ................................................................... 225

Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Inhoudsopgawe

Hoe om hierdie studiegids te gebruik ............................................................. 7

Wenke vir die groepfasiliteerder ........................................................................... 11

DEEL 1 | DINK – WAT GLO EK?

1. Ek glo in God ................................................................................................................. 15

2. Ek glo in die persoonlike God ....................................................................... 29

3. Ek glo in verlossing ................................................................................................... 44

4. Ek glo in die Bybel .................................................................................................... 58

5. Ek glo my identiteit is in Christus ............................................................... 72

6. Ek glo in die kerk ........................................................................................................ 86

7. Ek glo in die mensdom ......................................................................................... 100

8. Ek glo in barmhartigheid .................................................................................... 114

9. Ek glo ek is ’n bestuurder .................................................................................. 128

10. Ek glo in die ewigheid ........................................................................................... 141

DEEL 2 | DOEN – WAT DOEN EK?

11. Ek aanbid ............................................................................................................................ 155

12. Ek bid ..................................................................................................................................... 169

13. Ek doen Bybelstudie ............................................................................................... 183

14. Ek leef doelgerig ........................................................................................................ 197

15. Ek gee my volkome oor ....................................................................................... 211

16. Ek bou ’n Bybelse gemeenskap ................................................................... 225

978-1-4316-1428-8.indd 5978-1-4316-1428-8.indd 5 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 2: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

17. Ek gebruik my geestelike gawes ................................................................. 240

18. Ek offer my tyd op .................................................................................................... 254

19. Ek gebruik my hulpbronne ................................................................................ 268

20. Ek deel my geloof ...................................................................................................... 282

DEEL 3 | LEEF – WIE WORD EK?

21. Ek is liefdevol .................................................................................................................. 297

22. Ek is altyd bly ................................................................................................................. 311

23. Ek ervaar vrede ............................................................................................................ 325

24. Ek leef met selfbeheersing ............................................................................... 339

25. Ek het hoop ..................................................................................................................... 354

26. Ek is geduldig ................................................................................................................ 368

27. Ek is goedhartig .......................................................................................................... 382

28. Ek is getrou ...................................................................................................................... 397

29. Ek is sagmoedig .......................................................................................................... 411

30. Ek is nederig ................................................................................................................... 425

Word meer soos Jesus .................................................................................................... 439

978-1-4316-1428-8.indd 6978-1-4316-1428-8.indd 6 2015/08/31 09:22:19 AM2015/08/31 09:22:19 AM

Page 3: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

DOEL EN OORSIG

Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit werk lik om ’n dissipel van Jesus te wees? Die doelwit van Ek glo is om vir jou ’n duidelike prentjie te skets van wat dit beteken om soos Jesus te dink, te doen en te leef.

Ek glo – Bybelstudie sal jou help om jou gees telike lewe te evalueer, fasette van jou lewe wat spesiale aandag no dig het te identifi seer, en vir jou die hulpmiddels gee om in jou ge loof te groei. Studie 1-10 fo-kus op die sleuteloortuigings van die Christelike geloof; studie 11-20 fokus op die sleutelgebruike van die Christelike lewe; en studie 21-30 fokus op die sleutelwaardes van die Christelike lewe.

Mag God jou seën terwyl jy deur hierdie ervaring tot Hom nader.

DIE INHOUD VAN ELKE STUDIE

Elk van die 30 studies is in 3 dele verdeel. Die eerste deel is vir jou persoonlike stiltetyd ontwerp. Voltooi dit

asseblief elke week voor die groepbyeenkoms. Tydens jou persoonlike studie sal jy gedeeltes uit die Bybel lees en vyf vrae beantwoord wat met hierdie gedeeltes verband hou. Jy kry ook kans om jouself te eva-lueer deur oor vier geloofsverklarings na te dink en te besluit in watter mate jou lewe in pas is met die sleutelgedagte van die spesifi eke studie. Jy sal uitgedaag word om die sleutelgedagte en sleutelvers van elke stu die te memoriseer. Laastens is daar ’n gedeelte oor die spesifi eke tema van die studie wat jy kan lees en oor nadink.

Die tweede deel is die groepstudie wat julle by julle byeenkoms kan gebruik. Julle kry die geleentheid om die sleutelvers en -gedagte van die studie saam te memoriseer. Daarna kan julle saam gesels oor die vier geloofsverklarings uit die persoonlike studie, asook oor ander

Hoe om hierdie studiegids te gebruik

978-1-4316-1428-8.indd 7978-1-4316-1428-8.indd 7 2015/08/31 09:38:17 AM2015/08/31 09:38:17 AM

Page 4: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

8 | EK GLO – Bybelstudie

gespreksvrae. Julle sal saam ’n gevallestudie lees oor mense wat met hulle geloof worstel. Deur te gebruik wat julle in die studie ontdek het, kan julle as groep saam dink oor hoe julle hierdie mense sou kon help en bemoedig. Laastens sluit julle julle byeenkoms met gebed af.

Die laaste deel van elke studie is ’n joernaal. Gebruik hierdie ruimte om notas te maak oor wat jy ontdek het of jou eie gedagtes oor die stu die neer te skryf.

Persoonlike studie

Die persoonlike studie help jou om self dieper in die Bybel te delf. Dit is só saamgestel dat jy dit voor die groepbyeenkoms moet doen.

• Wat sê die Bybel?: Lees deur die lys Bybelgedeeltes. Dit sal jou help om oor die vyf vrae na te dink. Daar is ruimte in die stu diegids om jou antwoorde op die vrae neer te skryf.

• Evalueer jouself: Evalueer hoe sterk jy glo in die vier ge loofs-verklarings wat hier gegee word. Hierdie geloofsverklarings saam sal jou help om die verskillende aspekte van die sleu tel-gedagte be ter te verstaan.

• Raak prakties: Memoriseer die sleutelvers en die sleu tel ge-dagte van die studie. Berei voor om dit tydens die groep by-eenkoms saam met die ander lede op te sê. Om jou te help om dit prakties deel van jou lewe te maak, kan jy nadink oor die vrae wat hier gegee word en met die sleutelgedagte verband hou. Daar is ruimte om jou antwoorde neer te skryf.

• Vir lees en nadink: Lees en dink na oor die gedeelte wat oor die spesifi eke tema van die studie handel. Dié leesgedeelte sal vir jou meer insig gee in die sleutelgedagte en -vers van die studie. Julle sal tydens die groepbyeenkoms verder hieroor na dink en gesels.

978-1-4316-1428-8.indd 8978-1-4316-1428-8.indd 8 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 5: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Hoe om hierdie studiegids te gebruik | 9

Groepstudie

Die groepstudie sal lei tot dieper groei wat net in ’n geestelik ryk ge meenskap gevind kan word.

• Om mee te begin: Begin elke byeenkoms deur die sleutelvers en die sleutelgedagte van die studie saam as groep op te sê.

• Gesels saam: Elke studie sluit gespreksvrae in wat geskik is vir mense wat al lank Christene is sowel as vir dié wat onlangs Chris tene geword het. Ons moedig die groepfasiliteerders aan om op grond van die geloofsvolwassenheid van die groep te besluit wat ter vrae tot die heel beste gesprek in die groep sal lei.

• Gevallestudie: By elke groepstudie is daar ’n gevallestudie wat die groep saam kan lees. Pas dan wat julle in die week ontdek het op hierdie lewensgetroue voorbeeld toe.

• Bid saam: Die Bybelgedeeltes van hierdie studie lei ons na die waarheid oor wat dit beteken om soos Jesus te dink, te doen en te leef. Dit is egter gebed wat ons werklik bemagtig om al-les te word wat Jesus ons geskep het om te wees. Elke groep-byeenkoms sluit daarom af met ’n geleentheid vir groeps ge-bed.

DIE GROOTTE VAN DIE GROEP

Hierdie studiegids wat oor 30 weke strek, is vir groepe ontwerp, soos ’n Bybelstudiegroep, kleingroep of selgroep. Om seker te maak almal kry kans om aan die gesprekke deel te neem, beveel ons aan dat die groep nie te groot moet wees nie. Vier tot ses mense sal goed werk. Elke byeenkoms kan binne ’n uur afgehandel word.

978-1-4316-1428-8.indd 9978-1-4316-1428-8.indd 9 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 6: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

10 | EK GLO – Bybelstudie

WAT JULLE NODIG HET

Elke groeplid moet verkieslik sy of haar eie studiegids hê. Al kan hierdie studie sonder die boek Ek glo gedoen word, kan die groeplede die boek vir hulle aanskaf. Dit kan hulle persoonlike stu dietyd verryk en vir hulle dieper insig gee.

FASILITERING

Elke groep behoort ’n fasiliteerder aan te wys. Die fasiliteerder is ver-antwoordelik om die gesprekke te lei en te sorg dat die byeenkomste nie te lank uitrek nie. Fasiliteerders kan ook die gespreksvrae hardop lees en die gesprekke lei, groeplede aanmoedig om saam te gesels en seker maak almal kry kans om deel te neem. Daar word meer riglyne hieroor gegee in die afdeling “Wenke vir die groepfasiliteerder”.

978-1-4316-1428-8.indd 10978-1-4316-1428-8.indd 10 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 7: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Om ’n suksesvolle groepervaring te verseker, lees voor die eerste groep -byeenkoms die volgende inligting noukeurig deur.

WAT MAAK ’N GROEPGESPREK SUKSESVOL?

As die groep se fasiliteerder vra jy jou dalk af: Wat is ek veronderstel om met hierdie groepstudie te bereik? Hier is ’n paar doelwitte wat jy vir jou groep kan stel:

1. Ontdek die waarheid. Die Bybel openbaar aan ons die waar-heid oor wie God is en oor wie ons geskep is om te wees. ’n Suksesvolle groep delf diep in die Bybel om hierdie waarhede te ontdek.

2. Pas die waarheid toe. Dit help nie veel om die waarheid te ken, maar dan nie uit te leef wat ons weet nie. ’n Suksesvolle groep streef daarna om die waarheid in hulle lewe toe te pas.

3. Wees eerlik en eg. Baie mense ervaar die druk om “gelowig” op te tree wanneer hulle in ’n godsdienstige omgewing kom. Hulle steek dan hulle ware gedagtes en gevoelens weg. Hierdie gedrag stuit gees telike groei. Suksesvolle groepe skep ’n veilige plek vir mense om eerlik en eg te wees.

4. Neem deel. Die een wat die meeste praat, leer gewoonlik die meeste. Daarom sal groepe wat daarna streef om almal by die ge sprek te betrek die grootste vordering maak. Suksesvolle groepe be trek al hulle lede by elke gesprek.

Aan die einde van elke groepbyeenkoms kan jy jou hierdie vrae afvra:

• Het ons iets nuuts oor God en onsself geleer?

Wenke vir die groepfasiliteerder

978-1-4316-1428-8.indd 11978-1-4316-1428-8.indd 11 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 8: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

12 | EK GLO – Bybelstudie

• Probeer die groep hierdie waarhede daadwerklik in hulle lewe uit-leef?

• Voel die groep gemaklik om eerlik oor hulle geloof te praat?• Het ek al die lede van die groep by die gesprekke ingesluit?

As jy ja op enigeen van hierdie vrae kan antwoord, is jy ’n suksesvolle fasiliteerder.

SKEP ’N SUKSESVOLLE OMGEWING

Om ’n groep te lei, kan ’n oorweldigende ervaring wees, maar dit hoef nie te wees nie. Die volgende wenke sal jou help om ’n suksesvol-le omgewing vir jou groep te skep.

Bid: Terwyl jy vir jou groepbyeenkoms voorberei, vra God om vir jou wysheid te gee wanneer jy die gespreksvrae kies, die moed om ’n oop omgewing te skep, en insig in die waarhede wat Hy aan die groep wil openbaar.Stel die voorbeeld: Jou groep sal so eerlik en eg wees soos jy bereid is om te wees. Wees dapper en stel die voorbeeld vir die groep deur openlik te praat oor die sterk- en die swakpunte van jou geloof. Die groep sal jou voorbeeld volg. Hierdie beginsel is ook op die lewe van toepassing. As jy bereid is om die waarheid van elke studie in jou lewe uit te leef, sal die res van die groep jou volg.Wees stiptelik: Begin betyds en maak binne die gegewe tyd klaar. Ongeag hoe lank julle as groep bymekaarkom, dit is jou taak om te sorg alles verloop reg. Sit ’n sekere hoeveelheid minute vir elke af-deling van die studie opsy en hou daarby. Dit sal dalk ongemaklik voel om mense te vra om op te hou praat en aan te gaan met die studie, maar die groep sal jou daarvoor respekteer.

978-1-4316-1428-8.indd 12978-1-4316-1428-8.indd 12 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 9: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Wenke vir die groepfasiliteerder | 13

SPESIFIEKE RIGLYNE VIR HIERDIE STUDIE

Ontwerp jou eie gesprekke. Moenie verplig voel om alles te gebruik wat in die studiegids gegee word nie. Kies die soort betrokkenheid by die studie wat sal pas by julle beskikbare tyd en die groep se leerstyl. Hierdie studie is vir ’n wye verskeidenheid persoonlikhede, leerstyle en vlakke van geestelike volwassenheid geskryf. Kies die aktiwiteite en vrae wat die beste by jou groep sal pas.

Jou groep sal dalk voorkeur gee aan een of twee van die segmente van die studie, maar nie veel aandag aan ’n ander afdeling gee nie. Dit is goed so. Kies een of twee vrae uit dié segmente wat die grootste voordeel vir jou groep sal inhou. Probeer die gesprekke afwissel deur vrae te kies wat diep in die teologie delf asook ander wat meer tot per-soonlike nadenke sal lei.

Moedig die groep aan om tydens die groepbyeenkoms insigte uit hulle persoonlike studietyd met mekaar te deel.

Die “geloofsverklarings” (onder die opskrif “Evalueer jouself” in die persoonlike studie) kan gereeld verskillende standpunte uitlok. Wan-neer groeplede nie presies dieselfde glo nie, bied vir hulle ’n veilige om gewing waarin hulle vrylik en met deernis oor hulle verskille, vrae en ongeloof kan gesels.

Die gevallestudies is op werklike situasies gegrond. Gebruik dit as ’n kreatiewe hulpmiddel om te gesels oor hoe die tema van die studie op die werklike lewe toegepas kan word.

978-1-4316-1428-8.indd 13978-1-4316-1428-8.indd 13 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 10: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God

Persoonlike studie

Elke studie in hierdie boek bevat ’n persoonlike Bybelstudie om jou te help om ’n betekenisvolle verband te lê tussen jou lewe en die waar hede wat jy elke week ontdek. Maak elke week voor die groep byeenkoms tyd om die nodige leeswerk te doen en die week se persoonlike studie te voltooi. Dit behoort ongeveer 60 tot 90 minute te duur. Sommige mense hou daarvan om die persoonlike studie in kleiner dele op te deel en elke dag 10 tot 15 minute daaraan af te staan. Ander verkies om ’n spesifi eke tyd in die week daarvoor opsy te sit en die hele studie in hierdie tyd te voltooi. Daar is nie ’n regte of ’n verkeerde manier om dit te doen nie. Kies ’n metode wat die beste by jou behoeftes en by jou program van elke week sal pas.

Lees asseblief die afdelings “Wat sê die Bybel?” en “Vir lees en nadink” voor die week se groepbyeenkoms. Laat die woorde van die Bybel in jou hart wortelskiet en dink na oor wie jy glo God werklik is.

WAT SE DIE BYBEL?

Lees die volgende Bybelgedeeltes en beantwoord dan die vrae wat volg.

Genesis 1:1 Deuteronomium 6:1-9

Psalm 19:2-5 Josua 24:1-31

Romeine 1:20 1 Konings 18:16-40

ˆ

STUDIE 1

978-1-4316-1428-8.indd 15978-1-4316-1428-8.indd 15 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 11: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

16 | EK GLO – Bybelstudie

Genesis 2:4-9 Lukas 3:15-18

Genesis 2:15-24 Lukas 3:21-23

Johannes 1:1-5 Handelinge 17:16-34

Lukas 3:1-6 2 Korintiërs 13:1-13

1. Op watter maniere sien jy die onsigbare eienskappe van God in die natuur geopenbaar?

2. Noem ’n paar van die belangrikste vereistes wat God aan sy volk gestel het. Hoekom dink jy het Hy juis hierdie dinge beklemtoon?

3. Hoekom moes God weer en weer bewys Hy is die enigste ware God?

4. Op watter maniere het jy God al as jou Vader ervaar? En as Jesus die Seun? En as die Heilige Gees?

5. Wat beteken die woorde wat Paulus in Handelinge 17:28 aangehaal het: “Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan”? Hoekom dink jy moes hy dit juis vir hierdie groep Ateners sê?

978-1-4316-1428-8.indd 16978-1-4316-1428-8.indd 16 2015/08/25 04:00:51 PM2015/08/25 04:00:51 PM

Page 12: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God | 17

EVALUEER JOUSELF

Op grond van die gedeeltes wat jy gelees het, dui op ’n skaal van 1-6 aan hoe sterk jy die geloofsverklarings hieronder glo (1 = glo dit glad nie; 6 = glo dit volkome).

Ek glo die God van die Bybel is die enigste ware God.

Ek glo die God van die Bybel is een Wese, maar kan in drie

Persone – Vader, Seun en Heilige Gees – onderskei word.

Ek glo Jesus is God in menslike gestalte wat gesterf en uit

die dood opgestaan het.

Ek glo die Heilige Gees is God en woon in Christene om ons

te bemagtig om die Christelike lewe te leef.

RAAK PRAKTIES

Om Bybelgedeeltes te memoriseer, is vir alle gelowiges ’n waardevolle dissipline om te beoefen. Staan elke dag ’n paar minute af om hierdie week se sleutelvers te memoriseer.

Sleutelvers: Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees. (2 Korintiërs 13:13)

Lees hierdie week se sleutelgedagte hardop vir jouself. Vra jou dan af: Weerspieël my lewe hierdie verklaring?

Sleutelgedagte: Ek glo die God van die Bybel is die enigste ware God – Vader, Seun en Heilige Gees.

978-1-4316-1428-8.indd 17978-1-4316-1428-8.indd 17 2015/08/28 12:36:02 PM2015/08/28 12:36:02 PM

Page 13: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

18 | EK GLO – Bybelstudie

Beantwoord die volgende vrae om jou te help om hierdie week se sleu-telgedagte op jou lewe toe te pas.

1. Watter soort gedrag in mense se lewe help jou besef hulle glo die God van die Bybel is die enigste ware God?

2. Wat, indien enigiets, verhinder jou om jou geloof volkome en al-leenlik in die God van die Bybel te plaas?

3. Wat kan jy hierdie week doen om te bewys jy glo in die enigste ware God?

VIR LEES EN NADINK

Lees hierdie gedeelte en dink daaroor na. Julle sal tydens die groep-byeenkoms verder hieroor nadink en gesels.

Wie is God?

’n Harde donderslag laat ’n driejarige dogtertjie vinnig na haar ouers se kamer toe hardloop. “Mamma, ek is bang!” roep sy. “Gaan slaap maar weer rustig. God is by jou,” antwoord haar ma half deur die slaap. Die fi guurtjie bly egter in die donkerte in die kamerdeur staan. “Mamma,” sê sy saggies, “ek sal hier by Pappa slaap, dan gaan slaap jy daar saam met God.”

978-1-4316-1428-8.indd 18978-1-4316-1428-8.indd 18 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 14: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God | 19

Wie is God?Soms is dit moeilik om ons gedagtes om God te kry, nie waar nie?

A.W. Tozer, die bekende teoloog en skrywer, het gesê: “Wat in ons gedagtes opkom wanneer ons oor God dink, dít is wat vir ons die belangrikste is.” Hoekom? Want hierdie ingesteldheid – of gebrek daaraan – bepaal alles wat ons is en alles wat ons doen.

Ons reis begin met wat ons oor God glo, met hierdie sleutelvraag:

Wie is God?

Die heel eerste woorde in die Bybel is: “In die begin het God … ” (Gen. 1:1) Hy het alles begin; Hy het alles uit niks geskep; Hy was daar voor enigiets anders. Hier is ’n interessante waarneming: Die Bybel voel glad nie verplig om God se bestaan te verdedig of te verklaar nie. Dit word eenvoudig aanvaar.

Wanneer jy deur die Bybel lees, sal jy nie sommer iemand vind wat gesukkel het om te glo daar is ’n God nie. Dawid, die psalmdigter, het selfs verklaar: “Net ’n dwaas sê in sy hart: ‘Daar is geen God nie’” (Ps. 53:2).

Is dit dan nie baie duidelik sigbaar nie? “Ja, dit is,” sê Dawid. “Kyk maar net op.” Psalm 19:2-5 verklaar dan ook:

Die hemele verkondig die heerlikheid van God.

Die uitspansel getuig van die werk van sy hande.

Die een dag vertel vir die ander dag;

die een nag vir die volgende nag.

Hulle praat sonder woord of klank,

geluidloos is hulle stem;

hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld,

hulle woorde tot die uiterste van die aarde.

In die Nuwe Testament sê Paulus vir die Christene in Rome:

Hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy

Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af dui delik

978-1-4316-1428-8.indd 19978-1-4316-1428-8.indd 19 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 15: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

20 | EK GLO – Bybelstudie

uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie ver ont-

skuldig nie.

– Romeine :

Ek het ’n goeie vriend wat nie kerk toe gaan nie en homself nie ’n Chris ten sal noem nie. Maar hy het ’n fassinerende stokperdjie – as-tro fotografi e. Hy besit ’n kragtige teleskoop met die vermoë om asem-rowende foto’s te neem. Hy rig dié teleskoop op ’n spesifi eke donker kol in die ruimte en los dan die lens ure lank oop. Die foto’s wat die teleskoop neem, is eenvoudig asemrowend.

Een windstil aand het ons in sy agterplaas gesit. “Weet jy, Randy,” het hy vir my gesê, “ek glo daar is ’n God. Geen mens kan sien wat ek al gesien het en dit nié glo nie.” Selfs hierdie vriend van my wat hom-self nie ’n Christen sal noem nie, glo daar is ’n God.

Navorsing dui daarop dat 24% van Amerikaners sê hulle is ateïste, en tog erken 14% van hulle hulle glo in ’n God of ’n universele gees te-like wese. Ek is nie seker of daar persentasiegewys baie mense in die wêreld is wat waarlik ateïste is nie, wat bereid is om met die volste ver troue en oortuiging te sê: “Daar is geen God nie.”

Wie is die enigste ware God?Die belangrikste vraag wat in die Bybel – in die Ou en die Nuwe Tes-tament – beantwoord word, is nie: “Is daar ’n God?” nie, maar: “Wie is die enigste ware God?”

Elia het die profete van Baäl uitgedaag sodat hulle kon vasstel of Baäl of Israel se God die enigste ware God is. Jahwe, die Naam vir God in die Ou Testament, het Homself duidelik as die enigste ware God bewys.

Voordat Josua gesterf het, het hy die volk Israel bymekaarge roep en hulle uitgedaag om te kies: Gaan terug en aanbid die gode van jul le voorgeslagte, soos die god met die naam Kemos, of kies vir Jahwe. Maar kies! Josua het die voorbeeld gestel en opnuut sy trou aan God belowe. “Ek en my huisgesin sal die Here aanbid,” het hy verklaar (Jos. 24:15).

My vriend het nog iets gesê wat ek as ’n billike en intellektueel eerlike stelling beskou: “Ek glo in God, maar ek is nie seker of Jesus

978-1-4316-1428-8.indd 20978-1-4316-1428-8.indd 20 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 16: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God | 21

waar lik die openbaring van God is nie.”In die Nuwe Testament kom die apostel Paulus in Atene aan. Hy

sien die groot hoeveelheid afgode wat die mense in daardie stad aan-bid. Hy gaan staan voor hulle en wys hulle daarop dat hulle selfs ’n al-taar met die inskripsie “Aan ’n onbekende god” gebou het. Hierna stel Paulus sy saak vir Jesus as die enigste ware God wat die hemel en die aarde geskep het. Ná sy toespraak het sommige geglo, en ander nie.

Een God, drie PersoneHier is hierdie week se sleutelgedagte wat Christene as die waarheid aanvaar:

Ek glo die God van die Bybel is die enigste ware God – Vader, Seun

en Heilige Gees.

Dit is ’n verklaring oor God wat baie uniek aan die Christelike geloof is. Daar is net een ware God, maar Hy bestaan uit drie Persone. Dit is onbegryplik, nie waar nie? Maar dit is belangrik om dit te verstaan.

Deur die kerkgeskiedenis heen het mense wat die Bybel bestudeer het maniere probeer vind om hierdie waarheid te beskryf in ’n taal wat ons dalk sal verstaan. Hier is die bekendste beskrywing: “God is drie Persone wat een Wese vorm.” Wanneer jy aan ’n “persoon” dink, dink aan jouself. Ek, Randy Frazee, is ’n persoon. Wanneer jy aan ’n “Wese” dink, dink aan iets buite jouself wat verskeie persone, in hierdie geval drie, as ’n eenheid saambind.

Daar is ’n spesifi eke beeld wat my gehelp het om hierdie verklaring oor God beter te verstaan. Stel jou voor drie mense staan binne-in ’n hoepel – ja, daardie plastiekring wat van jou vra om jou heupe vinnig te swaai sodat dit al om jou lyf kan draai. Terloops, ek kon dit nooit regkry nie.

Die eenheid van God kan in die hoepel gevind word, en tog staan daar drie onmiskenbaar afsonderlike persone binne-in die hoepel wat elk die volle wese van God in hulle dra.

Ons praat nie van drie afsonderlike gode nie. Ons praat nie van een God wat Homself in drie verskillende vorme – soms as ’n vader, soms

978-1-4316-1428-8.indd 21978-1-4316-1428-8.indd 21 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 17: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

22 | EK GLO – Bybelstudie

as ’n seun en soms as ’n gees – openbaar nie. Ons praat van drie Persone wat tegelyk in een Wese sigbaar is.

God Drie-enig by Jesus se doopLukas 3 vertel vir ons van ’n fassinerende gebeurtenis waar al drie Persone van die Drie-eenheid saam verskyn het.

Baie jare lank het Ou Israel onder die heerskappy van ander volke geleef. In daardie tyd het mans en vroue, wat profete genoem is, na-mens God met die volk gepraat en die Israeliete daaraan herinner dat God hulle nie vergeet het nie. Die profete het vir die volk gesê God sou hulle eendag bevry en vir hulle ’n koning gee wat vir ewig oor hul le sou regeer. Die Israeliete het hierdie koning wat sou kom “die Mes sias” genoem.

Jare later het ’n man met die naam Johannes deur die land Israel begin reis en die mense aan die profete se beloftes herinner. Mense het van oral in Israel gekom om na Johannes te luister.

Johannes het klere van kameelhaar en ’n leergordel gedra; hy het sprinkane en veldheuning geëet. Hy het vir die Israeliete gesê die ko-ning wat lank gelede aan hulle belowe is, sou binnekort verskyn. Maar, het Johannes vir die volk gesê, hulle moet hulle voorberei op sy koms deur weg te draai van hulle sonde af en na God terug te keer. Jo han-nes het dié mense wat gekies het om na God terug te keer in die ri vier gedoop. Dit was ’n simbool van hulle keuse. Omdat hy die men se ge-doop het, het hy as Johannes die Doper bekendgestaan.

Johannes het vir sy volgelinge riglyne gegee oor hoe om reg – vol-gens God se voorskrifte – te leef. Hy het vir hulle gesê hulle moet goed en vrygewig wees en mekaar regverdig behandel.

Sommer gou het Johannes se volgelinge begin wonder of hy een van die profete is wat uit die dood opgestaan het. Sommige het selfs ge glo hy kan die Messias wees. Johannes het hulle egter reggehelp: “Ek doop met water, maar Iemand wat groter is as ek, kom binnekort. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop” (Luk. 3:16).

Die volgende dag het Johannes sy neef Jesus na hom toe sien stap. “Kyk, dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld weg-neem,” het hy gesê. “Dit is Hý van wie ek gesê het: ‘Ná my kom Iemand

978-1-4316-1428-8.indd 22978-1-4316-1428-8.indd 22 2015/08/31 09:26:31 AM2015/08/31 09:26:31 AM

Page 18: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God | 23

wat voor my reeds bestaan het. Hy is baie belangriker as ek’” (Joh. 1:29-30).

Jesus wou hê Johannes moes Hom doop. Eers het Johannes ge-weier: “Ú behoort mý tog veel eerder te doop” (Matt. 3:14). Maar Jesus het daarop aangedring, en Johannes het toe vir Jesus in die Jordaan ge doop. Hy het Jesus onder die water laat insak. Toe Jesus regop kom, het die Gees van God soos ’n duif uit die hemel neergedaal en op Hom kom sit. Op daardie oomblik het ’n stem uit die hemel gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart” (Luk. 3:22).

Het jy al drie Persone van die Drie-eenheid in hierdie gebeurtenis herken? Jesus, die tweede Persoon van die Drie-eenheid, is in die water om gedoop te word. Die Heilige Gees, die derde Persoon van die Drie-eenheid, daal op Jesus neer soos ’n duif. Die Vader, die eerste Persoon van die Drie-eenheid, praat met sy Seun uit die hemel.

Al drie die Persone van die Drie-eenheid het ’n rol in ons verlossing gespeel. Presies dieselfde het aan die kruis en met Jesus se opstanding gebeur.

Vir gemeenskap geskepNet soos die Vader, die Seun en die Heilige Gees as drie afsonderlike Per sone bestaan wat in een Wese verenig is, is ons geskep om as in di-vi due binne ’n gemeenskap te leef.

God – die Vader, die Seun en die Heilige Gees – ervaar volmaakte gemeenskap. God begeer dieselfde vir ons. Daarom kan ons na die Drie-eenheid kyk en by God leer hoe om mekaar te behandel.

Hier is ’n eenvoudige sleutelvers om te memoriseer wat jou sal help onthou hoe belangrik gemeenskap vir ons is. Paulus sluit sy twee de brief aan die gemeente in Korinte af met hierdie seën:

Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die

gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees.

– Korintiërs :

Hoe raak dit ons lewe?Wat sou gebeur as ons hierdie waarheid regtig sou glo – dat die God

978-1-4316-1428-8.indd 23978-1-4316-1428-8.indd 23 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 19: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

24 | EK GLO – Bybelstudie

van die Bybel die enigste ware God – Vader, Seun en Heilige Gees – is? Hoe kan dit ons lewe rig?

As ons die God van die Bybel as die enigste ware God aanvaar, sal minstens drie gedagtes ons lewe bepaal:

Omdat God God is …

… is ek nie God nie.

… is Hy in beheer.

… wil ek sy wil vir my lewe ken en volg.

Een van die mens se grootste foute, wat met Adam en Eva se sonde be-gin het, is dat ons soms God se rol in ons lewe probeer oorneem. Dit het nie vir hulle gewerk nie; dit sal nie vir ons werk nie. Maar wan neer ons God in die middelpunt van ons lewe plaas, is dit verstommend hoeveel beter ons lewe raak.

Wanneer ons die Drie-eenheid – God as Vader, Seun en Heilige Gees – aanvaar, sal ons raaksien hoe Hulle mekaar behandel en ons sal ons bes doen om hierdie beginsels in ons verhoudings met mekaar uit te leef:

Omdat ek na die beeld van God en vir gemeenskap geskep is …

… erken ek ander se menswaardigheid en respekteer hulle grense.

… is ek ingestel op die regte, voorkeure en gerief van ander mense.

… heg ek waarde aan ander mense en geniet die gemeenskap met

hulle.

Neem enige situasie, omstandighede, verhouding of groot besluit en pas hierdie beginsels getrou toe sodat dit jou lewe kan rig. Dit sal jou uiteindelik na die grootste seën en oorvloedigste vrug in jou lewe lei.

Wat glo jy?Wat glo jy? Wie is die enigste ware God? God gee vir jou die vryheid om te kies.

Wat my betref, ek glo die God van die Bybel is die enigste ware God – Vader, Seun en Heilige Gees.

978-1-4316-1428-8.indd 24978-1-4316-1428-8.indd 24 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 20: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God | 25

GroepstudieWelkom!

Welkom by hierdie eerste groepbyeenkoms. As dit die eerste keer is dat julle as groep saamkom, staan ’n paar oomblikke af om julle aan mekaar bekend te stel. Begin dan gerus met julle by eenkoms.

OM MEE TE BEGIN

Begin julle byeenkoms deur die sleutelvers en die sleutelgedagte saam as groep op te sê. As julle hulp nodig het, lees dit met julle eerste poging gerus uit julle boeke. Probeer dit egter met die tweede poging sonder hulp opsê.

Sleutelvers: Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees. (2 Korintiërs 13:13)

Sleutelgedagte: Ek glo die God van die Bybel is die enigste ware God – Vader, Seun en Heilige Gees.

GESELS SAAM

Gesels saam as groep oor julle gedagtes en gevoelens oor die volgende verklarings. Watter verklarings kan julle maklik met volkome sekerheid bely? Watter is meer uitdagend? Hoekom?

978-1-4316-1428-8.indd 25978-1-4316-1428-8.indd 25 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 21: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

26 | EK GLO – Bybelstudie

• Ek glo die God van die Bybel is die enigste ware God.

• Ek glo die God van die Bybel is een Wese, maar kan in drie Per-

sone – Vader, Seun en Heilige Gees – onderskei word.

• Ek glo Jesus is God in menslike gestalte wat gesterf en uit die

dood opgestaan het.

• Ek glo die Heilige Gees is God en woon in Christene om ons te

bemagtig om die Christelike lewe te leef.

Op grond van julle groep se onderlinge dinamika en geestelike vol was-senheid, kies die twee of drie vrae wat tot die sinvolste gesprek oor hier-die week se sleutelgedagte sal lei.

1. As jy net twee minute gehad het om die vraag “Wie is God?” te beantwoord, wat sou jy sê?

2. Watter invloed het jou siening van God op die besluite wat jy elke dag neem?

3. Noem die algemeenste redes hoekom mense sukkel om te glo die God van die Bybel is die enigste ware God. Wat het jou gehelp om oor hierdie hindernisse te kom? Of oor watter hindernisse moet jy nog kom?

978-1-4316-1428-8.indd 26978-1-4316-1428-8.indd 26 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 22: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

Ek glo in God | 27

Lees Lukas 3 en kies een tot twee vrae hieronder wat tot die sinvolste gesprek in julle groep sal lei.

1. In watter opsigte is die Drie-eenheid ’n uitdagende konsep om te verstaan?

2. As die drie Persone van die een God (die Drie-eenheid) ’n ge meen-skap vorm en ons na sy beeld geskep is, wat sê dit vir ons oor ons-self?

3. Hoe help of verhinder vandag se samelewing ons om die ge meen-skap te ervaar waarvoor ons geskep is?

4. Wat kan julle as groep spesifi ek doen om ’n gesonde gemeenskap te help skep?

GEVALLESTUDIE

Gebruik die volgende gevallestudie as ’n voorbeeld om toe te pas wat jy hierdie week ontdek het.

978-1-4316-1428-8.indd 27978-1-4316-1428-8.indd 27 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM

Page 23: Inhoudsopgawe · DOEL EN OORSIG Die doel van elke volgeling van Jesus Christus is om al hoe meer soos Hy te word. Maar hoe weet jy waar om te begin? Wat beteken dit

28 | EK GLO – Bybelstudie

Mike is een van jou gunsteling kollegas. Hy is snaaks, hardwerkend

en passievol oor die lewe. Hy het onlangs eers ’n Christen geword en

kom vra gereeld vir jou raad. Hy en sy vrou sukkel in hulle verhouding.

Hulle stem nie met mekaar saam nie, maak gedurig rusie en kom

eenvoudig nie oor die weg nie. Mike dink dit is makliker om net uit

die huwelik weg te stap, maar hy wil werklik weet wat jy dink.

Dink aan wat jy hierdie week uit jou persoonlike studie geleer het. Wat-ter goeie en gepaste raad sou jy vir Mike gee? (Indien nodig, kan jy jou geheue verfris deur terug te blaai na die gedeelte “Vir lees en nadink” op p. 18.)

BID SAAM

Sluit julle tyd saam af deur saam te bid. Deel julle gebedsversoeke met mekaar. Vra God om julle te help om hierdie week se sleutelgedagte prakties uit te leef.

JoernaalGebruik hierdie ruimte om neer te skryf wat jy graag wil onthou en saam met jou die toekoms in wil neem.

978-1-4316-1428-8.indd 28978-1-4316-1428-8.indd 28 2015/08/25 04:00:52 PM2015/08/25 04:00:52 PM