14
DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS DIE COVID-19-PERIODE EN DAARNA APRIL 2020

DRANKBEDRYF- PROTOKOL TYDENS EN DAARNA€¦ · 4 Koronavirussiekte 2019 (COVID-19) is ’n respiratoriese siekte wat veroorsaak word deur die SARS-CoV-2-virus. Om die impak van COVID-19-uitbraaktoestande

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • DRANKBEDRYF-

    PROTOKOL TYDENS

    DIE COVID-19-PERIODE

    EN DAARNA

    APRIL 2020

  • 2

    VOORWOORD ......................................................................................................................................................... 3

    INLEIDING TOT PROTOKOL EN RISIKO-ASSESSERING ....................................................................................... 4

    ALGEMEEN .............................................................................................................................................................. 4

    BLOOTSTELLING AAN COVID-19 BUITE DIE WERKPLEK .................................................................................... 5

    VERVOER VAN WERKNEMERS ............................................................................................................................... 5

    TOEGANGSPROSEDURE TOT PERSEEL ................................................................................................................ 6

    PERSONEELFASILITEITE ......................................................................................................................................... 6

    PRODUKSIE- EN OPERASIONELE AREAS HIGIËNEMAATREËLS ......................................................................... 7

    PRODUKSIE- EN OPERASIONELE AREAS SOSIALE DISTANSIËRINGSMAATREËLS .......................................... 8

    OPSOMMING .......................................................................................................................................................... 8

    PBT- EN COVID-19-RISIKOVERLAGINGSRIGLYNE (ILLUSTRASIE)....................................................................... 9

    BYLAAG A: RISIKO-EVALUERINGSBLAD ............................................................................................................. 10

    BYLAAG B: RISIKO-ASSESSERING ....................................................................................................................... 11

    BYLAAG C: INSIDENTWERKVLOEI ....................................................................................................................... 12

    BYLAAG D: VRAELYS ............................................................................................................................................. 13

    INHOUDSOPGAWE

  • 3

    Na die uitbreking van die Koronavirus in Wuhan in 2019, is COVID-19 tot ’n wêreldwye pandemie verklaar deur die Wêreldgesondheidsorganisasie in Maart 2020. Hierdie verklaring het regerings in staat gestel om gereedheidsplanne te aktiveer en noodprosedures te onderneem om die publiek te beskerm, soos reis- en handelsbeperkings.

    President Cyril Ramaphosa het inperkingsmaatreëls aangekondig eff ektief vanaf 11:59 op Donderdag, 26 Maart, wat alle Suid-Afrikaners verplig om tuis te bly, tensy hulle ’n noodsaaklike diens verrig, ’n noodsaaklike produk of diens wil bekom, ’n maatskaplike toelaag invorder, of nood-, lewens-reddende of chroniese mediese aandag benodig.

    Die COVID-19-pandemie vereis van alle besighede om vinnig, verantwoordelik en met kalmte op te tree tydens hierdie periode om die kurwe van COVID-19-infeksies te help verplat.

    Die gesondheid en veiligheid van werknemers in hierdie tyd is ook die besigheidseienaar se verant-woordelikheid. Die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid verplig werkgewers om ’n veilige en gesonde werksomgewing te verskaf. As sodanig moet die COVID-19-uitbraak/pandemie begryp en benader word as ’n hoë risiko en onmiddel-like maatreëls moet in werking gestel word deur

    werkgewers om die risiko van kontaminasie in die werkplek te bestuur en om enige positiewe bloot-stelling wat kan lei tot baie hoë risiko en moontlike operasionele sluiting, te vermy.

    Bottelering- en prosesseringspanne wat gebruik word in die produksieproses sal waarskynlik meer kwesbaar wees vir die Koronavirus- (COVID-19) uitbraak aangesien die produksiespanne naby aan mekaar werk en kan dien as bron van infeksie, asook versterking en verspreiding van infeksie buite die werksbedrywighede.

    Dit moet benadruk word dat tydens hierdie onsekere periode, kwesbare werknemers moontlik bedreig kan voel deur die verlies aan werk en dit nodig mag vind om simptome ‘weg te steek’. Daarom moet werkgewers alles in hulle vermoë doen om die vertroue van hulle werknemers in te win en hulle te verseker dat hulle veiligheid en gesondheid voorrang geniet, terwyl die besigheids-bedrywighede voortgesit sal word sover as moontlik tot almal se voordeel.

    Die volgende protokol word aanbeveel om hulp te verleen aan produksie, pakhuise en verspreiding met maatreëls om die risiko van verspreiding van die infeksie te voorkom en te minimaliseer, en moontlike kontaminasie in produksie, berging en verspreiding binne die alkoholbedryf te verlaag.

    VINPRO-BESTUUR

    VOORWOORD

    WIETA-BESTUUR SALBA-BESTUUR

  • 4

    Koronavirussiekte 2019 (COVID-19) is ’n respiratoriese siekte wat veroorsaak word deur die SARS-CoV-2-virus. Om die impak van COVID-19-uitbraaktoestande op alle werknemers en ander blootgestelde besoekers te verminder, moet alle werkgewers nou beplan vir COVID-19. Hierdie beplanning kan die volgende behels: opdatering van risiko-assesserings en prosedures om die spesifieke blootstellingsrisiko’s, bronne van blootstelling, roetes van oordrag ens. aan te spreek.

    Die maatreëls hieronder behoort die risiko van kontaminasie te verlaag. ’n Risiko-assessering is uitgevoer oor die gevare en ’n rou risiko is daarvolgens bereken.

    Sien ’n voorbeeld van ’n risiko-assessering (bylaag B) en risiko-evalueringsblad (bylaag A) wat gebruik is om die rou risiko te bereken aan die einde van hierdie dokument.

    INLEIDING TOT PROTOKOL EN RISIKO-ASSESSERING

    • ’n Risiko-assessering moet uitgevoer word in die werkplek om die risiko van blootstelling aan COVID-19 te bepaal, en dit moet gekommunikeer word aan alle werkers.

    • Verbied toegang tot die perseel vir alle nie-noodsaaklike besoekers en kontrakteurs.• Besoekers/kontrakteurs wat wel ’n perseel moet besoek, moet ’n besoekersvraelys voltooi en dan

    toegangsprosedures volg om die perseel binne te gaan.• Bestuur moet die vraelys interpreteer en optree indien toepaslik en volgens die maatskappy se

    prosedure.• Dissiplinêre prosedures moet gevolg en aangeteken word in ’n geval waar ’n werknemer nie die

    nuwe of opgedateerde praktyke en prosedures nakom nie.• Opleiding en bewusmaking:

    o Verseker dat gereelde inligting oor COVID-19 beskikbaar is vir bestuur, toesighouers en werknemers.

    o Lei werknemers gereeld op oor die simptome van COVID-19 en hou rekord van opleiding.o Stel werknemers in kennis dat indien COVID-19-infeksie begin versprei in die gemeenskap of

    indien werknemers enige matige simptome begin wys, hulle lynbestuurders moet inlig en by die huis moet bly.Voorbeelde sluit in:Vertoon plakkate oor COVID-19 wat inligting oor die volgende bevat:COVID-19-simptome Persoonlike higiëne Sosiale distansiëring Hoe om hande te was Prosedures oor toegang tot perseel.

    WBGV - Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2)Wieta Etiese Standaard – 00.01(a); 02.01(e); 03.01(e); 03.03(b); 06.01(c)

    REGSVERWYSING

    ALGEMEENRisikogradering

    6x6x15=540BHR

  • 5

    Die wysiging van Regulasie 10(7) van die Regulasies onder Artikel 27(2) van die Wet op Rampbestuur (Wet no. 57 van 2002): Maatreëls om die verspreiding van COVID-19 in openbare vervoer te voorkom en te beveg is duidelik uiteengesit in die bepalings vir openbare vervoer-noodsaaklike dienste.Waar maatskappye voorsiening maak vir die vervoer van hul werkers, word die volgende aanbeveel:

    • Taxi of enige ander voertuig wat werknemers vervoer moet ontsmet word, voor en na• elke rit.• Bestuurderskompartement moet afgeskerm word van passasiers, indien moontlik.• Voertuie moet slegs gevul word tot 70% van die gelisensieërde kapasiteit.• Passasiers moet hulle hande ontsmet voor hulle aan ’n taxi vat of daarin klim.• Maskers moet gedra word deur alle persone wat gebruik maak van openbare vervoer.

    • Alle werknemers, kontrakteurs en besoekers moet bewus gemaak word van die COVID-19-virus en alle voorkomende maatreëls. Hierdie COVID-19-bewusmaking moet plaasvind met persone se aankoms by die perseel. NB: Beklemtoon die belangrikheid daarvan om voorkomende maatreëls uit te oefen, insluitend sosiale distansiëring buite die werkplek.

    WBGV – Artikel 8 + 9(1) + 13 + 14 + 37(2)Wieta Etiese Standaard – 00.01(b)

    WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)Wieta Etiese Standaard – 03.07(h)

    BLOOTSTELLING AAN COVID-19 BUITE DIE WERKPLEK

    Risikogradering6x6x40=1440

    BHR

    VERVOER VAN WERKNEMERSRisikogradering

    6x6x40=1440 BHR

    REGSVERWYSING

    REGSVERWYSING

  • 6

    • Personeelvereistes moet gemodelleer word om die sosiale distansiëringsvereistes te akkommodeer.• Ruspouses moet ten alle tye versprei word om opeenhoping en kontak te verminder sodat ’n

    afstand van 1.5 meter tussen werknemers gehandhaaf kan word.• Sosiale distansiëringsaanwysings moet toegepas word waar moontlik.• Dit word aangeveel dat bestuur gereeld visuele inspeksies uitvoer om deurlopende nakoming te

    verseker.• Gereelde sanitasie van alle kontakpunte, bv. deurhandvatsels, oppervlaktes ens. moet plaasvind.• Ontsmet hande voor en na gemeenskaplike areas soos kantiene, kleedkamers en toiletfasiliteite

    betree word. Handsaniteerder sal verskaf word in alle gemeenskaplike areas.• Waterhouers met weggooibare bekers en geen herbruikbare verpakking sal verskaf word waar

    moontlik.• Elke persoon moet slegs hul eie besittings hanteer.

    WBGV – Artikel 8(1) + FRWieta Etiese Standaard – 03.09(a)&(b)SANS 10400

    PERSONEELFASILITEITERisikogradering

    6x6x15=540BHR

    • Die algemeenste simptome van COVID-19 is die volgende:o Koorso Moegheido Droë hoeso Seer keel

    • Sifting van werknemers moet plaasvind voordat hulle die werksplek binnegaan en volg maatskappyprotokol vir diegene met koors (37.3 °C of hoër).Wanneer ’n temperatuur bo 37.3 °C waargeneem word by die sekuriteitshek, moet die volgende gedoen word:o Die werknemer mag nie toegelaat word om die perseel binne te gaan nie. Die lynbestuurder

    en veiligheidsverteenwoordiger moet in kennis gestel word.o Isoleer die persoon in die toegewyde noodhulpvertrek en neem weer temperatuur na 15

    minute.o Bel tolvrye nommer: 080 0029 999o Volg instruksies uitgereik deur die plaaslike hospitaal/kliniek.

    • Waar sekuriteitshekke gebruik word, moet dit gereeld ontsmet word.• Hande moet ontsmet word voor en na die gebruik van ’n skandeerder, en skandeerder moet

    ontsmet word na elke gebruik, waar toepaslik.• Temperatuurskandering van elke persoon (protokol vir temperatuur bo 37.3 °C) moet plaasvind.

    Gebruik kontaklose termometers soos draagbare infrarooi-termometer waar toepaslik.• Besoekers en kontrakteurs is verplig om die gepaste persoonlike beskermende toerusting (PBT)

    te dra. Die minimum vereiste sal ’n gesigmasker wees.

    WBGV – Artikel 8(1) + 9(1)GVP

    TOEGANGSPROSEDURE TOT PERSEELRisikogradering

    6x6x15=540BHR

    REGSVERWYSING

    REGSVERWYSING

  • 7

    Higiëne- en skoonmaakmaatreëls:• Persoonlike higiëne-prosedure moet in plek wees in ooreenstemming met kosveiligheidsregulasies.• Alle werknemers moet ten alle tye die gepaste en skoon persoonlike beskermende toerusting

    gebruik.• Saniteerder moet beskikbaar wees by elke werksarea of werkstasie.• Handewas en ontsmetting moet gedoen word voor ’n area binnegegaan word en gereeld daarna.• ’n Genoegsame hoeveelheid maskers moet uitgereik word aan werknemers. Geen werknemer

    moet toegelaat word op die perseel sonder ’n masker aan nie.• Respiratoriese higiëne moet toegepas word, bv. nies en hoes in die elmboog, sneesdoekies moet

    slegs een keer gebruik en hande daarna gewas/ontsmet word.• Oppervlaktes moet gereeld ontsmet word en na elke skof. Oppervlaktes sluit in maar is nie beperk

    nie tot:o Deur- en vensterhandvatsels en -knoppeo Lig- en muurpropskakelaarso Toerustinghandvatselso Alle kontrolepunte op masjieneo Kraneo Pypverbindingso Handrelingso Toerustingskermso Paktafelso Beheerkontroles van hysmasjinerieo Gemeganiseerde hanteringstoerusting soos vurkhysers ens.

    • Wanneer skoonmaakchemikalieë gekies word, moet werkgewers inligting raadpleeg oor die Omgewingsbeskermingsagentskap (EPA) se goedgekeurde ontsmettingsmiddels met aansprake teen ontluikende virale patogene. Produkte met EPA goedgekeurde ontluikende virale patogene-aansprake word beskou as effektief teen SARS-CoV-2 gebaseer op beskikbare data vir moeiliker dodende virusse. Volg die vervaardiger se gebruiksinstruksies vir alle skoonmaak- en ontsmettingsprodukte (bv. konsentrasie, aanwendingsmetode, kontaktyd, PBT).

    • Verskaf bedekte en geen-kontak-vullisdromme waar moontlik.• Werknemers moet goeie huishoudingspraktyke beoefen.• Alle afval wat gegenereer word insluitend maskers, handskoene ens. moet verantwoordelik mee

    weggedoen word.• Meganiese aanlegventilasie – onderhou alle lugfilters of installeer hoë-effektiwiteit-filters waar

    moontlik.• Verseker voldoende ventilasie in die produksie- en operasionele areas.• Raai werkers af om mekaar se selfone, lessenaars, kantore of ander werksgereedskap en

    -toerusting te gebruik, waar moontlik.• Elke persoon moet slegs hul eie toerusting en gereedskapstel hanteer.• Mobiele botteleringsoperateurs moet voldoen aan dieselfde higiënemaatreëls.

    WBGV – Artikel 8(1) + KR11(2) + ORW 6 + FR9Wieta Etiese Standaard – 03.07(b); 03.07(d);03.08(e)SANS 10248-1:2008GVP

    HIGIËNEMAATREËLS VIR PRODUKSIE EN OPERASIONELE AREAS

    Risikogradering6x6x15=540

    BHR

    REGSVERWYSING

  • 8

    • Alle persone moet minstens 1.5 m apart bly van mekaar in alle areas soos kantiene, kleedkamers en ander gemeenskaplike areas.

    • Waar sosiale distansiëring nie moontlik is nie, moet maskers gedra word.• Slegs een werknemer per werkstasie waar moontlik.• Mobiele botteleringsoperateurs moet voldoen aan dieselfde sosiale distansiëringsprotokolle.• Beperk kontak tydens die uitruil van inkomende kwitansies/aflewerings, bv. rou materiale,

    koeriers, oordragte tussen depots ens., waarna hande ontsmet moet word.• Bestuurders mag steeds die normale vasmaak/losmaak van vragte doen maar moet daarna in hul

    afleweringsvoertuie bly.• Beperk die beweging van kontrakteurs, afleweraars of besoekers op die perseel.

    WBGV – Artikel 8(1) + KR11(2) + ORW 6 + FR9Wieta Etiese Standaard – 03.07(b); 03.07(d);03.08(e)SANS 10248-1:2008GVP

    DISTANSIËRINGSMAATREËLS VIR PRODUKSIE EN OPERASIONELE AREAS

    OPSOMMING

    1. Om COVID-19 te beveg is ons almal se kollektiewe verantwoordelikheid – werkgewers sowel as werknemers.

    2. Werknemers moet nie vir werk aanmeld as hulle siek is nie en moet die insident ooreenkomstig eskaleer.

    3. Werknemers MOET die tersaaklike COVID-19-beleide en -prosedures nakom.

    4. Alle werknemers moet die verskafte gesigmaskers dra, soos vereis.

    5. Liggaamstemperatuur moet gekontroleer word met ingang tot perseel.

    6. Werksoppervlaktes moet ontsmet word voor en na daar in ’n betrokke area gewerk word.

    7. Beoefen sosiale distansiëring, d.w.s. mintens 1.5 m apart of dra gesigmaskers waar ’n afstand van 1.5 m nie moontlik is nie.

    8. Beoefen respiratoriese higiëne, d.w.s. nies in gebuigde arm of gebruik sneesdoekie wat dadelik weggegooi moet word.

    9. Was gereeld hande of gebruik handsaniteerder.

    10. Kommunikeer COVID-19 voorkomende maatreëls vir die bewusmaking van alle werknemers, insluitend “hoe om ’n masker aan te sit”, “hoe om hande te was” ens.

    Risikogradering6x6x15=540

    BHR

    REGSVERWYSING

  • 9

    PBT- & COVID-19-RISIKOVERLAGINGSRIGLYNE

    MOENIE WERK TOE KOM AS JY SIEK IS NIE: Meld aan by jou gesondheidsorg-verskaffer en verwys na die COVID-19-insidenteskalasie protokol.

    GEBRUIK HARDE HOEDE: In areas waar kontruksie aan die gang is of wanneer instruksie gegee word om dit te dra.

    GEBRUIK VEILIGHEIDSBRILLE: Beskerm jou oë – gebruik waar toepaslik of soos werksopdrag vereis.

    MAAK SELF SKOON: Vee alle oppervlaktes skoon met saniteermiddel aan die begin en einde van skof.

    WAS HANDE GEREELD:Was hande gereeld met seep en water vir 20 sekondes.

    HANDSKOENE:• Gebruik veiligheidshandskoene

    soos toepaslik.• Chirurgiese handskoene word

    nie aanbeveel om COVID-19 te beveg nie en sal nie verskaf word volgens NIOS en WHO-riglyne nie.

    GEBRUIK VEILIGHEIDSKOENE:Beskerm jou voete teen glas of swaar toerusting.

    TEMPERATUURTOETSING MET INGANG:Met ingang tot perseel toets vir liggaamstemperatuur bo 37.3 grade Celsius.

    GESIGMASKER:Gebruik materiaalmaskers wat verskaf word om verspreiding van virusdruppels te verminder.

    GEBRUIK WEERKAATSENDE KLERE:Verbeter sigbaarheid en beskerm jou liggaam.

    BEOEFEN RESPIRATORIESE HIGIËNE:Hoes of nies in jou gebuigde elmboog of gebruik ’n sneesdoekie.

    GEBRUIK HANDSANITEERDER:Gebruik individuele handsaniteerder indien handewas-fasiliteite nie beskikbaar is nie.

    DRA SKOON KLERE:Klere moet skoon wees ten alle tye.

    BEOEFEN SOSIALE DISTANSIËRING:Bly meer as 1.5 m weg van die persoon langs jou of dra ’n gesigmasker indien dit nie moontlik is nie.

    1.5

    m

  • 10

    Risiko-evalueringsblad

    NOTA: OORSAKE WAT OORWEEG MOET WORD – BESERINGS, VERLIESE OF BESOEDELING

    WAARSKYNLIKHEID(DIE WAARSKYNLIKHEID VAN ’N VOORVAL WANNEER DIE GEBEURTENIS WEL PLAASVIND)

    WAARDE

    Kan net sowel verwag word (gebeur dikwels)Baie moontlikOngewoon, maar taamlik moontlikSlegs vaagweg moontlik (het al gebeur)Denkbaar, maar baie onwaarskynlik (het nog nie gebeur nie)Amper ontmoontlik (een in ’n miljoen)So te sê onmoontlik (grens aan die onmoontlike)

    10631

    0.50.20.1

    BLOOTSTELLING(DIE GEREELDHEID WAARTEEN DIE GEBEURTENIS PLAASVIND)

    DeurlopendGereeld (daagliks)Soms (weekliks)Ongewoon (maandeliks)Raar (’n paar per jaar)Baie raar (jaarliks)Geen blootstelling

    106221

    0.50.1

    GEVOLGE

    Katastrofies (vele noodlottighede, of skade bo – R 10 000 000,00)Ramp (enkele noodlottighede, of skade bo – R 1 000 000,00)Baie ernstig (een noodlottigheid, of skade bo – R 100 000,00)Ernstig (ernstige beserings, permanente ongeskiktheid, of skade bo – R 10 000,00)Belangrik (tydelike ongeskiktheid, of skade bo – R 1 000,00)Waarneembaar (geringe noodhulp, of skade bo – R 100,00)Weglaatbaar ---------)

    1004015731

    0.4

    RISIKO- TELLING RISIKOKLASSIFIKASIE TYDSKAAL

    BO 400 BAIE HOË RISIKO: OORWEEG OM BEDRYWIGHEDE TE STAAK NVT

    200 – 400 HOË RISIKO: ONMIDDELLIKE REGSTELLING WORD VEREIS 0-3 MAANDE

    70 – 200 BEDUIDENDE RISIKO: REGSTELLING WORD BENODIG 3-6 MAANDE

    20 – 70 MOONTLIKE RISIKO: AANDAG AANGEDUI 6-12 MAANDE

    ONDER 20 AANVAARBARE RISIKO NVT

    RISIKOTELLING = (WAARSKYNLIKHEID X BLOOTSTELLING X GEVOLGE)

    BYLAAG A: VOORBEELD VAN ’N RISIKO-EVALUERINGSBLAD

  • 11

    BYLA

    AG

    B: V

    OO

    RBEE

    LD V

    AN

    ’N R

    ISIK

    O-A

    SSES

    SERI

    NG

    Gev

    aari

    dent

    ifika

    sie-

    en

    risi

    ko-a

    sses

    seri

    ngsv

    orm

    Blad

    sy 1

    van

    1

    Verw

    ysin

    g01

    Her

    sien

    ing

    0Sp

    an b

    etro

    kke:

    Dat

    um:

    20/0

    4/20

    20

    Wer

    kare

    aBo

    ttel

    erin

    g en

    pro

    sess

    erin

    g: k

    elde

    rsA

    lgeh

    ele

    wer

    ksom

    vang

    Proc

    esse

    ring

    en

    bott

    eler

    ing

    van

    wyn

    Wer

    ks-

    akti

    wit

    eite

    Gev

    are

    geïd

    enti

    fise

    erEff

    ek v

    an

    geva

    arW

    aars

    kynl

    ikhe

    idBl

    oot-

    stel

    ling

    Gev

    olg

    Risi

    ko-

    telli

    ngA

    sses

    seri

    ng v

    an o

    orbl

    ywen

    de r

    isik

    o’s

    Behe

    er-

    maa

    treë

    lsW

    aars

    kynl

    ikhe

    idBl

    oot-

    stel

    ling

    Gev

    olg

    Risi

    ko-

    telli

    ng

    Pers

    oon

    ver-

    antw

    oord

    elik

    vi

    r ak

    sie

    Volt

    ooiin

    gs-

    datu

    m

    Pros

    esse

    ring

    en

    bo

    ttel

    erin

    g va

    n w

    yn

    Pato

    gene

    Noo

    dlot

    tighe

    id,

    infe

    ksie

    siek

    tes,

    ui

    tbre

    king

    deu

    r ge

    ïnfe

    ktee

    rde

    pers

    onee

    l te

    enw

    oord

    ig

    in w

    erkp

    lek,

    ge

    ïnfe

    ktee

    rde

    beso

    eker

    s of

    be

    sigh

    eids

    -ve

    nnot

    e.

    66

    40

    1440

    BHR

    - Hig

    iëne

    - en

    huis

    houd

    ings

    pros

    edur

    es- G

    esig

    -m

    aske

    rs

    36

    15

    270

    HR

    - Sos

    iale

    dis

    tans

    iëri

    ngsp

    rose

    dure

    - Apa

    rtes

    kofs

    tels

    el, m

    et v

    ersp

    reid

    e ru

    spou

    ses

    - PBT

    -pro

    sedu

    re

    [Bai

    e m

    oont

    lik]

    [Daa

    glik

    s][P

    aar

    nood

    lot-

    tighe

    de]

    - Sek

    urite

    itspr

    osed

    ure

    insl

    uite

    nd n

    oods

    iftin

    gsitu

    asie

    [Ong

    ewoo

    n m

    aar

    heel

    m

    oont

    lik]

    [Daa

    glik

    s][B

    aie

    erns

    tig, e

    en

    nood

    lott

    ighe

    id]

    - Noo

    dpro

    sedu

    re

    - Bes

    ighe

    idsg

    ebeu

    rtel

    ikhe

    idsp

    lan:

    pro

    duks

    ie

    PERS

    OO

    NLI

    KE B

    ESKE

    RMEN

    DE

    TOER

    UST

    ING

    EN

    KLE

    RE

    Mas

    kers

    Naa

    m v

    eilig

    heid

    sver

    teen

    woo

    rdig

    er:

    Han

    dtek

    enin

    g ve

    iligh

    eids

    vert

    eenw

    oord

    iger

    :

    N

    aam

    Hoo

    f van

    Dep

    arte

    men

    t:

    Han

    dtek

    enin

    g H

    oof v

    an D

    epar

    tem

    ent:

  • 12

    BYLAAG C: INSIDENTWERKVLOEI

    COVID-19-INSIDENTWERKVLOEI(TUIS OF BY DIE WERKPLEK)

    Het jy ’n seer keel, koors (37.3’C of hoër), droë hoes of is

    kortasem?

    Het jy of jou onmiddellike familie oorsee gereis na ’n

    risiko-area?

    Was jy in kontak met ’n bevestigde of potensiële

    COVID-19-geval?

    Indien jy JA geantwoord het op enige van die bogenoemde, bly asseblief by die huis, kontak jou lynbestuurder en bel die hulplyn @ 0800 029 999. Selfkwarantyn & word getoets.

    Keer slegs terug na werk wanneer jy die selfkwarantyn-periode voltooi het en nie meer enige COVID-19-simptome wys nie. Dit moet bevestig word deur jou werkgewer.

    Indien jy by die werk is, selfisoleer, kontak jou lynbestuurder of enige ander

    gemagtigde persoon.

    Sodra by die huis, bly tuis. Selfisoleer, rus, drink vloeistowwe, vermy skares, openbare plekke en openbare vervoer. Hou menslike

    hulpbronne en jou lynbestuurder gereeld op hoogte. Volg die NIOS (Nasionale Instituut

    vir Oordraagbare Siektes)-instruksies.

    Indien jy positief toets vir COVID-19, stel asseblief jou lynbestuurder en menslike hulpbronne onmiddellik in kennis. Bly

    steeds by die huis.

    MOET NIE TERUGGAAN WERK TOE NIE.

    Kontak menslike hulpbronne om jou verlof te bespreek.

    Lynbestuurders moet die kontaminasie-reikwydte van die insident assesseer en

    diegene wat geraak is huis toe stuur om te selfkwarantyn vir 14 dae. Waar simptome

    begin wys, moet diegene wat blootgestel is getoets word.

  • 13

    BYLAAG D: VRAELYS

    Die veiligheid van ons werknemers, verskaffersvennote, kliënte, families en besoekers bly XXX se oorheersende prioriteit. Namate die Koronavirussiekte 2019 (COVID-19)-uitbraak voortgaan om wêreldwyd te ontwikkel en versprei, monitor XXX die situasie noukeurig en sal van tyd tot tyd maatskappyriglyne opdateer gebaseer op huidige aanbevelings van die Nasionale Sentrum vir Oordraagbare Siektes en die Wêreldgesondheidsorganisasie. Slegs besigheidskritieke besoekers word toegelaat by enige XXX-fasiliteit in hierdie tyd.

    Om die verspreiding van COVID-19 te voorkom en die potensiële risiko vir blootstelling aan ons werksmag en besoekers te verminder, voer ons ’n eenvoudige siftingsvraelys uit. Jou deelname is belangrik om ons te help om voorkomende maatreëls toe te pas om jou en almal in hierdie gebou te beskerm. Dankie vir jou tyd.

    Naam van besoeker: Persoonlike telefoonnommer (sel/huis)

    Besoeker se maatskappy/organisasie: Naam van gasheer:

    Naam van fasiliteit:

    Self-verklaring deur besoeker

    1Het jy binne die afgelope 14 dae teruggekeer van enige van die lande gelys op hierdie lys: Coronavirus FAQs ?

    JA NEE

    2Het jy enige nabye kontak gehad of iemand versorg wat gediagnoseer is met COVID-19 in die afgelope 14 dae?

    JA NEE

    3Het jy enige nabye kontak gehad met iemand wat in die afgelope 14 dae gereis het na een van die lande gelys in vraag 1?

    JA NEE

    4Het jy enige verkoue- of griepsimptome ervaar in die afgelope 14 dae (insluitend koors, hoes, seer keel, respiratoriese siekte, moeilik asemhaal)?

    JA NEE

    Indien die antwoord “ja” is op enige van bogenoemde vrae, sal toegang tot die fasiliteit geweier word.

    Handtekening (besoeker): Datum:

    Toegang tot fasiliteit (omkring een): Goedgekeur Geweier

  • 14

    Eenheid 5, Time Square, 8 Electron Straat, Technopark, Stellenbosch, 7600

    www.wieta.org.za

    T: +27 (0)21 880 0580 F: +27 (0)21 880 0576 WhatsApp: 063 766 6548

    Picardi Plaas, Cecilia Straat, Suider-Paarl, 7646

    www.vinpro.co.za

    T: +27 (0)21 276 0429 E-pos: [email protected]

    154 Dorp Straat, Stellenbosch, 7599

    www.salba.co.za

    T: +27 (0)21 887 0117 F: +27 (0)21 883 8545