14
DURBAN-NOORD KOLLEGE NUUSBRIEF Die Perfekte Balans Julie / Augustus 2019 * “’n Kind leer die beste deur ‘n goeie voorbeeld”. – Josh Billings* UIT DIE HOOF SE KANTOOR……. Hierdie kwartaal bestaan uit 11 weke, waarvan 3 reeds verby is. ‘n Kwartaal vol aktiwite- ite, sowel as die graad 12 Proefeksamen wat geskryf moet word, asook die Eksterne Nasionale Eksamen vir Lewensoriëntering. Finale praktiese en Mondelinge Eksamens, in sekere vakke vind ook hierdie kwartaal plaas. Dit is dus uiters belangrik dat al die graad 12 leerders intensief werk sodat hulle goed voorbereid is. Daar is slegs 45 dae oor voordat die finale eksamen begin. Die tweede ouerdag vir die hele skool was redelik goed bygewoon. Dankie aan die ouers wat genoeg belangstelling toon in hul kinders se akademiese vordering. Hierdie kwartaal is natuurlik ook die atletiekkwartaal. Die verskillende fases het almal hul Interhuis atletiekbyeenkomste gehad. Weereens het ons Hoërskool atlete ons trots gemaak, derde jaar in ‘n ry, tydens die Interskole atletiek, Dinsdag 30 Julie. Tien skole het deelgeneem. Die graad 10 leerders het hulle spanbou kamp te Spirit of Adventure by Shongweni Dam verlede week geniet. MySchool ‘Baie Dankie aan elke ouer!’ U het ons gehelp met R1 594.00 in die MySchool program laas maand. Hierdie geld sal gebruik word om fasiliteite by die skool te verbeter. Ons vertrou op u ondersteuning om deurlopende verbetering van die skool te verseker, hou dus vas! BHL VAKANTE POS: GEBOUE EN TEREIN ‘n Tussentydse verkiesing sal binnekort gehou word vir iemand wat belangstel om deel van die skool se Beheerliggaam te word en die portefeulje van geboue en terrein kan oorneem.

DURBAN-NOORD KOLLEGE NUUSBRIEF · Daar sal o.a. Dans, Drama, Fotografie, Instrumentaal, Kuns, Vokaal, Redenaars en Voordrag uitgestal wees en plaasvind. Eisteddfod deelnemers wat

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

DURBAN-NOORD KOLLEGE

NUUSBRIEF

Die Perfekte Balans Julie / Augustus 2019

* “’n Kind leer die beste deur ‘n goeie voorbeeld”. – Josh Billings*

UIT DIE HOOF SE KANTOOR…….

Hierdie kwartaal bestaan uit 11 weke, waarvan 3 reeds verby is. ‘n Kwartaal vol aktiwite-

ite, sowel as die graad 12 Proefeksamen wat geskryf moet word, asook die Eksterne

Nasionale Eksamen vir Lewensoriëntering. Finale praktiese en Mondelinge Eksamens, in

sekere vakke vind ook hierdie kwartaal plaas. Dit is dus uiters belangrik dat al die graad

12 leerders intensief werk sodat hulle goed voorbereid is. Daar is slegs 45 dae oor

voordat die finale eksamen begin.

Die tweede ouerdag vir die hele skool was redelik goed bygewoon. Dankie aan die ouers

wat genoeg belangstelling toon in hul kinders se akademiese vordering.

Hierdie kwartaal is natuurlik ook die atletiekkwartaal. Die verskillende fases het almal

hul Interhuis atletiekbyeenkomste gehad. Weereens het ons Hoërskool atlete ons trots

gemaak, derde jaar in ‘n ry, tydens die Interskole atletiek, Dinsdag 30 Julie. Tien skole

het deelgeneem.

Die graad 10 leerders het hulle spanbou kamp te Spirit of Adventure by Shongweni Dam

verlede week geniet.

MySchool

‘Baie Dankie aan elke ouer!’ U het ons gehelp met R1 594.00 in die MySchool program laas maand. Hierdie geld sal gebruik word om fasiliteite by die skool te verbeter. Ons vertrou op u ondersteuning om deurlopende verbetering van die skool te verseker, hou dus vas!

BHL VAKANTE POS:

GEBOUE EN TEREIN

‘n Tussentydse verkiesing sal binnekort gehou word vir iemand wat belangstel om deel van die

skool se Beheerliggaam te word en die portefeulje van geboue en terrein kan oorneem.

ONS NUWE ADJUNKHOOF

Dit is vir ons aangenaam om u mee

te deel, dat mev. Petra Scholtz,

van Greytown Hoër as DNK se

nuwe Adjunkhoof aangestel is. Ons

vertrou dat sy lang en gelukkige

jare by DNK sal geniet!

BELANGRIKE DATUMS

07/08 Tienertoneel om 18:30 - skoolsaal

Gr12 Kunsuitstalling

08/08 Gr 7 Entrepreneurs Dag

09/08 Nasionale Vrouedag

10/08 Sewes rugbytoernooi by Toti

15/08 HS Revue

16/08 HS Revue

17/08 Skool verjaar (48jr oud)

19/08 Eisteddfod begin

21/08 ATKV Tienertoneel by Playhouse

23/08 Eisteddfod eindig

Senior Dinee (Sport & Kultuur)

28/08 Gr 7 Kamp

Gr 12 Proefeksamen begin

30/08 Siwwiedag

Gr 7 Kamp arriveer terug

Lentebal (gr 10 - 12)

Die Disleksia Ouerondersteunings groep sal op Donderdag, 22 Augustus om 18:00 in

die Nasorgsentrum vergader.

Ons het ‘n gasspreker wat besig is met haar doktorsgraad wat met ons kom deel oor

haar lewe “Living with Dyslexsia”

Almal is baie welkom om die aand met ons te kom spandeer. Nooi asseblief vriende en

familie en kennise van ander skole om saam te kom luister

PERSONEELNUUS

Ons verwelkom:

Gr 3E: Mrs Silochan

Gr 5A: Mej. L. Olivier

Gr 7E: Mev. L. Baldery

HS HIST: Mej. B. Draper

‘COLOUR’

PRET

DRAF

Jonk en oud het Saterdag, 13 Julie vroeg oggend DNK se eerste 5km

pretdraf kom aandurf. Almal wat die oggend bygewoon het, het dit

baie geniet. Daar was gelukkige trekkings en pryse wat gewen is.

Baie dankie aan Mev. Callow en haar span vir ’n kleurvolle oggend.

♪♫SING IN HARMONIE ♪♫

Die KykNET Sing in Harmonie koor kompetisie (waarin DNK se

senior koor deelgeneem het), se opname word op Sondag,

25 Augustus op KykNET-kanaal 146 om 17:00 uitgesaai. Moet

dit dus nie misloop nie.

Die finaal vir hierdie groot kompetisie vind die jaar by Gold Reef City op

13 Oktober plaas. Die koor is hard aan die oefen vir die geleentheid.

Ons kort egter nog baie fondse om hierdie kompetisie vir almal moontlk te kan maak,

indien jy finansieele kan bydrae of ‘n donasie wil gee, kontak asseblief die koorleier

Anélda Roets.

Ons hou op Saterdag, 24 Augustus ’n reuse fondsinsameling met DNK- 7’s Rugby. Bring

jou vriende en familie en kom geniet ‘n dag van rugby en worsrolletjies en ondersteun

die koor.

♫DNK EISTEDDFOD

DNK Eisteddfod word vir die tweede agtereenvolgende jaar aange-

bied. Ons sien uit om onder andere; Eden College, Crawford College, Dan-

ville Girls, Durban Girls College, Orient Islamic, Reddam House, Akivia College,

Chelsea Prep, Clarence Primary en Crawford Prep, Northlands Girls & Northwood Boys

te verwelkom by ons skool.

Die Eisteddfod vind plaas 19 tot 23 Augustus by DNK. Toegangs kaartjies is slegs R10.

Daar sal o.a. Dans, Drama, Fotografie, Instrumentaal, Kuns, Vokaal, Redenaars en

Voordrag uitgestal wees en plaasvind.

Eisteddfod deelnemers wat 80% en hoër behaal, sal outomaties gekies word om deel

te neem aan SANTA - South African Nationals Talent Africa, wat in Jhb / P.E gehou sal

word.

Kom ondersteun dus die geleentheid en volg ons op www.facebook.com/DNC-

Eisteddfod vir foto’s en meer inligting.

FONDSINSAMELING

Dankie aan al ons ouers en leerders wat hierdie kwartaal die

Kaskarfondsinsameling ondersteun.

Weeklikse betaling van R15 stel leerders in staat om vroeër op

Vrydae huis toe te gaan dié kwartaal.

TYE: HS: 13:10 / LS: 12:30 / JP 12:00

Kaskar pretdag vind plaas op Donderdag, 19 September ‘19.

LAERSKOOL NUUS

TERMYN 2 AKADEMIESE PRESTASIES

Baie geluk aan die leerlinge wat in kwartaal 2 goeie resultate behaal het. Vir diegene

wat ekstra aandag moet skenk in sekere studierigtings, hoop ons dat daar planne

ingestel is vir motivering om harder te werk en dat ons positiewe vordering sal sien teen

die einde van die kwartaal. Ons bedank alle ouers wat hul kinders tydens hierdie

eksamens ondersteun het.

SP SPELETJIESAAND

Op Vrydag 19 Julie, het die Senior Primêr hul jaarlikse Speletjiesaand gehou. Dit was ‘n

aand vol adrenalien waar die leerders ‘n kans gekry het om saam ander vermaak-

likheid kon ervaar. Tydens die aand was daar mini-sport gedoen, asook verskeie spelet-

jies waarin elke leerder deelgeneem het. Dit was ‘n aand van gees en lekker spanbou!

Baie dankie aan al die personeel wat saam kom speel het.

Gr 4 Gr 5 Gr 6 Gr 7

Cameron Chetty Zwelithini Nxumalo Dedré van Aardt Zanru Roets

Jayden Kotzé Aryan Thulsi Hanaa Kazi Oswald Aumüller

Dintle Mokoena Kiara van Eeden Amii Störm Lara v Loggerenberg

SPORT

SKAAK

7 van ons leerders het aan ‘n individuele skaaktoernooi by Gordon Road School

deelgeneem en die oggend baie geniet. Elke speler het ‘n sertifikaat ontvang vir hul

deelname aan die toernooi.

MINI-HOKKIE

Die graad 3’s het hul eerste hokkie toernooi gehad by Northwood Boys, Saterdag,

3 Augustus. Die seuns en dogters het teen Fatima, Ashton, Crawford La Lucia, Umhlali,

Chelsea en Northlands gespeel. Almal het die oggend baie geniet.

SEUNS 1ste 2de 3de

Senior /10 Jaden Gabin Dintle Mokoena Talin Pillay

Senior /11 Murray Wicks Luke Meyer Vukile Mhlongo

Senior /12 Ntobeku Nkwakhwa Josh Pretorius Zander van Zyl

Senior /13 Katlego Gumede Andrew Fourie Timothy Scott

DOGTERS 1ste 2de 3de

Senior /10 Unathi Dunge Yoletha Zondo Kayla Nel

Senior /11 Savanah Smythe Khalia Pillay Chanelle van Dyk

Senior /12 Amii Storm Elvone Strydom Kayla Venter

Senior /13 Abigail van Emmenis Danika de Jager Olivia Nel

SP INTERHUIS ATLETIEK

SP Interhuisatletiekbyeenkoms het op Vrydag, 26 Augustus plaasgevind. Ons SP’s het baie

goed met die veld en baanitems gedoen heelwat medaljes is ingepalm.

Ons wil graag dankie sê aan elke leerder wat deelgeneem het, al die ouers wat die oggend

kom ondersteun het & Mej Schoombee vir haar organiseëring . Dankie ook aan die Pa’s en

Ma’s wat hul lywe fiks gehou het en lekker saam gehardloop het.

Die oggend was ‘n groot sukses! LS Interskole Atletiek vind plaas op 7 September by Kuswag.

Victor Lodorum Victrix Lodorum

Katlego Gumede Abigail van Emmenis

Beste Seuns Atleet Beste Meisies Atleet

Josh Pretorius Abigail van Emmenis

HOëRSKOOL NUUS

MANDELADAG

Die graad 11 Geskiedenis leerders het tydens Mandeladag toebroodjies gemaak. Met

die hulp van 'n paar graad 10 leerders, is die kospakkies na skool uitgedeel - Trots DNK!!!

GRAAD 10 KAMP

Die graad 10 leerders het hul kamp by Spirit of Adventure wat van 24 tot 26 July

plaasgevind het, baie geniet. Ten spyte van die koue weersomstandighede waarin

hulle, hulle bevind het wou die kinders nie sommer tou opgooi en huis toe kom nie Baie

dankie aan Mev Erxleben en Taljaard wat die jong leerders vergesel het.

Ons is trots op 3 oud DNK-leerders wat tans as groepleiers by Spirit of Adventure werk.

TERMYN 2 AKADEMIESE PRESTASIES

Baie geluk aan daardie leerders wat gedurende die tweede kwartaal presteer het en

goeie resultate behaal het. Vir die leerders met vakke wat ekstra aandag nodig het,

hoop ek dat daar reeds planne in plek is en dat hulle gemotiveerd is om harder te

werk sodat daar positiewe vordering is aan die einde van die kwartaal.

Gr 8 Gr 9 Gr 10 Gr 11 Gr 12

Anika Rabie Dhiya Ramnaryan Prenavan Nayagar Mia Fourie Shweta Harilal

Drew Fisher Franco Visser Michelle Hoffman Keenan Lennox Dawid Cronjé

Puja Mahabir Suvaan Sookdeo Timothy Still Nicelle Grobler Simal Sahadev

WISKUNDE OLYMPIADE

Dawid Cronjé het op Saterdag, 27 Julie aan die finale rondte van die grootste aanlyn

Wiskunde kompetisie in Afrikaans, wat in samewerking met Netwerk 24, Beeld en

Volksblad aangebied is, deelgeneem. Dawid het na Bloemfontein gereis en ‘n Top-60

Nationale posisie behaal. Baie Geluk ons is super trots op jou!

DANS SPORT

Durban-Noord Kollege is baie trots op twee van ons graad 12 leerders, Lauren

Fernandez en Antonio de Villiers, wat hul wit Prestige baadjies verwerf deur om Natal

te verteenwoordig vir 3 agtereenvolgende jare in dans.

Beide Lauren en Antonio is ook tot die Suid-Afrikaanse dansspan verkies wat Suid-

Afrika tydens ‘n Internasionale dans kompetisie gaan verteenwoordig

AKSIE NETBAL

19 Julie ~ 1ste span netbal meisies teen CNC - wen 22 – 6, tweede span speel baie

goed maar verloor ongelukkig 7 - 5. Die /16 meisies wen 14 - 12 teen St Henry’s en

kan trots wees op hulle goeie wedstryd.

26 Julie ~ /16 meisies speel teen DGC en verloor 5 - 30. Dit was ‘n harde wedstryd en

die span kon net nie daarin slaag om doele aan te teken nie.

2 Augustus /16 meisies het gelykop gespeel teen Danville met 16 elk.

Die 1ste span verloor ongelukkig maar het regtig baie goed gespeel.

Die SPAR Fast 5 Toernooi het goed begin en die meisies het 6 uit hul 9 wedstryde

gewen wat by Kuswag gespeel is. Hulle het goeie ondervinding opgedoen.

SPORT

SOKKER

MEISIES:

Baie geluk aan die volgende meisies wat gekies was vir die /19 Sokker distrik span -

Darlene van Dyk, Zoë Theunissen, Priyasha Harilal, Nandile Twala & Tiandra Joseph.

Die eerste Sokker wedstryd vir die seisoen het Saterdag 1 Augustus teen St Benedict

plaasgevind. Alhoewel die meisies verloor het, het hulle goed gespeel en ’n goeie idee

gekry van wat van hulle verwag word vir die res van die seisoen.

SEUNS:

Die volgende seuns het die eerste rondte van die KZN skole sokker proewe by

Northwood geslaag - Katlego Gumede, Disiame Mokoena, Sanele Zwane, Mthokozisi

Mdluli, Casey Constance, Katleho Tjane, Mekyle Emmanuel.

HS INTERHUISATLETIEKBYEENKOMS

Die HS Interhuis atletiek vind jaarliks plaas by Kings Park en die jaar was geen uitsonder-

ing nie. Die oggend was koud, maar gou het die atlete goed opgewarm en gesorg vir

goeie atletiek. Baie geluk aan almal wat die dag met ‘n medalje kon huis toe kom en

dankie aan almal wat deelgeneem het. Dankie aan al die personeel en ouers wat die

dag daar was ter ondersteuning.

JUNIOR

Victor Ludorum Victrix Ludorum

Alwondwe Cele Cathleen van Zyl

SENIOR

Victor Ludorum Victrix Ludorum

Sean Wait Hanna Gilbert

HS INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS

Die jaarlikse spog geleentheid wat by Kings Park plaasgevind het, was wat op 30 Julie.

Dit was ‘n besonderse geleentheid vir Mev Höbel. Nie net was DNK die gasheer-skool

vir die geleentheid nie maar kon ons weereens met die beker wegstap vir die 3de ag-

tereenvolgende jaar.

DNK wen met 365.5 punte. In die tweede plek was Suid Natal met 335 en derde plek

het aan Voortrekker gegaam met 327.5 punte. Amanzimtoti 300, Richardsbaai 239.5,

Kuswag 184.5, Werda 177, Gelofte 175, Empangeni 172 & Port Natal 121.

Baie geluk aan al die DNK atlete wat die dag so goed gevaar het - ons is baie trots op

julle.

Email: [email protected]

http://www.durbannorthcollege.co.za

https://web.facebook.com/theofficialdurbannorthcollege/

25 Prospect Hall Rd, Durban North /

Private Bag X02, Hyper by the Sea, 4053

T: 031 564 1347 / F: 031 564 1359

RASIONEEL IS RELATIEF

Ondersteun asseblief die Hoërskool se Tienertoneel “Rasioneel is Relatief”.

Op 7 Augustus vind die opvoering in die skoolsaal plaas en 21 Augustus by die

“Playhouse” Dramateater.

Daar kan nie op hierdie baie komieklike optrede uitgemis word nie!