17
EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof Bladsy 2 Matriekuitslae 2013 Bladsy 4 Graad 8-verwelkoming Bladsy 6 Matriekbalkies Bladsy 8 Interhuis-atletiekbyeenkoms Bladsy 9 Ander attletiekbyeenkomste Bladsy 12 Gholf Bladsy 12 Graad 8-atletiek en -swem Bladsy 13 Tennis eerste span Bladsy 13 Krieket Bladsy 14 Bloedskenk Bladsy 15 Personeel word bederf Bladsy 15 Advertensies Bladsy 16 Kalender eerste kwartaal Bladsy 17 Kontakbesonderhede Bladsy 17 TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]

EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014

INHOUDSOPGAWE

Brief van die hoof Bladsy 2

Matriekuitslae 2013 Bladsy 4

Graad 8-verwelkoming Bladsy 6

Matriekbalkies Bladsy 8

Interhuis-atletiekbyeenkoms Bladsy 9

Ander attletiekbyeenkomste Bladsy 12

Gholf Bladsy 12

Graad 8-atletiek en -swem Bladsy 13

Tennis eerste span Bladsy 13

Krieket Bladsy 14

Bloedskenk Bladsy 15

Personeel word bederf Bladsy 15

Advertensies Bladsy 16

Kalender eerste kwartaal Bladsy 17

Kontakbesonderhede Bladsy 17

TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

www.durbanvillehs.co.za

ber 2012

TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]

Page 2: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

BRIEF VAN DIE HOOF

Geagte ouers

Welkom terug by die skool en al die bedrywighede waarin u ook deel. Ons hoop dat die feestyd vir u

almal besonders was en dat die tydjie saam met u kind ook besonders was.

Ons jaar het (soos altyd) ook volspoed weggespring. Ons matrieks het met hulle puik prestasies van

2013 gesorg dat dit ‘n aangename wegspring was.

U is waarskynlik al bewus daarvan, maar ek deel dit graag weer met u.

Daar was 163 kandidate. 158 (96,9%) het geslaag.

126 (77,3 %) kandidate het met universiteitstoelating geslaag.

Daar was 225 vakonderskeidings.

Ons het 5 kandidate op die merietelys vir vakke gehad: Afrikaans 3, IT 1 en Dansstudies 1.

In 14 vakke (uit 17) het meer as 50 % van die kandidate 50 % en meer behaal.

In 9 vakke het meer as 60 % van die kandidate 60 % en hoër behaal.Ek toon graag die vakke aan:

Rekeningkunde 28 uit 35, Afrikaans 117 uit 163, Drama 27 uit 33, FAL 112 uit 131, Home Language

30 uit 32, IT 10 uit 11, WG 42 uit 70, Fisiese wetenskappe 27 uit 43 en Kuns 28 uit 46.

In die groep 50 % en meer kom die volgende vakke ook by: Verbruikerstudies 26 uit 36,Ekonomie 15

uit 29, IGO 23 uit 40, Lewenswetenskap 45 uit 82, Wiskunde 52 uit 93.

Negentien kandidate het met onderskeiding geslaag.

Dan vir die kersie op die koek: twee van ons kandidate was op die merietelys: Wianké Jenkins en

Elke ter Borg het hierdie uitsonderlike prestasie behaal.

U kan dus sien waarom ons so trots op die gewese leerders se uitslae is. Vir oulaas klap ons vir die

matrieks van 2013 hande en dan word die aflosstokkie oorgegee aan die graad 12’s van 2014. Ons

glo dat hulle vir net sulke blink en ook nog blinker prestasies gaan sorg.

Page 3: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

Ons graad 8’s het ook baie vinnig ingeskakel en hulle het hulle baadjies as volwaardige Durbanvillers

op Maandag 20 Januarie ontvang. Baie dankie aan al die ouers wat hier was – sulke betrokkenheid

voorspel baie goed vir die jare wat voorlê.

Ons het hierdie jaar ons skoolrooster aangepas. Die periodes is korter as verlede jaar, maar die

totale ure onderrigtyd is steeds dieselfde. Ons dink dat die korter periodes meer effektief gaan wees

en ons die onderrigtyd meer effektief sal kan benut.

U het ook reeds die boekie ontvang waarin die datums aangedui word vir die indien van take. Hou

die boekie op ‘n veilige plek en raadpleeg dit maar gereeld.

Al die graad 8-handboeke is nog nie afgelewer nie. As gevolg van ‘n skerp toename in inskrywings,

moes ons aan die einde van verlede jaar ‘n addisionele bestelling plaas. Die bestelling sal volgens die

Departement binne die volgende paar dae gelewer word. Ons glo dat teen die tyd dat u hier lees al

die boeke uitgedeel sal wees.

Ons verwelkom ook graag vir me Watkins op ons personeel. Sy is aangestel in die plek van me

Dippenaar wat verlede jaar ‘n pos by die Hoërskool Strand aanvaar het.

Me Mantel-Böhr is ook ongesteld en kan eers weer op 17 Februarie diens hervat. Ons was gelukkig

om me Rhoda van Schalkwyk te kry om in haar plek waar te neem.

Tydens die vakansie is daar ook heelwat werk op die terrein gedoen. Ons sekuriteitsmaatskappy is

besig om’n nuwe kamerastelsel te installeer wat ons sekuriteit tot ‘n volgende hoër vlak sal neem.

Die area by die swembad is opgeknap en skadunette is opgerig. ‘n Pawiljoen gaan onder die nette

geplaas word.

Outomatiese besproeiing word aangelê by die area rondom die astro-baan.Dit gaan ook uitgebrei

word na die atletiekbaan en die A-rugbyveld.

Lugreëling is geïnstalleer in die ouditorium en die verskil kan reeds Maandae tydens die

saalbyeenkomste waargeneem word. Verder verhoog dit ook die aanvraag na die fasiliteit by

huurders.

Ons kleurebyeenkoms was ook baie suksesvol en ons sien uit na die ontmoeting met The Settlers en

Fairmont op die baan en die pawiljoen.

Voorbereiding vir Ko-Ed is in volle swang en ons sien uit na die ontmoeting op 14 Februarie.

Die krieketspelers het ook reeds begin speel en puik uitslae behaal – dit is nie aldag dat 2 van ons

spelers elkeen 6 paaltjies inoes nie!

Ons eerste swemgala is ook agter die rug en dit lyk of die swemspan vanjaar weer baie goed gaan

wees.

Voorspoed tot volgende keer.

G.L. Germishuys

Page 4: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

MATRIEKUITSLAE 2013

Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir die matrikulante van 2013. Die skool het

19 leerders wat A-gemiddeldes behaal het en ’n totaal van 225 vak-A’s. Twee van die leerders,

Wianké Jenkins en Elke ter Borg, het boonop die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se merietelys

gehaal.

Die A-kandidate vir 2013 is, in volgorde:

1. Wiankè Jenkins

2. Elke ter Borg

3. Francois Lombard

4. Annemien Liebenberg

5. Christiaan van den Heever

6. Ilzeli Zwarts

7. Mia van Tonder

8. Lara Hattingh

9. Ryno Swart

10. Lezandi Fourie

11. Anneline Mathee

12. Tana Hendrikse

13. Elizabeth Rademan

14. Andrea Visser

15. Simone Kruger

16. Mari Theron

17. Charl Hopkins

18. Inemari Prins

19. Mieke Snyman

Tydens die eerste saalbyeenkoms van die jaar is die A-kandidate van 2013 spesiaal gelukgewens

tydens die gebruiklike Pennefunksie, waar elke A-kandidaat ’n pen van die skool ontvang het as

gelukwensing. Die foto hier onder is na afloop van die geleentheid geneem.

Page 5: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

Die volgende leerders het uitsonderlike prestasies behaal: Wianké Jenkins

95,3% gemiddelde (1ste plek HSD top-19)

7 vak-A’s

Haal WKOD se merietelys

Afrikaans Huistaal: 1ste plek in Wes-Kaap Elke ter Borg

95,0% gemiddelde (2de plek HSD top-19)

8 vak-A’s

Haal WKOD se merietelys

Afrikaans Huistaal: 7de plek in Wes-Kaap Francois Lombard

89,5% gemiddelde (3de plek HSD top-19)

8 A’s

Inligtingstegnologie: 5de plek in Wes-Kaap Elizabeth Rademan

81,8% gemiddelde (13de plek HSD top-19)

5 vak-A’s

Afrikaans Huistaal: 8ste plek in Wes-Kaap

Page 6: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

GRAAD 8-VERWELKOMING

Tradisie speel ’n belangrike rol by Hoërskool Durbanville. So word daar sedert 1998 na afloop van die

graad 8’s se verwelkomingsweek ’n baadjieseremonie gehou waartydens hulle vir die eerste keer hul

skoolbaadjies mag aantrek.

Tydens Maandag 20 Januarie se saalbyeenkoms is leerders by naam en in klasverband op die

verhoog geroep, waarna hulle amptelik hul baadjies aangetrek het. Hierna het hulle voor die hele

saalgroep, wat hul ouers ingesluit het, opgestaan en bewegings uitgevoer op die maat van musiek.

Die skoolhoof, mnr. George Germishuys, het hulle daaraan herinner dat hulle hierdie dans twee keer

tydens hul hoërskoolloopbaan gaan uitvoer – die volgende keer sal wees wanneer hulle in 2018 die

seniors van die skool word.

As deel van die graad 8’s se verwelkomingsprogram het hulle ook deelgeneem aan ’n swemgala en

’n atletiekbyeenkoms spesifiek vir graad 8’s. Sien die collage van foto’s wat tydens die

verwelkomingsweek geneem is.

EERSTE DAG (foto’s: Judith Stopforth)

Page 7: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

GRAAD 8-SWEMGALA (foto’s: Judith Stopforth)

GRAAD 8-ATLETIEKBYEENKOMS (foto’s: Judith Stopforth)

Page 8: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

GRAAD 8-BAADJIESEREMONIE

MATRIEKBALKIES

Tydens dieselfde byeenkoms het vanjaar se matrieks hul matriekbalkies ontvang.

Page 9: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

INTERHUIS-ATLETIEKBYEENKOMS

Die skool se jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms is op Vrydag 24 Januarie gehou.

Die uitslae was as volg:

Atletiekbeker: Meerendal

Barend Erlank en Brunick Bezuidenhout, Meerendal se spankapteine, met die atletiekskild

Geesbeker: Bloemendal

Jessé Cupido en Sammy van Straaten, Bloemendal se spankapteine, met die pawiljoenskild

TEKEN SOLANK DIE VOLGENDE DATUM IN U DAGBOEK AAN: Hoërskool Durbanville Gholfdag

Datum: 8 Mei 2014

Plek: Durbanville Gholfklub Tyd: Afslaan vanaf 11:30

Borg: Bof/Setperk @ R3 000, Watergat @ R2 000 (met eie drinkgoed)

Kompetisie: 4-BBB Stableford @ R2 000

(Sluit baanfooie, geskenkpak, “halfway house”, aandete en prysuitdeling in)

Kontak Leonie Nel by 079 499 5444

Page 10: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

Die volgende leerders het toekennings ontvang as die senior en junior victor en victrix ludora:

Senior Victor Ludorum: TJ Campbell (agter links)

Senior Victrix Ludorum: Bertmari Kraay (voor regs)

Junior Victor Ludorum: Kayleb van der Merwe (agter regs)

Junior Victrix Ludorum: Leiere Falck (voor links)

In die volgende items het leerders die rekords laat spat:

3000 m Seuns o/17: Lambert Brink 10:11,24; Mje Boshoff 10:17,09

200m Dogters o/14: Chene Bosch 28,3

Spiesgooi Dogters o/14: Annelie Young 26,78m

Spiesgooi Seuns o/17: Derick Turner 51,70m

400m Dogters o/17: Bertmari Kraay 61,0

Spiesgooi Dogters o/17: Suzanne Lureman 29,98m; Shereen Adams 25,5m

Page 11: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

Interhuisfoto’s geneem deur SA School Portraits

Page 12: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

ANDER ATLETIEKBYEENKOMSTE

Tydens Maandag 20 Januarie se saalbyeenkoms het die volgende dogters medaljes ontvang vir hul

prestasies tydens die Frans du Toit-atletiekbyeenkoms, soos gehou op 2 November (sien nuusbrief

van 8 November ):

Vlnr:

Zanne Lureman: Spiesgooi Dogters o/18 – Silwer medalje

Bertmari Kraay: 200m Dogters o/16 – Brons medalje

400m Dogters o/16 – Goue medalje

Alexis Hickson: Verspring Dogters o/16 – Silwer medalje

Pascal Rocher: 800m Dogters o/20 – Brons medalje

GHOLF

Christo Fivaz het op 19 Januarie deelgeneem aan die jaarlikse Boland Junior Ope Gholftoernooi op

Worcester en ‘n eerste plek behaal in die B-afdeling beste netto telling 74. Hy het ook op die

23ste Januarie aan die Citrusdal Junior Ope Toernooi deelgeneem.

Page 13: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

GRAAD 8-ATLETIEK EN -SWEM

170 graad 8 leerders het op Vrydag 17 Januarie aan die jaarlikse graad 8-byeenkoms deelgeneem.

Leerders het in seksieverband deelgeneem en sodoende het hulle mekaar sommer “atleties” beter

leer ken! Baie dankie aan elke graad 8-leerder vir die entoesiasme waarmee julle elke item

aangedurf het.

Die volgende leerders het as oorwinnaars uit die stryd getree:

Item Seun Dogter

Spiesgooi Morndrey Titus Esthian Korb

Annelie Young

Gewigstoot Marcelino Muller Durand van Heerden

Annelie Young

Verspring Kayleb van der Merwe Annelie Young

100m Kayleb van der Merwe Chené Bosch

800m Stefan van Wyk Nicola Smith

Die “GEES-toekenning” het vanjaar aan die 8E-seksie gegaan!

Die volgende leerders het goed presteer tydens die graad 8-swemgala:

Werner Meyer, Juan Barnard en Saskia Swart.

TENNIS EERSTE SPAN

Die volgende leerders is gekies vir die skool se tennis eerste spanne:

Dogters:

Jané Grobler (hertoekenning)

Lara Mostert (hertoekenning)

Leandri du Toit (hertoekenning)

Nicole Schreuder (hertoekenning)

Seuns:

Freddie van der Merwe (hertoekenning)

Hanno Smit (hertoekenning)

Muller van der Westhuizen (nuwe toekenning)

Page 14: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

KRIEKET

O/19A Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie

Durbanville 108 almal uit

Beste kolwers Karl Heinz Hellmann

32

Edgemead 29 almal uit

Beste boulers Theunis du Toit Rowan Wolmarans

6/4 4/10

Durbanville wen met 79 lopies

O/19B Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie

Durbanville 164/8

Beste kolwers Jaco du Plessis Duo Lureman Zander Schoeman

49* 26 25

Edgemead 159/9

Beste boulers Jamie Brink Duo Lureman

3/31 3/36

Durbanville wen met 5 lopies

O/15A Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie

Edgemead 39 almal uit

Beste boulers Dale Cronshey

6/2

Durbanville 40/6

Beste kolwers: Heinrich Grobler

25*

Durbanville wen met 4 paaltjies

O/14A Krieket vs Edgemead, Saterdag 25 Januarie

Durbanville 68 almal uit

Edgemead 69/6

Durbanville verloor met 4 paaltjies

KRIEKETPRESTASIES

Karl-Heinz Hellmann is deel van die Noordelike Voorstede Skole O/15 krieketspan en het

deelgeneem aan opwarm-wedstryde teen die WP O/15 A en B-spanne in voorbereiding vir hul CSA

O/15-krieketweek wat in Desember plaasgevind het. Die Noordelike Voorstede Span het baie goed

gevaar en die reeks 3-2 gewen.

Page 15: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

BLOEDSKENK

Die Wes-Kaap Bloedoortappingsdienste was op Dinsdag 28 Januarie by die skool en verskeie leerders

en onderwysers het bloed geskenk. Dankie aan elkeen van julle dat julle die tyd geneem het om

hierdie belangrike diens te verrig.

PERSONEEL WORD BEDERF

Simply Asia was so vriendelik om Donderdag 30 Januarie tydens tweedepouse vir die personeellede

iets te ete te bring. Hier smul hulle aan die lekker kos!

Page 16: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

ADVERTENSIES

Kontak asb. die bemarkingskantoor indien u in die nuusbrief wil adverteer

ONE ON ONE PRIVATE HOCKEY COACHING

CONTACT CECILIA 084 444 3840

[email protected]

Page 17: EERSTE UITGAWE VAN DIE JAAR: 31 JANUARIE 2014 › images › nuus › argief › nuusbrief_20140131.pdfMATRIEKUITSLAE 2013 Hoërskool Durbanville se hart kan voorwaar trots klop vir

KALENDER EERSTE KWARTAAL 2014

FEBRUARIE

Di 4 Verwelkoming van nuwe ouers

Do 6 Swemgala: Interhuis

Wo 12 KO-ED: Langafstande (Parow)

Vr 14 KO-ED: Bellville Velodrome

Sa 15 Orkeskamp

Di 18 Mnr en Mej Durbie uitdunne

Vr - Sa 21 - 22 JAM-oorslaap

Di - Wo 25 - 26 Somersport- en individuele foto’s

Vr - So 28 Feb – 2 Mrt

Koorkamp

MAART

Di 4 English Olympiad

Vr - Sa 7 - 8 Tennis: HSD Tennistoernooi (1ste spanne S en D)

Sa 8 Damesontbyt: Matriekafskeid

Di 11 Rekenaarolimpiade: Talentjag

Wo 12 Swem: B-Liga Kampioenskappe

Do 13 Rugby: Night of Champions (Rugbyklubhuis en A-veld)

Vry 14 Mnr en Mej Durbie Gala-aand

Ma 17 Erekleurefunksie

Di 18 Lewenswetenskapolimpiade Graad 10 - 12

Vry 21 Vakansiedag (Menseregtedag)

Di 25 Sportdag vs Swartland (weg)

Wo 26 Seniordinee

Do 27 Algemene Kennis: Interne kompetisie

Vr 28 Skool sluit

APRIL

Di - So 1 - 6 Netbaltoer na George

Ma 7 Skool open

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie

verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van

advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en /

of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie; ook

nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid van

die geadverteerde diens en / of produk nie.

Die derde party adverteer sy / haar diens en / of

produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat

in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker

wat gebruik maak van die geadverteerde diens en / of

produk, doen dit op eie risiko.

KONTAKBESONDERHEDE

Tel / Faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected]

Sport: [email protected]

Kultuur: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Alumni / Oudleerders:

[email protected]

Borge: [email protected]

Klerewinkel: [email protected]

Boekekamer: [email protected]