47

Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Herman Toerien. Daar was enkele historiese hoogtepunte buite die openbare oog in 2009, maar nie minder belangrik nie.

Citation preview

Page 1: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog
Page 2: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Voorwoord Die jaar 2009 sal vir baie Suid-Afrikaners bekend staan as die jaar waarin Calvyn se 500ste geboortejaar herdenk is, Darwin se 200ste en die Kopenhagenberaad oor Klimaat plaasgevind het. Dit is egter nie al wat die afgelope jaar en ‘n bietjie plaasgevind het nie, en van die sake wat minder in die openbare oog was, kan moontlik op die duur net sulke en ingrypender implikasies hê. Hier is enkele grepe van artikels op my blog. Herman Toerien

Inhoudsopgawe ETA vier 50ste herdenking bloedig Terugslag vir ETA Nuuskommentaar: Kernaanval-herdenking en die huidige gevaar Koerdiese en Arabiese konflik nou grootste bedreiging vir Irak se stabiliteit Meer outonomie vir die Koerde in Turkye? Hlope saak plaas bedenkinge oor SA as regstaat: Belgiese voorbeeld Nuuskommentaar: Afganistan word die doodsakker Anglo-Boereoorlog: Mediese dienste in die kollig Nuuskommentaar: Flikkerlig van die geskiedenis Nuuskommentaar: ABO 110 en lesse om te leer Sarie Marais-skrywer verdien groter erkenning Watergate in die kleine ruk Nederlandse persvryheid Hoe outonoom is Indiaanse reservate? Koerantwese in Nederland steeds in owerheidsvisier Mensehandel in Europa nog nie na wense aangepak Marokko se persvrye vakansie is verby Nuuskommentaar: Iran knyp internet Vredesprys vir Nederlandse joernalis Wilders in Turkse wildernis? Iran konfiskeer Nobelvredespryswenner se medalje Gallup en Wit Huis knor vir mekaar oor Obama se gewildheid Nuuskommentaar: Die geskiedenis kan seer byt Die Darfoer-krisis ( Darfur ) SA en Moslembande Vlaminge en Wallone wil skei maar eet steeds Belgies Nederlandse politici wil minder &^%$ vloek Skik behoorlik as geskik word - leer by die Palestynse vraagstuk Wêreld se fiskale krisis: Nuwe Europese finansiële argitektuur bepleit Internet vandag 20 jaar oud 17 Nov 2008 Obama terugslag vir stryd teen aborsies Aap uit mou met Groenland Tamilstryd dalk militêr besleg Tamilstryd Sinterklaas in Parlement Nederland voor met ontwikkelingshulp

Page 3: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Ontkenning van volksmoord 'n kriminele oortreding Moderne Don Quichots loop weer windmeulens storm Wonderwerkgrot Politici se integriteit ook oorsee bevraagteken Wonder van, en wonder oor die Skepping Baie joernaliste sterf Engels het al amper 'n miljoen woorde 31 Des 2008 Israel en Hamas - die uiteinde? Guantánamo Bay Kla Hamasleiers by internasionale strafhof aan Nuwe Bybelvertaling Kontemporêre beoordeling van die Gelofte ETA vier 50ste herdenking bloedig ‘n Dag voor die Baskiese seperatistebeweging sy 50ste verjaarsdag gevier het, is twee polisiemanne dood toe ‘n bom onder hul voertuig voor ‘n p9olisiekaserne op die vakansie-eiland Majorca ontplof het. ETA is 50 jaar gelede gestig om behoorlik verset uit te oefen teen die Spaanse diktator, Franco, wat die Baske en ander etniese minderhede erg onderdruk het. Aanslae was dikwels, soos nou, daarop gerig om Spanje se florerende toerismebedryf te knou. Voor die Franco-bewind deur demokrasie vervang is, is byvoorbeeld bomme op die toerismestrande van Bilbao laat ontplof wat die Spaanse ekonomie miljoene rande aan toerisme gekos het. Nou blyk dit dat ETA steeds die toerismemark teiken, maar soos stedelike terroriste dikwels maak, militêre of polisieteikens aanval maar strategies so dat toeriste steeds die skrik op die lyf gejaag word. ‘n Dag voor die aanval op Majorca het ‘n groot motorbom ‘n kaserne van die Guardia Civil in Burgos verwoes. Talle mense is beseer. Hoewel die Baske, soos die Kataloniërs na Franco se dood streeksoutonomie verkry het, is daar steeds ‘n harde kern wat hulle vir ‘n volkome onafhanklike Baskiese staat in die noorde van Spanje en die suide van Frankryk beywer. In beide lande word die Baskiese separatiste egter gereeld hard geslaan deur sleutelarrestasies sedert ETA ‘n tydelike skietstilstand in 2006 opgeskort het. Trouw berig dat sowat 800 mense reeds deur optredes van ETA omgekom het. Terugslag vir ETA Die beweging wat hom vir ‘n onafhanklike Baskiese staat in die noorde van Spanje en die aangrensende gebied in Frankryk beywer, ETA, het sy soveelste terugslag in enkele maande in Frankryk beleef. Onder die drie verdagtes wat nou aangekeer is, tel die nuwe militêre leier, Aitzol Iriondo, wat ook onder die alias Balak bekend staan. Balak het juis die plek ingeneem van Garikoitz Aspazu, wat die vorige maand aangekeer is. In Mei vanjaar is nog ‘n top-leier van ETA deur die Franse polisie vasgetrek.

Page 4: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

ETA se stryd het in 1959 begin, en sowat 800 mense is al in dié terreur dood. Baskies is ‘n taal wat so ver vasgestel kan word, aan geen ander taal verwant s nie. Tydens die bewind van Franco is die Baske belet om in hul eie taal te kommunikeer. Na Franko se dood het die Baske, soos die Kataloniërs in Spanje, ‘n groter mate van outonomie gekry. Nuuskommentaar: Kernaanval-herdenking en die huidige gevaar Niemand sal verbaas wees dat Japan meen geen ander land sal die trauma van ‘n kernaanval so verstaan soos dié land nie. Japan het immers onder twee kernbomme deurgeloop, wat die einde van die Tweede Wêreldoorlog beteken het. Met die val van die Berlynse muur en die Ystergordyn het ‘n euforie posgevat dat die Koue Oorlog iets van die verlede is. Boonop het betrekkinge tussen die Weste en China, die vernaamste oorblywende Kommunistiese moondheid, so genormaliseer dat daar min sprake van is dat ‘n Koue Oorlog die potensiaal vir ‘n behoorlike polarisasie dra. Kom dit egter by kernwapens, is grootte nie werklik ter sake nie. ‘n Klein landjie soos Israel sou met kernwapens tot sy beskikking feitlik van sy toekoms verseker wees, omdat hy daarmee oor die potensiaal beskik om sy buurlande effektief uit te wis. Bykans die hele Egiptiese bevolking sou uitgewis wees, sou Israel ‘n kernbom op die Aswandam loslaat. Vir Sirië en Irak geld soortgelyke realiteite met groot damme hoog op in die Tigris en Eufraat. ‘n Tweede aspek van belang, is die vermoë om die wapens te neem na waar hulle moet ontplof, wat gewoonlik ‘n goeie vuurpylvermoë behels. Dit is daarom te verstane dat Japan met kommer na verwikkelinge in Noord-Korea kyk. Noord-Korea sukkel nog effe met behoorlike vuurpylvermoëns, maar het tog al daarin geslaag om vuurpyle bo-oor Japan tot in die Stille Oseaan af te vuur. Baie kenners meen Noord-Korea het al twee kernbomme ondergronds getoets, en dat dié land se aansprake hieroor juis is. ‘n Belangrike leerstelling van ‘n kenvermoë is hoe om kernwapens nié te gebruik nie. Dié blote besit van die wapens is dikwels veel meer werd as die fisiese aanwending daarvan. Baie kenners van Noord-Koreaanse sake meen ook dat die besit van kernwapens en die oorlogspraatjies van die leiers meer met die bymekaar hou van die Noord-Koreaanse psige te make het as werklike oorlogsplanne. Noord-Korea beleef gereeld erge hongersnood, en waar dié deel van die skiereiland na die Japannese kolonisasie die industriële hartland bevat het, het die meer agrariese suide die noorde loshande verbygesteek en hom onder die top- ekonomieë van die wêreld gevestig. Dit beteken dat dit al hoe moeiliker vir die noorde word om sy inwoners te oortuig die swaarkry is in hul eie belang. Niemand sal egter die Japanners verkwalik as hulle nie bereid is om te dobbel oor die kanse dat Noord-Korea net geluide maak, en nie werklik ‘n bedreiging inhou nie. Japan spreek steeds sy vasbeslotenheid uit dat hy nie self kernwapens sal duld nie. Die Japanners het egter al ‘n ander selfopgelegde taboe afgeskud deur wel

Page 5: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

elders in die wêreld op beperkte skaal ‘n militêre vermoë te ontwikkel. Of Japan egter met ‘n blitzkrieg die Noord-Koreaanse bedreiging bloedneus sal gee, is ‘n ander vraag. Vir Japan is daar in werklikheid net twee keuses: of hulle moet waarborge hê dat die Noord-Koreaanse bedreiging self in duie stort voor ‘n ramp Japan tref, of Japan moet die ramp op ‘n wyse voorspring. Koerdiese en Arabiese konflik nou grootste bedreiging vir Irak se stabiliteit Die spanning tussen Koerde en Arabiere is nou die grootste bedreiging vir Irak se stabiliteit, aldus 'n woordvoerder van die Amerikaanse mag in Irak. Die vlieg in die salf is dat die basies outonome Koerdiese streek in Irak graag wil hê dat nog drie provinsies tot die streek toegevoeg word. Om elkeen van hierdie provinsies is daar grondige motiewe. Die Koerde wil graag Nineve en Diyala insluit wat van oudsher deel van Koerdistan uitgemaak het. Dieselfde geld vir Kirkuk, maar vir die Arabiere is ondenkbaar omdat dit die Arabiese deel van die land van een van sy mees olieryke streke sal stroop. Iran, wat net soos die Irak van Sadam Hoesein 'n lang geskiedenis het van Koerde onderdruk, tree nou opportunisties tot die stryd toe deur Koerdiese opstandelinge in die provinsies waarop Koerdistan aanspraak maak te steun. Net soos die Koerde is die Perse nie Arabiere nie, en beide behoort tot die Indo-Germaanse taalgroep. Ook Sirië help heimlik die opstandelinge, beweer die Amerikaners. Tot 90 % van die opstandelinge kom Irak glo via Sirië binne. Meer outonomie vir die Koerde in Turkye? Groter outonomie en meer regte is skynbaar die Koerde in Turkye se voorland, as die eerste minister, Recep Erdekan sy sin kry. Tienduisende mense het reeds hul lewe verloor in die stryd teen Koerdiese rebelle, terwyl voorwaardes oor minderheidsregte ook breed in die weg vir toelating tot Europese Unie staan. Hoewel die Turke owerhede nog nie amptelik die sluier gelig het oor wat beoog word nie, meen waarnemers dat die Koerde toegelaat sal word om hul stede wat gedwonge Turkse name gekry het, toegelaat sal word om weer hul Koerdiese name te herstel, onderrig in Koerdies kan uitgebrei word en dat die verwysing na ‘n “Turkse identiteit” uit die definisie vir staatsburgerskap verwyder kan word. Koerde in Turkye is lank erg onderdruk, terwyl hulle in Irak in die Sadam-era aan chemiese oorlogvoering blootgestel was. Irak se Koerdistan het nou grootliks outonome status met ‘n eie president. (Turkye se hoogste hof het ondertussen die vernaamste Koerdiese opposisieparty onwettig verklaar en vrese word uitgespreek dat die probleem nou opnuut gaan begin) Hlope saak plaas bedenkinge oor SA as regstaat: Belgiese voorbeeld Die Regterlike Dienskommissie se besluit om die Kaapse regter-president skotvry van verskeie klagtes teen hom te laat afkom, kan ernstige gevolge vir Suid-Afrika se beeld as regstaat en demokrasie inhou.

Page 6: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Presies hoe ernstig regstate omstrede kwessies om regters beskou, blyk uit die Belgiese premier, Herman van Rompuy se stelling dat ‘n krisis wat om ‘n regter se kop losgebars het, die regstaat laat wankel het. Dié regter, Francine de Tandt, is geskors omdat sy van korrupsie verdink word. Waar regter John Hlope se belangestryd om die maatskappy Oasis gewentel het, dui haar betrokkenheid op die verkoop van Fortis Bank aan BNP Paribas. Sy skuld glo ook ‘n stywe bedrag aan ‘n rekenmeester, en het in uitsprake glo die man die beste daarvan laat afkom. Van Rompuy stel dit verder dat die regstaat wat nou bedreig word, ‘n pilaar van die demokrasie is. (Van Rompuy is ondertussen tot die Europese Raad se eerste president verkies). Nuuskommentaar: Afganistan word die doodsakker Stanley McChrystal, die Navo-bevelvoerder in Afganistan, waarsku dat die oorlog teen die Taliban, en dus in effek Al Kaïda, verloor kan word tensy meer troepe in dié land ontplooi word. Die neiging by deelnemende lande, veral in Europa, is egter om minstens oor ‘n tydtafel vir die onttrekking van troepe te praat. Anders as die inval in Irak, is die aanval op Afganistan deur die meeste wêreldlande gesteun. Dit was immers ‘n refleks-reaksie op die Al Kaïda—aanval op die Twin Towers en die Pentagon, asook ander Osama-verwante aanvalle elders ter wêreld. Die wêreldemosie was ryp om Osama en sy Taliban-meelopers van die aardbol te vee. Boonop het berigte van hoe die Taliban vroue behandel, die destydse wêreld geskok. Ook wat dit betref het heelwat water in die see geloop, en ervaar meer Westerse lande dat Moslem-immigrante ook aandring dat hul dogters byvoorbeeld gesluier skool toe gaan. Gesluierde Moslemvroue in Wes-Europa is nie meer ‘n heeltemal vreemde gesig nie, en die feit dat dié vroue in ‘n vry omgewing steeds meedoen, verander persepsies. Na aanvanklike konvensionele suksesse in Afganistan het sake egter in die dryfsand begin vasval. Pas skryf die Times dat die Amerikaners nooit van hul kultuur van deeglike beplanning en die uitrol van maneuvers kon afwyk nie. Die gevolg is dat ‘n besluit wat nou geneem is, deur soveel prosesse gaan dat nuwe troepe eers opdaag wanneer die situasie heeltemal verander het. ‘n Ongenaakbare terrein, vreemde stamkoalisies, korrupte politici, godsdienstige fanatisme en ‘n reuse inkomste uit dwelmhandel dra alles daartoe by dat onkonvensioneel gedink en vinnig opgetree moet word. Terwyl die Navo-lande oorlogtam raak en die Westerse regerings kort-kort aan verkiesings onderwerp word, is die harde werklikheid dat die Weste hierdie oorlog nie durf verloor nie. ‘n Neerlaag sal gewoon die Weste weer terug plaas in die posisie soos voor die Twin Towers getuimel het. Trouens, die hele wêreld kan die oorlogsone van omvattende terreur word. Of die antwoord gewoon die ontplooiing van meer troepe in Afganistan is, is onseker. ten beste lyk dit na ‘n noodmaatreël om skade wat deur politiek-militêre

Page 7: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

besluite aangerig is, ongedaan te maak. Uiteindelik, soos in alle onkonvensionele oorloë, kan die stryd net in die harte van mense gewen word. Anglo-Boereoorlog: Mediese dienste in die kollig

Onder waarskynlik die mees onderbeligte aspekte van die Anglo-Boereoorlog tel waarskynlik die mediese dienste waarop die krygers tydens die oorlog kon staatmaak. ‘n Kaapse afgetrede neurochirurg, prof. Kay de Villiers, het egter omvangryke navorsing oor hierdie aspek van die geskiedenis gedoen, en dit geboekstaaf. Tydens ‘n onlangse bekendstelling in Bloemfontein van sy

boek, Healers, helpers and Hospitals, het prof. De Villiers, een aspek, die rol van Nederlandse ambulansdienste – in wese mobiele veldhospitale, tydens die oorlog, toegelig. Hy was die gas van die Mediese Geskiedenisklub waarvan prof. François Retief die voorsitter is, en ook die Vrystaatse Mediese Vereniging waarvan dr. Steph Potgieter die

voorsitter is. ‘n Verhaal van vrywillige Nederlandse dokters en verpleegkundiges wat ook aan groot ontberings blootgestel is, dikwels in die steek gelaat en tog kleihard lojaal teenoor hul taak gebly het, het ontvou. Tydens ‘n vorige lesing het hy ‘n soortgelyke toeligting oor die rol van die Duitse ambulansdienste in die Vrystaat gedoen.

Nuuskommentaar: Flikkerlig van die geskiedenis Hoewel skoliere in sommige provinsies dekades gelede geleer het van die swart konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog, was dit vir baie nuus toe meer inligting hieroor tydens die 100-jarige herdenking van die oorlog die nuus gehaal het. Baie mense het, en weier steeds om dit te glo.

Page 8: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Die bewys vir hierdie gerekonstrueerde geskiedenis is egter oorweldigend, hoewel steeds in baie opsigte gebrekkig. Danksy die internet kan die geringste rafeltjie inligting bymekaar gehark word, en veral die data soos kampregisters van die kamp te Krugersdorp is nou merkwaardig gerekonstrueer. Tog verskil rekords oor hoeveel swart mense in die konsentrasiekampe – in wese kampe vir gedwonge arbeid – omgekom het. Dit wissel van net meer as 14 000 tot meer as 40 000 met die mees ingeligte beramings in die orde van so 23 000, soos onder meer gestel deur die historikus, prof. André Wessels. Die kampe was feitlik uitsluitlik in die omgewing van spoorlyne omdat die Britte mense nodig gehad het om vrag op en van treine te laai, en uiteraard om treinspore te herstel. Die rantsoene was kariger as dié vir die blanke vroue en kinders. Ashope verklap dikwels wie in die kampe aangehou is, omdat die ashope by swart konsentrasiekampe effektief geen bene bevat nie – ‘n aanduiding dat die vleisrantsoen nog kariger was as in die blanke konsentrasiekampe. Van die swart aangehoudenes was verwag om grootliks selfonderhoudend te wees. Trouens, die konsensus is dat toestande in die swart kampe – so ondenkbaar soos dit mag klink – nog hagliker was as in die blanke vroue en kinders se kampe. En tog swyg belangrike geskiedenisboeke, soos die Drie eeue-reeks. Swart mense self het skynbaar hieroor geen kollektiewe herinnering nie. Britse geskiedenisboeke swyg hieroor, en aangesien veral in later jare juis aangedui is dat een van die motiewe vir die oorlog was om swart mense van onderdrukking in die Boererepublieke te bevry, sal dit waarskynlik in Engelse bronne karig opgeteken bly. Hoekom Afrikaanse bronne hiermee skraps omgaan is moeiliker om te begryp. Dit kan moontlik herlei word daarna dat dit die formele standpunt van die Boereleiding was dat dit ‘n oorlog tussen wit mense was en moes bly. Trouens, swart deelname as soldate of as verkenners en spioene is veral nie aan Boerekant geduld nie en verraaiers wat swart eenhede teen die Boere en veral die vroue op plase gelei het, is na die oorlog nie weer in hul gemeenskappe aanvaar nie. ‘n Mens kan bloot bespiegel of die regering se voorkeur aan Engels so sterk sou wees, sou die swart mense ‘n beter kollektiewe herinnering aan dié eens verdwene deel van die geskiedenis hê. Gisteraand in Bloemfontein, het die afgetrede neurochirurg, prof. Kay de Villiers, een van die aspekte van sy boek, Healers, helpers and Hospitals toegelig. Die boek is ‘n merkwaardige rekonstruksie van ‘n deel van die geskiedenis wat ook effektief verlore was en handel oor mediese dienste tydens die Anglo-Boereoorlog. Met gisteraand se lesing het hy gefokus op die rol van Nederlandse ambulansdienste – in wese mobiele veldhospitale, tydens die oorlog. ‘n Verhaal van vrywillige Nederlandse dokters en verpleegkundiges wat ook aan groot ontberings blootgestel is, dikwels in die steek gelaat en tog kleihard lojaal teenoor hul taak gebly het, het ontvou. Tydens ‘n vorige lesing het hy ‘n soortgelyke toeligting oor die rol van die Duitse ambulansdienste in die Vrystaat gedoen.

Page 9: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

En dié rol het ook grootliks uit die kollektiewe geheue van die lande wie se burgers deelgeneem het soos België, Nederland, Duitsland en Rusland verdwyn. Verdwene geskiedenis is nie nuut nie. Lank is geglo dat die verhaal van Troje ‘n mite was, tot ‘n Duitse amateur-argeoloog met hardnekkige deursettingsvermoë die teendeel bewys het. Vandag word steeds groot gewag gemaak van Columbus se sogenaamde ontdekking van die Amerika’s. In werklikheid het Columbus volgens moderne rekonstruksie gebruik gemaak van die sagas van Yslanders oor die Vikings se ontdekking en periodieke kolonisasie van dele van Kanada 500 jaar vroeër. Danksy die Vikings se kolonisasie was daar ‘n redelike groot versameling opgetekende dokumentasie in Rome en elders, aangesien dié Vikingontdekkers pas bekeerde Christene was en veral weduwees volgens tradisie pelgrimstogte na Rome onderneem en rukke daar gewoon het. Historici is oortuig daarvan dat Columbus hierdie dokumentasie intensief bestudeer het. Vir die Latynse lande bly dit egter ‘n belangrike politieke motief te wees dat die ontdekker Columbus moet wees, en word die werklike geskiedenis grootliks geïgnoreer. Historici wat dit met leersuiwerheid erns het, kla ook gereeld oor politieke retoriek en propaganda wat klakkeloos neerslag vind in skoolhandboeke. Op Mangaung se webwerf word steeds gemeld dat Bloemfontein waarskynlik sy naam aan die blommetjies by die fontein in die tyd van die Brits-egpaar se bewoning te danke het – lank nadat reeds onomwonde bewys is dat ‘n geskiedskrywer soos Theal McCall reeds voor die aankoms van die Brits-egpaar, Bloemfontein se naam na die Korannaleier, Jan Bloem, herlei het. Die ou waarheid geld: Die oorwinnaar skryf die geskiedenis. En dit is dikwels jammer, want die geskiedenis is veronderstel om vas te staan, terwyl politieke bestelle nog altyd voor die verloop van die geskiedenis moes swig. Die ware geskiedenis is egter steeds naspeurbaar – dikwels dokumentêr opgeteken, en moet net opgespoor en afgestof word. Nuuskommentaar: ABO 110 en lesse om te leer Pas is die 110de herdenking van die aanbreek van die Anglo-Boereoorlog ingelui. Steeds, so blyk dit, word die geskiedenis opgeteken en gerekonstrueer. Ouer Britse bronne doen min meer as om die stertvere van Kitchener, Buller en ander te prys vir die rol wat gespeel is om eenheid onder die Britse volke te bewerkstellig nie, sodat 'n kwartmiljoen Kakies uiteindelik 'n handjievol Boerekrygers tot oorgawe kom dwing het. Latere bronne, toe dit mode geword het, het 'n verhaal opgedis van swart mense kom bevry, iets waarvan die stertvere lelik uitgepluk word namate dit duidelik word dat meer as 20 000 swart mense, maar moontlik tot 40 000, onder besonder haglike omstandighede in swart konsentrasiekampe van die Britte gesterf het. Die konsentrasiekampe en die sterftes onder die Boere vroue en kinders word in min Britse bronne genoem.

Page 10: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Die ingreep was uiteraard veel groter op die Boererepublieke en hul inwoners as op die Britte. Dit het neerslag in die letterkunde gevind, dit het veroorsaak dat talle buitelanders die Boere te hulp gesnel het, soms in gevegshoedanighede, maar soms in ander opsigte soos die talle Europese veldambulanse, of te wel, mobiele veldhospitale met dokters, verpleegsters en administratiewe personeel kompleet, getuig. Aan Boerekant was tallose groot heldedade, maar ongelukkig ook talle verhale van verraad, lafhartigheid en hardkoppigheid wat op neerlae in belangrike veldslae uitgeloop het. Die uiteindelike neerlaag sou vrugteloos, vanuit 'n geloofsoogpunt, wees sou die nageslag nie belangrike lesse hieruit neem en op die hede en toekoms van toepassing maak nie. Uiteraard sal nie twee mense presies dieselfde gevolgtrekkings maak nie, maar daar is 'n paar wat waarskynlik nie betwis kan word nie. Die eerste is dat enige verslane volk moet waak daarteen dat die armoede wat op so 'n neerlaag volg, nie 'n gedeeltelike morele verval moet inlui nie, maar dat dit juis die uitdagings aan diegene moet bied wat daarin kon slaag om op hul voete te land, om na ander uit te reik. So 'n uitdaging kan groot wees, veral as groot rampe soos verwoestende droogtes en die Groot Griep sake deurmekaar kom krap. Lang afstande kaalvoet skool toe aflê om op leie neer te skryf wat Meester leer, toon ruggraat vir herstel. Min, indien enige, het op 'n skinkbord gekom. Ook die Japannese en die Duitsers het aan die wêreld getoon hoe verslane volke deur harde werk weer op hul voete kan kom. Ook die huidige regering kan vele lesse neem. Baie van die huidige Blink Stefaanse en soustreinryers het ook lang afstande na eenman-plaasskole afgelê, en het wat hulle vandag bereik het met harde werk bereik. Maar te veel het is op grond van hul velkleur en politieke oriëntasie na die bopunt geslinger, en glo dat so 'n vrypas vir almal maklik kan kom. 'n Groot deel van die bevolking beleef vandag egter ook armoede onder meer deur werkloosheid, daar is talle wesies – die keer nie van die oorlog of die Groot Griep nie, maar weens die Vigspandemie. Engels, wat tot onderprestasie lei, word nie in die jong mense se kele afgedruk nie, maar kom uit eie keuse. Harde werk, die beste aanwending van Godgewe talente, morele herstel in plaas van 'n verlammende misdaadklimaat – dit alles is nodig. Nie 'n bakhandsindroom gebou op die speel van 'n skuldgevoel van iemand anders se gewete is nie. Dit is vanjaar ook die 150ste herdenking van Jepete Toerien, beter bekend vir sy Sarie Marais, maar wat in Afrikaans, Nederlands en Engels gedig het. 'n Uittreksel uit sy gedig, Waarom? Daarom? Want, lui soos volg: Waarom moet ek kruis steeds draag? Waarom? Omdat't God behaag! Sy Nederlandse gedig, De Zuid-Afrikaanse-Engelse Oorlog sluit soos volg af, na hy die afloop van 'n slagveldtoneel beskryf het: Al schyn ik slechts gelyk een fakkel in de licht

Page 11: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Dan zie, dan hoor ik toch de traan, de zucht, Die naar benen rolt, den grond voor zwigt En in de stygt, voor God getuigd. Vandag, anders as Jepete, het ons die voordeel van terugskouing oor die afstand van tyd. Laat ons fakkels skyn, laat ons van God getuig en die voorbeeld van hardwerkende, eerlike Christenywer getuig, en nie vashaak by die groei van Watkeystrate, Hermanstadte, Wolmers en ander simbole van hulle wat na die oorlog nie daarin gelaag het om weer op die voete te kom nie. En dié wat daaruit kom wurm, kan gerus handjie bysit. Sarie Marais-skrywer verdien groter erkenning Sy spore loop ook deur Bloemfontein en Volksblad DIE man wat minstens ’n deel van seker die bekendste Afrikaanse volksliedjie My Sarie Marais geskryf het, is 150 jaar gelede gebore, skryf HERMAN TOERIEN. AFRIKAANSE TAALDAG wat môre, 14 Augustus, gevier word, vind plaas teen die agtergrond van die 150ste geboorteherdenking van ’n persoon wat diep spore in die Afrikaanse taallandskap getrap het, maar hoofsaaklik onthou word as die man wat bykans vir seker vir ’n paar verse van die liedjie My Sarie Marais verantwoordelik was. Die verhaal van Jacobus Petrus (Jepete) Toerien het ook ’n draai in die Vrystaat en deur Volksblad kom loop. Jepete is op 18 November 1859 in die Paarl gebore, en word op jong ouderdom subredakteur van De Patriot, maar lewer ook bydraes vir Ons Klyntjie, wat albei in die Paarl uitgegee is. Hy was baie aktief betrokke by die eerste taalbeweging, en hoewel hy hoofsaaklik in Afrikaans gedig het, het ook Nederlandse en Engelse gedigte uit sy pen gevloei. In 1884, ’n jaar nadat hy na die destydse Transvaal verhuis het, tree hy met Susara Margaretha Maré in die huwelik wat as inspirasie vir die titel van die lied My Sarie Marais gedien het. Sarie was die dogter van die Volksraadslid Jacob Maré wat aan die Mooirivier by Potchefstroom geboer het. Vandag heet ’n straat in Pretoria nog na hom. In 1890 stig Toerien in Middelburg die koerant De Republikein wat sterk pro-republiek was. Hy het aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem, maar in die proses kwaai agteruitgegaan, veral nadat sy drukpers afgebrand het. Hy is in 1920 aan malaria oorlede. Sy pro-Afrikaanse gesindheid blyk uit die volgende verwysing van hom na Het Dagblad, ’n koerant wat ’n pro-Engelse beleid voorgestaan het: Afrikaner syn blad met jingoe syn gees,

Kyk maat, dis fieslik, dis naar om te lees . . . Sy oeuvre is egter gewoonlik veel dieper as ’n ligsinnige gespot, soos die snede uit ’n Nederlandse gedig oor die Anglo-Boere-oorlog getuig: Gy hebt gesien de stromen bloeds, de lyken op den grond, De pas gedolven graven,

Page 12: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

En als gy weer komt, brengt Hem den vrede ’n voorspoed mee Waar naar ons hart, ons siel verlangt W’ zyn moede van dien stryd. NÁ Jepete se dood het Sarie haar in Bloemfontein kom vestig. In 1937, twee jaar voor Sarie se dood, word sy deur ’n ongenoemde verslaggewer van Volksblad besoek. Sy erken teenoor hom dat sy inderdaad die Sarie van die liedjie is – iets wat destyds taamlik wyd betwis is. Sy stem tot ’n berig in, op voorwaarde dat die berig voor publikasie aan haar voorgelê word. Twee dae later, toe die verslaggewer haar vir die goedkeuring besoek, het sy egter van plan verander. Kort voor haar dood laat Sarie ’n trommel verbrand, wat heelwat van Jepete se skryfwerk bevat het, en volgens aanduidings ook die oorspronklike Sarie Marais. Volgens navorsing van ’n broerskind van Jepete, ook JP Toerien, was Sarie nie gediend daarmee dat ’n lied wat aan haar opgedra is “goedkoop” oral gesing word nie. Sarie se graf in Bloemfontein was tot enkele jare gelede ongemerk, maar is deur ’n projek van veral me. Joan Abrahams, bekende inwoner van die stad, opgespoor en van ’n grafsteen voorsien. Uit die relatief klein erfenis van Jepete se skryfwerk wat vir die nageslag behoue gebly het, is dit duidelik dat Jepete groter taalkundige erkenning verdien, selfs al sou hy nie die skrywer van My Sarie Marais, of dele daarvan, wees nie. BAREND J. TOERIEN HET die stukke wat hy vir die opstel van die Toeriens se stamregister bymekaar kon maak, na die voltooiing daarvan aan die Genealogiese Instituut geskenk. Dié “Sarie Marais-dossier” is weer aan Naln oorhandig. ’n Seleksie van Afrikaanse, Engelse en Nederlandse gedigte van Jepete is in die stamregister opgeneem. Dit is dan ook ietwat interessant dat Barend J. Toerien, wat sedert die afsterwe van Elisabeth Eybers as die doyen van erkende Afrikaanse digters gereken word, juis vanjaar, met Jepete se 150ste herdenking, deur die SA Akademie met ’n medalje vereer is. Jepete het van die eerste Toerien hier te lande se oudste seun afgestam, en Barend van die jongste. Jepete en Barend was en is egter nie die enigste Toeriens met Afrikaanse ink in hul are nie. Die bekende Heine Toerien (van onder meer Die Mielieblaarklubfaam) het onder meer vir Groep Twee se Tussen Treine en Gé Korsten se Liefling gesorg, en het saam met nog ’n Toerien, Danie Toerien, vir verskeie van Beeld, susterkoerant van Volksblad, se Deurloo p-rubrieke gesorg. Heine se pa was die bekende Frank Toerien, wat onder meer assistent-redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek was. Heine se seun, Blake, was weer bekend vir die musiekblyspele wat hy geskryf het. Francois Toerien is nog ’n Toerien wat veral toneelstukke skryf, terwyl Ann Toerien, nou ’n impresario van Pretoria, bekendheid as kosresensent verwerf het. Nog twee Toeriens skryf veral in Engels, Wendy veral oor wyn en Jane oor voëls.

Page 13: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Hoe outonoom is Indiaanse reservate? Dié vraag word nou weer gevra nadat die Cayuga Indiane, wat hulself ‘n nasie noem, ‘n saak teen die Cayuca en Seneca distrikte (counties) gewen het. Die hofsaak was die gevolg van die Cayaca-nasie se gebruik om sigarette sonder aksynsbelasting by ‘n winkel aan die oewer van ‘n meer naby Seneca Falls te verkoop. Die twee distrikte het op 25 November verlede jaar ‘n klopjag op die winkel uitgevoer en meer as 17 000 pakke sigarette gekonfiskeer. Sedertdien was die nasie die inkomste uit hierdie verkope min of meer kwyt. Verlede Vrydag het die staat se appèlhof in Rochester beslis die Cayugas mag die sigarette belastingvry by hul winkels, die LakeSide Trading Stores in Union Springs en Senaca Falls verkoop, aangesien hulle op reservaat-grondgebied is wat daarvoor kwalifiseer. Die twee distrikte moet ook alle kriminele aanklagte teen die nasie vir belastingontduiking opskort. Na die hofsaak het die Gayuga-nasie in ‘n skikking aangebied om die twee distrikte se regskostes van sowat $180 000 dollar te betaal en hulle sal ook nie die distrikte vir miljoene dollar skadevergoeding dagvaar nie, in ruil dat die distrikte nie appelleer nie. Hoewel die distrikte se regspanne nog koppe bymekaar sit oor wat hulle nou te doen staan, het een van die regslui gesê hulle móét appelleer, want soos sake nou staan beteken dit die Gayuga’s is soewerein, en mag op hul grond doen net soos wat hulle lus het. Die outonomie van Indiaanse reservate was onlangs ook in die nuus toe verskeie Amerikaanse deelstate anti-aborsie-wetgewing, sommiges uiters streng, begin aanneem het. Die wette is op die wetboek geplaas in die verwagting dat die VSA se hoogste hof, die Supreme Court, die beslissing van Roe v Wade tersyde sou stel ingevolge waarvan aborsies in die VSA gewettig is. Verskeie privaat mediese groepe wat hul geld uit aborsies verdien, het hulle vervolgens op reservate begin toespits om daar magtiging vir die oprigting van aborsieklinieke te verkry. In hierdie geval is geargumenteer dat die reservate wat dié aangeleentheid betref, onder federale wetgewing val, en nie dié van die state waarbinne hulle geleë is nie. Die aangeleentheid het weer ‘n storm onder reservaatinwoners veroorsaak, omdat die meeste van hulle ingevolge hul geloof en tradisies sterk teen aborsies gekant is, terwyl hoofmanne weer geneig was om voor Mammon te kniel. Intussen het die aangeleentheid in ‘n akademiese diskoers verval. Ofskoon die meeste Amerikaners vanjaar in ‘n peiling aangedui het dat hulle teen aborsies gekant is – die eerste keer sedert peilings hieroor gedoen word, is die pro-aborsie Barack Obama tot president verkies. Die Christian Coalition of America, ‘n lobby met vier miljoen ingeskrewe lede, het vervolgens uitgewys dat die stryd om aborsies op aanvraag te verbied, hierdeur met twintig jaar teruggesit is. Obama word ook verkwalik omdat hy selfs die grusame “partially birth abortions” steun. (Die staat het intussen wél appèl aangeteken) Watergate in die kleine ruk Nederlandse persvryheid Nederland se eie klein "Watergate" het in die Amsterdamse geregshof op 'n klinkende oorwinning vir persvryheid uitgeloop. Die Nederlandse Inligtingsdiens (AIVD) brom egter oor die uitspraak, en meen hy moes sy saak in die hof met sy hande agter die rug vasgebind stel, omdat alle tersaaklike inligting nie in 'n ope hof gestel kon word nie.

Page 14: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Die Nederlandse Minister van Binnelandse Sake, wat ook vir die AIVD verantwoordelik is, Guusje ter Horst, het die deursoeking van die huis en meeluistering van De Telegraaf se verslaggeefster, Jolande van de Graaf, gemagtig nadat De Telegraaf geklassifiseerde inligting gepubliseer het. Die aanvanklike berig, op 28 Maart, het oor die rol van die AIVD in die Kabinet se besluit om tot die oorlog in Irak toe te tree gehandel. Die tweede berig het oor veiligfheidsaspekte by die huis waarin die Dalai Lama tydens 'n besoek aan Nederland gehandel. Minister Ter Horst respekteer die hof se uitspraak as baie duidelik, en sal stellig nou in die Tweede Kamer riemspring oor die magtiging wat sy uitgereik het. Persvryheid is vir die Nederlanders oor die algemeen ononderhandelbaar. Hoewel die hof, op sterkte van die inligting voor hom, besluit het dat die inligting nie die skending van persvryheid geregverdig het nie, is dit ook duidelik dat daar gevalle kan wees waar die howe wel bedreigings vir veiligheid so wesenlik mag beskou dat inbreuk wel geregverdig sal wees. Die feit dat die hof bevind het dat die AIVD ook op ander maniere, soos interne sekerheidsprosedures, kon vasstel hoe die lekkasie plaasgevind het, het die hof se besluit ook beïnvloed. Die hof het gemeen dit was dus onnodig om die joernalis en De Telegraaf se redaksie se regte te skend om agter die kap van die bijl, ekskuus, byl te kom. Die AIVD sien ook uit na die ondersoek deur die Kommissie van Toesig, waar die geklassifiseerde inligting wél gestel kan word. Koerantwese in Nederland steeds in owerheidsvisier ‘n Vorige Belgiese premier, Yves Leterne, het by geleentheid die vrye pers die vierde, maar nie-amptelike, been van die demokrasie genoem. Dat koerante te midde van die ekonomiese klimaat, maar ook ander veranderende omstandighede, noustrop trek, het dus by verskeie Wes-Europese lande die bewindhebbers aan die dink gesit. Dit was veral om opnuut ‘n leeskultuur, en spesifiek ‘n koerantleeskultuur, by jonges te herstel wat die kopkrappery aan die gang gesit het. Kort na mekaar het die Nederlandse en Franse staatshoofde die gedagte geopper om reëlings in te stel wat daarop sou neerkom dat jong mense vir ‘n bepaalde tyd gratis ‘n koerant van keuse sou ontvang. So is gehoop, sou die leeskultuur reeds gevestig wees, en die jong mense darem minstens weet wat aangaan. (In Suid-Afrikaanse terme, so sou ‘n mens in die versoeking wees, sê sou die kiesers darem weet wat in die werklike wêreld buite die sepie-wêreld aangaan). Die jongste inisiatief van die Nederlandse minister van Mediasake, mnr. Plasterk, is om koerante ‘n subsidie te betaal om jong joernaliste “aan te neem.” Jong joernaliste kry moeilik werk, en is ook gou om die trekpas te kry as afleggings plaasvind. Sy planne pla ander sterk en hy kry die wind van alle oorde behalwe die Groen-Links. Die vrese is dat gevestigde en gesoute joernaliste in die slag kan bly om plek te maak vir staatsgesubsidieerde jonges. Die VVD se Remkes is ‘n regte remskoen en sê hy gaan die minister se planne in die wiele ry.

Page 15: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Mensehandel in Europa nog nie na wense aangepak Hoewel die Europese Unie reeds sewe jaar gelede 'n beleidsdokument opgestel waarmee lidstate hul eie wetgewing moet sinchroniseer, en die derde dag teen mensehandel pas in Europa gevier is, meen waarnemers die lidstate is steeds meer op onwettige immigrasie gefokus as op die slagoffers van mensehandel. Ingevolge die maatreëls moet slagoffers – wat dikwels in prostitusiehole vasgevang word, finansieel bygestaan word om die handelaars aan die pen te ry, en moet hul identiteit beskerm word. Syfers om die presiese omvang van die probleem te bepaal is egter steeds moeilik bekombaar. Marokko se persvrye vakansie is verby Tradisioneel is Afrikalande oor die algemeen laag op Reporters without Borders se persvryheidsindeks, en is Arabiese lande op die Afrikakontinent boonop nog onder die mins persvrye Arabiese lande in die wêreld. 'n Uitsondering is Mali wat selfs meer persvry is as Suid-Afrika. Reporters without Borders se indeks ten spyte, is tradisioneel geoordeel dat Marokko onder die bewind van koning Mohammed VI 'n blaaskans gekry het, hoewel die persvryheidsindeks die afgelope jaar van die 122ste posisie na die 127ste teruggesak het. Maar nou is die vet in die vuur, en is die koerant al Akhbar al Youm gesluit en is die redakteur en spotprenttekenaar in die sop. Tronkstraf blyk onafwendbaar te wees. Die sonde? 'n Spotprent waarop 'n prins, 'n volle neef van die koning uitgebeeld word. Amptelik word die Dawidster in 'n anti-Sionistiese gebaar geminag deurdat

die prins oor die helfte daarvan uitgebeeld word, en boonop 'n Nazi-saluut gee. Die koerant meen egter dit kos vindingrykheid om die Dawidster daarin te lees, aangesien die agtergrond die Marokkaanse vlag uitbeeld, en die prins, wat pas in die huwelik getree het, word in sy huweliksbootjie uitgebeeld wat vir die mense vaarwel toewuif. Hoe dit ook al sy, min mense twyfel

dat die koning op die oorlogspad is. Die koning het 'n virus onder lede wat maagwerkings veroorsaak, en verlede week is 'n hoofredakteur 'n jaar tjoekie toe gestuur omdat hy oor dié virus berig het. Nog 'n hoofredakteur het ligter daarvan afgekom, sy verwysing na die virus het hom op opgeskorte jaar tronkstraf besorg. Die Franstalige Le Journal het 'n boete gekry oor 'n soortgelyke aangeleentheid, maar die vonnis is nie voltrek nie. Waarnemers wys daarop dat dié optrede, wat beslaglegging op die koerant se bankrekening insluit, "toevallig" saamval met die terugkeer van 'n rubriekskrywer wat in die buiteland krities oor Marokko berig het.

Page 16: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Selfs die Franse en Spaanse koerante, Le Monde en El Pais wat gewoonlik in Marokko te koop is, het 'n paar dae nie die straat van Gibraltar kon oorsteek nie. Dit lyk of Koning Hassan se streng sensuur in volle glorie terug is... in elk geval so lank die huidige koning se maag nie alte wel is nie. Die kwessie kan in Europa ligte vuurwerkies afgee. Toe die Nederlandse koerant Trouw hieroor berig, wou een van die lesers wat elektronies gereageer het – skynbaar 'n Nederlander van Marokkaanse afkoms – weet of dit in die haak is om die Nederlandse koningshuis te beledig. Indien wel, sê hy, vertrek hy nou na Amsterdam om die Nederlandse persvryheid te gaan toets. Nuuskommentaar: Iran knyp internet Op die oog af klink dit na nie veel om oor huis toe te skryf nie dat Iran 'n spesiale polisie-eenheid op die been gebring het om webtuistes wat hulle aan "bedrog, beledigings en die verspreiding van leuens" skuldig maak uit te snuffel en misdaad te bestry. Daar behoort immers geen rede te wees waarom internetgebruikers van misdaad gevrywaar behoort te word wat die res van 'n bevolking nie beskore is nie. In Suid-Afrika het talle onskuldige mense reeds die slagoffers geword van internetstrooptogte op hul bankrekenings, laster via webwerwe wat in die buiteland gesetel is, is skoolmeisies wat op 'n sogenaamde sletlyste geplaas is, en terroriseer bloggoggas goedbedoelde blokbouers en vele meer. In die geval van Iran skep dit egter rede tot kommer. Iran is op die Joernaliste sonder Grense se pervryheidsindeks 172de uit 'n moontlike 175 lande. Slegs Turkmenistan, Noord-Korea en Eritrea vaar swakker, en Iran het die ongewone prestasie behaal om selfs swakker as Kuba op die indeks te vaar. Op die Verslaggewers sonder Grense, of beter bekend as Reporters without Borders, se webwerf is 'n spesiale hofie waarin bystand gevra word aan Iranse joernaliste wat na die buiteland gevlug het. In Suid-Afrika het gerekende redakteurs reeds daarop gewys dat die inligtingsvloei op die internet dit vir koerante onmoontlik maak om selfopgelegde politieke korrekte perssensuur toe te pas of ter wille van eie agendas oor belangrike nuusgebeure te swyg. Die inligting vloei gewoon om die betrokke koerante, en die koerante sit dan met 'n geloofwaardigheidskrisis. Verskeie Arabiese lande, oor die algemeen berug vir hul onverdraagsaamheid teenoor persvryheid, het ook al die internet probeer polisieër. Iran, wat nie 'n Arabiese staat is nie, het na afloop van die jongste presidentsverkiesing, wat wyd geglo word gekook was, verbysterd gesien hoe die buiteland die keer ten spyte van 'n streng kontrole oor die media, skynbaar in detail van al die gekonkel en die optrede teen beswaarmakers bewus was. Moderne inwoners van Teheran het via Flicker doodgewoon verslag gedoen, en enige konvensionele inligtingskontrole nek omgedraai. Die meeste opposie-webtuistes is reeds verbied, veral dié wat aan die verslane presidentskandidate behoort het. Waarnemers meen dat die internetpolisie se doel is om die opposisiestem stil te smoor, aangesien die internet een van die laaste middele was wat tot die opposisie se beskikking was.

Page 17: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Vanjaar is wêreldwyd reeds meer as 90 mense in hegtenis geneem omdat hulle inligting via die internet versprei het. So jaloers word wêreldwyd oor die internet se inligtingsvloei gewaak, dat selfs uiters liberale lande se optrede teen byvoorbeeld kinderpornografie en kommunikasie tussen terreurorganisasies se selle uiters krities onder die vergrootglas geplaas word, en soms selfs uit beginsel regstreeks teengestaan word. Die vrees is dat 'n wet op die oog af vir een doel geskryf kan word, maar dan in die praktyk vir 'n ander toegepas word – tot nadeel van die demokrasie. Vredesprys vir Nederlandse joernalis 'n Nederlandse joernalis wat vir Trouw en VPRO verslag doen, Minka Nijhuis, is as die jongste wenner van die Humanistiese Vredesberaad (HBV) aangewys. Op 'n foto wat met die berig saamgaan, wys Trouw waar Minka saam met gewapendes in 'n loopgraaf sit. Die prys word jaarliks toegeken aan 'n joernalis wat deur onafhanklike, kritiese en objektiewe beriggewing 'n bydrae lewer tot 'n kultuur van vrede en regverdigheid. Vanjaar het 35 joernaliste reeds volgens Verslaggewers sonder Grense (Reporters without Borders) in die uitvoering van hul pligte omgekom, 175 is toegesluit, en 9 media-assistente het ook al vanjaar agter tralies beland. Sou daar nie ruimte in Suid-Afrika wees om joernaliste wat 'n bewese rol speel om versoening en vrede in die land op 'n grondslag van regverdigheid te vereer nie? Foto: Trouw Wilders in Turkse wildernis? Terwyl Wes-Europa nog langtand herkou aan die gedagte om Turkye lid van die Europese Unie te maak, het 'n nuwe herrie losgebars. Turkye het met ontsteltenis kennis geneem daarvan dat die omstrede politikus, Geert Wilders, ingesluit is in 'n afvaardiging van die Tweede Kamer wat oor die Kersreses 'n werksbesoek aan Turkye wil bring. Die Turkse regering het egter heftig beswaar gemaak en Wilders 'n fascis en rassis genoem. Die regering wys ook daarop dat hy niemand binne die regering kan vind wat met Wilders 'n woordjie wil wissel nie, en ook niemand onder die nie-regeringsorganisasies. Die woordvoerder, wat nie sy stellings op TV wil herhaal nie om te demonstreer dat Wilders nie ernstig opgeneem word nie, het bygevoeg dat dié politikus se insluiting in die afvaardiging as provokasie beskou word. Terwyl die Turke die insluiting van Wilders as provokatief beskryf, het die Kamerkomissie vir Europese Sake wat die besoek reël, ook voet dwars neergesit en aangedui dat die hele afvaardiging gaan, of daar is geen besoek hoegenaamd nie. Bron: Trouw

Page 18: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Iran konfiskeer Nobelvredespryswenner se medalje Die eerste Moslemvrou wat die Nobel-vredesprys verower het, het ook die eerste persoon in die 108 jaar waarin dié toekenning gemaak word wat haar Nobelprysmedalje kwyt is nadat die Iranse owerheid daarop beslag gelê het. Shiren Edabi, wat ook Iran se eerste vroueregter was, sê ook haar Erelegioenskap en ring wat sy by die Duitse Vereniging van Joernaliste ontvang het kwyt. Waarnemers meen die optrede teen Edabi is tekenend van die regering wat al hoe meer onverdraagsaam word teenoor mense wat hulle vir menseregte beywer. Edabi praktiseer nou as menseregteprokureur. Sy het die prys in 2003 verower vir haar pogings om demokrasie in Iran te bevorder. Iran word deur Verslaggewers sonder Grense (Reporters without Borders) 172ste uit ‘n moontlike 175 lande op die internasionale persvryheidsindeks geplaas. Dié land loop gereeld onder kritiek vanuit hierdie oor deur. Gallup en Wit Huis knor vir mekaar oor Obama se gewildheid Na ‘n Gallup-peiling Maandag aan pres. Barack Obama ‘n 47 % druipsyfer – die laagste sedert hy president geword het, besorg het, het Robert Gibbs, die Wit Huis se perssekretaris lippie getrek en gesê selfs ‘n sesjarige met ‘n vetkryt kan Gallup dit nadoen. Hy het ook aangetoon dat hy hom weinig aan die peilings se “betekenisloosheid” steur. Gallup se hoofredakteur, Frank Newport, het egter op sy blog omsigtig op Gibbs se kritiek gereageer. “Ek het dié soort reaksie al dikwels gesien wanneer verkose verteenwoordigers met syfers gekonfronteer waarvan hulle nie hou nie. Newport se volle reaksie: response Newport het voorts op die belangrikheid van peilings in die periodes tussen verkiesings gewys en dit as onontbeerlik vir demokrasie beskryf. “So weet verkose verteenwoordigers waar hulle met die publiek staan.” Nuuskommentaar: Die geskiedenis kan seer byt Vroeër vanjaar het die Nederlandse regering die kop van ‘n eertydse koning van ‘n Ghanese stam aan nasate terugbesorg – die afloop van ‘n bykans vergete era toe Nederland koloniale heerskappy oor daardie deel van Afrika gevoer het. Pas het dit aan die lig gekom dat die weduwees van Indonesiese mans wat 62 jaar gelede deur ‘n Nederlandse mag tydens die 1945 – 1949 gewapende verset vermoor is, die Nederlandse staat hieroor aankla. In ‘n tikkie ironie berig die Nederlandse pers oor die huidige vervolging van Heinrich Boerse wat in die doodsnikke van die Tweede Wêreldoorlog aan die hoof gestaan het van ‘n Duitse eenheid wat weerwraak moes neem op Nederlanders weens die optrede van Nederlandse versetbeweging. Boerse word nou aangekla van die willekeurige uitkies van drie burgers om so vermoor te word. Boerse meen hy het bloot opdragte uitgevoer. Hierdie grepies is goeie voorbeelde van hoe gister se helde vandag se skurke kan wees.

Page 19: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Baie Suid-Afrikaners sal onthou hoe fel die Nederlandse regering, veral in die bewindsjare van Joop den Uyl, teen die destydse Suid-Afrikaanse regering te velde getrek het. Min waarnemers van buite sou ooit kon dink dat die einste veroordelende regering die kop van ‘n Ghanese koning iewers laat stof vergaar het nie. Pas het Zambië dié land se hoogste eerbewys vir ‘n voormalige vryheidsvegter, die Orde van die Arend, aan pres. Jacob Zuma oorhandig. Mense wat geliefdes – waaronder ‘n baba – in ‘n landmynontploffing op ‘n plaaspad aan die dood afgestaan het, of wie se familie in ‘n aanval op ‘n vrouekroeg afgemaai is, of in ‘n aanval op ‘n kerk gesterf het, sal dalk meer as net sinies oor hierdie toekenning wees. Dit is egter moeilik om te oordeel hoe Zuma se historiese perspektief internasionaal hierdeur geskend sal word. Die maatskappy TNS het ook bekend gemaak dat pres. Jacob Zuma se gewildheid nou tot 58 persent gestyg het. Dit sal Zuma egter loon om te let wat met die reputasie van sy regstreekse voorganger geword het. Nie alleen word daar uit sommige kringe vuur gespoeg oor oud-pres. Thabo Mbeki se hantering van die Vigskrisis nie, maar Zuma self het Mbeki as hoofonderhandelaar met Zimbabwe afgedank om uiteindelik vordering met die halsstarrige buurman te kan maak. Zuma het self die geleentheid om te kies hoe die geskiedenis hom gaan onthou. Hy het immers toegang tot adviseurs van die kaliber wat skaars in die Afrika-konteks is. Hy kan dus kies of hy onthou wil word as die president wat die land op ‘n herstelkoers gelei het – in meer as een opsig. Of hy kan onthou word as die president wat die onafhanklikheid van die regbank en dus die grondwetlike demokrasie gesloop het, en die rekord hou vir die meeste teen-korrupsie uitsprake en die minste aktiewe optrede teen hierdie kanker in eie geledere. Sy bewind kan onthou word as die een met die langste soustrein met ‘n reuse uitgebreide kabinet vooraan en blink motors en ‘n arm massa, of hy kan onthou word as die president wat die soustrein en selfverryking laat ontspoor het. Die geskiedenis leer dat die wêreld ‘n langer geheue het as wat baie lande graag sou wou hê. Bykans ‘n honderd jaar na die Armeense volksmoord spook hierdie vergryp steeds teen die Turkse staat wat dit steeds as ‘n historiese mite afmaak. Hitler en Idi Amin word immers nie onthou vir die talle medaljes en eerbewyse wat hulle ontvang het nie. Die Darfoer-krisis ( Darfur ) Soedan is bekend vir die burgeroorlog wat dekades lank tussen die Arabies-Moslem noorde en swart Christen - animistiese suide gewoed het, en trouens die gevaar loop om weer op te vlam nadat suidelike ministers uit ‘n kabinetsvergadering gestap het. Die ironie is dat Darfur eintlik ‘n veel ouer kwessie is wat weens stam- en familiebande oor verskeie landsgrense strek. Darfur was eens een van Afrika se florerende Afrika-ryke. Nou is dit weinig meer as ‘n slaansak. Of meer soldate die oplossing is, is ‘n ope vraag. Soos soortgelyke stryde, naamlik die Tamilstryd in Sri Lanka en die Polisariofront se stryd in Wes-Sahara,

Page 20: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

moet ook hier die geskiedenis en die etniese kompleksiteit deeglik verreken word. Dit is bekend dat verskeie groot koninkryke, soos dié van Mali en Ghana, by tye in Afrika se antieke geskiedenis bestaan het. Een so ‘n ryk was die Sultanaat van Darfur. Hoewel die geskiedenis verder terug strek, is dit grootliks in ‘n waas van verwikkelinge versluier en begin dit eers in 1596 behoorlik kristalliseer. Reeds in die naam, Darfur, word verklap dat dit hier om geen homogene groep gaan nie. Aan die een kant was daar die Mahadiste, wat die Islam ingevoer het, en die Fur, ook bekend as die For, soos neerslag in die tweede deel van die naam gekry het. Die Fur was nie Arabiere nie, en het strykdeur veroorsaak dat Darfur nooit ‘n tipiese Arabiese karakter ontwikkel het nie. En hierin is die saadjie vir die latere menseslagting gelê. Die samevoeging van Arabiere en die swart Fur het in effek plaasgevind toe die agterkleinseun van die 14de eeuse eerste regeerder, Dali, sultan geword het. Dali se ma was ‘n Fur. Hy het onder meer die strafproseswette ontwikkel, wat baie van die tipiese Islamitiese wette afgewyk het. Die Darfur-ryk het in sy verskillende fases tot baie ver buite die grense van hedendaagse Soedan gestrek, terwyl die Fur boonop nou verwant was, en bande gehad het, met stamme so ver as hedendaagse Nigerië. Hoewel die Darfur-ryk by tye deur ander stamme oorheers is, het dit tot 1916 meestal as formidabele ryk voortbestaan. Die ryk het oor die eeuse sy vernaamste inkomste verdien uit handel wat vandag die hare sal laat regop staan – wat ook deel van die hedendaagse probleem is. Dit sluit in handel in ivoor, volstruisvere en ...slawe. Hoewel die meeste slawe deur Egipte uitgevoer is, was daar ook taamlik baie “huishoudelike” slawe wat mettertyd belangrike poste in Darfur beklee het – tot ontsteltenis van die Arabiese Mahadiste. Met die opname in die teenswoordige staat Soedan, was die kiem vir moeilikheid goed gevestig. Darfur kon nie met enige van die bedrywe voortgaan wat dit in die verlede welvarend gemaak het nie. Arabiere was in Khartoem aan bewind, en hulle het nie mooi raad geweet met mede-Moslems wat nie ook Arabiere is nie. Die Arabiere het deur ‘n toeloop van omstandighede die Janjaweed-Arabiere wat van die massamoord beskuldig word, betrokke geraak. Die Arabiere was in Darfur die minderheid, maar die Arabiere in Khartoem het hierdie Arabiere nodig gehad om genoegsame Arabiese getalle te monster as teenvoeter in sy stryd teen die swart Christen- animistiese Suide. Dit verklaar ook miskien hoekom die Suide nie werklik baie “gepla” is oor wat in Darfur aan die gang is nie. Vir eeue was die suide deel van die “jagvelde” vir slawe – hierdie jagvelde het ook tot in hedendaagse Kameroen gestrek. Net om sake meer kompleks te maak. Dieselfde etniese verdelings kom ook in naburige Tsjad voor, terwyl die Libiese leier, Ghaddafi, in 1985 ingemeng het. Die aanduidings is dat die Arabiese regering in Khartoem dit agter die skerms gefasiliteer het. Aanvalle op regeringsposte het gevolg, terwyl skaars putte vergiftig is, babas in die vuur gegooi is, en hordes afgryslikhede plaasgevind het.

Page 21: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Dit spreek vanself dat ‘n oplossing ook baie kompleks sal moet wees. Blote selfregering soos met die Baske in Spanje sal waarskynlik min doen om historiese wonde te genees. ‘n Verskynsel, genaamd Irredentisme, het al dikwels in die geskiedenis van die wêreld stabiliteit op sy kop omgekeer. Ter demonstrasie: die sogenaamde “Shifta-“oorlog in Kenia se noordooste het baie te make gehad daarmee dat die inwoners etnies nouer aan die Somalies as hul mede-Keniase burgers verwant is. Die Ogaden-oorlog kan ook grootliks hierna teruggevoer word. Die Duitssprekend inwoners van Suid-Tirool (in Noord-Italië)het al ook verskeie irredentistiese aksies geloods. Die Tamils van Sri Lanka is deeglik bewus daarvan dat hulle in dié land ‘n minderheid is, maar dat daar saam met die Tamils in Indië en elders in die wêreld ‘n 70 miljoen of so is, ver meer as die Singalese wat nou die eiland regeer. Politieke korrektheid kan egter in Darfur die grootste gevaar wees. Ander Afrikalande wat versigtig is om die rasondertoon by die naam te noem, kan op die duur baie skade aanrig.

SA en Moslembande ‘n Sakie wat so effe agterweë gebly het met die nuwe kabinetsamestelling is die impak wat die Pahads se vertrek op Suid-Afrika se voortdurende flikflooiery met bedenklike karakters in die Moslemwêreld gaan hê. So ver Herrie weet was die Pahads versigtig genoeg om nie simpatie met Osama bin Laden en sy Al Kaïda uit te spreek nie. Maar ‘n mens sal wel onthou hoe Pahad met die Amerikaanse inval in Irak afgesit het Bagdad toe en op die lughawe aan die wêreld vertel het hy sien geen wapens van massavernietiging nie. Dat hy heldersiende geblyk te wees het is beswaarlik die punt. Hy moes gou padgee want die geallieerde magte het vinnig aangeruk gekom. Kom dit by Hamas en Hisbollah was die onderrok-uithangery merkbaarder, en was Israel voortdurend in die visier. As Herrie reg onthou was die Pahads ook suur omdat die Taliban verdryf is. Oor Pakistan self, ironies, was die Pahads stil, maar Herrie dink Pakistan is ‘n gawe plek om met kantkiesery te makeer. Vandag president of eerste minister, môre aan die galg of doodgeskiet. Slegs ‘n Moslem het enige kans om die Moslempolitiek enigsins te verstaan, maar niemand kan dit volledig begryp nie. Daarvoor is daar te veel kantighede. Westerlinge is geneig om die Islam simplisties as ‘n behoudende godsdiens te beskou. In werklikheid is dit net so veelkantig as die Christendom. Dit is immers onlogies om te kan verklaar hoe almal, van die Sewende daagse Adventiste, die Israel Visie, charismatiese kerke, gereformeerde kerke, die ortodokse en Koptiese kerke, die Armeense kerk, almal hul sienings uit dieselfde Bybel kan aflei. Selfs die effense ander Bybel van die Rooms-Katolieke verklaar nie die uiteenlopendheid nie. Net so is dit moeilik om te verstaan hoe so baie variasies uit die Koran kan ontstaan. In sommige lande soos Indonesië is die Islam sterk deur die Budisme,

Page 22: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

en die animisme beïnvloed. In Indië het die Islam min of meer naatloos op die Indiese kultuur en kastestelsel kom nesskop. Die hoofskeiding is tussen die Soenniete en Sjiïete. Iran is ‘n hoofsaaklik Sjïïetiese land, maar Indo-Germaans. Irak is ook hoofsaaklik Sjiïties, maar Arabies. Boonop was die diktator Sadam Hoesein uit die minderheid Soenniete, en is die Sjiïete nie net onderdruk nie, maar soms uitgemoor. Baie van die steun wat Sadam gekry het was ook kwalik bedekte steun uit die Soennie-gemeenskappe, waaronder Osama en sy Al Kaïda. In Sirië is die meerderheid Soennies, maar die regerende Assad-kliek is Alawiete, ‘n Sjiïete - sekte. Libanon is ‘n nagmerrie, met nog ‘n groot Christengemeenskap wat net so bont is as die Moslemgemeenskap. Dan is daar Moslemlande wat amptelik sekulêr is, soos Turkye, maar Christene in die praktyk swaar kry – so swaar dat die regerende Duitse Christen-demokrate al gewaarsku het Turkye se hantering van Christene hou ‘n bedreiging vir Turkse opname in die EU in. Baie Moslems vertolk die Koran as onverdraagsaam teenoor die konsep van koningskap,maar tog het talle Moslemlande nie net Konings of Sultans nie, maar absolutes daarby, soos Marokko en Jordanië. Dan is daar nog die Khaddafi-verskynsel ook. Hier was die Pahads normaalweg taamlik stil, anders as die ANC veral onder leiding van Madiba wat baie lief was vir die Libiese diktator. Khaddafi se eie ambisies oor Afrikaleierskap was waarskynlik die hoofrede vir afsydigheid, aangesien die Pahads se beskermheer, Mbeki, self die oog op hierdie troon gehad het en daar tussen die twee Afrikaleiers nie ‘n dikke vriendskap merkbaar was nie. Die toekomstige verhoudinge met die Moslemwêreld sal waarskynlik nou na laer vlakke van prominensie daal. Dit is in hoofsaak te wyte aan die nuwe regering wat op die oog af nou baie meer na binne gefokus sal wees as Mbeki wat te veel aandag aan die buiteland geskenk het. In Essop Pahad se plek in die presidensie kom dr. Manto, wat tot dusver eintlik net ‘n affiniteit vir Kuba getoon het. Sonder Fidel is Kuba ook nie meer heeltemal wat dit was nie. Manto het wel al ‘n paar bewegings gemaak om Tunisiese dokters vir Suid-Afrika te werf, maar selfs in die Arabiese wêreld vaar Marokko en Tunisië baie sleg as dit by sake soos persvryheid kom. Oostenryk swaai verder na regs Die verdere beweging na regs tydens die afgelope verkiesing in Oostenryk is die sterkste vertoning deur regse partye sedert die Tweede Wêreldoorlog. ‘n Vroeë verkiesing het gevolg op rusies tussen die Christen-demokrate en Sosiaal-demokrate wat as koalisie regeer het. Beide het sterk steun verloor. Die twee regse partye wat steun gewen het is die Vryheidsparty Oostenryk en ‘n splinterparty, die BZÖ. Hulle het gesamentlik 29 persent van die steun getrek, en blaas in die nek van die Sosiaal-Demokrate wat met 30 persent die sterkste uit die verkiesing getree het. Die Christen-demokrate het 26 persent behaal na agt persent van sy steun gestroop is.

Page 23: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Die Groenes, die enigste ander party wat die afsnydrempel kon behaal, het tien persent steun behaal. Hoewel die hoë inflasiekoers en kospryse ‘n invloed op die uitslag gehad het, speel die immigrantekwessie, en meer spesifiek gekleurde immigrante, ‘n rol. Leier Heinz-Christian Strache van de FPÖ, die party wat 18 persent van die stemme getrek het, het aangedui dat hy die amp van minister van Binnelandse Sake bo die kanselierskap verkies, sodat hy ‘n volkome verbod op immigrasie sou kon plaas. Lesers in die Nederlandse koerant Trouw meen ook dat die rassekwessie, wat onder die politiek korrekte terme van autochtone en allochtone versuiker word, ‘n rol gespeel het. een meen selfs dat die merkbare swaai na regs in Nederland self uiteindelik tot ‘n toestand van onregeerbaarheid sal lei. Vlaminge en Wallone wil skei maar eet steeds Belgies Die toekoms van België as staat het ‘n nuwe fase betree toe verteenwoordigers van die drie streekregerings, Vlaandere, Wallonië en Brussel gister om die ronde tafel ingeskuif het. Gesprekvoering is tot dusver deur die nasionale regering gevoer, maar het op dadels uitgeloop. Aan die bod is ‘n groter mate van seggenskap oor veral fiskale sake wat die regering van Vlaandere opeis, en ‘n vasskoppery daarteen deur die Wale. Die rede is voor die handliggend – die welvaartsrolle is omgeruil met Vlaandere wat sy welvaart aangepas het by naburige Nederland. Die Vlaminge subsidieer die Wale nou teen ‘n orde van sowat 6 miljard Euro’s per jaar. Terselfdertyd vind daar ‘n indringery van Franssprekendes in die Vlaamse deel van België plaas, wat gepaardgaan met verset teen die verpligte vervlaamsing. Die taalverdeeldheid word nou wyd in literatuur verreken, soos ‘n artikel in die jongste uitgawe van Time, waarin onder meer verwys word daarna, terwyl die artikel self handel oor die Belge – of hulle nou Vlaams of Franssprekend is – se liefde vir uiteet. Anders as in ander Europese lande is dit nog heel bekostigbaar vir gesinne om te gaan uiteet. Die artikel meld nou nie of die vleis op die spyskaart paardenvlees is nie. Nederlandse politici wil minder &^%$ vloek Dat politici skerp met die tong kan wees, en dat vloekers by sommige Nederlanders kan gaan les neem om die &^%$ knoop, is welbekend. Maar die ge*&^% vloekery in die parlement het nou parlementariërs van ‘n paar partye sat. Hier moet nou plan ge&^% maak word, meen hulle. So berig Trouw hieroor: Skik behoorlik as geskik word - leer by die Palestynse vraagstuk ‘n Trol verstaan nie baie nie, maar wat ‘n trol wel deeglik verstaan is dat ‘n probleem wat net half opgelos is, net half opgelos is, en dus glad nie opgelos is nie. Soos die Zimbabwiese skikking – wat hoe lank na die tyd nog vir Mugabe in staat gestel het om die wêreld gyselaar te hou en te maak en breek soos hy wil.

Page 24: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Veral sy eie land. Maar Brolloks dink nie dis nie ‘n nuwe les nie. Doeriejare gelede met die Camp David-vredesakkoord tussen Israel en Egipte, is die netelige kwessie rondom die Palestynse vraagstuk ook in ‘n bylae tot die skikkingsverdrag so vir die toekoms gebêre. En dit is nooit opgelos nie, en skep steeds probleme. En dis nie asof die Palestyne eintlik so ‘n probleem behoort te gewees het nie. Toe die Jode besluit het in Israel te hervestig was dit ‘n yl bevolkte onderontwikkelde stuk land, waarvan ‘n hele klompie inwoners in elk geval Jode was. Maar toe die Jode in getalle begin migreer, toe kom die “Palestyne” ook, in massas. En toe Israel tot stand kom? Toe annekseer Egipte die Gazastrook, en die Jordaniërs die Wesoewer, en geen Palestina nie. Eers toe die Israeli’s uit selfverdediging die Palestynse gebiede annekseer, toe kerm die wêreld. Kort tevore nog was daar ‘n behoorlike “burgeroorlog” tussen Jordanië en die Palestyne, en is die PLO uit die land geskop. ‘n Trol kan dus verstaan dat nie die Israeli’s of die Egiptenare tydens Camp David heeltemal die erns van Palestynse vraagstuk voorsien het nie. Immers het die Arabiere self nie veel erg aan die Palestyne nie, behalwe as hulle as instrument teen Israel kan dien. Die Palestynse owerheid se meeste geld het ook van die EU gekom, nie van Opvul of die Arabiese Bond soos ‘n trol sou verwag nie. Maar of Mbeki met sy “skikking” regtig gedink het die “opposisie” in Zimbabwe (die partye wat saam die verkiesing gewen het) sal tevrede wees met ‘n “magsdelingsooreenkoms” waar die verslane Mugabe al die mag behou, sal ‘n trol nou nie vir seker weet nie. Of het Mugabe die gaping gevat toe die ANC hier te lande Mugabe se vriend Mbeki die trekpas gegee het? Maar dan het Mugabe mos ook nie mooi gedink nie – immers is die ANC se nuwe leierskap sterker Cosatu-gelaai en Cosatu is aan die MDC se kant. Nee, stille diplomasie of nie, as ‘n trol ‘n doring in die vlees het, haal ‘n trol die hele doring uit. ‘n Trol los nie ‘n klein stukkie wat kan aanhou lol nie, en die mens kan gerus dit probeer nadoen. Dis natuurlik nie brouplek nie. Van die Kemptonparkse skikking is ongeveer dadels oor – die ANC se heethoofde praat openlik van hul oorwinning (asof dit nou so ‘n kuns kon wes om Pik en Roelf donkie-ore aan te sit) en Roelfie praat te midde van toenemende versoeke vir ‘n heronderhandelde skikking (lees: om Roelf se brouwerk reg te maak). En dis nie al plek war Roelf die kous oor die kop gekry het nie. Op sy CV spog hy hoe hy ‘n bydrae tot die Sri Lankaanse burgeroorlog gemaak het – die stryd tussen die Tamil Toere en die Singalese Leeumense. Presies so opgelos dat die Sri Lankaanse regering nou aanspraak maak daarop is dat hulle op die punt is om die laaste Tier-vestings met geweld (nie Roelf se skikking nie) te verower. So erg gaan dit dat die ongerekende Tamilpartye in Indië nou ‘n geweer, by wyse van spreke, teen die Indiese regerende partye se koppe hou om op ‘n manier in te gryp.

Page 25: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Hier in Roelf se eie land (ken hy nog die pad hierheen) steun die Tamils ook die Tamils se stryd en hou optogte en so aan. En so ook in ander lande waar die Tamils in beduidende getalle gaan vestig het – of eerder, as goedkoop arbeid uitgevoer is. Nie dat die Indiese regering hom graag aan die Tamils wil steur nie want die Tamils is oor die algemeen van die laer kastes wat amptelik nie meer bestaan nie. Maar in ‘n demokrasie het die armes se stem nogal ‘n impak, veral as hulle so baie is. En daar is meer Tamils as wat daar mense en trolle saam in Groot Brittanje woon. Nee, Roelfie en Mbeki kan by die trolle kom leer van al die kompleksiteite wat met ‘n skikking in ag geneem moet word. Maar Brolloks gun Roelfie sy oorskatte aansprake rondom die Noord-Ierse krisis. Brolloks dink grootliks het die stryd daar so lank aangehou, die spul het begin vergeet waaroor hulle aanvanklik haaks was. Brolloks bedoel, dis darem baie lank terug dat die Skotse setlaars in Noord-Ierland kom vestig het en hulle opstairs met die Iere gehou het. Wêreld se fiskale krisis: Nuwe Europese finansiële argitektuur bepleit Die lesse wat uit die Belgiese belewenis van die wêreld se fiskale krisis te leer is, dui almal op groter Europese samewerking. Aan die woord is die Belgiese eerste minister, Yves Leterme. As Leterme oor fiskale en ekonomiese sake praat, sou wys sy bewese rekord, kan almal maar regop sit en luister. Leterme, ‘n opgeleide ouditeur wat ook as sodanig gewerk het tot hy die politiek betree het, was voorheen premier en minister van landbou van Vlaandere. Toe hy dié amp opgeneem het, wat daar ‘n tekort op die Vlaamse begroting. Toe hy die leisels oorgegee het, was die geldsake kerngesond, en het Vlaandere ekonomies presteer. Die probleem is in hoofsaak veroorsaak deur enkele groot finansiële instellings wat te groot of internasionaal geword het om deur die lande waarin hulle gevestig is, gered te word. Waar dit egter anders kan, moet die individuele lande self hul finansiële instellings beredder. Dit geld op die uitsondering van enkele tientalle banke, die meerderheid van Europa se sowat 8 000 banke. Leterme gebruik die voorbeeld van België se grootste bank, Fortis en die derde grootste, Dexa. Toe dié twee in die pekel beland, was die omvang te groot vir België om alleen te hanteer. Hul aktiwiteite beloop sowat drie keer die Belgiese BNP, en hul deposito’s is meer as die land se nasionale inkomste. Meer as die helfte van die land se gesinne is kliënte of aandeelhouers van hierdie banke. Slegs deur die noue samewerking tussen die Benelux-lande en Frankryk kon die banke beredder word. “Hul omvang het bo die lande van herkoms se vermoëns uitgestyg,” sê Leterme, “en hulle was gewoon te groot om tot niet te laat gaan.” Ysland het ‘n soortgelyke probleem ervaar, maar op ‘n veel groter skaal. Hy bepleit die daarstelling van ‘n Europese reddingsfonds wat onder soortgelyke omstandighede die banke se koppe bo water te kan hou. Hy beklemtoon egter

Page 26: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

dat dié fonds die groot banke in die oog moet hou. “Europa moenie inmeng waar lidlande self die mas met hul banksektor kan opkom nie.” Hy meen hierdie soort intervensie kan selfs winsgewend wees, soos blyk uit Skandinawiese ervaring in die vroeë jare negentig. Hy meen ook dis redelik om te verwag dat banke wat voordeel uit so ‘n reddingsfonds wil put, daartoe moet bydra. Hy stel ‘n stelsel voor wat op beide Europese vlak – selfs vir lande buite die Europese Unie, funksioneer, maar ook so ver moontlik gedesentraliseerde fokusse het. Dit sluit toesighouding en inligtingsuitruiling in: “Selfs die beste toesighouers kan nie krisisse voorspel as hulle nie oor die relevante inligting beskik nie.” Onafhanklike deskundiges sal moet beslis oor die meriete van aansoeke om hulp uit die reddingsfonds. Hy maan ook daarteen dat gewaak moet word teen ‘n situasie waar die gemeenskappe moet pa staan wanneer verliese gemaak word, maar dat die winste ‘n private privilegie is. “Ek is egter nie oortuig daarvan dat die fundamentele swakhede wat onlangs in die finansiële instellings wat die afgelope maande geblyk het, ondervang kon word nie.” Hy lys verskeie faktore, maar beskuldig ook die grootste instellings daarvan dat hulle nie volgens die beginsels van die vryemarkekonomie funksioneer nie, en hulle aan praktyke skuldig maak wat nie versoenbaar is nie. “Die markmeganisme kan dan ook nie die beste resultate waarborg nie. Maar die markmeganisme waarborg in elk geval ook nie altyd die beste resultate nie.” Hy is egter nie ‘n voorstander van burokratiese inmenging nie. “Die uitdaging vir die toekoms bestaan daaruit dat ‘n geïntegreerde Europese ekonomiese stelsel opgerig word gebaseer op ons gedeelde waardes, private banke wat op die regte manier onder ‘n waaksame oog op Europese en nasionale vlak gehou word, en wat bydra tot ‘n volhoubare ekonomiese groei. Die Europese Unie kan hom nou bewys as iets wat waarde vir die kontinent se burgers toevoeg.” Internet vandag 20 jaar oud 17 Nov 2008 Vandag, om 14:28 presies twintig jaar gelede het die Nederlandse wetenskaplike Piet Beertsema ‘n e-posboodskap uit die VSA ontvang, en so is die internet as wêreldwye stelsel op ‘n beskeie skaal ingelui. Hy was die eerste persoon buite die VSA wat ‘n boodskap op ‘n halfoop stelsel ontvang het. Tot voor Beertsema sy baanbrekersboodskap ontvang het, was dit ‘n uitsluitlike Amerikaanse konsep, aanvanklik vir die Weermag bedoel maar later vir wetenskap, en uiteindelik die publiek. In 1993 het ‘n Switserse maatskappy ‘n meer verbruikersvriendelike produk bekend gestel. Vandag is die internet ‘n haas onuitputlike bron van inligting wat kommunikasie blitsvinnig en goed koop oor die wêreld heen moontlik maak. Internet World Stats se jongste data aan dat sowat 1,5 miljard mense wêreldwyd toegang tot die internet het. Dis sowat 22 persent van die wêreldbevolking.

Page 27: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Noord-Amerika, waar die Internet ontwikkel is, het sowat 250 miljoen gebruikers, wat sowat 73,6 persent van die bevolking uitmaak. Europa, waar die eerste boodskap buite die VSA ontvang is, het 385 miljoen gebruikers, of te wel sowat 48,1 persent van die bevolking. Australië en Oseanië het wel net sowat 20 miljoen gebruikers, maar dit maak amper sestig persent van die bevolking uit. Afrika, met 50 miljoen gebruikers, se 5,3 persent van die bevolking, het die laagste persentasie gebruikers. Bronne: Trouw Internet World Stats Obama terugslag vir stryd teen aborsies Terwyl die wêreld, Suid-Afrika inkluis, in ‘n euforie is oor die verkiesing van Barak Obama as Amerikaanse president, word hierdie euforie nie deur almal in die VSA gedeel nie. Die groot verloorders is diegene wat al lank en hard daarvan werk maak om aborsie op aanvraag gestaak te kry. Sedert die Roe en Doe uitsprake van 1973 waardeur aborsies in effek gewettig is, veg Christengroepe onverpoosd voort. Weens die VSA se de facto tweepartybedeling, wend die burgerlike samelewing hulle tot lobbies, soos die Christian Coalition of America met sy vier miljoen ingeskrewe lede. Tegnies polities onverbonde, funksioneer hierdie lobby feitlik soos ‘n politieke party met ‘n beleid soortgelyk as dié van Christen-demokratiese partye elders. Onder die CCA se bekendste veldtogte was dié oor die Tien Gebooie-beeld by ‘n hof, verskeie kapelaansake van kapelane wat “verbode” dele van die Bybel gebruik het (God is die enigste Here) en die behoud van Kersfees as Christelike gedenkdag en nie maar net ‘n sekulêre “happy holiday” nie. Aborsies bly skerp in die vergrootglas. Politici wat hierdie saak steun, is ongeag hul partylidmaatskap (koukusgebondenheid soos ons dit ken bestaan nie in die VSA nie) is gesteun. Pres. George W. Bush se stappe om die hoogste hof (Supreme Court) se samestelling aan regters so te verander dat pro-lewe-regters die meerderheid uitmaak, is gesteun. Hierdie tydsame aksie is nou voor die voltrekking ongedaan gemaak, met Obama wat die volgende aanstelling, en selfs moontlik drie, kan maak volgens Richard John Neuhaus, ‘n Katolieke priester en president van die Institute for Religion and Public Life. Neuhaus wys daarop dat in die TV-debatte dit wou voorkom asof Obama hom nie net op die mees ekstreme punt van die pro-aborsiedenke bevind nie, maar tegnies simpatiek staan teenoor die “partial birth abortion.” (Die besonderhede hiervan is te grusaam om hier neer te pen). Maar hoekom het die Amerikaners, waar verskeie deelstate met die vooruitsig van die herroeping van Roe en Doe reeds streng anti-aborsiewetgewing aangeneem het, dan vir Obama gestem? Kathryn Jean Lopez, redakteur van National Review Online, skryf dat sy ‘n maand voor die verkiesing in gesprekke met jong Amerikaners tot haar skok ontdek het dat hulle Obama glad nie ken nie.

Page 28: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Neuhaus wys daarop dat die Amerikaanse howe al verskeie kere gewaarsku het dat die owerhede moet waak teen die skep van ‘n “burgerlike geloof” (civic religion). Neuhaus merk egter op dat die howe onbewustelik hieraan meedoen in hul poging om die “soewereiniteit van die self” bo gemeenskapswense te stel. Intussen berig Trouw, die Nederlandse Protestantse koerant, dat die Kommissie vir Beoordeling, wat in 2007 in die lewe geroep is om te kyk na die geldigheid van laat-aborsies en die lewensbeëindiging van pasgeborenes, slegs drie gevalle van laat-aborsies gekry het om te ondersoek, en geen van die beëindiging van lewe na geboorte nie. Dokters is verplig om sulke gevalle aan te meld, omdat aborsies na 24 weke swangerskap onwettig is tensy buitengewone omstandighede geld. Ernstige afwykings wat onder meer die lewe van die ongebore self bedreig, tel onder die redes. (‘n Nederlandse vrou wat ‘n laat-aborsie in Spanje ondergaan het, is in Nederland op aanklag van moord gearresteer). Boonop, blyk dit, dat twee van die drie aangemelde gevalle onnodig aangemeld was, omdat dit ooglopend duidelik was dat die fetusse geen kans op oorlewing gestaan het nie. Die derde geval is as ‘n geregverdigde aborsie bevind. Die min laat-aborsies kan verklaar word aan die h Aap uit mou met Groenland Vir Groenland wat al warmer word, is die aap nou uit die mou. In dié week se referendum het 75 persent van die ysige eiland se kiesers hul stem vir “aap,” die Groenlandse woord vir “ja,” uitgebring wat groter outonomie van Denemarke beteken. Die ironie is dat dit juis die warmer klimaat is wat die res van die wêreld so op hol jaag wat die Groenlanders in staat stel om groter outonomie te verwerf. Die krimpende yskombers bring spreekwoordelike “berge van goud” aan die lig in die vorm van potensiële diamantmyne, sinkmyne en olievelde ter see. Selfs die smeltende ys – een gletser smelt teen sowat twee meter per uur – bied die potensiaal vir kragopwekking. Selfs aartappellande word in die vooruitsig gestel. Ysland se klimaat wat meer as ‘n duisend jaar laas so warm, toe Erik die Rooie dit Groenland genoem het om koloniste te lok. Selfs die geharde Vikings moes die eiland en hul Noord-Amerikaanse kolonies ontruim toe sake daarna te veel afgekoel het. Met die warmer klimaat in die vergetelheid het later geslagte Erik die Rooie daarvan beskuldig dat hy die vader van die oupa van alle reklamefoefies was om dié eiland Groenland te noem. Tamilstryd dalk militêr besleg (Die stryd is intussen militêre besleg – hoewel die gesindhede geknou is en in die toekoms kan opvlam) Met aanduidings dat die Sri Lankaanse regering nou die einde van sy militêre stryd teen een van die taaiste militêre opponente, die Tamil Tiere, op die oorlogsfront aan die wen is, word die koste van hierdie stryd wat al 25 jaar woed, geleidelik gemaak.

Page 29: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Die belangrikste syfer wat bereken word, is die sterftesyfer. Deurdat die Tiere, en nie soos dikwels geglo word die Palestyne of ‘n ander Moslem-groep nie, die selfmoordaanval-tegniek begin toepas het, kan verwag word dat die sterftesyfer hoog sal wees. Die Tiere het in ‘n stadium selfs ‘n “lugvleuel” gehad en lugbomaanvalle geloods. Afgesien van die “Lugtiere” was daar ook die “Seetiere” wat die stryd op see gevoer het, en die “Swart Tiere” wat op selfmoordbomsendings gefokus het. Boonop word die Tiere deur Amnestie Internasionaal daarvan beskuldig dat hulle die Tamilbevolking as menslike skilde teen die Sri Lankaanse magte gebruik. Die geraamde dodetal oor die 25 jaar staan egter op sowat 70 000, wat baie klink, maar bitter min is in vergeleke met diegene wat oor dieselfde tydperk in Suid-Afrika in gewone misdaadaanvalle vermoor is. In die Vrystaat was die sterftesyfer weens moord oor dieselfde tydperk ongeveer die helfte van die Sri Lankaanse burgeroorlog. Die Vrystaat se bevolking is egter maar sowat 3 miljoen, teenoor Sri Lanka se bevolking van sowat 20 miljoen. Daar is blykbaar ook ‘n prys wat Sri Lanka internasionaal moet betaal. Die gematigde Nederlandse koerant, Trouw, noem bloot so terloops dat die stryd die gevolg van die Singalese meerderheid se diskriminerende praktyke teenoor die Tamils, ‘n minderheid, is. Die gevolg was ‘n stryd tussen die Singalese (die leeumense) en die Tamils (die tiermense). Een van die Tiere se grootste opbloeie het gekom nadat Singalese troepe na bewering in die tagtigerjare “duisende” Tamils gedood het. Tydens een van die Tiere se mees dramatiese offensiewe het die Protea-krieketspan, wat toe in Sri Lanka op toer was en ‘n bom naby hul hotel ontplof het, besluit om huiswaarts te keer. ‘n Risiko-analisemaatskappy is voor die besluit geraadpleeg. Van internasionale bemiddeling, waarby Suid-Afrika se Roelf Meyer deel was, het uiteindelik ook dadels gekom nadat die regering skikkingspogings opgeskort, en met ‘n aanslag begin het om vir eens en altyd militêr van die probleem ontslae te raak. Die Singalese regering kan nie werklik verkwalik vir die militêre opsie nie. Die Tamil Tiere is gewoonlik erg versplinterde groepe met uiteenlopende doelstellings wat nie mekaar se gesag erken nie. Van die leiers besef heel duidelik hulle is hul leierskapsaansprake sonder ‘n oorlog kwyt. Sowat 35 lande beskou die Tamiltiere as terroriste. Oor die eiland se geskiedenis en wie die reg op wat het sal nog lank gestry word. Die Singalese was nie die oorspronklike inwoners nie, en het uit Indië gekom waar hulle na ‘n magstryd gevlug het. Slegs murasies is vandag te siene van die indrukwekkende beskawing wat hulle hier aangetref het. In daardie stadium was die Indiërs reeds oor die algemeen van Boedisme na Hindoeïsme omgeskakel, en so was die voorsate van die Singalese ook. Hulle het eers later, na ‘n besondere insident, weer Boeddhiste geword soos die meeste vandag nog is. Die Tamils beweer hulle “het nog altyd” op Sri Lanka gewoon, maar die taal- en godsdiensverwantskap (Hindoeïsme) verskil nie veel met dié van die Tamils in Indië nie. In Indië is die Tamils een van die grootste bevolkingsgroepe en ‘n vaandeldraer van antieke Drawadiese kultuur. In Indië is die Tamils egter

Page 30: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

gewoonlik armer as die ander taalgroepe, waarvan baie aan die Indo-Germaanse taalfamilie behoort. Hoewel die Tamils nie genoeg is om Indië met getalle te regeer nie, is hul getalle groot genoeg dat Tamilpartye die koers van die Indiese federale regering taamlik kan stuur. Kom dit egter by die Tamilvraagstuk is Sri Lanka, hou die federale regering hom egter oor die algemeen taamlik doof. Ook elders ter wêreld speel die Tamils ‘n belangrike rol om te sorg dat die Tamil Tiere se geldkas en wapenarsenaal goed voorsien bly. In Suid-Afrika vind pro-Tamilbetogings van tyd tot tyd plaas. Dit herinner in ‘n mate aan die wapen- en geldelike steun wat die verbode Ierse Republikeinse Leër in die fokustyd van die terreurstryd van Ierse gemeenskappe oorsee, veral die VSA, ontvang het. Of ‘n volslae militêre oorwinning egter durende vrede gaan bring is minder duidelik. Waarskynlik nie as daar ‘n tradisie van selfmoordaanvalle en lang geheues oor onregte van die verlede is. Tamilstryd Hieronder 'n ou artikel wat ek weer opgespoor het. Tamilstryd in Sri Lanka: Is Suid-Afrika betrokke? Met die Noord-Ierse krisis wat volgens aanduidings nou opgelos word, is die vraag of ‘n ander ou en baie soortgelyke konflik aan die oplos is, dié van die Tamils in Sri Lanka, aktueel. Daar is verskeie ooreenkomste. In die geval van Noord-Ierland is die Protestante grootliks afstammelinge van Skotse immigrante,. Hulle het tradisioneel ‘n bevoorregte posisie oor die inheemse, Rooms-Katolieke Iere beklee, maar sou in ‘n verenigde Ierland ‘n minderheid vorm. Die verbode Ierse Republikeinse Leër is hoofsaaklik deur Ierse emigrante, veral in die VSA, befonds en bewapen. Baie van die emigrasie het in die middel 1800’s plaasgevind toe ‘n siekte die land se aartappels giftig gemaak het, en moontlik tot ‘n miljoen Iere omgekom het. In die VSA het van hierdie Ierse afstammelinge geweldige invloedryke families geword, waaronder die Kennedy’s was ook ‘n Amerikaanse president opgelewer het. Die Tamils vorm ‘n minderheid in Sri Lanka, maar die grootste konsentrasie Tamils woon in die suidelike state van Indië. Wêreldwyd word Tamil deur sowat 70 miljoen mense gepraat, wat dit ‘n volk in die getalsgewys in die orde van soortgelyk as die Franse, die Duitsers en die Britte plaas. Suid-Afrika is saam met Mauritius, Maleisië, Singapoer en Fidji van die lande wat groot getalle Tamils huisves. Verskeie Tamil-organisasies, ook in Suid-Afrika, het ontstaan wat nie doekies omdraai in hul morele steun vir die Tamils in hul stryd teen die getalryker Singalese in Sri Lanka nie. In Suid-Afrika word gereeld protesoptogte deur Tamils gehou om hul steun te demonstreer. Presies hoe ver die Tamils en Singalese van mekaar verwyderd is, blyk daaruit dat die Singalese die “leeu-mense” beteken, terwyl die Tamils hulself met die tier assosieer. Die Singalese was ook nie die oorspronklike inwoners van Sri Lanka nie, terwyl onduidelikheid bestaan oor presies wanneer die Tamils hulle op Sri Lanka begin vestig het. Tamils maak graag daarop aanspraak dat hulle die oorspronklike inwoners is, en daar is aanduidings van Tamil-besetting van ‘n 1 000 voor

Page 31: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Christus. Dit word egter aanvaar dat die werklike Tamil-vestiging in ongeveer die tiende eeu van die vorige millennium plaasgevind het. Dit het saamgeval met ‘n kort periode toe die Chola-dinastie die enigste Tamil-dinastie was wat alle Tamils in een regering verenig het. Die Chola-dinastie het ook ‘n ruk lank oor die hele Sri Lanka regeer. Die Tamil-kultuur is baie oud, en strek oor meer as 2000 jaar. Dit word as een van die hoof-kulture van die Dravidiaanse kulture beskou, en volgens aanduidings is dit verwant aan die Sumeriese kultuur. Terwyl die Tamils ervaar dat hulle deur die Singalese as minderwaardig beskou word, is hulle nie bereid om daarby in te val nie. Net so min is hulle bereid om hulself as latere indringers in Sri Lanka te beskou. Die Tamils is oorwegend Hindoe - sowat 80 persent, met ongeveer tien persent Christene, terwyl die Singalese oorwegend Boeddhiste is. Die gevolg is ‘n burgeroorlog wat al oor dekades strek, duisende lewens geëis het, en verskeie vredespogings wat misluk het. Hoe langer die burgeroorlog duur, hoe komplekser raak oplossings. Die Tamil Tiere het gewoond geraak aan die mag hou binne die Tamil-gemeenskap, maar sal waarskynlik nie wanneer daar eendag vrye en regverdige verkiesings plaasvind, die verkiesing onder die Tamils wen nie. Van die leiers is duidelik kopsku om van hul verworwe mag afstand te doen. Suid-Afrika word nie net in die onderhandelings vir ‘n vredespoging betrek nie. Daar word gereeld geskimp dat Suid-Afrika, of Suid-Afrikaners, agter die wapenvoorsiening aan die Tamil Tiere sit. Suid-Afrika is byvoorbeeld pertinent genoem nadat die Tamil Tiere ‘n “lugvleuel” verwerf het watt nou snags Sri Lankaanse militêre teikens bombardeer. Dit word uiteraard ontken. Dit is egter moontlik dat welvarende Tamils wat elders in die wêreld gevestig het, insluitend Suid-Afrika, wel wapens na die Tiere smokkel. In Suid-Afrika is daar genoeg mense wat dit sal wil doen. Sinterklaas in Parlement Die Brieweredakteur Volksblad In die Nederlandse Parlement is sake nou in rep en roer vir die besoek van Sinterklaas. Die afgelope aantal jare was hierdie spesiale sitting net vir die kinders van parlementslede en amptenare, nadat die agbare lede keelvol geraak het om deur ‘n kritiese Sinterklaas toegespreek te word. Die kritiek was seker te wagte, want anders as die regte Sinterklaas wat jaarliks uit Spanje kom om geskenke uit te deel, is die skyn-Sinterklaas ‘n parlementslid, en in die jongste tyd boonop ‘n vrou. Al kom ons Kersvader van die Noordpool (hoe politiek-inkorrek) is dit miskien wat Suid-Afrika nodig het. ‘n Setel vir Kersvader, die regte een, nie ‘n gladdebek politikus wat op beloftes gedy nie. Dan kan daar dalk genoeg geld gevind word om te keer dat die nege provinsiale Gesondheidsdepartemente nie op ‘n tekort van R2 miljard aan die einde van die boekjaar afstuur nie.

Page 32: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Dan sal daar dalk geld wees om die miljarde rande agterstand aan Vrystaatse provinsiale paaie in te haal. Die behuisingsagterstand kan dalk vernou word, en die in duie stort van tale rioolwerke kan omgekeer word sodat ons riviere weer veilig kan wees. Dan sal mense wat in die middel van Soweto water uit ‘n oop bron gedrink het nie weer aan cholera sterf nie. ‘n Paar Dieners wat die misdadiger toesluit en nie die man wat die selfoondief gevang en aan die polisie wou oorhandig nie. Vir Malema kan ek aan ‘n hele klompie speelgoed dink, maar durf dit nie in ‘n ordentlike publikasie skryf nie. Miskien is dit minder moeite vir Kersvader om maar net vir ons ‘n nuwe regering te bring, en die soustrein wat laas afgelewer is, as “reject” terug te neem. Maar dan sal die Speaker seker nie vir Kersvader die geleentheid bied om sy ding te doen nie, en die parlement op reses laat gaan. Herman Toerien, Totiusstraat 9, Lhp, 051 4461712 Nederland voor met ontwikkelingshulp Nederland het vir die vierde agtereenvolgende jaar die Amerikaanse Center for Global Development se topposisie van ryk land ingeneem wat hulp aan arm lande betref. Hierdie ranglys neem hulp oor ‘n wye front in aanmerking, soos ontwikkelingsfondse, handel, belegging, omgewingsake en veiligheid. Nederland is gevolg deur Swede, Noorweë, Denemarke en Ierland, met die VSA in die sewentiende posisie, en Suid-Korea wat Japan uit die 22ste, die laagste posisie op die ranglys, verdring het. Nederland loop egter steeds onder kritiek deur. Die land se landbousubsidies (aan sy eie landbou) is te hoog, invoerheffings op ingevoerde landbouprodukte is et hoog, buitelandse studente se klasgelde is te hoog, en die landjie laat nog te veel besoedlingstowwe in die atmosfeer vry wat die broeikaseffek aanhelp. Die Nederlanders is egter trots daarop dat hul ontwikkelingshulp hoofsaaklik gekanaliseer word na land waar min korrupsie voorkom, en wat hul sake redelik goed bestuur. Hoofbron: Trouw Ontkenning van volksmoord 'n kriminele oortreding Oor ‘n paar jaar word die 100ste herdenking van die Armeense volksmoord aan die hand van die Turke gehou. En steeds laat dit die vonke spat. Turkye self ontken dat die volksmoord ooit plaasgevind het, en so ook mense van Turkse afkoms wat elders ter wêreld gaan nes skop het – dikwels in dieselfde lande as waarheen die Armeense oorlewendes heen gevlug, en hul nasate vandag steeds woon. So ‘n land is Nederland, waar verskeie partye al parlementêre kandidate van Turkse herkoms moes onttrek omdat hulle die volksmoord ontken. Veral noue bande bestaan tussen die ChristenUnie, een van die regerende koalisievennote, en die Armeniërs vir wie hulle ook gehelp het om ‘n Christen-susterparty in hedendaagse Armenië op die been te bring. Die huidige Armenië beslaan slegs ‘n fraksie van sy grondgebied toe dit die oudste Christenstaat ter wêreld geword het.

Page 33: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Turkye se standpunt oor die volksmoord speel by tye ook ‘n groot rol in die land se onsuksesvolle pogings om tot die Europese Unie toegelaat te word. Hoewel beoogde wetgewing om die ontkenning van volksmoorde strafbaar te maak op alle volksmoorde betrekking het, is die Armeense die netelige een juis omdat so baie mense van Turkse herkoms dit nie glo nie. Die Europese Kommissie het pas besluit dat lidlande sulke wetgewing behoort te aanvaar. Duitsland, Spanje, Switserland, Oostenryk en Luxemburg het reeds sulke wette op die wetboek. ‘n Belangrike les is dat die oorwinnaar wel die geskiedenis in sy eie land na sy smaak kan skryf, en dit dalk heel suksesvol kan doen, maar dieselfde geskiedenis word buite sy grense word deur ander geskryf. En in ‘n wêreld van interafhanklikheid maak dit saak. Was Mugabe nog “by” sou hy dit ook besef het – hy kan nie alleen sy land se geskiedenis opteken nie. Hy sal nie eendag as held onthou word nie. Moderne Don Quichots loop weer windmeulens storm Horisonbesoedeling, noem sommige Nederlanders dit. Horisonbevuiling, ego die Franse teenstanders van windenergie. Maar het hierdie eietydse Don Quichots wat die moderne windmeulens so bestorm altyd sulke edele motiewe? Dié vraag word hard en duidelik gevra in die geval van oud-president Valéry Giscard d’Estaing wat die stormloop op die windmeulens lei. Sonkrag, sê hy, is die weg van die toekoms. Die orkaan op die meulens was die ingebruikneming van ‘n windpark in Frankryk wat genoeg krag opwek vir 70 000 huishoudings. As president het hy egter die program ingelui wat daartoe gelei het dat sowat 90 persent van die Franse se elektrisiteit van kernkrag afkomstig is. Boonop voer die Franse kernkragsentrales uit. Teenstanders van windenergie sê dis wel skoon, maar duur, en verbruikers sal met ‘n aansienlike bedrag jaarliks gesubsidieer moet word. Die windkrag-opwekkers kap egter met hul eie syfers terug, met die hoofargument dat terwyl fossielbrandstof en uraan se pryse gaan styg, gaan wind altyd gratis wees. Die relatiewe koste gaan dus goedkoper word. Wonderwerkgrot Die ontdekking van artefakte van 2 miljoen jaar oud lui ‘n nuwe era in van waar paleontologie en argeologie ineen vloei. Volgens beskikbare literatuur is die ouderdom van die grottekeninge wat tot dusver bestudeer is, minstens 10 000 jaar oud. Die ontdekking van artefakte skuif nie net die datering van menslike bewoning in die grot baie ver terug nie, dit neem die datering van artefakte terug na ongeveer die oudste menslike vorm wat nog beskryf is. Dit is lank reeds bekend dat dit nie net die moderne mens en sy regstreekse voorouers is wat werktuie gebruik het nie. Verskillende vorme wat self uitgesterf, of waarvan die latere vorme uitgesterf het, het ook werktuie gebruik. Dit is dikwels onregstreeks afgelei soos die nabyheid van die vondse van hierdie oer-menslike oorblyfsels en artefakte – natuurlik nie p sig selfs baie bevredigend nie

Page 34: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

omdat daar verskillende verklarings kan wees oor hoe goed bymekaar gekom het wat nie bymekaar hoort nie – soos dat die een groep van die ander groep kon opgevreet het, en die slagoffers se oorblyfsels naby hul vreetlustige tydgenote se werktuie gevind kon word. Argeoloë het dikwels ook te make met artefakte wat in lae voorkom wat veel ouer is as die tydperke van hul eintlike herkoms. Latere bewoners wat ouer bewoners se items begrawe, is maar een verklaring hiervoor, maar ook grotte wat instort en plundertogte dien as verklarings. Daar moet dus wyer gekyk word, soos om die grootte van artefakte met die grootte van handpalms te vergelyk. In die reël word werktuie groter hoe verder terug dit dateer. In hierdie opsig is die Wonderwerkgrot se vondse ‘n uitsondering – dit is weer veel kleiner as die eerste Steentydperk se artefakte. Hier sal ‘n mens natuurlik vir meer inligting moet wag, aangesien dit nog nie werklik bekend is watter soort artefakte gevind is nie. Tog, dit wat op die TV-beeldmateriaal gesien is, lyk soos ‘n kleiner weergawe van die handgrawer wat so kenmerkend van die eerste en Middel-Steentydperke is. ‘n Vinnige blik vanoggend op die internet dui daarop dat die ontdekkings (nog) nie die internasionale media-aandag getrek het wat dit verdien nie. Trouens, Trouw berig vanoggend oor die horingpit van ‘n oeros se horing wat iemand in Nederland sowat ‘n jaar gelede gevind het. Dit is sowat 800 jaar oud. Dit is natuurlik nie nuut dat paleontoloë en argeoloë elders ter wêreld traag is om Suidelike Afrika as die wieg van die mensdom te erken nie. Dit geld beide die oervoorouer van die mens, en die eerste moderne mense veel later. Daar is selfs by geleentheid vernuftig bedrog gepleeg deur stukke sjimpansee-skedel en ander menslike stukke aan mekaar te las en in ‘n Britse gruisgroef te “ontdek.” Wat wel soos ‘n paal bo water staan, is dat die bestaande kennis van menslike vaardighede, deur die ontdekkings erg beïnvloed gaan word. Die ontdekking dra ook ‘n tikkie ironie deurdat groepe jong aarde kreasioniste reeds bekend gemaak het dat hulle aanstaande jaar ‘n verskerpte aanslag gaan voer om te bewys die aarde is net 6 000 jaar oud. Dit is weer ‘n teenreaksie op die viering van Darwin se 200ste geboorteherdenking. Politici se integriteit ook oorsee bevraagteken Dit is nie net Suid-Afrika waar daar vanuit kiesersgeledere ‘n oproep op ‘n groter mate van moraliteit en integriteit gemaak word nie. Ook in Nederland word grootoog gemaak oor die integriteit van politici, blyk uit ‘n studie van die Vrije Universiteit en die vaktydskrif, Binnenlandse Bestuur. Vroeër is reeds berig oor die sikliese inisiatiewe om ook ‘n groter mate van integriteit en moraliteit na die Amerikaanse Kongres te bring waar die afwesigheid van koukusverbondenheid en aksies van lobbies en ander belangegroepe die versoekings geil saai. In Suid-Afrika word die politieke toneel gekenmerk deur oproepe om moraliteit. Die blote nagaan van briefopskrifte aan koerante op die internet toon aan hoeveel skrywers, wanneer hulle oor Cope skryf, hierdie versugting uitstraal.

Page 35: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Heel duidelik het ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse kieserskorps hul vertroue in die integriteit van die regeerders verloor, maar Suid-Afrika staan ook nie alleen nie. Die Nederlandse peiling toon aan dat die hoogste vlak van vertroue in integriteit by amptenare ervaar word, gevolg deur bestuurders, en dan die politici. Uiteraard het die politici nie so volmondig met die amptenare saamgestem dat die integriteitspersepsie by hulle haper nie. Belangebotsings blyk die kern van die persepsieprobleem te wees. Die navorsers meen die wyse waarop sommige politici belangebotsings hanteer, word deur ‘n gebrek aan professionaliteit gekenmerk, terwyl ander naïef optree. Omdat politici dikwels ook in ander lewensfere hul merk maak, hét hulle gewoonlik ook meer belange wat kan bots. Die betrokkenes herken self dikwels nie hulle belangeverstrengeldheid nie, en dit gebeur selde dat verkose verteenwoordigers hulle hieroor aan stemminge onttrek. Onder die bekampingsmaatreëls tel ook ‘n beleid oor geskenke, maar dit blyk dat al hoe meer owerhede integriteitsmaatreëls instel. Hoofbron: Trouw Wonder van, en wonder oor die Skepping Die laaste woord oor die Skepping sal nog nie vanjaar gespreek word nie. Dit is baie duidelik as ‘n mens hierdie onderwerp selfs net vlugtig onder die loep neem. Bykans elke antieke kultuur het ‘n skeppingsverhaal, en in sommige gevalle, soos die Noormanne, is dit duidelik dat daar ‘n fusie van verskillende verhale was, soos ook blyk daaruit dat hulle twee stelle gode gehad het, die Ase wat gode soos Odin en Thor ingesluit het, en die Wane. Lees ‘n mens die Noorse skeppingsverhaal deur die deurmekaarspul wat dit tot gevolg het, kom verskeie ooreenkomste met die Bybel se skeppingsverhaal na vore. Iemand sonder die nodige taalagtergrond en kennis van Semitiese tale sou gou ‘n saak uitmaak dat die eerste mense van die Noorse godsdiens, Askr (die man) en Embla (die vrou) na Adam en Eva sou kon verwys. Die boom van kennis speel ook in die Nordiese weergawe ‘n groot rol, en dan kom die merkwaardige: dieselfde naam vir die boom, Yggdrasil, word ook in die mitologie van Xanadu (wat in China sou wees) gebruik. Ook die skeppingsverhale soos in die Bybel opgeteken dra die kenmerke van migrasie en beïnvloeding. Die eerste skeppingsverhaal dateer uit die tyd van die Babiloniese ballingskap toe dit belangrik was om die Jode te verseker dat God (Elohim) die skepper van alles was, en dat die son en maan skeppings was, nie gode nie. Die tweede skeppingsverhaal is ouer, en dateer uit die tyd van Konings Salomo en Dawid. Dit staan ook as die tuinverhaal bekend. In hierdie verhaal speel die dae nie so ‘n belangrike rol nie, en is van die Sabbat nie sprake nie. Veral hierdie weergawe het heelwat ooreenkomste met die Nordiese. Dit is interessant dat die Nordiese weergawe begin by ‘n antieke koning wat ‘n lang reis onderneem het, en so in die verre lande die kennis oor die gode en die skepping opgedoen het.

Page 36: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Die Nordiese verhale is egter eers baie later opgeteken, nadat dit lank deur ‘n spesiale kuns van geslag tot geslag oorgedra is. Die ironie is dat dié kuns op die vasteland grootliks verlore gegaan het, maar in een van die Noormanne se later kolonies, Ysland, vervolmaak en voortgesit is. Later kon die vasteland se geskiedenis en mitologie deur die Yslandse oorlewering grootliks aanmekaar gesit word. Dit is uiteraard nie net hulle wat lank van mondelinge oorlewerings afhanklik was nie. Ook vir die Israeliete is skrif, weliswaar baie oud, veel jonger as hul werklike geskiedenis. Dat skeppingsverhale eers later opgeteken is, beteken nie dat die verhale lank daarvoor deur mondelinge oorlewering oorgedra is nie. Wie vir wie die meeste beïnvloed het, kan eintlik slegs vasgestel word deur te kon bepaal by wie die verhaal die oudste was, iets wat moeilik is as daar nie geskrewe bronne uit die staanspoor beskikbaar was nie. Baie joernaliste sterf Al is minder joernaliste in 2008 vermoor as in die vorige jaar, bly dit wêreldwyd ‘n gevaarlike beroep, aldus die organisasie, Reporters without Borders. Altesaam 60 joernaliste het verlede jaar in werksverwante omstandighede omgekom. Hoewel die meeste joernaliste in Asië vermoor is, is verreweg die meeste joernaliste wat gearresteer is, 263, in Afrika aangekeer. In die Amerikas is 414 fisies aangeval of gedreig, en 16 ontvoer. Die voorkoms van aksies teen joernaliste reflekteer ongeveer die politieke en misdaadklimaat. In Afrika spook verskeie lande soos Eritrea, Zimbabwe en van die Arabiese lande om so laag as moontlik op die persvryheidsindeks te kom, en hou die arrestasies gereeld met institusionele beperkings op persvryheid verband. In die Amerikas, veral in die Latyns-Amerikaanse lande waar dwelmkartelle ‘n beergreep op sake hou, is aanrandings, dreigemente en ontvoerings van joernaliste weer ‘n groter turksvy. 2008 Killed Arrested Physically

attacked or threatened

Media outlets censored

Kidnapped

Africa 3 263 117 41 9 Asia/Pacific 26 60 106 70 0 Americas 7 127 414 72 16 Europe/Ex-USSR 8 86 168 79 0 Maghreb/Mid-East

16 137 124 91 4

Total 60 673 929 353 29 Die jonste syfers soos op 13 Desember 2009 is:

71 journalists killed

0 media assistants killed

171 journalists imprisoned

10 media assistants imprisoned

Page 37: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

99 cyberdissidents imprisoned

Engels het al amper 'n miljoen woorde 31 Des 2008 Die Rooi taal, Engels, gaan vanjaar sy miljoenste woord kry. So sê die Global Language Monitor wat in Austin, Texas, gesetel is. Die datum waarop hierdie mylpaal gehaal gaan word, is bereken op ongeveer 29 April 2009. Engels se woordeskat is soos dié van Afrikaans, uit ‘n groot verskeidenheid tale geneem, en Afrikaanssprekendes sal dus ook nie verbaas wees om woorde soos “stoep”, “veld” en “coal slaw” in sekere weergawes Engels te sien nie. Die woord “shampoo” kom weer uit Hindi, waar dit kopmassering beteken, maar in sy weg na Engels ‘n eeu na dit die eerste keer in 1762 opgeteken is, beteken het om hare te was, en daarna na die seep verwys het waarmee die hare gewas word. Hoofbron: Christian Science Monitor Israel en Hamas - die uiteinde? Ouer bronne beskryf die land wat nou as Israel bekend staan voor 1882, toe Joodse immigrasie in erns begin plaasvind het, as ‘n yl bevolkte en verwaarloosde gebied. die Jode het toe 24 000 siele beloop. Toe die Jode hierna begin instroom, was daar ook ‘n instroming van Arabiere. Die bevolking het in minder as ‘n halwe eeu van sowat 100 000 sesvoudig toegeneem. In 1947 het die VN ‘n verdeling van Palestina tussen ‘n Joodse en ‘n Palestynse staat vasgestel, maar dit is deur die meerderheid Arabiere verwerp. Toe Israel op 14 Mei 1948 tot stand kom, het die eerste Israels-Arabiese oorlog uitgebreek. Na afloop van die oorlog was daar geen sprake van ‘n Palestynse staat nie aangesien Jordanië die Wesoewer by sy eie grondgebied ingelyf, en Egipte die Gazastrook by syne. Dat daar vandag weer sprake van ‘n Palestynse owerheid is wat oor ‘n eie grondgebied regeer, is ironies hoofsaaklik aan Israel te danke. Met die Camp David-beraad is die Palestynse kwessie grootliks na bylaes “verban” en sou nog verskeie taai toffies oplewer. In die geskiedenis tot dusver was nie Israel, die Arabiese bure of die Palestynse hande altyd skoon nie. Verskeie van die Palestynse terreurgroepe, soos Swart September, het met skrikwekkende internasionale terreurdade behoorlik aandag getrek. Uiteindelik is die oorkoepelende Palestynse beweging, die PLO, min of meer gepasifiseer en het ‘n owerheid op eie grondgebied tot stand gekom hoofsaaklik gelei deur die Fatah-beweging. Intussen het die Iranse rewolusie gebou rondom Moslem-radikalisme, plaasgevind, en verskeie fundamentalistiese groepe met terreuragendas het wêreldwyd tot stand gekom, met Hamas hoofsaaklik in die Gazastrook gesetel. Hamas se getrouste bondgenoot is Iran. ‘n Siening dat dit hier in hoofsaak ‘n godsdienstige oorlog met Christen- en Joodse sentimente aan die een kant, en Moslembelange aan die ander kant, is simplisties. Sowat 15 persent van die Palestyne is Christene, terwyl bykans die helfte van Libanon se inwoners Christene is. Ook Sirië, Irak en Egipte het betreklike groot

Page 38: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Christengemeenskappe. Daarteenoor is die Moslembure ook godsdienstig verweef tussen sektes soos die Soenniete, die Sjiïete, en subgroepe soos die Alawiete. Ook die Christengemeenskappe is uiters heterogeen, van Kopties, Falangisties, Rooms-Katoliek, Oosters-ortodoks, Armeens, en les bes Aramees. Uiteindelik speel dit hom hoofsaaklik op ‘n etniese, en nou magstryd uit. Drie groot streekmoondhede oorheers nou die toneel – Turkye (wie se besit dit in die Ottomaanse era was), Iran en Israel. Nie een is, ironies, Arabies nie. Die Arabiese bure is egter nie onbetrokke nie, hoewel elkeen weens Israel se militêre slaankrag, erg blootgestel sou wees om byvoorbeeld self as aggressors op te tree. Israel hoef byvoorbeeld net daarin te slaag om ‘n paar belangrike damme die lug in te blaas om bykans die hele Egiptiese, Siriese en Irakse bevolkings weg te laat spoel. Op die raastoneel is dit egter ‘n ander saak. In die Libies-opgestelde mosie voor die VN se Veiligheidsberaad is byvoorbeeld probeer om Israel vir sy optrede in die Gazastrook te veroordeel sonder om na die Hamas-agressie (vuurpylaanvalle op burgerlike teikens in Israel te verwys) wat nog steeds voortduur. Aanvanklike opportunistiese stemme van veroordeling uit Europa, is gesmoor deur die Unie se amptelike beleid dat Hamas ‘n verklaarde terreurorganisasie is wat eers sy aggressie teen Israel moet staak. Palestynse kenners wys daarop dat Hamas, soos baie voorgangers, die mening huldig dat die Israelies, meestal stedelinge, saf en gestroop van morele vasbyt is, en dat volgehoue terreur die staat Israel sal laat kapituleer. Om dus permanent van terreuraanvalle op burgerlikes af te sien, val buite die denkraamwerk van Hamas se heethoofde. Israel weer, na jare se saamleef met die bedreiging, sal dus deeglik bewus wees van hierdie uitgangspunt, en waarskynlik argumenteer dat die enigste manier om dit die nek in te slaan, is om dit behoorlik nek om te draai. Hamas het waarskynlik die wêreldmening oorskat, asook sy eie rol as internasionale muishond onderskat. Dit het, ten regte, geargumenteer dat die Israelies teenspoed te wagte kan wees deur burgerlike teikens – veral vroue en kinders – te tref, en daarop gereken dat die wêreld sou vergeet dat dit ‘n ou bekende taktiek van Hamas is om juis hierdie mense as menslike skilde te gebruik. Vir Suid-Afrikaners, wat onder die ou bedeling gewoond was dat Israel se kant bykans blindelings gevat sou word, is dit stellig ‘n aanpassing om nou ‘n ander benadering in aksie te sien, wat aanvanklik deur die Pahad-broers ingelui is, en wat nou die denke by Buitelandse Sake bepaal. Selfs Cope het in sy reaksie bykans naatloos ‘n ANC-weergawe gegee, met die welkome uitsondering dat Hamas ook vir die sy aandeel geblameer word. Tensy Hamas van sy verklaarde doelwit afsien om die staat Israel te vernietig, is die enigste oplossing ongelukkig ‘n militêre een – een waar daar nie vir beide Hamas en Israel plek is nie. Wat en hoe Israel dinge doen, word bykans uitsluitlik deur strategiese militêre oorwegings bepaal. Om selfmoordbomaanvallers te probeer uithou, word ‘n baie lang muur gebou, en die roete van die muur word ewe-eens deur strategiese oorwegings as deur “lastighede” soos privaat eiendom en grense bepaal.

Page 39: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

So moet Sirië ook min of meer vrede maak daarmee dat hy die Golanhoogland kwyt is. Israel kan dié hoogte, vanwaar baie maklik teikens in Israel getref kan word, nie in vyandige hande laat nie. Vrede is moontlik, maar ‘n vreedsame vrede in plaas van ‘n vrede oor geweerlope lyk onwaarskynlik. Guantánamo Bay Stel Obama se beloftes oor Guantánamo wêreldsekuriteit in gevaar? (Die ontriming van die aanhoudingsgeriewe is intussen uitgestel) Die aangewese president van die VSA, Barak Obama, het aangekondig dat hy “gou” die bekende, of dalk eerder, berugte terroriste-aanhoudingskampe in Guantánamo Bay, Kuba gaan sluit. Baie Suid-Afrikaners assosieer Guantánamo Bay trouens hoofsaaklik met die kampe, en nie die vlootbasis wat eintlik die rede vir die bestaan van hierdie eiesoortige basis op Kuba is nie. Aanvanklik is die gebied bekom as steenkoolaanvullings- en waterverskepingspunt vir skepe te dien, maar het na ‘n verdrag in 1934 ‘n meer militêre karakter aangeneem. Die basis se doel is nou hoofsaaklik om as logistieke en strategiese basis vir die Amerikaanse Atlantiese vloot te dien en ‘n basis vanwaar dwelmhandel in die Karibiese See bekamp word. Die VSA het die vlootbasis in 1903 bekom toe die VSA sowat 45 vierkante myl by die destydse Kubaanse regering begin gehuur het. Vandag is dit die oudste Amerikaanse vlootbasis buite die VSA, en die enigste in ‘n kommunistiese land. Die basis het bly voortbestaan selfs te midde van die stormagtige geskiedenis tussen die VSA en die bewindsoorname van Fidel Castro, en selfs die missielkrisis tydens John F. Kennedy se presidentskap. Baie personeel en hul familielede is wel tydens die krisis ontruim, maar het daarna weer teruggekeer. In 1994 het Castro die water- en kragvoorraad na die basis afgesny uit weerwraak vir die VSA wat Kubaanse vissersbote beboet het wat in Florida se gebiedswaters visgevang het. Vandag pryk windkragturbines oral oor die basis, en is die basis wat water en krag betref, selfvoorsienend. Sowat 17 miljoen liter vars water word daagliks by die ontsoutingsaanleg beskikbaar gestel, en 800 000 kilowatt elektrisiteit per dag word opgewek. Die oprigting van omstrede plekke van aanhouding hou verband met die handves van menseregte wat op Amerikaanse bodem geld, en wat nie werklik voorsiening maak vir die eise om doeltreffend teen terreurgroepe soos Al Kaïda op te tree nie. In die praktyk word die gevangenes egter ook nie aan die Kubaanse regsreëls onderwerp nie, en in 2006 het die Amerikaans hoogste hof (Supreme Court) beslis dat die gevangenis aan die minimum-reëls van die Geneefse Konvensie onderwerp moet wees. By baie dwars oor die wêreld en ook in die VSA bly die aanhoudings- en ondervragingsmetodes in die kampe (daar is verskeie op die basis) ‘n steen des aanstoots, en Obama het hom ook hieroor uitgelaat, en so vir sy komende administrasie ‘n lat gepluk. Die vraag is hoe Amerikaanse, en selfs die wêreld, se veiligheidsbelange steeds verseker kan word as doeltreffende metodes daarteen nie ingespan word nie? Dit handel onder meer oor die verkryging van veiligheidsinligting, die beskerming

Page 40: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

van bronne, die uithou van gevaarlike elemente uit sirkulasie en doeltreffende ondervragingstegnieke. Een opsie is byvoorbeeld om aangehoudenes uit Afganistan na Afganistan terug te neem en dat die proses daar, in terme van Afgaanse reg voortgesit word, terwyl ander meen die Amerikaanse reg is wel robuus genoeg hiervoor. Min veiligheidskenners stem egter hiermee saam, en probeer eerder ‘n verwordingsproses in aanhouding en verhoor bewerk. Hulle meen, gegewe die trant van Obama se verkiesingsbeloftes oor menseregte in die algemeen, sal dit nie deug om die proses op Amerikaanse bodem te probeer voortsit nie. Menseregteaktiviste meen egter die huidige stelsel kan nie reggedokter word nie, en moet geskrap word. Intussen is dit duidelik dat van die aangehoudenes om baie goeie redes aangehou word, en dat wêreldveiligheid baat daardeur dat hulle uit sirkulasie is. Kla Hamasleiers by internasionale strafhof aan In ‘n oorlog is die eerste slagoffer die waarheid. Die kuns van propaganda is om inligting in die een party se guns so geloofwaardig as moontlik te laat voorkom. Hierdie proses begin lank voor die skietgedeelte van die oorlog wanneer probeer word om ‘n klimaat te skep waar bykans enigiets slegs van die opponent geloofwaardig sal voorkom. Heel duidelik meen die radikale Moslems dat so ‘n posisie met Israel nou bereik is. Die pikante is dat nou geëis word dat die Israelse leiers nou voor die internasionale strafhof in Den Haag gedaag moet word – komende min of meer uit dieselfde kringe as diegene wat so verbete keer dat president Al Bashir van Soedan vir misdade teen die mensdom oor vergrype in Darfur tereg moet staan. Die derms oor Israel se oortredings en beweerde oortredings is al behoorlik uitgeryg, maar wat gebeur as Hamas se leiers aan die internasionale strafreg gemeet word?

• Die afvuur van vuurpyle op die burgers van ‘n soewereine, onafhanklike staat, en die tref van burgerlikes en burgerlike teikens

• Die smokkel van dodelike wapens oor internasionale grense • Versuim om die bestaansreg van ‘n internasionaal-erkende soewereine

staat te erken, en trouens, dit as oogmerk te hê om daardie staat te vernietig

• Die gebruik van burgerlikes as skilde teen regmatige strafaksies, soos om ‘n bevelsentrum in ‘n hospitaal in te rig, en vuurpyle van skoolterreine af te vuur.

Terwyl daar meningsverskille kan wees oor bykans elke aspek van Israel se optrede, is Hamas se optredes duidelik onregmatig. Sou Israel (of enigiemand anders) egter droom om Hamas-leiers voor die Internasionale Strafhof aan te kla, sal die duiwel behoorlik los wees. Die klimaat teen Israel is so gelaai dat bykans enige “onthulling” oor iets wat Israel doen, “skokkend” aangebied word. Pas het Noorweegse hulpdienswerkers in Gaza “onthul” hoe Israel die “gevreesde” DIME bomme gebruik het, iets wat kenners anders beskryf omdat dit minder sterftes veroorsaak. Dit sou natuurlik ‘n

Page 41: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

ander saak wees as Israel die oorlog onnodig uitrek om nuwe Amerikaanse wapens vir die Amerikaners te toets. Dis ‘n bietjie dik vir ‘n daalder aangesien Amerika self in genoeg konflikte betrokke is om wapens self te toets. Die gebruik van stringers om gelaaide berigte in gesaghebbende publikasies geplaas te kry, is uiters gesofistikeerd, en die berigte dat Iran van Somaliese seerowers gebruik maak om wapens vir Hamas te smokkel, val waarskynlik hieronder. Die seerowers is bykans almal se vyand, en as hulle dan vriende met Hamas en Iran is, sal dit beide Hamas en Iran se beeld skaad – so sou die logika gaan. Normaalweg sal dit moeiliker wees om ‘n vermeende stringer-berig te identifiseer. Veel eerder sal ‘n mens berigte begin bemerk wat op die gevare van die fundamentalistiese Islam wys (en selfs die gematigde ophemel), dit sal artikels deur akademici wees wat op die besondere sentiment van die heilige land vir die Christene sinspeel, onaanvaarbare gedrag deur Hamas-leiers en meelopers sal skielik met die nodige bewysmateriaal by joernaliste begin beland. Selfs leiers in ander lande wat simpatieke uitlatings oor Hamas gemaak het kan skielik vind dat geraamtes uit hul kaste skielik op koerante se voorblaaie sal pryk. Vyand deur assosiasie kom meer dikwels voor. Met die geallieerde magte se inval in Irak het Sadam se magte by herhaling Scud-missiele op Israel afgevuur, selfs al sou dit tot die toetrede van nog ‘n gedugte vyand lei. Sadam het goed geweet die oomblik dat Israel reageer, sal dit die Moslemwêreld teen die geallieerdes draai. Die geallieerdes het dit self aangevoel en by Israel gepleit om nie strafaksies te onderneem nie. Hamas se bondgenote probeer nou ook om Israel teen ander Arabiese lande te laat optree, in die geloof dat dit tot ‘n volskaalse Moslem-Israel-oorlog sal lei. Hizbolla vuur dus met tussenposes, tot die ontsteltenis van die VN se vredesmagte, vuurpyle uit Libanon af. Intussen was daar berigte van vuurpyl- of mortieraanvalle vanuit Sirië en Jordanië. Israel het bykans geen ander verweer nie as om, wanneer hy reageer, dit heftig op die terroriste se gasheerlande te doen dat dit vir die gasheerlande ‘n te groot prys word om te betaal, en hulle die terreuraktiwiteite van hul grondgebied af probeer hokslaan. Nuwe Bybelvertaling ‘n Nuwe Bybelvertaling! Dalk in ‘n skaars taal uit Afrika of Borneo? Nee, uit Nederland. Hier het ‘n Biebel die lig gesien, en 35 jaar lank het vrywilligers daaraan gewerk om die Bybel in die taal van Groningen te vertaal. En uiteindelik was die werk van die “vertoalers” uiteindelik “kloar” en kon ‘n Grunneger Dainst gehou word. So is dit op Liudgerstichten Bijbel en Laidbouk in t Grunnegers op die internet aangekondig. In 1973 wer begund mit t overzetten van Biebel in t Grunnegers. Insteld deur Culturele Raad van de Provincie Groningen gingen doar twij waarkplougen mit aan gaang: ain veur t Olde en ain veur t Nije Testement. ‘n Eerste oplaag van drieduisend is uitverkoop.

Page 42: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

En so sou Jesaja van die preekstoul klink as hy Gronings gepraat het: ’Wolf en laam verkeren mit nkander, koukaalf en laiwejong vreten gras mit zien baaident op vetwaaide: n leujong kin der wel op pazen. Koubaist en berewiefke worden kammeroadskes, laankoet liggen heur jongen bie nkander, laiw vret hooi net as os. n Lutje potje zit te speulen bie adder zien hool, n beudeltje stekt haand in slaang zien nust.’ En so sou dit klink as ‘n mens wou vermaan: “Kom tot bekering want die Konkryk van die Hemel is naby.” ’Mensken, begunt n nij levent. t Hemels Keunenkriek is stoefbie.’ En al word “Grunnegers” as een van verskeie dialekte beskou wat in Nederland en die naasliggende Duitsland gepraat word, is daar tog skuins gebrom toe dit lyk of ‘n prediker uit Friesland by die prekery by die vieringe betrokke sou wees. Friesies is ‘n heel ander taal, en aan die Skandinawiese tale verwant. Eers toe dit blyk die prediker is in Groningen gebore is die gebrom laat vaar. Hoofbron: Trouw Kontemporêre beoordeling van die Gelofte

Deel 1: Onderweg na ‘n Gelofte In Piet Retief se manifes wat hy in die Grahamstown Journal gepubliseer het word die redes vir die Groot Trek aangedui. Die redes kom baie met dié van vandag ooreen: Misdaad wat plaasmoorde insluit, owerheidsoptredes wat behoorlike selfverdediging moeilik maak, die blaam wat op ‘n onregverdige wyse op die boere gepak word met die gevolg ‘n land waarin daar geen vooruitsig meer bestaan op die geluk of vrede van hul kinders nie. Die mite dat die boere getrek het omdat slawerny afgeskaf is, word ook in die manifes belig: In die land waar hulle gaan bly sal regverdige beginsels van vryheid gehandhaaf word en geen slawerny sal geduld word nie. Hulle sal geen volk beroof of lastig val nie, maar indien hulle aangeval word sal hulle nie aarsel om hulle teen elke vyand te verdedig nie. Misdaad sal onderdruk word en daar sal ‘n behoorlike werkgewer – werknemerverhouding wees. Retief se manifes is ook deurdrenk met sy geloof in God. In feitlik identiese omstandighede as wat Retief skets, tree Afrikaners vandag verskillend op en dit kan gesien word nie net aan waar oral in die wêreld vandag Afrikaans gepraat word nie, maar in welke verskillende politieke partye Afrikaners hulle vandag bevind. ‘n Gemene deler van hierdie mense is dat hulle, soos Retief, glo wat hulle doen is in die beste belang van hul kinders. Geen ouer wil hê sy kind moet vermoor, of op ‘n ander wyse die slagoffer van misdaad word nie. Hy wil ook sien dat sy kind die geleenthede waarvoor die ouer hard gewerk het kan benut, en nie die slagoffer word van die vrypas wat ‘n ander oor sy kleur of politieke affiliasies kry nie. Die Afrikaner is vandag weer op trek. Soos destyds met die verskillende trekgeselskappe waarvan sommiges hoogs riskante trektogte die onbekende ingevaar het, is daar vandag ook trekke in verskillende geografiese en geestelike rigtings. Een trekgeselskap het in geheel weens aanvalle en malaria en ander onbekende siektes verdwyn. Soos destyds sit heelwat van die onderskeie leiers nie langs dieselfde vuur nie.

Page 43: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Wat hulle in gemeen het was hul geloof in God en die wete dat hulle anders is – soos Retief dit gestel het – aan heilige grond gebind is. Ongeag die benadering wat Afrikaners vandag volg, moet hulle kennis neem van die lesse uit die geskiedenis, en die vernaamste les is: Ongeag hoe sake dan lyk, vertrou in God en soek om Sy wil te doen.

Deel 2: Aanloop tot die Gelofte

As Afrikaners vanjaar se nuuswaardighede in oënskou moet neem sou die misdaadsituasie, Malema se woeste uitsprake en die komende sokker-wêreldbeker sekerlik uitstaan. Die kritiek waaronder boere opnuut vir onder meer die sogenaamde mishandeling van hul werkers moes deurloop het egter ook baie aandag getrek. Die hoof-aanhitser was voorheen ‘n adjunk-minister wat Afrikaans as huistaal gebruik het. Dat die bewerings slag om slag weerlê is, het die adjunk-minister egter nie verhinder om by herhaling sy aannames op te rakel nie. Vir die voornemende Trekkers was dit nie anders nie. Andries Stockenström, wat as luitenant-goewerneur die goewerneur in die grensgebied verteenwoordig het, het ook verslag op verslag oor die verslegtende omstandighede ontvang, en tog die boere gemaan om nie die, soos hy dit gestel het, dwaasheid van die trek aan te pak nie. Veel erger was egter die invloed van veral sendelinge, waarvan baie niks anders as negrofilistiese menseregteaktiviste was nie. Soos daar vandag gereeld gehoor moet word dat swart mense per definisie nie rassiste kan wees nie, is die indruk destyds ook gewek dat nie-wittes eers gelyk sou wees wanneer hulle meer gelyk as die wit bevolking sou wees. Die edel barbaar kon per definisie nie ‘n voet verkeerd neersit nie. Vanuit hierdie geledere is die een smeerveldtog na die ander op die boere geloods, en omdat dit uit sendeling-geledere gekom het, is dit dikwels oorsee geglo. Hierdie situasie sou ‘n volk in wording waarvan die Christelike godsdiens nie so kernagtig gewortel was nie, se geloof laat wankel het. Die werklikheid het ietwat anders gelyk. Louis Trichardt, byvoorbeeld, het op grond geboer wat hy van die Xhosa-hoofman, Hintsa gehuur het. Hy het eers hier verkas toe daar oorlog tussen Hintsa en die Britse regering uitgebreek het. Verder was die Trekkers geen barbare nie. Trichardt het byvoorbeeld behoorlik dagboek gehou, maar die duidelikste demonstrasie dat dit hier om beskaafde mense gehandel het, was die sentrale plek wat die Bybel ingeneem het. So skryf die reeks, Drie Eeue, oor die voorbereiding vir die Trek: Die gereelde daaglikse huisgodsdiens is van baie groot belang en het die trekkers bewaar van verval. Dit is die grondslag van hul beskawing....In die huis neem hierdie boek die ereplek in, en op die trek sal dit ook nie minder die geval wees nie.” Die impak van die sendelinge was egter so groot dat die eerste grondwet wat die Trekkers in 1837 aangeneem het, onder andere bepaal het dat hulle niks te doen sou hê met Engelse sendelinge nie. Piet Retief is by dieselfde geleentheid tot goewerneur verkies, en Erasmus Smit, eintlik ‘n arm en sieklike sendeling, tot predikant van die trekkers. Met sy inhuldiging het Retief onder meer gesweer dat hy die Christelike geloof sou beskerm. Hierdie onderneming kwalifiseer ook as

Page 44: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Gelofte, en kan in baie opsigte as voorbereidende Gelofte beskou word vir die een wat Afrikaners op 16 Desember herdenk. Die integrale deel van ‘n kerkleier in die Boere se vryheidstrewe het later ook geblyk toe die Vrystaatse regering op die slagveld tydens die Anglo-Boereoorlog uit ‘n driemanskap bestaan het – pres. M.T. Steyn, genl. Christiaan de Wet en Vader Kestell. Dat die gelowige trekkers hulle in ‘n situasie van nood ‘n Gelofte sou maak, was ‘n feitlike onvermydelike. Net so belangrik is dit dat Afrikaners vandag steeds, ongeag al die aanslae, hul Christelike geloof koester en aan hul nageslag oordra – maar ook nooit die sendingtaak versaak nie.

Deel 3: Die Gelofte

Wanneer aan die slag van Bloedrivier gedink word, word aan ‘n stryd teen ‘n oormag gedink. In die Voortrekkerlaer was 468 Voortrekkers, drie Engelse onder wie Alexander Biggar wat die dood van sy seun kom wreek het, sestig swart soldate van Biggar en ‘n onbekende aantal bruin en swart bediendes. Die swart soldate is blykbaar deur die Engelse in Port Natal as skerpskutters opgelei om deur jag die nedersetting van vleis te voorsien. Die bediendes het ook ‘n noodsaaklike rol vervul omdat elkeen van die Voortrekkers ‘n paar voorlaaiers gehad het, en die bediendes kon help laai. Aan die kant van die Zoeloes het sowat tienduisend vegters aan die aanval deelgeneem. In die aanloop tot die slag is die Voortrekkers van verskeie van hul leiers gestroop – Piet Retief wat saam met sy afvaardiging deur Dingaan in sy hoofstat vermoor is, Piet Uys wat saam met sy seun, Dirkie, dapper teen ‘n oormag ondergegaan het, en Gerrit Maritz. Andries Pretorius het pas uit die kolonie by die Trekkers aangesluit, en is tot Hoofkommandant verkies. Pretorius het dadelik improvisasies ingevoer, soos om ‘n aantal waens saam te neem wat as forte kon dien eerder as die kwesbare perdekommando’s. Veghekke is ook aangebring, sodat daar nie elke keer doringtakke gekap hoef te word nie. Die veghekke het dit moontlik gemaak om in ‘n oop terrein wat sonder doringbome was die finale slag te lewer, waar die Voortrekkers die vyand oor ‘n lang afstand kon sien aankom. In die aangesig van so ‘n oormag, het die Trekkers die Gelofte afgelê. Ook vandag ervaar Afrikaners die sensasie van ‘n oormag. Om enkeles toe noem: Die grondwet waarborg taalregte, maar Pansat, ‘n taalwaghond ingestel ingevolge die grondwet, hou steeds vol dat die owerheid self die grootste oortreder van die taalbepalings is. Die ANC se leiersverkiesings wat in beginsel ook die land se nuwe president oplewer, word ewe-eens dikwels met agteloosheid begroet. Hoewel daar Afrikaners lid van die ANC is nie, sal hulle ‘n onbeduidende invloed binne dié organisasie uitoefen. Menslik gesproke, teen so ‘n oormag en ‘n beleid van regstellende aksie is die Afrikaner tot ondergang gedoem.

Page 45: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Vandag mag Afrikaners in politiek en staatkunde verskil oor wat in die beste belang van die volk is – maar daar moet noodwendig een gemene deler wees – die geloof en vertroue in God. Al het Pretorius skitterende krygsvernuf aan die dag gelê, kan die Goddelike ingryp nie misgekyk word nie. Op sy eenvoudigste, toe die Voortrekkers sowat 3 000 van die tienduisend aanvallers doodgeskiet het, was hul ammunisie bykans op. Sou die aanvalsmag nie op die vlug geslaan het toe Pretorius ‘n groep ruiters uitgestuur het om hulle op die vlug te laat slaan nie, kon die laer sonder ammunisie voor ‘n oormag wat steeds groot was geval het. Die lanterns wat Pretorius aan lang stokke buite die laer laat vasmaak het, het die nag in die mistigheid ‘n spookagtige effek gehad wat die Zoeloes laat besluit het om in die dag aan te val – waar hulle oor ‘n groter afstand maklike teikens was. Die geskiedenis leer dat Christene nie altyd kry wat hulle in daardie stadium gedink het die beste belang van God sou dien nie. Die Christene wat in Nero se tyd en ander tye van vervolging as martelaars gesterf het kon stellig nie destyds verstaan waarom dit moes gebeur nie. Vandag kan teruggekyk word en gesien word dat dit moes gebeur om Christene uit hul gemaksone te haal en die wêreld in te versprei om die evangelie te versprei. Sonder ‘n vaste geloof in God sal enige volk wat onder druk kom in wanhoop verval. Met God kan die volk hom op sy Skepper beroep. Nie net kan nie, hy moet bid sonder ophou. Die volk kan selfs duursame Geloftes maak sonder om God te probeer afpers om te maak soos ons wil hê Hy moet maak. Hiervoor het Christus self aan ons die voorbeeld gestel: As dit U wil is, laat hierdie beker by My verbygaan. Maar nogtans nie My wil nie, maar laat U wil geskied. Dit beteken egter nie ons is fatalistiese passasiers op ons lewenspad nie. Met God aan my sy loop ek immers ‘n bende storm. Dan ken ons geen oormag teen ons nie. Ons durf nie uit die oog verloor dat God ook aan ons beloftes maak nie. God bewys immers liefde tot in die duisendste geslag van die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou. En soos ons uit Retief se manifes voor sy vertrek uit die Kolonie gesien het – die Voortrekkers het gedink in terme van wat hulle geglo het die beste belang van hul kinders - hul nageslag – sou wees.

Deel 4: Die Gelofte en vandag

As ‘n mens vandag na die kalender sou kyk, is daar behalwe op die kalenders van sommige kerke, geen Geloftedag meer op aangedui nie. In die plek daarvan staan Versoeningsdag. Beteken dit dan dat Geloftedag self ook nie meer bestaan nie? Die blote feit dat ook Hemelvaartdag op die kalender van ‘n sekulêre staat verdwyn het, beteken egter nie dat daar geen Hemelvaartdag meer vir Christene is nie. Trouens, dit is ‘n oop vraag of die Kersfees wat ons vandag in Suid-Afrika ervaar, en toenemend met ‘n “Happy Holidays” op TV en elders gevier word, iets met die Christene se Christusfees gemeen het. Trouens, ons hoor al meer dat om Christus aan Kersfees te koppel, aanstoot aan nie-Christene gee. So word die Christen-Afrikaner al hoe meer ‘n vreemdeling in sy eie land.

Page 46: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

Enkele jare gelede, ingevolge ‘n gebruik in die nuwe Suid-Afrika, het Versoeningsdag se vakansiedag op die 17de geval, omdat die 16de op ‘n Sondag geval. Die ironie is dat die opstellers van die Gelofte juis met hul siening van viering soos ‘n Sabbat, die Sondaggebruike in gedagte gehad het. Trouens, die slag van Bloedrivier het op ‘n Sondag plaasgevind ongeag die Trekkers se pogings om nie die slag op ‘n Sondag te laat plaasvind nie. Ons keer weer vlugtig na Retief se aflegging van sy eed as verkose goewerneur van die Voortrekkers terug. Benewens sy eed dat hy die Christelike geloof sou aanhang en deel van die Voortrekkerstaat sou maak, het hy dit ook gekwalifiseer met die Kategismus en geloofsartikels van die Nederduits Gereformeerde Kerk. Om gereformeerd te wees, beteken om deurlopend die Wil van God in die lig van die Skrif te soek. Dit is ‘n onvoltooide proses. Dit is dus heel gepas dat ons elke jaar Skrifgetrou bestekopname oor hierdie belangrike dag doen. Trouens, die gebruik om dit jaarliks te gedenk het eers van 1864 af, toe die eerste volksfees op die terrein gehou is, posgevat. Wat binne gereformeerde tradisie onveranderd bly, is die afhanklikheid van en geloof in God, en daarom gehoorsaamheid aan God. Dit is niks anders nie as om met God te versoen. Die Christen – as uitvloeisel van die opsomming van die Tien Gebooie, verstaan dat liefde vir die medemens onvolledig is as die liefde vir God ontbreek. Daarom, so glo die Christen, is nie net Versoeningsdag nie, maar elke dag en veral die Christelike dae, Versoeningsdag. Hierdie gedagte staan ook nie in teenstelling met die Gelofte of die slag van Bloedrivier nie. In die laer het immers wit, swart, Voortrekker en Engelsman naas mekaar teen die uitdelgingsmag van Dingaan geveg. Ouer bronne dui aan dat daar ongeveer 450 swart en bruin mans in die laer was, amper net so veel as die Voortrekkers self. Hoewel die mag van hierdie moordmasjien nie met die slag van Bloedrivier vernietig is nie, het die veiligheidsituasie in Natal en elders so verbeter dat talle ander swart stamme wat daar vervolg is, uit hul skuilplekke gekom het. Een bron beskryf dit selfs as dat hulle uit hul gate gekruip het, so vreesbevange was hulle vir Dingaan se moordende impi’s. Indien Geloftedag gestroop word van die politieke misbruik waaraan Geloftefeeste dikwels met ellelange politieke toesprake misbruik is, bly ‘n blink diamant vir die Afrikaner oor. Dit maak die Afrikaner een van min volke wat sy lotsbestemming met ‘n Gelofte aan God gebind het. Dit is geen las nie maar ‘n kosbare snoer. In ‘n land waar die Oppergesag van God nie in die grondwet erken word nie, beteken dit allermins dat ‘n volk ook sy lotsbestemming volledig op menslike skeppinge moet toevertrou. Net meer as vyftig jaar gelede het Amerikaanse Christene daarin geslaag om die woorde “In God we trust” op onder meer hul geldnote te laat aanbring, iets wat nie-Christene bitter ongelukkig stem. Die Gelofte beteken vir die Afrikaners dat hulle op hul harte geskryf het: Ons vertrou op God. Om dapper te wees, beteken immers nie dat mens geen vrees ken nie. Dapperheid beteken om vrees te ken maar dit te oorwin. Net so beteken vaste

Page 47: Enkele Historiese Grepe Van 2009 Uit Die Openbare Oog

geloof om terugslae te ervaar en selfs tot die dood toe beproef te word, maar steeds nie in geloof te wankel nie. Die Gelofte My broers en mede-landgenote, hier staan ons nou voor ‘n heilige God van hemel en aarde om ‘n Gelofte aan Hom te maak, as Hy met Sy beskerming met ons sal wees, en ons vyand in ons hande sal lewer sodat ons hulle oorwin; dat ons elke jaar hierdie dag as dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n tempel tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons dit ook aan ons kinders sal vertel dat hulle met ons hierin deel ter gedagtenis aan die toekomstige geslagte. Want die eer van Sy Naam sal hierdeur verheerlik word, en dat die roem en eer van die oorwinning Hom toekom.