4
God is goed! www.vcsv.co.za / [email protected] / 021 887 0212 Hoop is een van die skaarste emosies van ons tyd – alles klink so hopeloos. Is die doel daarvan om ’n kind van God te wees nie júis dat ons die draers van hoop in die wêreld sal wees nie? Waarvoor moet ons hoopvol wees? Waar is God in óns omstandighede? As ek sê: “God is goed en alles wat goed is, is van God.” Hoe voel jy oor dié stelling? Wat gebeur in jou hart en gees? Kom ons kyk of ons antwoorde in die Woord kan kry. Kom ons lees ‘n gedeelte saam: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, ...” (Efesiërs 1:18). Paulus het dié gedeelte geskryf terwyl hy in die tronk was; Christene is vermoor en selfs die kerk van die tyd het veroordeel wat Christene gedoen en gesê het. Dit was ‘n tyd van misverstande, verwerping – ’n tyd van hopeloosheid. in partnership with eNuus Junie 2019 John Mahews Dan skryf hierdie man dié woorde aan sy medegelowiges in Jesus Christus: dat hulle (geestes)oë sal oopgaan om te sien wat hoop is, en wat hulle kan bring na ’n wêreld wat lyk asof daar geen hoop is nie. Is ons gefokus op Jesus Christus en sy verlossingswerk, of op ons omstandighede? God is goed: “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, ...” (Jakobus 1:17a). Hoop is om te fokus op God se goedheid en nie op ons omstandighede nie – omstandighede verander, God is konstant. Kom ons herinner mekaar aan die goeie in die lewe, vertel ander van die positiewe ervarings en belewenisse wat ons saam met God beleef – kom ons onthou, God is goed! Ons is die draers van die goeie nuus: Jesus Christus het gekom, sodat ons weer in ‘n verhouding met God kan staan! Gracefest 2019 Elke graad 12-leerder beplan vir, en droom daarvan, om aan die einde van hul skooljaar ‘n slag te kan asemskep. Nóú het jy die geleentheid om ’n wonderlike – enig in sy soort – wegbreekvakan- sie mee te maak! Wat kan jy verwag? ’n private club in ’n bos aktiwiteite te kies en te keur: van boogskiet tot surfing lesse kampvure op die strand sprekers en gesprekke oor interessante onderwerpe ‘n house band vir die regte vibe! ’n DJ om van te droom verblyf: kampgeriewe, huisies en meer Jy wil nie hierdie geleentheid misloop nie! Wees daar! 2-6 Desember 2019, TO Strand Resort, KwaZulu-Natal Kontak: Hayley – 021 887 0212 of [email protected] vir meer besonderhede en besprekings.

eNuus Junie 2019 - VCSVvcsv.co.za/.../uploads/2019/07/final-Newsletter-June-2.pdfBainskloof Hayley Dreyer R R R301, Bainskloofpas, 13 km buite Wellington GPS-koördinate: S 33 37.050;

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: eNuus Junie 2019 - VCSVvcsv.co.za/.../uploads/2019/07/final-Newsletter-June-2.pdfBainskloof Hayley Dreyer R R R301, Bainskloofpas, 13 km buite Wellington GPS-koördinate: S 33 37.050;

God is goed!

www.vcsv.co.za / [email protected] / 021 887 0212

Hoop is een van die skaarste emosies van ons tyd – alles klink so hopeloos. Is die doel daarvan om ’n kind van God te wees nie júis dat ons die draers van hoop in die wêreld sal wees nie? Waarvoor moet ons hoopvol wees? Waar is God in óns omstandighede? As ek sê: “God is goed en alles wat goed is, is van God.” Hoe voel jy oor dié stelling? Wat gebeur in jou hart en gees? Kom ons kyk of ons antwoorde in die Woord kan kry. Kom ons lees ‘n gedeelte saam: “Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, ...” (Efesiërs 1:18). Paulus het dié gedeelte geskryf terwyl hy in die tronk was; Christene is vermoor en selfs die kerk van die tyd het veroordeel wat Christene gedoen en gesê het. Dit was ‘n tyd van misverstande, verwerping – ’n tyd van hopeloosheid.

in partnership with

eNuus Junie 2019

John MatthewsDan skryf hierdie man dié woorde aan sy medegelowiges in Jesus Christus: dat hulle (geestes)oë sal oopgaan om te sien wat hoop is, en wat hulle kan bring na ’n wêreld wat lyk asof daar geen hoop is nie. Is ons gefokus op Jesus Christus en sy verlossingswerk, of op ons omstandighede?

God is goed: “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, ...” (Jakobus 1:17a). Hoop is om te fokus op God se goedheid en nie op ons omstandighede nie – omstandighede verander, God is konstant.

Kom ons herinner mekaar aan die goeie in die lewe, vertel ander van die positiewe ervarings en belewenisse wat ons saam met God beleef – kom ons onthou, God is goed! Ons is die draers van die goeie nuus: Jesus Christus het gekom, sodat ons weer in ‘n verhouding met God kan staan!

Gracefest 2019Elke graad 12-leerder beplan vir, en droom daarvan, om aan die einde van hul skooljaar ‘n slag te kan asemskep. Nóú het jy die geleentheid om ’n wonderlike – enig in sy soort – wegbreekvakan-sie mee te maak!

Wat kan jy verwag?

• ’n private club in ’n bos• aktiwiteite te kies en te keur: van boogskiet tot surfing lesse• kampvure op die strand• sprekers en gesprekke oor interessante onderwerpe• ‘n house band vir die regte vibe!• ’n DJ om van te droom• verblyf: kampgeriewe, huisies en meer

Jy wil nie hierdie geleentheid misloop nie!

Wees daar!

2-6 Desember 2019, TO Strand Resort, KwaZulu-Natal

Kontak: Hayley – 021 887 0212 of [email protected] vir meer besonderhede en besprekings.

Page 2: eNuus Junie 2019 - VCSVvcsv.co.za/.../uploads/2019/07/final-Newsletter-June-2.pdfBainskloof Hayley Dreyer R R R301, Bainskloofpas, 13 km buite Wellington GPS-koördinate: S 33 37.050;

Streek van die maand – KwaZulu-NatalCallie Martin – Waarnemende provinsiale koördineerder

Opleiding en skakeling met skole ‘n prioriteit

KwaZulu-Natal bied talle geleenthede vir die VCSV. As provinsie spog die streek nie slegs met die beste strande en klimaat nie, maar ook met ‘n kulturele infrastruktuur waarin ‘n verskeidenheid van kultuurgroepe hul eie kulturele waardes kan uitleef.

Op skoolvlak bied die groot aantal dubbelmediumskole aan die VCSV die geleentheid om die werk van die Here in verskillende tale te kan doen. Dit is vir ons ‘n prioriteit om skole in voorheen benadeelde gemeenskappe te bedien, aangesien dié skole ‘n groot deel van die skoolinfrastruktuur in die provinsie uitmaak. Gedurende die laaste maande van 2018 het ons met gesprekke begin en ‘n geleentheid geskep om kinders uit dié skole by ons werksaamhede te betrek. Ons poog om daardeur interaksie tussen die VCSV en skole in dié gebiede uit te bou. Die 2018-geleentheid is deur nagenoeg 400 leerders bygewoon. Tot dusver het ons vanjaar reeds 250 van hierdie leerders by ons werksaamhede betrek.

Ons is bevoorreg om VCSV-takke by skole oor ‘n wye gebied langs die kus, vanaf Port Shepstone tot by Richardsbaai, asook in die

binneland vanaf Pinetown tot in Ladysmith, te hê.

Hierdie VCSV-teenwoordigheid is grootliks te danke aan die bydrae van passievolle onderwysers, wat uit hul pad gaan om die sukses van die takke te verseker.

Ons bied jaarliks kringleiersopleiding aan, ‘n aktiwiteit waarvan die belangrikheid nie oorbeklemtoon kan word nie. Ons is bevoorreg om dié en ander opleidingsgeleenthede en kampe by die VCSV se kampsentrum in Winklespruit aan te bied. Hierdie besondere sentrum is reg langs die see geleë (jy kan letterlik die branders hoor breek!) en bied al die fasiliteite wat nodig is vir ‘n uiteenlopende reeks kampvereistes.

Ons werk ook saam met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en is tans betrokke by opleiding by die AGS-kerk in Amanzimtoti, waarby daar 12 studente betrokke is. Hierdie studente doen wonderlike werk en hulle ondersteuning in die provinsie is van onskatbare waarde.

Ons sien uit na die res van die jaar!

Dié studente is deel van ‘n groep wat tans by die AGS-kerk in Amanzim-toti deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika opgelei word. Hulle is

betrokke by die VCSV in KwaZulu-Natal se uitreikprogramme.

Lourine Wijnmaalen, ‘n staatmaker VCSV-onderwyser by die Hoërskool Kuswag, saam met VCSV-lede.

Die uitvoerende hoof van die VCSV, John Matthews, by Hoërskool Kuswag tydens ‘n besoek aan KwaZulu-Natal.

Uitreike na voorheen benadeelde gebiede is ‘n prioriteit vir die VCSV in KwaZulu-Natal. Hierdie groep kinders het met oorgawe aan die program

deelgeneem.

Page 3: eNuus Junie 2019 - VCSVvcsv.co.za/.../uploads/2019/07/final-Newsletter-June-2.pdfBainskloof Hayley Dreyer R R R301, Bainskloofpas, 13 km buite Wellington GPS-koördinate: S 33 37.050;

Bainskloof

Hayley Dreyer

RR

R301, Bainskloofpas, 13 km buite WellingtonGPS-koördinate: S 33 37.050; E 19 06.074

NabyWellington

• toegeruste kombuis• saal (120+ persone)• selfsorgakkommodasie (spysenieringsdiens op die perseel beskikbaar op versoek)• beskutte braaiplek• elektrisiteit• beperkte selfoonontvangs

Akkommodasie• Wooneenhede: 13• Beddens: 134 (120 in slaapsale en 14 in twee selfsorgeenhede)

• Leerders en volwassenes (naweke): R112 pppn• Leerders en volwassenes (midweek): R100 pppn• Spesiale vergunning: • Jeugtrust: R87 pppn vir groepe tussen 35 en 80 • VCSV-kampe (tak-, leiers-, vakansie-, skoolverwisselings- en avontuurkampe) (naweke) R100 pppn • VCSV-kampe (tak-, leiers-, vakansie-, skoolverwisselings- en avontuurkampe) (midweek) R90 pppn• Kinders van 5 jaar en jonger: Gratis• Deposito R2 000 (Indien binne ses weke voor die kamp gekanselleer word, word deposito verbeur.)• Minimum aantal persone: 30• Dagtarief: R55 pp, met ’n minimum van R1 650 pd• Saal en kombuis vir konferensie: R2 100• Woonstel: R500 vir eerste twee persone per nag en daarna R112 pppn (maksimum ses persone)• Kothuis: R500 vir eerste twee persone per nag en daarna R112 pppn (maksimum vier persone)

Die VCSV se Bainskloof-kampsentrum, hoog in die Limietberg, word gepas die “bergkamp” genoem. Dit bied ‘n kombinasie van uitstekende akkommodasie en fasiliteite en ‘n ongeëwenaarde ervaring in die natuur. As gevolg van die bergagtigheid van die omgewing, is daar min ruimte vir buitelugspeletjies. Die kampsentrum se eie skilderagtige ekovoetslaanroete en die nabygeleë rivier met natuurlike swempoele, maak egter daarvoor op. Voeg hierby die verkwikkende oggende, ‘n oorvloed vars berglug, die stilte wat laatmiddag daal namate dit skemer word, en jy kan vir seker weet dat jy aan die einde van jou besoek fisiek en geeste-lik verkwik sal wees.

Die kampsentrum bied akkommodasie vir 120 persone en is veral geskik vir gefokusde programme in ‘n inspirerende omgewing vir jeug-, kerk- en ander groepe. Dit bied ook ‘n 10-bedwoonstel en ‘n vrystaande 4-bedkothuis (beide selfsorgakkommodasie) wat afsonderlik gehuur kan word.

Die kampsentrum is ook ingerig vir konferensies, troues, verjaarsdae en soortgelyke private funksies.

Kampsentrum• swem (slegs onder toesig van ‘n eerstehulppersoon)• voetslaan/stap (die sentrum se eie skilderagtige voetslaanpad; stap in die aangrensende Limietberg Natuurreservaat vereis ‘n permit van Cape Nature)

Tel: 021 887 [email protected]

VCSV-kampsentrum van die maand

Ligging Fasiliteite

Tariewe

Kontak

Page 4: eNuus Junie 2019 - VCSVvcsv.co.za/.../uploads/2019/07/final-Newsletter-June-2.pdfBainskloof Hayley Dreyer R R R301, Bainskloofpas, 13 km buite Wellington GPS-koördinate: S 33 37.050;

BainskloofBainskloofGauteng

012 504 2072 - [email protected]

Die HoekieDie Hoekie

KarmelKarmel

042 293 1159 - [email protected]

044 879 0699 - [email protected]

RetiefkampRetiefkamp

078 019 5358 - [email protected]

UitsigUitsig

Wellington

Wes-Kaap

WinklespruitWinklespruit

031 916 1748 - [email protected] 215 1666 - [email protected]

Kijk in de PotKijk in de PotWatervalWaterval

021 887 0212 - [email protected]

Strandfontein

Tulbagh

Bloemfontein

083 992 5799 - [email protected]

023 230 0925 - [email protected]

Franschhoek

021 887 0212 - [email protected]

Stellenbosch

Wes-KaapKleinmondKleinmond

021 887 0212 - [email protected]

Pretoria Noord

KwaZulu-Natal

Wes-KaapGroot-BrakGroot-Brak

Oos-KaapJeffreysbaaiJeffreysbaai

Kampsentrums

Vakansieprogramme Streek Datum(s)24-28 Junie 2019Wes-KaapStellenbosch

1-5 Julie 2019KwaZulu-NatalPaarl (Chicago)