10
Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe Twee jaar ná mekaar vertrou ons ’n gesinslid aan die Ewigheid toe – eers my ma en toe my broer. Ons kyk egter nie in ’n graf af nie – ons kyk óp, want met albei is dit in die tyd waarin ons die opstanding van Christus vier. Lank reeds gereed om die grens van die tydelike na die ewige oor te steek en boonop ’n hiper-beskeie mens, was dit ons ma se wens dat daar nie ’n kerkdiens sou wees waar sy as nietige mens in die “kollig” staan nie – ook nie met haar dood nie. Almal wat haar sou wou onthou, moes net gesellig saamkom rondom ’n koppie tee. Ons kon tydens die eerste “gewone” erediens aan haar dink. Die eerste erediens vind net ure ná haar dood plaas: die huwelik van haar pragtige kleindogter. Heel gepas, vind dit in die buitelug, in die botaniese tuin plaas. Die stralende bruid sê met vreugde hoe goed dit is dat Ouma nié meer in die hospitaal is nie: Sy is vandag ook hier! Sy is nou ook teenwoordig by hierdie spesiale geleentheid. Die bruid se pa dans ook met haar – in haar rolstoel. ’n Jaar later stoei hy onverwags met die dood. Maar hy kry vleuels: Dit is die tyd van die opstanding. Oortuig daarvan dat ’n graf die verganklikheid van die mens aksentueer en dat dit nie strook met ons geloof in die Ewigheid nie, kies Ma om veras te word. Só ook ons broer, Hannes. Só kry die gebeure rondom Lasarus se dood-slaap én sy wakkerword daaruit, ook in ons lewens konkreet betekenis. En só kry Jesus se versekering én die vraag waarmee hy Marta uitdaag, ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis is juis dít: dat ons die werklikheid van die ewigheid in ons verganklikheid as aardse mense ontdek, dit beleef én gaan verkondig. In ’n aangrypende lied sing ons Die dood is dood... Daarmee word hierdie waarheid vir ons lewend: Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem, dit klink oor heel Jerusalem. ’n Helder nuwe dag breek aan – die Seun van God het opgestaan. Geen graf se donker kon Hom hou, Hy is oorwinaar oor ons rou, want Hy staan op beklee met mag. Hy het die dood oorwin met krag. Die dood is dood, ons vrees nie meer, ons lewe saam met Christus, Heer; Wie in geloof op Hom vertrou, sal ook sy heerlikheid aanskou. (Liedboek 420) Dr Wian Kloppers, Emeritus *** Sondag 24 November is Ewigheidsondag, die dag waarop ons ons afgestorwe geliefdes herdenk Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.za Teken in om ’n skakel na blitspos te ontvang blitspos Jaargang 12 – Uitgawe 38 21 November 2019 Die redaksie aanvaar verantwoordelikheid vir die inhoud. Menings deur skrywers uitgespreek, is egter nie noodwendig die beleid of standpunt van die Hervormde Kerk nie.

Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

  • Upload
    others

  • View
    17

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

Ewigheidsondag – tyd om die dood te begraweTwee jaar ná mekaar vertrou ons ’n gesinslid aan die Ewigheid toe – eers my ma en toe my broer. Ons kyk egter nie in ’n graf af nie – ons kyk óp, want met albei is dit in die tyd waarin ons die opstanding van Christus vier.

Lank reeds gereed om die grens van die tydelike na die ewige oor te steek en boonop ’n hiper-beskeie mens, was dit ons ma se wens dat daar nie ’n kerkdiens sou wees waar sy as nietige mens in die “kollig” staan nie – ook nie met haar dood nie. Almal wat haar sou wou onthou, moes net gesellig saamkom rondom ’n koppie tee. Ons kon tydens die eerste “gewone” erediens aan haar dink.

Die eerste erediens vind net ure ná haar dood plaas: die huwelik van haar pragtige kleindogter. Heel gepas, vind dit in die buitelug, in die botaniese tuin plaas. Die stralende bruid sê met vreugde hoe goed dit is dat Ouma nié meer in die hospitaal is nie: Sy is vandag ook hier! Sy is nou ook teenwoordig by hierdie spesiale geleentheid.

Die bruid se pa dans ook met haar – in haar rolstoel. ’n Jaar later stoei hy onverwags met die dood. Maar hy kry vleuels: Dit is die tyd van die opstanding.

Oortuig daarvan dat ’n graf die verganklikheid van die mens aksentueer en dat dit nie strook met ons geloof in die Ewigheid nie, kies Ma om veras te word. Só ook ons broer, Hannes. Só kry die gebeure rondom Lasarus se dood-slaap én sy wakkerword daaruit, ook in ons lewens konkreet betekenis. En só kry Jesus se versekering én die vraag waarmee hy Marta uitdaag, ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit?

Ewigheidsondag se doel en betekenis is juis dít: dat ons die werklikheid van die ewigheid in ons verganklikheid as aardse mense ontdek, dit beleef én gaan verkondig.

In ’n aangrypende lied sing ons Die dood is dood... Daarmee word hierdie waarheid vir ons lewend:

Daar klink ’n lied, daar juig ’n stem, dit klink oor heel Jerusalem.’n Helder nuwe dag breek aan – die Seun van God het opgestaan.

Geen graf se donker kon Hom hou, Hy is oorwinaar oor ons rou,want Hy staan op beklee met mag.Hy het die dood oorwin met krag.

Die dood is dood, ons vrees nie meer,ons lewe saam met Christus, Heer;Wie in geloof op Hom vertrou,sal ook sy heerlikheid aanskou.(Liedboek 420)

Dr Wian Kloppers, Emeritus

*** Sondag 24 November is Ewigheidsondag, die dag waarop ons ons afgestorwe geliefdes herdenk

Webblad van die Hervormde Kerkwww.nhka.org

Nuus, berigte en kort kommentaar

(uiters 100 woorde) aan

[email protected]

Teken in om ’n skakel na blitspos te

ontvang

blitsposJaargang 12 – Uitgawe 38 21 November 2019

Die redaksie aanvaar verantwoordelikheid

vir die inhoud. Menings deur

skrywers uitgespreek, is egter nie

noodwendig die beleid of standpunt van die Hervormde

Kerk nie.

Page 2: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

2

Lief en leed

Die • legitimasie van die finalejaar teologiestudente vind Donderdagaand 21 November plaas in Gemeente Oos-Moot. Ds Willem Kok, skriba van die Kommissie van die AKV en vader van een van die studente, sal die erediens lei. Die kandidate is Thomas Dreyer, Anel Boshoff, Marina Kok, Waldo Pretorius, Natasha Smit en Mari-Louise Trollip.

Die volgende predikante verjaar tot 29 November, en word hartlik geluk gewens: •

Vrydag 22 November: Dr PB (Piet) Boshoff (emeritus), o di PR (Rudi) Janse van Rensburg (Ottosdal) en LS (Lammert) van Rooyen (Lichtenburg-Oos)Saterdag 23 November: Di ME (Mariaan) Beukes (Meyerton/Sonlandpark) en o HS (Henk) Joubert (Welgelegen-Pietersburg)Sondag 24 November: Di JJ (Jacques) Pieterse (Laer Suidkus) en o CAP van Tonder (Warmbad)Dinsdag 26 November: Ds GJ (Gert) van Staden (emeritus)o Woensdag 27 November: Ds MA (Michael) Müller (Klerksdorp-Wilkoppies)o Donderdag 28 November: Dr BJ (Barry) van Wyk o (emeritaat/ Waterberg/Zoutpansberg) en ds SH (Fanie) Willers (beroepafwagtend)

#hoopviralmal. • Voorbidding vir Bybelgenootskappe Costa Ricao is dankbaar vir die bevordering van Bybellees en die oordra van die Bybel se boodskap aan die mense van die land. Hulle vra voorbidding vir die rehabilitasieprojek wat gegrond is op Bybelstudie in die tronke.Nicaraguao vra voorbidding vir vrede en stabiliteit in die land en dat God hoop vir die mense van die land sal gee deur die Bybel.Panama o se Bybelgenootskap vra vir die Here se seën op hul werk en dat die Woord die harte van almal sal bereik.

Gemeentes en bediening

Vakante werkruimte. Gemeente Wapadrant-Pretoria • (die Kerk Menlyn Maine) beskik oor ’n vakante bedieningsruimte wat nie aan ’n ouderdomsprofiel gekoppel is nie. Enige proponent of predikant is welkom om aansoek te doen.Primêre verantwoordelikhede

Ontwikkeling en implementering van ’n jeugbedieningstrategie met die doel om groei o en betrokkenheid onder die jeug te bevorder en wat onder andere die volgende insluit: Jeugbediening, insluitend jeugdienste; bestuur en koördinering van kategete en kategese; tema en jaarprogram vir die kinderkerk, kleuterkerk en jeugbediening; jeugaktiwiteite, insluitend kampe; en skakeling met skole in die omgewing.Ontwikkeling en implementering van kommunikasiemiddele en bedieningskanale, o byvoorbeeld die gebruik van sosiale media en YouTube.

Sekondêre verantwoordelikhede (Soos uiteengesit in 3.2.6 in die Kerkorde wat onder andere die volgende insluit)

Hou van eredienste.o Bediening van sakramente.o Hou van begrafnisse en huweliksbevestigings.o Besoeke aan gesinne, bejaardes, siekes, nuwe lidmate en persone wat sodanige o behoefte uitspreek.Algemene gemeentelike bestuur en administrasie.o Maandelikse verslagdoening oor areas van verantwoordelikheid.o Neem gesamentlike verantwoordelikheid saam met die ander gemeentepredikante o vir enige aspekte wat aandag verlang soos benodig. Dit sluit onder andere in sosiale funksies, nie noodwendig in die jeugbedieningsveld nie; fondsinsamelings wat jaarliks van stapel gestuur word; instaan vir ander predikante in hul bedieningsveld in geval van siekverlof of onvoorsiene afwesigheid; en ander operasionele aspekte wat opduik.

Page 3: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

3

Die betrokke kandidaat moet oor die volgende vaardighede en karaktereienskappe beskik:

Interpersoonlike vaardighede met inagneming van die uiteenlopende ouderdomsprofiele o in die gemeente maar veral gefokus op die jeug.Dinamiese persoon om by die toenemende veranderende behoeftes en uitdagings van o die jeug aan te pas.Missionaal gerig wees.o Beïnvloedingsvermoë.o Deursettingsvermoë.o Vaardigheid in die aanwending van tegnologiese hulpmiddels en bereidwilligheid om op o datum te bly met enige veranderinge wat benodig word om die gemeente te bedien.Aanpasbare bedieningsmetodiek vir tradisionele sowel as alternatiewe dienste.o Passievol en energiek en moet eienaarskap neem vir gemeentebelange.o

PosinligtingDie aanvanklike aanstellingstermyn is vir een jaar maar kan verleng word. o Alle aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV, ’n persoonlike profiel asook ’n o videogreep van nie langer nie as een minuut, waar die kandidaat hom-/haarself aan die kerkraad bekendstel.Rig aansoeke aan o [email protected]: 24 November 2019.o Die beroepskomitee behou die reg voor om ’n kortlys saam te stel vanuit die aansoeke o wat ontvang word.

Vakante werkruimte. • Gemeente Windhoek beskik oor ’n voltydse werkruimte vanaf ongeveer Maart 2020. Die gemeente het ’n sieletal van nagenoeg 500 wat goed versprei is oor alle ouderdomsgroepe. Daar is ’n redelike groot groep jongmense in die gemeente en twee preekpunte, naamlik Windhoek en Okahandja. Predikante wat belangstel moet oor die volgende eienskappe beskik: Dinamiese prediker; sterk leierseienskappe; administratief sterk onderlê; moet funksies kan reël; moet missionaal gerig wees en goed met jongmense kan werk; en moet kan kwalifiseer vir ’n werkpermit in Namibië.

Windhoek is ’n diverse stadsgemeente maar het ook ’n sterk behoudende komponent: Kan-didate moet die fyn balans tussen vernuwing en tradisioneel goed verstaan.

Stuur CV voor 2 Desember aan [email protected]. Vir meer inligting en agtergrond oor die gemeente, skakel ds Frans Ras (huidige leraar).

Vakante werkruimte. • Gemeente Witfield aan die Oos-Rand, gekonsentreer binne die gemeenskap van Witfield, is ’n stadsgemeente van ongeveer 100 belydende lidmate, wat meestal uit bejaarde lidmate bestaan. Die gemeente benodig ’n leraar vir ’n deelsorgwerkruimte. Die totale pakket beloop ongeveer R22 000 per maand, en die samestelling van die pakket kan deur onderhandelinge met die kandidaat gestruktureer word binne dié raamwerk. Van die predikant sal verwag word om die normale aktiwiteite van die gemeente, soos prediking, kategese, spesiale eredienste en fondsinsamelings, te organiseer en te fasiliteer volgens wat billik mag wees gemeet aan die vergoeding per maand. Aansoeke sluit op 15 Januarie 2020. Kontak ds Edzard van Baalen (konsulent van Witfield) by 083 441 1840 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Gemeente Verwoerdburg • het op die gemeentevergadering van 27 Oktober 2019 goedgekeur dat die gemeente se naam verander na Centurion-Oos. So word die geografiese gebied van die gemeente beter gedefinieer. Die e-posadresse verander ook soos volg:

Kantoor: [email protected]: [email protected] beampte: [email protected] vir registrasie: [email protected]: www.nhkcenturionoos.co.za

Page 4: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

4

Preekgeleenthede in Sabie en Witrivier: • Sondag 22 Desember: Sabie 08:00 en Witrivier 10:00

Die afstand tussen Sabie en Witrivier is ongeveer 47,5 km. Predikante, dosente en teologiestudente wat in Sabie, Graskop, Hazyview of Witrivier vakansie hou, kan die gemeente kontak sodat verdere reëlings getref kan word. Preekbeurt plus vervoer vanaf vakansieverblyf sal vergoed word volgens vasgestelde tariewe. Stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel 013 764 1813 Maandae, Woensdae en Vrydae 08:00-13:00, of WhatsApp 071 945 0306.

Gemeente Laer Suidkus • nooi alle lidmate van die Kerk wat vakansie hou aan die Hibiscus-kus van KwaZulu-Natal hartlik uit om die eredienste van die gemeente by te woon in die Desember-vakansie. Kom geniet ons gasvryheid by enige van die twee preekpunte. Eredienste word soos volg gehou:

Port Edward:o Elke Sondag om 08:00 te Port Edward Primary School, Fifeweg, Port Edward.Port Shepstone:o Elke Sondag om 09:30 in die kerkgebou, Scottstraat 3, Port Shepstone.Geloftedag:o Gesamentlike erediens in NG Gemeente Port Shepstone om 09:00.Kersfees: o Port Shepstone om 07:00; Port Edward om 08:00.Oujaarsdagaand:o Geen erediens.

Dit sal hoog op prys gestel word indien ’n predikant wat vakansie hou, bereid sal wees om die Kersfees-erediens in Port Edward waar te neem. Die tydgleuf van die twee eredienste maak dit onmoontlik vir ds Pieterse om albei dienste waar te neem, aangesien hulle 50 km uit mekaar gehou word. Kontak ds Jacques Pieterse by [email protected] of 082 458 4482.

Vergaderings

Donderdag 21 November: Kommissie van die AKV • Rata BestuursvergaderingVrydag 22 November: Kommissie van die AKV •Saterdag 23 November: Kommissie van die ADV •

’n Gedig

koöperasie

kyk hoe in Sy grondna die groot reëns die graanop ons lande groen en gesondin die laatmiddag staan

kyk na die omgeploegde landekyk na sy vingermerkeaanskou die vat van sy handeaan ons wonderwerke

TT Cloete(Uit: Idiolek, 1986)

Page 5: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

5

Bybelgenootskap

“Beste mede-gelowige in Christus: •

Neem asseblief kennis dat die petisie teen Die Bybel: 2020 (’n Direkte Vertaling) wat tans weer via die sosiale media (Facebook, WhatsApp) die rondte doen, van alle waarheid ontbloot is. Die Bybelgenootskap vertaal reeds vir meer as 200 jaar Bybels vir en onder die wakende oog van kerkgemeenskappe reg oor die wêreld en gaan nie nou begin om die Woord te verander nie. Ons het reeds in 2012/2013 hierdie valse bewerings ten opsigte van die BDV volledig beantwoord in ’n amptelike verklaring. Die verklaring kan gelees word by www.bybeldirektevertaling.co.za <http://www.bybeldirektevertaling.co.za> Klik op vraag en antwoord en dan op Verklaring van Bybelgenootskap van Suid-Afrika na aanleiding van ’n petisie teen ’n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.

Stuur asseblief hierdie inligting aan enige persoon wat die petisie versprei. Die vertaling sal op 29 November 2020 bekendgestel word. Dankie vir u volgehoue ondersteuning en gebed.” (Dr Gerhard Lindeque, Bybelgenootskap van Suid-Afrika)

Die • Nanjing Amity Printing Company in China, die grootste Bybeldrukpers in die wêreld, het onlangs die druk van sy 200 miljoenste Bybel gevier. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika druk sedert 2007 Bybels by Amity. Tot op hede is bykans 12 miljoen Bybels gedruk om so die lewegewende boodskap van God se Woord aan Suid-Afrikaners te voorsien. Van die 200 miljoen Bybels wat gedruk is, is meer as 85 miljoen eksemplare vir kerke in China gedruk en versprei. Dit sluit Braillebybels en Bybels in 11 inheemse minderheidstale in. Inwoners van 147 lande is deur die 200 miljoen Bybels bereik.

Kerklike publikasies

SENTIK stuur elke Donderdag ’n • lokflits aan predikante, gemeentes en ander intekenaars wat voorheen die weeklikse Blitspos ontvang het. Die lokflits bevat skakels na Blitspos en nuwe artikels en meningstukke wat op die Kerk se webblad www.nhka.org geplaas is. Indien u die lokflits sporadies of glad nie ontvang nie, kan u ’n e-pos stuur na [email protected]. Klik hier vir vorige uitgawes van Blitspos.

Gemeentes word versoek om die besonderhede te verskaf van enige • emerituspredikante en/of predikanteweduwees in hul geledere, sodat hul komplimentêre eksemplare van die Almanak/Bybelse Dagboek saam met die res van die gemeente se bestelling versend kan word. Stuur die besonderhede asseblief aan mev Sarie Roux by [email protected].

Die volgende • Bybels is tans teen verminderde pryse beskikbaar by die Boekwinkel (verminder van R130 elk na R90 elk). Bestel by mev Sarie Roux by [email protected].

Isixhosa 1975; Isindebele 2012; Xitsonga 1989; Shona 1949; Tsivenda 1998; Suid-Sotho 1909; Xhosa 1975; Swati 1996; Sesotho 1989.

Page 6: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

6

Toerusting

Barmhartigheid

Diakonaat: Werkgroep Kindersorg en Rata Maatskaplike Dienste •Skooltassieprojek 2020Borg ’n tassie teen R350

Gemeente-inbetalings by:Raad van Finansies ABSA tjekrekening Rekeningnommer 020 000 287 Takkode 632005 Verwysing: 16TAS + gemeentenaam

Persone wat 18A-belastingbewys verlang, doen inbetaling by: Plesion NPC Nedbank Rekeningnommer 112 732 1897 Takkode 160 445 Verwysing: TAS + jou naam (of gemeentenaam) Stuur bewys van betaling aan [email protected]

Ons Tuis (Riviera) • het enkel en dubbel gastekamersuites beskikbaar vir persone wat naby die hospitale moet wees of selfs waar Oupa en/of Ouma kan tuisgaan as die kinders met verlof is. Die enkelkamersuite sluit ontbyt in teen R350 per nag, en die dubbelkamersuite sluit ontbyt in teen R550 per nag.

Machteld Postmus-behuisingskompleks vir bejaardes • in Brooklyn, Pretoria, het ’n eenslaapkamer-woonregeenheid beskikbaar by Frans Boshoff vir R366 160. Kontak mev Hannelie Fourie by 012 325 1857 x202 vir meer inligting.

Ons Tuis-gastekamer

Page 7: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

7

Louis Trichardt-behuisingskompleks vir bejaardes • in Danville, Pretoria, bied kamergeriewe met drie etes per dag teen R4 435 per maand. Vir meer inligting, kontak mev Vicky Muller by 012 386 5310.

Ons Tuis (Andries Marié Oosthuizen) in Parys • het tans plek beskikbaar in die tehuise vir versorging van verswakte bejaardes teen R9 760 per maand. ’n Volledige versorgingsfasiliteit sluit in 24-uur-versorging, drie maaltye per dag en sekuriteit. Behuisingsfasiliteite teen R5 990 per maand is ook beskikbaar op dieselfde perseel; dit sluit drie etes en weeklikse wasgoed en skoonmaak van kamers in asook gratis deelname aan sosiale programme. Vir meer besonderhede, skakel matrone Teresa Broodryk by 056 811 2185.

Seniordal-aftreeoord (blok woonstelle) •Lewensreg te koop 2-slaapkamer @ R560 0001½-slaapkamer @ R520 0001-slaapkamer @ R515 000Groot tuine om in te ontspanGeen versorgingDaar is nou ook huureenhede beskikbaarSkakel Ansie Lombard (bestuurder) 012 329 4318 / 084 920 8723

Studentesake

Potchefstroom-Studente: Eerstejaarskamp 2020 •Dinsdag 7 – Vrydag 10 Januarie 2020Vertrek Dinsdag 7 Januarie om 13:00 vanaf Silwerstraat 19Venterskroon-kampterreinKoste R990Besoek www.studentegemeente.com vir inskrywingsvormwww.facebook.com/PotchStudenteNavrae dr Rudy Denton 082 459 9710Terzie Denton 082 475 4618Wilbrie Hartman 072 655 4282

Stellenbosch: Aanvangskamp 2020 •19-22 Januarie 2020Vertrek Sondag 19 Januarie om 14:00 vanaf kerkterrein hv Bosman- en Hofmeyrstraat, StellenboschSo 10 km buite Stellenbosch op Simonsberg-jeugkampterreinKoste R500 per studentBring saam: Bybel, pen en papier, hoed, swemklere, slaapsak, eetgerei, gemaklike klere en skoeneKontak: Liezl Viljoen (HSV-voorsitter) [email protected] / 072 656 0248Ds Chris le Roux [email protected] / 079 495 3239Ons nooi alle voornemende Maties uit Kom geniet dit, maak vriende en leer die kampus ken

Konserte en feeste

Gemeente Villieria: Optrede van Jan de Wet •Saterdag 23 November om 18:00Kaartjies beloop R30 per persoonKontak Jannie by 082 449 1614 of Francois by 082 334 0532

Gemeente Greylingstad: Kerssangdiens •Sondag 24 November om 18:30 Gaskunstenaars Lieb Bester en Barend DeyselTydens die sing van Stille Nag sal Lieb Bester ons met die konsertina begelei Navrae: Ds Fanie Naudé [email protected]

Page 8: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

8

Fondsinsamelings

Plesion en Rata Maatskaplike Dienste •Wen ’n motor: Datsun Go ter waarde van R154 000Koop ’n pakket, samel fondse in vir jou kantoor of gemeente Ondersteun terselfdertyd Rata se maatskaplike werk – waarvan die grootste is om kinders te beskerm teen mishandeling en verwaarlosing!Opsies sodat selfs kleiner instansies dit kan bekostig

Opsie Koste Aantal boekies

Wins vir kantoor/gemeente

Uitstalling Promosie-materiaal

Sleutelpas-finalis

Pakket R5 000 200 R15 000 (75%) Ja Ingesluit 1 per pakket

50 boekies R2 500 50 R2 500 (50%) Nee Ekstra @ R50/plakkaat

Gesamentlike trekking70 boekies R3 500 70 R3 500 (50%) Nee

Kry jou pakket voor 31 Januarie 2020. ’n Beperkte aantal is beskikbaar. 1. Betaal pakketgelde in by ABSA; RATA; rekeningnommer 000 206 00 209; verwysing GO 2. + NAAM.Kaartjies en bemarkingsmateriaal word versend.3. Hou jou eie kompetisie en trek jou finaliste voor 30 Julie 2020.4. (1 wenner uit elke pakket dring deur na finale sleutelpasgeleentheid). Stuur besonderhede deur van finaliste wat aan die finale sleutelpas sal deelneem op 5. Rata se DRIVE FOR A CHILD Gholfdag van 18 Augustus 2020 by Silver Lakes.Uitstallings van voertuig kan gereël word by basaars, gholfdae en markte. 6.

Navrae: Stephen de Beer 074 658 4630 ([email protected])Andries Pretorius 081 466 8691 ([email protected])Vir uitstallings van die voertuig, kontak Andries Pretorius

Basaars en markte

Gemeente Rietvallei: Kuier-, Kos- en Kersmark •Vrydag 22 November 16:00-19:00Vetkoek-en-maalvleis, prego rolls, slaptjips...Wafels-en-roomys, koeldrank, koektafelKersmark-uitstallings deur Ons Huis en Theodora HuisWitolifanttafelLiedjies en stories vanaf 18:00Chloritestraat 679, Elarduspark, PretoriaVoorafbestellings aanvaarNavrae: 012 345 3143 / [email protected]

Gemeente Drie Riviere: Kersmark •Saterdag 23 November 09:00-15:00hv Bashee- en WilgestraatGeskenke, teetuin, kindervermaak en meerBespreek ’n stalletjieKontak ds Hennie Louw by 084 508 7849

Gemeente Westonaria: Kersliggiefees •Vrydag 29 November 12:00 tot laatGaskunstenaar Tanya V tree op saam met lappop Heerlike vermaak vir kinders Tradisionele basaarkosse, tuisgebak en vele meer Daviesstraat 94, Westonaria Navrae: Pieter Vosloo 082 453 1864

Page 9: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

9

Gemeente Randfontein Midpark •Somerkarnaval en uitstalling van outydse motors Saterdag 30 November 09:00 tot laatGaskunstenaar Franna Smullekker kosse, pap-en-kaiings, beste poedings en gebak... Tortelduifstraat 18, Helikonpark, Randfontein Om u outydse motor in te skryf, kontak Francois Coetzee by 076 090 0457Ander navrae: Chrissie Munnik 082 335 2588

Gemeente Ventersdorp: Mini-basaar •Saterdag 30 November Kom koop vir Kersfees vleis, sosaties, wors en meerBaie te eet en te drinkNavrae: Ds Marius van Vuren 072 850 4960Vleisbestellings: Nico Kock 083 204 6715

Gemeente Laer Suidkus: Basaar •Saterdag 7 Desember By saal van Cindercity Moth Shellhole, Derde Laan, Sea Park Saal duidelik sigbaar vanaf Marineweg (ou hoofpad Durban toe), net noord van Port Shepstone en Umtentweni Vermaak vir groot en klein Tuisgemaakte boerewors en sosatiesTuisgebak, braaivleis, vetkoek, jaffles, pap-en-kaiings Gebruikte goedere en vele meer Vakansiegangers hartlik welkomNavrae: Ds Jacques Pieterse 082 458 4482 Dalene Pieterse 066 208 3884Aanwysings kan met ’n “pin” gestuur word

Kommentaar

Baie dankie, ons lidmate geniet die Lokflits geweldig baie. (Bokkie van Eeden, Laer Suidkus)

Betaalde advertensies in hierdie nuusbrief

Advertensies waarvan ’n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin ’n gemeente ’n projek prominent wil bekendstel, kan in hierdie nuusbrief geplaas word. (Tekskennisgewings van gemeentes is gratis.) Indien ’n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit 15,5 cm breed x 6,5 cm hoog wees, resolusie 1878 x 815 pixels, 150-300 dpi.

Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 75 woorde met of sonder eenvoudige grafika of ’n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na [email protected]. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie.

Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Blitspos word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings.

Die koste is R250 per plasing (BTW ingesluit). (Let asseblief op die nuwe koste.) Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + Blitspos. Neem kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om ’n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal.

Page 10: Ewigheidsondag – tyd om die dood te begrawe · 2020-02-05 · ook nuwe betekenis: Wie in My glo, sal in alle ewigheid nie sterwe nie. Glo jy dit? Ewigheidsondag se doel en betekenis

10

Ds Willem SauerDs Etienne Fourie en dr Johan van StadenMev Tessa OppermannMnr Hugo van Niekerk

Redakteur:Subredakteurs:Teksversorger:

Uitlegkunstenaar:

Gebed vir die week

Hoe dikwels, Heer,breek my ondeurdagte denke deuren verskrompel ál wat fyn en teer en liefderik is.Dit wat mooi moes wees, lê voor my:swartgerypte blomblare,gebreekte vlindervlerke.Leer my om lief te hê, o Heer,sodat kinderogies mag skitter van blydskap en sekerteas hulle in my oë kyk.O Heer, leer my om lief te hê,sodat my blik en daad en houdingnooit die vrede en die vreugdevan ’n ander siel sal vernietig nie.Ek begeer om só u liefde te weerkaatsdat daar nêrens ’n frons van twyfelby verbygangers sal wees nie. Dus vra ek:Here, maak troebel oë weer blinken moeë reisigers weer hoopvolas ek simpatiek by hulle vertoef.Sodat deur my af-en-toe-se-kom-en-gaanhul geloof weer vas en seker kan bly staan.

Willemien Appel(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)