Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Feite wat skok oor die SA samelewing
Impak van armoede op kinders: Kinders word buite verhouding deur armoede geraak. 51% van alle mense in
Suid-Afrika leef in armoede, terwyl 62% van alle kinders in armoede leef.
Impak van onstabiele gesinne op kinders: Slegs een derde (33,5%) van alle kinders woon by albei ouers,
terwyl 23,9% nie by hul ouers woon nie; 3,3% bly by hul pa, en 39,3% bly by hul ma. Bykans 8% van die kinders
woon in spring-generasie huishoudings by hul grootouers.
Verkragtings en moord: Van die 89 Interpol-lidlande is Suid-Afrika se gerapporteerde verkragtingsyfer per 100
000 van die bevolking verreweg die hoogste. SA se vroulike moordsyfer is vyf keer die globale koers. ’n Vrou
word elke agt uur in SA deur 'n lewensmaat vermoor.
Geweld teen vroue: ’n Onlangse studie in vier provinsies het die ontstellend hoë voorkoms van geweld teen
vroue bevestig. In Limpopo het meer as driekwart (77%) van vroue vertel dat hulle al een of ander vorm van
geweld (emosionele, ekonomiese, fisiese of seksuele) binne en buite hul intieme verhoudings ervaar het.
Kwesbaarheid van bejaardes: Bejaarde swart persone (15,3%) is baie meer geneig om honger te wees as bruin
persone (9,3%), Indiërs (3%) of blankes (0,6%).
Onderwys: Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika die Millennium Ontwikkelingsdoelwit 2 (om teen 2015 algemene
toegang en suksesvolle primêre onderwys vir seuns en dogters te hê) bereik het en die feit dat SA 18,5% van sy
jaarlikse begroting aan onderwys bestee, is die onderwysstelsel oor die algemeen in 'n swak tot kritieke
toestand. 66% van kinders wat in 2001 skool begin het óf skool gelos óf nie matriek in 2012 geslaag nie. ’n
Matriek slaagsyfer van 30% of 40% is 'n simptoom dat die skoolstelsel misluk. Volgens 'n Wêreld Ekonomiese
Forum verslag is Suid-Afrika se wiskunde en wetenskap standaard die tweede laaste in die wêreld, slegs Jemen
is swakker. Die swak matriek standaard het in 2011 daartoe gelei dat die sommige universiteite hulle
toelatingsvereistes verhoog het.
Korrupsie: In 2011 is die Parlement ingelig dat tussen R25 miljard en R30 miljard van die regering se jaarlikse
begroting gaan weens korrupsie, onbevoegdheid en nalatigheid verlore. Transparency International bereken
dat 'n belegging in 'n "relatief-korrupte" land in vergelyking met 'n "nie-korrupte" land sowat 20% duurder is.
’n Washingtonse navorsing groep sê dat Suid-Afrika tussen 1994 en 2008 'n onwettige uitvloei van R185
miljard gely het as gevolg van korrupsie in beide die openbare en private sektore. Die wêreldwye negatiewe
persepsies oor die hoë vlakke van korrupsie in Suid-Afrika benadeel van die land se ekonomiese en finansiële
vooruitsigte.
Alkohol en Dwelms: Die sosio-ekonomiese impak van drank- en dwelmmisbruik in SA is R130 biljoen pj. Die
dwelmmisbruik in SA is twee-maal die wêreld norm. SA se 10.1 miljoen drinkers drink jaarliks elk 21l suiwer
alkohol (390l bier of 62 bottels gefortifiseerde drank of 220 bottels wyn). 50% van skoolgaande kinders
eksperimenteer met gebruik van alkohol en dwelm en dit lei tot gewaagde seksuele gedrag en geweld. 7 000
persone sterf pj weens dronkbestuur. Maandagoggende is 10% van voertuig bestuurders dronk.
In ontwikkelde lande is die geskatte voorkoms van FAS (Fetale Alkohol Sindroom) tussen 0,1-0,2%. Huidige
data dui daarop dat byna 1 miljoen volwassenes en kinders in SA (2% van die bevolking) word deur die
gevorderde verstandelike of fisiese FAS-defekte geraak. In sommige gemeenskappe is die syfers selfs hoër -
Wes-Kaap (8.8%), Noord-Kaap (10.2%) en Gauteng (2.2% – 3.7%).
MIV en vigs: MIV is die nr. 1 oorsaak van sterftes in SA. Ongeveer 5,26 miljoen of 10% van bevolking in SA is
MIV-positief. In die ouderdomsgroep 15–49 jr. is 15,9% is MIV-positief. Daar is 2.1 miljoen vigswesies tussen 0-
17 jr. in SA.
1
Oorsig oor die Suid-Afrikaanse Familie
Aantal geregistreerde huwelike Daal van 176 521 (2004) tot 171 989 (2009)
Aantal geregistreerde tradisionele huwelike Daal van 20 301 (2004) tot 13 506 (2009)
Aantal gepubliseerde egskeidings Daal van 31 768 (2004) tot 30 763 (2009)
Egskeidings waar kinders betrokke is 17 214 (56%)
Dubbele weeskinders 859 000
Weeskinders sonder vader 2 468 000
Weeskinders sonder moeder 624 000
Totale aantal weeskinders 3.95 miljoen
VIGS-weeskinders 1.4 miljoen
Aantal / % kinders in huishoudings met kinders aan die hoof 98 000 / 0.5%
% kinders met afwesige, lewende vaders Styg van 42% (1996) tot 48% (2009)
% kinders met teenwoordige vaders Daal van 49% (1996) tot 36% (2009)
% kinders met teenwoordige vaders:
- Swart
- Bruin
- Indiër
- Blank
30%
53%
85%
83%
% kinders met afwesige vaders:
- Swart
- Bruin
- Indiër
- Blank
Styg van 46% (1996) tot 52% (2009)
Styg van 34% (1996) tot 41% (2009)
Daal van 17% (1996) tot 12% (2009)
Styg van 13% (1996) tot 15% (2009)
Kinders (0-17) wat woon by beide biologiese ouers 35%
Kinders (0-17) wat woon by moeder alleen 40%
Kinders (0-17) wat woon by vader alleen 3%
Kinders (0-17) wat nie by 'n biologiese ouer
woon nie
23%
Kinders (0-17) wat by grootouers woon 8%
Stedelike enkelouers:
- Swart
- Bruin
- Indiër
- Blank
In totaal
54%
30%
7%
24%
44%
Stedelike enkelouers volgens ouderdom:
- 16 – 24 jaar
- 25 – 34 jaar
- 35 – 44 jaar
- 45 – 64 jaar
13%
33%
24%
23%
% vroulike, stedelike enkelouers:
- Swart
- Bruin
- Indiër
- Blank
79%
84%
64%
69%
% kinders (0-17) in 'n huishouding met 'n volwassene in 'n
vaste betrekking
34%
Bron: Navorsingsverslag van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (First Steps to Healing the SA Family)
2
Waarheen met die Suid-Afrikaanse Familie?
Baie jong, opgroeiende Suid-Afrikaners loop risiko's deur hul seksuele gedrag, met dwelmmiddels en
alkohol, and deur geweld en misdaad. Hulle word ook met baie uitdagings gekonfronteer, soos hoë
werkloosheid, swak onderwys en opvoeding, en armoede.
Nie al hierdie probleme kan toegeskryf word aan die
familielewe wat in duie stort nie. Tog dui plaaslike en
internasionale navorsing daarop dat stabiele families
(waar beide ouers teenwoordig is) 'n betekenisvolle
verskil maak aan die toekoms van jongmense.
Aangesien slegs 35% van kinders in SA met beide
biologiese ouers opgroei, is daar 'n wesenlike risiko
dat disfunksionele families die toekoms-
moontlikhede van die jonger geslag benadeel.
Daar is ook getuienis dat mense uit gebroke families
self later verhoudingsprobleme ervaar, en self ook
gebroke huise skep. Hierdie is 'n kringloop wat
deurbreek moet word.
Daar is 'n aantal inisiatiewe wat die regering, nie-
regeringsorganisasies en kerke kan volg:
• Takel werkloosheid. Baie vaders neem nie
verantwoordelikheid vir hul kinders nie, omdat
hulle nie finansieel daartoe in staat is nie.
Wanneer werkloosheid betekenisvol afneem (iets
wat die regering beloof het om te doen) sal baie
mans in staat wees om finansieel en emosioneel
betrokke te raak by hulle kinders.
• Beter navorsing oor die disintegrering van die SA-
familie en die gevolge daarvan is nodig. Die SA
Instituut vir Rasseverhoudinge rapporteer dat hul
navorsing gekortwiek word beskikbare resente
data, en die oorsake en gevolge van gesin- en
familieverbrokkeling. Die gesin en familie moet
groter prioriteit in navorsing en beleids-
formulering geniet.
• Meer maatskaplike werkers is nodig. 'n Tekort
aan maatskaplike werkers is 'n struikelblok in die
hantering van aspekte van gesinsverbrokkeling,
veral in plattelandse gebiede. Verder praktiseer
maatskaplike werkers dikwels privaat, omdat
hulle só meer verdien as in die openbare en nie-
winsgewende domeine.
• Ouer mans moet aangemoedig word om jonger
mans te ondersteun, spesifiek waar vaders
afwesig is. Daar bestaan reeds inisiatiewe om
oumas wat kinders versorg, te ondersteun. Die
potensiaal van oupas en ouer mans as versorgers
waar ouers afwesigheid is, word egter nie ontgin
nie. Dit moet dringend aandag kry.
• Seksopvoeding, wat opvoeding oor persoonlike
verantwoordelikheid en die verantwoordelikheid
van ouerskap naas informasie oor veilige seks en
kontrasepsie insluit, is broodnodig.
• Groter prioriteit moet gegee word aan die
oordrag van waardes aan kinders en jongmense.
Individue, skole, kerke, en regeringsbeleid moet
hierby betrokke wees.
Ten spyte van die vele uitdagings wat jongmense
moet hanteer, bly die meeste gemotiveer en
hoopvol dat hulle hul doelwitte sal bereik. Sowat
94% van 12-22 jariges het 'n goeie idee van die
rigting wat hulle wil inslaan, 99% het spesifieke
doelwitte wat hulle wil bereik, en 97% glo hulle eie
aksies en inspanning sal bepaal of hulle hul doelwitte
sal bereik. Meer as 90% jongmense voel ook hulle sal
moeilike situasies kan hanteer.
Miskien toon hierdie feite dat die meeste jongmense
nie bewus is van die struikelblokke wat hulle sal
moet oorkom om 'n gesonde en suksesvolle lewe te
hê nie. Dit toon óók dat SA se jonger generasie hoë
hoogtes kan bereik indien hulle die kans kry om op
te groei in stabiele families en gemeenskappe,
sonder geweld en met die geleentheid van 'n
behoorlike opvoeding.
Bron: Navorsingsverslag van die SA Instituut vir
Rasseverhoudinge (First Steps to Healing the SA
Family).
Beskikbaar by:
www.ngkok.co.za/Artikels/fam.pdf
3