17
ORAKEL Oor die HEIDE dames, vir die HEIDE dames, deur die HEIDE dames. SJGD gaan groot Liefdadigheidsweek BOSaksie Heide het familie- Boetie-sussie naweek SEr & Debat Pons my en pons my nou Waardeweek April 2014 Oud-Heide Dames HUISMOLES

Finale orakel 2

Embed Size (px)

DESCRIPTION

NWU Pukke Heide Dameskoshuis se nuusblad 2014

Citation preview

Page 1: Finale orakel 2

ORAKEL Oor die HEIDE dames, vir die HEIDE dames, deur die HEIDE dames.

SJGD gaan groot

Liefdadigheidsweek

BOSaksie Heide het familie-

Boetie-sussie naweek

SEr & Debat Pons my en pons my nou

Waardeweek

April 2014

Oud-Heide Dames

HUISMOLES

Page 2: Finale orakel 2

My wonderlike Heidedogter

Dit was verseker een van die meer opwindende

jare wat ons al in Heide beleef het. Natuurlik is

Heide as ‘n reël heel opwindend (en dinamies!)

en daar is altyd die een of ander

aandagwekkende storie aan die ontwikkel.

Vanjaar het ons egter ‘n paar dinge op kampus

beleef wat Heide nogal gaan verander. Of gaan

dit werklik?

Ek het al ‘n hele paar interessante dinge beleef in

Heide en van hulle skiet baie vinnig in my kop as

ek dink aan ons koshuis. Byvoorbeeld, Broomball

is een van die lekkerste gebeurtenisse en ek mis

dit nie sommer nie. Daarmee saam is dit lekker

om te sien hoe ‘n Heidedame ‘n Heidema kry –

met die gepaardgaande sussies of ouma en selfs

‘n oupa! As my Heidedogters sing, gee hulle my

hoendervleis. Ek wil TV-dekking hê vir Heide’s

Got Talent! Debat is iets om te aanskou. Ek dink

die eerste sokkerspan is regtig fiks (die

tweedespan minder so, maar hulle skop snaakser,

wat in hulle guns tel). Ek het die voorreg om met

ongelooflik briljante jong leiers te werk op die

huiskomitee, en ek word elke keer verras met die

HK se vindingrykheid, werksvermoë en

kanniedood-houding. So kan ek aangaan: toneel,

netbal, tafeltennis, Battle of the Brains, SJGD, ‘n

braai in die braaituin, ‘n party in die klubhuis...

Ons gaan in die paar weke voor die einde van die

eerste semester geleenthede skep waar ons kan

gesels en planne beraam vir die pad vorentoe. Ek

weet dat Elané en haar HK alreeds begin werk het

aan ‘n paar idees, en ons kan nie wag om te hoor

watter ander idees daar vir Heide is nie. Met

liefde van jou koshuispa,

G.P.

Liewe Heide-dogter,

Julle het so stadig maar seker hier in my hart kom

vassit… julle meisiekinders met blink oë, slim

planne, interessante stories en baie energie!

Nou kan kry ek myself gereeld aan die sing…

‘Binne in Heide wil ek bly, hierdie is die plek net

vir my!’ Is dit die woorde? Dit is wat ek hier uit

die huisouerwoning 24h00 in die nag hoor. Soms

is dit so mooi dat ek sommer hoendervleis kry en

dan volg julle dit op met die koshuisgroet wat ‘n

traan in die oog bring.

Ja, na 3 jaar is ek regtig ‘n trotse Heide-moeder!

Vir julle wens ek die beste toe, nie net in die

wêreld nie, maar veral baie Hemelse skatte wat

nooit gesteel kan word nie. Onthou dat julle deur

Jesus geseën is met al die seëninge wat daar in

die hemel is. As julle vashou aan Hom en glo dat

God elke belofte in die Woord vir JOU bedoel is,

sal jou hart altyd dankbaar wees!

Ons gaan nou ‘n splinternuwe era in Heide

tegemoet, dit gaan dalk vreemd wees – maar

moet nooit die wat na julle kom verwyt nie.

Koester hulle en gee vir hulle Heide-liefde! Wie

weet, dalk is julle juis vir ‘n tyd soos hierdie

gekies om in Heide te wees…

Liefde

Ma Marise

Page 3: Finale orakel 2

Eerstejaars:

Die het ook ‘n sê...

Ons almal weet dat in ons eerstejaar was daar lekker oomblikke en slegte oomblikke tydens

O&B. Jy moes kilometers stap na die JOOLplaas of na jou sleep se koshuis, net om weer al

die pad terug te stal na die voorhuis. Hier is oomblikke wat vir 2014 se eerstejaars

uitgestaan het.

Scary senior Scary gang Lekkerste oomblik

van O&B

Dzata Natalie Joubert Cool Runnings Bos-aksie

Esperanza Ineke Meyer Emoyeni Vrugtefees

Cool Runnings Kimberly Ketsise Wild West Bos-aksie

Wild West Jane Janse van

Rensburg

Emoyeni Dinee

Phenomenal Michelle Oosthuizen Cool Runnings 1stejaarskonsert

Deja Vu Ancke Botha Cool Runnings Vertas aksie

Emoyeni Jamie Ramage Cool Runnings 1stejaarskonsert

Slegste oomblik

van O&B

Lekkerste

voorhuismaal

Mooi man 1stejaars

Dzata Selo se groet Burgers Veritas

Esperanza JOOL deurnag Roomys Veritas

Cool Runnings Blommetjies vou Hoenderpastei Patria

Wild West Seniorontmoeting Chicken Schnitzel Patria

Phenomenal Caput toe loop Plaatkoekies De Wilgers

Deja Vu Vrugtefees Chips en groente Veritas

Emoyeni Veritas aksie Hotdog en chips Veritas

Page 4: Finale orakel 2

JOOL “You never know what you had until it‟s lost”

Zeusrealisme, wat „n einaardige tema (jool stel nooit telleur nie!). Maar dit het nie Charne Eyssel

en haar komittee afgeskrik nie! Joolweek was voorwaardlik „n sukses gewees. Dié dat ons

onder die top vyf (vyfde) geëindig het. Maar dit was verseker nie maklik nie, met uitdagings

soos te min plastiek vir die blommetjies, duursame popkoppe, nood belagrikke eerstejaars slaap

en reën, baie reën.

Ag en toe kom die lang verwagte ou Caputters met hul kaki‟s en vaardigheid op die flot! Kom

dag of nag daar is gebou met ywer en toeweiding aan Lagy Gaga, Marilyn, dr. Seus, ou Nelson

en Poseidon. Dankie jou Caputter jy‟s sowaar „n yster!

So wie weet of joolweek „lost‟ is. Al wat ek weet is dat dié jaar se jool beslis een is om te onthou.

Daarom wil ek ook dankie sê aan die joolkomittee en Eyssel wat dit „n memorable ene gemaak

het!

“Vir jou, Heide, sal ons blomme vou tot ons geld opraak

vir jou sal ons blomme vou, ja dit maak nie saak

solank jy, Heide, net vir ons sal se dat jy ons sal lief hê

sal ons vir jou, Heide, blomme vou!”

Page 5: Finale orakel 2

Blikkieskosdag

Om 05:00 in die oggend op te staan is

glad nie enige student se gunsteling

vorm van tydsverdryf nie, maar vir 4202

blikkies en 4645 algehele punte, was dit

beslis die moeite werd!

Die gange het die volgende

hoeveelhede ingesamel:

1. Esperanza: 1763.14

2. Emoyeni: 1509.64

3. Phenomenal: 367.64

4. Déjà vu: 317.14

5. Dzata: 246.64

6. Wild West: 191.14

7. Cool Runnings 134.14

SJGD-Blikkieskosdag 2014 was

verseker vir Heide ‘n groot sukses!

Saam met Groenweek was die stalletjie

opgemaak as ‘n army-kamp en het ons

mooi by die tema ‘Gaan Groen’ ingepas.

Heide het ook hierdie jaar die meeste

blikkies ingesamel!

Baie dankie aan elkeen wat gehelp het

om die dag ‘n sukses te maak, vir elke

blikkie, borg, seer spier van die blikkies

aandra en dan spesiaal vir Dene vir al

haar moeite!

Saam maak ons definitief ‘n verskil! Ons

sien uit om die glimlagte op die honger

gesiggies te sien! Om te gee is soveel

beter as om te ontvang!

Intense love does not measure it just gives

Page 6: Finale orakel 2

Heide Bachelorettes Dit is nou een aand wat mens jou

boeke vir so uur of 2 kan alleen los.

Dit was ‘n baie groot aand vir

Heide se Hk-lede en ek is seker

hulle het dit net so baie geniet soos

die seniors. In die balkonkamers het

die seniors die Hk-lede opgedress vir

die geleentheid, elkeen van hulle het

baie interesant gelyk. Dis nou nie

die tipiese ‘outfit’ waarmee jy sal

Impala toe gaan nie. In die

balkonkamers het elkeen vreemde

konkoksies gekry om te drink en

daarna is hulle afgegaan. Met

hulle pragtige ‘outfits’ het hulle

verby die geskokte eerstejaars geloop

tot in die klubhuis. Die seniors het

gelê soos hulle lag vir al die vreemde

dinge wat die Hk aangevang het in

die ontspanningsaal. Hulle het

begin met ‘n speletjie waar elke Hk-

lid ‘n piesang deur ‘n sykous moes

eet, dit was een van die minder

lekker speletjies. Micheala aan die

ander kant het dit baie geniet en

heel eerste haar piesang opgeeet.

Daarna het die seniors die

geleentheid gekry om hulle te ‘fine’.

Die lekkerste en verseker die

snaakste speletjie van die aand was

die lepel-en-bottel speletjie. Elke

Hk-lid kry ‘n lepel wat met ‘n tou

om haar lyf gebind word en dan

moet sy die glasbottel op die grond,

met die lepel, omslaan. Hierna het

hulle twee op ‘n slag vir die seniors

gedans. Dit was ‘n baie opwindende

aand en die Prim-komitee het baie

moeite gedoen. Ek is seker na dit

was die Hk-lede gereed om te trou.

Na bachelorettes is ek seker die

Hk wil nie enige fotos van hulself

sien nie..

Page 7: Finale orakel 2

Bosaksie Deur: Joanna Skoczynski

Die sprong van eerste-na tweedejaar is

altyd „n groot. Aan die begin is dit vreemd

dat jy nie meer die een is wat name moet

vra nie en ook om gewoond te raak aan

jou eie titel: Juffrou.

Al hierdie nuwe goed is opwindend, maar

om MANSTYE (Whoop) te kry is die beste

ding van tweedejaar wees! Ongelukkig,

om iets lekker in die lewe te kry, moet jy

deur “blaar en modder” gaan.

By hierdie jaar se bosaksie, het al die HK

van 2013 gekom om die “blygemaakte

dore” te onthef. Die tweedejaars het

vinnig bos gegaan en hulself gekamofleer

met blare en modder. “It was a jungle out

there!”

By De Wilgers en Laureus het die

tweedejaars omtrent VROT geruik. Soos

afkop hoenders het hulle voorhuis, Veritas

en Calvyn toe gehardloop. Hulle het met

trots afgesluit deur hulle ganggroete te

doen. Daarna was dit mooi maak tyd voor

die groot troue.

Wat het „n paar van die tweedejaars

gehad om te sê oor bosakie?

Jo Vani Steytler:

Vrot melk en

Mayo!

Violah January:

Bitter lekker!

Nicolette Venter:

Spesiaal saam ons HK en

jaar groep vriendinne!

Natasha te Baerts:

Ons het gestink, maar

was baie pret. Gaan

dit vir altyd onthou.

Joanè Botha:

Definitief lekkerder as

die eerste een!

Page 8: Finale orakel 2

Nuwe jaar –nuwe Heide talent! deur Tru-handé Kotze

Dis weer daardie tyd van die jaar, wat die kattte kloue wys . Die mans- en-

vrouekoshuise sal oudergewoonte hulle titels as debatkonings en -koninginne

verdedig. Heide skop die jaar af met ‘n splinternuwe A en B- span. Uitdunrondtes het

reeds verlede week begin. Die A- span het ‘n werkswinkel bygewoon, om hul

struktuur en tegniek op te skerp.

. ‘n Bedrywige debatsprogram sal ‘n goeie dosis adrenalien verseker vir elke

deelnemer in die stryd. Elke Heide dame se ondersteuning sal waardeer word…

Duime op vir Heide wat algeheel 2de in die jaar se koshuisdebat is!

A- Span : (Links) Annerine Niemand

(Middel) Tru-handé Kotze en

(Regs) Ané Briel

B- Span : ( 2de van Links) Leani Coetzee

(Middel) Natalie van Niekerk en (Regs)

Carli Coetzee

Page 9: Finale orakel 2

Boetie & Sussie

Naweek Die boetie en Sussie naweek van 2014

was beslis ʼn naweek wat nie vergeet

sal word nie. Die naweek het begin

met sussies wat hulle boeties of

sussies opgewonde gaan groet het.

Daar is dié naweek lekker gebraai,

die boeties en sussies het die Draak

beleef met ʼn lekker ontbyt en ten

spyte van die slegte weer het almal

steeds fun gehad die Saterdag en is

ons algemene kennis behoorlik

getoets. Die Safari ete en Club

hopping het die boeties en sussies

ook ʼn smaak gegee van hoe lekker ons

studente lewe eintlik is. ʼn Naweek

van nuwe vriende maak, familie en

liefde.

Safari –ete:

Cocktails:

River Café- Brulpadda

Fine Things- Jam Jar

Primi Piatti- Tea Pot

Picasso’s- Sex Bomb

Voorgereg

Akker- Akker Krakker

Primi Piatti- California Pizza

Beefboys- Steak

Neptunes Fish Monger- Seekos

Draak- Schalk Burger

Nagereg

Draak- Chocolate Brownie

Fiori’s- Fudge Picasso &

koffie

Primi Piatti- Chocolate Nemesis

Mystic Boer- Amarula Hot

chocolate

Akker- Dom Pedro’s / Amarula

koffie

Page 10: Finale orakel 2

Heide gives back By Judy Phakula

When Dene van Wyk stood to be on the

house committee, her heart was to bring

SRCS back into the residence. From the

17th to the 21st of February, that’s exactly

what happened. It was a week dedicated

to doing altruistic work. A week of going

out of your way for someone else; a week

of sharing and ultimately a week of giving

back.

A visit to the old age home on Monday

morning kick started the week, where

conversations and the aroma of freshly

baked cake filled the room. Tuesday night

was all about giving back your time.

People gathered in the braai area and

made a braaibroodjie for someone else.

Animals were pampered on Wednesday

afternoon. They were bathed and treated

like sovereigns. Thursday was dedicated

to a hospital visit, where all you had to do

was share a smile; they are the most

precious thing you can give because they

resonate even after you’ve left the room.

The conclusion of the week called for

Neknominations from the residents of

Heide. There was not a shortage of those

at all.

The week was a tremendous success.

Residents came together and gave back

every way possible. Heide gave back

Page 11: Finale orakel 2

Die Sêr-sensasie Dis weer die tyd van die jaar wat almal

gons oor wie sêr gaan sing en wat die jaar

vir ons op daardie front gaan inhou. Sêr

was nog altyd „n trots vir Heide en dié jaar

gaan geen uitsondering wees nie. Met „n

sêr-wise coach (Stefan van Zyl, beter

bekend as Annie se boetie), op-dit HK-lid

(Germs) en dames wat oorloop van

entoesiasme en talent, beloof vanjaar se

sêr om niks anders as „n sukses te wees

nie.

Soos altyd is ons sêr-verslaafdes, met „n

paar nuwe gesigte, weer te sien op die

verhoog. Al die dames is alreeds hard

aan die werk om weereens Heide se

naam hoog te hou op kultuurgebied.

Baie geluk aan die volgende mense met

jul verkiesing tot Heide se sêr-groep 2014:

Mariëtte Sorgdrager, Dané Vermeulen,

Esté Malan, Anneri van Zyl, Christinah

Motshwane, Mart-Mari Howell, Madelaine

Rossouw, Grace Serfontein, Liezel White,

Tarene Wium, Michelle Cilliers, Carla van

Wyk, Moné Ehlerss, Tru-handé Kotze,

Jolani Blom Jordaan, Andrea Muller, Jana

Snyman, Jurene Kruger, Ane Venter en

Violah January. Sterkte met julle

voorbereiding, ons kan nie wag om te hoor

wat die jaar gaan oplewer nie!

Page 12: Finale orakel 2

Boodskap aan alle sêr-dames vanaf Germs:

“Eerstens wil ek net weer baie geluk sê aan elkeen van die

meisies wat deel uitmaak van Heide Sêr 2014. Ek is al klaar

so trots op julle.

Tweedens is my wens vir elkeen van julle, dat julle hierdie tyd

wat voorlê sal gebruik om te groei as mens, jou talent verder

sal ontwikkel, jouself beter leer ken asook om nuwe vriende te maak. Dat hierdie jaar se

Sêr vir elkeen iets besonders sal beteken, iets wat jy altyd sal kan koester tot in jou oudag.

Geniet elke oomblik daarvan en wees jy die verskil wat jy in ander mense wil sien.

Laastens, sing elke dag in die stort en gaan voluit, want jy is net eenkeer deel van HEIDE

Sêr 2014.”

Deur: Katinka Erasmus

Page 13: Finale orakel 2

Wellness week

Wellness week: ‘n Week wat jou die geleentheid bied om jou én ander mense se “wellness” te verbeter. As jy braaf genoeg was om bloed te skenk het jy tot 3 lewens gered. As jy geregistreer het as ‘n orgaanskener kan jy tot 7 lewens red en 50 lewens verbeter ! Indien jy die MIV toetse gedoen het, het jy ‘n sjokolade gekry so dit was ‘n wen-wen en om uit te vind wat jou bloedgroep is, is ook uiters belangrik vir talle gesondheidsredes.

Indien jou rooster gepak was of jou gym skedule te streng was, is daar nogsteeds ‘n manier wat jy kan help:

Gaan na : http://www.odf.org.za/

Daar kan jy meer uitvind oor orgaanskenking en online registreer om amptelik ‘n skenker te word. En as jy wonder hoekom JY moet registreer… Heaven doesn’t need the organs, Earth does.

As jy meer oor bloedskenking wil uitvind gaan na: http://www.sanbs.org.za/.

Page 14: Finale orakel 2

Kultuurdag Daleen Botha

As mens dink kultuur dan dink jy: “It’s my

culture”, “vir volk en land”, halfgaar ‘steak’ en

ander vreemde disse. In Heide is kultuur egter

die fyn dingetjies wat ons van mekaar

onderskei, maar wat ons op een of ander

manier ook saambring...

Met Kultuurdag wat op die 11de April vanjaar

plaasgevind het, het ‘mHei hart se Punt’ eg

Suid-Afrikaans gegaan, met ‘n suiwer Zoeloe

tema.

Die pret het begin met ‘n gras-stalletjie wat

oral rondom versier was met bokvelle en

vlakvarkies. Potjies en vuurhout het pragtig

met die heerlikste Zoeloe disse gepryk.

Properse Inkukhu (hoender), Amagwinya

(Vetkoek) en Morogo (Spinasie tipe dis). Daar

was ook ‘n ‘photo-booth’ en Zoeloe gesigverf

wat ‘n baie unieke geur aan die amper cliché

kultuurdag roetine gegee het. Toneelspel en

vermaak was daar beslis, van troues tot

danspassies, waaraan selfs die beoordeelaars

en verbygangers deelgeneem het. Dit

beklemtoon weer dat die ware “vir volk en

land” en ‘united we shall stand’ kom juis nie

daaruit dat ons almal Average Joe is nie.

Wat beteken Kultuurdag vir jou?

Hestia Victor: “Om ander kulture te leer ken

en waardering daarvoor te skep sodat mens in

harmonie beter kan saamleef. As jy verstaan

waaroor dit gaan dan het jy meer begrip

daarvoor en geduld daarmee en ek dink dis ‘n

goeie ding, om student bewus te maak van

ander kulture in die wêreld en Suid-Afrika

spesifiek.”

Lize Odendaal: “Ek geniet dit om so bietjie

meer van ander se leefstyl uit te vind. Dis vir

my baie lekker.”

Wat het jy van die stalletjie gedink?

Lize Odendaal: “Dit was mooi gewees, baie

huislik met die vuurtjie en die potjie. Toe hulle

getrou het, het hulle op die matjie gaan sit en

saam geëet en sy het vir haar man opgeskep.

Dit was baie ‘cute’.

Wat dink jy was die van sukses van

Kulltuurdag?

Nika Claassen : ‘n Baie goeie komitee wat my

gehelp het en ook beplanning en

betrokkenheid. (Die photo-booth) was nie so

suksesvol as wat ons dit wou gehad het nie,

maar ek dink daar kan definitief daarop gebou

word vir ander jare. Dis moeilik om sulke

aksies te hou gedurende klastyd. Die

beoordeling het baie goed gegaan; “die judges

het impressed gelyk en daar was na die tyd

baie goeie terugvoer gewees.”

Foto’s wat volg, verskaf deur Jennifer Williams

Page 15: Finale orakel 2
Page 16: Finale orakel 2

BOND VIR OUD-HEIDE DAMES Eerstens wil ons net baie dankie sê vir almal

se terugvoer op die vorige Orakel. Dit is lekker

om van oud-Heide Dames te hoor en hoe die

koshuis in hul tyd was.

Ons het uitgevind dat Esperanza die

jellietennis begin het en ‘n paar foto’s

ontvang.

Stuur gerus nog Heide stories en foto’s wat

ons in die volgende uitgawe kan publiseer.

Ons sal graag meer gereeld wil kommunikeer

met julle met die oog op die reunie van 2015.

Indien jy belangstel om deel te wees van die

organisasie en beplanning daarvan skakel ons

gerus.

Nika Claassen ([email protected]) OF

Elane Botha ([email protected])

Onthou asseblief dat indien jy trou en jou van

verander of jy verander van adres en

kontakbesonderhede om PukAlumni in kennis

te stel sodat hul die databasis kan opgradeer

en ons steeds in kontak kan bly.

Like ook ons Facebook page NWU-Pukke

Heide Dameskoshuis.

Sportweek 2009 (Esperanza)

NUUS VAN HEIDE DAMES Doré de Kock

Eerstejaar in 2010 is verloof aan Pieter Wagener.

Esmari Venter

Eerstejaar 2010 is verloof aan Phillip De Wet

Idale Welman

Eerstejaar 2011 is verloof aan Jacques Trudoux

Alecia Pienaar

Eerstejaar in 2010 is verloof aan Ruan Koch

Charlize Conradie

Eerstejaar in 2012 is aangewys as Miss Varsity Cup van NWU-Pukke en is algeheel as eerste prinses

gekroon.

Baie geluk aan die Oud-Heide Dames en aan almal anders wie se prestasies onbekend aan ons is.

Page 17: Finale orakel 2

HOOGTEPUNTE

Canvas

Basketbal ligawenners

Eerste Huisdans

Sien uit vir

Dr Dr Aksie 6 Mei

Opedag 10 Mei

Informal 15 Mei

Pa en Dogter naweek 16 – 18 Mei