1
, Promosie-artikels  29 Woensdag 25 Februarie 2015 Beeld Gee jou kinders ‘n voorsprong met Impak Tuis-, Tutor- en Skoolonderwys. Impak dra by tot die ontwikkeling van ons jeug in Suid-Afrika deur toonaangewende en toeganklike basiese onderwysoplossings te voorsien. Dit sluit n KABV-belynde kurrikulum en akademiese steun van graad R tot 12 aan tuisskoolouers, tutors en skole in. Impak – Baanbreker-onderwys. Vir meer inligting, kontak ons by [email protected] of besoek ons webwerf www.impak.co.za Kontak ons by: Tel: 011 025 6510 of 011 026 8750 Chris: 083 383 7649 Bronwyn: 083 383 7650 Michelle: 061 338 6247 [email protected] Geen mure, niks wat jou terughou nie. Slegs 'n poort tot 'n versekerde toekoms. Slegs 'n poort tot 'n versekerde toekoms. • Cambridge-geassosieerde skool • Checkpoint, IGCSE, AS/A-vlak • Buigsame en funksionele werksprogramme • Gestruktureerde tuisonderrigmetodiek • Vakkundige studieleiers en aanlyn interaksie • Deurlopende evaluerings en terugvoering • Individuele studentmonitering en -skakeling • Gerieflik en toeganklik www.cleducation.co.za X1PRKKQR-B1250215 Moms Manual Maths Die boek wat jou help om jou kind te help Truuks, oplossings, alternatiewe metodes, gratis aktiwiteite en baie meer. Om jou kind by te staan, besoek: www. .co.za moms manual maths Kontak die skrywer, Louise Wells, direk: [email protected] Sel: 083 476 8207 Faks: 086 652 0410 Skrywer van Mom's Maths Manual. Wenner van die wiskunde-uitdaging vir provinsiale onderwysers in 2011 en 2012. CAPS-fasiliteerder vir die Departement van Onderwys in . 2012 Benoeming en finalis by die nasionale onderwysers- toekennings vir 2011 en 2009. SLEGS BESKIKBAAR IN ENGELS X1PRKTA5-BS250215 FOKUS OP || TUISONDERWYS G’n klokke wat leer versteur Eppie Strydom D ie eerste keer dat Uda van Oostrum (20) by ’n skool opgedaag het, was toe sy as vioolonderwyser by Water- kloof House Preparatory School ingestap het. Van Oostrum, wat pleks van matriek die Amerikaan- se General Educational Develop- ment-eksamen (GED) in 2013 ge- slaag het, gee ook private lesse in viool, altviool en musiekteorie en werk as assistent by die Lizette Mattheus-balletateljee. Die grootste voordele van tuis- onderrig, sê sy, is dat sy haar tyd optimaal kon benut, die meeste van haar tyd saam met kundiges op verskillende gebiede kon deur- bring; leermetodes kon gebruik wat presies vir haar geskik was; tyd daaraan kon bestee om haar talente te ontdek en te ontwikkel; ’n sake-onderneming op die ou- derdom van 16 kon begin; vriende kon kies uit ’n wye spektrum van ouderdomme, klasse, lewenstyle en agtergronde; en haarself nooit baie met ander leerlinge vergelyk het nie. “Iets waaroor ek baie bly is, is dat ek geleer het hoe om te leer,” sê sy. “Ek het die vaardigheid ont- wikkel om self in die omgewing te kyk waar ’n leemte is, uit te werk wat ek moet leer om die leemte te vul, en self die mate- riaal te soek om my op te lei.” Tuisonderrig raak al hoe gewil- der onder ouers wat meen indivi- duele aandag lewer beter opvoed- kundige uitkomste. Die standaard in Suid-Afrikaanse skole, waar selfs die onafhanklike skole nog nie die middelpunt in die gere- kende Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS, 2011) kon haal nie, boe- sem nie veel vertroue by dié ou- ers in nie. Die studie toon darem dat die standaard in openbare skole tus- sen 2002 en 2011 met ’n graad en ’n half verbeter het. Nietemin het prof. Herman van Schalkwyk van die Noordwes-Universiteit verlede jaar by ’n onderwyskonferensie gesê die gemiddelde geletterd- heidsvlak van matrikulante wat by die universiteit wil inskryf, is op gr. 7-vlak. Begripvaardighede is op ’n vlak wat van gr. 5-leerlinge verwag word. ’n Geboelie en geweld in skole is nog ’n rede waarom ouers tuis- onderrig verkies, toon studies deur dr. Susette Brynard in 2007 en die Suid-Afrikaanse Omvatten- de Assesseringsinstituut (Sacai) in 2014. Altesame 75% van Suid-Afri- kaanse leerlinge het volgens TIMSS gesê hulle is al by die skool afgeknou, teenoor die inter- nasionale gemiddeld van 41%. Volgens Shirley Erwee, outeur van Homeschooling High School: Plotting Your Path, word baie tyd in skole in beslag geneem deur die handhawing van orde en ska- rebeheer. “Met tuisleer kan jou kinders in twee of drie uur meer bereik as in vyf of ses uur by die skool,” sê Erwee, wat reeds twee kinders deur ’n tuisskoolloopbaan gekry het. In haar ervaring het leerlinge wat tuis onderrig word, ook ’n ander vlak van selfvertroue in hul interaksie met sowel ouer mense as jonger kinders. “Die sosialisasie wat in skole plaasvind, is onnatuurlik,” sê sy. “Omdat kinders volgens ouder- dom in groepe verdeel word, leer hulle net om met hul portuur- groep te sosialiseer. Onderwysers word gesien as gesagsfigure. “Ek merk op wanneer skoolkin- ders by my huis kom speel, groet hulle beleefd: ‘Hallo, tannie Shir- ley.’ Dan gaan speel hulle. Wan- neer tuisleerlinge hier aankom, sê hulle: ‘Hallo, tannie Shirley, raai wat het ons vandag gedoen?!’ Dan het ons ’n vinnige gesprek, want ek is hul volwasse vriend en hulle kan met my kommuni- keer. En daarna sal hulle my kin- ders gaan soek om te speel.” Vir Van Oostrum is dit interes- sant om nou by ’n skool betrokke te wees. Sy voel nie sy het iets misgeloop nie. “Ek geniet dit om met kinders te werk, maar ek vind dit lastig dat die klok belangriker is as om iets klaar te maak of te verstaan,” sê sy. “Die manier waarop die skoolstelsel funksioneer, verhin- der doeltreffende leer. Dit mors tyd en skep slegte gewoontes en ’n heeltemal onwerklike beeld van die regte lewe. Gelukkig is daar mense wat hul bes probeer om die kinders so ’n goeie opvoe- ding as moontlik te gee. “Die een ding wat ek soms ge- mis het toe ek jonger was, is die kans om onverantwoordelik te wees sonder gevolge. In die skool kan ’n mens nogal ’n groot mate van onverantwoordelikheid open- baar en die meeste wat daarvan sal kom, is ’n geraas en ’n mate van straf, maar as ’n mens dikvel- lig is, maak dit nie saak nie. “In die regte lewe kan ’n mens nie onverantwoordelik wees son- der ernstige probleme nie. As jy vir iemand werk doen en jy laat slap lê, word jy gou afgedank – daar is baie mense wat jou werk wil hê!” Uda van Oostrum was eerste altviolis in die Simfonia Juventi Jeugorkes. Benewens kwalifikasies in musiek, ballet en toneelspel, is sy ’n kranige ruiter en sy leer op die oomblik TrueKravMaga, oftewel die Kalah-gevegstyl. Vind meer uit oor tuisonderrig deur ’n ekspo of semi- naar in 2015 by te woon. 7 Maart: Mini- ekspo (Jhb) 13 Maart: Semi- naar (Midrand) 20-26 Maart: Se- minaar (George) 26-27 Junie: Ekspo (Pretoria) 19 Sept: Ekspo (Boksburg) 26 Sept: Expo (Hillcrest) 17 Okt: Expo (Bellville) Besoek tuissko- lers.org vir besonderhede. Ekspo’s Registreer liefs by departement, sê kenners Tuisonderrig is nie sonder omstre- denheid nie. Ingevolge die Skole- wet moet ’n ouer sy of haar kind by die provinsiale onderwysdepar- tement registreer as die ouer die kind tuis wil onderrig. Die syfers vertel egter ’n ander storie. Volgens die Sensus 2011 het 56 857 gesinne aangedui hul kin- ders word tuis onderrig. Tog was net sowat 1 000 leerlinge in 2014 op die onderwysdepartement se regis- ter vir tuisskoliere. So sê Leendert van Oostrum, voorsitter van die Pestalozzi-trust. Die trust is in 1998 in opdrag van die Vereniging vir Tuisonderwys (www.tuisskolers.org) gestig om as pleitbesorger vir tuisskolers se reg- te op te tree. Een rede waarom ouers nie hul kinders registreer nie, is omdat hulle meen plaaslike beamptes oor- skry die perke van hul gesag wan- neer hulle byvoorbeeld inspeksies by ’n leerling se huis wil hou of op meer inligting aandring as wat die wet vereis. Sogenaamde “unschoo- lers” weier weer om hul kinders te registreer omdat hulle meen die staat mag nie voorskryf watter kurrikulum hul kinders volg nie. Prof. Rika Joubert, direkteur van die Interuniversiteitsentrum vir Onderwysreg en -Beleid (CELP), sê wetstoepassing in Suid-Afrika bly soms in gebreke. Sowel Joubert as Mariëtte Rey- neke, senior lektor in prosesreg en bewysleer in die regsfakulteit van die Universiteit van die Vrystaat, sê ouers kan uiteindelik strafregte- lik aanspreeklik gehou word as hulle nie hul kinders registreer nie. Albei regskenners raai ouers aan om hul kinders wel te registreer. Stefan Botha, uitvoerende hoof van die kurrikulumverskaffer Im- pak, het aan Ontbytsake gesê daar is ook nie op die oomblik ’n proses waarby ’n verskaffer soos Impak geakkrediteer kan word nie. “Ek dink akkreditasie is ’n goeie ding. Jy wil as ouer darem ge- moedsrus hê dat, as jy jou kind toevertrou aan ’n plek soos Impak om vir jou kind ’n kurrikulum te verskaf, hulle darem op standaard is,” het Botha gesê. “Ons hoop dit sal teen 2016 in plek wees.” Sukses vereis selfgerigtheid Die feite is alombekend: Sowat 30% van Suid-Afrikaanse stu- dente kan nie in hul eerste jaar van verdere studie die mas op- kom nie en val uit die stelsel sonder om die jaar te voltooi. Volgens statistieke van die departement van hoër onder- wys en opleiding speel ’n ge- brek aan geld en ondersteuning ’n rol, asook ’n gebrek aan aka- demiese gereedheid en voorbe- reiding. Die lae suksessyfer kan im- pliseer dat hoërskoolleerlinge nie genoegsaam vir die eise van selfgerigte leer voorberei word nie, sê prof. Rita Niemann, uit- voerende hoof van akademie by Impak. As kurrikulumverskaffer vir die tuisonderrig-, tutor- en skoolsektore, gebruik Impak selfgerigte leer as ’n strategie om leer te optimaliseer, sê sy. “Selfgerigte leer beklemtoon die onafhanklikheid en beheer van studie deur die leerlinge self. Dit stel leerlinge in staat om self hul studies te rig en te moniteer,” sê sy. “Barry Zimmerman verwys in sy studie “Self-Efficacy: An Essential Motive to Learn” na die selfgenerende denke, aksies en ervarings wat uit die bena- dering van selfgerigte leer spruit. Dit motiveer leerlinge terselfdertyd om nuwe kennis en vaardighede te bemeester.” Selfgerigte leer is nie net ’n gegronde leerbenadering nie, dit is ook meer buigsaam as ander benaderings en stimuleer probleemoplossende en kritiese denke. “In Impak se besinning oor hoe die materiaal ontwikkel moet word om selfgerigte leer te optimaliseer, is die breinpro- sesse tydens die verwerwing van nuwe kennis as uitgangs- punt gebruik,” sê Niemann. “Die werkende geheuesen- trum van die brein ontvang ’n eksterne stimulus wat ’n be- roep doen op reeds verworwe kennis en breinprosesse akti- veer. Patrone word herken en nuwe sinvolle verbande word gelê. Die nuwe en bestaande in- ligting word geïntegreer en in die langtermyn-geheuesentrum van die brein gestoor, wat weer herroep word om verdere nuwe patrone te vorm.” Impak meen dié prosesse sal ’n selfgerigte leerbenadering verfyn om leerlinge vir die skooleindeksamen en verdere studie voor te berei. Dit sal leerlinge ook in staat stel om eendag innoverend en pro- bleemoplossend in die werk- plek op te tree. “Leerders sal uitgedaag word om kwessies in die regte lewe aan te pak, krities daaroor te besin deur op reeds verworwe kennis te bou terwyl hulle nuwe inligting inwin,” sê Niemann. Prof. Rita Niemann ‘‘ Iets waaroor ek baie bly is, is dat ek geleer het hóé om te leer. Ek het die vaardigheid ontwikkel om self in die omgewing te kyk waar ’n leemte is, uit te werk wat ek moet leer om die leemte te vul, en self die materiaal te soek om my op te lei. — UDA VAN OOSTRUM, WAT TUISONDERRIG ONTVANG HET. Artikel 51 van die Suid-Afrikaanse Skolewet (wet 84 van 1996) maak voorsiening vir tuisonderrig. Dit bepaal ’n ouer kan by die (provin- siale) departementshoof (van basiese onderwys) aansoek doen om die regi- strasie van ‘n leerling om by sy/haar huis onderwys te ontvang. Die departementshoof moet so ‘n leerling registreer as dit in die belang van die leerling is; die tuisonderrig aan die minimum vereistes van die kurrikulum van openbare skole sal vol- doen; dit nie van ‘n laer standaard sal wees as wat in openbare skole aange- bied word nie; en die ouer aan enige ander redelike voorwaardes wat deur die departementshoof gestel word, sal voldoen. Die departementshoof kan die regi- strasie intrek of weier, maar moet eers die ouer van die redes daarvoor in kennis stel, aan die ouer die kans bied om vertoë te rig, en die vertoë behoorlik oorweeg. ‘n Ouer kan by die Lid van die Uit- voerende Raad appèl aanteken teen die intrekking van ‘n registrasie of die weiering om ‘n leerling ingevolge hierdie wet te registreer. Wat sê die Skolewet?

FOKUS OP || TUISONDERWYS Sukses vereis G’n klokke wat leer … · 2015. 2. 25. · sal teen 2016 in plek wees.” Sukses vereis selfgerigtheid Die feite is alombekend: Sowat 30%

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: FOKUS OP || TUISONDERWYS Sukses vereis G’n klokke wat leer … · 2015. 2. 25. · sal teen 2016 in plek wees.” Sukses vereis selfgerigtheid Die feite is alombekend: Sowat 30%

, Promosie­artikels 29Woensdag 25 Februarie 2015 Beeld

Gee jou kinders ‘n voorsprong metImpak Tuis-, Tutor- en Skoolonderwys.Impak dra by tot die ontwikkeling van ons jeug in Suid-Afrika deurtoonaangewende en toeganklike basiese onderwysoplossings te voorsien.Dit sluit ’n KABV-belynde kurrikulum en akademiese steun van graad R tot 12aan tuisskoolouers, tutors en skole in.

Impak – Baanbreker-onderwys.

Vir meer inligting, kontak ons by [email protected] besoek ons webwerfwww.impak.co.za

Kontak ons by: Tel: 011 025 6510 of 011 026 8750Chris: 083 383 7649Bronwyn: 083 383 7650Michelle: 061 338 [email protected]

Geen mure, niks wat jou terughou nie.

Slegs 'n poort tot 'n versekerde toekoms.Slegs 'n poort tot 'n versekerde toekoms.• Cambridge-geassosieerde skool

• Checkpoint, IGCSE, AS/A-vlak

• Buigsame en funksionele werksprogramme

• Gestruktureerde tuisonderrigmetodiek

• Vakkundige studieleiers en aanlyn interaksie

• Deurlopende evaluerings en terugvoering

• Individuele studentmonitering en -skakeling

• Gerieflik en toeganklik

www.cleducation.co.zaX1PRKKQR-B1250215

Moms ManualMathsDie boek wat jou help om jou kind te help

Truuks, oplossings, alternatiewe metodes, gratis aktiwiteite en

baie meer. Om jou kind by te staan, besoek:

www. .co.zamoms manualmathsKontak die skrywer, Louise Wells, direk:

[email protected]

Sel: 083 476 8207 Faks: 086 652 0410•

Skrywer van Mom's Maths Manual.

Wenner van die wiskunde-uitdaging vir provinsiale onderwysers in

2011 en 2012.

CAPS-fasiliteerder vir die Departement van Onderwys in .2012

Benoeming en finalis by die nasionale onderwysers-

toekennings vir 2011 en 2009.

SLEGS BESKIKBAAR IN ENGELS

X1PRKTA5-BS250215

FOKUS OP || TUISONDERWYS

G’n klokke wat leer versteurEppie Strydom

Die eerste keer dat Uda vanOostrum (20) by ’n skoolopgedaag het, was toe sy

as vioolonderwyser by Water-kloof House Preparatory School ingestap het. Van Oostrum, wat pleks van matriek die Amerikaan-se General Educational Develop-ment-eksamen (GED) in 2013 ge-slaag het, gee ook private lesse in viool, altviool en musiekteorie en werk as assistent by die Lizette Mattheus-balletateljee.

Die grootste voordele van tuis-onderrig, sê sy, is dat sy haar tyd optimaal kon benut, die meeste van haar tyd saam met kundiges op verskillende gebiede kon deur-bring; leermetodes kon gebruik wat presies vir haar geskik was; tyd daaraan kon bestee om haar talente te ontdek en te ontwikkel; ’n sake-onderneming op die ou-derdom van 16 kon begin; vriende kon kies uit ’n wye spektrum van ouderdomme, klasse, lewenstyle en agtergronde; en haarself nooit baie met ander leerlinge vergelyk het nie.

“Iets waaroor ek baie bly is, isdat ek geleer het hoe om te leer,” sê sy. “Ek het die vaardigheid ont-wikkel om self in die omgewing te kyk waar ’n leemte is, uit te werk wat ek moet leer om die leemte te vul, en self die mate-riaal te soek om my op te lei.”

Tuisonderrig raak al hoe gewil-der onder ouers wat meen indivi-duele aandag lewer beter opvoed-kundige uitkomste. Die standaard in Suid-Afrikaanse skole, waar selfs die onafhanklike skole nog nie die middelpunt in die gere-kende Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS, 2011) kon haal nie, boe-sem nie veel vertroue by dié ou-ers in nie.

Die studie toon darem dat diestandaard in openbare skole tus-sen 2002 en 2011 met ’n graad en ’n half verbeter het. Nietemin het prof. Herman van Schalkwyk van die Noordwes-Universiteit verlede

jaar by ’n onderwyskonferensie gesê die gemiddelde geletterd-heidsvlak van matrikulante wat by die universiteit wil inskryf, is op gr. 7-vlak. Begripvaardighede is op ’n vlak wat van gr. 5-leerlinge verwag word.

’n Geboelie en geweld in skoleis nog ’n rede waarom ouers tuis-onderrig verkies, toon studies deur dr. Susette Brynard in 2007 en die Suid-Afrikaanse Omvatten-de Assesseringsinstituut (Sacai) in 2014. Altesame 75% van Suid-Afri-kaanse leerlinge het volgens TIMSS gesê hulle is al by die skool afgeknou, teenoor die inter-nasionale gemiddeld van 41%.

Volgens Shirley Erwee, outeurvan Homeschooling High School: Plotting Your Path, word baie tyd in skole in beslag geneem deur die handhawing van orde en ska-rebeheer. “Met tuisleer kan jou kinders in twee of drie uur meer bereik as in vyf of ses uur by die skool,” sê Erwee, wat reeds twee kinders deur ’n tuisskoolloopbaan gekry het.

In haar ervaring het leerlinge

wat tuis onderrig word, ook ’n ander vlak van selfvertroue in hul interaksie met sowel ouer mense as jonger kinders.

“Die sosialisasie wat in skole plaasvind, is onnatuurlik,” sê sy.

“Omdat kinders volgens ouder-dom in groepe verdeel word, leer hulle net om met hul portuur-groep te sosialiseer. Onderwysers word gesien as gesagsfigure.

“Ek merk op wanneer skoolkin-ders by my huis kom speel, groet hulle beleefd: ‘Hallo, tannie Shir-ley.’ Dan gaan speel hulle. Wan-neer tuisleerlinge hier aankom, sê hulle: ‘Hallo, tannie Shirley, raai wat het ons vandag gedoen?!’ Dan het ons ’n vinnige gesprek, want ek is hul volwasse vriend en hulle kan met my kommuni-keer. En daarna sal hulle my kin-ders gaan soek om te speel.”

Vir Van Oostrum is dit interes-sant om nou by ’n skool betrokke te wees. Sy voel nie sy het iets misgeloop nie.

“Ek geniet dit om met kinderste werk, maar ek vind dit lastig dat die klok belangriker is as om iets klaar te maak of te verstaan,” sê sy. “Die manier waarop die skoolstelsel funksioneer, verhin-der doeltreffende leer. Dit mors tyd en skep slegte gewoontes en ’n heeltemal onwerklike beeld van die regte lewe. Gelukkig is daar mense wat hul bes probeer om die kinders so ’n goeie opvoe-ding as moontlik te gee.

“Die een ding wat ek soms ge-mis het toe ek jonger was, is die kans om onverantwoordelik te wees sonder gevolge. In die skool kan ’n mens nogal ’n groot mate van onverantwoordelikheid open-baar en die meeste wat daarvan sal kom, is ’n geraas en ’n mate van straf, maar as ’n mens dikvel-lig is, maak dit nie saak nie.

“In die regte lewe kan ’n mensnie onverantwoordelik wees son-der ernstige probleme nie. As jy vir iemand werk doen en jy laat slap lê, word jy gou afgedank – daar is baie mense wat jou werk wil hê!”

Uda van Oostrum was eerste altviolis in die Simfonia Juventi Jeugorkes. Benewens kwalifikasies in musiek, ballet en toneelspel, is sy ’n kranige ruiter en sy leer op die oomblik TrueKravMaga, oftewel die Kalah­gevegstyl.

Vind meer uit oor tuisonderrig deur ’n ekspo of semi­naar in 2015 by te woon. 7 Maart: Mini­ekspo (Jhb) 13 Maart: Semi­naar (Midrand) 20­26 Maart: Se­minaar (George)26­27 Junie: Ekspo (Pretoria)19 Sept: Ekspo (Boksburg)26 Sept: Expo (Hillcrest)17 Okt: Expo (Bellville)Besoek tuissko­lers.org virbesonderhede.

Ekspo’s

Registreer liefs by departement, sê kennersTuisonderrig is nie sonder omstre-denheid nie. Ingevolge die Skole-wet moet ’n ouer sy of haar kind by die provinsiale onderwysdepar-tement registreer as die ouer die kind tuis wil onderrig.

Die syfers vertel egter ’n ander storie. Volgens die Sensus 2011 het 56 857 gesinne aangedui hul kin-ders word tuis onderrig. Tog was net sowat 1 000 leerlinge in 2014 op die onderwysdepartement se regis-ter vir tuisskoliere. So sê Leendert van Oostrum, voorsitter van die Pestalozzi-trust.

Die trust is in 1998 in opdrag vandie Vereniging vir Tuisonderwys (www.tuisskolers.org) gestig om as pleitbesorger vir tuisskolers se reg-te op te tree.

Een rede waarom ouers nie hulkinders registreer nie, is omdat hulle meen plaaslike beamptes oor-skry die perke van hul gesag wan-neer hulle byvoorbeeld inspeksies

by ’n leerling se huis wil hou of op meer inligting aandring as wat die wet vereis. Sogenaamde “unschoo-lers” weier weer om hul kinders te registreer omdat hulle meen die

staat mag nie voorskryf watter kurrikulum hul kinders volg nie.

Prof. Rika Joubert, direkteur vandie Interuniversiteitsentrum vir Onderwysreg en -Beleid (CELP), sê

wetstoepassing in Suid-Afrika bly soms in gebreke.

Sowel Joubert as Mariëtte Rey-neke, senior lektor in prosesreg en bewysleer in die regsfakulteit van die Universiteit van die Vrystaat, sê ouers kan uiteindelik strafregte-lik aanspreeklik gehou word as hulle nie hul kinders registreer nie. Albei regskenners raai ouers aan om hul kinders wel te registreer.

Stefan Botha, uitvoerende hoofvan die kurrikulumverskaffer Im-pak, het aan Ontbytsake gesê daar is ook nie op die oomblik ’n proses waarby ’n verskaffer soos Impak geakkrediteer kan word nie.

“Ek dink akkreditasie is ’n goeieding. Jy wil as ouer darem ge-moedsrus hê dat, as jy jou kind toevertrou aan ’n plek soos Impak om vir jou kind ’n kurrikulum te verskaf, hulle darem op standaard is,” het Botha gesê. “Ons hoop dit sal teen 2016 in plek wees.”

Sukses vereis selfgerigtheidDie feite is alombekend: Sowat 30% van Suid-Afrikaanse stu-dente kan nie in hul eerste jaar van verdere studie die mas op-kom nie en val uit die stelsel sonder om die jaar te voltooi.

Volgens statistieke van die departement van hoër onder-wys en opleiding speel ’n ge-brek aan geld en ondersteuning ’n rol, asook ’n gebrek aan aka-demiese gereedheid en voorbe-reiding.

Die lae suksessyfer kan im-pliseer dat hoërskoolleerlinge nie genoegsaam vir die eise van selfgerigte leer voorberei word nie, sê prof. Rita Niemann, uit-voerende hoof van akademie by Impak.

As kurrikulumverskaffer virdie tuisonderrig-, tutor- en skoolsektore, gebruik Impak selfgerigte leer as ’n strategie om leer te optimaliseer, sê sy.

“Selfgerigte leer beklemtoondie onafhanklikheid en beheer van studie deur die leerlinge self. Dit stel leerlinge in staat om self hul studies te rig en te moniteer,” sê sy.

“Barry Zimmerman verwys in

sy studie “Self-Efficacy: An Essential Motive to Learn” na die selfgenerende denke, aksies en ervarings wat uit die bena-dering van selfgerigte leer spruit. Dit motiveer leerlinge terselfdertyd om nuwe kennis en vaardighede te bemeester.”

Selfgerigte leer is nie net ’n gegronde leerbenadering nie, dit is ook meer buigsaam as ander benaderings en stimuleer probleemoplossende en kritiese denke.

“In Impak se besinning oor hoe die materiaal ontwikkel moet word om selfgerigte leer te optimaliseer, is die breinpro-sesse tydens die verwerwing van nuwe kennis as uitgangs-punt gebruik,” sê Niemann.

“Die werkende geheuesen-trum van die brein ontvang ’n eksterne stimulus wat ’n be-roep doen op reeds verworwe kennis en breinprosesse akti-veer. Patrone word herken en nuwe sinvolle verbande word gelê. Die nuwe en bestaande in-ligting word geïntegreer en in die langtermyn-geheuesentrum van die brein gestoor, wat weer

herroep word om verdere nuwe patrone te vorm.”

Impak meen dié prosesse sal’n selfgerigte leerbenadering verfyn om leerlinge vir die skooleindeksamen en verdere studie voor te berei. Dit sal leerlinge ook in staat stel om eendag innoverend en pro-bleemoplossend in die werk-plek op te tree.

“Leerders sal uitgedaag wordom kwessies in die regte lewe aan te pak, krities daaroor te besin deur op reeds verworwe kennis te bou terwyl hulle nuwe inligting inwin,” sê Niemann.

Prof. Rita Niemann

‘‘Iets waaroor ek baie bly is, is dat ek geleer het hóé om te leer. Ek het die vaardigheid ontwikkel om self in die omgewing te kyk waar ’n leemte is, uit te werk wat ek moet leer om die leemte te vul, en self die materiaal te soek om my op te lei.— UDA VAN OOSTRUM, WAT

TUISONDERRIG ONTVANG HET.

Artikel 51 van die Suid­Afrikaanse Skolewet (wet 84 van 1996) maak voorsiening vir tuisonderrig. Dit bepaal ’n ouer kan by die (provin­siale) departementshoof (van basiese onderwys) aansoek doen om die regi­strasie van ‘n leerling om by sy/haar huis onderwys te ontvang.

Die departementshoof moet so ‘nleerling registreer as dit in die belang van die leerling is; die tuisonderrig aan die minimum vereistes van die kurrikulum van openbare skole sal vol­doen; dit nie van ‘n laer standaard sal wees as wat in openbare skole aange­

bied word nie; en die ouer aan enige ander redelike voorwaardes wat deur die departementshoof gestel word, sal voldoen.

Die departementshoof kan die regi­strasie intrek of weier, maar moet eers die ouer van die redes daarvoor in kennis stel, aan die ouer die kans bied om vertoë te rig, en die vertoë behoorlik oorweeg.

‘n Ouer kan by die Lid van die Uit­voerende Raad appèl aanteken teen die intrekking van ‘n registrasie of die weiering om ‘n leerling ingevolge hierdie wet te registreer.

Wat sê die Skolewet?