4
GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente 27 Augustus 2017 Besoek ons WEBTUISTE: www.ngkwonderboom.co.za Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings met die lewende God en met mekaar sal wees! Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid! Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Ons ontmoet graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel. Kom geniet na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en deel so in mekaar se lief en leed. LERAAR TEMA TEKS Dr Nelius Steyn Nagmaal 09:00 Lank lewe die Liefde! 1 Johannes 4:16 “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.” Ds Ernest Horn Nagmaal 09:00 Soetdoring Christus se liefde is allesomvattend en alles- deurdringend Efesiërs 3:18: “Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.” 18:00 - 19:00 Debeon Lekker verrassing!

GEBEDSBRIEF...beplanning ens. Kontak ons vir enige raad en bystand rakende sakeversekering, pensioenfondse, voorsorgfondse, lewensversekering, testamente, effektetrusts, aftree beplanning,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente

    27 Augustus 2017 Besoek ons WEBTUISTE:

    www.ngkwonderboom.co.za

    Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings

    met die lewende God en met mekaar sal wees!

    Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid!

    Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Ons ontmoet

    graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel. Kom geniet

    na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en

    deel so in mekaar se lief en leed.

    LERAAR TEMA TEKS

    Dr Nelius Steyn

    Nagmaal

    09:00

    Lank lewe die Liefde!

    1 Johannes 4:16 “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie

    in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.”

    Ds Ernest Horn

    Nagmaal

    09:00 Soetdoring

    Christus se liefde is

    allesomvattend en alles-

    deurdringend

    Efesiërs 3:18: “Mag julle in staat wees

    om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en

    diep die liefde van Christus strek.”

    18:00 - 19:00 Debeon Lekker verrassing!

    http://www.ngkwonderboom.co.za/

  • Kategese en Debeon Die Juniors (Gr 0 – Gr 6)

    kom 10:15 in die Bo-vertrek byeen en Debeon (Gr 7 – Gr 11)

    om 18:00 – 19:00.

    Omgeegroepe

    Omgee-materiaal is by die deure beskikbaar. Dit kan ook vir

    persoonlike Bybelstudie gebruik word.

    Senior Koor

    Oefen 29 Augustus om 16:00 in Soetdoring-saal

    Vergaderings Eredienstaakgroepvergadering

    Maandag 28 Augustus om 19:00

    Kerkraadswerksessie Saterdag 2 September om 08:30 in

    die Bo-vertrek. Ons beplan en bespreek die samestelling en

    werksaamhede van die kerkraad.

    Woordgroei Donderdag 31 Augustus om 19:00 in die Kameel. Ons behandel die boek

    Efesiërs. Almal is welkom.

    SORG VIR MEKAAR! Siekes

    Jaendré Visser (Herman 083 767 4245, Jaenine 083 507 8835), Pieter du Toit (072 241 7115), Corrie Hendriksz (072 612 9810), Louis Naude (082 829 4896), ds. Johannes Scholtz (083 453 9553), Chris Coetzee,

    Louis Ackermann (Bettie 012 567 2109), Junette du Plessis (082 662 8883) en Diane Coetzee (083 291 1348).

    Bedroefdes

    Bettie Nel en haar familie met die afsterwe van haar eggenoot Koos Nel. Sy dankdiens was reeds die afgelope Saterdag.

    Wild @ Heart Mannekamp

    15 – 17 September by Sediba Kwele. Ons begin Vrydagoggend 07:00 en eindig Sondag om 12:00. Kostes = R 850 per persoon. Daar is borge beskikbaar. Skakel Hendrik (083 429 3571) of Pieter (082 449 7478).

    Baie geluk!!! Ons wens ds. Erika van Tonder baie geluk met haar verjaardag gister. Baie

    dankie vir jou en Deon se dienswerk in ons gemeente. Mag die Here jou (julle) ryklik in hierdie komende jaar seën en gebruik in sy koninkryk!

    Baie geluk aan Leandri Raath en Keith van Dyk asook Zelda Bakkes en

    Hein Gremels wat onlangs in die huwelik getree het. Mag julle mekaar liefhê met die liefde wat God aan julle gee en

    mekaar elke dag nader aan sy wil en liefde trek!

  • KERKKANTOOR: Skakel asb. 082 829 2062 of 012 543 3494.

    Roosbome Dankie vir die roosbome vir die Gedenktuin wat reeds ontvang is. Kontak Ester

    082 688 4573 of Ninette 082 829 2062 as jy ‘n

    boom/pie wil skenk. Enige kleur - ons sal dit kom haal.

    Moenie jou plastiek, ‘broodtags’, proppies weggooi nie. Bring dit kerk-kantoor toe deur die week of op ‘n Sondag. Die plastiek word herwin,

    en die proppies en “broodtags” ingeruil vir rolstoele vir minder- bevoorregte mense. Kontak Ninette 082 829 2062 vir verdere navrae.

    Elke kind van God het die voorreg om deel te wees van lof en aanbidding. Ons

    sing, en luister en bespeel instrumente tot eer van God. En die wonderlike is, dat

    die Here met verskillende style en op verskeie maniere ge-eer kan word. En dat jy

    net soos jy is die Here kan loof en eer. Behalwe vir die verheerliking van God,

    raak musiek ook ons menswees aan, en bring dit kalmte, vrede en selfs genesing.

    Reeds in die Ou Testament is God geloof en geprys deur samesang in die tempel

    onder begeleiding van snaar-, blaas- en selfs slaginstrumente. Tamboeryne,

    tromme, simbale, ramshorings (sjofars), trompette, harpe en liere. Daar was ook

    groepe soos die Koragiete en die Leviete wat kore gevorm het waardeur God met

    die mooiste aardse instrument ooit geloof is - die menslike stem! Ook enkelinge

    het die Here geloof met hulle sang en musiek. Dink maar aan Koning Dawid wat

    op sy harp moes speel, elke keer as die bose Saul wou beheer.

    Ook ons het die voorreg om die Here met verskillende style te loof en te eer. Hy

    skenk aan ons gemeente mense as gawes met musiektalent om ons hierin te

    begelei en aan ons die stemme om vir Hom te sing - selfs al het ons nie die

    mooiste stemme nie. Bo alles sien die Here die hart en bedoeling van elke mens

    aan, en kan ons Hom eer en liefhê met ons hele lewe, hart, siel, krag en verstand!

    Dementia - versorgers M.b.t. die Seminaar vir Demensie-versorgers wat 5 Aug. by Overkruin gehou is, nooi ons enigeen wat verantwoordelik is vir die tuisversorging van ‘n persoon met demensie, om in te skakel by ‘n ondersteuningsgroep vir demensie-versorgers.

    Die groep sal gereeld byeenkom om kennis uit te ruil, ervarings te deel en mekaar emosioneel en geestelik te ondersteun. Kontak NG Overkruin

    kerkkantoor 012 567 2177 of ds Petrus Moolman (082 452 5826 of [email protected]).

    mailto:[email protected]

  • CLE Finansiële Dienste

    FSP 12700

    Beskerming, versekering, spaar, beplanning ens. Kontak ons vir enige

    raad en bystand rakende sakeversekering, pensioenfondse,

    voorsorgfondse, lewensversekering, testamente, effektetrusts, aftree

    beplanning, beleggings beplanning ens.

    Carel Hollenbach

    082 901 2441

    R $ £ € FSP 589

    Skakel ons vir enige inligting en bystand aangaande beleggings

    wêreldwyd.

    SA Batebestuur

    012 567 7657

    Rommel verwydering

    Rommelverwydering, ligte vervoerwerk, boom-sloping, restourasie en herspan van riempies-

    meubels. Vervang ook stoelrekbande (webbing). Alle prentraamwerk.

    Dawie Fourie 082 556 4451

    Garage verkoping

    NG Gemeente Overkruin hou ‘n garage verkoping vanaf 28 Aug—8 Sept. Enige

    items wat in of rondom jou huis in ongebruik staan? Kontak ons en ons kom haal dit! Jou rommel is iemand se goud!

    Rudi 082 832 5565

    Piet 083 227 0025

    PKM Transport

    Algemene Meubelvervoer en langafstand. Bok-se en verpakkings-materiaal te koop. Stuur ‘n e-pos [email protected]

    of skakel.

    Anna-Mari 012 803 0470 086 111 1129

    SALON LOUISE

    Haarstylering, perm, hair extensions en grimering vir alle geleenthede. ‘n Spesiale

    pakket vir matriekafskeid-funksies.

    Kontak Louise 084 236 1961

    Nylstroom Aftreedorp R1,08 m. Voltitel!

    2 Slk siersteen teëldak meenthuis, 2 badk, oopplan kombuis, 2 leefareas, braaivertrek, lugreëlaars, dbl m/huis, karavaan m/huis,

    dbl afdak, besproeiing, uitstekende veiligheid. Property24 verw – 105367361.

    Johann van Niekerk

    Eiendomme 012-543 3687/ 082 7881 421

    Waarde Van

    Woning

    Weet u wat die markverwante waarde van u woning is? Ek doen gratis, skrif-

    telike evaluasies. Kontak my gerus.

    Johann van Niekerk

    012-543 3687/ 082 7881 421

    Adverteer @ R30 per advertensie. Bring info (30 woorde of minder) na die kerkantoor voor/op Donderdag om

    12:00 of skakel 082 829 2062. Epos na [email protected].

    mailto:[email protected]