22
Geseënde Kersfees! Psalm 98 Orrelis: Albert Tros Fluitis: Chandré Bre Liturgiese ruimte: Brenda van Roo en Charlene Bre Leraar: Chris van

Geseënde Kersfees!

  • Upload
    grady

  • View
    117

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Geseënde Kersfees!. Psalm 98. Orrelis : Albert Troskie Fluitis : Chandré Brewis Liturgiese ruimte : Brenda van Rooyen en Charlene Brewis Leraar : Chris van Wyk. 345 Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde (sit). 1. Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde, - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Geseënde Kersfees!

Geseënde Kersfees!

Psalm 98

Orrelis: Albert TroskieFluitis: Chandré Brewis

Liturgiese ruimte: Brenda van Rooyenen Charlene Brewis

Leraar: Chris van Wyk

Page 2: Geseënde Kersfees!

345 Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde (sit)

1. Kom, alle getroues,vrolik en vol vreugde,o kom in die gees nou na Betlehem!Loof daardie Kindjie tot ons heil geborekom buig daar in aanbidding,kom buig daar in aanbidding,kom buig daar in aanbidding,voor Jesus, die Heer.

Page 3: Geseënde Kersfees!

2. 'n Kind is gebore;loof die God van liefde!Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar,Raadsman en Sterke, God en Vors van vredeOns buig in blye aanbidding,ons buig in blye aanbidding,ons buig in blye aanbidding,Verlosser en Heer!

Page 4: Geseënde Kersfees!

4. Kom lofsing die Here,loof Hom, al wat lewe!Wees vrolik, besing nou sy majesteit.In U, Getroue, bly ons ook behoue.Ons prys U in aanbidding,ons prys U in aanbidding,ons prys U in aanbidding,Gesalfde en Heer!

Page 5: Geseënde Kersfees!
Page 6: Geseënde Kersfees!

370 Eng'le uit die hoogste hemel (staan)

1. Eng'le uit die hoogste hemelsing ter ere van 'n Kind,van 'n nuwe tyd wat aanbreekwaarin almal vrede vind.

Sing hosanna! Sing hosanna!Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Page 7: Geseënde Kersfees!

2. Waar die wagters waak oor skapehoor hul engele wat sing.Oor die velde klink die lofsangaan 'n Kind wat vrede bring.

Sing hosanna! Sing hosanna!Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Page 8: Geseënde Kersfees!

3. Sterrekykers uit die oostebring geskenke tot sy eer.Hy's die nuutgebore Koning -hierdie Kindjie is die Heer.

Sing hosanna! Sing hosanna!Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Page 9: Geseënde Kersfees!

364 Herders op die ope velde

1. Herders op die ope veldehet dié nag die englekoor,met die blye evangelieuit die hemel aangehoor:

Kom, loof die Heer,loof die Heer,loof die Here Godin die hoogste heem'le.Kom, loof die Heer,loof die Heer,loof die Here Godin die hoogste hemele.

Page 10: Geseënde Kersfees!

2. Met hul harte vol van vreugdepraat hul van die Jesuskind:Herder vir die mens op aardewat verdwaaldes soek en vind.

Kom, loof die Heer,loof die Heer,loof die Here Godin die hoogste heem'le.Kom, loof die Heer,loof die Heer,loof die Here Godin die hoogste hemele.

Page 11: Geseënde Kersfees!

3. Ere in die hoogste hemel,klink dit nou die wêreld deur:Liefde, vrede, welbehaedaal in Jesus tot ons neer.

Kom, loof die Heer,loof die Heer,loof die Here Godin die hoogste heem'le.Kom, loof die Heer,loof die Heer,loof die Here Godin die hoogste hemele.

Page 12: Geseënde Kersfees!

VONKK 39 Lank, Lank Terug In Betlehem (sit)

1. Lank, lank terug in Betlehem– die Messias soos verwag –het Jesus Christus, Seun van God,gekom op Kersfeesdag.Refrein:Hoor hoe sing die eng’lekoor,hul bring aan God die eer.Vir ons het God sy Seun gestuur,niks kon sy liefde keer.Hoor hoe sing die eng’lekoor,ons Koning het gekom;en ons sal leef in ewigheid,omdat ons glo in Hom.

Page 13: Geseënde Kersfees!

2. Waar herders wag hou in die nag,sien hul ‘n nuwe ster.Hul hoor ‘n eng’lekoor wat sing,musiek wat kom van ver.Refrein:Hoor hoe sing die eng’lekoor,hul bring aan God die eer.Vir ons het God sy Seun gestuur,niks kon sy liefde keer.Hoor hoe sing die eng’lekoor,ons Koning het gekom;en ons sal leef in ewigheid,omdat ons glo in Hom.

Page 14: Geseënde Kersfees!
Page 15: Geseënde Kersfees!

Psalm 98’n Psalm. 1 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. 2 Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. 3 Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. 4 Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!

Page 16: Geseënde Kersfees!

5 Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. 6 Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. 7 Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, 8 die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig 9 voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.

Page 17: Geseënde Kersfees!
Page 18: Geseënde Kersfees!

348 Stille nag, heilige nag! (staan)

1. Stille nag, heilige nag!Jesus-kind, lank verwag,Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,word uit liefde aan mense gelyk.Loof die hemelse Kind!Loof die hemelse Kind!

Page 19: Geseënde Kersfees!

2. Stille nag, heilige nag!Hemelvors, ons gee agop die lied van die engelekoor.Herders het dit die eerste gehoor:Juig, die Redder is daar!Juig, die Redder is daar!

Page 20: Geseënde Kersfees!

3. Stille nag, heilige nag!Jesus, Heer, voor u mag,voor u ryk moet die duisternis swig;tot in ewigheid bly U die lig -Heer, gebore vir ons!Heer, gebore vir ons!

Page 21: Geseënde Kersfees!
Page 22: Geseënde Kersfees!

348:2 Refrein (staan)

Juig, die Redder is daar!Juig, die Redder is daar!