6
GETUIENISBEDIENING Die amptelike verkondiging van Gods Woord wat aan die kerkraad opgedra is (NGB Art. 30; KO Art. 48), is bedoel vir die ganse mensdom. Sending is die heilshandelinge van die Drie-Enige God met die wêreld, waardeur Hy uit die hele menslike geslag vir Hom 'n gemeente deur sy Woord en Gees vergader. Dit roep die kerk om die Evangelie in al sy dimensies aan mense buite die kerk te bedien (KO Art. 53). In Berg-en-Dal funksioneer daar 'n Getuienisbedieningsgroep wat saam met die leraars, spesifiek hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Weens hul gedeelte doelstellings, bestaan daar noue skakeling tussen hierdie bedieningsgroep en die Barmhartigheidsbedieningsgroep. Hierdie bediening gee uiting aan dit wat in ons missie gestel is, naamlik dat: "Die Ned. Geref. Kerk Berg-en-Dal geroep is om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik, deur in gehoorsaamheid... die Evangelie van Jesus Christus te deel deur ons woorde en dade, in opregtheid en nederigheid, aan almal met wie ons hierdie tyd en omgewing deel, asook met hulle verder weg na wie toe ons gelei mag word..." BEDIENINGSTERREIN EN PERSONEEL Die NG Kerk Berg-en-Dal bely dat ook óns deur die Here Jesus Christus, ons Heiland en Koning, geroep is om getuies van Hom en van sy Ryk te wees, toe Hy kort voor Sy hemelvaart aan sy dissipels gesê het: "... julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuie wees in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en in Samaria, en tot in die uithoeke van die wêreld." (Handelinge 1:8)

getuienus bediening

Embed Size (px)

DESCRIPTION

getuienus bediening

Citation preview

Page 1: getuienus bediening

GETUIENISBEDIENING

Die amptelike verkondiging van Gods Woord wat aan die kerkraad opgedra is (NGB Art. 30; KO Art. 48), is bedoel vir die ganse mensdom. Sending is die heilshandelinge van die Drie-Enige God met die wêreld, waardeur Hy uit die hele menslike geslag vir Hom 'n gemeente deur sy Woord en Gees vergader. Dit roep die kerk om die Evangelie in al sy dimensies aan mense buite die kerk te bedien (KO Art. 53).

In Berg-en-Dal funksioneer daar 'n Getuienisbedieningsgroep wat saam met die leraars, spesifiek hiervoor verantwoordelikheid aanvaar. Weens hul gedeelte doelstellings, bestaan daar noue skakeling tussen hierdie bedieningsgroep en die Barmhartigheidsbedieningsgroep.

Hierdie bediening gee uiting aan dit wat in ons missie gestel is, naamlik dat:

"Die Ned. Geref. Kerk Berg-en-Dal geroep is om as gemeenskap van gelowiges God Drie-Enig te verheerlik, deur in gehoorsaamheid...

die Evangelie van Jesus Christus te deeldeur ons woorde en dade,in opregtheid en nederigheid,aan almal met wie ons hierdie tyd en omgewing deel,asook met hulle verder weg na wie toe ons gelei mag word..."

BEDIENINGSTERREIN EN PERSONEEL

Die NG Kerk Berg-en-Dal bely dat ook óns deur die Here Jesus Christus, ons Heiland en Koning, geroep is om getuies van Hom en van sy Ryk te wees, toe Hy kort voor Sy hemelvaart aan sy dissipels gesê het:

"... julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuie wees in Jerusalem, sowel as in die hele Judea en in Samaria, en tot in die uithoeke van die wêreld." (Handelinge 1:8)

Hierdie roeping tot 'n getuienis kom nie net tot sommige entoesiaste in die gemeente nie, maar kom tot elke lidmaat van ons gemeente. Dit is ook nie net 'n roeping tot 'n kerklike getuienis nie, maar omvat ons alledaagse bestaan, alle verhoudinge en lewensverbande sodat ons daar waar ons leef lig vir wêreld kan wees.Dit vra nie net getuienis deur ons woorde nie, maar vra dade wat vertel van die liefde van God.Dit is ook 'n roeping wat ons as gemeente vanuit ons Gereformeerde belydenis en op 'n kerklike wyse wil gehoorsaam.

Ons is oortuig dat ons as gemeente tot 'n getuienis geroep is op die volgende velde:

"Jersualem": Dan Pienaar en onmiddelike omgewing

Page 2: getuienus bediening

'n liefdevolle opsoek van hulle wat die Christelike geloof kwytgeraak het - dikwelsontnugterde en kritiese Afrikaanssprekendes tussen ons;deur ons vriendskap aan te bied, begripvolle gesprekke, besoeke tuis, straatwerk, lektuur, woord@bergendal, 'n saam nooi na eredienste met 'n vriendelike atmosfeer;

die uitreik na Sothosprekende Christene wat as bure tussen ons kom woon óf as huis- en tuinhulpe in ons diens is;deur hul uit te nooi om ons eredienste en spesifiek die Sothodiens Sondagmiddae om 15:00, gelei deur ds Pahlane (NGKA Bloemfontein- Noord) by te woon;en hul, indien hul aan die familie van NG Kerke behoort, te help om lidmate van ons gemeente te word óf om by een van ons dogterkerke in te skakel;

die uitreik na anderstaliges in ons strate;deur hul in verbinding te bring met byvoorbeeld die Dutch Reformed Church Andrew Murray of die Chinese bediening van die NG Kerk Hugenoot;

die uitreik na hulle wat daagliks by die Prellerplein besigheidsentrum werk of sake doen;deur van tyd tot tyd kontak te maak met werkgewers en werknemers en die boodskap van God se liefde met hul te deel, hul uit te nooi na eredienste en spesiale geleenthede by ons gemeente; woord@bergendal as leesstof daar te plaas; lektuur by die taxi-standplaas te versprei;

die beskikbaarstelling van literatuur, byvoorbeeld Sotho Bybels en traktaatjies;

die morele ondersteuning en vaardigheidsontwikkeling van Sothosprekende vroue in Dan Pienaar;deur hul uit te nooi en in te skakel by die werkersklas Dinsdagmiddae om 14:30 by die kerk, aangebied deur 'n aantal vrywillige lidmate.

"Judea": Stad Bloemfontein'n ondersteuning en medewerking aan die bediening van die Woord in minder bevoorregte gemeentes in ons ring, soos De Bloem of Noordhoek;deur opregte hulpverlening in geestelike of materiële sin, gebed en die lewering van professionele dienste;

'n ondersteuning en medewerking aan die bediening van die Woord in die middestad van Bloemfontein;deur by aksies van die NG Moedergemeente (Tweetoringkerk), die Sinodale Getuieniskommissie of die KMD in daardie area betrokke te raak;

‘n liefdevolle uitreik na Sothosprekende siekes (veral kinders) in Universitas Hospitaal;deur die aanstelling, uitstuur en ondersteuning van 'n Sothosprekende teologiese student (sien hieroor Bylaag 21).

“Samaria”: - Groter Bloemfontein

Page 3: getuienus bediening

‘n ondersteuning van die bediening van die Woord deur die NGKA Bloemfon-tein-Noord;deur geestelike- en materiële betrokkenheid by die leraar van daardie gemeente (Ds Phalane), hulp met die instandhouding van sy salaris soos deur die RSS bepaal,. 'n jaarlikse insameling van lewensmiddele vir verspreiding onder bejaardes in daardie gemeente (Februarie);

'n ondersteuning van die bediening van die Woord in die plakkersgebiede, met name Bergmanplein aan die oostekant van Bloemfontein;soos wat dit deur die Skakelkomitee van die Ring van Bloemfontein-Noord versoek en geïnisieer word;

'n ondersteuning en meelewing met die bediening van die Woord in Botshabelo;deur geestelike- en materiële hulp te verleen wanneer deur die leraars en kerkrade van die NGKA (dr Andries Hoffman en ds Hennie Lombaard) versoek; wedersydse besoeke van lidmate, kore en jongmense aan te moedig en gesamentlike getuienisaksies te loods.

"die wêreld": Afrika en Asië

meelewing en ondersteuning aan die bediening van ds Jan de Beer in die NG kerk Rundu in Namibië;deur kontak met hom te hou en geestelike- en materiële hulp te verleen;

meelewing en ondersteuning aan die werk wat die NG Kerk in die Vrystaat in Lesotho, Zambië en elders doen;deur kontak, voorbidding en ons maandelikse sinodale bydraes en deurkollek-tes

meelewing en ondersteuning aan die bediening van ds Norio Nishibori in die Reformed Church in Japan;deur kontak en geestelike ondersteuning.

Al hierdie getuienisaksies vra dat lidmate van Berg-en-Dal voortdurend op hoogte van behoeftes en inisiatiewe gehou sal word. Dit kan gebeur deur:

predikante betrokke by bogenoemde werk uit te nooi om eredienste hier te lei of hul medewerkers om hier getuienis te kom lewer;

die onderskeie publikasies in ons gemeente te benut; afkondigings by eredienste; die jaarlikse sendinguitstalling in die saal tydens Pinkster; en 'n deurlopende gebedsaksie om hierdie werk aan die Here op te dra (Sondagoggende

om 08:30).

'n Groot aantal lidmate het hul gawes beskikbaar gestel om in die werksaamhede van die Getuienisbedieningsgroep aangewend te word. Hierdie lidmate se name is op die Gawebank in die kerkkantoor beskikbaar.

FUNKSIONERING

Page 4: getuienus bediening

Die taak van die Getuienisbedieningsgroep in Berg-en-Dal is as volg;

Die bedieningsgroep sien toe dat besluite van die kerkraad oor die getuienistaak van Berg-en-Dal deur almal daarby betrokke uitgevoer word en dat die nodige reëlings getref is vir die instandhouding van ons getuienisaksie.

Die bedieningsgroep dien as skakel tussen die kerkraad, die leraar en gemeente van die NGKA Bloemfontein-Noord, die hospitaalwerker en lidmate van die gemeente.

Die bedieningsgroep dien ook as skakel tussen die kerkraad en instansies buite Berg-en-Dal met wie in ons getuienisaksie saamgewerk word, bv.die Rings- en Sinodale Getuieniskommissies, die RSS gemeentes van ons dogterkerke en sendingorganisa-

sies

Die bedieningsgroep begroot jaarliks vir die werksaamhede van hierdie bediening, samel moontlik self fondse en middele in om die werk in stand te hou en bestuur daardie begroting.

Die bedieningsgroep dra sorg vir navorsing, beplanning, inligting en voorligting in belang van die getuienisaksie van Berg-en-Dal, en adviseer die kerkraad oor beleid en besluite in dié verband.

Die bestuur van die Getuienisbedieningsgroep word as volg saamgestel:

Die ouderling wat deur die kerkraad as voorsitter vir hierdie bediening aangewys en bevestig is;

die leraars; die Sotho-hospitaalwerker; 'n verteenwoordiger van die Werkersklas; ons verteenwoordigers by die Skakelkomitee van die Ring van Bloemfontein- Noord; die organiseerder van die jaarlikse Pinksteruitstalling; 'n verteenwoordiger van die gebedsaksie; op uitnodiging en van tyd tot tyd, verteenwoordigers van die NGKA Bloemfontein-Noord en

gemeentes in Botshabelo; enige ander belangstellende lidmate van Berg-en-Dal.

Om bogenoemde funksies effektief uit te oefen, vergader die bestuur van die Getuienisbediening ten minste een keer per kwartaal. Verslag van hierdie vergadering word aan die Bestuursraad gelewer. Indien nodig, kan die voorsitter van die bedieningsgroep ‘n spesiale vergadering belê. Komitees verantwoordelik vir werksaamhede hierbo genoem, vergader uiteraard soos nodig om hul werksaamhede te hanteer.