16
OMGEWINGSKESSIES ONTWERP: VISUELE KOMMUNIKASIE 2020 | PAT2 | GRAAD 10

GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

OMGEWINGSKESSIES

ONTWERP: VISUELE KOMMUNIKASIE

2020 | PAT2 | GRAAD 10

Page 2: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 OPDRAG + TEMA GR 10 PAT 2

1 | B L

OMGEWINGSKWESSIES OPDRAG: Ontwerp en vervaardig ‘n plakkaat wat gebruik gaan word om die leerders van Hoërskool Outeniqua bewus te maak van omgewingskwessies en die belangrikheid van die bewaring van ons natuurlike omgewing. Jy gaan saam met die plakkaat ook jou logo in linosneewerk vervaardig, wat dan op bemarkingsmateriaal gedruk gaan word. Julle plakkate gaan op die skoolgronde aangebring word. Ons het ook ‘n Groenbord waarmee ons Kwaggas wil inspireer om om te gee en te help met groen aktiwiteite. Jul ontwerpe van die logos wat op julle plakkate gebruik gaan word, gaan ook op die Groen Kwagga facebook bladsy gebruik word en aangewend word vir sleutelhouers, speldjies, sakke en hangertjies. TEMA: Omgewingskwessies verwys na die negatiewe gevolge wat menslike aktiwiteite op die gehalte van die omgewing het. Baie keer kan hierdie gevolge ook implikasies vir die menslike lewe en gesongheid inhou. Voorbeelde van omgewingskwessies sluit in besoedeling (van land, see en lug), ontbossing, stroping, uitputting van natuurlike hulpbronne, aardverwarming en versnelde uitsterwing van spesie. Vir hierdie opdrag gaan jy ‘n omgewingskwessie kies om aan te spreek. Jy gaan navorsing doen oor die omgewingskwessie, oorsake van die probleem, gevolge van die probleem en moontlike oplsossings. Jy gaan hierdie navorsing gebruik om ‘n plakkaat te ontwerp wat bewusmaking of ‘n oplossing van die kwessie gaan bevorder.

Page 3: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 OPDRAG + TEMA GR 10 PAT 2

2 | B L

Page 4: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 VOORBEELDE GR 10 PAT 2

3 | B L

VOORBEELDE VAN BEWUSMAKINGSPLAKKATE.

Page 5: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 VOORBEELDE GR 10 PAT 2

4 | B L

Page 6: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

5 | B L

Begin met jou ontwerpproses, waar jy wys hoe jy soek vir inspirasie en wys hoe jy ontwikkel na ‘n finale ontwerp (50 punte). Nadat jy ‘n volledige ontwerpproses voltooi het vervaardig jy die plakkaat en linosneewerk (50 punte).

1. NAVORSING

Doen navorsing oor die omgewingskwessie wat jy gekies het asook die huidige tendense in logo en plakkaatontwerp. Soek prente en foto’s uit tydskrifte op die web ens. Jy gaan kyk na die kleure, teksture, vorms en materiale van ontwerpe wat nou ‘trendy’ is en gebruik word. Bring hierdie navorsing klas toe.

2. VOORBLAD

Ontwerp ‘n voorblad wat die omgewingskwessie wat jy gekies het uitbeeld. Jou naam, PAT 2 (lekker groot), en naam van die Pat (Omgewingskwessies) moet op die voorblad verskyn. Ontwerp ‘n lettertipe wat jy vir die opskrifte gaan gebruik en herhaal hierdie lettertipe regdeur die opdrag. Laat dit ‘n kunswerk wees – maar asseblief: geen klaargekoopte versierings of letters nie. Dit moet 100% jou eie werk wees. Jy mag wel lettertipes op die rekenaar uitwerk en druk vir gebruik. Doen moeite – eerste indrukke tel baie. Moenie oorversier nie. Vorm-volg-funksie. Hou die doel van die bladsye ingedagte. Beplan jou ontwerp en pas toe wat jy in teorie-klas geleer het.

3. INHOUDSOPGAWE

Maak ‘n inhoudsopgawe vir jou opdrag. Jy moet die inskrywings in 2 kolomme doen: Opdrag/ stap en bladsy nommer. Los genoeg spasie vir 12 inskrywings.

3. OPSTEL

Skryf ‘n opstel (350+ woorde) waarin jy verduidelik hoe jy jou tema gaan interpreteer. Herhaal lettertipes wat by die inhoudsopgawe gebruik is en ontwerp jou bladsy. Skryf ‘n paragraaf waarin jy in jou eie woorde verduidelik wat jy verstaan onder hierdie opdrag. Jy moet die opdrag uitskryf in jou eie woorde. Sluit al die toepaslike inligting in. Hou by wat gegee is en parafraseer dit net.

Beskryf verder die omgewingskwessie wat jy gekies het, maar fokus veral op die oplossing van die probleem. Jy gaan in jou opstel verduidelik hoe jy mense bewus gaan maak van die probleem en hoe jy met jou plakkaat hul gaan aanspoor om te begin omgee, maar veral om iets te begin doen aan die probleem. Praat help niks, almal moet tot aksie oor te gaan.

Page 7: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

6 | B L

4. BREINKAART

Maak ‘n breinkaart om al jou planne, gedagtes, idees en moontlikhede te wys. Dis ‘n kaart van alles wat in jou brein aan die gang is. Jy dokumenteer deur woorde, sinne, prente, sketsies en diagramme. Dit moet die proses van verandering aandui (hoe jy besluit, nie finale besluite nie). Dit kan die volgende insluit: Analise van die omgewingskwessie wat jy wil aanspreek, hoe jy dit aan beelde koppel, teikenmark (ouderdom ens, wat hulle van hou), bemarkingsmateriaal, moontlikhede wat jou inspirasie jou bied, moontlike materiale/ media, moontlike kleure/ teksture, moontlike tipografie/ logo.

5. COLLAGE

Maak prente bymekaar van beelde wat die omgewingskwessie uitbeeld. Wees kreatief hier ek kyk selfs na gemengde media. Bring dit klas toe en bou ‘n collage wat jou tema verteenwoordig.

Gebruik ‘n interessante en kreatiewe manier om die beelde aan te bied. Moet assebleif nie net ‘n klomp tydskrifprentjies uitknip en inplak nie. Die collage moet self ook ‘n ontwerp wees. M.a.w. dit moet ‘n patroon hê of ‘n spesifieke fatsoen aanneem. Dit moet ook ‘n boodskap oordra. Fokus op die teksture, vorms, fatsoene en gevoel wat jy wil hê jou finale ontwerp moet oordra.

Page 8: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

7 | B L

6. INSPIRASIE SKETSE

Teken sketse van voorbeelde wat jou inspireer EN jou tema verteenwoordig. Werk van prente af van werklike/ realistiese goed – geen reeds vereenvoudigde prente mag gebruik word nie.

6.1. KONTOERSKETSE

Teken 3. Met kontoersketse wys jy die vorm/ rondinge/ kontoere van die voorwerp.

6.2. TONALE SKETSE

Teken 3. Met tonale sketse wys jy diepte deur modellering en skadu te gebruik.

Page 9: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

8 | B L

7. ONTWIKKELING

Onthou met die ontwerp van jou plakkaat/ logo is daar baie verskillende komponente. Onder breek ons dit op in stappe wat maklik gevolg kan word om op die ou end te wys hoe jy jou idees ontwikkel het om by ‘n oorspronklike ontwerp uit te kom.

7.1 BESKRYF JOU VELDTOG

Skryf ‘n paragraaf waarin jy korliks verduidelik waaroor jou veldtog gaan. Watter omgewingskwessie spreek jy aan? Watter emosie hoop jy om by mense uit te lok? Beskryf kortliks jou teikenmark. ‘Brainstorm’ hier idees vir ‘n slagspreuk vir jou logo.

7.2 TIPOGRAFIE EN LOGO

7.2.1 Ontwerp jou eie lettertipe/ tipografie vir jou plakkaat. Jou lettertipe kan geskep word uit enige materiaal. Jy kan letterlik enigiets gebruik, maar jy kan ook die letters uitsny uit bv. karton. Doen slegs die letters wat jy nodig het vir jou spesifieke slagspreuk (‘slogan’). Let op die tipe emosie wat jou lettertipe kan uitlok. Doen sketste waar jy wys hoe jy by jou tipografie uitgekom het.

Page 10: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

9 | B L

7.2.2 Ontwerp ‘n logo vir jou veldtog teen ‘n omgewingskwessie. Met die ontwerp van hierdie logo kry jy die geleentheid om iets te skep wat moontlik talle mense bewus kan maak van jou veldtog en dalk gevestig kan word as ‘n simbool van verandering en groei.

Begin deur thumnails te teken van dit wat jou logo inspirer. Ten minste 4 thumbnails.

Ontwikkel jou logo deur sketse - doen ten minste vier ontwerpe.

NB: Jy moet in gedagte hou dat jy jou logo deur middel van die linosneewerk-tegniek op bemarkings materiaal gaan aanbring. Dus moet jy jou logo ontwerp dat dit gekerf kan word uit lino, en gedruk kan word. Onthou jy gaan nie die lino afdruk op jou plakkaat maak nie, jy gaan jou logo met die hand op jou plakkaat aanbring. Kyk na die voorbeeld onder:

Linosneewerk-tegniek.

Ink afdruk

Page 11: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

10 | B L

7.3 VISUELE BEELDE

Met hierdie sketse ontwikkel jy jou visuele beelde vir jou plakkaat. Dit sluit in agtergronde/ karakters en beelde. Jy doen lynsketse/ kontoere van wat jy beplan. Jy kan bv. verskillende moontlikhede teken ens. Die kern hier is die woord ontwikkeling.

Page 12: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

11 | B L

7.4 KOMPOSISIE / BLADUITLEG

Met hierdie sketse doen jy verskillende komposisies - jy rangskik jou finale visuele beelde, logo en tipografiese dele so dat dit harmonieus is, maar ook duidelik leesbaar is. Die belangrikste aspekte moet beklemtoon wees. Kyk na plasing en kontras.

Die verskillende idees vir jou komposisie kan vinnige kontoer sketse wees. Jou finale komposisie moet A4 wees, en netjies gedoen word. Dit sal gemerk word as

jou finale skets.

Page 13: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

12 | B L

9. VERVAARDIGINGSPROSES

9.1 VERVAARDIGING VAN JOU PLAKKAAT

Daar is ‘n wye verskeidenheid materiale wat jy kan gebruik vir die vervaardiging van jou ontwerp. Beplan en kies slim voor jy begin. Jou ontwerp bepaal watter materiale geskik sal wees. Eksperimenteer eers met verskillende materiale voordat jy begin.

Bespreek jou keuse van materiale en hoe jy daarmee gaan werk met jou onderwyser. Hoe beter jy beplan hoe gladder verloop die proses.

Jou plakkaat moet op A3 grootte papier van goeie kwaliteit of karton gedoen word. Doen die agtergrond/ oppervlak. Rangskik jou visuele beelde, tipografie en logo op die oppervlak volgens jou finale

komposisie skets

Page 14: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

13 | B L

9.1 VERVAARDIGING VAN JOU LINO-LOGO

Die skool sal ‘n lino vel aan elke leerder verskaf. Daar sal ‘n beperkte hoeveelheid gereedskap in die klas ook wees om mee te werk. Elke leerder moet sy eie mat mes hê om mee te werk. Hou die volgende in gedagte voordat jy begin met die vervaardiging van jou lino-logo:

Die lino beeld moet ‘n spieëlbeeld wees van wat jy gedruk wil he. Die gedeeltes wat jy gaan uit kerf gaan nie op jou afdruk verskyn nie. Onthou ook om die

gedeeltes diep genoeg uit te kerf dat dit nie ink optel nie

Ink afdruk. Uit gekerfde oppervlak

Lino-logo

Uitgekerfde oppervlak druk nie ink af.

Page 15: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 STAPPE GR 10 PAT 2

14 | B L

10. Refleksie Hierdie stap word dikwels afgeskeep. Die refleksie moet die vorm van ‘n opstel aanneem. Dit word geskryf nadat die plakkaat en lino-logo voltooi is. Die volgende word in die refleksie aangespreek:

Hoe het jy die PAT ervaar?

As jy dit kon oordoen, sou jy anders te werk gaan? Indien wel: wat sou jy verander?

Wat het goed gewerk? Wat het minder goed gewerk?

Moes jy op enige stadium herontwerp?

Wat het jy geleer uit hierdie ervaring?

Sou jy weer dieselfde materiale gebruik?

As jy tyd gehad het om die idee verder te ontwikkel, watter rigting sou jy ingeslaan het?

Jy hou dus nabetragting / retrospeksie oor jou kwartaal se werk.

Page 16: GR10 PAT 2 2020 - Outeniqua

2020 RUBRIEK GR 10 PAT 2

15 | B L

ASSESSERINGSRUBRIEK NAAM VAN LEERDER: _____________________________________________ GRAAD: __________ OPDRAG EN TEMA: GR10 PAT 2: OMGEWINGSKWESSIES

DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP1) JOERNAAL KRITERIA PUNT

VERWERF UIT

Opstel 5 Breinkaart 5 Collage 10 Kontoersketse 10 Tonale sketse 10 Ontwikkeling: tipografie + logo 10 Ontwikkeling: visuele beelde 10 Ontwikkeling: komposisie 10 Finale komposisie skets 10 Tydsbestuur 20 TOTAAL 100 Kommentaar:

VERVAARDIGING (ONDERWERP 2) PRODUK KRITERIA PUNT

VERWERF UIT

Keuse en aanwending van materiale 20 Kreatiwiteit/ konsep realisering 20 Tegniek en vakmanskap 20 Professionele aanbieding 20 Bewyse van betrokkenheid in die ontwerp (jou eie werk) 10 Voltooiing van wer / Tydsbestuur/ Bewyse van volle benutting van beskikbare tyd

10

TOTAAL 100 Kommentaar: GEKOMBINEERDE TOTAAL (JOERNAAL EN PRODUK) 200 100 HANDTEKENING: DATUM: