48
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye. *AFRHL2*

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V2 · Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 11 OF 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 13 OF 9. Manaka Plek van die Horings

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE: 80 TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

*AFRHL2*

2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel

beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die

inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrifte by elke vraag in ag.

3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B

en EEN uit AFDELING C. AFDELING A : GEDIGTE Behandelde gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag. AFDELING B: PROSA Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.

5. Keuse vir antwoorde uit Afdeling B (PROSA) en Afdeling C (DRAMA)

o Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas behandel het.

o Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. o Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die

kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag van AFDELING C beantwoord.

6. LENGTE VAN ANTWOORDE

o Die opstelvraag by die gedigte afdeling moet in 250–300 woorde beantwoord word.

o Die opstelvraag by die prosa en die drama moet in 400–450 woorde beantwoord word.

o Die lengte van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning bepaal. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde presies soos in die vraestel. 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 10. Skryf netjies en leesbaar.

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11. Voorgestelde tydsindeling.

AFDELING A: ongeveer 40 minute

AFDELING B: ongeveer 55 minute

AFDELING C: ongeveer 55 minute

INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. Die skedel lag al huil die gesig Opstelvraag 10 5

OF 2. Staat Kontekstuele vraag 10 6

OF 3. Kwatryne Kontekstuele vraag 10 7

OF 4. Sonsverduistering Kontekstuele vraag 10 8

EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. Die man wat doof word. Kontekstuele vraag 10 9 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 10

OF 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 11

OF 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 13

OF 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 13

OF 10. Vatmaar Opstelvraag 25 15

OF 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 15 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 12. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 18

OF 13. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 18

OF 14. Mis Opstelvraag 25 20

OF 15. Mis Kontekstuele vraag 25 21 LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit

AFDELING B en AFDELING C. Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE.

4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

KONTROLELYS

Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord het.

AFDELING VRAAG- NOMMER

GETAL VRAE BEANTWOORD

MERK 9

A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2

A: Gedigte (Ongesiene gedig) 5 1

B: Roman (Opstel- of kontekstuele vraag) 6–11 1

C: Drama (Opstel- of kontekstuele vraag) 12–15 1

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. Die skedel lag al huil die gesig – Wilma Stockenström 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24

Eendag sal ek, weet ek, die dood met laggende skedel trotseer. Minstens my sin vir humor sal ek behou. Maar of ek soos oorlee mevrou Ples en soos die bloubok van my geboorteland ook ʼn glaskas in ʼn museum sal haal? ʼn Seldsame dier is die mens nou nie juis. Tog, hoe slim tog is ons met ons innerlike uurwerkvernuf, hoe sterk die groot swaaiende hyskraangebare waarmee ons wolkekrabbers reghoekig neerplak in woon- en sakekomplekse. Merkwaardig ons grabbelende navorsing dwarsdeur dolomiet om ons arms diep soos skagte te sink en die grys erts te gryp en op te trek, te vergruis en te veredel tot staaf op staaf korfagtig gepakte kluise van belegging. A ja, wonderbaarlik ons vermoë om weggooisand tot vuurstof te verryk wat as ons wou alles onherhaalbaar in allerlaaste oplaaiing woes skoon kan laat ontbrand. Ek sê mos die skedel lag al huil die gesig.

[Uit: Van vergetelheid en van glans, 1976] Die ironie in die gedig is veral geleë in die spanning tussen “vergetelheid” en “glans”. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 250–300 woorde. Lig jou antwoord toe met voorbeelde uit die gedig. [10]

OF

6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. staat – Niel van Tonder

1 2 3

4 5 6

7 8 9

10 11 12

jare nou al sit roerloos wit ʼn krap in die gaterige wal roer ʼn steeltjiesoog met tye waaksaam omhoog niemand sal ooit met sekerheid kan sê of ʼn droë dood ook in hom lê maar wanneer en hoé het die swart mierbataljon dié parate pantser binnegekom?

[Uit: As Hy weer kom, 1975] 2.1 Herlees strofe 1. Skryf ʼn woord wat op stagnasie dui neer. (1) 2.2 Wat was die gevolg van hierdie stagnasie? (1) 2.3 Verduidelik die eksplisiete en implisiete betekenis van “gaterige wal”. (3) 2.4 Verduidelik op watter manier verskil strofe 2 se bou van die res en

verduidelik die funksionaliteit hiervan. (2) 2.5 Herlees reëls 7 en 9. Motiveer waarom dit korrek is om te sê niemand en ook hou verband met

mekaar. (1) 2.6 Op watter wyse word die paraatheid van die staat beklemtoon? (1) 2.7 Waarom is die gebruik van die woord staat baie meer effektief as enige

ander sinoniem? (1) [10] OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Kwatryne – Ina Rousseau

1 2 3 4 5 6 7 8 9

10 11 12

13 14 15 16

10 Agter die skerms, lank reeds gegrimeer aanskou ek die verhoog se glans en kleur en wag dat u my toelaat om oplaas my rol te gaan vertolk, O Regisseur. 11 As daar applous was vir die laaste maal en U die décor moeg na onder haal, sal U vir ons wat ons kostuums uittrek volgens ons moeite en geduld betaal? 12 In hierdie klug vergeet soms ʼn akteur heel onverwags sy reëls en loer versteur na die coulisses links en regs maar geen souffleur se stem dring tot hom deur. 13 Ofskoon die saal se ligte nie meer brand vra menigeen aan die verhoog se kant nog steeds: Is ek van hierdie klug die held of teen die agterdoek ʼn figurant?

[Uit: Die verlate tuin, 1954] 3.1 Noem die eienskappe van die Persiese kwatryn wat hier duidelik na vore

kom. (2) 3.2 Herlees Kwatryn 10. 3.2.1 Watter emosie word deur die oorheersende g-alliterasie

beklemtoon? (1) 3.2.2 By watter woord in hierdie kwatryn sluit dié emosie aan? (1) 3.3 Herlees Kwatryn 11. Sê in jou eie woorde watter lewensvraag word hier aangespreek; verduidelik

of die stylfiguur funksioneel aangewend word vir die uitheffing van hierdie vraag en motiveer jou standpunt rondom hierdie vraag. (3)

3.4 Herlees Kwatryn 12. Benoem die stylfiguur wat in reël 9 voorkom. (1) 3.5 Herlees Kwatryn 13. Om watter rede sou ons kon sê die mens se lewensloop begin in reël 13? (1) 3.6 Spreek jou uit oor die geslaagdheid van die volgehoue metafoor in die gedig. (1) [10]

8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Sonsverduistering – PJ Philander 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14

Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek van skadu en verklein die sekelboog van son tot dreigend swart die kol daar hoog ʼn koue vreemde skemerte laat trek wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam, ʼn vaal streep donkies met die kortste pad oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan. Oor gans die mensdom hang ʼn skaduwee wat alle lig van God en Christus so verduister Sy pad onsigbaar is. En ons, aan hierdie duisternis gedwee, het nie ʼn skaap se voorgevoel of glo dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.

[Uit: Uurglas, 1955] 4.1 Benoem die digsoort. (1) 4.2 Benoem die stylfiguur in die titel van die gedig. (1) 4.3 Evalueer die gebruik van die woord swingel in reël 7. (1) 4.4 Verduidelik hoe die oktaaf met die sestet skakel en sê watter stemming in

die sestet heers. (3) 4.5 Met watter woorde in die oktaaf skakel Sy pad (reël 11)? (1) 4.6 Beskryf die progressie wat ons in hierdie gedig aantref volledig. (2) 4.7 Verduidelik die ironie in die laaste drie versreëls. (1) [10] EN

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg. Man wat doof word – Peter Blum 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15

Hulle wil my nie kwes nie, maar ek kom agter dat hulle harder praat terwille van my, want sodra ek my rug draai, praat hul sagter, en my aandeel aan die gesprek vergly in ʼn onbestemde ruising. Snags, by duister wanneer klein geluide groei, laat ek my streel deur water wat vérweg vloei, ʼn kraan wat fluister - en weet ek nie of ek dit my verbeel. Vertroude stemme is nog helder en skoon - maar miskien net omdat ek die gehoorde kan takseer volgens toonkleur, en met ál my kennis ván, gevoel vír, die persoon; Omdat vertroudes kan klaarkom met min woorde? ook dáárom. Later sal selfs dít wegval.

5.1 Skryf die woord in die titel neer wat bewys dat hierdie man nog nie heeltemal

doof is nie. (1) 5.2 Skryf in jou eie woorde wat versreël 1 beteken. (1) 5.3 Benoem die stylfiguur waarvan die digter in strofe 1 gebruik maak om te

beklemtoon hoe die man uit die gesprek gesluit word. (1) 5.4 Verduidelik wat bedoel word met: “Snags, by duister wanneer klein geluide

groei”. (1) 5.5 Lewer kommentaar op die teenstelling in strofe 2. (1) 5.6 Wat is die man se motivering om met bekendes te praat? (2) 5.7 Watter afleiding kan gemaak word uit die gebruik van die vraagteken in

versreël 13? (1) 5.8 Hoe affekteer die tipografie van die laaste versreël die betekenis daarvan? (1) 5.9 Waarom kan ons simpatie met die man hê? (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30

EN

10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas

behandel het. Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag van AFDELING C beantwoord.

VRAAG 6: OPSTELVRAAG DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Die Kwart-voor-sewe-lelie word getipeer as ʼn damesroman waarin die tradisionele rol van die vrou, die emansipasie van die vrou en vroulike emosies aangeraak word. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde deur na die vroue in Iris se familie te verwys en evalueer die geloofwaardigheid van die emansipasie van hierdie vroue. [25]

OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35

Kara het ʼn paar vriende oorgenooi om my te ontmoet en hulle het dapper probeer Engels praat terwyl sy en Claude happies en warm, gegeurde wyn bedien. “Dit moet ʼn las wees,” het een man vir my gesê, “om te kom van jou land.” Ek het geswyg en klein slukkies wyn gedrink. “Moenie jou aan hom steur nie,” het iemand sag agter my gesê. Ek het onthuts omgedraai om te sien wie gepraat het en in die opgestoomde ruit het ek die vae omlyning van ʼn Engel gesien. Die wyn is in my verkeerde keel in en ek het gestik. Sou die man al die pad saamgevlieg het of was dit ʼn plaaslike Engel? Ek het my glas neergesit en heeltemal omgedraai. Die Engel was weg, slegs druppeltjies kondensasie het teen die ruit afgeloop en ʼn dralende rookwolk uit iemand se sigaar het verby my gesig gekrul. “Verskoon my,” het ek vir die man voor my gesê en opgestaan. My plan was om in die kombuis te gaan skuil tot ek kalmeer het of, alternatiewelik, uitgevind het wat die Engel se politieke affiliasie is, maar ʼn ander jong man, ʼn landsgenoot van Claude, het my voorgekeer. “Is jy ʼn model?” het hy gevra. “Nee. Assistent vir ʼn tandarts.” “As jy wil, sal ek foto’s van jou neem,” het hy aangebied. “Ek het ʼn kamera,” het ek gesê. Hy het gelag en ek het gevlug. Ná al die mense weg was en ek Kara help opruim het, het ek haar daarvan vertel. (Van die Engel het ek geswyg.) Sy het my ondersoekend aangekyk.. “Dis waar, weet jy.” “Wat is?” “Jy het daardie soort gesig.” Ek het gesnork en verlepte slaaiblare in die vuilgoedsak gekrap. “Ek het ʼn doodgewone boeregesig.” Sy het nie geluister nie. “By die huis, ja, maar hier soek hulle na iets anders.” “Is hier ʼn aanvraag na boeregesiggies?” “Mens weet nooit nie.”

7.1 Wat is die verband tussen Kara, die “my” en Claude? (2) 7.2 Herlees reëls 4 en 5. Watter land is hier ter sprake en waarom dink die spreker dit moet ʼn las

wees om van dié spesifieke land te kom gesien in die ruimte waarin hy beweeg? Verduidelik Iris se reaksie. (3)

12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.3 Die Engel speel ʼn baie belangrike rol in die spreker se lewe. 7.3.1 Hoe het Iris aan die Engel gekom? (1) 7.3.2 Noem die verwagtinge wat Iris van die Engel gehad het en motiveer

of hy daaraan voldoen het. (4) 7.3.3 Motiveer watter rol die Engel in hierdie uittreksel speel? (1) 7.3.4 Wat is die gevolge van die Engel se teenwoordigheid in Iris se lewe? (3) 7.4 Wat kan ons van Iris se karakter aflei uit haar handeling in reël 16? (1) 7.5 Herlees reëls 25 en 26. Lewer kommentaar oor die funksionaliteit van die parentese. (1) 7.6 Verduidelik waarom Iris se handeling in reël 30 geloofwaardig is. (1) 7.7 Dui aan hoe hierdie handeling verskil van haar lewensfilosofie. (2) 7.8 Herlees reël 32. 7.8.1 Sê wat die gevolg van die “nie luister nie” in Iris se lewe was en

motiveer waarom dit haar gebaat het. (2) 7.8.2 Verdedig hierdie karaktereienskap van Iris deur na haar

karakterverandering te verwys. (2) 7.8.3 Hoe skakel die motto met reël 32? (1) 7.8.4 Is daar ʼn beter motto vir die verhaal? Motiveer jou siening. (1) [25] OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8: OPSTELVRAAG MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse In die roman, Manaka, word die tema van Christenskap aangetref. Baas se godsdienssituasie op Manaka en sy verlede gee aanleiding tot sy konflik ten opsigte van Christenskap. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde én verwys na die wyse waarop Baas die tema van Christenskap uitdra en evalueer of Baas sy stryd opgelos het. [25]

OF VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae. TEKS 1

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25

Mark moet ook nog, as deel van hulle ooreenkoms, die boot met die vragmotor se hyskraan op ʼn paalstellasie vir die herstelwerk aan die romp. Baas dring daarop aan dat die boot op ʼn veilige hoogte bo die water moet lê. “ Net vir ingeval die werk aan die romp teen die volgende reënseisoen nog nie klaar is nie en ons ʼn frats- vloed kry.” Maar teen daardie tyd dryf sy boot al veilig aan sy anker op die Zambezi. Dis al wat hy te doen sal hê. Hy kan elke dag sy volle aandag aan die herstelwerk gee. Wat die materiaal om die werk af te handel presies gaan kos, weet hy nog nie, maar daaroor bekommer hy hom min. Dié wêreld is vol opsies – soos buffels jag - ás sy geld skraps raak. Hoe sal Mark James weet van al die buffels wat met die Mott-Mauser platgetrek is? Ná Mark se vertrek slaan Baas doringtakke in die seekoeipaadjie om die krokodille uit sy badkamer te hou. En hoe sal Mark James weet van die honderde wilde Brah- mane op Sable Ranch? Buffelvleis sal in sterk aanvraag wees by die plaaslike bevolking. Een ou bul soos Morena kan genoeg inbring om hulle vir ʼn maand of twee aan die lewe te hou. Dan is daar ook die moontlikheid van ʼn regeringskonsessie vir skiet van ʼn paar olifante per jaar.

9.1 Gee die redes vir die bou van ʼn pontboot. (2) 9.2 Baas herdoop die boot en vernoem dit na sy ma. Watter karakter hou nie van die naam nie; sê waarom daar hierdie gevoel

rondom die nuwe naam is en watter karaktertrek van hierdie persoon kom hier na vore? (3)

14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.3 Verduidelik watter rol die Zambezirivier in Baas se lewe gespeel het. (2) 9.4 Herlees reëls 9 en 10. Verduidelik die implikasie van hierdie woorde; motiveer hierdie implikasie as

jy aan sy familiegeskiedenis dink en motiveer of die gemeenskap hom sou aanvaar het indien Baas wél by die implikasie van dié woorde gebly het. (3)

9.5 Sê waarom dit vir Baas wel toe nodig was om van ander opsies gebruik te

maak en noem die opsie wat hy gekies het . (2) EN TEKS 2 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

“Luister jy nie as ʼn mens met jou praat nie?” “Noem gerus my naam. En moenie ontsteld raak nie. Grace sê dit is nie goed vir iemand wat by die dood om- gedraai het nie.” Baas leun verder vorentoe, die Mauser styf teen sy lyf gedruk. “Ek kom goed klaar sonder geselskap,” sê hy weer. “Jy kan maar my naam sê, Baas. Nanna.” Sy draai na hom toe. “Sê my, is jy regtig ʼn Christen?” “ Wat maak van ʼn mens ʼn Christen?” ”Geloof, natuurlik.” “Is jy ʼn Christen?” Baas se oë bly op die pad. “Ja. Lyk dit nie vir jou so nie? Die kuiltjie in haar wang is weg. “En jou man?” “Jy noem hom mos ʼn helikopter-pilot. Maar wat is die verskil tussen julle?” Daar is ʼn ander soort drif in haar as toe sy vir Griesel kwaad was. “Hy spring ʼn me- ter hoog om by die maan te kom. Jy spring twee meter. En ons kan nie meet wie vaar die beste nie.” “Stop!” “Maar die belofte dat ons gaan kry waarvoor ons spring, is vir ons almal.” “Stop!” skreeu Baas weer. “Stop die bakkie!” Sy rem. “Wat gaan aan?” “Vlakvark. Dis die groot beer.” Hy spring met sy ge- weer uit en gaan staan langs die bakkie dat die honde kan kalmeer, sy oë op die diepgetrapte modderspore oor die pad.

9.6 Watter karaktertrek van Baas blyk uit die uittreksel en op watter manier het

hierdie karakterisering plaasgevind? (2)

9.7 Herlees reël 10.

Gee redes waarom Baas konflik het oor hierdie vraag; sê wie sommer vroeg oortuig was van die feit dat Baas wel ʼn Christen is en verduidelik tot watter slotsom Baas aan die einde van die roman rondom hierdie konflik kom. (4)

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.8 Herlees reël 15. Motiveer waarom ʼn moontlike nee op hierdie vraag regverdig sou wees en

waarom Griesel van dubbele standaarde beskuldig sou kon word. (2) 9.9 Wat verklap Griesel se woorde by meneer Mosoko se ma se begrafnis ten

opsigte van Griesel se karakterontwikkeling en is dit geloofwaardig? (2) 9.10 Lewer kritiek op die gebruik van die honde as “karakters” in die roman. (3) [25] OF VRAAG 10: OPSTELVRAAG VATMAAR – AHM Scholtz Vatmaar is ʼn versameling verhale waarin die lewe van die bruin mense van Suid-Afrika geboekstaaf word. Hierdie verhale is besonder menslik en het soms ʼn lewensles daaruit te leer. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 400–450 woorde deur na tant Wonnie; Bettie; oom Chai en Kenny te verwys. Evalueer die aktualiteit van die lewenslesse van hierdie karakters. [25]

OF VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG VATMAAR – AHM Scholtz Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18

Jy het buite gespeel, my kind. Kaaitjie het sit en luister. Toe het sy vir Oom Normy ʼn koppie tee gegee. Sy het daarvan gehou om vir hom tee te maak, partymaal tot drie, vier koppies toe. Die mense van Vatmaar het my gereeld gevra: Het daai jong man jou nog nie gevra om te trou nie? Ek het altyd gedink ek hou van hom, maar ek het nie ’n man nodig nie. Oom Norman het ʼn paar keer gesê hy is op een maand verlof en daarna sal hy ʼn nuwe lewe begin. Ek het altyd gewonder wat hy bedoel. Toe, op ʼn baie koue Vrydagmiddag het hy skierlik oral rondgesoek na ʼn tentpen. Ek weet nie waar hy uiteindelik een gekry het nie, maar hy het die tentpen vir ons kom wys. Hy was baie gelukkig, net asof hy iets wat kosbaar was, gekry het. Dit het begin donker word en ek het vir hom gesê: Hoekom wil jy vanaand Pan toe loop? Jy kan mos hier slaap vannag. Hy het net gelag dat sy maag op en af gaan. Voor hy weg is, het Kaaitjie hom nog tee gegee. Dit was al laat, baie koud en donker buite. Hy het nog nooit tevore so laat by ons gebly nie en hy was ook nog nooit so aangenaam nie. Nooit het ons kon dink dat dit die laaste keer was dat ons hom lewendig sien nie.

11.1 Watter voordeel hou dit in dat tant Wonnie hier die verteller is? (1)

16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.2 Verduidelik die ironie in die woorde “Het daai jong man jou nog nie gevra

om te trou nie?” (reël 4) en gee ʼn voorbeeld van latere woorde en handeling wat egter hierdie woorde van tant Wonnie weerspreek. (3)

11.3 Verduidelik hoe die woorde “... sal hy ʼn nuwe lewe begin.” (reël 8) met die

tentpen se wys, skakel. (2) 11.4 “Maar in daardie tentpen lê daar ook ʼn deel van Kaaitjie Muller” Watter afleiding kan ons uit hierdie woorde van Kaaitjie maak? (1) 11.5 Gee die tema van die roman wat in hierdie gedeelte sterk na vore kom. (1) 11.6 Die probleem van onskuldige lyding is een van die temas van Vatmaar. Watter gebeure het aanleiding gegee tot tant Wonnie se insig dat God binne

in jou woon en verduidelik hoe die mense van Vatmaar se optrede tydens die gebeure hierdie insig versterk het. (4)

11.7 Sal jy sê tant Wonnie se insig rondom God is volkome wanneer jy na die

titel kyk? Motiveer jou antwoord. (1) 11.8 Is die taalgebruik in Vatmaar geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. (1) EN TEKS 2

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27

Toe hulle aanklop, maak ʼn bediende die deur oop. Is die Motta hier? vra Mevrou Bosman. Kô in, sit, sê die bediende. Sê die Meram ek kô, roep Motta Fatima agter uit die huis uit. Hier is sy en hier is die twee pond vir die haak, Motta, sê die witvrou toe sy eindelik opdaag, en sy glimlag en tik die ouer vrou op die skouer en sê: Jy ken mos jou werk. Die Motta knik. Moenie worry nie. Dan sê ek totsiens. Mevrou Bosman het die deur oopgemaak en vertrek en Kaaitjie alleen in ʼn vreemde wêreld agtergelaat. Die arme meisie – geen ander woorde het haar beter gepas nie – het alleen gestaan in ʼn wêreld waarvan sy niks geweet het nie. Dit het skoon en duur gelyk, maar die atmosfeer het haar gewaarsku. Hoekom brand daai stokkies wat in ʼn rou aartappel gesteek is en ʼn rook afgee wat ruik of dit die kamer moet skoonmaak van een of ander ongesiende ding? Hoekom het die Miesies hierdie vrou, wat sy Motta noem, twee pond gegee en gesê dit is vir die haak? En hoekom is sy weg, want ek het haar kar hoor wegtrek? Al hierdie gedagtes het deur Kaaitjie se kop gegaan. Ek kan nie loop nie, het sy vir haarself gesê. Ek moet wag en kyk. Toe die Motta inkom, staan sy nog op dieselfde plek, want niemand het gesê dat sy kan sit nie. Sy het Kaaitjie deeglik bekyk, asof sy wou seker maak sy sal haar herken as sy haar weer sien. Toe het sy die voordeur gesluit. Haar bediende het ʼn lang houtbank en koerantpapier ingedra en toe ʼn potjie Vaseline en iets wat in koerantpapier toegedraai is en dit op die tafel neergesit.

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.9 Sê waar Kaaitjie haar bevind en verduidelik die rol wat dié ruimte in

Kaaitjie se ontwikkeling van ʼn hartseer, bang jongvrou tot ʼn vreeslose jongvrou speel. (2)

11.10 Motiveer of die verandering in Kaaitjie van ʼn hartseer, bang jongvrou tot

iemand wat vreesloos besluite neem, geloofwaardig is en verduidelik hoe hierdie optrede uiteindelik tot haar dood gelei het. (2)

11.11 Sê wat die verband tussen Kaaitjie en Mev. Bosman is en wat Mevrou

Bosman se aandeel aan Kaaitjie se hartseer was. (2) 11.12 Waaroor ervaar Mevrou Bosman baie innerlike konflik voor hierdie

besoek? (1) 11.13 Motiveer waarom jy nie die stelling dat mevrou Bosman die goeie kant van

die Afrikaner verteenwoordig, kan verdedig nie. (1) 11.14 Op watter wyse kom die verskil in sosiale agtergrond tussen Mevrou

Bosman en Motta Fatima duidelik na vore? (1) 11.15 Op watter manier is Kaaitjie se nagedagtenis geëer? (1) 11.16 Beskryf die stemming in die gedeelte met EEN woord. (1) [25]

TOTAAL AFDELING B: 25

EN

18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel het. Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag van AFDELING C beantwoord.

VRAAG 12: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beskryf en evalueer die uitbeelding van die twee manlike karakters, Map en Cavernelis, in die drama in ʼn opstel van 450–500 woorde. [25]

OF

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25

MAP: Tommy Sobotker! En Cyril, en Richie, en Willy la Guma, en Blanchie ... almal...almal.. (Lag, dieselfde lag, en staar voor hom uit.) Almal hier, almal in hierdie strate, in hierdie huise, almal...(Lag) En die employers, o, almal die employers ... Hulle is almal so sympathetic ...Blanchie, ja, even Blanchie, almal is so sympathetic ... But ... (sê dit baie hard) but, but, but, but ...sympathetic, but ... (Stil. Lag weer.) Even Cyril en Richie! ... Apostel George, ek wiet jy't my ge-warn lat dit so sal wies, maar ...well ... 'is tough luck, Apostel George ... (Dan, skielik, skreeu hy ) ‘Is tough luck,Here! (Dan praat hy, sagter, met Antie Grootmeisie, iewers in die huis) 'Is tough luck, Ma! Lyster Ma?! ( Hy staan op, en praat asof hy voor ʼn spieël staan.) Here! ... en Ma! ... (Kyk na die baie tatoeërmerke op sy lyf) ... Nei ... (Lag) ... Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie! Map Jacobs, hulle vát jou nét nie so nie! ‘Cause why? ‘Cause hulle kan sién waarvandaan jy kom, jou history is op jou arms, op jou lyf, op jou nek, op jou gesig even ... jou history en jou geography, jou ... alles! (Lag weer) Hulle vat ga' vir jou so nie! (Stil. maar die straat beweeg, en hy wys na almal daar.) Ma! Ek was al by ʼn hele élf employers. Miss Africa, die social worker, sy help ... maar, dan kom jy daar, en although Miss Africa ge-phone het, voor 'ie tyd, sê die manager se secretary, of so iemand, Have you got any testimonials, mister Jacobs,

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41

while sy vir jou so kyk lat die tattoos onner jou hemp en polo-neck wárm word en bránd ... Any testimonials? (Lag) Ma! Dan wil ek skree en ek wil sê, Well, nee, except vir my tattoos nie ... maar dan bly ek stil ... banggat wat ek is, dan bly ek stil ... maar after all, ek is in-wanted nou ... Dan sê ek, nei, ek is sorry, Sir, ek is sorry, Madam, maar ek het nie testimonials nie ... Where were you working last, vra hulle dan vir my ... en wat kan ek sê, 'cause last is nie last soes tién jaar gelede nie, Ma, last is mos soes láás jaar! En wat kan ek dan sê? (Lag) Innie tronk, meneer, innie tronk, juffrou! Daai’s waar ek was laas! Ek was in vir ... Ek het twaalf jaar gekry, ek het sewe jaar geserve, ek is hierso nou 'cause ek is yt op parole! Ek het my goed gedra, ek was jammer oor alles, ek ... (Lag, beweeg oor die verhoog.) En jou rekord, mister Jacobs, was vir ...?

13.1 Herlees reëls 1 en 2. Verduidelik waarom ons kan sê dat al die genoemde persone ook

gevangenis is. (1) 13.2 Wat was die oorsaak van hierdie gevangenisskap? (1) 13.3 Motiveer waarom jy kan saamstem dat die oorsaak van dié gevangenisskap

nie noodwendig op Map van toepassing hoef te gewees het nie. (1) 13.4 Sê watter van hierdie persone probeer vrykom; noem die manier waarop hul

probeer vrykom en of dit geslaagd is. (3) 13.5 Herlees die neweteks in reëls 11 en 12. Watter karaktereienskap van Map kan ons hieruit aflei en waarom is dit

ironies? (2) 13.6 Herlees reëls 15 en 16. 13.6.1 Watter gesindheid van die gemeenskap lees ons hier raak? (1) 13.6.2 Op watter maniere laat die dramaturg die leser Map se

ontnugtering ervaar? (2) 13.6.3 Noem redes waarom Map ontnugter is en motiveer of die optrede

van die gemeenskap geregverdig is gesien in die lig van wat in die tronk gebeur het. (3)

13.7 Gee ʼn rede waarom Map sy lyf so laat tatoeëer het en haal ʼn frase aan om

jou antwoord te motiveer. (2) 13.8 Die tatoeëring bring ook naamgewing mee. Verduidelik die simboliek in die naam soos Blanchie vir Map aanspreek. (1)

20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.9 Herlees reël 29. 13.9.1 Verduidelik hoe Map se stilte by die motoriese moment van die

drama aansluit. (2) 13.9.2 Sou jy sê Map is regverdig teenoor homself om te sê hy is ʼn

banggat? Motiveer jou antwoord. (1) 13.9.3 Verduidelik hoe Map se terugkeer na sy huis met die titel van die

drama skakel en verduidelik hoe hierdie tuiskoms met sy siening oor homself in hierdie reël kontrasteer. (4)

13.10 Map lag verskeie kere in dié gedeelte. Watter stemming skep dit? (1) [25] OF

VRAAG 14: OPSTELVRAAG MIS – Reza de Wet Beskryf en evalueer die uitbeelding van die twee manlike karakters, Konstabel en Pa, in die drama in ʼn opstel van 450–500 woorde. [25]

OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG MIS – Reza de Wet Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae. TEKS 1 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31

MIEM : Jy’t reg opgetree, Gertie. Vanaand moet ons almal saam staan. MEISIE : Gisteraand het ek ook ʼn uil gehoor. In die boom net voor my venster. MIEM : My arme kind. Maar moenie jou bekommer nie. GERTIE : Ek wil tog nie moeite wees nie. MIEM : Nee wat, Gertie, dis geen moeite nie. Jy kan op die klein bedjie in my kamer slaap. Meisie, neem solank juffrou Gertie se goed kamer toe. MEISIE : Ja, Ma. (Tel die hoed en die tassie op en verdwyn deur die gangdeur.) GERTIE : (roep agter haar aan) Dankie, Meisie! ʼn Sagte huilwind word gehoor. MIEM : (sag) Ek is bly jy is veilig by ons, Gertie. (Kyk vlugtig na die gangdeur) As ek net dink aan die moordenaar ... die verkragter wat weer vannag deur die dorp sluip ... op soek na sy prooi. GERTIE : (gril) Jy gee my skoon die rillings, Miem. MIEM : Dit is net die onsekerheid. Waar sal hy toeslaan? Wie sal dit wees? GERTIE : Hoe aaklig! Maar dan is daar natuurlik dié wat sê ons maak te veel van die ding. Dat Tok Pieterse se Rienie en Hannah Koen se Sannie maar net weggeloop het ... uit ontevredenheid ... en frustrasie. Terwyl MIEM verder praat, kom MEISIE weer binne, gaan sit en werk verder. MIEM : Ek wil dit nie hoor nie. Ek wil dit nie weer hoor nie! Dit ontstel my te veel. Al die arme sotte wat nie die gevaar besef nie. (Snork) Op pad hierheen het jy seker die tent net buite die dorp gesien? GERTIE : Ja. En baie mense wat toustaan om in te gaan. MEISIE : (opgewonde) Is daar baie liggies en is die tent groot?

22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51

MIEM : (kwaai) En vir wat wil jy weet! (Aan GERTIE) Die dwase! Maar ek was my hande in onskuld. Ons het gewaarsku en gewaarsku, maar hulle wou nie hoor nie! As ek dink aan die aaklige mense. Rondlopers en kwaaddoeners. GERTIE : Om nie eers te praat van die fratse nie! (Gril) Om net daaraan te dink... MIEM : Fratse? Watse Fratse? GERTIE : In die kleiner tent langsaan. Jy moet betaal om in te gaan. MIEM : En hoe weet jy van ... hierdie fratse? GERTIE : (verbouereerd) Ek? MIEM : Ja. Jy. GERTIE : Wel ... MIEM : Het jy hulle gesien? GERTIE : Ja. (Vinnig) Net een maal. MIEM : Maar Gertie, hoe kon jy soontoe gaan? GERTIE : Sien ... ek wou na hierdie arme skepsels gaan kyk ... hierdie armsalige en gebreklike wesens ... sodat ek my seëninge kan tel. Om ander se ongeluk te aanskou ... maak ’n mens so innig dankbaar ...

15.1 Herlees reël 1. Verklaar die verskuilde boodskap wat in Miem se woorde opgesluit lê. (2) 15.2 Herlees reël 5. Waarom is die troos wat Miem hier bied ironies wanneer jy die einde van die

drama in ag neem? (1) 15.3 Op watter maniere word daar spanning in die gedeelte geskep? (2) 15.4 Herlees reël 21–24. 15.4.1 Watter belangrike inligting met betrekking tot die intrige van die

drama word hier aan die gehoor oorgedra? (3) 15.4.2 Waarom is bogenoemde inligting in die drama belangrik? (1)

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15.5 Herlees reëls 31 en 32. 15.5.1 Verduidelik waaroor die konflik tussen Miem en Meisie in hierdie

uittreksel ontstaan, asook die rede daarvoor. (2) 15.5.2 Verduidelik hoe hierdie konflik by die tema van die drama

aansluit. (2) 15.6 Herlees reëls 33 en 34. Verklaar die gebruik van die herhaling. (2) 15.7 Herlees reël 36. Sê om watter rede Gertie se woorde en handeling nie geloofwaardig is nie;

motiveer waarom sy dit wel doen en noem wat sy daarby kan baat. (4) 15.8 Herlees die neweteks in reëls 42 en 46. Watter inligting aangaande Gertie se karakter kan ons hieruit aflei? (1) 15.9 Op watter wyse word die buiteruimte in hierdie uittreksel betrek en wat is

die doel daarvan? (2) 15.10 Waar in die bou van die drama pas hierdie gedeelte in en watter funksie

verrig hierdie fase van die drama? (3) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

PUNTE: 80

Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

NASIENRIGLYNE x As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die

eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

x As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die eerste twee gedigte se vrae nagesien.

x As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

x As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.

x As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien.

x As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

x Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As die opstel te lank is, laat ʼn oorskryding van ʼn maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die res van die opstel. Gebruik rubrieke A en B om kandidate se opstelle te assesseer.

x Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

x Vir oop vra word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

x Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING-vrae, word die punte verdeel: 1 punt vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ʼn punt vir die rede/motivering/aanhaling.

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: OPSTELVRAAG – Die skedel lag al huil die gesig Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien. Inhoud Kode 7 7 gemotiveerde feite Kode 6 6 gemotiveerde feite Kode 5 5 gemotiveerde feite Kode 4 4 gemotiveerde feite Kode 3 3 gemotiveerde feite Kode 2 2 gemotiveerde feite Kode 1 1 gemotiveerde feit Taal en styl: Beoordeel volgens die rubriek. LET WEL: x Dis ʼn breë raamwerk van feite. x Al die feite hoef nie genoem te word nie. x Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by

struktuur en taal. x Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf Die kandidaat bied ʼn gepaste inleidingsparagraaf aan, bv. x Ironie is om die teenoorgestelde te sê van wat jy bedoel. Deur juis die vergetelheid

van die mens teenoor die glans van sy bestaan te plaas, kom die ironie sterk na vore. Vergetelheid teenoor Glans: x In strofe 1 is die spreker deeglik bewus van haar sterflikheid, want sy sê sy sal die

dood eendag moet trotseer. x En sy weet nie of sy t.s.v. haar hoër orde belangrik genoeg is om bewaar te word nie,

want sy besef dat die mens nie ʼn seldsame dier is nie. x In strofe 2 lig die spreker die mens se vernuftigheid uit, omdat sy ons op die mens se

skeppendheid wys waarmee hy glans en respek kry. x Die mens kan ingewikkelde take baie maklik uitvoer, want hy “plak wolkekrabbers”

sommer net neer. x Die mens kan met sy verstandelike vermoë baie vermag en groot dinge tot stand

bring; daarom word hy met woorde soos “merkwaardig”; “wonderbaarlik” en “slim” beskryf.

x Die mens het selfs soveel “glans” dat dit wat hy skep kan hyself ook vernietig, want hy is in staat om ʼn atoombom te laat ontplof.

x Die mens besit dus die vermoë om wonderlike dinge te skep, maar sy eie ondergang lê in homself opgesluit; daarom huil die gesig.

x Ten spyte van al hierdie glans, is die dood onafwendbaar selfs vir die “slim”, “merkwaardige” en “wonderbaarlike” mens.

Slotparagraaf Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv. x Die volgehoue kontras tussen glans en vergetelheid versterk die ironie en bring die

tema net sterker na vore. Ook die bundeltitel sluit by die tema van die gedig aan. [10]

OF

4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Staat Vraag Antwoord Punt 2.1 Jare/roerloos √ (1) 2.2 Die swart mier bataljon het die staat ingeneem/die negatiewe het geleidelik

met ʼn aftakelingsproses begin. √ (1) 2.3 Eksplisiet dui dit daarop dat die vesting van die krap, waar hy veilig voel, nie

baie sterk is nie./Die wal is vol gate en kan daarom maklik intuimel. √ Die implisiete betekenis dui op die moontlike verval van die regering/dat die fondamente waarop die regering sy ryk gebou het, nie so sterk was nie. √ Dit kan ook implisiet daarop dui dat almal nie altyd saamgestaan het nie – daar is die spreekwoordelike “gate” in sy mondering. √ (3)

2.4 Die tweede versreël is korter as die ander strofes se tweede versreël. √ (1)

Dit word funksioneel aangewend aangesien dit beklemtoon dat die krap nie altyd so waaksaam was nie. √ (1)

2.5 Beide woorde dui op universaliteit. √ (1) 2.6 Deur die p-alliterasie/a-assonansie. √ (1) 2.7 Die titel is ook so gekies dat dit nie net op regeringstelsels van toepassing

gemaak kan word nie, maar ook van toepassing is op enige situasie/dit is nie net van toepassing op ʼn regeringstelsel nie, maar ook op ʼn huwelik wat ʼn staat van liefdeloosheid bereik het of waar kommunikasie ʼn probleem is/ʼn skool wat eens op ʼn tyd ʼn spogskool was en mettertyd tot ʼn verleentheid verval het/ʼn maatskappy wat eens op ʼn tyd sterk en voorspoedig was maar as gevolg van wanbestuur of korrupsie tot ʼn val gekom het. √ (1)

[10] OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Kwatryne Vraag Antwoord Punt 3.1 Die rymskema (aaba) √ en stelling/waarneming wat deur ʼn wending

gevolg word. √ (2) 3.2. 3.2.1 ongeduld/irritasie √ (1) 3.2.2 lank reeds/oplaas √ (1) 3.3 Word die mens in die hiernamaals beloon vir dit wat hy op aarde gedoen

het? √ (1) Die enjambement beklemtoon die vraag as ʼn geheel. √ (1) Leerder se eie siening rondom beloning in die hiernamaals. √ (1)

3.4 inversie √ (1) 3.5 Die fokuspunt is nou op die verhoog waar die akteur kan begin speel. √ (1) 3.6 Die metafoor dat die lewe ʼn verhoog is, kom in elke kwatryn na vore en

word dus volgehou. √ (1) [10]

OF VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Sonsverduistering Vraag Antwoord Punt 4.1 (Italiaanse) Sonnet √ (1) 4.2 Paradoks √ (1) 4.3 ʼn Swingel is ʼn arm wat iets soos ʼn handpomp in beweging bring/trekhout

van wa/wip van ʼn put – dit, tesame met die “sw”-klank, beklemtoon die “om te beweeg”-gedagte./ Die “sw”-klank en “ng”-klank boots die swaaiende beweging van donkies klankmatig na. √ (1)

4.4 Die letterlike sonsverduistering en die diere wat stalwaarts keer word ʼn

toepassing op die mens. √ (1) Alle mense op aarde verkeer in ʼn figuurlike skaduwee of donkerte weens sonde wat oorheers. Dit het tot gevolg dat ons nie meer God se weg (wil) kan sien nie. √ (1) Daar heers ʼn somber stemming omdat die mens nie besef dat hy na God moet keer nie. √ (1)

4.5 “kortste pad” √ (1)

6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.6 Toename van donkerte: Vlek van skadu + letterlike skemer aanvanklik > groei tot figuurlike skaduwee > alle lig verduister dan > pad raak onsigbaar > hoogtepunt wanneer die “duisternis’ intree.” √

EN

Die gedig raak meer persoonlik: “Oor gans die mensdom” word later “ons” > ʼn persoonlike ervaring, toepassing op elkeen van ons word geïmpliseer. √

(1)

(1) 4.7 Dis ironies dat die (slimmer) mens nie ook instinktief soos diere

huiswaarts (na veiligheid - God) keer nie. Die mens is so onderworpe aan sonde in hierdie wêreld waarin ons vandag leef dat ons die sonde en gevolge gelate aanvaar. Die diere weet egter instinktief om die regte ding te doen. √ (1)

[10]

EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Opstanding Vraag Antwoord Punt 5.1 word √ (1) 5.2 Die mense wil hom nie seermaak nie/verleë laat voel nie. √ (1) 5.3 Enjambement. √ (1) 5.4 In die nag klink geluide erger/meer vreesaanjaend. √ (1) 5.5 Die spreker vind vertroosting in die geluid van water, maar dan is hy nie

eens seker of hy dit wel hoor nie./ Geluide groei teenoor die fluister van ʼn kraan. √ (1)

5.6 Hul ken hom en is lief vir hom, √ dus sal hulle hom verstaan. √ (2) 5.7 Hy is nie regtig seker of vertroudes regtig met min woorde kan klaarkom

nie. √ (1) 5.8 Dit stel die woorde wat nie gehoor word nie, visueel voor. √ (1) 5.9 Dit moet erg wees om nie meer jou geliefdes te kan hoor nie. √ (1) [10]

TOTAAL AFDELING A: 30

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 6: OPSTELVRAAG DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: x Dis ʼn breë raamwerk van feite. x Al die feite hoef nie genoem te word nie. x Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur

en taal. x Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv. x Die vrou se tradisionele rol en haar emansipasie word in die roman baie ligtelik hanteer,

soos die motto voorspel. MA ELSA x Ma was nie die stereotipe moeder nie, want in plaas daarvan dat sy haar kinders

grootmaak, maak Johanna hulle groot. x Ma is nie die tradisionele raakvatter-ma nie, want sy is verstrooid en vergeetagtig. x Ma het nie huishouvernuf nie, want sy kan nie kook nie (nie ʼn goeie kok nie). x Ma maak nie haar dogters tradisioneel konserwatief groot nie, want haar dogters is

redelik liberaal. x Ma is nie soos die tradisionele ma wat wakker lê oor haar dogters se sedes nie. Sy tob

glad nie daaroor nie. x Ma tree nie soos die normale vrou op nie. Sy is onkonvensioneel, want sy oortuig ʼn dief

om nie van hul te steel nie/Op die plaas sluit sy by ʼn groep aan (Die Spieël) wat glo in reïnkarnasie en spiritualisme en met voorvadergeeste praat.

x Ma ervaar die normale vroulike emosies teenoor haar kinders, want sy spog ook met hulle teenoor Peter se ma./Sy gee om vir haar kleinkinders se welstand.

x Alhoewel Ma aanvanklik geëmansipeerd voorkom deur op haar eie agter te bly, is sy egter nie volkome ʼn bevryde vrou nie, want aan die einde gaan woon sy tevrede op die plaas.

ELSA x Elsa kom aanvanklik nie voor as jou tradisionele vrou nie, want sy is onemosioneel en

baie doelgerig. x Algaande verander die karakter en word sy die deursnee Afrikaanse vrou met haar

droomman, huis en kinders./Sy praat soos die tradisionele vrou oor babas, bottels en voedings.

x Elsa ervaar die normale vroulike emosies, want ʼn onbeplande swangerskap laat haar magteloos./Moontlike huweliksontrou van Hannes se kant laat haar hartseer en ontsteld./Sy raak opgewonde soos die deursnee ma oor haar kinders se prestasies.

x Elsa kom aanvanklik voor as geëmansipeerd, omdat sy op haar loopbaan gerig is en die broek in die huis dra.

8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

x Die geëmansipeerde Elsa verdwyn egter algaande, omdat sy besluit op ʼn tweede kind/haar huis deurmekaar is a.g.v. haar aandag aan die kinders/tevrede is om slegs wors te eet.

KARA x Kara kom aanvanklik nie voor as jou tradisionele vrou nie, want sy wil geen babas hê

nie./Swangerskap is vir haar lelik/Sy oorweeg ʼn surrogaatma. x Kara raak egter later wat haar gesinslewe betref die tradisionele vrou, want sy wil ʼn huis

vol kinders hê./Sy wil met Claude trou/Haar kuns raak ʼn bysaak/Sy praat slegs oor babas, voedings, ens.

x Wat Kara se verhouding betref, is sy glad nie die tradisionele Suid-Afrikaanse vrou nie, want sy trou met Claude wat ʼn bruinman is/Sy wil multikleurige kinders hê (reënboogkinders).

x Kara ervaar die normale vroulike emosies, want haar hart word week wanneer sy van Claude praat/na hom kyk.

x Kara kom aanvanklik geëmansipeerd voor, omdat sy haar nie aan die normale konvensies steur nie./Op haar eie gaan reis./ʼn Non wil word.

IRIS x Iris is alles behalwe jou tradisionele vrou, want sy skep haar eie fantasiewêreld om van

daaglikse oninteressanthede te ontsnap./Sy is onwillig om te trou. x Iris se emosies is tipies die van ʼn vrou, want sy leef in ʼn romantiese

verbeeldingswêreld/fantasiewêreld./Sy het ʼn romantiese en verbeeldingryke uitkyk op die lewe./Sy kan nie verder teen die verlange na Peter se nabyheid baklei nie.

x Sommige van Iris se emosies verskil egter van die tipiese vroulike emosies, omdat sy die verlies van haar maagdelikheid as traak-my-nie-agtig ervaar./Al haar verhoudings almal fisiek is en nie emosioneel nie.

x Iris wil haar emansipeer van die beperkings van die middelklasgesin; maar sy het nie die moed om dit deur te voer nie./Sy twyfel oor die waarde van die huwelik (sien die hartseer van egskeiding en hoe mense (haar susters) verander in die huwelik/Sy is op soek na meer as net die doodgewone voorstedelike bestaan van ʼn doodgewone huisvrou.

EVALUEER DIE EMASIPASIE x Nie een van die dames se emansipasie is geloofwaardig nie, omdat almal konformeer. x Ma is nie werklik geëmansipeerd nie, want uiteindelik verlang sy te erg na Pa en gaan

plaas toe. x Elsa, sowel as Kara, raak jou tradisionele ma wie se bestaan rondom hul huis en kinders

draai. x Selfs Iris verval aan die einde in ʼn bestaan wat sy nie wou gehad het nie – die van

doodgewone voorstedelike vrou. x Iris raak ʼn doodgewone tradisionele vrou, omdat sy juis ʼn getroue eggenote is wat haar

plek in die familie en die gemeenskap vol staan (soos wat daar van haar verwag word). Slot Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv. x Die kwart-voor-sewe-lelie bekyk die emansipasie van die vrou en haar tradisionele rol op

ʼn ligtelike manier en daarom is niemand werklik geëmansipeerd nie.

[25]

OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7: Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 Kara en Iris (my) is susters. √ Claude is Kara se vriend/toekomstige man. √ (2) 7.2 Suid-Afrika. √ (1)

Die meeste mense in die buiteland het ʼn afkeur aan die apartheidbeleid gehad. √ Sy het nie deel gehad aan die apartheid nie/hulle is nie as rassiste grootgemaak nie/Omdat sy nie rassisties is nie het sy nie geweet waarna hy verwys nie. √ (2)

7.3 7.3.1 Sy het hom van haar ouma gekry/geërf. √ (1) 7.3.2 Hy moes haar beskerm/raadgee en geselskap hou. √√ (2) Die kandidaat noem TWEE verwagtinge.

Hy het haar beskerm in New York/teen die skaatsplankryer. √/ Hy gee haar raad oor hoe om op te tree teenoor die uitlander in Parys./Peter, want hy sê Peter is moeg/Sy moet nie oor haar naam praat nie./Bring haar tot insig oor haar naam. √ Hy hou haar geselskap veral in die hospitaal in Vermont. √ Die kandidaat moet die TWEE verwagtinge wat bo genoem is, bespreek. (2)

7.3.3 Die Engel staan Iris by omdat sy ontsteld is./Die Engel wil haar

beskerm omdat sy ontsteld is. √ (1) 7.3.4 Hy laat haar fantasiekarakters verdwyn. √

Hy bring haar tot insig dat ʼn naam net ʼn naam is/sy verantwoordelikheid vir haar eie lewe moet neem/dat die lewe nie net ʼn storie is nie/dat die blomnaam en die lelie niks met haar toekoms te doen het nie. √ Hy lei haar tot die besef van die werklikheid/dat sy moet ophou ontvlug deur fantasieë/dat sy verantwoordelikheid moet neem vir haar eie besluite. √ (3)

7.4 Sy bedink ʼn saak eers goed./Sy reageer nie dadelik nie./Sy konfronteer nie

die situasie nie – as gevolg hiervan skep sy ʼn fantasiewêreld. √ (1) 7.5 Die leser weet nou hoe Iris voel; dus is die gebruik funksioneel. √ (1) 7.6 Sy het nog altyd/van die begin gedink haar susters is dié wat mooi is. √ (1) 7.7 Sy gryp nie hier ʼn moontlike geleentheid aan nie √ teenoor haar

lewensfilosofie wat sê jy kry net een blomgeleentheid. √ (2)

10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.8 7.8.1 Sy het fantasiekarakters geskep √ en so kon sy van haar saai bestaan ontvlug. √ (2)

7.8.2 Iris moes fantaseer sodat sy kon groei tot ʼn volwasse vrou √ want

die fantasiekarakters het haar die werklikheid duideliker laat sien/laat besef wat sy in die lewe wil hê. √. (2)

7.8.3 Niemand het Iris ernstig opgeneem nie. √ (1) 7.8.4 Nee, want alles wat aangespreek word, word humoristies gedoen

soos die motto aandui. √. (1) [25]

OF

VRAAG 8: Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: x Dis ʼn breë raamwerk van feite. x Al die feite hoef nie genoem te word nie. x Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by

struktuur en taal. x Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv. x Baas dra onbewustelik Christenskap uit, maar sy verlede en die situasie op

Manaka bring konflik ten opsigte van Christenskap by Baas te weeg.

GODSDIENSSITUASIE OP MANAKA x Baas is op Manaka wat vroeër ʼn sendingstasie was, omdat hy in sy oupagrootjie

se voetspore wil volg, maar hy wil niks met godsdiens te doen hê nie. x Baas word voortdurend gekonfronteer met Christenskap, want Ouma Essie

woon op Manaka en sy is deel van die gemeenskap./want Grace aanvaar hy is ʼn Christen en is uitgesproke daaromtrent./want Johnnie noem Baas ʼn “goeie man.”

x Omdat hy op Manaka voortdurend met Christenskap gekonfronteer word, spook Christenskap by hom, want hy droom van sy ma wat die kettinkie oor sy kop probeer pas./hy wonder of mens die Ewige Lewe kan hê en dit verloor.

x Griesel wat glo Christenskap lê in ʼn gesindheid, bring konflik vir Baas, want hy het geen respek vir die godsman nie en sy uitlewing van geloof verskil van wat Grace en ouma Essie glo.

x Oom Scholtzie se woorde/Grace se opmerking dat oom Scholtzie oor hom huil, begin die konflik in Baas, want hy begin vra oor die wese van Christenskap aan Nanna en Griesel.

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BAAS SE VERLEDE x Baas wil niks met Christenskap te doen hê nie, want hy is verbitterd na die

moord op sy ouers. x Die feit dat Baas Christenskap afsweer, veroorsaak konflik in hom, want hy

het in ʼn Christenhuis groot geword. x As agterkleinkind van die sendeling wil hy in sy voetspore volg, maar hy wil

net sekere drome van sy oupagrootjie verwesenlik en dit veroorsaak konflik. x Baas wil nie op Manaka by die gemeenskap betrokke wees nie, want in

Suid-Rhodesië dien sy ouers die gemeenskap en is vermoor, maar hy kry dit nie reg nie.

x Baas se skuldgevoel oor sy ouers wat hy nie betyds uit Rhodesië weggeneem het nie veroorsaak dat hy afvallig raak van godsdiens, omdat hy nie sin in die moord kan sien nie.

x Baas onttrek hom van mense omdat hy soveel bagasie van die verlede met hom saamdra, maar dit bring hom in konflik met Mark en die sendelinge.

DIE UITDRA VAN CHRISTENSKAP

x Alhoewel Baas sê hy is nie ʼn Christen nie glo die mense van Manaka anders, want sy dade getuig van die teenoorgestelde./hy gee malariapille vir hulle/hy ry sy bakkie stukkend agter Khuta se pale aan/gee vleis weg.

x Christenskap behels die omsien na jou naaste en onbewustelik doen Baas dit, want hy help Grace/Johnnie wat hy met sy gesin verenig.

x Baas dra ʼn medemenslikheid en hulpvaardigheid uit, want hy gee sy laaste malariapille vir Grace./hy gee sy laaste geld aan klere uit vir Grace.

x Baas se lewe getuig van eerlikheid en ʼn waardesisteem, want Riekert probeer Baas by die smokkel van diamante betrek, maar hy weier.

x Alhoewel Baas baie goeie dade doen, vertel hy niemand daarvan nie (soos dit ʼn Christen betaam) omdat hy ʼn eenkantmens is.

EVALUERING

x Baas se Christenskapstryd is opgelos, want hy kondig aan dat die vensters en deure van die sendingkerk gekom het. Hiermee suggereer hy dus dat hy die geestelike leiding op Manaka oorneem.

x Baas se Christenskapstryd is opgelos, want by ouma Essie se siekbed bid hy vir die eerste keer in ʼn lang tyd.

x Wanneer Baas besef dat hy wel met ʼn doel na Manaka gekom het, word die stryd beëindig, want hy bring die twee pole van Christenskap bymekaar: omgee en die wete waarheen jy gaan.

Slot Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.

x Aan die einde van die roman het Baas ʼn vaste wete oor Christenskap ten spyte van sy verlede en as gevolg van Manaka se mense. [25]

OF

12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 9: Manaka plek van horings – Pieter Pieterse KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 Paaie is onbegaanbaar dus sal mense en goedere vervoer kan word. √

Afrika sal toegankliker wees. √ 2

9.2 Riekert . √ Hy glo die boot is na Grace Tibelelo vernoem. √ Hy is rassisties/Sy rassisme. √

1 1 1

9.3 Dit is ʼn droom wat hy wil verwesenlik. √ Dit bring hom in aanraking met mense wat sy hulp nodig het en so sien ons Baas se Christenskap. √

1 1

9.4 Hy sal nie by die gemeenskap betrokke hoef te raak nie. √ Baas se ouers het hul alles vir die gemeenskap gegee en is toe vermoor. √ Nee, omdat hy in elk geval ʼn baie eenkantmens is, sou hulle hom nie leer ken het nie. √

1 1 1

9.5 Sy geld het opgeraak. √ Hy het buffels gejag. √

1 1

9.6 Buitestaanderskap √ Deur dialoog./sy woorde √

1 1

9.7 Sy ouers se dood √ en die verlies van die plaas. √ Grace √ Christenskap is om vir ander om te gee EN ʼn besliste wete van waarheen jy gaan. √

2 1 1

9.8 Griesel tree nie altyd soos ʼn Christen op nie/gee nie om vir sy medemens nie. √ Ten spyte van die feit dat hy glo jy die Christenbeeld moet uitdra, breek hy by Baas se slaaphut in. √

1 1

9.9 Hy het tot selfinsig gekom. √ Dit is geloofwaardig aangesien verskeie mense hom deur die loop van die roman oor sy sogenaamde Christenskap aanspreek./ OF Dit is ongeloofwaardig aangesien ʼn karakter soos Griesel moeilik tot inkeer sal kom. √

1 1

9.10 Die honde is noodsaaklik aangesien dit vir ons Baas se karakter beter belig. Die honde wys aan ons Baas as die natuurliefhebber. √ Die honde help om die ontwikkelende verhouding tussen Baas en Grace uit te beeld- sy versorg hulle omdat sy weet hoe belangrik hul vir Baas is. √ Die honde se houding teenoor verskillende karakters, bv. Chisupo en Riekert, weerspieël Baas se houding teenoor hulle. √ 3

[25] OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 10: Vatmaar – AMJ Scholtz OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: x Dis ʼn breë raamwerk van feite. x Al die feite hoef nie genoem te word nie. x Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by

struktuur en taal. x Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui. Inleidingsparagraaf Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv.

x Vatmaar is die verhale van alledaagse mense in ʼn arm gemeenskap wat handel oor goed en kwaad, geluk en hartseer.

TANT WONNIE

x Tant Wonnie het hartseer in haar lewe geken, want sy verloor ses van haar agt kinders tydens die Groot Griep./haar man sterf tydens die Eerste Wêreldoorlog/Piet de Bruyn probeer tant Wonnie verkrag.

x Tant Wonnie ken die ellende van alles verloor, want toe sy na Sannah Vosloo se dood weggejaag word, is haar huis op Vatmaar gestroop./sy word valslik beskuldig van diefstal en verloor so haar naam.

x Tant Wonnie ken egter ook geluk, want die magistraat bewonder haar trots en sorg dat sy ʼn huweliksertifikaat kry wat veroorsaak dat sy op oorlogspensioen geregtig is./Sy kon later terugtrek na haar huis.

x Uit tant Wonnie se verhaal is daar baie lewenslesse te leer: Al beklee jy die laagste posisie in die samelewing, soos sy, kan jy nog steeds trots wees op wie jy is./Piet du Bruyn, Settie September was venynig teenoor tant Wonnie, maar sy het nooit ʼn wrok in haar binneste rondgedra nie./Sy het altyd die beste van slegte omstandighede gemaak/Ten spyte van wat mense gesê en gedoen het, het tant Wonnie ʼn skoon lewe gelei en onwrikbaar by haar beginsels gebly.

BETTIE

x Bettie het die hartseer van ʼn ongehude moeder geken, omdat sy ʼn kind by een van oom Steven se seuns gehad het en sy vir hul ʼn verleentheid was.

x Bettie het egter die geluk van aanvaarding gesmaak, want oom Chai was bereid om hom oor haar en haar kind te ontferm.

x Bettie se huwelik met oom Chai was egter nie gelukkig nie, omdat die ouderdomsverskil te groot was.

x Bettie ken die kwaad van ʼn buite-egtelike verhouding, want sy het oom Chai met Boitjie verneuk.

x Uit Bettie se lewensverhaal leer ons die verwerping wat ʼn baba buite die huwelik kan bring./Ons leer ook dat ʼn huwelik waar die ouderdomsverskil te groot is, net frustrasie kan meebring.

14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

OOM CHAI x Oom Chai het die slegte in die lewe gesien, want hy het tydens die Anglo-

Boereoorlog gesien hoe Boervroue se huise en besittings vernietig word. x Oom Chai het egter ook die goeie in sy lewe beleef, want hy het ʼn

lewenslange besondere vriendskap met George Lewis gehad./Hy het met ʼn mooi, jongvrou getrou./Hy het Vatmaar se stigting en groei beleef.

x Oom Chai het egter ook hartseer in sy lewe beleef, want sy huwelik het hom later meer pyne as vreugde besorg./Hy het sy vriend, George Lewies aan die dood afgestaan./Hy het a.g.v. sy troue sy aansien in die gemeenskap verloor.

x Die lewensles van ʼn besondere vriendskap te koester is vandag nog steeds aktueel, omdat ons wel sulke vriendskappe nog beleef./Daar is vandag nog jaloesie in ʼn verhouding soos oom Chai met Boitjie Afrika beleef het. Hieruit leer ons dat jaloesie net trane bring en vriendskappe vernietig.

KENNY

x Kenny ken ook hartseer in die lewe, want hy verloor sy werk by die Masonic Temple./a.g.v. status keur sy ouers nie sy verhouding met Kaaitjie goed nie./hy verloor die groot liefde in sy lewe.

x Kenny beleef egter ook vreugde in sy lewe, want hy ontmoet Kaaitjie, die liefde van sy lewe./hy vind ʼn tweede liefde.

x Kenny ken die vreugde van goedwees vir ander, want hy kon die vreugde van Vatmaar oor die kliniek beleef./van Boitjie Afrika oor die sokkerspan en -veld beleef.

x Die lewensles wat Kenny se lewe vir ons leer is aktueel omdat ons vandag nog weet dat deur goed te doen aan ander kan ons ook groot vreugde smaak./Ons leer ook uit Kenny se verhaal dat ʼn mens na groot hartseer weer vreugde kan beleef.

Slot Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.

x Elkeen van hierdie karakters het ʼn menslike lewensverhaal met baie lewenslesse wat vandag nog geld. [25]

OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 11: Vatmaar – AMJ Scholtz KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 11.1 Dit is baie meer geloofwaardig/

Sy het die ervarings eerstehands beleef. √ (1) 11.2 Al verwag almal dat hy tant Wonnie gaan vra, gaan dit nie gebeur nie, √

want hy het haar dogter al gevra om te trou. √ Toe sy Norman se lyk sien, was sy gebroke./ Toe sy Norman se lyk sien, het sy besef sy het hom liefgehad./ Sy het geglo Heinrich sou tevrede wees as sy met Norman trou. √

(2)

(1) 11.3 As hy die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se graf gaan inslaan,

√ sal sy met hom trou en dan begin sy nuwe lewe. √ (2) 11.4 Sy was lief vir Norman. √ (1) 11.5 Liefde sonder grense. √ (1) 11.6 Toe Piet de Bruin haar probeer verneder het deur haar tronk toe te

neem. √ Vatmaar se mense het langs die pad gestaan en niks gedoen om haar te help nie./hulle het haar beskinder. √ Toe het sy besluit sy wil nie deel wees van hulle God nie √ maar sy het besef om God te dien, gaan oor of Hy binne jou woon. √

(1)

(1)

(2) 11.7 Ja, sy het God gevat as haar Verlosser wat in haar leef./

Ja, God se gees het haar hart/lewe gevat. √

(1) 11.8 Ja, dit is soos die Griekwas praat. √ (1) 11.9 In Motta Fatima se huis. √

Sy het besef iets is fout/die atmosfeer het haar gewaarsku en toe moet sy self besluit of sy gaan loop of bly. √

(1)

(1) 11.10 Ja, haar ma en pa is beide vreesloos./

OF (1) Nee, sy wou later nie meer leef nie en het nie terugbaklei nie. √ Sy het hierna mev. Bosman se diens verlaat en is tronk toe daarvoor wat tot haar dood gely het. √

(1)

11.11 Sy werk vir mevrou Bosman. √

Sy het Kenneth se briewe vir haar weggesteek/ Sy verneder haar omdat sy dink sy verwag meneer Bosman se kind. √

(1)

(1)

16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.12 Sy twyfel of haar man getrou is/ Of Kaaitjie se ongebore kind haar man sʼn is. √ (1)

11.13 Mevrou Bosman is rassisties/snobisties/skynheilig/gewetenloos en dit

kan nie goedgepraat word nie. √ (1) 11.14 In hulle spraak/

hulle dialoog. √ (1) 11.15 Die kliniek is na haar vernoem. √ (1) 11.16 Spanningsvol √ (1) [25]

TOTAAL AFDELING B: 25

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. VRAAG 12: Krismis van Map Jacobs – Adam Small OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:

x Dis ʼn breë raamwerk van feite. x Al die feite hoef nie genoem te word nie. x Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by

struktuur en taal. x Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv.

x Die twee manlike karakters in Krismis van Map Jacobs word lewensgetrou uitgebeeld.

MAP x Map word uitgebeeld as ʼn trotse jongman, want hy was nie tevrede met ʼn

minderwaardige betrekking nie. x Map is ʼn twyfelaar, want hy twyfel aan sy menswaardigheid en vermoëns nadat hy

ten spyte van sy skranderheid nie ʼn ordentlike werk kon kry nie./want hy soek na sy identiteit./want hy het baie tatoeëermerke wat sy soeke beklemtoon aangesien hy ook nie slegs aan een bende behoort het nie.

x Map word as ʼn leier uitgebeeld, want hy aanvaar verantwoordelikheid vir wat sy bende gedoen het./want hy is as leier van drie bendes verkies.

x Map word geteken as ʼn bekeerde, want hy het sy lewe ten volle oorgegee aan God o.l.v. apostel George./Hy sê hy was “rubbish” maar nou is hy “annerste”.

x Map word as ʼn ontnugterde man geteken, omdat hy nie kan verstaan dat niemand hom ʼn tweede kans wil gee nie – al het hy verander.

x Map se handeling teenoor tant Grootmeisie en Blanchie wys hy is besorgd, omdat hy telkemale vir sy ma vra hoe dit met Blanchie gaan./dit vir hom belangrik is dat sy ma hom moet vergewe – ook vir haar welstand.

x Cyril en Richie beeld Map uit as ʼn geharde en ongenaakbare bendeleier, want hulle glo hy gaan weer moor en brutaal raak wanneer hy van Blanchie hoor.

x Map word as ʼn aantreklike man uitgebeeld, want mister La Guma vertel watter mooi liggaam Map het.

x Map word as slim en talentvol uitgebeeld, want hy het goed gevaar op skool en hy het die saksofoon in die Kersorkes gespeel en die eerste prys gewen.

18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

CAVERNELIS x Cavernelis word uitgebeeld as iemand met baie deursettingsvermoë, want hy het

twee werke om sy droom te laat realiseer./want hy werk verskriklik hard om sy familie uit die Kaapse Vlakte te kry.

x Cavernelis is snobisties/hoogmoedig, want hy glo hy en sy familie hoort nie in die Kaapse Vlakte nie./want hy en sy familie meng nie met die mense van die Kaapse Vlakte nie./hy glo dat Map nie goed genoeg is vir Blanchie nie.

x Cavernelis word geteken as wantrouig en bang, want hy glo die mense van die Kaapse Vlakte sal sy fiets steel. Daarom sluit hy dit./dra hy sy fiets tot binne sy woonstel.

x Cavernelis is goedgelowig, omdat hy sonder ʼn werklike kontrak geglo het Blanchie sal die modelkontrak kry.

x Cavernelis kom baie afsydig voor, want hy deel geen gevoelens/emosie met Maud nie.

x Cavernelis is baie spaarsamig, want hy mors geen druppel water nie; alhoewel ander dit as suinig ervaar./hy dink verbeteringe aan ʼn huurhuis is geldmors.

x Cavernelis word as obsessief geteken, omdat hy als in sy vermoë doen om sy familie uit die township te kry.

x Cavernelis leef in sy eie wêreld, want hy stel nie belang om van Maud se probleme te weet of om die waarheid te hoor nie.

x Hy is eintlik maar so ʼn bietjie van ʼn lamsak, omdat hy hom deur Maud laat rondbeveel.

EVALUERING x Die karakterisering van Map is geslaagd, want hy tree tipes op soos ʼn jongmens

wat groot drome en ideale het en nie met die minste tevrede wil wees nie. x Alle mense gaan deur ʼn tydperk waarin hul na hulself soek. Dus is Map se soeke

na ʼn identiteit baie goed geteken. x Map se leierskap word goed uitgebeeld wanneer hy verantwoordelikheid vir

daardie aand se gebeure aanvaar. x Die feit dat hy ʼn leier van 3 bendes is, is nie noodwendig ʼn teken van leierskap nie. x Map se bekering word lewensgetrou uitgebeeld. Die leser ervaar hierdie

worsteling saam met Map. x In die monoloog waar Map vertel van hoe hy werk soek nadat hy vrygelaat is, kan

jy duidelik hoor hy verstaan nie waarom hy so sukkel as Miss Africa hom ook help nie. Hy was bewus van Apostel George se waarskuwing, maar hy het nie gedink dit sal só moeilik gaan nie.

x Uit die manier waarop Map met antie Grootmeisie en Blanchie praat, kan ons duidelik ʼn besorgde Map leer ken. Hy reik ook fisies uit na hulle.

x Die ongenaakbare word nie regtig vir die leser uitgebeeld nie. Daar is slegs ʼn verwysing daarna.

x Map se fisiese aantreklikheid word nie regtig uitgebeeld nie, behalwe deur mnr. La Guma.

x Cavernelis se deursettingsvermoë en obsessie word baie goed uitgebeeld, want ten spyte van Maud se verwyte dat hy nooit tuis is nie en die spot van Cyril en Richie met sy soft goods gaan Cavernelis eenvoudig voort.

x Sy wantrouigheid en bangheid word duidelik deur sy handelinge uitgebeeld, en staan in kontras met die res van die karakters.

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

x Sy goedgelowigheid word nie sterk geteken nie, want dit is eers wanneer Blanchie nie die kontrak gekry het nie dat die leser agterkom dat Cavernelis blindelings geglo het.

x Cavernelis se snobisme word nie so sterk soos Maud sʼn geteken nie, want hy beweeg nog tussen die plaaslike mense en as hy moet, praat hy met hulle. Sy snobisme word wel deur die ander karakters genoem.

Slot Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.

x Karakters probeer dus uit die omstandighede ontsnap, maar hulle bereik nie sukses nie omdat uitkomkans min is. [25]

OF

VRAAG 13: Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 13.1 Hulle is almal vasgevang op die Kaapse Vlakte./in hul omstandighede. √ (1)

13.2 Apartheid/gedwonge verskuiwings √ (1)

13.3 Map was slim en kon ʼn lewe buite die Kaapse Vlakte vir hom geskep het./Map is ʼn werk aangebied – al was dit nie wat hy wou gehad het nie. √ (1)

13.4 Blanchie/Cavernelis√ Sy doen modelwerk om sodoende oorsee te kan gaan./Hy doen ekstra werk. √ Dit was nie geslaagd nie, want sy het nie die modelkontrak in Parys gekry nie./Dit was nie geslaagd nie, want hy het selfmoord gepleeg. √

(1)

(1)

(1)

13.5 Respek √ Hy het nie respek vir vroue/haar gehad toe hy toestemming vir die verkragting gegee het nie. √

(1)

(1)

13.6 13.6.1 Onvergewensgesindheid/onverdraagsaamheid/bevooroordeeld- heid √ (1)

13.6.2 Herhaling van die woorde hulle vat jou nie so nie/ Die uitroeptekens/ Die aksenttekens √√ Kandidaat kan enige TWEE noem.

(2)

13.6.3 Hy kry nie werk nie √ en die Kersorkes gee nie sy plek aan hom terug nie. √ Dit is nie geregverdig nie, want Jesus gee hom nog ʼn kans/hy is bekeer daarom behoort hul hom ʼn kans te gee. √

(2)

(1)

20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.7 Hy wou êrens behoort het .√ jou history en jou geography √

(1)

(1) 13.8 Dit was terwyl hy die goeie Johnnie was/die regte pad geloop het. (1) 13.9 13.9.1 Die motoriese moment is juis die vraag wat Map gaan doen na sy

vrylating √ en Map doen niks/hy is doodstil/hy tree nie op soos hulle verwag het nie, nl. om te moor nie. √ (2)

13.9.2 Nee, hy het verantwoordelikheid vir sy dade geneem./hy het

homself gaan oorgee aan die polisie al het hy geweet wat wag in die tronk. √ (1)

13.9.3 Map se vrylating/parool √ is sy Krismis/Kersgeskenk. √

Hy kan nie ʼn banggat wees as hy bereid is om net weer in die Kaapse Vlakte vasgevang te word nie. √√

(2)

(2) 13.10 Een van ongeloof/berou. √ (1) [25]

OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 14: Mis – Reza de Wet OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

x Dis ʼn breë raamwerk van feite. x Al die feite hoef nie genoem te word nie. x Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by

struktuur en taal. x Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf Die kandidaat bied ʼn inleidingsparagraaf aan, bv.

x Die twee manlike karakters in Mis word lewensgetrou uitgebeeld.

KONSTABEL x Die konstabel word uitgebeeld as die manipulerende man, omdat hy net die

inligting oor homself bekendmaak wat hy kan gebruik om mense mee te manipuleer./want in sy vertelling van tant Hannie aan Gertie weet hy dat sy seksueel gefrustreerd is en bevry haar in ʼn mate van hierdie frustrasie./want hy manipuleer die drie met sy demonstrasies van ʼn verskerpte reuksintuig deur elkeen se ouderdom en seksuele status korrek te skat./Later, as die nar teenoor Meisie, speel hy sy nuwe rol ten volle en manipuleer hy haar binne die situasie sonder om veel informasie oor homself te verstrek.

x Konstabel word as besonder gevoelig/sensitief vir menslike swakhede en verskuilde konflikte in die karakters uitgebeeld, want hy weet dadelik dat Gertie, en in ʼn mate Miem, seksueel gefrustreerd is/dat Meisie na vryheid smag.

x Hy word as toweragtig of magies uitgebeeld, hy is geheimsinnig want hy sê niks oor sy herkoms nie./hy is ʼn konstabel, maar is blind./want hy sien skielik na 24:00.

x Hy word uitgebeeld as ʼn beskermer omdat hy ʼn polisie-uniform dra en is, vreemd genoeg vir ʼn konstabel, blind./omdat hy veiligheid en orde in die gemeenskap, asook goeie waardes verteenwoordig. Hulle noem hom “Snuf-in-die-neus”.

x Aan die einde van die drama word hy as ʼn hofnar uitgebeeld, omdat hy kaal bolyf met die polisie-uniform se baadjie onderstebo is en hy word siende.

x Hy word uitgebeeld as twee helftes van een, omdat hy nie ʼn ander baadjie uithaal nie – dieselfde baadjie word net omgedop. Dit skep die illusie van twee in een en weerspieël die transformasie.

x Geklee in die narrebaadjie, word hy uitgebeeld as die flambojante bevryder wat Meisie uit die mis laat ontluik as blom, omdat hy haar as’t ware “toor” uit haar beknelling uit en haar tot wasdom laat ontvou.

x Konstabel is iemand wat wel ter tale is, omdat hy Gertie en Meisie met woorde oorrompel.

22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PA x Die naam Gabriël beeld iemand uit wat die draer van goeie tyding is, maar Pa

bring egter geen tyding nie, net lyding vir Miem wat nou alleen moet sien en kom klaar.

x Gabriël is ʼn beskermengel, maar Pa kan nie sy gesin teen die indringer beskerm nie, want hy is bo-op die solder.

x Pa word as ʼn papperd/lafaard uitgebeeld, omdat hy op die solder gaan wegkruip die oomblik toe daar teenspoed kom.

x Pa word as ʼn verwoester van drome uitgebeeld, omdat Miem ʼn onwrikbare geloof in hom het en glo hy sal afkom as Meisie trou.

x Pa word as ʼn selfsugtige karakter geskets wat geensins aan sy gesin dink nie – iets wat vir die man van daardie jare nogal baie belangrik was – omdat hy hom eenvoudig onttrek en dan verwag hul moet hom versorg.

x Pa word ook as onkonsidererend teenoor vrouens geteken, omdat hul die slopemmer moet leegmaak en hy wag daarmee vir twee dae.

x Pa word uitgebeeld as die “goddelike” figuur wat “bo” is, maar nooit gesien word nie, want Miem aanvaar dit asof dit ʼn goddelike opdrag is. Pa bly op die solder en daarna word hy inderdaad nooit weer gesien nie.

EVALUERING x As manipuleerder word Konstabel uiters suksesvol geteken, want geeneen van

die vroue stribbel enigsins teë nie, inteendeel, die dames eet uit sy hand. x Sy sensitiwiteit vir menslike swakhede word oortuigend uitgebeeld, want hy

weet dadelik waarna elk smag en die onderliggende spanning tussen Gertie en Meisie.

x Sy magiese kwaliteite/rol as hofnar kom eers teen die einde van die drama na vore, maar is baie geloofwaardig, omdat die gehoor deel gemaak word van hierdie transformasie.

x Sy rol as beskermer word nie baie oortuigend geteken nie, omdat hy blind is en die leser/gehoor vermoed hy het iets met die ander verdwynings te make.

x As bevryder word konstabel baie geloofwaardig geteken, veral omdat hy Meisie geheel en al bevry.

x Sy wel ter taligheid is geloofwaardig, want hy gaan baie gemaklik om met die dames en hul hang letterlik aan sy lippe wanneer hy sy stories vertel.

x Pa as hierdie papperd en selfsugtige wese word baie goed geteken, omdat hy die dames in sy lewe net so los en toelaat om aan te sukkel. Sy gekerm vanaf die solder en die slopemmer versterk net hierdie beeld verder.

Slot Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.

x Die twee manlike karakters word baie duidelik en oortuigend geteken. [25]

OF

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 15: Mis – Reza de Wet KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag Antwoord Punt 15.1 Miem beskou die gevaar as ʼn bedreiging/onheil vir die hele gemeenskap. √

Die aand waarop meisies die vorige 2 jaar verdwyn het. √ (2)

15.2 Sy kon nie juis vir Meisie beskerm toe Konstabel haar weggevoer het nie. √ (1)

15.3 Die verwysing na die huilwind/ retoriese vrae/ kort sinne √√

Die kandidaat noem enige TWEE maniere.

(2)

15.4 15.4.1 Die name van die verdwene meisies word gegee. √ Die feit dat hulle verdwyn het uit frustrasie en ontevredenheid √ En dat niks ernstig gebeur het nie, dit dus ʼn bohaai oor niks is. √ (3)

15.4.2 Hierdie inligting maak die karakters se vrese/die einde van die drama soveel meer geloofwaardig. √ (1)

15.5 15.5.1 Miem betig Meisie streng omdat sy uitvra oor die sirkus. √ Miem beskou die sirkus as boos./Meisie begeer om daarheen te gaan. √ (2)

15.5.2 Meisie se begeerte om die eksotiese sirkus te ervaar en die feit dat Miem haar verbied om selfs daarna te kyk, lei uiteindelik daartoe dat Meisie toelaat dat konstabel haar uit haar neerdrukkende omstandighede bevry √ en ondersteun dus die tema van bevryding. √ (2)

15.6 Dit bevestig haar afkeuring. √ Sy probeer die sirkus afmaak as ʼn plek van euwel, waar rondlopers en kwaaddoeners vergader, maar dit dryf net meer mense soontoe. √ (2)

15.7 Sy het na die sirkus gaan kyk √ en het hulle nie as fratse beskou nie. √ Sy voel ongemaklik/bang om haar belangstelling in die sirkus met Miem te deel. √ Sy haal haar nie Miem se gramskap op die hals nie./Miem se denke van haar bly hoog. √ (4)

15.8 Sy raak maklik geïntimideer./Sy kan nie maklik jok nie. √ (1)

15.9 Huilwind word hoorbaar. √ Wind dra by tot die skep van ʼn onheilspellende atmosfeer √ (2)

15.10 Dit is die eksposisie. √ Dit plaas die leser in die drama/maak hom deel daarvan, √ omdat jy kennis met die karakters, hul verhoudinge en die tyd en ruimte van die drama maak. √ (3)

[25]

TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80

24 AFRIKAANS HUISTAAL V2

(EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou

Blaai om

asseblief

AFDELING A: ASSESSERING

SRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: PO

ËSIE [10 PUNTE] Kriteria

Kriteria Uitsonderlik

Knap G

emiddeld

Elementêr

Onvoldoende

INH

OU

D

Interpretasie van onderw

erp D

iepte van argument,

verantwoordbaarheid en

insig in teks 7 P

UN

TE

6–7 5

4 3

0–2 - D

iepgaande interpretasie van onderw

erp. - -R

eeks treffende argum

ente wat

behoorlik uit die gedig gerugsteun is.

- -Uitstekende begrip

van die genre en gedig.

- Toon begrip van die onderw

erp en het die onderw

erp goed geïnterpreteer.

- Respons redelik

gedetailleerd. - E

nkele deeglike argum

ente gegee, m

aar nie almal ew

e goed gem

otiveer nie. - B

egrip van genre en gedig duidelik.

- Redelike interpretasie

van die onderwerp.

- Enkele goeie punte ter

ondersteuning van die onderw

erp. - E

nkele argument w

ord ondersteun, m

aar bew

yse nie altyd oortuigend nie.

- Basiese begrip van

genre en gedig.

- Onbevredigende

interpretasie van die onderw

erp. - B

yna geen punte wat

die onderwerp

ondersteun nie. - O

nvoldoende begrip van genre en gedig.

-Geen begrip van die

onderwerp nie

-Geen verw

ysing na die gedig nie -Leerder het nie die genre en gedig onder die knie nie

STR

UK

TUU

R E

N TA

AL

Struktuur, logiese vloei

en aanbieding Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel 3 P

UN

TE

3 2

1 1

0

- Sam

ehangende struktuur.

- Argum

ente goed gestruktureer en daar is duidelike ontw

ikkeling. - Taalgebruik, toon en

styl is volwasse, dit

beïndruk en is korrek. - G

ramm

atika, spelling en punktuasie feitlik foutvry.

- Duidelike struktuur en

logiese vloei van argum

ent. - V

loei van argument

kan gevolg word.

- Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek.

- Enkele bew

yse van struktuur.

- ʼn Goed

gestruktureerde logiese vloei en sam

ehang ontbreek in die opstel.

- Geringe taalfoute; toon

en styl meestal gepas.

- Struktuur toon tekens

van swak beplanning.

- Argum

ente nie logies gerangskik nie.

- Taalfoute beduidend - Toon en styl nie geskik

nie.

-Struktuur sw

ak -E

rnstige taalfoute -Foutiew

e styl

VE

RS

PR

EID

ING

VA

N

PU

NTE

9–10

7 5

4 0–2

(EC/SEPTEMBER 2015)

AFRIKAANS HUISTAAL V2 25

Kopiereg voorbehou

B

laai om asseblief

AFDELING B EN C: ASSESSERING

SRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: RO

MAN EN DRAM

A [25 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik

Knap G

emiddeld

Elementêr

Onvoldoende

INH

OU

D

Interpretasie van onderw

erp D

iepte van argument,

verantwoordbaarheid en

insig in teks 15 P

UN

TE

12–15 9–11

6–8 4–5

0–3 - U

itsonderlike respons: 14–15

- Uitstekende respons:

- 12–13 - D

iepgaande interpretasie van onderw

erp. - R

eeks treffende argum

ente wat

behoorlik uit die rom

an/drama

gerugsteun is. - U

itstekende begrip van die genre en teks.

- Toon begrip van die onderw

erp en het die onderw

erp goed geïnterpreteer.

- Respons redelik

gedetailleerd. - E

nkele deeglike argum

ente gegee, m

aar nie almal ew

e goed gem

otiveer nie. - B

egrip van genre en teks duidelik.

- Redelike interpretasie

van die onderwerp; nie

alle aspekte in detail ondersoek nie.

- -Enkele goeie punte

ter ondersteuning van die onderw

erp. - -E

nkele argument

word ondersteun,

maar bew

yse nie altyd oortuigend nie.

- -Basiese begrip van

genre en teks.

- Onbevredigende

interpretasie van die onderw

erp: byna geen aspekte in detail ondersoek nie.

- Min punte w

at die onderw

erp ondersteun.

- Baie m

in relevante argum

ente. - W

einig begrip van genre en teks.

-Geen begrip van die

onderwerp nie

-Sw

ak poging om die

vraag te beantwoord

-Argum

ente oortuig nie -Leerder het nie die genre en teks onder die knie nie

STR

UK

TUU

R E

N TA

AL

Struktuur, logiese vloei

en aanbieding Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel 10 P

UN

TE

8–10 6–7

4–5 2–3

0–1 - S

amehangende

struktuur. - -U

itstekende inleiding en slot.

- Argum

ente goed gestruktureer en daar is duidelike ontw

ikkeling. - -Taalgebruik, toon en

styl is volwasse, dit

beïndruk en is korrek.

- Duidelike struktuur.

- Logiese vloei van argum

ent. - Inleiding, slot en ander

paragrawe

samehangend

georganiseer. - Taalgebruik, toon en

styl is grootliks korrek.

- Enkele bew

yse van struktuur.

- Logika en samehang

is duidelik, maar m

et foute.

- Enkele taalfoute; toon

en styl meestal gepas.

- Paragrafering m

eestal korrek.

- S

truktuur toon tekens van sw

ak beplanning.

- A

rgumente nie logies

gerangskik nie. -

Taalfoute beduidend -

Toon en styl nie geskik nie.

- P

aragrafering foutief.

-Gebrek aan beplande

struktuur belemm

er vloei van argum

ente -Taalfoute en foutiew

e styl laat hierdie skryfstuk m

isluk -S

tyl en toon nie geskik nie -P

aragrafering foutief

VE

RS

PR

EID

ING

VA

N

PU

NTE

20–25

15–19 10–14

5–9 0–4