23
PIETERSBURG LAERSKOOL "Waar elke kind vir ons belangrik is, hul sukses en geluk." 1

Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

PIETERSBURG LAERSKOOL"Waar elke kind vir ons belangrik is,

hul sukses en geluk."

INLIGTINGSTUK1

Page 2: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

GRAAD R : 2016Die voordeel wat leerders slegs aan Pietersburg

Laerskool het:

Hoogste standaard in waarde gedrewe onderrig, opvoeding en bemagtiging van u kind.

Gedifferensieerde onderrig wat ook voorsiening maak vir een jaar “brugklasonderrig” en “spesiale onderwys”.

Mathegenius wiskunde opleiding Japtrap leesonderrig Hulpoteek Remediërende rekenaarklasse

2

Page 3: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

INHOUDSOPGAWE

1. Woord van verwelkoming2. Waarom Gr. R by Pietersburg Laerskool3. Benodigdhede 2015 / Pakket (Verbruikbare Items) 4. Graad R-Dagprogram / Tye5. Skoolgeld6. Naskool7. Kleredrag8. Verlore Goedere9. Skoolbywoning10. Siek Kinders11. Afhaal van Leerlinge tydens Skoolure 12. Hare13. Verjaarsdae14. Boodskappe15. Inskakeling by die res van die skool16. Gedragskode17. Verversings18. U Plek as Ouer in Graad R19. Rol van die Onderwyser20. Dagprogram21. Deurlopende Aktiwiteite22. Jaarprogram23. Afsprake24. Kontakbesonderhede25. Beheerliggaam26 School Communicator – PLS Kitsnuus27. Macro - & My School Card

BEWAAR OP ‘N VEILIGE PLEKVIR

NASLAANDOELEINDES !!! 3

Page 4: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

1. WOORD VAN VERWELKOMINGU as ouer het ‘n baie belangrike keuse uitgeoefen toe u,u kind aan Pietersburg Laerskool ingeskryf het.

Met hierdie keuse verseker u dat ‘n gelukkige, akademies behoorlik opgeleide en toegeruste leerling, bemagtig met kennis en vaardighede, op ‘n baie hoë standaard, aan die einde van die jaar gereed is om met selfvertroue en sukses hul eerste tree in formele onderwys, aan die begin van 2015 in Graad 1 te kan gee.

Pietersburg Laerskool is dus die regte keuse en verwelkom ons u as ouer en leerling. Mag u ‘n blywende verbintenis met Pietersburg Laerskool hê wat getuig van geluk en sukses!

2. WAAROM GRAAD R BY PIETERSBURG LAERSKOOL?Dit is belangrik dat wanneer ‘n kind sy 1ste tree in Graad 1 gee, hy/sy reeds vertroud is met hul skool.

Dit is in elke kind se belang dat hy/sy sonder enige onsekerheid en vrese hul formele onderrig begin – geen ouer kan bekostig dat hul kind se Graad 1 jaar nie ‘n sukses is nie.

Ouers wie se kind hul Graad R-opleiding aan PLS ontvang het, loop oor van selfvertroue. Die personeel en kantoordames is aan hulle bekend. Hulle is aan die leerlinge bekend. Hul taalontwikkeling is net soveel beter, omdat hulle met groter leerlinge gesels is hulle deel van die Laerskool opset – Graad R-leerlinge word by geleenthede betrek: Entrepreneursdae; Snoepwinkel saam met groter leerlinge; Selfstandige toilet gebruik en ‘n buite-kurrikulêre program wat u kind se karakter en persoonlikheid vorm en bou.

Graad R-leerlinge van PLS praat in Graad 1 nie meer soos kleutertjies nie; hulle taalontwikkeling is een van daardie kritiese aspekte t.o.v. ‘n kind se vermoë om suksesvol opgelei te word – daarom word ‘n baie hoë premie daarop geplaas.

Die ontwikkeling van waaghouding en selfbeeld gee hulle ‘n voorsprong in Graad 1 bo ander leerlinge.

Die skakeling / uitruil van kennis tussen Graad R en Graad 1 personeel, verseker dat die Graad R-kind aan PLS spesifieke en doelgerigte opleiding ontvang wat elke kind ‘n voorsprong sal gee.

Wat bied PLS se Resepsie-klasse aan u kind?Voordat ‘n kind gereed is vir Graad 1 moet hy/sy:

‘n Doelgerigte perseptuele ontwikkelingsprogram bemeester het. (leerlinge wat nie hierin suksesvol is nie is:a. nie skoolgereed nie enb. begin met ‘n agterstand in Graad 1

Die Graad R-leerlinge ontvang hier – suksesvolle opleiding in hul ouditiewe en visuele ontwikkeling. Hul fyn & groot motoriese ontwikkelingsvaardighehede ontwikkel ten volle. Ons volg ‘n hoogs gevorderde ontwikkelingsprogram, aangebied deur ons eie personeel.

Navorsing het getoon dat die afskeep van musiekopvoeding ‘n gebrek aan dissipline kan meebring wat ‘n militante, onopgevoede skoolbevolking kan skep, omdat die estetiese sy van die mens nooit ontwikkel nie, aldus Prof. E. Hugo.

Alle Gr. R-leerlinge aan PLS ondergaan nou dieselfde hoë standaard opleiding en inhoud sodat almal op dieselfde vlak is aan die begin van hul Graad 1 jaar – wat vir elke kind dus tot groot voordeel strek.

3. BENODIGDHEDE 2015 / PAKKET (VERBRUIKBARE ITEMS) Die pakket word by die skool aangekoop: R250-00 Betalings kan gemaak word vanaf 1 September 2015 by die skool se finansiële kantoor of per internet.

4

Page 5: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

U kind ontvang D.V. 2016 vanaf die eerste skooldag (13 Januarie 2016) sy/haar pakket – u moet die kwitansie/internetbetalingsbewys indien om die pakket te kan ontvang.

Internet betalingsadres:

4. GRAAD R-DAGPROGRAM / TYE: Dié program verander somer- of wintermaande nie, maar bly dieselfde vir al vier kwartale. Dit is elke ouer se plig om sy/haar kind elke oggend veilig tot binne die skoolterrein te neem en weer binne die

skoolterrein in die middag af te haal! 07:00 tot 07:20 – Leerlinge word afgelaai en maak gebruik van Hek nr. 5 in Dorpstraat. 07:20 tot 07:30 – Leerlinge word afgelaai en maak gebruik van die sekuriteitshek in Voortekkerstraat. 07:00 tot 07:45 – Informele spel en fantasie spel. 07:45 tot 12:50 – Formele onderrig- en leerprogram 12:50 tot 13:20 – Leerlinge word afgehaal by hul onderskeie klasse. Aan die einde van ‘n kwartaal moet al die leerlinge 11:15 afgehaal word. Die Graad R klas sal gedurende alle skoolvakansies en vakansiedae gesluit wees.

5. SKOOLGELD:

Pietersburg Laerskool: Vanaf graad R tot graad 7:

a. Die betaling van skoolgelde gehef, ‘n verpligte betaling is in terme van die SA Skolewet.

b. Die skoolgelde vir 2016 is tydens die Begrotingsvergadering op Donderdag, 29 Oktober 2015 deur die ouers van Pietersburg Laerskool goedgekeur.

Skoolgelde word aan die begin van elke maand gehef. Vasgestelde skoolgelde: R950 per leerder per maand vir 11 maande van die jaar.

R950 x 11= R10 450 per jaar per leerder

Indien die volle skoolgelde vir die betrokke jaar voor of op 16 Februarie 2016 vereffen word, word korting van 5% toegestaan.

(R950 x 11) - 5 % = R10 450 - 5%= R10 450 - R523= R9 927 per leerder

Subsidie aansoeke:

Geen subsidies of reëlings van 2015 word oorgedra na 2016 nie – dit verval in totaliteit. Nuwe aansoek moet ingedien word tussen 15 Januarie 2016 en 16 Februarie 2016. Ouers wat kwalifiseer vir subsidie vir 2016 sal moet diens verrig by die skool as tenprestasie vir

subsidie ontvang.

c. Kragtens Artikel 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, is alle partye wat hulle kind(ers) in Pietersburg Laerskool ingeskryf het, aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal.

Rekening: ABSA Rek. Naam: Pietersburg LaerskoolTjekrekening: no: 01029470100Takkode: 632005Verwysing: Gr. R Pakket + Kind se naam

5

Page 6: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

Kragtens Artikel 40 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, mag die skool betaling van hierdie verpligte gelde afdwing. In terme van wetgewing is Pietersburg Laerskool as ‘n “Schoolfee” Q5-skool gegradeer.

* Die skoolgeld is maandeliks vooruitbetaal voor die 7 de dag van elke maand.* Rente sal gehef word op agterstallige skoolgeld soos wetlik bepaal.* Geen nuwe skoolkwartaal kan begin word indien daar nie reëlings getref is ten opsigte van

agterstallige skoolgeld nie.* ‘n Rekening sal maandeliks aan u besorg word. * Geen terugbetaling vir afwesighede word gedoen nie.* Skoolgeld word by skool se finansiële kantoor inbetaal. Onderwysers ontvang dit glad nie!* Indien u enige ander geld saam met u kind stuur, moet u duidelik op ‘n koevert; skryf waarvoor dit

is, asook u kind se naam + van en sy klasnaam. Ons ontvang geen los geld nie.

Die skool se bank besonderhede vir die skoolgeld is volg:

Bank: ABSARek naam: Pietersburg LaerskoolRekening: TjekrekeningRek no: 01029470100Takkode: 632005Verwysing: Rekening no. + Kind se naam + Gr.

Faks no: 0865904386 vir betalingsbewys

6. NASKOOL:Hoe skryf ek by die Naskool in?

Alle Naskool-aansoekvorms vir 2016 sal deur die hoof van die Naskool, Stephanie Visser aan die begin van 2016 verskaf word. Die vorms sluit in ‘n inligtingsblad, debietorder en inskrywingsvorm.

Naskool se telefoonnommer: 0839617806 Naskool e-pos adres: [email protected] Die inskrywingsvorms kan afgehaal word by die Naskoolkantoor. Die Naskool is 'n diens wat ons graag aan ons werkende ouers bied en word onafhanklik deur die

Beheerliggaam van PLS bestuur. Dus staan die Naskool direk onder die beheer van die Beheerliggaamslid aan wie die portefeulje toegeken is.

Die Naskool bied:* 'n Veilige, gelukkige en interessante omgewing.* Vriendelike personeel, wat omgee vir jou kind.* Hulp met voltooiing van huiswerk.* Aanleer van goeie studiegewoontes.* Sosiale interaksie met maats van eie portuurgroep.* Heerlike toebroodjies en versnaperings.* Dis maklik en gerieflik vir die kinders wat sport beoefen en skakel heen en weer ryery uit vir die ouers.* Een-dag-diens vir ouers in nood teen R50-00 per dag. U is welkom om u kind vir een dag om volgens

behoefte in te skryf. Stephanie Visser van die Naskool kan geskakel word. Die bedrag van R50-00 per dagfooi moet verkieslik vooruit by die skool se finansiële kantoor inbetaal word en die kwitansie moet aan die Naskoolhoof gegee word.

Gr. R en gr. 1 word saam geakkommodeer by die Junior Naskool. Die Junior Naskool word gehuisves op die graad R speelgronde.

6

Page 7: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

Nuwe naskoolkinders van ander skole is welkom om die Naskoolhoof te skakel by 083 961 7806 ([email protected]) vir ‘n vorm en brosjure of enige ander navrae.

Die Naskoolgelde vir 2016 sal ook gedurende Oktober 2015 tydens die skool se Begrotingsvergadering vasgestel word:

NASKOOLGELDE ( Graad R – Graad 7)

PM PJ1 Kind R480 R52802 Kinders R760 R83603 Kinders R920 R101204 Kinders R1130 R12430

Indien die volle naskoolgelde vir die betrokke jaar voor of op 16 Februarie 2016 vereffen word, word korting van 5% toegestaan.

AFSLAG TOTAAL1 Kind R264 R50162 Kinders R418 R79423 Kinders R506 R96144 Kinders R622 R11808

Geen subsidies kan ongelukkig by die naskool toegestaan word nie.

Let asseblief op dat die Naskool gebruik maak van ‘n ander bankrekening as PLS.

Die Naskool se bankbesonderhede is as volg:

Bank: ABSARek naam: PLS OpvoedingsinstituutRekening: TjekrekeningRek no: 4069002645Takkode: 632005Verwysing: Rekening no. + Kind se naam + Gr.

U sal 'n aparte rekeningstaat ontvang vir die Naskool en let asseblief op dat die rekeningnommers ook effe verskil van die skool s’n. Kinders wat van Werk-en-Wen afkomstig is se rekeningnommers word oorgedra na die skool toe. Nuwe rekeningnommers sal toegeken word aan kinders van ander skole sodra die aansoekvorm voltooi is.

Ouers word versoek om toestemming te gee op die aansoekvorm vir 'n debietorder ten einde administrasie te vergemaklik. Indien u van internet oorbetalings gebruik maak onthou asseblief om die betaling te skeduleer sodat die betaling op die EERSTE dag van elke maand in ons rekening reflekteer. BAIE BELANGRIK: DIE REKENINGNOMMER, U KIND SE NAAM EN GRAAD AS VERWYSING!!!

Geen kind sal vir Januarie 2016 gratis toegelaat word by die Naskool nie. Register word gehou vanaf dag een en ouers sal aanspreeklik gehou word vir die kostes.Die Beheerliggaam het die reg om ouers wat nie binne 30 dae Naskool-fooie betaal nie, se kinders toestemming te weier totdat alle agterstallige fooie betaal word.Tye is vanaf 12:45 tot 17:15. In 'n NOODGEVAL moet die Junior Naskool gekontak word by 073 598 4804. Omdat ons in die verlede ouers gehad het wat gereeld laat gekom het is 'n boete van R50.00 vir elke 15 minute (of ’n gedeelte daarvan) ingestel. Dit word dan by die rekening gevoeg en is saam met die einde van die maand se bedrag betaalbaar.

7

Page 8: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

Indien 'n leerling nie die Naskool kan bywoon nie, moet die ouer of voog ons skriftelik of telefonies (sms) van die reëling in kennis stel. Indien ‘n kind nie by die Naskool aanmeld nie, neem ons aan dis MET U TOESTEMMING. Indien u wil hê dat ons u moet skakel in geval van afwesigheid, moet u asseblief die koste daarvan dra R5,00 – teken aan op Registrasievorm. Geen leerder mag elders afgehaal word as by die Gr. R-gronde nie. Alle leerders MOET deur hul ouers/voogde uitgeteken word - nie boetie of sussie nie. Geen kinders sal toegelaat word om die terrein te verlaat nie, tensy soos hierbo gereël - ter wille van hulle eie veiligheid.

Kennisgewing moet 'n maand vooruit skriftelik gegee word andersins sal u aanspreeklik gehou word vir die maand se fooie.

7. KLEREDRAG:Graad R’e het hul eie skooldrag wat verpligtend is om te dra.

Somersdrag: Vlootvlou (“Navy’) gholf-hempie met skool se naam op gedruk saam met ‘n vlootblou (“navy”) PT-broekie. Seuns en dogters dra dieselfde klere. Almal kom kaalvoet skooltoe. L.W. “Ski-pants” en denim broeke is nie skooldrag nie.

Wintersdrag: Dieselfde blou hempie saam met ‘n vlootblou (“navy”) sweetpakbroek en Graad R-baadjie met die skool se naam daarop. Tekkies moet oorheersende wit wees.

Alles is beskikbaar by die skool se klerewinkel, behalwe die tekkies. Hiermee die volledige pryslys en ure vir die skool se klerewinkel:

KLEREWINKEL: PRYSE & TYE

Atletiekhempies R250 SEUNS Khakiebroek (54-60) R130Baggy broek (24-26) R80 Khakiebroek (62-70) R140Baggy broek (28-34) R90 Khakiebroek (72-90) R150Baggy broek (36-44) R100 Khakiebroek (92-112) R160

SEUNSEERSTE dogters rompie R270 Khakiehemp (29-33) R170EERSTE dogters rokkie R360 Khakiehemp (34-39) R180EERSTE dogters hempie R300 Khakiehemp (40-46) R190EERSTE seuns hemp R330 SWEETPAKKEEERSTE BAADJIE R310 Sweetpakbaadjie (24/26) R 220

Sweetpakbaadjie (28/30) R 230Gr. R baadjie R120 Sweetpakbaadjie (32/34) R 240Gr. R hempie (24/26) R90 Sweetpakbaadjie (36/38) R 250Gr. R hempie (28/30) R100 Sweetpakbaadjie (40/42) R 250Gr. R langbroekie R140 Sweetpakbaadjie (44/46) R 260

GOLFHEMP R150 Sweetpakbroek (24/30) R 140Sweetpakbroek (32/34) R 150

Hotpants (24-30) R110 Sweetpakbroek (36/38) R 160Hotpants (32-40) R120 Sweetpakbroek (40/42) R 160

Sweetpakbroek (44/46) R 170Kriekethemp wit R130

8

Page 9: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

SWEMKLERE seuns R 110Lintrekkies R20 SWEMKLERE dogters R 150Sweetpakrekkies R30 SKOOLKOUSE (Grys) R 40Rokrekkies R30 SKOOLKOUSE (Hokkie) R 50

SKOOLKOUSE (Netbal) R 50Netbal/hokkie hemp R120 SERPE R 110Netbal/hokkie romp R140

PETTE R 50Pull-over (24-26) R110 Pull-over (28-34) R120 Truie (24-30) R 130Pull-over (36-42) R130 Truie (32-38) R 140

Truie (40-42) R 150Rugbybroek (24-30) R90

Rugbybroek (32-38) R100

ROK (5-6) R260ROK (7-11) R280ROK (12-16) R300ROK (17-20) R320

Alternatiewe tye vir u gerief: Maandae – Donderdae: 16 tot 26 November 2015: 07:15 – 07:45 & 11:-00 – 13:30Maandag – Donderdag: 30 November 2015 – 3 Desember 2015: 08:00 – 10:00Maandag & Dinsdag: 11 & 12 Januarie 2016: 08:00 – 13:00

8. VERLORE GOEDERE:Daar sal ‘n houer in die Graad R-stoor aangehou word vir alle verlore goedere waarin u dan kan kom soek. Indien klere langer as 2 weke in die houer lê sal ons dit weggee vir behoeftige leerlinge.

9. SKOOLBYWONING:Leer u kind van kleins af om pligsgetrou te wees . Ons hou daarvan as kinders elke dag by die skool is. Dit is so dat u kind soms om een of ander rede nie die skool bywoon nie – laat weet asseblief! (bv. Siekte of dood in familie). Indien u, u kind vroeër moet kom afhaal vir een of ander rede vra ons asb. dat u die ingang te Voortrekkerstraat sal gebruik. U moet dan ook asb. u kind by die kantoor uitteken en ‘n hekpas ontvang.

10. SIEK KINDERS:Kinders met aansteeklike siektes moet liefs tuis gehou word totdat hulle gesond is.Moet asseblief nie ‘n baie siek kind skool toe stuur nie – hou hom/haar tuis!Alhoewel daar altyd toesig gehou word en ons alles in ons vermoë sal doen om enige vorm van besering uit te skakel, gebeur ‘n ongeluk maklik en kan ons nie verantwoordelik gehou word vir enige mediese onkostes wat hieruit voortspruit nie.

11. AFHAAL VAN LEERLINGE TYDENS SKOOLURE: Leerlinge mag onder geen omstandighede net by ‘n klas afgehaal word nie. U meld by die ontvangs aan en moet u self identifiseer. U ontvang ’n hekpas waarna u kind na die kantoor ontbied sal word.

9

KLEREWINKELTYE: NORMALE TYE 2016 OGGENDE: MIDDAE:Maandae: 07:15 - 07: 45 Gesluit Dinsdae tot Donderdae: 07:15 – 07:45 13:00 – 15:00Vrydae: 07:15 – 07:45 13:00 – 14:00

Page 10: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

Geen leerling sal toegelaat word om saam met ’n maatjie, oom, tannie, ens. te gaan of afgehaal word nie – ’n skriftelike versoek met afskrif van I.D. en kontaknommer van die ouers dien as voorvereiste voordat toestemming verleen sal word.

12. HARE: * Dogters met hare wat langer as skouerlengte is, moet dit asb. vasmaak. (Slegs blou, groen of geel

haarbykomstighede is toelaatbaar).* Seuns se hare moet kort en netjies wees.* Hare mag nie gekleur word nie.* Kontroleer asb. gereeld vir kopluise en behandel indien nodig!

13. VERJAARSDAE:* ‘n Verjaarsdag is ‘n groot gebeurtenis in elke kind se lewe en deel ons graag in die vreugde. U

is welkom om u kind se partytjie by die skool te hou. Reël net vooraf.* Sorg asseblief net dat alle lekkergoed maklik uitgedeel kan word – dit bespaar tyd.* Vermy asseblief enige speelgoed of artikels in die pakkies wat kan wegraak of ‘n bakleiery kan veroorsaak. * Geen kougom nie asb!

14. BOODSKAPPE:Daar word elke Maandag tema / inligting huis toe gestuur. Daarin word die program van die week, sowel as moontlike wenke ter aanvullling en inskerping van die dagprogram uiteengesit. Lees dit asb! Doen die huiswerk daagliks . Indien u dit nie met u kind oefen, dril en herhaal nie, benadeel u, u eie kind en raak hy/sy agter!! Woensdae is ons amptelike briewedag waarop korrespondensie aan ouers uitgegee word – vir die hele skool. Elke leerling ontvang ‘n boekie waarin die weeklikse huiswerk ingeplak word. Hierdie boekie moet asb. tesame met die deurskynende knipsakkie – ELKE DAG ingehandig word.

15. INSKAKELING BY DIE RES VAN DIE SKOOL:

Atletiekbyeenkomste Tennisbane en tennisafrigting Deelname aan kunstefeeste / Eisteddfod Bulletjierugby / Mini-Netbal Mini-hokkie Revue Toneel Leierontwikkeling Bewegingsaktiwiteite Musiek

16. GEDRAGSKODE:Aan die begin van die jaar moet die ouer ‘n gedragsooreenkoms teken waarin die ouer onderneem om enige vorm van wangedrag/ernstige wangedrag sal straf volgens riglyne neergelê.Geen afknouery van enige aard sal toegelaat word nie.Die terrein wat tot die beskikking van die Graad R leerlinge is, word duidelik afgebaken.

10

Page 11: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

17. VERVERSINGS:Ouers voorsien self die kind daagliks van ligte verversings bv. toebroodjies en ‘n vrug. Merk die houers deeglik of verpak dit in ‘n weggooibare verpakking. Let wel – geen koeldrank – slegs water. Rede: Lok bye wat leerlinge steek!! Groot probleem.

18. U PLEK AS OUER IN GRAAD R18.1 Die eerste dag:

Berei u kind voor op die nuwe ervaring. Laat u kind, saam met u benodigdhede soos ‘n tas gaan koop en merk alles duidelik om traumatiese

ervarings te vermy. Die tas-hokkie is 40 x 32 cm – ‘n A4-boek + A4-sak moet gemaklik in die tas pas; asook tekkies en

klere. Wanneer u hulle die eerste dag neem bly net ‘n paar minute, groet, en laat alles aan die fuffrou oor.

Moenie die “pyn” uitrek nie! As u kind huil, bly kalm en stap uit. Sê vir u kind wanneer u gaan en moenie uitglip nie, anders vertrou hulle u nie meer nie. Moenie u kind toestemming vra om te loop nie – die antwoord gaan dalk nee wees! Sê vir hulle wat u gaan doen voor u hulle kom haal. Hulle voel veiliger as hulle weet waar u is. Vermy opmerkings soos: “Jong, ek weet nie of hy/sy sal bly nie”, in hul teenwoordigheid. Moenie toelaat dat u kind u manipuleer nie – juffrou sal help om die kind te laat aanpas. Wees altyd betyds om u kind te kom haal. Wanneer al die maatjies gehaal word, sien ‘n mens dikwels

die onsekerheid in die ogies van die wat nog wag. Indien die aanpassing werklik groot is, nooi die juffrou vir tee en laat die kind vir haar hulle slaapkamer,

speelgoed en troeteldiere wys.

18.2 Gedurende die jaar:Sê vir juffrou as daar spanning of dood in u familie is, want dit beinvloed dikwels ‘n kind se gedrag.Moenie elke dag breedvoerige terugvoer van die juffrou verwag nie. Gedurende die afhaaltyd in die middag kan juffrou nie aan al die mammas en wagtende kinders gelyk aandag gee nie. Wees tevrede met ‘n goedkeurende kopknip of eenvoudige opmerking.Moenie huiwer om ‘n afspraak met u kind se juffrou te maak in belang van u kind nie. Klein dingetjies kan partymaal ‘n kind se wêreld in duie laat stort. Lees getrou u kind se nuusbrief wat huis toe gaan. Probeer om werklik by u kind betrokke te raak en te wys u stel belang in wat by die skool gebeur. Probeer om sommer gou selfstandigheid aan te moedig deur u kind by die hek te groet en alleen die klas te laat binnestap.Moet asb. nie u kind se tas dra nie – dit is haar / sy eie taak. Dit leer hulle om hulle goed op te pas met verantwoordelikheid.Maak u kind bewus van goeie maniere wat noodsaaklik is teenoor maats, volwassenes asook vir inskakeling in ‘n groep.Probeer om gereeld ‘n maatjie oor te nooi – dit lewer ‘n reuse bydrae op alle terreine van die kind se ontwikkeling.

18.3 Oueraande:EERSTE OUERAAND: DONDERDAG: 14 JANUARIE 2016 OM 17:30 IN DIE SKOOLSAAL

Die skool begin Woensdag, 13 Januarie 2016.

In die eerste week nadat die skool begin het, hou ons ‘n belangrike inligtingsaand waartydens albei ouers teenwoordig moet wees. U ontmoet dan al die betrokke persone wat met u kind gaan werk. U ontvang ook baie belangrike inligting rakende Graad R-onderrig wat u as ouer sal bemagtig om te verseker dat u kind

11

Page 12: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

ook tuis reeds die nodige ondersteuningstruktuur geniet wat nodig is om u kind suksesvol voor te berei vir Graad 1. Na die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word.Indien nodig sal daar opvolg onderhoude met enkele ouers gedurende elke kwartaal gevoer word.Ons versoek vriendelik dat albei ouers die oueraande sal bywoon (Indien moontlik) U mag ook deurlopend deur die jaar ‘n briefie ontvang waar u gevra word om as ouer ekstra hulp te verleen. Die spesifieke probleem sal uitgestip word.

19. ROL VAN DIE ONDERWYSERS:Die professioneel opgeleide onderwyseres sal die voortou neem in die skolastiese komponent van onderrig. Sy skep ‘n stimulerende, veilige atmosfeer in die klaskamer waar die kind kan leer, gelukkig wees en met selfvertroue kan optree. Sy moet deurlopend in kontak bly met die ouers en hulle in kennis stel van die kind se sterk punte en waar nodig voorstelle aan die hand doen om ook die swak punte te verbeter. Aktiwiteite moet deeglik beplan word om voorsiening te maak vir die individuele vermoëns en belangstellings van die leerlinge. Logiese denke moet ten alle tye aangemoedig word sowel as redeneringsvaardighede en kreatiwiteit. Sy moet ook op hoogte bly van alle vernuwing t.o.v. Graad R onderwys en doelgerig skakel met die Graad 1-onderwyseresse ten einde aanpassing te vergemaklik.

20. DAGPROGRAM:Om kwaliteitopvoeding te bewerkstellig is dit belangrik dat die dagprogram aktiwiteite insluit wat die kind in totaliteit sal laat ontwikkel maar terselfdertyd ‘n balans sal handhaaf en hom/haar gereed sal maak vir formele skoolonderrig.

‘n Dagprogram sal dus soos volg lyk:07:00 – 07:30 Aankoms / vryspel binne

07:30 – 07:45 Informele spel en fantasie spel.

07:45 – 08:15 Groet, nuus, weer, verjaarsdae. Taalaktiwiteite bv. Temabespreking, versies, ens.

08:15 – 08:30 Toiletroetine

08:30 – 09:30 Skeppende aktiwiteite

09:30 – 09:45 Verversings

09:45 – 10:30 Pouse (Gestruktureerde buitespel aktiwiteite)

10:30 –1 0:45 Persepsie, musiek,beweging, ens.

10:45 – 11:30

Skeppende aktiwiteite

11:30 – 11:45 Verversings

12

Page 13: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

11:45 – 12:15 Pouse

12:15 – 12:50 Luistervaardighede

12:50 – 13:25 Leerlinge verdaag

21. DEURLOPENDE AKTIWITEITE:Hierdie aktiwiteite word daagliks gedoen. Opening deur kinders Daaglikse nuusgebeure Byhou van die weerkaart Toiletroetine Opruim Hantering van apparaat Opvoedkundige speelgoed Deurblaai van boeke Uitbou van tematafel Oordra van boodskappe op skoolterrein Groot motoriese aktiwiteite Musiekbeluistering Dramatisering Sosialisering

22. JAARPROGRAM:Die skool se jaarprogram word in 2016 aan Graad R-leerlinge gegee. Alle nuwe leerlinge aan Pietersburg Laerskool ontvang ‘n gratis program.

Ons skool se deur staan altyd oop - u moet nie huiwer om ons oor enige saak te kom spreek nie.

Die skoolkalender vir 2016 as volg:

2016

Kwartaal Tydsduur Aantal weke Aantal dae Aantal publieke

vakansiedaeAantal

Skooldae1 (11) 13 Januarie – 18 Maart 10 (50) 48 0 (50) 482 05 April – 24 Junie 12 59 3 + 1 553 18 Julie – 30 September 11 55 1 + 1 534 10 Oktober – 07 (09) Desember 09 (45) 43 0 (45) 43

Totaal: 42 (209) 205 4 + 2 (203) 199

NB! Die inligting in hakies ( ) is van toepassing op die personeel.

Publieke Vakansiedae:

1 Januarie – Nuwejaarsdag21 Maart – Menseregtedag25 Maart – Goeie Vrydag28 Maart – Familiedag27 April – Vryheidsdag

1 Mei – Werkersdag2 Mei – Publieke vakansiedag16 Junie – Jeugdag17 Junie – Skoolvakansiedag8 Augustus - Skoolvakansiedag

9 Augustus – Nasionale Vrouedag24 September – Erfenisdag16 Desember – Dag van Rekonsiliasie25 Desember – Kersdag26 Desember – Welwillendheidsdag

23. AFSPRAKE:Neem asselbief die vrymoedigheid om enige sake rondom u kind, hoe gering ook al, met ons op te neem. Ons is in vennootskap met u en strewe daarna om die kleuters gou te laat tuis voel in hulle nuwe omgewing. Ons einddoel: ‘n Gelukkige kind wat in totaliteit toegerus en bemagtig is om sy/haar Graad 1 jaar met sukses aan te pak.

13

Page 14: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

24. KONTAKBESONDERHEDE:Adres: Pietersburg Laerskool Skool tel no: 015-295 9062

Voortrekkerstraat 52 Faks no: 015- 295 2146Polokwane0699

Mnr. Peet Bredenkamp – SkoolhoofMe. Reinette Greyling – Departementshoof Grondslagfase

Gr. R1 Me. Liana Bredenkamp (Leeus) Gr. R2 Me. Lynette Bosman (Bere) Gr. R3 Me. Susan Greyling (Kameelperde)

Gr. R4 Me. Anandi Coetzee (Zebra’s)Gr. R5 Tersia Marx (Olifante)

E-pos adresse: [email protected] - Mnr. Peter [email protected] - Mev. Annelie [email protected] - Mev. Debbie [email protected] - Mnr. Jan Carel [email protected] - Mev. Antoinette [email protected] - Mev. Christa [email protected] - Mnr. Peet [email protected] - Mnr. Peter [email protected] - Mev. Suzette Schoeman [email protected] - Mev. Dalene van der [email protected] - Mev. Kathy [email protected] - Mnr. Johan van [email protected] - Mev. Reinette Greyling

25. BEHEERLIGGAAM: PORTEFEULJE & KONTAKBESONDERHEDE:

Naam Selnr Epos adres BenamingOuerkomponentPierre de Ru 0834225366 [email protected] VoorsitterAdriaan Geldenhuys 0825229393 [email protected] FinansiesDave Retief 0823199460 retiefdasaps.gov.za Vervoer / Veiligheid en SekuriteitMarietjie Botha: 0798739815 [email protected] Naskool / Pre-primêre OnderwysDebbie Hartslief: 0824482599 [email protected] Leerderaangeleenthede / SkooldragJeannine Zanna 0827098056 [email protected] Personeel- en ArbeidsverhoudingeSkoolhoofPeet Bredenkamp 0798805808 [email protected] HoofPersoneelkomponentReinette Greyling 0825654018 [email protected] Personeel KomponentJan Carl Holtzhausen 0781141121 [email protected] Personeel KomponentJohan Müller 0820906179 [email protected] Personeel KomponentGe-koöpteerde ledeHeinrich Swartz 0828089216 [email protected] Ouer-./FondsinsamelingskomiteeChristo v d Heever 0837016972 [email protected] Infrastruktuur/Terrein en VoorraadChris de Klerk: 0834572127 [email protected] Buite kurrikulêre aangeleenthedeMonica Strauss 0722790341 [email protected] Werk en Wen HoofDebbie Hartslief 0824482599 [email protected] SekretaresseNie PersoneelkomponentAntionette Potgieter 015-2959062 [email protected] Finansies

26. SCHOOL COMMUNICATOR – PLS KITSNUUSWil u elke dag op hoogte wees van die aktiwiteite en nuus in die skool?Maak die “School Communicator deel van u allerdaagse kommunikasiemiddel en laai dit gerus op u rekenaar!

14

Page 15: Graad R Graad... · Web viewNa die eerste aanpassingsverslag aan die einde van die eerste kwartaal word ‘n oueraand gehou waartydens waardevolle inligting aan u gegee sal word

Tik "D6 School Communicator" in by GOOGLEKies Pietersburg LaerskoolKies Windows of MacKies "RUN" opsie

27. MACRO- & MY SCHOOL CARD:Die skool loots weer volgende jaar die “Macro & My School Card projek. Elke keer as u as ouer aankope doen by sekere winkels en u kaart voorlê, dra u ook by tot Pietersburg Laerskool se finansiering. U kan ook u vriende en familie versoek om so ‘n kaart te bekom, dit te koppel aan Pietersburg Laerskool en so ‘n bydrae te maak in belang van u kind.

Ons sien daarna uit om elke nuwe Graad R-leerling hier by ons te ontvang en met sukses te onderrig.Baie welkom!Vriendelike groete.

_____________________Mnr. P. H. BredenkampSkoolhoof:

15