3
Haarwurm en beheer in die lente Dr Hanré Ferreira In sommige areas van ons land is dit heeljaar somer. Produsente in daardie areas weet dat hulle dwars deur die jaar met wurms moet rekening hou, veral haarwurm. Soveel te meer wanneer daar hitte en reën of besproeiing is. Dele van ons land word kouer en vat ‘n blaaskans van wurms in die winter, want ons glo dat die winter die wurmpopulasie ‘n goeie klap toedien. Dit is slegs gedeeltelik waar want die haarwurmlarwe kan uiterse koue toestande weerstaan. Larwes kan nie vreet nie en wanneer die opgeboude energie opgebruik is vrek dit. In die winter gebruik larwes baie minder energie as in die somer wanneer hulle meer aktief is. In die winter kan die larwes dus langer bly leef. Gewoonlik vrek larwes na 6 maande op die weiding, sommiges kan wel langer as ‘n jaar oorleef, selfs in sneeu. Warm droeë toestande, met temperature bo 35’C sal meeste larwes binne 2 maande laat vrek. Die winter en begin van lente is dus nie ‘n tyd waar daar noodwendig ‘n veilige vlak van besmetting met spesifiek larwes op die weiding is nie. Skape word selfs in die winter en lente besmet met larwes uit die vorige haarwurmseisoen. Die wurmeiers wat uitgeskei word in die winter sal wel minder geneig wees om uit te broei omdat die temperature van 12-18’C en genoeg vog nie voorkom nie. Indien hierdie toestande nie binne 1-3 weke voorkom nie sal die eiers doodgaan. Skape kan dus in die winter en vroeg lente reeds besmet wees met larwes wat op die weiding oorleef het. Indien die temperature styg en reën val, sal die eiers wat wel oorleef het weer besmette larwes vrystel. In eiertellings wat oor die hele Suid-Afrika gedoen is kan daar juis dit gesien word. Sommige diere hou aan om wurmeiers uit te skei selfs in die winter en ander tellings tel blitsig op na die winter. Die rusfase wat haarwurmlarwes ingaan in die skaap se weefsel speel ook ‘n rol in die vroeë lente. Daar word gespekuleer dat larwes wat in ‘n ongunstige tyd (winter) ingeneem word en hipobiose ondergaan weer geaktiveer word sodra die toestande en voedingsvlakke van die skape verbeter. Dit is dus belangrik om bewus te wees van die sluimerende vyand en daarvolgens op te tree. Om goeie beheer toe te pas moet produsente reeds voor die tipiese haarwurmseisoen begin om die planne en aksies in plek kry. Die haarwurmentstof (Wirevax G4200) wat weidingsbesmetting 80 - 90% verlaag deur immuniteit teen haarwurm te vestig in die skaap moet reeds voor die seisoen begin toegedien word. Bestuursaspekte vir wurmbeheer in die lente en haarwurmseisoen wat voorle sluit dievolgende in: 1. ‘n Wurmbeheerprogram wat gereeld opgedateer word om met die seisoenale verskille tred te hou. Bv. In ‘n seisoen waar dit warm en droog is, gaan die larwes vinniger vrek en sal die uitdaging laer wees. ‘n Kudde wat teen haarwurm ingeent (met Wirevax) is sal veel minder doserings benodig, waar ongeente skape meer dikwels gedoseer moet word. Monitor jou kudde en pas jou program daarvolgens aan. 2.

Haarwurm en beheer in die lente - Afrivet · Orale aanvullings word maklik toegedien in skape, bv Ovimin (V24722). Die haarwurmenstof word vanaf 2014 in Australieë en vanaf 2016

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Haarwurm en beheer in die lente - Afrivet · Orale aanvullings word maklik toegedien in skape, bv Ovimin (V24722). Die haarwurmenstof word vanaf 2014 in Australieë en vanaf 2016

Haarwurm en beheer in die lente

Dr Hanré Ferreira

In sommige areas van ons land is dit heeljaar somer. Produsente in daardie areas weet dat hulle dwars deur die jaar met wurms moet rekening hou, veral haarwurm. Soveel te meer wanneer daar hitte en reën of besproeiing is. Dele van ons land word kouer en vat ‘n blaaskans van wurms in die winter, want ons glo dat die winter die wurmpopulasie ‘n goeie klap toedien.

Dit is slegs gedeeltelik waar want die haarwurmlarwe kan uiterse koue toestande weerstaan. Larwes kan nie vreet nie en wanneer die opgeboude energie opgebruik is vrek dit. In die winter gebruik larwes baie minder energie as in die somer wanneer hulle meer aktief is. In die winter kan die larwes dus langer bly leef. Gewoonlik vrek larwes na 6 maande op die weiding, sommiges kan wel langer as ‘n jaar oorleef, selfs in sneeu. Warm droeë toestande, met temperature bo 35’C sal meeste larwes binne 2 maande laat vrek.

Die winter en begin van lente is dus nie ‘n tyd waar daar noodwendig ‘n veilige vlak van besmetting met spesifiek larwes op die weiding is nie. Skape word selfs in die winter en lente besmet met larwes uit die vorige haarwurmseisoen.

Die wurmeiers wat uitgeskei word in die winter sal wel minder geneig wees om uit te broei omdat die temperature van 12-18’C en genoeg vog nie voorkom nie. Indien hierdie toestande nie binne 1-3 weke voorkom nie sal die eiers doodgaan.

Skape kan dus in die winter en vroeg lente reeds besmet wees met larwes wat op die weiding oorleef het. Indien die temperature styg en reën val, sal die eiers wat wel oorleef het weer besmette larwes vrystel.

In eiertellings wat oor die hele Suid-Afrika gedoen is kan daar juis dit gesien word. Sommige diere hou aan om wurmeiers uit te skei selfs in die winter en ander tellings tel blitsig op na die winter.

Die rusfase wat haarwurmlarwes ingaan in die skaap se weefsel speel ook ‘n rol in die vroeë lente. Daar word gespekuleer dat larwes wat in ‘n ongunstige tyd (winter) ingeneem word en hipobiose ondergaan weer geaktiveer word sodra die toestande en voedingsvlakke van die skape verbeter.

Dit is dus belangrik om bewus te wees van die sluimerende vyand en daarvolgens op te tree.

Om goeie beheer toe te pas moet produsente reeds voor die tipiese haarwurmseisoen begin om die planne en aksies in plek kry.

Die haarwurmentstof (Wirevax G4200) wat weidingsbesmetting 80 - 90% verlaag deur immuniteit teen haarwurm te vestig in die skaap moet reeds voor die seisoen begin toegedien word.

Bestuursaspekte vir wurmbeheer in die lente en haarwurmseisoen wat voorle sluit dievolgende in:

1. ‘n Wurmbeheerprogram wat gereeld opgedateer word om met die seisoenale verskille tredte hou. Bv. In ‘n seisoen waar dit warm en droog is, gaan die larwes vinniger vrek en sal dieuitdaging laer wees. ‘n Kudde wat teen haarwurm ingeent (met Wirevax) is sal veel minderdoserings benodig, waar ongeente skape meer dikwels gedoseer moet word. Monitor joukudde en pas jou program daarvolgens aan.

2.

Page 2: Haarwurm en beheer in die lente - Afrivet · Orale aanvullings word maklik toegedien in skape, bv Ovimin (V24722). Die haarwurmenstof word vanaf 2014 in Australieë en vanaf 2016

3. ‘n Weidingsbestuurprogram wat sal verseker dat die kampe laer risiko dra vir besmettings.Rus kampe lank genoeg, onthou dat dit verband hou met temperatuur en vogtigheid. Hoelanger hoe beter. Wissel weidings af met beeste of perde. Skape wat met Wirevax geent isskei 80-90% minder eiers uit en sal ook kamprisiko verlaag.

4. Kwarantyn nuut aangekoopte skape of bokke. So sal jy die risiko om weerstandige wurms inte koop verklein. Doseer die diere met ‘n nuwe generasie ontwurming wat Derquantel ofMonopantel bevat. Hou die diere in ‘n kwarantynkamp (verkieslik sonder gras) aan nadosering. Doen eiertellings op die diere voordat hulle in die kudde toegelaat word.Indien jou kudde geent is met Wirevax sal dit raadsaam wees om ook hierdie diere te ent omimmuniteit op te bou en kanse vir verspreiding van weerstandige wurms te verlaag.

5. Doseer vir die regte parasiet op die regte tyd. Bv Lewerslak kan met haarwurmbesmettingsverwar word indien daar slegs na kwakkele en oogslymvliese gekyk word. Doenwurmeiertellings en laat doen na-doodse ondersoeke deur jou veearts indien vrektesvoorkom.

6. Gebruik effektiewe doseermiddels. Doen miseierreduksietoets om te bepaal of die middelwat jy gebruik steeds effektief is.

7. Doseer slegs diere wat werklik ‘n dosering benodig. Maak gebruik van die FAMACHAsisteem. Skot diere uit wat keer op keer doserings moet ontvang. Selekteer so vir gehardediere. Diere wat reeds vroeg in die seisoen doserings benodig moet ook krities ge-evalueerword.

8. Stimuleer diere se immuunsisteem om haarwurminfestasies te beperk deur gebruik te maakvan die haarwurm entstof. Die belangrikheid van spoorelemente en minerale moet ook in aggeneem word vir ‘n gesonde immuunsisteem. Sink en selenium is veral belangrik vir enigeimmuunreaksie. Orale aanvullings word maklik toegedien in skape, bv Ovimin (V24722).

Die haarwurmenstof word vanaf 2014 in Australieë en vanaf 2016 en in Suid-Afrika gebruik. Suid-Afrikaanse produsente wat raadop was met weerstandige haarwurm kan weer winsgewend boer te danke aan die enstof. Dit is belangrik dat die enstof korrek toegedien word, hou by die voorgeskrewe entingskedule. Kontak jou veearts of Afrivet agent, of laai die Wirevax toepassing af vir meer inligting.

Page 3: Haarwurm en beheer in die lente - Afrivet · Orale aanvullings word maklik toegedien in skape, bv Ovimin (V24722). Die haarwurmenstof word vanaf 2014 in Australieë en vanaf 2016

SLEGS VIR DIEREGEBRUIK

VIR MEER INLIGTING: 0860 833 2787 of 012 817 9060Wirevax: Reg. No. G4200 (Wet 36/1947) Bevat: Haemonchus contortus antigeen 5 μg/ml Vervaardiger: Wormvax Australia Pty Ltd by die Albany Laboratory van die Dept van Landbou en Voedsel, Wes-Australië Registrasiehouer: Afrivet Business Management (Pty) Ltd, Co/Mpy. Reg. No. 2000/011263/07 Posbus 2009 Faerie Glen, 0043, RSA Tel: +27 (0)12 817 9060 Web: www.afrivet.co.za

Laai ons app af vandag vir meer inligting250 ml

Beskikbareverpakking

1 ml

WIREVAXReg.No. G4200 (Wet 36/1947)

SIT KLEUR IN JOU SKAAP

1ste entstof teen Haarwurm in Suid-Afrika

Kontak jou veearts vir meer inligting