4
Wees Lig! Hartklop 20 April 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles VANOGGEND SE FEESDIENS OPSTANDIGE LEWE (EF. 1:15 - 2:10) (DS MICHIEL DE KOCK) JESUS CHRISTUS HET OPGESTAAN, JA, HY HET WAARLIK OPGESTAAN ! So groet ons vandag mekaar saam met miljoene ge- lowiges oor die wêreld. Die vraag is of ons dit werklik glo? Of ons werklik in die Opgestane Here glo en in Sy Opstandingskrag leef? Verstaan ons? Ons was bestem vir die ewige dood maar nou is alles anders. Nou het ons die Ewige Lewe. Nou het ons ware Hoop en Oorwinning. Daarom ons tema andag: “OPSTANDIGE LEWE” Leef in die Lig en die betekenis van Jesus se opstan- ding en Staan Op teen alles wat ons wil beroof van Wie ons in Jesus is en wat ons in Hom het. Weier om enige iets wat Jesus en Sy waardes afbreek, in jou lewe toe te laat. Koester die Lewe in Hom en Leef die Oorwinningslewe met Oorgawe. Vra die Gees van God om dit in en deur jou te doen. God seën jou. Michiel HARTLIK WELKOM Let op met watter woorde ons mekaar vanoggend gegroet het: Die een persoon groet: ‘Christus het opgestaan!’ Die ander antwoord: ‘Hy het waarlik opgestaan!’ Oral in die wêreld groet gelowiges mekaar op soortgelyke wyse: Nederland: ‘Christus is opgestaan! / Hij is waarlijk opgestaan! Engeland: ‘Alleluia! Christ is Risen! / He is risen indeed! Alleluia!’ Rusland: Хрістос воскрес! / Воістину воскрес! Suid-Korea: ‘그리스도께서 부활하셨네! / 참으로 부활하셨네!In Latyn: ‘Christus resurrexit! / Resurrexit vere!’ Al hierdie groete word afgelei van die oorspronklike woorde van die Emmaüsgangers: Die Here het waarlik opgestaan!” (Luk 24:34) Let ook op met watter gemoed ons mekaar gegroet het: Almal van ons was opgewek. Nie swaarmoedig nie. Die vroue by die leë graf het getuig: “Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek” (Matt 28:6&7). En om hierdie rede is ons vanoggend opgewek, omdat Jesus waarlik opgewek is! Daarom sing ons opgewek: Jesus leef . . . Word my aardse huis gesloop . . . Hy is lewe. Hy is hoop! (Lied 415:3) En daarom lees ons ‘n bufferplakker se aanbod agter op ‘n motor: “As jou God dood is, neem gerus my God aan - HY LEEF!”

Hartklop - NGK ONRUSRIVIERngkonrusrivier.co.za/wp-content/uploads/2014/04/... · Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian. ... Sy het dit weer oorvertel

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIERngkonrusrivier.co.za/wp-content/uploads/2014/04/... · Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian. ... Sy het dit weer oorvertel

Wees Lig!

Hartklop 20 April 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

VANOGGEND SE FEESDIENS OPSTANDIGE LEWE (EF. 1:15 - 2:10)

(DS MICHIEL DE KOCK)

JESUS CHRISTUS HET OPGESTAAN,

JA, HY HET WAARLIK OPGESTAAN !

So groet ons vandag mekaar saam met miljoene ge-

lowiges oor die wêreld. Die vraag is of ons dit werklik

glo? Of ons werklik in die Opgestane Here glo en in Sy

Opstandingskrag leef? Verstaan ons? Ons was bestem

vir die ewige dood maar nou is alles anders.

Nou het ons die Ewige Lewe.

Nou het ons ware Hoop en Oorwinning.

Daarom ons tema andag:

“OPSTANDIGE LEWE”

Leef in die Lig en die betekenis van Jesus se opstan-

ding en Staan Op teen alles wat ons wil beroof van

Wie ons in Jesus is en wat ons in Hom het.

Weier om enige iets wat Jesus en Sy waardes

afbreek, in jou lewe toe te laat.

Koester die Lewe in Hom en Leef die Oorwinningslewe

met Oorgawe.

Vra die Gees van God om dit in en deur jou te doen.

God seën jou.

Michiel

HARTLIK WELKOM

Let op met watter woorde ons mekaar vanoggend gegroet het:

Die een persoon groet: ‘Christus het opgestaan!’ Die ander antwoord: ‘Hy het waarlik opgestaan!’

Oral in die wêreld groet gelowiges mekaar op soortgelyke wyse:

Nederland: ‘Christus is opgestaan! / Hij is waarlijk opgestaan!

Engeland: ‘Alleluia! Christ is Risen! / He is risen indeed! Alleluia!’

Rusland: ‘Хрістос воскрес! / Воістину воскрес!

Suid-Korea: ‘그리스도께서 부활하셨네! / 참으로 부활하셨네!’

In Latyn: ‘Christus resurrexit! / Resurrexit vere!’

Al hierdie groete word afgelei van die oorspronklike woorde van die

Emmaüsgangers:

“Die Here het waarlik opgestaan!” (Luk 24:34)

Let ook op met watter gemoed ons mekaar gegroet het:

Almal van ons was opgewek. Nie swaarmoedig nie.

Die vroue by die leë graf het getuig: “Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek” (Matt 28:6&7).

En om hierdie rede is ons vanoggend opgewek,

omdat Jesus waarlik opgewek is!

Daarom sing ons opgewek: Jesus leef . . .

Word my aardse huis gesloop . . .

Hy is lewe. Hy is hoop! (Lied 415:3)

En daarom lees ons ‘n bufferplakker se aanbod agter op ‘n motor:

“As jou God dood is, neem gerus my God aan - HY LEEF!”

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIERngkonrusrivier.co.za/wp-content/uploads/2014/04/... · Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian. ... Sy het dit weer oorvertel

MA. 21 APRIL DI. 22 APRIL WO. 23 APRIL

GESINSDAG Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak

‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623)

vir bloeddruk, sukertoetse ens.

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

10:00-11:30 Trimgim in Anneks.

11:00-13:00 Klerekas

18:00 Egskeidings-ondersteuningsgroep in

Gebedskamer.

18:00-19:30 Lofdanse oefening

DO. 24 APRIL VR. 25 APRIL SA. 26 APRIL

10:00 Dienssentrum: Fliek: “The

Student Prince”. (Gratis!!) Moet dit nie

mis nie!! Almal welkom.

9:30-11:30 Teetuin is OOP!

Kom kuier gerus saam met ons.

ONS VERLOSSER LEEF EN ONS SAAM

MET HOM. GAAN EN WEES LIG!

WAT GEBEUR SONDAG 27 APRIL?

09:00 Erediens: Dr Wilhelm Burger

gaan voor. Welkom!

Spes Koll. Getuienis & Evangelisasie-

bediening.

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 14)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 3b)

PO

LS

SA

LG

VI

R

D

IE

WE

EK

SIEKTE & NOOD IN DIE DONKERSTE

UUR SKYN GOD SE

LIG OP SY

HELDERSTE - ONS

ERVAAR DIT SO!

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

Hy Leef! Hy Leef!

Die Heiland leef vandag.

Hy praat met my in Sy Heil’ge Woord

Al langs my lewensweg.

Hy Leef! Hy Leef!

Verlossing te bewerk

Jy vra my hoe ek weet Hy leef,

Hy leef hier in my hart.

Amen.

Gister het ons mekaar gegroet met die woorde: “Die Heer het waarlik opgestaan” Vader, Seun en Heilige

Gees, U is ons Hemelkoning en ons wil U kinders wees. Dankie dat U vir ons sondes op die kruis gesterf het, en dat U waarlik opgestaan het om vir ons ‘n plek te gaan voorberei by Ons Vader.

Abba Vader: Vers 1: Abba Vader ek wil net kom dankie sê vir die liefde, die seën uit U hand. Vir sonskyn elke môre en elke

druppel dou. Vir klein magrietjies en helder blommeprag. Vir ‘n geelvink en ‘n swaeltjie wat ‘n nes so slim kan bou en vir skemerrooi aan die einde van die dag.

Vers 2: Abba Vader ek wil net kom dankie sê vir die troos en die voorspraak van U Gees. Vir leiding as ek sukkel teen

die steiltes op my pad. Vir die fluister wat ek sag in my gees kan hoor. U gee my lewensvreugde en vrede in my hart en oorwinning as dit voel of ek verloor.

Vers 3: Abba Vader ek wil net kom dankie sê vir U Seun se liefdesoffer aan die kruis. Vir die sweepslae, die spykers

en elke druppel bloed. Hy’t so gewillig daar gehang en daar gelei. En dankie vir oorwinning oor die dood se donker graf want ek weet . . . Hy het opgestaan vir my.

Daarom loof ek U en daarom prys ek U uit my hart, diep uit my hart. Ja dankie Abba Vader, want . . . Wat ookal gebeur

U bly altyd volkome in beheer. Jesus, U het opgestaan vir ons en U is die anker van geloof waaraan ons vas kan hou. Dankie Jesus dat ons U liefde en genade kan ervaar.

GEEN KATEGESE

LANGNAWEEK

Rina vd Westhuizen

Willie du Toit

Sybil Fourie Andries v Niekerk

Pieter de Leeuw

Neil Human

Danie Liebenberg

Ras & Cissy Coetzee

Leana Court

Magriet Louw

Sarel Roux

Malan Claassen

SPESIALE GEBED:

Ons bid vir elke

Paasnaweekpakkies wat

uitgedeel is. Ons bid dat

die Heilige Gees in elke

persoon wat dit ontvang

het se hart sal werk en

dat dié wat nog nie ‘n

oorgawe gedoen het nie

of nie sekerheid het nie

God sal vind.

DANKIE OPGESTANE HEER

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIERngkonrusrivier.co.za/wp-content/uploads/2014/04/... · Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian. ... Sy het dit weer oorvertel

VRYDAG 25 APRIL 2014 Die TEETUIN is weer oop en aan die

gang! Kom beleef JESUS se liefde en

gasvryheid vanaf 09:30 - 11:30.

Lede: Slegs R10, Nie-lede: R20.

Koek & Tee ingesluit.

BRING GERUS U VRIENDE

EN BURE. ALMAL IS MEER

AS WELKOM!

Mnr Ben Minnaar (2/4)

Mev Joey Brink (9/4)

Mnr Claude v Aswegen (9/4)

Mnr Gert v Zyl (14/4)

Mnr Kosie du Toit (19/4)

Dr Andries Gous (27/4)

Mej Alida Cilliers (28/4)

Mnr Koos Kotze (28/4)

Mev Lola Stander (29/4)

VERJAARSDAE BO 80 ONS BID GOD SE SEëN U TOE

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian.

MIDDAGETES BY DIE DIENSSENTRUM Bestel asb voor 12:00 die vorige dag by die kerkkantoor. Lede van die

Dienssentrum: persone wat hul etes by die Dienssentrum kom geniet, sal

voortaan sop as voorgereg saam met die maaltyd ontvang - dus ‘n tweegang

maaltyd vir dieselfde prys!

(Hierdie “winskopie” is nie vir wegneemetes nie.)

Kom geniet die geselskap oor middagetes en

eet heerlik saam. Welkom!

MOSSIES OP DIE KLEINSTE MUNTSTUK

Anette Marais sit op ‘n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë

vrouens. Net ‘n paar treë verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker

ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ‘n boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . . .

Anette lees die woorde van Matt 10:29 - “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder

die wil van julle Vader nie.” Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ‘n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie

vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die

konsentrasiekamp in Bethulie. Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ‘n baken van geloof en

hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het oppad terug na haar huis gestap by ‘n vrou met invloed en haar vertel van die ‘mossie’-

boodskap. Sy het dit weer oorvertel en Genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat

verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Piester in ‘n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn

en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie”-boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag

het. Hy spring op die eerste trein en begin met ‘n lang dag se onderhoude. Moeg

maar gelukkig en met ‘n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim sien hy ‘n muntstuk op die vloer lê. Hy tel dit op en daar op ‘n trein

in Londen, hou hy ‘n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ‘n mossie agterop. Hy

vertel dat die wêreld rondom hom gaan stil staan het. Dat hy besef het dat God

daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende

wêreld.

Vandag ‘n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ‘n 1c neer vir my

vriendin met borskanker, nog ‘n 1c vir huwelike wat sukkel, ‘n 1c vir iemand na

aan my hart se werksomstandighede, vir enkel-ouers en weduwees. Ek besef die

mossieboodskap is dalk net een versie in ‘n dik Bybel, maar ‘n Almagtige,

liefdevolle God staan daar agter!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons

help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U om op die perfekte tyd ons om-

standighede te verander. Gister terwyl ek vir my kliente sit en wag en ek die-

selfde boodskap vir my vrou gestuur het, het drie mossies op my voertuig se

voorste “bushbar” kom sit ek het ek dadelik geweet ons Koning praat met my om

my gerus te stel. Daar is niemand soos Hy nie en Hy sal altyd na ons kyk en ons

versorg. Hy’s net ‘n gebed ver. Geseënde ‘mossie’-dag vir jou.

Groot dank en waardering vir ons kalenderborg vir die maand

wat die druk van ons gemeentekalender moontlik gemaak het.

Ons bid Vader God se seën op jul besigheid en gesin.

Deon & Aurelia Esterhuyse

(028) 3163393

083 284 0027

[email protected]

www.aida.co.za * Onrus * Vermont *

* Sandbaai *

* Hemel-en-Aarde*

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIERngkonrusrivier.co.za/wp-content/uploads/2014/04/... · Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian. ... Sy het dit weer oorvertel

KOSPAKKIES Baie dankie vir al die items ontvang. Dit wat net ‘n vreugde om die liefdegawes te pak en uit te deel.

ROOIBUS KAAPSTAD: DI. 6 MEI DV Finale reëlings: Ons kom 05:30 by die Kerk bymekaar. Bus vertrek stiptelik om 06:00! Bring hoed, sonroom, kamera, warm

baadjie & jou glimlag saam! Vertrek weer 15:00 vanaf die Water-

front. Arriveer tussen 17:00 & 18:00 by die

Kerk DV. Mag ons Vader vir ons ‘n pragtige dag

gee met ‘n veilige reis heen en weer. DIENSSENTRUM : “The Student Prince” FLIEK, DO. 24 APRIL 10:00 DV. Alle lede van die Dienssentrum kom drink gratis ‘n koppie tee om 09:30 en fliek daar-na ook gratis met popcorn & coke. Nie-lede mag ‘n donasie gee vir die fliek maar dis vrywillig. Kom geniet die pragtige stem van Mario Lanza en studentepret van Heidelberg met o.a. Edmund Purdom & Ann Blyth. Moet dit nie mis nie!!

NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP Daar is ‘n groot groep vroue wat in huwelike staan waar hulle emosioneel en/of fisies mishandel word. ’n Groep is gestig om saam te praat, saam te ondersteun en gemotiveer te word. Kom praat saam met ander vrouens wat in hierdie moeilike situasie staan. Kontak Erika 028 316 3115 oor die datum en tyd van hierdie groep.

MENGELMARKIE Sat 3 Mei 2014 by die De Wetsaal, Roosstr.,

Onrusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry

iets lekker vir die naweek!

BYBELSKOOL Die Bybelskool het gesluit en sal eers Julie weer heropen. (Behalwe vir Pase en Pinkster is daar ‘n menigte vakansiedae voor die wintervakansie).

DANIEL KONFERENSIE - MAN NA GOD

SE HART 16 - 18 Mei (NG kerk Stanford)

Koste : R50 per persoon. Skool kinders wat

saam met hulle pa kom, is gratis. Info :

www.facebook.com/groups/DanielStanford

Navrae en besprekings:

Nico Roos 083 230 1325

VEILIGHEIDSKURSUSSE 22 & 24 APRIL : Die Afriforumtak in Hermanus bied gratis selfverdediging-, teenverkragtings- & noodhulpkursusse aan vir alle dames & huishulpe in Hermanus area. Kontak asb vir Marianne Rossouw by 082 454 9756 of Elmarie van Dalen by 079 366 1000.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

LIGBOEKLIGBOEK

DIENSSENTRUM BEHOEFTES

Wol & breipenne vir brei-oggende (Dienssentrum)

Ons benodig vrywilligers wat sal uitreik na be-jaardes wat alleen is. Kontak asb vir Erika indien jy graag by hierdie bediening wil inskakel.

GROOT BEHOEFTE: Die Dienssentrum benodig rekenaar- of TV speletjies asb.

LIDMAATSKAPFOOIE VIR 2014: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n winskopie ! ! !

OVERSTRAND ARMOEDE DINKSKRUM Onrusrivier Gemeente gee Dinsdae 30 vrugte aan Laerskool Hermanus. Indien u bereid is om betrokke te raak by die verskaffing van die vrugte, kontak asb vir Erika.

OVERBERG DIERE PROJEK: ‘n Winterprojek ‘Kos en Komberse-rit’ vir rondloper/hawelose diere word geloods in die Kleinmond tot Gansbaai omgewing. U ondersteuning word gevra vir donasies van komberse en/of enige vorm van honde– en katkos. ’n Vol maag sit weer huppel in hul trip-pel. Kontak [email protected]

BAIE DANKIE aan al die lidmate en helpers

wat die Paasnaweekprojek (en pakkies byme-

kaar sit en uitdeel) so ‘n groot sukses gemaak

het. Sonder al julle LIGGIES wat so helder

brand kon dit nie. Vader seën elkeen van julle.

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

Tel: 028 316 3743 Optimumsentrum, Hoofweg 10, Onrus Sel: 082 416 6788 Epos: [email protected]

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za