14
©R. J. du Preez Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95 Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694) Oriëntasie Johannes Pretorius is een van die amptenare en koloniste aan die Kaap oor wie se voorgeslag in Europa daar inligting beskikbaar is. Daar is ook baie navorsing oor hom gedoen en inligting gepubliseer. Johannes is in Ouddorp, Goerree, Nederland gebore in 1642 en is in 1694 in die ouderdom van 51 jaar in die Kaap oorlede. Hy was eers ‘n amptenaar van die VOC en daarna ’n groot boer aan di e Kaap. Toe hy 31 jaar oud is, trou hy met Geertruyda Meyntings in die Kaap in 1673. Sy is in 1676, drie jaar na die huwelik, oorlede. Hulle het een kind gehad. Daarna trou Johannes met Johanna Victor in die Kaap in 1677. Hy was toe 34 jaar oud. Hulle het vyf kinders gehad. Johanna oorleef hom en trou met Johannes Starrenburg. Genealogiese gegewens a2 PRETORIUS, Johannes: *Nederland, Overflakke, Goeree, Ouddorp c.10.1642 1 ; Nederland, Overflakke, Goeree, Ouddorp 26.10.1642 2 ; Kaapstad 30.4.1694 3 . Seun van Wessel Pretorius (*c. 1614) en Josyntgen Claesdochter (*c. 1620) 4 x Kaapstad 18.11.1673 5 : MEYNTJES/MEYNTINGS, Geertruyda: c.1676 6 . [Sy x ROOLEEMO, Evert xx c1666: WIEDERHOLT of WIEDERHOLD, Wilhelm Ludwig. xxx 1668 : BOSCH, Dirk.] xx Kaapstad 28.2.1677 7 : VICTOR, Johanna: *Nederland c.1655 8 ; c. 1709 9 . Dogter van Jan Victers en Jannetjen (Gerrits) Bellerts 10 . [Sy xx Kaapstad 28.10.1696 11 : STARRENBURG (Sterrenberg) Johannes. *Sleeswyk-Holstein, Lübeck óf 1677, óf 1672 12 ; †Den Haag <1729 13 . Hy xx Nederland, Oestgeest 11.1.1711 14 : De Milly, Alida.]

Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Hoofstuk 10

Johannes Pretorius (a2)

(1642 – 1694)

Oriëntasie Johannes Pretorius is een van die amptenare en koloniste aan die Kaap oor wie se voorgeslag in Europa daar inligting beskikbaar is. Daar is ook baie navorsing oor hom gedoen en inligting gepubliseer. Johannes is in Ouddorp, Goerree, Nederland gebore in 1642 en is in 1694 in die ouderdom van 51 jaar in die Kaap oorlede. Hy was eers ‘n amptenaar van die VOC en daarna ’n groot boer aan die Kaap. Toe hy 31 jaar oud is, trou hy met Geertruyda Meyntings in die Kaap in 1673. Sy is in 1676, drie jaar na die huwelik, oorlede. Hulle het een kind gehad. Daarna trou Johannes met Johanna Victor in die Kaap in 1677. Hy was toe 34 jaar oud. Hulle het vyf kinders gehad. Johanna oorleef hom en trou met Johannes Starrenburg.

Genealogiese gegewens a2 PRETORIUS, Johannes: *Nederland, Overflakke, Goeree, Ouddorp c.10.1642

1; ≈Nederland, Overflakke,

Goeree, Ouddorp 26.10.16422; †Kaapstad 30.4.1694

3. Seun van Wessel Pretorius (*c. 1614) en Josyntgen

Claesdochter (*c. 1620)4

x Kaapstad 18.11.1673

5: MEYNTJES/MEYNTINGS, Geertruyda: †c.1676

6.

[Sy – x ROOLEEMO, Evert xx c1666: WIEDERHOLT of WIEDERHOLD, Wilhelm Ludwig. xxx 1668 : BOSCH, Dirk.] xx Kaapstad 28.2.1677

7: VICTOR, Johanna: *Nederland c.1655

8; †c. 1709

9. Dogter van Jan Victers en Jannetjen

(Gerrits) Bellerts10

. [Sy – xx Kaapstad 28.10.1696

11: STARRENBURG (Sterrenberg) Johannes. *Sleeswyk-Holstein, Lübeck óf 1677, óf

167212

; †Den Haag <172913

. Hy xx Nederland, Oestgeest 11.1.1711

14: De Milly, Alida.]

Page 2: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Erkenning ’n Omvattende geslagsregister met bygewerkte gegewens is beskikbaar en was van groot waarde in die voorbereiding van die hoofstukke oor Johannes Pretorius en sy voor- en nasate: Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee. ‘n Verdere publikasie, waarin onder ander baie insiggewende agtergrond oor die Nederlande en omliggende gebiede verstrek word en wat die agtergrond waarteen die Pretoriusse in Nederland en Duitsland se lewens afspeel inkleur, is ook beskikbaar. Dit bevat ook baie gegewens oor die Nederlandse Mauritius en Johannes Pretorius aldaar: Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families.

Voorspel Daar is inligting beskikbaar oor enkele voorgeslagte van Johannes Pretorius in Europa. Volgens die inligting begin die bekende storie van hierdie Pretoriusse in die dorp Schüttorf in Nedersakse, Duitsland. Die dorp is ongeveer 10 kilometer vanaf die grens met Nederland. Die inligting word verstrek in die Pretorius stamregister.

15

Barend Wesselzoon Schulte, seun van Wessel Schulte, word in 1596 gebore in Schüttorf. Hy bekwaam hom as skoenmaker en vestig hom in Leiden in die Nederlande. Hier verhollands hy sy van na Schout. Toe hy 16 jaar oud is, is hy getroud met die sestienjarige Aaltjie Jansdochter op 6 Mei 1612. Na Aaltjie se dood, trou Barend op 19 April 1643 met Annetgen Jacobsdochter van Egmont. Gedurende ’n pesepidemie is Barend en Annetgen tussen 4 Februarie 1668 en 23 Oktober 1669 in Leiden oorlede.

Benaderde ligging van Schüttorf en Leiden

Wesselius (Wessel), Barend se oudste seun, is gebore in Oktober 1614. Hy skryf hom in 1636 in as ’n teologiese student by die Album Academicum in Leiden. Soos dit die gewoonte van studente in daardie tyd was, vertaal hy sy van na Praetorius, wat ook as Pretorius voorkom. Die van is afgelei van die woord Praetor in Latyn, wat ’n benaming vir bepaalde leieramptenare in die Romeinse Ryk was. Na drie jaar teologiese studie, word Wesselius Praetorius/Pretorius beroep na die Hervormde Kerk Ouddorp op die eiland Goeree, suid van Rotterdam. Hy bedien daarna vanaf 1653 tot met sy dood in 1664 die gemeente te Emmerich. Emmerich am Rhein is geleë in Duitsland aan die Rynrivier.

Benaderde ligging van Emmerich

Page 3: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Wesselius is getroud met Josyntjie Claesdochter van Egmont op 16 Junie 1641. Hulle het vier seuns en drie dogters gehad. Johannes Pretorius, die Suid-Afrikaanse stamvader was die oudste kind. Hy is deur sy pa gedoop op 26 Oktober 1642 in die Hervormde Kerk te Ouddorp. Die inskrywing word soos volg aangehaal in die Pretorius stamregister: “Den 26 October: van mij gedoopt mijn eerstgeboren zoon en hebbe die genoemt JOANNES. Getuigen zijn geweest mij Vader Barent Schout, mijn swager Laurentius Nicolay van Egmont en Mentie Geertruijt Reiniersdochter huisvrouwe van Cornelis Gom.”

16

In ’n artikel in Familia

17 skets mnr. F. U. Rootenberg die bande van die Pretoriusfamilie in Nederland met ’n

aantal gesiene kunstenaars uit die Nederlandse goue tydperk – verhoudings wat aan die Kaap voortgesit is met Johannes Pretorius se tweede huwelik. Die familie verbintenisse is ingewikkeld en die artikel kan daarvoor geraadpleeg word. Mnr. Rootenberg noem egter ondermeer die volgende kunstenaars wat ’n verbintenis met die Pretoriusfamilie gehad het:

o Claes Lourisz van Egmont van Leiden wat ’n skilder was. Hy word in die sewentiende eeu deur een bron in diesefde asem as Rembrandt van Rijn, Jan Lievens en Gerrit Dou genoem. Dit is moontlik dat hy ook ’n kunshandelaar was.

o Pieter Fransz de Grebber, wat ‘n pionier van die Haarlem klassici was. Sy broer Mourits was ’n silwersmid en sy suster Maria was ’n begaafde skilder.

o Jan Victors wat ’n kunsskilder was en die vader van Johannes se tweede vrou. Jan word op 14 jaar ’n leerling van Rembrandt en skilder portrette, bybelse tonele en plattelandse tonele.

Dr. Francois J Pretorius skryf in ’n boek Op ’n onmeetlikheid: Van een eindpunt na ’n ander … oor die Pretoriusse in Nederland en Duitsland en verstrek baie inligting oor Johannes se studies.

18

In 1661 vertrek Johannes Pretorius na Leiden om daar aan die Universiteit van Leiden in die Wysbegeerte (Filosofie) en Teologie te studeer. Hy skryf op 2 September 1661 in vir studie in die Wysbegeerte. Sy vader, Ds. Wesselius Praetorius, het vir hom ’n beurs deur middel van weldoeners verkry. Johannes bly by sy Oupa Barend Schout. Hier aan die Universiteit van Leiden ontvou ’n verhaal wat ’n wending in Johannes se lewe meegebring het. Blykbaar was daar ’n deurlopende spanning ten opsigte van die teologie in die universiteit tussen die ortodokse en verligte denke. Vanaf 26 November 1663 tot Januarie 1664 vind daar ’n aantal insidente plaas na aanleiding van ’n proefskrif vir ’n doktorsgraad in Teologie van ene Cornelis Uythage. Die Senaat van die universiteit beskou sommige van die uitsprake in die proefskrif as onvanpas en meen dat Uythage bepaalde teologiese dwalinge begaan. Daar word met hom ooreengekom om ’n minder omstrede deel van die proefskrif voor te lê en verdedig die volgende dag, soos wat die gebruik was. ‘n Klomp van die teologiese studente was ook nie tevrede met Uythage se proefskrif nie en het die volgende dag die verrigtinge waar hy sy proefskrif moes verdedig ontwrig. Na ’n aantal voorvalle ondersoek die universiteit die saak en Johannes Pretorius word as een van die aanstokers skuldig bevind. Sy vader, Ds. Wesselius Praetorius, het in ’n brief vir ’n simpatieke benadering teenoor sy seun gepleit. “Dit is ’n roerende brief wat met deernis en soms begrip vir sy seun se onbenydenswaardige omstandighede geskryf is. …”

19

Johannes word deur ’n volle regbank skuldig bevind en op 18 Desember 1663 word hy, onder andere, gevonnis tot drie maande huisarres in sy kamer waar hy by sy oupa woon. Dit is nie duidelik wat Johannes in 1664 gedoen het nadat sy huisarres verstryk het nie. In 1665 skryf hy in by die Universiteit van Utrecht en woon hy op die Neude-Plein. Sy kerklike attestaat word op 18 April 1665 vanaf Leiden na Utrecht gestuur.

Page 4: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Na die Kaap In 1664 is Johannes se ouers oorlede. Teen 1665 het Johannes Pretorius met die medewete van sy Oupa besluit om na die Ooste te reis. Hy tree in diens van die VOC en hy is aangestel om vanaf Nederland per skip na die Kaap (en miskien die Ooste – daar is nie ’n aanduiding daaroor nie), te vaar. Die 23-jarige Johannes vertrek op 17 Desember 1665 na die Kaap op die Nuijtssenburgh. Hy was as soldaat van die Kamer van Amsterdam van die VOC aangestel teen ƒ10 per maand. Aan boord die Nuijtssenburgh was 115 matrose, 36 soldate en 2 passasiers. Die skip vertrek vanaf Texel en kom op Donderdag 1 April 1666 aan in die Kaap.

20&

21 Op 15 Mei 1666 word na Johannes as ’n Adelbors (seekadet) verwys

22.

In Mauritius Twee maande na sy aankoms in die Kaap vertrek Johannes Pretorius op 27 Junie 1666 met die fluit Hoog Caspel na Mauritius en kom op 30 Julie 1766 daar aan. Hoewel Johannes gestuur was om tweede-in-bevel en sieketrooster op die eiland te wees, het die bestuurder, Wreede, besluit om Jan van Laer as tweede-in-bevel te behou. Johannes word dus sieketrooster en is verantwoordelik vir die geestelike versorging.

24

Op 23 Oktober 1667 is Wreede vanaf Mauritius verwyder en neem Jan van Laar as opperhoof waar tot 16 Augustus 1668. Johannes tree op as sy tweede-in-bevel

25.

Op 13 Augustus 1668 kom die Poelsnip in Mauritius aan met die nuwe opperhoof, Dirk Jansz Smient en op 15 September 1668 verlaat Jan van Laar die eiland. Johannes het intussen aangedring daarop om terug te keer na die Kaap, ongeag beroepe op hom om sy waardevolle diens voort te sit.

26

Die jag Voerman vertrek op 3 Augustus 1669 uit die Kaap met Wreede wat weer as opperhoof aangestel is en kom op 17 Oktober 1669 in Mauritius aan. Die Voerman vertrek vanaf Mauritius met Smient en Johannes Pretorius aan boord en kom op 9 Desember 1669 in die Kaap aan. Só kom Johannes Pretorius weer na ’n afwesigheid van nagenoeg 3½ jaar in die Kaap aan.

27

Tydens sy vergadering van 4 en 5 Maart 1670, het die Politieke Raad aan die Kaap besluit dat aangesien hy “… omtrent de vier jaeren als tweede Raedspersoon en provisioneel adsistent op 't eijland Mauritius zijn dienst tot genoegen waergenomen, wert, …“ sy salaris tot ƒ20 per maand verhoog word ter erkenning van sy dienste. Die verhoging is onderworpe daaraan dat hy die VOC vir nog drie jaar dien.

28

Brokkie oor Mauritius23

Die eiland Mauritius is ongeveer halfpad tussen die Kaap en Batavië. Die klimaat is subtropies en tropiese siklone kom voor. Die Nederlanders het die eiland vernoem na prins Maurits van Nassau. Daar was aanvanklik geen

inboorlinge nie.

In 1638 is daar ’n VOC-pos op die eiland gevestig om te dien as halfwegstasie. In 1658 is die eiland ontruim. In 1664 is die eiland weer beset, onder andere om te verhoed dat Franse of Engelse dit beset. Die eiland was bestuur as ’n buitepos van die Kaap. Die verhaal van die tweede besetting is een van hoofsaaklik probleme en teenspoede. Die eiland kon nie die ebbehout lewer wat dit moes nie. Diegene in bevel van die eiland was dikwels nie suksesvol nie. Daar was ’n aantal vryburgers op die eiland, maar ook ’n aantal ongewensde persone uit die Kaap. Die vryburgers het heelwat teenspoed met hul boerdery gehad. Slawe het gedros en in die bosse weggekruip.

Na ’n lang proses is die eiland deur die VOC ontruim in 1710 met die inwoners wat volgens hulle keuse na Batavië of die Kaap geneem is.

Page 5: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Eerste Huwelik Op 18 November 1673 trou die 31-jarige Johannes in Kaapstad met Geertruid Meyntings. Dit was haar vierde huwelik. Daar is ook na Geertruid verwys as Meyntingh, Meyntjes, Mentes en Ment. Sy is gebore in Hasselt, maar dit is nie duidelik of dit Hasselt in die provinsie Overijssel in Nederland of Hasselt in die provinsie Limburg van die huidige België is nie.

29 Dit kom voor asof sy nie ’n maklike lewe gehad het nie.

Sy was getroud met ene Evert Rooleemo. Hy was teen 1666 reeds oorlede. Hulle het ’n dogter gehad. In 1666 trou sy met Wilhelm Ludwig Wiederhold wat in Mei 1665 na die Kaap gekom het. In Mei 1667 doop sy hulle seun en teen daardie tyd was Wiederholt oorlede. Met twee mans so gou na mekaar oorlede, vra sy die owerheid om bystand en word ’n gasie van ƒ4 per maand aan haar seun toegeken. Dit was ’n vorm van liefdadigheid. Die diakonie het twee weesmeisies, Ariantje en Neeltje, onder haar sorg geplaas, waarmee sy kosgeld kon verdien, soos die ƒ65 wat aan haar ten opsigte van Ariantje uitbetaal is in 1667.

30

Geertruid is in 1668 getroud met Dirk Bosch wat afkomstig was van Amsterdam. Hy was vanaf 1671 tot 1673 ’n diaken en bakker in die Kaap. Geertruid en Dirk het twee dogters gehad. Hy is teen 1673 oorlede.

31

Toe trou sy met Johannes Pretorius. Sy laat geld en goedere in bewaring van ’n vriendin omdat die kinders se stiefvader, Johannes Pretorius, “… hulle erflating in die herberge deurgebring het …”.

32 Johannes en Geertruid

het ’n seun, Wessel, gehad. Geertruid is omstreek 1676 oorlede. Johannes kry toestemming om namens die Bosch-kinders (sy stiefkinders) suikerbier te brou, waarna later verwys word. Geertruid se kind Willem Wiederholt het in 1699 getrou met die gekleurde vrou Henriëtta Wittebol. Laat in sy lewe tree hy op as aanspreker, wat kennis gee van sterfgevalle en mense na die begrafnisse nooi. Hy is in 1719 oorlede. Geertruid se kind uit haar huwselik met Dirk Bosch, Anna Sophia Bosch, was getroud met Pieter van der Bijl wat uit ’n vooraanstaande gesin gekom het en sy is oorlede toe sy 28 jaar oud was.

33

Johannes en Geetruid se seun Wessel was getroud met Geertruy Elbers en hulle het ’n dogter en twee seuns gehad. Die twee seuns was nie getroud nie en daar was dus geen Pretoriusnageslag met Geertruid as moeder nie. Wessel het as diaken en ouderling gedien en ook in die gemeenskap sy bydrae gemaak. Hy was een van die sterk ondersteuners van die verset teen Goewerneur Willem Adriaan van der Stel.

Tweede huwelik

Toe Johannes 34 jaar oud is, trou hy op 28 Februarie 1677 met Johanna Victor of Victors, wat toe omstreeks 22 jaar oud was. Sy is in Nederland gebore en was die kind van Jan Victers en Jannetjen (Gerrits) Bellerts.

Johanna Victor se vader was ’n kunsskilder, soos voorheen reeds aangetoon. Hy het in die huis “Silverige Spiegel” in Kalverstaat in Amsterdam gewoon. Later het hy finansiële probleme ervaar en moes sy huis vervang met ’n huis in Utrechtsestraat. Hy het ook in diens van die VOC getree en ’n veelbewoë tyd deurgemaak totdat hy in die Ooste oorlede is. Jan Victor was getroud met Jannetjen (Gerrits) Elberts en haar moeder was Elsjen Hendriks. Jan Victor se vader was Lowijs Victors, getroud met Stijntje Jaspers en sy grootvader was Victor Victors.

34 Johanna se broer, Gerrit, was ook aan die Kaap.

Johannes en Johanna het vyf kinders gehad, soos volg:

o Josina. Sy was nie getroud nie, maar die moeder van twee kinders. o Johannes, wat getroud was met Helena Vosloo. o Jeanetta, wat agtereenvolgens getroud was met Jacob Keyser en Hendrik Frappe. o Lodewyk, wat getroud was met Maria Rossouw.

Page 6: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

o Elizabeth, wat getroud was met Jan Frederik Delitsch. Die Pretoriusfamilie in Suid-Afrika stam van Johannes en Lodewyk, hierbo genoem, af. In die volgende hoofstukke word ’n lyn van die nageslag van Lodewyk behandel.

In diens van die VOC Johannes tree dan aan die einde van 1655 in diens van die VOC as ’n soldaat en reis na die Kaap waar hy algou as Adelbors dien. Hy dien op Mauritius as Sieketrooster en Sekunde en is daarna bevorder tot Assistant aan die Kaap. In 1674

35 en in 1676

36word na Johannes verwys as die Sekretaris van die Kollegie van Weeshere. Blykbaar

het Johannes ook soms as sekretaris van die Politieke Raad opgetree.37

Met sy bevordering tot Assistent in 1670 is dit onderworpe gemaak daaraan dat hy die VOC nog drie jaar moes dien. Volgens die Den Haagse monsterrolle van 1681

38 het Johannes op 1 Augustus 1674 ’n vryburger geword:

“Joannes Prætorius van Goere adsistent voor adelborst ende Camer Amsterdam anno 1666 met Nuijtsenburgh aangelant en 1674 primo augustij vrij geworden”.

Dit word ook gestaaf uit ander bronne. Volgens die monsterrolle word Johannes se vrou in 1674 as vryburger aangetoon en Johannes en sy vrou in 1675.

39 In September 1874 word na Johannes verwys as ’n vryburger.

40

Handtekeninge van Johannes Pretorius aan die Kaap, waar hy sy van as Pretorius en Praetorius spel

41.

Woonplekke Alles dui daarop dat Johannes woonagtig was in “Kaapstad” wat as die Vlek of Cabo bekendgestaan het en geboer het in die “distrik” Kaapstad. Johannes word vanaf 1679 tot 1691 en sy weduwee in 1695 vermeld in die monsterrolle vir die Kaap (Cabo).

42

Het Johanna na haar troue met Starrenberg nie in Stellenbosch gewoon nie?

Eiendom en Boerdery Die gegewens op die opgaafrolle hieronder dui daarop dat Johannes iewers ’n plaas moes gehad het. Daar kon nog nie bepaal word waar die plaas was nie. Johannes koop in September 1674 ’n woonhuis, stalle, erf (2 morg 89 roede), twee slawe (Claas van Guinieë en Nicolaas) en 56 beeste, tuingereedskap en skopgrawe, soos in die tuin in Tafelvallei, van Dircq Jansen Smiendt vir ƒ1500 en ’n skuldbrief van ƒ5750 wat in gelyke paaiemente oor die volgende vier jaar betaal moet word.

43

Schoeman meld dat Johannes teen die tyd van sy eerste huwelik redelik welvarend moes gewees het om die gemelde eiendom te koop of dat hy andersins “… ’n ondernemende en optimistiese man …” moes gewees het. Hy het op groot skaal gemengde boerdery beoefen en is onder die groot boere van die Kaap gereken.

44

Nadat Johanna haar tweede huwelik aangegaan het is die plaas Onrus in die Wyk Tygerhoek in 1704 aan haar tweede man, Johannes Starrenburg, toegeken. Die proses met die toekenning van plase het verskeie stappe behels om seker te maak dat die voornemende boer wel kon boer en Starrenburg kon dus heelwat vroeër reeds op die plaas gewees het. ‘n Boedelinventaris van 1709

45, met Johanna se dood, toon die volgende aan op

Onrus in die Wyk Tygerhoek van die Kaapse Distrik:

Page 7: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

o Woonhuis. o Perdestal, beeshok en

waenhuis onder een dak. o Koringhuis. o Slawehuisie. o Wingerd van nagenoeg

30000 stokke. o Mooi vrugteboord. o 6 Slawemans. o 185 Beeste. o 700 Skape. o 20 Perde.

Sommige van die getalle verskil van dié in die vendusierol

47, maar

daar is nie wesenlike verskille nie. Volgens die vendusierol is Onrus, 60 morge en 200 roede, verkoop aan Steeven Vermeij en Simon Pieterse. Dit is die eerste keer dat spesifieke huisvesting vir slawe vermeld word.

48

Johanna Victor het egter ook twee huise in die Kaap (Cabo) besit. Daar is ook ’n vendusie gehou om die eiendom in die Kaap te verkoop. In beide hierdie en die geval hierbo, is die goedere verkoop ten voordeel van haar man, Johannes Starrenburg enersyds en haar vyf Pretoriuskinders andersyds (Josina 30 jaar, Johannes 28 jaar, Jeanetta 26 jaar, Lodewyk 20 jaar en Elisabeth 18 jaar volgens die vendusierolle). Die volgende interessante goedere was ingesluit in die vendusie in die Kaap: 5 Skilderye. 8 Skilderytjies met swart rame. 5 Skilderytjies. 1 Perdewa en vier perde. 1 Silwer soutvat. 8 Silwer lepels. 7 Silwer vurke. 1 Lessenaar. Die eiendom op die twee vendusierolle getuig daarvan dat Johanna en Starrenburg welvarend was.

Kerk en gemeenskap Sover vasgestel kon word was Johannes en sy vroue deurgaans lidmate van die kerk in Cabo. Al Johannes se kinders is in die Kaap gedoop en die huwelike is ook daar gesluit. Johannes dien as Diaken in die Kaap vanaf 1677 tot 1678 en as Ouderling vanaf 1689 tot 1690 en weer vanaf 1693 tot 1694 – sy sterfjaar.

49

Johannes het ook in verskeie owerheidsliggame gedien

50:

Opgaafrolle van Johannes Pretorius46

Distrik Kaap Kaap Kaap Kaap Kaap Kaap*

Item 1678 1682 1685 1688 1692 1695

Mans 1 1 1 1 1 †

Vroue 1 1 1 1 1 1

Seuns 1 2 2 2 3 2

Dogters 1 2 2 3 3

Slawe 8 5 4 4 5 7

Perde 2 1 3

Beeste 30 9 16 6 60 70

Skape 190 130 400 450 600

Varke 3 1

Wingerdstokke 60000 30000 25000

Koring gewen (mud) 5 14 20 50 100 50

Gars/Rog/Gort gewen (mud)

8 9

Snaphane 4 1 2 3 3 3

Pistole 2 1 1 1 1

Degens (Swaarde) 1 1 1

* = Weduwee Johannes Pretorius

Benaderde ligging van Onrus

Page 8: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

o Weesmeester: 1676. o Huwelikshof: 1677 – 1678 en 1680 – 1682. o Burgerraad: 1680 – 1681 en 1692 – 1693.

Wat van Johanna en Starrenburg lidmaatskap te Kaap en Stellenbosch?

Allerlei Soos menige ander eienaar van slawe, het Johannes ook probleme ervaar met slawe wat gedros het. Twee insidente word genoem:

o Op 17 Desember 1676 doen die skipper van die jag Voorhout verslag dat hulle ’n vlot wat van drie deure gemaak is naby sy skip sien dryf het. Hy en die skipper van die Quartel is opgedra om op die uitkyk te wees aangesien iemand dalk as verstekeling op ’n Engelse skip in die hawe probeer wegkom. Die Voorhout se skipper het toe vir die Kaptein van die Engelse skip gaan “kuier” . Dit blyk toe dat ’n slaaf van Johannes Pretorius met die vlot na die Engelse skip geroei het en sonder toestemming aan boord gekom het. Die slaaf is toe gevange geneem.

o Die Politieke Raad word op 12 Februarie 1680 ingelig dat ’n slaaf van Johannes Pretorius na die binneland gevlug het en vir ’n tydlank “… by den Girigcquase natie …”

51 gewoon het. Die betrokke

KhoiKhoi het aangedui dat hulle die slaaf net sal uitlewer indien belowe word dat niks aan hom gedoen sal word nie en daar is toe so ’n belofte gemaak. Daar is ook in ag geneem dat hy vaardig geraak het in die taal van die mense waaronder hy gewoon het en daarom goed benut sou kon word. Daar is toe besluit om die betrokke slaaf vir die owerheid te behou en Johannes Pretorius met ’n ander slaaf te vergoed.

Op 30 Desember 1675 besluit die Politieke Raad om die algemene brou en verkoop van suikerbier te belet en toestemming te verleen vir ’n jaar aan Johannes Pretorius, Adriaan van Brakel en Evert Cornelissen om suikerbier te brou en te verkoop.

52 Johannes was in die stadium ’n wewenaar en moes vir die kinders van sy

oorlede vrou uit ’n vorige huwelik en hul seun sorg. Die Politieke Raad verleng die toekenning aan Johannes op 18 Augustus 1676 ten behoewe van “… de 3 onmondige moeder en vaderloose kinderen van Geertruijt Mentings, jongst huijsvrou van den vrijborger Joannes Pretorius …”

53 Die toekenning word weer verleng op die

vergadering van 28 tot 31 Desember 1677.54

Daar word ook melding gemaak dat in ag geneem is dat, onder andere, Johannes sy huis digby die Kasteel moes afbreek weens behoeftes van die owerheid.

55 Die toekenning

word weer verleng in 167856

.

Toe rys gerantsoeneer moes word, besluit die Politieke Raad op 4 Maart 1678 ten opsigte van die toekenning van rys aan vryburgers, dat Johannes Pretorius 200 lb rys per maand kan kry.

57 Dit dui op ’n redelike groot

huishouding.

Latere lewensjare Op 28 April 1694 maak Johannes en Johanna ’n testament

58. Johannes sterf op 30 April 1694 en dit word in die

Dagregister vermeld. Karel Schoeman haal Barnwell aan, waar hy dit stel dat Johannes op 30 April 1694 oorlede is “… from the cold weather…”

59, maar die inskrywing van die Politieke Raad dui op ’n verkoue, of dalk

longontsteking60

. Hy was toe 51 jaar oud en Johanna was nagenoeg 39 jaar oud. Hulle was ongeveer 17 jaar getroud. Toe Johannes sterf was die kinders se ouderdomme, na beraming, soos volg:

o Wessel: 20 jaar. (Johanna se stiefkind) o Josina: 16 jaar. o Johannes: 14 jaar. o Jeanetta: 12 jaar. o Lodewyk: 6 jaar. o Elizabeth: 4 jaar.

Page 9: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Op16 Junie 1694 gaan Johanna ’n kontrak aan vir die indiensneming van die vryburger Wouter Andriesz vir een jaar as ’n landboukneg

61. Sy onderneem om hom ƒ12 en ’n pond twak per maaand te betaal en hom te voorsien

van goeie huisvesting, kos en drank.

Uittreksel uit die kontrak met Wouter Andriesz

62

“Heden den 16 Junij 1694 verschijnen voor mij J G de Grevenbroek Geheimschrijver dese Gouverments en den getuijgen naarbenoemd Juffr Johanna Victor weduwe wijlen ? Joh: Pretorius Borger-raad te deser stede ter eener en Wouter Andriesz vrijborger alhier ter andere sijde …..”

Op 26 Maart 1695 koop Johanna die slaaf Louis van Satrapatnam van Skipper Remens Oolé

63. Daar word na

Johanna verwys as die weduwee Johannes Pretorius. Johanna Victor is die stammoeder van die Pretoriusse in Suid-Afrika en as sodanig is haar lewe na die afsterwe van Johannes Pretorius ’n onlosmaaklike deel van die verhaal van die Pretorius stamouers. Gedurende 1695 raak Jacobus de Wet bevriend met die agtienjarige Josina Pretorius en word hy ’n gereelde besoeker by die Pretoriushuis in die Kaap. Dit word bekend dat Josina ’n kind verwag en Jacobus beëindig die verhouding. Vir Josina se ma, Johanna Victor “…onder wie se vlymskerp tong verskeie hooggeplaasde amptenare en hulle gesinne reeds deurgeloop het, was haar dogter se vernedering egter te veel en sy het ‘n skinderveldtog teen Jacobus de Wet begin.”

64

Kyk Dagregister 1695 Ble. 209 en 213 (AdobeReader bladsye) Die verhaal is egter nie so eenvoudig nie. In 1695 word ’n lastersaak teen Johanna Victor aanhangig gemaak. Karel Schoeman se vertelling oor die insident word as basis vir die verhaal hieronder gebruik, tensy anders aangedui.

65

Na Johannes Pretorius se dood het twee jong amptenare en die soldaat Johannes Fick die Pretoriusse se huis gereeld besoek. Die amptenare was die 22-jarige Jacobus de Wet en die 23-jarige Francois Verboom. De Wet en Verboom het vertel dat hulle baie goed ontvang is en partykeer die hele nag “in vrolijckheid” daar deurgebring het met die weduwee en die twee dogters. Die dogters moes Josina (ongeveer 17 jaar) en Jeanetta (ongeveer 13 jaar) gewees het. Fick het vertel dat hy op die viool gespeel het en “diversche vrolijckheeden gemaakt heeft”. Fick het in die loop van die vrolikheid omgang met Johanna Victor gehad en De Wet en Verboom met die dogter, Josina. So het De Wet vir Josina dan swanger gemaak. (Daar moet in ag geneem word dat aan die vroeë Kaap dogters van so jonk as 13 jaar getrou het.) Die lasterklag teen Johanna Victor was dat sy taamlik gereeld gelaster het jeens gesiene persone. Voorbeelde van die laster was soos volg:

o Goewerneur Simon van der Stel: Johanna beweer dat hy in Amsterdam ’n buite-egtelike kind gehad het en dat Jacobus de Wet die kind moet wees aangesien Jacobus so baie na Van der Stel lyk.

o Johan Blesius, die Fiskaal, is deur Johanna ’n Judas genoem. Sy vrou, Christina Diemer, is “een mancke beest” en “een hoer” van die vorige goewerneur, Isbrand Goske, genoem.

o Anna de Kooning, vrou van Kaptein Olof Bergh, is beskuldig van ’n dronkaard te wees en ’n “droncke beest”.

Page 10: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

o Van Elsje Suerwaarden, die weduwee De Man, het Johanna glo gesê dat sy “een beest, ja, stinckende en dicke beest” is.

o Ten opsigte van die weduwee van Kaptein Cruse, Aaltje Elbertsz, is gesê dat sy haar geld maak met vals gewigte.

o Die dogters van die Burgerrade T D Van Schalkwyk en J D de Beer en die twee dogters van Adriaan van Brakel het ook onder Johanna se tong deurgeloop.

o Johanna se broer, Gerrit Victor, is ook deur haar as ’n skelm uitgemaak. o Die jong vroue in die Kasteel is vir “hoertjes” uitgemaak en veral van ontug met goewerneur Simon

van der Stel beskuldig. So het Johanna Victor swaarde gekruis met ’n groot deel van die gesiene mense in die destydse klein Kaapse gemeenskap. Uiteraard is die getuienis eensydig en kan Johanna se beweerde uitlatings nie vir feite geneem word nie. Die Raad van Justisie het Johanna gevonnis tot ’n boete van ƒ500 en dat sy voor die Raad en almal teenwoordig op haar knieë God, die Raad en die beledigde persone, insluitend persoonlik almal van hulle wat teenwoordig is, om vergiffenis moes vra. Karel Schoeman skryf soos volg: “Wat betref die beweerde ontug onder die amptenary moet dit miskien aan die oorverhitte verbeelding van die ontstoke of moontlik selfs ongebalanseerde Johanna Victor toegeskryf word. Dit is seker egter ewe goed moontlik dat die lewe in hierdie kringe teen dié tyd betreklik wêrelds en ook betreklik gesofistikeerd geraak het, en dat daar in die koloniale situasie en onder die klein groepie amptenare in ’n geïsoleerde hawestad, omring deur slawe en ’n sterk Oosterse invloed, soepeler morele standaarde bestaan het as wat in Nederland gebruiklik was.”

66 Die inligting oor Johanna en haar twee dogters dui egter

daarop dat hierdie in alle geval nie die geleentheid was vir die pot om die ketel te verwyt nie. Johannes Pretorius en Johanna se dogter Josina se seun, Jacobus

67, is op 2 September 1696 gedoop in die Kaap.

In die Doopregister word die vader as onbekend aangegee, maar die kind was later bekend as Jacobus de Wet. Josina het nie getrou nie. Sy het ook ’n tweede buite-egtelike kind, Johanna Weyman, gehad waarna verwys word in die inventaris wat na haar dood opgestel is

68. Karel Schoeman verwys ook daarna dat sy later

waarskynlik nie as sosiaal aanvaarbaar beskou is nie en dat haar vriendekring hoofsaaklik bestaan het uit ongetroude amptenare en besoekers. Sy is in 1713 oorlede – die jaar van die groot pokke-epidemie. Alhoewel daar nie bevestiging opgespoor kon word dat sy aan pokke oorlede is nie, is dit ’n moontlikheid. Ongeag die potensiaal vir verleentheid wat die bogenoemde insidente ingehou het, trou Johanna Victor vir ’n tweede keer op 28 Oktober 1796 te Kaapstad en wel met Johannes Starrenburg afkomstig via Amsterdam en wat gebore is in Lübeck, Sleeswyk-Holstein.

69. Terwyl daar nie sekerheid oor sy geboortedatum is nie, word c.

1677 of c. 1672 as beraamde geboortedatums70

opgegee wat beteken dat hy nagenoeg 25 jaar oud was ten tye van sy huwelik as die vroegste gemelde moontlike geboortejaar in berekening gebring word. Johanna was toe ongeveer 41 jaar oud – ’n moontlike ouderdomsverskil van nagenoeg 16 jaar. Starrenburg kom in 1695 as ’n Adelbors na die Kaap met die Waalstroom.

71 Hy het, onder andere, as Sekretaris

van Willem Adriaan van der Stel en in die houtloods van die VOC gewerk. Hy was leergierig met ’n groot belangstelling in botaniese aangeleenthede. In ’n stadium het hy vryburger geword en die plaas Onrust, 60 morg groot, is aan hom toegeken

72. In 1705 stel W A van der Stel hom aan as Landdros van Stellenbosch. Van

die kommentaar daarop was dat hy die aanstelling aanvaar vanweë spanning tussen hom en sy eergierige vrou en/of sy eie eersugtige geaardheid.

73

Op 24 September 1697 maak Starrenburg en Johanna ’n testament waarin hulle mekaar as erfgename aanwys, met bepaalde voorsiening vir die kinders.

74

Starrenburg was ’n lakei en gunsteling van goewerneur W A van der Stel. In Hoofstuk 2 word agtergrond verstrek oor die verset van ’n aantal burgers teen die goewerneur. Starrenburg het die goewerneur voluit ondersteun. “Hy het ywerig handtekenings vir die getuigskrif wat die Goewerneur oor sy eie voortreflike hoedanighede opgestel het, ingesamel en diegene wat hulle teen die mag van die owerheid verset het, vervolg”.

75

Page 11: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

Dit is interessant dat Johanna en Johannes Starrenburg se stiefseun, Wessel Pretorius, een van die vurige ondersteuners van die verset teen W A van der Stel was, wat die beswaarskrif teen hom onderteken

76.

In die proses het Starrenburg Wessel Pretorius, Van der Heiden, Klaas van der Westhuizen, Christiaan Wynoch, Hans Conterman, Klaas Meyboom, Jacques de Savoye, Pieter de Meyer, Jacob Cloete, Jacob Louw en nog andere, gevange geneem. Wessel Pretorius word op 9 en 10 Maart 1706 verhoor en breedvoerig ondervra oor die versetbeweging. Daar word foutief in die bron na Wessel Pretorius verwys as die stiefvader van Starrenburg, terwyl Starrenberg die stiefvader was. “Starrenburg had namelik zó op het gemoed van zijn stiefvader (stiefseun!) gewerkt, hem zó bang gepraat, dat na twee dagen in de gevangenis deze, uit vrees voor verbanning naar Mauritius (wat in de dagen bijna gelijk stond met de dood) zijn naam zette onder een “confessie” door Starrenburg opgetrokken, waarin hij alles terugtrok en verklaarde ‘t Klagtschrift uit vrees getekend te hebben. …”

77 Só trek Wessel,

volgens Starrenburg vrywillig, die ondertekening van die Klagskrif oor Van der Stel terug. In 1711 het Wessel Pretorius egter onder eed verklaar dat die terugtrekking van die verklaring ongeldig was omdat hy deur Starrenburg “…gewelddadig, en in zijn weerwil van ‘s Heeren straaten (Heerengragt) na ‘t Casteel in hegtenis is gebragt …” en dit nie vrywillig onderteken het nie. Hy ontken ook die inhoud van die verklaring. Op 17 April 1707 neem die Politieke Raad ’n brief van die VOC in behandeling waarin Goewerneur Willem Adriaan van der Stel, die Sekunde Samuel Elsevier, die Predikant Ds. Petrus Kalden en die Landdros van Stellenbosch, Johannes Starrenburg, ontslaan en teruggeroep word na Nederland. Die politieke gevangenes word ook vrygestel. Starrenburg besluit om dadelik te vertrek met die retoervloot en kry passaat op die Popkensburg78. Hy vertrek sonder sy vrou, Johanna, wat in die Kaap agterbly en hier sterf. Sover vasgestel kan word het hulle geen kinders gehad nie. In Nederland is Starrenburg weer na Johanna se dood getroud met Alida de Milly en hulle het ’n seun gehad. Johanna maak weer in 1709 ’n testament.

79 Volgens die vorige testament was sy en Starrenburg buite

gemeenskap van goedere getroud en kon hulle nie mekaar universele erfgename gemaak het nie. Die testament is betwis en haar Pretoriuskinders erf ook.

80

Die inventaris oor Johanna se boedel is opgestel op 8 April 1709, wat daarop dui dat sy voor daardie datum oorlede is. Inagnemende die testament wat ook in 1709 opgestel is, word beraaam dat sy omstreeks Maart/April 1709 oorlede. Sy was dus nagenoeg 54 jaar oud en haar huwelik met Starrenburg het 12 jaar geduur.

Neerslag Die voorval waar Johannes Pretorius in Leiden as student betrokke was by die ontwrigting van werksaamhede, dui daarop dat hy in daardie stadium meer ortodokse teologiese opvattings toegedaan was. Die voorval was nie die eerste en ook nie die laaste studente-ontwrigting by die Universiteit van Leiden nie. Die bewering van Johannes se eerste vrou, dat hy sy stiefkinders se erflating in die herberge deurgebring het, lyk negatief, maar na haar dood is dit Johannes wat namens die weeskinders die brouery en verkoop van suikerbier behartig. Benewens bogemelde twee insidente, dui die inligting daarop dat Johannes verantwoordelik en toegewyd geleef het. Hy was ’n groot en suksesvolle boer, het gedien in sy kerk as diaken en ouderling en het die gemeenskap gedien, onder andere, in die gerespekteerde pos van Burgerraad. Wat die stammoeder, Johanna Victor, betref is daar geen aanduiding van enige probleme tydens haar huwelik met Johannes nie. Na Johannes se dood is dit ’n ander saak en vrae ontstaan oor die mate waarin sy bewus was van haar kind, Josina, se omgang met jongmanne aan hulle huis en die voorbeeld wat sy (Johanna) gestel het deur haar omgang met Johannes Fick. Ook die teenwoordigheid van die haar dertienjarige dogter by die “vrolijckheeden” lyk vreemd. Die hele lastersaak kan ook nie anders as om ’n verleentheid te wees nie. Wat

Page 12: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

haar huwelik met Starrenburg betref, is daar nie gegewens beskikbaar oor haar rol in die botsings tydens die verset teen W A van der Stel nie.

1 Afgelei van doopdatum.

2 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee.

Bl. 27. 3 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee.

Bl. 27. 4 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee.

Bl. 5. 5 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee.

Bl. 27. 6 Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN

0 79814 109 3. Bl. 474. 7 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee.

Bl. 29. 8 Rootenberg, F. U. 2014. Dutch Masters in the Pretorius Bloodline. Familia Volume 51 2014 Nommer 4. Bl. 91.

9 KAB MOOC 8/2 Verw. 29 (Inventaris April 1709) en 10/1 Verwysing 48 (Vendusie Mei 1709) dui daarop dat sy vroeg in

1709 oorlede is. 10

Rootenberg, F. U. 2014. Dutch Masters in the Pretorius Bloodline. Familia Volume 51 2014 Nommer 4. Bl. 91. 11

SAG 8. Bl. 357. 12

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 405. 13

Böeseken, A J. 1981 Starrenburg(h), Johannes (Frederi(c)k). Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 639 14

Böeseken, A J. 1981 Starrenburg(h), Johannes (Frederi(c)k). Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 639 15

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee. 16

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Bl.3. 17

Rootenberg, F. U. 2014. Dutch Masters in the Pretorius Bloodline. Familia Volume 51 2014 Nommer 4. Bl. 92, 93 en 94. 18

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Bl. 310 en volgende bladsye. 19

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Bl. 352 en 353. 20

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Hoofstuk oor Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius 1666 – 1669. 21

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 4 en 5 Maart 1670. Bl. 570. Die webwerf Nationaal Argief. VOC Opvarenden. www.voc.websilon.nl is nagegaan, maar die skip Nuijtssenburg kom nie daarin voor nie. 22

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Hoofstuk oor Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius 1666 – 1669. 23

Sleigh, D. 2004. Die Buiteposte. Pretoria: Protea Boekhuis. ISBN 1 86919 085 8. Ble. 639 – 676. 24

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Hoofstuk oor Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius 1666 – 1669. 25

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Hoofstuk oor Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius 1666 – 1669. 26

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Hoofstuk oor Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius 1666 – 1669. 27

Pretorius, Francois J. 1997. Op ’n onmeetlikeheid: Van een punt na ’n ander. Die Europese agtergrond van die Pretorius-families. Makro Boeke. Clubview. ISBN 0-620-21486-4. Hoofstuk oor Johannes Pretorius, die Stamvader van die Pretoriusse van Suid-Afrika, se jare op Mauritius 1666 – 1669. 28

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 4 en 5 Maart 1670. Bl. 570. 29

Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Bl. 473.

Page 13: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

30

Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Bl. 473 en 474. 31

Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Bl. 474. 32

Schoeman, Karel. 2011. Burgers en Amptenare. Die vroeë Ontwikkeling van die Kolonie aan die Kaap. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-272-3. Bl. 323. 33

Schoeman, Karel. 2001. Armosyn van die Kaap: Die wêreld van ʼn slavin, 1652 – 1733. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79814 109 3. Bl. 474. 34

Rootenberg, F. U. 2014. Dutch Masters in the Pretorius Bloodline. Familia Volume 51 2014 Nommer 4. Bl. 92, 93 en 94. 35

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 13 Desember 1674. Bl. 682. 36

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 28 - 31 Desember 1676. Bl. 737. 37

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 6 Maart 1670. Voetnota. 38

Keller, Corney. Transkribeerder. Den Haag List of Freeburgers. www.eggsa.org 39

Ball, Richard. Transcription of Cape Muster Rolls 1674 and 1675 – free men. Webwerf eGGSA http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/muster-rolls/cape-archives-vc-copies 40

Schoeman, Karel. 2011. Burgers en Amptenare. Die vroeë Ontwikkeling van die Kolonie aan die Kaap. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-272-3. Bl. 298. 41

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee. Bl. 22. Afdrukke is gemaak van die handtekeninge soos in die bron gepubliseer. 42

Ball, Richard. Cape Muster Rolls. http://www.eggsa.org/sarecords/index.php/muster-rolls/cape-archives-vc-copies 43

Schoeman, Karel. 2011. Burgers en Amptenare. Die vroeë Ontwikkeling van die Kolonie aan die Kaap. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-272-3. Bl. 298. 44

Schoeman, Karel. 2011. Burgers en Amptenare. Die vroeë Ontwikkeling van die Kolonie aan die Kaap. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-272-3. Bl. 323. 45

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 235. 46

Heese, Hans. 1979. Opgaafrolle oorgeskryf in die Ryksargief, Den Haag. CD. 47

KAB MOOC 10/1. Verw. 48. 48

Schoeman, Karel. 2007. Early Slavery at the Cape of Good Hope 1652 – 1717. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-147-4. Bl. 223. 49

De Wet, G. 1981. Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting 1657 – 1707. Historiese Publikasie Vereniging. Bl. 142. 50

De Wet, G. 1981. Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting 1657 – 1707. Historiese Publikasie Vereniging. Bl. 189. 51

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 12 Februarie 1680. Bl. 150. 52

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 30 Desember 1675. Bl. 696. 53

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 18 Augustus 1676. Bl. 719. 54

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 28 – 31 Desember 1677. Bl. 734. 55

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 26 november 1677. Bl. 32. 56

De Wet, G. 1981. Die vryliede en vryswartes in die Kaapse nedersetting 1657 – 1707. Historiese Publikasie Vereniging. Bl. 93. 57

TANAP Project of the Nationaal Archief and Sentrum vir Besigheids- en Taaldiens. 2008. Resolutions of the Council of Policy of the Cape of Good Hope between 1651 and 1795. CD. 4 Maart 1678. Bl. 55. 58

KAB MOOC 7/1/1. Verw. 5. 59

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 47. 60

Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie Eeue: 1600 – 1900. Bl. 24. 61

KAB CJ 2871. Verw. 26. 62

KAB CJ 2871. Verw. 26. 63

Van Rensburg, A. M. Projekkoordineerder. Cape Slave Transactions 1658 – 1706. Based upon: Böeseken, A. J. Slaves and Free Blacks at the Cape. 64

De Wet, G. C. 1979. Die Stamvader van die De Wets in Suid-Afrika. Gepubliseer in Familia Jaargang XVI/1979 No. 4. Bl. 79 en 80.

Page 14: Hoofstuk 10 Johannes Pretorius (a2) (1642 1694)familiestories.co.za/.../2017/09/12-Hoofstuk-10-Johannes-Pretorius.pdf · Johannes Pretorius Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Johannes Pretorius

Opdatering 27.1.2015 Vordering 25 50 75 95

65

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 47 en volgende bladsye. 66

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 49. 67

De Wet, G. C. 1979. Wie was Jacobus Wilhelmus de Wet?. Gepubliseer in Familia Jaargang XXI/1984 Vol. 1. Bl. 9. De Wet wys daarop dat Josina se seun net Jacobus was en nie Jacobus Wilhelmus, soos aangedui in SAG 8, Bl. 358, nie. Daar was ’n ander Jacobus Wilhemus de Wet in daardie tyd in die Kaap. 68

KAB MOOC 8/2 Verw. 74. 69

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 405. 70

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 405. 71

Böeseken, A J. 1981 Starrenburg(h), Johannes (Frederi(c)k). Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 639. 72

Böeseken, A J. 1981 Starrenburg(h), Johannes (Frederi(c)k). Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 639. 73

Schoeman, Karel. 2013. Here en Boere. Die Kolonie aan die Kaap onder die Van der Stels, 1679 – 1712. Protea Boekhuis, Pretoria. ISBN 978-1-86919-273-0. Bl. 405. 74

KAB MOOC 7/1/1. Verw. 72. 75

Böeseken, A J. 1981 Starrenburg(h), Johannes (Frederi(c)k). Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 639. 76

Theal, George McCall. 1913. Willem Adriaan van der Stel and other Historical Sketches. Cape Town, Maskew Miller. Bl. 222. 77

Fouché, Leo. 1914. Het Dagboek van Adam Tas 17705 – 1706. Met een onderzoek naar De Klachten der Vrijburgers tegen de Gouverneur Willem Adriaan van der Stel. Longmans Green. London. Ble. 242 tot 246. 78

Leibbrandt, H. C. V. 1896. Precis of the Archives of the Cape of Good Hope: Journal, 1699 – 1732: Kaapstad, W A Richards & Sons, Government Printers. Bl. 121. 79

KAB MOOC 7/1/1. Verw. 73. 80

Böeseken, A J. 1981 Starrenburg(h), Johannes (Frederi(c)k). Gepubliseer in Beyers, C. J. (Hoofredakteur). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Deel IV. Durban: Uitgegee vir die RGN. Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 40909 184 7. Bl. 639