8
Hoërskool Montagu Maandbrief : Maart 2019 Uit die kantoor Geagte Ouers, Voogde, Leerders en Ondersteuners Graag gee ek die volgende inligting aan u deur: 1. Akademie Die vorderingsverslag van hierdie kwartaal is gebaseer op die Mini- eksamen en deurlopende evalueringspunte. Op 29 April word daar ‘n gespreksgeleentheid beplan, waartydens ouers / voogde die vordering van hul kind(ers) met die onderskeie vakonderwysers kan bespreek. Ek wil u vriendelik uitnooi om van hierdie geleentheid gebruik te maak. Volgende kwartaal skryf alle leerders eksamen vanaf 20 Mei tot 07 Junie 2019. Die hoeveelheid werk waaroor hulle dan getoets word, is baie meer as in die geval van toetse. Dit is dus bel- angrik dat leerders vroegtydig vir die eksamen voorberei. In die gevalle waar u merk dat u kind se toetspunte nie na wense is nie, kan u met die betrokke vakonderwyser ‘n afspraak maak. Die slaagver- eistes is: Graad 08 -09 Graad 10 – 12 (ses vakke slaag) 50%+ in Afrikaans 40%+ in Huistaal 40%+ in Engels 40%+ in twee vakke 40%+ in Wiskunde 30%+ in drie vakke 40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in twee ander vakke Die volgende leerders behaal ‘n gemiddelde van 80% en meer. Baie geluk met die mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde): Graad 12: Ferdi Coetzee, Shalomé Neethling, en Henry Viljoen. Graad 11: Jamay Belelie, Suné den Engelsman, Tia Esterhuyse, Alisha Gordon, Enrike Groenewald, Anke le Grange en Tiaan Viviers. Graad 10: Ankia Ellis, Anton Jordaan, Mechyla Schoeman, Line Stemmet, Dirk-Louw van der Westhuizen, Wendy Vis- ser en John Wright. Graad 09: Chris Carstens, Eben Carstens, Franco de Kock, Janie Marais, Anro Nel, Philip Olivier, Nienke Strauss, Ama- ris Strydom, Esma Swanepoel, Hein Swanepoel en JG van Deventer. Graad 08: Jansen Enslin, Willem Nel, Raynard Mitchell, Ann- Lumey Pieterse, Carli Prins, Carlene Segelaar, Geriant Segelaar, Nina Stemmet en Shani Viviers. “ ‘n Mens is nie. ‘n Mens word!” Deur Dr. Flip Schutte Jy is nie die produk van iets nie. Jy is 'n proses. Jy is ook nooit maar net wat jy is nie. Jy is konstant besig om meer of minder te word, as wat jy is. Jy is ook nie so gemaak en so laat staan nie. Jy het 'n keuse van hoe jy wil wees. Die Franse filosoof René Descartes het gesê: "Ek dink, daarom is ek." Met ander woorde jou denke en jou bestaan het iets met mekaar te doen. Die Spreuke-digter het ook geskryf: "Die mens is wat hy dink!" So, volgens hom bepaal jou denke jou wese! Die skrywer van die brief aan die Filippense sê: "Bedink alles wat lieflik en loflik, reg en rein is." By implikasie sê hy dan dat 'n mens dit word wat jy dink. En so is mens op die ou einde jou denke! Ek is wat ek myself toelaat om te dink. Ek word wat ek myself toelaat om te wees! JAARLEUSE 2019: Selfdissipline Ontgin Sukses H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: [email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za

Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

Hoërskool Montagu Maandbrief : Maart 2019

Uit die kantoor

Geagte Ouers, Voogde, Leerders en Ondersteuners

Graag gee ek die volgende inligting aan u deur:

1. Akademie

Die vorderingsverslag van hierdie kwartaal is gebaseer op die Mini-

eksamen en deurlopende evalueringspunte. Op 29 April word daar ‘n

gespreksgeleentheid beplan, waartydens ouers / voogde die vordering

van hul kind(ers) met die onderskeie vakonderwysers kan bespreek. Ek

wil u vriendelik uitnooi om van hierdie geleentheid gebruik te maak.

Volgende kwartaal skryf alle leerders eksamen vanaf 20 Mei tot 07

Junie 2019. Die hoeveelheid werk waaroor hulle dan getoets

word, is baie meer as in die geval van toetse. Dit is dus bel-

angrik dat leerders vroegtydig vir die eksamen voorberei. In

die gevalle waar u merk dat u kind se toetspunte nie na wense is nie,

kan u met die betrokke vakonderwyser ‘n afspraak maak. Die slaagver-

eistes is:

Graad 08 -09 Graad 10 – 12 (ses vakke slaag)

50%+ in Afrikaans 40%+ in Huistaal

40%+ in Engels 40%+ in twee vakke

40%+ in Wiskunde 30%+ in drie vakke

40%+ in enige drie ander vakke

30%+ in twee ander vakke

Die volgende leerders behaal ‘n gemiddelde van 80% en meer. Baie

geluk met die mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde):

Graad 12: Ferdi Coetzee, Shalomé Neethling, en Henry Viljoen.

Graad 11: Jamay Belelie, Suné den Engelsman, Tia Esterhuyse,

Alisha Gordon, Enrike Groenewald, Anke le Grange en

Tiaan Viviers.

Graad 10: Ankia Ellis, Anton Jordaan, Mechyla Schoeman, Line

Stemmet, Dirk-Louw van der Westhuizen, Wendy Vis-

ser en John Wright.

Graad 09: Chris Carstens, Eben Carstens, Franco de Kock, Janie

Marais, Anro Nel, Philip Olivier, Nienke Strauss, Ama-

ris Strydom, Esma Swanepoel, Hein Swanepoel en JG

van Deventer.

Graad 08: Jansen Enslin, Willem Nel, Raynard Mitchell, Ann-

Lumey Pieterse, Carli Prins, Carlene Segelaar, Geriant

Segelaar, Nina Stemmet en Shani Viviers.

“ ‘n Mens is nie. ‘n

Mens word!”

Deur Dr. Flip Schutte

Jy is nie die produk van

iets nie. Jy is 'n proses.

Jy is ook nooit maar net

wat jy is nie. Jy is konstant

besig om meer of minder

te word, as wat jy is. Jy is

ook nie so gemaak en so

laat staan nie. Jy het 'n

keuse van hoe jy wil wees.

Die Franse filosoof René

Descartes het gesê: "Ek

dink, daarom is ek." Met

ander woorde jou denke en

jou bestaan het iets met

mekaar te doen. Die

Spreuke-digter het ook

geskryf: "Die mens is wat

hy dink!" So, volgens hom

bepaal jou denke jou wese!

Die skrywer van die brief

aan die Filippense sê:

"Bedink alles wat lieflik en

loflik, reg en rein is." By

implikasie sê hy dan dat 'n

mens dit word wat jy dink.

En so is mens op die ou

einde jou denke!

Ek is wat ek myself toelaat

om te dink.

Ek word wat ek myself

toelaat om te wees!

JAARLEUSE 2019: Selfdissipline Ontgin Sukses

H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:

[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za

Page 2: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

2

DAGGA GEWETTIG: HOE RAAK DIT SKOLE?

Die datum 18 September 2018 sal bekend staan as ‘n “groenletterdag” in die geskiedenis van

Suid-Afrika. Koeranthoofberigte het dit uitbasuin dat dagga nou gewettig is, wat plek-plek tot

groot verwarring onder lesers gelei het.

Laat daar geen twyfel wees daaroor, dat die dagga-uitspraak van ons land se hoogste hof,

die krisis in ons skole nog meer gaan verhoog. Dis naïef om te dink dat die gebruik van dagga

nie noemenswaardig in ons skole gaan toeneem nie. Elke onderwyser is uitgelewer aan en is

reeds bekommerd oor wat die effek van die wettiging van dagga op leerders gaan hê.

Hoërskoolleerders, 18 jaar en ouer, word volgens die wet as volwassenes beskou en sal nou

dus dagga vrylik tuis kan kweek en rook. Die vraag wat onmiddellik ontstaan, is wat skole en

skoolbeheerliggame gemagtig is om te doen, indien ‘n leerder, en selfs ‘n onderwyser, onder

die invloed van dagga by die skool opdaag.

Tot op hede was geen persoon toegelaat om die skoolterrein onder die invloed van “onwet-

tige middels” te betree nie. Met die nuwe wetgewing verwys skoolbeleid steeds na “enige

bedwelmende of verdowende stof”. Skole is steeds gemagtig om persone – hetsy leerders

of onderwysers – wat onder die invloed van dagga (of drank, of watter verdowende

middel ook al) skool toe kom, die skool te verbied. Dit nieteenstaande die feit dat dit vir

privaat gebruik gewettig is.

My en baie ander se kommer is die effek wat die onbeperkte gebruik daarvan op jong kinders

en in skole in ons gemeenskappe gaan hê. Dagga het ‘n verslawende element wat op die

lang duur gaan lei tot ‘n vorm van psigose en anti-sosiale gedrag. Die aftakelende uit-

werking van dwelms in ons samelewing is onhoudbaar, en gesinne word uitmekaar geruk

deur die effek daarvan.

Ek is bevrees kinders gaan nou groter en vinniger blootstelling en toegang kry tot dagga.

Hopelik sal die regering die wetgewing met groot omsigtigheid benader en in ag neem wat die

uitwerking daarvan op die toekoms van ons jeug is.

Ons is in ‘n krisis gedompel en wat nou koelkoppe benodig. Visionêre denke moet ingespan

word in hierdie totaal nuwe uitdaging aan gemeenskappe in die algemeen, en skole in be-

sonder.

Deur: Danie van Wyk (Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust en FEDSAS)

Kompliment vir ons graad 12’s se gedrag tydens die loopbaanuitstalling

Meneer Prins

Baie dankie dat die leerders van Montagu Hoërskool die afgelope loopbaanuitstalling by Ash-

ton SS bygewoon het. Die leerders was, soos bekend: absoluut gedissiplineerd, goed ge-

manierd, goed voorbereid en bedagsaam teenoor die uitstallers en distriksamptenare.

Baie dankie aan hierdie leerders en die personeel wat hul vergesel het. Ons

hoop dat ons volgende jaar weer hierdie geleentheid vir ons leerders kan skep.

Mev. Karien Barkhuizen

Kaapse Wynland Onderwysdistrik: Skoolsielkundige Dienste

Page 3: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

Geborgde Gholfdag: Die skool se Onder-steunersklub, onder leiding van mnr. Alewyn Hugo, het op 23 Februarie 2 0 1 9 ’n g e b or g d e Gholfdag op die baan van Montagu Gholfklub aangebied.

Onder leiding van Mnr. Hugo en sy span was dit

die grootste gholfdag nóg

vir die Monties. Die dag het ’n mooi opbrengs van meer as R90 000 opgele-wer. Vanuit hierdie oord, baie dankie vir almal wat ’n oop hand vir die skool het en ons skool getrou

ondersteun.

Skoolgelde Ons wil graag versoek dat die betaling van skoolgelde, waar moontlik, per internet oordragbetaling plaasvind. Dit sal baie bankkoste spaar en administrasie vergemak-lik. Gebruik u kind se naam en van en graad as ver-wysing. Ons bankbesonder-hede is as volg:

ABSA Montagu Hoërskool Montagu

Tjekrekening 1050 5600 97

Toetse en tuiswerk: Dit is baie belangrik dat leerders nie net getrou skool bywoon nie, maar dat tuiswerk daagliks volledig gedoen word en dat daar baie goed vir toetse voorberei moet word. Akademiese ver-pligtinge kom eerste, dan die res van die skoolakti-witeite.

Valentynsbal en “Sivvie” dag

Op 1 Februarie 2019 is daar ‘n Valentynsbal gehou met die tema

“Around the World”. Al 140 kaartjies was uitverkoop en veral

die graad 12’s was in groot getalle daar.

Noodhulp: Op 8 Februarie het 23 juniors leerders noodhulp-

opleiding by SOZO ontvang en op 9 Februarie het 27 senior

leerders die Boksmart Noodhulpopleiding voltooi. Albei

opleidings is baie insiggewend en die leerders het dit baie ge-

niet. Die noodhulpspan is nou goed voorbereid en reg vir die

jaar se sportseisoen.

Die Senior VRL het

baie moeite gedoen om

die saal mooi te versier

en die leerders het spog-

gerig gelyk.

Baie dankie aan almal

wat die Valentyns-

dagverkope en “Sivvie”

dag ondersteun het. Dit

is verblydend, om die

groot getal kinders in

“sivvies” te sien. Dankie

vir die goeie samewer-

king en gedrag.

CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende ge-

lykenisse in die Bybel behandel in die kringe. Op 8 Maart het

Ds. Wynand Olivier en sy vrou, Ilse, wêreldbiddag vir die

seuns en dogters onderskeidelik gehou. Die boodskap het

beklemtoon dat ons moet besef dat gebed sonder aksies,

waardeloos is. Elkeen van ons is verantwoordelik vir ver-

andering deur gebed en dade. Baie dankie vir Locarno en die

NG Kerk vir die bydraes tot die Wêreldbiddag-geleentheid.

3

Sportafrigting: Indien daar enige ouer is wat bereid is om te help met wintersport- afrigting, vra ons dat u die skool dringend

kontak. Ons is veral op soek na iemand wat kan help met rugby-afrigting.

Page 4: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

1ste Netbal Toer: Die eerste netbaloefengroep van 2019, het die naweek van 8-11 Maart, na

Lutzville getoer. Vrydag klop ons Piketberg 21-11. Saterdagoggend, in Lutzville, klop ons Monu-

mentpark (1200 leerders) en Vredendal Sekondêr met gemak. Ons verloor egter die wedstryd

teen Vredendal (die toernooi wenners) met 1 doel. Ons speel teen Worcester Gim vir die 3de plek

en wen met twee doele in 'n baie goeie wedstryd en eindig 3de by die toernooi! Na twee dae se

netbal wen ons 4 van die 5 wedstryde. Dankie, aan al die spelers wat die toer meegemaak het.

Julle samewerking en gedrag was puik. Baie dankie aan Juffrou Mari-Lena Joubert en Mev.

Carien Burger vir al die reëlings, tyd , afrigting en liefde vir die span.

Piketberg: Rugby en Netbal: Op 9 Maart het 11 netbalspanne en 5 rugbyspanne teen Piket-

berg deelgeneem. Ons wen 6 van die 11 netbalwedstryde. Die eerste netbalspan speel puik en

wen 21-11. Op die rugbyveld het ons al 5 wedstryde gewen. Die eerste rugbyspan klop Piketberg

met 35-14. Baie geluk aan al ons spanne en baie dankie vir die puik gedrag en positiewe in-

gesteldheid.

4

Interskole Tennis: Vrydag 22 Februarie is die tennisseisoen op 'n hoogtepunt afgesluit met

die tennis-interskole wedstryde. Die 1ste en 2de spanne het tuis gespeel en die 3de en 4de spanne

het die pad Bredasdorp toe aangedurf. Die wedstryde was baie spannend! Baie geluk aan die

1ste seuns-, 2de dogters- en die 4de seuns- en dogtersspanne wat gewen het. Baie dankie aan

elke tennisspeler vir wedstryde wat gekenmerk is met deursettingsvermoë en baie mooi sport-

mansgees. Die tennis eindig gelykop.

Interskole Krieket: Tydens hulle interskole wedstryd, verloor ons 0/15 span teen Bredasdorp

met 20 lopies. Ons beste kolwers was Leewin Swartz met ‘n uitstekende 53 lopies en Willem Nel

met 20 lopies. Ons beste bouler was Ronaldo Koker met 3 paaltjies vir 15 lopies.

By die 0/18 dogters interskole wedstryd kolf Bredasdorp eerste en behaal 88 lopies. Ons beste

bouler was Shanique Verhoog met 2 paaltjies. Ons gaan kolf en teken 91 lopies aan met 4

paaltjies plat. Ons beste kolwer was Tia Esterhuyse met 35 lopies. Ons wen die wedstryd met 6

paaltjies. Baie geluk aan al ons dogters!

Tydens die 0/18 seuns interskole wedstryd kolf Bredasdorp eerste en teken 177 lopies aan. Ons

beste bouler was Pernell Mendes met 3 paaltjies vir 21 lopies. Die Monties gaan kolf en word

almal uitgehaal vir 153 lopies. Ons beste kolwers was Pernell Mendes met 64 lopies en John

Wright met 26 lopies. Ons verloor die wedstryd met 24 lopies.

SPORTUITSLAE

Baie dankie aan Mnr. Frans Louw van Agrimark vir die mooi toer-klere, ons waardeer dit baie.

Page 5: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

SPORTUITSLAE VERVOLG Atletiek: Die Montiespan het goeie uitslae behaal op die Noord-

Boland byeenkoms deur 7 Goud, 7 Silwer en 6 Brons te verower.

Shawn Conradie se 3 000m was die 7de beste uitslag van die dag(778

punte op die ASA-tabel).

Eerste plekke is behaal deur: Ajera le Kay (100m hekkies), Shaun Con-

radie (3000m en 1500m), Chris Carstens (gewigstoot), Casey-Lee

Wilschut (gewigstoot), Deborah Brown (100m hekkies) en Kaylin For-

tuin (verspring). Hierna word 13 atlete in die Noord-Bolandspan op-

geneem om aan die Boland Kampioenskappe te gaan deelneem.

Die Boland Hoërskole Atletiek Kampioenskappe het plaasgevind op

22 en 23 Februarie 2019. Baie geluk aan Curwin Cupido met sy silwer

medalje in die 400m hekkies. Vyfde plekke word behaal deur:

Shaun Conradie (3000m en 1500m), Chris Carstens (gewigstoot) en

Kaylin Fortuin (200m).

Baie dankie vir die personeel wat as beamptes en busbestuurders opge-tree het en dit vir die atlete moontlik gemaak het om deel te neem. Die Montie-atlete waardeer u opofferings!

Landsdiens Pres-tasie

Zindi van Zyl is 1

van 10 leerders uit

die Wes-Kaap wat

verkies is tot die

Provinsiale Junior

Landsdiens Bestuur

vir die volgende 3

jaar. Baie geluk,

Zindi! Ons is trots

op jou!

Biblioteek: Al-

tesaam 17 Bilioteek-

prefekte het hul

balkies ontvang. Baie

dankie aan elkeen

van julle en baie

sterkte vir die be-

langrike taak. Ons is

baie trots op ons bib-

lioteek. Die leerders

neem ’n groot aantal

boeke uit. Lees help

jou taalvaardighede,

lees-en leervermoë.

Die biblioteek is elke

eerste pouse oop,

asook aktiwiteits-

periodes. Elke

leerder mag 2 boeke

uitneem vir ‘n perio-

de van 2 weke.

Krieket: Die 0/15 seuns klop Robertson met 92 lopies. Ons beste kol-

wers is Anro Nel met 30, Willem Nel met 25 en Leewin Swartz met 46

lopies. Ons beste bouler was Junior Pearson met 3 paaltjies vir 8 lopies.

Teen Montana verloor ons 0/15-span met 5 paaltjies. Ons beste kolwers

is Leewin Swartz met 19 lopies en Nathan Jansen met 18 lopies. Ons

beste bouler is Willem Nel met 2 paaltjies vir 12 lopies.

Die o/18 span klop Worcester Hub. met 2 paaltjies. Die beste bouler was

Cobus Nel met 3 paaltjies vir 12 lopies en beste kolwers was Cobus Nel

met 24 en Mickyle Michaels met 17 lopies (n.u.n.). Montagu wen met 2

paaltjies. Teen Swellendam wen die eerste span met 98 lopies. Ons

beste kolwers was Cobus Nel met 31, Rewin Opperman 28, Pernell

Mendes 23 en Cherwin de Koker met 21 lopies. Ons beste bouler was

Cobus Nel met 2 paaltjies vir 8 lopies.

Ons dogterskrieketspan klop Hoërskool de Villiers Graaf met ’n alle-

mintige 102 lopies. Ons beste kolwers was Tia Esterhuyse 23, Nelizia

Fortuin 22 en Dehana Jacobus met 22 lopies. Ons beste bouler was

Brooklyn Kiewiets met 2 paaltjies. 5

Krieket Prestasies: Cobus Nel en Pernell Mandes is opge-

neem in die Noord-Boland 0/17 span, Leewin Swartz in die

Noord-Boland 0/15 span en Willem Nel in die Noord-Boland

0/14 span. Baie geluk manne!

Rugby en Hokkie Toere: Die eerste rugbyspan toer soos gebruiklik

die vakansie na Oakdale, op Riversdal, en die hokkie se twee eerste-

spangroepe gaan aan Charlie Hofmeyr se hokkiekliniek deelneem. Baie

sterkte aan ons spanne en baie dankie vir die afrigters!

Page 6: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

Wêreld hardop-leesdag.

Die junior VRL het hul deel gedoen vir hardop-leesdag en gesorg dat die storie wyd versprei word. Hulle was onder an-dere by die hospi-taal, nasorgsen-trums en jeug be-dienings.

Leierskap-Kamp Enrike Groenewald is deur die Rotary Club aangewys om ‘n leierskap kamp van 21 tot 24 Maart op Franschoek by te woon. Ons wens haar sterkte toe.

N a s i o n a l e Toneelkompetisie Isobel Telford en Henry Viljoen het aan die eerste rondte van die Na-sionale Toneelkom-petisie op 27 Febru-arie deelgeneem.

Kommunikasie

Ten einde die skool effektief te laat funksioneer, is goeie kom-

munikasie deur die regte kanale baie belangrik. Om goeie

kommunikasie te verseker, geld die volgende reëlings:

Leerders meld enige navraag of probleem persoonlik en dade-

lik by die betrokke vakonderwyser, graadhoof of sportafrigter

aan. Indien dit nie bevredigend opgelos word nie, meld die

leerder dit by my kantoor aan.

Indien dit dan nog steeds nie bevredigend opgelos is nie, word

die ouers van die betrokke leerder by die aangeleentheid be-

trek.

Ek wil ‘n beroep op ouers doen om eers by u kind uit te vind of

hy/sy bogenoemde reëling gevolg het, voordat u die skool ska-

kel. Die skool kan slegs sinvol optree as ons eerstehands

bewus is van u navraag of probleem en kans gekry het om dit

te ondersoek. Die fasehoofde vir 2019 is as volg: Graad 08:

Mev. Janine Beukes, Graad 09: Mev. Janine Beukes, Graad

10: Mnr. Derick Kotzé, Graad 11: Mev. Ingrid Kriel en Graad

12: Mnr. Tertius Prins.

Bogenoemde persone hanteer nie slegs die navrae of griewe

van die leerders nie, maar is ook verantwoordelik vir die han-

tering van leerderoortredings in die betrokke graad.

6

Hokkie 2019

Vrydag, 1 Maart, is die hokkieseisoen amptelik geopen met 'n hokkiekliniek wat deur Vossie en Ammi van Stellenbosch aangebied is. Ons het vanjaar ook die Laerskool se hok-kiespelers genooi om deel te neem. In totaal het 70 hok-kiespelers die middag bygewoon! Daar is lekker fiksheid ge-doen, 'n geesbou-sessie is gehou en BAIE hokkie is gespeel.

Page 7: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

Tennis: Anro Nel

Anro Nel het ‘n besige eerste kwartaal agter die rug. Tydens die Matchpoint Foundation-toernooi behaal Anro ‘n tweede plek in die 0/18 afdeling. Hy het tydens die Bo-land Proewe weereens die nommer 1, Boland 0/15, po-sisie behou. Hierdie span neem vanaf 16 tot 19 Maart aan die Interpro Toernooi deel.

Skoolbywoning Die skoolbywoning van ons leerders is baie goed. Die gemiddelde bywoning vir die afgelope kwartaal is net onder 98%. Baie dankie vir u same-werking in dié verband. Ons vra dat u asseblief sal skakel, indien u kind nie die betrokke dag skool kan bywoon nie. Op die dag wat u kind terugkeer skool toe, moet hy/sy `n briefie van u of van die dokter inhan-dig. Tydens eksamens sal slegs doktersbriewe aanvaar word.

7

Badkamers

Graag wil ons van die geleent-

heid gebruik maak om die

ouers wat spieëls geskenk het

vir die leerders se badkamers,

hartlik te bedank. Baie dankie

vir u bydrae tot die mooi maak

van die badkamers. Dit word

opreg waardeer.

Skooltye / Wintersdrag

Wintersdrag (baadjie en das) word gedra vanaf

Woensdag 2 Mei. Ouers word versoek om asseblief

vroegtydig met die leweransiers reëlings te tref ten opsig-

te van wintersdrag. Die skool heropen Dinsdag 02 April,

soos gebruiklik om 08:00. Leerders word herinner dat

daar wintersport-oefeninge sal wees in aktiwiteitsperiode

op Dinsdag 2 April. Vanaf Woensdag 3 April word win-

terstye gevolg. Ons begin dan 07:35 en sluit om 14:30.

Ek wil ‘n beroep op ouers doen om ongebruikte

skooldrag, veral wintersdrag, aan die klerebank te skenk

of beskikbaar te stel, dat ons dit namens u kan verkoop.

MONTIE GROETE.

SKOOLHOOF: MNR. TERTIUS PRINS

Beheerliggaam 2019

Die Beheerliggaam se ampsdraers en voorsitters is as

volg:

Voorsitter: Mnr. Theuns Carstens

Ondervoorsitter: Mnr. Juan Swanepoel

Tesourier: Mnr. Philippie Olivier

Sekretaris: Dr. Nadine van Zyl

Komitee Voorsitters:

Finansies: Mnr. Phillippie Olivier

Grond en Geboue: Mnr. Alewyn Hugo

Dissipline en Beleid: Mnr. Theuns Carstens

Ondersteunersklub en Bemarking: Dr. Nadine van Zyl

Sosiaal: Mev. Leana van Deventer

Koshuis: Mnr. Vikus Ellis

Baie dankie aan elke ouer/voog wat die belange van die

skool op die hart dra en die skool en die personeel

ondersteun. Ek kan u verseker dit word waardeer.

Ek wil u ook uitnooi om betrokke te wees en u hulp aan

te bied. Daar is baie terreine waar ouers/voogde be-

trokke kan wees en net soos die leerders is betrokke

ouers/voogde, gelukkige ouers/voogde. Mag u die

skoolvakansie tyd kry om kwaliteit-tyd met u kind te

spandeer. Onthou: Tyd gaan vinnig verby!

Page 8: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Maart 2019 Laaste (1... · 2019. 4. 3. · vir die goeie samewer-king en gedrag. CSV-Wêreldbiddag: Die kwartaal het ons verskillende

BELANGRIKE DATUMS : 2DE KWARTAAL 2019

April 02 Skool heropen 08:00 (Somersdrag)

03 Wintertye word gevolg (begin 07:35 in plaas van 07:15)

06 Rugby/Netbal/Hokkie teen Robertson (tuis)

10 Netbal Soneproewe

13 Rugby/Hokkie/Netbal teen Stellenbosch (tuis)

15 SBL vergadering 18:00

16 Mnr. en Mej. Uitdunne

17 Netbal Soneproewe

19 Goeie Vrydag (Openbare vakansiedag)

22 Gesinsdag (Openbare vakansiedag)

26 Indaba Sivviedag

29 Ouergesprekke (Vanaf 16:30 tot 18:30)

Mei

01 Werkersdag (Openbare vakansiedag)

02 Wintersdrag word gedra; Junior- en Senior Redenaars 19:00

04 Rugby en Netbal teen Bonnievale (weg); Wes-Kaap Netbalproewe

08 IEC Verkiesing 2019 (Openbare vakansiedag)

09 Mnr. & Mej. Hoërskool Montagu Finaal

10 Wes-Kaap Netbalproewe

11 Rugby/Hokkie/Netbal teen Swellendam (weg); Wes-Kaap Netbalproewe

18 Sportdag teen Montana (weg)

21 Gr 08-12 Eksamen begin (tye: 08:00-13:00)

30 Hemelvaart

Junie 03 SBL vergadering 18:00

07 Gr 08-12 Eksamen eindig

10 “Sport is Sports”-middag 13:30-16:30

12 Senior Winterbal

13 Junior Winterbal; Sivviedag

14 Skool Sluit ; Algemene Kennis

Gr. 7 OPEDAG 2019

Gr. 7 OPEDAG 2019

8