40
Hoërskool Jan van Riebeeck Visuele Kuns Program vir GRADE 10, 11 en 12 Doel van Visuele Kuns: Om leerders die geleentheid te bied om kennis te neem van ‘n verskeidenheid van kuns metodes en tegnieke en daarmee te eksperimenteer in hul eie werk; verder word leerders bekend gestel aan verskeie kuns praktyke – beide plaaslik en internasionaal – ten einde ‘n verskeidenheid van visuele oplossings te kan ondersoek in hul eie werk. Leerders leer ook van simbole en versteekte boodskap in kuns sodat hul met vrymoedigheid kan gesels oor die moontlike betekenisse van kunswerke. Historiese perspektief help leerders om hierdie versteekte boodskappe te verstaan binne die tydperk en sosiale omtstandighede waarin die kunswerk geskep is. Kunsgeskiedenis en prakties word dus geïntegreer in dierdie program. Die volgende terminologie behoort deur die loop van die leerprogram aan die leerders bekend te word: (i) Terme met betrekking tot vraestelle: Analiseer: ‘n Gedetaileerde en logiese bespreking van die formele elemente soos lyn, kleur, toonwaardes, formaat en komposisie van die kunswerk. Beeld: Voorstelling van iemand of iets op ‘n skildery, tekening, ens. Bespreek: Bied jou standpunt aan en gee geldige redes vir jou stellings. Estetika: Teorie van skoonheid en kuns en die begrip van pragtige/skone objekte. Die filosofie van skoonheid. Ikoniese: Tree op as ‘n teken of simbool; ook frontaal uitgebeeld, gewoonlik simmetriese uitbeelding of beeldhouwerk.

Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Hoërskool Jan van Riebeeck

Visuele Kuns Program vir GRADE 10, 11 en 12

Doel van Visuele Kuns: Om leerders die geleentheid te bied om kennis te neem van ‘n verskeidenheid van kuns metodes en tegnieke en daarmee te eksperimenteer in hul eie werk; verder word leerders bekend gestel aan verskeie kuns praktyke – beide plaaslik en internasionaal – ten einde ‘n verskeidenheid van visuele oplossings te kan ondersoek in hul eie werk. Leerders leer ook van simbole en versteekte boodskap in kuns sodat hul met vrymoedigheid kan gesels oor die moontlike betekenisse van kunswerke. Historiese perspektief help leerders om hierdie versteekte boodskappe te verstaan binne die tydperk en sosiale omtstandighede waarin die kunswerk geskep is. Kunsgeskiedenis en prakties word dus geïntegreer in dierdie program. Die volgende terminologie behoort deur die loop van die leerprogram aan die leerders bekend te word:

(i) Terme met betrekking tot vraestelle:

Analiseer: ‘n Gedetaileerde en logiese bespreking van die formele elemente soos

lyn, kleur, toonwaardes, formaat en komposisie van die kunswerk.

Beeld: Voorstelling van iemand of iets op ‘n skildery, tekening, ens.

Bespreek: Bied jou standpunt aan en gee geldige redes vir jou stellings.

Estetika: Teorie van skoonheid en kuns en die begrip van pragtige/skone objekte.

Die filosofie van skoonheid.

Ikoniese: Tree op as ‘n teken of simbool; ook frontaal uitgebeeld, gewoonlik

simmetriese uitbeelding of beeldhouwerk.

Inheems: Oorspronklik van en behoort aan die land waar die werk of artefak gevind

is, eerder as dat dit daarheen geneem is vanaf ander lande of streke.

Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee ‘n ingeligte mening oor) ‘n kunswerk.

Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, ensovoorts en motiveer

jou bevindinge deur na soortgelyke spesifieke voorbeelde te verwys.

Justaposisie: Om kunswerke langsmekaar of teenoor mekaar te plaas om sodoende hul

verskille, kontraste en/of nuwe verhoudings te toon.

Verduidelik: Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.

Vergelyk: Wys binne dieselfde argumente op ‘n geordende wyse op verskille en

ooreenkomste.

Verklaar: Gee ware feite en sê reguit wat jy dink – gee jou eie opinie, asook ‘n

verduideliking.

Visuele bronne: Die visuele afbeeldings wat in die vraestel verskyn.

Page 2: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

(ii) Terme met betrekking tot Style en Kunsbewegings:

Abstraksie: verwys na style wat gebaseer is op nie-figuratiewe onderwerpsmateriaal, wat kuns elemente op so 'n wyse manipuleer dat daar geen visuele verwysing na herkenbare voorwerpe (hetsy organiese of anorganiese) is nie. Abstraksie is veral waarneembaar in die twintigste eeu se kuns style. Abstraksie kan ook verwys na die reduksie van waargeneemde vorms tot die mees basiese vorms deur middel van die uitskakeling van detail.

Abstrakte ekspressionisme: (gebare en kleurveld) beskou kuns as 'n ervaring opsigself, sonder verwysing na die interpretasie van onderwerpsmateriaal. In gebare-abstrakte ekspressionisme word die aksies waardeur kuns geproduseer word, as sinvol en as skeppende handelinge van selfontdekking beskou. Voorstellings of konfigurasies is grootskalig en nie-figuratief en is gebaseer op die uitdrukking van die kunstenaar se self deur middel van skilderkunstige gebare (aksieskildering), wat vorms op oppervlakke skep. In kleurveld-abstrakte ekspressionisme streef die kunstenaar daarna om konsepte soos oneindigheid en verhewenheid as suiwer idees uit te druk. Voorstellings of konfigurasies stel tydlose en onontleedbare vorms voor, en dra dikwels leegheid en tragedie oor. Abstrakte ekspressionisme vind aansluiting by Tachisme, wat gebaseer is op produkte wat bestaan uit onreëlmatige kleurvlekke.

Abstrakte illusionisme: is die gebruik van nie-figuratiewe onderwerpsmateriaal soos lyne, fatsoene en kleure, wat deur die gebruik van toonwaardes illusionistiese ruimtelike effekte verkry.

Art Nouveau: was 'n reaksie teen Eklektisisme en verwys na die dekoratiewe interpretasie van organiese onderwerpsmateriaal soos skulpe, plante en blare. Voorstellings en produkte beklemtoon golwende lyne, lineêre beweging en oordrewe versiering, wat die struktuur van voorwerpe versteek.

Barok: is die emosionele interpretasie van onderwerpsmateriaal, wat sodoende dramatiese, teatraal, hartstogtelik en sensueel word. Voorstellings is indrukwekkend en word in illusionistiese ruimte en lig uitgebeeld, met die klem op oordrywing, dinamiese beweging, sterk tonale kontraste (chiaroscuro), detail, oppervlaktekstuur en helder kleure.

Page 3: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Bauhaus: verwys na die soeke na oplossings vir sekere probleme wat verband hou met behuising, stadsbeplanning, toegepaste kunste en massaproduksie van gehalte produkte. Dit het verband tussen ontwerpers- en industriële tegnieke daargestel. Voorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale wat gebruik is.

Dada: is geskep van nie-kuns of anti-kunsprodukte met die uitgangspunt dat kultuur alle betekenis verloor het en waansinnig geword het. Dit is 'n nihilistiese styl en die onderwerpsmateriaal is moeilik interpreteerbaar aangesien produkte destruktiewe kritiek op die kuns van die verlede en die hede is. Toevallige voorstellings word met gemengde media geskep en beeld uittartende, fantastiese, humoristiese, ironiese en absurde ervarings uit.

Dekonstruksie of Dekonstruktivisme:

Dit is 'n moderne weergawe van Dadaïsme. Dit stel absurditeit op 'n rasionele wyse voor, bv. Mure wat doelbewus verwring of skeef is, grondplanne wat uitmekaar gemaak en op ongewone manier herrangskik word; en klem word gelê op konstruksie-elemente wat voorheen bedek is, bv. oop pypwerk wat in helder kleure geverf is, skilderye wat opgesny en in 'n ander orde aanmekaar geheg is, ens. Verwys na Post-Modernisme.

De Stijl: is die intellektuele en idealistiese interpretasie van onderwerpsmateriaal. Onderwerpsmateriaal word gereduseer tot nie-figuratiewe geometriese komposisies wat uit horisontale en vertikale swart lyne en die drie primêre kleure bestaan. Voorstellings beeld suiwer vorm uit, wat bedoel is om simboliese weergawes van transendentale en universele waarheid of realiteit te wees. Ook genoem Neo-plastisisme.

Ekspressionisme: is die persoonlike, individuele en emosionele interpretasie van onderwerpsmateriaal soos afgelei uit die kunstenaar se introspeksie en dien as 'n metode vir selfontleding. Die onderwerpsmateriaal is simbolies verwring om emosionele krisisse, tragedie, pessimisme en neurose voor te stel. Voorstellings beklemtoon die gebruik van dinamiese beweging, sterk kwashale, dramatiese kontraste en intense kleure vir hul uitdrukkings moontlikhede.

Fauvisme: is die sintuiglike en konseptuele interpretasie van onderwerpsmateriaal wat tot die essensie gereduseer word om die inherente realiteit van voorwerpe weer te gee. Voorstellings is semi-figuratief en neig om dekoratief te word, met klem op kleur, lyn en fatsoen.

Formalisme: verwys na Post-skilderkunstige abstraksie

Page 4: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Fotorealisme of Superrealisme:

is 'n hiperrealistiese vorm van Naturalisme en verwys na die objektiewe, onpersoonlike en tegnologiese interpretasie van onderwerpsmateriaal wat ontleen is aan foto's van die alledaagse natuurlike en kulturele omgewing. Figuratiewe voorstellings is grootskaalse kopiërings van werklike foto's met die klem daarop om 'beter as die kamera' te wees.

Funksionalisme: is ontleen aan die beginsel van 'vorm volg funksie' en is veral op die argitektuur van toepassing. Produkte word in 'n geometriese sisteem georganiseer, wat die logiese verband van die dele tot die geheel betrek in terme van eenvoud, reëlmatigheid en 'n algehele intergrasie van vorm en materiaal, struktuur en funksie.

Futurisme: verwys na die gelyktydige interpretasie van die verskillende uitwerkings wat die onderwerpsmateriaal op die sintuie het. Dit poog om moderne tegnologie in momente van onstuimigheid, energieke beweging in tydsekwensies voor te stel. Voorstellings los in uitstralende energiekragte op, met die klem op gesimuleerde lyn wat die dinamika van gestimuleerde beweging in en om die onderwerpsmateriaal weergee.

Idealisme: is verwant aan Klassisisme en Intellektualisme in die sin dat onderwerpsmateriaal in so 'n mate geïdealiseer word dat dit as volmaak voorgehou word, in teenstelling met natuurlike voorkomste.

Impressionisme: is die perseptuele, wetenskaplike en objektiewe weergawe van onderwerpsmateriaal, soos deur 'n waas van lig en atmosfeer gesien. Onderwerpsmateriaal word ontleen aan 'n onmiddelike ervaring van die visuele sensasies van alledaagse tonele en landskappe. voorstellings beeld die momentele effek of indruk van lig en atmosfeer uit, deur die gebruik van spektrumkleure, optiese vermenging en kortkwashaaltegnieke (divisionisme).

Kinetiese kuns: verwys na driedimensionele, gesuspendeerde produkte wat in die ruimte deur die gebruik van lugstrome, meganiese middele, magnetiese velde en laserstrale in werklike beweging gestel word. Vorms is so gebalanseer dat die dele in 'n noukeurige beplande komposisie beweeg en sodoende voortdurend veranderende definisies van lig en ruimte in 'n spesifieke tydsekwensies skep.

Klassisisme: is die teenoorgestelde van Romantisisme. Voorstellings is figuratief en verteenwoordig intellektuele idealisering van onderwerpsmateriaal deur middel van die rasionele gebruik van meetkunde en wiskunde.

Konseptuele kuns: is kuns waarin die skeppende gedagte, die konsep, belangriker is as die produk. Die produk word uitgeskakel en onderwerpsmateriaal bestaan uit die rangskikking van 'omgewings' wat uit voorwerpe en waarnemers bestaan. Deur middel van sintuiglike ervaringe word waarnemers deel van die

Page 5: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

skeppende proses, wat bestaan uit 'n programmeerde gebeurtenis wat tegnologiese apparaat betrek om lig, klank en kleur te produseer.

Konstruktivisme: is die soeke na suiwer vorm deur die gebruik van wiskunde en industriële ingenieurstegnieke en -meganismes. Onderwerpsmateriaal is nie-figuratief en voorstellings is onpersoonlik, driedimensionele konstruksies wat bestaan uit tegnologiese materiale soos metaal, glas, draad en plastiek.

Kubisme: is die intellektuele en konseptuele interpretasie van onderwerpsmateriaal wat semi-figuratief word. Onderwerpsmateriaal word deur middel van gelyktydige gesigspunte ontleed en weergegee, om inligting deur die voorstelling van die konsep van die onderwerp, en nie die persepsie daarvan nie, weer te gee. Dit is 'n soeke na pikturale realiteit, met klem op ontwerpselemente ten einde 'n suggestie, en nie 'n illusionistiese kopie nie, van onderwerpsmateriaal weer te gee.

Mannerisme: is die algemeen verwys na mindere kunstenaars wat die 'maniere' navolg van groot kunstenaars wat style inisieer. Style is dus gebaseer op die bestaande style van meesters en nie op die natuur self nie. Tegniese vaardigheid in terme van die manipulering van inhoud, vorm en media word belangrik. Voorstellings is figuratief dog verwronge, en oordrewe onderwerpsmateriaal word kunsmatig en teatraal.

Minimalisme: verwys na die onmiddelike, objektiewe, onpersoonlike wêreld van materialisme in terme van regstreekse ervaring en fenomenologiese betekenis sonder interpretasies. Produkte word gemaak van industriële materiale en word gereduseer tot primêre strukture wat omgewings skep waarin waarnemers kan beweeg. Betekenis is nie in die kunstenaar se verstand gesetel nie, maar in die produk self asook die onmiddelike teenwoordigheid daarvan.

Modernisme: verwys na die style wat tussen 1950 en 1970 ontstaan het, soos Abstrakte ekspressionisme, Minimalisme, Funksionalisme, Formalisme en die Internasionale Styl. Dit impliseer produkte wat op die intellektuele reduksionistiese beginsel gebaseer is, m.a.w. om so min moontlik te gebruik om so veel moontlik te 'sê'. Dit reduseer produkte tot hul algemene essensie in terme van die inherente waarheid en eksklusiewe kenmerke van materiaal, vorm en funksie.

Naturalisme: verwys na style wat figuratiewe onderwerpsmateriaal weergee, hetsy van die organiese of anorganiese wêreld en wat as sodanig herkenbaar is. Natuurgetroue weergawes.

Page 6: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Neo-Impressionisme: is op dieselfde beginsels as Impressionisme gebaseer, maar met die klem op die wetenskaplike gebruik van pointillisme en divisionisme. Dit impliseer die naasmekaar plasing van klein stippels suiwer kleur om die optiese vermenging van kleur moontlik te maak. Voorstellings word gestileer, met die klem op kleur en skilderkunstige stippels.

Neo-Klassisisme: is die herlewing van klassieke style soos die Griekse Klassisisme en die Renaissance. Voorstellings is propagandisties en didakties van aard, en is op figuratiewe onderwerpsmateriaal gebaseer wat deugsame eenvoud, edele selfopoffering, matigheid, kuisheid en heroïese patriotisme simboliseer.

Optiese kuns: is gebaseer op die sielkunde van waarneming en verwys na die optiese persepsie van nie-figuratiewe onderwerpsmateriaal. Geometriese voorstellings bestaan uit lyn, fatsoen en kleur wat dubbelsinnig, gesimuleerde bewegings deur middel van optiese illusies en vibrasies skep.

Pop(ulêre) Kuns: verwys na die perseptuele interpretasie van onderwerpsmateriaal wat ontleen is aan massa geproduseerde verbruikersware van moderne stedelike en voorstedelike lewe. Kunstenaars verwerp die natuurlike omgewing en gebruik voorwerpe van die pop-kultuur soos meubels, plakkate, sopblikkies, bierblikkies, Coke-bottels en reklameborde, wat die wisselwerking tussen die individu en tegnologie beklemtoon. voorstellings is figuratief en feitlik en sluit die gebruik van gemengde media, collage en assemblage in. Funkkuns hou verband met Popkuns in die sin dat die omgewings wat die dekadensie van 'n verbruikersamelewing beklemtoon, geskep word.

Post-Impressionisme: is die subjektiewe, emosionele en persoonlike interpretasie van onderwerpsmateriaal soos mense, landskappe en daaglikse tonele. Objektiewe weergawes word verwerp, terwyl kennis in die persoonlike wêreld van die self en die individu se benadering tot die buite wêreld gesoek word. Dit is die begin van die begrip 'kuns ter wille van kuns', in die sin dat kunswerke onafhanklike, outonome entiteite geword het. Voorstellings wyk van die natuur af, met die klem op kuns elemente soos lyn, fatsoen, kleur en tegniek.

Page 7: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Post-Modernisme: is 'n reaksie teen en 'n dekonstruksie van die konseptuele abstraksie van Modernisme, en verwys na enige soort interpretasie van onderwerpsmateriaal. Kunshistoriese style en tradisionele figuratiewe onderwerpsmateriaal word herleef. Die onderwerpsmateriaal word dus eklekties en stel vryheid van keuse voor wat volg uit die uiteenlopendheid en grensloosheid van die werklikheid, sonder verwysing na suiwer vorm of 'n universele waarheid. Voorstellings beeld die menslike figuur, emosionele detail, assosiasies en simboliek uit, met die klem op die collage-tegniek. Style sluit in Transavant-garde, Revivalisme en Dekonstruktivisme.

Post-Skilderkunstige abstraksie:

glo dat die mens in 'n sinlose toestand van bewustheid verkeer. Die enigste realiteit is dus die reduksie of minimalisering van sintuiglike ervarings tot feitlike ervaarde handelinge. Voorstellings of konfigurasies word tot kleurvelde gereduseer wat deur die vlektegniek geskep word. Produkte bestaan as selfonderhoudende, onafhanklike en outonome entiteite wat ontneem is van alle verwysings na die natuur. Ook Minimalisme genoem.

Pre-Rafaeliet: die styl is 'n kombinasie van Romantisisme en Realisme en verwys na poëtiese en simboliese interpretasie van onderwerpsmateriaal. onderwerpsmateriaal is figuratief en voorstellings word dekoratief, met die klem op plat areas met helder kleur, noukeurige detail en buitelug motiewe.

Proseskuns: verwys na kuns waarin die handeling van maak, of die skeppende proses belangriker is as die uiteindelike produk. Die produk word tot sy eenvoudigste elemente gereduseer en inhoud is geleë in die proses om hierdie elemente saam te stel deur die gebruik van tegnologiese multimedia soos video, die rekenaar, televisie en laserstrale. Ook na verwys as Konsepkuns. Style sluit Omgewingskuns, Aardkuns, Gebeurtenisse, Liggaamskuns, Videokuns en Woordkuns in.

Purisme: is 'n reaksie teen Kubisme en herstel die gebruik van verteenwoordigende onderwerpsmateriaal. Die onderwerpsmateriaal is semifiguratief en word tot gesuiwerde buitelyne en fatsoene gereduseer. Voorstellings simboliseer geometriese orde en universele vorms, met die klem op die onpersoonlike masjienagtige kwaliteit van voorwerpe.

Realisme: is die weergawe van die kunstenaar se werklike waarneming van die voorkoms en tasbaarheid van onderwerpsmateriaal in die visuele wêreld. Voorstellings word ontleen aan genre-onderwerpsmateriaal, bv. die sosiale toestand en probleme van die arm stedelike werkersklas.

Renaissance: Die ontwaking van rede en humanistiese ideale. Verwys na Klassisisme.

Page 8: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Rococo: is die sensuele, dekoratiewe en weelderige interpretasie van mitiese onderwerpsmateriaal soos nimfe, Arkadiese herders en godinne. Dit word ook toegepas op die ontwerp van binneruimtes, werktuie, meubels en bybehore. Produkte word versier deur die gebruik van rocaille (klippe en skulpe) as 'n ornamentele motief, met die klem op gesimuleerde beweging wat deur delikate, organies geboë lyne geskep word.

Romantisisme: beskou die menslike ras as vervreemd van die wêreld waaraan dit smag om te ontvlug. Dit verwys na die emosionele en verbeeldingryke interpretasie van onderwerpsmateriaal wat ontleen is aan die natuurkragte soos pessimisme, melancholie, introspeksie, hartstog en selfvernietiging. Voorstellings is uitbeeldings van die ongewone, die eksotiese en die opwindende, met die klem op dramatiese kontraste, dinamiese en rustelose beweging, oordrewe chiaroscuro en emosionele kleur.

Simbolisme: is die persoonlike, subjektiewe en poëtiese interpretasie van emosies en sensasies wat deur die onderwerpsmateriaal geskep word. Onderwerpsmateriaal is semifiguratief en voorstellings simboliseer die fantastiese, droomagtige en verbeeldingswêrelde wat deur die buitengewone insig en mistiese visie van die kunstenaar geskep word.

Suprematisme: verwys na nie-figuratiewe onderwerpsmateriaal wat tot basiese geometriese elemente gereduseer is in 'n poging om subjektiwiteit deur middel van duidelikheid en order uit te druk. Voorstellings simboliseer die oppergesag van suiwer gevoel of waarneming wat van enige verwysings na die natuur ontneem is.

Surrealisme: verwys na psigo-analitiese ervarings en ervarings van die onderbewuste, asook die voorstelling van die surrealistiese of metafisiese wêrelde van drome en fantasie. Verwronge, superponeerde of naasmekaargeplaaste figuratiewe of nie-figuratiewe onderwerpsmateriaal word in oneindige illusionistiese ruimte uitgebeeld in 'n poging om bewuste en onbewuste realiteit in super- of absolute realiteit te omskep. Voorstellings word ontleen aan outomatisme en is simboliese en irrasionele weergawes van die ondewussyn, sonder die tussenkoms van bewuste beredenering.

Transavant-garde: Verwys na Post-Modernisme.Vortisisme: toon ooreenkomste met Futurisme in die sin dat alle kuns

vanuit 'n emosionele maalstroom moet ontstaan. Onderwerpsmateriaal word in hoekige, masjienagtige fatsoene vereenvoudig.

(iii) Terme wat gebruik word met kunsontleding:

Page 9: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Estetika Die wetenskaplike of filosofie van die skoonheid van produkte en hoe dit die mens se reaksie beïnvloed.

Intrinsieke struktuur behels die studie van die inherente kwaliteite van produkte. Die doel is om visuele produkte waar te neem - sonder voorafopgestelde menings oor die kunswerke - te beskryf (die visuele inligting daaromtrent vas te stel) en te ontleed (die betekenis van die visuele inligting te bepaal). Formalistiese benadering is een metode om die instrinsieke struktuur van 'n kunswerk te analiseer. Ander benaderings sluit in Kontekstuele, Pre-Ikonografie, Ikonografie en Ikonologie.

Formalistiese benadering Ontleding van die produkte volgens hulle visuele vorm, dus volgens kuns elemente, beginsels en komposisie.

Kontekstuele benadering bestaan uit Pre-ikonografie, Ikonografie en Ikonologie.Pre-ikonografie Beskrywing van primêre of natuurlike onderwerpsmateriaal

(feitlik of ekspressionisties), bv. 'n blom.Ikonografie Beskrywing van beelde, stories en allegorieë bv. die blom is 'n

lelie (natuurlike betekenis), en die lelie word met maagdelikheid geassosieer (assosiatiewe betekenis).

Inkonografie verg kennis van literêre bronne (temas en konsepte), bv. Hooglied van Salomo, 2.2, in die Ou Testament. "Soos 'n lelie tussen dorings so is my liefling tussen die meisies."

Inkonografie vereis ook kennis van die geskiedenis van tipes, wat ondersoek hoe spesifieke temas of konsepte onder verskillende historiese toestande, deur voorwerpe en gebeure beïnvloed is.

Ikonologie Vertolking van intrinsieke inhoud (simboliese betekenis) van onderwerpsmateriaal, bv. die lelie is 'n simbool van reinheid.Ikonologie ondersoek hoe strekkings in die menslike verstand deur spesifieke temas en konsepte uitgebeeld is, bv. die uitbeelding van Maria met wit lelies aan beide kante van haar om haar te idealiseer.

Ekstrinsieke struktuur behels die gebruik van produkte as beginpunte in die bestudering van die konteks waarin produkte geproduseer word. Die ekstrinsieke struktuur gebruik die intrinsieke struktuur as beginpunt. Die doel is om visuele kunsprodukte in verskillende kontekste te vertolk - die simboliese betekenis daarvan vas te stel - en te evalueer (die waardes daarvan vas te stel). Die ekstrinsieke struktuur sluit verskillende benaderings in, soos Biografiese, Psigo-analitiese, Sosiale, Kulture en historiese benaderings.

Biografiese benadering Bestudering van produkte in die konteks van die lewe van die kunstenaar.

Page 10: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Sielkundige of Psigo-analtiese benadering

Bestudering van produkte in die konteks van die persoonlike bewussyn en onderbewussyn.

Sosiale benadering Bestudering van produkte in die konteks van hul kollektiewe ekonomiese, politiese, maatskaplike, godsdienstige, estetiese en kulturele agtergrond.

Kulturele benadering Bestudering van produkte in die konteks van historiese, ideologiese en godsdienstige omstandighede en algemene toestande.

Benadering na aanleiding van 'n geskiedenis van idees

Bestudering van visuele kuns as 'n intellektuele verskynsel in die konteks van kennis van die menslike verstand (nie individuele produkte nie).

Intertekstualiteit Die konteks van kunstenaars en vertolkers (die toeskouers van die kunswerk) is onderworpe aan die gemeenskappe waarin produkte geproduseer is, asook aan die gemeenskappe waarin hulle vertolk word. Intertekstualiteit beteken dus dat produkte uit die verlede volgens eietydse idees vertolk word. Op die manier word produkte deurlopend volgens inhoud en vorm herskep omdat hulle in verskillende kontekste gesien word. Daar is dus meer as een vertolking van 'n produk moontlik.

Kontek word beïnvloed deur 'n persoon se:

~ konvensies (lewensstruktuur en stelsel)

~ filosofiese teorieë (materialisme, eksistensialisme, fenomenologie, ens.)~ godsdienstige oortuigings (Roomskatolieke, Protestante, Teosofiese, Hinduïsme, ens.)~ fisiese eienskappe (klimaat, natuur, geografie, ens.)~ nasionale karakter (kleredrag, rituele, gewoontes, daaglikse lewenswyse, ens.)~ sosiale karakter (ekonomie, wetenskap, tegnologie, politiek, militêr, ens.)~ kulturele karakter (musiek, teater, dans, visuele kuns, letterkunde, ens.)

(iv) Kuns elemente en beginsels:

Onderwerpsmateriaal is die tema, onderwerp of die soort voorwerp wat die kunstenaar kies om in 'n visuele kunsproduk uit te beeld ten einde inligting visueel te kommunikeer.

Denkbeeldige onderwerpsmateriaal

word ontleen aan fantasie, drome, gevoelens, idees en verbeelding (onderbewussyn).

Organiese onderwerpsmateriaal

word ontleen aan die natuurlike wêreld soos bv. mense, gesigte, bome, vrugte, plante, diere en landskappe.

Page 11: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Anorganiese onderwerpsmateriaal

word ontleen aan die kulturele wêreld soos bv. motors, geboue, toestelle, interieurs, strate en winkels, dus mensgemaakte voorwerpe.

Figuratiewe onderwerpsmateriaal

verwys na voorwerpe wat in die natuurlike en kulturele wêrelde gesien kan word. Dit kan dus in produkte as sodanig herken word, bv. gesigte, figure, bome, blomme, diere, motors en geboue.

Nie-figuratiewe onderwerpsmateriaal

stel nie voorwerpe voor in die natuurlike en kulturele wêrelde gesien kan word nie. Dit is dus nie in produkte herkenbaar nie, bv. lyne, fatsoene, toonwaardes, teksture en kleur.

Metamorfose die verandering van onderwerpsmateriaal.  Onderwerpsmateriaal kan deur baie stadiums van verandering

gaan vanaf figuratiewe tot nie-figuratiewe voorstellings.Stilering word gebruik om die onderwerpsmateriaal te vereenvoudig tot

motiewe vir dekoratiewe patrone, soos oppervlakversiering vir tekstielstowwe, teëls, muurpapier of korporatiewe identiteite.

Lineêre perspektief is 'n metode of konvensie wat gebaseer is op die konvergensie (sameloop) van lyne. Konvergente lyne word gebruik om die illusie van volumetriese struktuur, verkleining en verkorting van onderwerpsmateriaal op 'n tweedimensionele oppervlak te skep. Verkleining vind plaas wanneer onderwerpsmateriaal op 'n afstand waargeneem word en kleiner lyk as wat dit werklik is. Verkorting vind plaas wanneer onderwerpsmateriaal in 'n verkorte posisie waargeneem word, d.w.s. die lengte van die voorwerp is direk op die waarnemer gerig en dit kom dus korter voor as wat dit in werklikheid is.

Gesigspunt is die posisie waarvandaan 'n voorwerp waargeneem word. Voorwerp gesien van die sykant, bokant, onderkant of voorkant

Ooghoogtelyn is die lyn wat gelyk is met die oë van die waarnemer wanneer hy reguit vorentoe kyk. Dit stem ooreen met die lyn van die horison en word ook die horisonlyn genoem.

Die verdwynpunt die punt waar al die konvergente lyne bymekaar kom op die ooghoogtelyn. Voorwerpe na aan die waarnemer kom groter voor as die wat verder weg staan, hoewel dit bekend is dat hulle ewe groot is

Eenpuntperspektief beteken dat daar slegs een verdwynpunt is waar die lyne in die onderwerpsmateriaal saamkom.

Tweepuntperspektief beteken dat daar twee verdwynpunte is waar die lyne in die onderwerpsmateriaal saamkom. Die verdwynpunte van die onderwerpsmateriaal is altyd op die ooghoogtelyn.

Page 12: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Lyn is 'n merk wat tussen twee punte op 'n tweedimensionele oppervlak gemaak word. Lyn bestaan nie in drie dimensie nie. Dit wat as lyn in die werklike ruimte gesien word, is inderdaad 'n dun, soliede vorm of die samekoms van vorms. Lyn beskik oor fisiese eienskappe soos afmeting, rigting, lokaliteit, dimensie, visuele effek en karakter.

Soort lyne Kromlyn of geboë lyne; reguit lyne; kontoerlyne (buitelyne); omhanglyne; diagrammatiese lyne; kalligrafiese lyne; strukturele lyne; ekspressiewe lyne; lyne wat tekstuur aandui en dus die oppervlak beskryf; gesimuleerde of gesuggereerde lyne.

Fatsoen is 'n plat geslote oppervlak wat deur lyne, toonwaardes, teksture of kleure op 'n tweedimensionele oppervlak geskep is. Wanneer 'n fatsoen gebruik word om 'n illusie van volume te skep, word dit 'n vlak genoem. Fatsoene kan anorganies, organies, toevallig, plat of illusionisties wees. Amorfiese fatsoene is ongedefinieerde, vormlose areas, en biomorfiese fatsoene is onreëlmatige fatsoene wat lyk soos vry geboë organiese lewe.

Vorm is geslote massa. Vorm kan anorganies, organies, toevallig, lineêr, gevlak of solied wees. Verwronge vorms kom voor wanneer vorms se normale visuele voorkoms verander. Daar is 'n paar basiese vorms waarin alle inhoud vereenvoudig kan word, naamlik die kubus, sfeer, silinder en keël.

Toonwaarde dui op die ligte en donker areas van die inhoud. Lokale toonwaarde hang af van die materiaal van die inhoud; verder hang toonwaarde ook af van die effek van lig en skadu op die materiaal van die inhoud. Chiaroscuro dui voorstellings aan waar daar skerp kontraste gebruik is met 'n enkele ligbron op die inhoud. Oordrewe chairoscuro word tenebrisme - verdonkering - genoem.Wanneer toonwaardes onafhanklik van 'n ligbron gebruik word, word dit arbitrêre toonwaarde genoem.

Tekstuur is die oppervlakkwaliteit van inhoud en bestaan uit tasbare en visuele tekstuur. Tekstuur verskil van patroon in die sin dat patroon die herhaling van soortgelyke motiewe is om plat oppervlakke te versier. Tasbare tekstuur is die tekstuur wat op voorwerpe gevoel kan word, bv. die growwe opppervlak van 'n boomstam of 'n baksteenmuur. Visuele tekstuur is die wisseling van ligte en donker toonwaardes op gladde oppervlakke, bv. houtgrein of die patrone op weefstof. Gesimuleerde tekstuur is die illusie van tasbare tekstuur op 'n tweedinmensionele oppervlak. Gesimuleerde tekstuur word dikwels ook in trompe-l'oeil skilderye gebruik.

Page 13: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Tromp-l'oeil om die oog te kul (to fool the eye).In tromp-l'oeil skilderye word figuratiewe inhoud so natuurgetrou weergegee dat dit die oog mislei, sodat die geskilderde voorwerpe vir werklik aangesien word.

Kleur kan objektief of subjektief gebruik word. Die objektiewe gebruik van kleur verwys na die fisiese eienskappe daarvan, bv. die kleur van die rok is rooi. Die subjektiewe gebruik van kleur verwys na die metafisiese eienskappe daarvan, bv. rooi stel woede voor. Kleur is een van die mees ekspressiewe elemente van kuns omdat dit die mens se sintuie en emosies regstreeks en onmiddelik beïnvloed.

Kleur kom van sonlig. Wanneer 'n wit sonstraal deur 'n prisma gebuig word, word dit in die sewe kleure van die reënboog verdeel, naamlik rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet. Wanneer die sewe kleure saamsmelt, vorm dit wit lig. In die komposisie van lig bepaal die hoeveelheid lig die hoeveelheid kleur. Min lig sal min kleur voorsien en skerp lig sal helder kleur voorsien. Ligkleure kan in enige verhoudings gemeng word en die resultaat sal 'n ander helder kleur wees.

Die kleure verf wat kunstenaars gebruik, is nie so helder of sterk soos die kleure van lig nie. Wanneer verfkleure gemeng word, verloor hulle hul intensiteit en die vermenging van te veel kleure het vuil, neutrale kleure tot gevolg.

Kleurkwaliteit hue, verwys na 'n suiwer kleur - wat nie met swart of wit gemeng is nie. Enige kleur se naam en voorkoms verander wanneer dit met 'n ander kleur gemeng word.

Kleurwaarde verwys na die ligtheid en donkerheid van 'n kleur, of na die toonwaarde van 'n kleur. Om 'n kleur ligter te maak, word wit bygevoeg en dit word 'n tint genoem. Om 'n kleur donkerder te maak, word swart bygevoeg en dit word 'n skadu genoem.

Intensiteit verwys na die helderheid of suiwerheid van 'n kleur. Wanneer 'n kleur met wit, swart of sy komplimentêre kleur gemeng word, gaan daar van die intensiteit of helderheid verlore en word die kleur dowwer. Helder kleure het 'n hoë intensiteit en dowwe kleure 'n lae intensiteit.

Kleurterme  Achromatiese kleur verwys na neutrale kleure wat geskep word deur swart en wit te

meng. Die grysskaal van neutrale kleure word gewoonlik in omtrent agt graderings tussen swart en wit onderverdeel.

Analoë kleur verwys na kleure wat langs mekaar op die kleurwiel lê, bv. rooi-oranje, oranje, geel-oranje en geel.

Page 14: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Arbitrêre kleur verwys na die gebruik van kleur vir eie waarde, onafhanklik van die onderwerpsmateriaal of die gewone kleur van die onderwerpsmateriaal, bv. 'n blou appel, of 'n hele skilderdoek met blou geverf.

Atmosferiese kleur verwys na die effek van atmosfeer (ruimte) op die lokale kleur van die onderwerpsmateriaal, bv. 'n bruin berg wat in die verte blou of pers voorkom.

Chromatiese kleur verwys na neutrale kleure wat geskep word deur twee komplimentêre kleure te meng.

Cloisonnisme verwys na die verdeling van areas van ongemoduleerde kleur deur swart lyne (ontleen aan loodglasvensters).

Deursigtige kleur is kleur waardeur mens kan sien. Kleurwasse word met deursigtige kleure geskep.

Divisionisme of pointislisme

is die aanwending van klein stippels suiwer kleur naasmekaar om 'n optiese vermenging van kleur te bewerkstellig.

Driegroepkleur beteken dat drie kleure wat op gelyke afstand van mekaar op die kleurwiel voorkom, bv. rooi, blou en geel; of oranje, groen en violet.

Geïllumineerde kleur is die kleur van lig wat onderwerpsmateriaal verlig en die lokale kleur daarvan verander, bv. die groen lokale kleur van 'n appel sal verskillend lyk in helder sonlig, skemerlig of kunsmatige lig.

Gelyktydige kontras verwys na komplementêre kleure wat naasmekaar geplaas word om mekaar te intensifiseer.

Glansende kleur is die glans of gloed van gereflekteerde lig. Dit word verkry deur 'n kleuroppervlak te verglans of titsels goud daarop aan te bring.

Grisaille verwys na die gebruik van monochrome kleure in skakerings van grys.

Iriserende (reënboogkleurige) kleur

is die speling van lig op 'n kleur sodat dit voorkom asof die hele kleurspektrum in die een kleur voorkom, bv. die ligspeling op glas kan reënboogkleurig wees.

Justaposisioneerde kleur is twee komplimentêre kleure naasmekaar. Die oog meng die kleure deur middel van optiese vermenging.

Koel kleure is kleure wat wissel van die groene, tot bloue, indigo en blouperse.

Lokale of objektiewe kleur

is die natuurlike kleure van die onderwerpsmateriaal soos wat dit normaalweg waargeneem word, bv. 'n groen appel.

Lumineuse (liggewende) kleur

is kleur wat lig uitstraal, of die illusie van kleur wat lig of 'n gloed uitstraal.

Metaalkleur verwys na pigmente wat met oksiede vermeng is. Dit skep die illusie dat die pigment agter die oppervlak lê en die oë die kleur binnedring.

Monochromatiese kleur verwys na een kleur wat met wit of swart gemeng word om tinte of skadu's van die kleur te skep.

Page 15: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Neutrale kleur verwys na grys tone wat geskep word deur die vermenging van wit en swart.

Ondeursigtige (opaak) kleur

is die teenoorgestelde van deursigtige kleur. Die kleur kom solied voor.

Opeenvolgende kontras is die verskynsel van 'n nabeeld in die komplimentêre kleur (op die geslote oog), nadat daar na die oorspronklike kleur gekyk is.

Optiese illusie van kleur ontstaan deur die verspreidende effek van kleur wat die waarneming van kleur relatief maak. As 'n area in 'n koel kleur geverf is, kom hierdie kleur warmer voor wanneer 'n koeler kleur langs dit geverf word. Wanneer twee sirkels in een kleur geverf is en elk met 'n ander kleur omlyn is, sal een sirkel groter voorkom, afhangend van die kleur daarrondom. Soortgelyke optiese illusies kom voor wanneer kleurfatsoene met verskillende kleure omlyn word.

Polichromatiese kleur verwys na die volledige kleurwiel. Dit word ook volkleur genoem.

Proseskleur verwys na standaarddrukinkkleure wat vir volkleur kommersiële drukwerk gebruik word. Dit is cyan (blou), magenta, geel en swart.

Ruimtelike kleur verwys na die ruimtelike of plastiese eienskappe van kleur, bv. koel kleure is wykende kleure terwyl warm kleure naderende kleure is.

Sinestesie is die waarneming van kleur deur ander sintuie, bv. in verhouding tot klanke.

Spektrumkleur verwys na die kleurband wat geskep word wanneer 'n wit ligstraal deur 'n prisma gebreek word (rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en voilet.)

Warm kleure is kleure wat wissel van skakerings van geel tot oranje, rooi en rooipers. Kleure is of warm of koel, maar kwaliteite mag verander of beïnvloed word deur die kleure rondom of langs hulle.

Weerkaatste kleur verwys na weerkaatsings van die lokale kleure van onderwerpsmateriaal op mekaar wanneer voorwerpe naby mekaar geplaas word.

Kuns beginsels (insluitende Gestalt wette)

 

Harmonie word deur middel van ritme, herhaling, naasmekaarplasing en ooreenkoms geskep. Herhaling van 'n motief skep harmonie en visuele orde omdat die oë voortdurend van motief tot motief beweeg. Kunstenaars kan elemente verenig om 'n harmonieuse geheel te skep. Harmonie is strelend op die oog, maar dit kan eentonig raak omdat daar niks is wat die waarnemer se belangstelling hou nie.

Ritme in visuele kunsprodukte word geskep deur die herhaling van identiese of soortgelyke elemente.

Page 16: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Motief staan ook bekend as 'n herhalingspatroon en kan uit 'n lyn, fatsoen, vorm, tekstuur of kleur bestaan. Die motief word reëlmatig herhaal (skep ritme).

Verskeidenheid word deur middel van kontras en klem geskep. Verskeidenheid word geskep deur sekere motiewe of elemente te kontrasteer en te beklemtoon.

Kontras beklemtoon sekere motiewe of elemente en dit dra by tot die visuele trefkrag van die produk.

Balans is die eweredige verspreiding van motiewe of elemente. Dit is die belangrikste beginsel in die skep van visuele orde. Daar is drie soorte balans, naamlik simmetriese, asimmetriese en radiale balans.

Simmetriese (formele) balans

is die mees algemene soort balans. Dit beteken dat soortgelyke motiewe of elemente aan beide kante van 'n vertikale of horisontale as gebruik word. Bilaterale simmetrie verwys na spieëlbeelde aan beide kante van 'n as. Beraamde simmetrie verwys na bykans identiese voorstellings aan beide kante van 'n as, wat gevarieer word om visuele eentonigheid te voorkom.

Asimmetriese (informele) balans

tussen die motiewe of elemente behoort intuïtief aangevoel te word. Daar bestaan geen reëls vir asimmetriese balans nie. Dit is 'n uitmiddelpuntige balans omdat daar geen sentrale as of punt met soortgelyke motiewe aan beide kante is nie.

Radiale balans is die verspreiding van een of meer motiewe of elemente rondom 'n sentrale punt. Radiale balans skep 'n sirkelvormige of elliptiese beweging omdat dit van 'n sentrale punt uitstraal.

Beweging is die visuele pad wat die waarnemer se oë volg wanneer hy na 'n visuele kunsproduk kyk. Beweging word geskep deur die ritmiese herhaling van motiewe of elemente wat in spesifieke rigtings beweeg. Gesimuleerde beweging is die visuele suggestie van beweging. Werklike beweging vind plaas wanneer onderwerpsmateriaal werklik in tyd beweeg. Geanimeerde beweging word bewerkstellig deur die snelle opeenvolging van afsonderlike en stil, dog geleidelik afwisselende beelde, bv. strokiesprentfilms.

Klem word deur kontras en isolasie geskep. Enige visuele kunsproduk behoort interessant te wees om na te kyk en behoort die waarnemer se aandag te trek. Wanneer sekere motiewe of elemente geïsoleer of beklemtoon word, word kontraste en interessante detail opgemerk en waargeneem. Hierdie beginsel word ook dominasie genoem omdat sekere elemente belangriker is as ander.

Page 17: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Eenvoud Die ontwerp van 'n visuele kunsproduk behoort duidelik en eenvoudig te wees. Wanneer te veel detail in 'n voorstelling gebruik word, raak dit oorvol en te kompleks, en die waarnemer verloor belangstelling. Belangrike of komplekse areas behoort beklemtoon te word deur hulle met eenvoudiger areas te balanseer. Komplekse areas word deur sluiting geskep, wat beteken dat elemente dig gegroepeer word sodat die oë hulle as 'n geheel lees. Eenvoudige areas word deur eliminasie geskep, wat beteken dat motiewe en elemente wat die oë van die belangrike dele weglei, weggelaat word.

Proporsie is die vergelyking tussen skaal, grootte, posisie en ruimte van motiewe of elemente. Kunstenaars kan proporsies gebruik wat met mekaar verband hou of met mekaar kontrasteer om sekere elemente te beklemtoon.

Ruimte is die soort ruimtelike omgewing waarin motiewe of elemente gevisualiseer word. Daar bestaan vier soorte ruimtes wat kunstenaars kan gebruik om visuele vorms te skep ten einde inhoud visueel te kommunikeer, naamlik pikturale, werklike, illusionistiese en kubistiese.

Pikturale ruimte is die tweedimensionele plat oppervlak van die materiaal, bv. papier, waarop kunstenaars werk wanneer hulle tweedimensionele visuele kunsprodukte skep.

Werklike ruimte is die ruimte waarin alle organiese en anorganiese voorwerpe bestaan. Dit is die werklike ruimte rondom voorwerpe. Kunstenaars gebruik werklike ruimte wanneer hulle driedimensionele visuele kunsprodukte skep bv. monumetale beeld.

Illusionistiese ruimte Alle voorwerpe bestaan in die natuur in werklike ruimte. Hulle is driedimensioneel omdat hulle hoogte, breedte en diepte het. Ten einde die rondheid van driedimensionele voorwerpe op 'n plat tweedimensionele oppervlak weer te gee, gebruik kunstenaars illusionisme. Hul skep dus die illusie van ruimte. (Perspektief)

Kubistiese ruimte In Kubistiese ruimte word alle kante van 'n voorwerp gelyktydig op die prentoppervlak uitgebeeld. Kubistiese ruimte word ook veelvuldige ruimte genoem.

Page 18: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Komposisie Wanneer die kunstenaar kuns beginsels gebruik om die kuns elemente in visuele vorms met visuele orde en trefkrag te rangskik, is hulle besig om die fisiese en visuele komponente van produkte saam te stel. Alle komposisies behoort visuele eenheid te hê. Komposisies word beplan deur die rangskikking of ontwerp van inhoud volgens die soort ruimte waarin kunstenaars besluit om te werk. In tweedimensionele visuele kunsprodukte word komposisies beplan in die tweedimensionele pikturale, illusionistiese of kubistiese ruimte van die prentvlak. In driedimensionele visuele kunsprodukte word komposisies in die werklike ruimte beplan.

Prentvlak is die tweedimensionele oppervlak wat vir die visuele kunsproduk gebruik word, bv. papier.

Prentraam is die parameter of grens van die prentvlak.Formaat of pikturale area die fatsoen van die prentvlak.Formaatsoorte Vierkantige; reghoekige; sirkelvormige; halfsirkelvormige;

driehoekige en diamantvormige formaat.Diptiek Is 'n kunswerk wat uit twee formate (dele) bestaan.Triptiek Is 'n kunswerk wat uit drie formate (dele) bestaan.Poliptieke Is kunsproduk wat uit meer as drie formate bestaan.Serialisme Wanneer individuele formate deel uit maak van 'n reeks.Gesigsveld Die gesigsveld bepaal die afstand waarvandaan die figuratiewe

inhoud waargeneem word en hoeveel daarvan in die komposisie gesien kan word. (Wye gesigsveld totby Vlak-by gesigsveld of 'close-up').

Fokuspunt skep visuele trefkrag en visuele eenheid in komposisies. 'n Fokuspunt is die oorheersende area of punt waar rondom komposisies beplan word. Komposisies mag oor een of meer fokuspunte beskik, en dit word primêre, sekondêre en tersiêre fokuspunte genoem. Komposisies waarin die hele oppervlak eenvormig behandel word as een enkele visuele entiteit (sonder fokuspunte) word geheelkonfigurasies genoem.

Gulde snee Die gulde snee (golden ratio) is in die vyfde eeu vC deur die Grieke geformuleer. Dit is 'n wiskundige formule wat 'n lyn of fatsoen in areas verdeel wat proporsioneel in perfekte verhouding tot mekaar is. Die kleiner area is in verhouding tot die groter area soos wat die groter area in verhouding tot die geheel is. Die gebruik van die gulde snede om die rangskikking van inhoud in formate te beplan, sal verseker dat komposisies gebalanseerd is en oor visuele eenheid beskik.

Page 19: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

(v) Algemene kuns terminologie:

Periode: is 'n spesifieke tydsduur in die geskiedenis, bv. 'n dekade, 'n eeu, tien eeue, ens.

Styl: verwys na die spesifieke wyse waarop 'n kunstenaar vaardigheid, uitdrukking en inligting visueel kommunikeer. Styl verwys ook na die manier waarop 'n produk tot stand gebring is, soos kenmerkend van 'n beskawing of volk.

Art brut: (ru-kuns) verwys na kru uitbeeldings van die werk van psigotiese individue en onopgeleide amateurs, bv. graffiti (vandalisme), teenoorgestelde van gesofistikeerde produkte van professionele kunstenaars.

Avant-garde: verwys na style wat die jongste stillistiese rigtings weerspieël. Nuwe style.

Eklektisisme: verwys na style wat elemente van verskillende bronne en bestaande style in een visuele kunsproduk gebruik en kombineer, bv. laat twintigste eeuse gebou met klassieke Griekse argitektoniese elemente soos pilare en kroonlyste.

Etnies: verwys na kunsvorme met individuele, naïewe, ritualistiese of volkskunsuitdrukkings wat deur 'n sekere volk of groep geproduseer is.

Genre: verwys na die uitbeeldings van onderwerpsmateriaal (voorwerpe, tonele) uit die daaglikse lewe. Dit word in die twintigste eeu ook 'kitchen sink' genoem. Genre verwys ook na 'n soort kuns, styl of kunskategorie, bv. landskap- of stillewegenre.

Grand Manner: verwys na die grootse, indrukwekkende en heroïese stylrigtings in die geskiedenis van skilderkuns wat deur die akademici gepropageer is.

Kitsch: verwys na alledaagse prulgoedere soos kommersiële ornamente, toeriste-aandenkings, nagemaakte versierings, pretensieuse kuns, ens. waarin 'n eerlikheid in die visualisering en getroudheid aan materiale ontbreek.

Kuns ter wille van kuns: verwys na die begrip dat kuns selfonderhoudend en outonoom is, bv. die formalisme wat voorhou dat die waarde van kuns in sy formele kwaliteite (kuns elemente) gesetel is. Meer algemeen beteken dit dat die skepping en waardering van kuns op sigself lonend is, sonder verwysing na uiterlike beweegredes.

Milieu: verwys na die tydsgees waarin 'n bepaalde kunstenaar gewerk het.

Oeuvre: verwys na die totale opbrengs (uitset) van werk deur 'n kunstenaar.

Page 20: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Pastiche: verwys na produkte wat uit fragmente saamgestel is of van die oorspronklike nageskilder is (stuksgewyse samestellings), en geen eenheid het nie. Dit is gewoonlik in 'n negatiewe sin van toepassing op eklektiese werk.

Pittoresk: verwys na bekoorlike, skilderagtige, kleurvolle en nie-dramatiese voorstellings.

Stillewe: verwys na tekeninge of skilderye wat lewelose voorwerpe soos snyblomme, vrugte of huishoudelike artikels voorstel.

Plein-air: onderwerpsmateriaal wat werklik buitenshuis in die opelug gevisualiseer is.

Voorafvervaardigde items (ready-mades):

is produkte wat deur massa vervaardigingstegnologie geproduseer word en deur die kunstenaar as onderwerpsmateriaal gebruik word.

Gevonde voorwerpe: is interessante onderwerpsmateriaal wat deur die kunstenaar uitgesoek word in sy/haar omgewing.

Rommelmateriaal: is weggooimateriale soos blikkies, skrotwerfvoertuie, fietse, papiersakke, ens wat deur die kunstenaar gebruik word om iets nuuts te skep.

(vi) Terme met betrekking tot kunsprakties:

Metode is die prosedure wat kunstenaars volg om visuele kunsprodukte te skep. Die metodes wat kunstenaars kies, bepaal die wyse waarop materiale en gereedskap gebruik word. Daar bestaan verskillende metodes, bv. skilder, modelleer, konstruksie of teken.

Materiale is die media wat die kunstenaar gebruik om visuele kunsprodukte te skep, bv. verf, klei, draad of papier.

Gereedskap is die instrumente wat die kunstenaar gebruik om met die materiale te werk, bv. kwasse om te verf, modelleergereedskap om met klei te werk, draadtang om draad mee te buig, of potlood om merke op papier mee te maak.

Toerusting word deur die kunstenaar gebruik in die aanwending van metodes. Die soort toerusting hang af van die metode wat die kunstenaar kies, bv. 'n esel om 'n skildery te stut, 'n modelleertafel as steunstut vir klei, 'n skroef om die draad mee vas te klamp en 'n tekenbord om papier te stut.

Tegnieke is die spesifieke manier waarop kunstenaars materiale, gereedskap en toerusting gebruik, bv. 'n impastoskildertegniek vir die aanwending van verf, 'n gladde modelleertegniek vir die modellering van die klei, 'n hoekige konstruksietegniek om die draad te buig, en 'n lineêr tekentegniek om 'n tekening mee te maak.

Page 21: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

VAKRAAKWERKINHOUD

Gr 12: Visuele Kultuurstudies

** Kies 'n minimum van SES temas (TWEE per kwartaal) (kwartaal 1-3) – moet in die praktiese take (PAT's) geïntegreer word.

** Ten minste TWEE kunstenaars moet vir elke tema gekies, ondersoek/behandel word.

TEMA INHOUD/INVLOEDE INHOUD/INVLOEDE(insluitend

internasionale kuns)Kies 'n minimum van 6

temasSuid-Afrikaanse kuns, toegepaste ontwerp en kunsvlyt sedert c. 1950

Skakels met kuns in ander dele van Afrika en

internasionale kunsbewegings

(d.i. soortgelyke style, mediums of voorneme)

Kies TWEE kunstenaars/argitekte/vakmanne – bespreek TWEE kunswerke/geboue vir elke individu.(LW: Die volgende voorgestelde lys kunstenaars/argitekte/vakmanne is nie uitgebreid of verpligtend nie – onderwysers kan hul eie toepaslike voorbeelde kies.) 1. Die opkomende stem van Swart Kuns in die Twintigste Eeu (sogenaamde 'Township Art', ens.)

Gerard BhenguPeter ClarkeErnest MancobaGladys MgudlandluGeorge PembaGerard SekotoMichael Zondi ens..

Kuns van Pan-Afrika,Ekspressionisme,School of Paris

2. Soeke na ’n Suid-Afrikaanse identiteit in Suid-Afrikaanse Kuns

Irma Stern, Edoardo Villa, ens.Walter BattissCecil SkotnesSydney KumaloAlexis PrellerHelen SebidiMary Stainbank

San RotskunsAfrika-stamkunsNdebele argitektuur en muurversieringDuitse EkspressionismeKubisme Henry Moore

3. Kuns en Politiek: Weerstands- of Proteskuns in Suid-Afrika

Willie BesterNorman CatherineSifiso Ka MkameWilliam KentridgeHelen SebidiPaul Stopforth .Sue WilliamsonGavin YoungeManfred Zylla, ens.Ook muurskilderye, plakkate

Voorbeelde van politieke stellings deur Goya, David en DelacroixDuitse EkspressionismeGrafiese kuns van Käthe KollwitzRussiese Rewolusionêre kunsMeksikaanse Muurskilders bv. Rivera, Siqueiros, OrozcoPicasso - GuernicaPan-Afrika sosio-politieke omgewing

4. Kunsvlyt en Toegepaste Kuns eksplorasie van inheemse kennissisteme – tradisionele en kontemporêre benaderings –

Ardmore Studio (keramiek)Nesta Nala (keramiek)Rebecca Matibe (keramiek)Hylton Nel (keramiek)Clementina Van der Walt (keramiek)Allina Ndebele (tapisserieweefwerk)

Pan-Afrika kunsvlyt BauhausArt Deco toegepaste ontwerpInheemse ('Native') Amerikaanse kunsvlyt

Page 22: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

bemarkingskwessies Reuben Ndwandwe (mandjieweefwerk)Beauty Nxgonga (mandjieweefwerk)Elliot Mkize (draadweefwerk)Kaross Weavers Co-op (borduurwerk)Esther Mahlangu (muurversiering) ens.

5. Kuns en Mag – gedenkgeboue, gedenktekens en kunswerke

- Uniegebou 1913 – Britse Imperialisme

- Voortrekkermonument 1948 – Afrikaner-nasionalisme

- Vrouemonument – Bloemfontein 1913

- Sharpeville Human Rights Precinct, Gauteng, 2001

- Vryheidspark, Pretoria 2004- Konstitusionele Hof,

Johannesburg 2005 – demokrasie in aksie, ens.

Gedenkkuns en argitektuur van Antieke EgipteGriekse gedenkbeeldhouwerk en gedenktekensRomeinse triomfboë en kolommeOorlogsgedenktekens in Europese stede, bv. Parys, Londen, ens.

6. Rol van formele en informele kunssentrums in die opleiding van kunstenaars in die tyd van Apartheid en Post-Apartheid in Suid-Afrika

Kies EEN kunssentrum vir indiepte-studie en navorsing.

Ondersoek huidige rigtings in Visuele Kuns by VOO-Kolleges, universiteite van tegnologie, en akademiese universiteite met inagneming van loopbaanpaaie in kuns en ontwerp.

Rorke’s Drift Art & Craft CentreAzaria Mbatha (drukkuns)Gordon Mbatha (keramiek)John Muafengejo (drukkuns)Alinna Ndebele (wewer)Dan Ragoathe (drukkuns)Cyprian Shilakoe (drukkuns)Vuminkosi Zulu (drukkuns) ens.

Polly Street Art CentreDumile FeniSydney KumaloEzrom LegaeLouis MaqhubelaEphraim NgataneLucas Sithole ens.

Nyanga Arts Centre Patrick HoloSydney Holo, ens.

Duitse Ekspressionistiese DrukkunsPan-Afrikaanse stamkunsKubismeSweedse toegepaste ontwerp, ens.

7. Multimedia – alternatiewe kontemporêre en populêre kuns in populêre kunsvorms in SA

Beezy BaileyKendell Geers William KentridgeClive van den BergRobert Hodginsook populêre kunsvorms bv.: Bitter Komix/Mural Art/T-hemdePlakkate, ens.

Pop-kunsVideo-kunsOp-kunsMinimalismeKonseptuele KunsUitvoerende KunsteDigitale KunsInstallasies

8. Kuns en die spirituele – vraagstukke in kuns oor geloofstelsels, die spirituele in kuns – (nie noodwendig religieuse kuns nie) en esoteriese denkers

Frans ClaerhoutJackson HlongwaneNoria MabasaTrevor MakhobaCredo MutwaBonnie Nthshalishali

Afrika rituele kuns en artefakteAustraliese Aboriginal-kunsBoedddhistiese rituele kuns en artefakteEkspressionismeMeksikaanse religieuse kunsPaul Gauguin

Page 23: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

9. Geslagskwessies in SA Kuns: Manlikheid en Vroulikheid

Jane Alexander Faiza GaldhariHelen SebidiPenny SiopisLanga Magwa

Frida KahloGeorgia O’KeefeFeministiese Kuns in die VSA bv. Miriam Shapiro, Judy Chicago (Dinner Party)Tracey EminGilbert en George

Kwartaal 1:1. Die opkomende stem van Swart Kuns in die Twintigste Eeu2. Soeke na ’n Suid-Afrikaanse identiteit in Suid-Afrikaanse Kuns3. Kuns en Politiek: Weerstands- of Proteskuns in Suid-Afrika

Kwartaal 2:4. Geslagskwessies in SA Kuns: Manlikheid en Vroulikheid5. Rol van formele en informele kunssentrums in die opleiding van

kunstenaars in die tyd van Apartheid en Post-Apartheid in Suid-Afrika

Kwartaal 3:6. Kuns en die spirituele7. Kuns en Mag – gedenkgeboue, gedenktekens en kunswerke

Gr 12: Praktiese Asseseringstake (PAT's)

Leerder behoort 'n visuele dagboek (bronboek) vir elke praktiese opdrag saam te stel ten einde die kreatiewe proses te dokumenteer.

Die departement stel die volgende vereistes vir 'n bronboek:

'n Bronboek/Visuele Dagboek moet ontwikkel word om bewys te lewer van die voorbereidende werk wat onderneem is voor die produksie van die kunswerk.

o Hierdie voorbereidende werk kan die beplanning, voorsketse, navorsing of ander take wat uitgevoer moet word voor die produksie van die kunswerk, insluit.

o Leerders moet al hulle beplanning en voorbereidende werk vir elke praktiese taak (LU4) op skrif stel.

o Dit moet op so wyse gedetailleer word dat die onderwyser/moderator die volgende kan weet:

Wat is gekies as tema vir die kunswerk Waarom dit gekies is Hoeveel beplanning is gedoen Hoe het die leerder vir die praktiese werk voorberei Probleme ondervind en hoe dit oorkom is Wat was aangenaam/opwindend/positief omtrent die praktiese werk Wat geleer is tydens die maak van die kunswerk

Let wel: die Visuele dagboek/bronboek tel telkens 50 van die 100 punte per praktiese asseseringstaak.Kwartaal 1:

Page 24: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

1. PAT 1.1 – Plek/Spasie/Ruimte/Omgewing: (Jou omgewing se invloed op jou denke)

“Beauty lies in making spaces that people use easily and have meaning in their everyday lives” ~ Jo Naero (Argitek)

“What art offers is space - a certain breathing room for the spirit.”  ~John Updike

2. PAT 1.2 – "Intruding Stranger": (SA identiteit in kuns)

Lees die volgende artikel aandagtig deur voordat jy begin:"The ultimate crime barrier",

uit Art South Africa, vol 08, issue 2, summer 2009, bl 21

3. PAT 1.3 – Kuns MAG… (Mag en politiek in kuns)

Kwartaal 2:

4. PAT 2.1 – Venus & Mars (Geslagskwessies in kuns)

5. Halfjaar eksamen PAT: STRAATKINDERS (Maatskaplike/politieke/ of geslagskwessies)

Kwartaal 3:

6. Afronding van alle Visuele kunsprodukte ter voorbereiding van uitstalling. Waar nodig het leerder dan die kans om 'n nuwe kunswerk in 'n vorige projek se plek te maak of nog een sodat dit 'n diptiek vorm.

7. Leerders behoort die tweede week van die 3de Kwartaal hul FINALE PRAKTIESE EKSAMEN van 18 uur te ontvang. Voorbereiding hiervoor moet afgehandel word voor Rekordeksamen en praktiese eksamen tyd sal dan in die Rekord eksamen toegestaan word sodat die 18 uur vir die finale produk afgelê kan word.

Kwartaal 4:

8. UITSTALLING van jaarwerk en Finale eksamen werk. (Eksterne moderators)

LEERUITKOMSTES vir VISUELE KUNS:

LU1 - KONSEPTUALISERING (Bronboek)LU2 – DIE MAAK (Kunsproduk)LU 3 – AANBIEDING EN TYDSBESTEDING (Bronboek & Kunsproduk)LU4 – VISUELE KULTUURSTUDIES (Teorie opstelle; navorsing en skriftelike eksamens)

Gr 11: Visuele Kultuurstudies

Page 25: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Die Moderne Kunstydperk vanaf die 1780's tot nou.

Leerders sal hoofsaaklik in die eerste 3 kwartale fokus op Internasionale kunsbewegings en kunstenaars. Die laaste kwartaal sal gefokus word op Suid-Afrikaanse kuns pioniers.

Kunsbewegings wat behandel sal word: Neo-Klassisisme Romantisisme Realisme Impressionisme Post-Impressionisme Neo-Impressionisme Fauvisme Kubisme Simbolisme Ekspressionisme Surrealisme Dada Abstrakte Ekspressionisme Popkuns Opkuns Installasie kuns Happenings Aardkuns Konseptuele kuns Modernisme vs. Post-Modernisme

Gr 11: Praktiese Asseseringstake (PAT's)

Praktiese asseseringstake bestaan uit twee dele, naamlik 'n visuele bronboek en 'n finale kunsproduk wat elk 50 punte per opdrag tel.

Leerders moet daarop let dat die bronboek 'n dokumentering van hul kreatiewe proses is wat gedurende die ontwikkeling van idee tot produk gemaak moet word en nie na die tyd gedoen kan word nie!

Verder behoort leerders te besef dat hierdie 'n praktiese vak is wat beteken hul moet hul visuele dagboek en materiale vir die finale produk skool toe bring om tydens praktiese periodes daaraan te werk. Hul kan dus nie net by die huis aan 'n opdrag werk nie!!

Kwartaal 1

1. PAT 1.1 – "Die werklike ek" – 'n selfondersoek na hoe ander my sien.

Page 26: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

2. PAT 1.2 – "Onmiddelike Vasgevang" – 'n triptiek waarin leerders Impressionisme, Post-Impressionisme en Neo-Impressionisme tegnieke ondersoek en toepas in eie werk.

Kwartaal 2:

3. PAT 2.1 – "Afrika Simbolisme" – 'n ondersoek na Afrika simbole en Simbolisme (kunsbeweging) ten einde 'n funksionele objek te skep.

4. Halfjaar eksamen PAT – "ON/MOONTLIK" – 'n soeke na wat moontlik is en wat onmoontlik is met verwysing na Realisme en Surrealisme.

Kwartaal 3:

5. PAT 3.1 – Media kuns – 'n ondersoek na hoe die Media ons visueel manipuleer en wanindrukke propageer. (Popkuns)

6. PAT 3.2 – Anti-kuns – 'n ondersoek na DADA ideale in kuns vandag.

Kwartaal 4:

7. Eindeksamen PAT

8. Uitstalling van jaarwerk.

LEERUITKOMSTES vir VISUELE KUNS:

LU1 - KONSEPTUALISERING (Bronboek)LU2 – DIE MAAK (Kunsproduk)LU 3 – AANBIEDING EN TYDSBESTEDING (Bronboek & Kunsproduk)LU4 – VISUELE KULTUURSTUDIES (Teorie opstelle; navorsing en skriftelike eksamens)

Gr 10: Visuele Kultuurstudies

Leerders word bekendgestel aan Kuns elemente en beginsels. Leer dat kuns 'n visuele manier van kommunikeer is en dat elke kunswerk geanaliseer en ontleed kan word.

Leerders word bekendgstel aan kunsgeskiedenis en waar dit alles begin het.

Kunstydperke: Paleolitiese tydperk Mesolitiese tydperk Neolitiese tydperk Antieke Tydperk – Egipte; Egeïese; Griekse en Romeinse

Kunstradisies Vroeë Christelike kuns – Bisantynse kuns Donker eeue – Gotiese Kuns Italiaanse Renaissance 17de Eeuse Hollandse Kunstradisies

Page 27: Hoërskool Jan van Riebeeck kuns... · Web viewVoorstellings en produkte is onpersoonlik, geometries en strak, maar met 'n verfyning van fatsoen en lyn en klem op die aard van materiale

Gr 10: Praktiese Asseseringstake (PAT's)

Praktiese asseseringstake bestaan uit twee dele, naamlik 'n visuele bronboek en 'n finale kunsproduk wat elk 50 punte per opdrag tel.

Leerders moet daarop let dat die bronboek 'n dokumentering van hul kreatiewe proses is wat gedurende die ontwikkeling van idee tot produk gemaak moet word en nie na die tyd gedoen kan word nie!

Verder behoort leerders te besef dat hierdie 'n praktiese vak is wat beteken hul moet hul visuele dagboek en materiale vir die finale produk skool toe bring om tydens praktiese periodes daaraan te werk. Hul kan dus nie net by die huis aan 'n opdrag werk nie!!

Kwartaal 1:

1. Tekeninge om Kuns elemente en beginsels te demonstreer

2. PAT 1.1 – Antieke Simbole – 'n Ondersoek na Antieke Egiptiese simbole (hiërogliewe) en hul betekenis. (Skilderkuns)

Kwartaal 2:

3. Halfjaar eksamen: PAT 2.1 – Mitologiese figure – 'n Ondersoek na Antieke Griekse en Romeinse mitiese figure ten einde 'n eie karakter te ontwikkel. (Beeldhou)

Kwartaal 3:

4. PAT 3.1 – Picture Perfect Faces – 'n Ondersoek na drukkunstegnieke en die idealisering van die mens tydens die Italiaanse Renaissance.

5. PAT 3.2 – Anatomie van lywe – Ondersoek na die idealisering van die menslike figuur vervolg.

Kwartaal 4: 5. PAT 4.1 – My stem – 'n ondersoek na kuns as 'n manier van selfuitdrukking.

6. Eindeksamen – UITSTALLING van jaar werk