Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : 3365/2005
In die aansoek tussen:- DIE PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT Applikant en DEON VAN DEN BERG 1ste Respondent
WYNAND JANSEN 2de Respondent _____________________________________________________ CORAM: WRIGHT R et RAMPAI R _____________________________________________________ AANGEHOOR OP: 1 DESEMBER 2005 _____________________________________________________ UITSPRAAK DEUR: WRIGHT R _____________________________________________________ GELEWER OP: 8 DESEMBER 2005 _____________________________________________________ [1] Die Prokureursorde van die Vrystaat is die applikant in ‘n
aansoek om skrapping van die respondente uit hoofde van
die bepalings van artikel 22(1)(d) van die Wet op Prokureurs,
Wet 53 van 1979 (soos gewysig) (voortaan “die Wet”).
2
[2] Die applikant het reeds in 2002 ‘n aansoek om skrapping
teen die eerste respondent in die huidige aansoek gerig. In
daardie aansoek is beweer dat eerste respondent,
teenstrydig met die bepalings van Reël 17(30) van applikant
se Reëls uitgevaardig ooreenkomstig voormelde Wet,
persone aangestel het om vir hom teen vergoeding
derdeparty eise te werf. Daar is daar bevind dat eerste
respondent oor ‘n tydperk van ongeveer 19 maande tussen
Januarie 2000 en Junie 2001 altesaam ongeveer 331
derdeparty eise teen vergoeding vir ‘n totale bedrag van
R234 698,85 bekom het. In die lig van die getuienis teen
hom het die eerste respondent skuldig gepleit op die
aanklagte voor die betrokke dissiplinêre komitee en ook voor
die Raad van die applikant, maar te kenne gegee dat hy wel
oneties opgetree het, en nie oneerlik was nie.
[3] In die 2002-aansoek is die volgende bevel deur hierdie Hof
verleen teen eerste respondent in die huidige aansoek:
“Respondent word vir drie jaar in sy praktyk as prokureur
geskors. 18 (agttien) maande daarvan word vir ‘n periode van 5
(vyf) jaar opgeskort op voorwaarde dat hy hom nie gedurende
3
die opskortingstermyn skuldig maak aan onprofessionele of
oneerbare of onbetaamlike gedrag nie soos bedoel in artikel 71
van die Wet op Prokureurs van 1979. (Die periode van 5 (vyf)
jaar begin loop 18 (agttien) maande na die datum van hierdie
uitspraak.)”
[4] Ander smeekbedes is ook toegestaan met betrekking tot die
aanstelling van ‘n kurator en die aspekte wat daaruit
voortgevloei het.
[5] Die applikant baseer sy huidige aansoek teen beide
respondente op sterkte van die volgende:
(a) dat eerste en tweede respondente die
prokureursprofessie oneer aangedoen het deur van
dienste van werwers gebruik te maak;
(b) eerste en tweede respondente het die etiese reëls van
die prokureursprofessie negeer;
(c) die eerste respondent het die hofbevel van 14
November 2004 oortree deurdat hy as prokureur
praktiseer het terwyl hy geskors was. Tweede
respondent het aan die eerste respondent hulp verleen
om aldus te praktiseer, en hulle was bygevolg skuldig
aan minagting van die hof se bevel;
4
(d) eerste respondent het met die hulp van tweede
respondent gepraktiseer as prokureur terwyl hy nie in
besit was van ‘n getrouheidswaarborgfondssertifikaat
soos bedoel in artikel 41 van die Wet nie;
(e) eerste en tweede respondente het in stryd met artikel
78(4) van die Wet opgetree deur nie behoorlike
rekenkundige aantekeninge te hou nie.
[6] Applikant het kragtens Reël 19 van applikant se Reëls
uitgevaardig en afgekondig kragtens artikel 74(1) van die
Wet (voortaan genoem “die Reëls”), opdrag aan sy
dissiplinêre komitee gegee om ondersoek in te stel na die
eerste en tweede respondente se optredes.
[7] ‘n Uitgerekte verhoor het toe inderdaad plaasgevind voor die
dissiplinêre komitee waarin talle getuies verskyn het, en daar
ook getuienis gelewer is deur beide respondente. In hierdie
verhoor het respondente hand en tand alle bewerings teen
hulle betwis, en het veral ook betwis dat die Reëls teen
werwing oortree is, of dat eerste respondent voortgegaan
het, na sy skorsing, om as prokureur te praktiseer. Die
oorkonde met bewysstukke van hierdie verhoor beslaan
5
meer as 300 bladsye, en is aangeheg as aanhangsel tot die
applikant se aansoek. Die gevolgtrekkings en aanbevelings
van die dissiplinêre komitee word soos volg uiteengesit aan
die einde van die opsomming van die hele ondersoek:
“The firm van den Berg Inc continued after the suspension of
Deon van den Berg to make use of known touts namely Kaizer,
Neels and Tsiu. Furthermore they also used Elias and
Shadrack.
These people were paid for their services rendered i.e. of being
touts.
If it was a clear business deal, there could be no reason why the
amounts will be debited against equipment, furniture or even
computers. There could also be no reason why such an ‘error’
is not fixed with immediate effect.
A number of clients were not even known to van den Berg Inc
but their claims were handled by that office. This means that
clients were not properly consulted and claims proceeded with
at times without a progress report to clients. The forms were
also falsely completed by inserting information that was clearly
incorrect.
6
Deon van den Berg continued to practise even after his
suspension. He gave instructions to staff. He worked on the
files by making enquiries, calculated quantum etc. This he did
with full co-operation of his co-director Wynand Jansen. He
even continued to operate on the banking accounts. In the final
analysis the two (2) of them assisted each in sustaining their
massive ‘employment’ of touts and disregard of the imposition of
the sanction on Deon van den Berg.
The two (2) practitioners assisted each other in continuing with
their unprofessional, dishonourable and unworthy conduct.”
[8] Nadat die dissiplinêre komitee in terme van Reël 19(2)(c) en
19(3)(k) die aangeleentheid na die applikant verwys het, het
die applikant ‘n raadsbesluit geneem dat die Hof genader
moet word by wyse van aansoek om die respondente van
die rol te skrap. Die korrektheid, al dan nie, van die
dissiplinêre komitee se opsomming en gevolgtrekkings is
natuurlik relevant by oorweging van die vraag of die
respondente se optrede sodanig is dat hulle geskrap moet
word.
7
[9] Die applikant het egter nie slegs op die bevindings van die
dissiplinêre komitee en die getuienis wat daar gelewer is,
gesteun nie, maar verdere verklarings aangeheg van ‘n
werknemer van Van den Berg Ingelyf, Pretoria. Dit is
duidelik dat hierdie Pretoria kantoor veral derdeparty eise,
wat van die Bloemfontein kantoor afkomstig was, gehanteer
het. Ook is daar verklarings aangeheg van twee advokate in
Pretoria, naamlik Mark Upton en Petrus Johannes
Vermeulen.
[10] Daarna het respondent ‘n opponerende beëdigde verklaring
ingedien wat saam met aanhangsels daartoe meer as 200
bladsye beslaan waarin bykans iedere en elke bewering wat
deur die applikant se deponente gemaak word, bestry word.
Dit is gevolg deur ‘n kort repliserende verklaring van
applikant waarby aangeheg is ‘n aanvullende beëdigde
verklaring van nog ‘n werknemer van die Pretoria kantoor
van Van den Berg Ingelyf, verklarings van drie advokate van
Pretoria, ‘n ondersteunende beëdigde verklaring van Lina
Botes, wat getuienis gelewer het tydens die dissiplinêre
ondersoek, en ‘n aanvullende verklaring van Me Sehume, ‘n
uitvoerende amptenaar van die applikant, ter beantwoording
8
van sekere vrae spruitende uit die opponerende beëdigde
verklaring (asook verskeie ander dokumente).
[11] Dit het daartoe gelei dat daar ‘n dupliek (met verlof van
hierdie Hof) ingedien is deur die respondente waarin daar
weer ontkennings van so te sê iedere en elke bewering in die
repliserende beëdigde verklaring is, en wat deur die Hof ook
in aanmerking geneem sal word by die beoordeling van
hierdie aansoek.
[12] Tydens die beoordeling van die vraag of die prokureur van
die rol geskrap moet word, al dan nie, geld die gewone
bewysmaatstaf wat by siviele verrigtinge geld, naamlik
bewys op ‘n oorwig van waarskynlikhede. Sien OLIVIER v
DIE KAAPSE BALIERAAD 1972 (3) SA 485 (A) op 496 A –
H; RHEEDER v INGELYFDE WETSGENOOTSKAP VAN
DIE ORANJE-VRYSTAAT 1972 (3) SA 502 (A) op p. 507 B.
In die beslissing van PROKUREURSORDE VAN
TRANSVAAL v LANDSAAT 1993 (4) SA 807 (T) op 816 A –
C is bevind dat applikant nie ‘n gewone applikant in
aansoeke oor die algemeen is nie, en het verder soos volg
bevind:
9
“Hierdie is nie 'n gewone siviele geding nie. Hierdie is nie 'n lis
tussen twee strydende partye nie. Die applikant kom uit hoofde
van sy funksie as toesighouer oor prokureurs, 'n
Prokureursorde, in belang van die publiek en in belang van die
Hof om sekere feite voor die Hof te plaas. Die Orde tree nie in
geding met die respondent as sulks nie, as gedingvoerder nie,
maar bloot as 'n trustee van sekere belange waar die Hof ook 'n
primêre belang by het, nl oor sy praktisyns en amptenare van
die Hof en na my mening sou dit verkeerd wees om die normale
sivielregtelike toets toe te pas wat koste betref.”
[13] In The Law of South Africa, 1ste Heruitgawe, Volume 14
par. 394 word die volgende gesê met verwysing na LAW
SOCIETY OF THE CAPE OF GOOD HOPE v KING 1995
(2) SA 887 (C):
“The true test which is to be resorted to in applications to have
an attorney's name struck off the roll is to assess whether the
practitioner concerned is guilty of a serious transgression which
reflects upon his honesty and integrity and which thus renders
him unfit to carry on practice as an attorney.”
[14] Dit moet op hierdie stadium baie sterk beklemtoon word dat
die beoordeling van hierdie saak op die totaliteit van die
10
getuienis gemaak word. Indien die waarskynlikhede van
iedere en elke feitelike geskil wat beredeneer is, uiteengesit
moet word, sou dit ‘n uitspraak wat so lank mag wees as wat
die aansoekstukke is (wat meer as 1 000 bladsye beloop) tot
gevolg hê. Die waarskynlikhede ten opsigte van iedere en
elke aspek vul mekaar aan, en behoort die Hof in staat te
stel om by beoordeling van die globale massa van feite en
waarskynlikhede tot ‘n bevinding te kom. Uit die aard van
die saak kan al die waarskynlikhede nie gelyktydig genoem
word by ‘n bespreking van die verskillende fasette van
hierdie saak nie, maar meen ek dat by die beoordeling van
die saak as geheel dit duidelik behoort te blyk of die Orde
korrek was in sy gevolgtrekking waar die waarheid geleë is.
Natuurlik is dit nie vir die Hof noodsaaklik om bevindings ten
aansien van iedere en elke geskilpunt wat daar in hierdie
saak ontstaan het, te maak nie, en gaan dit hier om die
basiese aanvaarding, al dan nie, van die respondente se
weergawe.
[15] Sterk gesag vir hierdie benadering is te vind in die beslissing
van PROKUREURSORDE VAN TRANSVAAL v
11
KLEYNHANS 1995 (1) SA 839 (TPA) te 853 H – 854 C waar
die volgende vermeld word:
“Hoewel die beantwoording van die vraag of die respondent 'n
geskikte en gepaste persoon is om op die rol van prokureurs te
bly ingevolge art 22(1)(d) van die Wet op Prokureurs die
uitoefening van 'n diskresie deur hierdie Hof behels, moet die
feite aan die hand waarvan die diskresie uitgeoefen word,
nogtans vas staan. ….. Dit is ook gepas om nie afsonderlike
oortredings in isolasie te beoordeel nie maar 'n geheelbeeld te
verkry en aan die hand daarvan en met inagname van die
kumulatiewe effek van die gedrag 'n oordeel te vel. …..
Uiteindelik is die beslissing of gedrag onprofessioneel is of nie in
hoofsaak 'n kwessie van indruk en aanvoeling met as basis die
jarelange ondervinding wat die Hof van die praktyk het.”
Die benaderingswyse van die respondent is ook van belang
en is veral in die onderhawige saak ter sake. In dié verband
word die volgende in voormelde beslissing gesê te 853 F –
H:
“Die respondent het die onderhawige verrigtinge benader soos
'n strafsaak. Dikwels is feitelike stellings breedweg ontken
sonder verdere verduideliking en is van die applikant geverg dat
12
hy dit moet bewys. Hierdie benadering is verkeerd. Die Hof is
besig met 'n ondersoek van dissiplinêre aard. Die verrigtinge is
sui generis. ….. Uit die aard van die dissiplinêre verrigtinge vloei
voort dat van 'n respondent verwag word om mee te werk en die
nodige toeligting te verskaf waar nodig ten einde die volle feite
voor die Hof te plaas sodat 'n korrekte en regverdige
beoordeling van die geval kan plaasvind. Blote breë
ontkennings, ontwykings en obstruksionisme hoort nie tuis by
dissiplinêre verrigtinge nie.”
[16] Slegs in die betoogspunte het die applikant bloot in die
alternatief versoek dat die saak na verhoor verwys word en
die respondente het geen sodanige versoek aan die Hof
gerig nie. Dit is dan ook duidelik dat daar tot sodanige
optrede slegs oorgegaan kan word indien daar nie op die
stukke wat voor die Hof is ‘n bevinding op die
waarskynlikhede gemaak kan word nie, aangesien so ‘n
verhoor maande in beslag mag neem, en groot onkoste vir
die partye tot gevolg mag hê. Daar behoort slegs tot hierdie
stap oorgegaan te word as dit die enigste uitweg is.
[17] Ten aansien van die beoordeling van die waarskynlikhede
word die volgende uiteensetting van die regsposisie in
13
GOVAN v SKIDMORE 1952 (1) SA 732 (N) op 734 C - D in
ag geneem:
“Now it is trite law that, in general, in finding facts and making
inferences in a civil case, the Court may go upon a mere
preponderance of probability .......... for, in finding facts or
making inferences in a civil case, it seems to me that one may,
as Wigmore conveys in his work on Evidence (3rd ed., para.
32), by balancing probabilities select a conclusion which seems
to be the more natural, or plausible, conclusion from amongst
several conceivable ones, even though that conclusion be not
the only reasonable one.
Hierdie benadering is weereens goedgekeur deur die
Hoogste Hof van Appèl in JORDAAN v BLOEMFONTEIN
TRANSITIONAL LOCAL AUTHORITY AND ANOTHER
2004 (3) SA 371 (SCA) op 379 H – J.
By die beoordeling van die totaliteit van die feite is die
aanbevelings van die dissiplinêre komitee en applikant se
Raad maar een van die oorwegings wat in aanmerking
geneem word tesame met al die ander verklarings,
mondelinge getuienis en dokumentêre bewyse.
14
Die oortreding van die hofbevel:
[18] By die beoordeling van die optrede van respondente is dit
noodsaaklik dat daar eerstens gelet word op die wyse
waarop respondente hulle georganiseer het gedurende die
periode waarin eerste respondent geskors is en gereken
moet word vanaf 14 November 2002 tot en met 13 Mei 2004.
Gedurende 2001 het die eerste respondent sy praktyk vir
R1,5 miljoen verkoop aan die maatskappy Van den Berg
Ingelyf. Die verkoping het trouens plaasgevind vlak voor die
vorige dissiplinêre ondersoek teen eerste respondent wat tot
sy skorsing aanleiding gegee het. Die eerste respondent
was ‘n direkteur van die betrokke maatskappy, Van den Berg
Ingelyf, en die tweede respondent het op 1 Desember 2001
ook ‘n direkteur geword. Uit die dokumente wat vanaf die
Registrateur van Maatskappye bekom is, blyk dit dat daar tot
op die stadium waarop die aansoek gerig is nooit enige
aantekening gemaak is van sy bedanking as direkteur van
die betrokke maatskappy nie.
[19] Na skorsing van die eerste respondent het tweede
respondent die aandele van eerste respondent in die
15
maatskappy bekom ooreenkomstig die volgende gedeelte
van tweede respondent se getuienis in die dissiplinêre
ondersoek:
“Die veronderstelling was ek sou basies beheer oor die firma
geneem het met die aandele, indien Deon na die
skorsingsperiode terug sou gekom het, sou hy weer sy aandele
opneem maar indien hy dan sou besluit het om nie terug te kom
nie, dan moes ek betaal vir daardie aandele.”
[20] Die feitelike posisie was dat tweede respondent toe al die
aandele in die maatskappy gehad het en die eerste
respondent geen aandele nie al was eerste respondent nog
steeds ‘n direkteur. Mnr Van Rooyen het daarop gewys dat
die feit dat tweede respondent al die aandele in die
maatskappy gehad het, terwyl eerste respondent nog steeds
direkteur van die maatskappy is, ‘n oortreding van artikel 23
van die Wet daarstel deurdat slegs die aandeelhouer van die
maatskappy wat as prokureur praktiseer ‘n direkteur kan
wees. Voorts is dit dan ook duidelik dat slegs natuurlike
persone wat praktisyns is, en in besit van geldige
getrouheidswaarborgsertifikate is, lede of aandeelhouers in
16
‘n maatskappy kan wees. Eerste respondent het gedurende
sy skorsingsperiode nie oor enige sertifikaat beskik nie.
[21] Gedurende die periode van skorsing is ‘n vaste bedrag van
R10 000,00 per maand deur Van den berg Ingelyf aan eerste
respondent betaal ter vereffening van sy leningsrekening in
die maatskappy, terwyl tweede respondent se trekking slegs
R8 000,00 was.
[22] Verdere waarskynlikhede wat in ag geneem kan word, is die
getuienis dat eerste respondent sy tekenregte op die
besigheidsrekening van die firma behou het, en ook sy kode
behou het as fooieverdiener op die rekenaarsisteem. Ten
opsigte van laasgenoemde aspek is daar ‘n magdom van
bewerings dat die kode slegs as ‘n “naam” gedien het vir die
debitering van fooie, maar blyk dit ook uit die getuienis dat
ander persone wat derdeparty eise gehanteer het ook apart
fooie gedebiteer het.
[23] Alhoewel daar botsende bewerings is ten aansien van
hierdie hele aangeleentheid, moet na die waarskynlikheid
van die respondente se weergawe gekyk word en die vraag
17
gevra word waarom daar op so ‘n wyse met die debitering
van fooie voortgegaan is.
[24] Dit is duidelik dat eerste respondent allerhande planne
gemaak het om nog steeds werk te probeer doen wat met
die hantering van ‘n prokureurspraktyk verband hou.
Tweede respondent het inderdaad ‘n skrywe aan die
applikant gerig om toestemming te vra dat eerste respondent
as boekhouer van die firma kan optree, welke versoek deur
applikant se Raad geweier is. ‘n Soortgelyke versoek is
gerig aan applikant met betrekking tot die opstel van
kosterekenings. Daar is ook aansoek gedoen by die
Prokureursorde van die Noordelike Provinsies om
kosterekenings op te stel, en het eerste respondent blykbaar
voortgegaan om kosterekenings op te stel. Hierdie en ander
optrede het geskied ten spyte van die verwagting dat ‘n
prokureur die uiterste mate van ontsag vir ‘n hofbevel sal hê
en alles in sy vermoë sal doen om te sorg dat dit nie oortree
word nie. Eerste respondent het bo en behalwe bogemelde,
volgens hom, ook aansoeke gerig vir toestemming om ten
aansien van sekere lêers wat hy voorheen hanteer het,
steeds prokureurswerk te verrig.
18
[25] Tweede respondent steun daarop dat hy na die skorsing van
eerste respondent gemagtig was om eerste respondent te
kontak oor lêers wat laasgenoemde hanteer het om sekere
navrae te beantwoord en beweer dat hy hierdie magtiging
bekom het van me Jennifer Sehume en mnr Barry de Wet.
Die eerste respondent steun ook daarop dat hy magtiging
van applikant gehad het om vanaf 14 November 2002 tot 14
Desember 2002 sy lêers na te gaan en instruksies te
verskaf, en beweer voorts dat hierdie magtiging later
uitgebrei is sodat hy ook na die periode van 14 Desember
2002 werk in sy ou lêers kon verrig. Hierdie beweerde
toestemming word by monde van me Sehume betwis.
[26] Mnr Van Rooyen het aan die hand gedoen dat die skrywes
van applikant, die getuienis van me Sehume en die
weersprekende getuienis van respondente op waarskynlike
aantoon dat die beweerde toestemming nooit gegee is nie.
Daar kan eerstens verwys word na die volgende bewering
van tweede respondent tydens die dissiplinêre ondersoek:
“Ek het voor die tyd met Me SEHUME en met Mnr. BARRY DE
WET gekontak en vir hulle gesê wel, ek gaan nou in ‘n praktyk
19
in of ek neem lêers oor wat ek geen kennis van dra nie, kan ek
vir DEON VAN DEN BERG kontak indien ek probleme of lêers
het, kan ek vir hom vra en hulle het gesê dit is reg. Ek het sowel
hiernatoe gekom as telefonies vir hulle gevra of is dit reg as ek
vir DEON VAN DEN BERG kontak op party goed.”
[27] Daarna word daar deurgaans in die opponerende beëdigde
verklaring en die repliek gesteun op hierdie beweerde
toestemming, en beweer tweede respondent trouens dat hy
verskeie kere in kontak met me Sehume was om
toestemming te verkry om advies te bekom van die eerste
respondent. Tweede respondent steun net soos eerste
respondent daarop dat me Sehume teenwoordig was by die
tugverhoor toe die getuienis oor die toestemming verleen is,
en dit nooit ontken is nie.
[28] Eerste respondent se weergawe oor die beweerde
toestemming is weer die volgende:
“.......... Toe ek geskors is, het ek Mnr. JANSEN vir Mnr. BARRY
DE WET kom sien by die Prokureursorde en vir hom gesê ek is
geskors, wat staan my te doen, moet ek vandag uit die kantoor
uit gee pad, wat moet ek doen. Toe sê hy vir my jy mag nie
20
teruggaan kantoor nie. Toe sê ek vir hom meneer, wat van die
lêers. Toe sê hy vir my, vir die volgende maand gee ek vir jou
toestemming jy kan werk op die lêers, jy kan opdragte uitgee,
kyk wat aangaan en daarna is dit klaar. Toe begin die probleem
ontwikkel. Ek het die kliënt gesien, ek het die eis ingekry,
navrae. Toe sê ek vir WYNAND hy bel my eendag, hy sê vir my
ek het probleme. Toe sê ek vir hom ek gaan nie navrae hanteer
nie, ek is geskors. Toe sê ek vir hom, bel vir JENNIFER, sy is
my kurator, hoor of ek dit mag doen. Hy het vir JENNIFER
gebel, my teruggebel en vir my gesê, JENNIFER het gesê as jy
op die lêer gewerk het, kan jy enige navrae hanteer, ons kan by
jou vrae, jy kan in die lêer kyk. No problem.”
Eerste respondent beweer ook voorts in die opponerende
beêdigde verklaring dat hy toestemming vir een maand vanaf
applikant gehad het hom instruksies te verskaf voordat lêers
oorgeneem word. Hy beweer dan ook dat so ‘n reëling
getref is met tweede respondent. Hy steun ook daarop dat
me Sehume teenwoordig was by die dissiplinêre verhoor toe
hierdie getuienis gelewer is, en hy verstom hom dat sy dit nie
voorheen ontken het nie.
[29] Me Sehume ontken die bewering. Sy beweer dat sy ook nie
die magtiging gehad het om sodanige toestemming te
21
verleen nie. Dit moet in gedagte gehou word dat daar ook
aansoek gedoen was deur eerste respondent om as
boekhouer van die firma op te tree, maar dat applikant dit
geweier het.
[30] Op 24 Junie 2003 skryf tweede respondent ‘n brief aan
applikant en vermeld dat tweede respondent slegs applikant
se navrae hanteer en aangeleenthede waaroor hy kennis
dra. Daar word nie ‘n woord gerep oor die toestemming wat
na bewering verleen is nie.
[31] Me Sehume toon ook aan dat sy nie teenwoordig was by die
dissiplinêre ondersoek toe die getuienis aangaande die
beweerde toestemming gelewer is nie. Die waarskynlikhede
toon ook aan dat dit die posisie was. Toe adv Claassen
tydens die ondersoek me Sehume aan een van die getuies
wou uitwys, was sy nie teenwoordig nie. Die getuienis in
hierdie verband is die volgende:
“Mnr. CLAASSEN, Mnr. JANSEN sê dat hy inderdaad met
JENNIFER, ek dink die dametjie wat hier sit, sy is nou
22
ongelukkig nie hier nie, inderdaad so ‘n versoek gerig het aan
Mnr. DE WET.”
[32] Die versoek dat eerste respondent as boekhouer kon optree,
is nie deur me Sehume self beantwoord nie, maar is dit
verwys na applikant. Dit is onwaarskynlik dat me Sehume
en/of mnr De Wet op hulle eie sodanige toestemming sou
verleen. In elk geval toon me Sehume aan dat sy nie
magtiging gehad het om sodanige verlof te verleen nie en is
sy ook inderdaad korrek. Dit blyk dan ook uit artikel 83(4)
van die Wet:
“’n Praktisyn wat ......... in sy praktyk geskors is, mag nie nie
terwyl hy aldus .............geskors is, voortgaan om as praktisyn
direk of indirek vir sy eie rekening of in vennootskap of
vereniging met enige ander pesoon ........... praktiseer nie of,
behalwe met skriftelike toestemming van die betrokke Orde
.........in enige hoedanigheid in verband met die beroep van ‘n
praktisyn, in diens wees nie.”
(My beklemtoning.)
[33] Dit is duidelik dat enige toestemming wat die amptenaar of
applikant wat mondeling verleen het, nietig sou wees, en dat
23
slegs skriftelike toestemming van applikant voldoende sou
wees. Respondente beweer juis dat me Sehume as kurator
die toestemming verleen het, maar dit word deur haar
ontken. Dit is duidelik dat respondente nie toestemming
gehad het om hierdie werkswyse te volg nie en moes
respondente as prokureurs seer sekerlik geweet het dat hulle
skriftelike toestemming moes bekom. Op die beste vir die
eerste respondent sou ‘n prokureur wat geskors is nie
sodanige drastiese stap neem voordat hy nie baie seker
gemaak het dat die voorgeskrewe toestemming daarvoor
deur die applikant verleen is nie (of ten minste skriftelike
bevestiging daarvan bekom is of self verskaf is).
[34] Myns insiens is die waarskynlikhede met betrekking tot
hierdie aspek van die saak so oorweldigend dat dit bo
redelike twyfel gesê kan word dat die respondent se
weergawe dat hulle toestemming gehad het om die betrokke
werkswyse te volg, as leuenagtig verwerp kan word. Indien
voormelde bevinding moontlik nie korrek is nie, is die
waarskynlike oorweldigend ten gunste van applikant in dié
verband.
24
[35] Daar is getuienis tot vervelens dat eerste respondent
opgedaag het by die kantore van die firma, beide te
Bloemfontein en te Pretoria in slenterdrag. Dit sou volgens
respondente daarop dui dat eerste respondent nie kliënte
gesien of gespreek het nie, en dus nie gepraktiseer het nie.
Dit was blykbaar ook die posisie toe hy met advokate
onderhandel het, en selfs ‘n inspeksie ter plaatse bygewoon
het.
[36] Die tweede respondent open enkele maande na eerste
respondent se skorsing die kantoor te Pretoria, en wel teen
ongeveer Maart/April 2003, en word eerste respondent se
suster, wat ook voorheen by eerste en tweede respondente
gewerk het, daar aangestel.
[37] Die eerste respondent trek ook na Pretoria waar hy ‘n
kantoor in die kantore van die firma bekom, maar het hy ook
nog ‘n woonplek in Bloemfontein. Eerste respondent het
prakties gesproke nog sy kantoor in Bloemfontein behou, en
het ook weer na die skorsing die kantoor betrek. Dit is
eienaardig dat daar ‘n feitegeskil is oor die vraag of eerste
respondent, of sy suster, in die betrokke meenthuis in
25
Pretoria woonagtig was waarin eerste respondent sou
gewoon het. Dit kom baie onwaarskynlik voor dat die
getuienis van me Van Zyl in dié verband uit haar duim gesuig
is.
[38] Eerste respondent sou kosterekenings in Pretoria voorberei,
maar net vir Van den Berg Ingelyf. Dit is duidelik dat die feite
toon dat die omstandighede van so ‘n aard was dat
respondente in staat was om op te tree in stryd met die
hofbevel uit hoofde waarvan eerste respondent geskors is,
en op alle waarskynlikhede dit ook gedoen het. Nie alleen
artikel 83(4) van die Wet wat hierbo aangehaal is, is van
belang nie, maar ook artikel 83(5) wat soos volg bepaal:
“(5) ‘n Praktisyn mag nie, behalwe met die skriftelike
toestemming van die betrokke Orde, ........ iemand in
enige hoedanigheid in diens neem wat van die rol
geskrap is of in sy praktyk geskors is solank so iemand
aldus geskrap of geskors is nie.”
[39] Selfs al sou die toestemming verleen gewees het deur
applikant waarop respondente steun, is daar getuienis
gelewer deur ‘n groot aantal getuies dat eerste respondent
26
(in samewerking met tweede respondent) eenvoudig
aangehou praktiseer het terwyl hy geskors was, en nie net
navrae en lêers beantwoord en instruksies in lêers verskaf
het nie. Die getuienis was inderdaad dat hy voortgegaan het
om in lêers te werk, kwantum berekenings te doen, opdragte
aan die werknemers gegee het en die situasie was
inderdaad dat derdeparty eise nie sonder sy toestemming
geskik kon word nie. Hiedie feite is natuurlik betwis deur
respondente.
[40] Die eerste getuie in dié verband was me D. van der Merwe
wat getuig het hoe eerste respondent bevele gegee het aan
personeel van die Bloemfontein kantoor, en ook aan haar
opdrag gegee het dat sy moet sê dat hy nie op kantoor was
nie. Volgens haar het eerste respondent ook opdrag gegee
vir die uitreiking van trusttjeks nadat kosterekenings
afgehandel is, en het eerste respondent gedurende sy
skorsingsperiode werknemers Tanya en Ester versoek om
uitstaande gegewens ten aansien van derdeparty lêers te
bekom en gesê dat hulle moet skakel wanneer die
aangeleentheid sloer. Ook het eerste respondent op ‘n
sekere datum vir die personeel gewys dat hy fooie van meer
27
as R1 miljoen gedebiteer het. Sy het ook getuienis gelewer
dat sy ‘n kontanttjek vir ene Tsiu, een van die persone wat
later ter sprake sal kom by die behandeling van die
werwingsaanklagte, moes uitskryf en dat sy dit moes
debiteer teen reiskostes of meubels en toerusting.
[41] Vervolgens het me Smit, ‘n ander werknemer by die
Bloemfontein kantoor, getuig van soortgelyke werk wat deur
eerste respondent gedoen is te die Bloemfontein kantoor. In
teenstelling met me Van der Merwe, was sy nog ‘n
werknemer van respondente ten tyde van die dissiplinêre
ondersoek. Sy getuig dat eerste respondent nog steeds die
kwantum van eise bereken het gedurende die
skorsingsperiode en dat sy ook by hom in Augustus 2003
moes navraag doen of ‘n aanbod aanvaarbaar was. Hy het
wel bevestiging verskaf. Selfs onder kruisverhoor het sy
herhaal dat eerste respondent kwantums bereken het al het
sy verskeie vrae ten gunste van eerste respondent gunstig
beantwoord. Stawende getuienis met dieselfde strekking is
ook gelewer deur ‘n ander destydse werknemer van die
firma, mnr Connoway.
28
[42] Van groot belang is ook die beëdigde verklaring van me Van
Zyl wat aangestel is as professionele assistent by die firma
se kantoor in Pretoria. Volgens haar verklaring het die
eerste respondent soveel as twee maal per week by die
kantoor aldaar opgedaag. Sy sê dan ook die volgende in
haar verklaring:
“4.2 Hy het notas gemaak in die lêers waarin hy opdrag gegee
het in verband met die stappe wat gedoen moes word in
die betrokke lêer. Dit het ingesluit dat eisdokumente
voorberei moes word, opdragte aan die advokate gegee
moes word, dagvaardings uitgereik moes word, die inwin
van deskundige verslae, die maak van teenaanbiedinge
waar skikkings aanbiedings ontvang is, die skikkings van
sake en die voorbereiding vir verhoor en verhoor van
sake. Hy het ook kwantum berekenings gedoen en
kosterekenings opgestel.
4.3 Benewens die skriftelike opdragte wat hy gegee het, het
ek ook op ‘n gereëlde grondslag telefonies met hom
geskakel om hom op hoogte van sake te hou met
betrekking tot verwikkelinge in eise wat deur Van den
Berg Ingelyf, Pretoria hanteer is en om opdrag van hom
te kry oor verdere optrede. Dit was spesifiek my opdrag
29
dat ek alle optredes met eerste respondent moes
bespreek en in die besonder dat ek geen
skikkingsaanbod wat gemaak is namens die kliënt mag
aanvaar sonder om die eerste respondent te raadpleeg
nie.
4.4 Ek het dikwels, wanneer die eerste respondent nie
teenwoordig was by die Bloemfontein kantoor van Van
den Berg Ing nie, ‘n boodskap gelaat dat hy moet
terugbel. Hy het dit dan gedoen. Wanneer ek hom op sy
selfoon gebel het, het hy ook al versoek dat ek hom op
Van den Berg Ingelyf, Bloemfontein se landlyn bel omdat
dit goedkoper is. Ek het geen twyfel daaraan dat dit
algemeen bekend was dat die eerste respondent as
prokureur praktiseer nie.”
[43] Sy handel dan in diepte met ‘n groot aantal sake wat
genoem word en waar gespesifiseer word presies wat in elke
saak gedurende die betrokke skorsingsperiode gedoen is.
Sy vermeld dan ook dat sy en die ander personeel opdrag
gekry het om al die notas van eerste respondent wat in die
lêers gemaak is, te verwyder skynbaar omdat daar juis op
daardie stadium verwag is dat applikant iemand sou stuur
om ondersoek te doen.
30
[44] Die verklaring van ‘n verdere werknemer van die Pretoria
kantoor, me A. J. Goeman, kom daarop neer dat eerste
respondent uit en uit as prokureur gepraktiseer het in die
betrokke periode, en getuig sy ook dat sy onder meer opdrag
gehad het om in lêers waar daar verwysing na mnr Tsiu
voorkom, dit verwyder moet word. Daar is ook stawing te
vinde vir hierdie bewerings van die betrokke werknemers in
beëdigde verklarings wat deur drie advokate ingedien is.
[45] Die eerste verklaring is die van adv Mark Upton. Hy maak
melding in sy verklaring van lêers wat in Oktober 2003
(gedurende die skorsingsperiode) aan hom oorhandig is en
wat se werk hy in die betrokke lêers moes verrig. Hy is
onder meer in een lêer opdrag gegee om ‘n senior advokaat
aan te stel omdat dit ‘n problematiese geval is. Daar moes
ook ‘n kurator ad litem aangestel word. In een geval het dit
geblyk dat hy met eerste respondent in verbinding getree het
en dat eerste respondent hom toe meegedeel het dat hy
inderdaad die aanbod van die Padongelukkefonds aanvaar
het, terwyl hy dit nie kon doen nie omdat daar ‘n kurator ad
litem aangestel was vir die betrokke kliënt en die kurator ad
litem eers moes toestemming by ‘n regter in kamers verkry
31
alvorens die aangeleentheid geskik kon word. Hy vermeld
dan voorts van ‘n groot aantal sake waarin hy eers eerste
respondent moes skakel en die skikkingsaanbod meedeel
voordat die betrokke saak geskik kon word. Hy vermeld dan
laastens ook van ‘n inspeksie wat gehou is in Qwa Qwa en
waar adv Güldenpfennig ook teenwoordig was.
[46] Sterk stawing word ook gevind in die twee beëdigde
verklarings van adv Vermeulen wat inderdaad die kurator ad
litem was in die saak waarna hierbo verwys is, en waarin hy
die weergawes van me Van Zyl en adv Upton bevestig. Hy
verskaf ook besonderhede van die saak wat geskik is,
sonder dat toestemming by ‘n regter in kamers bekom is.
Trouens was dit sy sienswyse dat die saak nooit geskik
moes word op die betrokke basis nie. en is die saak daarna
voortgesit met verkryging van ‘n verslag van ‘n kliniese
sielkundige. Hierdie aspek is juis opgeneem met eerste
respondent wat hom meegedeel het dat hy van voornemens
was om die kliënt te stuur na ‘n dr Luttig, ‘n kliniese
sielkundige van Bloemfontein.
32
[47] Met verwysing na die betrokke sake het respondent die
tersaaklike bewerings erken, maar oor die algemeen gesteun
op die toestemming wat hy na bewering bekom het by die
applikant, en aangedui dat hy reeds met hierdie lêers gewerk
het voor sy skorsing. Mnr Van Rooyen het betoog dat dit
heeltemal onaanvaarbaar is vir eerste respondent om ‘n Hof
te probeer oortuig dat die betrokke werk wat hy in die lêers
gedoen het nie deur ‘n ander regspraktisyn sonder eerste
respondent se hulp kon gedoen gewees het nie, en dat sy
eie getuienis aantoon dat hy eenvoudig voortgegaan het om
te praktiseer. Dieselfde afleiding maak hy van die eerste
respondent se weergawe van sy besoek aan Qwa Qwa met
betrekking tot die inspeksie ter plaatse. Eerste respondent
ontken ook nie adv Vermeulen se getuienis dat
laasgenoemde hom versoek het om die meriete van die
Deke-saak te ondersoek nie.
[48] Indien daar op hierdie oormag van getuienis gelet word,
moet die vraag inderdaad gevra word waarom hierdie
persone almal aan hierdie Hof leuens sou vertel. Die
respondent het probeer aantoon dat me Van der Merwe en
me Van Zyl onbetroubare persone was, en dat hulle ‘n vete
33
teen hom, of sy suster, gehad het om een of ander rede.
Oor die algemeen was dit sy werkswyse om soveel as
moontlik stof op te skop en aan te toon dat hierdie persone
rede gehad het om leuens oor hom te vertel. Dit kan hy
egter nie sê van me Smit nie, en het daarom aan die hand
gedoen dat sy ‘n fout gemaak deur te sê dat hy
kwantumberekenings gedoen het. Myns insiens, dui die
waarskynlike oorweldigend aan dat daar nie rede bestaan
het waarom hierdie detail getuienis deur hierdie persone aan
die Hof voorgelê sou word nie, en waarom daar oor al die
aspekte leuens gefrabriseer sou word bloot om eerste
respondent in die moeilikheid te kry.
[49] Wat die getuienis van die advokate betref, is daar geen rede
waarom hulle hulle naam en aansien in gevaar sou stel deur
leuens in ‘n Hof te vertel nie. Wat adv Upton betref, het hy
immers taamlik werk vanaf die respondente se firma
ontvang, wat hom seer sekerlik nie geneë sou maak om
leuens oor hulle te vertel nie. Ten aansien van hom word
daar bewerings gemaak dat hy een of ander verhouding met
me van Zyl sou gehad het en dat hy gepoog het om op ‘n
onbehoorlike wyse fooie te bekom. Myns insiens, is dit nou
34
net weer ‘n poging aan die kant van die respondente om
hom in ‘n slegte lig te stel. Wat die ander twee advokate
betref, naamlik Vermeulen en Gϋldenpfennig, is daar geen
rede hoegenaamd waarom hulle uit hulle pad sou gaan om
in detail in hierdie Hof (veral wat Vermeulen betref) uiteen te
sit wat die posisie is nie. Daar is hoegenaamd geen rede om
te dink dat hulle enigsins ‘n leuen aan die Hof sou vertel, of
iets spesifiek teen eerste respondent gehad het om hom in ‘n
slegte lig te stel nie. Daar sal later verwys word na die
suggestie van ‘n komplot teen respondente.
Praktisering sonder ‘n getrouheidswaarborgsertifikaat:
[50] Artikel 41 van die Wet bepaal dat ‘n praktisyn nie as
praksityn vir eie rekening, of as ‘n vennootskap, mag
praktiseer sonder dat hy of sy in besit is van ‘n
getrouheidswaarborgsertifikaat nie.
[51] Artikel 23(1)(b) daarvan bepaal dat ‘n privaat maatskappy ‘n
praktyk kan voortsit indien slegs natuurlike persone wat
praktisyns is en in besit van geldige
getrouheidswaarborgsertifikate is lede, of aandeelhouers,
35
van die maatskappy is. Artikel 23(2) van die Wet vereis
voorts dat elke aandeelhouer van ‘n maatskappy ‘n direkteur
van die maatskappy moet wees, en slegs ‘n aandeelhouer
van die maatskappy ‘n direkteur daarvan kan wees. Dit volg
dus dat eerste respondent as direkteur ook aandeelhouer
moes wees van Van den Berg Ingelyf, en dat hy alleen so
kon praktiseer indien hy oor ‘n
getrouheidswaarborgsertifikaat beskik het.
[52] Dit is duidelik dat eerste respondent sedert sy skorsing
synde 14 November 2002 tot hede, nie ‘n
getrouheidswaarborgsertifkaat het nie. Hy erken trouens die
bewering. Hy steun daarop dat hy gedurende sy
skorsingsperiode nie as prokureur gepraktiseer het nie en
dat na sy skorgingsperiode, toe applikant geweier het om sy
getrouheidswaarborgfondssertifikaat te verskaf, hy sy
aandeel in die maatskappy “wou vervreem” en dat hy
intussen sy naam van die briefhoof as direkteur verwyder
het, en dat hy tans net as professionele assistent of
konsultant by die maatskappy werk.
36
[53] Mnr Van Rooyen het ook betoog dat applikant aangetoon het
dat eerste respondent inderdaad sonder ‘n
getrouheidswaarborgsertifikaat praktiseer het en dat hy ‘n
direkteur van Van den Berg Ingelyf was en ook aandele
gehou het in die maatskappy (soos ten tyde van aansoek
aangetoon in die Registrateur van Maatskappye se register).
Daarenteen het eerste respondent herhaaldelik getuig dat hy
as direkteur bedank het, terwyl dit volgens mnr Van Rooyen
onwaar is. Aan die hand daarvan het mnr Van Rooyen
betoog dat applikant bewys het dat eerste respondent veral
na die beëindiging van sy skorsing met die hulp en wete van
tweede responent artikel 41 van die Wet oortree het.
Alhoewel die waarskynlikhede die argument begunstig,
beskou die Hof dit nie as ‘n baie bepalende faktor by die
bereiking van sy bevinding nie.
Versuim om behoorlik rekenkundige aantekeninge te hou:
[54] Applikant steun daarop dat respondente artikel 78(4) van die
Wet oortree het deurdat hulle nie behoorlike rekenkundige
aantekeninge gehou het nie.
37
[55] Applikant se Reël 16.7 bepaal:
“16.7 Oordragte van trustrekening
Wanneer ‘n firma ‘n oordrag van sy trustrekening na sy
besigheidsrekening doen, moet hy sorg dra dat:
16.7.1 die bedrag oorgedra identifiseerbaar is met die
bedrag aan hom verskuldig en dat dit nie oorskry
nie; en
16.7.2 die balans van enige rekening verskuldig wat in sy
trustrekening en die balans van enige bedrag aan
hom verskuldig wat in sy trustrekening oorbly,
identifiseer is met ooreenstemmende inskrywings
wat in sy trustgrootboek verskyn.”
[56] Bogemelde reël het tot gevolg dat daar nie ‘n globale bedrag
uit ‘n firma se trustrekening getrek mag word nie. Gelde wat
vanaf ‘n prokureur se trustrekening oorgeplaas word na sy
besigheidsrekening, moet getrek word teen elke kliënt se
trustrekening en gedebiteer word.
[57] Dit is nie deur die tweede respondent gedoen nie. Daar is
gevind dat die ronde bedrae van onderskeidelik R10 000,00
en R20 000,00 vanuit sy trustrekening getrek is, en dat dit
38
later reggestel is, wat ‘n tekort op die trustrekening
veroorsaak het soos aangedui in paragraaf 4.5.5 van me
Lina Botes se repliserende verklaring. Tweede respondent
het ‘n algemene ontkenning ten aansien van hierdie
bewering gemaak.
[58] In dupliek word gesteun op die getuienis van eerste
respondent (en wel paragraaf 4.5 van sy dupliserende
verklaring). Die verduideliking wat hy verskaf toon trouens
aan dat respondente met minagting van die voorskrifte met
betrekking tot hulle boekhouding optree. Eerste respondent
gee ook ‘n verduideliking wat toon dat hy geen insig het met
betrekking tot sy verpligtinge nie.
[59] Reël 16A.6 van die applikant se Reëls bepaal:
“16A.6 Trusttjeks aan spesifieke begunstigdes betaalbaar
te wees.
‘n Firma moet verseker dat ‘n tjek getrek op ‘n
firma se trustbankrekening betaalbaar gemaak
word, of aan die orde van, begunstigde wat
uitdruklik aangegee word.”
39
[60] Die applikant steun daarop dat die respondente die reël
oortree het, en respondente ontken dit. Die gelde is uit ‘n
kliënt se rekening getrek, synde dié van mnr Du Toit en toon
die boeke aan dat ‘n tjek gedateer 25 Maart 2004 ten gunste
van hom getrek is. (Dit word beskryf as “payment”.) Die tjek
toon egter aan dat die tweede respondent die begunstigde
was.
[61] In die opponerende verklaring ontken die tweede respondent
die bewering, maar in die dupliserende verklaring word
hierdie ernstige oortreding afgemaak as ‘n fout. Fooie mag
nie direk per tjek uit ‘n trustrekening getrek word nie.
[62] Reël 16A.7.1 bepaal opstel van lyste van trustkrediteure:
“16A.7.1 Opstel van lyste van trustkrediteure:
Elke firma moet met tussenposes van hoogstens 3
kalendermaande en in duidelike leesbare vorm ‘n
lys opstel van alle persone op wie se rekening geld
gehou word, ontvang is en van die bedrag geld op
krediet van elke afsonderlike persoon wat daarin
by naam geïdentifiseer moet word, en ten einde
nakoming van reël 16A.3 te verseker, moet hy die
40
totale van sodanige bedrag vasstel en gemelde
totaal vergelyk met die totaal van die batige
saldo’s in die firma se trustbankrekeninge,
trustbeleggingsrekeninge en die bedrag deur hom
as trust kontant gehou.”
Reël 16A.3 bepaal soos volg:
“16A.3 Trustsaldo’s mag nie trustskuld oorskry nie en ‘n
trustrekening mag nie in debiet wees nie. ‘n Firma
moet verseker dat –
16A.3.1 die totale bedrag geld in sy trustbankrekening en
in sy trustbeleggingsrekening en deur hom as trust
kontant gehou op geen tydstip minder is as die
totale bedrag van sy kredietbalanse van die
trustkrediteure aangetoon in sy rekenkundige
aantekeninge nie;
16A.3.2 Geen rekeninge van ‘n trustkrediteur in debiet is
nie;
16A.3.3 ‘n Stelsel gebruik en in stand gehou word wat aan
die vereistes van sub-reël 16A.3.1 en 16A.3.2
voldoen wanneer bedrae van sy trustrekening na
sy besigheidsrekening oorgedra word.”
Bogemelde reëls is nie nagekom nie.
41
[63] Die eerste respondent beweer dat hy ‘n navraag gedoen het
by Japie Marais oor die probleem, maar tot hede is dit
onseker wat eintlik die gevolg was van hierdie nie-nakoming
van die reëls. Tweede respondent ontken dat die reël
oortree is en gee ‘n onsamehangende verduideliking, en
beskuldig me Botes van onvermoë, en dat die aspek nooit
ter sake was by die tugondersoek nie. Hy fouteer aangesien
hierdie aspek duidelik by die verrigtinge ter sake gekom het,
en word die tekortkominge in die boeke van respondente
deur me Botes in haar verslag uiteengesit. Sy verduidelik
trouens volledig in welke opsigte die firma se boeke
tekortskiet wat betref hierdie reël. Volgens haar was daar
gedurende die maande trusttekorte, en nie noodwendig aan
die einde van die maand nie.
[64] Tweede respondent is verantwoordelik vir die hou van
behoorlike rekenkundige rekords, maar in sy antwoord
verwys hy na die verduideliking van eerste respondent.
Eerste respondent se verduideliking toon aan dat
respondente ‘n roekelose houding met betrekking tot die
rekenkundige rekords van die maatskappy gehad het. Na
42
verloop van een jaar en twee maande is die probleem nie
opgelos nie.
[65] Bogemelde optrede dui daarop dat die respondente nie net
hulle verpligtinge wat betref die hou van behoorlike
rekenkundige aantekeninge versaak het nie, maar ook
onkundig was wat betref hulle verpligtings kragtens die Wet
en applikant se Reëls.
[66] Selfs al sou die Hof fouteer met bostaande gevolgtrekking,
begunstig die waarskynlikhede oorweldigend me Botes se
weergawe.
Werwing van derdeparty eise deur tweede respondent:
[67] Tweede respondent was deeglik bewus van die feit dat
eerste respondent vir drie jaar uit sy praktyk geskors is,
waarvan ‘n gedeelte opgeskort is, en voorts dat die skorsing
opgelê is, het vanweë eerste respondent se werwing van
derdepartywerk. Na eerste respondent se skorsing het
tweede respondent beheer oor die firma se derdeparytwerk
oorgeneem.
43
[68] Mnr Tsiu, wat voorheen aan eerste respondent eise verkoop
het, het die respondente genader om voort te gaan met die
praktyk. Tweede respondent beweer dat hy nie bereid was
om dit te doen nie. Tweede respondent getuig dat hy ‘n
ooreenkoms met Tsiu bereik het dat hy hom sou vergoed vir
werk wat hy doen in derdeparty eise, soos die verkryging van
voltooide vorms en verslae, ens. Tsiu het ook nuwe
derdeparty kliënte by tweede respondent aangebring. Die
oorkonde toon aan dat ‘n redelike groot volume, synde 74
eise in slegs ongeveer ‘n jaar en ‘n half, so gekanaliseer is.
Tweede respondent beweer egter dat Tsiu nie daarvoor
betaal is nie.
[69] Tsiu het die beweerde kliënte gewerf en die opdragte na
tweede respondent verwys by wyse van ‘n voltooide
volmagvorm. (Op die opdragvorm word Tsiu se naam
uitdruklik genoem.) Daar kan in die verband bewys word na
die volgende gedeelte van die oorkonde van die dissiplinêre
ondersoek waar tweede respondent getuig het:
“Jy het nog nie van daardie kliënte gehoor nie, u het hom die
eerste keer nie gesien nie, u sien die eerste keer die vorm wat
44
Tsiu by u aanbring, is dit reg of is dit verkeerd? .... Dat dit die
eerste keer is wat ek van die kliënt weet, dit kan ek nie vir u sê
nie, nee of die kliënt my gekontak het is ‘n moontlikheid; of die
kliënt al klaar ‘n derdeparty eis ingestel het my gevra het om
verder te gaan is ook ‘n moontlikheid.”
[70] Tweede respondent het ook op dié wyse met Shadrack en
Kaizer gehandel en kliënte deur middel van hulle ontvang.
Tsiu het dan ook inderdaad die vorms wat Shadrack voltooi
het na die tweede respondent gebring, ooreenkomstig
tweede respondent se getuienis. Hy beweer ook dat Tsiu nie
‘n vriend van hom is nie.
[71] Daar is ‘n groot aantal besigheidsrekenings van Van den
Berg Ingelyf waaruit kontant getrek is. Daar verskyn ‘n
identiteitsnommer agter op die tjeks, en was me Botes nie in
staat om vanaf respondente besonderhede te bekom, aan
wie die betrokke tjeks betaal was nie. Op die kontanttjeks se
rugkant het die identiteitsnommer van Tsiu verskyn. In die
kort periode van Januarie 2004 het die totale van die
betrokke tjeks die bedrag van R36 492,83 beloop.
45
[72] Dit blyk ook dat van die tjeks gedebiteer is teen reiskoste,
meubels en rekenaars. Eerste respondent se
telefoonnommer het op sommige van die tjeks wat in kontant
aan Tsiu uitgemaak is, voorgekom, terwyl tweede
respondent die tjeks geteken het. Hier kan bygevoeg word
dat die betrokke bank mos nie die nommer van eerste
respondent, wat nie magtiging kon gee nie, op die tjek sou
skryf, maar die van tweede respondent wat eintlik die
uitbetaling gemagtig het, sou uitlos nie.
[73] Die bedrae van die betrokke kontanttjeks is nie verdeel as
debiete teen verskillende derdeparty kliënte nie, en is dus nie
teen spesifieke kliënte se rekeninge gedebiteer nie. Tweede
respondent kan geensins ‘n verduideliking gee waarom die
vermelde prosedure gevolg is nie, en het ook nie probeer
vasstel wat die posisie was nie. Tweede respondent gee
trouens toe dat die optrede moontlik ‘n wyse kon wees om te
verbloem dat Tsiu die geld ontvang het. In dié verband kan
verwys word na sy antwoord op ‘n tipiese vraag:
“Mnr. Strating: Dit is ook sommer so ‘n snaakse bedrag R2
300,00. Is dit nou maar toevallig dat almal die R48,00 en die
46
R60,00 en so meer al daardie goed nou toevallig tot op R3
300,00 uitwerk .... Ja En toevallig word dit teen die rekenaars
gedebiteer ...... Ja”
[74] Tsiu, Kaizer en Neels Roodt het vorms en volmagte gehad
wat tweede respondent aan hulle oorhandig het. Derdeparty
eise was na tweede respondent gebring deur die vorms te
gebruik. Die aanduidings is voorts dat ‘n instansie bekend
as Free State Assessors sommige derdepartye gewerf het
en na tweede respondent gekanaliseer het. Volgens tweede
respondent is Free State Assessors ‘n firma wat eise werf.
Die betrokke werwers het in werklikheid die eerste
konsultasie met die slagoffers van die padongelukke gevoer.
[75] Tweede respondent erken dat hy self die volmagte wat
kliënte voltooi, hanteer het, maar kan nie erken of ontken dat
dit by ontvangs deur hom nog blanko was met slegs ‘n
handtekening van ‘n kliënt daarop nie, of dat hy ‘n derdeparty
eis ingestel het bloot op die vorm wat deur Tsiu, of een van
die ander persone, ingebring is sonder om ooit die kliënte te
sien.
47
[76] Volgens me van der Merwe het Tsiu een- of twee keer per
week by die prokureurskantore opgedaag.
[77] Volgens die getuienis wat gelewer is tydens die dissiplinêre
ondersoek dra die tweede respondent ook kennis van die
prosedure dat ‘n eis “vervang” word in omstandighede
waarin ‘n eis nie betaal word nie. Hierdie getuienis versterk
natuurlik die afleiding dat Tsiu en die ander werwers
inderdaad derdeparty eise aan die respondente verkoop het.
[78] Myns insiens, is die optrede van beide tweede respondent
asook eerste respondent (in die mate wat hy daarby
betrokke is) onwaarskynlik, veral ten aansien van die
bewering dat die betrokke werwers “touts” slegs betaal is vir
hulle uitgawes. Dit is duidelik dat Tsiu byvoorbeeld ‘n
sakeman is met verskeie besighede. Hoekom sal hy nou vir
‘n klein bietjie geld, d.w.s vir bloot sy uitgawes, mense een-
of twee maal per week Bloemfontein toe aanry, of na
hospitale toe gaan. As hier in aanmerking geneem word dat
hierdie betrokke werwers, soos blyk uit die eerste aansoek
om skrapping, aanvanklik ruimskoots vergoed is vir hulle
48
dienste, is dit onwaarskynlik dat hulle nou bereid sou wees
om te werk vir bloot hulle uitgawes.
[79] Wat meer is, en veral nadat eerste respondent geskors is,
sou ‘n mens verwag dat al hierdie persone weggewys sou
gewees het om soortgelyke probleme te voorkom. ‘n Mens
sou verwag het dat respondente aan die persone sou gesê
het dat hulle glad nie meer die firma moes besoek nie, veral
waar die hele firma se toekoms op die spel was. Dit is egter
nie die getuienis van respondente nie, maar het hulle gesê
het dat hulle bereid was om daarmee voort te gaan om
kliënte vanaf hierdie persone te aanvaar, maar slegs op die
basis dat hulle nie nou meer daarvoor sou betaal nie.
Hierdie optrede kan nie anders as geweldig onwaarskynlik
beskryf word nie.
[80] Myns insiens, is die optrede van tweede respondent duidelik
in stryd met applikant se Reëls, synde Reël 17(26) en Reël
17(30) waarvolgens hierdie optrede as wangedrag beskryf
word. Dit wil voorkom asof tweede respondent nie eers
besef het dat die Reëls oortree word nie.
49
[81] Dit moet weereens beklemtoon word dat bogemelde
bevindings gemaak word op waarskynlikhede wat
oorweldigend die applikant begunstig. Hoekom sou tjeks
uitgemaak word wat teen meubels of reiskoste gedebiteer
word, indien dit nie bedoel was om die ware aard van die
transaksie te verdoesel nie? Indien slegs uitgawes van die
“werwers” rekenings betaal is, waarom is die tersaaklike
leers nie gedebiteer nie, aangesien hierdie uitgawes seer
sekerlik in die betrokke derdeparty eise verhaal sou kon
word. Dit blyk duidelik dat Tsiu die tjeks moes teken ten
einde betaling van die bank te ontvang. Waarom sou eerste
respondent se telefoonnommer daarby gevoeg gewees het?
Sy verduideliking kom onwaarskynlik voor. In stede van
behulpsaam te wees met die beantwoording van die vrae,
skep die antwoorde van respondente die indruk van “blote
breë ontkennings, ontwykings en/of obstruksionisme” waarna
verwys is deur Van Dijkhorst R in die saak van
PROKUREURSORDE VAN TRANSVAAL v KLEYNHANS,
supra.
Aard en erns van die oortredings:
50
[82] Soos vermeld, behoort ‘n prokureur van die rol geskrap te
word waar sy optrede so ernstig van aard is dat dit reflekteer
op die integriteit en eerlikheid van die beroep. So ‘n optrede
sou byvoorbeeld bedrog wees. Ten opsigte van oortredings
van artikel 78 van die Wet, moet die Hof ook al die
omstandighede oorweeg voordat daar besluit word of ‘n
prokureur van die rol geskrap behoort te word, en of hy slegs
geskors behoort te word. Sien LAWSA, Volume 14, Eerste
Heruitgawe par. 395.
[83] Indien ‘n praktisyn leuens in sy beëdigde verklaring in ‘n hof
vertel en/of ontwykend in sy verklarings is, kan dit aanleiding
daartoe gee dat sodanige persoon van die rol geskrap word.
Vergelyk LAW SOCIETY OF THE CAPE OF GOOD HOPE v
C 1985 (1) SA 754 (C) op 765 E – F. Indien ‘n regspraktisyn
opsetlik ‘n hof mislei, kan dit ‘n gebrek aan integriteit toon en
kan dit aanleiding gee tot die skrapping van sodanige
praktisyn. Vergelyk SOCIETY OF ADVOCATES OF NATAL
AND ANOTHER v MERRET 1997 (4) SA 374 (N) op 343 F -
H. Indien ‘n tweede oortreding begaan word deur ‘n
regspraktisyn, is dit vanselfsprekeng ‘n belangrike faktor wat
in aanmerking geneem behoort te word. Vergelyk
51
INCORPORATED LAW SOCIETY, TRANSVAAL v
BEHRMAN 1977 (1) SA 904 (T).
[84] Werwing word ook as ‘n ernstige oortreding beskou.
Vergelyk twee sake CIROTA AND ANOTHER v LAW
SOCIETY, TRANSVAAL 1979 (1) SA 172 (A) op 192 A – D
en LAW SOCIETY, CAPE OF GOOD HOPE v BERRANGé
2005 (5) SA 160 (CPD) op 174 B – D.
[85] Dit is duidelik dat ons hier, veral wat die oortredings ten
aansien van trustgelde betref, met ontwykende antwoorde te
doen het. Óf word die oortreding bloot ontken όf word ‘n
weergawe opgedis wat verwys na “work in progress”, wat
geensins die probleem aanspreek nie. Indien daar gelet
word op die opsomming van die getuienis wat in ‘n
dissiplinêre verhoor gelewer is in die opponerende beëdigde
verklaring van eerste respondent, blyk dit duidelik dat hy
geensins enige sin van onafhankliheid het nie. Slegs die
faktore wat in sy guns tel, word genoem, en indien daar ‘n
faktor is wat teen hom tel. word daar gepoog om dit aan te
spreek of te weerlê. Indien die getuienis gelees word en die
52
opsommings daarna is dit moeilik om te glo dat dit ‘n
weergawe van dieselfde getuienis is nie.
[86] ‘n Faktor wat met veiligheid aanvaar kan word, soos
byvoorbeeld die feit dat daar nie toestemming verleen is aan
eerste respondent om met die lêers te werk soos wat hy
voorgee nie, dui daarop dat daar twyfelagtige antwoorde in
beide sy en die tweede respondent se weergawes verskyn.
Dit plaas ‘n vraagteken oor die res van die respondente se
bewerings in die beëdigde verklarings. Die wyse waarop
beide eerste en tweede respondente opgetree het na eerste
respondent se skorsing toe tweede respondent deeglik
daarvan bewus was, dui op ‘n gebrek aan respek en ontsag
vir hierdie skorsingsbevel. In plaas daarvan dat daar, soos
verwag word, in alle opsigte gepoog sou word om te
verseker dat so iets nie weer gebeur nie, was daar ‘n traak-
my-nie-agtige houding ten opsigte van optrede wat moontlike
herhaling van die ootreding kon daarstel.
[87] Daar is reeds verwys na die groot aantal ontkennings en
betwisting van die weergawes van die getuies wat in die
ondersoek getuig het en beëdigde verklarings verskaf het en
53
die onwaarskynlikheid dat hulle voor hierdie Hof sou kom om
‘n lang reeks versinsels aan die Hof voor te lê, is reeds
uitgelig. Op plekke in die opponerende en dupliserende
verklarings word die indruk geskep dat daar een of ander
sameswering, of komplot, teen respondente was. Die
volgende verskyn in respondente se advokaat, mnr
Claassen, se betoogspunte:
“Hierdie klaarblyklike vendetta teen eerste respondent is
waarskynlik aangevuur deur die vorige saak waarin vermeld is
dat daar verskeie klagtes by die Raad ingedien is en ‘n grotere
firma soos Webbers, Goodrick & Franklin, Symington & De Kok
.... Met respek deursigte klagte van Bianca van der Merwe is ‘n
stootskraper taktiek in werking gestel teen eerste respondent
waarby tweede respondent betrek is.”
Dit wil dus voorkom asof die applikant self betrek word in
hierdie sameswering teen respondente! Myns insiens, is
daar hoegenaamd geen bewys van enige sodanige
sameswering, of vyandigheid, teenoor respondente nie.
Sekere deponente in die beëdigde verklarings doen moeite
om aan te toon dat hulle niks teen eerste respondent gehad
het nie. Dit gaan ook hier oor verklarings van persone wat in
54
verskillende kantore was en moontlik nooit eers mekaar
gesien het nie. Die waarskynlikheid dat daar ‘n sameswering
was tussen al hierdie persone (wat ook amptenare van
applikant insluit) is sodanig vergesog dat dit geheel en al
verwerp kan word. Dit is eerder aanduidend van die houding
aan die kant van respondente teenoor persone wat in ‘n
groot mate maar hulle plig as getuies teenoor die Hof
nagekom het.
[88] Op ‘n oorwig van waarskynlikhede kan derhalwe bevind word
dat die klagtes teen die respondente gegrond is: spesifiek
dat eerste respondent wel tydens die periode wat hy geskors
was, gepraktiseer het en die hofbevel wat hom geskors het,
geminag het, en dat artikel 83(4) van die Wet dus oortree is.
Ook is die ander klagtes op ‘n oorwig van waarskynlikhede
bewys.
Die gepaste sanksie:
[89] Dit is duidelik dat die eerste respondent geensins berou het
nie en trouens, volgens eie getuienis “bitter” is vanweë die
straf wat hom opgelê is. Dit is verder duidelik dat tweede
55
respondent ook nie die erns van die klagtes teen hom besef
nie of bereid is om leuens in dié verband te vertel. Dit kan
op ‘n oorwig van waarskynlikhede aanvaar word dat hy
eerste respondent bygestaan het in sy oortreding van die
skorsingsbevel. Dit is ook duidelik dat sy kennis van
prokureursboekhouding gebrekkig is, en dat hy geen insig
getoon het met betrekking tot sy verpligtings nie.
[90] Dit kan egter ter versagting gemeld word dat tweede
respondent skynbaar in ‘n groot mate ‘n pion vir eerste
respondent was, en nog steeds is. Die opleiding en
voorbeeld wat hy van eerste respondent ontvang het, het nie
tot sy voordeel gestrek nie. Dit wil voorkom asof hy werklik
geglo het dat as hy slegs uitgawes van werwers betaal, dit
nie ‘n oortreding daarstel nie. Hy dra reeds jare kennis van
eerste respondent se praktyke waar dit op ‘n stadium
algemeen was om persone van hierdie aard te betaal vir
hulle werk. Dit is deur sy advokaat genoem dat hy ook by
die betrokke firma sy leerklerkskap voltooi het, en derhalwe
nie kennis dra van die bedrywighede van enige ander
prokureursfirma nie. Tot ‘n mate is hy dus ook die slagoffer
56
van eerste respondent se optrede, alhoewel sy eie
oortredings van ernstige aard is.
[91] Die partye het ooreengekom dat indien die Hof bevind dat
paragraaf 1 van die Kennisgewing van Mosie toegestaan
word, slegs paragrawe 2, 3, gedeeltes van paragraaf 11
soos hieronder aangedui en paragraaf 13 van die
Kennisgewing van Mosie verder toegestaan moet word. Wat
paragraaf 11 betref, moet die woorde “and 78(5)” in
paragraaf 11.1 daarvan geskrap word en moet die woorde
“and 6” in paragraaf 11.3 daarvan geskrap word. Paragraaf
11.6 kan net so toegestaan word. Daar is geen rede om nie
hierdie toegewing aan die kant van applikant te aanvaar nie.
Die bevel sal dienooreenkomstig gemaak word. Daar sal
ook gelas word dat ‘n afskrif van die bevel aan die
Prokureursorde van die Noordelike Provinsies versend word.
[92] In die lig van al bogemelde oorwegings en dit wat verder blyk
uit die oorkonde, word die volgende bevele gemaak:
1. Dat die eerste respondent se naam verwyder word van
die rol van prokureurs.
57
2. Dat tweede respondent vir ‘n tydperk van 3 (drie) jaar
van sy praktyk as prokureur geskors word. 12 (Twaalf)
maande van hierdie periode van 3 (drie) jaar word vir ‘n
periode 5 (vyf) jaar opgeskort op voorwaarde dat die
tweede respondent hom nie gedurende die
opskortingstermyn skuldig maak aan onprofessionele
of oneerbare of onbetaamlike gedrag soos bedoel in
artikel 71 van die Wet op Prokureurs van 1997 nie. Die
periode van 5 (vyf) jaar neem ‘n aanvang eers 2 (jaar)
na datum van hierdie uitspraak.
3. Paragrawe 2, 3, 11.1 (soos gewysig), 11.3 (soos
gewysig) en 11.6, asook paragraaf 13 van die
Kennisgewing van Mosie, word toegestaan.
4. Die Griffier word gelas om ‘n afskrif van hierdie bevel
aan die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies
te versend.
______________ G.F. WRIGHT, R
58
Ek stem saam.
______________ M.H. RAMPAI, R
Namens die applikant: Adv. P.C.F. van Rooyen In opdrag van: Naudes BLOEMFONTEIN Namens die respondente: Adv. J.Y. Claasen In opdrag van: Rosendorff Reitz Barry BLOEMFONTEIN
/sp