45
1 Inhoudsopgawe: 2 Voorwoord 3 Missie/Strategie 3 Bestuur 4 Fokusgroepe 5 Projekte en projekleiers 6 Vennootskappe 7 Projekte aktief die jaar 7 Projekte afgesluit & Nuwe projekte 8 Korttermyn uitreike 9 Agapé Medies 11 Annalise Wiid 11 Bybelverspreiding 11 Cence 12 Dienssentrum 13 4-lines Sports Coaching 15 Gestremdhede 15 Harmony 17 HaveHeart 17 Haweloses 18 Helderberg Ontwikkelingsentrum 20 Hemel-op-Aarde 22 Hoop Geloofsgemeenskap 24 Indië Chris Miles 24 Internasionale Studente 25 Kairos Prison Ministry 26 Kanga&roo 27 KidsXpress 29 Kinderevangelisasie 30 Merweville Skoolprojek 31 MIV/VIGs 32 Mosambiek Evangelisasie 33 Mosambiek Geletterdheid 34 Mosambiek Landbou 35 Mosambiek Medies 37 Pêrel Gemeenskapsontwikkeling 39 Phambili 39 Seniorsorg 40 Sir Lowry’s Pass 42 Stop’it! 43 Uyavula Lees-en-Skryfprojek 44 Statistiek 45 Inkomste en uitgawes 46 Dankbetuigings

Inhoudsopgawe - ngksomersetwes.co.za · 2 Voorwoord ’n Goeie vriend het so ‘n paar jaar gelede vir my gebel en gesê dat die Here dit op sy hart gelê het om vir my te bel: Ek

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

Inhoudsopgawe: 2 Voorwoord 3 Missie/Strategie 3 Bestuur 4 Fokusgroepe 5 Projekte en projekleiers 6 Vennootskappe 7 Projekte aktief die jaar 7 Projekte afgesluit & Nuwe projekte 8 Korttermyn uitreike 9 Agapé Medies 11 Annalise Wiid 11 Bybelverspreiding 11 Cence 12 Dienssentrum 13 4-lines Sports Coaching 15 Gestremdhede 15 Harmony 17 HaveHeart 17 Haweloses 18 Helderberg Ontwikkelingsentrum 20 Hemel-op-Aarde 22 Hoop Geloofsgemeenskap 24 Indië Chris Miles 24 Internasionale Studente 25 Kairos Prison Ministry 26 Kanga&roo 27 KidsXpress 29 Kinderevangelisasie 30 Merweville Skoolprojek 31 MIV/VIGs 32 Mosambiek Evangelisasie 33 Mosambiek Geletterdheid 34 Mosambiek Landbou 35 Mosambiek Medies 37 Pêrel Gemeenskapsontwikkeling 39 Phambili 39 Seniorsorg 40 Sir Lowry’s Pass 42 Stop’it!

43 Uyavula Lees-en-Skryfprojek 44 Statistiek 45 Inkomste en uitgawes 46 Dankbetuigings

2

Voorwoord ’n Goeie vriend het so ‘n paar jaar gelede vir my gebel en gesê dat die Here dit

op sy hart gelê het om vir my te bel: Ek moes Psalm 23 lees en my naam insit

waar Dawid na homself verwys.

Waarskynlik gemotiveer deur die pas afgelope Pinkster van Helderberg

Gemeente, wil ek dié Psalm van toepassing maak op ons almal as Helderberg

Uitreik en enigiemand wat die verslag lees en om so te deel in ’n besondere

jaarverslag:

Die Here is ons herder. Dit sluit ons almal in, van die kleinste kindjie wat in die

jaar aangeraak is, die oues van dae, die gestremdes, die straatmense en die

gewone mense wat ’n Herder nodig het. “Ons” is ook Helderberg Uitreik se

projekspanlede, die leiers en ons personeel. Dit sluit ons vennote hier in Suid-

Afrika, maar ook die “ons” in Pakistan, Sri Lanka, Indië, Nepal, Mosambiek,

Bulgarye en Nederland in. “Ons” is ook die donateurs, gebedsondersteuners,

kerkrade en gemeentes se lidmate .

Omdat die Here ons Herder is, vra dit dat ons vertrou en besef: ek kom niks kort

nie. Baie mense oor die wêreld het fisiese en geestelike nood. Dankie ook vir

almal van Helderberg Uireik wat daardie “ek kom niks kort nie” uitgedra het aan

mense wat in fisiese nood verkeer het en in geestelike nood is.

Hy laat ons rus in groen weivelde, waar ons kan saam met ander mede-

gelowiges onder die almag van God kon rus, versorging kry en ook fisiese

versorging kon geniet. Hy bring ons by waters waar daar vrede is, want daar is

nie oral vrede nie. Dankie vir elkeen van Helderberg Uitreik wat iemand in nood

gewys het waar hierdie waters van vrede is, deur opbou, versorging, uitdra van

die evangelie, boeke aan mense, sang en op watter ander maniere ookal. Hoor

en kyk na die stories en foto’s saam met my om dit te kan raaksien. Kyk na die

passie van lidmate om nuwe projekte te begin.

Hy gee ons nuwe krag. Hy lei ons op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Ja,

ons het ook in die jaar waaroor die verslag gaan, uitdagings beleef, moeg geraak

en nie geweet of ons nog op die regte pad is nie. Selfs al gaan ons deur donker

dieptes, sal ons nie bang wees nie, want U is by ons. In U hande is ons veilig. U

laat ons by 'n feesmaal aansit, terwyl ons teëstanders moet toekyk. U ontvang

ons soos eregaste, oorlaai ons met hartlikheid. Ons aanbid ’n God wat vir ons

omgee. Dankie vir elkeen wat iets gedoen het en in die tyd gewys het wie die

Herder is.

3

U goedheid en liefde sal ons lewe lank by ons bly en ons sal tuis wees in die huis

van die Here, vir hierdie tyd waaroor daar verslag gedoen is deur Helderberg

Uitreik, maar ook tot in lengte van dae.

Dankie aan die Herder en dankie aan elkeen se bydrae. Geniet die reis deur die

verslag van Helderberg Uitreik saam met my.

Kotzé van Wyk

VOORSITTER

19 Junie 2017

Helderberg Uitreik lewer graag verslag oor die jaar

1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017

Visie: Mobilisering van Draers van Christus se Hoop na ’n wêreld in

nood. #PassietotAksie

Missie ‘n Organisasie, gebou op Bybelse waardes, wat mense mobiliseer om draers te wees van Christus se hoop na mense en ‘n wêreld in fisieke, emosionele en geestelike nood om sodoende die Koninkryk uit te brei. Strategie Helderberg Uitreik is ’n Organisasie Sonder Winsoogmerk, NPO 032-078. Lidmate van Helderberg Gemeente en NG Gemeente Somerset-Wes met ’n passie vir ’n saak kan ’n projek by Helderberg Uitreik registreer. Die organisasie staan onder leiding van ’n verkose bestuur. Die projekte word elk deur ’n projekspan bestuur. Projekspanlede is vrywillige medewerkers wat ’n hart het vir die spesifieke projek wat hulle bestuur. Die finansiering van die projekte is deur geloofoffers, geloofsvennote, donateurs en fondsinsame lings.

4

Passievolle projekleiers tydens een van die kwartaallikse Fokusgroepbyeenkomste

Die huidige Uitreikbestuur is van links na regs: Emil Krugmann, Louise Theron, Chris Hollenbach, Stephany Baard, Kotzé van Wyk en Danie Möller

Uitreikbestuur Kotzé van Wyk Voorsitter Johan van Niekerk NG Gemeente Somerset-Wes Emil Krugmann Ria Erlank Danie Möller Uitreikleraar Louise Theron Uitreikbestuurder Tydens die verkiesing by die Algemene Jaarvergadering op 13 Junie 2016 is Emil Krugmann en Ria Erlank as bestuurslede herkies. Ria het intussen bedank as bestuurslid.

Fokusgroepe Die Projekte van Helderberg Uitreik is in 5 Fokusgroepe verdeel. Elk met ’n Bestuurslid as fasiliteerder. Fokusgroepbyeenkomste met projekleiers vind 1 x per kwartaal plaas. Hier vind gebed, strategiese opleiding, motivering, inspirasie, die deel van planne en drome, asook raad en ondersteuning plaas.

5

Projekte en Projekleiers 2016/2017

Projek Projekleier e-pos Tel

Plaaslike projekte

Agapé Medies Junita Kruger [email protected] 083 650 3291

Omgee Bokse Carli Pretorius (Marinda Koch)

[email protected] 083 4621515

Bybelverspreiding Marisa Viljoen [email protected] 021 8515582

Dienssentrum Kobie Groenewald [email protected] 021 851 5582

Haweloses Arnold Prosch [email protected] 021 852 8215

Hamony Annette Botha [email protected] 021 851 5582

HaveHeart Sonél Badenhorst JC de Jongh

[email protected] [email protected]

083 676 4484 084 584 0925

Proj v Gestremdes Arnold Swart [email protected] 082 886 3384

Seniorsorg Ina van Niekerk [email protected] 082 578 9893

Sir Lowry’s Pass Hennie Groenewald [email protected] 083 288 1271

Stop’it! Isabel Vroon [email protected] 072 374 6776

Merweville Skoolprojek Lizanne van Zyl [email protected] 082 899 6249

Kanga&Roo Tania Schultz [email protected] 084 717 0660

Ontwikkeling

Hemel-op-Aarde Ben Cronje [email protected] 082 446 5928

Pêrel Gem Ontw Deon v/d Vyver [email protected] 082 5514783

Helderberg Ontwikkelingsentrum

Elby Meyer [email protected] 021 852 5700

Uyavula Hannetjie Loots [email protected] 082 577 3891

Phambili Giel Smit [email protected] 082 4588791

MIV/VIGS Aneleh Fourie-Le Roux [email protected] 083 292 5358

Cence Jansie Moolman [email protected] 082 466 6997

4-lines Ilse Anthonissen [email protected] 082 368 4133

Volwasse Geletterdheid Linda van Zyl [email protected] 083 273 6789

Evangelisasie

Kinderevangeli- sasie

Sus van Niekerk [email protected] 021 851 6866

Annalise Wiid Burgert le Roux [email protected] 082 495 2228

KidsXpress Burgert le Roux [email protected] 082 495 2228

Kairos Gevangenisbediening

Deon van Zyl [email protected] 082 903 9781

Hoop Geloofsgemeenskap Annaleen Matthee [email protected] 083 508 0895

Buitelands

Indië – Chris Miles Sippe Heerenga [email protected] 0849568784

Indië - 22˚ Noord Leone Malan [email protected] 082 854 6013

Paul Kilian [email protected] 083 626 4965

Internas Studente Hans Krijt [email protected] 082 333 8008

Hannes van Rensburg [email protected] +1 646 371 3830 (VSA)

Mosambiek

Mosambiek Evangelis Kobus Eksteen [email protected] 082 663 4789

Mosambiek Landbou Deon v/d Vyver [email protected] 082 551 4783

Mosambiek Med Pieter Spies [email protected] 084 517 7433

Mosambiek Gelett Bertus v Schalkwyk [email protected] 082 779 5244

Mos Rentmeester Inus Muller [email protected] 082 825 9001

6

Vennootskappe Durbanville Bergsiggemeente Helderberg Uitreik loop ’n jarelande vennootskapspad met hierdie gemeente ten opsigte van die Mosambiek Evangelisasieprojek en Mosambiek Mediese-projek. Ons is baie dankbaar vir hierdie vennootskap. Kimon - Nederland Lea Luiten is die voltydse vrywilliger verbonde aan die Kinderevangelisasie-projek en gestuur deur Kimon. Help Frederike Helpen – Nederland Frederike Van Schalkwyk is tans voltyds as vrywillige medewerker by die Pêrelprojek werksaam. Sy het haar eie stigting in Nederland wat haar werk by Helderberg Uitreik ondersteun. Hoornbeeck College, Kampen - Nederland Helderberg Uitreik se vennootskap met die Hoornbeeck College in Nederland is steeds in plek en 4 studente kon die afgelope jaar by Helderberg Uitreik as praktyk-vennoot praktykopleiding doen. Mergon Foundation Die vennootskap met die Mergon Foundation as befondser van Koninkryk-uitbreidings-inisiatiewe is ’n wonderlike ondersteuning vir die projekte wat aktief hiermee besig is. Helderberg Uitreik loof die Here vir hierdie wonderlike gawe. Ons drie-jaar befondsingsiklus het einde Desember 2016 uitgeloop. Die bestuur is baie dankbaar dat ons vanaf 1 Januarie 2017 ’n nuwe siklus van drie jaar vennootskap kon betree, hoewel afgeskaal en op ’n jaar tot jaar afwaartse glyskaal van befondsing. Frans Dreyer Liefdadigheids Trust Die Uitreikbestuur is baie dankbaar vir die vennootskap met die Frans Dreyer Liefdadigheids Trust wat vier van ons projekte, nl Helderberg Ontwikkelingsentrum, Hemel-op-Aarde projek, Pêrel Gemeenskapsontwikkelingsprojek en Kinderevangelisasie finansieel ondersteun. Hierdie ondersteuning is deurslaggewend vir die volhoubaarheid van die projekte. Die Trust het ook onlangs die ondersteuning uitgebrei na Hoop Geloofsgemeenskap asook die bestuurskomponent van Helderberg Uitreik.

7

Projekte Die volgende projekte van Helderberg Uitreik het die afgelope jaar aktief funksioneer. 4-lines Sports Coaching Sir Lowry’s Pass Dienssentrum Projek vir Haweloses Projek vir Gestremdhede Seniorsorg Bybelverspreiding Merweville Skoolprojek Annalise Wiid Internasionale Studente KidsXpress Cence Kinderevangelisasie Omgee Bokse

Ontwikkelingsentrum MIV/VIGS Pêrel Projek Phambili Hemel-op-Aarde Uyavula Stop’it! Volwasse Geletterdheid Bulgarye Mosambiek Landbou Indië 22˚ Noord Mosambiek Rentmeester Indië- Chris Miles Mosambiek Geletterdheid Mosambiek Medies Mosambiek Evangelisasie Agapé Medies Harmony Hoop Geloofsgemeenskap Kairos Gevangenisbediening HaveHeart Projekte gedurende die afgelope jaar afgesluit. Bulgarye Nuwe projekte geregistreer: Agapé Medies Harmony (Relationships Restored & Reconnected) HaveHeart Hoop Geloofsgemeenskap Kairos Gevangenisbediening Kanga&roo Volwasse Geletterdheid

8

Die span het bestaan uit Annatjie van Niekerk Lynette Barkhuysen, Joany Rogers, Tanya Jones-Simon, Luán Fick en Ashley Gaskin

Helderberg Uitreik het ’n wonderlike geseënde jaar beleef op verskeie terreine.

Korttermyn Uitreike Kortuitreike is ’n wonderlike manier om mense te mobiliseer. Die volgende kortuitreike is die afgelope jaar onderneem. Swaziland ’n Span van 6 fisio-, arbieds- en spraakterapeute van Senecio het in Julie 2016 saam met Hannes en Louise Theron vertrek op ’n Uitreik na Pasture Valley Homes in Swaziland. Die besoek was op uitnodiging van die Shiselweni Reformed Home Base Care vir die opleiding van Personeel by hulle kleuterskole en Kinderhuis. Die span het uiters waardevolle bydraes gelewer en nie net die personeel opgelei en die kinders assesseer nie, maar ook vir elke kind ’n ontwikkelingsplan met terapeutiese aktiwiteite ontwikkel. Die inisiatief is geborg deur die projek vir mense met gestremdhede. Indië Chris Miles Die projek het ’n baie geseënde kortuitreik na Indië onderneem met lede van die projekspan waar die verskeie opleidings- en bedieningspunte van die projek besoek is.

Die span is vlnr agter: Rev Anand Lal, Sippie& Miemie Heerenga, Linda Marais, Vicky Liebenberg, Danie De Klerk, Sakkie Marias, Voor Velma Lal en Chris Miles

9

Hierdie pasient wat blind was, kan nou sien. Saam met projekleier, Junita Kruger.

Projekte Die projekte van Helderberg Uitreik se primêre doel is om die Koninkryk van God uit te brei deur verskillende benaderings en strategieë. Hier volg ’n opsomming van die jaar se hoogtepunte in die woorde van die projekleiers en personeel. Nuwe projekte is met * gemerk

*Agapé Medies Agape Mediese Projek het gedurende Oktober 2016 ontstaan. Die doel is om gratis mediese spesialis-dienste te bekom vir verdienstelike pasiente. Die grootste uitdagings was, en is steeds om hospitale, operasie-teaters en mediese spesialiste in die Helderbergkom betrokke te kry. Alcon, ‘n mediese agentskap het 50 katarak lense geborg, en die oogspesialiste van Cure Daghospitaal was bereid om die pasiente gratis te opereer. Agapé het behoeftige swaksiende senior burgers identifiseer by Zandvliet Care Centre, Macassar. Dit was ‘n belewenis om te ervaar hoe hulle as mens weer belangrik voel dat iemand vir hulle omgee en sorg gee. Ons eerste pasient is deur Dr Nico Van Helsdingen geopereer. Die pasient was blind maar kon weer goed sien na sy operasie.

Van oud tot jonk word behandel deur Agape Projek. Hierdie pasiënt is geopereer deur Dr De Waal, wat sonder enige huiwering bereid was om haar gratis te opereer. Haar ouer boetie het ‘n briefie aan Helderberg Gemeente geskryf waar hy die wonderwerk van sy sussie se

10

Drs Kirsten Peacey, Danette Barnard, Ansa van Geest en Marié Spies

operasie met sy Sondagskool maats gedeel het. Agapé Mediese Projek prys ons Hemelse Vader vir suksesvolle onderhandelings met Vergelegen Mediclinic en PathCare wat ons suksesvol deel kon maak van die Projek. Ons se ook dankie vir hierdie 4 God geinspirerende dokters wat luister na God se stem en so pasiente kan identifiseer en na ons verwys. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van Agape, om behoeftige mense in mediese nood te kan identifiseer, asook God se goedhartigheid te kan beleef deur al die vrywilligers reeds betrokke

wat hulle tyd en dienste gratis aanbied.

Annalise Wiid

Ag, soos altyd, voel elke liewe optrede na ‘n hoogtepunt! elke gehoor is so uniek en ek vind dat die Here sonder uitsondering vir elke gehoor iets spesiaal doen. vir my persoonlik was daar egter 2 groot hoogtepunte: 1) Die Woordfees show wat ek met my jongste CD se musiek saam met Chris van Niekerk, Matthys Maree en Mauritz Lotz kon doen. Om

die evangelie van liefde en selfopoffering deur musiek en teater te kan verkondig aan ‘n “buite-kerk” gehoor bly ‘n enorme voorreg. 2) En dat ek in November 2016 ‘n nuwe boek, Met Liefde Wat Saamgaan kon vrystel. Vir die eerste maal kon ek van die Bybellering

11

wat ek by retreats gebruik in die boek kombineer met die rubrieke wat ek vir LiG skryf. Twee van my groot liefdes wat in een boek bymekaarkom. Helfte van die gedrukte oplaag is binne die eerste 6 maande verkoop. Dis lekker

Bybelverspreiding Hierdie projek kon daarin slaag om in al die behoeftes van die projekte ten opsigte van Bybels te voorsien en kon ook aan individue en instansies hulp verleen om ’n Bybels te bekom. Die Bybelverspreidingprojek is dankbaar vir alle skenkings en donasies om Bybels in die hande te plaas wat mense wat nie een het nie.

Cence Die projek is tans besig om vir Victoria Mangqwengqwe van Umnqophiso Pre Primary School in Lwandle by te staan en te ondersteun met die ontwikkeling van ’n Vaardigheidsontwikkelings-inisiatief vir werklose jongmans in Lwandle. Die inisiatief sal hulle instaat stel om opgelei te word in ’n ambag en ook ’n kleinsake inisiatief van die grond af te bring. Besighede wat vir jongmans hierdie vaardighede kan leer, sal ’n groot hulp vir die inisiatief wees.

Dienssentrum

12

Baie dankbaar vir hulle kombersies

Uitreik na Helderberg Hospitaal se nuwe Mammas.

Die Dienssentrum van Helderberg Uitreik leef Paulus se woorde volgens Fil 2:13 uit dat die Here ons help om die goeie te wil en om die goeie te doen. Die doelwit van die Dienssentrum is steeds die verskaffing van voedsel, kleding, beddegoed en ook kombuisware aan mense in

nood. Die funksionaliteit van die sentrum steun absoluut

100% op ons vrywilligewerkers en ons donateurs en ons is baie dankbaar vir elke bydrae. Donateurs sluit besighede wat vir ons ‘n voertuig verskaf om ons voorraad te vervoer, verskillende winkelgroepe wat aan ons kos verskaf en ook plase wat ons voorsien van vars groente in. Ons voorsien voedsel aan ongeveer 1,200 mense per dag. Elke oggend se verrigtinge by die Dienssentrum word geopen met gebed en ook Woordbediening. Daar word veral beklemtoon dat ons die Woord moet uitdra aan almal wat produkte ontvang, dat dit gawes is uit ons Hemelse Vader se hande. Ons is steeds besig met ons kombersie projek, waar ons vir minderbevoorregtes ‘n handgemaakte kombersie skenk. Ons het gedurende die winter van 2016 met ‘n besoek aan die Steinthal Kinderhuis vir elk van die 176 kinders bederf met ‘n kombers. Gedurende die Moedersdag, het die Dienssentrum in samewerking met Paradiso Flowers ‘n Uitreik na die Helderberg Hospitaal se nuwe mammas en babas onderneem. Elke mamma het blomme ontvang en die baba het ‘n geskenkpakkie met klere gekry. Daar is ook

13

kleertjies uitgedeel aan 7 premature babas, spesiaal vir hulle gemaak, omdat hulle so baie klein is. Ongeloof en dankbaarheid was gemengde emosies op die Mammas se gesigte. Die Dienssentrum sal in die toekoms steeds daarna streef om op te tree asof ons die hande en voete van Jesus is.

4-Lines Sports Coaching 4 Lines kyk met dankbaarheid terug oor die afgelope jaar se geleenthede om medewerkers van God te kon wees deur God se koninkryk te laat kom in en deur afrigting en sportbeoefening. Ons glo

afrigters speel ‘n sleutel rol om mense te help om hulle volle potensiaal op die sportveld en in die lewe te bereik. Daar was baie geleenthede om in afrigters en ander

rolspelers in gemeenskappe se lewens in te bou en hulle te bemagtig deur opleiding, uitreik en saamkuier geleenthede, deur afrigting en deur die ondersteuning van afrigters. Enkele van die hoogtepunte die afgelope jaar sluit in die maandelikse afrigtersforum waar afrigters kon luister en saam gesels met kundige persone in die sportwêreld en kon kom deel en saam kuier. Uiteenlopende tema’s soos waardes in sport, die rol van ouers, sukses en fisiese geletterdheid en sportontwikkeling is bespreek. Onderwysers en afrigters van skole met uiteenlopnede agtergronde, meesal uit die Helderbergkom woon hierdie ontbyt geleenthede maandeliks by. De terugvoer van afrigters is dat hierdie bemoedigende en ondersteunende geleenthede is.

14

4-line Sports Coaching voorsien ook sporttoerusting

Daar was ook geleenthede om afrigting en opleiding te doen in Kayamandi, Jamestown, Stellenbosch, Kuilsrivier en Macassar. By Legacy in Kayamandi is daar in Junie ‘n tweedag “Sport & Life” werkswinkel aangebied vir afrigters en leiers.

Verder kon die 4 Lines projek ook toerususting wat geskenk is

deur leerlinge van een van die skole in die gemeenskap, aan ander behoeftige skole en instansies in die omgewing skenk. Opleiding om hierdie apparaat te gebruik is gedoen. D.m.v. die balprojek is afrigters en ander persone uitgedaag om verhoudings te bou deur saam te speel met ander en om dan die bal te skenk. Ongeveer 40 balle is uitgedeel. Terugvoer van die balprojek is dat dit glimlagte op veral kinders se gesigte tot gevolg gehad het. Brett Viljoen van Branched gebruik sport om uit te reik in die Koue Bokkeveld en toerusting kon aan hom geskenk word vir sy projek. Die 4 Lines span is opgewonde oor Marius Kick wat sy deelname in Desember aan die Cape Town Ultra Trail oor 100km gaan gebruik om fondse in te samel vir die werk van 4 Lines Sports Coaching. Na afloop van 4 Lines se terugvoer in die gemeente in Augustus 2016, het Marius gevoel die Vader druk dit op sy hart om betrokke te raak by 4 Lines en met sy deelname aan die wedloop fondse in te samel vir die werk van 4 Lines. Lede van 4 Lines se projek span sal ook deel uitmaak van Marius se ondersteuningsspan op die dag van die wedloop. Eer aan die Vader dat die 4 Lines span ons passies en gawes kan gebruik om in en deur sport ‘n verskil te kan maak in die gemeenskap.

Gestremdhede Die projek was betrokke by Aanhouwen, Senecio en Gloria

15

Bothaskool in ondersteuning van verskeie behoeftes. Die projek het ook die korttermyn-uitreik na Swaziland waar kosbare werk op die terrein van gestremdes gedoen is, finansieel ondersteun.

*Harmony Vandat Harmony in Augustus 2016 deel geword het van Helderberg Uitreik, is alle verwagtinge van ons drome om ‘n verskil in mense se lewens te maak oortref. Die visie van die projek: Om mense te mobiliseer om draers van Christus se hoop te wees en om hoop te bring aan individue en hul kinders wat geraak word deur egskeiding en enkelouerskap, is met verskeie hoogtepunte die afgelope jaar uitgeleef en ons lig ‘n paar uit: Behalwe vir die aanbied van die 3 programme, Divorce Care, Divorce Care for Kids en Single & Parenting wat in 2 reekse per jaar oor 13 weke strek, was dit verder moontlik om die kursusgangers op verskillende aspekte van hul lewens te bedien. Bo en behalwe die toerusting wat die 3 programme bied, was daar in baie gevalle ook groot nood op emosionele en geestelike vlak en ook met basiese behoeftes. Dit is hier waar Harmony enkel-ouers kon bedien met kospakkies, klere, warm maaltye, mediese hulp, bederf pakkies met Moedersdag en Kersfees, Bybelstudie, organisering van sosiale geleenthede, terapie deur maatskaplike werker en berading, lewensafrigting, aanbied van professionele hulp vir kinders met leeruitdagings, aanbied van verskeie werkswinkels, mediese hulp, hulp met skoolbenodigdhede en skoolfonds. Harmony was ook die brugbouer tussen mense wat behoeftig was en donateurs wat nie op ‘n direkte manier kon betrokke raak nie. Twee voorbeelde was deur Kersfeesgeskenke aan kinders van enkelouers te kon gee wat nie geskenke kon bekostig nie en ook om skoolfonds en skoolbenodigdhede te voorsien.

Een van die terapeute op die kortuitreik begelei ‘n mamma met ‘n gestremde kind

16

‘n Vrolike byeenkoms van Single & Parenting

Donderdae-aande word daar ‘n warm en huislike atmosfeer geskep wanneer almal vooraf lekker saamkuier en ‘n lekker warm maaltyd geniet. Vriendskappe word hier gevorm wat onder “normale” omstandighede nooit sou gebeur nie. Daar word verby velkleur,

kultuur, ryk-en-arm, die uiterlike en sosiale statusse gekyk; daar word met begrip en empatie na mekaar geluister. Mense en kinders wat nie meer kerk toe

gaan nie is opgewonde om

Donderdae kerk toe te kom. By Harmony word daar ‘n veilige ruimte geskep waar kinders en volwassenes met mekaar kan praat oor hul pyn en gebrokenheid. Dit is hier waar mense weer die genade en liefde van Jesus Christus ontdek, die verhouding met hul Hemelse Vader herstel word en hulle weer leer om die stem van die Heilige Gees te herken. Die bederfpakkies wat met Kersfees, Moeders- en Vadersdag uitgedeel word, laat mense spesiaal en weer gewaardeerd voel. Daar word ekstra moeite gedoen om mense spesiaal te laat voel. Mense ontdek hul gawes en kreatiwiteit en kan dit binne die projek uitleef. Hulle kom weer op ‘n plek waar dit vir hulle moontlik is om te kan gee en te kan dien. Matteus 11:28 - “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee”, word by Harmony ‘n werklikheid. In groot dankbaarheid teenoor die Here is dit vir ons ‘n voorreg om deel te kan wees van Harmony se bestuurspan.

*HaveHeart Een van die deurlopende hoogtepunte is wanneer ons versoeke uit

17

HaveHeart-fees 2016

die longboarding gemeenskap kry wat nou al wil weet wanneer HaveHeart weer gaan plaasvind. Iets waarna ons uitsien is die nuwe venue wat ons in die oog het – net om dit anders te doen. Ons is ook opgewonde oor hoe moontlikheid om ‘n HaveHeart Ambassador Program teen 25 November 2017 te launch.

Haweloses Sprekend van die Here se genade, was daar hoogtepunte gedurende die afgelope jaar. Die volgende hoogtepunte word uitgelig: 1. “Somerset West Village Garden” Op ‘n oop stuk grond op die h/v Drama – en Newstrate in Somerset-Wes is daar in 2015 begin met ‘n groetetuin tot voordeel van haweloses. Haweloses werk hier en verdien dan “tokens” wat hulle kan inhandig by twee ander instansies in ruil vir voordele soos ‘n bord kos, ‘n slaapplek en klere. Hierdie instansies is die Nagskuiling en “Helderberg Street People’s Centre” waarby ons Projekspan ook betrokke is. Gedurende die laaste jaar, is hierdie perseel nou ten volle ontwikkel en die groete wat hier verbou word, word Dinsdae tussen 9h00 en 11h00 vanaf die perseel verkoop. Die opbreng sowel as surplusse word aan die “Helderberg Street People’s Centre” geskenk. Ons betrokkenheid is by wyse van ‘n maandelikse bydrae sowel as persoonlike betrokkenheid deur Desmond Steyn, een van ons spanlede met o.a. landbou kundigheid.

18

2. “Bright Lights” ‘n Bemaking vir aanwending tot voordeel van straatkinders, vanuit die boedel van een van ons voormalige gemeentelede, het dit vir ons Projekspan moontlik gemaak om ‘n Toyota Quantum Bussie aan te koop vir “Bright Lights”. Hierdie bussie het die uitreik na straatkinders eksponensieël verbeter, o.a. soos volg : • 27 Kinders vanuit die gemeenskap word daagliks na en van skool vervoer en ‘n addisionele 15 kinders vanuit die gemeenskap word daagliks na “Bright Lights” vervoer waar hulle deelneem aan die verskeie aktiwiteite. • Die bussie maak dit ook moontlik om meer uitnodigings na buite aanbiedinge by te woon. O.a. is die ongeveer 22 seuns wat inwoon, vergesel na ‘n bergklim uitstappie ( wat ook “zip lining” ingesluit het ), die Galileo Opelug vertoning ( die “Toy Story” ), die SA Vloot Feesvieringe en ‘n besoek aan ‘n waterpark. • Dit was ook moontlik om die seuns te neem na ‘n belangrike 8 weke lange program oor substansmisbruik in die Paarl, genaamd “Second Chance”. En dan is ons ook tans besig om verbeteringe aan die “Bright Lights” gebou te ondersoek. Onderhandelinge is reeds aan die gang met die Stadsraad van Kaapstad en ons glo dat fondse wel beskikbaar sal wees. Ons dank aan die Argitekte wat hul dienste gratis aangebied het.

Helderberg Ontwikkelingsentrum By die Ontwikkelingsentrum word ons daagliks gekonfronteer met die sosio-ekonomiese gevolge as gevolg van werkloosheid. Vanweë die wêreldekonomie is hierdie druk net meer. Gedurende 2016 het die Sentrum weer 8 groepe opgelei, 81 studente het die kursus voltooi en 63 van hierdie studente is geplaas. Die Sentrum is nog steeds

19

Nomcebiso Bil

Vreugde by die sertifikaatplegtigheid

geseën met ’n 70% plasings sukses. Dit bly steeds die hoogtepunt van ons jaar.

Nog ’n hoogtepunt van elke jaar is die getuienisse van die studente! So besef ’n mens net weer…alles is die moeite werd. Nomcebiso Bil het die volgende geskryf:”Thank you so much for everything you did for me. I thank you for your tea and bread every day. I know you do not get any money from the government , but you give us something toe eat, five days a week for seven weeks. You change our behaviour you make us feel free. From now on I know Jesus is my Saviour. It is up to me when I light my candle! May God bless you with many more years so that my grand grand child shall get your help..like me! ’n Spesiale mylpaal is ook in die jaar bereik. Een van ons eerste studente, Thandi (Thandiswa Ntsangani) wat 12 jaar gelede by ons aangesluit het as student en later as sentrum assistent gewerk het, is in September 2016 as sekretaresse by die sentrum aangestel. Die jaar het afgeskop met ’n heerlike spanbou. Die tema - om te droom…. Hierdie jaar streef ons daarna om die volgende woorde uit te leef ……

20

DREAM again, for I know the plans I have for you. Its the road less travelled, where courage alive. I’ll prosper you, and satisfy your heart with truth. So lean on My guidance delight yourself in ME!

Hemel-op-Aarde Die behoefte aan skoolgereedmaking in gemeenskappe is ontsaglik groot. Ons het gedurende hierdie tyd die opwindende fase betree waarin ons gewerk het aan die skryf van ons eie opleidingshandleiding, ‘n remediërende intervensieprogram vir 4 tot 6-jariges en leerderswerkboeke, sodat die kennis waarmee God ons toegerus het nie net by drie skole sal bly nie, maar sodat dit gedeel kan word met meer en meer opvoeders. In die 3 skole in die Helderbergkom waar ons reeds vir meer as 2 jaar betrokke is ten opsigte van skoolgereedheids-, graad R en graad RR klasse, is die skoolgereedheid van leerders vroeg vanjaar gemeet en toon dit verblydende resultate. (Sonder die ondersteuning is die skoolgereedheidsyfer voorheen op 20% gemeet). Soos tans gemeet, sien dit soos volg uit: Sir Lowry’s Pas Primêr:100%, Firgrove Primêr: 94% Dr GJ Joubert Primêr: 93% In Sir Lowry’s Pas is die skool se speelparkie die enigste park waar ons leerders kan speel, klim en klouter sonder om bang te wees dat

Die toegewyde span van Helderberg Ontwikkelingsentrum

21

Juffrou Ilse October besig om klas te gee

bendes hulle verdryf. Borge het die parkie omtower in ‘n fantasiewêreld van kleur, waar ons kleinmensies pousetye vreesloos kan kindwees. Verdere projekte wat suksesvol afgehandel is om ‘n wonderlike ruimte vir kindwees te skep, is ‘n omheinde speelarea met skadunet, skopfietsbane en die ongelooflikste muurprente spesiaal vir ons leerdertjies. Behalwe vir die akademiese, geestelike en emosionele versorging van ons leerders, is dit ook vir ons van groot belang om na hulle die fisiese versorging te kyk. Daarom poog ons om ‘n voedingskema vir ons graad RR leerdertjies, wat nie onder ‘n skool se voedingskema val nie, daar te stel. Tans help borge met die voorsiening van Weet-Bix, melk, muffins en appels. Ook Tigerbrands het gedurende hierdie tydperk aan boord gekom met die voorsiening van Albany brood.

Op akademiese vlak is kwaliteitonderrig, kontrole en kindervriendelike, goedversorgde leeromgewings vir ons van groot belang. Ons poog ook om, waar moontlik, groeigeleenthede te

bied aan ons opvoeders en aan opvoeders wat aanvanklik hul onderwysloopbane by Hemel-op-Aarde begin het en nou deur die Departement van Onderwys betaal word. Dit was dus ‘n blye oomblik toe drie Duitse gesinne ingestem het om Fridoline Beukes en Sharon Simons se studies aan Noordwes Universiteit borg. Nog 3 van ons opvoeders voltooi eersdaags hul NQF Level 4 kwalifikasie aan Boland Kollege. Aan ons Koning al die eer!

*Hoop Geloofsgemeenskap

22

Ons droom, nl. om ‘n eiesoortige geloofsgemeenskap te vestig wat ‘n gasvrye tuiste vol hoop vir almal bied, is besig om gestalte aan te neem. Romeine 10:14-15 “Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie? En hoe kan mense vir ander van Hom gaan vertel as hulle nie gestuur word om dit te doen nie? Daarom sê die Bybel: “Hoor hoe wonderlik klink die voetstappe van diegene wat vir ander mense gaan vertel van al die goeie dinge wat God doen.” Loodsbyeenkomste is einde 2016 aangebied. Vanaf 22/01/2017 vind byeenkomste elke Sondag oggend 10h00 plaas. Besoeker-getalle wissel tussen 50 en 120. Kinders en tieners word doelgerig deel gemaak van die bediening. Gassprekers tree gereeld op. Een maal per kwartaal hou ons gemeente ete met nagmaal. Verskillende kleingroepe vergader weekliks in die woonbuurte. ‘n Vestigingspan, bestaande uit vrywilligers, hanteer al die aspekte van dienste soos bv. gasvryheid, fasiliteite, musiek, kleingroepe, databasis, bemarking, voorbidding, administrasie en finansies. Ons is dankbaar vir die vennootskap met Curro Sitari om hulle saal te benut en die finansiële ondersteuning van Helderberg Uitreik, die Sinodale Gemeente-ondersteuningsfonds, ander fondse en privaat donateurs. Die skenking van ‘n groot TV skerm en klavinova was ‘n antwoord op gebed en verleen ‘n nuwe dimensie aan ons byeenkomste. Dit is moeilik om hoogtepunte uit te lig met kosbare oomblikke en getuienisse wat soms “ongesiens” plaasvind: Trane wanneer ‘n enkelma besef God se genade is genoeg, opgewondenheid wanneer ‘n bejaarde weer diensbaar voel, verligting wanneer God in die projekspan se behoeftes voorsien, vreugde van ‘n jong egpaar omdat

23

Charl van den Berg, Mia Fourie en Danette Barnard in gesprek

‘n woelige kleuter welkom is, oorgawe tydens musiekbediening, liefdevolle aanvaarding wanneer vriend en vreemdeling in omhelsing staan, geleentheid om stories, vrae en vrese op informele wyse by die ronde tafels te deel. Ander geleenthede staan ook uit, soos ons eerste gasspreker, Hempies du Toit, wat vir ons 'n treffende les leer uit die proses van wyn maak en ‘n paneelbespreking met ‘n ortopediese chirurg, mediese dokter en tiener dogter wat insig gee waaroor mense spanning ervaar en hoe om dit te hanteer. Ons is opgewonde oor die pad wat God vir ons wys om in hierdie gemeenskap te loop en sien uit na die uitdagings, opwinding en seën van die toekoms.

Indië-Chris Miles Die projek het die afgelope jaar by twee geleenthede die 2de Module afgehandel in Goa en in Derha Dunn. 75 plaaslike pastore in Indië suksesvol opgelei in dissipelmaking in hulle eie gemeentes. Internasionale Studente Die projek bied ’n geestelike tuiste vir internasionale studente op Stellenbosch. Bo en behalwe die eredienste wat elke Sondag plaasvind, bybelstudies, Sondagskool en dissipelmakingsprgramme, is daar ook ’n vroue-ondersteuningsgroep, genaamd Spice Group wat twee-weekliks vergader. Getuienis oor gesin van Sjina ʼn Student van Sjina het na Stellenbosch gekom om sy doktorsgraad in Chemie te kom doen. Chang en sy gesin het as ateïste na

24

Chang met Magdaleen en Jurie Goosen

Stellenbosch gekom. Hulle is geleer in Sjina op skool en universiteit dat daar geen god is nie. Slegs mense met groot sielkundige probleme glo in God. Die gesin het egter nie antwoorde gevind in die kommunistiese sisteem nie. Hulle was op soek na ʼn alternatief. Baie internasionale studente word eers aangetrek word na ʼn gemeenskap van gelowiges voordat hulle na Christus aangetrek word Op Stellenbosch het die gesin deur hierdie projek se gasvryheid en praktiese hulp iets ervaar van God se liefde. Hulle het begin om die Bybel in Mandaryns te lees en ingeskakel by ʼn Bybelstudiegroep. Die lewe en uniekheid van Christus en die omgee van gelowiges het ʼn groot impak op hulle gehad. Later het hulle tot die besef gekom dat Christus die enigste weg na God is. Hulle het ontdek dat Hy die waarheid is en ʼn nuwe lewe bied. In hierdie tyd het die vrou swanger geword en hulle het besluit om die baba Stellen te noem. Die rede daarvoor is dat hulle nuwe lewe deur Christus in Stellenbosch gevind het. Vandag is die Chang ʼn top akademikus in China. In die Chinese kultuur is daar baie respek vir ʼn professor. Dit gee vir hom die geleentheid om die hoop van die evangelie met student te deel. Onlangs het die professor Suid-Afrika besoek as deel van ʼn akademies afvaardiging van Sjina . Hy het ons besoek en vertel hoe hy en sy gesin Christus volg in Sjina. Nou is daar ʼn nuwe geslag in Sjina wat dissipels van Christus is. • Chang is ʼn fiktiewe naam wat vir sekuriteitsredes gebruik word.

*Kairos Prison Ministry Kairos unites Christians to make a difference for Christ in the hearts of prisoners.

25

Kairos is an ecumenical, world- wide ministry that brings the love of God and the light of Christ into prisons. Kairos Torch is more involved in the men between 16 and 25 years. The volunteers rally to become the hands and feet of Christ for 30 inmates per mission who come seeking a new way of life. Kairos Torch offers unconditional love and acceptance from the men and women volunteers, encouraging the young men and share their life journey through participation in a long term mentoring process. A long weekend from Friday to Sunday(8th – 10th April 2016) was taking place at the Drakenstein prison where after a follow-up mentoring sessions were done on Saturday mornings for 6 to 8 months. At the week-end there were 6 offenders that gave there life to Jesus and for the first time there were two of the guards that were not part of the program, but overheard the program while guarding the 30 men that also gave

there live to Jesus. During the mentoring for the rest of the year we had another seven men taking that step. The main purpose of the program is not to make sure everyone make the choice for Jesus but to plant seeds and watering during the mentoring time and the Holy spirit will work with them. The last weekend of the mentoring we had a reunion were we invite all the previous men that attended the program and some of them shared to the rest how God lead them to be strong and give their lives to Jesus after the year’s program How Can You Help? Pray for the spiritual receptivity, safety and endurance of leaders, team, prison staff and inmates who will attend the weekends. Pray for the safety of and provision for families of the team in their absence. Give your time to be part of this amazing and Godly program. Please support us by praying for the program during this time.

26

*Kanga&roo “All you need is love” So lui die lirieke van die bekende 1976 Beatles-liedjie. Enige ouer weet egter dat babas nie net liefde nodig het nie. Hulle het ook melk en doeke nodig. Dieselfde waarheid geld vir die talle babas wat in tydelike veilige sorg wag op aanneming. Die kanga&roo-projekondersteun tydelike-veilige-sorgouers (kanga-ouers) wat omsien na babas wat vir aanneming beskikbaar gemaak is. Die grootste hoogtepunt was ongetwyfeld die bekendstelling van die kanga&roo-projek op 7 Mei 2016. Die geleentheid het die vorm van ‘n reuse babatee aangeneem met ongeveer 100 gaste teenwoordig. Die mooi gedekte tafels was ‘n prentjie om te aanskou. PROCARE maatskaplike werker, Eloise Loots, het vertel watter belangrike rol kanga-ouers speel in die eerste paar maande van die babas se lewens. Annalise Wiid het ‘n wiegeliedjie spesiaal vir die geleentheid geskyf en gesing. Elke vrou se “toegangskaartjie” was ‘n pak weggooidoeke en so het die projek se eerste 100 pakke weggooidoeke ingekom. Buiten vir gemeentelede wat getrou formulemelk, doeke en wipes by die kerkkantoor kom afgee en donasies inbetaal, het ‘n paar ander insidente uitgestaan: vier vroue wat gekies het om met hul verjaarsdae vir hul vriendinne te vra om doeke in plaas van geskenke te bring. Twee jong ouerpare, wat self elk nog ‘n baba in doeke het, wat ‘n hele paar pakke doeke en melk skenk; die Helderberg kwiltgulde wat die mooiste kwilts vir ons babas maak om huistoe te neem wanneer hul aangeneem word. Ons is ook baie dankbaar vir donateurs soos die Dischem Foundation, AAM/Nucleus, The Store Clothing en Isibali vir hul betrokkenheid. Gedurende die 2017-boekjaar het die projek 329 pakke weggooidoek, 235 blikke formulemelk en 73 pakkies wipes aan 25 kanga-mammas uitgedeel wat tussen hulle 77 babas versorg het.

27

Kangamammas en hulle babas.

Nog ‘n hoogtepunt is beslis telkens wanneer ‘n kanga-mamma ‘n whatsapp-boodskap gevul met woorde van dankbaarheid en waardering deurstuur nadat sy haar melk en doeke ontvang het. So help ons hulle om hul liefde en aandag aan die babas te gee en minder bekommerd te wees oor die prysetiket wat aan hierdie versorging gekoppel is.

KidsXpress KidsXpress is in 2004 gestig met die doel om lesmateriaal vir kinderbediening te skep wat bruikbaar vir die Suid-Afrikaanse konteks kan wees. Na 13 jaar het KidsXpress 37 gedrukte titels (17 na Engels vertaal en een na Xhosa) en 10 korter digitale titels (3 in Eng). Die feit dat mense na 13 jaar steeds KidsXpress se materiaal gebruik laat ons in verwondering dat die Here ons toegelaat het om op die wyse in sy diens te kan staan. Daar is egter altyd nog temas wat die Here aan sy kinders wil onderrig. Imilala echaza ibali (The Colours tell a story) Die gedrukte materiaal van die Xhosa reeks vir kleuters het in Oktober 2016 die lig gesien. Dit word met groot vrug gebruik in die kleuterskool in Lwandle. Ons hoop dat die materiaal ook na ander kleuterskole kan uitbrei. Daar is ‘n moontlikheid dat die material bekendgestel kan word via die kleuterskole wat streeksbyeenkomste vir verdere opleiding hou.

28

Talente en Geestelike geskenke, Pinkster 2016. Meer as ‘n honderd gemeentes het die materiaal gebruik. Die reeks Vrugtefees saam met die Heilige Gees het gefokus op Galasiers 5 en die vrug van die Gees soos bv . liefde, vreugde vrede, geduld. “Talente en Geestelike Geskenke” handel weer oor ons natuurlike talente waarmee die Here ons geseën het asook die geestelike gawes wat net van die Gees self kom. Kinders het gehoor dat God beide ons natuurlike talente en geestelike gawes tot sy eer en tot opbou van ander gelowiges gebruik. Die Plan en God se Extreme Makeover plan

In 2016 het ons ‘n paar vergaderings gehou met Dr Frans Hanke van DIE PLAN. DIE PLAN wil gemeentes help om meer missionaal te raak. Uit die samesprekings het ons as KidsXpress die uitdaging aanvaar om ‘n reeks te ontwikkel wat kinders sal aanmoedig om deel van God se sending in die wêreld te raak. Die Lesreeks “God se Extreme Makeover plan” is die gevolg van die samesprekings. Ons kan al reeds terugvoer gee dat 100 handleidings van die reeks reeds versprei is vir Kinderpinkster 2017. Die minimum aantal kinders wat hierdeur bedien word is ‘n 1200.

Vertalings Eendag as ek groot is na One day when I am grown up en Ken jy vir Jesus na Do you know Jesus, vertaal. Engelse puplikasies help ons om materiaal aan skole en gemeentes te voorsien waar Afrikaans en Engels as voertaal gebruik word. Ons hoop dat meer Engelse gemeentes ons materiaal as ‘n bruikbare opsie sal kies. Daar is egter in die Engelse omgewing letterlik ‘n wêreld van publikasies om van te kies.

29

Kinderevangelisasie Ons is geweldig dankbaar om steeds oop deure te kan hê waar ons meer as 2000 kinders die afgelope jaar deur weeklikse Bybelklubs kon bereik. Dis kosbaar om die kinders se entoesiasme te beleef. Sommige kinders kom sê spontaan dat hul ‘n oorgawe wil maak en ander steek fluks hande op as daar gevra word of wat hul onthou van die vorige week. Kinders kon leer hoe om die Woordlose Boekie met ander te deel en self hul eie boekies help maak. Bid asseblief saam met ons dat deure in skole sal oop bly in ons land! Ons werk tans in Mondeor, Beaumont, Sir Lowry’s Pas en Dr.G.J.Joubert Laerskole. Die klubs in kleuterskole is ook baie spesiaal: Garden Village, Playway, Brakenjan, Babbbel en Krabbel, Rooha naskoolsentrum, Umnqhophiso en 6 skooltjies in Sir Lowry’s Pas. Die woonbuurte waar ons tans werk is Chris Nissen Park, Lorenziopark, Sir Lowry’s Pas, Beverly Hills, Morkel Cottage en Lanrust Plaas. Ons word maar net soveel keer weer bewus van die groot nood van so baie kinders en die groot uitdagings wat daar in hierdie gemeenskappe met dikwels baie moeilike huislike omstandighede is. Ons begin elke kwartaal met ‘n werkswinkel wat ’n toerustings-geleentheid is vir die vrywilligers wat by die Bybelklubs betrokke is, asook vir ander belangstellendes. Tema’s uit die lesreekse wat ons behandel bied heerlike ruimte vir kreatiwiteit en lekker aktiwiteite wat met die kinders gedoen kan word om geestelike waarhede in te skerp. Opleiding word ook aan kleuterskool juffrouens gegee om hulle te help om deurlopende Bybel onderrig programme te vestig. Ons kon die afgelope jaar weer 3 kampe hou. Ons tema vir die 2 kampe vir laerskool kinders was “God se droom vir my” terwyl die tienerkamp gefokus het op “Sê JA vir die lewe.” Daar was geleentheid

Maak T-hemde op die kamp

30

Inné van Zyl speel met die kinders van Merweville

vir spesiale in-diepte groepsgesprekke, Bybelstudie, skattejag, fliek, T-hemde verf, ens. Die kosspanne kon natuurlik weer sorg dat die kinders goed bederf word en ons is so dankbaar vir ons kosbare vrywilligers wat met soveel omgee en liefde kom help op die kampe en op ander maniere die projek ondersteun.

Merweville skoolprojek Die projek is baie geseën met donateurs wat gereeld vir die skool skenkings maak. Ons was hierdie jaar bevoorreg om ‘n fotostaat masjien vir die skool te gee sodat dit hulle skooltake kon vergemaklik. Daarmee saam kon ons aan hulle ‘n volle kwartaal se fotostaat papier en ink voorsien.

HMS Bloemhof het ook al

hulle oortollige klere uit die klerebank vir ons geskenk, dit was omtrent 3 sakke vol truie, hemde en rompies. Dames van die Soul Sussies omgee groep het ook ‘n hele jaar lank gebrei aan 350 handskoentjies vir elke leerder. Ons wil opreg dankie sê aan hierdie dames. Dit verseker lekker warm handjies vir die wintertyd wat voorlê.

MIV/VIGS As ons terugkyk na 2016 was dit ‘n moeilike jaar vir die MIV-projek. Die projekspan se kapasiteit bly beperk en ons inkomste het gekrimp. Nogtans is ons dankbaar dat ons gereelde dienste en ondersteuning aan Helderberg Hospice, CABSA en die Helderbergontwikkeling-sentrum kon voortgaan. Die projekleier en Ds Hannes Theron bly steeds aktiewe lede van die Gesamentlike Vigstaakgroep in Wes-Kaap waar die NGK, VGK en Calvyns Protestante Kerk verteen-woordig is.

31

Ds Guambe in gebed met

plaaslike lidmate

Hoogtepunte die jaar was: Eerstens die MIV-Paaseierprojek wat in 2016 deur die Junior kerk ondersteun is. Nie net het veel meer kinders die boodskap van God se onvoorwaardelike liefde en aanvaarding vir elke mens gehoor nie, maar ook is baie paaseiers vir die projek geskenk. Deur die betrokkenheid van die Uyavula Projek by Macassar Primêr, was meer kinders betrokke en die meerderheid versierde paaseiers is ook by hulle skool uitgedeel. Dit was veral baie kosbaar vir die projekspan se eie kinders om Macassar Primêr te besoek en saam aan die Paaseier-projek te kon deelneem. Die tweede hoogtepunt was die betrokkenheid van twee projekspanlede by CABSA se suksesvolle loodsing van ‘n HIV Peer Educator Program op plase in Wellington.

Een van die groot hoogtepunte van hierdie program was ‘n Familie Gesondheidsdag by Bergrivier Primêr waar meer as 100 mense opgedaag het vir MIV- en ander gesondheidstoetse. Die derde hoogtepunt is MIV-werkswinkels. Hierdie werkswinkels

bly steeds deel van die kurrikulum van die Helderbergontwikkeling-sentrum se opleiding en dit bly ‘n voorreg om hierdie studente te begelei na ‘n beter verstaan van MIV en Vigs.

Mosambiek Evangelisasie

What a wonderful privilege it has been to be a part of this ministry in the past year. Not only did we see Mozambicans launched into Christian ministry among the unreached, which remains the main aim of the Mozambique Evangelism Partnership, but we saw people come to

32

Ds Ghanale deel die Evangelie met ‘n plaaslike jongman

love Jesus. Isn't that what it all comes down to in the end? A big thank you to everyone involved: Our Mozambican partners, the Igreja Reformada, our South African volunteers, individual and corporate donors and to Helderberg Uitreik, our logistics team.

Dit was 'n geweldige voorreg om in die afgelope jaar deel te kon wees van hierdie bediening. Ons kon beleef hoedat ons droom bewaarheid word om Mosambiekers te sien uitgaan as sendelinge onder onbereikte mense en selfs meer: Ons kon sien hoedat mense lief raak en

lief is vir ons Here Jesus, is dit nie maar waaroor dit alles gaan nie? Baie dankie

aan elke individuele en korporatiewe borg, aan elke Suid-Afrikaanse vrywilliger, ons Mosambiekse vennoot, die Igreja Reformada en aan Helderberg Uitreik, ons logistieke span. Julle is awesome. Ons sien uit na wat die Here vir 2017 en verder beplan.

Mosambiek Geletterdheid Bosskool Evangelisasie: Die evangelisasie uitreike na die bosskole was die afgelope jaar `n wonderlike geleentheid om Jesus se liefde te wys deur Sy hande en voete te wees in gemeenskappe waar daar soms geen kerk is nie. Daar was sokker gespeel, tou gespring en ander speletjies gespeel waarna die evangelie nie net met die kinders gedeel was nie, maar met die hele gemeenskap (veral jong mans en vroue) wat

33

aandagtig luister. Impak van bosskole: Ons is opgewonde oor die feit dat daar oor die

afgelope 12 maande 1168 kinders die voorreg kon hê om te leer lees, sodat hulle die Bybel en ander Christelike materiaal kan lees. Ons is opgewonde daaroor dat hulle as Christene groot gemaak word met die Waarheid van die Goeie Nuus van

Jesus Christus as grondslag in areas waar die Evangelie nog geslote is vir meeste as gevolg van ongeletterdheid. Self-volhoubare bosskool: Oor die afgelope jaar was baie tyd, inspanning en beplanning geinvesteer om self-volhoubare bosskole te bewerkstellig. Dit was en is steeds nie `n eenvoudige taak nie, maar die eerste Mosambiek gefinansierde bosskool (Mwanatanga bosskool) het in Januare begin. Isaac Gama is die “champion” wat deur sy boerdery bedrywighede sy eie skool oopgemaak het. Hy is nou die voorbeeld vir ander Mosambiekse sakemanne en die kerk dat dit wel moontlik is om self bosskole te open. Self-volhoubare Kleuterskool: Oor die afgelope drie jaar het die kleuterskool in Milange, wat in die kerkgebou gehou word, bewys dat dit self-volhoubaar bestuur en gefinansier kon word. Die groot nood was egter om `n gebou/klaskamer te kry wat spesifiek as kleuterskool gebruik kon word. Oor die afgelope 12 maande kon goeie vordering met die bou van twee klaskamers vir hierdie doel gemaak word. Die oogmerk van die kerk, in samewerking met die regering, is om die gebou in die middae ook as `n Primêre skool te benut.

34

Abraham, die bul arriveer in Mosambiek

Mosambiek Landbou Die afgelope jaar het sleg begin vir ons projek. Die reenval in die Milange omgewing was so geweldig dat al die kleinboere se oeste verdrink het. Dit op sig self het hongersnood voorspel. Ons kon egter R50 000 van ons fondse aanwend om mielies te koop en te stoor vir die honger Nov 2016 – Maart 2017 tydperk wanneer mielies baie skaars was.

Dan is ons ook baie opgewonde oor die nuwe spog bul wat ons vir die projek kon aankoop. Ons beestrop van 31 kom nou al ‘n paar jaar aan en dis belangrik dat ons nuwe genetika moes inkry. Die beeste in die omgewing is oor die algemeen klein en het ‘n karige bouvorm. Dit

was vir ons belangrik om ‘n goeie gehalte bul te bekom

van goeie genetika en groter bouvorm. Na baie navorsing is ‘n Brangus bul vanuit Malawi gekoop wat heel goed op die DECA plaas aanpas. Sy naam is Abraham! Hopelik teel hy net soos sy Bybelse naamgenoot dat sy kinders eendag oor die hele Mosambiek loop! Die nuwe mielie, soja en pigeon peas aanplantings het ook goeie reen gekry in Desember tot Maart en verwag ons ‘n goeie oes! Die span is reeds nou besig om die mielies te oes. Verdere goeie nuus is dat 4 van ons 12 nuwe byekorwe reeds bye in het en behoort ons vanjaar ons eerste heuning te kan oes.

Goeie mielie-oeste in Mosambiek

35

Carmen besig om voesdel uit te gee aan gesinne met siek kinders.

Mosambiek Medies Die Mosambiek Mediese projek was die afgelope jaar aktief met mediese dienste deur ons dokter, Freek van Slooten. Nie alleen het hy in die Milange Hospitaal noodsaaklike mediese prosedures uitgevoer nie, maar hy het ook bosklinieke op die platteland beman. Mediese vrywilligers is opgelei en ontplooi om die werk in die afgeleë gebiede voort te sit. Die voedingskema vir siek kinders het ook voorgegaan onder leiding van Carmen Koekemoer wat soos volg verslag lewer: “Elke Donderdag van half 8 sit daar ‘n paar mense op die voedings-projek se stoep en wag. 8 uur begin ons met ‘n gebed en verwelkoming. Daarna volg altyd ‘n kort les oor gesonde kos(Wat moet ons eet om te groei), bors melk, malaria, maagsiektes en nog meer. Daarna word die baba’s elkeen geweeg. Die babas wat gewoonlik kom wissel van 1 week oud tot 2 jaar. Gewoonlik is dit weeskinders, waar die mamma dood is by geboorte en die familie benodig hulp. Soms help ons enkelmammas of -pappas wat elke dag net eenkeer kan eet en die baba of peuter het ekstra voeding nodig. Elke kind is uniek en word uniek versorg. Ons bepaal of die mamma hulp nodig het met ‘n bietjie proteine en ekstra nutriente. Of ons help met die baba se dieet of as daar geen mamma is met borsmelk nie, help ons hulle met geblikte melk.

36

Elke maand word daar tussen 50 en 80 babas, peuters gehelp met pap of melk. Tussen 10-20 mammas word ook gehelp met pap.

Pêrel Gemeenskapsontwikkelingsprojek Pêrel Dissipelmaking evangeliseer, versprei boeke en DVD’s en leer lewens- en handvaardighede aan. Ons het in 2016 begin het om elke Donderdagmiddag met omtrent 25 to 30 kinders op Faureplaas te lees. Die doel hiervan is om kinders te help met lees en hulle leesvaardigheid op standaard te hou. Op sosiale vlak is dit vir die kinders baie spesiaal om ‘n tydjie een op een met ‘n vrywilliger te hê en persoonlike aandag te kry. Die sukses van die naaldwerkklasse wat weekliks aangebied word meet ons aan die feit dat ‘n aantal vrouens hulle produkte kan verkoop. Ook het een van hierdie vrouens haar eie naaldwerkgroep met (bejaardes) vroue in haar eie woonbuurt begin. Die mobiele biblioteek, waar volwassenes en kinders meestal geestelike boeke en dvd’s elke paar weke kan uitneem, word baie goed ondersteun. Vir baie persone is dit hulle eerste kennismaking met boeke oor verskeie geestelike onderwerpe. Die projek koop gereeld nuwe boeke en dvd’s aan. By Rustenhof- en Rust en Vrede-plase is ook boeke en dvd’s vir die gemeenskap beskikbaar om uit te neem. Vir die vrywilligers wat die biblioteek behartig is dit n belewenis om gereelde kontak met die “nuwe” lesers te hê. Crèches 1. Babbel en Krabbel Die ouerkomitee en personeel van Babbel & Krabbel te Rust-en-Vrede het gedurende Oktober 2016 ‘n baie geslaagde modeparade

37

Personeel van die drie Crèches tydens die kuierdag by Croydon

gereël. Dit was ‘n eerste vir die plaas en is baie goed deur ouers, vriende en familie bygewoon. Die fondse wat hiermee ingesamel is, is gebruik om die kleuterskool kinders en onderwyseresse op ‘n uitstappie na Monkey Town te neem. 2. Croydon

Croydon kleuterskool het ‘n heerlike kuierdag vir die drie creches gereël sodat almal die speelpark kon geniet. Die personeel het gereël vir ‘n tent vir skaduwee waar verversings amper deurlopend bedien is. Die Duitse vrywilligers se gesigverf het ook groot aftrek gekry en by

die springkasteel het dit alles ordelik geskied waar

hulle hul springbeurt moes afwag. Vir ons was dit ‘n belewenis om te sien dat 96 kinders kan saam speel sonder ‘n enkele insident waar kinders huil of baklei het. 3. Rustenhof Hier het ons ‘n sandput present asook twee skadu-bome as donasie ontvang.. AmazingBrainz lewer steeds mentorskapdienste aan die personeel ten opsigte van die leerplan. Ons kyk met groot dankbaarheid terug oor hierdie jaar en kan net getuig dat die Here vir ons baie goed is.

Phambili Bo en behalwe die normale werksaamhede van Phambili, is ons dankbaar dat ons die afgelope jaar ’n

38

Geraldine de Villiers word deur Mickey Basson besoek.

Voetesorg vir senior burgers

suksesvolle oogkliniek kon aanbied. Ook het ons tandheelkundige kliniek voorkomingswerk en tand-gesondheid bevorder. Ons gaan voort met MIV

toetsing, medikasie en nasorg. Ons het die seniors in die gemeenskap gedien en die gemeenskap is opgevoed oor die waardering seniorburgers. Die huiswerkklasse vir kinders gaan voort.

Seniorsorg Die afgelope jaar het vele hoogtepunte by SENIORSORG opgelewer. Die samewerking met ander uitreike en projekte was positief gewees. Die kinderkerk het terapeutiese hulpmiddels vir Zandvliet bymekaar gemaak en finansiele ondersteuning vir arbeidsterapie hulpmiddels by Zandvliet het groot verligting aan die inwoners gebring. SENIORSORG het die Versorgingsfonds ondersteun om ’n lidmaat gereed te kry vir plasing by Huis Esperanza. Sy klere is gemerk en aankope is gedoen om sy klerekas aan te vul. Huis Marie Louw het n vlekvryestaal teetrollie gekry wat tydens n gesellige tee oorhandig is. SENIORSORG het n heerlike en vrolike tee met tuinblomme en samesang by Huis Esperanza aangebied. Tydens die geleentheid is strykysters , ketels en haardroers oorhandig. Die inwoners van die 3 tehuise asook lidmate van die gemeente wat 90 jaar en ouer word , word Sondag-oggende op RSG gelukgewens. Dit word met persoonlike besoeke deur lede van die projekspan en ’n leraar van Helderberg Gemeente opgevolg. Baie dankie aan almal wat SENIORSORG so wonderlik deur middel

Oogkliniek

39

van finansies , gebede en skenkings ondersteun.

Sir Lowry’s Pass Projek Hoogtepunte 1. Volgehoue bydraes van eksterne individue en organisasies: Spesiale bydraes van Efraim omgeegroep, die Spies-familie, Bridgewater Manor se dames (vir ‘n mikrogolfoond), Little Angels en BP Garage se PnP (10 brode elke 2 weke). Lazena hoenderplaas het ook verskeie kere 25kg hoender vir die vakansie-etes geskenk. 2. Versorging van ‘n SLP-kleuter met spesiale behoeftes: Anneline de Wet, projek eienaar van Kingdom Kids Crèche (KK), het die oorplaasing van ‘n dowe dogtertjie, wat voorheen geen spesiale sorg ontvang het nie, na ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes in Kuilsrivier moontlike gemaak. 3. Kinderontwikkeling: Ons kon skryfbehoeftes aan KK voorsien sodat die kinders met ‘n sinvolle vroeë kinderontwikkelingsprogram begin. Anneline het ook vir hulle ‘n nuwe naambord laat maak. 4. SLP-beursfonds Ondersteun tans 12 beurshouers en ‘n bydrae deur Peet van der Walt het dit vir ons moontlik gemaak om die program uit te brei met ‘n wiskunde en wetenskap tutor-program vir graad 6 & 7 leerders wat ons in samewerking met SUNCEP ontwikkel het.

Stop’it! Stop'it se hoogtepunt in 2016 het plaasgevind op Saterdag 30 Julie 2016 – met die tema: “Say Stop to Humantrafficking” onder die hashtag #RAISE YOUR VOICE NOW.

40

Die Stop'it! -verteenwoordig van Helderberggemeente saam met STOP en die Valke, het mense bewus te maak van mensehandel op die oggend van 30 Julie in die sakegebied van Somerset-Wes. Op hierdie maandeinde Saterdagoggend word talle mense wat hulle inkopies kom doen, bereik. Die Valke se voertuie met flitsende blouligte is in Hoofstraat by die groot sirkel parkeer. Die STOP-span en vrywilligers, 10 spanne van 2 persone elk, beman met 'n plakaat, se doel was om aan elke mens op straat te vra of hulle weet van die gevaar van mensehandel en dan die werklikheid daarvan te verduidelik. Op versoek word 'n selfoonfoto saam met die persoon geneem, en dan versoek dat die persoon ook 'n foto neem en onder die hashtag #RAISE YOUR VOICE NOW aan vriende en familie te stuur. Isabel Vroon en Georgie Tarr van Ierland, voer 27 gesprekke met mense wat instem om aan die veldtog deel te neem. Die publiek se deelname en reaksie was baie positief. Almal wat in Somerset Wes hul inkopies kom doen het is deeglik bewus gemaak van mensehandel.

Uyavula lees- en skryfprojek Kyk ons terug oor die jaar, vertel Uyavula Lees- en Skryfprojek van ‘n Vader wat lei en voorsien. Kindergesiggies wat verlig soos sterre se liggies, dit is wat gebeur wanneer “ons tannie” van Uyavula met ‘n storieboek in die hand en ‘n hart vol liefde hulle klaskamer binnestap. Vir die Grondslagfase kinders by Macassar Primêr is dít keer op keer die hoogtepunt van hulle week, en daarvoor het ons baie vrywilligers en boeke nodig. Ons vier dus elke persoon wat aanmeld as ‘n vrywilliger, want om die 20 Grondslagfase klasse van voorlesers te kon voorsien is nét sy genade, so ook elke storieboek wat ons kry om te lees en donasie

41

wat die aankoop daarvan moontlik maak. Om al die voorlesers (vrywilligers) van storieboeke te kan voorsien, is iets waarvoor ons net kan dankie-sê. Uyavula is weereens geseën met kosbare vrywilligers, ons “rykdom”. Dit is besondere mense van alle geslagte en ouderdomme, wat diep spore in die harte van 815 kinders trap. Ja, dat ook werkende mans en die jeug betrokke wil wees by voorlees, leesklub aktiwiteite(selfs op ‘n Vrydagmiddag) en Saterdagskool is inspirerend. Ook mense wat hulle talente gee sodat “readers” vir die begin-lesers (wat baie skaars is in Afrikaans) geïllustreer en gedruk kon word. Juffrou Marietjie Madsen-Leibold en haar energieke ATKV jongmense se betrokkenheid by Chris Nissen Park Leesklub en ondersteuning aan Uyavula, is spesiaal en ‘n kragtige manier waarop die kinders in kontak kom met stories, maar ook met Jesus se liefde. Groot was ons verbasing en nog groter ons vreugde, toe hierdie ATKV groep, deur hulle onbaatsugtigheid, veroorsaak het dat ons ‘n baie welkome skenking van pragtige storieboeke van LAPA kon ontvang, ‘n geval van genade op genade. Uyavula het amper ses jaar gelede begin met die doel om deur middel van leesklub aktiwiteite na skoolure in gemeenskappe, kinders se geletterheid te bevorder. Wel, die Here het sy pad met Uyavula geloop; hoe anders het dit gebeur dat ons by Macassar Primêr voorlees en nog boonop geseën word met genoeg vrywilligers om vanjaar te kan begin voorsien in ‘n tweede skool te Macassar se versoek vir voorlesers daar? Dit bly ‘n wonderwerk van Bo. Uyavula se storie vertel net weer: aan die liefde en trou van die Here is daar geen einde nie!

Helderberg Uitreik het mense gedurende die tydperk soos volg met Jesus se liefde bedien:

42

Kinders/Children 0-18

Volwassens/Adults Totaal/Total

Evangelisasie 16 607 17 598 34 205

Dissipelmaking 29 464 12 349 41 813

Media (Boeke, CD, Artikels, Radio, TV ens)

1 268 66 084 67 262

Ontwikkeling 3 664 3 546 7 210

Armoede-verligting 15 114 14 437 29 551

Pastorale sorg/Berading 3 620 5 325 8 945

Mediese sorg 3 450 2 881 6 331

Ander 1 715 659 2 374

Totale getal mense bedien

71 452 122 879 194 331

Totaal vrywilligers betrokke

933 1 991 2 924

Helderberg Uitreik NPO 032-078

Inkomstestaat vir die Jaar geeindig 28 Februarie 2017

Inkomste 2017 2016

Geloofoffers 4 347 295 1 955 546

Fondsinsamelings 402 966 483 078

Eksterne bydraes 2 751 208 2 753 766

Totale Inkomste 7 501 470 5 192 391

Totale Uitgawe -6 413 964 -4 781 416

Bo en behalwe hierdie inkomste, dra Helderberg Gemeente die koste van die Uitreikbestuurder en Uitreikleraar se vergoeding. Die gemeente bied ook infrastruktuur en ondersteuningsdienste aan Helderberg Uitreik. Projekte wat die afgelope jaar ondersteuning ontvang het uit die Waar behoefte Bestaanfonds is soos volg: Agapé Medies Bulgarye Bybelverspreiding Dienssentrum Harmony HaveHeart Hemel-op-Aarde Helderberg Ontw S Kanga&Roo Mos Evangelisasie Mos Geletterdheid Mos Landbou Mos Medies Omgeebokse Phambili

43

Perel Dissipelmaking Seniorsorg Uyavula Die volgende projekte is die afgelope jaar uit Mergon Foundation Fonds ondersteun: Helderberg Ontw Sentrum Internasionale Studente Kairos Gevangenisbediening Kinderevangelisasie Mosambiek Evangelisasie Phambili Pêrel Dissipelmaking Sri Lanka Die volgende projekte is die afgelope jaar uit die Frans Dreyer Liefdadigheids Trust ondersteun: Kinderevangelisasie Helderberg Ontwikkelingsentrum Pêrel Gemeenskapsontwikkeling Hemel-op-Aarde

Ons sê dankie aan:

Die Uitreikbestuur vir hulle wysheid, kundigheid onderskeidingsvermoë en toewyding.

Elke projekleier, projekspanlid en vrywilligers vir hulle toewyding, passie en inspirasie.

Elke personeellid van Helderberg Uitreik wat vêr verby hulle opdrag en taak gaan om die Koninkryk te dien.

Helderberg Gemeente, die Kerkraad en personeel vir infrastruktuur en ondersteuningsdienste.

Ons donateurs, vennote en geloofoffer-ondersteuners.

Elke gemeentelid en Uitreikvriend wat betrokke is met gebed, kundigheid, dienste, kennis, bronne en fondse wat tot ons beskikking gestel is.

Die Mergon Foundation, ons vennoot in Koninkryk-uitbreiding.

Frans Dreyer Liefdadigheids Trust vir finansiële ondersteuning van 4 projekte.

Marianneke Kilian van Germishuys Zandstra Inc.

44

CA(SA) vir ouditeursdienste.

Spesiale dank aan Willem Wessels vir BTW dienste.

Opregte dank ook aan Spar Heldervue en Spar De Helderbosch, Woolworths Waterstone, Pick&Pay Waterstone, Romans Pizza (Somerset-Wes en Strand takke), KingPie, SubTropica, asook Deliveg vir deurlopende grootmaat voorsiening van voedsel aan die Dienssentrum vir verspreiding.

Ons dank ook aan Ziegfired en Hannetjie Loots van Fuchs William Penn vir die gebruik van hulle bakkie vir die Dienssentrum.

Alle dank en eer

aan ons Drie-enige God

45