14

INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 [email protected] [email protected] Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24
Page 2: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

1

INHOUDSOPGAWE BLADSY

1. BELANGRIKE DATUMS.......................................................................................….. 2 2. INSKRYWINGSGELD EN SLUITINGSDATUMS.................................................…... 2

2.1 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A ................................................................ 2 2.2 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B................................................................. 2.3

Bankbesonderhede......................................................................................................... 2 3. KANSELLASIEBELEID................................................................................…………. 3

3.1 Verloop van die kompetisie.................................................................................. 3 4. TEMAS........................................................................................................................ 3 5. PLEKKE EN DATUMS VIR EERSTE UITDUNRONDES............................................ 4 6. PLEKKE EN DATUMS VIR SEMIFINALE RONDES.................................................. 5/6 7. AFRIKAANS HUISTAAL............................................................................................. 6

7.1 Inskrywingsgetalle............................................................................................... 6 7.2 Tyd en punteverhoudings van toesprake............................................................ 7 7.3 Strafpunte............................................................................................................ 8 7.4 Onvoorbereide toesprake.................................................................................... 8 7.5 Pryse................................................................................................................... 8

8. AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL............................................................................ 9

8.1 Kriteria................................................................................................................. 9 8.2 Inskrywingsgetalle............................................................................................... 9 8.3 Tyd en punteverhoudings van toesprake............................................................ 10 8.4 Strafpunte............................................................................................................ 10 8.5 Onvoorbereide toesprake.................................................................................... 10 8.6 Pryse................................................................................................................... 11

9. REËLS.......................................................................................................................

11/12

10. KONTAKBESONDERHEDE.................................................................................... 12

Page 3: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

2

ATKV-Redenaars gee vir leerders die platform om hul sê met selfvertroue in Afrikaans te sê. ’n Vaardigheid wat hulle in die toekoms aan die voorpunt van hul veld sal plaas.

1. BELANGRIKE DATUMS

• Eerste uitdunrondes: 11 Maart tot 17 Mei 2019. • Semifinale rondes: 10 Mei tot 08 Junie 2019. • Die finaal vind plaas by ATKV-Goudini Spa

- Graad 1 tot 7: 01 Augustus 2019 - Graad 8 tot 12: 02 Augustus 2019 2. INSKRYWINGSGELD EN SLUITINGSDATUMS Inskrywingsgeld: R185 per leerder.

2.1 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A (slegs Suid-Afrika) • Net die getal leerders wat gaan deelneem. • Voor die sluitingsdatum van 15 Februarie 2019 beloop die koste R185 per leerder. • Ná die sluitingsdatum beloop die laat inskrywingsgeld R280 per leerder. • GEEN inskrywings word ná 28 Februarie 2019 aanvaar nie.

2.2 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B: Drie weke vóór die uitdunronde begin

• Die name van die deelnemers en hulle onderwerpe moet drie weke vóór die uitdunronde van die streek begin, aan die betrokke streeksorganiseerder ge-e-pos of gefaks word. Sien die kontakinligting vir die streeksorganiseerders op bladsy 4, 5 en 6.

• Skole wat inskryf, moet by die betrokke streeksorganiseerder opvolg of die inligting wel ontvang is.

Sluitingsdatums (slegs Namibië) Die sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A is 22 Maart 2019. Die sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B is 17 Mei 2019. Faks of e-pos asseblief die inskrywingsvorm A (slegs getalle) en ’n afskrif van die bewys van betaling aan Jacqueline Göttert by 011 919 0227 of [email protected]. Die korrekte verwysing moet gebruik word, naamlik: Redenaars en die skool se naam. 2.3 Bankbesonderhede

Bank: Absa, Randburg

Rekeningnaam: ATKV

Rekeningnommer: 0170166728

Tipe rekening: Tjekrekening

Takkode: 632005

Verwysing: Redenaars en die skool se naam

Byvoorbeeld: Redenaars HS Water

Page 4: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

3

3. KANSELLASIEBELEID

Skriftelike kennisgewing van onttrekking/kansellasie moet minstens 30 dae vóór die aanvang van die eerste uitdunronde in jou streek deur die ATKV ontvang word. Indien die geleentheid deur die ATKV gekanselleer word, sal die inskrywingsgeld terugbetaal word. 3.1 Verloop van die kompetisie Die kompetisie verloop soos volg: Eerste uitdunronde, semifinale ronde en nasionale finaal. Die ATKV bepaal die getal deelnemers wat aan die semifinale ronde deelneem. Die skole sal in kennis gestel word en die name van die deelnemers vir die semifinale ronde sal tien dae ná afhandeling van die uitdunronde op die ATKV-webwerf, www.atkv.org.za,verskyn. Die getal deelnemers wat deurdring na die finaal word deur die ATKV bepaal en na gelang van die aantal inskrywings per streek.

4. TEMAS

Huistaal

GRAAD 1 - 3

maniere droom jok Huistaal en Addisionele Taal

GRAAD 4 - 5 GRAAD 6 - 7 GRAAD 8 - 9 GRAAD 10 - 12

spaar vrees waarheid navigeer kuns dink beelde toue frons dans deure magnete

Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat, en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie. Deelnemers sal gepenaliseer word indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake gelewer word. BAIE BELANGRIK: Ons doen weer ’n beroep op jou om asseblief deelnemers en ouers te ontmoedig om toesprake te koop. Moedig hulle eerder aan om die ATKV-handleiding vir die skryf van toesprake te bestel en aan te koop. Die bestelvorm is beskikbaar op die ATKV-webwerf, www.atkv.org.za. Dit het onder die ATKV se aandag gekom dat al hoe meer mense en organisasies op die ATKV se rug ry en sonder die ATKV se toestemming en medewete “vir die ATKV” toesprake skryf en kursusse, selfs afrondingskursusse, aanbied. Hierdie mense doen dit net vir hulle eie finansiële gewin en die ATKV is nie betrokke by enige van hierdie mense of organisasies nie.

Page 5: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

4

5. PLEKKE EN DATUMS VIR DIE EERSTE UITDUNRONDES

GAUTENG Streek/Skool Datum Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer E-posadres

Gauteng-Wes en Vaaldriehoek Hoërskool Linden Linden

Hoërskole: 5 en 6 April

Laerskole: 12 en 13 April

Da Nielle Jordaan

082 559 0353

[email protected]

Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Laerskole Laerskool Baanbreker Boksburg

3 tot 6 April

Sanet Meiring

084 580 6715

[email protected] [email protected]

Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton

24 en 25 April

Dorette Prinsloo

082 785 3391

011 907 1038

[email protected]

Gauteng-Noord Hoërskool Menlopark Pretoria

12 en 13 April

Elbeth Vermaak

084 602 5177

012 348 6827

[email protected]

VRYSTAAT Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Vrystaat 1 Willem Postma Primêre Skool Bloemfontein

10 en 11 Mei

Sonja Minnaar 082 560 3216 [email protected]

Vrystaat 2 Kroonheuwel Primêre Skool Kroonstad

19 en 20 April Amanda de Wet 084 479 7812 [email protected]

KWAZULU-NATAL Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Binneland Laerskool Huttenpark Newcastle

5 April Jana Grobler 076 976 5028 [email protected]

Kus Hoërskool Port Natal Durban

26 April Hester Strydom 073 166 5757 031 206 0370

[email protected]

KAAP Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Noord-Kaap Laerskool Fanie Malan Upington

13 April Karlien van Schalkwyk 082 851 1542 [email protected]

Noord-Kaap Laerskool Newton Kimberley

6 April

Sorita Venter 082 899 0512 053 833 1951 [email protected]

Oos-Kaap Hoërskool DF Malherbe Port Elizabeth

9, 10 en 11 April

Nicola Gardiner 076 773 1235 [email protected]

Suid-Kaap Hoërskool Oudtshoorn Oudtshoorn

13 April René Young 072 477 1346 044 272 5365 [email protected]

Wes-Kaap Hoërskool Bellville Hoërskole: Huistaal en Addisionele Taal

11, 12 en 13 Maart

Elizabeth van der Merwe 071 688 4541 [email protected] [email protected]

Wes-Kaap Laerskool Brackenfell Laerskole: Huistaal en Addisionele Taal

15, 16 en 17 April

Sias Jansen van Vuuren 079 617 8583 [email protected]

LIMPOPO Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Noord Hoërskool Pietersburg Pietersburg

24 en 25 April

Retha Lerm

082 455 4186

[email protected]

Suid Hoërskool Hans Strijdom Mookgophong (Naboomspruit)

11 en 12 April

Johanette Pretorius

076 730 9486

014 743 1048

[email protected]

Page 6: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

5

NOORDWES Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Noordwes 1 Hoërskool Wolmaransstad Wolmaransstad

Laerskole: 1 Mei

Hoërskole: 2 Mei

Carina Wassermann

084 500 4444

[email protected]

Noordwes 2 Hoërskool Rustenburg Rustenburg

Laerskole: 24 April

Hoërskole: 25 April

Leseya Matthee

072 139 2368

[email protected]

MPUMALANGA Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Hoërskool Generaal Hertzog eMalahleni (Witbank)

9, 10 en 11 April Bennie Botha 082 879 6651 013 656 2200 [email protected]

Hoërskool Ermelo Ermelo

15, 16 en 17 April Gerda van Zyl 078 306 3490 017 811 3648

[email protected] [email protected]

6. PLEKKE EN DATUMS VIR DIE SEMIFINALE RONDES

GAUTENG Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Gauteng-Wes Hoërskool Linden Linden

1 Junie

Da Nielle Jordaan

082 559 0353

[email protected]

Gauteng-Oos Hoërskool Marais Viljoen Alberton

8 Junie

Dorette Prinsloo

082 785 3391

011 907 1038

[email protected]

Gauteng-Noord Hoërskool Menlopark Pretoria

10 Mei

Elbeth Vermaak

084 602 5177

012 348 6827

[email protected]

VRYSTAAT Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Vrystaat Kroonheuwel Primêre Skool Kroonstad

31 Mei en 1 Junie Amanda de Wet 084 479 7812 [email protected]

KWAZULU-NATAL Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Laerskool Huttenpark Newcastle

18 Mei

Jana Grobler

071 475 3462

[email protected]

KAAP Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Noord-Kaap Laerskool Oranje-Noord Upington

10 Mei Karlien van Schalkwyk 082 851 1542 [email protected]

Suidoos-Kaap Hoërskool Outeniqua George

24 Mei

Annaretha Louw

082 774 9923

044 874 4188

[email protected] [email protected]

Wes-Kaap Hoërskool Bellville Belville

17 Mei

Elizabeth van der Merwe 071 688 4541 [email protected]

[email protected]

LIMPOPO Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Hoërskool Hans Strijdom Mookgophong (Naboomspruit)

25 Mei

Johanette Pretorius

076 730 9486

014 743 1048

[email protected]

NOORDWES Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Hoërskool Wolmaransstad Wolmaransstad 24 Mei Carina Wassermann

084 500 4444

[email protected]

Page 7: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

6

MPUMALANGA Streek/Skool Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

HTS Middelburg Middelburg 31 Mei Friena Scholtz 082 780 8439 013 243 5427 [email protected]

NAMIBIË Streek/Skool

Datum

Streeksorganiseerder

Selfoonnommer

Faksnommer

E-posadres

Walvisbaai Privaat Skool 14 Junie Charmaine Nagel +26481 222 9232 +264 64 07610 [email protected] [email protected]

7. AFRIKAANS HUISTAAL

7.1 Inskrywingsgetalle

Die getalle is van toepassing op elke afsonderlike kategorie.

GRAAD 1 TOT 3 AFRIKAANS HUISTAAL Getal leerders in skool Slegs voorbereid

0 - 800 4 801 en meer 6

GRAAD 4 EN 5 AFRIKAANS HUISTAAL Getal leerders in skool Slegs voorbereid met een vraag ná lewering van

toespraak 0 - 800 4

801 en meer 6

GRAAD 6 EN 7 AFRIKAANS HUISTAAL Getal leerders in skool Voorbereid en onvoorbereid

0 - 800 4 801 en meer 6

GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid (verpligtend)

Slegs voorbereid (Vir elke EEN onvoorbereid mag EEN voorbereid

inskryf) 0 - 800 4 4

801 en meer 6 6

GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid (verpligtend)

Slegs voorbereid (Vir elke EEN onvoorbereid mag EEN voorbereid

inskryf) 0 - 800 4 4

801 en meer 6 6 NEEM KENNIS: Dieselfde leerder mag nie vir albei kategorieë (voorbereid en onvoorbereid) van die kompetisie inskryf nie. Dit beteken dat leerders MOET kies vir watter kategorie van die kompetisie hulle wil inskryf. Skole mag ook nie net vir die voorbereide kategorie inskryf nie, maar moet leerders vir albei kategorieë van die kompetisie inskryf. Gekombineerde laer- en hoërskole moet die werklike getal leerders in die laerskoolafdeling, sowel as in die hoërskoolafdeling, vir die formule gebruik.

Page 8: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

7

7.2 Tyd en punteverhoudings van toesprake

LAERSKOLE: AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1 tot 3 SLEGS VOORBEREID 2 - 4 minute Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die

spreker twee (2) minute gepraat het. Ná drie (3) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vier (4) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

GRAAD 4 en 5 3 - 5 minute

SLEGS VOORBEREID Die hoofbeoordelaar sal tydens elke ronde ’n vraag aan elke deelnemer stel direk ná lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel 5 punte. Die vraag hou verband met die inhoud van die toespraak.

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker drie (3) minute gepraat het. Ná vier (4) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vyf (5) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

GRAAD 6 tot 7 ALMAL lewer voorbereide en onvoorbereide toesprake in elke ronde. Voorbereid 4 - 6 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf minute (5) sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde 1 uur voorbereidingstyd

1 uur voorbereidingstyd

90 minute voorbereidingstyd

1 - 4 minute 2 - 4 minute 2 - 4 minute 70% 30% 75% 25% 80% 20%

Die puntewaarde vir die onvoorbereide toespraak is altyd die HOOGSTE persentasie soos aangedui.

HOËRSKOLE: AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 8 en 9 en GRAAD 10 tot 12

Dieselfde leerder mag nie vir albei kategorieë van die kompetisie (voorbereid en onvoorbereid) inskryf nie. Dit beteken dat die leerders MOET kies vir watter kategorie van die kompetisie hulle wil inskryf. Skole mag ook nie net vir die voorbereide kategorie inskryf nie, maar moet leerders vir albei kategorieë van die kompetisie inskryf. Die glyskaal is een tot een, vir elke EEN deelnemer wat vir voorbereid inskryf, moet daar EEN deelnemer vir onvoorbereid inskryf.

Voorbereid 5 - 7 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vyf (5) minute gepraat het. Ná ses (6) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná sewe (7) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid GRAAD 8 en 9

Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde 90 minute voorbereidingstyd

90 minute voorbereidingstyd

120 minute voorbereidingstyd

4 - 6 minute 5 - 7 minute 5 - 7 minute Onvoorbereid 4 - 6 minute

Vir die eerste ronde (4 - 6 minute): Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid GRAAD 10 tot 12

90 minute voorbereidingstyd

120 minute voorbereidingstyd

180 minute voorbereidingstyd

5 - 7 minute 5 - 7 minute 5 - 7 minute Onvoorbereid 5 - 7 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vyf (5) minute gepraat het. Ná ses (6) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná sewe (7) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Page 9: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

8

7.3 Strafpunte Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word. 7.4 Onvoorbereide toesprake Let asseblief op na die volgende:

• Geen tema word vooraf gegee nie. • ’n Duidelike en beredeneerbare onderwerp oor ’n aktuele saak sal aan elke deelnemer gegee word. • Bronne oor die onderwerp sal aan elke deelnemer beskikbaar gestel word. Die deelnemer kan die

bronne wat verskaf word tydens die voorbereidingstyd gebruik. • Enige ander inligting wat die spreker uit eie kennis oor die onderwerp het, moet ook gebruik word. • Die belangrikheid van integriteit by die gebruik van eie bronne moet beklemtoon word.

7.5 Pryse Die ATKV bied die volgende sertifikate en geldpryse aan wat tydens die onderskeie rondes toegeken word:

• Semifinale ronde

Sertifikaat vir deelname

• Finaal Sertifikaat vir deelname Geldpryse en gepaardgaande sertifikate Laerskool: Graad 1 tot 3 Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys: R500 Beste taalgebruiker: R650 Laerskool: Graad 4 en 5 Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys R500 Beste taalgebruiker R650 Laerskool Graad: 6 en 7 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker R650 Hoërskool: Graad 8 en 9 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R2 500 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650 Hoërskool: Graad 10 tot 12 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R3 000 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650

Page 10: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

9

8. AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL 8.1 Kriteria Die kriteria wat geld vir deelname aan die afdeling Afrikaans Addisionele Taal van die ATKV-Redenaarskompetisie is dat die spreker, en ouers of voogde, se huistaal nie Afrikaans mag wees nie. Die onderrigtaal vorm dus nie deel van die kriteria nie.

Die inskrywingsvorm moet deur die hoof onderteken word as bevestiging dat die deelnemer aan die kriteria voldoen. Indien dit aan die lig kom dat die leerder nie aan die kriteria voldoen nie, sal dit tot diskwalifikasie van die leerder lei.

• Graad 4 en 5 Afrikaans Addisionele Taal praat slegs voorbereid in elke ronde. • Graad 6 en 7 Afrikaans Addisionele Taal praat slegs voorbereid in elke ronde. • Graad 8 en 9 Afrikaans Addisionele Taal mag kies tussen:

Slegs voorbereid of slegs onvoorbereid. • Graad 10 tot 12 Afrikaans Addisionele Taal mag kies tussen:

Slegs voorbereid of slegs onvoorbereid.

8.2 Inskrywingsgetalle

Die getalle is van toepassing op elke afsonderlike kategorie.

GRAAD 4 EN 5 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL Getal leerders in skool Slegs voorbereid

0 - 800 4 801 en meer 6

GRAAD 6 EN 7 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL Getal leerders in skool Slegs voorbereid met een vraag ná lewering van

toespraak 0 - 800 4

801 en meer 6 GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid Slegs voorbereid 0 - 800 4 4

801 en meer 6 6

GRAAD 10 TOT 12 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid Slegs voorbereid

0 - 800 4 4 801 en meer 6 6

Gekombineerde laer- en hoërskole moet die werklike getal leerders in die laerskoolafdeling, sowel as in die hoërskoolafdeling, vir die formule gebruik. Die kompetisie verloop soos volg: Eerste uitdunronde, semifinale ronde en nasionale finaal. Die ATKV bepaal die getal deelnemers wat aan die semifinale ronde deelneem. Die skole sal in kennis gestel word en die name van die deelnemers vir die semifinale ronde sal tien dae ná afhandeling van die uitdunronde op die ATKV-webwerf, www.atkv.org.za,verskyn. Die getal deelnemers wat deurdring na die finaal word deur die ATKV bepaal en na gelang van die aantal inskrywings per streek.

Page 11: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

10

8.3 Tyd en punteverhoudings van toesprake

LAERSKOLE: AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL GRAAD 4 en 5 SLEGS VOORBEREID (geen vraag) Voorbereid 2 - 4 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker twee (2) minute gepraat het. Ná drie (3) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vier (4) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

GRAAD 6 en 7 ALMAL lewer slegs voorbereide toesprake. Tydens elke ronde sal die hoofbeoordelaar ook aan elke deelnemer ’n vraag stel, direk ná lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel vyf (5) punte en hou verband met die inhoud van die toespraak.

Voorbereid 4 - 5 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vier en ’n halwe minute (4½) sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vyf (5) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

HOËRSKOLE: AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL GRAAD 8 en 9 en GRAAD 10 tot 12

Leerders mag kies tussen twee opsies: die lewering van slegs ’n voorbereide toespraak OF die lewering van slegs ’n onvoorbereide toespraak.

Voorbereid 3 - 6 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid GRAAD 8 en 9 en GRAAD 10 tot 12

Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde 1 uur voorbereidingstyd

1 uur voorbereidingstyd

90 minute voorbereidingstyd

3 – 6 minute 3 – 6 minute 3 – 6 minute Onvoorbereid 3 - 6 minute

Om die spreker te help sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

8.4 Strafpunte Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word. 8.5 Onvoorbereide toesprake Let asseblief op na die volgende:

• Geen tema word vooraf gegee nie. • ’n Duidelike en beredeneerbare onderwerp oor ’n aktuele saak sal aan elke deelnemer gegee word. • Bronne oor die onderwerp sal aan elke deelnemer beskikbaar gestel word. Die deelnemer kan die

bronne wat verskaf word tydens die voorbereidingstyd gebruik. • Enige ander inligting wat die spreker uit eie kennis oor die onderwerp het, kan ook gebruik word. • Die belangrikheid van integriteit by die gebruik van eie bronne moet beklemtoon word.

Page 12: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

11

8.6 Pryse Die ATKV bied die volgende sertifikate en geldpryse aan wat tydens die onderskeie rondes toegeken word:

• Semifinale ronde

Sertifikaat vir deelname

• Finaal Sertifikaat vir deelname Geldpryse en gepaardgaande sertifikate Laerskool: Graad 4 en 5 Laerskool: Graad 6 en 7 Wenner: R1 000 Wenner: R2 000 Naaswenner: R750 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650 Hoërskool: Graad 8 en 9 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650 Hoërskool: Graad 10 tot 12 Voorbereid Onvoorbereid Wenner: R2 000 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Beste taalgebruiker: R650

9. REËLS

1. Toesprake moet in Afrikaans gelewer word. 2. Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul en onderteken word. Onvolledige inligting kan daartoe lei

dat die inskrywing nie aanvaar word nie. 3. Die ondertekening van die inskrywing bring ’n basiese ooreenkoms tot stand tussen die ATKV en die

persoon/persone/instansie wat inskryf. Die ooreenkoms impliseer dat die persoon/persone/instansie wat inskryf streng volgens die reëls van die kompetisie sal optree en dat die ATKV die kompetisie streng volgens die reëls sal aanbied.

4. Skole moet binne die streke se grense inskryf. Skole moet seker maak in watter streek die skool moet deelneem. Indien daar onsekerheid is, kontak die betrokke streeksorganiseerder.

5. Slegs skole mag leerders volgens die inskrywingsgetalle inskryf. Alle kommunikasie moet ook deur die skool se organiseerder geskied. Geen kommunikasie van ouers of buite-afrigters sal aanvaar word nie.

6. Geen privaat inskrywings word aanvaar nie. 7. Slegs tuisonderrigleerders wat direk met die ATKV-projekorganiseerder geskakel het, mag inskryf vir

die kompetisie. 8. Oortreding van die reëls van die kompetisie kan tot diskwalifikasie lei. 9. Die skool of persoon/persone/instansie wat inskryf, vrywaar die ATKV teen enige eise wat mag

ontstaan as gevolg van skade of verlies van enige aard wat so ’n persoon/persone/instansie mag ly gedurende die hele verloop van die kompetisie.

10. Die ATKV behou hom die reg voor om die kompetisie te eniger tyd op te skort of te beëindig indien buitengewone omstandighede dit sou noodsaak.

11. Die ATKV behou hom die reg voor om, indien ’n finalis nie die finaal van die kompetisie kan bywoon nie, die betrokke finalis te vervang met ’n reserwe.

12. Indien ’n finalis weens ander verpligtinge en/of aktiwiteite nie die semifinale ronde of finaal kan bywoon nie, moet die finalis of skool die ATKV in kennis stel binne sewe (7) dae ná die bekendmaking van die uitslae. Hoe gouer die ATKV kennis neem van die onttrekking hoe gouer kan die finalis met ’n reserwe vervang word.

Page 13: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

12

13. Dit is elke leerder wat deurgedring het na die finaal se plig om self die ATKV te kontak as hulle nie die inligting reeds ’n maand voor die finaal se datum van die ATKV-projekorganiseerder ontvang het nie.

14. Die beslissing van die beoordelaars is finaal. Geen persoonlike of direkte gesprekke mag met enige beoordelaar gevoer word nie. Alle gesprekke moet deur middel van die ATKV-streeksorganiseerder of -projekorganiseerder gevoer word.

15. Enige dispuut moet binne drie (3) dae ná afloop van die kompetisie skriftelik aan die ATKV-projekorganiseerder gestuur word. Die dispuut moet skriftelik op ’n amptelike briefhoof van die betrokke skool wees wat deur die skoolhoof onderteken is.

16. Onreëlmatighede wat tot diskwalifikasie kan lei: • Indien ’n deelnemer tydens enige ronde beoordeel word deur ’n afrigter, onderwyser, familielid,

goeie vriend of enige sodanige persoon. • Indien enige deelnemer op enige wyse hulp ontvang met die voorbereiding van die

onvoorbereide toesprake. • Onwelvoeglike taalgebruik en inhoud. • Die lewering van gedupliseerde toesprake. Deelnemers sal gepenaliseer word indien een of

meer van dieselfde toesprake gelewer word. • Indien ’n deelnemer tydens die lewering van sy/haar toespraak geheel en al vashaak; dus nie

dadelik kan aangaan nie, word hy/sy gediskwalifiseer. Die leerder kry later weer ’n geleentheid om die toespraak te lewer, maar sonder enige beoordeling.

17. Die punte van die deelnemers word nie bekend gemaak nie. Die name van die top-10-deelnemers verskyn wel ná afloop van die semi- en finale rondes op die ATKV-webwerf (www.atkv.org.za).

18. Deelnemers tree in hulle skooldrag op. 19. Die ATKV-Redenaarskompetisie vereis ’n oorredende en beredeneerde toespraak. Dit is nie ’n

praatjie, preek, lesing of gedramatiseerde monoloog nie. Die hoofdoel is om die gehoor te beïnvloed en te oorreed tot die standpunt wat die spreker stel.

20. Temas word voorgeskryf en ’n beredeneerbare onderwerp op die vlak van die deelnemer moet uit een van die temas geformuleer word. As die tema byvoorbeeld opvoeding is, kan die onderwerp moontlik soos volg geformuleer word: Kinders moet in hulle moedertaal onderrig word. Of: Kinders van vandag het nie goeie maniere nie.

21. Die tydsduur van toesprake wissel na gelang van die kategorie waarin deelgeneem word. Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word.

22. Die onvoorbereide toespraak is ’n belangrike aspek van die kompetisie en die hoofdoel is om die gehoor te beïnvloed en te oortuig/oorreed. Daar sal dus by alle vorme van die onvoorbereide toespraak van die deelnemer verwag word om standpunte met behulp van argumente (redes) en toepaslike bewyse te staaf.

23. Geen woordeboeke of boeke met aanhalings mag ingeneem word in die voorbereidingslokaal vir die onvoorbereide toesprake nie. Die nodige boeke sal in die lokale verskaf word.

24. Die bronne waaruit feite en inligting verkry is, moet vermeld word. 25. Hulpmiddels mag gebruik word met die voorbehoud dat dit net ondersteunend tot die gesproke

woord mag wees en geen spesiale toerusting daarvoor nodig is nie. Geen toerusting word deur die organiseerder verskaf nie. Tablette mag slegs by die voorbereide toesprake in die plek van notas gebruik word. Dieselfde reëls wat vir notahantering geld, is ook van toepassing op tablette.

26. Alle inligting, asook die beoordelaarstate, sal op die ATKV-webwerf by www.atkv.org.za beskikbaar gestel word.

27. Die skakelonderwysers van die leerders wat deurdring na die volgende rondes sal so gou as moontlik verwittig word van die nodige reëlings.

28. Geen foto’s mag geneem word nie en geen video- en/of klankopname of enige ander beeldmateriaal mag tydens die ATKV-Redenaarskompetisie sonder die toestemming van die hoofbeoordelaar gemaak word nie. Dié reël geld vir al die rondes.

29. Die ATKV behou die reg voor om die beeldmateriaal en foto’s wat gedurende die ATKV-Redenaarskompetisie geneem word vir bemarkingsmateriaal te gebruik.

Page 14: INHOUDSOPGAWE BLADSY - ATKV...Sanet Meiring 084 580 6715 sanet.meiring@yahoo.com sanet@banies.co.za Gauteng-Oos en Suidelike Gauteng Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton 24

13

10. KONTAKBESONDERHEDE Melanie Marais Projekorganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9015 Faksnommer: 086 263 2356 E-posadres: [email protected] Jacqueline Göttert Hulporganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9038 Faksnommer: 011 919 0227 E-posadres: [email protected]