21
INHOUDSOPGAWE 1. Skrifoordenking 2 2. Lief en leed 5 3. Welkom en Afskeid 7 4. Jaarprogram 7 5. Beroepenuus uit Pretoria 8 6. Nuwe wyksindeling 8 7. Ontmoet Colin en Alta Laubscher 9 8. Die Gutenberg-drukpers: Die enigste replika in Suid- Afrika? 11 9. Van die Kerkraad 11 10. Wonder Jeugkamp 2018 12 11. Algemene Sinode 2018 in ‘n neutedop 13 12. Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (deel 1) 17 13. Lees en interpreteer die Bybel in die oorspronklike tale 20 1

INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

INHOUDSOPGAWE

1. Skrifoordenking 22. Lief en leed 53. Welkom en Afskeid 74. Jaarprogram 75. Beroepenuus uit Pretoria 86. Nuwe wyksindeling 87. Ontmoet Colin en Alta Laubscher 98. Die Gutenberg-drukpers: Die enigste replika in Suid-

Afrika? 119. Van die Kerkraad 1110. Wonder Jeugkamp 2018 1211. Algemene Sinode 2018 in ‘n neutedop 1312. Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (deel 1) 1713. Lees en interpreteer die Bybel in die oorspronklike tale 20

1

Page 2: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

OORDENKING: ʼn Stad om te stig

“Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; ʼn stadom in te woon het hulle nie gevind nie.” Ps. 107:4

“En Hy het hulle gelei op ʼn regte pad om te gaan na ʼn stadom in te woon.”

Ps. 107:7.“Hy het die woestyn ʼn waterplas gemaak en die dor land

waterfonteine; en Hy het hongeriges daar laat bly, en hullehet ʼn stad gestig om in te woon.”

Ps. 107:35-36.

Nadat die Here die Israeliete uit Egipte verlos het, het Hy hullena die beloofde land toe gevat. Dit is ʼn vervulling van diebelofte wat Hy in die verlede aan Abraham gemaak het. Enigeeen wat dieselfde geloof as Abraham het, deel in hierdiebelofte. Abraham is in dié sin vader van al die gelowiges. Sostel die apostel Paulus dit duidelik in Romeine as hy sê:

“Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees,het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maardeur die geregtigheid van die geloof. Want as hulle wat uit diewet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword endie belofte tot niet geraak. Want die wet werk toorn; maar waargeen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie. Daarom is dituit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die beloftekan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit diewet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is,die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vadervan baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hygeglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat niebestaan nie, roep asof hulle bestaan. Hy het teen hoop op hoopgeglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesêwas: So sal jou nageslag wees.” Rom. 4:13-18.

2

Page 3: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Met die verlossing uit Egipte, op grond van God se belofte aanAbraham wat Hy onthou [Eks. 2:24] wys die Here wat Hy vir sykinders doen deur sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees.Mense wat regtig verlos is, leef op ʼn besondere manier. InPsalm 107 leer ons dat verloste mense o.a. ʼn stad stig terwylhulle God loof.

Twee stede

Die Bybel leer dat daar twee soorte stede is. Die een is die stadvan God by die mense, afgebeeld deur die stad Jerusalem enook die beeld van die nuwe Jerusalem, of soos ons dit dikwelssê: die hemel waar ons by God is en Hy by ons. Die bekendekerkvader, Augustinus, het ook ʼn beroemde boek De CivitateDei [Die stad van God] al in die derde eeu hieroor geskryf.

Die ander stad is die stad van die mense – ʼn menslikegemeenskap wat sonder God wil leef. Die twee stede isonversoenbaar - òf jy leef saam met God en sy mense, verlosen in vreugde, òf jy leef sonder God tussen ander.

Drie keer praat die psalm van ʼn stad. Die woord ‘stad’ in dieHebreeus moet ons nie verstaan soos ons vandag stedeverstaan soos Johannesburg of New York nie. Stad het hier diebetekenis en nuanse van: lig, oop oë te hê, wakker te wees,veilig binne mure, binne grense wees, saam met ander ʼngemeenskap te vorm.

Stadloos

In vers 4 woord die eerste keer ‘stad’ in psalm genoem. Toe dieIsraeliete vasgevang in hulle sonde en nood was, was hulleverdwaald, in ʼn woestyn en geestelik dors. Hulle het nie ʼn stadgevind nie. Hulle was nie tuis nie. Hulle kon nêrens tot rus komnie. Toe roep hulle na die Here en Hy luister in liefde na hulle,en Hý lei hulle na ʼn stad.

3

Page 4: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Gelei na die stad

Die tweede keer wat die stad genoem word is in vers 7. Diewoord “lei na” beteken op die regte pad bring en hou, endoelgerig vooruit loop, selfs marsjeer in gelid. Ons weet datGod sy kinders lei deur sy Seun. In Joh. 14:6 staan duidelik datJesus Christus die Weg is, die pad na God. Hoe kom mens dusby die Godstad uit waar jy tuis en vredevol met God en anderkan lewe? Alleen deur Jesus Christus, die gids van die pad, ja,die pad self.

Stad-stigting

Die derde keer dat ʼn stad genoem word, word egter ietsvreemds gesê. Daar staan in vers 36 ‘hulle het ʼn stad gestigom in te woon.’ Die eerste twee kere klink dit asof die stadeintlik net oor die hemel gaan, God wat hulle soontoe neem enlei. Hoe moet ons verstaan dat hulle dan op aarde ʼn stad stig,terwyl God hulle dan self na sy stad toe lei deur sy Seun?

Die antwoord lê opgesluit in die woord “stig” Dit beteken: oprig,maar ook inrig, voorberei, gereed wees en gereed maak, ietsoprig wat pas by God. Gelowiges wat gered is in Christus en blyis daaroor moet deur die krag van die Heilige Gees ʼn stad stig.Dit beteken hulle moet ʼn samelewing vorm op die aarde waarGod se heiligheid by pas. Hulle moet ʼn gemeenskap daarstelwat gereed is om saam met God te woon.

Dit is nodig om te weet dat God vir ons sê dat ons in die wêreldis, maar nie van die wêreld nie. Dit beteken ons moet weet watdit alles beteken om ʼn Christelike samelewing te vorm. Een vandie onontbeerlike boustene daarvoor is Christen onderwys.Onderwys toon watter toekomsverwagting jy het. In die huise,kerke en skole vind onderwys plaas. Dit alles dra aan dienageslag oor watter toekoms daar verwag word.

Watter toekoms word verwag?

As iemand die stad van God verwag, naamlik om vir ewig byGod te wees en dat Hy by jou woon, dan sal mens ook dienageslag daarvan sê. Jy sal hulle leer hoe om God-gepas te leef– ʼn lewe wat pas by God, by sý regverdigheid, sý heiligheid, sý

4

Page 5: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

algehele uniekheid en enigheid. ʼn Samelewing wat gereedgemaak word, ʼn gemeenskap wat gevorm word, ʼn stad watgestig word, om in te woon saam met God en sy mense, het eiekenmerke.

Een so ʼn kenmerk is Christelike opleiding, waarvan ʼnChristelike universiteit deel vorm. ʼn Christelike universiteit leileiers van more op om die stad te stig en in te rig. Christen-onderwysers leer die volgende geslag om saam met God te wilwoon in sy stad. Sy stad – so leer ons in Openbaring [21:2] watsoos ʼn mooi bruid versier is vir haar man en afkom aarde toe.Hemel op aarde. Die God-stad hier, by ons op aarde. Dit is diewerk van die Heilige Gees. Hy maak harte oop en verlig dieverstand om te wil en te werk, om ʼn stad te stig, ʼn stad, ʼnsamelewing, nie van die mens sonder God nie, maar ʼn stadwaar God kan woon saam met die mense.

ʼn Christelike universiteit moet ʼn stadsuniversiteit wees. ʼnUniversiteit wat die stad van God ken, en leiers oplewer deurdie onderwys, wat ʼn stad, ʼn gemeenskap kan stig, om in tewoon waar God gedien en geëer word. Laat ons ʼn stad stig, ʼngemeenskap bou en opbou en behou, omdat ons die Godstadken en voorbereidend inwag.

Ds Wikus[Preek gelewer tydens Aros se amptelike akademiese opening, 4 Feb.

2018]

LIEF EN LEED

Sr Ina Buys se susterskind se blindederm het gebars en moes ‘n noodoperasie ondergaan.

Ds. Wikus Buys is baie bly dat die rooi gevaar weer padwaardig is – baie dankie aan die Leuvenninks en Oliviers wat vir hom hulle motors geleen het.

Sr Anna de Beer se operasie het goed afgeloop. Die gewas was nie kwaadaardig nie. Sy het rukkie by haar kinders gekuier om te herstel en is reeds weer tuis.

5

Page 6: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Sr Elsa Godschalk sal 12 Maart weet of haar arm aangegroei het en sy van die gips kan ontslae raak. Br Seakle se suster enskoonsuster het ernstige kanker. Sy ander skoonsuster het ook haar arm gebreek. Br Seakle en sr Elsa verwag hul derde kleinkind einde April.

Br Chris Human was ook vir toetse. Hy sukkel al ’n jaar met sygesondheid.

Sr Annemarie Janse van Vuren se pa is ernstig siek.

Br Johan en sr Sue Labuschagne het toe huis gekoop in Hartenbos, maar het gelukkig vir ons nog klompie sake om hier af te handel.

Br Thys en sr Christiné Olivier se kleinseun Hanru de Vos het die graad B Comm in Forensiese Rekenmeesterskap met onderskeiding aan die Noord-Wes Universiteit verwerf.

Br Jan en sr Alta Pretorius gaan weer by die kinders in Switserland kuier.

Sr Corlea Smal se broerskind het kanker en herstel tuis na ‘n ernstige operasie met opvolgbestraling.

Ons dink aan sr Marianne van Geer, wie se man (br Jan) baie siek is.

Brs Anton en Henk van Wyk se suster het vanaf België kom kuier vir ‘n groot familiebyeenkoms om hulle moeder, sr Rika enhaar tweelingsuster Rina, se 70e verjaarsdag te vier.

Br Gerrie Vermaak kry maar swaar met die langdurige chemoterapie. Sr Rina sukkel met haar gehoor.

WELKOM

6

Page 7: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Vanaf GK Oos-Moot het by ons aangesluit br Louis (verjaar 3 Augustus; 082 576 9206, [email protected]) en sr Anette Buys (verjaar 3 Junie; 071 199 4764, [email protected]). Hulle bly in 32ste Laan 580, Villieria.

Opgeneem in die Gereformeerde Kerk: br Carel en sr Sue-Marie Vos en dooplidmate Louis, Wilmarie en Myburgh. Hulle bly in Cunninghamlaan 1266, Waverley, 0186. Selnommers: 072 146 7169 en 072 524 2949. E-posadresse: [email protected] en [email protected].

AFSKEID

Br Jan en sr Janine du Plessis het na GK Totiusdal vertrek.

JAARPROGRAM

Br Werner Joubert het ‘n nuwe adres en selnommer: 19de Laan 682, Rietfontein, 0084. Selnommer: 082 897 3533. E-posadres; [email protected]

Sr Magriet Steenekamp se nuwe adres is Ebenhaeser 413, Anna Wilsonstraat 211, Kilnerpark, 0186. Telefoonnommer 012 333 6040

7

Page 8: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

BEROEPENUUS UIT PRETORIA

Ds GJJ van der Merwe (Giepie) van Durban-Noord het die beroepna Pretoria-Annlin aanvaar.

NUWE WYKSINDELING

Die kerkraad het die aantal wyke na nege verminder en ‘n nuwe wyksindeling goedgekeur. Dit lyk soos volg:

Wyk 1 (oudl Gerrie Vermaak)Besoekpunte Du Plessis, Gillam, Keulder, Laubscher, Reesink, Steenekamp, Henk van Wyk en Van Zyl

Wyk 2 (Oudl Thys Olivier)Besoekpunte Boerrigter, Delen, Booyens, Helberg, Human, Lubbinge, Putter, Scholtz, William Smith, André Viljoen.

Wyk 3 (oudl Frans du Plessis en diak Johan Reesink)Besoekpunte Bakker, Bosua, Leuvennink, Thys Olivier, Vermaaken Elmarie Wood

Wyk 4 (oudl Charl Smal en diak Johan Labuschagne)Besoekpunte Abbott, Croucamp, Godschalk, Pieter Labuschagne, Ludeke, Corrie Pretorius, Söhnge, Van der Merwe en Hannes van der Walt

Wyk 5 (oudl Anton van Wyk en diak Corrie Pretorius)Besoekpunte Beetge, Boonzaaier, Botes, Ina Buys, Johan Labuschagne, Le Roux, Smal, Swanepoel, Van Heerden en Willem Wood

Wyk 6 (oudl Louis Engelbrecht en diak André Viljoen)Besoekpunte Rina Coetsee, Gert Coetzee, De Beer, Delport, Antonie Kruger, Nieuwoudt, Rina Olivier, Smith, Wallie van der Walt en Anton van Wyk

Wyk 7 (geen ouderling of diaken nie)

8

Page 9: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Besoekpunte Engelbrecht, Erasmus, Werner Joubert, Arie Kruger, Jan Pretorius, Schutte, Van Niekerk, Verlinde en Wilma Viljoen

Wyk 8 (oudl Willem Wood)Besoekpunte Louis Buys, Janse van Vuren, Joubert, Cornelia Spang, Frans Spang, Theuns Ströh, Chris Ströh, Jaco Ströh, Riekert Ströh en Gert van der Walt

Wyk 9 (geen ouderling en diaken nie)Besoekpunte Botha, Andries Buys, Ansi Buys, Wikus Buys, Jacobsz, Landsberg, Van der Westhuizen, Van Geer en Vos

ONTMOET COLIN EN ALTALAUBSCHER

Wat ‘n aangename ervaring om ‘n oggend by hierdie rustigeegpaar in hul kunstig ingerigte woonstel in Villa Rose te kuieren om nuus uit te ruil oor wedersydse kennisse en vriende!

Voor hul intrek by Innesdal aan die einde van 2017 was Colin enAlta vir 17 jaar lidmate van die Gereformeerde Kerk Nylstroom,waar hulle hul na aftrede in Bosveldsig-aftreeoord gevestig het– in die Bosveld, waarvoor hulle baie lief is. Die verhuising naPretoria bring hulle nou nader aan hul familie: Alta se viersusters met hul gesinne, almal in Pretoria, en Colin se broer inPotchefstroom (emeritusdominee Nic Laubscher).

Colin het opgegroei as stadseun, in Boksburg op die Oos-Rand,terwyl hy gematrikuleer het aan die Hoërskool Gimnasium inPotchefstroom. Hierna is hy na die toenmalige HeidelbergseOnderwyskollege, waar hy en Alta mekaar ontmoet het. Alta is‘n egte Bosvelder, gebore en getoë in Vivo, in die skaduweevan die Soutpansberg, en het matriek gemaak in LouisTrichardt. (Gebore in September 1938, die jaar van die GrootTrek-eeufees, is Colin tydens die besoek van die ossewa daargedoop. Hy is onder andere baie lief vir musiek, het verskeiekore afgerig en kan self heelparty instrumente bespeel, van dieorrel tot by die “Jodeharp” – ‘n trompie!)

9

Page 10: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Na hul troue het albei vir drie jaar skoolgehou by die LaerskoolDendron, waarna Colin met bevordering ‘n bestuurspos gekryhet aan die Muriel Brand-skool vir Serebraalgestremdes (van 3jaar ouderdom af). Alta het ook daar ’n pos aanvaar, en saamhet hulle vir sowat 30 jaar daar gewerk. Om met leerlinge metdie besondere (uiteenlopende) gestremdheid te kan werk,benodig egter ook besondere kennis – wat verdere studie in dierigting behels het. Deur afstandsonderrig aan Unisa het albeihul daarin bekwaam. (Om as voorbeeld net die titel van eenhandboek te noem: Correlative Neuroanatomy and FunctionalNeurology – vir die oningewyde ‘n onbereikbare dissipline, en,by vertelling, alle agting vir die hantering van die leerlinge - intalle gevalle met goeie gevolg: akademies, in die handels- en indie ambagspraktyk, en verder.)

Die skool, met 300 leerlinge en met ‘n personeel van 103, hetdie hele Oos-Rand bedien. Die personeel was saamgestel uitverskillende spanne: fisio-, spraak-, arbeids- en anderterapeute, met mediese bystand, naas die akademiese deel.Die leerlinge was tuis in koshuise. (‘n Geleentheid waarby onsgemeentelede meer daaromtrent sou kan hoor, sou ideaalwees.)

Na aftrede het albei die tyd aangegryp om hul stokperdjies uitte leef: Colin in houtwerk, Alta met naaldwerk in talle vorme. ‘nPragtige voorbeeld van ‘n skildery in kunsborduurwerk hang indie sitkamer, terwyl Colin se hoë staanklok (“Grandfatherclock”), saam met ander meubelstukke – professioneel! – ookdaar pryk. Van die talle artikels uit sy hande: nog klokke,eetkamerstelle, ens, ook mooi kieries en skinkborde, is almal asgeskenke weggegee, gemaak uit verskillende houtsoorte: kiaat,rooshout, geelhout, Australiese swarthout, ens, in besonderekombinasies. Met die kies van die kombinasies enkleursamestelling was Alta, met haar kunssin, van groot hulp.

10

Page 11: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

DIE GUTENBERG-DRUKPERS: DIEENIGSTE REPLIKA IN SUID-AFRIKA?

Verlede jaar, met die herdenking van die Reformasie, het onsopnuut bewus geword van die HERE se wonderlike beskikking indie uitvinding van die drukpers, waardeur die boodskap van dieware Evangelie vinnig versprei kon word. Dit is verder bevestigin ‘n artikel in die Wingerdstok van Januarie/Februarie vanjaardeur ds Attie Bogaardts: “P-boeke en e-boeke ... Hulpmiddelsvan God in die reformasie van die kerk .”

In Nylstroom het prof Hendrik van der Wateren, kurator van dieWaterberg-kerkmuseum, die wens uitgespreek van ‘n replikavan die Gutenberg-drukpers vir die museum, en Colin genader.Aan die hand van ‘n skets waarop Gutenberg langs die persstaan, is die afmetings by benadering vasgestel: Gutenberg selengte op 1,8 meter en sy gesigbreedte 160 mm, metsamehangend dié van die pers: hoogte, breedte, en dieverskillende onderafdelings. Hiervan het Colin eers ‘n kleinmodel gebou, en daarna die pas-grootte, uit dennehout watgebeits is sodat dit outentiek kon lyk. Die maak van die letterswas ‘n ingewikkelde proses, onder andere ook omdat diedrukwerk in spieëlbeeld gedoen word. Albei die modelle staanin die museum, en op die kleinste een word boekmerke gedrukmet die woorde Sola Scriptura. (‘n Besoek aan die museum,sê Alta, is beslis die moeite werd – moontlik ‘n gemeente-uitstappie, terwyl Reformasie 500 nog vlak in ons geheue lê?)

En so het Colin en Alta reeds deel geword van Innesdal, enword hulle seën en ‘n lang verblyf in ons midde toegewens.

Sr Hermien Söhnge

VAN DIE KERKRAAD

Die kerkraad het ’n nuwe wyksindeling goedgekeur en dit word elders in hierdie uitgawe aangetoon.

11

Page 12: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Tydens die gemeentevergadering wat op 11 Februarie gehou is,het die kerkraad ook meer inligting oor die beplande feesnaweek in November gegee.

Oudl Charl Smal het ’n oorsig oor die finansies gegee en die tendens waarvolgens ons later in die jaar sonder geld gaan sit, uitgewys

Die eerste helfte van die jaar is die groot gesamentlike aksie natuurlik die basaar en die beplanning is reeds goed op dreef.

Die gemeente se webwerf is ook nou opgegradeer. Gaan loer gerus. Een van die verbeteringe is dat die preke nou op die webwerf gelaai word en minder CD's sal nodig wees.

Oudl Frans du Plessis

Wonder Jeugkamp 2018

Laat ek my voorstel. Ek is Pieter van Deventer, ko-organiseerder van Wonder Jeugkamp 2018.

Wat is Wonder Jeugkamp?

"Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeldvir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, ingeloof, in reinheid." - 1 Tim 4:12

Wonder Jeugkamp (WJK) is 'n kamp, aangebied deur diegereformeerde jeug van Wonderboompoort, in samewerkingmet Totiusdal en Magalieskruin, met net een doel: Om die jeugaan te spoor om aan gesonde vermaak deel te neem!

Ons bied daarom 'n kamp aan, DV 13-15 April 2018.

Plek: Die Hoekie Kampterrein.(https://goo.gl/maps/BusNRXaPd9n)Kostes: R260 per persoon.Ouderdom: 15-21. (Indien jy te oud of te jonk is kan jy nogaansoek doen om die kamp by te woon deur 'n e-pos te stuurna [email protected])

12

Page 13: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Inskrywings: https://goo.gl/forms/0Yx0fJrvY2v6yfBw1

Die tema vir hierdie kamp is Verhoudings, in die besonder, dieromantiese verhouding tussen 'n jongman en 'n jongmeisie.

Dit waaraan ons as jongmense blootgestel word, en geleerword oor verhoudings in flieks, boeke, kultuur, en gesprekke isbaie ver van wat God van ons verwag in sy woord. Ons asjongmense het nodig om weer terug te keer na sy Woord, enom vervullende verhoudings met God as Leier aan te knoop.

Beteken dit ons moet monnike en nonne wees? Nee glad nie!Lees bietjie Prediker 11 vanaf vers 9 tot 12 vers 2.

Piet van Deventer (061 466 0244)

ALGEMEEN SINODE 2018 IN ‘NNEUTEDOP

Sonder om hoegenaamd op volledigheid aanspraak te maak,stip ek graag van die belangrikste besluite wat die AlgemeneSinode 2018 geneem het, kortliks aan. Hierdie weergawe isgebaseer op eie aantekeninge en nie die amptelike notule nie.

MODERAMENAs moderamen is verkies: Dr. Douw Breed (voorsitter), ds.Hendrik de Beer (ondervoorsitter), dr. Deon Lartz (skriba), en di.Abel Modise en Carel Jansen (adjunkskribas). Die vergadering isbaie vlot en onpartydig deur die moderamen gelei.

TAAL EN KOMMUNIKASIETydens die Sinode was daar omtrent 30 afgevaardigdes uit onsswart kerke wat nie almal Afrlkaans magtig is nie. Met die oog opbeter kommunikasie het 'n deputaatskap aanbeveel dat diebesigheidstaal van die Sinode Engels moes wees. Ons is egterdankbaar dat die Sinode besluit het op 'n beleid vanveeltaligheid, waar elkeen sy eie taal praat en daar direk inEngels getolk word. Ons glo dat die taalprobleem nou

13

Page 14: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

permanent opgelos is en dat daar reg geskied aan dieverskeidenheid waarvan ons kerke deel is.

EKUMENIES BINNELANDSOns bande met ander kerke in Suid-Afrika sowel as in diebuiteland is bevestig en verstewig. Ons gaan waarnemerstatuskry by die SA Raad van Kerke, die ooreenkoms met die NG Kerkis gehandhaaf ten spyte van 'n beswaarskrif daarteen, en onshet opdrag om bande met die APK te handhaaf, maar met hullein gesprek te tree oor hulle uitsluitlik blanke lidmaatskap.

Spesiale vermelding is gemaak van die vrugbare samewerkingmet veral die NG en NH Kerke ter viering van die Reformasie500-feeste plaaslik en sentraal, asook van die gesamentlikegetuienis van ons drie kerke binne die Tussenkerklike Raadteenoor die owerheid.

EKUMENIES BUITELANDSVerskeie rapporte het gespreek van kosbare bande metGereformeerde Kerke regoor die wêreld. 'n Opwindende nuweverwikkeling is dat bande met 'n Gereformeerde Kerk inHongarye in die vooruitsig gestel is nadat ons deputate methulle deputate kontak gemaak het tydens die sitting van dieICRC (International Conference of Reformed Churches). Dis ookinsiggewend dat die ICRC die lidmaatskap van dieGereformeerde Kerken Vrijgemaakt van Nederland opgeskorthet ná die kerke se besluit om vroue tot al die ampte toe teIaat.

LIEDEREOngeveer 130 nuwe Skrifgetroue liedere, meesal uit dieLiedboek van die NG Kerk, is deur deputate gekeur en deur dieSinode goedgekeur vir gebruik in die erediens, onderworpe aandie besluit van die plaaslike kerkraad.

Hierdie liedere sal nie in ‘n bundel opgeneem word nie, maarbloot in 'n lys van goedgekeurde Skrifgetroue liedere. Kerke kandan in die erediens die liedere op die skerm vertoon.

VROU IN DIE AMPVerskeie beswaarskrifte kon nie daarin slaag om die Sinode tebeweeg om vroue toe te laat tot die ouderling- en

14

Page 15: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

predikantsamp nie. Ook die beswaarskrif teen die 2015-besluitdat dit 'n wesenlike saak is, is nie gehandhaaf nie. Aan 'nbeskrywingspunt daaroor is ook nie gevolg gegee nie, ook nieaan 'n beskrywingspunt wat die beslissing oor die saak wouafwentel na plaaslike kerke nie. Die status quo word dusgehandhaaf (dat vroue wel as diaken kan dien, maar nie asouderling en predikant nie).

VERHOUDING MET DIE NOORDWES-UNIVERSITEITOndanks spanninge oor verwikkelinge aan die Universiteit,veral oor die Pentakostalistiese leerstoel en aanstelling in dieFakulteit Teologie, word die band met die NWU metdankbaarheid behou en sal ons predikante steeds aan dieTeologiese Skool uitsluitlik op grondslag van die Gereformeerdeteologie onderig word. Die Kuratore sal met die NWU in gesprektree oor die probleemareas.

ONS OMGEWINGDie Sinode het 'n beroep op kerke, individue, maatskappye,nywerhede en die regering gedoen om ‘n kopskuif te maak oordie omgewing en die enorme besoedeling en misbruik van Godse skepping teen te werk. Nuwe Deputate Omgewing isaangewys met 'n uitgebreide mandaat.

FORMAAT VAN DIE SINODE'n Besluit is geneem dat groot dele van die agenda van 'nvolgende Algemene Sinode afgehandel kan word deurdatafgevaardigdes gelyktydig op verskillende plekke in die landdeur middel van direkte videobeeld met mekaar kommunikeer.'n Veel kleiner agenda sal dan oorbly wat met 'n korter sittingvan die volle Sinode in hoogstens een week afgehandel kanword. Deputate moet die praktiese aspekte hieraan verbondeondersoek en ten beste implementeer.

KERKGROEI (INSLUITENDE EXPANDO)Tydens die Algemene Sinode van 2015 het diekerkgroeibedieningdeputate die opdrag ontvang om 'n kantoortot stand te bring om kerke en predikante te begelei en toe terus om geestelik gesond te kan wees en om die Woord uit tedra na buite. Dit het gelei tot die vestiging van Expando op 1April 2017 met 'n, tot dusver, deeltydse en tydelike direkteur(dr Malan van Rhyn).

15

Page 16: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Dat Expando in 'n groot nood moet voorsien, blyk duidelik uitdie aantal opdragte wat Sinode 2018 na Expando verwys het,onder andere die toerusting van ouderlinge, die geesteliketoerusting van gesinne, die voortgesette toerusting vanpredikante en die stimulering van kerkgroei by ons gemeentes.Ons almal se voorbidding hiervoor is broodnodig, aangesienhierdie dienswerk ten volle van die seën van die Here afhanklikis!

PUBLIKASIES Met die behandeling van die rapporte oor ons kerklike tydskrifteis ‘n beroep op kerke gedoen om positief mee te werk tot dievermeerdering van ons leserstalle. Daar is ook besluit dat ‘nEngelse weergawe van die jeugtydskrif Kruispad uitgegee salword nadat ‘n volhoubare besigheidsplan daarvoor opgestel is.Die tydskrif sal as Cross Courier bekendstaan. Uit die rapportoor die Calvyn Jubileum Boekefonds het geblyk dat tallegereformeerde publikasies gratis op hulle webwerf beskikbaaris (www.cjbf.co.za). Predikante en lidmate word aangemoedigom ruim daarvan gebruik te maak.

ANDER SAKEDie Sinode het verder deeglike rapporte behandel en besluitegeneem oor diakonale sake, Bybelvertaling, Bybelverspreiding,jeugwerk, teologiese opleiding, onderwys, historiese sake enfinansiële en administratiewe aangeleenthede. Met groot dankaan die Here kan ons terugkyk op 'n vergadering wat sy agendaordelik en betyds afgehandel het. Ons het ook buitengewoonbreedvoerige en objektiewe dekking in die media geniet danksyJana Marx van Beeld wat bykans die hele Sinode bygewoon het.Ons glo dat die besluite wat die kerke saam geneem het, totdiens en opbou van ons gemeentes sal strek en ons dank dieHere vir Sinode 2018.

Ds Cassie Aucamp, oorgeneem uit Die Kerkblad Februarie 2018

Philippus Jacobus WilhelmusSchutte (deel 1)

16

Page 17: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

[Toespraak by die Gereformeerde Gemeente Carltonville sekerkkamp 9-11 Februarie 2018]

O My God, ontferm U oor myIn my diepe ongeluk;Eensaam is ek – o verhoor my! –Gans ellendig en in druk.Om my heen, aan alle kant,Is die skrik van duisend dode;Laat dan, HEER, u regterhandMy verlos uit alle node.

… en met hierdie woorde uit Psalm 25: 8 is Philippus JacobusWilhelmus Schutte op 9 November 1873 op sy sterfbed op syplaas Buffelsdoorns deur sy omstanders singende gegroet.

Voor die aanhoor van sy laaste Psalm op aarde, bid hy vanharte in gees en waarheid vir hulle wat agterbly ‘n laasteroerende en kragtige gebed tot God die Almagtige Vader – ‘ngebed wat ter wille van Christus, ons Voorspraak, en deur dieHeilige Gees se onuitspreeklike sugtinge, in daardiesterwensuur voor God se troon van genade gebring is:

Mag julle en jul nageslagte voortbou op diefondament waarop die Gereformeerde Kerk gebou is.

PJW Schutte dank God vir Sy genade wat Hy in die tye van nooden stryd geskenk het …Hy dank God vir bouwerk wat gedoen is en hy bid vir seëningeop die bouwerk wat nog in die toekoms gedoen moet word.Bouwerk in God se koninkryk sal daar altyd wees, maar waakhoe julle bou.

Want niemand kan ’n ander fondament lê as watdaar gelê is nie, dit is Jesus Christus. (Efes 2: 20)

Jesus Christus, die Hoof van Sy kerk, vergader, beskerm enonderhou Sy kerk deur Woord en Gees. Sonder Christus is dieliggaam, die kerk, dood.

PJW Schutte het in sy laaste oordenking op aarde goed geweetwat Christus vir Sy liggaam, Sy kerk, hier op aarde bedoel het.

17

Page 18: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Sy ywer en bedoelinge was Christus alleen - want ek het myvoorgeneem om niks anders onder julle te weet nie asJesus Christus, en Hom as gekruisigde. (1 Kor 2: 2)

En deur die geskiedenis heen, lank gelede, was daar nes PJWSchutte, groot manne wat Christus in Sy kerk as diensknegtegebruik het.

Die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk wêreldwyd en inSuid-Afrika is ‘n duidelike getuienis van God se beloftes watwaar geword het – God het in Christus deur al die eeue heen virHom ‘n kerk vergader, beskerm en onderhou. Deur al die eeueheen is God aan die werk. Menslik gesproke lyk die pad somsdonker, asof die ware kerk gaan tuimel, dan hou God Sybeloftes en stuur God sy diensknegte wat die lig-fakkel van dieWoord weer in donker ure op laat vlam. Baie kere wil God sekinders hulle kop in ongeloof laat sak, dan roep God se beloftesons tot aksie … op hierdie rots sal Ek my gemeente bou,en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie(Matt 16: 18).

Die geestelike kloue van Humanisme, Liberalisme enRemonstrantisme het veral in die begin van die 17de eeuGereformeerde kerke in Nederland vasgeklem. Arminius seskeefgetrekte preke oor Romeine 8 en 9 in die GereformeerdeKerk in Amsterdam, waar die verkiesing op die vrye wil van diemens gegrond is, is maar een voorbeeld van baie, in die ou tyd,maar verseker ook vandag, waar God se lig doelbewus verdofof afgeskakel word. Hoe is dit moontlik dat ‘n regdenkendeGereformeerde afdwaal van die waarheid? Dan kan ons maarnet vra: is die liefde vir die waarheid werklik nog daar? En as jydie waarheid nie soek nie, as jy eiewillige godsdiens beoefen enjou eie eer soek in plaas van die eer van God, sal God jouoorgee aan ‘n liberale gees om die dwaling te vertroetel …omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het omgered te word nie. En daarom sal God hulle die krag vandie dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat hullegeoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie,maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Thess 2:10-12)

18

Page 19: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Maar vir God se volgelinge, Sy gelowige kinders staan al diebeloftes van God in Sy Woord vas. Hy sal Sy kerk deur alledonkerte lei. Die HERE sal Sy lig laat skyn waar Hy wil.

Deur al die eeue se kerkgeskiedenis was die kerk al in grootmoeilikheid, maar telkens stuur God weer gelowigegodvresende manne wat deur Woord en Gees gelei word om dieontspoorde kerk se stukke weer op te tel … so kan diekerkgeskiedenis getuig van John Wiclif, Maartin Luther, UlrichZwingly, Johannes Calvyn, Guido de Bres, John Knox, om maarnet ‘n paar bekendes te noem.

‘n Groot oomblik, ‘n Gereformeerde hoogtepunt in diegeskiedenis van die kerk was die Sinode van Dordrecht wat dieremonstrante vir amper 6 maande, van 13 November 1618 tot29 Mei 1619, kop-aan-kop storm geloop het. Episcopius, dieleier van die liberaliste, lewer ‘n uur en ‘n half-rede metbuitengewone welsprekenheid waar hy venynige aanvalle opdie ware gereformeerdes rig. Met ‘n versoek van die sinode omsy toespraak in te dien, dien hy ‘n valse stuk in waar DsJohannes Bogerman, die Voorsitter van die Dordtse sinode syhumeur verloor en met sy laaste bietjie driftege energie dieremonstrante uit die sinode verjaag. Dit het aanleiding gegeetot die opstel van die Vyf Artikels van die Dordtse Leerreëls. Endis juis hierdie artikels wat die swakste deur die Kerk se lidmategeken word – hulle bestempel dit mos eerder as DorreLeerreëls.

Maar … in die donkerste tyd en stryd, gee God weer nuwehoop. Ook in die verste uithoeke van die aarde … Ook in Suid-Afrika – God stuur in 1648 ‘n boodskap op die rug van ‘nstormwind, die Suidooster, en breek die Nieuwe Haarlem instukke teen die onbekende kusrotse van Tafelbaai. Is ditsommer net? Op die einste rotse aan die kuste van SuidelikeAfrika het Diaz reeds lank voor hierdie Gereformeerde stilstandvan die Nieuwe Haarlem Christelike kruise geplant, maar veelmeer is bedoel met die stranding van die Haarlem – God sevoorsienigheid sou uiteindelik sorg dat Jan van Riebeeck dieChristelike Gereformeerde Godsdiens sou indra in ‘n donkerAfrika. Met die agtergrond van ‘n redelik onlangse DordtseSinode, maar 30 jaar terug, het die Statebybel metgereformeerde verklarende aantekeninge, die Gereformeerde

19

Page 20: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

Belydenisskrifte, die Liturgiese Formuliere en die Psalmboekveel meer betekenis vir die nuwe Gereformeerdes aan dieSuidpunt van Afrika ingehou. Weereens is die stewigheid vandie Gereformeerde Godsdiens, in teenstelling met dieRemonstrante, aan die hand van die vyf solo’s van dieReformasie van die 16de eeu besef:

- Sola Scriptura = die Skrif alleen- Sola Gratia = die Genade alleen- Sola Fide = deur die Geloof alleen- Solus Christus = deur Christus alleen- Soli Deo Gloria = aan God alleen die eer

Wie sou ooit kon dink dat daar nie juis ‘n stilte ná die storm inSuid-Afrika sou wees nie. Woelinge en storms was daardeurentyd. Geen stilte vir ‘n Gereformeerde …

(word vervolg) Br Andries Buys

LEES EN INTERPRETEER DIE BYBELIN DIE OORSPRONKLIKE TALE!

Wat is die Instituut vir Bybeltale (IBT)?Die IBT is ʼn nie-winsgewende organisasie wat gestig is om dieonderrig in die Bybeltale te bevorder sodat die Skrif op ʼngetroue manier uitgelê kan word om so ook Jesus beter te leerken.

Wat bied die IBT aan?Die IBT bied die FONDASIE kursusse in Nuwe Testamentiese Grieks en OuTestamentiese Hebreeus aan. Die KERN (12 weke), GEVORDERD (12 weke)en MEESTER (20 weke) kursusse volg op die FONDASIE kursusse.

Waaruit bestaan die FONDASIE-kursusse?Dit bestaan 12 weeklikse klasse van 2 ure elk. Met elke klas word tydspandeer aan grammatika (reëls van die taal) en aan die lees van Grieksof Hebreeus vanuit 1 Johannes en Jona onderskeidelik.Die student sal verder ook by die huis oefeninge doen, lees en versememoriseer. ʼn Kort toets word na elke les geskryf met ʼn finale toets nadie 12de klas. Elke toets kan onder toesig van ʼn toesighouer ʼnonbeperkte hoeveelheid kere voor ʼn sekere datum geskryf word. Dit salbeteken dat die slaag van die kursusse afhang van die hoeveelheid tyd

20

Page 21: INHOUDSOPGAWE - gksa-innesdal.co.za · wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal soos geskrywe is: Ek het jou ʼn vader van baie nasies

wat elke student aan die kursus spandeer. Die hoeveelheid ure wat elkestudent opsy moet sit om hierdie kursusse suksesvol te voltooi, is 6 – 8ure per week.

Wie kan hierdie kursus doen?Enige iemand 12 jaar en ouer!

Watter voordele is daar om hierdie kursus te doen?Jy ontwikkel ʼn basiese, maar uiters belangrike, fondasie kennis van Grieksof Hebreeus. Hierdie tale sal jou help om Afrikaans en Engels beter teverstaan! Hierdie kursus is vergelykbaar met ʼn 1ste semester Grieks ofHebreeus op Universiteit. Na voltooiing van al die IBT kursusse sal jy oordie vermoë beskik om die Bybel in sy oorspronklike tale vlot te kan leesmet duidelike begrip.

Waar en wanneer?Die kursusse word by Gereformeerde Kerk Bet-el, 31ste Laan 415, Villeria,Pretoria aangebied.Klastye en datums word ingedeel per groep van 10 studente.Registreer enige tyd van die jaar!

Wat is die koste?R950 per persoon vir die FONDASIE kursus (50% afslag vir meer as eenpersoon van dieselfde gesin)

Wie moet ek kontak vir verdere inligting?Wiku van Rooyen | 071 266 2658 | [email protected]

NB Die eerste Hebreeus kursus van die jaar begin DV op Dinsdag 10 April.

21