13
Grey-Kollege Langafstandonderrig Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 9 Vraestel hersiening Week 1: 15 – 19 Februarie 2021 INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings wat gedurende die week gedoen moet word. Maandag 15 Februarie Lees die begripstoets en beantwoord die vrae. Vraag 1.1 – 1.12 Dinsdag 16 Februarie Doen die inligtingstuk en die opsomming Vraag 1.13 -1.15 asook die opsomming Woensdag 17 Februarie Doen taalleer Vraag 3.1 – 3.8 Donderdag 18 Februarie Doen taalleer Vraag 4.1 – 5.22 Vrydag 19 Februarie Merk jou werk met ‘n potlood.

INSTRUKSIES EN INLIGTING · Web viewGrey-KollegeLangafstandonderrig Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 9 Vraestel hersiening Week 1: 15 – 19 Februarie 2021 INSTRUKSIES EN

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Grey-Kollege

Langafstandonderrig

Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 9

Vraestel hersiening

Week 1: 15 – 19 Februarie 2021

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings wat gedurende die week gedoen moet word.

Maandag

15 Februarie

Lees die begripstoets en beantwoord die vrae.

Vraag 1.1 – 1.12

Dinsdag

16 Februarie

Doen die inligtingstuk en die opsomming

Vraag 1.13 -1.15

asook die opsomming

Woensdag

17 Februarie

Doen taalleer

Vraag 3.1 – 3.8

Donderdag

18 Februarie

Doen taalleer

Vraag 4.1 – 5.22

Vrydag

19 Februarie

Merk jou werk met ‘n potlood.

Graad 91Afrikaans EAT

AFDELING A:LEESBEGRIP

VRAAG 1:ARTIKEL

Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

1 Coca-Cola, ook Coke genoem, is ’n tipe gaskoeldrank. Die koeldrank is die wêreld se topverkoper drankie en word in meer as 200 lande oor die wêreld verkoop. Dit word deur die Coca-Cola-maatskappy gemaak.

2Coca-Cola is in 1886 deur ‘n apteker (parmasist), John Styth Pemberton, uitgevind en was eers gemeng om medisyne te wees. Pemberton het ‘n apteek in Atlanta, Amerika, gehad waar hy medisyne, pille en haarkleurmiddels verkoop het.

3In 1885 het Pemberton ‘n tonikum gemaak wat hy “Frech Wine Cola” genoem het. ‘n Tonikum is ‘n soort medisyne wat ‘n mens ekstra energie gee. Hy het dit sommer in ‘n driebeenpot by sy huis gemeng en dit ook as ‘n medisyne vir hoofpyn verkoop. Dit was nie lank nie, of sy personeel het hierdie “lekker” medisyne met water gemeng en gedrink om hulle dors te les.

4Op Saterdag 8 Mei 1880 het Pemberton ‘n beker vol van hierdie medisyne na ’n ander apteek, “Jacobs Pharmacy” toe gevat. Hierdie winkel het ‘n sodapomp gehad wat koolsuurgas (carbon dioxide) by water gevoeg het om sodawater te maak. Hierdie sodawater is dan met gegeurde stroop gemeng vir die heerlike drankie. Pemberton het sodawater by sy medisyne gevoeg en al die mense in “Jacob’s Pharmacy” het daarvan geproe. Almal het gedink dit was baie lekker. Pemberton se boekhouer(accountant) het voorgestel dat hulle dit Coca-Cola moet noem.

5Pemberton het begin om Coca-Cola teen 5 Amerikaanse sent ‘n glas te verkoop. Pemberton is in 1888 oorlede. Pemberton het voor sy dood die resep aan ‘n besigheidsman, Asa G. Chandler, verkoop. Chandler het Coke begin adverteer en skielik wou almal Coke drink. Chandler het die Coca-Cola Maatskappy tot ‘n baie groot maatskappy opgebou en is vandag die grootste koeldrankmaatskappy in die wêreld.

6Die Coca-Cola-maatskappy maak ’n konsentraat, wat dan aan gelisensieerde botteleerders (bottlers) oor die hele wêreld verskaf word. Die botteleerders vervaardig die eindproduk uit die konsentraat, water en versoeters in bottels of blikkies. Hulle verkoop en versprei ook die Coke.

7Van tyd tot tyd word ander koladrankies deur die Coca-Cola-maatskappy onder die Coke-naam gemaak, soos Diet Coke, kafeïenvrye Coke en Coke Zero. Volgens ’n studie deur Interbrand in 2015 was Coca-Cola die wêreld se handelsnaam met die derde hoogste waarde, naas Apple en Google.

(Verwerk uit: Wikipedia)

Blaai om assebief

Graad 92Afrikaans EAT

VRAE:

1.1Wat is die korter naam vir Coca-Cola? (1)

1.2 Vul die ontbrekende woorde in. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.

Coca-Cola was eintlik eers medisyne wat in die jaar 1.2.1 _____ deur ‘n apteker in die

dorp 1.2.2 _____ uitgevind is. (2)

1.3Noem ENIGE TWEE goed wat Pemberton in sy apteek verkoop het. (2)

1.4Kies die woorde uit KOLOM B wat by die sinne in KOLOM A pas. Skryf slegs

die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.4) neer, bv. 1.4.1 E.

1.15.1 Pemberton se tonikum se naam.

1.15.2 Die ding wat hy gebruik het om die tonikum in te meng.

1.15.3 ‘n Soort medisyne wat energie gee.

1.15.4 Die rede waarvoor die medisyne gemeng is.

A. driebeenpot

B. tonikum

C. French Wine Cola

D. hoofpyn

E. agterplaas

(4)

1.5Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.5) en die letter (A – D)

neer, bv. 1.5 E.

Die woorde “om jou dors te les” beteken:

A.dat jy iets ‘n les leer.

B.dat jy iets gedrink het.

C.dat jy dors is.

D.dat jy honger is. (1)

1.6Wat het Pemberton by die water gevoeg om sodawater te maak? (1)

1.7Wie het voorgestel dat hulle die Tonikum, Coca-Cola noem? (1)

1.8Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (1.8) en die

antwoord neer.

Pemberton het Coca-Cola teen 5 sent ‘n (glas / bottel / blikkie) verkoop. (1)

1.9Haal EEN SIN aan om te bewys dat die onderstaande sin ONWAAR is.

Coca-Cola se resep was verlore (lost) toe Pemberton oorlede is. (1)

1.10Skryf ENIGE WOORD uit paragraaf 5 neer, wat Chadler se maatskappy beskryf. (1)

Blaai om asseblief

Graad 93Afrikaans EAT

1.11Die Coca-Cola maatskappy vervaardig die eindproduk wat verkoop kan word.

Stem jy saam met die bo-genoemde stelling? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

1.12Noem jou gunsteling Coca-Cola produk. (1)

(17)

INLIGTINGSTUK

Bestudeer die inligtingstuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS B:

DIE COCA-COLA MAATSKAPPY

ONS PRODUKTE IS BESKIKBAAR IN 200+ LANDE

134

JAAR VAN GELUK

3500+

PRODUKTE

WêRELDWYD

1,322,000

TWEETS

PER KWARTAAL

(Uit: www.grafika24.com)

VRAE:

1.13Haal TWEE AGTEREENVOLGENDE woorde aan wat vir ons aandui dat daar vier keer ‘n jaar, 1 322 000 tweets getweet word.(1)

1.14Hoeveel jaar bestaan die Coca-Cola-maatskappy alreeds? (1)

1.15Hoe weet ons dat Coca-Cola wêreldwyd beskikbaar is? (1)

(3)

TOTAAL VIR AFDELING A: 20

Blaai om asseblief

Graad 94Afrikaans EAT

AFDELING B:OPSOMMING

VRAAG 2:

TEKS C

WOORDESKAT

herwinningsentrum – recycling centre

meestal - mostly

toeganklik - accessable

deksel - lid

handwerk -

spoel - rinse

halfpad – half way

skud - shake

versprei- spread

gooi - throw

Sak - bag

Vervoer - transport

Verwyder - remove

Gewig - weight

Handwerkprojek – hand work project

Hoe om plastiekbottels te herwin

1. Neem die bottels na `n herwinningsentrum. Jy sal moet uitvind waar die naaste sentrum is. Dit sal meestal by gemeenskapsentrums wees omdat dit toeganklik moet wees vir motors of trokke.

2. Verwyder die deksel. Sommige herwinningsentrums aanvaar nie die botteltjies se deksels nie. As dit die geval is, kan jy die deksel weggooi of `n plek soek wat die deksels aanvaar of dit in `n handwerk projek gebruik.

3. Spoel die bottel met water uit. Vul die bottel halfpad met water en maak dit toe. Skud dit om die water te versprei en maak dan die bottel weer oop en gooi die water uit. As die bottel nog vuil is, moet jy dit een of twee keer doen.

4. Plaas die bottels in `n sak. U sal die sak nie herwin nie, maar dit sal dit baie makliker maak om die bottels na `n herwinningsentrum te vervoer.

5. Verwyder die etiket indien daar een op die bottel is. Sommige plekke aanvaar nie bottels met etikette nie veral as hulle die bottels volgens gewig koop. As u van plan is om die bottel vir `n handwerkprojek te gebruik, moet u die etiket verwyder om dit skoon te maak.

(Verwerk uit: www.dmylogi.ru)

2.1Lees die bostaande teks deur en som hoe om plastiekbottels te herwin op.

· Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.

· Nommer die hoofgedagtes van 1 – 5.

· Jou opsomming mag nie langer as 50 woorde wees nie.

· Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

· Laat ‘n reël tussen die sinne oop.(10)

TOTAAL VIR AFDELING B: 10

Blaai om asseblief

Graad 95Afrikaans EAT

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3:STROKIESPRENT

TEKS D

Ek het dit klaar gedrink.

Ek is (3.1 moeg)! Nou kan ek uiteindelik my Coke drink.

VRAE:

3.1Gee die INTENSIEWE VORM vir die woord tussen hakies.

Ek is (moeg)!(1)

3.2Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

Jon is (in die aand) moeg as hy van die werk afkom.(1)

3.3Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.

Coke is vir Jon die (lekker) drankie.(1)

3.4Skryf die AFKORTINGS tussen hakies in woorde uit.

Garfield kry (3.4.1 asb.) die (3.4.2 dr.) se (3.4.3 nr.) want ek voel siek.(3)

3.5Skryf die sinne oor en rangskik die gedeelte tussen hakies in die KORREKTE WOORDORDE.

3.5.1 Garfield (elke dag / steel / ‘n blikkie Coke).(1)

3.5.2 Jon (gister / baie hard / het / gewerk).(1)

3.5.3 Garfield en Odie (vinnig / soggens / stap / in die tuin).(1)

3.6Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.

3.6.1 Ek is baie trots (op / met / oor) die skool.(1)

3.6.2 Ek het baie hard (vir / met / aan) die eksamen geleer.(1)

Blaai om asseblief

Graad 96Afrikaans EAT

3.7Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.

Garfield dink Odie is (mooi) as enige ander hond. (1)

3.8Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

Garfield is (deur die dag) alleen by die huis. (1)

(13)

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

4.4.1 Die seun sê: “Dit was ’n lekker kamp.”

Dit is só warm, maar hierdie koeldrank is (4.6 koud).

4.1Gee die AFKORTING vir die onderstreepte woord in die sin.

Ons moet by die volgende straat links draai. (1)

4.2Skryf die sinne in die VERLEDE TYD oor.

4.2.1 Die kinders ry saam met die skoolhoof.(1)

4.2.2 Meneer het ‘n koeldrank.(1)

4.3VERBIND die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

4.3.1Die kinders is moeg. Hulle was die hele naweek op ‘n skoolkamp. (omdat)(1)

4.3.2Dit is somer. Dit is warm. (dus)(1)

4.3.3Die skoolhoof is vriendelik. Hy deel sy koeldrank. (want)(1)

4.4Skryf die sinne in die INDIREKTE REDE oor.

4.4.1 Die seun sê: “Dit was ‘n lekker kamp.”(1)

4.4.2 Die man vra: “Hoe laat is dit?” (1)

Blaai om asseblief

Graad 97Afrikaans EAT

4.5Skryf die sinne in die ONTKENNENDE VORM oor.

4.5.1 Die kinders geniet die kamp.(1)

4.5.2 Die seuns gaan nou huis toe.(1)

4.5.3 Iemand is moeg gery.(1)

4.6Skryf die volgende sinne in die LYDENDE VORM oor.

4.6.1 Die kinders sing ‘n liedjie.(1)

4.6.2 Meneer het die kamp bygewoon.(1) (13)

VRAAG 5: SPOTPRENT

TEKS F

5.1Skryf die volgende sinne in die INFINITIEF oor:

5.1.1 Die haai sit in die swembad.

Begin so: Die haai blyk ...(1)

5.1.2 Die swembad is baie vol.

Begin so: Dit skyn ...(1)

5.2Skryf die volgende sinne in die TOEKOMENDE TYD oor:

5.2.1 Die haai gesels met Sap.(1)

5.2.2 Haaie swem baie goed.(1)

(4)

__

TOTAAL VIR AFDELING C: 30

__

GROOTTOTAAL: 60

______________________________________________________________________________