81
Internet vir Christene Johan Delport

Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

  • Upload
    others

  • View
    16

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vir Christene

Johan Delport

Page 2: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Eerste publikasie: September 2018 deur Tygerberg [email protected] / www.gesinskerk.co.za

Gedruk en gebind deur Tandym Print1 Park Road, Western Province Park, Epping Industrial, 7475

Spesiale Erkenning:Internet explorer Icon made by Icomoon from www.flaticon.com

Page 3: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

1

Inhoudsopgawe

Spesiale dankbetuiging 3

Voorwoord 5

Inleiding: Waarom die studie? 7

Week 1: Aanvaar verantwoordelikheid 13

Wenke vir die gebruik van die internet en sosiale media 21

Week 2: Is dit waar? 25

Week 3: Is dit eerbaar? 33

Week 4: Is dit reg? 39

Week 5: Is dit rein? 47

Week 6: Is dit mooi? 55

Week 7: Is dit prysenswaardig? 63

Reguit woorde - vanuit die hart 71

Slotwoord 75

Ander Bybelstudies 77

Page 4: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

2

Spesiale dankbetuiging

Paulus sê in Galasiërs 6:2 dat ons mekaar se laste moet dra. Soms is hierdie laste tekortkominge.

Wanneer ‘n mens so ‘n Bybelstudieboekie aanpak, word jy vinnig gekonfronteer met jou eie tekortkominge. Dit is dan wanneer jy die waarde besef van ‘n span wat die Here vir jou gestuur het om jou te help.

Die span wat werk aan hierdie boekie, is nie net goed in wat hulle doen nie, maar is elkeen ook self baie lief vir die Here. Elkeen van hulle leef aktief hul getuienis uit dat Jesus Christus hul Verlosser is.

Dit is juis hierom dat ek so goed saam met hulle werk en met soveel gerustheid en vertroue elke keer teruggaan om hulle wéér vir hulp te vra.

Die span is as volg:

Ds. Chris Heunis - Teologiese versorgingRonel Griessel - Taalkundige versorgingRiaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging

Baie dankie. Julle is ‘n “great” span!

Die Here seën julle vir julle harde werk.

Johan Delport

Page 5: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

3

Voorwoord“Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8)

Tegnologiese Realiteit

Kinders van die Here bevind hulself, nou meer as ooit, midde in ‘n volgende tegnologiese revolusie wat bykans elke faset van ons lewe raak.

Te midde van hierdie oorweldigende “wonders” wat letterlik ons moderne lewenswyse oorneem, moet kinders van God waaksaam wees en ‘n geestelike balans nastreef. Dit is veral die internet en alles wat daaraan verwant is, waaroor deeglik besin moet word.

Ds. Johan Delport het met hierdie boekie ‘n platform vir Bybelstudie geskep sodat internet-verwante vraagstukke ontleed en sinvol bespreek kan word. Hy is deel van die internet-generasie en skryf dus vir die mense van ons tyd.

Studieleiers word in staat gestel om met gerigte fasilitering deelnemers aan te moedig om spontaan aan gesprekke deel te neem.

Geniet hierdie studie en mag dit jou aanspoor om die gebruik van die internet en ander tegnologie te evalueer teen die agtergrond van Bybelse waarhede.

Chris Heunis

Page 6: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

4

“Ons tree dus op as gesante van Christus” (2 Kor 5:20)

“We must show our Christian colours if we are to be true to Jesus Christ.” – C.S. Lewis

Waarom die studie?

Waarom ‘n studie getiteld “Internet vir Christene”? Verseker is daar baie mense, veral jongmense onder 30, wat dalk beter toegerus is om hieroor te skryf as ‘n predikant.

Hierdie studie is nie ‘n kursusboek oor hoe om ons vaardigheid op te skerp om die internet beter te gebruik nie. Hierdie is ‘n geestelike boek, ‘n Bybelstudie.

Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie dieselfde te lyk en op te tree as die wêreld nie. Soos die ou gesegde lui: ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.

Internet vir ChristeneInleiding

Page 7: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

InleIdIng

5

6 Toetse vir onderskeid

“Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8)

Met die eerste lees van die vers sien ons dat Paulus baie spesifiek wys op ons denke. Hy gee ‘n lys waarop ons ons gedagtes moet rig. In die eerste studie gaan ons juis hierna kyk. Ons moet verantwoordelikheid aanvaar vir ons denke.

Maar dit is beslis nie net ‘n interne saak nie. My denke het ‘n invloed op elke aspek van my lewe. Salomo sê dit ook:

“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (Spr 4:23) Wat ek in my denke toelaat, spoel uiteindelik oor na elke deel van my lewe.

Hierdie studie is gefokus op 6 toetse, of 6 filters as jy wil. Die gesegde wat sê: “Ek kan nie die kraaie keer om oor my kop te vlieg nie, maar ek kan keer dat hulle daar nes maak!”, is baie waar. Hierdie 6 toetse help my om juis dít te keer. As ek die spreekwoordelike kraaie in die kiem kan smoor, dan kan ek ook keer dat dit op ander plekke in my lewe uitspring

‘n Ernstige probleem vandag

Mitchell Kapor, ‘n sagteware ontwikkelaar, het gesê: “Om inligting van die internet te kry, is soos om water te probeer drink uit ‘n brandslang!”

Vandag is inligting sonder enige diskresie beskikbaar. Dit maak nie saak of dit waar is of nie en of dit skadelik is of nie. Enigiemand kan enigiets sê. Daar is geen beperkings nie. Dit kom egter teen ‘n prys, ‘n duur prys, en hier is die redes daarvoor:

Page 8: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

6

Eerstens, omdat dit nie maklik is om waarheid en fiksie van mekaar te skei nie, glo mense omtrent enigiets.

Tweedens kan elke persoon sy eie opinie gee sonder om die skade daarvan te konsidereer.

Derdens kan informasie so vinnig gedeel word dat dit soos ‘n veldbrand versprei en die hele wêreld in etlike minute kan bereik.

Wat die probleem erger maak, is dat baie Christene hierin deelneem. Christene, diep gelowiges en selfs predikante deel inligting sonder om seker te maak of dit waar is, of dit goed is en of dit die saak van die Koninkryk van God bevorder.

Dit is juis die probleem wat in hierdie Bybelstudieboekie aangespreek word.

Verse waarna ons gaan kyk

Een van die waardes van ons gemeente is om Woordvas te wees. Dit beteken dat ons alles in ons gemeente bou op die Woord van God. Ons glo die Bybel is deur die Heilige Gees geïnspireer (2 Tim 3:16). Dit is daarom die finale gesag in en oor ons lewens.

Behalwe vir Filippense 4:8, wat ons hoofteks is vir die studie, gaan spesifieke verse herhalend voorkom. Probeer elke keer om die verse van toepassing te maak op die betrokke onderwerp.

Lees hierdie verse en skryf langsaan neer waaroor dit gaan:

Spreuke 14:15 ____________________________________

Spreuke 18:21 ____________________________________

Matteus 10:16 ____________________________________

Page 9: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

InleIdIng

7

Matteus 12:36 ____________________________________

Matteus 12:34 ____________________________________

1 Johannes 4:1 ____________________________________

Efesiërs 4:25 ____________________________________

Efesiërs 4:29 ____________________________________

Romeine 12:1-2 ____________________________________

2 Timoteus 2:23 ____________________________________

Hoe om die beste van die studie te maak

Soos met baie ander dinge in die lewe wat die moeite werd is: hoe meer ek insit, hoe meer kry ek uit! Wanneer dit kom by ‘n vaste waardesisteem vir ons lewens, moet ons ekstra moeite en tyd insit.

Ons moet die woorde van Salomo onthou:

“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (Spr 4:23)

Hier is ‘n paar basiese wenke om die beste te maak van hierdie studie:

Wenk #1: Neem ‘n kwaliteit besluit om elke dag tyd te maak om stil te word voor die Here in gebed en Bybelstudie.

Wenk #2: Kom voorbereid na die Bybelstudie toe. Maak tyd om die week se Bybelstudie deeglik te doen voor die byeenkoms.

Wenk #3: Lees verder. Kyk weer na die betrokke verse en

Page 10: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

8

lees die 5 verse voor en na elke vers.

Wenk #4: Begin ‘n gebedsjoernaal. Aan die einde van elke studie is daar plek om gebedsversoeke neer te skryf. Kyk weekliks daarna en prys die Here vir elke beantwoorde gebed.

Hierdie boekie kan gebruik word as ‘n persoonlike Bybelstudie in die gelowige se stiltetyd, maar die waarde wat ander gelowiges in groepsverband vir my bied, is van onskatbare waarde! Die ideaal is daarom om hierdie boekie in jou stiltetyd deur te werk, maar ook in ‘n Bybelstudiegroep.

Vir ouers!

Hierdie boekie kan ook baie nuttig wees om as gesin, vir oud en jonk, te leer wat die waardes is waarby ‘n gelowige moet lewe.

“Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.”

(Spr 22:6)

Page 11: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

9

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop

moet julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8)

“Warning: The internet may contain traces of nuts.” – Onbekend

WEEK 1

Inleiding

Welkom by die eerste studie oor Internet vir Christene. Die laaste 10 jaar het die wêreld drasties verander. Dit voel of die tegnologie wat ons vandag gebruik, al vir altyd bestaan. Die waarheid is dat die meeste hiervan maar baie jonk is, soos hier geïllustreer:

1998 Google2004 Facebook 2005 YouTube2007 Apple iPhone (eerste ware slimfoon)2009 Samsung Galaxy

Internet vir ChristeneAanvaar verantwoordelikheid vir jou denke

Page 12: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

10

2009 Whatsapp

Die sinergie tussen hierdie tipe tegnologie en die internet het die manier verander waarop ons kommunikeer, besigheid doen, nuus lees, banksake doen, televisie kyk en selfs ons vakansies bespreek.

Daar word gespot dat Charles Holland Duell (1899), die kommissaris van patenteregte in die VSA, die volgende gesê het: “Everything that can be invented has been invented”.

Tegnologie is besig om teen ‘n geweldige tempo te ontwikkel en as Christene behoort ons te weet hoe om onsself te handhaaf in hierdie vinnig veranderende tye. Elke gelowige is self verantwoordelik vir hoe hy die tegnologie gebruik.

Vir die volgende 7 weke gaan ons saam kyk hoe ons verantwoordelikheid kan aanvaar vir onsself, ons kinders en ons gemeente wanneer dit kom by die gebruik van tegnologie.

Aanvaar verantwoordelikheid vir jou denke

Tema teks: Romeine 12:1-2 en 16:19-20; 2 Korintiërs 11:1-4 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

“Junk in – Junk out!” Lees 1 Korintiërs 14:20

Die realiteit is: as dit wat ek my verstand voer, gemors is, dan gaan my hele lewe dit navolg. “Junk in – Junk out!” Dit is waarom dit so belangrik is dat ons moet seker maak dat ons nie sommer enigiets aanvaar en vir soetkoek opeet wanneer dit kom by die internet en sosiale media nie.

Page 13: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

AAnvAAr verAntwoordelIkheId vIr jou denke

11

Mense stuur baie goed – goed wat dalk onskuldig lyk, maar nie noodwendig goed of waar is nie. Oor tyd word ons sensitiwiteit vir die waarheid afgestomp en aanvaar ons alles wat oor ons pad kom.

GESPREKSVRAAG: Lees 1 Petrus 1:13 en 2:2. Wat leer Petrus moet ons doen? Hoe kan ek voorkomend optree en my denke bewaar? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Toets Alles Lees 1 Johannes 4:1-3

Johannes skryf aan gelowiges wat klaarblyklik in die war gebring is deur allerhande valshede. Hierdie valshede het sistematies ingesypel deur individue wat nie volkome aan die waarheid vasgehou het nie.

Dit kan wees dat hierdie individue dit moedswillig gedoen het of dat hulle self ook net mislei was. Ons weet nie, maar Johannes gee ‘n sterk opdrag aan die gelowiges om alles nie net te aanvaar nie, maar dit te toets.

Hierdie is ‘n baie belangrike opdrag van Johannes: MOENIE ALLES NET AANVAAR NIE! Toets dit! Doen navorsing – kyk of dit die waarheid is. ‘n Kind van die Here mag nie valshede versprei nie. Dit is daarom belangrik dat ek iets moet toets voordat ek dit net aanstuur of met mense deel.

Page 14: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

12

GESPREKSVRAAG: Lees Spreuke 14:15 en Handelinge 17:11. Wat lees ons in Spreuke watter twee tipes mense kry ons? Wat leer ons in Handelinge het die gelowiges gedoen? Wat leer ons uit hierdie verse? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Neem Verantwoordelikheid – doen die 6 Toetse Lees Filippense 4:8-9

Paulus gee vir ons 6 toetse. Hierdie is die dinge waarop ons ons gedagtes moet rig. Wanneer ek dit wat na my toe gestuur word deur hierdie 6-vlak toets sit, gaan ek altyd weet wat ek kan aanstuur en wat ek nie behoort te stuur nie.

Lees weer deur Filippense 4:8 en skryf die 6 dinge neer waarop Paulus sê ons ons gedagtes moet rig:

Toets #1: Is dit ____________________ Toets #2: Is dit ____________________ Toets #3: Is dit ____________________ Toets #4: Is dit ____________________ Toets #5: Is dit ____________________ Toets #6: Is dit ____________________

GESPREKSVRAAG: Lees Romeine 16:19. Wat is dit wat Paulus sê hy graag by die gelowiges wil sien? Hoe help hierdie 6 toetse ons om dit te bereik? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 15: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

AAnvAAr verAntwoordelIkheId vIr jou denke

13

Opsomming:

In vandag se studie het die Woord ‘n beroep op ons gedoen om verantwoordelikheid te aanvaar vir ons denke. Ons moet baie versigtig wees om nie mislei te word of op ‘n dwaalspoor gesit te word nie.

Ons lewe in ‘n moderne tyd waar BAIE inligting BAIE vinnig beskikbaar is. Nie alles is goed en waar en reg nie. Ons moet daarom filters in ons lewe inbou – ‘n toets in plek sit – wat my gaan help om te weet wat ek moet aanvaar en wat ek moet verwerp. Dit moet ek doen voordat ek enigiets ooit aanstuur vir ander.

Notas

________________________________________________________

Page 16: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

14

WEEK 1

Iets om te onthou

Dit is my verantwoordelikheid om my denke te beskerm.

Vers om te onthou

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom

goed en aanneemlik en volmaak is.” (Rom 12:2)

Vraag om oor na te dink

Op watter manier laat ek dalk na om my denke te beskerm teen slegte en negatiewe invloede?

Wat behoort ek in plek te sit om hierdie probleem reg te stel?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, kom help ons deur u Heilige Gees om ons harte en gedagtes te bewaar in Christus. Daar is soveel buite-invloede wat ons aandag van Christus wil aftrek en wil verlei en mislei. Kom leer ons om u Woord te gebruik om onderskeid te tref tussen dit wat goed en reg is en dit wat nié is nie. AMEN

Page 17: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

AAnvAAr verAntwoordelIkheId vIr jou denke

15

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 18: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Page 19: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

17

“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.” (Matt 10:16)

“Right now, with social networks and other tools on the Internet, people have a way to say what they’re thinking and

have their voice being heard.” – Mark Zuckerberg (CEO Facebook)

7 Wenke

Vir die volgende 6 weke gaan ons kyk na die 6 toetse wat ons moet doen. Hierdie toetse sal ons help om die Here te eer met hoe ons die internet en sosiale media gebruik.

Sommer net vir interessantheid kyk ons na statistieke rondom die internet:

Wêreldpopulasie: 7 600 000 000Mense met skoon water: 6 853 000 000Wêreldgeletterdheid: 6 391 000 000Mense met internet: 4 156 000 000Mense met e-pos: 4 100 000 000Facebook gebruikers: 2 200 000 000Whatsapp gebruikers: 1 500 000 000Twitter gebruikers: 330 000 000

Internet vir Christene7 Wenke vir die gebruik van die Internet en Sosiale Media

Page 20: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

18

Wenk #1: Stel jou sekuriteit so hoog moontlik

Stel die sekuriteit op jou soekenjin so hoog moontlik en maak seker jou virusprogram is opgedateer. Maak ook seker jou internet brandmuur (firewall) is aktief. Dit sal ongenooide en ongemagtigde gaste oor die internet van jou rekenaar uit hou.

Wenk #2: Moenie reageer op onbekende versoeke nie

Daar is baie “pop-up’s” wat reaksie van jou verwag. Die meeste van hierdie “pop-up’s” wil jou e-posadres hê om vir jou gemorspos (spam) te stuur. Ander wil jou weer weglei na webtuistes waar jy nie noodwendig wou wees nie (clickbait). Ander wil jou persoonlike informasie en jou bankbesonderhede hê (phishing).

Moenie reageer op hierdie versoeke nie. Wis sulke e-posse en versoeke uit en maak sulke webtuistes toe.

Wenk #3: Dink voordat jy iets deel

Daardie SHARE knoppie is bedoel om inligting te deel. Onthou, wanneer iets gedeel is, kan jy dit nooit weer terugneem nie. Wees versigtig om goed net te deel! Mense het al hulle werk verloor, groot boetes gekry, verhoudings opgebreek en selfs in die tronk beland oor inligting wat hulle in ‘n oomblik van swakheid op die internet gedeel het.

Wenk #4: Doen die filterstoets in hierdie studie

Voordat iets gedeel of gesê word, moet ons altyd ons getuienis in Christus konsidereer. Dit wat ek deel of sê, moet altyd die lieflike geur van Christus hê. Dit moet waar, mooi en goed wees! Dit moet altyd die vermoë hê om die hoorders (of lesers) daarvan te seën.

Page 21: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

7 wenke vIr dIe gebruIk vAn dIe Internet en sosIAle MedIA

19

Wenk #5: Respekteer ander

Wees altyd bewus van ander se privaatheid. Ons behoort versigtig te wees om foto’s van ander mense op die internet te plaas. Vra altyd eers toestemming. Ons moet ook groepe respekteer waaraan ons behoort. Nie almal wil ‘n stortvloed van inligting hê nie.

Ek moet altyd seker maak dat, wanneer ek iets op ‘n groep plaas, dit relevant is tot die groep en die doel ondersteun waarvoor dit bestaan. As ek ‘n mooi prentjie van ‘n katjie wil deel, moet ek dit liewer persoonlik deel as wat ek dit op die buurtwag se WhatsApp-groep deel. Dit beteken dat 250 mense ‘n prentjie ontvang waarin hul geen belang het nie.

Wenk #6: Kry ‘n vertroueling

Verantwoordbaarheid is belangrik. Ongelukkig kan almal van ons die internet anoniem gebruik. Dit is nie noodwendig tot ons eie voordeel nie, veral nie wanneer dit by ons verhouding met die Here kom nie. Dit is daarom goed om met iemand oop en eerlik te kan wees oor ons internetgebruik. Vrae moet gevra word:

Spandeer ek te veel tyd op die internet? Gebruik ek die internet verantwoordelik? Mors ek dalk tyd op die internet?

Besoek ek dalk webtuistes wat skadelik is vir my verhouding met die Here en my verhouding met my gesin?

Wenk #7: Leer en beskerm die kinders

Dit is ook ons verantwoordelikheid om ons kinders te leer en te beskerm. Vandag het baie kinders fone wat hulle in staat stel om op die internet te gaan. Met Wi-Fi internet wat orals beskikbaar is, is ons kinders geweldig blootgestel aan die gevare wat op

Page 22: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

20

die internet is. Ons moet seker maak dat ons ouderdomgepaste reëls in plek het vir ons kinders en jongmense.

Hier is wat ons ons kinders moet leer:

Reël #1: Moet nooit ENIGE persoonlike inligting uitgee nie.Reël #2: Moenie foto’s van jouself of van ander vriende op die internet plaas nie.Reël #3: Hou wagwoorde privaat. Buiten vir ouers, mag niemand die kind se wagwoord ken nie.Reël #4: Moenie op enigiets klik of aflaai sonder toestemming nie.Reël #5: Vertel jou ouers dadelik as vreemdelinge jou kontak of as jy vreemde boodskappe ontvang.

Opsomming:

Hierdie is basiese wenke om ons te help om veilig te wees op die internet. Vir al die ander dinge moet ons onthou om altyd gesonde verstand te gebruik. Gesonde verstand leer ons...

Algemene gedagte #1: As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit gewoonlik.

Algemene gedagte #2: Elke aksie het gevolge.

Algemene gedagte #3: Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

Algemene gedagte #4: Wees versigtig – daar is baie skelm en gevaarlike mense daar buite.

Page 23: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

21

“Moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar

ondersoek elkeen...” (1 Joh 4:1)

“A lie can travel half way around the world while the truth is putting on its shoes.” – Charles Spurgeon

WEEK 2

Inleiding

In die vorige week se studie het ons gekyk na ons verantwoordelikheid om ons denke te beskerm. Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om by die Woord te bly en seker te maak ons word nie verlei en mislei nie.

In hierdie week se studie kyk ons na die eerste van ses toetse. Hierdie toetse, soos ons dit in Filippense 4:8 kry, help vir ons. Dit is amper soos filters. Dit help ons om te onderskei wat vir die Here goed en aanneemlik is, soos Paulus sê in Efesiërs 5:10.

Internet vir ChristeneToets #1: Is dit Waar?

Page 24: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

22

Toets #1: Is dit die Waarheid?

Tema teks: 1 Johannes 2:18-27 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

In hierdie gedeelte waarsku Johannes die gelowiges teen die mense wat die leuens so aktief onder hulle versprei! Hierdie mense het een doel en dit is om die gelowiges se aandag van Christus af te trek en hulle dieper in valse lering in te trek. Johannes noem hulle die antichriste.

Johannes maak dit duidelik dat hulle enigste behoud is dat hulle die waarheid ken (v20-21)! As dit nie daarvoor was nie, was hulle weerloos en sou hulle hulself nie kon help nie.

Die waarheid is daarom belangrik!

Doen navorsing en bly altyd by die Waarheid Lees 1 Johannes 4:1 en Spreuke 21:28

Johannes se opdrag aan die gelowiges is baie duidelik: toets hierdie mense! Moenie enigiemand glo wat iets het om te sê nie. Daar is baie mense daar buite wat baie te sê het, maar daar is net EEN Waarheid. Daarom moet wat hierdie mense sê, getoets word teenoor die Evangelie!

Ongelukkig het baie gelowiges, selfs manne en vroue wat al jare die Here dien, in ‘n denkpatroon verval wat sê:

“As iets op die internet is, dan moet dit waar wees!”

Maar ons moet Johannes se advies volg. Wanneer iemand vir my iets op Facebook, Whatsapp, SMS, E-pos of Twitter, of waar ook al aanstuur, moet ek hierdie vraag vra: “IS DIT WAAR?” Dit behels dat ek behoorlik ondersoek moet doen voordat ek dit mag aanstuur.

Page 25: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #1: Is dIt wAAr?

23

GESPREKSVRAAG: Lees 2 Korintiërs 11:3-4. Wat lees ons is Paulus se besorgdheid oor die gemeente? Hoe is dit van toepassing op hierdie studie? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Christene bly altyd by die Waarheid – Christene lieg nooit

nie! Lees Efesiërs 4:25, Kolossense 3:9 en Spreuke 4:24

Christene bly altyd by die waarheid. Dit is waarom die eerste toets is: Is dit Waar? As dit nie waar is nie, dan het ek nie deel daaraan nie. Ons mag nooit iets versprei wat nie die waarheid is nie.

Wanneer gelowiges die een oomblik die waarheid van die Evangelie versprei en die volgende oomblik iets wat nie behoorlik nagevors is nie, wat dan uitkom as ‘n leuen, bring dit sy eie getuienis in diskrediet. ‘n Kind van die Here kan mos nie die waarheid én die leuen uit dieselfde mond verkondig nie.

BELANGRIK: ‘n Christen mag niks aanstuur op enige sosiale netwerk

sonder om eers seker te maak dat dit die waarheid is nie.

GESPREKSVRAAG: Lees Spreuke 28:10. Waarteen waarsku Jesus ons in Matteus 24:4? Waaroor waarsku Salomo ons? Hoe sluit dit aan by hierdie afdeling? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 26: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

24

Ons verkondig die Waarheid Lees Spreuke 12:19 en 2 Timoteus 2:15

Nie net bly ons by die waarheid nie, nie net bly ons weg van die leuen nie, maar ons verkondig ook die waarheid skaamteloos.

Jesus sê in Johannes 8:32 vir sy dissipels: “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Die leuen is soos ‘n strik waarin mense vasgevang word, maar die waarheid maak ons vry!

Die waarheid maak vry, maar Jesus praat nie van enige waarheid nie. Nie alles wat waar is, het dieselfde waarde nie. Daar is waarhede wat min waarde het. Daar is waarhede wat nie van pas is of opbouend is nie. Daaroor sal ons later gesels in die studie.

Dan is daar die Waarheid wat so waardevol is dat dit vir ons redding gee. Jesus sê vir sy dissipels: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” (Joh 14:6) Jesus is die Waarheid wat ons vrymaak. Jesus is die Waarheid wat ons red.

GESPREKSVRAAG: Lees Johannes 8:32 en 14:6 weer. Op watter manier verander die waarheid in hierdie verse ons lewens? Wat sê 2 Timoteus 4:2 is ons verantwoordelikheid ten opsigte van hierdie waarheid? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

In vandag se studie het ons gekyk na die waarde en belangrikheid van die waarheid. Dit is elke gelowige se verantwoordelikheid om seker te maak hy weet wat die waarheid is en om dan daarin te bly.

Page 27: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #1: Is dIt wAAr?

25

Dit is belangrik om te onthou dat ‘n Christen nooit ‘n leuen mag versprei nie – selfs nie eers in onkunde nie. Ons moet altyd verstandelik wakker wees en seker maak ons bly altyd by die waarheid.

Page 28: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

26

WEEK 2

Iets om te onthou

Dit is my verantwoordelikheid om seker te maak ek ken die waarheid en ek bly by die waarheid.

Vers om te onthou

“Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ’n oomblik.” (Spr 12:19)

“n Betroubare getuie lieg nie; ’n vals getuie vertel een leuen na die ander.” (Spr 14:5)

Vraag om oor na te dink

Hoe kan ek seker maak dat ek altyd verstandelik wakker bly sodat ek nie in ‘n leuen verstrengel sal word nie?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, dankie dat ons die waarheid in u Woord leer. Help ons om ons gedagtes altyd op Christus te rig sodat ons nooit in die vyand se strik sal trap nie en die leuen sal kan uitken. Help ons

dat ons ‘n voorbeeld sal wees wat mense na Christus toe lei. AMEN.

Page 29: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #1: Is dIt wAAr?

27

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 30: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

28

Page 31: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

29

“Wie na reg en liefde strewe, aan hom word ’n vol lewe en eer geskenk.” (Spr 21:21)

“What is permissible is not always honourable” – Marcus Tullius Cicero

WEEK 3

Inleiding

Ons het verlede week gekyk na die eerste toets in die reeks van ses. Die eerste vraag wat ons moet vra voordat ons iets deel of interaksie het met die inligting, is: “Is dit waar?”

Indien dit nie waar is nie, stap ek weg daarvan. Ons het in verlede week se studie vir mekaar gesê dat ons dalk ‘n bietjie navorsing sal moet doen voordat ons sal weet of iets waar is. Ons aanvaar daarom nie willens en wetens alles wat op die internet en sosiale media rondgaan nie.

Vandag kom ons by die tweede toets wat ons in Filippense 4:8 lees:

Internet vir ChristeneToets #2: Is dit Eerbaar?

Page 32: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

30

Toets #2: Is dit Eerbaar?

Tema teks: Efesiërs 5:6-17 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Soos Marcus Tullius Cicero, ‘n Romeinse filosoof en skrywer, reeds in ongeveer 50 v.C. gesê het: “Nie alles wat toelaatbaar is, is altyd eerbaar nie!” Vir vandag se studie kan ons byvoeg:

“Nie alles wat waar is, is eerbaar nie!”

Dit is ongelukkig so! Nie alles wat waar is, is goed en reg en eerbaar nie. Daarom, alles wat waar is, is nie noodwendig van pas nie en nie alles wat waar is, is nuttig nie.

Die waarheid is die heel belangrikste, maar dit is nie al wat belangrik is nie. Voordat ek met mense iets deel, op watter platform dit ook al mag wees, moet ek die opvolgtoets doen: Is dit Eerbaar?

Christene lewe met Hoër Standaarde Lees Efesiërs 5:10

Paulus moedig die Efesiërs aan om hulleself voortdurend af te vra of iets vir die Here aanneemlik is. Dit laat ons dink aan die bandjies wat die kinders dra: WWJD (What Would Jesus Do?). Dit is presies dan wat ons moet doen. Ons moet vra wat vir die Here goed en reg en aanneemlik is. Dit is wat eerbaar is.

Die waarheid is ‘n voorvereiste vir alles wat ons sê en deel, maar dit is nie die enigste voorvereiste nie. Dit wat ons deel, moet waar wees, maar dit moet ook aanneemlik vir die Here wees.

Ons lewe met ‘n hoër standaard in elke aspek van ons lewe. Ons wil die Here Jesus tevrede stel met elke woord wat ons sê, elke grappie wat ons vertel, elke foto wat ons wys en elke boodskap

Page 33: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #2: Is dIt eerbAAr?

31

wat ons stuur.

GESPREKSVRAAG: Lees 1 Tessalonisense 5:22. Watter raad gee Paulus ons in hierdie vers? Hoe help dit ons om eerbaar te lewe? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Eerbaarheid vra: Is dit Ordentlik en Behoorlik? Lees Efesiërs 5:4

In ons hele lewenswandel moet ons altyd ‘n voorbeeld kan stel van hoe ‘n kind van die Here behoort op te tree. Daarom moet ons onsself afvra of dit wat ons doen, ordentlik en behoorlik is.

My woorde moet getuig van goeie smaak en moet altyd poog om my hoorders op te bou - eintlik nie net my hoorders nie, maar ook die mense wie dit indirek mag raak. Hulle moet kan sien dat die geloof waaraan ek vashou, in elke aspek van my lewe reflekteer.

GESPREKSVRAAG: Lees Kolossense 4:6. Waaraan behoort ons sosiale en aanlyn aktiwiteite geken te word volgens hierdie vers? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Eerbaarheid wys ook ons Karakter Lees 1 Timoteus 3:8 en 11

Ons moet geken word as manne en vroue van goeie karakter. Dit is baie interessant hoe mense baie keer ‘n gesplete persoonlikheid handhaaf. By die werk is hy een persoon en by die kerk ‘n ander, en nog ‘n ander persoon aanlyn.

Page 34: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

32

Soms gaan mense anoniem aanlyn om gal te kan braak en dan nie daarvoor aanspreeklik gehou kan word nie. Dit mag egter nooit die geval by kinders van die Here wees nie.

Ons behoort dieselfde persoon te wees by die kerk, werk, huis, agter die stuurwiel en op die sosiale platforms.

GESPREKSVRAAG: Lees weer 1 Timoteus 3:8 en 11. Wat is ‘n goeie karakter volgens hierdie verse? Hoe is dit van toepassing op hierdie studie? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Eerbaarheid vra na God se Eer eerste Lees 1 Korintiërs 10:31

Hierdie is dalk die heel belangrikste gedagte vir vandag se studie. In alles wat ons doen of sê, moet ons God se eer eerste stel. Ons moet niks doen wat ons getuienis, die Woord van God of die Here se heiligheid in diskrediet bring nie. Ons moet daarom versigtig lewe. Ons is geroep tot heiligheid (1 Pet 1:15-16), daarom besmet ons nie ons lewe nie. Ons lewe eerbaar.

Opsomming:

In vandag se studie het ons terug verwys na die eerste toets wat ons moet doen voordat ons iets sê of deel: Is dit Waar? Die tweede toets wat ons moet doen, is om te vra: Is dit Eerbaar?

Eerbaarheid vra of dit ordentlik en behoorlik is? Behoort ‘n kind van God betrokke te wees by hierdie dinge?

Onthou, as kinders van die Here lewe ons met ‘n hoër standaard vir wat goed en reg is.

Page 35: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #2: Is dIt eerbAAr?

33

WEEK 3

Iets om te onthou

Ons lewe met ‘n hoër standaard vir ons lewe.

Vers om te onthou

“Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.” (1 Kor 10:31)

Vraag om oor na te dink

Hoe kan ek my lewe instel om eerbaar op te tree in alles wat ek sê, doen of deel?

Watter aspek in my lewe kort aandag om aan hierdie standaard te voldoen?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, help my om altyd op so ‘n manier te lewe dat U eer my hoogste prioriteit sal wees en dat ek nooit iets sal doen om my

getuienis te laat skade lei nie. Help my om altyd eerbaar te lewe. AMEN.

Page 36: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

34

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 37: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

35

“Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.” (Matt 5:6)

“People must have righteous principals in the first, and then they will not fail to perform virtuous actions.”

– Martin Luther

WEEK 4

Inleiding

Ons het in die vorige twee weke gekyk na die eerste twee toetse. Hierdie is die toetse wat ons moet doen voordat ons iets sê of deel in persoon of op enige sosiale of aanlyn platform. Hierdie toetse is gebaseer op Paulus se woorde in Filippense 4:8:

“Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.”

Internet vir ChristeneToets #3: Is dit Reg?

Page 38: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

36

In hierdie vers moedig Paulus ons aan om verantwoordelikheid vir ons denke te neem. Dit waarmee ek my denke vul, is tog op die einde van die dag wat by my mond gaan uitkom.

Vandag kom ons by die derde toets waarvan ons in Filippense 4:8 lees:

Toets #3: Is dit Reg?

Tema teks: 1 Johannes 3:7-10 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Om vandag se studie beter te verstaan, gaan ons ‘n bietjie dieper moet kyk na die woord “Reg”. Die woord reg kom van die woord regverdig af. Ons weet een van God se eienskappe is dat Hy regverdig is.

God is Regverdig Lees Psalm 35:24, Psalm 50:6 en Jesaja 5:16

Voordat ons mooi kan verstaan wat dit beteken om reg op te tree, moet ons eers die bron van regverdigheid verstaan. Net God is werklik regverdig. Wanneer ons sê God is regverdig, beteken dit dat, in sy Alwysheid en Alwetendheid, Hy op elke gegewe oomblik weet wat die volle Waarheid is.

God se regverdigheid word ook gekoppel aan sy Heiligheid. Omdat God volkome heilig is, is daar geen fout in sy mondering en karakter nie. God se denke is nie besoedel met sonde nie en Hy word ook nie versoek nie. Wanneer ons dan sê God is

regverdig as gevolg van sy heiligheid, beteken dit dat God REG oordeel en nie foute maak wanneer Hy ‘n beslissing maak nie.

Page 39: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #3: Is dIt reg?

37

GESPREKSVRAAG: Lees Numeri 23:19 en Psalm 145:17. Watter lesse leer ons van God se karakter in hierdie twee verse? Hoe het dit ‘n impak op ons lewens? _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

God regverdig ons deur Geloof Lees 1 Korintiërs 15:2 en Efesiërs 2:8

In die voorafgaande gedeelte het ons vir mekaar gesê dat God absoluut regverdig is. Lees nou die volgende verse en skryf elke keer die betekenis van die betrokke vers neer:

Jesaja 64:6 ______________________________________

Romeine 3:10 ______________________________________

Romeine 3:23 ______________________________________

Romeine 6:23 ______________________________________

Johannes 1:12 ______________________________________

Romeine 5:1-2 ______________________________________

Hierdie verse is juis so gerangskik sodat ons kan sien dat ons vroeër almal sondaars was. Ons was die teenoorgestelde van REG: ons was VERKEERD – vuil, vol sonde en op pad hel toe!

Daar was egter ‘n dag wat die Here ons op die naam geroep het (Jes 43:1) en gesê het: “Jy is myne!”. Daardie dag het daar ‘n wonderwerk in ons harte gebeur: ons het ons geloof in die Here Jesus gestel! In geloof het ons die Here Jesus aangeroep tot redding – en elkeen wat die Naam van die Here Jesus aanroep, sal gered word (Hand 2:21).

Daardie dag het die Here ons gered en ons regverdig kom

Page 40: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

38

maak. Die Vader het die versoeningswerk van Christus vir my kom toereken. Ek kry dus deur die kruis, deur my Geloof in Christus, deel aan God se regverdigheid. Ek word geregverdig deur my geloof in Christus Jesus.

GESPREKSVRAAG: Lees Hebreërs 10:22. Watter implikasie het hierdie regverdigmaking op my lewe? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Ons Lewe daarom nou regverdig Lees 1 Johannes 2:29

Noudat ek gered is en Christus se regverdigheid my toegereken word, wil ek nie meer lewe soos ek vroeër gelewe het nie. Ek wil nou REG lewe. Die ou lewe met die ou begeertes word nou doodgemaak in my lewe.

Regverdigmaking is daarom nie net iets wat die Here aan my kom doen nie. Regverdigmaking is nie ‘n einde op sigself nie – dit lei na ‘n lewe van Regverdigheid! ‘n Gelowige streef daarna om in alles reg te lewe voor die Here.

GESPREKSVRAAG: Lees 2 Korintiërs 5:17-19. Lees hierdie verse baie aandagtig deur. Wat is dit wat Paulus vir ons sê? Waarom is dit so belangrik? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Toets #3: Is dit Reg? Lees 1 Johannes 3:7

Dit bring ons dan nou by die derde toets. Is dit wat ek nou wil

Page 41: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #3: Is dIt reg?

39

doen REG? Is dit regverdig teenoor die mense wat dit hoor en sien? Is dit regverdig teenoor Christus wat my gered het? Is dit regverdig teenoor die gemeente van Christus?

Hierdie is ‘n belangrike toets vir ons om te sien of ek mag deelneem aan ‘n praktyk, aksie of gesprek. Dit is natuurlik ook van toepassing op hoe ek die internet gebruik.

GESPREKSVRAAG: Lees Efesiërs 4:17-18. Watter beroep doen Paulus op ons in hierdie verse? Hoe is dit relevant tot hierdie toets waarna ons kyk? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

In die Here Jesus word ons geregverdig. Die dag toe elkeen van ons ons geloof in Christus gestel het, het ons verlossing ontvang. Dit beteken Christus kom neem my skuld weg en kom verklaar my skuldvry voor die Vader.

Ons reaksie op hierdie wonderwerk behoort te wees dat ons in dankbaarheid REG lewe. Hierdie regverdigheid spoel uit in elke faset van my lewe.

Page 42: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

40

WEEK 4

Iets om te onthou

In Christus is ons nou geregverdig. Dit dring my om REG te lewe in elke faset van my lewe.

Vers om te onthou

“Aangesien julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat regverdig lewe, ’n kind van God is.”

(1 Joh 2:29)

Vraag om oor na te dink

Hoe reflekteer God se regverdigheid in my lewe? Watter faset van my lewe kort regstelling?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, dankie dat U die Here Jesus gestuur het om my van myself en my sonde te kom verlos. Dankie dat ek nou in

Christus regverdig gemaak is. Help my om U regverdigheid in elke aspek van my lewe te reflekteer. AMEN.

Page 43: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #3: Is dIt reg?

41

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 44: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

42

Page 45: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

43

“Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle

gewete is besoedel.” (Titus 1:15)

“A person who is not being purified from sin has no claim on being saved from it.” – John MacArthur

WEEK 5

Inleiding

Ons is besig om te kyk na Paulus se woorde in Filippense 4:8:

“Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.”

Tot dusvêr het ons vir mekaar gesê dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons denke. Ons mag nie die wêreld toelaat om ons te beïnvloed en ons denke te vorm nie. Ons het gekyk na die eerste drie toetse.

Internet vir ChristeneToets #4: Is dit Rein?

Page 46: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

44

Vandag kom ons by die volgende toets waarvan ons in Filippense 4:8 lees:

Toets #4: Is dit Rein?

Tema teks: 1 Timoteus 1:3-7 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

In hierdie gedeelte dring Paulus by Timoteus aan om in Efese te bly. Daar is mense wat vals leerstellings verkondig. Hulle is besig om met die gelowiges te stry oor geslagsregisters en allerhande verdigsels.

Hierdie dinge maak dat mense aan die stry gaan en dit trek hulle aandag van Christus af. In vers 5 sê Paulus ook wat sy doel is met die skrywe: “Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ’n rein hart kom...”

Wat is Reinheid? Lees Hebreërs 9:13-14

In die Ou Testament lees ons gereeld dat daar diere geoffer was en dat hulle bloed gesprinkel was in die teenwoordigheid van die Here, op die altaar en op mense (Lev 4:17, Lev 5:9, Lev 14:7). Dit was ‘n reinigingsritueel. Die betekenis hieragter was dat ‘n onskuldige dier se bloed gevloei het vir die sonde van die volk of ‘n persoon.

In die Nuwe Testament lees ons dat die Here Jesus die Lam van God is (Joh 1:29). Dit is die Here Jesus se bloed aan die kruis wat ons harte en gedagtes kom reinig. Soos in vorige studies bespreek, het God ons in Christus geregverdig. Dit beteken ons word Christus se regverdigheid toegereken. Hierdie is die volgende implikasie – ons is nou skoon gewas. Ons staan nou rein voor die Vader!

Page 47: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #4: Is dIt reIn?

45

GESPREKSVRAAG: Lees 1 Johannes 3:3. Wat het ons geleer rondom reinheid in die voorafgaande gedeelte? Wat, volgens Johannes, moet ons nou doen? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Vlug van alles wat Verkeerd is Lees 2 Timoteus 2:22

Nie net hou ons onsself rein voor die Here deur ons te weerhou van die verkeerde pad nie, ons doen ook iets aktief: ons vlug van die verkeerde pad. Die Ou Vertaling stel 2 Timoteus 2:22 so: “Vlug van hierdie dinge weg”.

Dit is daarom belangrik dat ons ons nie net sal weerhou van die verkeerde nie, maar ook daarvan sal wegvlug – niks daarmee te doen sal hê nie. Ons reinheid in Christus is te kosbaar vir ons. Ons wil ons nie weer laat besoedel deur die verkeerde pad nie.

GESPREKSVRAAG: Lees Psalm 24:3-4. Dawid maak dit duidelik dat reinheid vir die Here belangrik is. Wat leer ons uit hierdie verse? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Onthou, die Vyand is listig Lees 1 Petrus 5:8

Ons moet deeglik daarmee rekening hou dat ons ‘n vyand het. Hierdie vyand is nie tevrede dat ons nou in ‘n herstelde verhouding met die Vader staan nie. Hy sal alles in sy vermoë

Page 48: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

46

doen om ons te laat struikel en te laat val.

Daarom moet ons op ons hoede wees. Ons moet juis ons reinheid in die Here bewaar. Dit doen ons deur nugter en wakker te wees!

GESPREKSVRAAG: Lees 1 Timoteus 4:12. Wat is die impak op ons lewens? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Toets jou Hart en Gedagtes Lees 1 Timoteus 1:5

Dit bring ons dan nou by die vierde toets: Is dit Rein?

‘n Kind van die Here behoort sy hart, gedagtes en motiewe te toets. Voordat ek aanlyn aan die skryf gaan en allerhande items op Whatsapp deel, is dit rein?

Die Here Jesus het ‘n duur prys betaal! Dit was sy bloed aan die kruis waarmee ons lewens skoon gewas is. Daarom moet dit wat ek sê, doen en deel in lyn wees met my roeping tot reinheid.

As iets nie die reinheidstoets slaag nie, moet ek vlug daarvan en nie deel daarin nie. As dit my hoorders kan benadeel en hulle weg kan lei van die pad van reinheid, vlug ek daarvan.

GESPREKSVRAAG: Lees 1 Korintiërs 5:7-8. Wat is die suurdeeg waarvan Paulus praat? Wat moet ons doen met hierdie suurdeeg? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 49: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #4: Is dIt reIn?

47

Opsomming:

Christus se bloed het ons kom Reinig van ‘n ou, vrot en stukkende lewe. Vroeër was ons lewens gekenmerk aan alles wat hierdie wêreld opdis. Die Here het ons kom skoon was. Ons is nou verlos!

Hierdie lewe is daarom nou ‘n nuwe lewe. Ons keer nie meer terug na die ou lewe nie.

Page 50: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

48

WEEK 5

Iets om te onthou

Christus het my kom skoon was in Sy bloed. Ek staan nou skoon voor die Vader.

Vers om te onthou

“Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.” (Ps 51:12)

Vraag om oor na te dink

Hoe wys my lewe dat ek nou skoon gewas is in Christus?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, dankie vir die genade wat U vir my betoon het. U het my in Christus kom reinig. Help my om te leef soos iemand

wat skoon gewas is. AMEN!

Page 51: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #4: Is dIt reIn?

49

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 52: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

50

Page 53: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

51

“U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.” (Psalm 16:11)

“Do all the good you can, by all the means you can...” – John Wesley

WEEK 6

Inleiding

Ons is besig om te kyk na Paulus se woorde in Filippense 4:8:

“Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.”

Ons het verlede week gekyk na die vierde toets: Reinheid. Voordat ek deelneem aan gesprekke, moet ek myself vra: “Is dit rein?” Ons het ook gesels oor die prys wat die Here Jesus betaal het om ons van sonde te reinig. Ons mag daarom nie terugkeer en onsself weer besoedel nie.

Internet vir ChristeneToets #5: Is dit Mooi?

Page 54: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

52

Vandag kom ons by die volgende toets waarvan ons in Filippense 4:8 lees:

Toets #5: Is dit Mooi?

Tema teks: Psalm 19:9-15 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Hierdie woord vir “mooi” (προσφιλῆ) wat Paulus gebruik in Filippense 4:8, word nie algemeen in die Nuwe Testament gebruik nie. Paulus sê dat ons aandag doelbewus gevestig moet wees op alles wat mooi is.

Hierdie mooi het 3 moontlike betekenisse en ons gaan na al drie kyk en ook elkeen van toepassing maak op vandag se studie. Ons gaan elke betekenis in ‘n vraag stel as deel van ons toets.

Betekenis #1: Is dit Deeglik?

Lees Psalm 17:3

Wat ‘n interessante vraag om te vra! Dawid sê: “Here, as U my hart deeglik (of dan mooi) sou deursoek, sou U nie sonde in my hart kry nie!” In hierdie geval vra Dawid dat die Here hom deeglik moet deursoek en hom onskuldig moet verklaar.

Onthou, ons is besig om te kyk na verskillende Toetse. Ons toets enigiets wat ons toelaat in ons harte en gedagtes aan Filippense 4:8. Voordat ek iets met iemand in persoon of aanlyn deel, doen ek eers hierdie interne toets. Om hierdie gedagte vas te maak aan ons vyfde toets, sou ons kon vra: “Het ek deeglik seker gemaak?” of “Het ek mooi seker gemaak van wat ek sê?”

Page 55: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #5: Is dIt MooI?

53

GESPREKSVRAAG: Lees Galasiërs 6:4-5. Wat sê Paulus moet ons doen? Watter waarskuwing gee hy in vers 5? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Betekenis #2: Is dit Aanneemlik? Lees Romeine 12:1

Ons eerste prioriteit as gelowiges is om ‘n lewe te leef wat vir God aanneemlik is. Dit beteken in al ons doen en late moet ons vra of dit wat ons doen, aanvaarbaar is vir die Here.

Maar ons het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die mense om ons. Ons moet ons denke en harte fokus op alles wat mooi is. Met ander woorde, dit wat vir God aanneemlik en aanvaarbaar is, dit is eintlik wat mooi beteken.

Die mooiheid waarop ek my gedagtes fokus, spoel dan oor na my hele lewe en ook na die mense om my. Amper soos ‘n koppie wat oorloop in ‘n piering, net so loop ons lewens oor van God se aangenaamheid, en die mense om ons vind baat daarby.

Die mooiheidstoets lê dan hierin: Wat is vir God goed en aanneemlik en aanvaarbaar? Daarop fokus ons dan ons lewens.

GESPREKSVRAAG: Lees Romeine 12:1-2. Dink weer oor hierdie verse. Watter waarhede kan ons vir ons alledaagse lewe hieruit haal? _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 56: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

54

Betekenis #3: Is dit Aangenaam? Lees Spreuke 15:26 en 16:24

Salomo sê aangename woorde is soos heuning en het krag om te kan genees. Ons lees dat, toe Jesus die mense in die Sinagoge geleer het in Lukas 4:22, het die mense die profesie oor Jesus aangenaam ervaar.

Kom ons maak dit duidelik: Ons maak nie die evangelie vir mense aanvaarbaar sodat meer mense kerk toe moet kom nie. Ons probeer nie die evangelie “mooi” maak nie, want dit sal ‘n groot oneer wees vir God, maar ook vir die mense wat verlore gaan omdat ons dwaallering verkondig.

Wat ons wel doen, is om ons woorde te ondersoek en seker te maak dat dit mooi en goed en aangenaam vir ons hoorders is. Dit is altyd belangrik om te onthou dat die mense wat ons woorde hoor, hetsy dit mondelings of deur middel van ‘n ander platform soos Whatsapp, Facebook, e-pos of sms is, dit altyd mooi en aangenaam moet ervaar.

GESPREKSVRAAG: Lees weer Spreuke 16:24. In die voorafgaande gedeelte lees ons van die waarde van aangename woorde. Gee praktiese voorbeelde van hoe dit waar kan wees: _______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

In vandag se studie het ons vir mekaar herinner dat dit wat ons met mense deel, altyd Mooi moet wees. Wanneer ons sê dit moet mooi wees, beteken dit nie ons verdun die waarheid met mooi woorde nie. Glad nie!

Page 57: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #5: Is dIt MooI?

55

Wat ons wel sê, is dat ons altyd moet seker maak dat ons woorde en dit wat ons met mense deel op alle plekke in ons lewens, altyd aangenaam, goed en aanneemlik behoort te wees. Dit wat uit ons mond kom, moet altyd gesinkroniseerd wees met die verlossing wat ek in Christus ontvang het.

Page 58: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

56

WEEK 6

Iets om te onthou

Ons woorde moet altyd Mooi wees. Sulke woorde het krag om te genees en heel te maak.

Vers om te onthou

“Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.” (Ps 19:15)

Vraag om oor na te dink

Gebruik ek my woorde om mense aan te moedig en te bemoedig?

Wys die woorde wat ek gebruik dat my verlossing in Christus eg is?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, help my dat die woorde wat ek gebruik altyd van goeie smaak getuig en altyd aanneemlik vir U sal wees. Leer my deur

u Gees om só te praat en my woorde só te kies dat mense U goedheid sal beleef. AMEN!

Page 59: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #5: Is dIt MooI?

57

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 60: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

58

Page 61: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

59

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

(Matt 5:16)

“When the heart full of God’s love can draw on the mind full of God’s word, timely blessings flow from the mouth.”

– John Piper

WEEK 7

Inleiding

Welkom by die laaste sessie. Lees asb. die “Reguit Woorde” gedeelte wat net hierna volg. Hier gaan ons seker maak dat ons die implikasie verstaan van hierdie ses toetse.

Ons maak vandag klaar met ons reeks waarin ons kyk na Paulus se woorde in Filippense 4:8:

“Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet

julle julle gedagtes rig.”

Internet vir ChristeneToets #6: Is dit Prysenswaardig?

Page 62: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

60

Vandag kom ons by die laaste toets waarvan ons in Filippense 4:8 lees:

Toets #6: Is dit Prysenswaardig?

Tema teks: Matteus 5:13-16 Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n kans te gee om leeswerk te doen.

Jesus is besig om sy dissipels te leer. Hierdie hele gedeelte, Matteus 5-7, staan bekend as die Bergpredikasie. In hierdie belangrike gedeelte maak Hy aan die dissipels duidelik watter rol hulle gaan speel. Hulle is die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld.

Dit is daarom vir hulle belangrik om te let op hulle lewe. Hulle kan nou nie meer lewe soos hulle wil nie. Daar gaan altyd oë op hulle wees. Hulle is dalk eenvoudige mense, maar hulle is deur God geroep om die Evangelie na die wêreld uit te dra.

Paulus ondersteun hierdie gedagte wanneer hy sê: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.” (Fil 2:4) Ons is nie meer net gewone mense nie – ons is dissipels. Alles wat ons sê, doen of dan ook aanlyn deel, maak saak!

Ons het daarom nog een laaste toets wat ons moet doen voordat ons iets sê of aanlyn deel: Is dit Prysenswaardig? Hoe weet ons iets is Prysenswaardig? Kom ons kyk na die volgende vrae...

Bring dit Eer aan die Here? Lees Romeine 14:7-8

Om te weet of iets prysenswaardig is, moet ons begin deur te kyk of dit eer bring aan die Een wat die volle prys werd is – ons God! Soos Paulus in Romeine sê, ons lewe tog nie vir onsself

Page 63: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #6: Is dIt PrysenswAArdIg?

61

nie. Ons lewe mos nou vir die Here.

In vers 8 gaan Paulus verder deur te sê: “Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.” In ons hele lewe moet ons eer bring aan die Here.

Dit is soveel te meer van toepassing in hoe ons die alledaagse lewe benader, asook hoe ons aanlyn optree. Hierdie is ‘n belangrike vraag om te vra: “Dit wat ek nou van plan is om te doen of te sê, bring dit eer aan die Here?”

GESPREKSVRAAG: Lees Efesiërs 5:10-11. Wat sê hierdie verse? Hoe skakel hierdie verse in by die gedagte dat wat ons doen of sê, prysenswaardig moet wees? _________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Bevorder dit die Koninkryk van die Here? Lees Matteus 6:33

Ons moet eers die Koninkryk soek in ons lewens. Hierdie gedeelte handel oor ons behoeftes. Soek eers God se koninkryk en Hy sal vir ons gee wat ons nodig het. Wat ‘n wonderlike troos – die Here sal vir ons sorg. Ons moet ons oë net op Hom hou.

Dit strek egter dieper. Ons lewens moet ingestel wees op God se koninkryk. Ons moet lewe met ‘n Koninkryksagenda. Dit beteken dat ons onsself gedurig moet afvra: “Wat is dit wat die Here wil bereik in my lewe?” en “Hoe bevorder ek die Here se agenda in my lewe en in my gemeenskap?”.

Wanneer ek lewe met die strewe om God se koninkryk eerste te stel in alles in my lewe, is my lewe gerat om God se koninkryk te bevorder.

Page 64: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

62

GESPREKSVRAAG: Lees Hebreërs 12:28-29. Wat leer ons van God se koninkryk in hierdie vers? Wat leer ons oor God? Wat sien ons is ons verantwoordelikheid in hierdie verse? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Bou dit die Kerk van Christus? Lees 1 Korintiërs 10:23-24

Nog ‘n belangrike kwalifikasie vir iets om prysenswaardig te wees, is om te vra of dit die kerk van Christus bou. In die Ou Vertaling word die woord “stig” gebruik (1 Kor 10:23).

Daar is mense wat sê: “Maar ons het vryheid – alles word ons toegelaat”, maar Paulus wys daarop dat nie alles wat toelaatbaar is die kerk stig nie. Ons het ‘n verantwoordelikheid om só op te tree dat die kerk van Christus baat vind by ons aksies.

GESPREKSVRAAG: Lees Efesiërs 4:15-16. Wat moet ons doen volgens hierdie verse? Wat sal die resultaat wees volgens vers 16? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Versprei dit ‘n Lieflike Geur in die wêreld? Lees 2 Korintiërs 2:14-15

Dit wat ons doen en sê, moet aan die einde van die dag ‘n lieflike geur wees vir die mense in die wêreld. Dit moet die vermoë hê om mense na Christus toe te trek. Indien dit nie daardie krag het nie, is dit nie juis prysenswaardig nie. Vir iets om prysenswaardig te wees, moet dit tog van hoë geestelike gehalte wees.

Page 65: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #6: Is dIt PrysenswAArdIg?

63

Dit is ons taak om die evangelie uit te dra en elke geleentheid daarvoor te gebruik. Soms doen ons dit reguit en soms doen ons dit strategies. Alles wat ons doen, moet vir mense wat nog buite is, die geleentheid gee om by ons rede te soek vir die hoop waarin ons lewe. Ons moet altyd gereed wees met die antwoord (1 Pet 3:15).

GESPREKSVRAAG: Lees Kolossense 1:28. Dink weer oor die verse wat ons in hierdie gedeelte gelees het. Watter beeld behoort ons na hierdie wêreld uit te straal? Waarom is dit belangrik? ___________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Opsomming:

Elkeen van ons moet baie bewus wees van die mense met wie ons elke dag in aanraking kom. Dit moet ons missie wees om so op te tree dat alle mense uitgedaag sal word om ‘n dieper verhouding met Christus te bou. Hierdie toets: Is iets wat ek wil doen of sê prysenswaardig?, is ‘n belangrike toets. Dit help my om vlymskerp te fokus op God se wil en koninkryk.

Page 66: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

64

WEEK 7

Iets om te onthou

Wanneer ek my lewe instel om God te eer, sal alles wat ek doen outomaties prysenswaardig wees.

Vers om te onthou

“Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd; die gedagtes van die goddelose is min werd.” (Spr 10:20)

Vraag om oor na te dink

Hoe kan ek my lewe meer en meer instel om God te eer en sy koninkryk eerste te stel?

Watter dinge in my lewe is nie prysenswaardig nie en wat moet ek daaromtrent doen?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Gebed om te bid

Vader, help my vandag om U te eer in woord en daad. Help my dat ek U sal eer in elke aspek van my lewe en dat dit ‘n lieflike geur sal afgee, die lieflike geur van Christus Jesus.

AMEN

Page 67: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

toets #6: Is dIt PrysenswAArdIg?

65

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Page 68: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

66

Page 69: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

67

Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het.” (Op 2:5)

“Good words are worth much, and cost little.” – George Herbert

“Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.” (Spr 18:21) – Salomo

Laaste gedagtes

Salomo se woorde is so waar. Die tong het die vermoë om soveel goed te doen, maar dit het ook die vermoë om soveel kwaad, seer en skade te doen.

In die digitale, tegnologiese tyd waarin ons lewe, word baie woorde gesê, nie met die tong nie, maar met die vingers! Die potensiële krag daarvan is egter nie minder nie. Dit was Edward Bilwer-Lytton wat in 1839 gesê het: “The pen is mightier than the sword!” Hierdie woorde was nog nooit so waar in die geskiedenis soos nou nie.

Internet vir ChristeneReguit Woorde – vanuit die Hart

Page 70: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

68

In ons vingers en op ons rekenaar se sleutelbord of op ons slimfoon se skerm is die krag om goed of kwaad te doen, op te bou of af te breek, te komplimenteer of te beledig en om te verkondig of te verwilder.

WAARSKUWING

In hierdie gedeelte is dit nodig om reguit te praat en seker te maak ons almal verstaan presies waaroor hierdie Bybelstudieboekie gaan.

Ons almal gebruik graag Facebook, Whatsapp, Twitter en allerhande ander sosiale platforms. Dit is uiters belangrik om dit verantwoordelik te gebruik. As kind van die Here gaan dit nooit net oor my nie. Wat ek sê en doen reflekteer altyd op my geloof en op die Here Jesus.

Bedink hierdie volgende verse asseblief biddend:

Matteus 12:36 – Ek bly verantwoordelik vir my woorde

“Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.”

Baie mense beskou sosiale media as ‘n plek waar hulle kan sê wat hulle wil sê en hoe hulle dit wil sê sonder enige gevolge.

As kinders van die Here moet ons weet ons staan altyd verantwoordelik vir wat ons sê, of dan skryf. Omdat ons ambassadeurs is van die Allerhoogste, het dit wat ons sê impak, soms ewigheidsimpak.

Efesiërs 5:4 – Gebruik net gepaste woorde

“Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.”

Page 71: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

reguIt woorde – vAnuIt dIe hArt

69

Lees ook Efesiërs 4:29. Gelowiges is skoon gewas in die bloed van die Lam. Die Here Jesus het ons kom reinig. Daarom mag vuil taal, vuil grappies, kru taal en beledigings nie meer by my mond of pen uitkom nie.

Wat ek op sosiale media plaas, moet altyd die Here Jesus se goedkeuring wegdra. Onthou Paulus se woorde in Efesiërs 5:10:

“Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is”.

Efesiërs 4:25 – Bly altyd by die waarheid

“Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam.”

Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie dat, voordat ek enigiets deel, ek my bronne moet nagaan. Daar is goed, maar ook soveel sleg en soveel leuens op die web. Christene mag nie deel hê om dit te versprei nie.

Onthou, Satan doen homself voor as ‘n engel van die lig (2 Kor 11:14). Dit beteken hy verdoesel homself in goed wat waar lyk. As iets waar lyk, maar die bronne kan nie bevestig word nie, mag ons dit nie deel nie.

Ongelukkig deel selfs predikante goed sonder om seker te maak dat dit die waarheid is. Dit doen oneindig baie skade. Ons kan mos nie die waarheid en die leuen saam verkondig nie. Die verskoning dat ons nie geweet het nie, is net nie goed genoeg nie. As daar nie absolute sekerheid is of iets die waarheid is nie, moenie dit deel nie.

1 Korintiërs 8:13 – Moenie mense laat struikel nie

“As ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.”

Page 72: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

Internet vIr ChrIstene

70

Alhoewel Paulus oor kos praat, is sy gesindheid dat ons nie enigiets moet doen wat iemand kan laat struikel nie. Dit is waarom dit so belangrik is om te let op ons lewens.

Dit is ook wat Romeine 14:7-8 sê. Ons lewe nie meer vir onsself nie, maar ons lewe tot eer van die Here. Dit behoort ons lewensfilosofie te wees.

Opsomming:

Ons lewe in ‘n dinamiese tyd. Dit wat vandag nuut en duur is, sal oor 2 jaar van nou af oud en waardeloos wees. Die tye verander vinnig.

In hierdie tye van verandering en onsekerheid het ons goeie nuus – die Evangelie van Jesus Christus! Die evangelie word nie oud nie en behou sy waarde. Hierdie ewige waarheid, dat Jesus Christus sondaars wil red van verlorenheid, het nie verander nie. Die kruis is steeds relevant, die evangelie is steeds relevant. Dit is ons werk om te vertel (Matt 28:19-20)!

Dit is waarom dit so belangrik is dat ons moet seker maak dat alles wat ons doen, of dit nou per e-pos, sms, Facebook, Snapchat, Instagram of Twitter is – watter voorkeurmedium daar ook al mag wees – in lyn is met die evangelie van Jesus Christus, ons Hoof en Leidsman! AMEN!

“Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd.”

Efesiërs 5:16

Page 73: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

71

Slotwoord

Die afgelope paar weke het ons sinvol gesels oor die kind van God se geestelike posisie in die hantering van die internet en sosiale media.

Die gebruik en aanwending van die media-masjien kan van groot waarde wees, maar dan moet dit baie versigtig en oordeelkundig benader word.

Met die wenke en toerusting in hierdie boekie vervat, gebruik dit nou vir jouself en die wat jy mentor. Daar moet veral gefokus word op jong kinders en tieners wat vroeg met selfone en rekenaars te doen kry. Onthou, ‘n selfoon open ‘n onbeheerbare platform wat ‘n groot gevaar inhou vir oningeligtes. Toets ook gereeld jou eie benadering deur dikwels na hierdie Bybelstudie te verwys.

Mag die Here jou seën met groot wysheid en insig sodat jy, deur die hantering van die internet, Facebook, Whatsapp en ander verwante media-platforms, steeds ‘n lewende getuie vir God kan wees. Wees versigtig met dit waaroor jy skryf en die gesprekke waaraan jy deelneem.

“U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.” (Ps 16:11)

Die Here seën U

Chris Heunis

Page 74: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

72

Ander Bybelstudies

5 Solas - 5 Ankers

Daar is vyf ononderhandelbares vir ons geloof wat gedurende die Protestante Reformasie gedefinieer is. In hierdie reeks bestudeer ons die 5 Ankers en ons maak seker dat ons geloof hierin geanker en gewortel is.

Genesis

Die Ou Testament en Genesis is nét so van toepassing vandag. In hierdie studie kyk ons na Genesis deur die bril van die Nuwe Testament en bied ‘n verfrissende perspektief op die belangrikheid van Genesis in ons geloof.

Volg My

Dissipelskap is elkeen van ons se ware roeping. Hierdie studie volg die dissipels van waar hulle geroep is tot waar hulle uitgestuur is. Dit bied ‘n uitdaging aan ons as Christene om onsself af te vra: “Volg ons Jesus werklik?”

Page 75: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

73

Karakter van God

‘n Studie van God se karaktereienskappe. Deur na God se karaktereienskappe te kyk, leer ons God beter ken en verstaan ons beter wat God van ons verwag.

Dis Oorlog

‘n Verfrissende studie oor die Christen se Wapenrusting. Wanneer dit kom by Geestelike Oorlogvoering is daar baie wanopvattings daar buite. Hierdie studie bied ‘n eenvoudige, Bybelse benadering tot hierdie onderwerp.

Kindskap

Wat beteken dit om ‘n kind van God te wees? Hierdie studie kyk na hoe ons ons identiteit in Christus vind en ons kindskap aanvaar.

Page 76: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

74

Jabes

Hierdie studie bied ‘n nuwe blik op Jabes se gebed waar dit weg beweeg van voorspoedteologie. Jabes se gebed word besigtig vanuit ‘n Nuwe Testamentiese perspektief. Ons kyk na die belangrikheid van gebed en ‘n goeie verhouding met die Vader.

Waardes

Waardes definieer ons lewens en is soos ‘n kompas wat ons op die regte pad hou. In hierdie studie kyk ons na die waardes wat ons op die pad van die Woord hou en hoekom waardes belangrik is in ons lewens.

Waarde van die Woord

Sekularisme het ons lewensbenadering baie kom verander. Ook die hoofstroom kerk het ongelukkig nou ‘n meer liberale teologiese aanslag. Hierdie studie daag ons uit om die Bybel weer as die Woord van God te ag en daarvolgens te lewe.

Page 77: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

75

Vir Botter of vir Wors

Die huwelik is bedoel om “For Better or for Worse” te wees. In hierdie studie kyk ons na relevante onderwerpe waarmee getroude paartjies gekonfronteer kan word. Doen hierdie studie as ‘n voorhuwelikse of huweliksverrykingskursus.

Page 78: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

76

Page 79: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

77

Page 80: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

78

Page 81: Internet vir Christene vir Christene...Vir die volgende 7 weke gaan elkeen van ons uitgedaag word om die manier waarop ons die internet gebruik, te heroorweeg. Christene behoort nie

79