12
1 Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za 29 Augustus 2014 LENTE 2014 Dit is aanstaande Maandag die 1ste September en amptelik Lentedag ons verwelkom hierdie nuwe seisoen van lewe en groei met ope arms! Mag jy ook die bruising en erergie van nuwe lewe ervaar... Beste Vrypossers DIE DAF GROET!: Mnr André Esterhuizen, vanaf 1 Januarie 2010, die Direkteur: Administrasie en Finansies van die NG Kerk Vrystaat, het nou sy aftrede bereik en groet na 35 jaar diens, die Sinodale Kantoor op 31 Augustus 2014. Hy was ook die afgelope twee jaar die Redakteur van Vrypos. Namens al die lesers van Vrypos, wil ons graag vir André ‘n geseënde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou geniet mekaar, julle kinders en ook die kleinkinders! Die Esterhuizens bly aan in Bloemfontein en het

Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

  • Upload
    lethuan

  • View
    221

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

1

Jaar 11 - Uitgawe 28

Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

29 Augustus 2014

LLEENNTTEE 22001144 Dit is aanstaande Maandag die 1ste September en amptelik Lentedag – ons verwelkom hierdie nuwe seisoen van lewe en groei met ope arms! Mag jy ook die bruising en erergie van nuwe lewe ervaar...

Beste Vrypossers

DDIIEE DDAAFF GGRROOEETT!!:: Mnr André Esterhuizen, vanaf 1 Januarie 2010, die Direkteur: Administrasie en Finansies van die NG Kerk Vrystaat, het nou sy aftrede bereik en groet na 35 jaar diens, die Sinodale Kantoor op 31 Augustus 2014. Hy was ook die afgelope twee jaar die Redakteur van Vrypos. Namens al die lesers van Vrypos, wil ons graag vir André ‘n geseënde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en ook die kleinkinders! Die Esterhuizens bly aan in Bloemfontein en het

Page 2: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

2

reeds na ‘n aftree-oord verhuis – ons beste wense vergesel julle op hierdie nuwe fase van julle lewe...

NB! Neem asseblief ook kennis dat mnr Esterhuizen se huidige e-posadres, [email protected] vanaf 1 September 2014 verval en dus nie meer in gebruik gaan wees nie. Mnr Hennie de Lange, wat in sy pos aangestel is, se e-pos adres is [email protected] en tel nr 051 406 6700 – rig asseblief toekomstige navrae, ensovoorts aan hierdie adres.

11.. DDAANNKKBBAAAARR VVIIRR DDIIEE BBYYBBEELL IINN OONNSS TTAAAALL:: Mims Turley, Hoof - Kommunikasie van die Bybelgenootskap van SA, berig soos volg: Eerskomende Sondag, 31 Augustus 2014, kry baie Suid-Afrikaners die geleentheid om opnuut op die Bybel te fokus. Verskeie kerkgenootskappe in die land vier dan Bybelsondag en gebruik dié dag om die Here veral te dank vir die Bybel in moedertaal – klik hier om verder te lees.

22.. GGEEMMEEEENNTTEESS BBIIEEDD AAAANN:: Ons Vrystaatse gemeentes is omtrent bedrywig... ondersteun waar

jy kan!

KYK OOK BY PT 10 (HERHALINGS): Daar vind heelwat gebeure by verskeie gemeentes plaas wat reeds voorheen in Vrypos geadverteer is – loer gerus daar.

NG BLOEMVALLEI - BASAAR: Hierdie gemeente (geleë oppad na Maselspoort), hou Vrydag 29 Augustus 2014 vanaf 16:00, hul jaarlikse basaar. ‘n “Steak”-ete (200g biefstuk met sampioensous, paptert, mengel- en koolslaai en ‘n rolletjie met botter) @ R50pp, is van die winskopies wat aangebied word. Die gewone lekker eetgoed en allerlei lekkernye met heelwat vermaak vir die kinders, word ook aangebied. Bring gerus die hele familie om ‘n heerlike basaar met ‘n plattelandse atmosfeer te kom geniet! Vir navrae, kontak ds Henk by 083 338 2118, of skakel die kerkkantoor, 051 441 7794 (k/u 08:15 – 13:00), of ook 079 538 8536.

NG UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK) - MUSIEKAAND: Die bekende gospelsanger, Piet Smit tree Vrydagaand 5 September 2014 vanaf 19:00 in die kerkgebou op (geleë h/v De Bruyn- en Van Schalkwykstr, Universitas). Die vertoning is gratis, ‘n kollekte ten bate van die Stranddienstespan, sal wel opgeneem word.

NG ROUXVILLE - GEMEENTEFEES: Dié gemeente in die Suid-Vrystaat hou op Saterdag 6 September 2014 hul Gemeentefees. Soos altyd, is dit grootliks ‘n MAAG-delike fees met baie eetgoed. Ontbyt word vanaf 07:30 bedien en as dit jou innerlike nie gevul het nie, kan jy ook pannekoek, vetkoek, koeke, terte en nog baie meer teen uiters lae pryse aankoop. Kom koop gerus geskenke vir Kersfees, die huis, of vir jouself – daar sal ook heerlike plaasvleis in alle snitte beskikbaar wees! Hierdie is plattelandse gasvryheid op sy beste!

NG UITSIG – OPPI-KOPPI FIETSFEES: Lyk die ou op die fiets nie bekend nie...?

Datum: Saterdag 6 September 2014 vanaf 09:00 by hul kerkgebou te Werdasingel 20, Uitsig. Die volgende lekker kos kan gekoop word: Pannekoeke, hamburgers, sosaties, boeredog en lewertjies, kerrie en rys en Bunny Chow’s, poeding, Chip Twisters...

Hope pret vir kinders - baie motorfietse en toertjies sal te sien wees, vir inskrywings hiervoor, kontak vir Phillip Eloff by 082 561 2332, of vir Annelize by 072 109 6498. ‘n Fotokompetisie word ook aangebied – skryf foto’s in wat jy self geneem het @ R10 per foto (dit kan foto’s van fietse wees, of enige ander foto, ook met selfoon geneem). Foto’s kan enige grootte wees, net nie digitaal nie – kontak vir ds Hein Kotzé op 082 465 1402.

Page 3: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

3

NG ESTOIRE – THE AMAZING RACE:

NG VIRGINIA – HIGH TEA: Kaartjies vir hierdie geleentheid is by die kerkkantoor beskikbaar, skakel 057 212 5524 (k/u Di-Vr 08:30 – 13:00) – vir meer inligting, skakel vir Obie Vermeulen by 072 407 9950.

MET: Brenda Myburgh

Saterdag 6 September 2014

9h30 vir 10h00

R100

Virginia Volkskool

NG UNIVERSITAS-WES (ROOIKERK) – LLEENNTTEETEE: Hierdie geleentheid met die uiters gewilde Elsabé Aldrich as die gasvrou, word op Saterdagoggend 6 September 2014 vanaf 09:30 in die kerksaal aangebied. Kaartjies is R100pp en die opbrengs gaan ten bate van die projek, Help save a child’s future van Huis Carpe Diem en Ons Kinderhuis.

NG BERG EN DAL – ORRELOPVOERING: Die opvoering wat deur Deon Lamprecht uitgevoer gaan word vind op Sondagaand 7 September 2014 om 18:30 in die gemeente se kerkgebou (h/v Albrecht- en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar). Geen toegang word gevra, slegs ‘n sagte kollekte sal opgeneem word. Werke van Martin Luther (1483-1546) – Wir glauben all an einen Gott (Ons glo in een God), Dietrich Buxtehude (1637-1707) – Praeludium in G-mineur (Bux WV149), asook Johann Sebastian Bach (1685-1750) – Koraal en Variasie nr 10 uit die Partita op Sel gegrusset, Jesu gutig (BWV 768) sal uitgevoer word.

Page 4: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

4

NG FICHARDTKRUIN – OESFEES BASAAR: Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor op 051 522 8903 (k/u Di-Vr 07:30 – 12:30):

NG WOODLAND HILLS - HIGH TEA:

Page 5: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

5

NG VENTERSBURG – ‘N LEKKER FEES:

Heelwat aktiwiteite soos ‘n pretstap, ma-en-babakompetisie, die sanger Steve Hofmeyer wat gaan optree en vele meer, vind by hierdie fees plaas. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar, kontak vir Charlotte op 073 275 1921.

33.. VVRRYYSSTTAAAATT NNAASSOORRGGSSEENNTTRRUUMM SSEE PPRREETTSSTTAAPP EENN LLEENNTTEEMMAARRKK:: Hierdie geleentheid vind op Vrydag 5 September 2014 vanaf 08:00 tot 13:00 plaas. Die dag word afgeskop met ‘n pretstap waaraan ongeveer 600 gestremdes gaan deelneem. Gestremdes vanaf die Tswellang-, Kosmos-, Martie du Plessis- en Lettie Fouche-skole is uitgenooi om aan hierdie pretstap deel te neem en begin om 09:00 by die Botaniese Tuin. Belangstellende gestremdes wat wil deelneem, kan hul deelname by Jani du Preez op 051 436 6034/5 bespreek, sodat almal verversings (geborg deur Chas Everitt) kan ontvang - die inskrywingsfooi is R5.00 per deelnemer. Na afloop van die pretstap, word ‘n konsert deur CREARE in die Sentrumsaal aangebied – dit is gratis vir almal wat aan die pretstap deelgeneem het. Op die Lentemark sal daar soos altyd, produkte wat in die Nasorgsentrum se bakkery, houtwerk- en naaldwerkafdelings, asook in hul pottebakkery en drukkery vervaardig is, te koop aangebied word. Die produkte is van ‘n hoë kwaliteit en billik geprys - indien die hongerpyne knaag, is daar ook heerlike pasteie, kerrie en rys, vetkoek met maalvleis, wat gekoop kan word. Die publiek word almal uitgenooi om hierdie verdienstelike saak te gaan ondersteun. Kontak gerus vir Stefan Vosser, Direkteur: Vrystaat Nasorg op 051 436 6034 (k), of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

44.. MMOOOOIIGGEENNOOEEGGKKAAMMPP VVIIRR HHOOëëRRSSKKOOOOLLLLEEEERRLLIINNGGEE:: Hierdie jaarlikse kamp vir leerlinge vanaf graad 8 tot 12, word vanaf Saterdag 4 Oktober tot Donderdag 9 Oktober 2014 by die Mooigenoeg Kampterrein in Bloemfontein aangebied. Dr Wollie Grobler, Attie Rall en Morné Bruwer is die aanbieders en koste beloop R800pp – inskrywingsvorms is by die kerkkantoor van die NG Gemeente Bloemfontein-Noord (Klipkerk) te Tweedestraat beskikbaar, of skakel 051 448 1419 (k/u Ma-Vr 08:00-12:00).

55.. SSAAKKEE VVAANNUUIITT DDIIEE KKAANNTTOOOORR VVAANN DDIIEE AALLGGEEMMEENNEE SSIINNOODDEE:: Die volgende sake word deurgegee as deel van die kommunikasie van die Dagbestuur van die Moderamen aan die kerkverband:

NAVORSINGSPROJEK - KERKLIKE JONGMENSE EN GELOOF IN SUID-AFRIKA: Dr Zander van der Westhuizen (projekleier) en prof Malan Nel (Universiteit van Pretoria) skryf: Gedurende September en Oktober 2014 skop die grootste navorsingsprojek van sy aard in kerklike geskiedenis af! Dié projek wat poog om die profiel en persepsies van jongmense (16-35 jaar) in die kerk in detail te beskryf en na te vors, is van kardinale belang. Alhoewel nie alle gemeentes in die NG Kerk geselekteer is in die steekproef nie, bly dit belangrik dat alle gemeentes van die proses kennis neem. Ons spreek ons dank uit teenoor al die geselekteerde gemeentes wat die projek moontlik maak deur hulle diensbaarheid en hulp om respondente te identifiseer en te kontak. Die resultate van die projek sal die wyer kerk in Suid Afrika dien. Klik hier vir meer inligting oor die projek.

Page 6: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

6

ALGEMENE SINODE 2013: Die Handelinge van die Algemene Sinode 2013 is op die Algemene Sinode se webwerf beskikbaar – klik hier om dit af te laai.

55.. AAUURROORRAA SSEENNTTRRUUMM NNUUUUSSBBRRIIEEFF:: Klik hier vir die September-uitgawe.

66.. LLEERRAAAARR OONNTTVVAANNGG DDEEMMIISSSSIIEE:: Ds Jean van Biljon, tans leraar van die NG Gemeente Edenville, ontvang op Sondag 31 Augustus 2014 demissie – die gemeente kan as gevolg van finansiële omstandighede, nie meer ‘n leraar bekostig nie. Ds Jean is steeds beroepbaar – hy kan gekontak word op 084 626 0825, of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

77.. LLIIEEFF EENN LLEEEEDD::

Amanda de Lange het verlede Vrydag weer ‘n operasie ondergaan en is tans nog in die Intensiewe Eenheid – (ons vertrou dat dit nou die laaste operasie vir haar was, ons bede is dat sy regtig van hier af net elke dag sterkter sal word – Red)

Ds Dubois du Toit, leraar van die NG Gemeente Kestell, se skoonvader is verlede Vrydag oorlede (ons bid vir hom en sy vrou Alida, asook die ander familielede, God se vertroosting toe in die hartseertyd – Red)

88.. VVAAKKAATTUURREESS::

LERAAR – VASTETERMYN (1 JAAR KONTRAK): Die NG Gemeente Steynsrus wag tans aansoeke in vir hierdie pos – daar is ‘n wedersydse opsie om die kontrak na ‘n jaar, vir ‘n verdere tydperk te verleng – klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 19 September 2014 en diensaanvaarding vanaf 1 Desember 2014.

Kyk ook by pt 10 (Herhalings) vir poste wat verlede week geadverteer is.

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Amptelik - Vakatures.

99.. AALLGGEEMMEEEENN::

KOORAFRIGTER GESOEK: Die NG Gemeente Andrew Murray, Bloemfontein (Engelse gemeente), is dringend opsoek na 'n persoon om hul kleinerige koor af te rig. Belangstellendes kan die kerkkantoor skakel by 051 430 4670 (k/u Di, Wo, Vr 09:00 – 13:00), of vir Maryna van Wyk by 076 879 7385.

KERSTONEELSTUK: Hierdie toneelstuk, Die Koning se Donkie, deur Maretha Maartens, is maklik opvoerbaar, samebindend, skriftuurlik en meesleurend – vir meer inligting, besoek www.seker.co.za

1100.. NNBB!! HHEERRHHAALLIINNGGSS VVAANN BBEERRIIGGTTEE:: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis!

Algemeen: Kerkbode Belydenisuitgawe 1 Aug: Bestel vóór 9/9 Alg Sinodesitting – 2015: Datums bekend Botshabelo Koorfees R30pp by NG Uitsig: 29/8 Uitnodiging – Internasionale Indaba by UV: 2-4/9 (kaartjies moet vóór 29/8 bespreek word)

Page 7: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

7

Musiekuitvoering – Die Skepping (Haydn): 7/9

Gemeentes bied aan: NG Pellissier – Lentekonsert: 30/8 om 18:30 NG Gardeniapark – Lentesangdiens: 31/8 om 09:00 NG Woodland Hills – Got Talent: 5/9 NG Rosendal – Griekse aand: 5/9 NG Wilgehof – Lentetee: 6/9 om 09:30 NG Steynsrus – 4x4 Pretnaweek: 12-14/9 NG Brandfort – Gholfdag: 13/9 vanaf 11:00 NG Heuwelsig – Familiefees (heeldag) & eenmantoneelstuk om 18:30, die Klaagliedere van ds Tienie Benade, deur Frank Opperman: 24/9

Vakatures: Medeleraar – NG Bethlehem-Efrata: Sluit 3/10 Nuwe sendelingpaar vir Japan – Missie Japan: Rig navrae vóór 31/10

1111.. VVEERRJJAAAARRSSDDAAEE:: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week, hul verjaarsdae vier - mooi wense vir ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar:

30 Aug: Ds André Oosthuizen – UNIVERSITAS - 051 522 2569, 082 378 3081, [email protected] Ds Hein Kotzé – UITSIG - 051 522 5588, 082 465 1402, [email protected]

1 Sept: Ds Stoffel Hellmuth - ONZE RUST - 051 522 5107, 082 417 3746, [email protected]

3 Sept: Ds Amos Kotze – KROONSTAD - 056 212 3328, 082 224 2222, [email protected]

1 Sept: Ds Jan Lubbe - BERG EN DAL - 051 436 2261, 082 784 9362, [email protected]

1122.. TTEENN SSLLOOTTTTEE::

Begin plant, dit is ‘n nuwe seisoen... Groetnis, vir die laaste keer.

ANDRé ESTERHUIZEN Voorsitter & Redakteur ([email protected]) Samesteller: Thea Bosman ([email protected])

Page 8: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

8

namens Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

INDIEN U OP VVRRYYPPOOSS WIL IINNTTEEKKEENN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp)

AS U VVRRYYPPOOSS WIL KKAANNSSEELLLLEEEERR, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!)

Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure,

ensovoorts na hierdie adres

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

BYBELSONDAG – 31 AUGUSTUS 2014:

bybelgenootskap van suid-afrika

Nie net kan Afrikaners die Here dank dat die Afrikaanse Bybel reeds vir 81 jaar beskikbaar is nie, maar elke spreker van een van Suid-Afrika se amptelike tale kan Hom dank vir die Bybel in hulle taal. Sedert 2012, met die publikasie van die isiNdebele Bybel, beskik elk van die 11 amptelike tale oor 'n volledige Bybel. Wêreldwyd is daar egter miljoene mense wat steeds geen toegang tot die volledige Bybel in hulle eie taal het nie. Teen die einde van 2013 was die Bybel in slegs 491 tale beskikbaar, waarvan 196 Afrikatale is. 'n Deel van die taak van die 146 Bybelgenootskappe in die wêreld wat in sowat 200 lande en gebiede werksaam is, is om die Bybel vir mense in hulle eie taal beskikbaar te stel. Van die byna 7 000 tale wat in die wêreld gepraat word, beskik sowat 2 551 tale tans oor ten minste een Bybelboek. Die taak is dus nog lank nie voltooi nie. Meer as 4 000 tale in die wêreld beskik nog oor geen Bybelboek nie. Bybelgenootskappe werk tans aan Bybelvertalings wat die potensiaal het om die lewens van 4 miljard mense aan te raak en te verander. Dit is twee uit elke drie mense wat vandag op aarde leef.

Dit is nie net eerste vertalings nie, maar ook hersienings of nuwe vertalings. In Suid-Afrika word daar tans gewerk aan 'n nuwe vertaling in Afrikaans, waarvan die Nuwe Testament en Psalms in Maart gepubliseer is, aan 'n nuwe Zulu vertaling, asook aan 'n Engelse vertaling vir Dowes.

Bid saam met Bybelgenootskappe dat meer taalgroepe God in hulle eie taal sal kan hoor praat.

TERUG NA INHOUD LERAAR – VASTETERMYN (1 JAAR KONTRAK), NG STEYNSRUS:

GEMEENTEPROFIEL: Steynsrus is ‘n klein plattelandse dorpie, geleë in die Noordoos-Vrystaat, 50 km van Kroonstad, +/- 60 km van Senekal en +/- 120 km vanaf Bethlehem. Tans is daar 254 belydende lidmate en 40 dooplidmate. Die gemeente is 104 jaar oud en bestaan uit ses dorpswyke, sewe plaaswyke en ‘n tehuis vir bejaardes.

LERAARSPROFIEL:

‘n Gelegitimeerde in die NG Kerk Artikel 9 van die Kerkorde vorm basis van die dienskontrak. ‘n Leraar met ‘n passie vir die plattelandse bediening. Pastorale-, siek- en huisbesoeke is belangrik – verdere pligte soos omskryf en ooreengekom

met die Kerkraad.

Page 9: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

9

VERGOEDING: Totale koste van vergoeding (TKV) - R245 000 per jaar. Gratis pastorie is beskikbaar (vereiste is dat suksesvolle kandidaat in die pastorie sal woon) - munisipale rekening vir eie koste.

AANSOEKE: Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar. Aansoeke moet vergesel wees van ‘n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en preekbeurt – reiskoste tot en met R500 sal voorsien word.

RIG AANSOEKE AAN: Die Kerkraad, NG Gemeente Steynsrus, per e-pos aan [email protected]

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 19 September 2014

DIENSAANVAARDING: 1 Desember 2014

NAVRAE: Magda Uys - 082 7080 477 Kobus Groenewald - 082 771 3390

Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

TERUG NA INHOUD HERHALINGS:

INHOUD

1. ALGEMEEN:

KERKBODE - BELYDENISUITGAWE VAN 1 AUGUSTUS: Gemeentes wat daarvan wil bestel, moet hul bestellings vóór of op 9 September 2014 by Charlene Kruger, [email protected], plaas. Dit sal in die week van 15 tot 19 September versprei word. Rig enige navrae aan Charlene Kruger by [email protected], of skakel 021 864 8278.

NG KERK ALGEMENE SINODESITTING – 2015: Die sitting van die NG Kerk se Algemene Sinode word beplan vanaf Sondag 4 tot Vrydag 9 Oktober 2015 op die kampus van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria. Maak gerus 'n aantekening hiervan op kalenders en in dagboeke.

BOTSHABELO-BLOEMFONTEIN SKAKELKOMMISSIE – KOORFEES: Hierdie musiekgeleentheid ten bate van die NGKA Botshabelo se Jeugkampterrein, vind op Vrydag 29 Augustus 2014 om 19:00 by die NG Gemeente Uitsig, Bloemfontein plaas. Kaartjies kos slegs R30pp (sluit verversings in) en sal by die deure beskikbaar wees. Indien jy dit nie kan bywoon nie, borg dan ‘n kaartjie vir iemand anders – kontakbesonderhede 051 436 1098, 051 407 7689, of 072 435 8959.

UITNODIGING - INTERNASIONALE INDABA OOR AKTIEWE BURGERSKAP (VBO-punte = 20): Dié Indaba word vanaf 2 tot 4 September 2014 deur die Direktoraat Gemeenskapsbetrokkenheid van die Universiteit van die Vrystaat, in samewerking met Bloem Shelter, as 'n deel van die Vaderhart-reeks aangebied. Dié uitnodiging word aan kerke, kerklui, besighede, akademici, studente, gesinne, maatskaplike werkers, die gesondheidsektor en ook alle lede van NWO’s en NRO’s gerig. Kaartjies kan tot 29 Augustus 2014 op www.computicket.com bespreek word. Klik hier vir die uitnodiging en hier vir die volledige program. Vir enige navrae, kontak vir Mabel Erasmus op 051 401 3732 (k) of op 083 306 5989.

MUSIEKUITVOERING - Die Skepping van Haydn: Hierdie uitsonderlike meesterwerk word op

Page 10: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

10

Sondag 7 September 2014 om 15:00 in die NG Kerk Heuwelsig (Gilles van de Wallstr 17, Dan Pienaar) deur die Symphony Choir of Johannesburg en die Vrystaatse Simfonieorkes (VSO), onder leiding van Alexander Fokkens uitgevoer. Die soliste is Magdalene Minnaar (sopraan), Kgaugelo Mpyane (tenoor) en Aubrey Lodewyk (bariton). Toegang is R120 (volwassenes), R80 (pensioenarisse) en R50 (studente/skoliere en vir groepe van 10 of meer). Bespreek aanlyn by www.computicket.com - vir navrae, kontak vir Ella Kotze op 051 401 2342 (k).

2. GEMEENTES BIED AAN:

PELLISSIER - LENTEKONSERT: Die Pellissier Fietsryklub bied ‘n aand van ligte musiek aan op Saterdag 30 Augustus 2014 om 18:30 in die Ouditorium van NG Pellissier – ‘n deurkollekte ten bate van die kosmandjieprojek sal opgeneem word.

GARDENIAPARK – LENTESANGDIENS: Op Sondag 31 Augustus 2014 word daar tydens die oggenddiens om 09:00 ‘n lentesangdiens gehou. Die koor van Tjokkies (Universitas Laerskool), gaan saam met Du Preez Scholtz by hierdie geleentheid optree.

WOODLAND HILLS GOT/HET TALENT: Vrydag 5 September 2014 vanaf 18:30. Skakel vir Judy by 051 451 1261 (k/u 08:00 – 13:00), of vir Anton op 079 895 3914 vir meer inligting.

ROSENDAL – GRIEKSE AAND: Vrydag 5 September 2014 om 18:30 in Rosendal se stadsaal saam met Yoti die Griekse Boertjie. Daar gaan borde gebreek word, Grieks geëet en gekuier word – koste slegs R100 per volwassene en R50 per laerskoolkind. Bespreek by Anne-Marie op 082 707 5293, of by Charmaine op 082 340 9393.

WILGEHOF – LENTETEE: Dit vind plaas in hulle kerksaal te Johannes Rabiestraat, Wilgehof op Saterdag 6 September 2014 om 09:30 vir 10:00. Die gewilde gospelsangeres, Ronéll Erasmus sal tydens hierdie geleentheid optree – ligte verversings word ook bedien. Kaartjies kos R100pp, kontak vir Marietjie Smith by die kerkkantoor (Di-Vr 08:00-13:00) op 051 522 2969, of op 072 226 4589.

STEYNSRUS - 4 X 4 PRETNAWEEK: Naweek van 12 - 14 September 2014 by Riverside-oord naby Steynsrus. Vir navrae, kontak vir Thinus Crous by 082 573 4836, vir akkommodasie, skakel 056 471 0812 of 083 444 5499, of Van Niekerkshof Gastehuis by 082 414 3174. Indien iemand die gemeente met borgskappe vir hierdie naweek kan ondersteun, kontak asseblief ook vir Thinus Crous.

BRANDFORT – GHOLFDAG: Hierdie geleentheid vind op Saterdag 13 September 2014 plaas, die afslaantyd is 11:00. Daar is groot vleispryse op die spel – kontak vir Emil Gordon (besprekings) op 074 458 9677, of vir Kobus Bezuidenhout (organiseerder) op 082 374 5022. Die hele gesin met hul kinders is welkom – vermaak word aangebied.

HEUWELSIG – FAMILIEFEES: Hierdie jaarlikse gebeurtenis vind op Woensdag 24 September 2014 (‘n vakansiedag), op hul kerkterrein te Gilles van de Wallstraat, Dan Pienaar plaas. Dieselfde aand om 18:30 in die kerkgebou word ‘n eenmantoneelstuk, Die Klaagliedere van ds Tienie Benade, deur die bekende akteur Frank Opperman opgevoer. Ds Tienie Benade is ‘n middeljarige predikant van die Moedergemeente aan die onderkant van Voortrekkerstraat en hy bevind hom permanent in ‘n penarie. Sy gemeente se lot is dieselfde as baie ander gemeentes: getalle is drasties aan’t daal, die skuldlas groei en sy senior kerkraadslede is knorrig en te oud om van hulp te wees. Vir enige navrae oor beide geleenthede, kontak vir Annetjie du Randt in die kerkkantoor op 051 436 1967 (Ma-Vr 08:00-13:00).

3. VAKATURES:

MEDELERAAR – NG BETHLEHEM-EFRATA: Die gemeente beskik binnekort oor ‘n vakature vir ‘n medeleraar – klik hier vir meer besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 3 Oktober 2014 – diensaanvaarding Januarie 2015, onderhandelbaar.

Page 11: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

11

NUWE SENDELINGPAAR VIR JAPAN: Missie Japan wil begin met ‘n proses om nuwe sendelinge na Japan uit te stuur. Gelegitimeerde leraars van die NG Kerk kan hiervoor aansoek doen – klik hier vir meer inligting. Navrae hieroor moet vóór Vrydag 31 Oktober 2014 aangestuur word.

TERUG NA INHOUD MEDELERAAR – NG BETHLEHEM-EFRATA: Die kerkraad stel die vakature vir ‘n medeleraarspos bekend en wag biddend aansoeke in.

LERAARSPROFIEL: Proponente en leraars word vir die vakature oorweeg. Moet ‘n aanvoeling vir jeugwerk en bejaardes hê. Bereidheid tot gemeentewerk in sy breedste omvang (KO Art 9). Persoonlikheid vir samewerking in medeleraarskap. Gereformeerde benadering veral ten opsigte van prediking en erediens-inkleding. Inpas by bestaande gemeente-spiritualiteit.

GEMEENTEPROFIEL: Bethlehem-Efrata is een van sewe NG gemeentes in Bethlehem. Hulle is ‘n gasvrye gemeente wat werk binne ‘n tradisionele omgewing. Die lidmate se ouderdomme is gebalanseerd met baie ouer en jonger lidmate.

VERGOEDING: Vergoeding en byvoordele is ooreenkomstig sinodale riglyne en sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

AANSOEKE: ‘n Aansoekvorm/vraelys en CV kan per e-pos aangestuur word na die Skriba by [email protected]. Aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar, skakel 058 303 4554. Navrae kan gerig word aan die kerkkantoor, of aan ds Tertius Lamprecht (082 499 0590), Gerrie Roetz (082 771 5574), of At Cilliers (082 412 2558).

SLUITINGSDATUM: 3 Oktober 2014

DIENSAANVAARDING: Januarie 2015, onderhandelbaar met die geskikte kandidaat.

TERUG NA INHOUD

NUWE SENDELINGPAAR VIR JAPAN: Missie Japan - ʼn Vennootskap tussen die NG Kerkfamilie en die Reformed Church in Japan

In biddende afhanklikheid wil Missie Japan begin met ʼn proses om nuwe sendelinge na Japan uit te stuur.

Profiel:

Gelegitimeerde leraar van die NG Kerkfamilie (verkieslik getroud),

of ʼn gekwalifiseerde onderwyser (of getroude egpaar) met ondervinding.

Tussen 25 en 40 jaar oud.

Oortuigde sendingroeping - om sendeling in Japan te wees, is ʼn lewenslange roeping.

Nederigheid, aanpasbaarheid en deursettingsvermoë, veral in ʼn kruiskulturele konteks.

Bereidheid om Japannees aan te leer.

Page 12: Jaar 11 - Uitgawe 28 Kontak ons: …«nde aftrede toewens, mag God Sy liefdevolle hand van genade, sorg en goeie gesondheid oor jou en Marcia hou – geniet mekaar, julle kinders en

12

Verankering in die gereformeerde (en evangeliese) tradisie, met sensitiwiteit vir ander gelooftradisies, godsdienste en kulture.

Rig navrae voor 31 Oktober 2014 aan: Dr Gideon van der Watt Missie Japan Kantoor Posbus 11412 Universitas 9321 E-pos: [email protected] Tel: 051 406 6729 (k)

TERUG NA INHOUD

Vrywaring / Disclaimer - Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld