16
JAAR- VERSLAG 2012 mgd ‘n Gemeenskapinteraksie Vlagskipprojek van US ‘n HOOP Projek

JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

JAAR-VERSLAG2012

mgd‘n Gemeenskapinteraksie

Vlagskipprojek van US

‘n HOOP Projek

Page 2: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

INHOUSOPAWE

STELLENBOSCHMGD Stellenbosch

Privaatsak X 1Matieland 7602

Luckhoff SkoolBanghoek Weg

Stellenbosch

Tel: 021 8083638Fax: 021 8865441

TYGERBERGMGD TygerbergPosbus 19063Tygerberg 7507

Kamer 2012StudentesentrumTygerberg Medise kampus

Tel: 021 9389310Fax: 086 232 8800

1

2

4

5

6

7

8

9

13

14

www.sun.ac.za/mgdNWO Registrasienommer: 003249

www.facebook.com/MGDStellenboschtwitter : @MGD_US

Inleiding

Boodskappe

Entrepreneurskap

Vaardigheidsopleiding

Volwasse Onderrig en Opleiding

Khanyisa Leerprojek

Primêre Gesondheidsorg

Eenstopiens

Finansies

Donateurs

Page 3: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

mgdmgdINLEIDING

Matie Gemeenskapsdiens (MGD) is ‘n voetsoolvlak gemeenskapsorganisasie wat baie waarde heg en klem plaas op die impak wat hy maak op indi-vidue en gemeenskappe. Ons bied veral dienste op sekondêre vlak aan wat gemik is op die ontwikkeling van individue binne gemeenskappe met die doel om verandering in die hele gemeenskap te weeg te bring en op so ’n wyse mense se lewens te verbeter. Ontwikkeling en gemeenskapsdiens by MGD strek verder as opheffing in die tradisionele sin van liefdadigheid of “kol” hulp, maar behels eerder die voorsiening van vaardighede aan mense om hulself persoonlik en maatskaplik te bemagtig.

Ten spyte van beperkte hulpbronne het ons projekte oor die jare verskeie suksesse behaal en besef ons dat, met addisionele ondersteuning, ons in staat sal wees om ’n groter verskil te maak in die gemeenskappe waar ons werksaam is. Die behoeftes in hierdie gemeenskappe is groot en mens word dikwels gekonfronteer met aspekte soos geweld, armoede, konflik, misdaad (veral as gevolg van bendebedrywighede), dwelmmisbruik, huis-houdelike geweld, lae opvoedkundige vlakke en hoë werkloosheidsyfers. Dit is ontmoedigend om te ervaar hoe individue ons nader met weinig hoop maar slegs die bereidwilligheid om enigiets te probeer wat dalk hul omstandighede kan verander.

Studente vorm ’n integrale deel van MGD se aktiwiteite. Hierdie vrywilligers word gelei deur verkose studenteleiers wat almal ’n kursus in vrywilligerwerk in gemeenskapsinteraksie gevolg het. Talle van die projekte en programme wat ons aanbied word aangevul deur grondslag werkswinkels. Dit is daarop gerig is om mense se ingesteldheid te verander (om te inspireer tot meer positiewe, hoopvolle denke), om hulle te help om hul selfbeeld (wat dikwels laag is as gevolg van die houding van die gemeenskappe waaruit hulle kom) te bou en hulle te help om ‘n geskikte waardesisteem aan te neem – en dus gedragsaanpassings te maak wat nie slegs meer sosiaal aanvaarbaar is nie, maar hulle ook help in hul soeke na werk.

MGD programme

Vaardig-heids- ontwikkeling

VOO

PrimêreGesond-heidsorg

KLP

Eenstop- diens

Entrepre-neurskap

1

Page 4: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Boodskap van die Hoof van MGD

my mede-raadslede en die Hoof en personeel van MGD benadruk vir hul onbaatsugtige bydrae om te verseker dat MGD die volhoubare baken van HOOP bly wat dit die afgelope 49 jaar geword het. Lank lewe MGD!

Prof Pieter vonWielligh

Boodskap van die Voorsitter van MGD BeheerraadSoos wat die geval die afgelope 49 jaar was, het MGD gedurende 2012 weer volstoom gewerk en in die proses die lewens van talle medewerkers en deelnemers aan sy programme geraak.

Finansiële volhoubaarheid het vir die Raad ’n belangrike prioriteit gedurende 2012 gebly. Soos in die geval met alle NRO’s word MGD grootliks beïnvloed deur ’n verskeidenheid faktore waaroor die organisasie geen regstreekse beheer het nie. Toe die Raad die 2012-begroting in laat-2011 goedgekeur het was die impak van die voortgesette nega-tiewe ekonomiese klimaat op MGD en verskuiwing van die fokus vir befondsing van sosio-ekonomiese behoeftes deur donateurs duidelik sigbaar.

MGD het ’n beduidende finansiële inspuiting van die USKOR Trust nodig gehad om sy boeke te laat balanseer. As bewaarder van MGD se fondse, het die USKOR Trust in 2012 beslis sy sleutelrol in die Raad se meganisme vir finansiële volhoubaarheid vervul.

Gedurende 2012 het die Raad op-drag gegee vir ’n ondersoek na die langtermyn finansiële volhoubaar-heid van MGD deur ’n hoëvlak taakspan bestaande uit uitvoerende en nie-uitvoerende raadslede en buite-partye, insluitend senior personeellede van die Universiteit Stellenbosch. Hierdie ondersoek is steeds aan die gang en sal na ver-wagting nuwe lig werp op wyses waarop volhoubaarheid in die toekoms verder verbeter kan word. In hierdie tye van finansiële uitdag-ings wil ek my dankaarheid teenoor

Gareth Cornelissen

2

MGD het, ten spyte van beperkte hulpbronne, weereens van krag tot krag gegaan gedurende hierdie verslag periode. In samewerking met ons vennote kon ons deur ons programme voortgaan om ’n wye verskeidenheid van gemeenskapsuitdagings soos geweld, armoede, misdaad en werkloosheid aan te spreek. Die toename in studentevrywilligers wat by ons aktiwiteite betrokke is, asook die begunstig-des wat daardeur bevoordeel word, is ‘n aanduiding dat MGD inderdaad ’n impak in die gemeens-kap maak.

By MGD bly ons daartoe verbind dat die dienste wat ons bied relevant en volhoubaar sal wees. Juis om hierdie rede evalueer ons voortdurend die kwaliteit van ons programme deur middel van eweknie-beoordeling. ’n Taakspan bestaande uit beheerraadslede en senior universiteitspersoneel sal dan ook in die komende finansiële jaar ’n verslag oor die langtermyn volhoubaarheid van MGD ter tafel lê.

MGD hoop om deur ons programme, wat gemik is op die ontwikkeling van mense, in samewerk-ing met ander gemeenskapsinstellings, ’n beter toekoms vir almal te verseker.

Page 5: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Dr Llewellyn MacMaster

Dr Jerome Slamat

3

Boodskap van die Senior Direkteur: Gemeenskapsinteraksie

Boodskap van die Studentedekaan

Matie Gemeenskapsdiens (MGD) is ’n sierraad in die kroon van die Universiteit Stellenbosch. Die organisasie bied deur gestruktureerde studente-vrywilliger-programme ’n leerervaring aan Matie-studente wat ’n groot bydrae maak tot die ontwikkeling van gewensde waardes en houdings soos geformuleer op institusio-nele vlak.

Die leerervaring wat MGD bied is veral relevant vir die ontwikkeling van die rolle van aktiewe burger, dinamiese professionele persoon en afgeronde individu. MGD bied ’n waardevolle leerskool waarbinne die bestuur en onder-houd van menseverhoudinge, die ontwikkeling van kulturele sensitiwiteit, leierskasontwikkeling, die ontwikkeling van bestuursvaardighede, persoonlike ontwikkeling, die oordrag van vaardighede aan ander en die bemagtiging van ander (insluitende mede-studente) kan plaasvind.

En as verskillende gemeenskapsorganisasies, binne die konteks van wedersyds respekvolle verhoudinge met MGD en ons Matie-studente, ook boonop ontwik-kelingsgeleenthede kan realiseer, wen almal! Laat ons voortbou op hierdie wenresep soos wat ons MGD se 50ste bestaansjaar binnegaan!

Matie Gemeenskapsdiens (MGD) het oor vele jare deur harde werk van toegewyde personeel, visionêre leierskap en kritieke venootskappe daarin geslaag om homself te vestig as een van die Universiteit Stellenbosch se mees bekende handels-merke. Die feit dat dit een van die Gemeenskapsinteraksie (GI) Vlagskipprojekte asook een van die Universiteit se HOOP-projekte is, spreek boekdele oor die belangrikheid van MGD vir die US. MGD het ’n lang en trotse geskie-denis van betrokkenheid by histories-benadeelde gemeens-kappe en bemagtiging van indivi-due met HOOP-bringende en

lewens-veranderende pro-gramme wat strek van geletterdheidskursusse,primêre gesondheidsorg, entrepeneurs-opleiding, wiskunde-ondersteuning en tientalle studente GI-projekte.

Die plasing van MGD binne die Sentrum vir Studentesake (SSS) vorm deel van die US se verbintenis tot die vorming van volronde graduandi met duidelik gedefinieerde kenmerke (“at-tributes”) wat gemeenskapsbe-trokkenheid insluit. Dit is vir ons van kardinale belang dat studente nie meer net gemeenskappe binne vaar met ’n oorvereenvoudigde of selfs verkeerde verstaan van hulpverlening nie, maar dat hul

betrokkenheid by GI deel van hul totale leer-ervaring sal wees. Om hierdie rede speel monitering en evaluering van projekte ’n groot rol in die suksesverhaal van MGD en die volhoubaarheid van programme.

Ten spyte van ’n snel-veranderende konteks en spesifieke uitdagings met betrekking tot befondsing, kon MGD danksy goeie leierskap, uitstekende bestuur en noukeurige beplanning daarin slaag om die afgelope jaar steeds koers te hou.

Ek salueer die hoof van MGD, sy bestuurspan en elkeen wat deur hul verbintenis met MGD die afgelope jaar op ’n konkrete manier HOOP

gebring het deur ’n verskil in die lewens van ander te maak.

Page 6: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Volwasse & Jeug

Entrepreneurskap

4

MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme tot die ontwikkeling van ʼn dinamiese en welvarende KMMO sektor (Klein, Medium en Mikro Onderneming) by te dra en om veral die entrepreneurs bydrae van die voorheen onderbediende gemeen-skappe te verhoog.

MGD se entrepreneursprogramme teiken hoёrskool leerders sowel as jong mense wat reeds die skool verlaat het. Die doelwit is om ʼn entrepreneuriese houding by hulle te kweek en om hulle te motiveer, mobiliseer en bemagtig om ‘n eie besigheid of entrepreneurskap as ‘n opsie te oorweeg.

Leerders van Stelllenboch woon MGD se Saterdag Vaardigheidsklasse by waar hulle opleiding ontvang in besigheidsvaardighede sowel as in die vervaardiging van bemarkbare goedere soos byvoorbeeld mosaiёk spiёels, juweliersware, drupmatjies, geskenkverpakking, ens. wat as grondslag dien om besigheidsvaardighede soos idee generering, bemark-ing, finansiёle beplanning en die skryf van ‘n besigheidsplan beter te verstaan.

Gedurende die winter vakansie bied MGD ʼn twee week lange Entrepre-neurskap Winterskool program aan waar ons eie studentevrywilligers in samewerking met entrepreneurskap studente van Babson Kollege, Boston, Massachusettes die program aanbied.

Die entrepreneursprogram vorm ook ‘n integrale deel van die vaar-digheidsprogram vir ons werklose persone wat deel is van MGD se opleidingsprogram vir volwassenes.

Al ons programme word aangebied in samewerking met plaaslike diensverkskaffers en gemeenskaps gebaseerde organisasies en verskaf aan deelnemers die waardevolle geleentheid om netwerke te bou met individue en organisasies in die besigheidswêreld.

Page 7: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Groentetuin

“Learning and skills development for better lives”

Vaardigheidsontwikkeling en Opleiding

Deelnemers aan ons Abet pro-gramme wat potensiaal in entre-preneurskap toon word deur die programbestuurders geidentifiseer en hulle ontvang dan verdere opleiding in rekenaarvaardighede, video produksie (opneem van video’s en die redigering daarvan), bakvaardighede, die maak van krale en juwelliersware, naaldwerk, die aanlê en onderhou van groen-tetuine, sowel as besigheidsvaar-dighede om hiermee vir hulself ʼn inkomste te genereer.

Vir diegene wat nie hul eie be-sigheid wil begin nie, is die fokus op lewensvaardighede, werk-soekvaardighede en voorligting in die verskaffing van dienste en goedere. Opleiding word verskaf deur professionele persone wat goed gekwalifiseerd is in hul spesifieke beroepsrigtings. Diegene wat die opleiding voltooi het word aangemoedig om behulpsaam te wees as opleiers van die nuwe kandidate.

Verskeie deelnemers het reeds baat gevind by die opleiding wat hulle ontvang het: sommige as eienaars van nuwe besighede wat nou hulle eie inkomste genereer, en ander as permanente werknemers.

Ons entrepreneurs ontvang hulp van MGD met hul beplanning en verskaffingsprosesse, bemarking van hul produkte en die voorbereiding van hul besigheids-kaartjies. MGD bied ook klein korttermyn lenings aan vir ons entrepreneurs wat geld benodig om aanvangskostes te help dek.Hierdie projek van MGD spog met

baie suksesverhale. Die storie van Isak Botha is maar een. Hy het begin as ʼn volwasse leerder in ons ABET klasse en het gevorder na ons entrepreneurskap- en bakvaar-digheidsopleidingsprogramme. Daarvandaan het hy verder gegaan en ʼn suksesvolle besigheid begin in die gemeenskap waar hy woon. Hy werk nou ook as ʼn opleidingsas-sistent in ons bakvaardigheidspro-gram. Sy sukses storie is al in koerante gepubliseer en gaan binnekort op die televisie uitgesaai word.

Isak Botha se besigheidsvennoot Gerty Hendricks, se bakprestasies is nog ʼn suksesstorie vanuit die MGD bakvaardigheidskombuis.Die vaardigheidsprojek beplan ʼn jaarlikse markdag waar produkte wat deur die deelnemers vervaardig is aan die publiek ten toon gestel en te koop aangebied sal word.

Kralewerk

Bakvaardigheid

Rekenaar Opleiding

Naaldwerk

5

Page 8: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Ons VOO sentrum bied basiese geletterdheidsopleiding aan onge-letterde volwassenes of onvoldo-ende geskoolde en nie-skoolgaande jeug van Stellenbosch en plase in die omgewing aan. Die ABET program is toeganklik vir persone ouer as 16 en behels ʼn akademiese program sowel as ʼn module in vaardigheidsopleiding.

Die ABET sentrum bied opleiding aan vanaf vlak 1 tot vlak 4. Die sentrum het ʼn totaal van 53 ingeskrewe leerders vir die graad 12-sertifikaat vir 2012 gehad. Klasse word vanaf Maandag tot Donderdag, gedurende die dag sowel as saans, by die MGD kan-tore aangebied.

In 2012 het ons sentrum ʼnAkademiese toekenning vir uitnemendheid van die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys ontvang. Vir een van ons leerders, Mar-lene Poole, is die prys as Beste VOO leerder in Afrikaans in die Provinsie toegeken. Sy het 100% behaal in Afrikaans in die finale 2012 Nasionale eksterne eksamens. Tien kandidate het met A-simbole geslaag in verskeie vakke en ons slaagsyfer vir die jaar was 85%.MGD VOO sentrum het ook die prys as die distrik se Sentrum van die Jaar vir 2012 verower.

Isak Botha, een van ons leerders, het die prys as die Beste Leerder in die Distrik sowel as die Provinsie vir 2012 ontvang, en hy het ook die toekenning as Tweede Beste Leerder nasionaal ontvang.

Die jaarlikse opvoedkundige toer is een van die hoogtepunte van die leerders se akademiese ervaring en vind elke tweede jaar plaas. Hierdie toere gee leerders die geleentheid om buite klaskamerverband te leer en om kennis op ander maniere op te doen. As deel van hierdie toere besoek leerders opvoedkundige en historiese besienswaardighede. Vorige toere is onderneem na plekke soos Port Elizabeth, Kimberley, Sun City, Johannesburg en Bloemfontein.

Nog ʼn belangrike komponent waarop die VOO programme fokus, is lewensvaardigheidsontwikkel-ing. Die inhoud van die program word bepaal deur die behoeftes van die leerders. Werkswinkels spreek onderwerpe soos konflikhantering, MIV/VIGS en mensehandel aan.

V O OV O OV O O

6

Page 9: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Die Khanyisa Leerprojek (KLP) is ʼn intervensieprogram vir graad 12-leerders van skole in voorheen benadeelde gemeenskappe van Stellenbosch en omgewing.

KLP se visie is om armoede aan te spreek deur skoolverlaters te help om op akademiese gebied beter te presteer en in die proses hul uitslae te ver-beter, en op so ’n wyse te sorg dat hulle beter toegerus is vir die arbeids-mark en hul kans om toelating tot tersiëre inrigtings te verhoog.

Behalwe ekstra onderrig in vakke soos Rekeningkunde, Wiskunde, Engels en Fisika word aandag gegee aan beroepsvoorligting sowel as lees-, skryf- en kritiese denkvaardighede. Hierdie program word reeds die afgelope twintig jaar aangebied en ongeveer 10 000 leerders het reeds hieraan deelgeneem.

Opvoeders en studente vrywilligers wat by die onderrig van die program betrokke is word ondersteun deur indiensopleiding, werkswinkels en voorligtingsessies. Van die mees onlangse werkswinkels wat vir opvoed-ers aangebied is was “Innovative Approaches to Teaching” en vir leerders “Critical Reading, Thinking and Writing”.

KLP bied gereeld beroepsuitstallings aan en verskaf sodoende ʼn platvorm waar leerders blootgestel word aan ʼn wye verskeidenheid toekomstige beroepsgeleenthede. Uitstallers uit verskeie beroepsagtergronde, maats-kappye en instansies gee formele aanbiedings aan leerders wat op ‘n rotasiebasis aan die hele uitstalling blootgestel word, maar ʼn gestruktu-reerde rooster volg.

KLP het ook ʼn Leesklub in Kayamandi begin wat bedryf word deur onderwysers en ouers uit die gemeenskap. Lees vir ontspanning en plesier word aangemoedig. Die Leesklub se doel is ook om jong leerders se kommunikasievaardighede te verbeter en om hulle te motiveer om te skryf vir plesier.

KhanyisaLeerprojek

7

Page 10: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Die Primêre Gesondheidsorgprogram wat byna vyftig jaar gelede deur stu-dente op die Universiteit se mediese kampus begin is, was eintlik die begin van die studentevrywilliger organisasie USKOR, tans bekend as MGD.

Saans en oor naweke hou mediese studente klinieke in minder gegoede gemeenskappe om primêre gesondheidssorgdienste te verskaf. Die studente ondersoek en diagnoseer pasiente, bespreek hul bevindinge met gekwalifiseerde verpleegsters en dokters waarna die gevalle opgevolg word met die nodige behandeling en medikasie.

Mediese studente, sowel as studente in verwante gesondheidswetenskappe soos arbeidsterapie, fisioterapie en dieëtkunde, verskaf ook dienste by hierdie klinieke.

Hierdie programme help studente om die nodige vaardighede en onder-vinding op te doen in hul ontwikkeling tot bekwame en selfversekerde mediese kundiges. Deur gratis gesonheidssorg te bied asook pasiёnte toe te rus om vertroud te wees met die simptome van siektes, bevorder hierdie vrywilligers die gesondheid en fisiese welsyn van die gemeeskappe wat hulle bedien.

Klinieke word tans bedryf in Kalkfontein in Kuilsrivier en Groendal in Franschhoek asook in Klapmuts.

Primêre Gesondheidsorg

Primêre Gesondheidsorg

8

Page 11: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Eenstop-diensDie Eenstopdiens koördineer alle gemeenskapsinteraksie projekte wat

verband hou met ontwikkeling op die gebied van onderwys, lewensvaar-dighede, sport, kuns, kultuur asook die onderskeie Tygerberg gebas-

eerde projekte. Elke projek behels verskeie programme wat onderneem word deur studente, gemeenskapsinisiatiewe en koshuise vanaf die Stellenbosch en Tygerbergkampusse.

Projekte van Stellenbosch & Tygerberg

Funda FundisaMatrikulante by Kayamandi Hoër word getutor in Geskiedenis, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Engels.

SerruriaKuns en kunsvlytklasse word aangebied aan graad 2 en 3-leerders om hulle te help om innoverend te wees en hul eie meesterstukke te skep.

Dagbreek & ISAGraad 7-leerders van Rietenbosch word die geleentheid gebied om deel te neem aan pret en opvoedkundige aktiwiteite.

Matie Chess & DasoLeerders by Kayamandi Legacy Sentrum word geleer om skaak te speel en hul konsentrasie, kreatiwiteit, lees en wiskundige vaardighede te verbeter.

VCE Na-skoolHelp leerders na skool met aktiwiteite by Lynedoch Primêr met die doel om hul redenasievermoë, sowel as sosiale en interpersoonlike vaardighede te verbeter.

VCE KayamandiVrywilligers bevorder graad R-leerders by Ikaya Primêr se motoriese ontwik-keling deur middel van interaktiewe speletjies.

9

Page 12: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

SLJSLeerders van Kayamandi Sekondêr word geleer oor die land se grondwet.

UNASA LeadershipOntwikkel leiers deur aan leerders van Stellenzicht Sekondêr die geleentheid te bied waar hulle kan deelneem en hulself kan uitdruk.

BASKHelp ontwikkel graad 12-leerders van Lückhoff Sekondêr deur hulle toe te rus met kritiese denkvaardighede.

MetanoiaBedryf ‘n projek gemik op die voorkoming van kinder- en seksuele mishan-deling.

Harmonie & MajubaHelp omsien na verstandelik gestremde persone by Huis Horison.

NemesiaBedryf ‘n projek in die ontwikkeling van lewensvaardighede by Cloetesville Sekondêr.

Oude Molen & Winelands Debating LeagueVerryk die lewens van leerders deur hul vaardighede in debatvoering te help ontwikkel.

Lydia & HelderbergBied opvoedkundige kuns en kunsvlytaktiwiteite aan graad 1-leerders by Rietenbosch Primêr.

Eendrag & SonopHelp met ontwikkeling van leierskap en entrepreneurskap vaardighede by Vlottenburg Primêr.

Matie ActsVoorsien kospakkies aan inwoners van die Stellenbosch Nagskuiling.

Enactus

UNASA ReadingBevorder geletterdheidsvaardighede van leerders by die Kayamandi Legacy Sentrum.

Helshoogte & VestaRig mini-krieket af by Pniel Primêr.

Irene & Huis VisserGraad 3-leerders van Weber Gedenk Primêr word gehelp met geletterdheid en Wiskunde.

Verskaf opleiding in finansiële geletterdheid aan leerders.

10

Page 13: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

Olympus & EquiteHelp met die skep van ’n kultuur van leierskap by St Idas Primêr deur middel van sport, debatvoering, kuns- en kunsvlytklasse.

Monica & SileneHelp leerders by Rietenbosch Primêr met huiswerk in Afrikaans en Wiskunde. Bied ook lewensvaardighede en emosionele ondersteuning aan.

VenustiaBied interaktiewe sessies aan met inwoners van Azaleahof Aftreeoord.

Minerva & PiekeBied tutorklasse na skool aan vir hoërskoolleerders by die Legacy Sentrum in Kayamandi.

GoldFieldsBied op ’n Vrydagmiddag Wiskunde deur middel van interaktiewe speletjies aan graad 6-leerders by St Idas Primêr.

HabitatOndersteun Habitat for Humanity South Africa en doen fondswerwing en vrywilligerwerk by Mfuleni Primêr.

SimonsbergRig sokker af vir 14 tot 16-jarige kinders van woonstelle in Hammans-handweg op Maandae na skool.

AuroraHul LIFE projek behels vaardigheidsontwikkeling in leierskap vir graad 11-leerders van Cloetesville Sekondêr.

Sonop & DagbreekTree op as mentors en bied ondersteuning aan graad 7-leerders van Bruck-ner de Villiers Primêr.

MeerhoffDeur aan hulle pret-aktiwiteite te bied en hulle te motiveer en inspireer, word ’n liefde vir lees by leerders van Leliebloem Huis aangewakker.

HippokratesHelp met die bestuur en onderhoud van groentetuine in Khayelitsha met die doel om inwoners te help om hul self te onderhou deur ’n eie inkomste te genereer.

Huis KerkenbergHelp leerders van Holy Cross Kinderhuis op ’n akademiese en sosiale vlak, speel met hulle speletjies en help hulle met hul huiswerk.

OslerVrywilligers bied deur middel van ’n Mental Maths program aanvullende Wiskunde klasse aan by St Augustine’s Primêr.

Huis Francie van ZijlBied leierskap opleiding aan graad 6-leerders van Kalkfontein Primêr.

11

Page 14: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

ASA

Basiese geletterdheids- en lewensvaardighede word ontwikkel deur aktiwiteite soos bakklasse en bondelsport by Wegevallen Proef-plaas.

Huis ten Bosch & Libertas

Rig leerders af in ‘n verskeidenheid sportkodes en bied kuns- en kunsv-lytklasse aan vir graad 4-leerders by Cloetesville Primêr.

Nerina

Speel sport en speletjies en lees vir leerders van Blaauwklip-pen crèche. Bied Bybelklasse aan en speel sport met persone met gestremdhede by Huis Horison.

Erica & Helderberg

Help met voor-bereiding vir eksamens, die ontwikkeling van lewens-vaardighede en bied afrigting in netbal en sokker aan vir leerders van Makupula en Kayamandi Sekondêr.

Everynation

Ontwikkel leier-skapsvaardighede en godsdienstige waardes by Graceland, DV Konings Kinders, DV Nasorg, DV Klubs en DV Seniors.

BMF

Leerders van Hector Peterson word gehelp met Wiskunde, Wiskunde Gelet-terdheid, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde en Aardrykskunde. Vrywilligers help ook met afhandel-ing van huiswerk en assesseringtake.

The students, who are involved, learn just as much as the people from the community that they are interacting with, if not more! Being given the opportunity to experience “real life” and getting exposure outside of the “bubble” that a lot of the students at the University are in, makes for a more rounded student getting a degree at the end of their studies.

Estee Schroeder - SRC Manager: Community Interaction

I had the privilege of being involved in various community interaction/development projects as volunteer at MGD. Although nowadays I don’t have enough free time to volunteer consistently in community projects, volunteering will always be a part of who I am. Often I find myself serving everywhere I go – at work, church, with friends and family.

Heloine Armstrong Assistant Director: Strategic CoordinationTransport and Public WorksWestern Cape Government

12

Page 15: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

FINANSIëLE

O0RSIG

13

Page 16: JAAR- VERSLAG 2012 - stbsp01.stb.sun.ac.za Documents/MGD... · Volwasse & Jeug Entrepreneurskap 4 MGD se doelwit is om deur middel van sy jeug en volwasse entrepre-neursprogramme

14

Mandeladag

Gemeenskapsoggend

DonateursKaapse Wynland Distriksmunisipaliteit

Gemeenskapskas

Dept. van Maatskaplike Ontwikkeling

Discovery

EJ Lombardi Trust

Het Jan Marais Nationale Fonds

JOOL

World School of Debating

Wes Kaap Onderwysdepartement

Individuele DonateursDr RR Bala-Mbanbisa

Mnr GM Cornelissen

Mnr DC King

Mnr CB van Staden

Uitleg en ontwerpNicoleen Briers & Henry Africa

Die MGD Eenstop program, in samewerking met die Frederick van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskap is koördineerder en mede-aanbieder van die geakrediteerde kursus: Leierskap deur Gemeenskapsinteraksie. Gedurende die afgelope jaar het talle studenteleiers van beide die hoofkampus en die Tygerbergkampus hierdie NQF vlak-6 kortkursus suksesvol voltooi.

Meer as 50 studente, insluitend derdejaar B.Rek Thutuka beurshouers is tans ingeskryf vir die huidige kursus wat in Augustus 2013 ten einde loop. Andere wat ook vir die kursus geregistreer is is deelnemers aan die Suid-Afrika-Washington Internasionale Program (SAWIP) wat bestaan uit studente van Stellenbosch Universiteit sowel as die Universiteite van Kaapstad en Wes-Kaapland.

Leierskap deurGemeenskapsinteraksie

Kort kursus