24
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL JAARVERSLAG

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

  • Upload
    vudieu

  • View
    234

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

JAARVERSLAG

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is
Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

JAARVERSLAG - 2017

INLEIDING:

Hierdie is die 37ste jaarverslag van Jacobsdal Primêre Skool, opgestel deur die skoolhoof om ‘n baie bondige oorsig oor die jaar se gebeure aan die beheerliggaam en die ouers deur te gee.

Die beheerliggaam en personeel stel jaarliks vir hulself bereikbare doelwitte op om aan die een kant die groei en ontwikkeling van die skool te monitor en aan die ander kant om hulself aan te spoor om harder te werk en die beheer en bestuur van die skool te verfyn en te vergemaklik.

Die hoofdoel van hiervan is om die skool se visie en missie na te streef en die leuse van “OPWAARTS, OPWAARTS” na te streef. Ons weet en besef dat ons al hoe meer moet opkyk, want dit is waar ons hulp vandaan kom.

Die kerndoelwitte waarop die bestuurspan gaan fokus in 2018 is om ons onderrig en leer relevant te maak met die van die Departement van Onderwys, om kwaliteit onderrig aan te bied deur die groot klasse te verdeel, asook om die leierskool in ons omgewing te wees en te bly. Daar moet waarde toegevoeg word tot elke leerder in ons skool, daar moet effektiewe akademiese strategieë wees wat leerderprestasie aanmoedig en verbeter en personeelvoorsiening gaan verhoog word. Aggressiewe bemarking van ons skool en koshuis geniet prioriteit maar ons maak staat op ons skool se ouers om ook hierdie verantwoordelikheid oor te neem, positief ons skool te bemark om ‘n toekoms vir hul kinders in ‘n groeiende en ontwikkelende skool te verseker. Sportprestasies en deelname van leerders moet verhoog word, kultuur aktiwiteite moet uitgebrei word om vir van ons leerders hier meer geleenthede te skep. Uitbreiding en instandhouding van geboue is ‘n hoë prioriteit en die skep van ‘n veilige omgewing en terrein vir ons leerders. Die instandhouding en opskerping van ons leerders se dissipline, voorkoms en optrede in die openbaar en gemeenskap en die voortbestaan van die Jakkies Opwaarts Sentrum moet verseker word.

TOEKOMS:

Die vooruitsig vir die skool en die koshuis vir 2018 lyk baie rooskleurig en in alle nederigheid vertoon die voorlopige getalle vir 2018 positief.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Redes vir die positiewe groei is moontlik dat die skool kwaliteit onderrig verskaf deur groot klasse in kleiner klasse te verdeel. Uitstekende samewerking tussen skool en koshuis om aandag aan die kinders se akademiese prestasies en vordering te gee, die gemeenskappe buite ons distrik wie se skole en dorpe reeds tot niet is, ingekoop het in die kwaliteit van onderrig, goeie dissipline en mooi waardes wat ons toevoeg tot hul kinders. Nog ‘n rede waarom ons skool se getalle toeneem is dat Kammaland kleuterskool en Laaities en Ladies goeie voorbereidingskole is wat bydra tot ons skool se groei. Betrokkenheid van positiewe ouers wat inspring en hand bysit met afrigting, fondsinsamelings en die algemene bestuur van ons skool is ook ‘n groot waarde wat deur ouers tot ons skool toegevoeg word.

Ons glo dat die voortslepende droogte en gepaardgaande verhoogde finansiële druk op ons ouers ‘n baie negatiewe uitwerking op die groei van ons skool het. Ons moedig ouers aan om te midde van verhoogde lewenskostes en vol programme aktief betrokke te bly by hul kinders se skoolaktiwiteite. Ons het elke ouer se betrokkenheid by die skool baie nodig.

Ons is almal ook baie bewus van die politieke situasie in die land en dat daar tans baie negatiewe berigte in die media is oor die kaping van skole. Dit moet ons net meer bewus maak van al die voorregte wat u kind nog het om in ‘n Plattelandse skool te kan wees waar u kind onderrig in sy/haar moedertaal ontvang. Onderrig vind in veilige omgewing plaas en opgevoeding en onderrig word deur verantwoordelike personeel gedoen wat omgee en waar Christelike waardes gekweek word.

Die toekoms van die skool lê beslis nie in ons hande nie, dit het ons reeds oorgegee aan ons Skepper wat aan die hoof staan van hierdie kosbare plek waar ons belangrikste besitting daagliks in Sy teenwoordigheid kan opgroei.

KOSHUIS- EN SKOOLINLIGTING:

Die koshuis is reeds vol en daar is tans ‘n waglys vir inwoning in die koshuis. Die skool se getalle vertoon baie positief en voorlopige inskrywings is gedoen. Daar is 295 leerders geregistreer vir 2018, dit is ‘n groei van 21 leerders. Ons glo dat die skool en koshuis se getalle steeds verder gaan groei in 2018.

Die meeste leerders wat aansoek doen en toegelaat word tot ons skool is pragtige plattelandse kinders wat vinnig aanpas en inskakel by ons skool se waardes en tradisies en is vir ons ‘n groot aanwins. Meeste van hierdie kinders voeg goeie waarde by tot ons skool se prestasies en beeld.

DISSIPLINE:

Die waardes wat ons by kinders beklemtoon en die ouers vir wie dit self belangrik is, vergemaklik die taak van die leerkragte en bestuurspan om goeie en effektiewe dissipline toe te pas.

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Ons opgegradeerde stelsel [detensie] wat ons deur die jaar beproef het, het ‘n verskil gemaak in die handhaaf van selfdissipline onder ons leerders. Dit het vir die personeel ‘n kanaal gegee om kinders wat moeilik dissipline aanvaar en wat nie vatbaar is vir sagte dissipline nie, te dissiplineer. Dit het ‘n impak gehad en kinders het al minder daaglikse oortredings begaan. Daar was ‘n duidelike positiewe ommekeer in leerders se gedrag en samewerking en leerkragte kon toe met positiewe teregwysing leerders begelei tot beter gedrag, respek vir ander en vir ander se gevoelens. Ek bedank die koshuispersoneel wat ons in hierdie soms moeilike taak bygestaan het en bereid was om ons kinders te akkomodeer en te dissiplineer. Die stelsel funksioneer goed en lewer die verlangde resultate.

Ons weet dat opvoeding en dissipline ‘n daaglikse en deurlopende proses is. Kinders kom al hoe meer in aanraking met geweld, disrespek en die ondermyning van dissipline. Daarom het ons in die laaste kwartaal baie meer gevalle gehad waar kinders vandalisties is en die eiendom van die skool, die koshuis en van hul maats beskadig. Kinders aanvaar nie maklik verantwoordelikheid vir hul dade nie en as ons as opvoeders nie die samewerking van ouers het om dit te keer en streng aan te spreek nie is dit ‘n situasie wat ons skool se fisiese beeld gaan skaad.

As ouers, onderwysers en leerders die waarde van ons skool besef en as hierdie drie rolspelers met begrip en respek saam kan streef na begrip/respek vir mekaar dan kan dit die behoud van ons skool wees, veral in die nuwe era van disrespek en die doelbewuste verontagsaming van wette en reëls.

Die aantal dissiplinêre voorvalle het drasties verminder en daar was vanjaar geen dissiplinêre verhore by die skool nie. By die koshuis was dit egter nie die geval nie en daar is na die eerste kwartaal 3 leerders toegang tot die koshuis geweier. Die afname in negatiewe gedrag daarna kan egter toegeskryf word aan die volgende faktore: Die konsekwente optrede van leerkragte in die toepassing van streng dissipline, die respek wat daar heers tussen leerders en tussen leerders en leerkragte en die beloning van ons kinders se mooi gedrag deur vir hul waardebalkies te gee tydens saalperiodes. Leerders is trots op die balkies en sal soms uit hul pad gaan om ‘n balkie tydens saalperiode te ontvang.

Die werk van die jeugwerker by die skool en die koshuis, die berading wat mev. Barbara Bosch, mej. Wilma Appelgryn, die skoolsielkundige en terapeute en die leerkragte deur die jaar met die kinders doen, is onmisbaar in die ondersteuning van elke kind. Al hierdie bogenoemde positiewe insette skep ‘n positiewe omgewing en die atmosfeer van omgee vir mekaar maak dat leerders veilig voel. Dit skep weer ’n gunstige klimaat vir prestasie en groei.

AKADEMIESE-, KULTUUR- EN SPORTPRESTASIES VAN DIE AFGELOPE JAAR:

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Ons kan ons bors behoorlik uitstoot en trots wees op ons kinders en personeel met suksesse op die gebied van akademie, sport en kultuur. Jacobsdal Primêre Skool is ‘n klein groeiende plattelandse skooltjie wat kompeteer met reuse en glad nie terugstaan vir enige skool in sy omgewing nie. Daar is nog baie uitdagings waaraan ons werk, maar ons streef daarna om ‘n goed gebalanseerde, aangepaste kind vir die lewe voor te berei.

Hierdie prestasies kan nie net aan onsself toegeskryf word nie want sonder die steun, aanmoediging en entoesiasme van ons ouers en ons borge sou ons nie die sukses kon behaal nie. Daarom kan ons nie roem op onsself nie, want dit wat ons het is net genade wat kom van ons Skepper, die Goeie Gewer. Baie dankie aan elke ouer, afrigter en leerkrag vir al julle insette in ons skool en sy kinders se ontwikkeling.

AKADEMIE:

Jakkies is die hoof voedingsbron van die Landboudal en meer as 50% van hul leerders is oud Jakkies. As Primêre Skool kan ons ook ons akademiese grondlegging en insette in ‘n mate meet aan die Landbouskool se gr. 12 slaagsyfer. Die grondslag word hier gelê en ons juig saam met hulle as daar ‘n 100% slaagsyfer is.

Vanjaar het van ons personeel vir die eerste keer met Landboudal in gesprek getree om die gehalte en akademiese vlak van die gr. 8, Jakkiesgroep te bespreek. Dit gaan nou ‘n staande afspraak word om jaarliks aan die begin van elke jaar die twee groepe leerkragte saam te laat beplan en te poog om die standaard en gehalte te bevorder om die oorskakeling van ons leerders te vergemaklik en te verbeter.

Verlede jaar se slaagsyfer was 97.9%. Dit is egter kommerwekkend dat die Departementele slaagsyfer vir gr. 7 al hoe meer verslap en daar is alreeds sprake dat die slaagsyfer volgende jaar vir die ander grade ook verlaag gaan word.

Die beheerliggaam en die bestuurspan fokus tans baie op die deeglike akademiese voorbereiding van ons leerders deur kwaliteit onderrig te voorsien en ons slaagsyfer so na as moontlik aan 100% te kry. In ‘n Primêre Skool is dit nie altyd moontlik om 100% slaagsyfer te handhaaf nie, maar ons strewe daarna buiten die feit dat die standaard van onderrig se hoog as moontlik moet wees. Daarom is gr. 5 – 7 klasse in twee verdeel asook Wiskunde en Afrikaans vir gr. 4. Dit het ‘n baie positiewe uitwerking gehad, nie net het dit die prestasievlakke per klas verhoog nie, maar ook die dissipline in klasse baie verbeter.

Baie aandag en tyd word egter spandeer aan die ondersteuning van leerders wat sukkel. Die Skoolondersteuningspan in samewerking met die Departement van Onderswys se inklusiewe afdeling maak ‘n groot verskil in die positiewe vordering van elke kind in die skool.

Verdere ondersteuning is ook vir die grondslagfase leerders gebied nadat die beheerliggaam assistente vir die gr. 1 – 3 klasse aangestel het wat die leerkrag bystaan in die effektiewe beheer, vaslegging en nasorg van elke leerder in daardie klasse.

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Die ondersteuning wat leerders in die skool ontvang is op ‘n baie hoë standaard van identifisering, evaluering, intervensie, konsessie, berading, sielkundige en terapeutiese ondersteuning, rekordering, rapportering en onderhoudvoering. D.m.v. Biolink en ekstra klasse word ekstra hulpverlening toegepas.

Stimilus Maksima het ‘n groot verskil aan die leerders van gr. 1 – 7 die afgelope jaar gemaak. Tydens Mei 2017 is die gr. 1 – 7 leerders getoets. Die uitslag van die toets het getoon dat 29% van die skool se leerders bo hul peil gelees het en tydens vanjaar se assessering in Mei het 43 % van die leerders bo hul vlak gelees. 24 % het in 2016 op standaard gelees en 25% vanjaar. Dus kan ons sê dat 68 % van die skool se leerders op standaard lees. Beslis gaan die prentjie anders lyk in 2018 met hierdie opwaartse kurwe.

Kammaland Kleuterskool is die hoof voedingsbron van die skool. Puik werk word met die voorbereiding van leerders gedoen om soveel as moontlik leerders skoolgereed te kry. Skoolgereedheidstoetse word gedurende Mei en Oktober met graad R gedoen en met graad 1 gedurende Januarie. Gesprekvoering en hulp word aan ouers gegee. Alle nuwe leerders word ook geëvalueer om moontlike agterstande te identifiseer en ook te help met aanpassing. Alle leerders in die skool word ook twee keer per jaar getoets om die leesvaardigheidsvlak van ons leerders te bepaal.

Die kleinklassie vir ondersteuning aan gr. 4 & 5 se fundamentele vakke, die remediëringperiodes asook die Jakkies Opwaarts Sentrum bied nog ‘n verdere vlak van ondersteuning aan ons leerders wat sukkel en stadiger vorder as ander.

Jakkies Opwaarts Sentrum vir inklusiewe onderrig. Met die hulp van die ouers, leerkragte en borge word onderrig as “Beskermende arbeid” vir leerders hier aangebied in drie fases, nl; Verrykingsonderrig, Nasorg en Inklusiewe onderrig. Vanjaar is die wassery winsgewend bedryf en met welkome skenkings van mnr. Hein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en dit is verder ‘n geleentheid waar leerders van die sentrum hulself met spesifieke vaardighede kan toerus vir ‘n onafhanklike leefstyl.

Die Inklusiewe klas werk baie hard deur die jaar en tydens die “Vryfees” in Bloemfontein het hulle al hulle produkte, wat hulle self gemaak het, verkoop. Vanjaar was die klas baie suksesvol en het oor die R6000 se produkte daar verkoop.

Net soos die skool vanjaar baie aandag gee aan leerders wat akademiese ondesteuning moet kry, so is daar ook vanjaar aandag gegee aan die verrykende deel van elke klasgroep. Stimilus Maksima wat gedryf en doeltreffend bestuur word deur mev. Mostert is ‘n verrykende oefening, 3 keer per week, wat optimale geleenthede skep vir leerders om hulself te verryk en te verbeter in Afrikaans, Engels en Wiskunde asook terselfdertyd in rekenaarvaardighede. ‘n Drastiese verbetering in ons leerders se leesspoed en begrip word behaal en dit het weer vanjaar bewys dat dit ‘n groot voordeel inhou vir leerders se algemene akademiese vordering.

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Verdere stappe is ook vanjaar geneem om deur middel van die wiskunde klub [gr. 3-7], leesprojek, spel- en tafeltoetse, leerders vanaf gr. 1 – 7 geleenthede te bied om die belangstellings op dié gebiede te prikkel en te motiveer om meer te lees, beter te spel en wiskunde vaardighede te ontwikkel.

Verskeie leerders neem vanjaar deel en kry blootstelling aan Amesa-, Nautilus-, Omgewingsvasvrae-, Bybelvasvraekompetisies en Wêreldkennis olimpiades.

Die skool is bevoorreg om goed gekwalifiseerde, goed gemotiveerde en bekwame leerkragte te hê wat met ‘n hoë vlak van werksetiek hul werk doen. Hiermee wil ek graag my dank en waardering vir elke onderwyser en assistant uitspreek vir harde, onbaatsigtige en getroue werk. Hulle gee om vir elke kind en wil ‘n toekoms skep wat ons skool se leerders geletterd en gedissiplineerd ontwikkel om sy/haar potensiaal te kan bereik.

KULTUUR:

Drama het vanjaar die lig gesien in die skool waar ons gebalanseerde leerders wil kweek en waar ons vir elkeen ‘n geleentheid wil gee om sy/haar talent te kan ontdek en ontwikkel. Met die entoesiasme en leiding van mev. Elsabie Ueckermann en haar assistent mnr. Tebogo Rampaleng, oefen hierdie groep leerders drie keer per week en neem die dramagroep deel aan twee plaaslike kompetisies. Hulle baan die weg vir ander leerders en kweek ‘n ongelooflike nuwe gees van optrede en selfvertroue by die leerders.

Nog ‘n nuwe en eerste ervaring vir ons leerders was die revuegroep wat vanjaar vir die eerste keer in die Sand du Plessis teater in Bloemfontein gaan deelneem het. Met hierdie geleentheid word nuwe belangstelling geprikkel en die groep onder leiding van mev. da Camara, mejj. Meyer en Van Vuuren en die hulp van sommige ouers, skep vir ons kinders ‘n wonderlike geleentheid waar ons kinders en ouers iets beleef wat hulle altyd sal onthou.

Die konsert en aansitete onder leiding van mev. Da Camara was ‘n reuse sukses. Elke leerder in die skool was deel van ‘n kort maar kragtig aand. Erkenning word ook gegee aan ons ouers en personeel wat hierdie aand moontlik gemaak het deur baie hard te werk met klere, dekor en kos om die aand spesiaal gemaak het.

Met die entoesiasme van Mnr. Jaco Erasmus en mev. Elza van Wyk herleef ons senior koor weer. Hoe wonderlik om die stemme van ons kinders weer te hoor as hulle so vrolik sing. Die junior koor het ook weer vanjaar opgetree en is vanjaar afgerig deur mev. R. van Zyl en is begelei deur mev. E. van Wyk.

Leerders neem ook vanjaar met welslae deel aan die Noordkaap Kunstefees en behaal puik prestasies in voordrag en musiekinstrumente.

Die Bybelvasvrae span eindig vanjaar 4de in die Vrystaat. Trots op juf. Naomi en haar span.

Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

SPORT:

Hierdie is ‘n baie kort opsomming van die skool se sportaktiwiteite en uitslae, aangesien sport so ‘n groot en belangrike komponent van die Jakkies se jaarprogram uitmaak. Daar is te veel inligting om alles weer hier te noem. Indien u die weeklikse nuusbriewe bestudeer het sal u alle uitslae en prestasies daarin kon lees.

As dit nie vir positiewe ouers se mooi gesindheid was op wie ons kon steun deur die afgelope jaar met afrigting in verskeie kodes soos swem, tennis, netbal, rugby, skaak, atletiek, krieket en tweekamp nie, sou ons nie in staat gewees het om vir ons kinders hierdie geleenthede te bied nie. Baie dankie aan elke ouer en lede van die gemeenskap [borge] wat ons hierin ondersteun en gehelp het. Ons waardeer julle omgee en bydraes.

Ons kinders word gemotiveer om deel te neem maar ook te presteer. Sodoende neem meer as 90% van die leerders effektief aan die 8 skoolsportsoorte deur die jaar deel. Baie van ons leerders beoefen ook sportsoorte wat nie deel is van die skool se sportkodes nie. Leerders presteer net so goed in verskeie ander sportsoorte.

Vier en veertig leerders het vanjaar provinsiale kleure in 10 sportsoorte verwerf. Dertien leerders verteenwoordig hul provinsie op Nasionale vlak wat skool- en buitesport aan betref. Ons is baie trots op hierdie ambassadeurs van ons skool.

Die jaarlikse hoogtepunt vir die 0/12 en 0/13 netbalspelers asook die 0/13 rugbyspelers was beslis die Hartenbos sport- en opvoedkundige toer in Maart vanjaar. ‘n Baie suksesvolle toer het plaasgevind waar ons kinders hulself kon voorberei op ‘n strawwe rugby- en netbalseisoen.

Daar word ‘n baie suksesvolle sportdag in Maart aangebied waar ons skole se B rugby- en netbalspanne die geleentheid gebied het om kragte te meet.

‘n Afsluitingsfunksie vir al ons sportafrigters en -ondersteuners word baie suksesvol aangebied en ‘n wildsveiling word gehou waar kopers [ouers] hul jagpakket vir die winter teen baie billike pryse kon aankoop. Ouers het die skool heelhartig ondersteun en verskeie borge het skenkings gemaak. Ons bedank al die kopers en borge vir hul oop hand om ons skool te ondersteun. Die leerders, ouers en leerkragte het hier lekker saam gekuier en dit was beslis die hoogtepunt van die sportjaar.

Skaak bly ‘n baie belangrike faset van ontwikkeling en daar word weekliks tyd spandeer aan skaakafrigting en mnr. Hodgson het in samewerking met buite afrigting gepoog om leerders van Gr. R tot sewe te motiveer om hierby betrokke te raak. Daar is skaaklesse vir die gr. R tot 3 leerders in klasverband aangebied. Leerders word deur ‘n professionele afrigter afgerig om die fyner kuns van die spel te ontdek. In 2018 gaan ons afskaal en slegs gr. R en privaatafrigting sal voortgaan.

Hoogste prestasies per skoolsport - 2017:

Atletiek: Deelname aan SA kampioenskappe: 1 Atlete

Tweekamp: Deelname aan SA Kampioenskappe: 4 Atlete

Page 10: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Swem: Deelname aan SA kampioenskappe: 1 Swemmer

Tennis: Deelname van spelers in die Suid-Vrystaatspan: 4 Spelers

Krieket: Vier spelers word gekies vir die Xhariep 0/11-span en sewe spelers word gekies vir die Xhariep 0/13 span.

Rugby: 0/13A GW Cravenweek: = 2, GW 0/13B Toernooi = 1, GW 0/12A = 1 [Speler van week]

Netbal: 1 Speelster 0/12 Vrystaatspan (C-span): 1 Speelster en 0/13 Vrystaatspan(A span) aan SA Kampioenskappe.

Buitesport:

Verskeie leerders beoefen ook verskeie sportkodes as buitesport en verteenwoordig die skool met trots op provinsiale en nasionale vlak. Van hierdie sportseuns gaan ook oorsee deelneem.

Sportsoorte wat beoefen is, is as volg: Skiet, Gevegskuns, Rugby [Bokkieweek], Gimnastiek, Tentpegging,

Baie geluk en baie dankie aan elke ouer, afrigter en leerkrag wat die afgelope jaar baie ure, geld en moeite ingesit het om ons kinders af te rig. Baie dankie aan ons ouers wat die skool met vervoer van spelers bygestaan het en ons las verlig het. Dankie aan elke verantwoordelike ondersteuner van ons kinders langs die veld en baan. Dankie vir ons ouers se uitstaande gedrag langs die veld en baan en dat ons as skool en kinders trots op julle kan wees op die wyse waarop julle julle kinders, hul afrigters en skeidsregters ondersteun en gerespekteer het. Trots op julle!

SKOOL EN KOSHUIS PERSONEEL:

ONDERRIG PERSONEEL:

Die belangrikheid van ‘n onderwyser se taak kan seker nooit genoeg beklemtoon word nie. Onderwysers is die fondasie van goeie skole en goeie skole is die pilare van gesonde en demokratiese gemeenskappe.

Die personeeltoekenning vir 2017 was 10 Departementele poste en 6 beheerliggaam aanstellings. 16 Doserende leerkragte en 3 assistent leerkragte het vanjaar weer baie hard gewerk om kwaliteit onderrig te verskaf.

Die Beheerliggaam stel mej. R. Meyer, mev. L. Carbutt [Julie 2017], mnr. J. Erasmus aan om die groot gr. 5, 6 en 7 klasse te verdeel in twee kleiner klasse sodat kwaliteit onderrig tot sy reg kan kom. Mev. M. v/d Walt word aangestel as hoof van die Jakkies Opwaarts Sentrum. Dit is alleen moontlik gemaak deur ‘n groot borg wat instaan vir die maandelikse vergoedingspakkette van mev. v/d Walt. Ons opregte dank en waardering word uitgespreek vir die borg wat weer vir 2018 bereid is om finansiële druk te verlig.

Page 11: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Mej. M. van Zyl en mev. S. Seekoei het as assistente ‘n baie groot bydrae gemaak in die bestuur van die sentrum. Hulle het met onbaatsigtige opoffering die leerders van Opwaars Sentrum ondersteun en gedien. Mev. J. Maritz is aangestel as assistent in die wassery. Sy het bedank en ons verloor haar dienste aan die einde van 2017. Ons opregte dank vir puik werk gelewer. Die beheerliggaam het weer drie assistente vir die gr. 1, 2 en 3 klasse aangestel om die leerkragte met groot klasse te ondersteun.

Ons neem aan die einde van die jaar afskeid van ‘n kwaliteit leerkrag, mev. M. Scholtz wat vir die afgelope 5 en ‘n half jaar die graad 3 leerders op ‘n hoë vlak voorberei het vir die volgende fase. Baie dankie vir puik werk wat u gelewer het. Mev. Scholtz maak plek vir twee jong leerkragte wat die beheerliggaam aangestel het om die groot gr. 3 klas te verdeel in 2018. Ons is spyt om van haar afskeid te neem. Ons wens haar alles wat mooi is toe.

Ons groet ook mevv. Jolene Kruger en Callista Smith, assistente van gr. 1 en 3 aan die einde van die jaar. Baie dankie vir die werk en insette in die klaskamer en buite die klaskamer. Voorspoed en sterkte vir julle.

Met die nuwe postevoorsienings skale vir 2018 is ons in die bevoorregte posisie om nog ‘n Deparetmentele pos by te kry vir 2018, wat die totaal van Departementele poste op 11 te staan bring. Aanstellings sal eersdaags deur die Departement gedoen word.

In teenstelling met die nasionale probleme in die Departement van Onderwys in SA wat betref die afwesigheid van leerkragte, dissipline van leerkragte, die houding en gesindheid jeens hul werk, die leerders, kwalifikasies van leerkragte, swak akademiese uitslae, stakings en ontwrigting van onderrig, is ons in die bevoorregte posisie dat nie een van hierdie nasionale kwessies, probleme is wat ons skool ervaar nie. Ons opregte dank aan die ouers wat altyd bereid is om, wanneer leerkragte kursusse moet bywoon, uit te help met toesig in klasse en te sorg dat daar nie ontwrigting is in ons dagskedules nie.

Die bestuurspan [SMT] nl; Mnre. Tait en Meintjes en mevv. Mostert en Da Camara was aan die stuur van die skool se akademiese program wat moes verseker dat onderrig geskied volgens die Nasionale Kurrikulum en was verantwoordelik vir kontroles van personeel, vir die akademiese prestasies van leerders en leerkragte, vir die identifisering en implementering van konsessies, vir die implementering van intervensies asook vir die dissipline van leerders en leerkragte. Baie dankie aan die span vir harde werk en positiewe insette.

Leerkragte se bekwaamheid is die afgelope jaar deur die Departement van Onderwys op ‘n deurlopende basis met verskeie werkswinkels opgeskerp.

Baie dankie aan die voogleerkragte wat ekstra moeite moes doen om ons nuwe en jong leerkragte onder hulle vlerke te neem, hulle rigting te gee en te ondersteun.

Page 12: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Baie dankie aan ‘n puik span leerkragte waarop ons kan trots wees. Julle is kosbare stene in ons kinders se mondering. Dankie vir julle verantwoordelike optrede en getroue dienste en lojaliteit waarop ons kon staatmaak.

NIE ONDERRIGPERSONEEL:

Ter ondersteuning van die SBST [School base support team], met mevv. Van Zyl, van Wyk en Da Camara wat aan die stuur van sake is, is daar ook gebruik gemaak van die gewaardeerde dienste van Mev. Barbara Bosch, mej. Wilma Appelgryn [jeugwerker] en Departementele amptenare van die Inklusiewe Departement van Onderwys, mevv. Liebenberg, Swartz en Lubbe vir uitstaande hulpverlening en ondersteuning aan ons kinders met probleme. Baie dankie vir jul positiewe gesindheid jeens ons skool en die kinders.

Tydens ons JKJA periode op Dinsdae, het ‘n span ouers nie geskroom om hulle hulp aan te bied en ons kinders geestelik te begelei nie. Ds. Stander en Pastoor S. Smit het elke week die gr. 4 – 7 groepe om die beurt verryk met hul geestelike inslag en ons kinders het baie baat gevind daarby. Ons het groot waardering vir elke ouer en ons geestelike leiers in ons gemeenskap wat betrokke geraak het hierdie jaar by ons skool en ons kinders se geestelike gesondheid. Ons as skool, ouers en gemeenskap pluk die vrugte van al julle harde werk.

Mnr. Gerhard Maritz die faktotum het met ingang van 1 November 2017 bedank. Mnr. Maritz het ‘n ander werksaanbod aanvaar en ons wens hom alle sterkte en voorspoed toe in sy nuwe werk. Die Beheerliggaam stel mnr. Giel de Beer aan as nuwe faktotum van die skool, met ingang 1 Januarie 2018.

Geen skool kan bedryf word sonder die mense wat toesien dat die administrasie van die skool in stand en op datum gehou word nie. Die puik span administratiewe personeel is voorwaar staatmakers. Mevv. Schoeman [sekretaresse], Du Plooy [Finansiële Assistant] en mev. Van Straaten het tesame met die terreinwerkers en Lizelle Sampson die afgelope jaar hul taak met passie en presisie uitgevoer. Baie dankie vir uitstaande werk gelewer.

Sportadministrasie maak ‘n baie groot deel van ‘n dag se beplanning by die skool uit. Goeie beplanning en organisasie is die wagwoord en hier het mnr. A. Hodgson hom egter die afgelope 3 jaar ingegrawe en onderskei as iemand wat omgee en doelgerig hierdie werk met passie wou doen. Hy gaan ons aan die einde van die jaar verlaat na 3 jaar en ons bedank hom vir puik werk gelewer en wens hom alles wat goed en mooi is toe met sy nuwe planne. Die beheerliggaam het mev. A. Lubbe aangestel as sportorganiseerder met ingang, 1 Januarie 2018. Baie welkom en sterkte.

KOSHUISPERSONEEL:

Page 13: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Mnr. & mev. Noeth koshuisouers by Kareehof Koshuis en het die leisels stewig vasgevat vir die eerste ses maande. Saam met hulle sorg die 4 toesigkragte asook mev. Marlene le Gras die assistant koshuismoeder dat ons kinders in die koshuis goed versorg en voorbereid skool toe gaan. Mev. Adri du Toit, matrone en haar span werkers sorg dat ons kosgangers se magies altyd vol bly met heerlike en goed voorbereide etes. Hierdie span verander die innerlike en uiterlike voorkoms van die koshuis tot ‘n huis van liefde, omgee en deernis.

Mnr. en mev. Noeth aanvaar vanaf 1 Julie ‘n nuwe werksaanbod en verlaat ons na 2 jaar en 6 maande waar hulle uitstaande diens gelewer het. Ons neem afskeid van hulle en stel mnr. en mev. Fourie aan as nuwe koshuisouers. Die grondslag is vir hulle gelê en hulle kon met gemak inskakel in die koshuis. Baie sterkte.

Op 28 Oktober word Deborah Romein, ‘n skoonmaker deur die dood van ons weggeneem na 5 jaar en 10 maande. Ons innige simpatie aan haar familie en kinders.

Tans is daar 115 leerders woonagtig in die koshuis en daar is tans ‘n waglys van 6 leerders vir 2018.

KAMMALAND KLEUTERSKOOL:

Ons skole werk baie lekker saam en het ‘n goeie verhouding. Puik onderrig word aangebied en alle eer en lof aan Mev. Badenhorst en haar personeel wat vanjaar weereens vir ons leerders gestuur het wat 100% gereed was vir die “Groot Skool”. Geluk en dankie met julle goeie werk en dankie vir goed voorbereide en aangepaste leerders wat julle elke jaar vir ons stuur.

Kammaland is ons skool se grootste voedingsbron en stuur weer volgende jaar vir ons 33 goed voorbereide leerders.

Kammaland het vanjaar met die Stimulusprogram begin wat die kinders net nog beter sal voorberei vir die graad 1 jaar.

LEERDERS:

Die samestelling van leerders in die skool is as volg:

Seuns - 152

Dogters - 125

GF leerders - 119

IMF en SF leerders - 158

Ons skool begin vanjaar met ‘n totaal van 271 leerdres en die getal leerders soos op 10 November 2017 is 277.

Page 14: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Getal leerders ingeskryf vir 2018 is 287 en 9 leerders is nog nie geherregistreer nie. Daar is tans vier leerders wat oorplasingsertifikate aangevra het. Dit laat ons met 292 moontlike leerders vir 2018.

In Mei vanjaar skok die skielike onverklaarbare afsterwe van een van ons gr. 5 dogters ons en rou ons oor Mia Ellis. Ons vertroostende woorde is nie genoeg om die seer van die gesin te verminder nie.

Agt en dertig baie talentvolle Graad 7 leerders en leiers verlaat ons aan die einde van 2017. Die leerkragte en beheerliggaam wil hulle alle voorspoed, geluk en sukses toewens. Ons wil julle en julle ouers bedank vir die waarde wat julle tot ons skool toegevoeg het. Wees ‘n ambassadeur van die skool waarheen jy ookal 2018 mag gaan. Dankie aan elke lojale ouer wat belê het in sy/haar kind en in ons skool. Ons gaan julle regtig mis.

KOMMUNIKASIE:

Goeie kommunikasie geskied tussen die skool [leerkragte] en die koshuis [diensdoende personeel en die koshuisvader] om leerders te monitor en wedersyds te ondersteun. Die koshuis en sy personeel speel ‘n baie groot rol in die akademiese suksesse van ons koshuisleerders. Baie dankie.Baie aandag word gegee aan die kommunikasie tussen ouers en die skool. Op verskeie maniere poog ons om ouers so ingelig as moontlik te hou. Die skool maak gebruik van die volgende kanale om ouers te bereik en hulle effektief ingelig te hou, nl;

Weeklikse nuusbrief, Webblad, SMS stelsel, ouervergaderings, ouerklasbesoeke en oueronderhoude.

PROJEKTE/FONDSINSAMELING EN OUERS:

Ons het weer ‘n besondere besige jaar beleef met al ons projekte. Altesaam 48 projekte en aktiwiteite is deur die jaar beplan en afgehandel. Baie dankie aan al ons ouers, gemeenskap en borge wat ons projekte die afgelope jaar ondersteun het.

Daar word weer vanjaar, vir die 6de agtereenvolgende jaar, ‘n pragtig saamgestelde jaarblad uitgegee onder leiding van mevv. K. Page en E. van Wyk. Dis ‘n pragblad wat elke Jakkie in sy/haar besit moet hê om eendag al die mooi herinneringe weer terug te roep.

Sommige van ons projekte is gebaseer op fondsinsamelings vir die skool en ander vir liefdadigheid en bewusmaking.

Van die projekte wat uitgestaan het vanjaar was: Rugby- en netbaldag, tuiswedstryde en kleuratletiek, die wildsveiling, konsert, trollietrek, “Jakkies Got Talent” JOS se verkoping by die Vryfees in Bloemfontein, paaspret, koekieverkopings, gr. 3 en 6 se entrepreneursdae en bekendstellingsdag.

Page 15: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Dit is vir besonder aangenaam om te noem dat die entoesiasme, lojaliteit en ywer van ons skool- en koshuisleiers se ouers [die OLK onder leiding van Lida Botha] wat soos ‘n wenspan saamgewerk het en ‘n voorbeeld was vir elke ouer van ons skool. Julle het ‘n pragtige voorbeeld gestel aan julle opvolgers maar nog meer aan julle kinders wat waargeneem het hoe julle verantwoordelikheid neem en doen wat gedoen moet word, sonder om te kla en te kritiseer. Dit is waarom julle kinders ook leiers is, want die voorbeeld wat hulle kry maak die verskil. Julle het julle doelwit oorskry met ‘n bedrag van R108 912.64. Baie dankie.

Die Koshuiskomitee het ook self met die jaarlikse golfdag ‘n pragtige bedrag van R 40 529.00 ingesamel. Hier wil ek graag vir Elderei Steenkamp en Henriëtte du Plooy van BKB uitsonder wat saam met die komitee en koshuisouers ‘n baie suksesvolle dag aangebied het. Dankie ook aan elke plaaslike golfspeler wat nie geskroom het om te spandeer en te belê in ons koshuis nie. Baie dankie ook aan alle ouers wat deur die jaar skenkings gemaak het vir die koshuis met vleis, groente, vrugte, ens.

Ons moet weet dat met so ‘n gesindheid van hierdie ouers ons geweldig baie bespaar en met hulle finansiële hulp kan ons ons skool en koshuis se maandelikse kostes so laag as moontlik hou om vir ons ouers die beste teen die laagste kostes te voorsien. Baie dankie aan hierdie ouers.

Sonder die samewerking en positiewe belangstelling van al die ouers is hierdie skool se visie en missie onuitvoerbaar. Daar is ‘n legio maniere waarop ouers wel betrokke kan raak by hulle kind/ers se skool indien hul kind se onderrigomgewing vir hulle belangrik is.

Ons ervaar dat ouers die klasbesoeke, ouervergaderings, begrotingsvergadering en ander geleenthede (behalwe sportaktiwiteite) baie swak bywoon. Die skool poog om deurlopend met die ouers op verskeie maniere te kommunikeer.

BEHEERLIGGAAM EN KOMITEES:

Nog ‘n jaar se werksaamhede van ‘n goed gemotiveerde en georganiseerde Beheerliggaam het tot ‘n einde gekom. Ouers kan regtig met trots opkyk na elkeen van hierdie lede wat u verteenwoordig en altyd die skool se belange eerste stel. U kan gerus as u hierdie mense op straat of by die skool raakloop, ‘n handdruk gee en dankie sê vir dit wat hulle vir hierdie skool en vir u as ouers doen.

Die wyse waarop hulle hierdie jaar elke projek beplan en aangepak het, probleme geïdentifiseer en oplos het en nuwe planne gemaak het, was ‘n toonbeeld van hul lojaliteit jeens hierdie skool. Hulle strewe was om die personeel te motiveer om kwaliteit onderrig aan te bied, die personeel te ontwikkel en geleenthede vir ons kinders te skep die fasiliteite uit te brei en in stand te hou en onderhoude gevoer het om die beste persoon in die regte posisie aan te stel.

Baie dankie vir julle tyd, geld en omgee die afgelope jaar en alle sterkte vir 2018. Dit is julle laaste trek tot en met Maart 2018 wanneer die volgende verkiesing plaasvind.

Page 16: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

As u nog nooit ‘n beheerliggaamverkiesing as ernstig beskou het nie is dit die verkiesing van 2018 wat die skaal kan laat swaai. Hiermee word ‘n dringende dog ernstige beroep op ouers van hierdie skool geplaas om die belangrikheid van die aanwys/verkiesing van ‘n nuwe beheerliggaam in Maart 2018 daar te stel om die voortbestaan van hierdie skool te verseker. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om die regte mense te nomineer, almal te kom stem en dit as ‘n ernstige saak te beskou. Moenie u plig versuim in die verband nie.

Elke komitee onder leiding van die beheerliggaam het vanjaar effektief gefunksioneer, was doelgerig en funksioneel en het groot planne beraam om ons skool te bemark en te adverteer.

Groot projekte wat vanjaar aangepak en suksesvol afgehandel is, was die bou van ‘n afdak voor die klaskamers, die voorsiening van tafels en stoele in klaskamers en die bou van afdakke vir die motors van die leerkragte. Leerkragte maak ‘n maandelikse bydrae vir die afdakke om die las van die ouers en beheerliggaam te verlig.

Die beheerliggaam verkoop die Camry en skaf ‘n Chev bakkie aan as voertuig om personeel te vervoer na Departementele vergadering en om die harde werk op die terrein te kan doen.

Die beheerliggaam het ook weer vanjaar die skool se begroting met groot verantwoordelikheid bestuur en baie besparings is in plek gestel. Die beheerliggaam stel ‘n baie simpatieke begroting op, hou dit op 20 Oktober 2017 aan die ouers voor en ouers keur dit goed.

Die beheerliggaam het ook sekere wysigings gemaak aan die daaglikse onderrigprogram deur alle aktiwiteite wat inbreuk gemaak het op effektiewe onderrig, af te stel. Die dissiplinebeleid is goedgekeur en werk effektief. Die beheerliggaam het personeelaanstellings gemaak en die Stimulusprogram is effektief in werking met goeie resultate.

Baie dankie aan elke lid van al die komitees vir onbaatsugtige diens die afgelope jaar.

FINANSIëLE PROFIEL:

Baie dankie aan die Ouerleierkomitee, elke leerder, hul ouers en die klasvoogde vir die puik samewerking, harde werk en jul positiewe gesindheid met die insameling van fondse vir ons skool. Hierdie fondse word aangewend om die las op ouers ligter te maak en maandelikse skoolgelde so laag as moontlik te hou.

SKOOL:

Uitstaande skoolgelde, kwytskelding van behoeftige ouers, salarisse aan personeel, brandstof, versekering en onderhoud op geboue en voertuie is van die grootste uitgawes en bekommernisse vir die beheerliggaam.

Uitstaande fondse [R42 052.50] vanaf die Departement van Onderwys en ouers wat nie by die betalingsooreenkomste bly nie, plaas groot druk op die skool se kontantvloei.

Page 17: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Die Department van Onderwys sal in 2017 ‘n bedrag van R660.00 per kind tot ons skoolfonds bydra, R37 per leerder meer. Hierdie fondse word as volg per kind verdeel:

Leermateriaal = R330, Water en elektrisiteitsvoorsiening = R323, Onderhoud en instandhouding R7.

Totale oorhandigings vir 2017 aan prokureurs van wanbetalers beloop meer as R 179 000.00. Ouers moet besef dat indien u oorhandig is u verantwoordelik is al die kostes van die prokureurs en dit word teen baie kostes teen u verhaal.

246 van die 270 ouerpare betaal hul skoolgelde 100% vir 2017. Baie, baie dankie! 19 Ouerpare ontvang vanjaar kwytskelding teen ‘n bedrag van R186 157.20.

Die beheerliggaam verbind hom tot kwaliteit onderrig en het met die opstel van die begroting daarop gefokus. Die skoolgelde vir 2018 is verhoog met 8,55%.

Skoolgelde vir 2018 = R 825 p/m oor 11maande.

Die totale jaarlikse skoolgelde is vooruitbetaalbaar, maar die beheerliggaam gee vergunning aan ouers om dit maandeliks vooruit te betaal voor die 7de van elke maand. Dit bly u as ouer se verantwoordelikheid, indien u nie by die reëling hou nie gaan die beheerliggaam onmiddellik voort met die oorhandigingsproses.

KOSHUIS:

Baie dankie aan die koshuiskomitee wat die koshuis met groot verantwoordelikheid bestuur. Julle werk hard om hierdie huis vir ons kinders ‘n veilige en gemaklike tuiste te maak.

Die koshuis is alreeds vol vir 2018 met ‘n waglys. Losiesgelde verhoog vir 2018 tot R1300.00 per maand.

GROETE:

U wat positief was en wat ‘n positiewe gesindheid t.o.v. die skoolgemeenskap openbaar het, het nie net belê in u kind nie, maar het wel die voortbestaan van hièrdie skool op u hart gedra. Ons moet dit bewaar, oppas en waardeer voor dit van ons af weggeneem word. Baie dankie aan elke ouer vir elke positiewe woord wat van die skool en sy personeel gesê is.

Ek bedank in besonder al die omliggende gemeenskappe se ouers wat hul kinders na ons skool toe stuur vir u getroue toewyding aan ons skool en ons gemeenskap. U moes u gemeenskap/skool verlaat, dit was vir hulle en vir u ‘n verlies maar vir ons as Jakkies is u ‘n wins. Dankie dat u deurlopend ‘n voorbeeld van trots, lojaliteit en goeie gesindheid openbaar.

Dankie vir elke ouer wat die skool ondersteun en positief adverteer. U is vir ons as Jakkies kosbaar.

Page 18: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is

Baie dankie aan elke borg, donateur, afrigter en elke positiewe en betrokke ouer. Bly positief en raak betrokke, werk en bou aan die toekoms van ons skool en u kind. Hierdie tyd van die jaar is altyd ook ‘n tyd om te groet. Dis nie altyd lekker nie, maar ons beweeg, saam met ons kinders aan na die volgende fase in hulle en in ons as ouers se lewens. Daarom moet ons groet.

Namens ons as skoolgemeenskap wil ek elke ouer en leerder wat ons aan die einde van 2017 gaan verlaat, groet met die woorde van Mary Whelchel; “As jy ‘n dankbare kleed aantrek, sal jy so besig wees om jou seëninge te tel dat daar nie vir jou tyd sal wees om te kla nie. Boonop is dit baie aantreklik. Mense hou daarvan om in die geselskap van ‘n positiewe persoon te wees.” Ons sê dankie en voorspoed, ons is bly dat ons paaie met julle paaie kon kruis en dat ons ook baie van julle kon leer. My wens is dat u positiewe ambassadeur van ons skool sal wees!

Baie dankie aan die lojale beheerliggaam, koshuiskomitee, ouerleierkomitee en gemeenskap vir u ondersteuning aan ons skool die afgelope jaar. Dit word opreg waardeer.

Baie dankie aan die personeelkorps wat regtig vanjaar weereens alles gegee het. Julle werk baie hard, julle offer julself en jul gesinne en julle gee om vir ander se kinders en vir julle skool. Dit word raakgesien en waardeer. Rus lekker en bou aan jou kragte, verhoudings en aan alles wat jy verwaarloos het deur die afgelope jaar. Kom vars en uitgerus terug vir al die nuwe uitdagings en planne wat vir ons wag in 2018.

Laastens dankie aan ons Skepper vir hierdie besondere skool. Mag HY en HY alleen ons inspirasie na geestelike volmaaktheid wees. Mag Hy hierdie skool bewaar teen die negatiewe elemente, die geweld en baie aanslae teen dit wat vir ons kosbaar is. Mag Hy ons in 2018 seën met voorspoed, sukses, vreugde en vrede.

‘n Geseënde fees- en oestyd word u toegewens.

Die Skoolhoof, Bestuurspan en Personeel

10 November 2017

Page 19: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com 2017.docx  · Web viewHein van Zyl [industriële wasmasjien] en die VLU [industriële tuimeldroeër] kon daar werk geskep word en d. it is