11
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 3 31 Januarie 7 Februarie 2014 OUERS: OUERKLASBESOEK EN -VERGADERING: [AFSKEURSTROKIE] Ouerklasbesoek vind op Maandag, 3 Februarie op die volgende tye plaas: Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klas Graad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klas Graad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. Ons nooi al ons ouers uit na die Ouervergadering wat net na die ouerbesoeke om 17:30 plaasvind. Indien u punte op die agenda van die Ouervergadering wil plaas, kan u dit met die afskeurstrokie doen en op Maandag, 3 Februarie na die klasonderwysers terugstuur. Punte wat reeds op die agenda is: 1. Waardegedrewe skool 2. Berading vir leerders en ouers 3. Leerders: Getalle / skoolgereedheid / redenaars 4. Personeel: Nuwe en heraangestelde personeel 5. Akademie: Slaagsyfer 2014 / JNA uitslae / Handboeke / begin en uitkomtye 6. Ouers: OV / Gedrag by sportbyeenkomste / Nuusbriewe / Afwesighede 7. Buitemuurs: Wiskundeklub 8. Skooldrag: Wintersklere 9. Koshuis: Koshuisouers / Veiligheid en diefstal AFWESIGHEDE EN LAATKOM VAN LEERDERS: Ouers moet asseblief kennis neem van die skool se beleid rondom afwesighede en laatkom van leerders. U moet asseblief die korrekte prosedures volg sodat hierdie stelsel seepglad kan verloop. Die beleid word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Baie dankie dat ons op u kan staatmaak. “LOCKERS”: Daar is “lockers” vir leerders te koop @ R100 wat dan deur u kind tot in graad 7 gebruik kan word. Die “lockers” is in die seuns- en dogterskleedkamers en sportsakke en ander toerusting kan veilig daarin bewaar word. ‘n Duplikaatsleuteltjie vir elke kassie word by die skool bewaar. BESTELLING VAN WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE: [AFSKEURSTROKIE] KLEREWINKEL SE TYE: Maandae: 7:15 10:10 en Vrydae: 11:30 – 13:30 Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir die aanpas van wintersklere. Wintersklerebestelling: (Daar word slegs een bestelling vir 2014 geplaas) Ouers moet die volgende wintersklere vir alle leerders bestel. Hierdie klere kan wel oor ‘n paar maande afbetaal word maar moet ten volle betaal wees voordat u kind die klere gaan ontvang. U kan met Carin ‘n afbetalingsooreenkoms aangaan. Kostes gaan as volg wees: Skoolbaadjie: (Windjakker) Nr.: 22 - 32 R380,00 Nr.: 34 - 46 R400,00

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewLet ook op na Hsft. 2 art. 3.6 (a) – Behoudens hierdie Wet en enige ander toepaslike wet is enige ouer wat, sonder afdoende rede

  • Upload
    vandat

  • View
    222

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 3 31 Januarie – 7 Februarie 2014OUERS:OUERKLASBESOEK EN -VERGADERING: [AFSKEURSTROKIE]Ouerklasbesoek vind op Maandag, 3 Februarie op die volgende tye plaas:Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klasGraad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klasGraad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. Ons nooi al ons ouers uit na die Ouervergadering wat net na die ouerbesoeke om 17:30 plaasvind.Indien u punte op die agenda van die Ouervergadering wil plaas, kan u dit met die afskeurstrokie doen en op Maandag, 3 Februarie na die klasonderwysers terugstuur.Punte wat reeds op die agenda is:

1. Waardegedrewe skool2. Berading vir leerders en ouers3. Leerders: Getalle / skoolgereedheid / redenaars4. Personeel: Nuwe en heraangestelde personeel5. Akademie: Slaagsyfer 2014 / JNA uitslae / Handboeke / begin en

uitkomtye6. Ouers: OV / Gedrag by sportbyeenkomste / Nuusbriewe /

Afwesighede7. Buitemuurs: Wiskundeklub8. Skooldrag: Wintersklere 9. Koshuis: Koshuisouers / Veiligheid en diefstal

AFWESIGHEDE EN LAATKOM VAN LEERDERS:Ouers moet asseblief kennis neem van die skool se beleid rondom afwesighede en laatkom van leerders. U moet asseblief die korrekte prosedures volg sodat hierdie stelsel seepglad kan verloop. Die beleid word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Baie dankie dat ons op u kan staatmaak.

“LOCKERS”:Daar is “lockers” vir leerders te koop @ R100 wat dan deur u kind tot in graad 7 gebruik kan word. Die “lockers” is in die seuns- en

dogterskleedkamers en sportsakke en ander toerusting kan veilig daarin bewaar word. ‘n Duplikaatsleuteltjie vir elke kassie word by die skool bewaar.

BESTELLING VAN WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE: [AFSKEURSTROKIE]KLEREWINKEL SE TYE: Maandae: 7:15 – 10:10 en Vrydae: 11:30 – 13:30Tot en met 14 Februarie sal die Klerewinkel op ‘n Woensdag vanaf 10:00 tot 11:00 ook oop wees vir die aanpas van wintersklere.Wintersklerebestelling: (Daar word slegs een bestelling vir 2014 geplaas)Ouers moet die volgende wintersklere vir alle leerders bestel. Hierdie klere kan wel oor ‘n paar maande afbetaal word maar moet ten volle betaal wees voordat u kind die klere gaan ontvang. U kan met Carin ‘n afbetalingsooreenkoms aangaan. Kostes gaan as volg wees:

Skoolbaadjie:(Windjakker) Nr.: 22 - 32 R380,00 Nr.: 34 - 46 R400,00

Sweetpakbaadjie:

Nr.: 22 - 32 R290,00 Nr.: 34 - 46 R310,00

Sweetpakbroek: Nr.: 22 - 32 R150,00 Nr.: 34 - 46 R190,00

Daar sal voorbeelde in die Klerewinkel beskikbaar wees vir leerders om aan te pas sodat u seker kan maak van die nommer wat u moet bestel. Maak asseblief gebruik van die afskeurstrokie om u kind se klere te bestel. Sperdatum vir bestellings: Vrydag, 14 Februarie. (Geen laat bestellings).Navrae: Carin Tait 0846739993

KOSHUIS: Koshuisouers moet asseblief kennis neem van die koshuisouervergadering wat op Maandag, 3 Februarie om 7:30 in die koshuis plaasvind. Ons doen ‘n beroep op koshuisouers om hierdie vergadering by te woon ten einde ingelig te wees rondom die bedrywighede en reëlings rondom u koshuiskind.

LEERDERDEELNAME:NETBALKLINIEK:Baie sterkte aan ons dogters en hulle afrigters wat vandag en môre aan ‘n netbalkliniek by Staats in Kimberley deelneem.

KLEURGALA:Baie dankie aan al die ouers wat as beamptes/helpers tydens die Kleurgala opgetree het. Dankie aan ons Ouervereniging wat heerlike eetgoed verskaf het. Ons waardeer julle harde werk!

Baie geluk aan die volgende swemmers:Junior Victor Ludorum: Wessel van Niekerk 3437Junior Victrix Ludorum: Lené Lavarack 3399Senior Victor Ludorum: Danie Botha 3377Senior Victrix Ludorum: Michela Steenkamp 3555

Rekords gebreek tydens die gala:Oud: Naam: Item/s:0/7 Evan Burger 25m bors

Izeldi Jacobs 25m bors 25m vlinder0/8 Lené Lavarack 25m vlinder0/9 Wessel van Niekerk 50m bors 100m vryslag 50m rug

Elza van Graan 100m bors (nuwe item)0/10 Elana le Roux 100m vry

Miandi Steenkamp 100m borsTheunie vd Merwe 100m bors

0/11 Michela Steenkamp 50m bors 50m rug 100m bors0/12 Danie Botha 50m bors 100m bors

Wico Oberholzer 100m vlinder0/13 Kyla Cloete 100m vryslag

Charlise Wilke 50m rug 100m rug (ewenaar vorige rekord)

20 Rekords – Baie geluk!‘n Swemspan is deur die sportkomitee gekies om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 14 en 15 Maart deel te neem. Elke swemmer gaan ‘n inligtingsbrief ontvang.

FICHARDTPARK & MATHEO/XHARIEP ATLETIEK:Baie geluk aan die 25 (van 35) atlete wat goed presteer het met die Sone- byeenkoms en wat kwalifiseer vir die Motheo/Xhariep Kampioenskappe op Saterdag, 15 Februarie 2014. Dankie aan ons ouers vir julle ondersteuning en hulp met die vervoer van atlete. Ons sluit die uitslae by die nuusbrief in vir u kennisname. Hierdie atlete word uitgenooi om aan die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms op Vrydag, 7 Februarie in Bloemfontein deel te neem. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 3 Februarie aan klasonderwysers terugstuur. Ouers moet bevestig dat die atleet gaan deelneem aan een of albei die

byeenkomste asook die items waarin hy/sy gaan deelneem. Vervoerreëlings moet ook bevestig word. Inskrywings word Maandag gedoen. Atlete betaal self hulle R15 inskrywingsfooi by die hek en elkeen het reeds ‘n program vir die Fichardtpark byeenkoms ontvang. Die byeenkoms begin om 15:00 en atlete moet asseblief om 14:00 by die Sportorganiseerder op die paviljoen aanmeld. Atletiekhempies word weer aan hulle verskaf en atlete moet netjies in hulle skoolsportdrag geklee wees. Baie sterkte aan julle almal!

Let wel: Ouers moet onthou dat die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms saam met die SV Tenniskampioenskappe plaasvind en dat die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms saam met die Vrystaat Swemkampioenskappe plaasvind. Deelname van u kind bly u as ouer se besluit.

RUGBYKLINIEK: [AFSKEURSTROKIE]Gemsbok Kidz kom op Donderdag, 6 Februarie ‘n drie uur lange rugbykliniek vanaf 15:30 tot 18:30 by ons skool aanbied vir seuns vanaf 0/7 tot 0/13. Kostes: R100 per kind. Die rugby word deur Jean Stemmet (Griekwa rugbyspeler) en sy kollegas gedoen. Dit beloof ‘n baie leersame kliniek te wees met die jongste tegnieke en vaardighede wat aangeleer gaan word. Indien u belangstel kan u die die afskeurstrokie invul en op Maandag, 3 Februarie saam met die R100 terugstuur na die klasonderwysers. Ons hoop dat heelwat ouers dit sal oorweeg om hulle kinders te stuur. Die rugby-afrigters het ook ‘n afrigtingsesse vanaf 19:15 tot 20:30. Baie dankie dat julle bereid is om julle kennis te verbreed tot voordeel van ons skool se rugbyspelers

TENNIS:Sterkte aan ons tennisspelers wat op 7 en 8 Februarie aan die Suid-Vrystaat tennisproewe deelneem.

TWEEKAMP: Die skool se tweekampkampioenskappe sal later in die jaar net voor die Septemberproewe plaasvind.

GIMNASTIEK:Alle gimnaste moet asseblief hulle kwartaalfooi van R100 op die laaste Maandag, 3 Februarie by die finansiële kantoor kom inbetaal. Die SAGF-fooi van R500 kan in twee paaiemente inbetaal word maar moet teen Maartmaand inbetaal wees.

Elke gimnas het ‘n vorm ontvang wat deur ouers ingevul moet word en heelwat van hierdie vorms in nog nie teruggebring nie. Handig dit ook asseblief op Maandag, 3 Februarie by juffrou Madeleine in.Gimnaste moet asseblief noupassende klere (swembroeke of leotards) aanhê as hulle kom oefen.

NAUTILUS:Leerders wat belangstel om aan die Nautiluskompetisie op Saterdag, 15 Februarie deel te neem, kan hulle inskrywingsgeld by die finansiële kantoor kom inbetaal.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Baie geluk aan ons skaakspelers wat met die vorige toernooi goed presteer het:Fransien Steenkamp: Wen 3 van 6 wedstrydeRian Steenkamp: Wen 3 van 6 wedstrydePhillip Noeth: Wen 3 van 6 wedstrydeJohandre van der Berg: Wen 5 van 6 wedstrydeDie volgende kwalifiserende skaaktoernooi vind op 7 en 8 Februarie by Brebner in Bloemfontein plaas. Spelers wat hiervoor wil inskryf moet asseblief die afskeurstrokie invul en saam met hulle inskrywingsgeld van R85 op Maandag, 3 Februarie by juffrou Naomi gaan inhandig.

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:Graad 6- en 7-leerders kry die geleentheid om vir die Wêreldkennis Olimpiade in te skryf wat op 22 Mei hier by die skool geskryf word. Leerders kan tot 18 Maart hulle inskrywingsfooi van R15 by juffrou Tersia inbetaal.

ALGEMEEN:GRAAD 1 KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie en kom ondersteun die graad 1-koekieverkoping op Maandag, 3 Februarie.

“WIN WIN PARENTING”:Ouers word uitgenooi na die laaste “Win win parenting” werkswinkel op Vrydag, 7 Februarie vanaf 13:30 tot 14:30. Alle ouers welkom.

SKAPIE-PROJEK:Grade word uitgedaag om vir die volgende twee weke aan ‘n kompetisie deel te neem om geld in te samel vir die verspreiding van Bybels in China.

Bring al julle kleingeld en gooi vir die volgende twee weke in die houertjies wat in die klasse beskikbaar sal wees. Die klas wat wen kry koek en die klas wat tweede kom lekkergoed!

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYSDie Vorster gesin

AFSKEURSTROKIE: FICHARDTPARK EN MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK

Naam en van _____________________________ bevestig

hiermee dat my kind/ers: ________________________________

gaan deelneem aan:

FICHARDTPARK: ITEMS SOOS OP LYS:

MOTHEO/XHARIEP: ITEMS SOOS OP LYS:

Items wat onttrek moet word: ____________________________

Benodig vervoer na: FICHARDTPARK MOTHEO/XHARIEP (Merk die toepaslike)

Indien u niks merk nie neem ons aan dat u, u kind self vervoer.

AFSKEURSTROKIE: OUERVERGADERING - 3/2 – 17:30

GRAAG WIL EK (NAAM EN VAN) __________________________

DIE VOLGENDE PUNTE OP DIE AGENDA PLAAS:

1. _________________________________________________

2. _________________________________________________

3. _________________________________________________

HANDTEKENING: ______________________ DAT.: __________

~~~~~~~~~~~~~~~~

AFSKEURSTROKIE: GEMSBOK-KIDZ RUGBYKLINIEK 6 FEB

NAAM EN VAN: ____________________________________

STEL BELANG OM MY KIND/ERS:

____________________________ OUDERDOM: _____

____________________________ OUDERDOM: _____

____________________________ OUDERDOM: _____

NA DIE RUGBYKLINIEK OP DONDERDAG, 6 FEBRUARIE TE STUUR.

INGESLUIT DIE BEDRAG VAN: R______ (R100 PER KIND)

HANDTEKENING: ___________________

DATUM: ________________

BESTELLING: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder: Gr: Windjakker no:

Sweetpak no.:Baadjie

Broek:

Totale bedrag ingesluit: RHandtekening ouer: _________________________Datum: _______________

Leerders kan met hierdie strokie na Tannie Carin toe kom en hulle kan eerste pouse (Maandag, Woensdag en Vrydag) by die klerewinkel voorbeelde kom aanpas om seker te maak dat hulle die regte nommers bestel.

BELEID: AFWESIGHEDE EN LAATKOM

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI (7 EN 8 FEB)

Naam en van _____________________________ wil graag my kind/ers:

________________________________ vir die Skaaktoernooi op 7 en 8 Februarie inskryf.

ID nommer: Pa ____________________ Ma ____________________

Epos adres: ______________________________

Selnommer:: Pa ____________________ Ma ___________________

AFWESIGHEID VAN LEERDERS: [Sien SASW 84 van 1996, hfst. 2, art. 3.1-6] & Gedragskode van leerders

Leerkragte moet leerders monitor en indien leerders laat kom, hulle na kantoor verwys om hul name en redes in register aan te teken. Hulle ontvang dan ‘n plakker wat hulle in die klas moet toon sodat hulle deur die leerkragte toegelaat mag word. Dit bly ouers se verantwoordelikheid om hierdie kinders te kom inteken by die kantoor indien hulle laat kom. {Sien skoolreëls no: 1.1 onder skoolbywoning.} nl: 1.1 “Elke leerder woon die skool gereeld, getrou en stiptelik volgens vasgestelde ure by.”

Let ook op na Hsft. 2 art. 3.6 (a) – Behoudens hierdie Wet en enige ander toepaslike wet is enige ouer wat, sonder afdoende rede en na ‘n skriftelike kennisgewing van die Departementshoof, in gebreke bly om uitvoering te gee aan subartikel (1), skuldig aan ‘n misdryf en by skuldigbevinding onderhewig aan ‘n boete of aan gevangenisstraf vir ’n tydperk wat nie ses maande te bowe sal gaan nie.Indien leerders drie keer laat kom moet dit na die skoolhoof verwys word wat die ouers per skrywe sal inlig rondom hierdie aangeleentheid.

SKOOLBESOEK VAN LEERDERS

Dit is die plig en verantwoordelikheid van elke ouer om toe te sien dat sy kind die skool gereeld bywoon. Die opvoeders en ouers moet egter in hierdie verband saamwerk om die euwel van onnodige afwesigheid en stokkiesdraaiery hok te slaan. Indien vermoed word dat 'n leerder stokkiesdraai moet dit onmiddelik by prinsipaal aangemeld word.

Opvoeders moet klasregisters gereeld byhou en persoonlike aandag skenk aan elke geval van afwesigheid. By afwesigheid van leerders moet die volgende prosedures gevolg word:

a) Die skoolhoof moet onmiddellik in kennis gestel word as ‘n kind afwesig is in die klas.

b) Die skoolhoof moet deur die ouer verwittig word, hetsy telefonies of per skrywe indien sy/haar kind nie teenwoordig gaan wees op die betrokke dag nie. Indien die ouer nalaat om dit te doen sal die skoolhoof onmiddellik by die ouer hieroor navraag doen.

c) As daar geen respons/verandering rondom die omstandighede is na verloop van 3 dae nie, moet daar ‘n skrywe aan die ouer/s gestuur word.

d) Indien die ouer nog steeds geen reaksie toon en die leerder nog steeds afwesig is moet daar na verloop van nog 5 dae 'n FINALE skrywe aan die ouer gestuur word. Hierdie skrywe word per POS aan die ouer gestuur.

e) Indien daar na sewe dae van die versending van hierdie finale skrywe nog geen reaksie is nie, moet die geval aan die Provinsiale Departement van onderwys rapporteer word.

f) Indien enige leerder langer as 3 dae afwesig is, moet ouers die skool van 'n oorspronklike doktersertifikaat voorsien.

Dit staan 'n opvoeder vry om te eniger tyd huisbesoek te doen om na die afwesigheid te verneem. Hierdie is egter nie afdwingbaar nie. Alle skrywes moet in duplikaat wees. Die duplikaatskrifte moet deur die opvoeder bewaar word en moet weekliks saam met die registers vir kontrole na die kantoor gestuur word.

Leerders mag slegs weens ernstige siekte of dood van die skool afwesig wees. vergunning word deur die skool gemaak vir dokters afsprake wat nie in die middae en of vakansies gereël kan word nie. Ouers moet vooraf die skoolhoof van ‘n doktersbrief of bewys van die afspraak voorsien alvorens dit toegelaat kan word.

Ouers moet die skool voorsien van ‘n mediese sertifikaat wanneer die kind afgeboek is of medikasie moet gebruik.

Gedurende skoolure woord verlof slegs deur die skoolhoof gegee in die geval van ‘n ernstige besering, siekte of dood.

Geen leerder mag ‘n ouer van die skool af skakel nie, dit word slegs deur die skool gedoen indien die skoolhoof toestemming gee of in die geval van ‘n noodgeval.

Leerders wat afwesig was sonder verlof sal self moet toesien dat hul tuiswerk op datum is en alle agterstallige werk ingehaal word. Geen leerkrag sal in die geval enige tuiswerk voorsien of faks nie. Tuiswerk moet self by maats of in die tuiswerkboek gekry word.

Ongereëlde skoolbesoeke kortwiek nie net die leerder wat afwesig is nie maar beinvloed effektiewe onderrig deur die leerkragte.

LAATKOMMERS: Indien 'n leerder laat kom vir skool moet hy/sy en die ouer na die kantoor verwys word vir aantekening op die “laatkomregister” Indien dit 'n derde keer agtereenvolgens of drie keer en meer per kwartaal gebeur, sal die skoolhoof die ouers per brief verwittig. Indien geen gehoor of wettige en/of aanvaarbare redes deur die ouers nie, moet dit skriftelik aan die Departement van Onderwys gerapporteer word.

BIOLINKKonsentrasie is die sleutel to prestasie

Wat is BioLink?BioLink is ‘n alternatiewe metode tot medikasie om konsentrasie en fokus te verbeter, maar nog só veel te meer, om kinders te help om selfvertroue te verkry deur bioterugvoering aktiwiteite en oefeninge. Dit verbeter geheue, help hulle vinniger werk en harder konsentreer.

Hoe werk dit?BioLink is gekondisioneerde oefeninge wat help om suurstof in die bloed te vervoer na die areas van die brein wat dit benodig. Die hooffokus van hierdie oefeninge is om konsentrasie te verbeter. BioLink maak gebruik van konsentrasie-toerusting en is die enigste verskaffer van “PlayAttention” toerusting op die Afrika-kontinent.

Hoe word die vordering gemeet?Verskeie toetse om aandag en konsentrasie te meet, word na afloop van ‘n sekere hoeveelheid sessies gedoen. Dit is ‘n rekenaartoets wat reaksietyd, konstantheid, die gebrek aan konsentrasie en impulsiwiteit meet. Dit word die TOVA-toets genoem. ‘n Verslag word aan die ouers gegee sodat hulle hul kind se vordering kan volg.

Konsentrasie kan gemeet word Beter konsentrasie en fokus = beter punte BioLink is uniek Dit lewer gelukkige kinders met hope selfvertroue Vordering word wetenskaplik gemeet BioLink lewer toppresteerders Kinders voltooi hul huiswerk nou in die helfte van die oorspronklike tyd BioLink is vir enigiemand

Getuigskrif

Te danke aan BioLink presteer Erik nou vir die eerste keer binne sy vermoëns. Vroeër was dit ‘n stryd om klastake te voltooi en Erik het dit moeilik gevind om te konsentreer binne klasverband. Die geringste geraas het sy aandag afgetrek. Nou kan Erik voluit fokus op sy take en word dit binne die tydsgrens voltooi. Boonop behaal hy nou tussen 90 en 100% vir sy werk waar dit vroeër tussen 70 en 80% was.

Nicolette Janse van Rensburg (tevrede ma)

BioLink kom Jacobsdal toe en is baie opgewonde om hierdie wonderlike diens aan ons ouers en kinders te kan lewer. Moenie hierdie ideale kans mis om u kind die geleentheid te gee om deel van BioLink te word nie.

Indien u sou belangstel en meer inligting verlang, skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of 053 591 0757 of stuur ‘n e-pos na [email protected]. Skakel reeds nou al om u plek te verseker!!!