9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 16 25 Mei – 1 Junie 2018 OUERS: RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING: [AFSKEURSTROKIE] Ons moes noodgedwonge die wedstryde teen Newton vervroeg na Dinsdag, 29 Mei as gevolg van rugbyproewe wat op Donderdag, 31 Mei plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om na afloop van die wedstryde ons Rugby- en netbalafsluiting by te woon. Dit gaan die vorm van ‘n potjiekosete en dans aanneem. Deur die loop van die aand gaan ons jaarlikse Wildsveiling plaasvind. n Lys van alles wat aangebied gaan word, word by die nuusbrief ingesluit. Die funksie begin om 17:30 vir 18:00 en ouers kan die afskeurstrokie invul om te bevestig of u die geleentheid gaan bywoon. GEEN KOSTES! Ouers bring hulle eie eetgerei en drinkgoed saam. Fondse wat ingesamel word, gaan vir ons BUSFONDS. Indien u weet van mense wat sou belangstel in jagpakkette vir die winter, kan u hulle van die veiling in kennis stel en dalk namens hulle bie. KOM GENIET DIE MIDDAG EN AAND SAAM MET ONS! LANDBOUDAL BEKENDSTELLINGSDAG: Al ons graad 7-leerders besoek Landboudal op Vrydag, 1 Junie. ‘n Bus van Landboudal kom hulle om 8:45 hier haal en sal hulle weer terugbring. Leerders moet asseblief netjies geklee wees in die korrekte wintersdrag. Juffrou Delene vergesel die groep graad 7’s. “JAKKIES GOT TALENT”: Nog net een week om in te skryf vir die “Jakkies got talent”-kompetisie wat op Donderdag 7 Junie plaasvind. Skryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas braaibroodjies sal @ R10 te koop aangebied word. REDENAARSKOMPETISIE: Die redenaarskompetisie verskuif na Maandag, 4 Junie. Dit vind om 14:30 in die gr. 3B se klaskamer (nr 23) plaas. KLEREWINKEL: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat belangstel om bottelgroen serpe, handskoene en “beanies” (hoedjies) vir hulle kinders te bestel, kan die afskeurstrokie invul en saam met die korrekte bedrag na die klasonderwysers terugstuur. Al drie die items kos R50. U kind se naam word daarop geborduur. Handskoene is “one size fits all” en is te groot vir die kleiner kinders. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 4 Junie Slegs een bestelling sal geplaas word. OUERHULP: Kontak vir Jeanette (082 335 7333) as u op Dinsdag, 29 Mei met die maak en verkoop van verversings kan help as Newton ons besoek. Hulle wil reeds vanaf 12:00 in die verversingslokaal begin werk. Harry kan gekontak word as daar ‘n pa of twee is wat kan help braai. (082 883 5010) Om net vir ‘n uur of twee te kom werk is ook in orde en jy kan wegglip om jou kind se wedstryd te gaan kyk. U kan ook die volgende skenkings maak: KANEEL KOEKMEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS CHUTNEY TAMATIESOUS HOUT/CHARCOAL (Handig asseblief by die boekstoor in)

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSkryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 16 25 Mei – 1 Junie 2018OUERS:RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING:[AFSKEURSTROKIE]Ons moes noodgedwonge die wedstryde teen Newton vervroeg na Dinsdag, 29 Mei as gevolg van rugbyproewe wat op Donderdag, 31 Mei plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om na afloop van die wedstryde ons Rugby- en netbalafsluiting by te woon. Dit gaan die vorm van ‘n potjiekosete en dans aanneem. Deur die loop van die aand gaan ons jaarlikse Wildsveiling plaasvind. ‘n Lys van alles wat aangebied gaan word, word by die nuusbrief ingesluit. Die funksie begin om 17:30 vir 18:00 en ouers kan die afskeurstrokie invul om te bevestig of u die geleentheid gaan bywoon. GEEN KOSTES!Ouers bring hulle eie eetgerei en drinkgoed saam. Fondse wat ingesamel word, gaan vir ons BUSFONDS. Indien u weet van mense wat sou belangstel in jagpakkette vir die winter, kan u hulle van die veiling in kennis stel en dalk namens hulle bie. KOM GENIET DIE MIDDAG EN AAND SAAM MET ONS!

LANDBOUDAL BEKENDSTELLINGSDAG:Al ons graad 7-leerders besoek Landboudal op Vrydag, 1 Junie. ‘n Bus van Landboudal kom hulle om 8:45 hier haal en sal hulle weer terugbring. Leerders moet asseblief netjies geklee wees in die korrekte wintersdrag. Juffrou Delene vergesel die groep graad 7’s.

“JAKKIES GOT TALENT”:Nog net een week om in te skryf vir die “Jakkies got talent”-kompetisie wat op Donderdag 7 Junie plaasvind. Skryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas braaibroodjies sal @ R10 te koop aangebied word.

REDENAARSKOMPETISIE:Die redenaarskompetisie verskuif na Maandag, 4 Junie. Dit vind om 14:30 in die gr. 3B se klaskamer (nr 23) plaas.

KLEREWINKEL: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat belangstel om bottelgroen serpe, handskoene en “beanies” (hoedjies) vir hulle kinders te bestel, kan die afskeurstrokie invul en saam met die korrekte bedrag na die klasonderwysers terugstuur. Al drie die items kos R50. U kind se naam word daarop geborduur. Handskoene is

“one size fits all” en is te groot vir die kleiner kinders. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 4 Junie Slegs een bestelling sal geplaas word.

OUERHULP:Kontak vir Jeanette (082 335 7333) as u op Dinsdag, 29 Mei met die maak en verkoop van verversings kan help as Newton ons besoek. Hulle wil reeds vanaf 12:00 in die verversingslokaal begin werk. Harry kan gekontak word as daar ‘n pa of twee is wat kan help braai. (082 883 5010) Om net vir ‘n uur of twee te kom werk is ook in orde en jy kan wegglip om jou kind se wedstryd te gaan kyk.U kan ook die volgende skenkings maak:

KANEEL KOEKMEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS CHUTNEY TAMATIESOUS HOUT/CHARCOAL(Handig asseblief by die boekstoor in)

LEERDERDEELNAME: EKSTRA OEFENING:Al die rugby- en netbalspanne oefen op Maandag, 28 Mei op hulle gewone tye. Geen tennisoefening nie.

RUGBY- EN NETBALUITSLAE – EUREKA / HOPETOWN: RUGBY:

EUREKA HOPETOWN0/7 --- Verloor 20 – 5 0/9 --- Verloor 20 – 5 0/11A --- Wen 27 – 5 0/11B Verloor 31 - 19 ---0/13A --- Wen 61 – 5 0/13B Wen 27 - 17 ---

NETBAL:

EUREKA HOPETOWN ODPS0/7 Verloor 4 – 3 Verloor 10 - 0 ---0/7B Wen 6 - 0 --- Wen 12 – 4 0/8 Verloor 1 – 0 Verloor 4 – 3 Verloor 6 – 4 0/9 Verloor 9 – 6 Verloor 15 – 2 Verloor 6 – 5 0/10 Verloor 11 – 4 Wen 13 – 11 Wen 17 – 1 0/11 Wen 5 - 4 Wen 10 – 7 Wen 12 – 3 0/12 Verloor 28 - 4 --- Wen 11 – 4 0/13A Verloor 20 - 19 Wen 29 – 7 ---0/13B Wen 8 - 3 --- Verloor 10 – 6

MCDONALDS RUGBY- EN NETBALDAG:Sterkte aan ons 0/7 en 0/8 rugby- en netbalspanne wat op Saterdag, 26 Mei aan die McDonaldsdag by Newton deelneem. RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON: Leerders moet onthou dat hulle skool- of sportdrag moet aanhê by ons tuiswedstryde. Geen “sivvies” nie.

Die volgende spanne speel op Dinsdag, 29 Mei teen Newton:Rugby: 0/9, 0/11 en 0/13 Netbal: 0/7A en B, 0/8, 0/9A en B, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13A en B ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.Daar gaan heerlike verversings te koop aangebied word.

0/11B en 0/13B se rugbywedstryde teen Newton vind op Donderdag, 31 Mei hier by ons plaas.

NETBAL XHARIEPDAG:Sterkte aan die 0/12 en 0/13 netbalspanne wat op Maandag, 28 Mei aan die Xhariepdag in Bloemfontein deelneem. Wenners op hierdie dag gaan deur na die Vrystaatdag.

LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende landloopliga vind op Donderdag, 31 Mei by Newton plaas en atlete wat wil gaan deelneem moet asseblief almal die afskeurstrokie invul en op Maandag, 28 Mei na die klasonderwysers terugstuur. Busgeld: R30. Tannie Adéle moet die getalle voor die tyd instuur. Ouers kan ook op die strokie invul indien u kind/ers aan die Bloemfonteinbyeenkoms op Vrydag, 1 Junie wil gaan deelneem. Busgeld: R80.

KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat belangstel om aan die kwalifiserende skaaktoernooi op 1 en 2 Junie in Bloemfontein deel te neem, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsgeld op Maandag, 28 Mei by die klasonderwysers inhandig.

ATKV REDENAARS:Baie sterkte aan Anica Ueckermann wat op 25 Mei aan die tweede rondte van die ATKV redenaarskompetisie deelneem.

ALGEMEEN:SA INSTITUUT VIR WISKUNDE:Neem asb. kennis van die pamflet wat aan die nuusbrief geheg is. Indien ten minste 50% van al die pamflette (of u belangstel of nie) terugkom skool toe, word ‘n kontantbedrag aan die skool oorbetaal.

................................. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Maritza du Plooy (operasie)

Baie dankie aanMarius Botma

wat uie aan die koshuis geskenk het.

Dit word waardeer.

\

AFSKEURSTROKIE: RUGBY- EN NETBALAFSLUITING (29 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN)

___________________________________

AANTAL VOLWASSENES: __________

AANTAL KINDERS: __________

HIERMEE BEVESTIG ONS DAT ONS DIE RUGBY- EN NETBALAFSLUITING GAAN BYWOON.

HANDTEKENING VAN OUER:

_____________________________

DATUM: ___________________

Antwoord asb. op: Maandag, 28 Mei

Ouers wat reeds hulle strokie ingestuur het, hoef nie weer ‘n strokie in te stuur nie.

KOM GENIET DIE AAND SAAM MET ONS!

Ten bate van ons BUSFONDS

AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP LIGA (31 Mei - Kby)

OUER: ____________________________________________________

ATLEET: __________________________________________________

WIL AAN DIE LANDLOOPLIGA OP DONDERDAG, 31 MEI DEELNEEM.

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________

BUSGELD: R30

LANDLOOP LIGA (1 Junie in Bloemfontein)

OUER: ____________________________________________________

ATLEET: __________________________________________________

WIL AAN DIE LANDLOOPLIGA OP VRYDAG, 1 JUNIE DEELNEEM.

EK GAAN MY EIE KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________ BUSGELD: R80

AFSKEURSTROKIE: SERPE / HANDSKOENE / “BEANIES” (OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

LEERDER SE NAAM EN VAN _________________________ GR ___

LEERDER SE NAAM EN VAN _________________________ GR ___

LEERDER SE NAAM EN VAN _________________________ GR ___

GRAAG WIL EK DIE VOLGENDE BESTEL:

SERP (R50): ______ (AANTAL)

HANDSKOENE (R50): _______ (AANTAL)

“BEANIE” (HOEDJIE R50): _______ (AANTAL)

INGESLUIT: R _______

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

Ouer: _________________________________________

wil graag my kind/ers:

vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 1 en 2 Junie inskryf.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

Inskrywingsgeld: R110

NO JAGPAKKETTE:

14 x SpringbokrammeLuukse verblyf vir 4 persone, Vrydag- en Saterdagaand. “Brunch” (Sa en So) en aandetes (Vry en Sat) ingesluit

21 x Gemsbok1 x Hartbees2 x SpringbokkeTwee aande verblyf vir 8 mans of 3 x gesinne

32 X Koperspringbokke1 x Vlakvark2 Aande verblyf vir 8 mense

4 1 x Blouwildebees Een nag akkommodasie vir vier persone

5 1 x Gemsbokkarkas óf1 x Hartebeeskarkas

6 1 x Kudukarkas

7 3 x Springbokkarkasse

8 2 x Springbokke

9 2 x Springbokke 1 x Vlakvark

10 1 x Blesbokram

11 1 x Blesbok

12 1 x BlesbokKan gejag word of gee die karkas

131 x Blesbokkarkas Klaar geskiet, karkas in eerste week van derde kwartaal beskikbaar

14 Twee nagte akkommodasie vir vier persone enWildsbesigtigingsrit

15 1 x Vlakvark

BAIE BAIE DANKIE AAN ONS OUERSEN VRIENDE VAN ONS SKOOL

WAT HULLE HARTE EN BEURSIES OOPMAAKEN HIERDIE JAGPAKKETTE AAN ONS SKENK

DIT WORD WAARDEER!!

Phantom 4 Pro+Flight time: 30 minutes/battery

Control range: 7kmSpeed: 72 km/h

Camera/Video resolution: 24mega pixels/ 4K 60fps

Sensor range: 30mObstacle sensing: 5 Direction

Ekstra lootjie kaartjies beskikbaar by Juffrou Delene@ R50/kaartjie.

Trekking by Kleuratletiek

WERKSURE BESKIKBAAR:Maandae tot Donderdae: 7:00 tot 10:30

Vrydae: Die hele dagWinter se spesiale aanbieding vir Mei en Junie:

Sny, blaas en Manikuur (hande) of Pedikuur (voete) virR280

Skakel vir Liezel