Upload
hadat
View
281
Download
46
Embed Size (px)
Citation preview
1
Jakobus hoofstuk 1 Hierdie Bybelstudie notas oor die brief van Jakobus, is
saamgestel deur ds. Willem Louw, leraar van die NG Gemeente Potchefstroom-Miederpark.
Agtergrond
Die Skrywer: Die skrywer is Jakobus: Daar is ten minste vyf persone met die naam
Jakobus, waarvan ons weet. Hierdie Jakobus wat die brief geskryf het, is
waarskynlik die halfbroer van Jesus. Hy was aanvanklik nie ʼn gelowige nie. Hy
het saam met Jesus se broers destyds neergesien op Jesus. Sy geloofslewe begin
eers na Jesus se opstanding uit die dood. Paulus meld in 1Kor.15:7 dat Jesus na
sy opstanding uit die dood ook aan Jakobus verskyn het. Dis waarskynlik by
hierdie ontmoeting dat Jakobus, die halfbroer van Jesus, en ons briefskrywer,
werklik in geloof gegroei het.
Die naam “Jakobus” is die Griekse vorm van die Hebreeuse naam “Jakob”. Jakob
beteken letterlik “om die hakskeen vas te hou”, of om op die hakke van iemand
anders te loop. Figuurlik gesproke kan die naam Jakobus dan twee betekenisse
hê: “om iemand in te loop” met ander woorde te bedrieg, of “om iemand te
volg” as bediende.
In die Ou Testament het Jakob destyds ʼn lewensomkeer ondervind. Hy het van
bedrieër verander na volgeling van God en God het hom die nuwe naam
“Israel”, gegee.
Ewe aanmatigend het hierdie Jakobus destyds saam met sy broers vir Jesus
voorgeskryf en aanvanklik nie in Hom geglo nie.(Joh.7:3-5), maar nou het
Jakobus ʼn radikale ommekeer in sy verhouding met God gehad. Hy noem
homself “slaaf of dienaar van Jesus!” Wat ʼn mooi getuienis! Wat ʼn kragtige
omkeer? Het jy ook nodig om so ʼn omkeer in jou lewe te maak? As jy vir Jakobus
sou vra wat sy naam beteken, sou hy waarskynlik getuig het: My naam het
aanvanklik beteken “bedrieër” , maar nou beteken dit, volgeling en dienskneg!
2
Wie is die Lesers? Eerste generasie Christene: Joodse Christene wat vervolg is en
oor groot dele van die destydse wêreld buite Palestina verspreid gewoon het.
Ontstaanstyd: Of kort voor Jakobus se dood in 62nC of 40nC voor die apostel
vergadering.
Doel van brief: Om die Christene te bemoedig om ten spyte van vervolging en
beproewing, radikaal vir Jesus te leef en hulle geloof prakties uit te lewe.
1:1 Die groet aan die begin van die brief is vrolik en toon Jakobus se
welwillendheid. (gewoonlik was die groetvorm: Vrede of genade). Hierdie woord
groete kom slegs voor op twee ander plekke in die Bybel by Hd.15:23 en 23:26
Hoewel Jakobus ʼn Hebreeus sprekende Jood was, het hy as Galileër Grieks
besonder goed geken.
(Jakobus se groet kan vergelyk word met die van Paulus 1Kor.1-3; Petrus
1Pet.1:1-2 en Johannes 3Joh.1:1-4) Onthou opregtheid en vriendelikheid is
belangrik. Dit moet jou lewenstyl kenmerk. Weet almal uit jou taalgebruik dat
jy gered is?
As ʼn mens se verhouding met God lewend is, kom dit na vore in jou
taalgebruik, maar ook in die manier hoe jy mense groet en in hulle belangstel.
Jakobus is ʼn slaaf van God. Hy is trots dat hy ʼn dienaar van Jesus is (Onthou
ons het gesê hy het nie geglo dat Jesus die Verlosser is nie (soos die res van sy
broers) en eers na sy opstanding tot bekering gekom)
1:2-4 kan mens bly wees as jy deur ʼn hele reeks probleme geteister word?
ʼn Blymoedige gees stel ons in staat om te volhard. (Lees Heb.12:1-15) Wat
leer jy uit die gedeelte? (Swaarkry verryk jou lewe; Ons is God se kinders en
soms bring hy beproewing of tug oor ons pad om ons karakter te vorm. Dit
doen hy tot ons beswil)
Onthou Jakobus skryf aan die verdrukte Joodse Christene wat nou gevlug
het en groot vervolging en verdrukking beleef oral in die wêreld waar
hulle bly. Om buite hul land en kultuur te wees was klaar vir die Jode ʼn
groot beproewing
3
Beproewings is God se manier om ons geloof te toets, ons in ons karakter
te vorm en te laat groei. Ontbreek geloof, lei terugslae en swaarkry
dikwels tot bitterheid, tot verharding en selfs tot vernietiging. Die Here
laat dikwels beproewinge in ons lewe toe om jou in jou geloof te laat groei
en ontwikkel. Dit is ʼn proses van Heiligmaking.
Gelowiges moet leer om te volhard ten spyte van haglike omstandighede.
Volharding moet lewenslank volgehou word.
o Leer geduldig wees. Oefen jouself in om geduldig te wees! Jy moet
weet dat God jou nooit sal los nie (Fil.1:6) (Paulus gebruik die beeld
van ʼn atleet om volharding en deursetting aan te moedig – Fil.3:12-
16 en 2Tim.4:7)
o God stel ons in staat om te volhard: Nood leer bid. (Mt.7:7) Gebed
help ons om te volhard (Paulus en Silas kon in die tronk blymoedig
wees en sing – Hd.16:25)
o Spreek positiewe woorde in jou omstandighede, dink positiewe
gedagtes. Glo in God se krag, hulp en almag. Verwag dat God jou sal
verlos. Slegte omstandighede skep die ruimte vir God om
wonderwerke te doen. (Jesus het oorwin Heb.12:12 en maak
oorwinning vir jou moontlik).
Waarom is dit vir ʼn mens voordelig as jou geloof die toets deurstaan? Jou
geloof in God word suiwerder en sterker, en jou verhouding met God word
inniger en kragtiger. Daarom is jy inderdaad bevoorreg omdat mense wat
nooit beproewinge ervaar nie, onder normale omstandighede gewoonlik
nie tot ‘n dieper vlak in hul geloofsverhouding met God groei nie!
1:5 God gee wysheid. Onthou teenspoed en smart is nie die enigste manier
waarop geestelike groei plaasvind nie. Mens hoef nie swaar te kry om geestelik te
groei nie. Die Here praat ook deur voorspoed en ʼn rustige lewe!
Die wysheid waarna hier verwys word, is die vermoë om te weet hoe God
wil hê dat jy jou lewe moet inrig en hoe jy in elke konkrete situasie moet
optree. Die wysheid waarna Jakobus verwys is nie geleerheid nie. Dit is
eerder insig in God se doel met voor en teenspoed.
4
o Om egter in te sien dat teenspoed ʼn toets en groei geleentheid is,
verg besondere wysheid. Hierdie wysheid (insig) kom net van God af.
Hoe kry mens ʼn Godgegewe aanvoeling vir wat reg en verkeerd is, vir
besluite wat geneem moet word ens.?
o Lees Ps.25. Wat leer jy hier?
o God gee wysheid vir die wat dit in gebed van Hom vra: God gee
wysheid sonder voorbehoud of verwyt! God gee uit genade, sonder
verdienste, ondanks tekortkominge. Erken jou volkome afhanklikheid
van God en berei so ʼn plek waar jy God kan ontmoet.
1:6-8 In die Bybel praat God met ons (Hy praat deur gebeure, mense
omstandighede, drome, die natuur ens. maar veral deur Sy Woord). In gebed
praat ons weer op ons beurt met God.
Gebed is God se metode hoe ons met Hom kommunikeer (Luk.11:19-
13).
Die voorvereiste is ons moet gelowig bid. (wat is dit?)
Geloof beteken volgens Heb.11:1-2 om God te ken en te vertrou.
(Onthou egter die Here self gee ons die vermoë om Hom te glo. Geloof is
ʼn reaksie op wat die Here gedoen het) (Bv. As Abraham glo (Gen.15:6)
dan reageer hy positief op wat God pas vir hom gesê en belowe het.
Gee die Here alles wat ʼn mens as gelowige bidder van Hom vra?
(Jakobus sê dat dit nie die geval is nie). Dit gaan hier spesifiek oor
wysheid. Met wysheid is dit anders. God gee aan die wat wysheid vra.
Luk 11 vertel die verhaal van die vriend wat om middernag klop en
brood vra: Ons leer hier: Wie in die regte verhouding met die Here staan
sal alleen gehelp word. Daarby kom ook volharding Mt.6:9 leer ons om
te bid “Laat U wil geskied”. Sy wil is altyd tot ons beswil. Sy wil is egter
soms anders as wat ons sou wou hê.
Om gelowig te bid is om vas te hou aan God se vaste beloftes in Sy
Woord. (op Sy Woord te staan/handel)
Hoe is iemand wat twyfel as hy wysheid van God af bid? Hy vermoed die
Here gaan nie sy gebede verhoor nie. So iemand is nog nie volkome
oortuig dat God se raad in Sy Woord die beste is nie. Hy beoordeel God
5
se Woord op dieselfde basis as iemand anders se raad. Hy luister daarna
en besluit self of hy dit wil gehoorsaam of nie.
Twyfel wek twyfel. Dan twyfel jy kort voor lank aan baie meer. Dan
word jy later oor alles onseker. Jy hoor God se raad, jou vriende se raad
en jy het jou eie idees. Jy val verward tussen almal se menings rond.
Beteken dit dan dat ʼn mens nooit mag twyfel nie? Nee, Jakobus sê nie dat
ʼn gelowige nooit enige twyfel sal ken nie. Hy waarsku egter dat ʼn
negatiewe ingesteldheid teenoor God se raad vir ons op die langduur
gaan benadeel. Twyfelaars kan nie geestelik groei en vooruitgaan nie.
(As die boer twyfel of dit deur die seisoen sal bly reën, gaan hy ook nooit
plant nie) Jy kan nie op twee gedagtes hink nie. (jy sal soos ʼn brander in
die see heen en weer gedryf word en nêrens kom nie). Gaan voluit vir
God en leef voluit vir Hom! Gehoorsaamheid aan God se Woord is die
basis vir geloofs-ontwikkeling en groei.
Daar is net een manier om van wisselvalligheid genes te word: DOEN
alles gehoorsaam wat God jou vra om te doen.
1:9 Hierdie teenstelling sluit aan by Jesus se bergpredikasie (Mt.5:4,10). Arm
gelowiges moet hulle verheug want God gee aan hulle aansien. (Arm gelowiges
kon hul destyds nie self laat geld nie, is deur die rykes uitgebuit en onderdruk en
verkul. Die sulkes het gevoel hulle het geen aansien nie en niks gehad waarop
hulle kon roem nie. Nou gee Jakobus aan hulle hoop:
By God is baie eerstes laaste en laastes eerste (Mt.19:30). By God het hulle
dus groter aansien as die rykes!
Armes kan die veragting wat hulle nou ervaar met blymoedigheid verduur
omdat hulle die blye wete het dat hulle aan die Here behoort! Die rykdom
wat hulle in Christus gevind het, is meer werd as geld.
Die les is: Moenie hunker na wêreldse skatte nie. Pasop waar jou skat is sal
jou hart ook wees (Mt.6:20-21) Jou lewe is ryk in Christus (Luk12:21) (Jesus
is ook verag (Jes:53:3) en Hy het die gestalte van ʼn dienskneg aangeneem
(Fil.2:7)
1:10-11 Die arm ryke
6
Die Bybel skryf nie ʼn ekonomiese stelsel voor nie, maar vra beslis dat ons nie
ons vertroue op aardse skatte sal plaas nie. Jakobus vergelyk die
kortstondigheid van rykdom met die veldblomme van Palestina wat gou verlep
as die felle somer son en Sirocco wind vanuit die woestyn daaroor waai en dit
verskroei.
Ons beleef vandag geestelike leegheid, die onvermoë om by God se morele
waardes te bly en daarvolgens te leef. (korrupsie, moorde, egskeidings,
uitbuiting ens)
o Daar is gevolge wanneer ons geestelike armoede ondervind: Ons handel
nie volgens God se wysheid nie en beleef dan al die wêreldse ellende.
Daarom die aanmoediging in 1Tes.4:1-5; Fil.2:12-15.
Party gelowiges was arm en party ryk. Met rykdom is daar niks verkeerd nie,
solank die gelowige dit reg gebruik, tot eer van God, en nie sy vertroue op geld
en besittings plaas nie. Jy moet besef hoe gering jy voor god is, ten spyte van
jou rykdom. ʼn Arme moet weer nie dat sy armoede hom minderwaardig laat
voel nie. Hy moet besef watter aansien hy voor God het. Dit is ook nie
verkeerd as iemand wat arm is sy finansiële posisie wil verbeter nie. Trouens
die Skrif moedig ons aan om selfversorgend te wees.
Hoe moet die Christen sy geld hanteer? Wat sê Jesus? (Hd.20:35) Hoe maak jy
met wat jy besit ʼn daadwerklike verskil (Luk.16:9-13). As jy nie eers betroubaar
is in die hantering van geldjies nie, hoe kan God groter dinge aan jou
toevertrou?
o Die Skrif moedig ons aan om met ons besittings die behoeftiges
(weduwees en wese) te versorg en mededeelsaam te leef. Gebruik jou
besittings tot God se eer en ook tot voordeel van medegelowiges.
o Wees ʼn goeie bestuurder van jou besittings.
o Die beginsel van saai en maai geld ook hier. (Luk.6:38) (Gee en vir julle
sal gegee word).
o Offervaardigheid is ʼn beginsel wat reeds deur die gee van tiendes in die
Ou Testament geleer word as voorskrif (Lev.27:30-33, Num.18:21-24,
Duet.14:22) en deur God verwag word Mal.3:7-10. Dit word ook deur
7
Jesus gehandhaaf (vgl.Mt23:23). Die Nuwe Testament ondersteun
offervaardigheid volgens ʼn vaste beginsel proporsioneel (1Kor.16:1-2).
o Die gesindheid waarmee ons gee is belangrik: (2Kor.9:6-7). Iemand wat
begryp hoe groot God se daaglikse liefde en versorging is, kan nie anders
as om ruim en uit dankbaarheid vir God te offer nie). Offers moet sonder
dwang gegee word (2Kor.8:1-3)
o Vir God is dit nie jou bankbalans nie, maar jou hart wat belangrik is.
Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees (Lees Luk.12:13-21, die ryk
dwaas).
12-15 Hoe werk versoekkings? Waar kom dit vandaan? Hoe kan dit oorwin
word?
Jakobus gee nie vir God of die duiwel die skuld vir versoekings nie! Hy sê dit
is die mense se eie skuld.
Jakobus gebruik dieselfde woord vir beproewing, as vir versoeking (1:2 en 1:12). ( ; peirasmos ( pi-ras-mos') ; a putting to proof (by experiment [of good], experience [of evil], solicitation, discipline or provocation); by implication adversity: - temptation.
Dis dieselfde saak vanuit twee gesigshoeke gesien! (dieselfde situasie wat God kan gebruik om jou geestelik te laat groei, kan die duiwel gebruik om jou van God af weg te rokkel.
o God se bedoeling is positief, nl. om jou nader aan Hom te bring. Die
duiwel se bedoeling is negatief, om jou verder van God weg te lei en
sy geloof af te breek. Die duiwel sluit aan by wat vir ons die
aangenaamste en maklikste interpretasie is. (Gen.3:6).
o Josef (Gen. 39) is ʼn voorbeeld wat onder moeilike omstandighede
standvastig gebly het. God het Josef hierdeur voorberei vir ʼn
besondere taak wat op hom gewag het. Die duiwel wou deur Potifar
se vrou, vir Josef versoek en tot ʼn val bring sodat hy nie God se rol
kan vervul nie! Josef het op God bly vertrou (Gen.39:9). Daarom kon
hy oorwin.
8
o In Luk.4:1-13 word Jesus self versoek. Op watter wyse het Hy staande
gebly? (Skrifkennis en die toepassing daarvan in die praktyk).(Luk.4:3
word versoek met basiese behoefte wat alle mense het aan
voedsel/honger/ oorlewing. In Luk.4:5-8 Versoek deur Mag/
besittings na te jaag; Luk.4:9-11 versoek deur drang na beskerming/
veiligheid/ omgee/ versorging.)
o Iemand wat die versoekings oorwin, is getrou aan God en baie lief vir
Jesus. God sal daardie persoon beloon! (Luk.18:29,30).
o Klaagliedere 3:32-33
Hoe werk versoeking? Waar kom dit vandaan? Van jouself!(Jak.1:14-15)
o Sonde is ʼn proses wat geleidelik groei en uiteindelik die oorhand kry.
(1) gedagtes: jy dink aan die versoeking en oordink dit. (2) Jy
oorweeg en keur die gedagte in jou kop goed. (3) Jy begin maak ʼn
plannetjie (word bevrug). (4) Jy voer die plannetjie in die praktyk uit.
(5) Die een sondige daad lei tot die volgende sondige daad. Die
gevolg van sonde is vernietiging/dood)
o Daarom moet jou nie self mislei nie (Jak.1:16)
o Dawid se sonde met Batseba is ʼn mooi voorbeeld (2Sam.11-12)
o Stop sonde deur onmiddellik as jy aan verkeerde gedagtes dink, dit
te bely en uit jou gedagtes te haal en met positiewe goeie gedagtes
te vul.
o “The one who kneels to the Lord, can stand up to anything!”
1:16-18 God se rol in die gelowige se lewe
o Vers 16: Die mens is sy eie grootste vyand. Jy mislei jouself (Vers 13 sê God
doen dit nie)
o Onthou ons stryd is gemeenskaplik: As een val, dan val die een langs
hom ook later en as een oorwin, oorwin ander om jou ook later!
(1Kor.12:26)
o Ons moet leer om mekaar reg te help (Luk.17:3-4) en te vermaan!
Met begrip, beskeidenheid, opregtheid, insig en wysheid van God,
moet ons mekaar reghelp!
9
o Spr.27:6 (Al maak ʼn vriend jou seer met sy opregte woorde, op hom
kan jy reken!)
o In Jak1:13 is gesê wat God nie doen nie, nou word verduidelik watter rol
God in die lewe van ʼn gelowige speel.
o God is nie kwaadwillig en op die uitkyk om jou te versoek nie.
o Hy gee vir jou alles wat nodig is om ten tye van beproewing te
volhard! (Praat met Hom in tye van beproewing). Jy kan versoekings
weerstaan.
Vers 17: Waar kom voor en teenspoed vandaan?
Waar kom seën en voorspoed vandaan? Dit kom van God (Jak.1:17).
Waardeer ons dit elke dag? Gee ons erkenning aan Hom?
o Joh.3:27
o Ps.33:18; Ps.34:9; Ps.34:19; Ps.37:3-5; Ps.37:23-24; Ps.20:8; Ps.16:5-6
o Wat is ʼn geskenk? Iets wat jy verniet kry.( Δ ; dosis (dos'-is)From the base of a giving; by implication (concretely) a gift: - gift, giving.
o Wat is ʼn gawe? Dit is die karakter wat God vir jou gee. ( ; teleios (tel'-i-os) complete (in various applications of labor, growth, mental and moral character, etc.); neuter (as noun,) completeness: - of full age, man, perfect.
o Wat is die gawe en geskenk waarna hier spesifiek verwys word? Die proses word hier aangedui dat ons alles wat goed is van God ontvang. Uit ons eie kan ons niks bereik nie. Dis net die genade van God dat ons verlos is en die ewige lewe kan ontvang.
Waarom gebruik mense gelukbringers of soek hulle raad by sterre-
voorspellers, of palm /teekoppie voorspellers as God dan die skepping
beheer en die gewer van alle goeie dinge is? (Vgl. Saul se optrede in
1Sam.28:8,16 en die gevolg in 1Kron.10:13). Lees ook Deut.18:10-12 en
Eks.20:4-5.
God is ewig van geslag tot geslag. Sy liefde maar ook Sy standaarde is en bly
dieselfde. (Ons is geneig om die Woord aan te pas soos dit ons pas)
10
Vers 18: God het ons deur Sy wysheid (Sy Woord) gered.
o Die Woord van die waarheid: dit dui op die gepredikte Woord wat lewewekkend is. (logos = uitspraak : log'-os ) dit is ook ‘n uitdrukking wat na Christus self verwys. Die Woord wat mens geword het). Dit was God die Vader se wild at Christus mens word en Sy Woord ons nuut maak.
o (apokue = uitspraak: ap-ok-oo-eh'o ) beteken: to breed forth, that is, (by transformation) to generate (figuratively): - beget, bring forth.
Die Griekse uitdrukking “tot die lewe bring” verwys na ʼn vrou wat ʼn
kind in die wêreld bring. (toepassing hier: God skenk aan ons die
wedergeboorte). Soos ʼn vrou intens betrokke is by die geboorte
proses van haar kind, so is God deur Sy Gees intens betrokke by ons
wedergeboorte.
o Net soos ʼn mens homself nie gebore kan laat word nie, so gee God
aan ons geboorte. Dis ʼn geskenk. (sien vers 17)
o Ons was dood maar God het ons wederbaar om waarlik te leef soos
Hy dit bedoel het.
o “Eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het”: Wat word
hiermee bedoel? In ou Israel was die eerstelinge van die oes, die
beste deel van die oes wat eerste aan die Here gewy is. Die
“eerstelinge” het die hele oes verteenwoordig. Daarmee is die hele
oes simbolies aan Hom gewy.
o Ons is die eerstes wat al die seën belewe wat God bedoel het dat ons
moet ontvang! Ons is vir God die beste deel van die oes! Ons
verteenwoordig nou die hele skepping wat God nog nuut wil maak
(herskep) by sy wederkoms.
o God behou altyd die inisiatief in die wêreld en in ons eie lewe, selfs
al lyk dit soms nie so nie (1Joh.5:19). En al gee die Satan graag voor
dat hy alle mag het (Luk.4:6), bly God in beheer (Ps.24:1), en het hy
die finale sê (Rom.13:1).
o God kom die mense wat Sy wil nie meer wil of kan doen nie te hulp: Hy maak ons lewend deur die Woord van die waarheid.
11
(ktisma = uitspraak: ktis'-mah) beteken , ‘n oorspronklik geskape produk ( product ; created thing): - creature. Deur die wedergeboorte maak die Here van ons mense met
herstelde vermoëns. Ons kan nou nee sê vir die stem van verleiding.
Ons kan ja sê vir die opdrag van die Here.
o God gee vir ons ʼn nuwe doel waarvoor ons lewe. Hy gee ʼn nuwe
posisie wat ons in nuwe skoene (eerstelinge van die oes/
eersgeborene/ wedergeborene) moet volstaan.
o Neem jou nuwe posisie in: Hoe doen ek dit? Jy word nou deur die
wedergeboorte ʼn heilige/ ʼn Christen. Naamdraer en beeld draer en
gesagdraer (erfgenaam) van God. (Die woord Christen word net drie
plekke in die Bybel gebruik: Hd.11:26; Hd.26 en 1Pet.4:16)
o Bly in hierdie posisie (Die Loot aan die wingerdstok Joh15).
o In hierdie posisie is deurbrake en oorwinnings deur die Heilige Gees
moontlik. Alles is vir God moontlik. Dieselfde Gees leef nou in jou as
wat Christus uit die dood opgewek het (Ef.1:18-20)
o Hoe nader ons aan God beweeg, hoe groter word ons
verantwoordelikheid (vgl. Moses se lewe saam et God)! Dra jou
verantwoordelikheid deur gehoorsaam aan God te leef!
Verse 19-20: Hoor reg en Doen reg
Die nuwe leefstyl van wedergebore mense word nou beskryf. Die gelowiges
aan wie die brief geskryf is, was arm, dikwels vervolg en is dikwels
onderdruk: Hoe leef jy in sulke omstandighede?
o ʼn mens het twee ore en een mond. In daardie verhouding moet jy
luister en dink voordat jy doen of praat. Twee maal luister, dan dink
en dan eers een keer praat. (Moenie dink jy is alwetend nie. Hê ʼn
nederige leerbare gees.)
Aller eers moet jy na God se Woord luister (Jakobus het pas te vore verwys
na die Woord van die Waarheid). Jy moet eers hoor wat God se Woord sê
vir die situasie waarin jy is. Ps.119:105
o Voorbeeld: God maak seker Jeremia sien en verstaan reg! (vgl.
Jer.1:9-14)
12
o As jy goed na God luister sal jy nie opstandig raak oor die
beproewinge wat God stuur om jou geloof te suiwer en te versterk
nie. Dan gebeur ʼn merkwaardige ding; Jy sal ook al hoe meer in staat
wees om na jou medemens te luister. (Jy sal dan ook hoor wat jou
gespreksgenoot nie sê nie. (Wat hy nie wil sê nie en nie kan sê nie.)
Tweedens moet jy na jou medemens luister: Iemand het gesê: ons luister
nie om die persoon te verstaan nie, ons luister om die persoon te
antwoord.
o Luister goed na mekaar se harte. Leer die mens agter die woorde
verstaan. So maak medegelowiges die deur na mekaar se harte oop.
Dien mekaar so in liefde.
As jy reageer sonder dat jy moeite gedoen het om agter te kom wat
iemand anders se standpunt is, dan reageer jy op aannames wat jy self
fabriseer. Dis dan dat die ander man kwaad word en jy ook kwaad word!
o Sit ʼn wag voor jou mond – Ps.141:3
o Moenie kwaad word as jou standpunt nie wen nie.
o Moenie liggeraak wees as jou standpunt nie wen nie, of jy nie ernstig
opgeneem word nie.
o Wanneer iemand anders verontreg word, moet jy bereid wees om vir
daardie persoon op te kom!
Hoe meer ons na God se Woord luister en na mekaar luister, hoe kleiner is
die kans dat ons, ons eie lewe en ander mense se lewe met ons woorde
skaad.
Vers 20: Kwaadword
Wanneer jy kwaad is, is jy blind van woede. Jy is nie fyn ingestel op God se
stem nie. Jy hoor nie en jy sien nie raak wat God wil hê dat jy moet sien
nie. Daarom gaan jy nie kan optree soos God van jou verlang nie.
Kwaadword lyk so sterk en manlik, maar dis feitlik altyd ʼn teken van
swakheid!
13
Woede is oor die algemeen gesproke, net geregverdig wanneer God se eer
in gedrang kom of onreg teen ʼn medemens gepleeg word. (Mt.21:12-13
Jesus word kwaad)
Ons “kwaadword” is gewoonlik selfgesentreerd (ons voel te na gekom of in
ons eer gekrenk)
Humeurigheid, liggeraaktheid en woede is sonde in die oë van die Here.
Onthou God het ʼn heilige toorn oor sonde: Die toorn van God sal in die
oordeelsdag finaal en fel wees teen almal wat Sy Woord ignoreer.
Wanneer God kwaad word vir Sy volk, dan is dit omdat hulle ongehoorsaam
is en steeds bly doen wat hulle weet teen God se wil is en tot Sy oneer is.
Die reël geld: Moenie kwaad word nie. (Ef.4:26). As jy kwaad word, is daar
sekere dinge wat jy moet doen. Moenie self wraak neem nie. Laat dit in
God se hand oor (Rom.12:19 en Ps.4:5,9)
Vers 21: Aksie opruim en skoonmaak
Die kenmerk van ʼn wedergebore mens is dat hy sonde herken, sy eie sonde erken,
en dit opreg en eerlik teenoor die Here bely en daarmee klaar maak.
(apo th mi = uitspraak ap-ot-eeth'-ay-mee) beteken: to put away (literally or figuratively): - cast off, lay apart (aside, down), put away (off).
Ons moet dood wees vir die sonde 1Pet.2:24 (waarom kan ons dood wees
vir die sonde?)
Om te gaan lê in die sonde (sonder dat dit jou pla – vgl. varkie en skapie se
reaksie in die modder) is vir die wedergebore kind van God onmoontlik.
o 1Joh.3:9 – n wedergebore kind van God doen wel soms sonde, maar
hou nie aan om dieselfde sonde te doen nie.
o As ons die sonde wat ons gedoen het bely, vergewe God ons.
o Vgl. die verhaal in Mt.13:24-26. Die onkruid tussen die koring
(drabok – giftige onkruid wat baie soos koringplant lyk). Daar sal baie
14
sondige dinge in die wêreld gebeur wat by die oordeelsdag eers aan
die kaak gestel sal word en die oordeel van God sal ontvang.
o In ons eie lewe moet ons egter daagliks skeiding maak tussen goed
en kwaad.
o Onthou, onkruid groei altyd weliger waar die grond vir die goeie
saad voorberei is. Onbekeerde mense is vir die bose reeds gewen. Sy
aanval word nie op hulle toegespits nie. Die wedergeborene is soos ʼn
vars geploegde land waarin koring gesaai word. Die aanval van die
bose word op sulkes toegespits om verlore terrein te herwin.
God stel ons in staat om oorwinnend oor sonde te lewe: Lees 1 Joh.5:18
en 1Joh.3:8-10. En 1pet.1:23
Jakobus vra dat Christene veral sal stry teen:
o Sedelike vuilheid. (misdrywe op seksuele gebied is een van die
maniere hoe satan gelowiges se lewe rysmier (– seks is ʼn groot
drang) met nadelige effekte vir jou geloof.
o Ongeregtigheid (53 vertaling praat van boosheid): Waar mense nie
God se wil doen nie. Dit is verkeerde gesindhede wat dikwels tot
verkeerde gedrag aanleiding gee.
o Jy moet die stryd teen hierdie sondes aanknoop. Dit moet jy doen
deur die Woord van God aan te neem en groeikans in jou lewe te
gee. Jy kan nie self jou akker van jou lewe skoonhou nie: Die Woord
en God se Gees moet jou hierin help.
Verse 22-24: Daad-Christene gevra
Jakobus wys ons nou op die korrekte gebruik van die Woord.
Wanneer bedrieg ʼn Christen homself? – Wanneer ons die Woord op gereelde
basis aanhoor, maar nie ons lewe volgens die eise van die Woord aanpas nie.
(poi t s = uitspraak: poy-ay-tace') Betekenis: a performer; a doer. Ons moet deur wat ons doen begin om impak te maak. Leef lewens wat impak maak.
Iemand wat die Woord gereeld aanhoor, ken later die inhoud daarvan.
15
o Om die Woord te ken, beteken nog nie dat jy die Woord
gehoorsaam nie.
ʼn Mens wat die goeie Woord gereeld hoor kan later dink hy is goed omdat
hy gereeld in kringe beweeg waar daar oor die goeie dinge gepraat word.
Om die Woord gereeld te hoor, maak jou nie ʼn Christen nie.
o Die Woord word hier met ʼn spieël vergelyk.
Die man wat homself in die spieël sien, homself bekyk, wegloop en vergeet
hoe hy gelyk het, impliseer dat hy die Woord hoor, besef dat God met hom
praat en sonde in sy lewe uitwys, maar wanneer hy wegloop van die Woord
vervaag God se opdrag en het hy geen behoefte om sy sondes te bely en
reg te stel nie.
o Die Woord is veronderstel om soos ʼn twee snydende swaard jou oop
te klief en jou foute bloot te lê (Heb.4:12-13). (Paulus verwys in
Rom.7:9-10) na die Wet (Woord) en vertel watter verskriklike gevolg
dit in sy lewe gehad het. Hy was nie bewus van sy sonde nie, totdat
die Woord (Wet) dit aan hom kom openbaar het.
o Ons sien en ken ons foute, maar het geen behoefte om ons gedrag te
verander nie. Wat die Woord ons leer, en in ons lewe ontbloot,
maak geen indruk op jou nie. Jy gee nie diepgaande aandag aan wat
ons hoor of sien nie
o Om die Woord te lees, of hoor sonder om dit te gehoorsaam, word
gewoonte gedrag.
o Dit is moeilik om gewoonte gedrag af te leer.
o Jy kan geestelik verhard word wanneer jy die regte dinge gereeld
hoor, maar dit nie doen nie
Lees Joh.5: 37-38. Wat sê Jesus hier? Wanneer begin die Woord van God
regtig in ons harte lewe?
Ons is na die beeld van God geskep (Gen.1:27) Ons moet Sy beeld
weerkaats. Net die Heilige Gees kan jou help om jou verkeerde gedrag reg
te stel sodat die beeld van God al meer sigbaar is in jou lewe.
16
Die Woord van God vra pertinent daad-Christenskap! (selfondersoek,
belydenis, en reg leef). Eers as jy jou gedrag en gesindheid in lyn bring met
wat God wil hê, het jy jou doel bereik.
Die Woord van God is lewend en kragtig en kan jou lewe radikaal
verander. (Moses het die lewende Woord van God ontvang: Hd.7:38b.
Vergelyk ook. Ps.19:8; Jer.22:4-5)
Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon. Dit is Jesus self:
Joh.1:1-4 en14; 1Joh.1:1
Die Woord (God self) bring wedergeboorte in ons harte: 1Pet.1:23
Wat moet ons met die Woord van God doen? Fil.2:15-16
Vers 25:
ʼn Mens word gered deur geloof in God (glo dat Jesus vir jou sonde aan die
kruis met Sy bloed betaal het.)
Lees Rom.2:13. Verskil hierdie vers van Ef.2:8-10? Hoe moet ons dit
interpreteer?
Eerstens:
Die dade waaroor dit hier gaan verwys na ʼn gehoorsame lewe aan die
Woord van God. Onderhouding van die wet is nie ʼn voorwaarde tot
verlossing nie. (Jy word nie deur dade gered nie).
Dit gaan ook nie tussen die een of die ander kies nie. Albei is belangrik.
Die regte lewenswyse (dade), getuig van jou redding en is ʼn heenwysing na
God. As jou lewenswyse nie aantoon dat jy gered is nie, plaas jy self ʼn
vraagteken oor jou geloof. As jou geloof ʼn daaglikse lewenspraktyk geword
het, is dit ʼn teken van die egtheid van jou geloof.
Tweedens:
Die belofte van ʼn geseënde lewe word uitgespreek oor diegene wat die Woord
hoor en gehoorsaam. (lees Joh.13:17). So ʼn persoon sal reeds op aarde geseën
word in wat hy doen.
17
Vers 26 en 27: Wanneer word jou godsdiens waardeloos?
Wanneer jou godsdiens (aanbidding van God/ dien van God) net teorie is en jy nie
in die praktyk optree/leef soos wat God se Woord vra nie, is jou verhouding met
God waardeloos.
Onthou in Jakobus se tyd was die onderhouding van seremoniële wette die
kern van godsdienstigheid vir die Jode. Jakobus wil die klem verkuif van
voorgee godsdiens na ware godsdiens.
Wees versigtig om ʼn oppervlakkige voorgee verhouding met God te leef.
Die ware toets kom in die praktyk. Jou tong en jou dade verklap baie gou
wat jy regtig glo en wat regtig vir jou belangrik is. (Jak.4:11 wys dat mense
met hul tong baie moeilikheid in die gemeente veroorsaak het). Die mense
het van mekaar kwaad gepraat en mekaar veroordeel. Van ware
broederliefde was daar geen sprake nie.
Twee voorbeelde van ware praktiese geloofswandel word genoem:
a) Verbiedend: Moenie woorde spreek wat nie God se gesindheid
openbaar nie. (Godsdiens is om God te dien, te praat soos Sy
inwonende Gees in ons harte ons voorsê)
Wanneer iemand se hart nie reg is nie, sal sy woorde en dade ook
nie reg wees nie. Wat in jou hart aangaan, borrel in jou woorde en
dade uit. Mt.12:33-34. (Iemand wat links en regs veroordeel, wat
sy mond vol het oor ander se gebreke, bedrieg homself as hy dink
dat hy God so dien. So ʼn persoon is ver van God af en ver van sy
naaste af. Iemand wat omgee, praat in nederigheid en liefde van
mekaar. ʼn Onbekeerde tong breek en vernietig. ʼn Bekeerde tong
bring begrip en versoening).
Onthou Jesus se bergrede: Wanneer ons mense veroordeel,
spreek ons eintlik ʼn oordeel oor onsself uit. Met dieselfde oordeel
waarmee ons ander oordeel sal ons geoordeel word. (Mt.7:1-5)
Vandag spog mense maklik met hul tong oor al hul prestasies en
gee min erkenning aan God (hulle steel God se eer). Aan die
18
anderkant maak ons mense seer met woorde byvoorbeeld:
skinder; kwaadstook; naam en karakter skending deur valse
gerugte te versprei; beskuldigings sonder dat ons bewyse het, ens.
Dikwels gee mense nie om oor wat hulle sê nie!
Met watter gesindheid het die digter in Ps.39:2 homself
voorgeneem om te leef?
b) Gebiedend: Doen dade van omgeeliefde aan mense wat swaarkry
(spesifiek weeskinders en weduwees). Die boodskap is: Gelowiges
behoort mekaar in hulle moeilike omstandighede by te staan.
Weduwees het destyds baie swaar gekry. Dit was in die tyd waarin
Jakobus die brief geskryf het, vir vroue moeilik om alleen finansieel te
oorleef en ʼn bestaan te maak. Vroue is dikwels deur mans onderdruk
en verkul. Daarom moes familie baiekeer inspring en mekaar help.
(Dink bv. aan Naomie en Rut – Rut.2). Weduwees en hul kinders kon
dikwels slegs oorleef deur te bedel. Party het van honger gesterf.
Dikwels om te oorleef het kinders hulleself as slawe verkoop!
Iemand wat omgee, help in liefde waar hulle kan. Hulle gee
sonder om terug te verwag! Die vraag is of ons vandag bereid is
om iemand te help wat nie na hulleself kan omsien nie, selfs al is
dit nie familie van ons nie! Leef ons nie ook maar net vir onsself
nie?
Vandag is daar steeds mense wat deur die samelewing se reëls tot
ʼn sukkelbestaan gedwing word. Gelowiges moet die stem vir
hierdie mense wees en hulle ook help waar hulle kan. Om net te
praat sonder om met dade ʼn verskil te maak, is nuttelose
godsdiens. (Die vraag is of die kerk/ geloofsgemeenskap regtig
vandag bekend is vir hulpverlening aan mense wat swaarkry? (Is
ons hulp nie maar hoofsaaklik net op ons eie mense gerig nie?)
Gelowiges mag nie deelneem aan die sondige praktyke van
uitbuiting en onderdrukking nie. Ons moet onsself skoon hou van
enige sondige besmetting van hierdie wêreld.
19
As Jakobus vandag die brief aan ons sou skryf en vra dat ons ʼn praktiese verskil in
die wêreld sal maak met ons geloofslewe: Watter twee voorbeelde dink jy sou hy
noem van mense groepe wat vandag swaarkry en uitgebuit word?
20
Jakobus hoofstuk 2 Bybelstudie notas
2:1-4 Aan wie is die opdrag spesifiek gerig?
Aan Joodse Christene wat verspreid in Asië woon. Hulle was arm
vlugtelinge wat as buitelanders in vreemde dorpe en stede woon. Hulle het
op hierdie oomblik baie swaar gekry omdat hulle verdruk en onderdruk
word. Hulle het in eenvoudige plekke bymekaar gekom om God te aanbid.
Toe dit begin gebeur dat ryk en invloedryke mense hulle eredienste
bywoon, is groot ophef hiervan gemaak. Hulle het die ryk kerkgangers die
beste sitplekke in die gelowiges se byeenkomste gegee. Omdat hulle self
arm was, het hul algaande groot waarde aan rykdom begin heg!
ʼn Oproep word nou deur Jakobus op gelowiges gemaak in 2:1. (Dan volg
vanaf 2:2-11 die motiverings vir die oproep en die samevatting volg in 2:12-
13)
o Wat mag Christene nie doen nie? (Mense volgens hulle uiterlike
beoordeel). Jakobus wil vir sy Christen lesers daarop wys dat hulle
self verkeerde gesindhede het, en dat dit nie net hulle verdrukkers is
wat verkeerde gesindhede het nie.
Die arm Christene het later ryk mense beter behandel en meer
gerespekteer as arm mense. Waarskynlik in die hoop dat hulle werk of geld
by die ryk mense kon bekom. Die voorbeeld wat Jakobus gebruik is so
eenvoudig, dat ons almal maklik daaraan skuldig kan wees. (Kan jy nog
voorbeelde noem? Trek jy nie bekende mense meer voor as minder
bekende mense nie? Dink aan skoolkinders en onderwysers?)
Waarom sê Jakobus hulle maak op grond van verkeerde oorwegings
onderskeid tussen mense? Wat is die regte oorwegings?
o Ons moet Christus se waardes en karakter navolg. Christene moet
dieper leer kyk. Kyk met God se oë na mekaar.
o Lees weer Jak.2:1. Mense wat in Jesus glo, moet weet dat Jesus van
Goddelike afkoms is. Hy behoort tot ʼn ander orde en die
21
maatstawwe waarvolgens God dinge oordeel, is anders as ons
maatstawwe. (Posisie, voorkoms, afkoms, kleur, besittings ens. is
kriteria wat vir God minder belangrik is.)
o Ons moet gelowiges beoordeel op grond van hul intieme verhouding
met Jesus (kinders van God) en nie op grond van uiterlike dinge nie
Die eerste rede waarom uiterlike beoordeling sonde is (vers 1):
ons gee dan die eer wat ons eintlik net aan God moet gee, nou aan die ryk
mense en mense van aansien. God mag alleen hierdie eer ontvang!
Twee voorbeelde van uiterlike beoordeling wat deur God verkeerd bewys
is: 1Sam.16:1-13 (Samuel leer ʼn les toe Dawid as koning gesalf word) en
Luk.7:36-50. (vrou salf Jesus se voete). Bespreek: watter maatstaf van
beoordeling het God in die twee gevalle gebruik?
o Wat leer ons uit 1Sam.16:7?
Nog voorbeelde: Moses was ʼn hakkelaar; Levi ʼn tollenaar; Paulus was ʼn
onverskrokke vervolger van Christene! Al drie sou waarskynlik nie ons
nommer een keuses gewees het nie. Wat sê dit vir ons van God se genade
en die werk wat die Heilige Gees doen?
In die tyd van Jakobus was daar verskillende wyses hoe rykes bo armes
bevoordeel was:
o Rykes kon tydens hofverrigtinge sit terwyl hulle verhoor word, maar
armes moes staan.
o Rykes het in godsdienstige geboue (sinagoge) of staatsgeboue altyd
die beter sitplek gekry as wat aan armes beskikbaar gestel is.
Die ryk mense van daardie tyd was lief om deftige klere te dra: o Dit was gewoonlik klere wat van helder en uitspattige kleur
materiaal gemaak was. Sulke mense het uitgestaan tussen ander: (lampros - uitspraak : lam-pros')(Betekenis: radiant; by analogy limpid; figuratively magnificent or sumptuous (in appearance): - bright, clear, gay, goodly, gorgeous, white.
o Voeg daarby ook die kosbare juwele wat hulle gedra het.
Watter uiterlike dinge maak vandag nog dat ons onderskeid maak in ons
denke en mense verskillend hanteer? (Praat oor tatoeëermerke en
22
neusringe ens!) God kyk na die mens se hart. Hy kyk na ons opregte
verhouding met Hom, ons geloof in Hom, die gesindheid in ons hart ens.
o Is daar vandag mense wat steeds dink uiterlike dinge maak jou beter?
o Dis moeilik om te weet wat in iemand anders se hart aangaan: Wees
daarom versigtig wat jy van daardie persoon dink of sê. Jou optrede
kan onchristelik wees!
Kan ons sê dat klasseverskille in God se oë op dieselfde vlak lê as kulturele
verskille?
Is ons nie dikwels meer bang vir wat mense sê as wat God sê nie?
Bestudeer die volgende voorbeeld:Gal.2:11-21
o Petrus het Antiogië besoek en aanvanklik nie beswaar gehad om met
nie-Joodse Christene te meng nie (Hd.10 – God het immers Kornelius
gebruik en die gesig van die onrein diere om hom te oortuig dat
Christene ook van nie-joodse afkoms kan kom). Maar toe Joodse
Christene (gemeente lede van Jakobus) van Jerusalem daar kom
besoek aflê het, het Petrus die saam eet met die nie-Joodse
Christene gestaak (om enige kritiek van die Jode te voorkom). Petrus
het onder druk gevou. Dit alles ten spyte van die feit dat God
homself geleer het wat reg en wat verkeerd is! (Hd.10:15)
o Waarvoor dink jy was Petrus bang?
o Wat was die gevolg: Sy voorbeeld het aansteeklik ingewerk op ander
Joodse Christene. (Selfs Barnabas, Paulus se medewerker, begin nou
kosjer voedsel; eet – Joodse voedsel wat volgens godsdienstige
voorskrifte voorberei is). Barnabas begin om die “heidene” te vermy!
Paulus het nou vir Petrus skerp tereg gewys (Gal.2:12-14)
o Die les: Jakobus, Paulus en die hele Skrif spreek ʼn oordeel uit oor
selfverheffing en hoogmoed. Ons mag geen uiterlike kriterium
gebruik om medegelowiges minder waardig te ag nie. (Ons is almal
sondaars voor God en kan net deur die bloed van Jesus Christus
gered word) Wie Jesus as Verlosser aanneem word ʼn kind van God
(Joh.15:5)
o Dink jy daar is ʼn groep mense wat tans op uiterlike oorwegings of
verkeerde oorwegings minder bedien word?
23
Die tweede rede waarom uiterlike beoordeling sonde is (verse 2-
4): dis ʼn oordeel gegrond op verkeerde oorweging. Sosiale aansien is ʼn
verkeerde oorweging om mense te beoordeel. (Velkleur, besittings,
simbole, posisies ens. is alles verkeerde oorwegings) (Elke samelewing het
vandag sy eie unieke simbole van aansien en rykdom)
o Die karakter van Christus moet in jou wees: Dit beteken jy moet leef
soos Hy geleef het (1Joh.2:6). Jy mag niemand voortrek nie, en jy
mag nie rykes gebruik om jouself te bevoordeel nie. Dan leef jy
selfsugtig.
2:5-6 Armes wat ʼn hele koninkryk ontvang
Jakobus sluit hier aan by wat hy reeds in 1:9 gesê het. God gee aan die
armes wat in Hom glo (en Hom lief het), ʼn besondere aansien. Hy laat hulle
sy koninkryk in besit neem en Hy maak hulle ryk in geloof. (Jesus gee
hoegenaamd geen voorkeur aan ryk of belangrike mense omdat hulle ryk
en belangrik is nie). Jesus diskrimineer nie teen die rykes nie. Hy het by
geleentheid in ʼn ryk man se huis ingekom en is ook na sy kruisdood
begrawe in ʼn ryk man se tuingraf. – Mt.27:57 e.v.)
o Tog wil dit voorkom of Hy spesiaal vir die armes en verworpelinge
intree. Die Skrif stel dit keer op keer (Mt.11:5) Hoewel die wêreld
arm mense nie belangrik ag nie, is hulle in die oë van God belangrik
en behandel Hy hulle volkome menswaardig. (Minagtende optrede
deur gelowiges teenoor minderbevoorregte medegelowiges is in God
se oë onverskoonbaar).
o Hulle wat nooit deur enigiemand vir iets gekies word nie, kan nou
Christus as hul Verlosser aanneem en weet dat God hulle uitgekies
het as medebesitters van sy Koninkryk!
Wat beteken dit “om ryk te wees in geloof” ?
Wat beteken dit om die Koninkryk in besit te neem?
God gee bogenoemde spesifiek aan daardie mense wat Hom liefhet. Dit
blyk dat rykes dikwels nie vir God dien nie:
o Hulle buit God se gelowige kinders uit (vers 6)
24
o Hulle sleep gelowiges voor die hof waar hulle onregverdig verhoor
word (vers 6). Vergelyk Luk.18:1 e.v. Die rykes het altyd gesorg dat
hulle kollegas wat ryk was, altyd in die howe die beste daarvan af
kom. Die rykes het die wat arm en van lae sosiale afkoms was op die
manier verder uitgebuit en hulle net nog verder verryk. (So, hierdie
argument wys dat jy in elk geval niks baat deur mense op grond van
hul aansien en rykdom voor te trek nie).
o Hulle skend God se Naam (Vers 7) (hieruit lei ons af dat die ryk
mense wat die gelowiges se byeenkomste bygewoon het, nie ryk
Christene was nie, maar ryk Jode wat die Christene om een of ander
rede bygewoon het – maar nie die Christelike geloof aangeneem het
nie.
Christene is in die Naam van God gedoop. Deur die doop in God
se Naam, word Christene op innige wyse aan God verbind.
Daarom was dit ʼn gruwel as iemand God se Naam belaster het
(vgl. Hd.13:45; 26:11)
Daarom, moenie so baie waarde aan geld heg dat jy in die
proses jou oë moet toemaak vir gruwelike sondes nie! Geld
maak nie alles reg nie. As geld jou lewe beheer sal jy al hoe
slegter daarvan afkom. Mammon sal jou Christelike waardes
algaande doodwurg en jy sal al meer onsensitief vir God se
Woord word. Bly eerder toegewyd aan God lewe. Hy sal sorg.
Dis eers as geld die teken van offervaardigheid aan God word,
dat dit werklik waarde kry. Dan kry waardelose muntstukkies
groot waarde in God se koninkryk. Dan word geld diensbaar in
God se Koninkryk.(Luk.21:1-4; Mt.26:6 e.v)
o In hierdie aardse bedeling is ons reeds in beginsel burgers van God se
Koninkryk. Ons ontvang dan ook al die voorregte wat daarmee
gepaardgaan. Dit begin nou reeds, maar in die hier namaals ontvang
ons al die voorregte volledig.
Die derde rede waarom dit verkeerd is om iemand uiterlik te
beoordeel (verse 5-7): Dit gaan lynreg in teen God se manier van doen. Jy
25
moet alle mense gelyk behandel. As jy jou laat beïndruk deur mense se
rykdom, kyk jy na oorwegings wat vir God nie belangrik is nie. God gebruik
ʼn ander maatstaf om mense te beoordeel. Jy kan eers nadat jy mense goed
leer ken het, hul verhouding met God toets.
Die vierde rede waarom dit verkeerd is om uiterlik te oordeel: dit is ʼn
oortreding van die wet van God (2:8-11).
Jak.2:8-9
Die liefdesgebod sê: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Jy oortree die liefdesgebod van God as jy mense wat aansien het, hoër ag
as ander van geen aansien nie. As jy ʼn kind van God is, moet mense uit jou
daaglikse optrede kan sien dat jy hulle net so lief het soos jouself!
(Waarskynlik het die mense aan wie Jakobus skryf, voorkeur gegee aan
rykes omdat hulle gemeen het die rykes het invloed en kan iets vir hulle
doen, maar die armes ignoreer hulle omdat hulle nie finansiële invloed het
nie. (vgl. Lev.19:18; Mt.2237-40; Rom13:8)
o Wie is my naaste wat ek moet liefhê? (Jesus verduidelik dit d m v die
gelykenis van die barmhartige Samaritaan in Luk.10:25-37. Jou naaste
is diegene wat jou pad kruis, ongeag van watter volk die persoon is,
of ongeag opvoeding of finansiële vermoë ens.) Die Samaritane was
nakomelinge van mense uit ander volke met wie die Israeliete
ondertrou het. (Die Ortodokse Jode het neergesien op die geslag
mense wat ʼn vermenginging van die twee volke was, hulle was in hul
oë ʼn bastergeslag en nie rasegte Israeliete nie)
o Agape liefde- beteken in die Bybel onder andere dat jy die persoon
liefhet, sonder dat die persoon dit verdien. (Jy moet jou in die ander
persoon se plek stel en jou indink hoe daardie persoon voel en dan
jou oor daardie persoon ontferm en help.
o Naasteliefde is om iemand te help sonder om jou eie voordeel te
soek. Dit is om Jesus se goue reël van Mt.7:12 in die praktyk toe te
pas – om naamlik alles wat jy wil hê ander aan jou moet doen,
26
presies so aan hulle te doen. Jou naaste moet jy liefhê soos jy
liefgehê wil word, en help soos jy gehelp wil word.
Gelowiges moet besef watter groot genade God aan hulle betoon het deur
hulle sy kinders te maak. (Wanneer jy neersien op mense van lae sosiale
aansien toon jy aan dat jyself nie God se barmhartigheid ervaar nie)
Oefen jou in om so op te tree teenoor mense soos wat God teenoor jou
opgetree het. Hy was barmhartig teenoor jou toe jy geen aansien gehad het
nie, nou is jy sy kind! Tree nou net so barmhartig op teenoor daardie mense
wat lae sosiale aansien het.
Wat is “die wet van die koninkryk”? Dit is die grondgebod van die
Koninkryk van God: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself”. (Ons vind die
wet van God se Koninkryk in Mt.22:37-39) (vgl. Lv.19:18).
o As jy werklik ʼn burger van God se Koninkryk is, sal almal dit aan jou
optrede sien.
o Agape liefde = dit beteken om welwillend op te tree teenoor ʼn
persoon wat dit nie verdien nie. Ware liefde stel jou in die ander man
se skoene en probeer dink wat hy voel en beleef en dink en hom dan
in sy nood te help.
Vers 9 sê as jy mense na die uiterlike oordeel (bv. volgens hul kleredrag of
velkleur) doen jy sonde. Die wet van God veroordeel jou dan
Jak.2:10-11
Wat daarvan as ons al die gebooie nakom, maar net een gebod oortree nl. Om nie
ons naaste lief te hê soos God dit bedoel het nie? Sal God ons regtig so kras
oordeel?
Jakobus sê as jy in hierdie een opsig struikel is jy skuldig aan wetsoortreding
van die hele wet! As jy in die liefdesgebod struikel, is jy skuldig aan die hele
wet, want dit is die kern van die wet! (Om bv. egbreuk te pleeg of te moor,
het beide te doen met dieselfde liefdelose beginsel!)
Wil Jakobus dan nou terugkeer na wettiese godsdiens en mense op hul
onvermoë wys om die wet van God na te kom? (Dan moet ons onthou dat
27
Jakobus aan Joodse Christene skryf wat destyds nog self seremoniële wette
nagekom het.(Paulus het dit self by geleentheid gedoen (Hd.21:20-26)
o Onthou die wet kan ons nie red nie: Ef.2:8-10.
o Die wet is egter ons tugmeester wat ons teruglei na die genade van
God wat Hy in Christus aan ons betoon het(Gal.3:24).
o Onthou die 10 gebooie as openbaring van God se wil hoe ons Hom
moet dien, bly vir Paulus en Jakobus vasstaan:
Deur die wet van God leer ʼn mens wat God se wil is en wat
teen sy wil is (sonde).
ʼn Mens is skuldig aan die hele wet as jy een gebod oortree. ʼn
Mens kan nie net die dele van die wet wat jou pas, onderhou
nie.
Jak.2:12-13 Die toets van die liefde:
Jou hele lewe moet in die teken van die wet van die liefde staan: Praat en
tree dan op (doen) soos mense wat deur die wet geoordeel sal word.
Die wet maak jou vry. Dit keer jou nie in ʼn hoek vas nie. Dit help jou om al
meer te word wat God bedoel het jy moet wees!
o Vgl. Mt.25:40 Die oordeel sal barmhartig wees teenoor die mens wat
barmhartigheid betoon soos Jesus sou gedoen het.(Jy sal een van
twee uitsprake aan die einde hoor: Of Mt.25:34 of Mt.25:41) (Jy sal
of aan die Koning se regter of linkerhand sit)
o Die groot toets aan die einde van die tye sal die toets van liefde.
wees. (Jesus pas ook die beginsel toe – Joh.3:16)
Jak.2:14-17 Leë woorde en leë godsdiens
Jakobus praat met mense wat deur Jesus gered is en wil hulle nou aanspoor
om hulle geloof in die praktyk van elke dag uit te leef. Nou begin Jakobus
van ʼn ander hoek af redeneer en toets hy die godsdiens van iemand wat
“beweer” hy glo
o Kyk mooi na Jakobus se formulering in vers 14: Dis een ding om te glo
en dan te sê jy glo, maar dis ʼn ander ding om te “beweer” jy is ʼn
28
gelowige en dan nie te glo nie. Dit gaan hier oor iemand wat vertel
dat hy ʼn Christen is, maar aan sy lewe sien jy dit nie.
Die vraag: Kan so ʼn geloof jou red? Jakobus wil nie regtig in die teologie
ingaan oor hoe mens gered word nie. Hy wil geloof van ʼn ander hoek
benader. Hy wil vra waaraan toets mens die egtheid van geloof? Jakobus se
vraag impliseer dat geloof sonder bevestigende dade geen geloof is nie. Dit
word illustreer met ʼn praktiese voorbeeld van iemand wat nie klere het nie.
(2:15-17)
o Jakobus verklaar in vers 17 dat geloof wat nie tot dade oorgaan nie,
dood is. (Dit beteken niks. Dit baat niks nie) (Geloof is ʼn werkwoord,
net soos liefde ʼn werkwoord is en barmhartigheid ʼn werkwoord is).
Dade van liefde is die kenmerk van ʼn Christen. (Mt.22:37-40).
Ontbreek dit, kan jy duisend maal sê dat Christus jou redder is, maar
die praktyk sal bewys dat jy nie die waarheid praat nie!
Die kritiese vraag: Sê nou iemand sê dat hy in Christus glo, maar sy dade
bevestig dit nie(vrug van die bekering). Is so ʼn persoon werklik ʼn
Christen? Word ʼn boom nie aan sy vrugte uitgeken nie? (Mt.12:33)
o Wat is Jesus se siening hieroor? Mt.7:21-23 (Net die persoon wat Sy
Vader se wil prakties uitleef, behoort aan God).
o Jesus verklaar wel aan die anderkant dat geloof in God, genoeg is om
jou te red (Joh.6:47) en so ook Paulus (Ef.2:8-10 en Rom.10:8-11).
o In Rom.3:28 verwys Paulus na mense wat dink as hulle die wet van
Moses onderhou (goeie dade doen), hulle verlossing sal ontvang.
Hier verduidelik hy dat dade van wetsonderhouding jou nie kan red
nie. Jy word alleen deur gelof in Jesus gered.
Wat Jakobus nou hier wil uitwys, staan nie teenoor Jesus en Paulus se
lering nie. Jakobus wil nie argumenteer oor die wyse waarop ʼn mens
vryspraak by God kry nie, maar oor die praktiese gevolge van die
vryspraak in die lewe van ʼn gelowige
o Hy verwys na mense wat met hul mond bely dat hulle Christene is (of
selfs geestelike leiers in diens van die kerk is), maar wanneer hul
29
dade nie aantoon dat hulle Christus se gesindheid in hul hart dra nie,
is hulle godsdiens waardeloos in mense se oë en in God se oë. Mense
met valse geloof sal nie in die hemel kom nie.
o Jy word gered deur geloof in Jesus, maar jou dade getuig van jou
ware redding: Iemand wat dus nie werklik in Jesus glo en ware
redding ontvang het nie, sal ook nie gedring voel om uit
dankbaarheid vir sy verlossing, Jesus in liefde te dien nie. Mense wat
valslik verklaar dat hul gered is, se verhouding sal gou-gou met Jesus
afkoel. Hulle dade sal aantoon dat hulle toe nooit waarlik verlossing
deur geloof in Christus gevind het nie.
o Jakobus verwys (net soos Paulus) na dade van liefde en geloof:
(1Thes.1:3; Tit.3:8 en Gal.5:6) Daarom sal ware gelowiges altyd besig
wees om dinge te doen wat goed en nuttig is vir hul medemense.
Hulle kan nie anders nie want hulle dra die Heilige Gees in hul hart
wat hul met Christus se gesindheid laat optree.
Leë woorde is leë godsdiens: Is dit nie dalk die geval met jou en my
godsdiens (of die geloofsgemeenskap waaraan ons behoort) vandag nie?
Jak.2:18 Die twee soorte geloof word nou hier direk met mekaar vergelyk:
Watter een van die twee onderstaande sal vir jou eg voorkom en van betekenis
wees?
ʼn Geloof wat op homself trots is, sê met die mond dat hy glo - (sonder
dade wat bewys dat hy werklik glo);
ʼn Persoon wat niks sê nie, maar sy dade bevestig duidelik dat hy ʼn gelowige
is.
o Nou wil Jakobus deur hierdie voorbeeld verduidelik: Net soos jy nou
geoordeel het, so oordeel mense deur alle eeue en net so sal Christus
jou by die wederkoms ook beoordeel! (Opb.20:12 Die geestelike
dooies sal deur hul eie dade veroordeel word!)
Jak.2:19-25 Hier volg drie voorbeelde dat geloof sonder dade nutteloos is:
I. Bose geeste se geloof (verse 19-20)
30
II. Abraham se geloofsdade (verse 21-24)
III. Ragab die prostituut se optrede (vers 25)
Jak.2:19-20 Bose geeste glo ook.
Mense sal maklik sê hulle glo in God. Dit is egter geen bewys van redding
nie. Die duiwels glo ook in God se bestaan en hulle sidder van angs, maar
hulle is nie gered nie en leef nie in gehoorsaamheid aan God nie. Hulle dade
bevestig dat hulle nie gered is nie!
Bewys dit nie vir jou dat geloof sonder dade nutteloos is nie? (vers 20)
Jak.2:21-24 Abraham se geloofsdade.
Abraham word as eerste voorbeeld aangehaal, om te bewys dat ware
geloof altyd met dade gepaardgaan
o Abraham is deur geloof in God vrygespreek van sonde (Rom4:1-4)
o Abraham se dade het egter die egtheid van sy geloof by God
bevestig.(Gen.22:16-17).
Hy was nederig en dienend.
Hy was bereid om alles, selfs sy enigste seun op te offer vir
God. Hierdie gesindheid was eg en hy was besig om dit uit te
voer toe God hom keer.
Ware geloof laat jou dade van gelof doen.
Egte geloofsdade help jou weer om te groei in jou geloof.
o Lees nou Jakobus se kommentaar op hierdie gebeure in Jak.2:21-22
o Abraham se geloofsdade bevestig dus dat hy ʼn ware geredde man is!
Mense sal hom uitken as geredde man deur wat hy gedoen het.
(Heb.11:17-19)
o Abraham word ʼn vriend van God genoem, deur wat hy gedoen het
(Jak.2:23-24). Jy sien hier dat jou dade jou ʼn gunstige oordeel by
mense en by God gee. Dade is eintlik ʼn getuienis van wie en wat jy is.
Jou dade praat harder as jou woorde!
o Abraham is ʼn vriend van God genoem (2Kron.20:7; Jes.41:8; , wat
noem God ons? (vgl. Joh.15:14-16)
31
Jak.2:25 Ragab se geloofsdaad
Ragab het die verhale wat sy van God se wonderdade gehoor het geglo.
Haar geloof het gemaak dat sy ook dien ooreenkomstig optree en die
verspieders huisves, en met ʼn ander pad terugstuur. (vgl. Josua 2)
Let op die krag van geloof (Heb11:31)
o Dit verander sondaars en laat hulle radikaal anders optree.
o Geloof wat met dade optree ontvang God se guns en genade.
o Wanneer groot sonde vergewe word, reageer mens dankbaar: Sy stel
die eer van God voorop en die beskerming van God se volk – alles bo
die beskerming van haar eie land(Mt.10:37).
o Sy was bekend as Ragab die prostituut, sy ontvang nou nuwe
erkenning van God se volk. Sy kry ʼn nuwe karakter – sy word ʼn goeie
mens in God se kringe. Haar naam word vermeld in Heb.11 in die
galery van geloofshelde!
Jak.2:26 die konklusie van Jakobus se betoog
As ʼn liggaam nie asemhaal nie, sterf die liggaam. Dit word ʼn dooie
nuttelose karkas. Geloof wat nie tot dade kom nie, is nutteloos en is
dood, dit beteken niks.
Asemhaling en ʼn liggaam wat lewe is sinoniem. So is ʼn lewende geloof
sinoniem met geloofsdade!
o Dade wat met passie en ʼn gesindheid in die hart gedoen word om
God te eer, kry nuwe betekenis.
Goedkoop genade is ʼn dodelike vyand van die kerk. Die Duitse teoloog
Dietrich Bonhoeffer het reeds voor die tweede wêreldoorlog gesê:
”Goedkoop genade is die verkondiging van vergifnis sonder die eis van
berou en skuldbelydenis en die nakoming van die dissipline wat dit
daarna van jou vra.”
o God se genade aan jou is duur. Dit het Sy Seun gekos.
o Hoe antwoord jy op Sy genade? Kan mense jou geloofsdade sien?
Wat sal buitestanders wat jou dophou van jou geloofslewe
getuig? Het jy ʼn lewende geloof?
32
Jakobus hoofstuk 3 Bybelstudie notas
Jakobus noem nou ʼn spesifieke wyse waarop gelowiges hulle geloof met dade moet bevestig: hulle moet hul tong beheers!
3:1 Wie beoordeel ons? Waarom word leermeesters strenger
beoordeel?
Onder die gelowiges aan wie Jakobus sy brief rig, was daar ʼn oorgretigheid om
vir mekaar voor te skryf en baas te speel oor mekaar. Niemand wou hulle laat
voorskryf nie. Almal was beter weterig. (waarskynlik was die “leermeesters”,
godsdiensleiers wat die wet uitmekaar gepluis het en voorskrifte uitgedink het,
sonder om dit self toe te pas.)
o Almal wou leermeesters wes! Wat is die motief waarom ons as
leermeester wil optree? Gaan dit oor die drang om belangrik te wees en
ander voor te skryf? (Behoefte om baas te wees of te heers?) Gaan dit
oor ʼn roeping om die Skrif te verkondig en mense te help om die Skrif
reg te verstaan en uit te leef?
o Onthou God sal ons beoordeel soos ons ander oordeel (vgl. Mt7.1-2).
Leermeesters wat die waarheid ken, sal strenger deur God beoordeel word as
die wat onkundig is. (Rom.10:15) Leermeesters moet uiters versigtig wees om
nie hul eie wysheid te verkondig nie. Ons moet ook weet dat mense dikwels
nie die waarheid sal wil aanvaar nie, maar leermeesters sal soek wat die Skrif
verdraai soos dit hulle pas (2Tim.4:3).
Lees ook: Mt.10:24-25; 23:8,10,13 en 1Kor.9:27
Jakobus gebruik verskillende beelde om die werking van ʼn mens se tong te
verduidelik nl.
die stang van ʼn perd (3:3)
die roer van ʼn skip (3:4)
vuur (3:5-6)
dodelike gif (3:8)
33
ʼn vars / brak fontein en vyeboom/druiwestok (3:9-12)
3:2 Enigeen kan struikel in woorde
Die gretigheid van leermeesters om self die woord te voer, is die inleiding vir
Jakobus om by die onderwerp te kom waaroor hy eintlik wil praat.
Jakobus praat nou eers met die wat dink hulle is volmaak: Niemand is
volmaak nie. Almal sal een of ander tyd struikel oor woorde. Jakobus sluit
homself by die onvolmaakte groep in. Voor jy ander wil leer moet jy eers werk
aan jou eie tong (kommunikasie). (Jou tong verwys na “Kommunikasie”. Jy
kommunikeer met die gesproke woord, geskrewe woord, deur die media, of
selfs deur jou liggaamshouding.)
Wedergebore en bekeerde mense is nie volmaak en sondeloos nie. (dit geld
veral vir die tong. Die bose versoek ons om dikwels verkeerde dinge te sê of
selfs dinge te verswyg). Die tong is verantwoordelik vir baie sonde. Dikwels sal
jy iets sê wat maar liefs ongesê moes bly. Wie sy tong kan beheer, kan ook sy
hele liggaam in toom hou. (Ps.39:2) So iemand sal makliker as ʼn opregte geag
word.
3:3 Die stang beeld:
Daar is raad vir die probleem: ʼn Tong kan ʼn stang kry, net soos ʼn perd ʼn stang
in sy bek kan kry.
Die beeldspraak wys op die positiewe invloed wat die tong eintlik op die
liggaam kan hê. Die tong doen dieselfde werk as ʼn perd se stang. Die perd is ʼn
magtige dier. Die stang-beeld dui op beheer. Die stang wat klein is, beheer nie
net die perd se bek nie, maar stuur die perd se hele liggaam. ʼn Perd wat
nutteloos was (wilde dier), word nou bruikbaar as hy ʼn stang met toom in sy
bek het. Die perd kan nou beheer en die energie reg gebruik word.
o Die beeldspraak gaan oor beheer. Beheer deur wie? Beheer deur God se
Gees. Selfbeheersing is om nie jou eie kop (rigting) te volg nie, maar die
wedergebore kind van God gee beheer oor aan God se Gees wat in jou
woon.
34
o Die beeldspraak het ʼn dieper betekenis: Wanneer jy in die saal sit en die
toom trek, trek jy die stang. Jy trek die perd se kop telkens na jou terug.
Om die perd na regs te draai, trek jy die perd se stang in sy bek regsom
na jou toe. Die perd draai dan eintlik sy kop regs om na die eienaar wat
op hom sit en hom beheer. Wanneer die perd sy kop na regs draai,
draai die hele bewegende perd ook in daardie rigting. Die perd draai
eintlik telkens sy kop terug na sy eienaar. Dit geld vir regs, links en stop.
Wanneer jy die perd wegstuur, gee jy vrye teuels vorentoe.
o Wanneer ons fyn op God ingestel is met ons denke wat deur die Gees
beheer word, sal ons aan die regte dinge dink. Waar die hart van vol is
loop die mond van oor. Die tong sal dan ook die regte dinge sê.
Wanneer ons die regte dinge uit ons eie mond hoor, sal ons hele liggaam
ook reg optree binne God se wil. Die Gees beheer nie net ons denke
(gedagtes) nie, maar ook ons tong (woorde) en hele liggaam (dade).
Die tong het ʼn stang en toom nodig. Wanneer ʼn Christen sy lewe volkome aan
God toewy, kry sy tong ʼn stang en toom. ʼn Ware gelowige se grootste
begeerte behoort te wees dat alles wat hy is en het, in Christus se diens gestel
word. Ook sy tong. ʼn Tong wat deur Christus beheer word, word ʼn krag in Sy
koninkryk. (Pred.5:5-6). So ʼn tong sal getuig, die waarheid praat, weet
wanneer om te praat en wanneer om te swyg (Pred.3:7). Vergelyk ook
Job.39:37,38.
Van elke woord wat die mens sê sal daar op die oordeelsdag rekenskap gegee
moet word: Lees Mt.12:36-37. Woorde openbaar ook die gesindheid van die
hart en is daarom een van die maatstawwe waaraan ons beoordeel sal word.
(vgl. Luk.19:22 en Jud.15)
3:4 Roer van ʼn skip
Die tong word met ʼn roer van ʼn skip vergelyk: die positiewe invloed van die
tong.
Woorde het mag: Jakobus wil die gedagte tuisbring: net soos die klein roertjie
ʼn groot skip van rigting kan laat verander, so kan woorde wat van jou
35
relatiewe klien tong kom, ook die rigting van ʼn mens se lewe verander of
beïnvloed.
God het die hemel en die aarde deur die mag van woorde geskep. (vgl.
skeppingsverhaal in Genesis;Ps.33:4,6,9)
Wat is die verband tussen die Woord wat geskep het en die Woord wat vlees
geword het? (Joh.1:1-4)
Die vergelyking tussen die roer en ʼn groot skip: Jakobus wil aandui klein
dingetjies kan sterker invloed hê as groot dinge. Woorde is nie klein nietige
klankies nie. Dit Woorde is magtig. Woorde kan opbou en rigting gee.
Woorde kan maak of breek. Woorde kan rewolusies stig of vrede bring.
Woorde kan ʼn brug bou tussen mense of dit afbreek. As ons God toelaat om
ons ʼn nuwe tong te gee, sal Hy ons help om woorde te spreek wat bou en nie
breek nie. God se Woord is almagtig.
Die beeldspraak van die roer kan ook ʼn dieper betekenis hê. ʼn Stilstaande skip
kan nie gestuur word nie. Die roer moet weerstand bied teen die water om
van rigting te verander. Die skip moet in beweging wees om van rigting te
verander. So geld dit ook die mens. Die mens moet in beweging wees. Mense
wat nie in beweging gekom het en uit hul gemaksone geklim het nie, kan nie ʼn
verskil maak nie. Jy kan in die regte rigting ʼn verskil maak, of jy kan met
verkeerde dinge besig wees. Die enigste manier om by die regte bestemming
uit te kom waar God jou wil gebruik, is om weerstand te bied teen die
verkeerde. Hoe meer jy weerstand bied hoe meer sal jy van rigting verander.
o Wanneer groei ons geestelik? Mense wat geestelik stagneer het, kan nie
van koers verander nie en kan ook nie geestelik groei nie. Ons doen
kennis van God op in ons binnekamer. Ons leer sy vermoë ken en ons
ontdek wat ons in Sy krag en Naam kan vermag. Dit is egter eers
wanneer ons in die praktyk leef en weerstand bied teen die verkeerde,
dat ons regtig van rigting verander en ons bestemming bereik waar God
ons wil gebruik. Wanneer ons in die praktyk vir God besig is, groei ons in
ervaring en beleef ons wat dit is om vir God op koers te vaar.
3:5-6 Die vuur - beeld
36
Vers 5(a) vertel van die mag van die tong: dat die klein liggaamsdeeltjie groot
invloed het:
o Positief: dink aan hoe jy die hele liggaam kan motiveer en moed kan
inpraat met woorde.
o Negatief: net so kan negatiewe woorde die hele liggaam moedeloos
maak. Jy kan jouself in depressie in praat en dink.
o Jou tong kan ook ander mense tot aksie bring: tot versoening / of tot
vyandskap. Jy kan ʼn positiewe atmosfeer skep of ʼn negatiewe
atmosfeer.
o ʼn Christen moet daarom sy tong positief gebruik: Fokus op die
positiewe: Jou self en ander mense opbou, inspireer en moed gee.
Vers 5(b): Die negatiewe sy van die mag van die tong: Die tong kan vergelyk
word met ʼn klein vlammetjie wat ʼn groot bos aan die brand kan steek. Die krag
van vuur: hier word nou die negatiewe invloed wat ʼn tong kan hê behandel.
Wanneer die bose ons tong beheer, het dit ten doel om so gou as moontlik
soveel skade as moontlik aan te rig. Dit begin klein; ʼn onskuldige woord of
suggestie, ʼn waarheid wat skeef aangebied word, maar gou brand die hele
bos. Wat aanvanklik net as vermoede of moontlikheid genoem is, word gou
wyd en suid verkondig. (vgl.Spr.15:1-7)
Hoe slaan mens ʼn skinderstorie dood wat nêrens in die oopte kom nie?
In die liggaam verteenwoordig die onbekeerde tong vir Jakobus die wêreld vol
ongeregtigheid en boosheid wat die hele liggaam besmet. Wat ʼn mens sê word
hier gelykgestel aan wat jy is. As jou tong vanuit die hel deur die duiwel beheer
word, geld dit jou hele lewe.( Slegte woorde/praatjies is radikaal teenstrydig
met Christen-wees.)
Die uitdrukking: wat die hele lewe van , van die geboorte tot die dood= die
hele lewensloop van die lewe. Wat jou tong voortbring, is bepalend vir jou
lewe.
Die onbekeerde tong steek die hele lewe aan die brand: jou persoonlike lewe,
maar ook die samelewing.
Daar is ʼn grens tussen kommunikasie en manipulasie. Net soos elkeen sy eie
tong in toom moet hou, het ons die gesamentlike verantwoordelikheid om toe
37
te sien dat die kommunikasiemedia nie openlik of bedekte vuurstigters in
diens van die duiwel word nie.
3:7-8 ʼn Ontembare dier vol dodelike gif- beeld
Die beeld van die ontembare dier, is die vierde beeld waarmee die tong
vergelyk word. Hierdie beeld verwys na die vernietigende krag wat die tong
kan hê. Klein bietjie gif kan die hele liggaam vergiftig
ʼn Ontembare dodelike giftige dier: Die onbekeerde tong laat hom nie hokslaan
nie, soos ʼn wilde dier wat net afbreek en vernietig. Die tong gebruik die media
en moderne kommunikasie stelsels om sy gif nog vinniger te versprei.
(Spr.26;22)
Die woord in homself is nie boos nie. God het aan ons die vermoë gegee om te
kan praat en woorde te gebruik. Die mens kan beheer daaroor uitoefen
(Gen.1:28), maar as ons toelaat dat die bose beheer oor ons woorde neem,
word die tong ʼn instrument van vernietiging (Spr.12:6 en Ps.52:4,6)
Die tong kan nie deur die mens self beheer word nie. Geen mens kan die tong
tem nie. Christus kan wel, en hy het!
Ons het God se hulp nodig. God gee aan ons die inwonende Heilige Gees om
beheer oor ons denke en tong uit te oefen. Wie oorgegee aan God lewe word
deur die Heilige Gees begelei en sal opbouende dinge sê en doen. (Jou tong is
nou nie meer slaaf van jou natuurlike geaardheid nie)
Die mens se natuurlike geneigdheid is na sonde toe. (Deur die loop van tyd
was daar wel denkers wat meen ʼn mens word inherent goed gebore en sal
goed wees as jy toegelaat word om ongehinderd te ontwikkel. Die werklikheid
en praktyk bewys egter die teendeel. Die mens moet deur iemand buite
homself gehelp word om die regte waardes en opvoeding te ontvang en te
aanvaar en daarvolgens te leef. God gebruik die Heilige Gees, die Woord,
medegelowiges, die wetenskap en vele meer dinge om die mens aan God se
waardes bekend te stel en bied aan die mens die geleentheid om die tong te
tem en die woorde wat die tong spreek, opbouend en nuttig te gebruik.
Tog kan iemand wat weet wat die regte ding is om te sê, steeds in sy woorde
struikel. Ook ʼn gelowige kan soms struikel. Daarom moet ons volkome onder
38
beheer van die Heilige Gees bly lewe. God wil ons begelei om nie verlore te
gaan nie (Joh.6:39).
3:9-10 – Die verdeelde tong
Die praktyk wys dat daar gelowige mense is wat dieselfde tong gebruik vir
goed en kwaad sonder om te dink dit is verkeerd! Met dieselfde tong waarmee
jy God loof en prys, vloek hulle hul medemens wat na die beeld van God
geskape is.
Jakobus waarsku dat hierdie dubbele standaarde dadelik moet stop! Die
toom wat God vir die tong gee (inwonende Heilige Gees) moet gebruik word.
Die toets kom in die praktyk. Mooi woorde (teorie) teenoor God is leeg as
dieselfde standaarde nie in die praktyk teenoor God en mens uitgeleef word
nie (vgl. Jes.29:13). (Voorbeeld: Ons kan eredienste bywoon en God loof, maar
die gesindhede teenoor ons naaste en die dade wat daarmee gepaardgaan,
kan weerspreek wat ons by die erediens vir God gesê het).
Vergelyk weer Jak.2:15-16. Daarom moet jy bewus bly daarvan dat:
o Elke mens na die beeld van God geskape is en vir God kosbaar is (ongeag
klas, kultuur, opvoeding ens.). God het vir almal aan die kruis gesterf.
God wil juis jou gebruik om Sy liefde en hulp aan hulle te kommunikeer.
o Jakobus sluit homself in by die gelowiges wat soms oortree. (hy gebruik
die term “ons”. Hy stel dus ʼn voorbeeld van selfondersoek,
verootmoediging, berou, sondebelydenis en restitusie. Hy is bewus van
sy eie tekortkominge). Hy stry ook teen die sonde.
3:10-12 Brakfontein met varswater?
Met die voorbeelde uit die natuur (ʼn fontein, ʼn vyeboom, en ʼn druiwestok),
wys Jakobus op daarop dat dit onmoontlik is om tegelyk twee geaardhede te
hê. God sal dit nie aanvaar nie! Dis bv. teen die aard van ʼn varswaterbron om
ook brakwater te lewer en so is dit ook teen die aard van ʼn plant om twee
tipes vrugte te dra.
39
Indien ʼn mens dit maar gelate aanvaar dat daar uit sy mond goeie en slegte
dinge kom, bewys hy daarmee dat hy nie in ʼn volkome oorgegewe verhouding
met God lewe nie en Hom nie volkome gehoorsaam nie.
Dit is daarom teen die aard van iemand wat Christus waarlik as Sy Verlosser
aangeneem het, om naas goeie vrugte, ook tussendeur sondige vrugte te
lewer. Rom.6:11 sê in beginsel dat ʼn ware gelowige dood is vir die sonde en
lewend vir God is. Hy kan nie vir Christus en die sonde lewe nie. Dit is ʼn
radikale keuse. Daar is geen moontlikheid vir ʼn vyftig persent vir Christus en ʼn
vyftig persent vir sondige gebruike nie (Jak.3:6 – vgl. wêreld vol
ongeregtigheid).
As jy Christus kies, neem Hy beheer oor van elke deel van jou lewe. Hy neem
ook beheer oor van jou tong. Elke woord sal dan tot sy eer wees. (vgl.
1Kor.10:31)
Tog sê Jakobus dat almal in hierdie lewe dikwels sal struikel (Jak.3:2), en
Johannes sê: “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en
is die waarheid nie in ons nie” (1Joh.1:8). Dit verskil egter van iemand wat
vyftig persent sonde doen en vyftig persent goed wil lewe. Wanneer ʼn Christen
struikel, is dit ʼn frats, by uitsondering, dit is teen die natuur van sy lewe, dit is
nie ʼn gewoonte sonde nie! Dit is onnatuurlik en teen sy grein, teen die nuwe
natuur wat Christus gegee het.
Daarom skrik ʼn Christen vir die skewe woord wat uit jou mond kom, jy het
berou en stel dit reg. Daarom is dit vir die gelowige onmoontlik om daarin te
berus dat jy aan ʼn gesplete tong ly. Jy sal begeer om elke dag onder beheer
van die Heilige Gees te lewe en elke dag tot eer van God te lewe!
Die tong is dus net ʼn uitlaat klep van wat binne jou aangaan. ʼn nietige klein
instrument, maar dit toon watter persoon beheer oor jou denke het. God of
die bose. ʼn Krag ten goede of ten kwade. Die keuse word dus nie met die tong
gemaak nie, die keuse lê in jou hart. Jy moet die Here jou God liefhê met jou
hele hart, jou hele siel en jou hele verstand! Die res kom vanself! Iemand wat
vir God leef, sal nooit vrede maak met tong sondes nie!
3:13 Die kenmerk van ʼn wyse en verstandige persoon
40
Jakobus is steeds besig met die tema, dat geloof wat nie deur dade bevestig word
nie, nutteloos is. Hy gesels nou in die res van die brief oor die praktiese uitlewing
van die Wysheid wat God vir ons gee: In 3:13-18 praat hy oor die wysheid self.
Daarna vra hy die gelowiges om hierdie wysheid prakties uit te leef in verskillende
aspekte van hul lewe bv.
hul houding teenoor besittings(4:1-3);
hul onderwerping aan God (4:4-10);
die verhouding met jou medegelowige (4:11-12);
die afhanklikheid van God (4:13-17);
rykdom (5:1-6);
die volhardende wag op die Here se koms (5:7-11);
integriteit (5:12);
swaarkry en vreugde (5:13) en
siekte en sonde (5:14-20).
Vers13: Wysheid en verstandigheid is deugde waarop mense graag aanspraak
maak! Ook in Jakobus se tyd was daar talle mense wat hulle as wys en verstandig
voorgehou het (Jak.3:1). (Jakobus sê mense dink maklik hulle is wys, maar hulle
dade moet bewys of hulle regtig wys is!)
Wat is verstandigheid? Verstandigheid (IK) – is die vermoë om logies te
redeneer. Logika is ʼn Godgegewe gawe waaroor ons ook dankbaar moet
wees.
Wysheid: Wysheid kom van God. Dit beteken hier die vermoë om te weet
hoe God wil hê dat jy jou lewe inrig. En hoe jy in elke konkrete situasie
moet optree (vgl.1:5). Wysheid is ʼn Godgegewe aanvoeling of insig oor wat
reg en verkeerd is in ʼn bepaalde situasie. Jy kry bv. insig in God se doel met
voor en teëspoed.
Hoe weet jy (evalueer jy) wie is werklik wys en verstandig? Bewerings is
nie alleen genoeg nie. Dit is die dade (vrugte dra) wat dit uiteindelik bewys!
Daarom, in die praktyk sal dit allereers uit jou gedrag blyk of jy hierdie
deugde besit:
41
o Nederigheid is ʼn karakter eienskap van iemand wat oor wysheid
beskik. (ʼn Persoon wat sê dat hy wys is, is klaar nie wys nie omdat hy
nie nederig is nie!).
Jesus het die aand voor sy kruisiging getoon wat nederigheid
is, toe hy sy stryende dissipels se voete gewas het (Luk.22:24-
26 en Joh.13:4-5 en 12-17).
Nederige dade maak blywende indruk. Dit is ʼn voorbeeld vir
ons almal.
Jou tong sal nie gesplete wees nie, maar nederige dinge sê.
Iemand wat werklik nederig is, sal nie aanspraak maak op
wysheid en verstandigheid nie, maar eerder die gebrek
daaraan bely (Jak.1:5 en Mt.11:29)
Jou daaglikse lewenswyse sal ʼn sprekende bewys wees dat
Christus in beheer van jou lewe is.
3:14-16 Wysheid is Nie so nie:
Onthou Jakobus skryf die brief vir Christene, en spesifiek vir die leiers, die room
van die Christene. Jakobus skryf aan ʼn gemeente waar daar vele was wat gespog
het oor hulle wysheid en korrektheid. By baie van hulle was daar bittere na-ywer
en selfsugtigheid. Die een wou meer gewild en belangriker as die ander wees. Die
een het homself beter as die ander geag. Van nederigheid soos Christus dit van sy
volgelinge vereis, was daar geen sprake nie.
Iemand wat wys is sal geen na-ywer (jaloesie/ alles draai om jou), hê nie.
Vra God om jou masker af te haal en jouself in die spieël van Sy Woord te
ontbloot. Nederige mense is nie jaloers op ander nie. Nederige mense het nie
selfsugtige motiewe nie.
Vers 15: Die soort wysheid kom nie van bo nie, maar is aards, sinlik en duiwels.
Aards: beteken hierdie soort wysheid is aardgebonde, kom nie van God nie, al
praat jy ook oor hemelse dinge (vgl. 1Kor.2:14; 3:3-6; Fil.3:19).
Sinlik: beteken die soort wysheid word beheer en bepaal deur ons sintuie, die
luste, instinkte, drange. Opsigself is sintuie nie verkeerd nie, maar hier word
42
bedoel dat die soort sintuie nie rekening hou met God en Sy goddelike mag
nie). Die mens en sy instinkte neem beheer oor sonder om God te ken in die
saak. (gemeentelede wat geen berou het oor hul verkeerde optrede nie, was
waarskynlik nooit werklik wedergebore nie. Vgl. 2Pet.2:22).
Duiwels: Dit verwys hier na die naywer en selfsugtigheid wat teen God kies,
ten gunste van die duiwel. ‘n Lewe wat nie deur God beheer word nie, word
deur die duiwel beheer. Daar is nie ʼn middeweg nie.
Sonder wedergeboorte kan jy nie wysheid kry wat van Bo kom nie.
“Leermeesters” met gesindhede en motiewe wat ten diepste boos is, staan nie
in diens van Christus nie, maar in diens van die duiwel.
Na ywer is demonies en kom van die duiwel.
o Mooiwoorde wat jy teenoor ander uiter, kanselleer nie jou bymotiewe
en verkeerde gesindhede nie!
o Jou professionele vaardigheid en korrektheid, kanselleer nie die na-ywer
in jou hart nie.
o God ken jou motiewe en gedagtes nog voor dit in jou hart op kom
(Ps.139:2). Hy weet dat baie van die goeie dinge wat jy vir Hom doen,
net voorgee is en jy dit eintlik maar vir jouself doen!
Gaan dit om onsself, of gaan dit om Christus en om Hom en ons naaste te
dien?
Vers 16: Selfsugtigheid en na-ywer skep wanorde en lei tot gemene dade
o In die vroeë kerk was Ananias en Saffira (Hd.5:3-5,10) ʼn voorbeeld van
verkeerde gesindhede en ons sien hoe ernstig God oor verkeerde
gesindhede voel. Selfsugtigheid lei tot ander sondes, bv. leuens.
o God is ʼn God van orde en nie wanorde nie (1Kor.14:33)
o Ondersoek jouself eerlik. Net jy en God ken jou hart.
Jakob is ʼn voorbeeld in die Bybel wat wind gesaai en stormwind gemaai het:
Hy was ʼn bedrieër voordat God sy naam van “Jakob” (bedrieër) na Israel
verander het. Hy is herskep na ʼn volgeling van God. Die vrugte van sy dade
word in die sondige lewens van sy kinders gepluk. (Sy seuns het sy seun Josef
43
gehaat (Gen.37:3, 18, 32). Hulle jaloesie het hulle instrumente in die hand van
die duiwel gemaak... God het egter dit ten goede gebruik (Gen.50:20)
Jesus as voorbeeld: Mense se naywer maak dat Hy uiteindelik gekruisig word!
3:17 Wysheid wat van Bo kom:
Wysheid kom van God af. (Spr.2:6; Spr.3:19; Luk.11:49; Rom.11:33 en
Ef.3:10). Volgens die Spreuke skrywer is wysheid, die “vrees van die Here”
en kennis van die Heilige is verstand (Spr.9:10). Dit is insig en begrip wat nie
deur vermeerdering van kennis gekry word nie, maar wat God aan ʼn mens
skenk. ʼn mens kan nie wysheid aanleer nie. Die Here gee jou die vermoë
om dit in te oefen.
God gee ware wysheid (lees weer Jak.1:5). Die wysheid het ʼn uitwerking
op ons. Die persoon wat dit besit sal verander en al meer God se karakter
vertoon. Daar is agt kenmerke van die soort wysheid:
1. Geen by bedoelings (eie eer soek nie, ens.)
2. Vredeliewend (die regte verhouding tussen God en mens/ en tussen
mes en medemens. Hierteenoor sal aardse wysheid na ywer bring en
mense op mekaar laat neersien, en verhoudinge verwoes.)
3. Inskiklik (Iemand met wysheid weet hoe om te vergewe, selfs al is die
reg aan sy kant. Soms kan dit verkeerd wees om die wet tot op die
letter toe te pas! Wysheid kom van God en Hy wys ons hoe en
wanneer om toegewings te maak en nie op jou regte te staan nie!).
4. Bedagsaam (Wyse mense is tegemoetkomend en nie vasgevang in
vooropgesette, onbuigbare idees oor alles nie. Hy is bereid om te
luister en kan oorreed word om ʼn goeie saak te steun.. So ʼn persoon
is nie vol van homself en sy eie mening nie)
5. Vol medelye (simpatiek) Dit dui op medelye met iemand wat in die
moeilikheid is, selfs al is die moeilikheid sy eie fout! So word iets van
God se medelye en Sy groot genade in die Christen se optrede
weerkaats. Die genade van God is in die eerste plek immers gerig ,
nie op mense wat onregverdig ly nie, maar op mense wat ly omdat
hulle wel oortree en gesondig het!)
44
6. Goeie vrugte (dade). Die wyse Christen se medelye is méér as ʼn
gevoel van jammerhartigheid en mooi woorde. Dit loop uit op dade
wat prakties hulp verleen.
7. Onpartydig. (Hierdie wysheid is vry van vooroordeel en is in staat om
ʼn saak objektief te beskou en tot ʼn beslissing te kom soos God dit sou
doen.) Alhoewel jy tegemoetkomend is, het jy wel vaste oortuigings.
8. Opreg. (Christelike wysheid gee nie voor nie en speel nie toneel nie.
Hy skuil nie agter maskers nie. Wat hy sê en wat hy doen, lê op een
lyn.)
Hier is twee tipes persone deur Jakobus geskets: iemand met Wysheid en
iemand met aardgerigtheid; Wysheid wat van God kom het bogemelde
kenmerke, en bring jou in die regte verhouding met God, en lei jou na die
hemel. Die ander soort wysheid, is “aardgerig” en toon kenmerke van
selfsugtigheid en na ywer. Daardie wysheid kom van die duiwel en lei na die
hel)
3:18. Saai die goeie en jy sal die goeie oes.
Hoe oes jy die geregtigheid? Die “geregtigheid” waarvan Jakobus hier
praat, dui op ʼn lewe wat in ooreenstemming is met die wil van God. Stel jou
lewe daarop in sodat God se wil uiteindelik in vervulling gaan in jou lewe!
Jy ontvang dit nie eensklaps nie. Jy strewe daarna. Jy oefen dit in.
Jy moet die soort wysheid positief gebruik in God se belang: bv. om vrede
te maak As vredemaker moet jy bv. vrede saai. (ʼn vredemaker help om
skewe verhoudings tussen mense weer reg te maak. Hierteenoor is ʼn
loslippige persoon ʼn brandstigter)
Bid en vra God hierdie wysheid en Hy sal dit gaandeweg n werklikheid in
jou lewe maak.
Begin om stukkende verhoudings tussen mens en medemens te heel en
stukkende verhoudinge tussen God en mens te herstel.
45
Hoe dra mens die evangelie oor in die wêreld? Wyse mense sal die groot
opdrag van Jesus om die evangelie uit te dra (en leef) op die regte wyse
doen: (vgl.Pred.7:5; Eseg.33:7-9; Spr.27:17)
46
Jakobus hoofstuk 4 Bybelstudie notas
Jakobus bespreek in die hoofstuk voorbeelde van hoe jou gesindheid verander as jy wysheid van God ontvang: bv. jou houding teenoor besittings, jou onderwerping teenoor God, jou verhouding met medegelowiges, en jou totale afhanklikheid van God.
4:1-2 Jou houding teenoor besittings Die gesindheid waarmee jy jou besittings bestuur, weerspieël of jy wysheid van
God ontvang het.
Daar is riglyne in die Skrif hoe om jou besittings te bestuur. Enkele voorbeelde:
Jy behoort te weet alles wat jy is en het kom van God af (Joh.3:27,
Deut.8:17-18).
Gee aan God wat Hom toekom: tiendes en dankoffers (Mal.3:8-10).
Betaal jou belasting en boetes wat die owerheid jou oplê (Rom.13:1-7).
Hulpverlening aan behoeftiges met regte gesindheid (2Kor.8:1-5 en Mt.6:2-
4).
Gee blymoedig vir God se werk (2Kor.9:6-7).
God sorg vir jou en gee aan jou wat jy nodig het (2Kor.9:8; Spr.16:3).
Vertrou God en moet jou nie bekommer nie (Mt.6:26-27).
Woeker met jou talente, moenie lui wees nie (Spr.21:25-26)
Prioritiseer jou verpligtinge, werk slim (Spr.24:27)
Wees eerlik (Spr.24:26; Spr.20:17en Spr.25:14)
Moenie geld na jaag nie. Behou jou sin vir waardes (Spr.23:4)
Moenie nalatig wees en jou werk verwaarloos nie (Spr.18:9)
Die “leermeesters” onder die Joodse Christene aan wie Jakobus skryf, het
voorgegee dat hulle wys en verstandig is. Jakobus toets nou hulle gesindheid en
toon dat hulle nie met die wysheid van God optree nie. Die soort wysheid is onder
andere vredeliewend (Jak.3:17). In daardie gemeente het net die teenoorgestelde
gebeur. Stryd en rusie was aan die orde van die dag! (Hoe tree die mense in jou
47
gemeente of werkplek op? Tree hulle met God se wysheid op?) Die
“leermeesters” wou graag bo die ander gemeentelede wees. Hulle wou nie
dienend optree nie en wou hulle ook nie iets deur iemand anders laat leer nie.
Hulle het ook nie vir ander die aansien of rykdom gegun wat hulle reeds gehad
het nie.
Selfsugtigheid veroorsaak rusies en stryd. Selfsugtige begeertes maak jou
jaloers op ander se sukses en besittings. Dan begeer jy dit ook en as jy nie jou
sin kan kry nie, raak jy aggressief. Dan tree jy ook verkeerd op! Soms wil jy selfs
moord pleeg om jou sin te kry. Voorbeelde: (1) Die vrou het in die tuin van
Eeden verbode vrugte begeer – Gen.3:6. (2) Koning Dawid wou met Batseba
trou – maar sy was reeds getroud met Urija. Hy maak toe ʼn plan om haar man
te vermoor – 2Sam.11
Jakobus skryf vir Christene. Dit kan wees dat hulle afvallig geraak het of skyn
Christene was. Hy wys die sonde en gevaar uit as jou begeertes op loop gaan
met jou. Dan dink en tree jy nie meer onder beheer van die Gees op nie.
Vraag: is alle begeertes noodwendig sonde? Nie alle begeertes is verkeerd
nie. Iets wat egter aan jou naaste behoort en wat jy begeer is sonde (Eks
20:17).
Toets jouself: besit jou rykdom / besittings jou, of is dit in diens van jou?
Iemand wat in die regte verhouding met God lewe, word al meer
onselfsugtig. So iemand sal nooit ander wil benadeel deur sy besittings ten
koste van ander uit te brei nie. So iemand sal nooit net sy eie behoeftes wil
bevredig nie. So iemand sal op so wyse teenoor sy naaste optree dat God
daardeur geër word.
Vers 2b-3: Gebed en selfsugtige begeertes
Agtergrond: Die leermeesters in die gemeente aan wie Jakobus skryf het
klaarblyklik nie meer gebid nie. Wanneer hulle dinge wou hê, het hulle hul gesag
en invloed gebruik om dit af te pers. Dan was daar ook mense wat gebid het,
maar dit was deurspek van selfsugtigheid. Hulle het verkeerde motiewe gehad.
(vgl. weer Jak.2:1 e.v.). Hierdie mense was waarskynlik arm en het nou ook
48
begeer om ryk en belangrik te word. Hul gebede was verseker nie in die eerste
plek om God se Koninkryk te dien en Hom te eer nie.
Nou gee Jakobus die regte manier om besittings te kry: Bid! Dis egter belangrik
dat jy op die regte manier moet bid. Jakobus wys nou die skokkende waarheid
dat selfsug self tot in jou gebede kan insluip! Dan bid ons selfsugtig!
God verhoor nie gebede waarvan die onderliggende gesindheid in die hart
verkeerd is nie. Die Here soek ware bidders (Joh.4:23). God weet presies
wanneer ons gebede opreg is en ons motiewe suiwer is. (Jou gewete sal dit
ook aan jou openbaar).
Suiwer gebede is vir God aangenaam (Opb.5:8).
Hoe moet mens bid? God en Sy belange moet vir jou voorop in jou hart staan.
Jou gebede moet rondom Hom wentel. Dan sal ons eie behoeftes meer op die
agtergrond wees.
o Ons wil dikwels God oorhaal om te doen wat ons wil hê, in plaas van
om te vra wat God wil hê en dan daarby in te val. (vgl.1Joh.3:21-22)
o Jy moet ʼn aanvoeling ontwikkel wat vir God belangrik is en wat Hy wil
hê
Mag ons dan nie vir ons eie behoeftes bid nie? Verseker moedig die Bybel ons
aan om vir ons eie behoeftes te bid, maar dan nie omdat ons beter as ander
wil wees of meer as ander wil hê nie. Dan is ons motiewe suiwer.
o Dit is verkeerd om die lewe ten koste van ander te wil geniet
o Dit is verkeerd as jou vreugde en plesier voortspruit uit
ongehoorsaamheid aan God.
Daar is verskeie riglyne in die Skrif om ons in ons gebedslewe te begelei. Ek
noem net drie beginsels:
1. Raak ontslae van hindernisse vir jou gebedslewe:
o Bewuste onbelyde sondes (Ps.66:18; Jes.59:1-2)
o Suinigheid en geldgierigheid (Spr.21:13; 1Tim.6:10)
o Ongeloof en twyfel (Joh.16:9; Jak.1:6-8)
o Onvergewensgesindheid en bitterheid in verhoudings (Mt.6:14-15)
49
o Verkeerde optrede teenoor jou huweliksmaat (1Pet.3:7)
o Hoogmoed (Jak.4:6)
o Selfsugtige motiewe in gebed (Jak.4:3)
o ʼn kritiese gees (Mt.7:1; Rom.14;10)
o Ondankbaarheid (1Tess.5:18)
o Wanneer jy nalaat om restitusie te doen (Lev.6:4-5)
o Wêreldsgesindheid (1Joh.2;15)
2. Bid in die Naam van Jesus (Joh.14:13-14; 16:23b-24; 16:26)
o Om in Jesus se Naam te bid, is die bereidheid om deur God
getransformeer te word om te dink en doen soos Jesus (Sy Natuur)
o Om vir Sy belange te bid en werk
o Om in Sy outoriteit te bid en met Sy gesag jou te beklee.
o Om op Sy oorwinning by Golgota posisie in te neem en Sy Naam en
gesag as verwysing te gebruik.
o Daar is ongeveer 470 name in die Skrif waarmee God-drie enig aan
ons bekendgestel word: God se Naam is onder andere: Ego Eimi (Ek is
–Luk.22:70); El Shaddai (Die Algenoegsame – Gen.17:1); El –Roi (Die
God wat sien – Gen.16:13-14); Adonai (God ons regeerder –
Eseg.16:8,30); Heilig (Jes.57:15; Hd.2:27); Die Almagtige (Ps.59:6;
Opb.19:6); Jahweh (Die Ewige- die Een wat vir altyd liefhet Mal.3:6);
Jahweh –Rophe (Die Here wat jou gesond maak – Eks.15:26);
Jahweh-Shalom (God is vrede – Rig.6:24)
3. Bid binne die wil van God
o ʼn Bereidheid om jou aan God se wil te onderwerp (Mt.6:33; Joh4:34-
35)
o Wanneer jy God se leiding soek, wag op neutrale grond
o Leef in noue gemeenskap met God (Rom.12:1-2)
o Wag op God – Jes.28:16 (OV).
o Vertrou volkome op die Here (Spr.3:5-6; Jak.1:6-8)
o Handel telkens met die lig wat jy op daardie stadium tot jou
beskikking het
50
o Die wysheid van raadgewers (wat kinders van God is – Spr.11:14;
12:15; 24:6)
o Sit ʼn velletjie uit wanneer dit moeilik is om te onderskei (Rig.6:37-39)
o Oorweeg alle voor en nadele
o Bid en vra God direk wat Sy wil is (Mt.7:7)
o Weerstaan vrees wat jou haastig of ongeduldig wil maak (1Joh.4:18)
o Wees deurgaans gehoorsaam aan alle geestelike beginsels en
waardes in die Skrif wat jy reeds weet God se wil omskryf
4:4-10 Onderwerp jou aan God. Nog ’n praktiese uitlewing van hemelse wysheid is nl. dat jy jou volkome aan God onderwerp, al beteken dit dat jy swaarkry op ander terreine. Vers 4:
In die Ou Testament is die verhouding tussen God en Sy volk dikwels met ʼn huweliksverhouding vergelyk (vgl.Jes.54:5; Jer.3:20). Ook in die Nuwe Testament word die kerk voorgestel as “die bruid van Christus” (Opb.19:7; 2Kor.11:1-2; Ef.5:24-28). As die gemeente dan ontrou raak teenoor God, dan word die beeld van ʼn egbreekster gebruik, wat goed bekend was aan die Joodse Christene. Dis die verbreking van ʼn intieme lewenslange verhouding.
In die nuwe Testament word die term “Wêreld’ dikwels gebruik om vyandskap met God aan te dui (vgl. Jak.3:6 en 2Tim.4:10).
o Wat Jakobus in vers vier bedoel, word ook deur Jesus in Mt.6:24 verduidelik. Dit is onmoontlik om God lief te hê, as jy ook iemand anders (die wêreld) in jou huweliksverhouding toelaat. Jy kan nie God liefhê en ook van Sy vyande hou nie.
Jy het ʼn wil en God laat jou die keuse om te kies. Jou flirtasie met die wêreld en sonde is nie iets wat maar toevallig gebeur nie. Dit is ʼn wil’s keuse wat jy maak met die volle wete wat jy doen.
o As iemand dan willens en wetens vir die wêreld teen God kies, dan is jy ʼn vyand van God!
Onthou die gemeentelede aan wie Jakobus skryf, was nie elke dag met hulle hele hart aan God getrou nie. Hulle het toegelaat dat allerlei sondes hul lewe binnedring en so ook die gemeente. sommige het biddeloos geraak en ander
51
jaloers, en selfsugtig. Materialisme het ʼn sterk greep op hul lewens gekry. As dit gebeur, pleeg jy egbreuk met God. Jou keuses plaas jou direk teenoor God en jy word ʼn vyand van God. o Vraag: Hoe lyk jou motiewe en prioriteite?
Vers 5: Wat beteken dit dat God ons “heeltemal” vir Homself wil hê? Wedergebore kinders van God behoort aan God. Die woordjie “gees” kan twee betekenisse hê:
o “Gees” kan na ons lewe verwys. Dit sal dan beteken dat God ons lewe heeltemal vir Homself wil hê. God wil alleen eienaarskap oor ons hê. God het ons “jaloers” lief soos ʼn man sy vrou lief het.
o Die woordjie “gees” kan ook na die Heilige Gees verwys. Dit sou dan beteken: Sy Gees woon in ons en daarom behoort ons ook die Gees van God volkome te gehoorsaam en volkome beheer oor ons te gee. Ons kan nie twee persone beheer oor ons gee nie.
Beide hierdie interpretasies sou van pas wees.
1Kor.6:19-20 ”Of besef julle nie dat julle liggaam ʼn tempel van die Heilige Gees is nie. Julle het die Heilige Gees wat in julle woon van God ontvang, en julle behoort nie aan julle self nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik”
Exo.20:5 God eis onverdeelde trou van ons. Ons kan sê God wil ons heeltemal vir Homself hê. God het sy “vrou” (die kerk), jaloers lief en sal geen mededinger duld nie. (vgl. ook Eks.34:14). (lees ook die 1953 Afrikaanse vertaling)
Die Here het ons so lief dat Hy ons met niemand wil deel nie! Hy is jaloers dat ons net Syne moet wees! Hy eis ons volledig net vir homself op.
Vers 6: God se genade is groter as wat hy van ons vra: God vra baie van ons, ons hele lewe, maar Hy gee Sy hele lewe vir ons en daarmee saam die ewige lewe!
Genade, word gegee aan mense wat dit vra omdat hulle besef dat hulle dit nodig het! Nederige mense is bewus van hul nood en pleit om genade. Selfvoldane mense vra nie genade nie.
o Hoogmoediges kan daarom nie aanspraak maak op genade nie.
vgl.Spr.3:34 “Met hooghartige spotters dryf Hy die spot, maar Hy is goed vir die wat beskeie is.”
52
Mt.23:12 “Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.” (Lees ook Ps.51:11-13)
As mens ʼn Christen wil wees, moet jy bereid wees om alles wat jy is en het vir die Here te gee. Wat dink jy is die implikasie hiervan?
Vers7-8 Jakobus het reguit vir sy lesers gesê watter verkeerde dade en gesindhede hulle het. Hy gee nou raad hoe hierdie sondes verwyder kan word en hoe sy lesers goeie volgelinge van God kan word. Drie opdragte word gegee: a) Onderwerp julle aan God: Dit beteken, gee jouself heelhartig aan God.
Aanvaar dat God jou heeltemal vir Homself wil hê.
Wees bereid om elke deel van jou lewe aan Sy opperbevel te onderwerp: Liggaam, siel (denke-rede-intellek), gees (gewete/inspirasie.)
Aanvaar dat God se wil beter is as jou eie. Aanvaar dat God ʼn bepaalde doel met jou lewe en met beproewinge in jou lewe het.
Aanvaar dat jy om God se doel met jou lewe te bereik, sekere dinge sal moet prysgee en ander sal moet doen.
Moenie kompromieë sluit met wêreldse dinge wat God teleurstel nie. Laat God toe om volle beheer oor jou lewe te neem en onderwerp jou aan sy leiding (Heerskap/baasskap).
Om jou aan God te onderwerp gaan jou iets kos. Jy moet leer om God in alle opsigte eerste te stel. Selfs vóór jou man, vrou, kind of vriend! Stel God vóór jou werk, sport of rykdom! (Mt.10:37-39) o Onderwerping aan God beteken God is belangriker as enigiets
anders (vgl. die ryk jongman wat nie God bo sy besittings kon stel nie (Mk.10:21-22)
o Stel alles in diens van God. Jou besittings en jou talente (hande, voete, verstand, tong, ens.).
Aanvaar dat God se wil beter as jou eie is en tot jou en Sy voordeel is. Aanvaar dat jy daarom sekere dinge sal moet prys gee en ander sal moet doen.
Wie hom aan God onderwerp, ontvang soveel meer as wat hy prysgee. Kan jy opnoem wat dit vir jou werd is? (Jy ontvang ʼn skat in die hemel Mk.10:21, Mt.10:37-39)
53
b) Staan die duiwel teë: Moenie die duiwel afmaak as ʼn onwerklikheid of grap nie. Dan begaan jy ʼn groot fout. Die bose magte is ʼn realiteit. Petrus waarsku ons om nugter en wakker oor die saak te wees (1Pet.5:8).
Die duiwel is jou vyand en wil jou en die mense rondom jou verwoes. Jy moet sy strategie ken en die gevaar vermy. Jy moet Satan se planne teenstaan en beveg.
Die Seun van God het gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak (1Joh.3:8). God is magtiger as die duiwel (Luk.11:22)
Navolgers van God en navolgers van die duiwel kan uitgeken word (1Joh.3:9-10).
Jy moet weet jy kan nie satan in eie krag aanvat nie. Dan gaan jy verloor. Jesus, die Seun van God, het Satan reeds oorwin en hy het gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. (Kol.2:13-15; Opb.12:10-12; Heb.2:14; 1Joh.3:8 en Luk.11:21-22)
Jakobus verseker ons, dat as ons onsself aan God onderwerp en in Sy Naam (en krag) die duiwel teenstaan, sal hy van ons vlug. (Calvyn het iewers geskryf dat dit lyk asof Satan weer terugkom en nog erger veg teenoor die wat hom opponeer. Dalk kan jy uit ervaring saam praat). Die punt wat Jakobus wil maak is: Al sou die duiwel sy aanvalle herhaal, sal hy die aftog blaas as jy hom aanhoudend teëstaan. Die duiwel is reeds deur Jesus oorwin en hy sal uiteindelik swig voor God se almag (Ef.6:11)!
Hoe staan mens die duiwel teë? o Jy het berou oor jou sonde en bely dit. Jy neem Jesus se
verlossing van sonde aan. Deur die bloed van Jesus word jy gereinig. Jy word wedergebore deur die Gees en jy laat toe dat Gees van God jou lewe en gedrag beheer.
o Jy leef heilig (vermy dinge wat God teleur stel en jou intieme verhouding met God benadeel).
o Jy bly leef in absolute gehoorsaamheid aan God se Woord. o Jy maak daagliks seker dat daar niks in jou lewe is wat God
bedroef nie. Wanneer jy van iets bewus word bely jy dit en herstel jou gedrag.
o Jy fokus al jou energie op God en nie op die duiwel nie. God self sal vir die res sorg.
Wanneer Christus terugkeer sal die Satan en bose magte vir ewig vernietig word (Opb.20:10-15).
54
c) Nader tot God (vers 8): Wat impliseer die opdrag? Dit impliseer God is nie ʼn onpersoonlike krag of ʼn diktator wat daar van ver af regeer nie. Hy is ook nie onbereikbaar nie. Jy kan tot God persoonlik nader. Jesus Christus is die brug tussen ons en God. God se Gees help ons om met God te kommunikeer en Sy wil te verstaan. God praat op verskeie maniere met ons (veral deur Sy Woord – die Bybel, maar ook deur mense, gebeure, omstandighede, die natuur, drome ens. Ons praat weer op ons beurt met God deur gebed) (Joh.16:23-24)
o Eerstens: God wil in ʼn persoonlike verhouding met jou leef. Hy begeer dat ons een met Hom sal wees, soos Jesus en Sy Vader een is (vgl.Joh.17:21-22) o Tweedens: As ons God soek (tot Hom nader), sal Hy Hom deur ons laat vind (vgl.Joh.6:37). As jy begeer om Sy kind te wees, sal Hy jou Vader wees. God begeer dat daar ʼn persoonlike verhouding van liefde tussen jou en Hom sal wees. God begeer dat ons eerste sal naderkom, eerste ons sonde sal bely!
Vers 8(b)-10 Hoe nader ʼn mens tot God? Vandaar die oproep:
Was julle hande, sondaars (vers 8): Hierdie is ʼn skerp waarskuwing om almal wakker te skud.
o Jy moet onthou, al is God genadig en al wil Hy in ʼn persoonlike verhouding van liefde met jou wandel, is Hy Heilig. Daar is baie gebreke in ons lewe. Hierdie uitdrukking “was julle hande” dui nie hier op fisiese hande was nie, dit dui op ʼn skoonmaak van jou lewe (morele en sedelike suiwerheid) (vgl.Jes.1:16).
o Met hierdie beeldspraak, roep Jakobus sy lesers op tot ʼn praktiese lewe wat uiterlik in woord en daad suiwer is. Hierdie reiniging is alleen moontlik deur die kosbare bloed van Jesus. (1Pet.1:19).
Reinig julle harte, huigelaars (vers 8): Hierdie oproep sluit by die vorige aan en beklemtoon die innerlike reinheid en suiwerheid.
o Die woord huigelaars, dui op mense wat ʼn dubbele lewe lei en is dieselfde woord wat Jakobus vroeër gebruik het (Jak.1:8). (die woord kom ook in Mt.22:37 voor).
o Die bedoeling is duidelik: Moenie tussen twee gedagtes hunker nie, maar wy jou heelhartig aan die Here. Maak klaar met sonde. Aanvaar dat Christus jou skuld betaal het.
Bekla julle ellende, treur en huil (vers 9):
55
Dit beteken dat jy ʼn opregte berou voor God oor jou sonde moet hê. o Die selfvoldaanheid en materialisme wat op hierdie gemeente lede
aan wie Jakobus skryf, ʼn houvas op hulle gekry het, maak dat hulle nie in werklike berou oor hul sonde voor God kan kom staan nie. Daar is te veel dinge wat vir hulle groter waarde het as ʼn suiwere verhouding met God.
o Die gemeente/ gelowiges moet in sak en as (berou) gaan en eers tot ʼn herwaardering van hulle geloof en die uitlewing daarvan kom. Hulle moet opregte berou oor hulle ellendige toestand hê en eers daaroor treur!
o Hulle moet ook ʼn slag wegkyk van hul eie selfsugtige belange en bewus word van ander mense se nood, dit raaksien en ook daaroor huil!
Onderwerp julle in nederigheid voor die Here (vers10): o Die onderwerping voor die Here kan nie sommer net terloops gebeur
nie. Dit is ʼn doelbewuste daad (vgl.Jak.4:7) en moet met berou (treur oor jou sondes) gepaardgaan.
o Bewus van God se heiligheid en almag moet dit in ʼn nederige gesindheid geskied.(Jak.3:13 het ook al na nederigheid verwys). Buig voor God se gesag. Toon berou, vra vergifnis.
o In die gemeente was daar mense wat hulle self as so wys en verstandig geag het, dat dit vir hulle moeilik was om hulle afhanklikheid van God te erken en in nederigheid voor Hom te nader. (Ons moet insien dat ons klein en nietig voor God is en dat ons afhanklik van Sy genade is). Onderwerp julle in nederigheid voor die Here…
En Hy sal julle verhoog (vers10): o Die konteks van die gelowiges in die gemeente aan wie Jakobus skryf
was: Hulle wil so graag “hoog” en belangrik wees, dat hulle selfs voor hul ryk onderdrukkers kruip (nederig diensbaar word en met alles saamstem) om tog net in hul goeie boekies te kom. Hierdie is egter ʼn totaal verkeerde benadering! Julle moet eerder die teenoorgestelde doen.
o As jy in nederigheid tot god nader en jou voor die Here onderwerp, dan sal Hy jou begenadig. Hy sal jou verhoog. (Mt.23:12; Jes.57:15)
o Hoe verhoog God ons? Jou sosiale en geldelike posisie sal nie dalk nie noodwendig verander nie. Dit kan selfs dieselfde bly, maar dan sal
56
jou posisie verhef word as iemand wat in ʼn persoonlike verhouding met God wandel. Jou posisie sal verander van verlore sondaar tot kind van die Here. Jou posisie sal verander van iemand wat op weg was na die Hel, maar nou op weg is na die troonkamer van God. (Ps.10:17)
o Daar is geen groter verhoging denkbaar nie as om van die lewende God te verneem: “Jy is Myne!” (vgl. Jes.43:1; Jes.41:10; Joh.10:28-29)
4:11-12 ʼn Waarskuwing oor die sonde van kwaadpraat Moenie van mekaar kwaadpraat nie (vers11)
Die Griekse woord vir kwaadpraat ( , uitspraak: katalale - betekenis “to slander”) verwys na enigiets wat iemand anders kan benadeel of seermaak. Dit is om slegte en baie keer onware dinge van ʼn ander persoon in sy afwesigheid te sê. Ons verwys in Afrikaans daarna as “skinder”. Dit is om iemand liefdeloos te kritiseer of aan te val wanneer hy nie teenwoordig is om homself te verdedig nie.
In Rom.1;30 word kwaadpraters deur Paulus in dieselfde asem genoem as mense wat God haat. Dawid sê in Ps.101:5 wie sy naaste beskinder wil hy uitwis.
Kwaadpratery was blykbaar ʼn groot probleem by die lesers aan wie Jakobus skryf. Dit was een van die sondes van die tong wat hy reeds in besonderhede bespreek het (Jak.3:1-12). Die geskinder onder hulle het heel moontlik ontstaan as gevolg van hul naywer (jaloesie) en selfsugtigheid. Die een wou hom bo die ander verhef, groter indruk maak en verstandiger voorkom. Die maklikste manier waarop hulle hul mededingers kon afkraak was om agter hulle rug allerlei lelike stories oor hulle te versprei.
As jy kwaadpraat van jou broer, veroordeel jy die wet (vers 11):
Jakobus praat met sy mede-Christene, daarom spreek hy hulle aan as broers (en nie as sondaars nie). Hy beklemtoon; As jy van jou broer kwaadpraat of veroordeel, praat jy kwaad van die wet. (dit is die riglyn van optrede wat God self vir Sy Koninkryk vasgestel het). Jesus het die wet saamgevat as liefde tot God en jou naaste – Mt.22:37-40. Jy praat dan eintlik kwaad van die skrywer van die wet. Jy kraak dan eintlik God self af.
57
o Paulus het gesê dat iemand wat sy medemens liefhet, die hele wet van God uitvoer (Rom.13:8-10).
o Dit is daarom belangrik dat jy jou gesindheid teenoor mense ondersoek en sorg dat jy eerder mense opbou as afbreek. (Jak.2:8)
o Wanneer jy kritiek teenoor iemand uitspreek, moet jy opbouing en versterking van daardie persoon in die oog hê en dit nie doen met die doel om daardie persoon af te breek nie. (so wys jy dat jy erns maak met God se riglyn van lewe – die wet van die liefde).
Speel jy regter? (vers 11)
Wie hierdie koninkrykswet van liefde, bewustelik oortree, plaas hom soort van bo die wet en tree dan op as selfaangestelde regter. Deur jou naaste te veroordeel, doen jy nie wat die wet vra nie (om jou naaste lief te hê) nie, maar doen jy die werk van ʼn regter (deur ander mense se handel en wandel te beoordeel en uitsprake daaroor te doen).
As jy hemelse wysheid het (in die regte verhouding met God leef), sal jy daarteen waak om kwaad van jou naaste te praat of regter oor hom te speel.
o As jy jou medegelowige lief het, sal jy nie sy optrede agter sy rug bespreek en veroordeel nie. Dit is onmoontlik om iemand lief te hê en tog terselfdertyd agter sy rug van hom te skinder!
o Jou opdrag van God af, is om jou medemens lief te hê!
Daar is net een Wetgewer en Regter (vers12)
Onthou jy is nie sy regter nie. In teendeel, God is sy en jou regter.
God is die enigste wat wetgewer en regter is: Hy is die wet. Hy kan red en Hy kan vernietig. (Mt.24:30-31; 25:31-32,41)
God ken die hart van elke mens en Hy weet wat elkeen dink en wat elkeen se gesindheid is. God weet wie wedergebore is en wie nie wedergebore is nie. Jy weet dit nie, daarom pas dit jou nie om jou medegelowige se motiewe in twyfel te trek en hom agter sy rug te veroordeel waar hy homself nie kan verweer nie.
Om te skinder, is een van die lelikste kenmerke van ʼn wêreldling. Dit is tragies dat hierdie kenmerk ook in die lewe van die kerk aanwesig is. Dit trek ʼn streep deur die één eienskap wat die kerk ten alle tye van die wêreld
58
behoort te onderskei: die liefde. (ʼn gelowige of gemeente wat kwaadpraat, trek ʼn streep deur sy getuienis en maak van sy geloof ʼn bespotting).
Onthou die goue draad wat dwarsdeur Jakobus se brief loop. Daar was leermeesters wat hulle wys gehou het: As jy hemelse wysheid het (in die regte verhouding met God leef), sal jy daarteen waak om kwaad van jou naaste te praat of regter oor hom te speel. Daar is net één wetgewer en regter en die is Jesus. Onthou Jesus se waarskuwing in Mt.7:1-2.
4:13-17 Afhanklikheid van God
Nog ʼn praktiese wyse waarop ons hemelse wysheid uitleef is om in jou toekomsbeplanning steeds te besef dat jy totaal afhanklik is van God. Dit moet sigbaar wees in jou lewe
Die gelowiges aan wie Jakobus skryf, was arm, maar sekere gemeentelede het nou werk gekry by rykes wat handelaars was en gedink het hulle is onafhanklik en onaantasbaar. Hierdie invloed het oorgespoel na sommige van die gemeentelede se leefstyl. Die Jode was vernuftige sakemanne en kon met min, gou-gou ʼn sukses maak.
Hoe lyk afhanklikheid van God in die praktiese lewe? (vers13)
Beplanning en berekening is noodsaaklik. Hardwerkendheid is net so belangrike vir God. (Spr.6:6; Luk.14:28-30)
Hou in jou beplanning en berekeninge altyd rekening met God!
Jy kan maklik vermetel raak wanneer jy ʼn stabiele inkomste het en dink jy is nou onafhanklik van God. Jakobus waarsku teen planne wat met groot sekerheid gemaak word. Moet nooit vergeet dit is God wat jou gebring het waar jy nou is nie.
Lees: Deut.8:17-18
Niemand kan vooruitsien nie! (Vers 14)
Ons lewe is so kortstondig in terme van God se bestaan, dat dit met ʼn damp (reuk of stoom) vergelyk kan word wat net ʼn kort oomblikkie bestaan en dan weer verdwyn.
Dit is vermetel om groot te praat en planne te maak as jy nie eers weet of jy môre gesond sal wees of sal bestaan nie.
As die Here wil (vers 15)
59
Ons afhanklikheid van God moet sigbaar word in ons woorde en dade (leefstyl). Sommige mense dink as hulle die woorde Deo Volente (As die Here wil) in elke sin sê, het hulle hul afhanklikheid van God betoon. Dit gaan oor meer as net woorde, dit gaan oor die gesindheid van jou hart! Onthou selfs die heidene sê woorde wat aan ʼn hoër mag erkenning gee en dit verander nie hul hartsgesindheid nie!
Voorbeelde: Ongelowiges sê: “as die gode wil” sal ek so en so maak. Moslems gebruik weer die uitdrukking “Imsh’ Allah” wat beteken: “As Allah
wil”. Die Jode het tot op daardie stadium nie so ʼn vaste uitdrukking geken nie.
Paulus het ook soortgelyke leringe as Jakobus gehad: (vgl. Hd.18:21; 21:14; 1Kor.4:19; 16:7; Fil.2:19-20). Deesdae gebruik gelowiges die term: Deo Volente of DV (as God wil). (Onthou dit help nie om die woord as ʼn stop woord of as ʼn magiese uitdrukking te gebruik om moontlike ongeluk te besweer nie.
Jou beplanning vir die toekoms moet wys dat jy besef dat jy weet hoe afhanklik jy van die Here is. Vra God dat as iets nie van Hom af kom nie, of jou planne verkeerd is, dat Hy dit sal verander.
Wie gee die tyd? Wie gee jou gesondheid? Die lewe wat jy het, het jy van God ontvang. Terwyl jy dit het, maak die beste daarvan gebruik.
Onthou, God is die eintlike eienaar van die goed wat jy so aanmatigend jou eie noem. Jy sal eendag rekenskap moet gee hoe jy dit in Sy diens gebruik het.
Selfversekering is goed, maar net tot op ʼn punt. (Vers 16)
Jy hoef nie vol onsekerheid oor die toekoms te wees nie. God waarborg dat Hy jou sal versorg.(Mt.10:29-31). Jou selfversekering moet spruit uit die feit dat jy God ken en op Hom staatmaak.
Selfversekering wat God uit die prentjie haal lei tot grootpratery. Mense wat groot praat en grootdoenerig is, doen dit met minagting en miskenning van God.
Jakobus se lesers was bekend met kwaksalwers wat groot gepraat het: (mense wat medisyne en salwe verkoop het en belowe het die medikasie sal werk, maar dan werk dit nie.)
o Nog ʼn voorbeeld van die verkeerdheid van grootpratery is die van Petrus: Mt.26:33-35.
60
Wanneer jy seker is, jy is binne God se wil, en seker is, jy is besig om te doen wat God wil hê jy moet doen, sal jy ʼn selfversekering van God ontvang wat vir niks stuit nie.
Doen wat reg is! (Vers 17)
As jy weet dat jou selfversekerdheid uit ʼn sondige gesindheid gebore word, en jy stel dit nie reg nie, dan doen jy sonde teenoor God.
Die term wat Jakobus hier vir sonde gebruik is dieselfde term wat in Mt.13:19 vir die duiwel gebruik word. Satan is by uitstek ʼn grootprater en grootdoener.
Vgl. die duiwel se grootpraterigheid: Mt.4:9
Nederigheid is eerder die kenmerk van ʼn ware gelowige se lewe.
61
Jakobus hoofstuk 5 Bybelstudie notas
Die wyse waarop jy finansiële voorspoed hanteer, moet aantoon dat jy in ʼn intieme verhouding met God leef en dat jy hemelse wysheid by God ontvang het.
5:1-6 Die rykes word gewaarsku Jakobus waarsku mense wat ryk is en hul besittings (rykdom) verkeerd hanteer.
Daar is niks mee verkeerd om ryk te wees nie, die wyse waarop ryk mense hul
besittings bestuur of aanwend, of die gesindheid waarmee hulle optree, is die
probleem. (Onthou armes kan ook geldgierig wees)
Die trant waarmee Jakobus in die eerste ses verse van hierdie hoofstuk skryf, gee
die vermoede dat hy hom hoofsaaklik rig tot die rykes buite die gemeente – en dis
waarskynlik Jode by wie sommige van die gemeentelede in diens was.
Hierdie boodskap was egter net so van toepassing op die gemeentelede (en ook
op ons vandag), want ons weet dat die gemeentelede waarvoor hy skryf, self
geneig was om rykdom te hoog aan te slaan (vgl. Jak.2:2 e.v.).
1-3 Aardse rykdom hou nie vir altyd nie. (As goud en silwer roes)
Een of ander tyd gaan jy afstand daarvan moet doen. Jy kan in elk geval nie jou
rykdom saamneem na die lewe wat na die aardse bedeling gaan kom nie (ewige
lewe of hemel).
Klere is in die Bybelse tyd as teken van welvaart beskou. Daar was nie
motors om mee te spog nie. Die gemiddelde man het dus met sy klere
getoon dat hy of sy iets beter kan bekostig. Daarom was mooi klere ʼn teken
van welvaart en rykdom. (vgl. Rigt.14:12; 2Kon.5:5,22; Hd.20:33
Ons weet goud en silwer kan nie normaalweg roes nie. “Goud en silwer wat
roes”, is ʼn uitdrukking wat Jakobus gebruik om te sê geen aardse rykdom
het blywende waarde nie. Selfs dinge wat onvernietigbaar lyk, kan in God
se oë waardeloos word. Daar kom ʼn tyd dat aardse rykdom niks werd sal
62
wees nie en tot niet sal gaan. Geld in die hiernamaals sal geen waarde hê
vir God nie. Daar kom ʼn tyd dat jy met skok voor God ontbloot sal word en
besef, dit waarop ek staat gemaak het, is nou niks werd nie. Ek het my
skatte op die verkeerde manier en op die verkeerde plek versamel! Daarom
moet jy nou reeds jou geld hanteer met die besef dat dit tydelik is en jy
geen besittings saam met jou kan neem as jy aan jou aardse liggaam sterwe
nie.
Hoewel geld nie ewigheidswaarde het nie, kan dit wat jy met jou geld doen,
wel van waarde wees in die hier namaals (bv. om jou geld te gebruik om die
evangelie uit te dra).
Mense wat hul geld selfsugtig gebruik en net meer en meer bymekaar maak
om in hul eie selfsugtige behoeftes te voorsien, sal in die lewe hierna aan
God rekenskap daaroor moet gee. (Vir die mens vir wie sy aardse rykdom
die Alfa en Omega geword het, wag daar in die hiernamaals ʼn verskriklike
oordeel deur God!) (vgl. Jes.13:6; 14:31; 15:2,3; Amos 8:3)
As jy jou geld gebruik soos God dit wil hê, sal dit ook tot seën van ander
mense strek. So maak jy vir jou ʼn belegging in die hemel bymekaar. Lees in
Mt.6:19-21 wat Jesus self hieroor sê. (vgl. ook Mk.10:21)
Die uitdrukking: “ Julle maak skatte bymekaar terwyl dit die laaste dae is”,
is ʼn verwyt van Jakobus aan die rykes en verwys na die verkeerde prioriteite
wat ons met ons geld najaag hier kort voor Jesus se wederkoms (die tyd
waarin ons nou leef en waarin Jakobus se lesers geleef het). Dit beteken
ons moet by God gaan vasstel wat is sy prioriteite en hoe kan ons die
rykdom wat ons reeds het, meer effektief bestuur om sy prioriteite te
bedien.
o Ons leef reeds in die eindtyd: Dit is die dae tussen die eerste koms en
wederkoms van Jesus (Jakobus en ons, leef dus reeds in hierdie tyd).
(Mense sal al meer goddeloos leef in die laaste dae voor Jesus se
kom: vgl. 2Tim.3:1-5. Die laaste dae is nie ʼn tydperk wat nog gaan
aanbreek nie. Dit het reeds in Timoteus se lewe plaasgevind.
(vandaar die opmerking, “bly weg van sulke mense af!”)
63
o Ons word deur die Bybel opgeroep om waaksaam te wees
(Mk.13:33,37; Luk.21:36; 1Kor.15:52; 1Tess.5:8)
o Moenie probeer bereken nie (Mt.24:36; Mk.13:32; 1Tess.5:2)
o Jy kan nie die tyd bereken nie (Eendag is vir die Here soos duisend
jaar en duisend jaar soos een dag) 2Pet.3:8
Onthou hoewel Jakobus die brief aan arm en onderdrukte gelowiges skryf
(Jak.1:9), het Jakobus in 4:13-14 alreeds aangetoon dat al die mense vir wie
hy skryf, nie noodwendig arm was nie. Daar was rykes en armes in die
gemeente aan wie hy skryf. Jakobus stem egter met Paulus se siening saam
oor geldgierigheid – gaan kyk gerus weer na Jak.1:11; 2:6; 4;13 e.v.)
Verse 4-6
Die rykes het die mense uitgebuit en het boonop die mag gehad om te sorg dat
mense onskuldig veroordeel word of doodgemaak word.
Dit is ʼn gruwelike sonde in die oë van God as ons arm mense geldelik te
nakom (bv. lone is te min, te min aanbied vir produkte, afpersing ens.) Kan
jy aan nog vorme dink hoe ryk mense die arm mense misbruik en uitbyt?
Wat noem Paulus geldgierigheid in 1Tim.6:10? (Hy noem geldgierigheid die
wortel van allerlei kwaad). Wat bedoel hy hiermee? (Gierige mense wil al
hoe meer hê en al hoe minder gee) In die proses om meer te kry deins jy
later nie eens meer terug vir ʼn gruwelike onreg nie!
o Die grondebesitters in wie se diens die gelowiges was, het
waarskynlik gierig opgetree. Die ryk grondbesitters was waarskynlik
nie bereid om na die oes aan die werkers hul welverdiende loongelde
uit te betaal nie.
Maak seker jy betaal die mense wat vir jou werk voldoende. (vgl.
Duet.24:14,15; vgl. ook Lev.19:13; Spr.3:27,28; Jer.22:13; Mal.3:5)
Maak seker jy maak nie woekerwins nie.
Maak seker jy buit nie mense uit wat nie in ʼn geldelike posisie is om hulle
self te handhaaf nie of te beding nie. Moenie beloftes maak wat jy nie
64
nakom nie. Moenie vergoeding wat nou behoort betaal te word uitstel nie.
(Vandag is die omgekeerde ook waar: Jy neem iemand se geld met die
belofte om diens te lewer of iets te bou en dan doen jy dit net half of jy
doen dit nooit nie!) wees presies en stiptelik!
Moenie die lojaliteit of verleentheid van jou werknemers misbruik nie.
Waardeer hul en vergoed hul daarvoor ! (Dikwels besef werkgewers dat
werknemers wat hul werk verloor, nie elders weer werk gaan kry nie. As
gevolg van die skaarsheid van werk word die werknemers dan
ondervergoed)
Die vryemark stelsel van aanbod aanvraag, maak ook dat pryse dikwels
buite verband hoog of laag getrek word. Die een se dood is die ander se
brood sê ons. Kapitalisme maak bymekaar. Die wat het sal altyd meer kry…
Tot op watter punt is die stelsel geregverdig volgens die waardes wat God
hier in die skrifgedeelte vir ons wil leer? Hoe moet Christene in sulke
omstandighede optree?
Die Bybel leer ook nie dat almal ewe veel moet besit nie (sosialisme). (Die
Here bevestig dat verskillende mense verskillende talente ontvang het en
dat een met een talent nie net soveel kan presteer soos een met tien
talente nie). Tog sê die Woord dat ons ʼn verantwoordelikheid het vir
minder bevoorregtes Ons moet billik teenoor hulle optree en toesien dat
hulle versorg is. Almal moet regverdig behandel word!
Rykdom as sodanig is ook nie verkeerd nie. Job is ʼn klassieke voorbeeld
(Job.1:3). Ten spyte van al sy rykdom was hy vroom, opreg en godvresend.
Ryk mense kan dus ook goed wees en dus ook kinders van God wees. Maar
as rykdom jou besit of gierigheid of hebsug oorneem, of selfsugtigheid en
eie belang die botoon voer, of weelde vir jou van die opperste belang word,
moet jy weet dat jy op die groot dag van oordeel voor God gaan staan en
veroordeel sal word. (vgl. die oordeel wat God uitspreek in Ams4:1-2
teenoor die ryk vooraanstaande dames van Samaria. (Hy noem hulle “koeie
van Basan” wat die armes verdruk en die behoeftiges hard behandel.
Uiteindelik sal die vroue van Samaria soos koeie aan hake gelei en met
doringtakke aangejaag word)
65
o In die geskiedenis is daar talle voorbeelde waar rykes se besittings
afgeneem word en aan die armes verdeel word.
Alles gaan uiteindelik daarop neerkom dat gelowiges nie hul sake beginsels
op wêreldse standaarde moet skoei nie, maar sake moet doen met die
Bybelse beginsels en wysheid wat God hul gee.
Inderdaad sê die Bybel, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees: Mt.6:21
God se oordeel aan die einde sal onherroeplik wees (Mt.24:30; Mt.25:32)
Vers 7-8: Volharding
Nadat Jakobus die rykaards wat van God se standaarde vergeet het, aangespreek
het, wend hy hom nou weer tot die hele gemeente. Hy troos nou almal wat
swaarkry onder die uitbuiting van die rykes. Hierdie troos is nie leë woorde nie
soos bv.: “Hou moed!” of “vasbyt”, nie.
Jakobus gee kosbare raad: “Wag geduldig” en die rede waarom hulle
geduldig kan wag is: “die Here kom.” Hieruit weet ons twee dinge:
o God is gedurig bewus van ons versugtinge. Elke dag weet hy wat ons
deurmaak, en tweedens
o Jesus se wederkoms is naby.
Nou is die vraag: Het Jakobus ʼn fout gemaak? Ons leef honderde jare later en
Christus se wederkoms het steeds nie aangebreek nie. Die punt is: Jakobus en die
gelowiges van die eerste eeu na Christus het inderdaad Sy wederkoms in hul
leeftyd verwag. Die vraag is of dit ʼn fout is? Nee, elke gelowige van elke geslag
word opgeroep om te leef met die verwagting dat Christus te enige tyd kan
terugkeer. (vgl. Opb.3:11 “Kyk Ek kom gou!”). Ons leef nou in die laaste dae. Dit is
die tydperk tussen Christus se koms en wederkoms.
Mag mens probeer bereken wanneer Christus weer sal kom? Nee, die skrif
verbied dit. Wie weet wanneer dit sal plaasvind? (Mt.24:36). Vgl. ook
Mt.24:42,44, en 25;13. Mk.13:32 sê iets soortgelyk. (die teorie van die
66
wegraping word verkeerdelik uit Mt.24:41 afgelei. Dit is nie die bedoeling
van die perikoop se konteks nie)
Die feit dat die wederkoms naby is, is eintlik ʼn dringende oproep om so te
leef dat ons elke oomblik gereed sal wees vir Jesus se wederkoms. (vgl.
Mk.13:33,37; 1Tess.5:2,3,8)
Onthou ook dat die Here geduldig is en nie wil hê dat iemand verlore gaan
nie. (2Pet.3:9). Die Here het ook waarskynlik nog nie sy doel met die tyd
tussen sy eerste en tweede koms bereik nie, daarom het Hy nog nie gekom
nie. Hierdie doel wil Hy met ons bereik (vgl. Mt.24:14). Dit is ook een van
die dinge wat moet plaasvind voordat die wederkoms sal plaasvind. Terwyl
ons vir Jesus se koms wag, moet ons Sy opdrag uitvoer (Mt.28:19)
Jakobus gebruik ʼn beeld om te verduidelik dat die wagtydperk nie ʼn tydperk van
ledigheid (niks doen) is nie. Die vergelyking wat die volk verstaan, is die praktiese
beeld van boerdery: ʼn boer wat geduldig wag vir die vroeë en laat reën. Die klem
val op: “Wees geduldig en doen jou werk”, net soos die boer wat sy saad in die
grond plant. Die boer moet alles doen wat hy kan bv. grondebewerk, saai, onkruid
bestry ens., maar die reën wat die groei bring, beheer hy nie, daarvoor moet hy
geduldig wag. God alleen weet wanneer dit sal plaasvind. Uiteindelik word die
doel bereik: die oes lewer ʼn opbrengs. As die boer oor die reën getwyfel het, sou
hy nooit geplant het nie en dan ook geen oes ontvang het nie! Die opdrag is: Plant
in die geloof. Doen jou deel, die Here sal vir Sy deel sorg!
Vers 9 – Moenie kla nie!
Jakobus praat oor die wederkoms verskillend met die twee groepe mense. Vir die
ongelowige rykaards noem hy dit die “slagdag”, die dag van afrekening
(vgl.Jak.5:5) en die gelowiges moedig hy aan om moed te hou want die vooruitsig
van die Here se wederkoms is naby. Hy waarsku ook die gelowiges: Hy kom as
Verlosser maar ook as Regter. Hy sal elkeen se optrede beoordeel
Hy staan voor die deur: die begrip bedoel wees in elke opsig elke oomblik
gereed. Jesus is hier! Hulle moet veral gereed wees in hulle verhoudings.
Die gelowiges kla en sug oor mekaar se doen en late en vind dit moeilik om
67
mekaar te verdra. (bv. moenie oor mekaar kla nie: vorige gesprekke in
Jakobus het aangedui dat hulle oor mekaar wou heers, jaloers was op
mekaar, geskinder het en rusie gemaak het).
Die spanning en geïrriteerdheid en gepaardgaande lyding en onderdrukking
wat hulle moes verduur, het almal kort van draad gemaak. Swaarkry maak
dat jy fyngevoellig is en jou gou vererg. Dit is altyd makliker om ander te
beskuldig as om self verantwoordelikheid te aanvaar. Sulke optrede is nie
net verkeerd nie, maar ook vernietigend.
Hy moedig hulle aan om eerder soos Christus teenoor mekaar op te tree. By
ʼn Christen moet daar verdraagsaamheid teenoor sy naaste en veral teenoor
medegelowiges wees. (vgl. Ef.4:1-3 en 1Pet.1:14). Die tipe gedrag gaan jy
slegs regkry as jy ʼn wilsbesluit neem om so te leef. (Onthou mense verskil
van geaardheid en hou van nature nie altyd van almal nie.) Jy moet hierdie
vermoë van God afbid. Die Gees wat in ons woon, stel ons in staat om die
mense lief te hê van wie jy nie hou nie en om hulle te verdra ten spyte van
hulle tekortkominge.
Onthou die verhouding wat jy met God het, word getoets in die praktyk
deur die verhouding wat jy met jou medemense het. Onthou die regter is
voor die deur.
Vers10 – 11: die profete as voorbeeld
Omdat die gelowiges dikwels ten onregte deur hul verdrukkers uitgebuit en selfs
valslik voor die regbank gebring is en hulle arm was en hul moraal laag was, was
dit bitter moeilik om binne hierdie omstandighede positief te bly en steeds op te
tree soos Jesus Christus sou optree. In sulke omstandighede voel jy dat jy die
enigste een is wat so ly!
Hierdie vers wil hulle bemoedig. Hy herinner hulle aan die profete in die
skrif wat ook ten onregte gely het. Dan was dit manne wat in die Naam van
God gepreek het en werklik reg probeer lewe het! Hulle kon veral gevoel
het God moet hulle die lyding spaar want hulle staan in Sy diens! Tog het
hulle dikwels swaar gelei. Dink aan die voorbeeld van Elia (1Kon.19:3 – hy
vlug vir sy lewe) en was selfs op ʼn stadium depressief oor al die druk wat hy
68
beleef het; Jeremia (jer.37:15 – geslaan en in die gevangenis gesit); Amos
(Amos 7:10 e.v. – hy is gedeporteer!); Johannes die doper (Mt11:9 Jesus
noem hom “meer as ʼn profeet” en tog word hy in die tronk gegooi en
onthoof -Mt.14:10-11). Hierdie kinders van God het naby God geleef en
steeds ʼn geweldige kwota lyding, teenspoed en kritiek verduur. Tog het
hulle volhard! Hulle het neerlae omskep in oorwinnings. Die lyding wat
hulle beleef het, het hulle net verder gelouter (Mt.25:21)
Jakobus sê vir die gelowiges aan wie hy skryf; let op die profete se
voorbeeld. Julle kan ook oorwin as julle volhard en op die Here vertrou.
Job word nou genoem as spesifieke voorbeeld van iemand wat beproef is
en enduit volhard het. Die golwe van smart en rampe het oor hom gespoel.
Dit het hom gelouter en sterker gemaak sodat dit aan die einde, as gevolg
van sy volharding, weer met hom goed gegaan het. Jakobus sê: “julle het
gehoor...” en “julle het gesien...”.
o Dit beteken nie Job het alles passief gelate aanvaar nie. Hy het diep
nagedink en met emosie gereageer. Sy opmerkings toon duidelik sy
frustrasie (bv. Job.7:20; 10:2-3; 19:6)
o Ten spyte van sy driftige opstandigheid teen sy omstandighede, het
hy nooit sy geloof in God verloor nie (vgl. Job.16:19; 19:25). Job se
volharding lê daarin dat al het die dinge wat met hom gebeur het, sy
lewe ook uitmekaar geruk, het hy in die storm tydperk deurgaans
God se hand vasgehou en het God hom ook vasgehou.
o Aan die einde kon Job uitroep: “ek weet: My Verlosser leef” –
Job.19:25. Geen mens kan self uit die moeras van twyfel en wanhoop
uitklim nie. Net God kan jou help. Job was God se kind en Hy het hom
bewaar.
o God is altyd ryk aan barmhartigheid en ontferming. Die vermoë om
te kan volhard word deur God aan die mens gegee. Dit is nie iets wat
jy uit jou eie kan doen nie. Dit is Hy wat selfs die geloof in ons kom
plant om in Hom te glo! Die Here help ʼn mens om te volhard en Hy
sorg dat alles geseënd eindig. Dáárom sê Jakobus, God is altyd ryk
aan barmhartigheid en ontferming. God is die bron van
barmhartigheid wat ons in staat stel om barmhartig te kan wees. (vgl.
69
Jak.1:17 – Hy is die gewer van alles). (vgl. ook Joh.3:16; 1Joh.3:1;
Mt6:31-32)
o Onthou: God se barmhartigheid en ontferming vind nie in alle
gelowiges op dieselfde wyse gestalte nie. (Job was op stoflike gebied
beter daaraan toe aan die einde as aan die begin – Job.42:12). Maar
met Johannes die doper het God bv. weer anders gewerk (Jakobus
wil nie die stoflike of tydelike uitkoms beklemtoon nie. Hy wil die feit
dat hy volhard het en sy geloof behou het, beklemtoon.)
o Jakobus wil sy lesers inspireer om nie net heeltyd vas te kyk teen
hulle huidige ongunstige omstandighede nie. Die huidige bedeling sal
verbygaan. Hulle moet dinge in ʼn ewigheidsperspektief sien. Hulle
moet vorentoe en na bo kyk. Wanneer Christus kom, sal dit vir hulle
ten goede verander.
Vers 12 – Leef met integriteit
Jakobus sê: Jy moet ten alle tye net die waarheid praat. Jou Ja en jou nee moet
vasstaan soos ʼn gebou se hoeksteen. Jou medemens moet daarop kan peil trek.
Jakobus waarsku dat jy geen eed moet sweer nie. Van geen aard nie. Om te
sweer is ʼn teken dat iemand so leef dat jy nie vertrou kan word nie. As jy
nie iemand se Ja of nee wil aanvaar nie, het jy immers geen vertroue in die
persoon nie. Dit is ook ʼn teken van ongeduld wanneer jy ligtelik sweer.
ʼn Eed word normaalweg gesweer wanneer iemand in die openbaar die
Naam van God noem en Hom roep om getuie te wees van ʼn bewering wat
hy maak. Deur ʼn eed te sweer sê jy eintlik: Mag God my straf as ek nie die
waarheid praat nie.
o In Jesus se tyd op aarde, het sekere skrifgeleerdes geleer dat sekere
ede bindend was en ander nie. Die Skrifgeleerdes was dan meesters
op die gebied van vertolking om ede te sweer wat volgens hulle bluf
was en nie bindend was nie. (Om God se Naam te gebruik was
bindend. Om dit nie te gebruik nie, was bv. minder bindend. Daarom
het die mense aan wie Jakobus skryf soms by “die aarde” of
“Jerusalem’ gesweer. Jakobus leer nou sy mense dat jy glad nie mag
70
sweer nie. Hy sluit dus aan by Jesus se lering (vgl. Mt.5:33-37). Hier
gaan dit oor skynheilige vertolking van die wet
o God is alomteenwoordig en kan nie uitgesluit word by enigiets wat
die mens sê of doen nie.
Hierdie gebruik van eedswering waarna Jakobus verwys het dikwels ook
gepaardgegaan om mekaar te vloek. Die mense aan wie Jakobus skryf se
onderlinge vyandskap is so ver gedryf dat hulle ook dikwels die Here se
Naam daarby ingesleep het. Eedswering en vervloeking is in die Skrif nou
verbonde aan mekaar (vgl. Mt.26:74; Mk.14:71; Hebr.3:11; 4:3)
Ons moet egter onderskei dat nie Jesus nie en nie Jakobus die uitsonderlike
sweer vervang het wat in die wet ingesluit is nie. Die wet het steeds
vasgestaan. God het die eed deur Moses ingestel om orde te bring en die
leuen teen te werk. (Exo.20:7; Duet.6;13; Lev.19:12) Jesus het dan tydens
Sy verhoor ook toegelaat dat hy deur die hoëpriester onder eed geplaas
word (Mt26:63 e.v.). Jy sal moeilik op grond van die Bybel ʼn saak kon
uitmaak dat die eed afgeskaf moet word. Die Bybelse standpunt is: werk
uiters versigtig daarmee. Die alledaagse reël moet eerder wees: Moet glad
nie sweer nie. laat jou ja, ja wees en jou nee, nee! Laat jou lewe staan in die
teken dat God jou lei (Joh.16;13)
Vers 13 – Die invloed van ʼn gelowige se gebed en loflied gebede
In hierdie brief het Jakobus nie geskroom om die gelowiges reguit oor hul sondes
aan te spreek nie, maar ook nie geskroom om hul te bemoedig nie en aan te
moedig om die woord in die praktyk te leef nie. Hier moedig hy hulle nou aan om
gebed daagliks te beoefen, in alle omstandighede.
Wanneer iemand swaar kry, is jy geneig om moedeloos te raak en moed op
te gee. Jakobus wys nou daarop dat gebed nie net emosies of leë woorde is
nie, maar ʼn daad is wat groot verskil in die praktyk kan maak.
o Wanneer jy bid, praat jy direk met God. God is presies bewus van jou
situasie (vgl. Jer.23:24; Heb.4:13) en God is gretig om die te help wat
met hul hele hart daarna verlang (Ps.50:15, Jer.33:3; 2 Kron.7:12-14;
2Kron.16:9a)
71
o Jesus self het die Vader se gretigheid om ons gebede te verhoor
bevestig: Mt.7:7-8
Hoewel mens vir jou eie behoeftes mag bid, is dit belangrik dat dit ook nie
altyd net in die sentrum van jou gebedslewe staan nie.
Wanneer dit met jou goed gaan, moet jy jou vreugde met God deel. Almal
wat met jou te doen kry, moet sien en hoor dat jy uitverkoop is aan God en
dat jy Hom erken as die gewer van alle goeie dinge!
o Jy moet weet dat die seën en vreugde wat jy beleef eintlik direk van
God kom (Spr.10:22)! Daar is verskillende maniere hoe ons die Here
kan eer en erkenning aan Hom kan gee. Ons kan dit doen deur te bid
(dankgebede)
o Ons kan dit doen deur lofliedere te sing tot eer van God, ons kan ook
vreugdevol oor God sing! Die vroeë Christelike kerk was ʼn singend
kerk. Daar is briewe aan tenminste drie gemeentes wat dit bevestig
bv. Rom.15; (Ps.69:10) en Ef.5:19 en Kol 3:16. Onthou hierdie
gelowiges woon as vlugtelinge in ʼn vreemde land en word onderdruk
en uitgebuit, maar Jakobus moedig hulle aan om tussen daardie
heidene wat geen vreugde ken nie met ʼn lied in die hart en op hul
lippe, wys dat hulle blydskap blywend is, uit hul verhouding met God
spruit, en nie bepaal word deur uiterlike omstandighede nie.
o Nog ʼn manier is, om wanneer ons geseën word, oor God te getuig en
aan Hom die eer en erkenning vir ons seën te gee: (bv. Wayde van
Niekerk wat die 400m vir mans by 2016 se Olimpiese spele in ʼn
wêreldrekord gewen het en aan God die eer gegee het/ vgl. ook die
dames gimnas Simone Biles (USA) wat as kind onder moeilike
omstandighede groot geword het en vele goue medaljes verower
het. Beide die atlete het skaamteloos aan God die eer gegee vir hul
prestasies)
Vers 14,15 – Gebed en genesing
Gebed om genesing is iets wat die Bybel aanmoedig.
72
Jakobus praat hier van iemand wat liggaamlik siek is. In die Bybel se tyd is
Olyf olie vir verskillende doeleindes gebruik, bv. as medisyne (Luk.10:30-
37), as simbool van die Heilige Gees (Salwing van Koning 1Sam.16:1-13), vir
voedsel voorbereiding ens. Die olie waarmee die ouderling die sieke hier
salf, kan as simboliese teken van genesing gesien word aangesien olie
destyds ʼn bekende geneesmiddel was (Luk.10:34).
o Jesus self het by geleentheid middels as simboliese tekens gebruik
tydens sy gebed om genesing (bv. Joh.9:6)
Jakobus dui verder aan dat daar soms ʼn verband kan bestaan tussen ʼn
bepaalde siekte en ʼn bepaalde sonde. As ʼn sonde die oorsaak van ʼn
spesifieke siekte is, en dit bely word, sal God die sonde ook vergewe.
o Dit geld vanselfsprekend dat ʼn mens nie alle siektes na ʼn spesifieke
sonde kan terugvoer nie.
o In die algemeen gesproke weet ons dat siekte die gevolg is van ons
sonde, so ook die dood. Adam en Eva simboliseer dat siekte en dood
deur die mens se ongehoorsaamheid aan God in die wêreld gekom
het.
Hierdie gedeelte gee ons pertinent opdrag om eerstens tot God te bid vir
genesing wanneer ons siek is. Hiermee word die moderne wetenskap en
mediese beroepe nie uitgesluit nie. Dit gaan daaroor om jou afhanklikheid
van God te erken en te besef dat Hy die een is wat beskik dat jy genees
word (al is dit deur gebruik te maak van medikasie of dokters se advies).
Hierdie gedeelte wys dus nie die gebruik van dokters of medikasie af nie
(Kol.4:14 bevestig dat Lukas wat die evangelie van Lukas en die boek
handelinge geskryf het, ʼn mediese dokter was. Paulus het nêrens die
gebruik van sy doktersvriend se kennis afgewys nie). Dit bevestig net dat die
Here in beheer is en ook dokters en medikasie in Sy diens kan gebruik.
Daarom moet jy nie eers begin bid wanneer jy al die ander moontlikhede
uitgeput het nie. Nee, bid van die begin tot God. Dit is die Here wat jou
gesond maak. Die gelowige weet dat God hom met of sonder mediese
middels kan genees. In beide gevalle is dit God van wie die genesing verwag
73
moet word. Dit is God wat die genesing skenk en dit is aan God wie die eer
toekom.
Wat beteken dit om gelowig te bid? Dit beteken nie dat jy net hard genoeg
moet glo dat die persoon vir wie jy bid gesond moet word nie. Dit beteken
om vanuit ʼn vertrouensverhouding tot god te bid. Dit beteken jy skryf God
nie voor nie. Jy sê nie vir hom wat jy wil hê nie, maar jy vra Hom wat Hy wil
hê. Onthou dit is nie geloof wat genees nie, maar God self. Alle gebede is
afhanklik van Sy wil. Ons mag ons behoefte aan God bekendmaak, maar
moet daarna berus met ʼn gesindheid: “nogtans nie my wil nie maar U wil”.
Nadat ek my menslike bes gedoen het en my ernstige versugtinge aan God
bekend gemaak het, word die finale afloop daarvan in God se hande gelaat.
Gebed is die manier hoe jy erken dat jy afhanklik van God is.
Dit is opvallend dat Jakobus vra dat as iemand siek is, moet hy die
ouderlinge van die gemeente laat kom. Was dit ʼn spesiale “gawe van
genesing” wat ouderlinge ontvang het?
Die ouderlinge in die eerste gemeentes was iemand wat in ʼn innige
verhouding met die Here geleef het en in ‘n amp van die kerk gestaan het
waar hulle as amptelike verteenwoordiger van God se kerk die
medegelowiges geestelik moes begelei, onderrig en versorg. (1Pet.5:1-70;
1Tim.3:1-7; 1Tim.5:17-19). ʼn Ouderling was dus ʼn man van God. ʼn
Verteenwoordiger van God. Daarom moes die ouderling in geval van
ernstige siekte opgeroep word om saam met die gelowiges tot God te bid.
Hierdeur eer ons God en erken ons, algehele oorgawe en afhanklikheid van
God.
Die gawes van die Gees kom ook hier ter sprake. (vgl. 1Kor12:1-7) Dit is
waarskynlik een van die redes waarom die ouderlinge geroep is om vir die
sieke te kom bid. Onthou egter dat gawes van die Gees nie iets is wat
mense uitdeel en waaroor hulle kan besluit nie. Dit is ʼn genadige werking
van die Gees wat Hy beskik waar en aan wie God wil. Die gawe word deur
God beskik van persoon tot persoon en situasie tot situasie. Die Here kan
vandag nog die gawe gee deurdat mense se gebede om genesing verhoor
word. Dit gebeur soos God wil (1Kor.12:11,18).
74
Onthou elke gebed van elke gelowige dra by God groot gewig. (Mt6:6;
Luk.11:9; Joh.16;24; 1Joh.3:22 ens) Elke gelowige kan vandag ook vir
genesing bid. Dit is God wat self besluit wanneer en wie Hy wil genees. Ons
het nie beheer daaroor nie. Ons kan nie eis dat God genesing moet skenk
nie. Ons maak ons behoefte met verwagting aan God bekend.
Vers 16 – Bely jou sondes eerlik en bid vir mekaar
Hierdie vers is nou verbonde aan vers 14-15. Wanneer gelowiges hulle sondes
eerlik teenoor God en mekaar bely, en vir mekaar bid sal God hulle genees.
Christus het dit vir ons moontlik gemaak om direk tot God te nader.
Wanneer jy sonde gedoen het, raak dit ook ander mense. Daarom is dit nie
maar net ʼn saak tussen jou en God nie. As jy ʼn sekere persoon deur jou sonde
benadeel het, moet jy hom of haar ook om vergifnis vra. Sonde wat die
gemeente in geheel raak, moet in die openbaar teenoor die gemeente bely
word.
o Navorsing bevestig vandag dat verskeie liggaamlike en geestelike siekte
toestande voortvloei uit spanning en onverwerkte konflik tussen mense.
Bekommernis, spanning en angs lei tot velerlei liggaamlike siekte
toestande. (vgl. Mt.6;25)
o Jakobus roep ons dus op om by mekaar se lief en leed betrokke te raak.
Alle sonde moet ook teenoor God bely word. God vergewe sonde wat in
opregtheid en berou bely word. Sulke belydenisse gaan met restitusie plaas.
Dit beteken ek gaan maak in die praktyk reg, daar waar ek iemand benadeel
het. (Elke gelowige tree as priester in God se koninkryk op – 1pet2:9). Dit
beteken ek moet my naaste liefhê en in liefde dien. (mense regverdig hulle self
eerder as wat hulle skuld erken en vergifnis vra en vir mekaar bid)
Wanneer mense hulle sondes op bogemelde wyse bely het, bring dit bevryding
van spanning. Dit suiwer ook jou verhouding met God sodat Hy jou gebede om
genesing kan verhoor (vgl. Jes.1:15,16,18 en Spr.28:13)
75
Gebed is kragtig: Gebed gee ons toegang tot in die troonkamer van die
almagtige God, wat begeer om ons gebede te verhoor. Niks is vir God
onmoontlik nie. (Jer.32:27). God se antwoord op ons gebede oortref dikwels
ons hoogste verwagtings. Daarom moet ons biddend leef. Alles wat ons elke
dag doen moet in gebed beklee wees (Ef.1:19-20).
Vers 17 – 18 Gebed om droogte en reën.
Jakobus verwys na die profeet Elia om vir ons te wys hoe prakties en hoe kragtig
gebed werk. Sy Joodse lesers het die profete in die ou Testament geken. Daarom
het hy hulle kort te vore op die lyding en volharding van die profete gewys. Om
die rede bring hy die voorbeeld van die Profeet Elia weer na vore. Die Jode het
Elia gesien as die voorloper van die Messias (vgl. Mal.3:1 ;4:5). Elia het gebid en
dit het vir ongeveer drie jaar nie gereën nie en toe weer gebid en dit het begin
reën (vgl.1Kon.17-18).
Jakobus wil hulle herinner dit gaan nie oor die persoon van Elia nie, maar
die feit dat Hy in ʼn persoonlike verhouding met God geleef het en met Hom
deur gebed gepraat het. Die lewe van Elia wil juis demonstreer dat hy
maar net so ʼn mens was soos ons (vgl. 1Kon.19:4 – hy het ook moedeloos
geraak soos ons dikwels is en soos die gemeente aan wie Jakobus skryf, nou
was). Alles gaan oor ons persoonlike verhouding met God! Elia is nie net
in ʼn wa van vuur in die hemel opgeneem nie, maar hy het ook die vuur van
God uit die hemel af gebid (1Kon.18:37,38). Die doel van Elia se gebed was
om God te verheerlik. Koning Agab en koningin Isebel moes saam met die
hele Israel besef dat God die enigste ware God is!
Die klem val daarop dat God graag luister na die gebede van sy kinders
wat in ʼn verhouding met Hom wandel (1Joh.5:14-15). God besluit self
wanneer Hy reën gee en wanneer Hy droogte gee.
Vers:19-20 Sien om na jou medegelowiges
Wanneer ʼn medegelowige in sonde val, moet jy omsien na daardie persoon.
God wil jou as medegelowige gebruik om sy kinders wat afgedwaal het,
terug te bring. Daarom mag jy nie traak-my-nie-agtig oor ander se sondes
wees nie (Heb.10:24)!
76
Wanneer jy ʼn sondaar help om verlossing in Christus te ontvang, red jy nie net die
sondaar nie, maar beïnvloed jy almal wat rondom daardie persoon leef om ook hul
lewens te verander. So word ʼn menigte sondes vergewe!
So kan hele gemeenskappe baat vind by die redding van een mens. Die feit dat jy
eredienste bywoon en ʼn lidmaat van ʼn gemeente is, waarborg nog nie dat jy ʼn
wedergebore kind van God is nie. (vgl.Joh.10:27-28). Jy moet eers ʼn volle
oorgawe aan God maak en daarna in ʼn persoonlike verhouding in gehoorsaamheid
aan God bly wandel.
Jakobus se lesers het geweet wat die regte ding was om te doen, maar het dit nie
gedoen nie. Jakobus roep hulle en ons op om daad-Christene te word wat hele
gemeenskappe transformeer! Bewys dat jy regtig glo, deur te doen wat God van
jou vra. Jy kan nie maar net die Woord lees en daar laat nie. Jy moet die Woord
leef! Jou lewe moet die Bybel in praktyk wees!
*********************