58
JUNIE-EKSAMEN 2009 AFRIKAANS 1/2 GRAAD 4 PUNTE % Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552 Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

AFRIKAANS 1/2

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 2: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 3: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 1

JUNIE-EKSAMEN

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 4

JUNIE-EKSAMEN 2009 VRAESTEL 1: LEESBEGRIP EN TAALGEBRUIK

TYD: 70 MINUTE TOTAAL: 65

AFDELING A LEESBEGRIP

(10) Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord dan die daaropvolgende vrae:

Moeder Teresa Sommige leiers word nooit verkies nie, maar dit wat hulle doen, verander die lewe van mense, gemeenskappe en selfs lande. Suster Teresa is op 27 Augustus 1910 in Albanië gebore. Albanië grens aan Griekeland. Haar naam was Agnes Bojaxhiu. Sy het op 18 by ‘n Rooms-Katolieke nonne-orde aangesluit. Sy is Suster Teresa genoem sedert sy in 1937 haar kloosterbelofte afgelê het. In die begin het Suster Teresa met die armes in Kalkutta, Indië, gewerk. Ander nonne het haar kom help en sy het die Missionaries of Charity begin, waarna sy as Moeder Teresa bekendgestaan het. Moeder Teresa het die armes en siekes van kos en klere voorsien. Hoewel sy niks gehad het nie, het sy ‘n skool begin. Sy het die grond as skryfbord gebruik en met ‘n stok geskryf. Die Missionaries of Charity het ook mobiele klinieke begin wat deur Indië gereis en die armes gehelp en die siekes versorg het. Moeder Teresa het ook ‘n hospies begin waarheen die armes kon gaan om in vrede te sterf. Sy het ‘n tehuis vir straat- en weeskinders begin. Sy het mense geleer om die vroeë tekens van siektes te herken sodat hulle gesond gemaak kon word. Moeder Teresa was regoor die wêreld bekend. Baie belangrike mense het haar ontmoet en vir haar geld gegee vir haar projekte. Sy het in 1979 die Nobel-vredesprys ontvang. Die Nobelprys word toegeken aan mense

Page 4: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 2

JUNIE-EKSAMEN

wat iets buitengewoon in hulle veld bereik het. Daar is Nobelpryse vir Vrede, Wetenskap, Letterkunde ensovoorts. Moeder Teresa het die geld van die Nobel-vredesprys gebruik om meer vir die armes en behoeftiges in die wêreld te doen. (a) Waar het Moeder Teresa die meeste van haar werk gedoen? (1) (b) Na watter gebeurtenis het Agnes Bojaxhiu se naam verander na

Suster Teresa? (1) (c) Wat is ‘n non? (1) (d) Hoe verskil ‘n klooster van enige ander blyplek? (1) (e) Het Moeder Teresa alleen in Kalkutta gewerk? Verduidelik. (1) (f) Noem twee dinge wat Moeder Teresa daar in Kalkutta begin het. (2) (g) Waarom het sy mense geleer om die vroeë tekens van siektes te

herken? (1) (h) Dink jy Moeder Teresa was ‘n leier? Hoekom sê jy so? (2) [10]

AFDELING B TAALLEER

Vraag 1

Al die kinders storm by die klas uit toe die klok lui. Juffrou Botha bly ‘n rukkie agter om haar kas reg te pak. Meteens hoor sy ‘n gesnik. Iemand lê met haar kop op haar hande op haar lessenaar en huil saggies. Dit is Magriet, een van die kinders met wie sy oor slordige werk geraas het. Die onderwyseres stap nader. “Wat is verkeerd?” vra sy vriendelik. Eers sê Magriet niks nie. Toe sy Juffrou Botha se hand op haar skouer voel, begin sy praat. “Ek is lelik en dom en niemand hou van my nie!” snik sy dit uit.

Page 5: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 3

JUNIE-EKSAMEN

“Ai, Ounooi, dit is nie waar nie,” sê Juffrou. “Vir die Here is jy kos-baarder as al die goud en silwer en al die skatte in die ganse wêreld! Hy het jou gemaak presies soos Hy jou wil hê!” 1.1 Aan watter woordsoort behoort die vetgedrukte woorde in die

eerste paragraaf? __________________________ (1) 1.2 Sê aan watter woordsoort elkeen van die volgende woorde uit die

teks behoort:

1.2.1 kinders (paragraaf 1) ________________________ (1) 1.2.2 lui (paragraaf 1 ) ________________________ (1) 1.2.3 saggies (paragraaf 1) _______________________ (1) 1.2.4 kosbaarder (paragraaf 4) ____________________ (1)

1.3 Skryf die intensiewe vorme neer waarin elkeen van die volgende woorde voorkom:

1.3.1 goud _____________________ (1) 1.3.2 silwer _____________________ (1)

1.4 Gee die meervoudsvorm van die volgende woorde:

1.4.1 klas _____________________ (1) 1.4.2 lessenaar _____________________ (1)

1.5 Gee die verkleiningsvorm van elk van die volgende woorde:

1.5.1 kinders ______________________ (1) 1.5.2 klok ______________________ (1)

Page 6: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 4

JUNIE-EKSAMEN

1.6 Vul die regte voorsetsel in:

1.6.1 Die onderwyseres haal die boeke ___________ die kas. (1)

1.6.2 Juffrou Botha is nie tevrede __________ slordige werk

nie. (1)

1.7 Gee die trappe van vergelyking van die volgende byvoeglike naamwoorde: (3)

STELLEND VERGROTEND OORTREFFEND slordig ________________ _________________

lelik ________________ _________________ vriendelik ________________ _________________ 1.8 Verdeel die volgende woorde in lettergrepe en skryf in hakies na

elke lettergreep of die lettergreep oop (o) of geslote (g) is: (4)

1.8.1 onderwyseres ________________________________________________ 1.8.2 lessenaar ________________________________________________

1.9 Verander die volgende stelsin na ‘n vraagsin: (1) Die juffrou het met die kinders oor hulle slordige werk geraas. ___________________________________________________

Page 7: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 5

JUNIE-EKSAMEN

1.10 Vul die nodige lees- en skryftekens op die regte plekke in: (6) Skryf die sin oor met al die korrekte lees- en skryftekens.

1.10.1 wanneer het juffrou botha met die kinders geraas _______________________________________________ 1.10.2 waarom huil jy so vra die onderwyseres vir magriet _______________________________________________ 1.10.3 juffrou botha se met ‘n kwaai stem moenie julle boeke

skeur nie _______________________________________________

1.11 Gee een woord vir elkeen van die volgende beskrywings: (3)

1.11.1 Iemand wat baie eet , noem ons ‘n ___________________ 1.11.2 Iemand wat by jou kom kuier, is jou __________________ 1.11.3 Die plek waar ons boeke om te lees kan gaan uitneem,

noem ons ‘n __________________________ 1.12 Voltooi die volgende idiome en vaste uitdrukkings: (2)

1.12.1 Al hardloop die leuen ook so snel, ___________________ 1.12.2 Wat die hart van vol is, ____________________________

1.13 Gee die teenoorgestelde geslag van die volgende: (3)

1.13.1 hings _________________________ 1.13.2 neef _________________________ 1.13.3 sog _________________________

1.14 Ken jy die maande van die jaar? (2)

1.14.1 Watter maand volg na Oktober? ___________________ 1.14.2 Watter maand kom voor Maart? ____________________

Page 8: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 6

JUNIE-EKSAMEN

1.15 Vul die regte voornaamwoorde in: (3)

1.15.1 Magriet droog ______________ trane af. 1.15.2 Juffrou Botha moedig die kinders aan om netjies te skryf

in _________________ boeke. 1.15.3 Een van die seuns het _________ boek by die huis

vergeet!

Vraag 2 Net een van die volgende antwoorde is reg! Onderstreep die antwoord wat jy kies. Gebruik asseblief jou liniaal. (10) 2.1 ‘n Antoniem vir “vriendelik” is: (a) vrolik (b) gaaf (c) onvriendelik (d) vasberade 2.2 ‘n Sinoniem vir “meteens” is: (a) mettertyd (b) skielik (c) maklik (d) later 2.3 Die regte spelling van die woord is (a) fensterraam (b) vensteraam (c) venssterraam (d) vensterraam 2.4 Hierdie woord is ‘n samestelling: (a) lessenaar (b) stoelpoot (c) kinders (d) gesnik 2.5 Die geluid wat ‘n jakkals maak: (a) blaf (b) knor (c) tjank (d) huil

Page 9: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 7

JUNIE-EKSAMEN

2.6 In die sin: Jan eet ‘n stukkie sjokolade, is die onderstreepte woord ‘n:

(a) werkwoord (b) b. nw. (c) bywoord (d) s.nw 2.7 ‘n Sinoniem vir “lessenaar” is: (a) tafel (b) boekrak (c) laaikas (d) muurhorlosie 2.8 Hierdie voegwoord sal die volgende sin voltooi:

Piet slaap ________hy is baie moeg. (a) wanneer (b) want (c) omdat (d) nadat 2.9 Die vroulike vorm van kalkoenmannetjie is: (a) kalkoenvroutjie (b) kalkoenhennetjie (c) kalkoenooitjie (d) kalkoenwyfie

2.10 ‘n Antoniem vir “iemand” is: (a) almal (b) niemand (c) elkeen (d)enigeen

Vraag 3

Homofone is woorde wat dieselfde klink maar verskil in betekenis. 3.1 Onderstreep die regte homofoon in die volgende sinne: (4)

3.1.1 Meneer is kwaad want Jannie het ‘n (leun/leuen) vertel. 3.1.2 Die perske is nie groot nie, (maar/maer) stroopsoet! 3.1.3 Het jy die (peil/pyl) wat die boogskutter geskiet het, gesien? 3.1.4 Dit (reun/reën) al vir drie dae aanmekaar!

Page 10: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 8

JUNIE-EKSAMEN

3.2 Vorm samestellings van die volgende woorde: (2)

3.2.1 merk + boek: ____________________________ 3.2.2 laai + doek + sak: __________________________

3.3 Maak een sin van die volgende sinne deur ‘n voegwoord te gebruik. Skryf jou volledige sin neer. (2)

3.3.1 Magriet snik saggies. Sy is baie hartseer. _____________________________________________________ 3.3.2 Ek was eers my hande. Ek gaan aansit vir middagete.

3.4 Voltooi die volgende vergelykings: (2)

3.4.1 Daardie voertuig is so oud soos ______________________ 3.4.2 Ai, Jannie loop so stadig soos ‘n ______________________

3.5 Wat is die onderwerp, die gesegde en die voorwerp in die volgende

sin: (3) Die kinders doen hulle huiswerk.

3.5.1 Onderwerp: _________________________ 3.5.2 Voorwerp: _________________________ 3.5.3 Gesegde: _________________________

3.6 Vul ‘n werkwoord in om die volgende sinne te voltooi: (2)

3.6.1 My pa ______________ elke dag die koerant. 3.6.2 Die seuns _____________ met hulle fietse.

TOTAAL: 65

Page 11: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

AFRIKAANS 2/2

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 12: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 13: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

AFRIKAANS GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 1

JUNIE-EKSAMEN

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 4

JUNIE-EKSAMEN 2009 VRAESTEL 2: STELWERK

TYD: 45 MINUTE TOTAAL: 25

Vraag 1 Ons het al almal iewers op ‘n dag ‘n voëltjie of sommer ‘n swerm voëltjies gesien. Dalk is daar ‘n voëltjie waarvan jy baie gehou het. Skryf nou tien mooi volsinne oor ‘n spesiale voëltjie wat jy gesien het. Onthou om jou eie opskrif te gee vir die sinne wat jy geskryf het. (10)

Vraag 2 Daar kom mos ‘n tyd wanneer ‘n mens by die familie kan of moet gaan kuier! Het jy ‘n interessante of spesiale oom of tannie in jou familie? Vertel in tien mooi volsinne van die spesiale oom of tannie. Gee jou sinne ‘n paslike opskrif, byvoorbeeld: Tannie Gemmerkoekies of Oom Storieman. Dikwels vertel so ‘n spesiale naam sommer al klaar vir ons iets van die persoon. (10)

Vraag 3 ‘n Klasmaat nooi almal in die klas om die naweek saam op die plaas te gaan kuier. Julle gaan in die plaasdam swem, met die trekker en sleepwa ry en vrugte pluk in die boorde! Julle gaan sommer op matrassies op die grond slaap. Maak ‘n lysie van die belangrikste goed wat jy gaan inpak vir die plaaskuiertjie. Jy moet ten minste tien items (goed) op jou lysie skryf. Onthou om seker te maak van jou spelling! (5) TOTAAL: 25

Page 14: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 15: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION 2009

ENGLISH 1/1

GRADE 4

MARKS %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 16: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 17: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION

June Examination - Copyright reserved 1

ENGLISH GRADE 4

ENGLISH FIRST ADDITIONAL LANGUAGE GRADE4

JUNE EXAMINATION 2009

TIME: 1 HOUR TOTAL: 50 Ø Please write neatly Ø Check your spelling Ø Write your answers on the paper

A. COMPREHENSION TEST [10]

Joyce visits Granny on the farm Joyce and her aunt, whose name is Nellie, have come to visit Granny on the farm. Stephen runs to meet Aunt Nellie. Stephen and John live with Granny. “Ah, there is little Joyce”, says Grandpa. “What a big girl you are now.” Aunt Nellie has brought presents for the family. “Joyce, take the presents out of the packet for Granny,” says Aunt Nellie. “Stephen, you and Joyce may go and play now” says Granny. They swing on the farm gate. “Look Joyce, there is a baby lamb,” says Stephen. Stephan holds the lamb’s legs, because he wants John to put him down. “Touch him gently,” says John. “He is only two days old.” John takes Joyce and Stephan for a ride on his donkey-cart. “Come Joyce, I’ll show you I’m not afraid of cows,” says Stephen. “Look, the calf is drinking from its mother.” The Granny called. “Come, its time for lunch” and Joyce and Stephen raced home.

Page 18: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION

June Examination - Copyright reserved 2

ENGLISH GRADE 4

Questions: 1.1 Where did Joyce and Nellie go? [1] _______________________________________________________ 1.2 Who stayed with Granny and Grandpa on the farm? [2] _______________________________________________________ 1.3 What did Aunt Nellie bring to the farm? [1] _______________________________________________________ 1.4 How old was the little lamb? [1] _______________________________________________________ 1.5 Who took them for a ride on the donkey-cart? [1] _______________________________________________________ 1.6 A little cow is called a __________________ [1] 1.7 A little sheep is called a _________________ [1] 1.8 Why did Granny call the kids? [1] _______________________________________________________ 1.9 What was Stephen not afraid of? [1] ______________________________________________________________

Page 19: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION

June Examination - Copyright reserved 3

ENGLISH GRADE 4

B. VOCABULARY AND SPELLING [10] 1. Choose the right food from the patch for every blank space: 1.1 The horse eats the ___________________ 1.2 We get ______________ from the cow. 1.3 The dog likes a ________________ [3] 2. Choose a suitable word for each picture:

____________________ ___________________ __________________ [3] 3. Who are they? 3.1 My parents’ son is my __________________ 3.2 My father’s mother is my ________________________ [2] 4. Complete: 4.1 I brush my teeth with my ____________________

mealies; grass; hay; milk; bone; honey;

home; music; hour; our; house; day; seaside; garden;

Page 20: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION

June Examination - Copyright reserved 4

ENGLISH GRADE 4

4.2 I sweep the floor with a ____________________ [2] C. LANGUAGE [20] 1. Fill in: a or an 1.1 John gave the donkey _________ apple. 1.2 John gave us a ride on ________ donkey-cart. [2] 2. Put the words below into the correct order to make a good sentence: 2.1 the drinking from is Look calf its mother [2] ______________________________________________________________ 3. Fill in: GOOD or WELL 3.1 John rides the donkey-cart ___________ 3.2 Today is a ___________ day to visit Granny on the farm. 3.3 Stephen is __________ at racing. [3] 4. Find a good subject (beginning) for every sentence: 4.1 _______________________________ are back from school. 4.2 _______________________________ is ploughing the land. [2]

Page 21: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION

June Examination - Copyright reserved 5

ENGLISH GRADE 4

5. Match A with B: A B cattle 5.1 A crowd of sheep 5.2 A herd of bees 5.3 A flock of grapes people [3] 6. Rewrite the sentence starting with the word given: Joyce and Stephen play with the lamb. 6.1 Yesterday Joyce and Stephen ___________________ 6.2 Tomorrow Joyce and Stephan __________________ [2] 7. Fill in a question mark OR an exclamation mark. ? ! 7.1 Joyce, help 7.2 Is the calf drinking milk 7.3 Look out [3] 8. Fill in capital letters and full stops: 8.1 joyce asks stephan to take her to see old beauty, the horse [2] 9. Make a good sentence with the following word: 9.1 breakfast - _______________________________________________ ______________________________________________ [1]

Page 22: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNE EXAMINATION

June Examination - Copyright reserved 6

ENGLISH GRADE 4

D. CREATIVE WRITING: [10] Write a paragraph of about 50 words on what you want to become one day and why. Do you want to be a farmer OR a doctor OR a nurse OR a …………. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________

TOTAL: 50

Page 23: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

WISKUNDE 1/1

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 24: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 25: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WISKUNDE GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 1

JUNIE-EKSAMEN

WISKUNDE GRAAD 4

JUNIE-EKSAMEN TYD : 1 UUR TOTAAL: 50 INSTRUKSIES • Wees rustig voordat jy met die vraestel begin. • Maak seker jy weet wat jy by elke vraag moet doen. • Moenie enige vrae uitlaat nie. • Sakrekenaars word nie in hierdie vraestel toegelaat nie. • Baie sterkte!

VRAAG 1: Voltooi die getallerye: a) 7, 14, 21, _____ , _____ , _____ , _____ b) 30, 36, 42, _____ , _____ , _____ , _____ c) 105, 103 , 101, _____ , _____ , _____ , _____ (6) VRAAG 2: Bereken die volgende a) 10 + (12 x 2) = __________ b) 6 x (19 - 10) = __________ c) 22 – 5 x 4 = __________ (3) VRAAG 3: Doen die volgende somme a) 27 408 + 3 802 =

Page 26: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WISKUNDE GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 2

JUNIE-EKSAMEN

b) R261,36 + 79 sent = c) 23 015 – 8 701= d) 14 060 – 5 891 = (8) VRAAG 4: Rond af tot die naaste: a) Tienduisend 14 560 __________ b) Honderd 563 __________ c) Tien 7 044 __________ d) Duisend 43 812 __________ (4) VRAAG 5: Vul in < , = of > a) 3 627 _____ 3 267 b) 18 x 3 _____ 3 x 18 c) 8 x 8 _____ 8 + 8 d) 399 _____ 400 – 1 e) 483 – 1 _____ 479 + 2 (5)

Page 27: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WISKUNDE GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 3

JUNIE-EKSAMEN

VRAAG 6: Omkring telkens die beste antwoord (a of b) a) Hoeveel koeldrank in ‘n glas? (a) 2 liter (b) 200 ml b) Hoeveel medisyne is in ‘n teelepel? (a) 5 liter (b) 5 ml c) Hoeveel dae in 5 weke? (a) 53 dae (b) 35 dae d) Hoeveel ure is daar in ‘n ¼ dag? (a) 4 ure (b) 6 ure (4) VRAAG 7: Skryf die bedrag in syfers: a) Vier en twintig rand en agt sent

__________________________ b) Twaalfduisend en twaalf

___________________________ c) Agtienduisend vyfhonderd en twintig

___________________________ (3) VRAAG 8: Doen die volgende en wys jou bewerkings: a) 93 x 5 = b) R6,98 x 6 = (4)

Page 28: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WISKUNDE GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 4

JUNIE-EKSAMEN

VRAAG 9: Doen die volgende en wys jou bewerkings: a) 939 ÷ 4 met kortdeling b) 8 472 ÷ 3 met langdeling (4) VRAAG 10: Bereken die volgende: a) 15 min later as 10:45 vm _______________ b) 5 ure later as 10:00 vm _______________ c) 3 dae = _______________ ure d) 4 ure = _______________ minute (4)

Page 29: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WISKUNDE GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 5

JUNIE-EKSAMEN

VRAAG 11: Woordsomme. Onthou om jou bewerkings te wys en ‘n antwoordsin te gee.

11.1 ‘n Wildboer het drie kampe. In een kamp loop 529 bokke

en in die tweede kamp 157 grootwild. As die boer 900 wild het, hoeveel loop in die derde kamp? (3)

11.2 Ek koop ‘n T-hemp wat R24,99 kos en betaal met ‘n R50

– noot. Hoeveel kleingeld moet ek kry? (2)

TOTAAL: 50

Page 30: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 31: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

WETENSKAP 1/1

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 32: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 33: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WETENSKAP GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 1

JUNIE-EKSAMEN

WETENSKAP GRAAD 4

JUNIE-EKSAMEN 2009 TYD: 60 MINUTE TOTAAL: 40 A. Is die volgende stellings WAAR of VALS? 1. Boorgatwater is ‘n voorbeeld van oppervlakwater. 2. Mossies vreet kos uit hul ouers se kroppe. 3. Uile is skadelik vir die mens. 4. Die duif se stertvere help hom sy balans te hou. 5. Water reinig ons niere van afvalstowwe. (5) B. Kies die korrekte woord in hakies: 1. Die duif se stert is bedek met (dekvere/penvere/donsvere). 2. (Middagete/laatmiddag) is die heel beste tyd om plante nat te spuit. 3. Plante neem water deur hul (blare/wortles/stingels) op. 4. Die (duif/uil/mossie) het ‘n roofsnawel. 5. Lug wat vuil is, noem ons (besoedelde/gesuiwerde) lug. (5) C. Soek ‘n antwoord in kolom B: KOLOM B 1. die dik groeisel op ‘n duif se snawel sluise 2. ‘n toegeboude opgaardam washuid 3. ’n borrelende waterbron uit die aardbodem rioolplaas 4. dit help die duif om droër te bly in reënweer oliekliertjie 5. dit word in kanale gebruik om water op te dam reservoir fonteine (5) D. Verskaf kort antwoorde: 1. Wanneer sê ons dat water “onsuiwer” is? (1) 2. Op watter manier sorg die mossiewyfie dat haar nessie warm is?

(1) 3. Verduidelik wat wind is. (1) 4. Wat gebeur as die son water verhit? (1) 5. Waar sal ons ‘n duif se neusgate vind? (1) 6. Noem 2 onsuiwerhede in water wat ons nie met ons oog kan sien

nie. (2) 7. Waarmee is die duif se pote bedek? (1) 8. Noem ‘n metode (manier) wat ons gebruik om onsuiwerhede soos

dieremis en stokkies uit water te verwyder. (1)

Page 34: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

WETENSKAP GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 2

JUNIE-EKSAMEN

9. Wat noem ons die groot bote wat olie vervoer? (1) 10. Noem 2 maniere hoe wind gebruik kan word om dinge (voorwerpe)

te laat beweeg? (2) [12] E. Verduidelik in sinne: 1. Verduidelik watter skade wind aan die natuur kan aanrig. (2) 2. Wat is die werk van ‘n duif se krop? (1) 3. Beskryf ‘n uil se snawel volledig. (2) 4. Verduidelik wat “verwering” is. (3) 5. Op watter manier kan die wind vir plante van nut wees (goed wees)?

(1) 6. Verduidelik waarom seewater nie vir plante en diere gebruik kan

word nie. (2) 7. Hoe kan water ons lug “skoonwas”? (2) [13]

TOTAAL: 40

************************

Page 35: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

AARDRYKSKUNDE 1/1

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 36: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 37: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

1

JUNIE-EKSAMEN AARDRYKSKUNDE

Graad 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou

AARDRYKSKUNDE GRAAD 4

JUNIE-EKSAMEN 2009 Tyd: 1½ uur Totaal: 70 NAAM: __________________________________________ INSTRUKSIES:

1. Bid voordat jy begin. Vra vir die Here om rustigheid en helderheid van verstand.

2. Lees jou vraestel noukeurig deur. 3. Beantwoord alle vrae op die vraestel self. 4. Antwoord jou vrae volledig. 5. Probeer om die vraestel in die gegewe tyd te voltooi. 6. Onthou: Eerlik duur die langste. 7. Sterkte!

Page 38: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

2

JUNIE-EKSAMEN AARDRYKSKUNDE

Graad 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou

1. ‘n Kompasnaald wys altyd noord. Wat noem ons dit? (1) __________________________ 2. Noem die vier hoofrigtings, asook die vier tussen-in rigtings. (8) ___________________ ___________________ ___________________ ___________________ ___________________ ___________________ ___________________ ___________________ 3. Noem twee maniere waarmee ons rigting kan bepaal. (2) __________________________________________ __________________________________________ 4. Hoe bepaal ons rigting op ‘n sonnige dag as dit 12h00 die middag is? (3) __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ 5. In hoeveel provinsies is ons land ingedeel? __________ (1) 6. Wat sou jy sê is ‘n provinsie? (2) ___________________________________________ ___________________________________________ 7. Hoekom speel boerdery ‘n belangrike rol in ons land? (2) ___________________________________________ ___________________________________________ ___________________________________________ ___________________________________________ 8. Noem die twee soorte boerderye wat ons in ons land kry. (2) a. __________________ b. _________________

Page 39: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

3

JUNIE-EKSAMEN AARDRYKSKUNDE

Graad 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou

9. Gee ‘n kort definisie van elkeen. (6) ___________________________________________ ___________________________________________ ___________________________________________ ___________________________________________ ___________________________________________ 10. Noem die verskillende tipes boerderye wat daartoe lei dat ons land se boere ‘n verskeidenheid voedsel kan produseer. (5) a. _________________ b. ________________ c. _________________ d. ________________ e. _________________ 11. Waarom is dit belangrik om produkte uit te voer? (2) __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ 12. Noem twee bekende vleisbeesrasse en twee bekende melkbeesrasse. (4) a. ________________ b. _________________ c. _________________ d. ________________ 13. Wie ontbied ’n boer wanneer sy beeste of skape siek is? (1) _______________________ 14. Watter maatreëls tref die boere om oorbeweiding te voorkom? (2) ___________________________________________ ___________________________________________ 15. Hoekom word melk gepasteuriseer? (1) ___________________________________________ 16. Op watter gebied speel die wildbedryf ‘n belangrike rol in ons land? _________________________ (1) 17. Watter rol speel beeste op ‘n plaas waar daar met elande geboer word?________________________________ (1) __________________________________________

Page 40: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

4

JUNIE-EKSAMEN AARDRYKSKUNDE

Graad 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou

18. Wat is ‘n taksidermis? _________________________ (1) 19. Watter voordeel hou blouwildebeeste vir ‘n wildplaas in? (2) __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ 20. Wat is ’n natuurlike woud? (1) __________________________________________ __________________________________________ 21. Noem twee voorbeelde van hoe ons ons woude kan beskerm. (2) _______________________________________________ _______________________________________________ _______________________________________________ 22. Hoe kan ons ‘n boom se ouderdom bepaal? (1) _______________________________________________ _______________________________________________ 23: Gee ‘n voorbeeld van elk van die volgende: (2) ‘n subtropiese vrug: __________________ ‘n sagtevrug: _____________________ 24. Gee ‘n voorbeeld van: (2) stamgroente: _______________________________ peulgroente: _______________________________ 25. Benoem die volgende provinsies se hoofstede: (5) a) Limpopo: _________________ b) Noord-Wes: _________________ c) Vrystaat: _________________ d) Noord-Kaap: _________________ e) KwaZulu-Natal: _________________ 26. Hoekom sou jy sê is ons land in provinsies ingedeel? (1) ___________________________________________

Page 41: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

5

JUNIE-EKSAMEN AARDRYKSKUNDE

Graad 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou

27. Benoem die nege Provinsies op die kaart. (9) (Die kaart is op die volgende bladsy. Skryf die name van die provinsies op die lyntjies onderaan die kaart.) Groottotaal: 70

Page 42: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

6

JUNIE-EKSAMEN AARDRYKSKUNDE

Graad 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou

1

9 8

7 6

5

4

3

2

1. ____________________________ 2. ___________________________ 3. ____________________________ 4. ___________________________ 5. ____________________________ 6. ___________________________ 7. ____________________________ 8. ___________________________ 9. ____________________________

Page 43: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

GESKIEDENIS 1/1

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 44: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 45: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 1

JUNIE-EKSAMEN GESKIEDENIS GRAAD 4

GESKIEDENIS

GRAAD 4 JUNIE-EKSAMEN 2009

TYD: 90 MINUTE TOTAAL: 50 Beantwoord die volgende vrae. Let op na die puntetelling. Beantwoord die vrae in die gegewe spasies OP DIE VRAESTEL of verloor 5%. 1) Wie het elektrisiteit 'ontdek'? (1) ________________________________________________________ 2) Wat is misdaad? (1) ________________________________________________________ 3) Waarmee help polisiehonde? (3) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 4) Wat is noodhulp? (2) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 5) Hoekom is elektrisiteit gevaarlik? (3) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________

Page 46: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 2

JUNIE-EKSAMEN GESKIEDENIS GRAAD 4

6) Hoekom is daar verkeersknope wanneer daar kragonderbrekings is? (2)

________________________________________________________ ________________________________________________________

________________________________________________________ 7) Hoekom sê ons dat die gloeilamp die wêreld verander het? (3) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 8) Noem drie maniere waarop water besoedel word. (3) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 9) Wie het die telefoon uitgevind in 1876? (1) ________________________________________________________ 10) Wat is kommunikasie? Gee ook 'n voorbeeld. (2) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________

Page 47: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 3

JUNIE-EKSAMEN GESKIEDENIS GRAAD 4

11) Wat beteken dit om 'n gebou te restoureer? (2) ________________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ 12) Hoekom was Wolraad Woltemade 'n held? (1) ________________________________________________________ ________________________________________________________ 13) Petrus Koen het in 1985 die Woltemade-dekorasie vir dapperheid

postuum ontvang. Hoekom is hierdie toekenning aan hom gemaak en wat beteken dit dat hy dit postuum ontvang het? (2)

________________________________________________________ ________________________________________________________ 14) Wat kan jy doen om die natuur te bewaar? Noem twee dinge.

(2) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 15) Wat beteken dit as iemand gearresteer word? (1) ________________________________________________________ 16) Wat beteken dit om dapper te wees? (1) ________________________________________________________ _________________________________________________________

Page 48: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 4

JUNIE-EKSAMEN GESKIEDENIS GRAAD 4

17) Wat beteken dit as ons sê dat ‘n bus ‘onpadwaardig’ is? (1) ________________________________________________________ ________________________________________________________ 18) Hoekom is dit so gevaarlik om net een keer dwelms te gebruik?

(1) ________________________________________________________ 19) Wat beteken hierdie twee verkeerstekens: (2)

a) b) a) ___________________________________________ b) __________________________________________ 20) Wat is ‘n ligtoring en waarvoor word dit gebruik? (4) ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________

Page 49: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 5

JUNIE-EKSAMEN GESKIEDENIS GRAAD 4

21) Wat dink jy, is die invloed van televisie op die kommunikasie in gesinne? (2)

________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ 22) Waarom is dit belangrik om diere en plante te bewaar? (1) ________________________________________________________

________________________________________________________ ________________________________________________________ 23) Wat doen ‘n wildbewaarder? (1) ________________________________________________________ 24) Wat word die siekte genoem wat ‘n mens kry as sekere muskiete

jou steek? Hierdie siekte gee jou ‘n baie hoë koors. (1) ________________________________________________________ 25) Noem een van die monumente in Bloemfontein waarvan jy weet.

(1) ________________________________________________________ 26) In watter dorp (stad) het Paul Kruger gebly toe hy staatspresident

was? (1) ________________________________________________________

Page 50: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 6

JUNIE-EKSAMEN GESKIEDENIS GRAAD 4

27) Watter soort werk wil jy eendag doen? Hoe wil jy mense daardeur dien? (2)

________________________________________________________ ________________________________________________________ 28) Watter vervoermiddel het Harry Wolhuter in die wildtuin gebruik?

(1) ________________________________________________________ 29) Watter ramp het in 1985 by die Westdene-dam in Johannesburg

plaasgevind? (2)

TOTAAL: 50

Page 51: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

JUNIE-EKSAMEN 2009

LEWENSORIËNTERING 1/1

GRAAD 4

PUNTE %

Stuur na : Impak Onderwysdiens Bk CK 2005/041089/23 Posbus 15132 Lyttelton 0140 Tel. Nr. : (012) 664 8552

Leerder: _____________________________________ Kliënte Nr.: P _____________________________________ Adres: _____________________________________ _____________________________________ Ouer/Voog/Sentrum: _____________________________________ Tel. Nr.: _____________________________________ Toesighouer: Naam en van: ____________________________________ Hiermee verklaar en bevestig ek dat ek die toesighouer van hierdie eksamen was. Ek verklaar en bevestig dat die antwoordstelle ‘n ware en getroue produk van die leerder se eie handewerk is. _____________________ Tel. Nr.: _____________________ Handtekening

Page 52: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 53: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

LEW ENSORIËNTERING GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 1

JUNIE-EKSAMEN

LEWENSORIËNTERING GRAAD 4

JUNIE-EKSAMEN 2009 TYD: 60 MINUTE TOTAAL: 50 __________________________________________________ INSTRUKSIES 1. Jy mag geen notas, boeke, aantekeninge of enige

hulpmiddels by jou hê of gebruik nie. 2. Slegs jou skryfgoed en Bybel mag by jou wees. Die Bybel

mag gebruik word by die beantwoording van Vraag 1. 3. Beantwoord al die vrae. 4. Dink mooi voordat jy antwoord en skryf versigtig. Punte

word afgetrek vir spelfoute, onduidelike antwoorde en waar instruksies nie nagekom word nie.

________________________________________________

Vraag 1 Voltooi die volgende Bybelversies. Skryf die hele versie uit en onderstreep die antwoord wat ingevul is, bv.

En God het hulle geseën en vir hulle gesê: … Die 1953- óf 1983-Bybelvertaling kan gebruik word. Die antwoorde vir albei Bybelvertalings is dieselfde. Die antwoorde is in een van die volgende Psalms: Psalm 22, 23 of 24. Die HERE is my ……….; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen ………. Ek sal geen onheil vrees nie, want ………. is met my. Net ………. en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die ………. van die HERE bly in lengte van ……….

[6]

Page 54: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

LEW ENSORIËNTERING GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 2

JUNIE-EKSAMEN

Vraag 2 Beskryf die korrekte manier hoe ’n straat oorgesteek behoort te word wanneer daar nie ’n verkeerslig of voetoorgang is nie. Antwoord duidelik en in volsinne.

[5]

Vraag 3 a. Padverkeerstekens het twee doelwitte. Een daarvan is om

verkeer te beheer. Noem die ander een. (1) b. Daar is vier soorte padverkeerstekens. Twee daarvan is

Padverkeersmerke en Reëlings- of Regulerende tekens. Noem die ander twee soorte padverkeerstekens. (2)

c. Gee drie redes (skryf duidelik in volsinne) waarom fietsry gevaarlik kan wees. (3)

d. Skryf enige vyf belangrike reëls vir fietsryers neer. Antwoord volledig en in volsinne. (5)

[11] Vraag 4 Kies die korrekte antwoord vir vrae a tot g uit die moontlikhede wat onderaan die vraag tussen hakies verskyn (i tot xi), bv.

a. Vel: Buitenste beskermende bedekking van die liggaam. Skryf die volledige antwoord neer soos in die voorbeeld hierbo. a. Skelet b. Spiere c. Senuweestelsel d. Spysverteringstelsel e. Gewrigte f. Asemhalingstelsel g. Hartbloedvatstelsel (Kardiovaskulêre stelsel)

[Moontlike antwoorde i tot xi: i. Raak van afval-vloeistowwe ontslae en help om die

samestelling van die bloed in stand te hou. ii. Dit is die pad wat voedsel beweeg van die mond tot die

anus. iii. Dit bestaan uit meer as 206 bene.

Page 55: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

LEW ENSORIËNTERING GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 3

JUNIE-EKSAMEN

iv. Bestaan uit die hart en bloedvate en verseker dat bloed en voeding alle weefsel dwarsdeur die liggaam bereik.

v. Dit is waar bene op só ’n wyse bymekaar kom dat daar beweging moontlik is.

vi. Beheer en reguleer die werking en verskillende aktiwiteite van die liggaam en bestaan uit die brein, rugmurg en senuwees.

vii. Werk saam met die gewrigte en skelet om beweging moontlik te maak.

viii. Die buitenste, beskermende bedekking van die liggaam. ix. Deur God gegee vir die voortplanting van die menslike

spesie. x. Handhaaf die biologiese ewewig in die liggaam. xi. Bestaan uit die lugpyp en longe en skei koolstofdioksied

(koolsuurgas) uit en stel suurstof aan die liggaam beskikbaar.]

[7] Vraag 5 Antwoord slegs Waar of Onwaar vir a tot p. a. Die wetenskaplike name van die bene van die menslike

geraamte is gedeeltelik van Grieks en Latyn afgelei. b. Die menslike geraamte bestaan uit vier hoofafdelings,

naamlik die skedel, die skouer- en heupgordel, die ruggraat en die ledemate.

c. Die menslike geraamte bestaan uit sowat 506 bene. d. Die menslike geraamte is swak en sak maklik inmekaar. e. Die skedel beskerm die hart en longe. f. Die skedel beskerm die brein. g. Fleksie van die elmboog beteken om die elmboog te buig. h. Ekstensie van die elmboog beteken om die elmboog reguit

te maak. i. ’n Skarniergewrig werk soos ’n knipmes se lem. j. Die knie is ’n voorbeeld van ’n skarniergewrig. k. Die knie is ’n voorbeeld van ’n bal-en-potjie-gewrig. l. ’n Bal-en-potjie-gewrig kan ’n hele klomp bewegings doen,

soos verskillende draaibewegings.

Page 56: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

LEW ENSORIËNTERING GRAAD 4

Junie-eksamen - Kopiereg voorbehou 4

JUNIE-EKSAMEN

m. ’n Bal-en-potjiegewrig word in die skouer aangetref. n. ’n Skarniergewrig word in die skouer aangetref. o. ’n Beenbreuk word ook ’n “fraktuur” genoem. p. ’n Beenbreuk word ook ’n ontwrigting genoem.

[16] Vraag 6 a. Op watter twee plekke kan ’n mens se polsslag gevoel

word? (2) b. Noem twee funksies van die spierstelsel. (2) c. Gee die naam van die spierplaat wat die borskas en

maaggedeeltes van mekaar skei. (1) [5]

Totaal: 50

Page 57: Junie-Eksamen Bundel G04 K2
Page 58: Junie-Eksamen Bundel G04 K2

Hierdie boek word aan u verleen en is die eiendom van Impak Onderwysdiens BK (CK2005/041089/23)Indien kopieë sonder skriftelike toestemming gemaak word stel u uself aan vervolging bloot.

Hierdie boek moet na afhandeling van die kursus terug besorg word aan die onderstaande adres tensy 'n alternatieweskriftelike reëling met Bestuur getref word.

Tel: 012 664 8552Faks: 012 664 2318/086 641 6407

Blitslyn: 082 561 0131www.impakonderwys.co.za

[email protected]

mpakOnderwysdiens

Straat adres: Pretoriuslaan 4 , Lyttelton, 0157

Pos adres: Posbus 15132, Lyttelton, 0140