1
17 DIE KLETSKOUS DIE KLETSKOUS EERSTE UITGAWE EERSTE UITGAWE 11 APRIL 2013 11 APRIL 2013 R35.90 R29.90 R46.80 R74.90 R45.90 R13.90 LYDENBURG MOET BEGIN HERWIN Op Saterdag 9 Februarie 2013 het ek die asgate besoek. Daar is net hope en hope vuilgoed wat net platgedruk word deur `n trok. Eenkeer `n week sit ons, ons vuilgoedsakke uit en dit word weggery deur ons munisipaliteit sonder dat ons enigsins wonder waarheen dit gaan. Dit lyk al soos `n berg, maar eintlik is dit net vuilgoed. As jy daar gaan rond kyk is daar so baie goed wat herwin kon word, maar wat ons doen is, ons gooi alles saam in een sak weg en dink nie aan al die nuwe goed wat ons daaruit kon maak nie. Oor 10 jaar is daardie hoop moontlik so hoog soos die silo's as ons nie vinnig begin herwin nie. Hulle sê as die hoop te groot word kan hulle dit verbrand, maar dink net aan al die lugbesoedeling! By Pick `n Pay is daar herwinningskratte, maar niemand gebruik dit nie, in ons skool word hope papiere weggegooi en ons kan so baie nuwe papier daaruit maak. Kom mense, red `n boom! Juf. Karin het verlede jaar in die Natuurwetenskapklas vir ons gesê: “Hoekom kyk ons of Lydenburg nie kan begin herwin nie.” Ek dink dis `n goeie plan. Kontak Stephanie Nel van die Redaksiespan as jy enige idees het en ons kyk of ons iets aan die saak kan doen. Kom Lydenburg, ons kan begin herwin, al herwin jy net `n stukkie plastiek of papier, elke bietjie help. REËNVAL GEDURENDE EERSTE KWARTAAL Ons as inwoners van Lydenburg was besonder geseën met baie reën in Januarie 2013. Februarie en Maart 2013 was minder geseënd. Dit het nie dieselfde hoeveelhede op al die plekke in Lydenburg gereën nie, dus sal die statistieke van plek tot plek verskil. My inligting het ek verkry vanaf tannie Marie Gouws wat woonagtig is in Kiepersol woonstelle. Hieronder volg die besonderhede soos deur haar aangeteken. Daar was dae wat dit twee tot drie dae aaneen gereën het en dit is ook so aangetoon. Die totale reënval vir Desember was 229mm, Januarie 89mm, Februarie 36 mm en 1 tot 20 Maart 90 mm. Ons kan net ons Hemelse Vader dank vir die reën wat hy so oorvloedig aan ons skenk. Hoop almal se tuine is nat en dat daar sommer lekker tuingemaak word. - Stephanie Nel gr.7RJ VONKE SPAT OOR VUURWERKE IN LYDENBURG Op Oujaarsaand het die vonke behoorlik gespat. Baie Lydenburgers het al vroeg begin om vuurwerke te skiet en teen middernag het dit soos oorlog geklink. Alhoewel die meeste mense saamstem dat die vuurwerke mooi is, was daar ook baie klagtes. Die aanhoudende geraas tot in die vroeë oggendure het mens en dier tot raserny gedryf. Almal het gesukkel om te slaap en klein kindertjies was bang. Tannie Susan van L.A.P.S.A.R. sê haar hond het die deur begin kou so bang was hy. Tannie Marinda Grobler van Lydenburg Diere Spreekkamer sê: “Ons moes baie kalmeer stropies uitdeel en heelwat mense het ook gebel oor verlore honde.” Liané Hanekom sê: “Ek dink dis mooi, maar iemand het iets baie, baie gevaarlik gedoen. Hulle het 'n noodfakkel in die dorp geskiet.” - Zanri Hanekom gr.4DP - Stephanie Nel gr.7RJ CHICKEN LICKEN LYDENBURG Shop 2, Shoprite Complex Tel: 013 235 4115 E-mail: [email protected] LONGTOM MARATHON AFGESTEL VIR 2013 Nadat die 2011 en 2012 Longtom marathons onder geweldige finansiële druk plaasgevind het, is besluit om die 2013 marathon na 2014 toe te skuif. Die druk wat die huidige ekonomiese klimaat op die plaaslike gemeenskap plaas en die invloed wat dit op hoofborge het, het versoorsaak dat die organiseerders besluit het om die marathon vir 2013 af te stel. Hierdie jaar sou 18 van Laerskool Lydenburg se personeel deelgeneem het aan die gewilde marathon. “Ek was baie teleurgesteld toe ek hoor dat die marathon vir 2013 afgestel is. Dis die hoogtepunt van elke jaar en ek en nog ander onderwysers en kantoordames het alreeds begin oefen.” Daar moes besluit word om die marathon af te skaal of om die normale marathon aan te bied in 2014. Die feit dat die Twee Oseane marathon en die Longtom marathon twee weke uit mekaar sou plaasvind, het geen invloed op die besluit gehad nie, aangesien die persentasie atlete wat aan beide deelneem baie klein is. Mense wat alreeds ingeskryf het en betaal het, kan die volgende organiseerders kontak by [email protected] of 082 557 9604 (Loma) 071 605 1507 (Griselda) 071 605 1506 (Rialta). Annalize Cross, Laerskool Lydenburg se marathon koördineerder sê: - Janeldi de Vries gr.5CJ Lydenburg se asgate lyk nie goed nie!

Kletskous Mei 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Laerskool Lydenburg Koerant

Citation preview

Page 1: Kletskous Mei 2013

17DIE KLETSKOUSDIE KLETSKOUSEERSTE UITGAWEEERSTE UITGAWE11 APRIL 201311 APRIL 2013

R35.90R29.90 R46.80

R74.90R45.90R13.90

LYDENBURG MOET BEGIN HERWIN

Op Saterdag 9 Februarie 2013 het ek die asgate besoek. Daar is net hope en hope vuilgoed wat net platgedruk word deur `n trok. Eenkeer ̀ n week sit ons, ons vuilgoedsakke uit en dit word weggery deur ons munisipaliteit sonder dat ons enigsins wonder waarheen dit gaan. Dit lyk al soos ̀ n berg, maar eintlik is dit net vuilgoed. As jy daar gaan rond kyk is daar so baie goed wat herwin kon word, maar wat ons doen is, ons gooi alles saam in een sak weg en dink nie aan al die nuwe goed wat ons daaruit kon maak nie. Oor 10 jaar is daardie hoop moontlik so hoog soos die silo's as ons nie vinnig begin herwin nie. Hulle sê as die hoop te groot word kan hulle dit verbrand, maar dink net aan al die lugbesoedeling! By Pick `n Pay is daar herwinningskratte, maar niemand gebruik dit nie, in ons skool word hope papiere weggegooi en ons kan so baie nuwe papier daaruit maak. Kom mense, red ̀ n boom!Juf. Karin het verlede jaar in die Natuurwetenskapklas vir ons gesê: “Hoekom kyk ons of Lydenburg nie kan begin herwin nie.” Ek dink dis ̀ n goeie plan. Kontak Stephanie Nel van die Redaksiespan as jy enige idees het en ons kyk of ons iets aan die saak kan doen. Kom Lydenburg, ons kan begin herwin, al herwin jy net `n stukkie plastiek of papier, elke bietjie help.

REËNVAL GEDURENDE EERSTEKWARTAAL

Ons as inwoners van Lydenburg was besonder geseën met baie reën in Januarie 2013. Februarie en Maart 2013 was minder geseënd.Dit het nie dieselfde hoeveelhede op al die plekke in Lydenburg gereën nie, dus sal die statistieke van plek tot plek verskil. My inligting het ek verkry vanaf tannie Marie Gouws wat woonagtig is in Kiepersol woonstelle. Hieronder volg die besonderhede soos deur haar aangeteken. Daar was dae wat dit twee tot drie dae aaneen gereën het en dit is ook so aangetoon.Die totale reënval vir Desember was 229mm, Januarie 89mm, Februarie 36 mm en 1 tot 20 Maart 90 mm.Ons kan net ons Hemelse Vader dank vir die reën wat hy so oorvloedig aan ons skenk.Hoop almal se tuine is nat en dat daar sommer lekker tuingemaak word.

- Stephanie Nel gr.7RJ

VONKE SPATOOR

VUURWERKEIN LYDENBURG

Op Oujaarsaand het die vonke behoorlik gespat. Baie Lydenburgers het al vroeg begin om vuurwerke te skiet en teen middernag het dit soos oorlog geklink. Alhoewel die meeste mense saamstem dat die vuurwerke mooi is, was daar ook baie klagtes. Die aanhoudende geraas tot in die vroeë oggendure het mens en dier tot raserny gedryf. Almal het gesukkel om te slaap en klein kindertjies was bang. Tannie Susan van L.A.P.S.A.R. sê haar hond het die deur begin kou so bang was hy. Tannie Marinda Grobler van Lydenburg Diere Spreekkamer sê: “Ons moes baie kalmeer stropies uitdeel en heelwat mense het ook gebel oor verlore honde.” Liané Hanekom sê: “Ek dink dis mooi, maar iemand het iets baie, baie gevaarlik gedoen. Hulle het 'n noodfakkel in die dorp geskiet.”

- Zanri Hanekom gr.4DP

- Stephanie Nel gr.7RJ

CHICKEN LICKEN LYDENBURGShop 2, Shoprite Complex

Tel: 013 235 4115E-mail: [email protected]

LONGTOM MARATHON AFGESTEL VIR 2013

Nadat die 2011 en 2012 Longtom marathons onder geweldige finansiële druk plaasgevind het, is besluit om die 2013 marathon na 2014 toe te skuif. Die druk wat die huidige ekonomiese klimaat op die plaaslike gemeenskap plaas en die invloed wat dit op hoofborge het, het versoorsaak dat die organiseerders besluit het om die marathon vir 2013 af te stel.Hierdie jaar sou 18 van Laerskool Lydenburg se personeel deelgeneem het aan die gewilde marathon.

“Ek was baie teleurgesteld toe ek hoor dat die marathon vir 2013 afgestel is. Dis die hoogtepunt van elke jaar en ek en nog ander onderwysers en kantoordames het alreeds begin oefen.” Daar moes besluit word om die marathon af te skaal of om die normale marathon aan te bied in 2014. Die feit dat die Twee Oseane marathon en die Longtom marathon twee weke uit mekaar sou plaasvind, het geen invloed op die besluit gehad nie, aangesien die persentasie atlete wat aan beide deelneem baie klein is.Mense wat alreeds ingeskryf het en betaal het, kan die volgende organiseerders kontak by [email protected] of 082 557 9604 (Loma) 071 605 1507 (Griselda) 071 605 1506 (Rialta).

Annalize Cross, Laerskool Lydenburg se marathon koördineerder sê:

- Janeldi de Vries gr.5CJ

Lydenburg se asgate lyk nie goed nie!