20
1 KOEKELOER FEBRUARIE 2019 Compassion Have compassion for everyone you meet, even if they don’t want it. What seems conceit, bad manners, or cynicism is always a sign of things no ears have heard, no eyes have seen. You do not know what wars are going on down there where the spirit meets the bone. The Ways We Touch: Poems. Miller Williams. A VERY VALENTINE Very fine is my valentine. Very fine and very mine. Very mine is my valentine very mine and very fine. Very fine is my valentine and mine, very fine very mine and mine is my valentine. Gertrude Stein Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien En al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar n derde mens uit. Hy sal maar naastenby so lyk soos elk van julle twee. Liefde is nie kunsmatig nie. Langenhoven

KOEKELOER FEBRUARIE 2019

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

1

KOEKELOER FEBRUARIE 2019

Compassion

Have compassion for

everyone you meet, even if

they don’t want it. What

seems conceit, bad manners,

or cynicism is always a sign

of things no ears have heard,

no eyes have seen.

You do not know what wars

are going on down there

where the spirit meets the bone. The Ways We

Touch: Poems. Miller Williams.

A VERY VALENTINE

Very fine is my valentine.

Very fine and very mine.

Very mine is my valentine very mine and very

fine.

Very fine is my valentine and mine, very fine

very mine and mine is my valentine.

Gertrude Stein

Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien

En al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar

’n derde mens uit. Hy sal maar naastenby so lyk

soos elk van julle twee.

Liefde is nie kunsmatig nie.

Langenhoven

Page 2: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

2

NUUS UIT DIE OORD

SOSIALE KOMITEE

Ons hoop julle het die vakansie heerlik gerus en ontspan en dat die jaar

wat voorlê baie geseënd sal wees.

Ons is volspoed aan die gang - ons eerste braai

was reeds 17 Jan 2019.

Die volgende datums is belangrik:

Onthou asb om die kennisgewingborde dop te

hou vir die korrekte datums en tyd!

Pryse vir 2019

Braai R15.00 bo en behalwe ons gewone lootjies is daar nou

ʼn spesiale lootjie vir elkeen wat die braai bywoon.

Tee R25.00

Fliek R25.00

Sop en Sjerrie R30.00

Lente Ontbyt R30.00

Jollie Patrollie R30.00

KERSKOLLEKTE VIR WERKERS 2018

ʼn Bedrag van R18 930 is gedurende einde November en begin

Desember 2018 deur TAK-monitore en vrywilligers by inwoners

ingesamel. Hierdie bedrag is tussen 36 werkers verdeel en om en by 14

Des aan hulle oorhandig. My opregte dank aan inwoners wat bygedra en

medewerkers wat dit ingesamel het. Eben Verster (218)

Verjaarsdagtee 5 Februarie 2019

Braai 21 Februarie 2019

Page 3: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

3

UIT DIE TUINE

Wat gebeur in die veldtuin?

Die veldtuin is ʼn inheemse tuin bestaande uit inheemse bome (kyk na

die naamplaatjies), struike, blomplante en grasse. Die tuin is beplan

deur die volgende komitee:

Johan Hattingh Oordbestuurder

Eben Verster Trustee vir tuine

Elsa van der Bank Tuinkomiteelid

Nico du Toit Landskapsargitek The Garden Group

Elize Malan Tuinboukundige The Garden Group

Die tuin word in fases ontwikkel. Die westelike deel wat hoofsaaklik in

die skaduwee is, is feitlik voltooi, terwyl die droë, sonnige oostelike

deel later vanjaar aangepak sal word. Daar word voorsiening gemaak vir

saad, skuiling en neste vir voëls. Daar het reeds ʼn uil sy intrek geneem –

baie skaam, maar in die aande is hy op die uitkyk vir prooi. Inwoners is

welkom om op Vrydae tussen 12h45 en 14h30, wanneer daar in die tuin

gewerk word, te kom kyk en eerstehandse inligting te kry.

Naamplaatjies op bome

Baie inwoners het reeds die naamplaatjies op sommige bome opgelet.

Dit is die inisiatief van Adeline Barkhuizen (ʼn inwoner) en haar seun

Johan. Die tuinkomitee is baie dankbaar en ingenome met die aanbring

van die naamplaatjies en ʼn paar inwoners het reeds te kenne gegee dat

hulle nog plaatjies sal borg om meer bome in gemeenskaplike areas te

benoem – veral prominente bome. Tans is die meeste bome met

plaatjies langs die hoofpad vanaf die hek tot onder net om die draai na

wes. As daar nog inwoners is wat in gemeenskaplike areas of in hulle

eie tuine inheemse bome/struike wil benaam, moet hulle asb hulle name,

eenheidnommer en die boom se naam (as dit bekend is) by Annet in die

kantoor gee. Elke naamplaatjie kos R37. Dit word bestel by die

Dendrologiese Vereniging en ons wil graag die hele bestelling op een

slag plaas. Daarom het ons dit goed gedink om ʼn keerdatum te stel, nl

Vrydag 1 Maart. Sodra u die inligting (en betaling) by die kantoor

Page 4: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

4

ingegee het, sal iemand u besoek om seker te maak dat die naam korrek

is of om die boom te identifiseer as u nie die boom/struik se naam ken

nie.

Sodra die plaatjies ontvang is, sal Johan Barkhuizen dit vir ons op die

bome/struike aanbring. Dit is dan u en die oord se eiendom en ons vra

inwoners om mooi daaroor te waak en dit nie te verwyder of beskadig

nie. Baie dankie Adeline, Johan en al die vrywilligers wat nog gaan help

om bome te benoem. Vir verdere inligting oor die naamplaatjies, skakel

asb Elsa van der Bank (083 456 9952 / 012 524 3395).

Donasieboksie

Dankie ook aan al die inwoners wat gereeld vir ons ʼn geldjie in ons

donasieboksie by Annet in die kantoor gooi. Elke sent of Rand is baie

welkom, om die waarheid te sê hoe meer rande hoe meer vreugde en

hoe meer kleur in ons tuine.

Elsa van der Bank (133)

DENDROLOGICAL SOCIETY (www.dendro.co.za)

The Dendrological Society promotes the study, protection and

propagation of trees and tree-dominated ecosystems as a contribution to

effective environmental conservation and improvement in South Africa.

Objectives

• Promotion of Dendrological knowledge to its members as a

contribution to personal enrichment through outings, lectures,

courses, symposia, regional herbaria, collection and dissemination of

relevant Dendrological information, the web-page and publications.

• Assistance in the advancement of awareness of the South African

public and governmental departments in terms of tree knowledge and

of the importance of the protection of trees and the preservation of

tree-dominated ecosystems as a contribution to sustainable

environmental management.

• Assistance to the public in terms of technical services such as tree

identification, tree measuring, and other expertise and skills.

• Encouragement of scientific research in the field of dendrology.

Page 5: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

5

VANAF DIE SORGSENTRUM

Ons het die die nuwejaar begroet met

“Sonneblomme” as tema en hulde gebring aan al

ons verjaarsdagmense in die Sorgsentrum.

Vrolike gelag en gesprekke het om die tafels van

die eetsaal gegons terwyl daar heerlik gesmul is

aan verjaarsdagkoek en ander snoeperye. Almal is

dit eens dat hierdie maandelikse instelling vir ons Sorgsentrumfamilie ʼn

definitiewe moet is.

As jy alreeds ʼn inwoner in die Aftree-

oord is, is die kans op ʼn Valentynsdag-

viering maar skraal, maar dit beteken nie

ons kan nie ʼn Liefdesdag vier nie. Kom

bespreek jou plek om saam met ons ʼn

heerlike Liefdesdagviering op die 14

Februarie 2019 te herdenk.

Meer navrae hieroor kan by Carla gedoen

word (074 176 1570) om seker te maak

dat jy nie die geleentheid mis nie.

U het seker op die maandkalender gesien

dat daar elke Dinsdag ʼn teetuin in die Sorgsentrum is. Dit word vir die

hele Oord aangebied. Bespreek jou (en al jou vriende en vriendinne) se

kaartjies voor Maandag 16h00 vir die volgende Dinsdag. Kaartjies kos

R25 per persoon en sluit koffie of tee en ʼn heerlike bordjie eetgoed in.

Tans bied ons die Teetuin in die eetsaal aan sodat ons die gemak van die

lugverkoeler kan geniet.

Dink 'n bietjie 1. Daar is 'n aantal mense op die trein.

19 mense het afgeklim toe die trein by die eerste stasie stilhou;

17 mense het op die trein geklim;

Daar is nou 63 mense op die trein.

Hoeveel mense was oorspronklik op die trein? (Oplossing op bl 19)

Page 6: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

6

SOOIBRAND!

Omtrent 30% van alle volwassenes kry gereeld sooibrand. As mens

gekoude voedsel insluk, druk die slukderm se peristaltiese beweging die

kos na die maag toe af. Elke sluk duur etlike sekondes. Aan die

onderkant van die slukderm is ʼn kringspier wat keer dat die maag-

inhoud, wat soutsuur en verteringsensieme bevat, terugstoot in die

slukderm. Beide die suur en die verteringsensieme (veral pepsien) kan

die slukderm erodeer. Sodra kos by die kringspier aankom, verslap die

spier en só beland die gekoude kos in die maag. As die kringspier nie

reg werk nie, stoot kos terug in die slukderm. Dit word in die slukderm

as erosie of sooibrand waargeneem. Die proses staan bekend as

achalasie, of sommer net sooibrand of acid reflux in Engels. As van die

halfverteerde kos in die slukderm ingeasem word, lei dit tot hoes weens

die chemiese irritasie van die lugweë. Veel erger is dat die kos wat altyd

kieme bevat, kan lei tot longontsteking en selfs ʼn longabses. Mens kan

dikwels die suur of selfs gal in die mond proe!

Naby die onderend van die slukderm lê die middelrif of diafragma wat

die longe en derms van mekaar skei. Dus moet daar ʼn opening in die

diafragma wees waar die slukderm aan die maag konnekteer. As daardie

opening bietjie te groot is, kan ʼn stuk van die maag deur die opening in

die borskas beland. Dit staan bekend as ʼn mantelvliesbreuk of hiatus

hernia. As die stuk maag deur die opening

in die mantelvlies vasgeknyp word, kan dit

maklik, maar verkeerdelik, as ʼn hartaanval

diagnoseer word.

Wat vererger die toestand? Obesiteit en

stywe klere om die middellyf druk dikwels

kos boontoe verby die kringspier.

Tabakrook bevorder die afskeiding van

meer maagsuur en nikotien verslap die

kringspier. Met die oplig van swaar voorwerpe span al die maagspiere

styf en dit kan ook maak dat kos, maagsuur en verteringsensieme in die

slukderm opstoot. Al dié faktore lei eers tot sooibrand, later tot

Page 7: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

7

slukderm-erosie en uiteindelik selfs’n perforasie. Met gereelde refluks

word die slukderm se slymwandvoering sodanig beskadig dat swamme

maklik in die rou slukderm kan groei.

Hoe word die toestand bevestig? Die geskiedenis van maaginhoud wat

in die slukderm terugborrel en daarna sooibrand, is taamlik tipies. Soms

kan die stuk maag bokant die mantelvlies op gewone X-strale gesien

word. ʼn Bariumsluk tydens die X-strale wys amper altyd as daar ʼn

mantelvliesbreuk is. Nog beter is ʼn gastroskopie, waar die graad van

onheil helder op ʼn TV skerm vertoon kan word. Terselfertyd kan enige

erosie van die slukderm ook gesien word. Enige kanker in die slukderm

of in die maag kan baie van die simptome naboots en die kanker kan

maklik met die gastroskoop gesien word.

Hoe word die toestand behandel?

Gebruik swaartekrag deur die koppenent van die bed effens te lig. Een

plat baksteen onder die bed se pote of ʼn paar ekstra kopkussings help

baie. Die goedkoopste en maklikste medikasie is antisuurprodukte soos

koeksoda, Rennies of Gaviscon en nog talle ander wat die suur

neutraliseer. ʼn Tweede stap is om iets te gebruik wat ʼn beskermde lagie

oor die slukdermslymvlies maak, sodat die slymvlies nie met die

maagsappe kontak maak nie. Die goed lyk omtrent soos jogurt. Die

volgende stap is middels wat maagsuurproduksie verminder, soos

Simetidien of Ranitidien. Hulle is redelik goedkoop maar nie baie

kragtig nie. Die nuutste is die sg PPI’s wat alle suurproduksie blokkeer.

Ongelukkig is langtermyn hoë dosisse nie aan te beveel nie, weens ʼn

geringe verhoging in beroertes en hartaanvalle. Desnieteenstaande word

duisende hiervan daagliks in SA gebruik. (na p 13)

Page 8: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

8

ZAMBEZI AFTREE-OORD - SPYSKAART -FEBRUARIE 2019

VIR BESTELLINGS KONTAK: 074 176 1570

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

1 Feb

Groentesop

Gebakte Vis OF

Beenlose

Varkribbetjie

Gegeurde Rys

Wortelslaai

Uie-Tamatieslaai

Yskastert

2 Feb

Vrugtesap

Pasta gebak OF

Tuisgemaakte

Pizza

Aartappelslaai

Groenslaai

Piesangslaai

Beetslaai

3 Feb

Spinasiesop

Gerookte

Varkboud OF

Geroosterde

Hoender

Gebakte

Aartappels, Rys

Gebakte Broccoli

en Blomkool

Wortels met

Aartappels & Uie

Franse Slaai

Jan Ellis-Poeding

4 Feb

Lensiesop

Bobotie-

Frikkadelle

OF

Karringmelk-

Hoenderfilet

Rys

Murg-

pampoentjies

Gebotterde

Mielies

Vrug van dag

5 Feb

Gortsop

Beeslewer

OF

Varkrepies

Kapok-

aartappels

Soet Ertjies

Wortelslaai

Koolslaai

6 Feb

Tamatiesop

Hoenderpasta

OF

Bief Lasagne

Tuisgebakte

Brood

Groenbone

Pampoen met

Kaneel

Griekse Slaai

Perskes en Vla

7 Feb

Wortelsop

Gestoofde

Biefborsstuk

OF

Hoenderpastei

Rys

Kool- en Wortel-

Roerbraai

Lemoen-

pampoen met

Vleissous

Vrug van dag

8 Feb

Vrugtesap

Gebakte Vis

OF

Gebraaide

Hoender

Aartappel-

wiggies

Wortelring

Franse Slaai

Melkskommel

9 Feb

Botterskorsie-sop

Hoender “WRAP”

met Aartappel-

skyfies

OF

Soetsuur-

Worsgereg &

Kapok-

aartappels

Komkommer/

Pynappelslaai

Griekse Slaai

Page 9: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

9

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

10 Feb

Groentesop

Beestong OF

Roosterhoender

Groenboontjies

Wortels met

Soetsuursous

Beetslaai

Sjokolade-

Nagereg & Room

11 Feb

Beetsop

Hoenderlewers

OF

Viskoekies

Bruin Rys

Pampoentertjie

Broccoli gebak

Vrug van die dag

12 Feb

Mieliesop

Boerewors OF

Hoender

Schnitzel

Kapok-

aartappels

Roostergroente

Room Spinasie

Groenslaai

13 Feb

Aartappelsop

Vetkoek &

Maalvleis OF

Roompasta &

Vark,Blomkool

met Kaassous

Soetmielies

Tamatieslaai

Jellie en Vla

14 Feb

Rooi Lensiesop

Lenterol,

Prima-vera,

Gevulde Hoender

OF

Tamatiebredie

Wit Rys, Beet

Murgpampoen

Plaatkoekies

15 Feb

Bonesop

Gebraaide Vis OF

Varkrib,

Skyfies

Appel-en-

Selderyslaai

Beetslaai

Spinasieslaai

Wafelroomys

16 Feb

Vrugtesap

Pannekoek en

Hoender Mayo

Beesvleispastei

Knoffel-

Aartappels

Botterskorsie

Kool-Piesang

slaai

17 Feb

Tamatiesop

Varkboud OF

Mosterthoender

Rys, Groenbone,

Aartappels,

Soetwortels

Griekse slaai

Sago en Vla

18 Feb

Blomkoolsop Hoender a la King

/ Varkvleis &

Heuningmosterd

Rys, Ertjies en

Mielies,Spinasie

tertjies

Vrug van die Dag

19 Feb

Groentesop

Bief- &

Niertjiepastei

OF

Viskoekies

Cous-Cous

MengGroente

Spinasie,Wortel

20 Feb

Beetsop

Roomhoender OF

Lewerkoekies

Rys, Pampoen,

Blomkool,

Komkommer,

Pynappel,

Sjokoladeskuim

21 Feb

Geelwortelsop,

Vetkoek,& Kerrie-

vleis OF

Hoenderpot en

Rys, Broccoli,

Lemoen-

pampoentjie

Vrugte

22 Feb

Vrugtesap

Gebraaide Vis &

Skyfies OF

Boerewors &

Pap

Groenslaai

Wortelslaai

Yskastert

23 Feb

Bruin-uiesop

Hoenderburger/

Gekrummelde

Beesrepies

Skyfies

Franse slaai

Beetslaai

24 Feb

Tamatiesop

Stowebeesvleis/

Roosterhoender,

Gebakte

Aartappels,Slaai,

Groenbone

Pampoentertjies

Pynappelpoeding

25 Feb

Rooi Lensiesop

Tuisgemaakte

Beesvleispastei

OF Vispastei

Kapok-aartappels

Ertjies, Lemoen-

pampoentjies

26 Feb

Aartappelsop

Vark/Hoender-

roerbraai, Rys,

Blomkool

Spinasie

Tamatie-en-

Komkommer

27 Feb

Stampmielies

Tamatiebredie

Varkworsie-en-

Perskegereg

Mielierys,

Groente

Groenslaai

Yskastert

28 Feb

Wit Uiesop

Hoender

Schnitzel OF

Peri-Peri -

Lewertjies

Rys, Broccoli,

Botterskorsie

Vrug van dag

Page 10: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

10

FEBRUARIE 2019 Kliniek 24 uur telefoonnommer: 083 276 0546

Sondag Maandag Dinsdag

27 28 29

3 Aanddiens

Saal 18h00

4

5 Verjaardagtee Saal 14h00 vir 14h30

10

11

12 Dr Blumenthal (oogkundige) Tema:

The aging eye Sorgsentrum 10h00

Voetsorg - Christilde Kliniek - 13h00

17 Aanddiens

Saal 18h00

18 19 Voetsorg - Christilde Kliniek - 13h00

24 25 26 Voetsorg - Christilde Kliniek - 13h00

Elke week

Kiewiete - Saal - 08h00

Kliniek- 09h00 - dan tuisbesoeke

Brug - Sitkamer - 10h00-12h00

Stap – Voorportaal - 11h00

Dr Frans Erasmus - 14h00-16h00

Jukskei - 15h15

Kroukie - 15h00

Elke week

Haarsalon - 08h30 – 15h00

Marthie 083 347 7638

Kliniek - 09h00, daarna tuisbesoeke

Dr Frans Erasmus - 10h00-12h00

Stap – Voorportaal - 11h00

Brei/hekelgroep –Sitkamer-14h30

Teetuin - Sorgsentrum - 15h00

Administratiewe kantoortelefoonnommer: 084 549 6505

Aktiwiteite in sitkamer vind by Sorgsentrum plaas

Legkaarte in die bibloteek om op u eie tyd te bou (Ander by Ontvangs beskikbaar)

Page 11: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

11

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

30 31

1 Kind2Hearing

Kliniek 09h00-11h00

2

6 7 8 9

13

14 Valentynsdag Valentynsdagete 12h00

15

16

20 21 Braai - 17h30 vir 18h00 22 23

27 28 Sing saam Sitkamer 15h30 1 2

Elke week

Haarsalon - 08h30-15h00

Elsabé 083 757 7454

Kliniek 09h00, dan tuisbesoeke

Bybelstudie - Geref Kerk

Sitkamer - 09h00

Bybelstudie - Saal - 09h00

Stap - Voorportaal - 11h00

Dr Frans Erasmus 14h00-16h00

Bussie na Kolonnade - 10h00

Bordspel - Sitkamer - 14h00

Kroukie - 15h30

Biduur – Saal - 16h30

Elke week

Haarsalon - 08h30 – 13h00

Elsabé 083 757 7454

Kiewiete Saal 08h00

Duiwe-oefengroep Sitkamer

09h30

Kliniek - 09h00, dan tuisbesoeke

Dr Frans Erasmus 10h00-12h00

Stap - Voorportaal - 11h00

Kreatiwiteit Sitkamer 14h30

Jukskei 15h00

Elke week

Haarsalon 08h30 – 13h00

Avril 082 577 7449

Kliniek 09h00, dan

tuisbesoeke

Dr Frans Erasmus

10h00-12h00

Bussie na Kolonnade

10h00

Stap Voorportaal 11h00

Elke week

Haarsalon

07h00-13h00

Avril

082 577 7449

Page 12: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

12

Page 13: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

13

SOOIBRAND (vervolg)

Al bogenoemde behandel net die simptoom, nl sooibrand, maar

behandel nie die oorsaak nie. In die ou dae het chirurge sommer 80%

van die maag uitgesny en vir baie was dit ʼn bonus omdat hulle kon

verslank as gevolg van ʼn kleiner maag. Daar is tans verskeie minder

barbaarse operasies, om bv die maag vas te heg aan die mantelvlies.

ʼn Ander prosedure is om die opening deur die mantelvlies te verklein.

Die beste is deesdae ʼn operasie deur ʼn endoskoop. Die operasie neem so

20 minute onder algemene narkose. Jy word wakker met net vier klein

snytjies op die maagwand. Al lastigheid van die operasie is dat die

persoon gewoonlik nie meer kan “burp” nie. Gevolglik gaan al die lug

wat onvermydelik saam met kos gesluk word ondertoe, met ʼn ander

soort “burp”.

Is behandeling noodsaaklik?

Hang af hoeveel ongemak jy kan verduur. As bogenoemde hantering nie

voldoende is nie, is dit tyd vir ʼn operasie. Omdat maag-en slukderm-

kanker die oorsaak of die simptome van sooibrand kan veroorsaak, moet

mens liefs ʼn bietjie te vroeg eerder as te laat ʼn gastroskopie aanvra,

sodat die kanker betyds hanteer kan word. Klinikus

Dink 'n bietjie 2. First I threw away the outside and cooked the inside. Then I ate the

outside and threw away the inside.

What did I eat? (p 19)

3. Before Mount Everest was discovered,

what was the highest mountain in the

world? (p 19)

Weet jy van die UBALI

GRANAATFEES?

Vra vir Werner enAnnamarie Wenholdt

(eenheid 222), hulle was al daar.

Page 14: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

14

Page 15: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

15

Waardeer mekaar

ʺAs ek geweet het dis laaste keer dat ek jou aan die slaap sou sien raak

sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe

te maak. As ek geweet het dis die laaste keer dat

ek jou gedruk en gesoen het - sou ek jou terug

geroep het vir nog 'n drukkie . As ek geweet het

dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou

ek dit op band geneem het sodat ek dit weer kon

speel.ʺ Soms leef ons asof daar nog baie tyd oor

is om alles te wil doen wat ons graag wil doen,

maar sê nou vandag is die laaste kans!

Die Bybel sê: "Ons is maar 'n damp wat ‘n oomblik verskyn en dan weer

verdwyn". Kom ons maak vandag tyd om te sê: "Ek is jammer " of

"dankie" of "ek waardeer jou", as môre dalk nie daar is nie! Kom ons leef

vandag voluit! Hou jou dierbares styf vas en fluister in sy/haar oor: "Jy is

spesiaal -ek is baie lief vir jou". Sê vir iemand vandag ʺek waardeer

jou.ʺ Timothy De Vos Botha

Sê EN VRA Enige versoeke, kommentaar of bydraes vir die

Koekeloer is baie welkom. As u bydrae nie u eie pennevrug is nie, gee

asb erkenning aan die oorspronklike skrywe. Daarsonder sal u bydrae

nie geplaas kan word nie. Kort advertensies vir besighede (ook van nie-

inwoners) word geplaas teen R20/maand. Merk u bydraes duidelik en

plaas in Koekeloerposbus of stuur per epos na [email protected]

SPERDATUM vir

Koekeloerbydraes:15de van elke maand.

Page 16: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

16

Page 17: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

17

Page 18: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

18

Page 19: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

19

BEKOSTIGBARE SEEVAKANSIE KZN SUIDKUS

Ek verhuur volledig toegeruste vakansiewoonstelle in Shangri-La,

Doonside (langs ‘Toti).

• Twee slaapkamerwoonstel vir 4 persone vanaf R315 per nag +R550

administrasiekoste + R35 vir elke ekstra kop [buiteseisoen];

• Drie slaapkamerwoonstel vir 6 persone vanaf R480 per nag +R660

administrasiekoste + R35 vir elke ekstra kop [buiteseisoen]

• Drie slaapkamereenhede het ʼn balkon; alle eenhede het seeuitsig; 100

treë vanaf seesand en swemsone is reg voor u; swembad en

kinderpoel; wasmasjienoutomate en kafee in kompleks; onderdak-

pakering, veiligheidswagte 24 uur per dag op diens; groot lapa met

baie braaigeriewe is vanaf onderste parkering bereikbaar en u hoef

nie trappe te klim of in die reën te loop as u wil gaan braai of in die

swembad swem nie.

Seewater is heel jaar warm genoeg om in te baljaar!

Naby restaurante en winkels.

As jy eers eenkeer hier vakansie gehou het, gaan

jy nie weer na ʼn ander plek soek nie!

Webadres www.shangrilaholidayflats.co.za

Skakel Salie Beukes 082 821 2601 of epos:

[email protected] om te bespreek of

vir navrae.

Antwoorde op

Breinknoper:

1. 65 mense

Trek die 17 mense wat pas opgeklim het,

af van die huidige getal passasiers, 63 en

dan kry jy 46. Tel dan die 19 passasiers

wat afgeklim het, by en jy kry 65.

2. Corn on the Cob

3 Mount Everest

Page 20: KOEKELOER FEBRUARIE 2019

20

NAALDWERK

Vir vinnige herstel- en verstelwerk

teen bekostigbare pryse, kontak

Cornia eenheid 296

(012 524 3151/

083 793 5428,).

TE KOOP 2016 HYUNDAI I10

Prys: R112 000.00

Slegs kontant.

Nuwe motor, demonstrasiemodel,

nuwe sitplekoortreksels, seil,

lae km, MAG wiele.

Piet Swart Eenheid 6

VAKANSIE!!!

Luukse, ruim selfsorgwoonstel

naby Winkelspruit.

Pragtige see-uitsig, 3

slaapkamers en 2 badkamers.

Naby groot winkelsentrums.

Veilige sekuriteitsbeheerde

onderdak-parkering. Billike

tariewe, Buiteseisoen. Spesiale

tariewe vir bejaardes.

Petro

(082 412 0999/082 550

3385)

HERSTEL-VERSTELWERK

Benodig jy hulp

met herstel- of

verstelwerk aan

klere? Ek kan

help!

Rina Niemand, eenheid 56,

(082 858 3409).