12
OOK TE: WILLEM COETZEE ING. CILLIERS ODENDAAL PROKUREURS (IN ASSOSIASIE) OCTRON GEBOU 1STE VLOER, T) 018-297-7313 126 CRADOCK STRAAT DR. JAMES MOROKA STR 62, F) 018-297-8564 / 086 538 0410 GEORGE, 6529 POTCHEFSTROOM, 2531 E) [email protected] T) 044 874-5244 POSBUS 1120 VERW: C. ODENDAAL POTCHEFSTROOM, 2520 KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

OOK TE: WILLEM COETZEE ING. CILLIERS ODENDAAL PROKUREURS (IN ASSOSIASIE) OCTRON GEBOU 1STE VLOER, T) 018-297-7313 126 CRADOCK STRAAT DR. JAMES MOROKA STR 62, F) 018-297-8564 / 086 538 0410 GEORGE, 6529 POTCHEFSTROOM, 2531 E) [email protected] T) 044 874-5244 POSBUS 1120 VERW: C. ODENDAAL POTCHEFSTROOM, 2520

KOOPKONTRAK

HARTENBOS LANDGOED

Page 2: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

2

AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN:

POLKADOTS PROPERTIES 156 (EDMS) BPK

Registrasienommer: 2010/024408/07 BTW Reg No. _______________ (sal verskaf word)

(hierna genoem die Verkoper)

EN

_____________________________________ _____________________________________ _____________________________________

(hierna genoem die Koper) met domicilium citandi et executandi te die volgende adres:

Fisiese adres: ______________________

_____________________

_____________________

Posadres: ______________________ ______________________ ______________________ Faksnommer: ______________________ Reg/Identiteitsnommer: ______________________ (man) Reg/Identiteitsnommer: ______________________ (gade) Huwelikstatus: ______________________ Telefoonnomer: ______________________ Selfoonnommer: ______________________ E-Pos adres: ______________________

1. DIE WET

Verwysing na die 1986 Wet in hierdie ooreenkoms sal verwys na die Deeltitelwet 95 van 1986 soos gewysig.

Page 3: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

3

2. BESKRYWING VAN DIE EIENDOM

2.1 Die Verkoper verkoop hiermee aan die Koper wie in koop aanneem:

Eenheid nommer ___________ (2/3 slaapkamer) (skrap wat nie van toepassing nie)

Groot __________ m² synde ‘n eenheid in die deeltitelskema bekend as HARTENBOS LANDGOED (Fase 1) (die skema) SS 798/799/424/2007, geleë in die distrik MOSSELBAAI, Wes Kaap, in ooreenstemming met die deelplan, tesame met ‘n onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom proporsioneel toegedeel aan daardie eenheid soos meer volledig blyk uit die deelplan (beskikbaar op aanvraag).

2.2 Die Koper bevestig dat hy bewus is daarvan dat die eiendom nog nie in die naam van die Verkoper geregistreer is nie en dat registrasie van oordrag van die eiendom in die naam van die Koper, na die keuse van die Verkoper, gelyktydig kan geskied met registrasie van oordrag in die naam van die Verkoper.

2.3 Die Koper bevestig verder dat hy bewus is daarvan dat die Verkoper die eiendom gekoop het uit die insolvente boedel van die huidige geregistreerde eienaar Hartenbos Landgoed (Edms) Bpk (in likwidasie) en dat die Verkoper geregtig is om sy reg, titel en belang in en tot hierdie koopkontrak te sedeer en oor te dra aan die likwidateurs van gemelde insolvente boedel en dat die Koper, in geval van sodanige sessie en oordrag asook die aanvaarding daarvan deur die likwidateurs, gebonde sal wees om teenoor gemelde likwidateurs te presteer ooreenkomstig die bepalings hiervan.

3. KOOP ONDERHEWIG AAN DIE WET

3.1 Die Koper erken dat die ooreenkoms onderhewig is aan die bepalings

van die 1986 Wet en dat hy oordrag neem onderhewig aan die bepalings van die 1986 Wet en in besonder die bepalings van Artikel 28 (1) (gemeenskaplike serwitute), 32 (1) (deelnemingskwotas), 35 (1) (die bestaan van ‘n beheerliggaam) en 35 (2) (b) (voorsiening vir gedragsreëls wat bindend sal wees op die Koper).

3.2 Die Koper bevestig ook dat hy bewus is daarvan dat die Verkoper ook sessie neem van die saaklike reg van uitbreiding om 62 (Twee en Sestig) addisionele eenhede in die skema te ontwikkel.

Page 4: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

4

4. KOOPPRYS

4.1 Die koopprys beloop die bedrag van R________________

(________________________________ Rand) BTW ingesluit teen die toepaslike koers, betaalbaar in kontant teen registrasie van die eiendom in die naam van die Koper en wel soos volg: 4.1.1 ‘n Deposito van R_______________ (_______________ Rand),

synde nie minder as 15% van die totale koopprys nie, binne 10 dae vanaf datum van ondertekening hiervan, onderhewig aan 4.1.4, betaalbaar aan die transportbesorgers Willem Coetzee Ingelyf, Standard Bank, Potchefstroom, Trustrekening, rekeningnommer: 030 570 557, tak kode: 052 838, welke bedrag in trust gehou word en op datum van registrasie van transport van die eiendom in die naam van die Koper aan die Verkoper oorbetaal sal word.

4.1.2 Die Koper magtig en gee hiermee aan die transportbesorgers

instruksie om die deposito’s te belê in ‘n rentedraende rekening by Standard Bank in terme van Artikel 78(2A) van die Prokureurs Wet vir krediet van die Koper tot op datum van registrasie van die transport in naam van die Koper.

4.1.3 Die saldo van R_____________ (_______________________

Rand) welke bedrag BTW op die volle koopprys inlsuit, is betaalbaar op datum van registrasie van die transport, onderhewig aan 4.1.4, vir welke bedrag ‘n vir die Verkoper aanvaarbare bankwaarborg/e gelewer moet word aan die transportbesorgers, binne 45 (Vyf en Veertig) dae na datum van ondertekening van hierdie ooreenkoms en welke waarborg/e betaalbaar sal wees te Potchefstroom, vry van enige wisselkoste en uitgawes, teen registrasie van die eiendom in die naam van die Koper.

4.1.4 Ingeval die Koper slegs ‘n lening bekom vir 70% van die

koopprys, ooreenkomstig die bepalings van klousule 15.1, sal die Koper verplig wees om op aanvraag die verskil tussen die koopprys en die leningsbedrag, met inagneming van die deposito verwys na in 4.1.1, as verdere deposito aan die transportbesorgers te betaal of betaling daarvan te laat waarborg deur ‘n addisionele bankwaarborg te lewer, wat voldoen aan die bepalings van 4.1.3.

Page 5: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

5

4.2 Die partye kom ooreen dat indien die eiendom nie binne 90 (Negentig) dae vanaf die datum van hierdie ooreenkoms aan die Koper oorgedra is nie, die Koper aanspreeklik sal wees vir die betaling van rente op die koopprys vanaf daardie datum bereken, teen Standard Bank se prima uitleenkoers per jaar, van tyd tot tyd, betaalbaar tot datum van registrasie, indien sogenaamde vertraging veroorsaak word deur ‘n doen of late van die Koper. Sodanige rente is betaalbaar op aanvraag.

4.3 Indien die BTW koers (huidiglik 14%) verhoog sou word voor datum van oordrag sal die Koper verantwoordelik wees vir die betaling van die verhoogde koers.

5. OPENING VAN DEELTITELREGISTER

Die Verkoper bevestig dat die deeltitelregister wat betrekking het op hierdie deeltitelskema, soos aangedui op die deelplan, reeds geopen is.

6. DOMICILIUM

Die Verkoper kies sy domicilium citandi et executandi te : Eenheid 24 Hartenbos Landgoed Hartenbos

Die Koper kies sy domicilium citandi et executandi te: ____________________ ____________________ ____________________ (alleenlik fisiese adres) en enige kennisgewing geaddreseer aan enige van die partye en afgelewer word per hand of geregistreerde pos te sy adres sal geag word deur sodanige party ontvang, te wees op die tyd en datum van aflewering.

7. JURISDIKSIE

Die partye stem hiermee toe tot die jurisdiksie van die Siviele Distriks Hof vir die beslegting van enige dispuut wat tussen die partye tot hierdie ooreenkoms

Page 6: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

6

mag ontstaan sonder benadeling van die Verkoper of sy agent se reg om aksie in te stel in ‘n ander hof ingeval sodanige eis die jurisdiksie van die Siviele Distriks Hof oorskry.

8. KONTRAKBREUK

Indien die Koper sou versuim om enige betaling waarvoor hierin voorsiening gemaak is te maak of indien enige party versuim om enige voorwaarde of bepaling in terme hiervan stiptelik na te kom en steeds in versuim sou bly 7 (sewe) dae na versending van ‘n skriftelike aanmaning (welke aanmaning per geregistreerde pos, faks, e-pos of per hand versend mag word) om sodanige betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees, sonder benadeling van enige ander regte waarop die party geregtig is in terme van die reg: Indien die party in verstek die Koper is: 8.1 om onmiddelik betaling van die volle balans van die koopprys te eis ten

spyte daarvan dat dit nog nie deur die Koper betaalbaar is kragtens hierdie koopooreenkoms nie; of

8.2 om hierdie koopooreenkoms onmiddelik te kanselleer en om alle betalings wat deur die Koper gemaak is as roukoop of as gelikwideerde skadevergoeding te behou vir skade wat die Verkoper as gevolg van die Koper se versuim gely het; of

8.3 alternatiewelik sal die Verkoper geregtig wees om hierdie

koopooreenkoms te kanselleer en om enige skade wat hy gely het asgevolg van die Koper se kontrakbreuk van die Koper te verhaal.

Indien die party in verstek die Verkoper is: 8.4 om ‘n regsgeding in te stel vir die afdwing van die Koper se regte

hierkragtens; of

8.5 om hierdie ooreenkoms te kanselleer en om sodanige skade te verhaal as wat die Koper mag gely het voorspruitend uit sodanige kontrakbreuk.

9. TRANSPORT- EN VERBANDREGISTRASIE EN KOSTE

9.1 Registrasie van transport van die eiendom in die naam van die Koper

sal deur Willem Coetzee Ingelyf, Prokureurs, Potchefstroom (Telefoonnomer: 018 297 7313), in assosiasie met Cilliers Odendaal

Page 7: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

7

Prokureurs, George en Mosselbaai, waargeneem word sodra alle oordrag dokumente geteken, waarborge gelewer en alle kostes betaal is. Oordrag mag, na die keuse van die Verkoper, gelyktydig geskied met oordrag van die eiendom in die naam van die Verkoper, ooreenkomstig die bepalings van klousule 2.2 hiervan.

9.2 Die Koper sal aanspreeklik wees vir betaling van alle prokureurskostes en verwante uitgawes met betrekking tot oordrag van die eiendom in die naam van die Koper, welke bedrag op aanvraag betaalbaar sal wees.

9.3 Die Koper sal aanspreeklik wees vir alle prokureurs- en verwante

kostes met betrekking tot die registrasie van ‘n verband oor die eiendom, soos bepaal in klousule 15 hiervan.

9.4 Die Koper sal op versoek van die prokureurs onmiddelik alle transport-

en verband dokumente onderteken.

10. AGENTEKOMMISSIE

10.1 Geen agentekommissie sal betaal word deur die Koper nie en sal deur

die Verkoper betaalbaar wees (indien van toepassing).

10.2 Die Koper waarborg dat _______________, hom aan die eiendom en die Verkoper bekend gestel het en geen ander agent nie.

11. ALGEMEEN 11.1 Die partye kom ooreen dat hierdie ooreenkoms die volle ooreenkoms

tussen die partye daarstel en dat geen ander voorwaardes, bepalings, waarborge of voorstellings bestaan wat nie in hierdie dokument vervat is nie, en nie geldig en bindend op die partye sal wees tensy dit op skrif gestel word en deur beide partye onderteken word nie.

11.2 In die geval waar die ondertekenaar nie in persoonlike hoedanigheid

optree nie maar namens ‘n regspersoon of ander instansie, bind die persoon wat namens die Koper teken uit hoofde van sy handtekening homself as borg en mede- hoofskuldenaar gesamentlik en afsonderlik met die regspersoon vir nakoming van alle voorwaardes en verpligtinge van die Koper ingevolge hierdie ooreenkoms.

11.3 Indien daar meer as een Koper is verbind die Kopers gesamentlik en afsonderlik in solidum hulleself teenoor die Verkoper vir die

Page 8: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

8

behoorlike nakoming van alle voorwaardes en verpligtinge van hierdie ooreenkoms.

11.4 Indien die Verkoper aan sy prokureurs opdrag gee om enige stappe

teen die Koper te neem ten einde enige van die Verkoper se regte hierkragtens af te dwing of om betalings van enige paaiemente hierkragtens te eis, sal die Koper op aanvraag deur die Verkoper alle koste op prokureur en kliënt skaal, opsporingskostes en invorderingskostes betaal, selfs al sou sodanige stappe nie deur bemiddeling van ‘n hof geneem word nie.

11.5 Indien die ondertekenaar van hierdie ooreenkoms optree namens ‘n

prinsipaal (of die prinsipaal openbaar gemaak is of nie of reeds bestaan of nog opgerig moet word) sal die bepalings van klousule 11.2 mutatis mutandis van toepassing wees en sal die ondertekenaar, gesamentlik en afsonderlik met die ondertekenaar se prinsipaal aanspreeklik wees vir die nakom van alle verpligtinge ingevolge hiervan.

11.6 Enige uitstel toegestaan vir die nakoming van enige van die

verpligtinge van die Koper hierkragtens, of enige verlenging van tyd of kondonasie van die Koper se nie-nakoming van enige voorwaardes of verpligting hierkragtens sal nie as ‘n novasie of afstanddoening van die Verkoper se regte beskou word nie.

11.7 Die eiendom word verkoop onderhewig aan alle voorwaardes en

sewitute genoem of verwys na in die bestaande titelakte van die grond of wat deur die plaaslike bestuur en enige ander owerheidsliggaam opgelê is ten opsigte van die skema asook onderhewig aan die reëls (gedrags- en bestuursreëls) van die skema.

11.8 Om die spoedige registrasie van die oordrag en die verband te

verseker vir die doeleindes van 15 en om die moontlikheid van betaling van okkupasiehuur te verminder, sal die Koper verplig wees om die finansiële instelling te versoek om instruksie te gee aan die Verkoper se transportbesorgers, Willem Coetzee Ingelyf, 62 James Moroka Straat, 1ste Vloer Octron Gebou, Potchefstroom,2531, Tel: 018 297 7313 of Cilliers Odendaal Prokureurs, 126 Cradock Straat, George 6529, Tel: 044 874 5244 om die registrasie van die verband waar te neem, hoewel die partye bevestig dat hulle bewus is daarvan dat die bank of finansiële instelling nie gebonde is aan hierdie benoeming nie.

12. BESIT EN OKKUPASIE

12.1 Besit en okkupasie van die eiendom sal aan die Koper gegee word op

datum van registrasie van transport, tensy ‘n vroeëre datum ooreengekom word, vanaf welke datum die volle en uitsluitlike risiko

Page 9: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

9

van wins verlies van die eiendom die Koper toeval.

12.2 Okkupasie van die eiendom sal aan die Koper gegee word op _____________________________. (skrap indien nie van toepassing).

12.3 Indien die eiendom nog nie teen datum van okkupasie op die Koper se

naam oorgedra is nie, sal die Koper verplig wees om aan die Verkoper okkupasiehuur te betaal ten bedrae van ‘n bedrag gelykstaande aan 1% (Een Persent) van die koopprys per maand, plus enige heffings en koste betaalbaar aan die regspersoon en die plaaslike owerheid, pro rata bereken vanaf die datum in 12.2 tot datum van registrasie van die eiendom in naam van die Koper, welke okkupasiehuur vooruit betaalbaar is op die eerste dag van elke maand, betaalbaar direk aan die Verkoper.

13. VOETSTOOTS

Die Koper erken dat hy die eiendom wat hiermee verkoop word geïnspekteer het en dat hy homself tevrede gestel het ten opsigte van die toestand daarvan. Die verkoop is voetstoots en die Verkoper sal nie verantwoordelik wees vir enige defek, latent of patent nie.

14. VERSEKERING Die eiendom is verseker vir die volle vervangingswaarde daarvan en die regspersoon is verplig om sodanige versekering in stand te hou.

15. OPSKORTENDE VOORWAARDES

Die partye kom ooreen dat hierdie ooreenkoms onderhewig is aan die opskortende voorwaarde dat die Koper suksesvol is met die verkryging van ‘n lening by ‘n bank of finansiële instelling, betaalbaar teen registrasie van oordrag van die eiendom en die gelyktydige registrasie van ‘n eerste verband oor die eiendom, vir ‘n minimum bedrag van R_________________ (________________________________ Rand), synde 70% van die totale koopprys, binne ‘n tydperk van 30 (Dertig) dae vanaf datum van hierdie ooreenkoms by versuim waarvan hierdie ooreenkoms, sal verval en daar geen verpligting verder op die Koper sal rus nie. Die Koper sal verplig wees om binne 10 (tien) werksdae skriftelike bevestiging van sy finansiële instelling te lewer aan die transportbesorgers dat die lening in beginsel goedgekeur is deur die lewering van ‘n AIP (Approval In Principle). Die Koper gee hiermee

Page 10: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

10

toestemming dat die Verkoper en die eiendomsagent namens hom by ‘n bank of finansiële instelling kan aansoek doen vir ‘n lening en onderneem om op aanvraag alle inligting en dokumente vir hierdie doel aan die Verkoper en die bank of finansiële instelling beskikbaar te stel. Die Koper waarborg dat sy finansiële posisie en betaalvermoë sodanig is dat ‘n bank of finansiële instelling ‘n lening aan hom behoort toe te staan vir gemelde bedrag.

16. REGSPERSON EN MAANDELIKSE HEFFING

16.1 Die Koper erken dat, in terme van die 1986 Wet, ‘n beheerliggaam

bestaan vir die skema waarvan die Koper ‘n lid sal wees vanaf datum van registrasie.

16.2 Die Koper sal aanspreeklik wees vir betaling van heffings vanaf datum van okkupasie of datum van registrasie wat ookal die eerste is, soos bepaal deur die beheerliggaam in terme van die Wet. Die maandelikse heffings beloop huidiglike ‘n bedrag van ± R1 200.00 (Een Duisend Twee Honderd Rand).

17. KOPER SE REG TOT TERUGTREDE

Hierdie ooreenkoms is nie onderhewig aan die bepalings van Artikel 29A van die Wet op Vervreemding van Grond Wet 68 van 1981 nie en dienooreenkomstig het die Koper nie ‘n reg tot terugtrede of kansellasie van hierdie ooreenkmos deur die betekening van ‘n skriftelike kennisgewing aan die Verkoper of sy agent nie.

18. VERKOPER SE REG TOT UITBREIDING

Die Verkoper is geregtig om die huidige geregistreerde eienaar se saaklike reg om die skema uit te brei, in twee of meer verdere fases, uit te oefen in terme van Artikel 25 van die 1986 Wet, vir die toevoeging van verdere eenhede tot en met ‘n maksimum van 62 eenhede in toto, en die Koper stem toe daartoe en koop die eiendom onderhewig aan sodanige reg van uitbreiding. Hierdie reg om uit te brei is geldig vir ‘n periode van 10 (Tien) jaar vanaf datum van opening van die Deeltitelregister.

19. AANBOD EN AANNAME

Hierdie aanbod sal geldig wees en oop bly vir aanvaarding deur die Verkoper vir ‘n tydperk van nie minder as 21 dae vanaf datum hiervan.

Page 11: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

11

20. ELEKTRIESE SERTIFIKAAT

Die VERKOPER sal voor datum van registrasie van transport in die naam van die KOPER, op die VERKOPER se koste, aan die KOPER ‘n sertifikaat van Voldoening uitgereik deur ‘n gekwalifiseerde elektrisiën in terme van die Regulasies onder Wet 85 van 1993, lewer. Die VERKOPER onderneem om geen veranderings aan die elektriese installasie op die eiendom aan te bring na aflewering van sodanige sertifikaat nie.

21. SPESIALE VOORWAARDES EN BEPALINGS

_____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

GETEKEN TE __________________________ OP HIERDIE _______ DAG VAN

______________ 2011

Page 12: KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOEDhartenbos-landgoed.co.za/documents/koop kontrak.pdf · betaling te maak of versuim of kontrakbreuk te herstel, sal die benadeelde party geregtig wees,

WC/KOOPKONTRAK 08.04.2011

12

AS GETUIES:

1. KOPER, persoonlik en as borg en mede-hoofskuldenaar (indien van toepassing)

2. ____________________________

Koper se gade

GETEKEN TE __________________________ OP HIERDIE _______ DAG VAN

______________ 2011

AS GETUIES:

1. Namens VERKOPER H. Marais/________________ Direkteur/Gevolmagtigde

2.