35
Laat ons nie onkundig wees nie... ....wanneer julle hierdie dinge hoor is dit nog nie die einde nie.....

Laat ons nie onkundig wees nie

  • Upload
    zubeda

  • View
    105

  • Download
    25

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Laat ons nie onkundig wees nie. ....wanneer julle hierdie dinge hoor is dit nog nie die einde nie. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Laat ons nie onkundig wees nie

Laat ons nie onkundig wees nie...

....wanneer julle hierdie dinge hoor is dit nog nie die einde nie.....

Page 2: Laat ons nie onkundig wees nie

Mat 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar

dit is nog nie die einde nie. Mat 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar

sal hongersnode (finansiële krisisse) wees en pessiektes (mediese krisisse) en aardbewings (natuurrampe) op

verskillende plekke. Mat 24:8 Maar al hierdie dinge is ʼn begin van die smarte. Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking

oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. Mat 24:10 En dan sal baie tot

struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. Mat 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. Mat 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Mat 24:13 Maar wie volhard

tot die einde toe, hy sal gered word.

Page 3: Laat ons nie onkundig wees nie

Die begin van die einde..... die einde van die sisteem van

ongeregtigheid.

Page 4: Laat ons nie onkundig wees nie

Maar het hulle nie al 2000 gelede gedink die einde is naby nie? Kan ons weet?

Mat 24:2 En Jahshua sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die

dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? Mat 24:4 En Jahshua antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ʼn getuienis vir al die

nasies; en dan sal die einde kom. Mat 24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet—

Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. Mat 24:22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar

ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word. Mat 24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle

sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Mat 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. Mat 24:26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so

sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Mat 24:28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. Mat 24:29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. Mat 24:30

En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. Mat 24:32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis:

Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.

Page 5: Laat ons nie onkundig wees nie

Uit Daniël lees ons....Dan 8:1 In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, 'n gesig verskyn ná dié een wat

die vorige keer aan my verskyn het. Dan 8:2 Ek het naamlik in die gesig gesien--terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het. Dan 8:3 En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan 'n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom. Dan 8:4 Ek het die

ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword. Dan

8:5 Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad. Dan 8:6 En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop. Dan 8:7 En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram

stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie. Dan 8:8 En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel. Dan 8:9 En uit een van dié het 'n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe. Dan 8:10 En dit het groot geword tot by die leër van die hemel en het sommige van die leër, naamlik van die sterre, op die aarde laat val en hulle vertrap. Dan 8:11 Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword,

sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is. Dan 8:12 En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond

neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad. Dan 8:13 Toe hoor ek 'n heilige spreek; en 'n ander heilige het aan die een wat spreek, gesê: Hoe lank sal die gesig duur--van die voortdurende offer en die ontsettende

goddeloosheid--sal die heiligdom sowel as die leër aan vertrapping oorgegee word? Dan 8:14 En hy het vir my gesê: Twee duisend drie honderd aande en môres, dan sal die heiligdom in sy regte staat

herstel word.

Page 6: Laat ons nie onkundig wees nie

Wat sien ons hier?• Eers twee horings op ʼn ram wat die aarde oorheers na wes, na noord, na suid (maw nie na oos nie – die ram self is in die ooste)• Dan kom ʼn ram met een horing uit die weste, wat nie aan die aarde raak nie (beweeg vinnig), en verslaan die twee horings. Hy heers oor alles, en niks hou stand voor hom nie.• Op die kruin van sy mag, word hy afgebreek (nie deur ʼn ander dier nie, maar van self).• Die een horing op die bokram word nou vervang met vier kleiner horings – hulle is nie so sterk soos die eerste een nie. Die selfde bokram, vier nuwe horings.• Uit een van die vier horings kom daar toe ʼn vyfde – wat eers klein, en toe baie groot word – hierdie horing stoot na die ooste en suide en na die Pragtige Land (Jerusalem) – die horing stoot dus uit die noord/weste.• Hierdie laaste horing bestaan van die tyd van die vier horings se einde, tot die voleindiging van die onheiligheid – vir 2300 profetiese dae (jare?).• Onder gesag van hierdie horing, word die leër van die heiliges verslaan, die sterre aan die hemele geskud en laat val, en hy tas selfs die Vors (Jahshua) self aan. Hierdie horing verdraai die waarheid en vertrap die heiligdom (Vader se volk).• Wanneer hierdie horing verslaan word, sal die heiligdom finaal herstel word – na 2300 profetiese dae van sy bestaan.

Page 7: Laat ons nie onkundig wees nie

So, as ons net weet wie die horings is.... dan kan ons min of meer uitwerk in watter

geslag die einde sal kom?

Dit moet 2300 jaar na die moment wees wat die laaste horing mag by die vier

horings oorgeneem het....

Wie, wanneer – dit is die vraag.

Page 8: Laat ons nie onkundig wees nie

Wie – dis maklik, die engel lê dit uit op Daniel se versoek.

Dan 8:15 En toe ek, Daniël, die gesig gesien het, het ek probeer om dit te verstaan, en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het. Dan 8:16 En ek het 'n mensestem gehoor

uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan! Dan 8:17 Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde. Dan 8:18 En terwyl hy met my

spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig Dan 8:19 en gesê: Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die

strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde. Dan 8:20 Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse. Dan 8:21 En die

harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning (van verenigde Griekeland). Dan 8:22 En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het--vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie. Dan 8:23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van

aangesig en wat listige streke verstaan. Dan 8:24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie; en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges

vernietig en ook die volk van die heiliges. Dan 8:25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van mensehand verbreek word. Dan 8:26 En die gesig van die aande en die môres waarvan gespreek is, dit is waarheid; en jy, hou

die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms. Dan 8:27 En ek, Daniël, was gedaan en was dae lank siek; daarna het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen; en ek was verstom oor

die gesig, maar niemand het dit gemerk nie.

Page 9: Laat ons nie onkundig wees nie

Wanneer – net so maklik – Wikipedia help.Die groot Griekse horing (die eerste koning oor ʼn verenigde Griekeland):

Alexander III of Macedon (356–323 BC),Sterf terwyl hy Vader bespot met sy verering van afgod HerculesConversely, Diodorus recounts that Alexander was struck down with pain after downing a large bowl of unmixed wine in honour of Hercules, and (rather mysteriously) died after some agony, which is also mentioned as an alternative by Arrian, but Plutarch specifically denies this claimConversely, the strongest argument against the poison theory is the fact that twelve days had passed between the start of his illness and his death; in the ancient world, such long-acting poisons were probably not available.

Vier Griekse horings (koninkryke) na Alexander se dood

After the assassination of Perdiccas in 321 BC, all semblance of Macedonian unity collapsed, and 40 years of war between "The Successors" (Diadochi) ensued before the Hellenistic world settled into four stable power blocks: the Ptolemaic kingdom (1) of Egypt, the Seleucid Empire (2) in the east, the Kingdom of Pergamon (3) in Asia Minor, and Macedon (4). In the process, both Alexander IV and Philip III were murdered.

Ptolemaic Koninkryk – 323 vC tot 221 vC (beraamde datum waarop piek invloed begin afneem het)Seleucid Reik – 323vC tot 281vC (beraamde datum waarop piek invloed begin afneem het)Pergamon Koninkryk - 323vC tot 281vC (beraamde datum waarop piek invloed begin afneem het)Macedonië - 323vC tot 202vC (beraamde datum waarop piek invloed begin afneem het)

Page 10: Laat ons nie onkundig wees nie

Die nie-so-duidelike begin van die 2300 jaarDie dag toe die “magsbalans” in die wêreld van die Hellenistiese

koninkryke, na die Romeinse Republiek geskuif het, is die begin van die telling.....maar historiese verskil oor die datum.

Widespread Roman interference in the Greek World was probably inevitable given the general manner of the ascendency of the Roman Republic. This Roman-Greek interaction began as a consequence of the Greek city-states located along the coast of southern Italy. Rome had come to dominate the Italian peninsula, and desired the submission of the Greek cities to its rule. Although they initially resisted, allying themselves with Pyrrhus of Epirus, and defeating the Romans at several battles, the Greek cities were unable to maintain this position and were absorbed by the Roman republic. Shortly afterwards, Rome became involved in Sicily, fighting against the Carthaginans in the First Punic War. The end result was the complete conquest of Sicily, including its previously powerful Greek cities, by the Romans.

In 281 BC, the Greek city of Tarentum, in southern Italy, fell out with Rome and was faced with a Roman attack and certain defeat. Rome had already made itself into a major power, and was poised to subdue all the Greek cities in Magna Graecia. The Tarentines asked Pyrrhus to lead their war against the Romans. Pyrrhus was encouraged to aid the Tarentines by the oracle of Delphi. His goals were not, however, selfless. He recognized the possibility of carving out an empire for himself in Italy. He made an alliance with Ptolemy Ceraunus, King of Macedon and his most powerful neighbor, and arrived in Italy in 280 BC.

When Pyrrhus invaded Apulia (279 BC), the two armies met in the Battle of Asculum where Pyrrhus won a very costly victory. The consul Publius Decius Mus was the Roman commander, and his able force, though defeated, broke the back of Pyrrhus' Hellenistic army, and guaranteed the security of the city itself. The battle foreshadowed later Roman victories over more numerous

Page 11: Laat ons nie onkundig wees nie

Ons weet dus binne buite-merkers.....

0

323v

C

202v

C

281v

C

Alex

ande

r doo

d

Mac

edon

ië se

mag

geb

reek

Eers

te n

eerla

e va

n H

elle

nisti

ese

sted

e in

Ital

2300 jaar2300 jaar

2300 jaar

1977

nC

2019

nC

2098

nC

121 jaar

88 jaar

Page 12: Laat ons nie onkundig wees nie

Iewers in die volgende 88 jaar sal die dag aanbreek dat die heiligdom herstel word en die

vrederyk van 1000 jaar aanbreek....Opn 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. Opn 19:12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. Opn 19:13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. Opn 19:14 En die leërs in die hemel het Hom

gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

Opn 20:1 En ek het ʼn engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ʼn groot ketting in sy hand. Opn 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is

en hy het hom gebind duisend jaar lank, Opn 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar

voleindig is nie. Daarna moet hy dan ʼn kort tydjie ontbind word. Opn 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jahshua en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en

hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. Opn 20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.

Opn 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as

konings regeer duisend jaar lank.

Page 13: Laat ons nie onkundig wees nie

En aan die einde daarvan, sal die groot afrekening kom.....

Opn 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; Opn 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. Opn 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van

die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. Opn 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle

sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. Opn 20:11 En ek het ʼn groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug

het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. Opn 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ʼn ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. Opn 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy

werke. Opn 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. Opn 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek

van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Page 14: Laat ons nie onkundig wees nie

En dan die Nuwe AardeOpn 21:1 En ek het ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. Opn 21:2

En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ʼn bruid wat vir haar man versier is. Opn 21:3 En ek het ʼn groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. Opn 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen

dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. Opn 21:5 En Hy wat op die troon sit,

het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. Opn 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die

fontein van die water van die lewe, verniet. Opn 21:7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ʼn God wees, en hy sal vir My ʼn seun wees.

Page 15: Laat ons nie onkundig wees nie

Maar voor die begin van die 1000 jaar reik, moet ʼn hele spul dinge eers plaasvind, en die tyd is so min!

Tussen vandag en die dag van die Ruiter op die wit perd, is daar nie meer as 88 jaar, waarskynlik minder as 9 jaar, en Babilon moet nog eers val......en die verdrukking

toeneem, en die nasies op hul tande kners, en...., en......, en ons tel die tyd nou in jare, nie meer eeue, selfs nie meer geslagte nie!

Page 16: Laat ons nie onkundig wees nie

Jes 24:1 Kyk, JAHWEH maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners. Jes 24:2

Dieselfde lot tref die volk en die priester (godsdienstige sisteem), die slaaf en sy heer (finansieel – van wie jy leen, is jy ’n slaaf), die

slavin en haar meesteres (finansieel – van wie jy leen, is jy ’n slaaf), die koper en die verkoper (finansiële sisteem). , die

uitlener en die lener (finansiële sisteem). , die skuldeiser en die skuldenaar (finansiële sisteem). Jes 24:3 Die aarde word

heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want JAHWEH het hierdie woord gespreek.

Hoe begin die verwoesting van die wêreldse sisteem?

Page 17: Laat ons nie onkundig wees nie

In een dag val ʼn sisteemOpn 14:6 En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners

van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. Opn 14:7 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid

Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. Opn 14:8 En 'n ander engel het gevolg en gesê:

Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar

hoerery. Opn 14:9 En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n

merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, Opn 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat

ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

Page 18: Laat ons nie onkundig wees nie

....ʼn sisteem van handel (finansieel).....Opn 18:2 En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, Opn 18:3 omdat al die nasies gedrink het

van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer (regerings het deel aan haar) het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag

van haar weelderigheid. Opn 18:4 En ek het 'n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Opn

18:5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie (my man is

nie dood nie – sy erken nie die offer van Jahshua), en droefheid sal ek nooit sien nie (daar is nie veroordeling vir my nie) Opn 18:8 daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en

honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel. Opn 18:9 En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor

haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, Opn 18:10 terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom! Opn 18:11 En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie, Opn 18:12 koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en

yster en marmer Opn 18:13 en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.

Page 19: Laat ons nie onkundig wees nie

Daarna geen waarde meer in goud en silwer...

Eseg 7:19 Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal 'n voorwerp van afsku wees; hul silwer

en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van JAHWEH nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig (hul sal honger wees vir geestelike spys maar dit nie kan vind agv hul

verknogtheid aan rykdom nie) of hul ingewande daarmee vul (hul vlees sal honger wees want

niemand sal ʼn brood vir goud wil ruil nie) nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.

Page 20: Laat ons nie onkundig wees nie

Die wa kraak onder die gewig.....

Amo 2:13 Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos ʼn wa kraak wat vol gerwe is; Amo 2:14 sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie. Amo

2:15 En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter

sal sy lewe nie red nie. Amo 2:16 En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek

JAHWEH.

Page 21: Laat ons nie onkundig wees nie

Warning signals of a double-dip recession flash brightly across the world

Global bond markets are flashing warning signals of a sharp slowdown in growth across the world and a possible slide toward a double-dip recession and outright deflation.

By Ambrose Evans-Pritchard, International Business Editor Published: 10:53PM BST 29 Jun 2010

The yield on two-year US Treasuries has fallen to a record low of 0.61pc in a flight to safety, a level not seen during the depths of the Great Depression.

“If the bond market is correct then this recovery could be dead in the water,” said Jim Reid, credit strategist at Deutsche Bank.

Mr. Reid said deflation has emerged as the dominant risk in the West and will force central banks to renew quantitative easing, the Americans “pre-emptively” and the Europeans “only when their backs are against the world”.

Triple tremors from the banking crisis in Spain, crumbling confidence in the US, and a setback in China’s leading economic indicator all combined with a vengeance on Tuesday. “The market in risky assets has capitulated today amid fears that the global recovery is petering out,” said Gavan Nolan, head of credit at Markit. Rumbling in the background are influential voices warning of a global slide into economic quagmire. Nobel Laureate Paul Krugman said premature tightening in much of the North Atlantic region at the same time would lead to disaster. “We are now, I fear, in the early stages of a third depression, primarily a failure of policy.

Italy’s public debt is the third largest in the world after the US and Japan. Everybody knows that if the crisis ever reaches Rome, the game is up for monetary union.

There are concerns in any case that Japan itself may be sliding back into deflationary deep freeze. Spreads on Greek debt have jumped 350 basis points since the EU announced its plan in early May. Portuguese and Spanish yields have both jumped sharply despite direct action by the European Central Bank to force down yields. Private buyers are clearly dumping their holdings onto the ECB as fast they can.

Page 22: Laat ons nie onkundig wees nie

“...’n finansieel sisteem wat staan op die beginsel van skuld – om te

leen teen die toekoms, sodat vandag oorvloedig kan wees...”

Page 23: Laat ons nie onkundig wees nie

Ek leen geld sodat ek vandag kan hê wat ek eers môre kan bekostig....

...en as die more kom, en ons dit steeds nie kan betaal nie, leen ons twee keer soveel – om die skuld van gister te betaal, en die oorvloed van vandag te behou....

Page 24: Laat ons nie onkundig wees nie

Soos om ’n blok ys as teengewig te gebruik – en die son kom op oor die landskap.

Val is onvermybaar?

BNP (GNP) Skuld

Pro 22:7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.

Page 25: Laat ons nie onkundig wees nie

Hinderlaag vir die Weste

Weste

Page 26: Laat ons nie onkundig wees nie

Die vanggat val in onder ons voete

Die afkom het gebeur – die opgaan het (nog) nie gebeur nie....

Page 27: Laat ons nie onkundig wees nie

Jes 46:8 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges! Jes 46:9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; Jes 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen; Jes 46:11 wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom;

Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen. Jes 46:12 Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid! Jes 46:13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my

heerlikheid.

Page 28: Laat ons nie onkundig wees nie

Die Ooste besit die Weste

Per mens produksie

Page 29: Laat ons nie onkundig wees nie

A New World Economy The balance of power will shift to the East as China and India evolve (Bloomsburg)

But in a way, even America's rise falls short in comparison to what's happening now. Never has the world seen the simultaneous, sustained takeoffs of two nations that together account for one-third of the planet's population. For the past two decades, China has been growing at an astounding 9.5% a year, and India by 6%. Given their young populations, high savings, and the sheer amount of catching up they still have to do, most economists figure China and India possess the fundamentals to keep growing in the 7%-to-8% range for decades.

To globalization's skeptics, however, what's good for Corporate America translates into layoffs and lower pay for workers. Little wonder the West is suffering from future shock. Each new Chinese corporate takeover bid or revelation of a major Indian outsourcing deal elicits howls of protest by U.S. politicians. Washington think tanks are publishing thick white papers charting China's rapid progress in microelectronics, nanotech, and aerospace -- and painting dark scenarios about what it means for America's global leadership.

Such alarmism is understandable. For in almost every dimension -- as consumer markets, investors, producers, and users of energy and commodities -- they will be 21st-century heavyweights. The growing economic might will carry into geopolitics as well. China and India are more assertively pressing their interests in the Middle East and Africa, and China's military will likely challenge U.S. dominance in the Pacific.

One implication is that the balance of power in many technologies will likely move from West to East. An obvious reason is that China and India graduate a combined half a million engineers and scientists a year, vs. 60,000 in the U.S. In life sciences, projects the McKinsey Global Institute, the total number of young researchers in both nations will rise by 35%, to 1.6 million by 2008. The U.S. supply will drop by 11%, to 760,000. As most Western scientists will tell you, China and India already are making important contributions in medicine and materials that will help everyone. Because these nations can throw more brains at technical problems at a fraction of the cost, their contributions to innovation will grow.

Page 30: Laat ons nie onkundig wees nie

Israel se beursie, se huise en hul hart is uitverkoop aan die nasies van die wêreld (Ooste)

Jes 2:5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van JAHWEH! Jes 2:6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos

die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel. Jes 2:7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie. Jes 2:8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het (die weste vertrou op sy eie handewerk, sy eie verstand, sy eie vermoeë en ontken dat daar ʼn God is wat beskik – humanisme). Jes 2:9 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie. Jes 2:10 Gaan in die rots (Jahshua) en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van JAHWEH en om die

heerlikheid van sy majesteit ontwil.

Eseg 8:15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. Eseg 8:16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van JAHWEH (binne die

“kerk”) ; en kyk, by die ingang van die tempel van JAHWEH, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van JAHWEH en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste (het die gelowe van die Ooste gekies bo die

Waarheid van die Woord – Nuwe Wêreld Orde, humanisme, verligtheid, “Moeder Aarde”).

Page 31: Laat ons nie onkundig wees nie

Hierdie kennis behoort nie die rede te wees vir jou besluit om

met Vader te versoen nie.

Page 32: Laat ons nie onkundig wees nie

Waarom is hierdie dinge goed om te weet?

Page 33: Laat ons nie onkundig wees nie

ʼn Tyd van verandering – van prioriteite en belange.

Die ou dinge is aan verbygaan, en die nuwe dinge moet nog

kom....maar is naby.

Page 34: Laat ons nie onkundig wees nie

Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so

maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, Heb 12:2 die

oog gevestig op Jahshua, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant

van die troon van God gaan sit het.

Page 35: Laat ons nie onkundig wees nie

Amen