2
56 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 5 Augustus 2016 V ir onkruiddoders om behoor- lik te werk en onkruid in so ’n kort tyd as moontlik morsdood te maak, moet dit eers deur plante opgeneem word. Onkruiddoders wat toegedien word ná gewasse opgekom het, soos glifosaat, glufosinaat en parakwat, word veral deur blare opgeneem. Dié wat toegedien word voor gewasse op- kom, soos atrasien en terbutielasien, word egter hoofsaaklik deur plantwortels opge- neem. Mesotrioon-onkruiddoder word deur blare én wortels opgeneem. Die wateroplosbaarheid van na-opkoms- onkruiddoders wat direk op plantblare toe- gedien word, is oor die algemeen hoog. Die wateroplosbaarheid van glifosaat in suiwer molekulêre vorm by ’n temperatuur van 25 °C is 15 700 mg/l by pH 7, en 11 600 mg/l by pH 2,5. Die isopropielamiensout van gli- fosaat se wateroplosbaarheid is 900 000 mg/l by pH 7 (25 °C) en 786 000 mg/l by pH 4 (25 °C). Glufosinaat se wateroplosbaarheid is 1 370 000 mg/l (pH 7; 20 °C) en parakwat s’n 620 000 mg/l. Mesotrioon se oplosbaarheid is 2 200 mg/l by pH 4,8, en 15 000 mg/l by pH 6,9 (mesotrioon is ’n voor- en na-op- komsonkruiddoder). Na-opkomsonkruiddoders het dus oor die algemeen besonder hoë wateroplosbaarheid. Byvoegmiddels maak onkruiddoders beter Onkruiddoders bereik weens ongunstige omgewingstoestande selde hul volle potensiaal. Byvoegmiddels kan egter dié bordjies verhang en heelwat nuwe opsies bestaan op die mark. Lees net die etiket . . . HINDERNISSE BEPAAL OPNAME VAN ONKRUIDDODER ’n Blaaroppervlak is oor die algemeen wa- ter-afstotend (hidrofobies). Die sterkte van dié chemo-fisiese kragte verskil van plant- soort tot plantsoort. Daar is gewoonlik op die boonste en onderste dele van blare haartjies (trichome) en was wat bo-op ’n kutikula geleë is. Dié laag bestaan uit ’n matriks van pektien met was daarin ingebed (sien foto’s). Hierdie materiale is almal water-afstotend, en vorm die eerste linie van verdediging teen vreemde stowwe – soortgelyk aan die besker- ming wat mense se harige, olierige vel bied. Hoe is dit dan moontlik dat hoogs water- oplosbare onkruiddoders plante deur hul bla- re kan binnedring ten spyte van bogenoem- de hindernisse vir wateropname en -vloei? Onthou dat die onkruiddoder blare net in ’n watermedium kan binnedring. Spuitdrup- pels waarvan die waterkomponent op die blaaroppervlak verdamp, laat ’n residu van die onkruiddoder agter, wat eers opgeneem kan word nadat dit weer hidreer geraak het, soos wat dou en hoë lugvog kan doen. Wanneer ’n hoogs wateroplosbare (hidro- filiese) onkruiddoder eers deur die kutikula gedring het (sien SKETS ), raak die beweging daarvan na binne algaande makliker om- dat die selle wat direk onder die kutikula geleë is, hidrofiliese protoplasma bevat wat dien as vervoerkanaal vir verdere beweging (translokasie) binne-in die blare, asook uit die blare na ander dele van die plant in die geval van sistemiese onkruiddoders. Vir ’n onkruiddoder met lae wateroplosbaarheid geld die teenoorgestelde. Na-opkomsonkruiddoders se werking is swak wanneer plante in ’n verlepte toestand is weens oormatige hitte en/of grondvogte- kort. Benewens ’n kleiner blaaroppervlak wat deur spuitdruppels getref kan word, is die haartjies en was digter weens inkrimping van blaarweefsel, en die kutikula is verdik. Onkruidplante wat lank onder hitte- of droogtestremming gely het, en daarna aan gunstige groeitoestande blootgestel was, behoort tyd gegun te word om te herstel voordat loof-toegediende onkruiddoders gebruik word. Tyd is nodig vir die haartjies, was en ku- tikula om na “normaal” terug te keer. Die beste maatstaf is sigbare nuwe groei. LBW| RUBRIEK ONKRUIDBESTUUR CHARLIE REINHARDT en BRIAN DE VILLIERS KORTOM ■ Onkruiddoders bereik selde hul volle potensiaal. ■ Heelwat nuwe byvoegmiddels bestaan wat help dat die opname verbeter en uitwerking suksesvol is. 1 2 Waslaag Trichoom (doringagtige haartjie) Trichoom (haartjie) Klier Stofdeeltjie Waslaag

LBW | RUBRIEK ONKRUIDBESTUUR CHARLIE REINHARDT en … · 2018. 12. 6. · Hoe is dit dan moontlik dat hoogs water - oplosbare onkruiddoders plante deur hul bla - re kan binnedring

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LBW | RUBRIEK ONKRUIDBESTUUR CHARLIE REINHARDT en … · 2018. 12. 6. · Hoe is dit dan moontlik dat hoogs water - oplosbare onkruiddoders plante deur hul bla - re kan binnedring

56 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 5 Augustus 2016

Vir onkruiddoders om behoor-lik te werk en onkruid in so ’n kort tyd as moontlik morsdood te maak, moet dit eers deur plante opgeneem word. Onkruiddoders wat toegedien word ná gewasse

opgekom het, soos glifo saat, glufosinaat en parakwat, word veral deur blare opgeneem.

Dié wat toegedien word voor gewasse op-kom, soos atrasien en terbutielasien, word egter hoofsaaklik deur plantwortels opge-neem. Mesotrioon-onkruiddoder word deur blare én wortels opgeneem.

Die wateroplosbaarheid van na-opkoms-onkruiddoders wat direk op plantblare toe-gedien word, is oor die algemeen hoog. Die wateroplosbaarheid van glifosaat in suiwer molekulêre vorm by ’n temperatuur van 25 °C is 15 700 mg/l by pH 7, en 11 600 mg/l by pH 2,5. Die isopropielamiensout van gli-fosaat se wateroplosbaarheid is 900 000 mg/l by pH 7 (25 °C) en 786 000 mg/l by pH 4 (25 °C). Glufosinaat se wateroplosbaarheid is 1 370 000 mg/l (pH 7; 20 °C) en parakwat s’n 620 000 mg/l. Mesotrioon se oplosbaarheid is 2 200 mg/l by pH 4,8, en 15 000 mg/l by pH 6,9 (mesotrioon is ’n voor- en na-op-komsonkruiddoder).

Na-opkomsonkruiddoders het dus oor die algemeen besonder hoë wateroplosbaarheid.

Byvoegmiddels maak onkruiddoders beterOnkruiddoders bereik weens ongunstige omgewingstoestande selde hul volle potensiaal. Byvoegmiddels kan egter dié bordjies verhang en heelwat nuwe opsies bestaan op die mark. Lees net die etiket . . .

HINDERNISSE BEPAAL OPNAME VAN ONKRUIDDODER ’n Blaaroppervlak is oor die algemeen wa-ter-afstotend (hidrofobies). Die sterkte van dié chemo-fisiese kragte verskil van plant-soort tot plantsoort. Daar is gewoonlik op die boonste en onderste dele van blare haartjies (trichome) en was wat bo-op ’n kutikula geleë is. Dié laag bestaan uit ’n matriks van pektien met was daarin ingebed (sien foto’s).

Hierdie materiale is almal water-afstotend, en vorm die eerste linie van verdediging teen vreemde stowwe – soortgelyk aan die besker-ming wat mense se harige, olierige vel bied.

Hoe is dit dan moontlik dat hoogs water-oplosbare onkruiddoders plante deur hul bla-re kan binnedring ten spyte van bogenoem-de hindernisse vir wateropname en -vloei? Onthou dat die onkruiddoder blare net in ’n watermedium kan binnedring. Spuitdrup-pels waarvan die waterkomponent op die blaaroppervlak verdamp, laat ’n residu van

die onkruiddoder agter, wat eers opgeneem kan word nadat dit weer hidreer geraak het, soos wat dou en hoë lugvog kan doen.

Wanneer ’n hoogs wateroplosbare (hidro-filiese) onkruiddoder eers deur die kutikula gedring het (sien SKETS ), raak die beweging daarvan na binne algaande makliker om-dat die selle wat direk onder die kutikula geleë is, hidrofiliese protoplasma bevat wat dien as vervoerkanaal vir verdere beweging (translokasie) binne-in die blare, asook uit die blare na ander dele van die plant in die geval van sistemiese onkruiddoders. Vir ’n onkruiddoder met lae wateroplosbaarheid geld die teenoorgestelde.

Na-opkomsonkruiddoders se werking is swak wanneer plante in ’n verlepte toestand is weens oormatige hitte en/of grondvogte-kort. Benewens ’n kleiner blaaroppervlak wat deur spuitdruppels getref kan word, is die haartjies en was digter weens inkrimping van blaarweefsel, en die kutikula is verdik.

Onkruidplante wat lank onder hitte- of droogtestremming gely het, en daarna aan gunstige groeitoestande blootgestel was, behoort tyd gegun te word om te herstel voordat loof-toegediende onkruiddoders gebruik word.

Tyd is nodig vir die haartjies, was en ku-tikula om na “normaal” terug te keer. Die beste maatstaf is sigbare nuwe groei.

LBW | RUBRIEK ONKRUIDBESTUUR CHARLIE REINHARDT en BRIAN DE VILLIERS

KORTOM

■  Onkruiddoders bereik selde hul volle potensiaal.

■  Heelwat nuwe byvoegmiddels bestaan wat help dat die opname verbeter en uitwerking suksesvol is.

1 2

Waslaag

Trichoom (doringagtige haartjie)

Trichoom (haartjie)

Klier Stofdeeltjie

Waslaag

Page 2: LBW | RUBRIEK ONKRUIDBESTUUR CHARLIE REINHARDT en … · 2018. 12. 6. · Hoe is dit dan moontlik dat hoogs water - oplosbare onkruiddoders plante deur hul bla - re kan binnedring

5 Augustus 2016 www.Landbou.com | Landbouweekblad | 57

BYVOEGMIDDELS VERHOOG OPNAME VAN ONKRUIDDODERS Elke na-opkomsonkruiddoder het ’n plantdo-dende potensiaal wat dit teoreties kan bereik onder ideale omstandighede. Ongelukkig be-reik onkruiddoders selde volle potensiaal as gevolg van ongunstige omgewingstoestande. Byvoegmiddels help onkruiddoderwerking om nader aan dié potensiaal beweeg.

Na gelang van die samestelling van die on-kruiddoder kan verskillende byvoegmiddels die werking daarvan bevorder. Dit sluit die verhoogde behoud van druppels, die doel-treffender verspreiding van druppels en die verhoogde opname van die onkruiddoder in.

Die bekendste byvoegmiddels is benat-ters en olies. Benatter-tipe produkte word gewoonlik saam met wateroplosbare on-kruiddoders aanbeveel, terwyl die olies met olie-tipe onkruiddoders aanbeveel word.

Sowel benatters as olie-tipe byvoegmiddels hidreer die onkruid se kutikula om dit meer toeganklik te maak vir die onkruiddoder.

Dit is egter verkeerd om te dink dat die kutikula heeltemal oplos, soos daar soms beweer word.

Indien die kutikula heeltemal oplos, sal daar gebrande spikkels op die blaar wees, en dit gebeur selde met benatters en olies.

Dit is belangrik om die regte benatter of olie te gebruik vir ’n spesifieke onkruiddoder. Maatskappye registreer soms ’n spesifieke byvoegmiddel en dit word dan by name op die onkruiddoder-etiket aangedui.

Dit is belangrik dat daar nie afgewyk word van die etiketaanbeveling nie. Onthou, die verkeerde keuse van byvoegmiddel kan swak onkruidbeheer tot gevolg hê. Om dieselfde rede is dit belangrik om ongeregistreerde tenkmengsels te vermy ten einde swak on-kruidbeheer en gewasskade te vermy.

WATERGEHALTE BEPAAL ONKRUIDDODERWERKINGOpgeloste ione in spuitwater, sowel as die pH daarvan, kan die werking van onkruiddoders

beïnvloed. Onkruiddoders, soos glifosaat, clethodim en sekere sulfonielureum-on-kruiddoders, word sterk deur watergehalte beïnvloed. Hoe hoër die soutvlakke in water, spesifiek die konsentrasie van Ca2+-, Mg2+ - en Na+-ione in sogenoemde harde of brak water, hoe swakker is die beheer.

Dit gebeur omdat die katione in water ’n reaksie met die onkruiddoder veroorsaak wat dit baie minder oplosbaar maak, asook die blaaropname daarvan belemmer.

Dit is dus belangrik om die regte byvoeg-middels in spuitmengsels te gebruik sodat die antagonistiese ione gebind word voordat dit die opname-proses belemmer. Hierdie byvoegmiddels bevat gewoonlik ammoni-umsulfaat. Gebruik altyd ’n geregistreerde byvoegmiddel van ammoniumsulfaat en nie dié wat kunsmisgraad is nie – dit kan jou duur te staan kom.

Onkruiddoders kan ook deur die pH van die spuitmengsel beïnvloed word. Sekere on-kruiddoders se opname is beter by lae pH en ander weer by ’n hoë pH.

Bestudeer eers die etiket voordat die pH van die spuitwater verander word met buf-ferprodukte, of enige byvoegmiddels wat die pH verlaag.

Maak eers heeltemal seker dat ’n buffer-produk aanbeveel word. Onthou, sekere onkruiddoders, soos die sulfonielureums, mesotrioon, 2,4-D amien en MCPA, is baie minder oplosbaar by lae pH.

Produkte wat die pH van die spuitmengsel te veel verlaag kan onkruidbeheer benadeel of kan onverenigbaarheid in die spuittenk veroorsaak. Dit kan afsaksels en geblokkeer-de spuitpunte veroorsaak.

Dieselfde beginsels geld ook vir ongere-gistreerde tenkmengsels en produkte met uiteenlopende pH-behoeftes – dit kan óf ondoeltreffende onkruidbeheer óf selfs ge-wasskade veroorsaak.

In die lig van die harde werklikheid dat geen onkruiddoders met unieke meganismes van werking (setel van aksie) die afgelope 30 jaar op die mark verskyn het nie, is dit gerusstellend om te weet dat daar groot ont-wikkelings aan die gebeur is wat nuwe by-voegmiddels betref – byvoegmiddels kan “ou” onkruiddoders nuwe lewe gee.

Dr. Charlie Reinhardt is dekaan van die Villa Academy, buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteit van Pretoria en buitengewone professor in die departement agronomie, Universiteit Stellen-bosch. Tel. 011 396 2233; epos: [email protected]. Dr. Brian de Villiers is produkbestuurder: byvoegmiddels, Villa Crop Protection (Edms) (Bpk). Tel. 082 880 0974; epos: [email protected].

31. ’n Deursnit van ’n blaar (20 keer vergroot) wat haartjies, kutikula en stofdeeltjies op die blaaroppervlak wys. FOTO’S: CHARLIE REINHARDT

2. Die kutikula (60 000 keer ver-groot) is ’n laag materiaal wat met was bedek en geïmpregneer is – dié kutikula is ongeveer 1 mikron (een duisendste van ‘n millimeter) dik en lê bo-op die buitenste laag selle van die blaar, die epidermis.

3. ’n Haartjie en huidmondjies op die blaaroppervlak (500 keer vergroot). Dit is ’n mite dat onkruiddoders, wat in oplossing in water is, blare deur die huidmondjies kan binnedring.

Waterdruppel

Was

Kutienmatriks

Plasmodesmata

Pektien

Sellulose

Protoplasma van epidermiselle

Selwand

Kutikula

Roete van lipofiliese onkruiddoder Roete van hidrofiliese onkruiddoder

Die roetes waarlangs hidrofiliese (waterliewende) en lipofiliese (nie-waterliewende) onkruiddoders die blare van plante binnedring. SKETS: CHARLIE REINHARDT