12
1

LEWE IN DIE WOORD · 2020. 4. 17. · Hierdie reeks boekies verteenwoordig 40 dae in die Woord. Ons wil jou aanmoedig om dit in ‘n groepie van 4 mense met mekaar te deel terwyl

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • 1

  • 2

    LEWE IN DIE WOORD

    Doxa Deo Stellenbosch gaan vir 6 weke onsself toewy aan God se Woord. Ek en jy bewys ons LIEFDE aan ons God deur SY WOORD te bestudeer sodat ons dit in ons HARTE kan bewaar!

    Johannes 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my Woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê,

    en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

    Hierdie reeks boekies verteenwoordig 40 dae in die Woord. Ons wil jou aanmoedig om dit in ‘n groepie van 4 mense met mekaar te deel terwyl ons minstens 4 keer ‘n week tyd spandeer met die Bybel. In hierdie boekie sal jy die weekliks die volgende kry:

    • Elke week het 1 preek se nota’s . • Elke week het 1 Persoonlike studiestuk van die video. • Elke week het 4 dagstukkies.

    Maak seker jy kry die handleiding en weeklikse videos van die reeks by https://www.doxadeo.org/stellenbosch/lewe-in-die-woord/

    Ons dank aan Rick Warren vir die inspirasie vir hierdie 40 dae proses.

    https://www.doxadeo.org/stellenbosch/lewe-in-die-woord/

  • 3

    WEEK 1 PREEK 1 JT Terblanche

    Lewe in die Woord, en jy sal lewe! Lewe in die Woord, en jou besluite sal die beste bring vir jou menswees!

    Jy is wie jy is vandag, a.g.v. ‘n klomp besluite wat jy gemaak het in jou lewe.

    As die Woord my besluite deurweek, dan is daar vrug in my lewe. Dit maak nie die lewe makliker nie maar dit maak dat ek beter besluite neem, vrug dra en die Vader word verheerlik.

    LUK. 24:13-30 leer ons 2 dinge oor die Woord:

    1. Om te lewe in die Woord is om Hom te ken

    "The Bible is not an end in itself, but a means to bring men to an intimate and satisfying knowledge of God, that they may

    enter into Him, that they may delight in His Presence. – Aiden W Tozer –

    Die Bybel is nie net bedoel om bestudeer te word nie. Die Bybel wys ons die PERSOON en die WAARDES van Jesus Christus.

    Johannes 5:39 Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe daarin kry. En dit is juis die Skrif wat oor

    My getuig.

    2. Daar is lewe in die Woord, wanneer die lewe van die Woord in my lewe

    sigbaar is. Luk. 24:32-35 – Aktivering van Roeping. Wanneer jy die Woord lees, mag dit jou roeping meer duidelik maak en aktiveer.

    We invest all this time in understanding the text which has a separate life of it’s own and we think we’re being more pious

  • 4

    and spiritual when we’re doing it. But it’s all to be lived. It was given to us so we could live it. – Eugene Peterson –

    Hoekom het God vir ons Sy Woord gegee?

    2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in

    die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

    Die doel van die Woord is nie leerstelling nie maar SODAT ek en jy VOLKOME TOEGERUS kan wees. So die Bybel wil ons oortuigings ontwikkel sodat ons die karakter van Christus sal kan uitleef in ons alledaagse lewe. Die Woord is soos ‘n spieël. (Jak 1:23) Wat wys die Woord my van myself? Wat is die Waarheid wat die Woord in my uitwys? Hoe meer lig, hoe meer groei area’s sal jy raaksien in jouself. Wat van my huidige prioriteite wil die Woord inspraak gee? Hoe bestudeer ek God se Woord?

    1. Skryf jou opservasies neer in jou joernaal as jy erns meen met God se Woord. Ons neem soveel meer in wanneer ons skryf as wanneer ons net luister of lees. Rick Warren së: ‘Thoughts disentangle themselves when they pass through lips and fingers.’

    2. Vra, hoe kan jy die Woord toepas, meer as wat jy dit net wil interpreteer. Dis die doel van die Bybel: Hoe beinvloed die Skrif my waardes en my keuses? ‘I only believe the parts of the Bible I actually do.’ R. Warren. Mense van die Woord LEWE die Woord!

    3. Werk sistematies met die Bybel. Doen dit boek vir boek of tema vir tema. Om bloot net dieselfde versie in verskillende vertalings te lees maak dit lewendig soos min. Ek gebruik www.biblehub.com die meeste daarvoor en dan natuurlik You Version op www.my.bible.com.

    http://www.biblehub.com/http://www.my.bible.com/

  • 5

    WEEK 1 Persoonlike refleksie 1 Hoe mediteer ek op die Skrif?

    Psalm 1:1-2 Welgeluksalig is die mens wie se behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.

    Die gedagte van oordink of mediteer, is die aksie waar ons elke gedagte en sy betekenis, in ‘n skrifgedeelte, herkou en verteer, sodat ons elk gryntjie voedingswaarde daaruit put.

    Joshua 1:8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë

    voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.

    Voorspoed en sukses is die begeerte van elke liewe mens, die Bybel gee ons die belofte dat dit sal volg as ons die beginsels van ons God bepeins en implementeer. Een vorm van bepeins of mediteer is: SPREEK DIT UIT Jy lees een vers hardop en beklemtoon elke keer die volgende woord in die gedeelte. Dan vra jy wat sou die sinonieme wees vir daardie woord of wat jou die dieper betekenisse wees vir daardie woord. So begin die Bybel lewendig word. Kolossense 3:16 Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid. Gee toestemming, maak oop, verwelkom. Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid. Jesus se woorde, inspraak, waardes, aanmoediging, rigting. Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid. Nie armoede nie, oorvloed, genoeg vir wat ek nodig het. Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid. Nie net in my geheue nie, in my hart, in my wese, identiteit en karakter. Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid. Tuis wees in my denke en lewe, permanent intrek, totaal deel word. Laat die Woord van Christus ryklik in julle binneste woon in wysheid. Wysheid vir elke stukkie van my lewe en verantwoordelikhede.

  • 6

    Jesus het belowe dat die Heilige Gees ons sal herinner aan alles wat Hy ons geleer het. Dit is slegs moontlik as die Woord reeds in jou binneste is. Dan kan Hy dit uittrek op die regte oomblik.

    Nota’s

  • 7

  • 8

    WEEK 1 DAGSTUKKIE 1

    Wat is die reaksie in jou hart wanneer ek sê “Die wet van die Here”? Miskien is dit ‘n gedagte van veroordeling, straf, of dat dit die maatstaf is wat gebruik word om my lewe te evalueer en te bepaal of ek reg of verkeerd is. Vir baie van ons wek dit vrees in ons harte en kweek dit ‘n leefstyl wat gebaseer is op my prestasie om die Here te beïndruk. Maar die Here se wet/woord is vir ons gegee om ons te lei in ‘n lewe van oorvloed. Ons 4-jarige seuntjie is in ‘n fase van sy lewe waar hy wil verken en probeer om enige grense wat vir hom gegee word te druk so vêr soos wat hy kan. As hy naby ‘n publieke pad of n swembad speel maak ons altyd seker dat hy weet van die grense waar binne hy kan speel. Ek as pa het nie gedink hoe kan ek hom weghou van al die lekker van speel in die pad nie, maar ek het wel gedink hoe kan ek hom ʼn veilige speelarea gee waar hy homself ten volle kan uitleef. Net so gee die Woord van die Here ‘n veilige speelveld waar ons kan wees alles wat ons bestem is om te wees. Dawid gee een van die mooiste beskrywings van die wet/woord in Psalms.

    Ps 19:7-11 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. 8 Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. 9 Die bevele van die Here is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: dit verlig die oë. 10

    Die vrees van die Here is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid — tesame is hulle regverdig. 11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud;

    en soeter as heuning en heuningstroop.

    Dawid gee ons ‘n prentjie van ʼn aanloklike spyskaart van resultate wat die Woord in ons lewens bring: Dit verkwik, gee wysheid, verbly en verlig ons oë. Die resultaat van die Woord is nie vrees of onsekerheid nie. Maar dis die volmaakte prentjie van ‘n oorvloedige lewe.

    ‘Here dankie dat U Woord lewe gee, en ‘n lewe in oorvloed. Help ons om onsself totaal en al te verloor in U Woord.

    Verkwik die wat moeg is en gee ons wysheid wanneer ons nodig het. Verlig ons oë vir U Woord dat ons blydskap in dit

    vind. Amen’

  • 9

    WEEK 1 DAGSTUKKIE 2 Vandag gesels ons oor die lesse wat geleer kan word vanuit die lewens van karakters in die Woord.

    1 Corinthians 10:11 “All the tests they endured on their way through the wilderness are a symbolic picture, an example

    that provides us with a warning so that we can learn through what they experienced. For we live in a time when the

    purpose of all the ages past is now completing its goal within us.”

    Daar is gereeld tye waar ons as mens ons self bevind in moeilike situasies en ons voel totaal oorweldig, mens het nie antwoorde nie en sien ook geen uitweg nie dit voel omtrent of ons in die middel van ‘n storm is. Storms woed nie verewig nie mens beweeg deur die storm, jou lewe is meer positief en gemakliker, jy’t antwoorde op vrae en jy wonder soms hoekom die storm dan soos die einde van die wêreld gevoel het. Dit wat eens oorweldigend was is nou eerder ‘n les waaruit ons kan leer.

    Keer op keer in die Woord sien ons voorbeelde van manne en vroue wat deur moeilike situasies beweeg het, ‘n antwoord of uitweg gevind het en dat daar dan waarhede vasgevang is wat ander dan weer kan help. Vanuit hulle storie leer ons baie lesse sonder om self deur die situasie te gaan, ons hoef nie ons kop te stamp as ons die wysheid van die vorige generasie in ag neem nie.

    Vandag se skrif kom stel dit vir ons so mooi “an example that provides us with a warning so that we can learn through what they experienced”, die skrif gaan nie oor ‘n sprokies verhaal nie, dit is lewens lesse, ‘n samestelling van wysheid om ons te “instruct” oor hoe om te lewe, die groot vraag is gaan ons leer deur ons eie storms, of deur die storms van ander?

    Kom ons bid saam: ‘Vader ek bid vandag dat U vir ons sal kom leer deur U Woord hoe ons die lesse van vorige generasies sal kan toepas op huidige situasie, dat ons met wysheid en insig in elke situasie kan ingaan en dat ons sal besef die waarde wat die Woord vir ons toevoeg tot elke situasie. Dankie Here! Amen.’

  • 10

    WEEK 1 DAGSTUKKIE 3

    Ons gesels vandag oor wat dit beteken om in Christus te bly en om na Hom toe te gaan met elke behoefte en begeerte.

    Johannes 15:7 “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.”

    Dit is vir my so interessant om te hoor waarvoor mense die Here vertrou. Van “klein” aardse begeertes tot groot lewenskeuse. Ons kan so maklik perspektief verloor oor die dinge wat ons nastreef, net om teleurgesteld te wees met dit wanneer ons besef dat dit ons nie werklik gelukkig kan maak nie. ‘n Nuwe werk, nuwe kar, gesondheid, dalk die nuutste tegnologie wat ons net “moet” hê! Jesus maak seker die grootste uitnodiging ooit na ons toe wanneer Hy sê: “…vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.” Hy besef dat dit in ons natuur is om te begeer en Hy sien elke behoefte raak. Tog kry ons nie altyd alles waarvoor ons vra nie. Dit is nie dat Hy nie goed is of nie vir ons dit wil gee nie. Maar nie alles wat ons vra is goed vir ons nie. Net soos my kinders altyd eerder lekkers vir aandete gaan kies as groente… As ek ‘n goeie ouer is gaan nie elke keer vir hulle gee net wat hulle begeer nie, maar hulle eers leer om self te kan vra en kies wat goed is vir hulle. Jesus begin Sy stelling met: “As julle in My bly en my woorde in julle”. Dit verwys na die kwaliteit van verhouding wat ek met Hom het en hoe ek bewus is van Sy teenwoordigheid in elke aspek van my lewe. Dit impliseer dat ek Sy woorde ken en dit deel maak van elke gedagte. Hoe meer ek bewus is van Jesus in my lewe, hoe meer gaan ek begin vra vir dit wat vir Hom goed en aanneemlik sal wees. Ek kan onthou dat daar oomblikke in my lewe was wat ek sekere goed met alles in my wou hê, maar dat die Here dit nie vir my gegee het nie. As ek vandag terugkyk, is ek so bly dat Hy dit nie vir my gegee het nie, want dit sou baie verwoestend vir my gewees het. En dan was daar oomblikke wat ek vir die Here gevra het om iets te doen en hoe Hy my gebed gehoor het en dit gedoen het! Kom ons bid saam: Hemelse Vader ek bid vandag dat U ons meer bewus sal maak van U teenwoordigheid in ons lewe. Dankie dat ons U woorde kan deel maak van al ons begeertes en drome. Mag ons vra vir dit wat U sal verheerlik in alles wat ons doen. Amen.’

  • 11

    WEEK 1 DAGSTUKKIE 4 JT Terblanche

    Spreuke 30:5 Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm die wat by Hom skuil.

    Het jy al dae beleef wat gevoel het soos ‘n ewigheid? Het daar dalk al iets gebeur in jou lewe waar dit gevoel het of die tyd stilstaan? Ons het die belofte in ons harte gedra dat ons geseën sal word met kinders. Tog was dit nie so eenvoudig nie. ‘n Jaar later was my vrou steeds nie swanger nie en so het ons Dokter toe gegaan om seker te maak dat alles ‘okay’ is. Maar dit was nie. Na lang analises was die dokter van die opinie dat my vrou nooit natuurlik sal swanger raak nie en dat infertiliteits behandeling die enigste uitweg is. Die proses van behandeling het vir omtrent drie jaar geduur met geen sukses nie. Ek kan onthou hoe baie mense deur alles baie vir ons omgegee het. Ons ‘n paar keer op ‘n plek gekom waar dit gevoel het soos ‘n ewigheid. Party dae het ons nie ‘n ander uitkoms gesien as die dokter verslag nie. Party dae het ons die beloftes onthou en ander dae het ons getwyfel of dit werklikheid was. Maar een ding wat ek in daai tyd geleer het was om vas te hou aan God se Woord. Romeine 8:28 is ‘n vers wat baie naby is aan my. Dit sê dat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet. Dit is net God wat die deurbraak kan bring in my en jou lewe. Na 3 jaar se onsuksesvolle behandeling het ons dit gestop. Daar was planne in die nuwe jaar om nuwe behandeling te doen waarvoor ons reg was. Maar die behandeling was toe nie nodig nie. Hahahahaha, my vrou het op die 24e Desember uitgevind sy is swanger! Wat ‘n Kersgeskenk! Efesiërs 3:20 sê dat God meer deur ons lewens kan doen as wat ons kan bid, dink of vra. Mag jy vandag na God kyk vir jou hulp en voorsiening.

    Nota’s

  • 12

    LUK. 24:13-30 leer ons 2 dinge oor die Woord: