33
2 Redakteur 3 Dis “kristus in my” 4 sterker deur die storms 8 Die belangrikheid van gebed 11 ek sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek laat nie. 12 God is groter as ons mislukkings! 18 Waarom, here? 24 Van bendelid tot bekeerde 28 Voltooi 30 Ons kinders vandag, ons leiers van more 34 Die oes is groot maar die arbeiders is min. Lukas 10:2 36 Deur van hoop 38 God genees my 42 Die uitverkorene 46 sit ’n wag voor jou mond 48 Hy het die prys betaal 53 Vergewe en vergeet 57 ’N god van wonderwerke 62 Die r20 63 Groete in die magge naam van jesus. iNHOuD

Lewe van Hoop

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Afrikaans gospel magazine

Citation preview

1

lewe van hoop • issue 1

2 Redakteur

3 Dis “kristus in my”

4 sterker deur die storms

8 Die belangrikheid van gebed

11 ek sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek laat nie.

12 God is groter as ons mislukkings!

18 Waarom, here?

24 Van bendelid tot bekeerde

28 Voltooi

30 Ons kinders vandag, ons leiers van more

34 Die oes is groot maar die arbeiders is min. Lukas 10:2

36 Deur van hoop

38 God genees my

42 Die uitverkorene

46 sit ’n wag voor jou mond

48 Hy het die prys betaal

53 Vergewe en vergeet

57 ’N god van wonderwerke

62 Die r20

63 Groete in die magtige naam van jesus. iNH

Ou

D

2 3

lewe van hoop • issue 1

Welkom by die eerste uitgawe van Lewe van Hoop. ek wil my Hemelse Vader al die eer gee, want sonder Hom sou dit nie moontlik wees nie. Met die tydskrif wil ons almal bemoedig om nooit hoop te verloor nie. Hou vas aan Jesus, al lyk dinge hopeloos en onmoonlik, want as ek hoop opgegee het, sou die tydskrif nooit die lig gesien het nie. Ons deel die wonderlikste getuienisse met julle. stories van hoe Jesus deur storms daar was en sy liefde openbaar het in dié mense se lewens. ek hoop die stories raak julle soos dit my geraak het, want dít het my bemoedig om enduit te hou.

ek het van die begin af geweet wanneer die tydskrif op die rakke verskyn, sal dit net Godsgenade wees. Daar was tye wat ek moedeloos was, maar as ek so deur die stories gelees het, het ek gedink die mense daarbuite moet, nes ek, die liefde van Jesus ervaar. Jesus is ’n werklikheid sonder Hom is ons niks, want deur sy genade kan ons elke oggend opstaan, al het ons min. Hy is die voorsiener. Hou vas aan Jesus; Hy sorg vir ons. Hy sorg vir die gras en die voëls en hoeveel te meer kan hy nie vir ons sorg nie? sy liefde ken geen einde nie...

Hy’t my uit die stof van die aarde gevormMet my God, stap ek deur ‘n bende stormAl gaan ek deur ‘n dal van dood skaduwee

Hy is met my, Hy bevel elke treeBiddend moet ek bly – elke dag op my knee

Now for those that do not understand

Let me translate into the english vernacular and…it goes like this:

Out of the dust of the earth, He, me did formWith my God, i can press on through any storm

even though i walk through the valley of the shadow of deathHe is with me, He orders my steps

Without ceasing i need to prayOn my knees each and every day

Nou gaan ek terug

ek sien daai glimlag op jou gesigBaie diep haal hy my uit

Al kom die wind en die golwe, Jesus is in my skuiten net soos Petrus wil ek ook op droë water loop

Plaas my Geloof in aksie, klim uit die boot‘n Lewe sonder Kristus lui na die doodMaar Kristus in my – Dié ewige Hoop

so as i look back upon my life

And consider the wonders that God has broughtJesus Christ, The sacrifice

Me with His precious life He boughtAnd as He taught us not to boast like the Pharisee

But exercise humilityso all may see – Christ in me

The Hope of GloryAs i live my life like a transparency

Redakteur Dis “Kristus in my”RANDALL KeRCHHOff

4 5

lewe van hoop • issue 1

My ouers het geglo in “Rattip” – waar die mans swaarde gebruik om hul gewrigte te sny terwyl hulle bid en hulle bloei

nooit, omdat hulle geloof het in Allah. Die aand wat ek gesê het ek gaan die huis verlaat om met Deon te trou, het hulle die swaard gevat en amper my kop afgekap. Die Koran leer hulle dat indien hulle my kop afkap, sal hulle Jannah (hemel) toe gaan. My pa het die swaard gaan haal en my ma het gesê dit sal gouer wees met ’n vuurwapen. ek het geskree en het uit die huis gekom voor enigiets gebeur het. ek het daardie aand by Deon se ouers geslaap. Die volgende dag het ek navraag gedoen oor ’n pastoor wat ons so gou as moontlik kan trou, voor my ouers my kom haal. Deon se ma het my vertel van pastoor f. Kadalie en ek het reëlings getref sodat ons die volgende aand in sy ouers se huis kan trou. ek was vasbeslote dat ek nooit ’n Christen sal wees nie en het aan die pastoor gesê ek sal die huweliksbeloftes opsê, maar ek sal Moslem bly.

ek het verskriklik na my ouers verlang en baie gehuil. God het my hart geken en toegelaat dat ek twee mooi dogters en later ’n seun gekry het om die pyn minder te maak. ek het gereeld na hulle huis gegaan om geskenke en lekkers vir my jonger broers te neem, maar hulle het op my gespoeg en soos ’n hond weggejaag. ek het op God vertrou vir ’n deurbraak. God verander nie ons gedagtes nie; Hy verander ons omstandighede en ons verander self ons gedagtes. Ons eerste dogter, Nurnieya (Nur=lig; Nieya=goeie bedoeling) is in 1993 gebore. Ná drie jaar is Chanté gebore en dit is toe ons besluit het om vir albei ons dogters Christelike name te gee. Nurnieya se naam is toe verander na Chanell. ek het in die Christelike geloof getrou en ek was 22 toe ek Christus in my lewe aanvaar het. ek het ’n sterker fondasie nodig gehad gehad om my dogters groot te maak, want ek is nie toegelaat om my familie te sien nie. ek het begin kerk gaan en is in later by City Mission, Bonteheuwel, gedoop.

stErKEr DEur DiE stOrms

fARieDA fReDeRiCKs

ek is op 14 Julie 1973 in ’n Moslem-gesin gebore. ek was op 15 ’n Moslem-onderwyseres vir die jeug ná sekulêre skool en het saans vir die ouer mense die Koran geleer. in publieke plekke dra ek “parda” om my gesig van vreemdelinge te bedek en ek is baie streng grootgemaak. in matriek het ek Deon ontmoet en verlief geraak. Toe ek my ouers sê ek wil met hom trou, het hulle geweier en my byna met ’n swaard vermoor. ek het daardie aand net betyds uit die huis gekom.

6 7

lewe van hoop • issue 1

Niks was maklik nie. ek en Deon is geskei toe ek swanger was met ons seun, Quenell. Deon het groener weivelde gesien en het ná die egskeiding met iemand anders getrou. Dit was ’n baie moeilike tyd. Hy het my gevra om uit die huis te trek en ek het toe met my drie kinders (toe 10, 8 en twee maande oud) in ’n klein woonstel in Maitland gaan woon. ek het die woonstel gekry en nie geweet hoe ek gaan betaal nie. Ons het vir ’n jaar daar gewoon toe begin ek ’n huis in Bonteheuwel te bou. ek het nie ’n werk of ’n bankrekening gehad nie. Dit is my God… Hy het

gesê vra en dit is presies wat ek gedoen het; ek het Hom so lief. in 2004 het ons Bonteheuwel toe getrek. As geloof berge kan versit, is dit wat ek het – genoeg geloof om te glo dit is klaar gedoen.

Op 24 was ek honger om Godswoord te leer en ek het ingeskryf om teologie by die Pat Kelly Bybelkollege te studeer. Die klasse was saans vir nege jaar lank. Mnr. Cyril de Villiers, die hoof, het my toe gevra om ’n dosent te word. ek het vir ses jaar lank saans by verskillende takke klas gegee en vanjaar besluit om

klaar te maak. ek het 15 jaar my tyd vrywillig vir die kollege aangebied. ek verkondig nou die woord van God by kerke en deel waar ek kom, ook my getuienis. ek is ’n trotse ma van drie kinders, Chanell (21), ’n vierde jaar mediese student by Maties, Chanté (19), ’n eerstejaar sielkunde-student aan die universiteit van Kaapstad en Qiennell (10), ’n gr.6-leerder aan die laerskool Kenmere.

My broers het dwelms gebruik en het in Pollsmoor-gevangenis beland. Hulle het my gebel en ek het my ma gaan haal. sy het huiwerig in die kar geklim om vir hulle te gaan kuier, maar ek is nie toegelaat om haar te soen of in hul huis te kom nie. Dit het hulle 10 jaar gevat om my in hul huis te aanvaar en toe my jonger broer ook dwelms begin gebruik het, het hulle my gevra om uit te vind waar hy is. ek het dag en nag gebid en God het my gewys dat ismail nog lewe, maar hy was in ’n treinongeluk en in die hospitaal opgeneem. ek kuier nou gereeld by my ouers en hoewel hulle steeds nie my geloof aanvaar nie, aanvaar hulle my en my kinders in hul huis. Hulle noem al my kinders Moslem-name en ek sê niks. ek respekteer hul huis en die verandering sal kom. ek sal God altyd liefhê en my famlie sal hom ook leer ken; dis net ’n kwessie van tyd.

ek preek in enige kerk of agterplaas – selfs in die dwelmsmokkelaar se agterplaas vir mans en vroue en mense is lief vir my God. elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie. ek het voorheen vir vroue in Delft gepreek en ek preek elke tweede week by ’n kerk. Geen woorde kan beskryf hoe lief ek Jesus het nie. ek sal enigiets doen vir my God; ongeag die prys. Hy net nooit na die prys gekyk toe hy met sy bloed vir my betaal het nie

Hallelujah, wees geseënd.

8 9

lewe van hoop • issue 1

“Laat u Koninkryk kom. u wil geskied op aarde soos is in die hemel.”Hy is ons Vader van die ligte, van wie elke goeie en volmaakte gawe van bo af neerdaal. (Jakobus 1:17)Om te bid vir sy wil, is ’n perfekte gebed, want Hy weet wat die beste is. “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”Dit vra dat Hy in ons behoeftes voorsien. “en vergeef ons ons skuld, soos ons ons skuldenaars vergewe.”

Dit verwys daarna dat ons ’n skoon hart en gewete voor Hom moet hê, soos ons in Mattheus 18:35 gesê word om uit ons hart te vergewe en Hebreërs 12:15 sê vir ons om geen wortel van bitterheid te laat opskiet nie.

in ons wandel met God is dit noodsaaklik om ons harte rein te hou, soos spreuke 4:23 dit stel, “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe”.

“en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.”

’n Versoek vir God se beskerming om ons van sonde en die vyand te beskerm. Nes Jesus gekom het om ’n prys te betaal sodat ons vry kan wees van sonde en aanvalle van satan. Petrus sê in 1 Petrus 5: 8 vir ons om nugter en waaksaam te wees, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

En laastens verklaar dit:“Want aan u behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.”

’n Verklaring van die verheerliking van God in lof en erkenning van wie Hy is. Hy is almagtig, maar steeds verlang hy om ’n verhouding met ons te hê, nes hy in die koel van die dag met Adam geloop het.

God die Vader het sy enigste seun Jesus gestuur sodat ons hom moet ken – in ’n verhouding waarin gebed van uiterste belang is. so wil hy hê ons moet Hom soek sodat Hy ons kan seën.

Gebed is ’n gesprek met God. Om tyd te maak om sy hart te soek en soos dit in Psalm 27:8 en 14 sê “ek soek u aangesig, o Here”.

“Wag op die Here!” Dit is om aktief te wag om te hoor.

Gebed is die fondasie van ons persoonlike verhouding met ons Hemelse Vader, Jesus en Heilige gees, of jy die Bybel lees en vra vir begrip, met God praat oor die lewe of net ’n versoek maak. Jakobus 4:2 sê jy het nie, omdat jy nie vra nie! Dit is belangrik om te vra.

Kommunikasie is belangrik om enigiemand, en ook God te ken, en gebed is ’n verhouding.

Daar is baie maniere om te bid. Jy mag vra in geloof en glo jy sal ontvang. Jy kan ‘n gebed van ooreenkoms met ander bid . ’n Gebed van toewyding kan gedoen word om iemand aan die bediening toe te wy. Voorbidding is om namens iemand of ’n situasie te

bid, deur jou daarmee te vereenselwig en/of God se hart te voel.

Jesus het tyd gemaak om na sy Vader te bid. in Jakobus 5:19 sê Hy vir ons, wat Hy die Vader sien doen, dit doen Hy ook.

in Mattheus 6:9-13 het Jesus sy dissipels geleer bid. Die “Onse Vader” bly waardevol en tydloos.

in die bekende gebed is daar sleutels tot ons eie gebedslewe wat dit persoonlik maak. Kom ons kyk hierna:“Onse Vader, wat in die hemel is.”“Laat u naam geskied.”Dit is ’n verhouding van aanbidding soos Psalm 100 vir ons sê om met danksegging en lof in te gaan.

Dit is nie net ’n lys versoeke nie; nie dat versoeke verkeerd is nie, omdat ons gesê word om te vra, maar eerstens, is dit oor aanbidding.

Die belangrikheiD van gebeDLAuReTTA sMiTH

10 11

lewe van hoop • issue 1

Moenie opgee op God nie, want Hy sal nooit opgee op jou nie.

Ons almal het ‘n beginpunt in ons lewens wanneer ons gebore word en ‘n eindpunt wanneer ons sterf, maar tussen die twee

punte het God dit so bewerkstellig dat daar baie kanse is om oor te begin. As jy vir die nasionale krieketspan gekies word maar in jou eerste wedstryd nie te goed vaar nie word jy weer n kans gegun om jouself te bewys, maar sou jy egter in die daaropvolgende paar wedstryde weer misluk mag jy jou plek verloor in die span. Ons liewe Jesus daarenteen diskwalifiseer ons nooit hoeveel keer ons ookal misluk. Hy gooi ons nooit uit die span uit of skryf ons nooit af nie. Aan die einde van elke 24 uur gee Hy vir ons ‘n nuwe dag, aan die einde van 7 dae kry ons ‘n nuwe week, en aan die einde van 52 weke word ons ‘n nuwe jaar gegun. so kry ons gedurig tweede kanse om te herstel en weer ons voete te vind. Miskien is jou huwelik in gevaar, of jy vind dit moeilik om iemand te vergewe of jy

dink daar is nie meer hoop vir jou nie. Hoekom nie weer oor begin nie maar hierdie keer kry Jesus in jou kamp. in die Bybel lees ons van die misdadiger aan die kruis saam met Jesus, van die prostituut wat die Here ontmoet het, van Dawid wat met iemand anders se vrou gelol het en vele ander wat ‘n tweede kans aangegryp het om oor te begin.

As jy dalk voel jy’t sover misluk se Jesus se genade vandag dat Hy jou nie wil los nie en dat Hy ons nie soos ander mense afskryf en op die ashoop los nie. inteendeel, Hy gee ons nog ‘n geleentheid om dinge reg te stel en ‘n nuwe begin te maak. Maak vandag daardie besluit om jou lewe weer op koers te kry en die vreugde weer in jou lewe terug te bring.

• John Jacobs is n motiveringspreker, opleier en fasiliteerder.

Navrae: 0837261255/0767431488

JOHN JACOBs

eK sAL JOu NOOiT VeRLAAT eN JOu NOOiT iN Die sTeeK LAAT Nie.

Hebreers 13:5

12 13

lewe van hoop • issue 1

Deur my getuienis is dit my hartsbegeerte dat die liefde van my lewe verheerlik sal word. Dit is nie oor my nie. Dit is oor die een wat

gebreek en gekruisig was, wie se hart gebreek was deur my sonde en wat sy lewe opgee het sodat ek kan leef.

My innige wens is ook dat die kerk die groot opoffering sal verstaan wat die Jode gemaak het sodat die evangelie vir ons, die Heidense kerk, gebring kon word. soos Paulus in die boek van Romeine 11:15-20 sê:

Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? en as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. en as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ’n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

ek, nes Paulus, leef om die Jode te sien terugkeer na hul Joodse Messias. Hoe heerlik om te sien die mense wat ons redding bewerkstellig het en die Leeu van die stam van Juda erken. (Jood is ‘n kort vorm van Juda, wat oorspronklik gebruik as ‘n neerhalende term.)

God is groter as ons mislukkings!

DeuR RuTH BAT AVRAHAM

14 15

lewe van hoop • issue 1

sagaria 12:10 sê: Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ’n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.

ek is in suid-Afrika gebore aan ouers wat ’n bietjie ouer was en in ’n gemengde familie. Dit was vol uitdagings en daar was gereeld konflik. in laerskool het ek en my gesin teruggekeer na Rhodesië, nou Zimbabwe, en ek die meeste van my skoolloopbaan daar deurgebring.

My ouers was nominaal Christelik en ek het op 14 besluit om by ’n klein Presbiteriaanse gemeente naby ons huis aan te sluit. ek het verlang om God te ken en ek dink dit het my ouers bietjie verbaas en verward gelaat. in daardie tyd het Amerikaanse evangeliste ’n kruistog in my tuisdorp gehou en ek het na vore gegaan om ’n verbintenis te maak.

My geestelike lewe as kind en jong volwassene was ’n stryd. ek het gevoel ek word in twee rigtings getrek. Om in ’n land te woon waar daar oorlog was, was moeilik en baie mense wat ek geken het, het gesterf. Baie van my vriende het in die oorlog gesterf en een van my beste vriende is kort ná skoolverlating doodgeslaan op ’n sendingstasie naby Bulawayo. ek was onbewus daarvan dat die seerkry, woede en onvergeeflikheid alles voorberei het sodat ek heeltemal uit die geloof kan val.

ek het weer Rhodesië vir suid-Afrika verlaat. Dié keer om te gaan studeer. ek was by die Rhodes-

universiteit en ná baie ongelukkige jare, het ek toe gegradueer. Maar ek was steeds leeg en rigtingloos en het toe Kaapstad toe gegaan om verpleegkunde te gaan studeer.

Kort ná my aankoms, het ek ’n man ontmoet wat by ’n kult betrokke was. ek het kerk gegaan en my selgroepleier van die man vertel. sy het my aangemoedig om aan te hou om hom te sien in die hoop dat my lewe ’n getuienis vir hom moet wees en dat hy gered kan word. Ongelukkig was die teenoorgestelde waar. Dit het gelyk asof hy die vrede het wat ek nie gehad het nie, en ek het ’n doelbewuste besluit geneem om beheer oor my eie lewe te neem.

My redenasie was dat ek God steeds sal volg, maar Hy het soveel seerkry in my lewe toegelaat dat ek wou probeer om myself van daardie oomblik af wou beskerm. Dit was ’n leuen van die vyand. Yeshua het gesê as jy nie “vir Hom” is nie, is jy “teen Hom”.Die verhouding was van korte duur en ek het meer gewond daarvan weggeloop en tragies ook weg van die Here af.

’n Rukkie later, toe ek in ’n fabriek gewerk het, het ek ’n jong, Joodse man ontmoet. Hy was vol lewe en skreeusnaaks. Hy was ook eerlik, betroubaar en baie hardkoppig! Ons het op verskeie afsprake gegaan, net as vriende, want nie een van ons het geglo dat ’n langtermyn-verhouding moontlik was met ons uiteenlopend verskillende geloofsagtergronde nie.

ek het nog altyd baie belanggestel in Judaïsme (nou glo ek dit was ’n God-georkestreerde betowering).ek het stadig verlief begin raak en ons het toe gepraat

16 17

lewe van hoop • issue 1

Daarom se Ek vir julle:

Alles wat julle in gebed vra, glo

dat julle dit al ontvang het, en dit

sal vir julle so wees.

oor my bekering tot Judaïsme. Aanvanklik was dit opwindend om deel te word van ’n antieke geloof wat ek al so lank bewonder. Om die gewoontes te leer en om deel te word van ’n groot, hegte familie-ingestelde gemeenskap. Dit het reg gevoel. Ons het dit met my ouers bespreek. My pa het my ondersteun en my ma was geskok. in dié stadium was ek te verlief om te oorweeg om kop uit te trek. Die bekeringsproses het begin.

(Maande voor my bekering begin het, het Liz Campbell bekering in Kaapstad begin. Tydens ’n onderhoud aan die einde van die kursus het die rabbi’s haar gevra wie Yeshua vir haar is. sy kon hom nie verraai nie en het ’n omstrede verklaring gemaak wat basies beteken het dat Hy die seun van God en die Messias is. As gevolg hiervan, was die Joodse gemeenskap baie lugtig vir bekeerlinge en die proses het baie moeilik geword. Tydens die meeste bekerings was dit ’n besprekingspunt.”

Prys God dat ek nie tydens my onderhoud gevra is nie! ek en my verloofde is getroud en ’n jaar en ’n paar maande later, is ons eerste kind gebore. ek het my bes probeer om ’n pligsgetroue Joodse vrou te wees, maar die hunkering in my siel wou net nie verdwyn nie. ek sou droom dat ek in gemeenskap met die Here is en sy liefde vir my kan voel. Dan word ek wakker en my lewe het nog nie verander nie. ek wou hom hê; ek het hom nodig gehad. Verskeie kere het na Hom uitgeroep en geglo ek is Joods en ’n intieme verhouding was nie meer moontlik nie.

God is groter as ons mislukkings!ek en my man het met ons groeiende gesin na Amerika

gereis vir ’n sakebesoek. Terwyl ons daar was, het ’n toeris ons suid-Afrikaanse aksente gehoor en himself voorgestel. Hy was ’n Messiaanse Jood, oorspronklik van Kaapstad, wat nou ’n teologie-dosent in Kanada is. ek was verbaas… ’n Messiaanse Jood! ek het nie geweet so ’n mens bestaan nie. Met my terugkeer na Kaapstad het ’n ou universiteitsvriendin my na ’n vrouebyeenkoms en bybelstudie genooi. ek het eenvoudig gegaan om van haar van my nek af te kry. Het sy nie geweet ek is Joods nie?

ek het in die kerk gestap terwyl die aanbiddingsgroep besig was om op te warm en my kosbare, wonderlike, vergewende, liefdevolle Abba in die hemel het my ontmoet. ek kan nie beskryf wat gebeur het nie, want ek weet nie. Al wat ek weet, is dat ek in sy teenwoordigheid ingestap het en ek was nooit weer dieselfde nie. ek het nooit opgehou om Hom lief te hê nie; ek wou hê hy moet my aanraak en ek wou in sy teenwoordigheid wees. Hy is my alles…

ek sal graag wou sê die storie het ’n gelukkige einde, maar kom ons sê net dis ’n gelukkige einde in werking. My lieflingman was platgeslaan deur my geloofsbelydenis. Vir hom was dit verraad. 18 jaar later, stem ons saam om te verskil en praat nie oor my verhouding met die Here nie. ek probeer die vermaning van 1 Petrus 3:4 uitleef; die sagmoedige en stille gees wat my man tot geloof sal oortuig.

My kinders is almal wedergebore en ons wag om te sien hoe ons storie ontvou. Wie weet hoe die Here sal lei of wat die toekoms inhou? Al wat ek weet is dat ek my lewe vir niks sal verruil of verander nie. God het ’n plan vir my gesin en my man en Hy het ’n plan vir die Jode. Wag en wees verbaas!

18 19

lewe van hoop • issue 1

Vrae en antwoorde ten tye van teëspoed

BeN sTANDeR

INLEIDING

Elkeen van ons beleef van tyd tot tyd teëspoed, rampe of krisisse van een of ander aard. Die graad van hierdie teëspoede verskil van situasie tot situasie en kan traumaties

en soms selfs lewensbedreigend van aard wees. sommige mense kan teëspoed goed hanteer, terwyl ander weer ten gronde gaan onder die omstandighede, en dit WeeNs ‘N GeBReK AAN KeNNis.Die algemene neiging onder Christene, wanneer teëspoed aan die deur kom klop, is om die volgende vrae te vra:

• Wat het ek nou weer gesondig?• Hoekom gebeur hierdie dinge met my as ek dan ‘n kind van die

Here is?• Hoekom ek?• Waar was God dan in hierdie situasie? Hoekom laat Hy dit toe?

IS TEëSPOED WERKLIK BINNE GOD SE WIL?Die antwoord op hierdie vraag is ‘n besliste “JA!” Waarom? Kyk wat sê die Woord (1983 Vert):

• Pred 9:2,3: “een en dieselfde lot tref almal: die regverdige en die goddelose... soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar... Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref”

• Ps 34:20: “Menigvuldig is die teêspoede van die ReGVeRDiGe, maar uit die almal red die Here hom”

• Joh 16:33: “in die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou goeie moed: ek het die wêreld klaar oorwin”

• Jes 45:7: “ek maak die lig en skep die donker; ek gee voorspoed en skep rampspoed. ek is die Here, ek doen al hierdie dinge”

• Lees ook Pred 7:14, 2 Pet 2:9, Hebr 12:10

in net bogenoemde teksverse in verband met teëspoed kan mens reeds duidelik aflei dat die kind van die Here hom maar kan voorberei daarvoor. Die verskil tussen jou en die goddelose is dat God met jou is gedurende jou omstandighede om jou daaruit te red (Lees Hebr 13:5 in die Ampl Bybel hieroor)

WAT IS DAN DIE REDES VIR TEëSPOED?• Jes 41:10 (Ampl): “... i will strenghten and harden

you to difficulties, yes, i will help you...” God wil ons geestelik sterk maak deur ons teêspoed sodat ons staande kan bly, meer as oorwinnaars kan wees en tot ALLes in staat, met die doel om weer op ons beurt ANDeR Te KAN HeLP wat moedeloos is.

• 1 Pet 1:7: “Die egtheid van julle geloof word getoets... selfs die suiwerheid van goud word

met vuur getoets, en die eGTHeiD VAN JuLLe GeLOOf moet ook getoets word.” Hoekom moet ons getoets word? God ken ons reeds, maar ons ken onsself nog nie. God is te midde van ons beproewings, en in hierdie beproewings maak ons met God kennis en leer Hom beter ken. in die proses leer ons onsself ook beter ken en kan ons bepaal wat die graad van ons geestelike volwassenheid en geloof is.

2• Jak 1:3: “soos julle weet, as julle geloof die

toets weerstaan het, stel dit julle in staat om Te VOLHARD.” slegs diegene wat volhard, sal uiteindelik die eindstreep bereik. Dit is belangriker om die eindstreep te bereik as om eerste te kom, en daarom sal die mate wat jy struikelblokke langs die pad hanteer, bepaal of jy die eindstreep gaan bereik of nie.

• Luk 21:13: “Dit sal vir julle ‘n geleentheid wees om van My te getuig”. Hoe sal jy van God se liefde kan getuig as jy nie deur teêspoed en rampe gaan nie? Hoe sal jy ander kan bemoedig en opbeur as jyself nie ondervinding het nie?

WAT ERVAAR ONS TYDENS TEëSPOED, EN WAT IS DIE ANTWOORDE DAAROP?Twyfel, angs, bekommernis

• Jes 41:10: “Moenie bang wees nie, eK is BY JOu, moenie bekommerd wees nie, eK is JOu GOD, ek versterk jou, ek help jou, ek hou jou vas...”

• Job 11:15,16: :...dan kan jy in die nood kom sONDeR OM BANG Te Wees, kan jy jou sWAARKRY VeRGeeT en daaraan dink asof dit water is wat weggeloop het”.

• 1 Kor 22:13(b): “Wees sterk en staan vas. Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie”.

WAArOm, HErE?

20 21

lewe van hoop • issue 1

Hartseer, moedeloos, ongelukkig• 2 Kor 12:9: “My genade is vir jou genoeg. My krag

kom juis tot volle sterkte wanneer jy swak is”.• Ps 34:19: “Die Here is naby die gebrokenes, Hy

help die moedeloses”.• Rom 8:28: “Ons weet dat God ALLes TeN GOeDe

LAAT MeeWeRK vir diè wat Hom liefhet”.• Ps 147:3: “Hy genees die gebrokenes van hart en

verbind hul wonde”.

Koersloosheid: Waarheen nou?• Ps 37:5: “Laat jou lewe aan die Here oor en

vertrou op Hom; HY sAL sORG”.• Spr 3:16: “Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal

jou die regte pad laat loop”.• Ps 37:23: Die Here bepaal die koers van die mens

met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom”.

WAT IS DIE DINGE WAARTEEN ONS MOET WAAK, DIE DINGE WAT ONS KAN BREEK?Ongeduld

• Ps 27:14: “Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!”

• Matt 10:22: “Maar wie tot die einde toe volhard, sal gered word”

• Klaag 3:26: “... dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here”

• Heb 10:36: “Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het”

Skuldgevoelens en opstandigheid• Rom 8:33: “Wie kan die uitverkorenes van God

aankla? God self spreek hulle vry”• Jes 43:25: “Dit is ek wat jou opstandigheid

vergewe. ek is getrou aan Myself. ek dink nie meer aan jou sondes nie”

3

WAT VERWAG GOD VAN JOU IN HIERDIE OMSTANDIGHEDE?Gehoorsaamheid

• Eks 23:25: “Jy moet die Here jou God dien, dan sal Hy jou kos en water seën en siekte van jou af weghou”

• Matt 6:33: “Nee, beywer julle allereers vir die Koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee”

• Spr 8:32: “...dit sal goed gaan met diè wat op My pad bly”

• Jes 1:19: “As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet’

Roep Hom aan• Ps 34:18: “As die regverdiges OM HuLP

ROeP, HOOR Die HeRe en red hulle uit al hul benoudhede”

• Ps 50:15: “Roep My aan in die dag van benoudheid. ek sal jou uithelp en jy sal My eer’

• Jes 58:9: “Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is ek”

Geloof en volharding• 1 Pet 5:9: “Bly standvastig in die geloof en staan

hom (satan) te딕 1 Kor 16:13: “Wees waaksaam, staan vas in die

geloof, wees manmoedig, wees sterk”• 2 Tim 2:12: “...as ons in die geloof volhard, sal ons

saam met Hom regeer”

Lofprysing• Ps 42:12: “Waarom is ek so in vertwyfeling en

waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir HOM ‘N LOfLieD siNG. Hy is my helper en my God”

• Ps 103:2,3: “ek wil die Here loof en geeneen van sy weldade vergeet nie. Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees”

22 23

lewe van hoop • issue 1

Jy mag dit dalk nog nie sien nie, maar God

het die regte stukkies om die legkaart van jou lewe inmekaar te laat pas

WAT KAN JY VAN GOD VERWAG TYDENS JOU TEëSPOED?Genesing

• Eks 15:26: “Dit is ek, die Here, wat julle gesond hou”• Jer 30:17: “ek sal jou gesond maak, jou wonde

genees, sê die Here”• Jak 5:15: “en as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke

genesing bring: die Here sal hom gesond maak...”

Beskerming en bewaring• Ps 91:14: “Omdat hy my liefhet sal ek hom red,

omdat hy My ken, sal ek hom beskerm’• Spr 10:25: “As die stormwinde kom – die

regverdige bly altyd staan”• Ps 46:2: “God is vir ons ‘n toevlug en ‘n

beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood”

• Ps 91:11: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm, waar jy ook al mag gaan”

Rus en vrede• Job 22:21: “Onderwerp jou aan God, dan sal jy in

vrede leef, en so sal jy voorspoed hê’ 4• Joh 16:33: “Dit sê ek vir julle, sodat julle VReDe

KAN ViND in My. in die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou goeie moed: ek het die wêreld klaar oorwin’

• Matt 11:28: “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en ek sal julle rus gee’

Moed en vertroosting• Jer 31:25: “ek gee nuwe krag aan diè wat moeg is,

ek maak die moedelose weer vol moed”• 2 Kor 4:17: “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar

gering en gaan verby, maar dit loop voor ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly”

• Ps 37:4: “Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat Jou hart begeer”

MAAR HOEKOM EK?Indien jy hierdie vraag vra, hier is die antwoord:

• Die Woord sê in 1 Pet 5:9(b): “en moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges DieseLfDe sOORT LYDiNG VeRDuuR”

• Wat maak my en jou so spesiaal dat ons uitgesonder moet word?

• Hoe kan jy “meer as oorwinnaar” en “tot alles in staat” wees as jy nie in ‘n stryd gewikkel is nie?

• Jy sal nooit geestelik kan groei of ontwikkel as jy nie blootgestel word aan swaarkry nie. Jesus het aan sy dissipels gesê dat hulle hul kruis moet opneem, hulself verloën en Hom moet volg. Daarby het Hy gesê dat hulle bereid moet wees om ook hul eie Via Dolorosa te stap deur vir Hom te lei, swaar te kry, en smaad en lyding te verduur. is JY BeReiD OM TeRWiLLe VAN Jesus CHRisTus JOu LAs Te DRA eN Te VeRDuuR? DiT is Die MOeiTe WeRD

• Onthou een baie belangrike aspek: Moenie God vra om die storms van jou te weerhou nie, maar vra Hom om jou te wys wat binne die storm verborge is. God gee ons die vleuels van ‘n arend, en deur slegs jou vleuels te sprei, sal die lugstrome jou vanself opwaarts laat sweef totdat jy bokant die storm in vrede en oorwinning neerkyk op die probleem en ervaar wat dit beteken om meer as oorwinnaar te wees.

MOEDHOU, AANHOU... JY IS TOT ALLES IN STAAT DEUR CHRISTUS WAT JOU DIE KRAG GEE!

24 25

lewe van hoop • issue 1

Ek is ‘n voormalige leier van die Dixie Boys-bende en ook een van die grootste smokkelaars in die Kaap. My ma en ouma het die Here gedien,

maar ek het ‘n begeerte gehad om tronk toe te gaan. Ons was welaf en my ouers het goed vir ons voorsien. My ma was ‘n enkelouer en my ouma en oupa het ons grootgemaak. Ons het alles gekry wat ons wou hê, maar ek het ‘n begeerte gehad om tronk toe te gaan. Waar die begeerte vandaan kom, weet ek nie.

Toe ek in gr.6 was, het ons die Dixie Boys-bende gestig en in gr.10 het my ouma my uit die skool gehaal omdat ek besig was met bende-aktiwiteite. ek was daarna betrokke by ‘n moordsaak waar ek agt jaar tronkstraf gekry het. Die hooggeregshof moes toe wag tot ek 17 jaar oud is voor ek gestraf kon word. ek was 21 toe ek vrygelaat is en ek het toe getrou. Kort daarna het ek weer iemand doodgeskiet en ek is aangekla as ’n terroris oor die tipe vuurwapen wat ek gebruik het

in die tronk wou hulle my doodmaak, maar deur die genade van die Here is ek dit gespaar. Toe ek die tweede keer vrygelaat is, het ek die grootste dwelmsmokkelaar in Kewtown geword. een Oujaarsaand is ek, my vrou en drie manne op pad Kaap toe om die klopse te gaan kyk. Ons was betrokke in ’n groot ongeluk. My vrou was drie maande in ’n koma en die dokters het later moed opgegee. Hulle het gesê sy gaan vir die res van haar lewe ’n vegetable wees en sal nooit weer kan kinders kry nie.

sy kon nie loop nie en het ook nie haar ma herken toe sy wakker word nie, maar die Here het ook in haar lewe ‘n goeie ding gedoen. sy is volkome genees en het weer ‘n kind gekry. My lewe het toe afdraand

Van bendelid tot bekeerde

CLiVe PeTeRseN

26 27

lewe van hoop • issue 1

gegaan en haar omhels. Gerhard het aan die einde van sy boodskap gekom en hy sê drie keer ‘Here, seën vanaand iemand’. skielik slaan ek my tiklollie stukkend en die sigarette breek ek op, maar in my gedagtes het ek gedink wat doen jy! Ons het toe gaan slaap, alles rustig. elke oggend was die my roetine, ek steek ‘n sigarette aan, as dit klaar was haal ek my tik uit. Dan slaan ek so drie hits, dan weet ek wat ek die dag gaan doen. Daai Dinsdagoggend was daar nie ‘n smaak vir sigarette en tik nie.

Dit was hoe die Here my verlos het. ek en my skoonma het nie ‘n goeie verhouding gehad het nie, omdat ek nie haar dogter reg behandel het nie. sy is vandag dood, maar die Here het ons verhouding herstel. My vrou het altyd oral gebedel; hier ‘n R10, daar ‘n snytjie brood. Die Here het ons so herstel dat ons nou ander mense help. Vandag dien ek en my

vrou die Here saam. My begeerte is om die manne op die hoeke van die strate ook te bring waar ons vandag is.

Ons het nou ex prison ministries gestig. Ons gaan na gemeenskappe en verkondig die woord van Jesus Christ. Ons trek tronkklere aan, ons ketting ons vas en doen prayer walks. Ons gaan na skole en vertel die kinders van die gevare van gangsterism. Ons gaan na gangsters waar ander mense nie wil gaan nie en vertel hulle van die gevare van gangsterism en dwelmmisbruik. Die groot droom is om ‘n centre te kry waar oud-gevangenes kan kom as hulle vrygelaat word. Baie van hulle bekeer hulle in die tronk, maar sodra hulle uit is val hulle weer terug in die ou gewoontes. ek wil vir almal wat ek seer gemaak het hartlik om verskoning vra.

gegaan. ek was nie meer die groot smokkelaar nie en ek het toe begin tik. ek het op straathoeke geslaap en my vriende het my almal verlaat. ek was nie welkom in my ma en skoonmense se huis nie. ek wou ophou met die dwelms, maar ek kon nie. ek het besef ek het hulp nodig en ek wou my inboek by ’n rehab centre. My vrou was by die saartjie Baartman-sentrum, want ek het haar abuse. ek het elke dag so R350 uitgerook en het nooit geld gegee in die huis nie. ek was soos ‘n verlore skaap wat in stukkende klere in Kewtown rondgedwaal het.

ek het op ‘n dag saam met ’n vriend geloop en ek het vir hom gesê ek gaan my inboek by ‘n rehab. Hy’t toe vir my gesê ‘my broer, daar is dan ‘n God’. ek het toe besef ek het grootgeword in ‘n huis waar die mense die Here dien. ek was baie swak, maar begin toe ‘n verhouding met die Here. ek het met Hom begin praat en uitgeroep na Hom. ek het tot bekering gekom, die Here het my huwelik herstel en my familie het weer teruggekom na my toe.

Wat niemand geweet het nie, is dat ek steeds in die stilte gerook het, want ek was so swak. Maar ek het die begeerte gehad om die Here te dien. ek onthou een aand wat ek nie kon slaap nie, het ek uit die toilet gekom en die Bybel op die tafel gesien. Dit was amper soos iets my aangetrek het. Vandag weet ek dit was die Heilige Gees.

ek was nie lief vir lees nie en het daar by die Bybel gaan sit. My sigarette en tiklollie sit ek langs die Bybel neer. ek begin toe lees en daar is ‘n skrif in eksodus wat my so aanraak. Die woord van Here sê “Abraham, jy moet jou vaderland Haram verlaat en gaan na ‘n land wat ek jou sal aanwys. Oral waar ek

gegaan het, het daai skrif op my hart gebly. in my swakheid roep ek altyd na die Here. ek vra ‘waar is u? Die mense praat dan so van u, help my. ek onthou een saterdagaand neem my uncle my Merrydale toe, waar ek ’n pakkie en ’n button koop. Op pad terug gaan ek by my ma se huis om en sy staan by die voordeur. in daardie staduim was my ma ook afvallig.

ek vra haar toe of ek haar kamer kan gebruik om met die Here te praat. My ma het my so aangekyk, amper soos sy dink ‘kyk hoe lyk jy, maar jy wil met die Here praat’. sy kyk my by die uiterlike, maar God kyk die innerlike. sy sê ‘my kind gebruik maar my kamer’. ek het die kamer se deur toegemaak en op die bed gaan sit. ek kon aanvoel dat daar ‘n ander teenwoordigheid is – iets wat ek nie elke dag ondervind nie. ek het met die Here gepraat en gevra dat Hy my asseblief moet help. ek wou ‘n pa wees vir my kinders en ‘n man vir my vrou. ek het die Here gevra om my te help, want ek wou nie meer tik nie. ek wou regkom en Hom dien. ek het dieselfde daar uitgestap en maar weer gaan rook.

Alles in my huis was geleen. Van die sleeper couch tot die koppies, want ons het alles verloor. Ons het selfs ‘n geleende radio gehad. ek onthou een Maandagaand kom daar ‘n boodskap op die radio. Dit was ‘n reënige aand, ek was weer in die toilet besig om te tik en my vrou was besig om na Radio Tygerberg te luister. Die prediker die aand was toe Gerhard Kotzé. Hy bring ‘n boodskap en sê Abraham jy moet jou vader in Haram verlaat en gaan na ‘n land toe wat ek jou sal aanwys. ek dink toe, die boodskap is vir my en ek staan toe op.

ek het my tiklollie in my sak gesit, na my vrou toe

28 29

lewe van hoop • issue 1

Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en

Hy het hulle bevry van hulle ellende.

sy’t my nooit vertel niesy’t my nooit omhels niesy’t my nooit gewys nie

Hoekom was sy nie daar nie?

Vertel my dat ek beeldskoon is Vertel my dat ek jou trots maak

Vertel my dat ek wonderlik is sê dit hard uit

Hoekom gee sy nie om nie?

Nou is ek ‘n tienerskielik stap sy in my lewe

Wat moet ek dink, hoe moet ek reageer?sy neem my weg

Hoekom is die lewe so onregverdig?

Jare het verby gegaanek ontmoet toe ‘n nog ‘n man

My oë gaan toe oop‘n Nuwe perspektief, ‘n Nuwe HoopMy hart en denke was soos asbes

My hartseer en stukkende geskiedenisWas genees deur Die man, genoem - Jesus

VOLtOOiRANDALL KeRCHHOff

30 31

lewe van hoop • issue 1

Ons kinders van vandag lê my baie na aan die hart. Hulle is spesiaal en net soos God gese het, ‘Laat die kinders na my toe kom’.

Dit moet ons vandag uitleef. Laat ons kinders na ons toe kom. Hulle is ons toekomstige leiers, maar waar begin als.

My ma se gewoonlik: ‘Charity begins at home’. Ja, dis waar, dit begin als by die huis. Terwyl jy daar in die baarmoeder lê, wat doen jy, hoor jou ma se asemhaling, haar stem, buite geluide (klink so ver). iemand praat sommer hier by jou oor, die stem hoor ek gereeld. Dit klink dieper as ma se stem. Dit is sekerlik pa’. en so nou en dan voel ek so ‘n klein handjie op ma se maag, en iemand wat saggies se, ‘hallo baba boetie. ek kan nie wag dat jy moet kom nie. uiteindelik word ek gebore. Dieselfde stemme hoor ek daagliks. Maar al wat ek wil doen, is eet en slaap.18 jaar later matrikuleer ek. Jislaaik, wat ‘n pad – die langste in my lewe. skool was harde werk, met baie disipline. Maar ek het goeie ouers gehad, disipline was deel van my grootword proses. Toe ek so 4 jaar oud was, is dit al wat ek gehoor het, disipline, disipline, disipline. Maar nou is ek dankbaar. Dit sal my voete op die aarde hou, hopelik!

Die lewe van die jongmense vandag is veronderstel om gebalanseerd te wees op disipline, sonder hierdie platform is die fondasie nie baie sterk nie. Dit is iets wat ek nogal mis deesdae. Ons jongmense groet jou nie meer soos ons ouer geslag dit gewoonlik gedoen het. Of jy nou die persoon wat verby jou geloop het kom ken of nie. Hulle het nie ‘n saak nie. Destyds was jy geleer om te groet en groet sal jy... Vandag loop hulle verby jou en die seuns sommer met die hande voor in die broek. sies man! Wat soek jy daar in jou broek? ek voel sommer om die een naaste aan my te klap.

Diegene wat kan bestuur, maak meer male ‘n bespotting van hulself. Of dit ry met skreeuende bande of wil jou sommer verbysteek waar daar ‘n sperlyn is. Kan jy nou meer! Nou kom kuier hulle by die buurman se seun, en die musiek kan jy skaars hoor so boom boom die boom boks. Jou ore voel asof hulle enige tyd die hasepad gaan kies en jou oordromme voel of jy hulle leed aandoen.

Die meisiekinders is opgetof en wil lyk soos Lady Gaga of een of ander seleb. Loop op hoe hak skoene, kan skaars gebalanseerd bly, maar sy het hom aan

die voete. Die hare, wel dit is seker in die mode. Die kante is kaal geskeer en die middel staan regop soos ystervark penne. Wil jy nou meer! Verstaan hulle nie dat hulle lyk soos ‘n bespotting nie. Of dalk is al die meisiekinders se spieels gebreek!

Wat het geword van die kinders wat ek groot gemaak het, ons jongmense? is hierdie spulletjie verantwoordelik om hierdie land te lei of te laat ly?Ons jongmense word vandag groot in ’n wêreld wat by tye skrikwekkend kan lyk. Party kyk hulpeloos toe terwyl hulle ouers uitmekaar gaan of skei. Ander sien

Ons kinders vandag, Ons

leiers van mOreDeuR PAuLiNe HeNKeMAN-sTeeNKAMP

32 33

lewe van hoop • issue 1

SooS jou verhouding met god Sterker word, word die onmoontlike dinge

moontlik.

hoe hulle skoolmaats betrokke raak by dwelms en misdaad. Baie ondervind druk van portuurs van albei geslagte om by seks betrokke te raak. en amper alle adolessente voel partykeer eensaam, terneergedruk en dat ander hulle nie verstaan nie.Wat moet jongmense doen om die uitdagings waarmee hulle te kampe het, die hoof te bied? ‘n Waardestelsel. ‘n Anker waaraan hulle kan vashou. ‘n Vertrouens gevoel om goeie vriende te kies, die regte besluite te neem en ander met empatie te beskou. Gryp na jou Bybel. God voorsien die beste waardestelsel, want dit bevat sy gedagtes. Die Bybel se beginsels is realisties, prakties en is van onskatbare waarde vir ouers en ander volwassenes wat jongmense wil help om nie die pad byster te raak terwyl hulle tot volwassenheid groei nie.

spreuke 22:15 verwys – dat kinders maar van nature dwase en roekelose dinge doen.2 Timoteus 2:22 praat van – kinders wat vatbaar is vir die onsekerhede, begeertes en onstuimige gevoelens. Dit is deel van ons grootword.

Hoe help ek en jy vandag ons kinders, ons jongmense? Kommunikasie, ek glo daaraan. Dit is nie onderhandelbaar nie. Praat met jou seun, praat met jou dogter. Leer hom God se standaarde sodat hy/sy die regte pad loop, as hy/sy val, opstaan en nie net bly lê nie. Lees Deuteronomium 6:6 tot 7. Hou die kommunikasie lyne oop. Deesdae is die jongmense meesal op sosiale media. As ouers is dit ons plig om ook betrokke te raak by sosiale media. As jou seun of dogter nie van aangesig to aangesig met jou kan praat nie, laat hom/haar toe om op die sosiale

platform met jou te praat. Dit is ‘n uitlaat klep. Gee hom/haar die geleentheid om sy pad terug te vind.

Toon belangstelling in wat vir hulle belangrik is, probeer hulp aanbied of net luister. Dit bied ‘n mate van sekuriteit vir hulle. Vra as jy nie verstaan nie of net om uit te vind, waar hy/sy hom bevind in hulle gedagtes. een belangrike vereiste hier is geduld. As jy dit nie het nie, verloor jy ‘n deel van jou tiener wat nie maklik is om terug te kry nie.

stel perke, dis ‘n effektiewe aspek van ouerskap. Wees streng, maar wees ook op jou hoede. Onbuigsame reels veroorsaak ‘n onaangename atmosfeer in die huis. sekere beperkings of reels kan aangepas word, afhangende van hoe verantwoordelik die jongmens optree. Kolossense 3:21 se, ‘Vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, sodat hulle nie mismoedig word nie’. Dit is ons as ouers se plig om ons kinders te onderrig en dissiplineer, veral wanneer hulle ouer word en tekens van volwassenheid begin toon.

As jy as ouer voel dat jy uit voeling is met jou tiener, smee bande om ‘n hegter verband te ontwikkel. Jongmense is ook baie gevoelig, so trap versigtig hier, dat jy nie as oorbeskermend voorkom nie. Baie ouers streef daarna om ‘n positiewe invloed op hulle kinders te maak, hou aan hiermee. Hier help die Bybel weereens. Lees Deuteronomium 6:6 tot 9. Dis die beste hulp vir ons jongmense.

so, disipline, disipline, disipline. Vorm jou kind, jou tiener en adolosent om vandag jou kind te wees, en more jou leier.

34 35

lewe van hoop • issue 1

Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm die wat by hom skuil.

Professor Jakes Gerwel wat verlede jaar gesterf het was ‘n man wat veral klem gelê het op die opheffing van die armes en gelettedheid.

Hy was ‘n man wat geglo het dat die enigste manier uit armoede is om te studeer. Gerwel het sy merk in ons geskiedenis gemaak en tot sy dood toe die samelewing gedien. Die vraag wat dan nou ontstaan is: Watter bydrae maak ek en jy? Waar maak ons ‘n verskil of wat doen ons om ‘n beter gemeenskap te skep? Ons is mos nie net gebore om die aarde te vul of om net asem te haal nie. Baie keer lig ons ons hande liewers op in wanhoop, want ons sien geen hoop meer vir ons land nie. is dit nie beter om liewer daai energie wat jy gebruik om te kla en altyd net negatief te wees, om dit te gebruik om by iets betrokke te raak wat lewens positief verander. Dis nie net die regering of sekere orginasasies se werk om ons wereld beter te maak nie. Ons almal het ‘n verantwoordelikheid, ‘n taak, ‘n platform waar ons ‘n invloed het waar mense bereid

is om na ons te luister, waar ons onsself kan uitleef. Dit beteken nie jy moet die hele wêreld red of soos n Moeder Teresa of n Mandela iets buitengewoon doen nie. Langs jou kan iemand bly wat aan dwelms of drank verslaaf is, iemand wat selfmoordgedagtes koester of iemand wat mishandel word. Ja, rondom jou is mense wat nie vandag iets het om te eet of vroue wat deur hul mans mishandel word. Ons hoef nie ver te soek om God se hande en voete te wees of die antwoord op iemand se probleme te wees nie. Die koerante is daagliks vol gru-stories en ons kan nie meer maak asof ons nie daarvan weet nie. Hierdie gemeenskap het jou hulp, jou vaardighede en talente nodig. Jy sal verbaas staan oor die ongelooflike inspirasie wat dit jou gee as jy ander se lewens positief kan aanraak.

• John Jacobs is n motiveringspreker, opleier en fasiliteerder.

Navrae: 0837261255/0767431488

JOHN JACOBs

Die oes is groot maar Die arbeiDers is min. Lukas 10:2

36 37

lewe van hoop • issue 1

Die lewe kom soms met teleurstellings, pyn, verlies, tekortkomings en dikwels selfs met ’n gebrek aan waarde vir onsself.

Psalm 91 sê die Here is ons toevlug, ons bergvesting en ons moet Hom vertrou, dat sy trou ’n skild en pantser is.

Dit is waar, maar dikwels wanneer ons deur moeilike tye gaan, maak ons ons eie planne om onsself te beskerm wanneer ons seerkry.

Dit is hoe ons selfs in ons kinderdae die pyn verwerk het. Ons bou mure om ons om onsself te beskerm.

Wanneer ons dit doen, verloor ons hoop.

Dit het met die nasie van israel gebeur. in esegiël 37 verwys die Bybel na israel as ’n vallei van dor bene.Die rede in vers 11 is dat hul hoop verlore was.

Het jy al deur die storms van die lewe gegaan en gevoel jy is in ’n vallei en dat daar nie veel hoop is nie?

in Hosea 2:15 praat God met israel en sê dat hy die dal Agor as ’n deur van hoop sal gee.

Agor beteken ontsteld en ellendig en dit word ook vertaal as hartseervallei.

Hoor jy dit? God sê vir sy mense dat hy “hartseervallei” as ’n deur van hoop sal gee.

ek wil jou vandag bemoedig en sê vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk! (Romeine 8:28)so wat is ons deel hierin?

Ons steun op ons beminde soos dit in Hooglied van salomo 8:5 sê.

Om op Hom te steun is om te kies om op Hom te vertrou.

Om op Hom te vertrou beteken dat ons ons harte in sy sorg laat.

Ons moenie toelaat dat die verkeerde dinge soos bitterheid, kritiek en ’n onvergewensgesindheid in ons harte leef nie. Gee die negatiewe dinge oor en vertrou op Hom.

Wanneer jy op jou beminde Jesus steun, maak jy nie staat op jou eie krag nie, maar op God en jy glo net sy waarheid.

Romeine 5:5 sê die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Romeine 15:13 en mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Hy is die deur van hoop in elke vallei!

Vertrou Jesus met jou hart en leer om op Hom te vertrou.

Deur van HoopLAuReTTA sMiTH

38 39

lewe van hoop • issue 1

In 2012 het ek na die kliniek in Kleinvlei, Eersterivier, gegaan en die dokters gevra om my te toets vir MIV. Hulle het albei toetse gedoen en gesê dit is positief. Die toetste wat ek voorheen gedoen het, was

negatief en ek het besluit om my te laat toets omdat daar sere in my mond was. Die dokter het my toe op ’n jaar behandeling van antibiotics gesit om die siekte van my liggaam af weg te hou. In 2013 het die siekte my liggaam aangeval. Ek was so siek dat ek gedink het ek gaan sterf.

God genees my

ek het begin afskeid neem, maar die Here het my hart geken. Die Here het geweet Hy gaan my deurdra. Dieselfde jaar profeteer iemand oor my lewe en sê die Here gaan my deur ’n diep, donker tonnel neem, maar ek gaan aan die einde die lig sien. ek het nooit geweet die tonnel gaan so donker wees nie. ek het al sieker geword en het vyf keer TB gekry. ek het begin uitteer en maerder geraak en sleg geëet omdat my keel so seer was. ek was op behandeling en moes elke dag ’n handvol pille drink, maar ek het die Here meer vertrou as die klomp pille wat ek moes drink.

Dit was niks lekker om die klomp pille te drink nie. Die dokter het boonop ontdek dat ek besig is om nier- en lewerversaking te kry. Die mediese span het begin hoop opgee. Hulle het toe probeer om my in die hospitaal te kry om toetse te doen van die lewer. Die dokter het ’n sonar gedoen en gesien daar is niks fout met my lewer nie. ek glo daar het baie gebede uitgegaan vir my; ek kon net die Here prys en eer. ek het toe nog vir twee jaar behandeling ondergaan vir MiV. Vanjaar het die dokter ontdek ek is volkome genees van MiV. Vir drie maande het hule bloed getrek en elke keer het dit negatief teruggekom. Die dokter het net gesê ek moet wegbly van mense wat verkoues het. Die Here het my deurgedra deur die donker tonnel en ek het die lig aan die anderkant gesien. My begeerte is om vir ander mense te sê moenie bang wees nie, gaan toets jou. Niks is onmoontlik vir God nie. As hy dit vir my kon doen, kan hy dit vir jou ook doen. Jy moet net glo en God op sy woord neem.

40 41

lewe van hoop • issue 1

God sal jou nooit vra om iets te doen as Hy jou nie toegerus het met die vermoë om dit te doen nie.

Het ek nie die Here in my lewe gehad nie, sou ek lankal moed verloor het. ek het die Here vertrou in alles. My skoonfamilie het my bygestaan en daar was mense wat vir my gebid het. ek het mense leer ken wat baie vir my beteken. Die Here kan jou genees, jy moet net alles vir hom gee. Daar was nooit verwyte nie, dit het my en my man net nader aan mekaar gebring. ek het net vasgehou aan die Here en wat hy vir my beteken het. Deur al die siekbeddens wat ek gehad het, het ek geglo die Here was daar en hy was ’n oplossing vir my.

Die dokters het laasjaar gesê hulle kan niks meer vir my doen nie, maar God was in beheer. Die mediese span het begin afskeid neem van my, maar toe begin ek terugveg teen die donker tonnel. ek het vir die Here gevra ‘Here, as u my optel uit hierdie siekbed,

gaan ek ander vertel wat u vir my gedoen het’. ek het elke dag begin vashou aan die Here en sy beloftes. ek het deur baie laagtepunte gegaan en kon nooit verstaan hoekom ek nie. Maar God het geweet.

My een dogter was verlam gebore, my oudste seun het meningitis gekry en toe die jongste ook. ek het twee kinders verloor en God spaar die siekste een vir my. God het geweet dat hy my die drie pragtigste kinders gaan gee. God het ’n doel met my lewe gehad, hy het geweet ek sou nie agter my twee kinders kon gekyk het nie. ek is vir die Here dankbaar, want hy het vir my die lig in die donker tonnel laat sien. ek is baie lief vir die Here, sonder hom sou ek dit nie gemaak het nie. Die Here is ’n werklikheid. Hy is die begin en die einde en al die eer en prys kom Hom toe.

42 43

lewe van hoop • issue 1

As die lewe jou soms ’n dwarsklap gee, voel mens soms om om te draai. Dit voel die lewe gaan by jou verby en jy dink miskien het God

van jou vergeet.

ek wens ek was nooit gebore nie. ek was in pleegsorg geplaas toe ek ’n jaar en vyf maande oud was. ek deur so baie in die lewe dat ek op 38 gevoel het ek kan nie meer nie.

ek het vir die Here gesê op 40 wil ek nie meer hier wees nie; ek het nie geweet hoe of wanneer nie, ek wou net weg, maar selfmoord was nie ’n opsie nie. ek het een aand ’n knop in my bors gevoel en ek was so bang om iemand daarvan te vertel dat ek het nooit daardie aand geslaap nie. ek het toe vir myself gesê okei, daar is dit – die groot K. ek het myself twee jaar gegee om te leef.

Die knop het al groter geword en die hele eenkant van my arm was later seer. ek was 39 toe ek hoor van die groep Love and friendship inner Healing Ministries.

Voor ek op 28 Oktober 2008 aangesluit het, het ek elke keer die skrif esegiël 11:19 gekry. in die skrif sê dit die Here sal ons kliphart uithaal en ons ’n hart van vlees gee.

Dan het ek gedink, Here, maar dit is mos nie vir my nie. ek is dan gered hoe kan ek ’n kliphart het? Maar dis toe ek deur die healing gaan, wat ek sien waaroor die kliphart gaan.

Met die inner healing het die vyand gekom en ek word toe uit die kerk gesit en verloor nog boonop my huis ook. Maar deur God se genade en die nuwe familie wat my ondersteun het, het ek sterk gestaan. ek het nie liefde geken nie en ek het myself gevra, hoe gee ’n mens iets wat jy nie ken nie?

ek het nooit my ouers geken nie en het altyd gewonder watter ouers gooi hulle kinders weg. Dít het my die meeste pyn veroorsaak, want my ma en pa was nie in my lewe toe ek hulle die nodigste gehad het nie. As kind was ek skaam en teruggetrokke. ek het nie eens my kop opgelig nie en was te bang om verby mense te loop. ek het soms oor my eie voete geval en baie keer my knieë stukkend geval en dan

nog pakgekry daarvoor. Gevolglik het ek ook baie swak op skool gevaar.

PAD NA GENESING Vergifnis is die olie vir jou genesing. Ons leier Noleen fortuin het ’n pad saam met my gestap as ’n ma. Op 40 het ek vir die eerste keer gevoel hoe dit voel om op ’n ma se skoot te sit en haar hand vas te hou as ons oor die pad gestap het. ek sal dit nooit vergeet nie. sy het my die oulikste goedjies gesê – soos dié wat ’n ma vir haar dogter sou sê.

My biologiese ma is agt jaar gelede op 61 oorlede. Vir my het dit nie gevoel of ek my ma verloor nie, want ek het niks van haar geweet nie.

en sy wou ook nie hê ek moes weet nie, want sy was altyd bang ek vra haar uit en dus het sy haar afstand gehou.

Die UitverkoreneDAWN OCKeRs

44 45

lewe van hoop • issue 1

Die here god is ons krag en ons beskerming, die here gee genade en eer, hy weerhou die goeie nie van die wat reg lewe nie.

ek het altyd gedink sy was nie lief vir my nie en dis hoekom sy my weg gegee het. Maar die eerste Moedersdag terwyl ek deur my genesing geloop het, het God my daai ogend laat verstaan sy het my lief gehad en daarom het sy my weggegee. sy wou ’n beter lewe vir my hê, maar dit moes haar hart gebreek het om te sien dit was nie so nie. ek het ook besef sy is deur dieselfde pyn as ek en ek kon toe verstaan hoe alles in mekaar pas.

ek het vir die Here gesê ek wil nie my pa verloor soos ek my ma verloor het nie. Vir ’n tyd het daar niks tussen my en my pa gebeur nie en ewe skielik het daar ’n band begin vorm.

My pa is 85 en ek 43. ek is sy enigste dogter en hy het ses seuns by sy oorlede vrou. ek vat dit maar stadig, maar ons kom daar. ek het die mooiste, wit pa en ek is baie trots op my daddy. en so het die knop in my bors al kleiner geword en op ’n dag het ek besef dis heeltemal weg.

Ouers, wees lief vir julle kinders, hulle is ’n geskenk van God. Liefde is tyd, spandeer genoeg tyd met mekaar.

Kinders, respekteer julle ouers en wees lief vir hulle vir wie hulle is en nie wat hulle jou kan gee nie.

46 47

lewe van hoop • issue 1

Ons almal het drome en wanneer dinge soms te stadig vorder, het ons die neiging om woorde uit frustrasie te sê wat net die

situasie vererger. Jy gee lewe aan wat jy dink sodra jy dit uitspreek. Ons almal het negatiewe gedagtes, maar moenie ’n fout maak om dit uit te spreek nie.

ek onthou net ná skool een Vrydagmiddag het my ma my gevra wanneer dink ek sal ek ’n werk kry. sonder om twee keer te dink, sê ek toe ek begin Maandag. Die Maandagoggend het ek heeltemal daarvan vergeet. ek het eers by ‘n skoolmaat gaan inloer en eers 12:00 by die maatskappy se hekke aangekom. Lang storie kort, ek het vier jaar daar gewerk voor ek besluit het om verder te studeer. Baie kere praat ons onsself uit God se seëninge. Jou negatiewe woorde kan God se planne vir jou vertraag.

Al voel jy hoe swak, bly op jou hoede. Ons weet nie regtig wat agter die skerms aan gaan. een van my gunsteling versies is Hosea 4:6 “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis…”. Almal raak nou en dan kwaad vir hul kinders en eggenote en baie kere maak ons die fout om die dinge uit te spreek oor ons lewe. “Jy gaan net soos jou pa dit of dat doen...Mense is lief om hulle bekommernis te verbalise. ek kan nie my rent betaal nie; ek gaan my werk verloor; die siekte gaan my dood kos. Jou woorde kan God se planne vir jou in die wiele ry.

in Lukas 1 word die storie vertel van die priester sagaria. Hy en sy vrou wou graag kinders hê, maar sy vrou elisabet was onvrugbaar en hulle was albei bejaardes. Die engel verskyn toe by hom en sê sy gebed verhoor; sy vrou sal ‘n seun baar. Die eerste woorde uit sagaria se mond was negatiewe woorde, want hy het getwyfel. Die engel se reaksie daarop was Lukas 1: 20 : “en kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.” Die Here het geweet sagaria se negatiewe woorde kan die hele proses belemmer.

Die negatiewe gedagtes sal kom, jou werk is om dit nie uit te spreek nie. Die goeie nuus is ons kan ons woorde gebruik om oorwinning te spreek. God se seëninge oor jou en jou gesin se lewe. Oor jou drome. Leer om jou woorde versigtig te kies. Dink voor jy dit uitspreek. Jou gedagtes is soos ‘n bloedhond wat altyd snuffel vir iets negatief.

soms het vriende en familie die neiging om negatiewe woorde oor jou situasie uit te spreek. Die meeste van die tyd doen hulle dit uit onkunde – sny dit onmiddelik af.

Onthou, God is groter as enigiets wat ooit oor jou pad sal kom.

sit ’n WAg VOOr jOu mOnD

48 49

lewe van hoop • issue 1

Ek het grootgeword in ’n huis waar my ma kerk gegaan het. As jongman het ek ook gereeld kerk bygewoon, maar na ’n tyd het ek moedeloos

geraak en ’n begeerte gekry om ’n gangster te raak. ek het toe by die Americans-bende aangesluit en op 14 was ek betrokke by ’n moordsaak.

Op so ’n ouderdom word jy gewoonlik na ’n verbetering skool gestuur, maar ek wou tronk toe gaan. ek wou sien hoe lyk dit in die Pollsmoor-gevangenis en ek gee toe my ouderdom as 17. ek was

vir twee jaar in Pollsmoor en is toe vrygespreek in die moordsaak. ek het toe aanhou lewe as ’n bendelid.

ek het toe my moedertaal verruil vir die duiwel se taal. Hulle noem dit sabela. Later kon ek nie meer met my ma praat nie. ek het net die tronktaal geken en ek en my ma kon nie meer soos ouer en kind gesels nie. Kort daarna is ek betrokke by ’n saak van poging tot moord. ek het drie jaar straf gekry en eindig toe weer op in Pollsmoor.

een van my ou sake kom toe weer op en hulle skuif my toe na ’n ander gedeelte van die tronk. Toe ek daar kom, was die manne besig om iemand se dood te beplan. ek sal daardie aand nooit vergeet nie, want daardie aand het hulle iemand doodgemaak. Die lyk was onder die komberse toegegooi en die volgende oggend toe die bewaarders daarop afkom, het hulle almal begin slaan.

Daardie oggend het ek besluit om by ’n tronkbende aan te sluit en ek word toe ’n 26. My lewe het van toe af net agteruit gegaan. ek besef toe ek het my hele jong lewe in die tronk deurgebring. in 2004 is ek vrygelaat en teen daardie tyd het ek my al opgewerk by die nommers. ek sluit toe weer aan by die Americans, maar dit was nie lank nie en daar

was moeilikheid. Hulle voel toe ek verkleineer hulle omdat ek meer ken van sabela en die nommerskap. Kort daarna was hulle besig om my moord te beplan.

ek word toe ontvoer na ’n pad in strandfontein. Hulle het my aangerand en my keel begin sny. ek hoor hoe hulle vir mekaar sê, “die ding moet ons doodmaak, as hy lewe gaan hy revenge vat”. Toe hulle weg is, het God my die krag gegee om weg te beweeg van die toneel af. Die manne het toe weer teruggekom en gesien ek is weg. Ná ’n halfuur het ek uit die bossies begin beweeg pad se kant toe. in die pad het daar ’n lig op my geskyn en ek het inmekaargesak.

Drie weke later toe ek uit die koma wakker word, sien ek ek is in Tygerberg-hospitaal. Nadat ek herstel het, was ek weer terug by die bende en het wraak beplan. Maar God het my nie toegelaat om wraak te neem nie. ek eindig toe op in Ceres en stig daar ’n nuwe bende. My lewe het verder agteruit gegaan, want later was ek betrokke by 27 sake – moord, poging tot moord en aanranding. ek was nie bekommerd nie, want ek was ’n 26 en het die tronklewe geken.

ek kom toe by my ma en sê vir haar ons moet ’n plan maak met die klomp sake. Ons het toe ’n sangoma gaan sien en die sangoma sê hy kan my nie help nie, want die sake is te veel. Deur God se genade kom ek vry van al die sake, maar drie weke later is ek weer betrokke by ’n saak van poging tot moord. Dié keer kry ek sewe jaar straf en los ’n meisie agter met ’n baba van ses maande oud. in die tronk gaan ek maar aan met my wilde lewe en ek het my opgewerk tot kaptein een. ek kon toe sê wie doodgemaak moet word of wie by die bende kan aansluit.

Hy HEt DiE prys bEtAALDAWiD LeWis

50 51

lewe van hoop • issue 1

ek word toe gestuur na die Victor Verster-gevangenis. Daar was ek die afbreker as die evangelie verkondig word. ek het die kinders van die Here aangerand en hulle vertel hulle moet nie die naam van die Here prys nie. Min het ek geweet die woord sê “raak my gesalfdes nie aan, spreek my profete geen kwaad aan”. Op 19 November spreek die Here my die hele nag aan met esegiël 16:6. ek worstel heelnag teen die gees van die Here. Die oggend toe die beamptes oopsluit om te tel, hardloop ek uit na die kinders van die Here wat ek so geslaan het.

ek vra toe die betekenis van die skrif en hulle lees dit. Hulle verduidelik die woord sê dat elke knie moet buig, elke tong sal moet bely en erken dat hy ’n sondaar is. ek sê toe “brothers, hier is ek” en ek kom toe op my knieë.

Dit was vir my moeilik as ’n kaptein een van die 26’s om my knie te buig voor daardie mense. Maar ek moes ’n besluit gemaak het om die Here kans te gee in my lewe. ek vra toe die Here om my te verander. ek moes toe teruggaan na my broers van die 26’s en hulle vertel van die keuse wat ek gemaak het. vandag het ek die here gevind en ek is klaar met die 26-nommer. Hulle vra toe wie het die twaalf punte oopgemaak dat jy jou kan bekeer.

Nou die reëls is duidelik, as jy terugstaan van die nommerskap af, is daar net een betaling. Jy moet doodgemaak word. Maar daardie dag was die Here saam met my. ek sê toe die Here het die twaalf punte vir my oopgesluit en die twaalf punte agter my gesluit. Hulle vra toe hoe moet hulle my noem en ek sê toe broer Dawie.

ek is toe verplaas na die medium-gedeelte van die gevangenis en ek dink toe alles wat jy vra in sy naam, sal Hy vir jou gee. Daardie dag vat ek God op sy woord ek sê “as u die tronk se deure vir my oopmaak, sal ek uitgaan en die evangelie gaan verkondig”. ek moes 2005 vrygelaat word, maar God het gehelp dat ek in 2003 uit die gevangenis stap. ek het buite gekom en die evangelie verkondig. Ongelukkig het dit nie lank gehou nie. ek het met kerk broers gemeng wat die nagmaalwyn behoorlik gedrink het. Kort daarna het ek afgedwaal.

ek het toe begin dwelms gebruik en ek het toe my vrou begin abuse, want ek het elke dag geld gesoek vir dwelms. Dit het my nie eens gepla of daar kos was nie. ek het selfs by my vrou se werk gaan baklei vir dwelmgeld. eendag uit die bloute vra my dogter vir my of ek nie maar weer my hart vir die Here wil gee nie. sy’t gesê “toe daddy op die pad was, was dinge baie beter”. Daardie dag het ek nie ’n antwoord gehad vir my dogter nie, maar in my binneste het ek besef sy praat die waarheid. ek was stadig besig om hoop te verloor en gevoel om terug tronk toe te gaan. ek ken die lewe daar. Die Maandag beplan ek om ’n taxi te beroof, maar soos dit donker word, word dit al hoe kouer. ek besluit toe om gou huis toe te gaan om ’n baadjie te kry.

Toe ek uit die huis kom loop ek twee groot vroue raak wat my toe saam nooi na ’n opelugdiens. soos ons stap, het ek besef God gee my nou ’n tweede kans en ek moet dit aangryp. Daardie aand – vier jaar gelede – red die Here weer my siel weer. Vandag praat ek en ander oud-gevangenes, ex prison ministries met bendes oor hoe die Here ons verlos het. As hy vir my wat ’n 26 was kan verlos, kan hy dit vir hulle ook doen.

52 53

lewe van hoop • issue 1

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid

oor alles

alles het in september 1990 begin toe my lewe ’n onverwagse draai gegooi het. ek was 11 jaar oud en my suster agt toe ons ons ma verloor het.

Dit was die september-skoolvakansie en my ouers het ons verras met ’n nuwe huis wat hulle in Rocklands, Mitchells Plain, gekoop het. Dit het goed gegaan met ons. Ons het pas van Valhalla Park getrek waar bendebedrywighede die norm was.

Ná drie maande in ons nuwe huis, was my ma besig om wasgoed te was toe sy my gevra het om haar bloeddrukpille te bring. ek, my ma en my suster was die vorige dag by die strand en sy het baie afsydig gelyk.

Vergewe en VergeetQuiNTON Le ROux

54 55

lewe van hoop • issue 1

As ’n jong seun het ek baie volwasse verantwoordelikhede gehad en dit het veroorsaak dat ek baie sensitief is. My ma sou altyd vra wat’s fout en ek het seker gemaak ek het altyd ’n oog op haar gehou, al het ek met my suster gespeel.

ek het my ma se pille vir haar gegee en sy het inmekaargesak. ek het nie geweet wat om te doen nie. My pa se suster en haar baba het toe by die huis

aangekom. Hulle het ’n paar dae nadat ons by die huis ingetrek het, by ons kom woon. ek het die bure geroep en hulle het toe die ambulans gebel. Twee dae later, op daardie sondagoggend, om 07:45 het my ma weens bloeding op die brein gesterf.

My pa was bitter hartseer oor my ma en het baie gehuil. ek het gedink dit is regte trane, maar ek was verkeerd.

ek en my suster het toe by my ouma gaan bly. ’n Week later het my ouma gesê ons moet by my pa gaan kuier, omdat sy vermoed iets is fout. Die bure het gebel om te sê daar’s ’n vrou wat vrye toegang het tot die huis. Ons het daarheen gegaan en my pa het nie die deur oopgemaak nie. My ouma het geskree en uiteindelik het hy toe die deur kom oopmaak.

Ons het die huis deursoek en die vrou in my ouers se bed gekry. sy was ’n familievriend. in my kamer was ’n blik met vuur. Die vrou was besig met heksejag. ’n Week later het ek en my suster weer by my pa gaan kuier. Hy was nie baie bekommerd oor ons nie en het gesê ons moet ons nuwe ma groet.

Dit is toe ek besluit het om alle kontak met hom te verbreek en hy is gedwing om onderhoudsgeld te betaal. Al wat ek wou hê, is om hom dood te sien. Dit is toe my lewe ’n slegte draai begin neem het.

My ouma en my pa se jongste suster het my en my suster deur die skool gesit. Dit was ’n gesukkel vir my omdat ek vol woede was en dit sommer op enigeen uitgehaal het. Vir langer as 20 jaar het ek my pa gehaat. ek het intussen ook die plesiere van die wêreld gaan soek. ek het so baie begin drink dat dit my werk beïnvloed het.

My liefde vir alkohol het op die ouderdom van nege begin toe ek vir die ouer mans gaan drank koop het. ek is in goddelose verhoudings beland en dit was ’n baie verwarrende tydperk in my lewe.

in Maart 1997 het ek die Here in my lewe aanvaar, maar ek het toe weer agteruit beweeg. ek was met die duiwel besete. My familie het my in die okkult grootgemaak en ons het God gedien en was besig met heksejag.

in 2006 het ek langs die toilet wakker geword. ek het alkoholvergiftiging gehad en toe ek bykom, het ek uitgeroep ‘God, as jy regtig bestaan, red my!’ ek het toe minder drange gehad vir alkohol en ek was meer bewus van wanneer God met my praat.

ek het moeg geword vir die lewe wat ek lei en op 26 April 2007 het ’n groep Christene vir my gebid en ek is vrygemaak van die demone. Daar was ’n stryd. Hoewel ek gedink het ek sou dit ek nooit maak nie, het God my siel gered.

sedertdien dien ek die Here. God is goed. ek het die geleentheid gehad om as deel van ’n uitreikprogram na ’n Bybelskool in die VsA te gaan. ek is betrokke by Men of Purpose in Athlone en ek preek ook by ons plaaslike kerk.

in februarie 2013 het ek met my pragtige vrou, Laureen getrou. Dieselfde jaar, op 21 Desember, het my pa gesterf. Hy was by ons troue en ek wou die verlede begrawe, maar toe hy gesterf het, het ek skuldig gevoel omdat ons bitter was nadat ons woorde gehad het. ek het nooit die geleentheid gehad om hom om vergifnis te vra nie. God is nou stadig besig om my heel te maak.

56 57

lewe van hoop • issue 1

Wanneer vrees aan jou deur

klop, stuur geloof om te

antwoord. My man was een Donderdagaand in ’n ongeluk en die Vrydagoggend toe ek ingaan hospitaal toe, het alles nog onwerklik gevoel. ek het by sy bed gestaan en ek

kon nie ’n woord uiter nie, ek het heeldag net gehuil en het die Here toe gevra hoe ek hierdeur gaan kom.

Terwyl ek in trane was, het ’n man na m toe gekom en gesê “gisteraand toe jy so gehuil het en ek jou man daar sien lê het, het ek net engele om die bed gesien. Die Here sê jy moet moed hou. Die Here gaan deurkom vir jou; hou net vas aan Jesus”.

Daardie oomblik het ek dit gehoor, maar ek het steeds gewonder hoe ek deur alles gaan kom. Die dokters het gesê dit is belangrik dat ek met my man gaan praat sodat hy kan weet ek is naby hom, maar ek kon nie praat nie. Baie van die familie het met hom gaan praat en aan hom geraak en toe ek uiteindelik iets kon sê, was dit net “baby, i’m here” in ‘n tranerige stem. Hy het sy kop beweeg en vir my was dit amazing en skokkend, want hy kon nie sy kop beweeg nie.

’n gOD VAn WOnDErWErKE

RuDY CLAAseN

58 59

lewe van hoop • issue 1

ek het toe die verpleegsters geroep en hulle het onmiddellik gekom. Hy was aan ’n masjien gekoppel wat onmiddellik kon sien wanneer die brein se telling te hoog is. Die dokters het daarna besluit geen besoekers, behalwe ek en Rudy se ma, word toegelaat nie. en niemand mag aan hom raak of met hom praat nie.

in daardie tyd het hy vier operasies op sy kop gehad en een op sy nie. Dit was vir my hartseer om elke keer te teken, want ek het gevoel ek teken sy lewe weg, maar die Here het my moed gegee en deur alles gedra. Die saterdag het die dokters gesê my man het

’n 50/50 kans om te lewe. Dit was verpletterende nuus. Ons het nie kinders nie en hoe kan die Here dit aan my doen? Die familie het in die wagkamer vir my gewag en toe ek vir hulle die nuus gee, sê my skoonma “ons vat die twee 50’s en maak dit 100%”.Hulle het begin bid en ’n kalmte het oor my gekom. Daar is regtig krag in gebed.

Die aand toe ek by die huis kom, het ek weer begin huil, want elke keer as ek daar gekom het, het dit my net weer herinner dat ek alleen is. ek het op my knieë gegaan en ek sê vir die Here ek voel nie ek het die krag nie. ek kan nie eet nie, ek lewe letterlik op

60 61

lewe van hoop • issue 1

Maar ek besef later die Here weet altyd beter. As die draadtjie nie losgekom het nie, sou hulle nooit geweet het daar is weer bloeding op sy brein nie. My gebed was dat hy op die 20ste April, sy verjaarsdag, moet wakker word, want elke keer was daar nuwe datums. ek sê toe vir die Here “tot hier toe en nie verder nie”. Die oggend toe ek daar kom, sien ek my man se oë is oop; dit was die wonderlikste dag van my lewe. Om te sien hoe die Here hom uit daardie koma gebring het. ek kan nou net sê die Here het my deur alles gedra.

Wanneer jy deur ’n storm gaan, al is dit hoe klein of hoe groot, jy voel altyd alleen. Maar ons moet onthou dat die Here altyd naby is en dat ons ons oë op hom moet hou, want hy wil ons help. Hou vas aan Jesus, Hy dra ons deur en maak ons oorwinnaars. Die storm het my sterker gemaak, want 12 jaar gelede het ek my pa aan die dood afgestaan en my geloof in die Here het gewankel. Die ongeluk het my geloof weer versterk, hoop gegee en laat besef die Here kan lewe gee in oorvloed.

RUDY VERTEL VAN REIS NA HERSTELToe ek my oe oopmaak, het ek nie geweet waar ek is nie. ek het gesien ek is in ’n glaskas en ’n klomp mense wat buite die glaskas staan. ek het probeer om my op te lig, maar my linkerkant was heeltemal lam. ek het probeer praat, maar ek kon nie. ek het geleidelik my spraak teruggekry en kon later weer loop. ek was vir twee maande in die hospitaal. Gelukkig was my vrou elke dag daar vir my en sy het my gerus gestel. Almal se gebede het my net weer bemoedig en sterk gemaak. Die Here was met ons.

Voor die ongeluk het ek nie die Here geken soos ek Hom nou ken nie; ek het geestelik baie gegroei. Die dokter het vir my gesê ek sal nooit weer kan werk of ry nie – en ek hou van ry. ek het baie vrae gehad en ek het dikwels gevra hoekom ek?

in die nag as ek wakkergeskrik het, het ek my Bybel gelees en met die Here gepraat, dan het ek weer gemaklik gevoel. My vrou het my vertel van die sekuriteitsbeampte wat engele om my bed gesien het. ek lees toe een aand Psalm 91:11 “hy sal sy engele aangaande jou op regeer om jou te bewaar”. ek dink toe sjoe, dis amazing. Na ’n lang tyd in die hospitaal het ek net eendag besluit ek gan die volgende dag huis toe. ek se toe vir my vrou ek kom more huistoe.

Die dokter het gesê ek kan nie huis toe gaan nie, maar hy het later gesê ek kan teruggaan huis toe. ek was so gelukkig.

Die dokter het aanbeveel dat ek nie weer werk nie. Hulle het toetse gedoen en selfs my werkgewer het getwyfel oor of ek volkome sal herstel. ek het aangehou bid en weer het die Here deurgekom en my gebede beantoord. Vandag sit ek hier en ek is ’n walking miracle. Die dokter kan nou nog nie glo dis dieselfde man wat ’n jaar gelede in ’n ongeluk was nie. ek is onlangs ook gesond verklaar en is weer terug by my ou werk. Alles te danke aan God.

pille en ek het vir die Here gesê dis nie wat ek uit die lewe wil hê nie. Daardie aand vra ek ’n woord om aan vas te hou, en die Here gee my ’n woord uit Johannes 10:10 ek gee lewe en dit in oorvloed. Dis dié skrif wat my deurgedra het. Ná elke operasie het ek die Here herinner “lewe en dit in oorvloed”, want vir daardie twee weke het ons net slegte nuus op slegte

nuus gekry. eendag in die tyd wat hy in ’n koma was, moes hulle hom net beweeg en ’n draadjie van die pype het losgekom. Hulle moes toe nóg ’n operasie doen en die dokters het toe agtergekom dat daar weer bloeding op sy brein is. Die mediese span het sy skedel verwyder. ek was histeries, want vir my het dit gevoel die verpleegsters kyk nie reg na hom nie.

62 63

lewe van hoop • issue 1

Een van die bekendste wonderwerke in die Bybel was seker dié van die vyf vissies en drie brode. Vandag gebeur sulke wonderwerke

regoor die wereld. ek wil ’n storie met julle deel; ek noem dit die R20.

een sondag het ’n paartjie in die kerk gesit en al wat hulle gehad het was ’n R20. Hulle het na mekaar gekyk en gewonder of hulle iets daarmee moet gaan koop of dit eerder in die kollektebord moet gooi. Hulle het ’n stap van geloof geneem en hul laaste

R20 in die kollektebord gegooi. Hulle het die middag iets gehad om te eet, maar daar was niks vir die aand nie.

Omtrent 18:00 daardie aand was daar ’n klop aan die deur en een van die vrou se vriendinne het ingestap met ’n paar sakke kos. Neem kennis, hulle het vir niemand iets gevra of laat weet van hulle situasie nie. God weet alles. Vertrou op Hom en berei jou voor op groot verbasing.

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om God te dank omdat Hy my siel gered het. Nadat ek by dwelms en alkohol betrokke was, het God

my gered en vrygemaak. ek is in ’n Moslem-gesin en kultuur grootgemaak. ek het God nie eintlik geken of geweet wat Hy kon doen nie, maar die dag toe Hy my vrygemaak het, het ek waarlik gevoel hoe die krag van God oor my lewe kom. en ek is dankbaar om God, my saligmaker, te ken.

Dit was ’n Donderdagaand sowat agt jaar gelede. ek was 25 jaar oud. Terwyl ek by ’n vriend se huis gesit het met my dwelms in my sak, het ek gedink “as daar ’n God is, kan Hy my sekerlik uit die gemors red”.

Daardie aand het dit stil geword en ek was alleen wakker. ek het God uitgedaag om my te red en vry

te maak. Die oomblik wat ek gevra het vir verlossing, het ’n helder lig voor my gekom en gesê “ek is die Here wat jou kan red. Jy moet jou net oorgee”. Die oomblik wat ek my oorgegee het, het al my drange vir sigarette en dwelms verdwyn. ek is dankbaar dat ek Jesus as my persoonlike verlosser kan ken en moedig diegene wat verdwaald is aan om God ’n geleentheid te gee en sy weë te ken, want sy weë is volmaak.

ek was deur vervolging in die gesig gestaar omdat ek Jesus in my lewe aanvaar het. Jesus is nie net ’n profeet nie. Hy is die seun van God. Hy is God. Deur alles het ek net my oë op Jesus gehou. My familie het eers weer ná ’n jaar en agt maande met my gepraat – nou vra hulle my om vir hulle te bid!

ek is onlangs getroud en God gebruik my steeds om na ander uit te reik.

Die R20

GeTuieNis VAN ABDuL LAGeRDieN

grOEtE in DiE mAgtigE nAAm VAn jEsus.

64

Trek die volle wapenrusting

aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly

ondanks die listige aanslae van die

duiwel.