7
Vroueblad Die Gereformeerde MAART 2016 DIE OOP SITPLEK Wees ‘n dissipel van Jesus www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken Liefde vir alle mense

Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

VrouebladDie GereformeerdeMAART 2016

DIEOOPSITPLEK

Wees ‘ndissipel

van Jesus

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Liefdevirallemense

Page 2: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

2 Maart 2016

JAARGANG 70 NOMMER 9

GEREELD3 Redakteursbrief4 Lidmaatpraat 5 Ds. Sê my

IN DIEPTE6 Verryk die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense8 Om die ander wang te draai10 Liefde ondanks

Ander Publikasiesvan die Gksa:

�����������

���������������������������� ����

������������� ����������������������

Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro:

(018) 297 3986.

INHOUD

Teken vir jou ma,

jou dogter of

vriendin in op

ons blad

www.gksa.org.za

Redaksiekommissie:�������������� ��������������������������������!�� ������"������������#��������������������������$������� �������%�����&��'�����(��)*�$��� ������%�������+ �� ���Posadres:����#� �����,�����-������ Posbus 178, Lydenburg 1120'��,�����-������ �69:�;<=�:<>;?!����� ���,�����������@�A��������B����*A��

C�������� ���,����*���*���*&�EF� ���)��E������� !������Navrae:#�������@�� �������� ������@����������@��� �����,"�*�%�����"���,�F����6<9��GH;�IH9:@��� ���)��B���*A�*&�Eienaars en uitgewers: ����������������F� ���)������%Intekengeld:�� -#+J?$�%����?�'�%'K%%��

$M�%�"CN�$J#+@�(+��?���JCF�?��JCF�,�#<>=@66

���?�?�F#+NC?�?�CNF?�?NCN�,�R100.00

���-#+J?$�%���CN��#+?(�N%��C?��?"??NF?@�(+��?���CN�?��JCF�,�#GI<*66

���-#+J?$�%���Q+#���?�FJJ#@�(+��?���CN�?��JCF�,�#G>6*66

KC?#�C?�F%#C?Q?��?���-%N%'�<�TJ�C?�G6<>�F+F�I6�TJNC?�G6<:*�C������������ �������������������������� ���������������������� ����*�Drukkers: -U#�������@�F���6<G�III�G=:G@�C��N�6I;9�=6;�V

Redaksionele Inligting

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

8 10 20 LEEFDINGE12 Het jy gehoor? <=�� F���U�-���,����) ����������������15 Teks & Vers: Dagboek<:�� $����� <9�� $��������� ���G6�� Q��� ��������Q���������,������ ��[, 22 Die oop sitplekG=�� �� ������,�-���������������������� \�����\�� �\���������� �G:�� ��������!"���]�,�+�����������������-�������� G9�� #�������� ,�(��������G�GH�� ��������%�����U�"���G6<:GH�� �������� ����GH�� C����������I6�� K��������I<�� % ���������,�K������������K��)����IG�� ����� ������"�����G6<:

Maart

VrouebladrrrrrrrrrrrrrrroooooooooooooouuuuuuuuuuuuuuuueeeeeeeeeeeeebbbbbbbbbbbbbbllllllDie GereformeerdeMAART 2016

DIEOOPSITPLEK

Wees ‘ndissipel

van Jesus

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Liefdevirallemense

Page 3: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

3Maart 2016

redakteursbrief

Liefde vir alle mense

Foto:����������� �����Lydenburg.

Ons is opFacebook:GereformeerdeVroueblad.Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:E-pos: [email protected];Faksnommer 086 714 6157;SMS: 082 555 9586;Slakkepos: Posbus 178,Lydenburg 1120

“’n Gemeente wat in isolasie van die samelewing bestaan, sal nooit die volle betekenis van hulle liefde onder mekaar begryp of beleef nie. Só ’n gemeente sal geestelik verarm en is inderdaad ongehoorsaam aan Jesus se opdrag om die evangelie van God se liefde in die wêreld te verkondig en dissipels te maak (Matt. 28:19)” (Die Bybellennium, p. 1739).

Liewe Geloofsgenote, So het ons aan die einde gekom van “Petrus se goue trapleer van geloofsverryking” – soos wat Die Bybellennium dit stel. Die Bybellennium sê ook: “Inderwaarheid is hierdie trapleer dus ‘n spiraal waaraan daar nooit ‘n einde kom nie” (p. 1734). Daarom sê Jacomien Zwemstra in haar artikel: “Hierdie is nie ’n leer nie, maar ’n spiraaltrap wat op-en-op gaan” (p. 6-7) – dit beteken geloofsgroei hou nooit op nie. Dit sal ‘n voortdurende proses wees totdat jy sterf óf die Here weer op die wolke kom. Ek hoop jy het hierdie geloofsgroei-klim saam met ons geniet en dat jy dit saam met jou sal dra, verder met die wenteltrap van die lewe óp!Liefde – verlede maand se liefde onder mekaar en hierdie maand se liefde vir alle mense – is die praktiese uitdrukking van God se wil. En somtyds voel dit vir my dis nét op hierdie “twee trappies” van die wenteltrap wat ekself telkens vashaak. Sedert Adam se tyd het ons geen probleem met die liefde vir die verkeerde en die liefde vir onsself nie, maar vertoon die mensdom dikwels liefdeloosheid teenoor mekaar: Daarvan getuig die koerante en ander media. Ons lees genoeg van sinlose padwoede, rassistiese voorvalle waarin mense mekaar verneder omdat die Here elkeen van hulle met ‘n unieke voorkoms en velkleur geskape het, verkragtings en moord, mense wat mekaar op sosiale media die stryd aansê en mekaar slegsê en beswadder. Hoe lyk die treë wat jy telkens gee na die wenteltrappe van “liefde onder mekaar” en “liefde vir alle mense”? Spring jy liewer haastig daaroor? Huiwer jy om daarop te trap en te vertoef? (by wyse van spreke). Liefde vir alle mense beteken om liefde te bedien aan daardie persoon wat nie deel uitmaak van jou sosiale milieu nie, wat kwaad is vir jou (dikwels oor iets waarvan jy nie weet nie, of iets nietigs wat nie al die woede regverdig nie), wat ‘n ander velkleur het as jy, wat dalk ánders glo as jy... Deur te vertoef op die trappies van God se liefde en die bediening van sy liefde aan mekaar en aan álle mense, word die kerk die “vertoonvenster van God se heerlikheid” (p.24-25) hier op aarde. Ek groet jou met ‘n soen van Christelike liefde – vrede vir jou!

Cobie SteynNaskrif: Julle sal sien “Kinta se ma”, sy skryf onder ‘n skuilnaam, se rubriek het nie hierdie maand verskyn nie. Ons harte gaan uit na “Kinta se ma” – haar skoonseun is op ‘n jong ouderdom aan kanker oorlede. Mag die ander Trooster met julle wees – veral ook met jou dogter in hierdie tyd van hartseer. Ons loof die Here dat jou skoonseun ‘n gelowige was wat vasgehou het aan ons eindelose Hoop, Jesus Christus.

Wil jy gesels oor iets?

Facebook

Facebook Grietjie Prinsloo

Facebook

Page 4: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

10 Maart 2016

Liefdeondanks...

DEUR JAAI DU PLESSIS

Page 5: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

11Maart 2016

in diepte

Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te maak die beeste is reg versorg vir die nag. Die een oomblik is alles nog rustig en geniet hy die soet reuk van die beeste in die kraal. Die volgende oomblik moet hy soveel dinge gelyk waarneem en hanteer dat

hy eers by nabetragting die omvang van die Here se genade raakgesien het...rie mense het vanuit die suide die kraal bekruip en nege vanuit die noorde om

gelyktydig die twee kraalhekke te versper. Hulle was oordadig gewapen met dodelike tradisionele wapens. Lood was ongewapen. Vriende van Lood en Maggi wat slegs soggens gaan kuier het, het daardie dag laatmiddag by hulle gaan kuier en reguit kraal toe gery omdat hulle Lood daar gesien het. Militaristies ingestel was hulle deeglik gewapen. Hulle kom toe op presies dieselfde tyd as die twee groepe aanvallers by Lood aan. Die aanvallers is hierdeur totaal onkant gevang en deur groot genade is hulle verhinder om tot die aanval oor te gaan.

Ná sowat 45 minute is hulle met dreunsang, gebalde vuiste in die lug en “you will not see the sunshine again tomorrow” uitmekaar. Die onverwagte kuier en die aankoms van die twee groepe aanvallers so op presies dieselfde oomblik is deur die betrokke gelowiges as ’n direkte ingryping van God ervaar.

Die S.A.P-stasiebevelvoerder het Lood ernstig gewaarsku dat hy altyd sy wapen aan sy lyf moet dra. Die aanvallers wil die plaas hê en is kwaad omdat hulle grondeis misluk het. Hulle glo hulle voorvadergeeste sal hulle dit laat kry wanneer Lood dood is: “Sir, you won’t have time to go and fetch your weapon at your house.” Met gevaarlike, opgesweepte mense in die nabyheid wat gevangenes is van hulle eie persepsies asook slagoffers van politici wat propageer wat kiesers wil hoor, moes Lood en Maggi aanpas by swaar wapens om die middellyf en deeglik toegesluite hekke.

In die afwesigheid van bloedvergie-ting is die saak afgemaak as ’n “oproer” – ongeag videomateriaal van die doodsdreigemente is die saak uit die hof gegooi en niemand is vervolg nie. Die mense mag ongehinderd bly woon waar hulle woon.

Daarna het die aanvallers soveel probleme as moontlik veroorsaak.

Heinings is geknip sodat hulle beeste orals kon wei. Perde is in die tamatielande ingejaag. Plante in die kwekery is met onkruiddoder gespuit. Die watertoevoer is gereeld gesaboteer. Pleidooie aan die regering is geïgnoreer. Om geleenthede tot sabotasie te beperk en skade te herstel is al wat Lood en Maggi eintlik kon doen, en dit het hulle byna voltyds besig gehou.

In Desember 2015 eet Lood en Maggi middagete op hulle stoep. Hulle sien ’n groep mense, met twee van die aanvallers in hulle midde, met hulle trekker en sleepwa in ’n driffie tot stilstand ruk. Mense beweeg, maar die wa staan botstil. Jesus se redenasie in Luk. 6:32-33 “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet... En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen...” praat hard met Lood. Hy staan op, skuif sy rewolwer reg en uiter ’n sagte “Ai!” Hy het met hulle simpatie en soos die Samaritaan in Luk. 10:34 gaan hy na hulle toe. Ondanks die swaarkry met hulle die afgelope jare móét hy gaan. Volgens die Bybel in Praktyk (p. 1542) is ons naaste enigiemand van enige ras of geloof of sosiale groep wat hulp nodig het en liefde beteken dat ons in daardie persoon se behoefte sal voorsien. Nie môre nie. Nou! (vgl. Spr. 3:28).

Daar aangekom sien Lood dat hulle wa se as gebreek het. Sonder omvattende herstelwerk sal daardie wa nie weer werk nie. Petrus stel dit duidelik: “Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ’n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat” (1 Pet. 2:15). Hy het sy petrol-sweismasjien en alles wat nodig was, gaan haal. Van sy personeel is saam met hom terug daarheen om sy rugkant te beskerm ingeval dit as lokval gebruik sou word om hom te probeer doodmaak.

Twee dae het hy so aan hulle wa gewerk. Niemand het hom leed probeer aandoen nie. Dankbaar het hulle hulle wa, in ’n beter toestand as ooit tevore, aan hulle trekker gehaak. Net voor

hulle vertrek vra Lood of hulle hom sal help om ’n swaar implement wat in die bos vasgeval het, te verskuif.

“OK, next week,” spreek hulle af.Hulle daag toe die volgende week op

en verskuif die implement. Ná die tyd het Lood hulle bedank en vir hulle die nodige gegee vir herstelwerk aan ’n trekkerwiel.

Onverwags vra een van die aanvallers: “Do you perhaps have a vacancy on your farm sir? You and your people look so happy!”

*****************In 1 Pet. 2:12 sê Petrus: “Gedra julle

altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.” Ondanks die verdagmakery deur politici en slegte beïnvloeding deur kwaadwillige kriminele skree Lood se sagmoedige optrede die propaganda só dood dat die voormalige aanvallers bereid raak om liefde te ontvang... en te bewys.

D

LIDMAATPRAAT

Glodene Louw: As kliniekstuster in Venterstad werk ek daagliks met mense wie se klas, ras, en kultuur van myne verskil. God het ons die opdrag gegee om ondanks die omstandighede sy liefde uit te straal, en ook só sy liefde te verkondig. Op hierdie manier kan elkeen van ons ’n verskil maak waar ons ook al deur Hom in die samelewing geplaas word.

Glodene Louw: As klini

Page 6: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

Maart 2016

Gemeente-Mosaïek

Ons kuier byDie Gereformeerde

Kerk VenterstadDie Gereformeerde Dorkasvereniging, Venterstad ... Ver bo korale...

������������������� �

Net ʼn klipgooi van Suid-Afrika se grootste dam af, in die middel van ʼn Boeregemeenskap, lê die Gereformeerde Kerk van Venterstad. Die gebou is ʼn Nasionale

Gedenkwaardigheid in die stofstrate van ʼn Oos-Kaapse dorpie wat nie veel meer as ʼn hotel, poskantoor en slaghuis het nie. (So ʼn bietjie meer na Colesberg se kant toe lê die Noord-Kaap, en die Vrystaat lê net oorkant die Gariepdam se water.) Ons naaste ‘groot’

winkels is in Bloemfontein, wat tweehonderd kilometer van ons af is.

Maar moenie die lidmate, en veral die susters, op die verval van ons dorpie takseer nie! Die Here se genade is nog groot in hierdie gemeenskap, en die gemeenskap van gelowiges word week na week hier intens ervaar. Die gemeente het tans 62 lidmate, waarvan 26 vrouens is – 17 lidmate is oor die ouderdom van 70 jaar.

Sterk samehorigheid

In aanloop tot die skryf van hierdie artikel het ek een van

kan opsom. Sy het albei haar hande styf inmekaar gevou, ʼn oomblik stil gebly, en gesê: “Ek soek na die regte woord ... en dit moet ʼn baie sterker betekenis hê as samehorigheid”. Dit is hierdie samehorigheidsgevoel wat ons gemeente so spesiaal maak. Hier voel dit eerder soos ʼn groot familie

as net lidmate wat saam in ʼn kerk sit Sondae. Daar is ware omgee, ware liefde en ook ware kennis en begrip vir mekaar. Die omstandighede waaronder ons hier bly kon maklik ʼn negatiewe impak op die inwoners hê, maar hoe wonderlik dat Hy dit juis gebruik om ons te laat besef dat ons afhanklik van mekaar is.

Hartlike samewerking

Ons susters is geseën met wonderlike talente, en hierdie talente word saamgespan om onvergeetlike funksies te reël. Die Sustersvereniging het in hierdie kontrei al sinoniem geraak met die groot Vrouedae wat tweejaarliks aangebied word. Tot 300 vrouens vanuit ʼn tweehonderd kilometer radius woon hierdie funksies by. Dis altyd ʼn uithanggeleentheid, en vroue van naburige dorpe

Groepfoto van die Gereformeerde Susters, Venterstad

Page 7: Liefde vir dissipel alle van Jesus Maart 2016 - Lusmaker.pdf · 2016-06-14 · Maart 2016 11 in diepte Laterig op ’n Sondagmiddag in Desember 2011 is Lood kraal toe om seker te

Maart 2016

Gemeente-Mosaïek

herinner ons lank voor die tyd reeds dat hulle in kaartjies sou belangstel. Hierdie geleenthede het ʼn groot inspuiting tot die Susters se fondse geword, en die Kerkraad word ook hierdeur bygestaan. Vroeër jare is hierdie geleenthede in die Stadsaal van ons sustersdorpie, Oviston, gehou. Met die verval van die Munisipale geriewe het ons die voorreg gehad om dit vir ʼn paar jaar in samewerking met ʼn hotel op Gariepdam te kon hou. Watter wonderlike gevoel om iets te reël en te weet dat elkeen sy deel sal doen, dat niemand se werk weer gekontroleer hoef te word nie, en dat die eindproduk die gevolg van heerlike samewerking is.

Dien saam

Venterstad het nie ʼn Ouetehuis nie, maar jaarliks besoek ons die tehuise op Bethulie (Huis Uitkoms) asook Burgersdorp (Huis Dirk Postma). Tydens hierdie geleenthede staan ons musikale predikantsvrou altyd reg met haar kitaar, en ʼn verrassingspakkie word ook aan elke inwoner oorhandig. Inwoners wat nie

meer in staat is om die verrigtinge by te woon nie, word deur die susters in hulle kamers besoek. Ons eie lidmate wat ouer as 70 is, word ook jaarliks op hulle verjaarsdae met ʼn geskenkie bederf.

Gesellige samesyn

Omdat ons mekaar feitlik net Sondae sien, is die gebruiklike teedrink na die erediens ʼn groot lekkerte. Lank nadat die teekoppies weggepak is, word daar nog gekuier. Hierdie behoefte aan bymekaarkom het gelei tot Gemeente-etes wat drie maal per jaar gehou word. Ná die twee somers-Nagmale kuier ons heerlik saam oor kouevleis en slaai. Vir hierdie etes bring elkeen net wat hy wil, niks word amptelik beplan nie ... en ons eet lekkerder as wat jy in enige goeie restaurant sou eet! Die gemeente se jaarafsluitingsfunksie is gewoonlik in die vorm van ʼn braai, en word ná die laaste Nagmaal van die jaar gehou. Die susters kom ook vier maal per jaar bymekaar vir ʼn Sustersvergadering, en so tussen die amptelike werk deur word daar genoeg kans gegee vir gesellige samesyn.

Daar het ʼn behoefte ontstaan om ʼn ekstra saamkuiergeleentheid te organiseer waartydens die vrouens saam kreatief kan wees. Die besluit om dit op dieselfde tyd as die mans se Boereverenigingsvergadering te hou, skakel onnodige ryery uit. Die eerste van hierdie byeenkomste is pas gehou, en ons sien met vewagting uit na die ontwikkeling en verloop van hierdie vergaderings in die toekoms.

Geseëndes saam in Christus

Ons gemeente voel geseënd om vir Ds. Jan en Nerina Venter as predikantspaar te kan hê. Hierdie twee mense met hulle passie vir die lewe en wat met hulle sendingwerk ʼn groot behoefte in die gemeenskap vervul, verryk soveel lewens. Wat ʼn wonderlike voorbeeld stel hulle nie vir die res van ons nie! Ons voel bevoorreg om so geseënd te kan wees om in hierdie klein gemeenskap van Venterstad as ʼn groep Christenvroue te kan woon en werk. Mag Hy sy hand van seën oor hierdie gemeente hou.

‘n Groep susters by die laaste Nagmaal-ete: Cecile Oosthuizen, Carina van der Walt, Adri Oosthuizen, Esté Liebenberg, Sassa Sinclair,

Sybil van der Walt. Voor: Nerina Venter (predikantsvrou), Sterna van Rensburg,

Marietjie Jooste, Lizette Steyn

Susters jaareind-funksie: Cecile Oosthuizen, Sterna van Rensburg, Elsabé Schutte,

Liz van Wyk.

Die kaartjies vir ons Mosaïekdag was heeltemal te min vir die aanvraag.

Die Marktafel tydens die vrouedae is ‘n groot bron van inkomste: Sanet Aucamp, Annette Steyn, Corlia van Wyk, Sonja van Wyk, Minta van Wyk.

Saamkuier onder die bome tydens ‘n funksie: van voor af, links om: Christa van der Walt, Minta van Wyk, Junita Marx, Magda Kruger,

Sterna van Rensburg, Liz van Wyk, Lizette Steyn